Kan ek koring plant
Kan ek koring plant
Kan ek koring plant
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
12

Boet van Zyl

Plaaslik het produsente die vorige seisoen nog teen redelike

insetkoste koring produseer, maar aan opbrengskant het

die droogte sy tol in die Senwes-gebied geëis. Met die

oog op die skerp styging van insetkoste vanaf Maart 2008 tot

Desember 2008 en ’n daling daarna, poog die artikel om te kyk

wat gedoen kan word om steeds redelike marges te realiseer.

Die feit dat Suid-Afrika ’n netto invoerder van koring is en

produksie ongeveer 0,5% van wêreldproduksie uitmaak, beteken

uiteraard dat die land afhanklik is van wat op die internasionale

markte gebeur. Suid-Afrika se produksie is eintlik onbeduidend,

gesien uit ’n internasionale oogpunt. Ons is aangewese op

wat internasionaal met pryse en voorraad gebeur en Suid-Afrikaanse

produsente moet binne die raamwerk winsgewend

probeer produseer. Die individuele produsent moet dus teen dié

agtergrond sy inkomste-kosteramings doen, om te bepaal of hy

bevredigende marges kan realiseer.

Senwester, April 2009

internet

www.senwes.co.za

Kan ek koring plant

met heersende hoë insetkoste?

Die internasionale ekonomiese krisis

wat markte laat ineenstort het en van

die groter ekonomieë in resessie laat

verval het met ’n daling in die BBP van

die belangrikste lande, het noodwendig

’n daling van die verbruikersbesteding tot

gevolg. Dit veroorsaak dan ook dat die

vraag na kommoditeite skerp afneem terwyl

voorrade toeneem, wat dan weer pryse en

winsgewendheid laat daal.

Grafi ek 1: Die kontinue Kansas HRW-koringprys.

Grafi ek 2: Die kontinueprys van koring op Safex.

Prys van koring

Internasionaal het die koringpryse van April 2008 tot Desember

2008 redelik skerp gedaal, waarna dit effens verstewig het (sien

Grafi ek 1). Die daling in internasionale pryse kan grootliks

toegeskryf word aan verhoogde internasionale produksie, met

gepaardgaande toenames in voorraadvlakke en die ekonomiese

krisis in veral die ontwikkelde wêreld.

In Suid-Afrika het die Safex-koringpryse redelik hoog gebly

(bo R3 800/ton) tot September 2008, waarna dit vinnig tot

Desember 2008 gedaal het (sien Grafi ek 2). Die daling kan aan

die relatief hoë wêreld-voorraadvlakke toegeskryf word, met die

gepaardgaande ekonomiese krisis en daling in internasionale

pryse en die invloed van die R/$-wisselkoers.

’n Prysverskansingstrategie wat die afgelope seisoen goed

gewerk het, was waar ’n minimum prys bepaal is in die voorseisoen,

met relatief hoë pryse, waarvolgens die insetkoste

ge dek is deur 65% tot 70% van die langtermyn gemiddelde

opbrengs.

Opbrengs en voorraad

Die afgelope seisoen het produsente in Senwes se bedieningsgebied

in die algemeen swakker oeste behaal in vergelyking

met die vorige seisoen, wat grootliks toegeskryf kan word aan

die swakker reënval in die najaar. Hoewel die proteïengehalte

en valgetal oorwegend goed was, het skepelgewig probleme

veroorsaak met die gradering.

Internasionaal het voorraad redelik gestyg en dit het noodwendig

’n negatiewe effek op die prys. In die VSA alleen is produksie

tans omtrent dubbel die verbruik (sien Grafi ek 3). Dit is

dan ook belangrik om in ag te neem dat produksie in Rusland en

Kazakstan skerp toegeneem het en dat hulle reeds die grootste

uitvoerders van koring in die wêreld is.

Insetkostebegroting om marges te bereken

Elke produsent se situasie is uniek en sal tot ’n groot mate

bepaal hoe suksesvol koring in die komende seisoen, sowel as

in die toekoms, verbou kan word. Dit is egter belangrik om vas te

stel of koring onder die huidige omstandighede nog ekonomies

Grafi ek 3: Die geskatte produksie, verbruik, oordragvoorraad

en oordragvoorraad as persentasie van verbruik vir koring vir die

2007/2008-bemarkingsjaar in die VSA (USDA-uitvoere uitgesluit).
geproduseer kan word. Dit is hier waar die opstel van ’n inkomste-

en kosteberaming van uiterste belang is. Neem in ag dat

verskillende chemiese middels as gevolg van verskillende

prak tyke tussen streke gebruik word, wat koste-implikasies tot

gevolg het (sien Tabel 1).

Samevatting

Daar was redelike uitbreidings aan die wêreldproduksie

gedurende die vorige seisoen en Australië het ’n redelike

normale oes gerealiseer. Argentinië het ’n verbod geplaas op

koringuitvoere, maar vanweë die goedkoop Swartsee koring wat

plaaslik geland het, het dit nie ’n wesenlike invloed op plaaslike

koringpryse gehad nie.

Dit wil egter voorkom of die beplanning vir aanplantings vir

Tabel 1: Insetkostebegroting vir droëland-koringproduksie in die verskillende gebiede.

Produkprys (boerprys) R2 367/ton

PRODUKSIEJAAR 2009

Suid-Vrystaat Noord-Vrystaat Oos-Vrystaat

Beplanningsopbrengs (ton/ha) 1,00 1,50 2,00 2,50 2,00 2,50

Bruto produksiewaarde (R/ha)

A: Gespesifi seerde koste (R/ha)

2 367 3 551 4 734 5 918 4 734 5 918

Saad 200 200 150 200 200 200

Kunsmis 360 519 760 943 760 943

Kalk 0 100 120 140 140 180

Brandstof 547 579 547 559 581 593

Herstelwerk 404 437 396 403 404 410

Smeermiddels 27 29 27 28 29 30

Onkruiddoders 148 148 43 43 43 43

Plaagdoder 148 148 114 114 114 114

A: Totale koste (R/ha)

B: Ander gespesifi seerde koste

1 834 2 159 2 157 2 429 2 270 2 512

Kontrakstroop (R/ha) 140 160 170 170 170 220

Oesversekering (R/ha) 237 355 355 444 696 870

Lugspuit 0 0 80 80 80 80

Losarbeid 0 0 0 0 0 0

Graanverskansing 147 178 184 208 214 245

Insetversekering (KVP) 0 0 0 0 0 0

Produksiekredietrente (R/ha) 166 201 207 236 243 277

B: Totale ander koste (R/ha) 690 895 996 1 138 1 404 1 692

C: Totale koste (A + B) (R/ha) 2 524 3 054 3 154 3 567 3 674 4 204

Koste per ton (R/ton) 2 524 2 036 1 577 1 427 1 837 1 682

D: Surplus/(Tekort) (R/ha) -157 497 1 580 2 350 1 060 1 713

Gelykbreek-opbrengs (ton/ha) 1,07 1,29 1,33 1,51 1,55 1,78

hoofstorie

die huidige seisoen internasionaal onder druk verkeer vanweë

die hoë insetkoste. Dit wil dan ook lyk of die koringprys vir eers

gestabiliseer het.

