02.05.2013 Views

Voorgraads

Voorgraads

Voorgraads

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

E.3 KURRIKULUMS VIR DIE GRAAD BACCALAUREUS

COMMERCII (BCOM)

E.3.1 UITKOMSTE VAN ʼn BCOM-GRAAD

Die algemene uitkomste van die BCom-kwalifikasie is die volgende:

a) Om studente te bemagtig met graadvlak-kennis van konsepte, strukture,

modelle, teorieë, beginsels, vaardighede, navorsingsmetodologieë en

toegepaste bevoegdheid sodat hulle lonende loopbane kan volg in die

veranderende ekonomiese en besigheidsomgewing van die nuwe

millennium.

b) Om Suid-Afrika van gegradueerdes te voorsien wat bevoeg is in een of

meer van die volgende spesialisasievelde: Ekonomie, Internasionale

Handel, Risikobestuur, Ondernemingsbestuur, Entrepreneurskap,

Toerisme, Rekeningkunde, Rekenaarwetenskap en Informatika,

Menslikehulpbronontwikkeling, Arbeidsverhoudinge, Regte,

c)

Kommunikasiebestuur, Sportbestuur en Bedryfsetiek.

Om die student by te staan en in staat te stel om sy/haar intellektuele en

morele kapasiteit te ontwikkel om die ekonomiese en

besigheidsomgewing te verstaan, om krities en innoverend te dink en om

ʼn grondslag te lê vir verdere spesialisasie.

Benewens die algemene uitkomste van die kwalifikasie, is die inhoud só

gestruktureer dat bepaalde uittreevlakuitkomste (waarby kritieke uitkomste

ingesluit is) bereik kan word. ʼn BCom-gegradueerde sal in staat wees om:

a) ʼn Diepgaande kennis van en insig in die ekonomiese en

b)

besigheidsomgewings te openbaar en probleme wat daaruit voortvloei in

samehang met ander dissiplines op te los.

Op grond van sy/haar kennis van multidissiplinêre konsepte, strukture,

modelle, teorieë, beginsels en navorsingsmetodes konvergente en

divergente ekonomiese en besigheidsverwante probleme op ʼn kreatiewe

en kritiese wyse te identifiseer en op te los.

c) Geleenthede te identifiseer en te skep en die entrepreneuriese proses te

begryp.

d) Effektief as ʼn individu en in span- en organisasieverband op te tree ten

einde die geleentheid te skep om as ʼn leier in ʼn multidissiplinêre

omgewing te ontwikkel.

e) Met selfdissipline, integriteit en toewyding sy/haar aktiwiteite op ʼn

verantwoordelike en doeltreffende wyse te organiseer en te bestuur ten

einde die verlangde doelwitte te bereik.

f) Ekonomiese en ondernemingsbestuurskennis in te samel, te ontleed, te

organiseer, krities te evalueer en toe te pas.

g) Ekonomiese en besigheidsinligting doeltreffend te ontgin en te

kommunikeer deur van gepaste inligtingstegnologie gebruik te maak.

h) Verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander

mense te openbaar deur die doeltreffende en kritiese gebruik van

wetenskap en tegnologie.

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!