11.08.2022 Views

Dirt an Trail July 2022

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

egs kan draai om Blouputs toe te ry. Jy moet heeltemal selfversorgend

by die kampeerplek wees, aangesien tot die drink water soms daar kan

opraak en hulle my vooraf gebel en gewaarsku het, dat daar met ons

oorbly daar geen lopende water of krag sal wees nie. Net emmers water

om ons poef weg te spoel.

Met ons laaste besoek het ek en Gussie Blouputs om gery en daardie

pad is bykans onbegaanbaar en dit is waar ek twee keet, voor 09h00 die

oggend, my moer toe geval het. Gus besluit om die roete te verander

en ons ry die volgende dag weer terug Keimoes toe. Riemvasmaak is

‘n nedersetting in die Noord-Kaap, en sowat 12 km noordoos van die

samevloeiing van die Moloporivier met die Oranjerivier en naby die Augrabieswaterval

en is ‘n uirgestrekte dorre gebied van sowat 74 000ha.

In die suide word dit begrens deur die Oranjerivier, in die noorde lê die

Kalahari en wes lê Namibië.

Die area het die laaste 3 maande meer reën gekry as in totaal die

afgelope 9 jaar. Die gras in die veld staan amper heup-hoogte, die plato

staan gesaai met kokerbome en bye zoem om heldergeel blomme.

Vir my en Gus, is dit een van die mooiste plekke waar ons nog was. Om

daar te wees in die stilte en afsondering van die natuur en vroegaand

in die warm water van die bron, tussen die hemelhoë kranse, te sit en

luister hoe die windswaeltjies kwetter, is die beste plek om te wees

saam met jou geliefde.

Toe ons by die Riemvasmaak Toeriste Kantoor kom, besluit ek om my

Yammie in hulle kantoor te parkeer vir die aand en saam met die “girls”

af te ry tot onder in die kamp. My lyf is seer en ek wil nie my “scooter”

beskadig en my kanse belemmer om hierdie toer te voltooi nie. Die

manne besluit almal om met hul “scooters” tot onder te ry. Daar is

heelparty baie slegte plekke op daardie pad, met groot klippe, baie los

sand en gespoelde gate, wat dit selfs moeilik maak om met ‘n 4 x 4 op

“low range” tot daar te ry. Gelukkig is baie van die knie diep gate met

sandsakke toegegooi. Tree vir tree, ry ons, al kruipend. Ella en Jax kwyt

hulle uitstekend van hulle taak en sowat 3km en 25 minute later is ons

almal onder by die kampeerplek.

Almal slaan dadelik tente op . Almal klim in die warm water, en dit is ‘n

gegons van gesels en grappe maak. Ons drink “shooters” en bier tot

sononder.

Die aand lê lank wakker en dink aan hoeveel meer ‘n mens raaksien en

ervaar, as jy 75km per uur ry op jou “scooter”. Jy sien hope wild, pragtige

landskappe en selfs die detail van gespande drade en die kleure van

skoenlappers. Moet ‘n mens nie die lewe ook eerder teen 75km per uur

aanpak nie? Mis ons nie baie, as alles so vinnig verby ons flits teen ‘n

hoë spoed nie?

DAG 5 RIEMVASMAAK - CALVINIA 459km

Om 05h00 was dit nog donker en ek en Gus gaan bad daar in die

swemgat, dat jy net skuimbolle sien staan. Die res het ‘n entjie om

daarheen te loop en is verseker nog nie wakker nie. Ons lê in mekaar se

arms in die warm water en geniet vir daardie oomblik net die stilte om

ons en mekaar se omhelsing.

Skoon geskrop en warm aangetrek, loop ons in die donker na die

kampeerplek. Ek breek amper my nek oppad daarheen. Ek sien glad

nie goed in die donker nie, my voete en plakkies is nat en die paadjie is

sanderig. “Etter”, skree ek kliphard toe ek so half gebukkend vorentoe

strompel. Dit was so, hit-te-te of ek het letterlik my voortande uitgeval.

Ons lag kliphard en dit weergalm dat ek seker is, iemand in die kamp is

nou wakker.

By die kampeerplek aangekom, sing ek uit volle bors: “NKANDLA”..wat

‘n gespottery is oor my rooi “overall” en die EFF en volg dit op met...

“Lek-ke verjaar ou maat, Le-ke verjaar! Jy…moet…le-ke verjaar…jy moet

le-ke verjaar…vir Ella, want vandag is haar verjaarsdag. Wat ‘n voorreg

om hier op hierdie spesiale plek jou maat se verjaarsdag te vier!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!