Produsente moet self hul begrotings opstel en marges

bereken voordat ’n ingeligte besluit geneem kan word in terme

van die produksie van koring. Alle faktore wat ’n risiko kan inhou

wat beide die opbrengs- en prys negatief kan beïnvloed, moet

in ag geneem word.

Produksiepraktyke wat vir die betrokke land aangepas is,

moet deurgaans gevolg word om sodoende optimale opbrengste

te kan realiseer. S

Vir enige navrae, skakel Boet van Zyl (Bloemfontein) by 072 476

8818 of Dries Kruger (Bloemfontein) by 083 458 1299.

Senwester, April 2009 13
16

Ruth Davies

Harris het grootgeword op wingerdgrond naby Magogong.

Dit is as gevolg van sy pa-hulle se wingerdboerdery dat

die Hartswater wynkelder gebou is. Vandag lewer hy van

sy eie druiwe aan dié kelder, wat ’n diverse onderneming van

Senwes is. Dié wynkelder is by die Oranje-Vaal Jongwynskou in

2008, wat langs die Oranjerivier by Broadwaters naby Douglas

gehou is, as die reserwekampioen in die afdeling vir droë witwyn,

sowel as vir nie-muskaat versterkte wyn, aangewys.

Die kelder het ook die toekenning vir die kampioen droë

witwyn ontvang. ’n Groep uitgelese gaste, waaronder produsente,

wynmakers en borge, het die skou, bygewoon. Die streek

is geloof vir sy uitmuntende wyne en produsente en wynmakers

hoef nie ’n tree vir die wynstreke in die Wes-Kaap terug te staan

nie.

Senwester, April 2009

internet

www.senwes.co.za

Vinnige, maklike oes

met dié masjien

Harris van Niekerk, ’n wynprodusent van

Hartswater, is een van die min produsente in

die Noord-Kaap wat die Pellenc oesmasjien

gebruik. Ruth Davies het meer oor dié wynboer

gaan uitvind en van naderby ondersoek

gaan instel na die werking van die masjien.

Die masjien loop wydsbeen

bo-oor die wingerdry.

Hoe werk die masjien?

Die Pellenc het agt latte wat van links na regs beweeg. Die

kombinasie van die lengte van die skudlatte, drukkrag en

frekwensie wat verstel kan word gee die perfekte beweging

sodat die druiwekorrels afgeskud kan word. Die korrels wat

afgeskud word val op ’n vervoerband wat dit opbeweeg na die

massahouers. Wanneer die houers vol is, word dit in die sleepwa

se bak getiep.

Dit is egter nie net ’n druiwemasjien nie, maar word ook gebruik

om onder andere rygewasse te spuit, bankieverwerking te

verrig en voorsnoeiing te doen. Wat die masjien so uniek maak,

is dat die maatskappy, wat gesetel is in die Paarl, bereid is om

’n diens in die Noord-Kaap te lewer en om jou op te lei om die

masjien te gebruik.

Wyndruiwe is ’n produk waaraan ’n eenmalige uitgawe gekoppel

is; dit is totaal gemeganiseerd. “Meganisasie laat nie mense

hul werk verloor nie, inteendeel, dit skep werksgeleenthede vir

opgeleide mense,” meen Harris. Sy resep vir ’n sukses volle

wynplaas lê in goeie, doelgerigte langtermyn beplanning.

Die begin van die wynboerdery

In 1998 het Harris sy eerste wingerdaanplantings met eie ka-
Gunsteling

Kos: Boerekos

Wyn: Al boer ek met

druiwe, is ek nie eintlik ’n

wyndrinker nie.

Vakansieplek: Kaap.

Sport: Valskermspring. In sy

weermagdae was hy onder

andere ’n valskermoffi

sier.

pitaal gedoen. In 2000 het hy voltyds met druiwe begin boer

en vandag besit hy 32 hektaar wingerd, wat onderskeidelik

Colombar en Chenin Blanc insluit.

Gesin

Harris is getroud met Estie en uit hul huwelik is Veronica (23)

en Engela (21) gebore. Vir Estie is dit baie lekker om deel te

kan wees van die wynboerdery – sy is verantwoordelik vir die

fi nansiële sy van die boerdery en help ook met die elektriese

besigheid wat Harris van sy huis op die plaas bedryf. “Dit is

wonderlik om as huweliksmaats deel te wees van die boerdery

en besigheid,” het Estie gesê.

• Vir meer inligting oor watter soort wyne by die Hartswater

wynkelder te koop is, besoek hul webtuiste by Vaalharts.com.

onder die skakel Agri-Business. S

Ruth Davies is ’n landboujoernalis by Infoworks. Skakel haar by

(018) 468-2716 of 083 583 5243.

Die Van Niekerks heg baie waarde aan familietyd. Van links is Estie,

Harris, Engela en haar verloofde, Wick Grobler. Wick help Harris tans

in sy boerdery. Die druiwe word uitgetiep in die sleepwa se bak.

profiel

Hoewel wynboerdery baie meganisasie behels, beteken dit nie

dat die produsent minder het om te doen nie. “Dit verg hoogs

gesofi stikeerde opleiding,” aldus Harris.

Die Pellenc van agter gesien. Indien jy agter die masjien staan en

dit witdruiwe oes, sal jy ‘n ligte sproei van die sap op jou vel voel.

Daarteenoor gee rooidruiwe amper geen sap af wanneer dit geoes

word nie – die rede hiervoor is dat rooidruiwe ‘n taaier skil het as

witdruiwe.

Senwester, April 2009 17
18

Dries Kruger

Dit is algemeen bekend dat waterbeskikbaarheid aan die

plant in droëlandgewasproduksie; hetsy opgegaarde

grondwater en reënval onder die toestande, of besproeiing

waar beskikbaar om reënval aan te vul wanneer nodig;

die opbrengs bepaal van koringkultivars wat geplant word.

Waterbronne is beperk, selfs meer so in droë seisoene wanneer

water juis meer benodig word om graanopbrengste te stabiliseer

en te verhoog. Die effektiewe gebruik van water in gewasverbouing

is dus ’n faktor waarmee rekening gehou moet word.

