11.08.2022 Views

Dirt an Trail July 2022

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ons drink koffie, en eet oorskiet braaivleis, pak alles op en ry weer baie

versigtig terug tot by die Riemvasmaak Toeriste Kantoor. Skielik is ons

oppad na die Riemvasmaak skool om kruideniersware en lekkergoed by

die plaaslike skooltjie te gaan aflewer wat die Karoo Gatskuurders vir

hulle skenk. Mnr. Swanepoel is die skoolhoof en hy is eers half nors,

maar vinnig is die kindertjies almal bymekaar en opgewonde oor hul

besoekers en die goedjies wat ons daar aflaai. Vandaar ry ons na Rant en

Dal Koffiewinkel, vir ‘n kondensmelk koffie by Norbert. Wat ‘n interessante

mens is hy!

Norbert Coetzee is ‘n veldgids en die Logistieke Koördineerder vir die Kyknet

TV program, Voetspore. Norbert is ook ‘n 4 x 4 deskundige en doen

aktiewe werk om die toerisme in die Riemvasmaak area te bevorder. As jy

ooit Riemvasmaak toe gaan, is sy winkeltjie ‘n MOET stop.

Geforseerde diep gedagte vir die dag: Maak jou brastraps los en gooi jou

valstande weg. Leef roekeloos en vreesloos! Al het ons NIKS nie, het ons

almal tyd. Tyd is GRATIS, maar PRYSLOOS. Leef elke dag voluit, want

môre is nie gewaarborg nie.

Vanaf Riemvasmaak ry ons na Kakamas en maak vol. Ek ontvang ‘n

oproep van Honda Upington wat bevestig dat Keith se fiets reg is. Ek reël

met hulle om ons in Keimoes te ontmoet. Daar aangekom, stop ons by ‘n

pragtige tuisnywerheid, en almal koop vars, tuisgemaakte pasteie en regte

egte basaar poedings. Ons sit orals voor die plekkie op die sement vloer

en smul aan die watertand kos. Hennie laat weet dat hy binne 15 minute

daar sal wees. Inus voel siek en hy lê uitgestrek, met sy arm oor sy oë.

Vandag gaan hy “amps” trek.

Keith paradeer op en af, van opgewondenheid, amper soos wat jy sou

verwag hy moet lyk op die dag wat hy “delivery” van ‘n splinternuwe

motorfiets sou neem. Hy staar na die pad en vryf kort-kort sy hande. Toe

daardie bakkie en sleepwa daar stop, met sy Hondatjie op, toe skree hy

kliphard, “Yes!, this is the highlight of my week!”. Hy gryp vir Gus en gee

hom ‘n klapsoen op die wang. Honda SA, tesame met Honda Upington het

voortreflike diens gelewer en toe ons vra vir die rekening sê hulle boonop

dat die herstelwerk en die aflewering GRATIS is en net daar gryp Keith

sommer vir Hennie ook en gee hom ‘n stywe druk!

Die manne laai Keith se fiets af, laai die Suzuki op die sleepwa, en ons val

in die pad. Ons ry via Kenhardt en Brandvlei tot in Calvinia. ‘n Holverskeurende

370km teer vanaf Keimoes, besaai met miljoene springkane

en swerms, wat die horison sommer skielik in sulke donker kolle laat

verkleur. Dit lyk behoorlik soos ‘n denkbeeldige prentjies van plae uit die

Bybelse tyd en het ‘n aaklige vrot reuk.

By Brandvlei gooi ons vol en net daar weier Keith se Honda om te start.

Gussie verduidelik dat die tyd ons gaan vang as hy nou die fout langs die

pad moet soek en dadelik word die Honda op die sleepwa gelaai en Keith

is terug op daai Suzuki. Ons ry die laaste 30km in die donker en kom eers

byna 20h00 by die Calvinia Hotel aan. Ons boek vinnig in en almal gaan

na hul kamers toe, vir ‘n welverdiende stort. Vannaand braai die hotel

personeel vir die groep en ons gaan Ella se verjaarsdag vier!

Ons drink ‘n paar rondtes Jägermeister, want Ella verjaar en dis hulle

“Klitsingers” se “signature drink”. Saam met ‘n paar rumpies, gloei my

wange en almal sing, lag en gesels lekker saam. Almal smul behoorlik aan

die braaivleis skilpadjies, slaai en braaibroodjies wat die Hotel bedien.

Ons weet wat môre wag, maar die res partytjie te lekker, tot laat aand.

Ons is so opgewonde om vir ons spanmaats die Tankwa te wys. Letterlik,

die allermooiste plek op aarde, vir ons. Ons is by die Tankwa Padstal

getroud, op 25 September 2022. Die Tankwa se stil en niks het ‘n bekoring

wat jou hart steel. Die mooiste vlaktes van uitgestrekte 80 000 ha aarde,

wat jou omvou. Die R355 is ook die langste, aaneenlopende grondpad in

Suid-Afrika. Die Tankwa Padstal, waarheen ons oppad is, is geleë sowat

70km vanaf Ceres en daar verkoop hulle die heerlikste vars bederf kos,

tuisgemaakte gemmerbier en jy kry iets van alles, tussen êrens en nêrens,

maar meer hieroor in DAG 6 se inskrywing.

Dankbaarheid gee sin aan GISTER, gee VREDE vir vandag en skep ‘n

DROOM vir môre! MORE NEXT MONTH

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!