03.03.2013 Views

Patch Work Paper Craft - Inspirasie

Patch Work Paper Craft - Inspirasie

Patch Work Paper Craft - Inspirasie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Oproep om te vra dat ons almal bymekaar kom by iemand se huis, aangesien sy geweet het

daar is ‘n problem, was heel normal en die oplossing is altyd saam gevind. Emosionele,

finansiële of fisies, saam het ons onder Joan se leiding ‘n oplossing gevind. Iemand wat

geldelik nood gehad het, het ‘n pakkie kos op die voorstoep gekry en geweet die

vriendekring weet, is daar vir hulle en respekteer hulle nog deur die tye. Die vriende kring

het deur huweliks probleme, kinder probleme en heelwat ander dinge gewerk. Jy het net

geweet daar was mense wat omgee en deur die omgee maak hulle jou sterker. ‘n Siekte het

‘n pot kos verseker want wie weet nie alte goed hoe jy voel oor kos maak as jy siek is, as jou

beste vriendin nie. Joan was die hart en siel van die vriendskap en het my die woord

onbaatsugtig geleer. Ek kon leer hoe om ‘n baie goeie vriendin te wees en wat die klein

dinge in die lewe jou lewe verander, ten goede.

Ons persoonlike vriendskap het dag na dag gegroei en Joan het meer soos ‘n suster gevoel

as vriendin. Haar man het elke 2 tot 3 maande vir ‘n paar dae teruggekom Suid-Afrika toe.

So het ons mans mekaar deur ons vriendskap ontmoet en mekaar ook geleer ken. Met een

van haar man se vlugtige besoeke terug in SA, is soos gewoonlik ‘n braai gereël en het ons 2

families heerlik die Vrydag aand saam gekuier. My dogtertjie het die aand, net na ete, siek

begin raak en erg begin opgooi. Joan was onmiddellik by om te help skoonmaak en maag

medikasie toedien voor ons terug huis toe ry. Die volgende oggend het Joan self begin

tekens toon van ‘n maag aandoening en ek het ‘n pot hoendersop

gaan aflewer by haar huis. Haar man was net terug vir ‘n week en wou

baie graag sy familie in Kimberley gaan besoek vir sy ma se

verjaarsdag. Hulle planne was om die Sondag deur te ry Kimberley toe

en ons sou na hulle diere en huis omsien. Ek het Joan ‘n groot drukkie

gegee en gevra of hulle nog steeds sou deurry aangesien sy so olik

voel. Sy het gesê as sy beter voel, beslis. Nadat ek hulle ‘n lieflike rit

toegewens het en die sleutel gekry het is ek voort huis toe. Net na 10 daardie aand het hulle

besluit om te vertrek en deurnag te bestuur Kimberley toe. Net na 3 Sondag oggend lui ons

huis telefoon en toe ek haar man se stem hoor, het ek geweet iets groots was fout. Hulle

geel Passat het net buite Middelburg die pad verlaat en gerol. Hy en die twee seuns was

ongedeerd maar Joan is opslag dood. Die nuus het so onwerklik geklink. Soos iets wat jy oor

die nuus hoor op TV of oor die radio. Niks het waar gevoel nie. Toe ek 6uur die volgende

oggend Joan se voordeur opsluit en haar huis binnestap, het die

werklikheid my vol in die gesig getref. Ek sou nooit weer klop en haar

haastige stap deur toe hoor nie. Ek sou nooit weer die telefoon kon

optel en haar nommer skakel nie, of weer by haar kombuis tafel kom sit

en iets nuuts leer nie. Net 5 ure vanaf haar oproep om te sê hulle

vertrek nou, sou ek nooit weer haar stem hoor nie. Net binne ‘n paar

uur het haar lewe en ons vriendskap tot ‘n einde gekom,

Dit is nou ongeveer 11 jaar al vandat Joan oorlede is maar soos ek hier

sit en skryf kan ek haar gesig voor my sien en kan ek nog steeds haar stem hoor. Joan het my

die waarde van egte vriendskap geleer, sy het my geleer hoe om dinge nie te ernstig op te

neem nie, en lank voor die tyd van Life Coaching, het Joan my geleer om in myself te glo.

Elke dag dra ek haar wysheid saam en al vergeet ek haar stem of hoe sy gelyk het, Joan se

impak op my lewe het dit verewig verbeter.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!