Met dié inligting in gedagte, is daar op die versoek van

Geluksdam Boerevereniging en met samewerking van die

ge noem de partye, ’n koringproef-aanplanting op die Hebron

proef terrein gedoen. Die proef was ook een van die besoekpunte

op die jaarlikse boeredag wat deur die boerevereniging aangebied

is.

Senwester, April 2009

internet

www.senwes.co.za

Aanvullende

besproeiing

verhoog potensiaal van droëland koringkultivars

’n Samewerkingsprojek tussen Geluksdam

Boerevereniging, Stephanus Truter

van Hebron, Senwes Bloemfontein, die

Kleingraaninstituut, DIY Bloemfontein

en Prestige Besproeiing oor

koringkultivartoetsing op die Hebron

proefterrein, het in die afgelope seisoen

interessante resultate gelewer.

Die grondprofi el op die proefterrein is geklassifi seer as ’n

Bainsvlei grondvorm, met 8% tot 10% klei vir die 0 cm tot 25 cm

grondlaag, 15% tot 20% klei vir die 25 cm tot 50 cm grondlaag,

30% klei vir die 50 cm tot 80 cm grondlaag, met ’n grys-klei

keerlaag op 80 cm gronddiepte.

Die koringkultivars, wat 12 besproeiingkultivars en 18 droëlandkultivars

ingesluit het, is op 23 Mei aangeplant teen 23 kg

saad/ha. Onder die droëlandkultivars is lang, medium en korter

groeiseisoen kultivars getoets. Die kultivars is in drie aparte

blokke aangeplant en het deurgaans dieselfde bemesting van

240 kg 4:2:1(30) ontvang. Een van die blokke is as standaard

droëlandkoring bestuur. Die ander twee blokke is met ’n

drupbesproeiingstel uitgelê, met druplyne 90 cm uitmekaar (elke

tweede planterry) met druppers (2,2 ℓ/h) op 50 cm spasiëring

per druplyn.

’n Drukmeter en drukreguleerders het verseker dat die stelsel

deurgaans volgens die voorgeskryfde druk en waterlewering

funksioneer. Een blok het met elke besproeiingsinterval ses ure

water gekry (half), terwyl die derde blok twaalf ure besproei is

(vol). Die totale watertoediening vir die half behandeling deur

die seisoen, was 235 mm, met 469 mm vir die vol behandeling.

Watertoedienings is in Augustus, September en Oktober gedoen.

Slegs 20 mm reënval is in die groeiseisoen in laat Oktober

gemeet. Die intervalle van besproeiing is bepaal deur met

’n grondboor in die land te boor en die grondwater-situasie tot

op die keerlaag te beoordeel. Die gebrek aan reënval deur die

groeiseisoen, asook die bogemiddelde temperature en sterk

winde, het verder meer besproeiing as in die gemiddelde groeiseisoen

genoodsaak.

Groei en ontwikkeling was deurgaans goed, maar die invloed

van die droë en warm lente en vroeg-somer was duidelik op

die droëlandgedeelte van die proef. Groei was beter in die

blokke met besproeiing, wat op effektiewe watertoediening

en -verspreiding deur die grondprofi el gedui het. Van die lang

groei seisoen kultivars het ’n mate van omval gehad in die vol

besproeide blok. Die opbrengssyfers van die kultivars by die

besproeiingsbehandelings word in die tabel aangedui.

Opbrengs

Die algehele gemiddeld vir die droëlandbehandeling was 0,934

ton/ha, terwyl die half besproeiing se opbrengs betekenisvol

gestyg het na 3,364 ton/ha en verder tot 4,163 ton/ha by die vol

besproeiingsbehandeling.

Die besproeiingkultivars wat in die proef getoets is, het in die

droëlandbehandeling swakker as die droëlandkultivars presteer.

Dit kan toegeskryf word aan die korter groeiseisoen van die

kultivars, wat verder verkort is deur die warm groeiseisoen, wat

weer groei en ontwikkeling verder versnel het. Die kultivars het

ook ’n groter risiko vir rypbeskadiging en voëlskade as gevolg

van ’n algemeen korter groeiseisoen.

Terwyl die styging in opbrengs betekenisvol was vanaf die
droëlandbehandeling na die besproeiingsbehandeling, het

ver skeie kultivars se opbrengste nie verder toegeneem by

die vol besproeiingsbehandeling nie. Dit dui daarop dat die

omgewingspotensiaal beperk is deur hoë temperature, hoewel

die grondwater-situasie naby aan optimaal bestuur is. Ook moet

in gedagte gehou word dat die vol behandeling nie ’n hoër

bemesting-toediening gekry het nie, wat groei – en gevolglik

opbrengs – kon beperk het.

Elands het die hoogste opbrengs by die vol besproeiingsbehan

de ling, gevolg deur PAN 3144, Olifants en PAN 3364. By

die half besproeiingsbehandeling het PAN 3349, PAN 3161,

Gariep, SST 356 en SST 322 hoë opbrengste gelewer. Onder

droëlandtoestande is die hoogste opbrengste gemeet by

PAN 3379, Matlabas, PAN 3144, SST 334 en PAN 3161.

Graankwaliteit

Die effek van die klimaatsomstandighede, veral tydens die korrelvulperiode

en gedurende oestyd, het duidelik geword in die laer

as normale hektolitermassas wat by die droëlandbehandeling

gemeet is. Die meerderheid van die kultivars het waardes onder

74 kg/hl gelewer, met die algemene gemiddeld op 71,80 kg/hl.

By die besproeiingsbehandelings is betekenisvol hoër waardes

gemeet, met waardes bo 74 kg/hl en ’n algemene gemiddeld

van 74,32 kg/hl. Die besproeiingskultivars is meer benadeel

deur die hoë temperature en reën in oestyd en het deurgaans

laer hektolitermassas gehad. Die groep droëlandkultivars het

gemiddeld hoër waardes getoon. Valgetalwaardes en graanproteïen

persentasies van die kultivars was op aanvaarbaar hoë

vlakke by al drie besproeiingsbehandelings.

Die resultate bevestig dat, indien besproeiingswater beskikbaar

is vir gebruik in droëlandkoringverbouing, betekenisvolle

ver hoging in opbrengste met droëlandkultivars verkry kan word

met aanvullende besproeiing. Afhangende van die tipe besproeiing

stelsel wat beskikbaar is, kan grondwater aangevul word,

sodat die gewas water- en temperatuur-stremmingstydper ke

sonder betekenisvolle opbrengsverlagings kan deurstaan.

Hoeveel water en hoe gereeld?

Die groeiseisoen sal bepaal wat die bestuurstrategie sal wees.

Begin met ’n vol grondprofi el sover moontlik, sodat die nodige

opbrengspotensiaal van die kultivar gevestig kan word. In die

afgelope seisoen is agt besproeiings as gevolg van die laer

reën val toegedien. In normale seisoene kan tot vier besproeiings

moontlik voldoende wees om die grondwater-situasie optimaal

te bestuur.

Monitor dus grondwater deurlopend voor en na besproeiings

en voorsien wanneer grondwater beperkend begin raak en

wan neer stremmingsperiodes verwag en oorbrug moet word.

Ty dige reënval maak die proses natuurlik baie makliker. Onthou

dat besproeiingopbrengste nie nagejaag word nie, maar

dat die genetiese potensiaal van die droëlandkultivars wat

landbou in praktyk

tans aangeplant word, gebruik kan word om bo-gemiddelde

opbrengste te behaal. Volg dus bemestingspraktyke wat aanpas

by die matige hoërpotensiaal toestande, aangesien regstellings

redelik gemaklik gedoen kan word indien nodig.

Vir verdere navrae, skakel die LNR-Kleingraaninstituut op

Bethlehem by (058) 307-3400 of Dries Kruger van Senwes

Bloemfontein by (051) 430-2071. S

Dié artikel is geskryf deur Willem Otto (LNR-Kleingraaninstituut),

in samewerking met Gerrie Saayman (LNR-Kleingraaninstituut) en

Dries Kruger.

Opbrengste van besproeiingkultivars gemeet op Hebron in 2008.

Besproeiingkultivars

Droëland

Half

besproeiing

Vol

besproeiing Gemiddeld

Baviaans 0,358 2,495 3,874 2,242

CRN 826 0,647 3,608 3,604 2,620

Duzi 0,338 2,030 3,104 1,824

Kariega 0,278 2,756 3,726 2,253

Krokodil 0,262 3,193 4,487 2,647

Olifants 0,350 3,233 5,053 2,879

SST 806 0,936 3,509 3,880 2,775

SST 822 0,988 2,561 4,269 2,606

SST 835 0,903 3,347 4,360 2,870

SST 843 0,456 2,281 2,449 1,729

SST 876 0,439 2,905 3,447 2,264

Steenbras 0,761 2,309 3,096 2,056

Opbrengste van droëlandkultivars gemeet op Hebron in 2008.

Droëland-

kultivars Droëland

Half

besproeiing

Vol

besproeiing Gemiddeld

Caledon 1,099 3,587 4,859 3,182

Elands 1,319 3,301 5,241 3,287

Gariep 1,370 4,061 4,747 3,393

Komati 0,849 3,437 3,957 2,748

Limpopo 1,213 3,375 3,767 2,785

Matlabas 1,510 3,253 3,936 2,900

PAN 3144 1,490 3,659 5,149 3,433

PAN 3161 1,389 4,173 3,843 3,135

PAN 3172 1,101 3,407 4,435 2,981

PAN 3349 1,228 4,396 4,803 3,479

PAN 3355 0,876 3,842 4,724 3,148

PAN 3364 1,067 3,808 5,046 3,307

PAN 3368 0,628 3,875 4,410 2,971

PAN 3377 0,755 3,197 4,064 2,672

PAN 3379 1,520 3,908 4,839 3,422

SST 322 1,096 3,938 3,736 2,923

SST 334 1,464 3,533S 3,818 2,939

SST 356 1,333 3,953 4,157 3,147

KBV gemiddeldes = 0,474

KBV behandelings x kultivar interaksie = 0,895

Senwester, April 2009 19
20

Erik Adriaanse

Senwester, April 2009

Korrekte

stikstoftoediening

raak jou sak

Figuur 1: Kumulatiewe opname van N, P en K deur ’n mielieplant as

’n persentasie van totale opname (Aldrich & Jeng, 1966, soos deur

MVSA, 2002 verwerk en gepubliseer).

Figuur 2: Die verband tussen anorganiese stikstofontledings in

die grond en relatiewe opbrengs by Viljoenskroon, gemeet oor ’n

tydperk van vier jaar (LNR-IGG, Boeredag, 2003).

internet

www.senwes.co.za

Het ek my mielies genoeg stikstof gegee?

Hierdie vraag word gewoonlik gevra nadat

dit baie goed gereën het en nie as dit droog

is nie. Die antwoord op die vraag lê in die

hoeveelheid anorganiese stikstof wat in die

grond is teen ongeveer ses weke na plant.

Dié stikstof in die grond sal bepaal of die gewas vir die res

van die groeiseisoen optimaal sal groei en produseer, al

dan nie, ongeag of dit nou verder baie of min reën.

Figuur 1 toon aan dat daar tot ses weke na aanplanting slegs

20% van die stikstofbehoefte bevredig is en dat die tempo van

opname van stikstof vanaf hierdie punt drasties toeneem.

Die hoeveelheid anorganiese stikstof in die grond teen ses

weke na aanplanting word hoofsaaklik bepaal deur:

• Die hoeveelheid stikstof wat toegedien is.

• Die hoeveelheid stikstof wat oorgedra is vanaf die vorige

seisoen.

• Die stikstofl ewering van die grond.

• Die verliese aan stikstof deur uitloging en vervlugtiging.

• Die opname van stikstof deur die gewas.

Aangesien daar verskeie faktore is wat die hoeveelheid anorganiese

stikstof in die grond bepaal, sal ons slegs weet as ons

meet. In gevalle waar ons nie meet nie, word daar gespekuleer.

Uitstekende verwantskappe tussen anorganiese stikstof

in die grond (teen ses weke na aanplanting) en persentasieopbrengs

is deur die LNR-IGG daargestel vir mielies, onder

droë land toestande en vir grondgebiede waarvan die klei-inhoud

wissel van 2,5% tot 55%.

’n Ligging in die Viljoenskroon-distrik word as voorbeeld

gebruik om die beginsel te verduidelik. Dié verwantskap, wat

oor vier jaar verkry is, word in Figuur 2 aangedui. Hiervolgens

weet ons byvoorbeeld dat 100% opbrengs verkry sal word as

100 kg anorganiese stikstof per hektaar in die boonste 60 cm

van ’n sanderige grond teenwoordig is, maar as daar slegs

50 kg anorganiese stikstof in die grond is, kan slegs 80%

opbrengs verkry word. Hierdie opbrengs is die persentasie van

die maksi mum moontlike opbrengs vir elke seisoen.
Gestel die opbrengspotensiaal vir ’n bepaalde seisoen is

6 ton mielies per hektaar. ’n Opbrengsverlies van 20% op

6 ton/ha beteken dat 1,2 ton mielies minder p/ha geoes kan word.

Teen ’n mielieprys van R1 700/ton is die rand waarde van 1,2 ton

mielies R2 040. Die koste verbonde aan 50 kg stikstof is R500

teen ’n ureumprys van R4 600/ton. Ver skillende mieliepryse en

stikstofkostesyfers, soos vir elke pro dusent van toepassing, kan

gebruik word om te bepaal of bykomende stikstoftoedienings

lonend sal wees of nie.

Die opbrengreaksie op die toediening van bykomende stikstof

word deur die mate van die meetbare stikstoftekort in die grond,

sowel as die opbrengspotensiaal van die seisoen, bepaal. ’n

Opbrengsverhoging van 2 ton/hektaar is baie moontlik met die

toediening van 50 kg stikstof per hektaar onder toestande waar

lae vlakke van stikstof in die grond teenwoordig is.

Teen bogenoemde kosteprys-scenario’s is ’n opbrengsverhoging

van 294 kg mielies/ha gelykstaande aan die koste van die

bykomende 50 kg stikstof/ha.

Navorsing oor verskillende stikstoftoedieningstye onder relatief

droë omstandighede, soos kenmerkend aan die westelike

mielie produserende dele, het getoon dat stikstoftoedienings

voor vier weke na aanplanting (met die verloop van ’n bepaalde

aantal jare) die beste reaksies toon. Mielies kan nie noodwendig

altyd die stikstof wat later as vier weke na aanplanting toegedien

is optimaal benut nie, aangesien die latere groeiperiode, in

die meerderheid van seisoene, met relatief droëer periodes

saamval. Dus is dit beter om eerder die anorganiese stikstof in

die grond voor die tyd optimaal te bestuur om sodoende die

risiko te vermy wat met latere toedienings gepaard gaan.

Die vraag oor te min of te veel stikstof moet vooraf gevra

word, want spyt kom altyd te laat. Onthou egter dat te veel

stikstof ook nadelig kan wees, omdat te veel stikstof ’n verlies

aan opbrengs kan beteken, wat baie ernstig kan wees indien dit

met opbrengsonderdrukking gepaard gaan.

Vir navrae, kontak enige van die Sidi Parani landboukundiges:

Dr F.G. Adriaanse (Noordwes, Gauteng, Noord-Vrystaat) by

083 629 1179, dr C.J.J. Schmidt (Noordwes-Vrystaat, Sentraal-

Vrystaat, Suid-Vrystaat en Oos-Vrystaat) by 082 885 8134, H

Stander (Noord-Kaap) by 082 888 4793, A Prins (Presisieboerdery

en Navorsing) by 083 628 5320 of K van der Schyff

(Spesialiteitsprodukte) by 082 808 3317. S

Verwysings

LNR-IGG Boeredag, 2003, Landbounavorsingsraad-Instituut vir

Graangewasse, Potchefstroom.

MVSA, 2002. Bemestingshandleiding, vyfde hersiene uitgawe, die

Misstofvereniging van Suid-Afrika, Pretoria.

Dr Erik Adriaanse is by Sidi Parani werksaam. Vir meer inligting,

skakel hom by 083 629 1179.

landbou in praktyk

Senwester, April 2009 21
internet

www.senwes.co.za

Suid-Afrikaanse grondhulpbronne

Ongeveer 35% van Suid-Afrika ontvang genoeg reën vir droëland-graanproduksie

en slegs 13% van die grond (±14 miljoen

hek taar) is bewerkbaar en geskik vir graanproduksie. Baie van

dié grond beskik oor marginale gewasproduksiepotensiaal.

Slegs 3% word beskou as grond met ’n hoë potensiaal.

Grond wat meganies bewerk word, is uiters vatbaar vir

ernstige grondverdigting en dit is meer algemeen as die

wêreld norm. Só is byvoorbeeld 80% van die oppervlakte waarop

mielies geproduseer word, vatbaar vir grondverdigting. Uit

boge noemde feite is dit dus duidelik dat dit uiters belangrik

is dat grond as ’n hulpbron optimaal bestuur moet word deur

grondverdigting te beperk, en indien dit wel voorkom, dit dan

doeltreffend reg te stel.

Wat is grondverdigting?

Om grondverdigting te verstaan, is dit belangrik om te weet

waar uit grond bestaan. Grond bestaan uit minerale, organiese

materiaal en porieë. Die minerale gedeelte van die grond bestaan

uit sand-, klei- en slikdeeltjies. Hierdie deeltjies pas nie styf teen

mekaar nie en is omring met oop spasies (porieë). Figuur 1 is ’n

voorstelling van gekompakteerde en nie-gekompakteerde grond.

Die porieë is belangrik, want dit stel die grond in staat om

water en lug vas te hou. Grondverdigting ontstaan wanneer die

gronddeeltjies gekompakteer word en gevolglik word die spasie

vir water en lug verminder. Verder word die uitruiling van gasse

in verdigte grond verlaag en die kans vir deurlugtingsprobleme

verhoog. Die kapillêre beweging van water word ook beperk.

landbou in praktyk

Grondverdigting

is nadelig – bestuur dit só

Grondverdigting is een van die belangrikste

faktore wat ’n negatiewe invloed op graanopbrengs

kan hê en kom algemeen op

sandgrond voor. Lae of wisselvallige reënval

is een van die grootste algemene redes vir

swak opbrengste en kan in ’n mindere mate

bestuur word as byvoorbeeld grondverdigting

en onkruidbeheer. ’n Kenmerk van Suid-

Afrikaanse grond is dat dit baie vatbaar is vir

verskeie vorme van agteruitgang (degradasie)

en dat die potensiaal om vanself te herstel,

baie laag is.

Figuur 1: ’n Voorstelling van gekompakteerde en niegekompak

teerde grond.

Gerrit Oosthuizen

Oorsake van grondverdigting

Grondverdigting kan deur die natuur, sowel as mens en dier,

veroorsaak word:

• Reëndruppels: dit is ’n natuurlike oorsaak en word gewoonlik

waargeneem as korsvorming op die grondoppervlakte. Sodoende

kan ontkieming benadeel word.

• Vlak watertafelgrond: grond met ’n vlak watertafel kan verdig

word deur die styging en daling van grondwater.

• Bewerkings: verdigting deur trekkerwiele en langtermyn

ploeg bewerkings (met skaarploeë) en wanpraktyke met betrekking

tot die bewerkings van die grond.

• Lewende hawe: Die hoewe van beeste en skape kan ook

die grond verdig. Die beweiding van oesreste is ’n algemene

gebruik in die somerreënsaaigebied.

Tekens van verdigting

• Sigbare wielspoor-patrone in die gewas;

• Stilstaande water of oormatige waterafl oop (uitsluitend rondom

panne of voethange);

• Ongelyke planthoogtes;

• Plante wat vogstremming toon, al is die ondergrond nog nat;

• Verdwergde plante onder gunstige toestande;

• ’n Toename in die trekkragbehoefte om sekere bewerkings

te doen. Verdigting verhoog die grondsterkte en dit word

moeiliker om implemente te trek; en

• ’n Afname in opbrengs.

Effek van grondverdigting op die plant en grond

Grondverdigting het ’n direkte en indirekte invloed op die

plant. Wortels kan nie deur die ploeglaag dring nie weens die

verhoogde weerstand van die grond. Die gevolg is dat die swak

ontwikkelde wortelstelsel ’n kleiner grondvolume benut en nie

die water en voedingstowwe in die ondergrond benut nie (sien

Figuur 1). Sigbare simptome op wortels is tipiese misvormde

plantwortels wat verdik, knopperig, verdraai of dun en plat kan

wees.

Indien plante onder onnodige stremming verkeer, kan dit die

plante meer vatbaar maak vir siektes, soos wortelvrot. Versuiping

in die bogrond kan ook weens die verdigting voorkom. Weens

die swakker ontwikkelde wortelstelsels, kan die plante ook makliker

omval. Die verdigting van die grond (bo- en ondergrond)

kan lei tot die oormatige afl oop van reënwater, wat gronderosie

tot gevolg kan hê.

Bepaling van verdigtingslae

Daar is verskillende metodes om moontlike verdigtingslae in die

grond te identifi seer:

• Steekstok: dit is een van die maklikste en mees algemene

metodes wat ’n produsent het en kan gereeld en maklik

gebruik word. Die nadeel daarvan is dat, indien ’n laag met

verdigting geïdentifi seer is, dit nie noodwendig daarop dui

25

Senwester, April 2009 23
internet

www.senwes.co.za

23

dat die laag (sone) wel ondeurdringbaar vir plantwortels is

nie. Verdere ondersoek moet dan gedoen word. Dit kan wel

’n aanduiding gee van die doeltreffendheid van verskillende

bewerkingsmetodes.

• Profi elgate: dit is een van die doeltreffendste metodes om

wortelontwikkeling te moniteer. Daar kan gesien word op

watter diepte (indien enige) wortelontwikkeling gestrem

word. Dit is egter arbeidsintensief en is moeilik om op baie

plekke in ’n land(e) te herhaal.

• Penetrometer: dit is een van die mees betroubare metodes

om moontlike verdigtingslae te identifi seer. Dit kan ook meer

gereeld in ’n betrokke land herhaal word. Die instrument

werk op die beginsel van ’n staalpen met ’n standaardkegel

(sensor) aan die punt wat teen ’n konstante tempo in die

grond ingedruk word. Die weerstand wat die grond teen die

indringing bied, word dan elektronies gemonitor en die data

kan dan grafi es voorgestel word. Die eenheid van die lesings

is in kPa. Lesings van 1 800 kPa (by veldwaterkapasiteit) en

hoër dui op die ondeurdringbaarheid van die grond vir die

normale ontwikkeling van die plantwortels. Verskeie lesings

kan oor of tussen plantrye geneem word om ’n volledige

prentjie te kry van wat in die grond aangaan in terme van

grondverdigting (sien Figure 3 en 4).

Dit is egter belangrik dat, wanneer die lesings geneem word, dit

op grond is wat by veldwaterkapasiteit is. Indien nie, kan droë

lae (sones) in die grond dui op moontlike verdigting, wat dalk nie

die geval is nie. Om vergelykings tussen verskillende grondtipes

en/of bewerkingsmetodes te kan tref, moet al die toetspersele

by veldwaterkapasiteit wees om met mekaar vergelyk te kan

word.

In Figuur 2 word ’n grondprofi el aangetoon met ’n besliste

verdigtingslaag (bo 1800 kPa) tussen 30 cm en 40 cm. Hierdie

ver digtingslaag sal wortelontwikkeling verseker nadelig beïnvloed

en in ’n droë jaar tot groot graanopbrengsverliese lei.

’n Regstellende bewerkingsaksie behoort tot op ’n minimum

diepte van nie minder as 40 cm uitgevoer te word nie.

In Figuur 3 word ’n grondprofi el aangetoon waar geen

verdigtingslaag teenwoordig is nie en wat ideaal is vir die

wortelontwikkeling van plante (mits grondwater- en grond-

Figuur 2: ’n Grondprofi el met horisontale wortelontwikkeling

weens ’n verdigtingslaag.

landbou in praktyk

Figuur 3:

’n Pene trometerstudie

wat

’n grondprofi el

met ’n verdigtings

laag

aantoon.

Figuur 4: ’n

Penetro meterstudie

wat ’n

grondprofi el

sonder ’n

verdigtingslaag

aantoon.

chemiese toestande ook optimaal is).

Dit is belangrik dat die produsent die effektiwiteit van ’n diep

bewerkingsaksie monitor en nie net aanneem dat byvoorbeeld

’n rip-aksie die verdigtingslaag opgehef het nie. Daar is verskeie

ontwerpe op die mark en nie almal is ewe doeltreffend nie.

Brandstofverbruik, trekkragvereistes asook grondvolume wat

losgemaak word, wissel tussen die verskillende ontwerpe en

moet van kennis geneem word sodat die beste keuse gemaak

kan word. Penetrometerstudies en die maak van profi elgate is

gevolglik uiters belangrik om moontlike probleme te identifi seer.

Senwes Lanboudienste beskik oor die kundigheid om die produsent

te help met die identifi sering van grondverdigting en te

help met raad om dit reg te stel.

Opsomming

• Baie van die grond in Suid-Afrika is marginaal vir gewasproduksie

en die optimale bestuur daarvan is baie belangrik.

• Sanderige grond is meer onderhewig aan grondverdigting as

klei-leem en leemgrond.

• Wees ten alle tye bedag op tekens van grondverdigting.

• Grondverdigting het ’n direkte en indirekte invloed op plante

en kan onder gunstige toestande steeds opbrengsverliese

tot gevolg hê.

• Moet nie net aanneem dat ’n diep bewerkingsaksie effektief

was in die opheffi ng van grondverdigting nie. ’n Penetrometer

is die mees betroubare metode om grondverdigtings mee te

ondersoek. S

Verwysings

http://www.environment.gov.za/nssd_2005/Web (South Africa’s soil

resour ces and sustainable development. M.C. Laker, UP)

http://www.oznet.ksu.edu/library/CRPSC2/AF115.pdf (Soil compaction:

Problems and solutions)

http://www.extension.umn.edu/distribution/cropsystems

Noordwes Nuus Mei/Junie 2007 (Grondverdigtings kos produsente

steeds miljoene. M. Du Plessis)

http://www.nwk.co.za/NAfr/NoordwesNuus/Meganisasie/ms0001.asp

(Grondbewerking en trekkerwerkverrigting. D. Lotter)

Gerrit Oosthuizen is ’n Senior Akkerboukundige by Senwes Landboudienste.

Skakel hom vir enige navrae by (018) 462-8533 of 084

506 8791 of stuur ’n e-pos na: gerrit.oosthuizen@senwes.co.za.

Senwester, April 2009 25
26

Hennie Snyman

Die feit dat slangbos deur feitlik geen dier benut word nie,

maak die bekamping daarvan baie moeilik. Die stelling

dat dit indring weens wanbestuur soos oorbeweiding is

nie volkome waar nie, aangesien dit vinnig op ’n plaas versprei

indien dit eers daar voorkom, ongeag of die veld in goeie of swak

toestand verkeer. Die hoofredes vir die geweldige ontploffi ng

van slangbos oor veral die laaste vyf jaar bly ’n raaisel.

Die bosse maak miljoene sade wat baie lig is en dus geweldig

ver deur die wind versprei kan word. Baie min inligting bestaan

oor die werklike ontkieming daarvan en die toestande waaronder

dit die aggresiefste sal indring. Die algemene tendens is dat

dit hoofsaaklik op sanderige grond aangetref word, maar kan

selfs gronde met ’n hoër klei-inhoud indring mits die grond se

dreinering goed is. Dit ontwikkel eers op die suidelike hellings

waarna dit na die leegtes versprei en kom selde in vleie of

waterbane voor. Dit is ook net beperk tot reënvalgebiede van

620 tot 750 mm per jaar.

Ontkiemingspotensiaal van Slangbos

’n Intensiewe studie is aan die Universiteit van die Vrystaat

uitgevoer ten opsigte van die ontkiemingspotensiaal van hierdie

indringerplant. Grond is onder slangbosplante tot ’n diepte van

50 mm versamel in die distrikte Zastron, Thaba Nchu, Ladybrand

en Clocolan, waarna die ontkieming van die slangbossaad bestu

deer is. Die versamelde grond is in die glashuis in twee liter

roomysbakke, bo-op ’n groeimedium versprei en daarna daagliks

benat.

Daar is van min of meer ewe groot bosse gebruik gemaak,

sodat die versameling van saad oor die verskillende distrikte

vergelykbaar kon wees. Hierdie grond/saad versameling het in

Augustus 2008 geskied, nadat die saad die koue winter deurgegaan

het en die narypingsperiode opgehef kon word, sou

die plant so ’n vereiste vir optimale ontkieming verlang. Die

bosse het wel in die lente net voor saadversameling geblom.

Die sade kan vir maande aan die bosse voorkom voordat dit

afgegooi word en die grond bereik en daarom is die bosse met

’n voorwerp geslaan sodat al die sade kon afval. Slegs by Thaba

Nchu is die bosse geslaan en is dus ou sowel as vars sade in die

Senwester, April 2009

internet

www.senwes.co.za

Slangbos

die aggressiewe indringer in

weiveld se ontkiemingspotensiaal

Seriphium plumosum, wat in die volksmond

bekend staan as slangbos, bankrotbos of

vaalbos, is inheems aan Suid-Afrika en het

reeds na verskeie dele in ons land versprei

(Oos-Kaap, Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes

en Gauteng). Dit het eers bekend gestaan

as Stoebe vulgaris. Hierdie aggres siewe

indringer hou ’n groot bedreiging in vir

waardevolle weiveld, wat die goedkoopste

voer vir die veeprodusent is en sal bly.

grondmonster versamel, teenoor die ander distrikte waar net ou

saad se ontkieming bestudeer is. Daar is ook in ’n tweede proef

net van vars saad gebruik gemaak, wat vanaf die bosse aan die

einde van Augustus 2008 geoes is. Die ontkiemde saailinge is

oor ’n periode van twee maande getel tot op ’n punt waar geen

verdere nuwe saailinge hulle verskyning gemaak het nie.

Interessant was dat die eerste saad eers na vyf weke van

benatting opgekom het. Vir so ’n besondere klein saadjie

sou mens ’n baie vinnige ontkieming verwag het. ’n Magdom

sade het na vyf tot ses weke opgekom, waarna dit heeltemal

opgehou het. ’n Logiese afl eiding was dat alle sade wat wel

tot op daardie stadium kiemkragtig was moes opgekom het,

vandaar die drastiese staking van verdere ontkieming. Gelukkig

is voortgegaan met die benatting van die saailinge wat wel

opgekom het. Teen die verwagting in, het daar na twaalf weke

(ongeveer twee maande) weer ’n ontploffi ng in saadontkieming

plaasgevind. Hierdie tendens bevestig net weer eens hoe

min ons werklik van die verspreidingspotensiaal van hierdie

indringerplant verstaan.

Besonder baie sade het by al die distrikte na vyf weke van

benatting ontkiem (Tabel 1). So ’n saailingontploffi ng wat deur

een slangbos bos veroorsaak is, gee nie net skokkende syfers

nie, maar vergelyk baie goed tussen verskillende distrikte. Die

laer ontkieming wat wel by Clocolan voorgekom het kan aan

baie moontlikhede toegeskryf word, soos dat die bosse die

vorige seisoen moontlik nie optimaal saad gemaak het nie of

dat die bosse dalk kleiner as in die ander distrikte was. Die

belangrikste rede is egter die grondverskille tussen die distrikte.

Dit is dus duidelik dat slangbosindringing ewe gevaarlik is,

ongeag die distrik waar dit mag voorkom. Dit moet gesien word

teen die agtergrond dat navorsers bevind het dat indien meer

as 10 000 slangbosplante/ha voorkom, die produksiepotensiaal

van weiveld met soveel as 70% tot 80% kan verlaag. Indien

elkeen van hierdie 10 000 bosse gemiddeld die aantal saailinge

van 434 per m 2 (soos in hierdie studie verkry) sou produseer, is

dit ’n aaklige aantal nuwe saailinge wat tot die veld toegevoeg

word. Wat verder onrusbarend is, is dat hierdie saailingsyfers

per m 2 uitgedruk is en nie eers per hektaar nie.

Hoewel die tweede ontkieming (ongeveer twee maande na

benatting) wel minder saailinge opgelewer het, maak dit steeds

Tabel 1: Aantal sade ontkiem, gemeet in terme van saailinge per bos

en per m 2 vir verskillende tye en distrikte.

Saailinge

Na 5 weke Na 12 weke

Distrikte Per bos Per m2 Per bos Per m2 Thaba Nchu 147 588 63 252

Zastron 141 564 8 32

Clocolan 98 392 1 4

Ladybrand 148 592 6 24
’n groot bydrae tot die slangbos se indringing (Tabel 1). Daar

is lank gespekuleer oor die moontlike redes vir die tweede stel

saailinge wat ontstaan het, asook die hoër ontkieming by Thaba

Nchu. Die logieste gevolgtrekking is dat vars slangbossade oor

’n na-rypingsperiode beskik wat eers opgehef moet word vir

optimale ontkieming. Die sade wat eerste opgekom het, se narypingsperiode

is deur die koue winter opgehef. Die varssaad,

met ander woorde plante wat in die lente geblom het en waarvan

die saad op die grond te lande gekom het, se rusperiode moes

eers opgehef word; daarom die later ontkieming. Met die slaan

van die Thaba Nchu-bosse het varssade ook op die grond

beland, en as gevolg van die rusperiode benodig vir optimale

ontkieming, eers later ontkiem. Die enkele sade wat wel by die

ander distrikte opgekom het, kan toegeskryf word aan vars saad

wat toevallig met die monsternemings die grond bereik het en

ook eers ’n saadrus moes ondergaan. Die slegte nuus is dat

daar dus altyd kiemkragtige sade beskikbaar is wat regdeur die

jaar gereed is om te ontkiem.

Indien ’n slangbosplant wat saad geproduseer het en dit

op een of ander manier (meganies of deur brand) afgegooi

het, uit die veld verwyder sou word, hou dit die gevolg van ’n

ontploffi ng in saadontkieming in. Sorg moet dus gedra word dat

indien slangbosbeheer toegepas word, ’n opvolgaksie daarmee

gepaard moet gaan. Sou dit nie gedoen word nie, sal die hele

indringingsprobleem net vererger word. Chemiese beheer hou

die voordeel in dat die aktiewe bestanddeel wat die plante dood,

ook ’n paar jaar se nawerking het wat saailinge wat mag opkom

sal inhibeer. Die moederbosse beskik oor ’n tipe allelopatiese

eienskap, wat die ontkieming van nuwe plante in sy onmiddellike

omgewing inhibeer. Hieroor word tans intensiewe navorsing

gedoen. Hierdie allelopatiese impak en oorskaduings-effek

op omringende plante wat met die verwydering van die bosse

opgehef word, is grootliks verantwoordelik vir die ontploffi ng

van saailinge.

Vars saad van slangbos wat nog aan die bos voorkom het

’n 91% laer ontkiemingspersentasie getoon as saad wat reeds

die grond bereik het. Dit impliseer dat slangbossade eers ’n narypingsperiode

van ten minste die koue winter moet deurgaan

alvorens ’n optimale ontkieming sal plaasvind. Daar moet dus

aan ’n manier gedink word om ontslae te raak van die saad

voordat dit in kiemkragtigheid kan toeneem.

Dit is verbasend hoe die besondere klein slangbossade wel

suksesvol in ’n digte gras bedekking (veld in goeie toestand)

ontkiem en vestig. Die feit dat slegs beperkte, nuwe, jong

plante normaalweg per seisoen in oop spasies ’n entjie weg

van die bestaande groot slangbosplante in goeie veld aangetref

word, is verblydend. Die volwasse bosse produseer miljoene

kiemkragtige sade wat moontlik nie dadelik ontkiem nie of

weens die sterk kompetisie van die grasse uitgedruk word.

Die langslewendheid van hierdie klein saadjies is ’n aspek wat

intensiewe navorsing vereis en wat baie nuttig sal wees met die

landbou in praktyk

suksesvolle toepassing van beheermaatreëls. Oorbeweiding,

wat gepaard gaan met die afname in plantbedekking, skep

juis die ideale toestand vir die kiemkragtige slangbossaad om

in massas te ontkiem weens die laer graskompetisie en die

veld vinnig in te dring. Ou lande is veral vatbaar vir slangbos

verdigting ook as gevolg van die gebrek aan kompetisie van

grasspesies. Dit is stellig waar, soos deur literatuur uitgewys, dat

slangbos wel grootliks blom gedurende die herfs/winter (April tot

Junie) en lente, maar waarnemings toon ook dat daar regdeur

die groeiseisoen bosse is waarop saad voorkom. Van die sade

kan wel vir maande aan die plant voorkom voordat dit afgegooi

28

Senwester, April 2009 27
landbou in praktyk

27

word. Daar is ook waargeneem dat indien ’n slangbossaailing

vanjaar gevestig het, dit dieselfde seisoen reeds gaan blom.

Samevattende opmerkings

• Slangbos word tans as een van die belangrikste probleemplante

in Suid-Afrika beskou en indien daar nie iets daadwerkliks

met die bekamping daarvan gedoen word nie, staar

ons kosbare weiveld ’n ernstige probleem in die gesig. Daar

is aanduidings dat digte stande van slangbos die produksiepotensiaal

van weiveld met soveel as 75% kan verlaag.

• Met oorbeweiding is die verskyning van slangbos meer opsig

telik, maar in werklikheid dra oorbeweiding slegs by tot die

indringing omdat die grasbedekking verminder en slang bos,

wat nie benut word nie, dan die geleentheid kry om ongesteurd

te groei en toe te neem.

• Die geweldige ontkiemingspotensiaal van slangbossade,

nadat plante hetsy deur uitkap of brand beheer word, is nie in

die verlede deeglik besef nie. Hierdie beheermaatreëls moet

reg bestuur word in terme van opvolgbehandelings wat toege

pas moet word.

• Onder ’n slangbosplant lê daar dus ’n magdom kernkragtige

sade wat wag vir gunstige toestande sodat dit kan ontplof in

terme van ontkieming.

• Slangbosse kan sterk kompeteer vir plantvoedingstowwe,

internet

www.senwes.co.za

grond water en besit ook nog allelopatiese eienskappe wat

giftige stowwe afskei, om die ontwikkeling en ontkieming van

plante in hulle onmiddellike omgewing te inhibeer. Hierdeur

kan grasse totaal verdring word deur die bosse.

• Vars sade wat nog aan die bos voorkom, het ’n na-rypingsperio

de nodig vir optimale ontkieming, wat minstens die koue

win ter periode behels.

• Die onsmaaklikheid van die plant veroorsaak dat met die

indringing daarvan ’n plantegroeistand wat onbenutbaar vir

diere is, sy opwagting maak.

• Hierdie plant is volgens die CARA-wetgewing gelys as verklaar

de indringer. Waar dit dus die natuurlike plantegroei

verdring is die grondeienaar genood saak om dit te beheer.

• Slangbos bevat vlugtige olies wat dit hoogs vlambaar maak,

wat saam met die hoë brandbare materiaal ’n gevaar inhou

by veldbrande. Dit veroorsaak ’n baie warm vuur wat groot

skade aan die grasse kan veroorsaak.

• Daar bestaan wyduiteenlopende menings rondom die beheer

en bestryding van slangbos en gevolglik verdien hierdie

probleemplant verdere navorsing. Beheermaatreëls bestaan

wel, wat reeds suksesvol toegepas word. S

Professor Hennie Snyman is van die Departement Vee-, Wild- en

Weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat.