02.05.2013 Views

DEEL 3 - Nuweopenbaring::: Welkom by Die Nuwe Openbaring

DEEL 3 - Nuweopenbaring::: Welkom by Die Nuwe Openbaring

DEEL 3 - Nuweopenbaring::: Welkom by Die Nuwe Openbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

DEEL 3

Beïnvloeding van die siel deur die gees

6847 8 Junie 1957

Julle kan julle denke op die geestelike of die aardse rig tydens julle lewe op

aarde en die doel wat julle bereik, sal daarom geestelik of aards wees. Julle

is nou op aarde aan geen dwang onderworpe nie, dit staan julle volledig vry

hoe julle, julle innerlik lewe vorm gee en aan welke gedagtes julle voorkeur

gee. Gedurende die tyd op aarde doen die gees in julle, wat ‘n deeltjie van

My is, sy bes om by julle gehoor te vind, maar hy werk nie dwingend op die

siel in nie. Maar so ook probeer die liggaam sukses te hê met sy wense en

begeertes wat baie meer aards gerig is. Die liggaam probeer ook om die

siel oor te haal om aan sy begeertes gehoor te skenk en die siel wat dink,

voel en wil, moet nou ‘n besluit neem. Hy sal by die begin van sy

beliggaming ook meer aan die verlange van die liggaam voldoen, omdat hy

self nog baie aards georiënteer is, omdat sy substansies eers die

vergeesteliking tegemoet moet gaan en omdat daar ook van die kant van

die gees op hom ingewerk moet word.

Die geesvonk as ‘n stukie van My, is liefde en hy probeer steeds maar die

siel aan te spoor om werksaam te wees in liefde, die siel voel hom daar toe

gedring en kan nou passend by sy denke, wil en gevoel, handel. Hy kan dus

in liefde werksaam wees, maar word nie daar toe gedwing nie. Is die

invloed van die liggaam baie groot, dan kry hy die oorhand en hou die siel

weg van werksaamheid in liefde; luister die siel na die sagte stem van die

gees, dan kom hy die se aandrang na en die gevolg daarvan is dat die krag

van die gees al sterker werksaam kan wees, dat sy stem luider klink en die

siel meer en meer kan oortuig om waar en volgens God's Wil op aarde te

lewe.

Dus worstel liggaam en gees om die heerskappy van die siel. Hulle worstel

om die dink, voel en wil van die mens vir hul self te wen en beantwoordend

aan die stryd is ook die doel wat die mens op aarde nastreef en bereik. Die

gees is deel van My. Die liggaam bestaan uit nog baie onvolwasse

substansies wat dus nog min of meer aan My teenstander behoort. En so

worstel dus Ek en ook My teenstander om die siel van die mens, wat as ‘n

ek-bewuste wese eens van My uitgegaan het, maar hom egter vrywillig aan

My teenstander oorgegee het, maar wat al vir die grootste deel die weg

terug na My afgelê het en nou in die lewe op aarde opnuut die voorkeur

moet gee aan die heer aan wie hy uiteindelik wil behoort.

Maar sodra My gees in die mens al invloed gewen het, is ook die verbinding

met die Vadergees van ewigheid tot stand gebring en dan is dit vir My ook

moontlik om die krag van My Gees voortdurend in die vat te laat stroom

wat hom open, omdat die siel, wanneer hy aan die aandrang van die gees

1

in hom toegee, werke van liefde verrig en dus steeds meer voorbereiding

tref om die Goddelike Gees op te neem. En nou kan die instroom van die

Goddelike Gees ook buitengewoon sigbaar word deur verskillende gawes

waaroor die mens nou beskik, sodat dan van ‘n duidelike uitgieting van die

Gees gepraat kan word, soos My leerlinge dit ook belewe het na My

hemelvaart.

Want aan hulle voltrek vir die eerste keer ‘n gebeurtenis wat eers deur My

verlossingswerk moontlik word, dat die Gees Hom vry kon ontplooi, omdat

die mag van My teenstander oor die siele van die mense wat aan My wil

behoort gebreek was, terwyl tevore die siele nog deur die oerskuld so belas

was, dat hulle die stem van die Gees nie in hulle kon hoor en ook

tegelykertyd die wil te swak en die denke verduisterd was.

Maar deur My verlossingswerk word die siel vry en dit was nou moontlik om

sowel die gees asook die liggaam gehoor te skenk en slegs sy wil moes nou

die ware besluit neem, waarby My gees, wat die liefde is, behulpsaam is.

Het die gees in die mens eenmaal die oormag behaal, dan is ook die ware

doel verseker, dan sal dit vir die liggaam nie meer moontlik wees om die

siel vir hom te wen nie, veelmeer sal die siel en die gees ook die liggaam

nog beïnvloed om hom ook aan die Goddelike orde aan te pas en dan is die

mens vervul deur die Gees, dan het hy sy wilsproef op aarde deurstaan,

dan is hy ‘n kandidaat vir die ryk wat ewig sal duur en geluksaligheid

skenk, dan het die siel hom vir goed los gemaak van My teenstander en hy

behoort nou aan My tot in alle ewigheid. Amen

Die motivering vir God’s openbaringe

6848 9 Junie 1957

Aan alle mense wat na My luister wil Ek My openbaar as ‘n God van Liefde,

Wysheid en Almag. My openbaringe vra alleen maar ‘n geopend hart, ‘n

bereidwillig oor wat luister na My Stem as Ek praat. My openbaringe sal ook

steeds ‘n bewys van My liefde wees, want Ek spreek tot julle as ‘n Vader tot

sy kinders: vermanend, onderwysend, troostend en met ‘n belofte van

liefde.

Ek wil die harte van julle almal ontroer wat na My luister. Ek wil julle verbly

met My aanspreking en julle iets gee wat julle help om opwaarts te gaan:

lig en krag, wat alle wesens nodig het om nader aan My te kom, daarom

spreek Ek julle steeds weer toe.

Ek wil julle egter ook My Wese ontsluit. Ek wil dat julle My herken as ‘n God

van Liefde, Wysheid en Almag. En dat julle as julle My herken het, in My

ook julle Vader sien en dan as My kinders na My streef. Want as julle glo in

My Liefde, Wysheid en Almag, dan sal julle julself ook aan My oorgee in

liefde en ootmoed en alle weerstand opgee wat julle nog geskei hou van

My.

2

En daarom openbaar Ek My aan julle. Want julle almal moet weet dat julle

God en Skepper julle in grenselose liefde sou wil omvat wat egter geen

weerstand duld nie. En sodat julle weerstand gebreek word, spreek Ek julle

aan, maar dwing julle nie om na My te luister nie. My liefde sal julle egter

agter kom sodra julle My Stem hoor. Julle sal aangeraak word deur ‘n

stroom van krag wat julle sal bewys dat dit Ek is Wie tot julle spreek.

Hierdie kragstroom word egter dadelik minder in sy uitwerking as julle

julself bly verset teen My, terwyl daarenteen die werking daarvan geleidelik

toeneem as julle bereid is om My Woord aan te neem.

Ek wil almal lig bring wie hulle nog in geestelike duisternis bevind. Ek wil

julle in so'n staat bring dat die ligsfere julle kan opneem. Dit is egter alleen

moontlik as julle in geloof aan My besluit om te werk in liefde. Kan julle

egter Myself liefhê, dan sal julle ook van binne af gedring word om werke

van naasteliefde te verrig. En sodat julle leer om My lief te hê openbaar Ek

My aan julle. Julle mense op aarde sê julle is lief vir ‘n “God” wat julle

vrees, as ‘n mag waaraan julle prysgegee is, wat julle kan vernietig en

veroordeel, as julle tenminste nog glo. Maar julle gee julle “God” nie die

liefde wat Hy graag van julle sou ontvang nie. Ek wil egter alleen bemin

word, omdat daar dan ‘n baie betere verhouding tot stand gebring word as

wat vrees kan bewerkstellig.

Ek wil van julle liefde ontvang en probeer daarom ook onvermoeid om

hierdie liefde te wen. Maar liefhê sal julle alleen ‘n wese wie se

volmaaktheid julle insien en van wie se liefde, wysheid en mag julle oortuig

is. En as Ek Self tot julle kan spreek, dan sal julle spoedig tot die oortuiging

kom dat My Liefde vir julle eindeloos is, My Wysheid onoortreflik en My Mag

onbegrensd is. En dan sal julle julself ook aan My oorgee en verlang om

julle vir ewig met My te kan verenig.

En so sal vir julle steeds weer My woorde van liefde weerklink en in julle

hart probeer ingaan. En wie bereidwillig vir My oopmaak die wil Ek met My

aanspreking gelukkig maak en vir hom die deur na saligheid open. Want

met My aanspreking bring Ek lig en sodra dit in hom straal sal alle

duisternis van hom wyk. Hy sal My dan herken as die Lig van ewigheid, hy

sal My dan ook liefhê met alle innigheid en hy sal dan ook by My bly tot in

alle ewigheid. Amen

Jesus open die poort na die Ewigheid

6850 12 Junie 1957

Die poort na die lewe in lig en heerlikheid staan oop vir julle almal wat die

weg na Jesus gevind het, dog dit bly geslote vir diegene wat nog ver staan

van Hom en Sy verlossingswerk. En daarom sal julle julself almal ernstig

moet afvra of julle al die weg na Hom, na die kruis geneem het; want Sy

weg op aarde eindig met Sy dood aan die kruis en daar sal julle Hom dus

3

moet soek en vind, daarheen sal julle moet gaan as julle wil deel in Sy

verlossingswerk.

Die kruis was die doel van Sy weg oor die aarde, sodat die kruisdood vir

julle mense verlossing sou bring. Dus onder die kruis vind julle die

goddelike Verlosser, wat soveel wil sê as, dat julle, julle sondeskuld,

waarvoor die mens Jesus aan die kruis gesterf het, na Hom toe dra onder

Sy kruis, dat julle daardeur blyke gee van julle geloof aan Sy goddelike

missie en dat julle daardeur ook julle wil te kenne gee, om vry te word van

die skuld, wat julle skei van My, julle God en Vader van ewigheid. Want dan

erken julle Myself, Wie in die mens Jesus die verlossings werk volbring het.

Julle weg moet gaan na die kruis van Golgota, wanneer julle die poort na

die ewige lewe wil bereik, want daar gaan geen ander weg na hierdie poort

nie. Hierdie ernstige vraag, hoe julle teenoor Jesus staan, moet julle almal

aan julself voorlê. Maar julle doen dit nie, op slegs enkele uitsonderings na

en of julle, mense ook steeds weer My evangelie (van die liefde) verkondig

word, of Sy liefdesleer julle ook steeds weer voorgehou word en julle die

Naam van Hom wat die goddelike Verlosser is, ook steeds weer hoor of

julle hou julle ore gesluit en laat alle woorde dan as hol klanke by julle

verbygaan.

Wat julle hoor oor Jesus en Sy werk van Liefde, raak julle nouliks, dit dring

nie tot in julle hart deur nie, dit het nog nie lewendig geword in julle nie en

julle gedagtes het hom nog nie ernstig besig gehou met dit wat julle ore tot

nou opgeneem het nie. En eens sal julle voor die poort na die

geluksaligheid moet bly staan, julle sal nie toegelaat word nie, want julle

het nog geen verlossing gevind nie, omdat julle nog nie die weg na die

kruis geneem het nie, omdat Sy Bloed julle nie skoon kon was nie en julle

daardeur belaai met skuld by die Poort na die Ewigheid aangekom het.

Die uitspreek van die Naam Jesus met die mond is nie voldoende dat julle

vry word van julle skuld nie, julle sal self na Hom toe moet gaan, julle sal

julself aan Hom in kinderlike vertroue en in die bewussyn van julle skuld

moet oorgee en Hom innig vra dat Hy julle by Hom sal wil opneem, dat Hy

ook vir julle Sy Bloed vergiet het, julle sal gelowig verlangend Sy vergewing

moet tegemoet sien.

En julle skuldlas sal dan van julle afval en nou is die weg vir julle vry na die

lig, nou gaan die poort na die ewige geluksaligheid vir julle oop. Jesus Self

lei julle in Sy ryk in, maar sonder Hom sal niemand deur hierdie poort kan

ingaan nie. As julle dit tog sou wil glo dat Sy Naam alles is, dat as ‘n

aanroeper van Sy Naam in diep geloof julle van alle nood, wat die gevolg is

van die sonde wat nog op julle druk, ontlaai.

Derhalwe het Ek in die mens Jesus na die aarde afgedaal om hierdie groot

sondelas van julle af te neem en daarom het Ek aan die kruis gesterwe, om

daardeur die groot skuld tot niet te maak, waaronder julle almal wat oor

die aarde gaan, sug. Ek het vir julle gesterf, maar julle sal dit moet wil, om

te behoort by diegene vir wie Ek gesterf het.

4

En daarom sal julle ook die weg na die kruis moet neem, julle sal in

verbinding moet tree met Jesus, Wie Sy weg oor die aarde voltooi het aan

die kruis. Dan sal Hy saam met julle verder gaan en Hy sal julle inlei in Sy

ryk, wat Hy beloof het aan al diegene wat in Hom glo. Amen

In die Begin was die Woord

6852 15 Junie 1957

In die begin was die Woord en die Woord sal bly tot in alle ewigheid. Die

woord is die uitvloeisel van My liefde en is die verbinding tussen My en die

geskapene wat vanuit sy "ek bewussyn" die verbinding met My begeer.

Want eers hierdie wens, naamlik die wil om My te hoor, gee die wese die

geskiktheid om homself aangeraak te voel deur die liefdeskrag wat elke

woord van Myself is. Want die woord gee die wese die bewys dat daar ‘n

ander Wese bestaan wat tot hom spreek. Die woord het van My uitgegaan,

toe My wesens in die lewe tree. Ek gee daardeur die wese die gawe om iets

in homself te verneem wat as woord, as gevormde gedagte, tot hom

deurdring en hom die aanwesigheid van ‘n tweede Wese bewys wat Hom

aan hom wil meedeel.

Slegs die geskapene het My Woord nodig en daarom heet dit ook; in die

begin was die Woord, want Ek Self is van die Ewigheid af. Solank as wat

daar buite My geen wesens bestaan nie, hoef My Woord ook nie te

weerklink nie, maar die geskape wese moes deur My aangespreek word om

sy saligheid te verhoog. Hulle moes My kan hoor om deel te kan hê aan My

gedagtes wat as "Woord" in die wese weerklink en dit self weer tot denke

aanspoor, tot vrye werksaamheid van die denkvermoë en van die wil. Die

wese was dus selfstandig buite My geplaas, maar moes egter in

voortdurende verbinding met My kon bly, deur die uitruiling van gedagtes

wat deur die woord tot uitdrukking kom.

Onberekenbare liefde het My vervul toe Ek wesens skep wat die "ewebeeld

was van Myself”. En die drang om Myself aan die wesens te openbaar, het

My beweeg om hulle aan te spreek en My liefde te toon. Want daardeur

voel hulle ook self die verbinding met die Wese wat hulle buitengewoon

liefhet. My liefde het dus oorgevloei in hierdie wesens, in die vorm van My

Woord. En hulle kon ook My liefde beantwoord, want hulle was produkte

van My liefde, dus in hulle oerwese self liefde. Hulle kon dus My Woord

begryp en beantwoord en hulle was ook bekwaam om onder mekaar

gedagtes te wissel. En dit was steeds weer gedagtes wat hulle van My uit in

die vorm van woorde toegevloei het.

Die woord het dus van My uitgegaan, omdat Ek Self die woord is van die

ewigheid af, die alles voortbringende krag wat in sigself liefde is. En die

woord sal bly bestaan tot in alle ewigheid, want Ek is van die Ewigheid af.

Die woord het wel ‘n begin, maar dit sal bly bestaan tot in alle ewigheid

omdat die wesens wat Ek skep, nie kan vergaan nie. Ewig sal Ek hulle

5

sodoende aanspreek en salig maak, deurdat My liefdeskrag die wese vir

ewig sal toestroom en in die vorm van My Woord aanraak en salig maak.

Dus is Ek Self die Woord en Ek bewys Myself aan My skepsele deur die

woord, want hulle kan My verneem ook al kan hulle My nie aanskou nie. En

hulle kan ook voel dat Ek hulself aanspreek, hulle God en Skepper van die

Ewigheid af, wie se eindelose Vaderliefde op die manier tot uitdrukking kom

dat daar ‘n verbintenis bestaan tussen die Skepper en die geskapene,

tussen Vader en kind. Die woord sal dus weerklink tot in alle ewigheid,

want die liefde tot die geskapene kan nooit vergaan nie. En daarom sal die

geskapene ook altyd van die liefde bewus word, want Ek sal steeds tot My

kinders spreek en sal My Woord laat hoor in die algehele oneindigheid. Ek

sal nie net die wesens in die ligryk aanspreek nie, maar ook alle mense op

aarde wat nog weinig kennis van die oneindige liefde van die Vader tot Sy

kinders het.

Daarom bedien Ek My van ‘n mens (B.D.) wat haarself vrywillig met My

verbind het en as werktuig dien, want alle mense moet ervaar dat Ek IS en

moet ook ‘n bewys hê in die vorm van My Woord, in die vorm van My

Goddelike liefdesuitstraling. Maar of hulle hulself deur My sal laat aanspreek

en of My Woord hulle harte beroer, dit is altyd net ‘n gevolg van die goeie

wil, wat Ek nooit sal dwing nie. Wie egter die goeie wil het, sal My ook Self

herken in die woord. En wie homself bewustelik deur My laat aanspreek, die

het ook My liefdestraling opgeneem en dit sal nie sonder uitwerking bly nie.

Amen

Verontreiniging van lug - water - voedsel

6855 21 en 23 Junie 1957

Elke mens moet dieselfde van julle kan verwag as wat julle van hom

verwag, Julle moet elkeen regverdig behandel, soos wat julle ook dieselfde

van hom sal verlang. Julle sal nie met verskillende mate meet nie en om

selfs te dink dat julle groter regte het as julle medemens nie, wanneer dit

daarom gaan dat julle wins maak van dit wat gratis van My aan julle

geskenk is, wat julle nie self vir julle verwerf het nie, maar wat alle mense

ook netso tot beskikking staan, waaronder geestelike en aardse goedere te

verstaan is wat My Liefde en My skeppende Wil altyd vir julle bereid hou.

Daarby behoort dus alle gawes wat julle uit My hand ontvang, wat julle nie

vir julself sou kon maak nie, wat daar sonder julle toedoen is en wat dus

tot julle bestaan bydra, wat dus vir julle natuurlike lewe vereis word en wat

aan geen mens onttrek mag word nie, wanneer sy lewe daardeur in gevaar

gebring sal word. Dit is die stoflike ten behoewe van die lewe, waarop elke

mens aanspraak moet kan maak, wat hom van die kant van die medemens

ook nie ontneem mag word nie, anders sal dit ‘n oortreding van My ewige

ordening wees en verrykende gevolge hê, wat nie alleen gevoel sal word

deur die skuldige mense nie, maar ook wat die skepping aanbetref en

gevolglik ook tot die ontbinding daarvan kan ly.

6

Julle kan dit begryp wanneer julle maar daaroor sal nadink watter

bestanddele julle vir die lewe nodig het en vir julle die verskeidenheid

hiervan ernstig bedink, wanneer julle lug en water en hulle hoedanigheid en

werking vir julself vasstel, wat aan die mens algehele gesondheid skenk,

maar ook tot sieklikheid en verwoesting van die organe van die liggaam

kan lei, indien daar deur menslike wil ‘n besmetting van die lug en die

water plaasvind, wat ernstige skade met hulle saambring.

Lug en water is gawes van God, wat elke mens nodig het en ontvang dit

daarom ook uit My Hand. En die emansipasie van die mense kom al net

daarin tot uitdrukking, dat hulle nie daarvoor terugdeins om hierdie

buitengewoon vername stowwe ten behoewe van die lewe, op so ‘n wyse te

verontreinig, dat daar vir die medemens lewensdreigende beskadiging

voortvloei. En so, soos wat elke mens sy eie lewe liefhet, besondig hy

homself, wanneer hy sy medemens die noodsaaklikste lewensbehoeftes

inperk, wanneer hy daartoe bydra dat die lewe van sy medemens in gevaar

gebring word. En onder "die in gevaar bring van die lewe" is ook te

verstaan, wanneer dit wat die aarde voorbring aan voeding vir mens en

dier, van sy natuurlike hoedanigheid beroof word, wanneer die bodem,

waarop dit moet gedy, deur kunsmatige middele ‘n andere gesteldheid kry

en die gekweekte produkte nou ook stowwe daarin bevat wat volstrek nie

bevorderlik is vir die menslike liggaam nie.

Die mense gryp in die natuurwette in, hulle wil dit as te ware verbeter, My

skepping dus as gebrekkig voorstel, hulle wil ‘n hoër opbrengskapasiteit

aan die bodem verskaf en hulle gebruik verkeerde middele daartoe. Want

hulle kon My maar net vir My seën gevra het om oorvloedige oeste te mag

in.

‘n Verder sonde op hierdie gebied is ook wanneer die vrugte geoes word

voordat hulle ryp is, wanneer die natuurlike rypingsproses deur hebsug en

materialistiese denke vooruitgeloop word en wanneer die menslike liggaam

daardeur gedwing word om die stryd aan te knoop met substansies wat nog

nie ryp geword het nie, wat nie alleen maar ‘n suiwer liggaamlike nie, maar

ook ‘n geestelike aangeleentheid is, wat meestal nie aan julle bekend is nie.

Dit val egter alles onder die verontagsaming van die wet van My ewige

ordening. Die mens berokken sy medemens skade, hy handel nie regmatig

teenoor hom nie en dra daartoe by dat die chaos op aarde steeds groter

word, omdat net ‘n lewe op aarde wat volledig in ooreenstemming met die

wet van die ordening geleef word, ‘n korrekte uitwerking kan hê op liggaam

en siel. En elke mens het ‘n reg daarop dat die orde in die natuur in stand

gehou bly, want Ek het alles wat daar in die skepping bestaan nie vir èèn

mens nie, maar vir alle mense geskape; elke mens het suiwer lug, suiwer

water en ‘n goeie voeding vir sy liggaamlik lewe nodig en geen mens het

die reg om sy medemens skade toe te bring, wat hy vir homself ook nie sal

wens nie.

7

In die laaste tyd voor die einde sal daar egter glad geen rekening mee

gehou word met die lewe van die medemens nie, daar sal op allerlei

maniere gewetenloos geëksperimenteer word en steeds maar net uit

eersug, hebsug of magsbegeerte; en ‘n gesonde lewe sal in gevaar gebring

word. En dus triomfeer hy, wat al die geskapene sou wil verwoes om weer

die gekluisterde daarin vry te kry, in die valse veronderstelling dat dit dan

weer aan hom behoort. Die mense wat in stryd handel met die goddelike

ordening het hulself slegs in sy mag begeef, hulle volg sy influisteringe en

My gebooie, wat liefde en regverdigheid vereis, ag hulle nie.

Elke mens sal maar net aan homself en aan sy eie voordeel dink en die lot

van die medemens sal hom koud laat. En ook sal die lewe van sy

medemens nie meer vir hom heilig wees nie, aangesien daar, in die

teenoorgestelde geval, dit nie sou kon gebeur wat egter met sekerheid te

verwagte is nie; naamlik dat die lewe van alle mense op die spel geplaas

word, omdat die goddelike natuurwette omver gewerp word, omdat die

elemente eendag met alle geweld ‘n weg vir hulle na buite sal baan,

waartoe die mense self aanleiding gegee het, wat gesondig het teen die

goddelike ordening, teen My gebod van die liefde tot God en die naaste.

Amen

Die aardse weg van engele

6858 26 Junie 1957

Om die weg oor die aarde te mag gaan is ook die wens van nie gevalle

wesens, wat wel in onvoorstelbare saligheid lewe, maar tog nog nie tot die

hoogste volmaaktheid kan kom nie, tot die kindskap van God , waarvoor

die gang oor die aarde vereis word. Die wens van hierdie wesens word ook

vervul en hulle gaan nou deur matelose swaar lewens omstandighede heen

oor hulle weg. Hulle sal meestal ook die laaste doel bereik, ofskoon hulle as

mens nie weet waar dit vandaan kom nie.

Hulle word dikwels bomate en swaar beproef en hulle aardse lewe is ook

besonder swaar en vol leed. Hulle siele is egter in toenemende mate tot

liefde bereid, omdat dit van Bo kom. Daarom kom hierdie mense baie

vinnig tot die insig in die doel van hulle aardse lewe en hulle streef die doel

vasberade na, ondanks ‘n uiterlike swaar lot, ondanks siekte en nood van

allerlei aard. Om die kindskap van God te bereik, is vir hierdie wesens uit

die geesteryk die allerhoogste doel, wat egter slegs deur die oorwinning

van die afgrond bereik kan word.

Daarom sal, vernaamlik in tye van ‘n geestelike lae peil van die mense,

sulke wesens hulself juis laat beliggaam, om lig in die wêreld te bring waar

diepe duisternis heers. Want waar ‘n liefdevolle mens op aarde werksaam

is, sal steeds ‘n sagte lig skyn wat die siele van die mense weldadig sal

ontroer. En die ligwese neem altyd so ‘n sagte ligskynsel met homself saam

8

na die aarde, omdat die liefde in die siel nie meer ontsteek hoef te word

nie, maar reeds as vlammetjie straal by die begin van sy aardse lewe.

Maar sulke mense sal ook meer as normaal vyandelik bejeën word en moet

dit daarom ook self naleef, dus ook die wilsproef aflê wat vir elke gang oor

die aarde vereis word. Want op hulle sal die teenstander sy kragte ook in

besondere mate beproef, omdat hy hoop om hulle tot ‘n val te bring, wat

hom eertyds nie geluk het nie. Die mens is egter nie weerloos aan sy mag

oorgelewer nie, omdat sy geestelike vriende hom bystaan en hom die krag

laat toekom wat hy ook altyd van God sal afsmeek. Want die verbinding

met God gee ‘n siel van Bo nooit op nie, ofskoon hy volkome vry is in sy wil

en handeling.

En in tye van geestelike vervlakking staan daar steeds weer onder die

mense lig- en liefdesbodes op, mense wat hulself openlik vir God uitspreek

en vir Hom en Sy ryk besig is. Mense wat deurdronge is van Sy Gees en

wat die goddelike Verlosser Jesus Christus met ywer en oortuiging

verkondig. Hulle sien hulle lewensdoel daarin, om ook die medemens na die

kruis te lei, "omdat hulle die betekenis van die kruisoffer beter begryp” en

ook op hoogte is van die gevaar waarin die mense hulself bevind. Want

hulle lewe in liefde skenk hulle die insig en daarom kan hulle ook ywerige

aanhangers van Jesus Christus wees.

Juis in tye van groot geestelike nood kom hierdie helpers van Bo na die

aarde, maar sonder om iets te weet oor hul afkoms. Want ook hulle moet

die wilsproef aflê. Hulle moet dikwels die swaarste gang oor die aarde

gaan, terwille van hulle doel en mag daarom in geen geval van die

geestelike kant so beïnvloed word dat hulle op ‘n gedwonge manier dink,

spreek en optree nie.

Maar hulle kan steeds hulp verwag as hulle dit nodig het, omdat hulle

steeds hulle weg tot God sal neem, van Wie hulle besef dat Hy hulle Vader

is en wat hulle met hulle hele hart liefhet. Daarom is hulle harte

voortdurend geopen vir die toevoer van krag uit die geesteryk en die

bereiking van hul doel staan vir hul meestal goed vas en is dan slegs in

gevaar, as hulle as mens op aarde bande aanknoop wat hul omlaag wil

trek.

‘n Val in die diepte hoef die siel nie te vrees nie. Maar die gevaar bestaan

dat hy nie die hoogste liggraad sal bereik nie, ofskoon hy tog sy vorige

saligheid sal behou. Maar dit is nou nie meer die geskape hemelse wese

wat nie anders kan as om volgens die goddelike wil te dink, te wil en te

handel nie, maar hy het nou ook oor die aarde gegaan en het ook sy vrye

wil en die keuse daarvan bewys, sodat hy nou ook in die hoogste ligsfere

kan ingaan om onbeskryflik salig te wees. Amen

9

Die seën van omgang met God deur middel van

gedagtes

6859 28 Junie 1957

Wie My gehoor skenk as Ek tot hulle spreek, die gaan die sekere weg

omhoog. En Ek spreek tot al diegene wat My woord ontvang, wat dit van

binne aanneem, wat My in gedagte vra en so ook die nou tot hulle

komende gedagtes as My aanspreking mag beskou.

Julle kan dan nie verkeerd dink nie, sodra julle eenmaal My as Hom van

Wie die waarheid uitgaan erken het deur julle tot My te rig in julle

gedagtes, in soverre julle die waarheid te wete wil kom. Julle kan dan ook

geen dwaalweë meer begaan, sodra julle My bid dat Ek julle lei nie.

Julle moet slegs deur julle wil My die geleentheid gee om julle aan te

spreek en dit geskied as julle, julle d.m.v. gedagtes met My, julle God en

Skepper besig hou, want elke gedagte van julle roep My tot julle en Ek gee

gevolg aan hierdie roep.

Julle moet julle in gedagte dikwels met My besighou, omdat dit julle harte

open vir My aanspreking en omdat julle altyd alleen maar daarby kan wen.

Want julle ontvang dan ook voortdurend krag om dit te doen wat Ek van

julle verlang, wat julle as My Wil deur My aanspreking bekend gemaak

word. Die verbinding met My moet deur julself tot stand gebring word,

omdat julleself julle eens van My afsonder het. En julle hoef verder niks te

doen as alleen aan My te dink en met julle wil, julle oop te stel nie.

Ek is altyd bereid om julle tegemoet te kom, sodra Ek in julle denke die wil

sien om met My in kontak te kom. En dan is julle waarlik daarteen beskerm

om op dwaalweë te gaan, omdat Ek nou ook meer invloed op julle verkry

het, omdat Ek julle kan aanspreek. En so is dit vir julle in die aardse lewe

waarlik nie moeilik om julself ‘n onmeetlike rykdom te verwerf, wat

onverganklik is nie, want die verbinding met My deur middel van gedagtes

besorg julle dit.

Dit is heeltemal onmoontlik dat julle met leë hande van My weggaan, dit is

heeltemal onmoontlik dat Ek so'n verbinding nie benut nie en My stil hou

teenoor julle. Ek wag slegs op sulke stil tye waarin julle julself met My

verbind, waarin julle samenspreeking met My hou of vraend julle tot julle

God en Skepper wend. En Ek gee julle verseker ook die antwoord, weer in

vorm van gedagtes, as Ek julle nie regstreeks kan aanspreek deur die

innerlike woord nie.

Daarom het elke mens die moontlikheid en die reg om met My in kontak te

tree. En elke mens sal ontvang soveel hy begeer ook wanneer die liggaam

nie sigbaar bedeel word nie maar die siel kan hom onbegrens verryk. Ek wil

tot julle spreek en Ek spreek tot elkeen van julle wie My aanhoor, wie My

Stem wil hoor.

En julle moet almal van hierdie versekering ten volle gebruik maak, julle

moet wedywer en elke vrye minuut aan My skenk, dan sal julle tyd op

10

aarde waarlik goed benut wees. Dan sou die verbinding ook dikwels tot

stand gebring word, omdat julle dan uit die diepste van julle hart na My

verlang, Wie julle nou as julle Vader herken en deur Wie julle nou steeds

verlang om aangespreek te word.

Julle sal dan ook bereidwillig alles nakom julle sal My Wil vervul omdat julle

hierdie, My Wil julself al eie gemaak het, omdat die voortdurende

verbinding met My ook ‘n voortdurende onderwerping aan My Wil

tengevolge het en omdat dit lig in julle geword het, omdat daar opheldering

in julle is oor wie Ek is en hoe Ek teenoor julle en hoe julle teenoor My

staan.

Dink aan My, daagliks en elke oomblik, skuif My nooit eenkant nie. Wat

julle ook al wil doen, laat My steeds by julle aanwesig wees en wel

daardeur, dat julle deur julle gedagtes My tot julle roep. En julle sal waarlik

julle weg deur die aardse lewe nie vergeefs aflê nie, julle sal julle dan weer

by My aansluit om dan julself vir ewig nie meer van My te skei nie. Amen

Sonder Jesus Christus Kan ‘n mens nie vry word nie

6860 29 Junie 1957

Julle het My nodig as julle wil vry kom van julle teenstander. Julle kan nie

uit eie krag van hom loskom nie, julle moet hulp hê wat slegs Een julle kan

bring: Jesus Christus, wat die teenstander oorwin het deur Sy dood aan

die kruis. In Hom was Ek Self. Hy en Ek is Een, dus moet julle tot My in

Jesus Christus om hulp roep en dit sal julle dan ook ten deel val. As julle

slegs ‘n God erken sonder Jesus, die Goddelike Verlosser en julle wil julle

God met hierdie God in ooreenstemming bring, dan is julle erkenning van

‘n God nog nie oortuigend nie. Julle spreek dan slegs iets uit met julle

mond waarvan julle nie in die diepste van julle hart oortuig is nie en dan

gaan julle, julle aardse weg nog sonder My. Julle sal dan ook nie kan

loskom van hom wat die teenoorgestelde is van My, wat julle nog beheers

en wie se mag julle nie kan breek nie.

Julle het My nodig, laat dit vir julle gesê wees; anders vervul julle nie julle

aardse lewensdoel nie, om julself los te maak van hom vir wie julle eens

vrywillig gevolg het en om julle te wend tot My, julle God en Vader van die

Ewigheid. Ek is altyd bereid om julle te help om van hom los te kom, maar

hierdie hulp moet julle van My afsmeek omdat julle wil saam bepalend is

dat Ek julle bevry. Want hy het dieselfde reg op julle solank julle nog

dieselfde wil het as hy, wat ‘n afwending van My beteken. Maar met julle

swakheid as gevalle wese is rekening gehou, want ‘n mens het vir julle uit

liefde en barmhartigheid aan die kruis gesterf. Hy het geweet van julle

swakheid en Hy het ook geweet dat dit vir julle onmoontlik was om hierdie

kettings te verbreek, dat julle weggerokkel was deur My teenstander,

alhoewel deur julle eie skuld.

11

In hierdie mens Jesus het Ek Myself beliggaam, omdat Ek My oor julle

swak, hulpelose en pynlike toestand ontferm het en omdat Ek julle die

moontlikheid wou gee om weer na My toe terug te keer en binne te gaan in

julle oertoestand wat vir julle vryheid en saligheid beteken. Ek het dus as

mens ‘n soenoffer vir julle gebring en Ek het tegelykertyd die skuld van

julle vroeëre afvalligheid van My, Self gedra in die mens Jesus. Ek het My

teenstander die lossingsgeld vir julle aangebied, sodat hy julle moet vrylaat

as julself daarna verlang. Maar die verlange moet julle ook tot uiting bring.

Julle moet na My toe wil kom, julle moet wil behoort tot hulle wie se siele

Ek losgekoop het van hulle meester.

Julle moet ‘n beroep doen op die hulp van Jesus en julle moet My in Hom

aanroep. En julle sal dit ook kan doen, as julle in Hom en Sy verlossings

werk glo; as julle glo aan My menswording in Hom. Want eers dan glo julle

ook met oortuiging aan Myself, dan het Ek lewend in julle geword en dan

gaan julle ook nie meer julle aardse weg, sonder My nie en julle sal dan ook

verseker julle doel bereik. En so moet julle julself maar eens ernstig afvra

wat die sin en die doel van julle aardse lewe is, wat julle eintlike opdrag is.

Julle moet die ernstige wil hê, sodat julle nie gefaal het aan die einde van

julle lewe op hierdie aarde nie. En as julle hierdie wil het, bid dan die Een

om hulp wie julle alleen kan help, Jesus Christus. Want Hy en Ek is EEN en

as julle Hom aanroep, roep julle My aan en julle roep sal nie ongehoord

wegsterwe nie. Want by wie dit erns is om die doel van sy aardse lewe te

bereik, dié se gedagtes sal ook spoedig korrek gelei word en hy sal insien

dat daar geen verlossing sonder Jesus Christus is nie. Maar oor die mees

innerlike wil, die mees innerlike verlange, kan Ek egter nie beskik nie, dit is

vry. Ek kan maar net waarsku en vermaan en Ek kan julle maar net

aanspoor tot nadenke. Julself moet egter handel volgens julle innerlike

verlange en ooreenkomstig hiermee sal ook julle toestand van

volwassenheid wees wanneer julle hierdie aarde verlaat. Amen

Die aarde het ‘n plek van verderf geword

6864 3 Julie 1957

Die teenstander van God span nou al sy dienare in om in die laaste stryd op

hierdie aarde die sege te beveg en die duisternis van hierdie wesens laat

hulle ook aan ‘n sege glo. Weliswaar het satan met sy helpers meer sukses

by die mense op aarde as die bodes van God en dit des te meer hoe nader

die laaste dag van hierdie aarde kom. Dog die skynbare sege is vir hom ‘n

sekere en gewiste verlies, want almal wat hy meen om te gewen het, word

weer aan sy invloed onttrek, om met die doel vir ‘n hernieude positiewe

ontwikkeling, opnuut in die materie geban te word.

Die aanhangers van satan het in hul lewe op aarde so diep weggesink, dat

hul geestelike substansie hom verhard, sodat hierdie wesens weer hul ek-

12

ewussyn kwytraak en in afsonderlike partikeltjies opgelos nogmaals die

gang oor die aarde moet gaan.

In die laaste tyd voor die einde is daar baie minderwaardige wesens op die

aarde beliggaam. Dit word deur God toegelaat, want ook hul moet die

moontlikheid gegee word om verlossing tydens hul gang oor die wêreld as

mens, deur Jesus te vind. Maar op enkele uitsonderinge na maak hierdie

wesens alleen maar van die geleentheid gebruik om in ‘n slegte sin op hul

medemens in te werk. Ja, hulle gee selfs openlik en vrymoedig toe dat

hulle aan die teenstander van God behoort en daarom sal op hulle ook

dieselfde lot wag, om weer vir ‘n eindelose lang tyd gekluister te word.

Elke laag staande wese sou waarlik verlossing kan vind, omdat hy op aarde

ook kennis oor Jesus Christus verkry en hom daarom alleen maar aan Hom

hoef oor te gee, om vry te word van sy huidige heer. Maar hierdie wesens

is byna almal sleg tot in die grond van hul hart en vol van ‘n sataniese

gees. En met hierdie werk die vyandige vors en dit waarlik met sukses,

deurdat hy vir baie mense die terugkeer na God bemoeilik. Die invloed op

die mense deur hierdie slegte wesens is groter as die van die ligwesens wat

in opdrag van God ook onophoudelik op aarde werksaam is. Want ook baie

ligwesens is met die oog op die situasie in die laaste tyd op aarde

beliggaam.

Want die Heer en satan stry beide om die siele van die mense, beide wend

ook alle middele aan wat hul ten dienste staan om invloed op die siele uit

te oefen. En omdat die tyd van die einde steeds nader kom, sal julle ook

steeds meer deur die vyandige mag bedreig word. Steeds openliker sal die

werksaamheid van sataniese kragte aan die lig kom en steeds seldsamer

sal daar rus en vrede onder die mense te vinde wees en selfs hulle wat

vrede soek, sal hul self nie kan beskerm teen die invloed van hierdie magte

nie.

Maar julle moet julle nie laat mee sleep nie, julle moet alles berustend

verdra en alleen steeds God om bystand aanroep. Julle moet julle vol

vertroue aan alle goeie geeste oorgee, dat hulle die stryd besleg waar dit

onvermydelik lyk, want dit is die vernaamste middele van die teenstander,

dat hy die mense teen mekaar ophits, hulle onrustig maak deur die vrede

te versteur. En hy vind ook baie mense wat hom daarmee behulpsaam is,

wat deur hul dade bewys dat hulle aan hom behoort, dat hulle hul nie

daarteen verweer wanneer hulle deur sataniese kragte in besit geneem

word nie en dat hulle dan ook nog bereidwillig uitvoer wat hy van hulle

verlang. Dit is waaragtig afskuwelike dinge, soos dit alleen maar in die hel

kan uitgebroei word, sodat in die einde byna alleen nog net regte duiwels

die aarde bevolk en daar vir die weinige, goeie, gelowige en God’s getroue

mense geen plek meer is nie.

Die aarde het ‘n plek van verderf geword en hy moet daarom weer van die

gebroedsel uit die hel gesuiwer word. Want hy moet die geestelike as

verblyfplek dien om meer volwasse te word wat kort voor hul voltooiing

13

staan, dog spoedig bied hy daartoe geen moontlikheid meer nie. En daarom

vind daar ‘n gewelddadige suiweringsaksie plaas en wat die teenstander

van God meen om te gewen het, word weer aan sy mag onttrek. Die nuwe

skeppings sal die gevalle geestelike weer opneem, die teenstander word

met sy aanhang gebind en dan sal daar op die nuwe aarde, wat waarlik as

‘n paradys sal verrys, vir al diegene wat God tot aan die einde toe trou bly,

weer vrede wees. Amen

Die seën van twyfel - Waarheid

6874 18 Julie 1957

Dat daar steeds weer twyfel in julle harte insluip is in soverre gunstig, dat

julle dan nadink oor vrae wat julle besighou en dat julle nou ook d.m.v.

gedagtes beïnvloed kan word deur die wesens wat probeer om julle twyfel

op te los. Bedoellende egter alleen sulke twyfel wat ‘n ernstige soeker

oorval, wat daartoe aanspoor om steeds meer te soek en te vra. Nie die

twyfel wat die onverskillige mense ‘n rede meen te gee om die kennis wat

hul aangebied word af te wys nie, omdat hulle dit heeltemal nie verlang nie

en wat daarom nooit met die bringer van die waarheid wil instem nie. Hul

twyfel is altyd alleen maar ontvlugting, ‘n vlug terug in die duisternis,

wanneer hul al eens die lig gebied was.

Ernstige soekers is egter nie dadelik tevrede nie en hul twyfel kan vir hulle

tot seën word as hulle die vrae nie nalaat nie. Juis die vrae gee die wesens

van die lig die moontlikheid om d.m.v. gedagtes op hulle in te werk, tot hul

denke tot opheldering gekom het en hulle tot sekerheid kom oor wat vir

hulle nog twyfelagtig lyk.

Die denkende mens sal ook meestal nie oppervlakkig wees nie, sodat hy

eenvoudig afwys wat hom nie geloofwaardig voorkom nie, hy ondersoek

diepgaande voordat hy ‘n leer wat tot hom kom geheel verwerp. Twyfel kan

dus tot opheldering lei, twyfel kan die aanneem van dwaling voorkom,

maar alleen as die mens hom beywer om in die waarheid te wandel.

Daarom is die mens wat sy twyfel laat hoor nie te veroordeel nie, want dit

getuig van ‘n opregte erns. Maar hy moet ook die moontlikheid benut en

nie rus voordat hy innerlik tot volle oortuiging gekom het nie, sodat hy dan

of die kennis as waarheid aanneem, of as dwaling kan afwys. En die twyfel

help hom daarmee om tot hierdie oortuiging te kom.

‘n mens wat homself vir wetend hou, kan nie meer onderrig word nie, want

hy open hom nie meer vir die stroom uit die ligwêreld nie. Hy laat alleen sy

verstand werk maar hy luister nie na dit wat hom deur die kennis

toegefluister word nie.

Maar ‘n mens wat twyfel, ondersoek, hy vra en glo om ook wel hierdie

twyfel op te kan los. En sodra hy ernstig na die waarheid verlang, kan hy

daarop vertrou dat sy denke dan ook reg gelei word, want die ernstige

14

soeker na die waarheid het hierdie waarborg, dat God, as die ewige

Waarheid Self, Hom ook laat vind.

Daarom bepaal die mens ook self die waarde van sy kennis wat hy hom tot

eiendom maak, omdat hierdie nou afhanklik is van die krag van sy verlange

na die waarheid. En daarom moet hy vir homself rekenskap aflê, want

iedereen weet dat mense hulle kan vergis en dat hy daarom nie kan bou op

‘n kennis wat hom deur mense verskaf word nie. Hy moet daarom ook

bereid wees om genoemde kennis op te gee wanneer hy die suiwere

waarheid kan ontvang. En suiwere waarheid kan hy alleen verlang en in

ontvangs neem waar die bron van waarheid is. Dus moet hy ook die reeds

aangeneemde kennis eers aan God voorlê en Hom versoek, om hom

duidelik te laat insien in hoeverre hierdie ooreenkom met die waarheid. En

God sal hierdie bede waarlik verhoor en hom miskien ook twyfel in sy hart

lê oor die waarheid van sy kennis tot nou toe. Want die oorbring van die

suiwere waarheid kan eers dan plaasvind, as die mens hom oopstel, om

nou uit die hoogste bron in ontvangs te neem wat hy begeer: die suiwere

waarheid uit God! Dit betref hier vernaamlik geestelike kennis, maar ook

aards word die gedagtes van die mens dan reg gelei, wat hierdie weg tot

God, tot die Bron van die waarheid geneem het.

En die diepe innerlike sekerheid, die vaste oortuiging, wat hom nou vul, is

die beste waarborg dat hy die goeie weg gegaan het, want geen

teenwerping sal hom ooit meer in sy opvatting laat wankel nie. Hy sal ook

teenoor sy medemens sy oortuiging kan verdedig en nie opnuut in twyfel

raak nie, het sy daar nuwe probleme opgewerp word wat hy dan ook met ‘n

geruste hart op dieselfde wyse sal laat oplos. Want God gee almal die

waarheid wat dit ernstig begeer, maar Hy sal dit onthou aan diegene wat

op hul eie krag vertrou, wie suiwer verstandelik probeer om te deurgrond

wat God alleen weet. Amen

Geloof sonder werke is geen geloof nie

6876 22 Julie 1957

Julle sou julleself vir ewig nie kan verlos as Ek nie vir julle die

verlossingswerk volbring het nie. Dit was My Liefde, wat julle uit ‘n

rampsalige toestand wou uithaal, wat julle eie skuld was. Gevolglik was dit

vir julle ‘n werk van genade en erbarming dit is ‘n geskenk wat julle sonder

julle eie verdienste ter beskikking staan, as julle weer salig wil word, soos

julle was in die allereerste begin.

Daarom die gesegde: “Julle kan alleen uit genade salig word.” Sonder die

verlossingswerk sal julle die saligheid nooit kan verwerf nie, want julle krag

is te gering om julleself op te hef uit die diepte en julle wil is nog meer

verswak, sodat julle ook nie na die vrywording uit die kettings van satan

sou gestreef het nie. Julle moet dus onvoorwaardelik ‘n beroep doen op die

genade van die verlossingswerk. En dit vereis in die eerste plek die geloof

15

in die Goddelike Verlosser Jesus Christus, in wie Ekself My beliggaam het

om vir julle mense te ly en te sterwe, om as “Mens” Jesus eers ‘n

genadeskat te verwerf vir julle. Sonder die geloof in My sal julle, julle nooit

met My in verbinding kan stel nie en My versoek om hulp, om versterking

van julle wil en krag, om die weg opwaarts te kan af lê.

Wat is egter te verstaan onder “glo" in die Goddelike Verlosser? Wanneer

die woorde: “Ek glo in Hom” alleen voldoende sou wees, dan was waarlik

die grootste deel van die mensdom seker van hul verlossing, want hierdie

woorde word heel dikwels en deur baie mense uitgespreek. Met hierdie

woorde alleen kan Ek egter geen genoë neem om ewige geluk te skenk

volgens My belofte nie: “Wie in My glo sal salig word”.

Ek verlang ‘n lewende geloof, die volle innerlike oortuiging van dit wat julle

mense geleer word oor die kruisoffer deur hulle, wat in My opdrag julle die

evangelie verkondig. Om tot hierdie innerlike oortuiging te kom word egter

‘n reeds ontwaakte gees vereis, wat die mens van binne af opheldering

gee, wat hom die insig ontsluit oor die aanleiding, oor die beweegrede van

die Liefdewerk, wat die “Mens” Jesus volbring het. Eers dit wat die mens

begryp, kan hy ook oortuig glo.

Derhalwe moet die mens die geesvonk in hom die moontlikheid gee om

hom te uiter, wat alleen die liefde bewerk. ‘n Geheel liefdelose mens kan

ook die woorde uitspreek: “Ek glo in Jesus Christus” maar die innerlike

oortuiging ontbreek hom en dus kan hy ook nie die saligheid verwerf nie.

Alleen die liefde herken die beweegrede van My Liefde en daarom verlang

Ek ‘n deur die liefde lewend geworde geloof. Maar ook die begrip liefde

moet toegelig word, want ook die woord word dikwels misbruik. Liefde sal

julle mense steeds voel, maar op welke kant van die liefde is julle gerig, dit

moet julle, julself vra. Julle moet leer onderskei tussen die verlangende en

die gewende liefde, die aardse en die suiwer Goddelike liefde wat steeds

gelukkig wil maak.

Dat ‘n aards gerigte liefde nie die Goddelike geesvonk in julle tot lewe wek

nie, is dus begryplik. Dus moet dit die onbaatsugtige liefde wees, wat

gelukkig wil maak, wat eers in die mens ontsteek moet word en dan die

“werk van die gees in hom” toelaat. Hierdie liefde is krag wat die mens

nooit met rus laat wat dit eenmaal in hom ontsteek het nie, die

onophoudelike aanspoor om werksaam te wees in liefde, waarvoor

gevoelsopwelling nie voldoende is nie, maar dat die mens self in sy wese

verander sodat hy steeds meer kontak soek met My, want: "Wie in die

liefde bly die bly in My en Ek in hom" En so'n liefde bring dan ook die

lewende geloof voort, want die verbinding met My, deur die liefde kan hy

nou ook die helderste insig kry, sodat hy ook die betekenis van die

verlossingswerk in alle helderheid duidelik sien en niks meer sy geloof aan

die wankel kan bring nie.

“Wie in die liefde bly die bly in My en Ek in hom". Wie hierdie woorde

ernstig oordink moet dan ook insien dat ‘n mens wat deur die liefde ten

16

nouste met My verbind is, ook met die krag van My Liefde deurstraal word,

dat hierdie stroom van krag ook in hom uitgestort word en hierdie

kragstroom nou ook geen werkeloosheid meer toelaat nie. Die Liefdekrag

moet dus op ‘n ander wyse ‘n uitwerking hê en wel op ‘n wyse wat ook van

die Bron van die Krag getuig in ‘n deur God gewilde aktiwiteit, nl. in werke

van liefde van allerlei aard.

So'n mens kan nie meer sonder dade van liefde lewe as hy deur die Krag

van My Liefde deurstroom word nie en so sal sy liefde dit vanself bewys

deur die beoefening van goeie werke. Die mens sal dan sy liefde tot My te

kenne gee deur dade van onbaatsugtige naasteliefde en hom daardeur

steeds vaster met My verenig en gevolglik gered wees vir tyd en ewigheid.

Dan glo hy ook in My en My verlossingswerk, dan het hy reeds die

verbinding gevind, want sy blyke van liefde laat sien dat hy vry is van My

teenstander wie vir die liefde vlug, omdat hy self sonder enige liefde is.

Geen mens wat sonder liefde is sal ‘n lewende geloof hê nie en geen mens

sal liefde in hom voel wat dit nie in goeie werke tot uitdrukking bring nie,

want die liefde is in hom ‘n krag wat aanspoor tot liefdevolle

werksaamheid.

Dit is ook die rede waarom in die laaste tyd geen lewende geloof in Jesus

Christus en Sy verlossingswerk meer te vinde is nie, omdat die liefde onder

die mense verkoel het. Daarom moet steeds weer die liefde as die

vernaamste gepreek word. Die liefde tot die naaste moet sterk na vore

gebring word, omdat dit die bewys is van die liefde tot My. Die naasteliefde

sal ook steeds dade verg, wat van liggaamlike of geestelike aard, aardse of

geestelike hulpverlening wat begryplik is. Hoe maklik is dit alles tog te

begryp, hoe verward is en bly egter die denke van die mense sonder liefde.

Die “verlossing” bestaan egter daarin dat die mens sy weerstand opgee en

hom weer laat aanstraal deur die krag van My Liefde, soos eens, toe die

geestelike wese nog volmaak was. Eens het julle vanuit die Liefde

uitgegaan en almal sal weer tot liefde word, want eers dan sal julle salig

wees en bly tot in alle ewigheid. Amen

Eindprofesie - Is jy een van Myne?

6882 30 Julie 1957

Wie homself as deel van Myne beskou, sal weet dat die tyd van die einde

ook aangebreek het, dat die mensdom voor ‘n geestelike en aardse

keerpunt staan. Want die Gees spreek tot Myne en hulle kan innerlik deur

die Gees aangespreek word. Hulle verneem dus My stem direk of as

gedagte en hulle neem die woord, wat deur My bodes aan hulle gebring

word, ook gelowig aan, omdat dit van My uitgegaan het.

Myne weet dus in welke tyd hulle lewe. Hulle weet dat die laaste uur

spoedig op die wêreldklok sal slaan, dat die geestelike nag op hierdie aarde

vir tallose mense aangebreek het. Dat egter ook ‘n nuwe dag aanbreek vir

17

hulle wat aan My trou bly tot aan die einde, wat tot die “kleine kudde”

behoort wat Ek Myne noem.

Hulle almal moet nog ‘n taak op aarde vervul. Hulle moet hulle medemens

ook vertel wat hulle te wagte staan. Dit sal nie maklik wees nie. Want hoe

oortuig Myne ook al van die waarheid van My woorde sal wees, dus ook van

die aankondigings oor die einde en die laaste oordeel, hulle medemens sal

tog geen geloofwaardigheid aan hulle skenk nie, maar veel eerder hulself

onwillig afwend as hulle gewaarsku word.

Maar julle wat Ek kan aanspreek, julle sal steeds weer melding maak van

die einde, wat sekerlik nie meer lank op homself sal laat wag nie. As bewys

daartoe sal julle wys op die natuurkatastrofe, wat vir die daaropvolgende

einde, die hele wêreld in opskudding sal bring. Julle moet hulle duidelik

maak dat die daaropvolgende einde ook met ewe groot sekerheid verwag

kan word. Want deur die natuurgebeure wil Ek die mense nog ‘n laaste

vermaning en ‘n laaste aanwysing gee, sodat hulle makliker kan glo wat

julle aan hulle in My opdrag gesê het.

Wie dus self die "lig" besit, moet ook "lig" in die duisternis laat straal, wie

self in My en My woord glo, moet ook probeer om sy medemens tot geloof

te bring. Maar hy moet vol liefde op hulle inwerk sodat hy hulle nie tot

weerstand bring nie.

Daarom sal die natuurkatastrofe ook nie lank op homself laat wag nie en

daartoe bydra dat nog mense hulself teen die einde sal voorberei. Ook van

die natuurgebeure - deur My ingrype - waarvan elke mens sal hoor, sal

julle melding maak, want dit sal van ‘n ontsaglike omvang wees en nie as

‘n alledaagse gebeurtenis afgemaak kan word nie. Julle moet onbevreesd

op die gebeure wys en openhartig daaroor praat, want dit sal plaasvind met

onomstootlike sekerheid. En wie deur julle daarvan verneem het, sal ook

makliker in die einde wat deur My verkondig is, glo.

Myne moet dus vir My bekwame medewerkers wees, al bestaan hulle werk

maar slegs daarin om van die komende dinge te praat. Dan reeds bewys

hulle My al ‘n groot diens, want Ek wil dat die mense daarvan weet. Ek kan

hulle dit egter alleen deur die mond van mense laat weet, wat hulle dan

kan glo of ook nie. Maar hulle het dan daarvan gehoor en sal ook daaraan

dink wanneer die dag kom waarop die hele wêreld die asem sal inhou.

Want die natuurgebeure sal ontsaglike leed bring oor die mense wat dit sal

moet beleef. Vrees nie, sodat julle misleidende voorspellings versprei nie,

maar spreek vry en openlik uit wat Ek julleself laat weet het en dat julle My

woorde onvoorwaardelik glo. Hulle kan julle nie as leuenaars uitmaak nie,

omdat hulle die bevestiging daarvan vinniger as wat hulle dink sal ervaar.

Hierdie kennis sal die mense daartoe beweeg om hulle twyfel oor die

aankondigings oor die einde op te gee en dan sal baie al bereik wees. Want

dan kan hulle hulself nog voorberei en by My, hulle Verlosser Jesus hulle

toevlug soek en dan is hulle van die afgrond gered. Amen

18

Die siele in die hiernamaals

6920 16 September 1957

Tot nou toe dra julle nog die aardse kleed; tot nou toe word julle siele nog

deur ‘n bedekking omvou wat sy sorglose vlug in die geesteryk verhinder,

julle is nog gebonde aan hierdie aarde. Maar die tyd sal kom wanneer die

siel sy vleeslike dekking sal verlaat, wanneer die aarde hom nie meer sal

kan vashou nie en hy sal opvaar na die hemel, as hy voldoende krag

bymekaar gemaak het om op te vaar vanaf die aardse sfeer na ‘n wêreld

sonder hindernisse, waar hy deur tyd en ruimte sal kan zoom en salige

geluk geniet in die stralende hoogte. Maar hierdie opvaart vereis krag. Die

soort krag wat nie met die lewenskrag van die lewe verwar moet word nie

maar waardeur hy deurdring word wanneer hy in innige vereniging weer

met die ewige Bron van krag, met sy God en Vader ingegaan het toe hy na

die huis van sy Vader teruggekeer het, waar geen ontbering of lyding, maar

slegs geluk en ‘n ewige lewe bestaan.

Maar dit is ook moontlik dat die uur van dood geen groot verandering vir

die siel sal beteken nie. Hy sal inderdaad ook sy fisiese liggaam kan verlaat

maar tog nie vry wees nie, want hy is te swak om hom uit die aardse sfeer

te kan ophef omdat die materie sy denke oorheers het, omdat hy toegelaat

het dat dit hom tenvolle oorheers en nooit die Goddelike krag van liefde

aanvaar het nie. Dan sal hy inderdaad ook in ‘n geestelike gebied woon, hy

sal naamlik bo hierdie aardse wêreld bestaan, maar hy sal nie lewenskrag

hê nie en tot onaktiwiteit veroordeel wees. En dit is ‘n staat van kwelling vir

die siel, ‘n staat van hulpeloosheid en duisternis en tog is hy bewus van

homself.

Die dood is die konklusie van ‘n ontwikkelings hoofstuk; die siel sal sy

woonplek in elkgeval verander maar die gebied waarin die siel dan sal woon

kan wel baie anders wees. Want die mens skep self op aarde die lot vir sy

siel na sy dood. En daarom moet hy elke dag sien as ‘n onmeetlike gawe

van genade, hy moet verstandig wees en elke uur gebruik vir die Verlossing

van sy siel. hy moet hom nie met aardse vreugde en genot tevredestel nie

aangesien die saligheid in die geesteryk duisendvoudig heerliker is.

Die mens moet homself altyd herinner dat hy dit in sy eie hande moet

neem om ‘n oorvloed van geluksaligheid te verwerf en daarom moet hy dan

ook tydens sy kort lewe op aarde bereid wees om afstand te doen van wat

die liggaam ‘n sin van welsyn bied maar skadelik is vir die siel. Want die

siel word omvou deur ‘n ‘laag’ waarvan hy homself gedurende sy aardse

lewe moet bevry. Die onsuiwerhede wat nog die siel aanhang belemmer

God se lig straal van liefde om in te dring. Dit moet eers opgelos word

sodat die lig van liefde die siel tenvolle kan deurdring en dit beteken ook

dat na die dood die siel tenvolle bevry sal kan opvaar en die geluksalige

gebied kan ingaan. En innige gebed tot God, dade van liefde en selfs

19

verskillende vorms van fisiese lyding sal die ontbinding van hierdie laag

veroorsaak.

Liefde en lyding is die mees effektiefste middels van reiniging, liefde en

lyding verinnig die mens, liefde en lyding distansieër hom van die wêreld en

sy genot. Die weg van liefde en lyding is die weg wat Jesus geneem het. Hy

roep die mense om Sy volgelinge te word en hy het die lewe aan hulle

beloof wat hom volg. Want Sy weg lei sonder twyfel na die doel. Dit lei uit

die koninkryk van duisternis in die koninkryk van lig en hy sal ook elkeen

help wie Hom liefhet en hom wil volg en ‘n klein kruis dra, wanneer dit vir

die mens te moeilik lyk moet hy vir hulp na hom draai, na die Goddelike

draer van die kruis. Maar sodra die fisiese dekking afgewerp word sal die

siel verheug en jubelend deur die poort die ewigheid binnegaan. Dan sal hy

sy doel van die aardse lewe vervul het en terug gekom het na sy ware

woning van ewige lewe en ewige geluksaligheid. Amen

Om te glo vereis ‘n wil om te glo

6925 21 September 1957

Om te kan glo vereis ‘n wil om te glo. Julle sal die mense nie kan oortuig

wat nie die wil het om tot die waarheid te kom nie, want deur hulle onwil

stel hulle hulself bloot aan die inwerking van Gods teenstander, wie se

prooi hulle steeds meer word en wat hulle beïnvloed om hulle af te sluit van

alle binne vloeiende stroom van die kant van God.

Geestelik kennis laat hom nie bewys nie, dit moet geglo word. Maar daar

word ook geen blinde geloof van die mense gevra nie, die waarheid word

die mens voorgelê, maar dit word aan homself oorgelaat hoe hy homself

daar teenoor instel, want God neem die vryheid van wil van alle mens in

ag. Die mens staan as te ware op ‘n tweesprong sodra hom geestelik

kennis aangebied word, hy kan dit aanneem maar ook afwys.

Om hierdie besluit te neem moet sy wil egter aktief word. Wys die mens die

geestelike goed wat hom aangebied word af sonder enige ondersoek, dan

mag hy nie sê, dat hy dit nie kan glo nie maar hy moet sê: Ek wil dit nie glo

nie. Het hy egter die wil om tot insig te kom dan sal hy ook gaan ondersoek

en daarna eers tereg iets verwerp, as hy nie daarmee akkoord kan gaan

nie, of hy sal ‘n innerlike oortuiging verwerf en glo, ofskoon hom geen

bewys gegee kan word nie.

By wie van goeie wil is sal ook die denke reg gelei word, selfs wanneer hy

tot dusver niks wil aanvaar wat as geestelik kennis betitel kan word nie.

Maar ‘n blinde geloof is ook waardeloos en eers ‘n innerlik oortuigde geloof

het die seën daarvan tot gevolg. ‘n Oortuigde geloof kan egter alleen dan

verkry word as die mens tot insig wil kom, as hy opheldering verlang oor

verborge sake, oor geheime wat die menslike verstand nie kan onthul nie.

Elke mens sal en kan veronderstel dat hy maar ‘n beperkte kennis besit,

dat daar dus vir hom nog baie onopgeloste probleme is. As hierdie

20

probleme aardse vrae betref, kan dit ook verstandelik opgelos word. Die

resultate kan beproef en ook gewysig word en dan kan bewys gelewer word

vir die waarheid van die denke van die mense. Daar bestaan egter naas die

aardse wêreld ook nog ‘n geestelike wêreld. Weliswaar kan dit slegs maar

geglo word, maar ook uit hierdie geestelike wêreld word die mense

openbaringe gestuur: wat byna reeds as bewys sou kan geld, maar altyd

ook 'n sekere twyfel oop laat. wat die mens nou self moet oorwin, waarvoor

sy wil nodig is.

Hy kan homself bewys verskaf en so ‘n oortuigde geloof ontvang, dog hy

moet ook wil. Want wie niks daarvoor doen nie kan ook niks vir homself

verwerf nie en die geloof kan die mens nie geskenk word nie, omdat daar

dan nie van ‘n vrye wilsbeslissing gepraat kan word nie.

In die eerste plek moet die mens wil glo en dan deur ‘n lewe in liefde

homself geskik maak om te leer onderskei, want nooit mag hy dwaling glo

nie, hy het die reg om dit af te wys wat vir hom nie moontlik is om te glo

nie, as hy dit ernstig meen en hom verweer teen alle aanvoer van

geestelike leringe wat geloof vereis om dit te wil glo. ‘n Blinde geloof is God

nie welgevallig nie, dit bewys die onverskilligheid teenoor die waarheid en

die regte insig. Die mens moet sy verstand gebruik maar nie net sy

verstand nie, veeleer moet hy ook sy hart raadpleeg, wat beteken dat hy

ook op sy gevoelens moet let. Want deur die hart wil Hy dit openbaar wat

die mens dikwels swaar val om te glo, Wie egter ook die wil beloon as

hierdie goed en reg gerig is. Amen

Ontwikkeling van die siel voor inkarnasie as mens

6930 29 September 1957

Julle het deur die mees diverse vorme gegaan. Julle ware ek, julle siele,

moes deur ‘n lang weg van ontwikkeling gaan voor die inkarnasie in ‘n

menslike liggaam. Hierdie weg van ontwikkeling was deur die hele

skepping.

Die siel moet in tallose individuele substansies opgelos word om deur die

skeppings te gaan en stadig te werk gaan in sy stygende ontwikkeling.

Hulle moes weer en weer nuwe vorme aanneem soos die verskillende

deeltjies versamel het. Die tallose skeppings dra tot die volwasse wording

van al hierdie sielsubstansies by tot alle deeltjies ten laaste saamkom en as

‘n menslike siel inkarneer in hulle laaste vorm, die menslike liggaam en dit

tot lewe bring. Julle almal het deur hierdie fase van ontwikkeling gegaan as

gevolg van die skeiding van God, omdat julle oorspronklike sonde, die afval

van God, so groot was dat julle siele nooit daaroor sou kom nie weens sy

magtelose toestand, wat deur die afval veroorsaak was. Julle siele moes

eers tot lewe gebring word.

Maar die lewe kon nie aan ‘n wese gegee word wat sondig geword het nie,

hy moet daarna streef deur te dien. Maar die wese sal nie in vrye wil dien

21

nie want die teenstander van God, wie hy eens in die diepte gevolg het, sal

dit verhinder. Maar dit kan nie aan die dood onderworpe bly vir altyd nie;

dit moet die geleentheid gebied word om tot lewe te kom. Daarom neem

God die gevalle geestelike weg van Sy teenstander en maak hulle

diensbaar aan Homself. Hy gee elke skepping sy taak volgens die wette van

die natuur, wat die gevallene in ‘n "staat van dwang" plaas om sy doel te

vervul. Derhalwe moet dit ‘dien’ om na ‘n baie lang tyd weer ’n bietjie lewe

te verkry om dit te help om na ‘n hoër aktiwiteit te vorder.

My skeppingsmag stroom uit My na alle wesens wat uit My liefde

voortgekom het. Maar die wesens wat hulle by die teenstander aangesluit

het verset hulle teen die stroom van die liefde van God wat nodig is vir

hulle lewe en aktiwiteit. Daarom verval hulle in ‘n staat van leweloosheid.

As hulle aan hulself oorgelaat was sou hulle nooit weer tot lewe gekom het

nie, omdat hulle deur hulle val in die diepte magteloos was.

So roep God die skepping in bestaan, wat aanvanklik die vrye wil van die

wesens uitsluit wat onder Sy Wil in ‘n staat van "dwang" geplaas word om

hul doel volgens die wet van die natuur te vervul wat Hy aan elke skepping

toewys. Sy plan was om stadig lewe te bring aan dit wat leweloos was om

hulle die moontlikheid te gee om weer aktief te wees.

So was hulle almal saamgevoeg in skeppings as uiterste kleine deeltjies en

word verplig om aktief te wees. Hulle word in die skeppings gebind, nie

instaat om hulself daarteen te verset nie en word verplig om te dien. Deur

dit kon hulle ‘n graad van ontwikkeling bereik, wat hulle steeds groter

vryheid gee, ten slotte ontvang hulle die staat van vrye wil. Deur die vrye

wil kon hulle vry besluit om omhoog te strewe of die diepte kies. God sal

inderdaad hierdie wesens na omhoog help, maar Hy dwing hulle nie as

hulle wens na die diepte is nie. Die besluit vind in die laaste stadium van

ontwikkeling plaas; wanneer die siel beliggaam is en weer bekwaam is om

sy vrye wil te gebruik volgens sy eie diskresie. So kan die mense die groot

genade erken wat in die vroeëre weg van evolusie getoon word en die

beste gebruik van hulle aards lewe maak. Hy moet homself waardig bewys

en die begeerte hê dat hierdie laaste periode Hom na sy doel sal bring. Hy

moet na sy volmaaktheid strewe en bewys dat hy aan God behoort. Hy

moet alles doen om nie in die hande te val van die een van wie God se

liefde hom gehelp het om vry te kom, deur die baie lang tyd van voorontwikkeling.

Hy moet nie sorgloos lewe nie, maar moet voortdurend oor sy geestelik

doel dink, om van elke gebondenheid losgemaak te word en die herstelde

vereniging met God, in Lig, sterkte en geluksaligheid te bring.

Om hierdie rede word julle aards lewe aan julle gegee, dat julle siele van

die kettings kan vry gemaak word waarmee julle deur die teenstander van

God van die begin af gebind was. Maar julle was skuldig. Daarom moet

julle, julle deel doen om hierdie vryheid en ewige lewe te bereik. Amen

22

Aardse Kennis is geen Wysheid nie

6931 30 September 1957

Al dink julle dat julle wys is, is julle dit nie solank Ek My lig, wat julle gees

verlig, nie in julle kan laat binnestraal nie: Want wat julle dan as kennis

aansien sal julle nie gelukkig maak nie, selfs al het julle dit as die waarheid

benader: Want dit is slegs aardse kennis, ‘n kennis wat oor al dit handel

wat julle vir die aardse lewe wetenswaardig voorkom. En sou julle môre

reeds julle liggaamlike lewe moet opgee, dan sou ook hierdie kennis vir

julle verlore wees as julle geen geestelike vooruitgang sou kan aantoon

nie: Die wysheid egter kan julle nie besit as julle nie geestelik daarna streef

nie.

Wysheid is die insig van die kennis wat onverganklik is, wat slegs van My

uitgaan en na hom toe stroom wat innig daarna verlang: Julle heg egter

altyd slegs waarde aan resultate van die denke en julle ontken alle waarde

van geestelik verkreë resultate: Julle bewys daarmee dat dit nog erg

donker in julle is, dat daar in julle nog geen lig straal nie, dat julle in ‘n

betreurenswaardige toestand voortleef omdat die tyd wat julle tot nou toe

op aarde geleef het, nutteloos was.

Julle jaag waardelose goedere na as julle julself tevrede stel met die kennis

wat julle tot nou toe verwerf het, wat uitsluitend antwoorde gee op aardse

vrae, wat probleme oplos wat geestelik gesien waardeloos is: Julle bereik

nie die doel van julle aardse lewe nie, wat slegs daarin bestaan om die

geestelike duisternis, waarin julle siele hulself bevind, te verander, om julle

omhulsels, wat die indringing van My lig verhinder, op te los.

Julle mense besef nie eens julle aardse lewensdoel nie. Julle ken nie die

eintlike opdrag wat aan julle gestel is nie, maar julle glo julle is wys as julle

kennis besit wat slegs aards georiënteerd is, as julle oor ‘n skerp verstand

beskik en die goddelike geskenk slegs te benut om ‘n suiwer wêreldse

rigting te ondersoek en te pieker. Julle kan op aarde tot hoë aansien kom,

julle kan ook iets groots bereik in verhouding tot julle medemens, maar

julle kan julleself nie wys noem nie, want julle sal kragtens julle verstand

niks kan deurgrond wat buite die bereik is waarin julle as mens leef nie. En

aan die einde van julle lewe sal julle moet beken dat julle niks geweet het

nie, as julle bewustelik julle einde sien nader, wanneer julle daar vlak voor

staan om deur die poort van die ewigheid te gaan en julle oor die sukses

van julle aardse lewe nadink. Dan sal die selfversekerdheid wat julle gehad

het, julle verlaat, dan sal julle vermoedelik ook van die nutteloosheid van al

julle moeite bewus word en julle sal dankbaar wees vir ‘n flou ligskynsel

wat julle nog sou kan verkry oor die eintlike lewensdoel as mens.

Word julle wat dink julle is wys, nou tydens julle aardse lewe ‘n lig

aangebied, dan versmaad julle dit uit arrogansie, want as julle onder die

indruk van ‘n skynlig is, bespeur julle nie die sagte skynsel wat tog in julle

hart wil binnedring nie, terwyl die skynlig, dit wil sê julle verstandelike

23

kennis, geen innerlike helderheid versprei nie. Julle moet nooit ‘n lig afwys

nie, al straal dit ook ongewoon. Julle moet nie met die verstand probeer om

so ‘n lig te verklaar nie, julle moet die oë sluit wat deur die skynlig reeds

verswak is en die ware lig in julle hart laat binnestraal, dit wil sê vir

eenmaal al julle aardse kennis opsy sit en slegs stil luister, wanneer wyse

woorde by julle oor indring. Julle moet slegs die tyd daarvoor neem, om

julle gedagtes te laat dwaal in ‘n gebied wat vir julle onbekend is en daarna

verlang om ook daaroor duidelikheid te verkry. En elke gedagte van die

aard sal julle tot seën word. Want dan sal julle ‘n kennis ontvang wat julle

dan as "Wysheid uit God" sal insien en wat vir julle waarlik meer sukses sal

oplewer as die wêreldse kennis wat deur julle nagestreef is, wat vergaan

soos julleself na die liggaam vergaan en aan die siel nie die geringste

voordeel bring nie, wat hom in dieselfde duisternis agterlaat as waarin hy

die aarde as mens betree het. Amen

Getuienisse van sieners en profete van die eindtyd

6936 5 Oktober 1957

Verneem wat die gees uit God julle verkondig: Die profete en sieners is

deur Myself gekies, omdat aan hulle ‘n groot en gewigtige opdrag gegee is.

Hulle moet die mense kennis gee van die komende wêreldgerig en hulle

vermaan om hulle daarop voor te berei.

Hierdie sieners en profete spreek nie uit hulself nie, maar gee alleen deur

wat My Gees hul bekend maak. En ofskoon Ek My as te ware direk aan julle

uiter, moet Ek My tog weer bedien van ‘n bemiddelaar om julle mense nie

onvry te maak in julle dink en handel nie. Julle kan dit dus glo maar is nie

daartoe gedwing nie. Julle sal dit wel glo as julle die profetiese missie van

die bemiddelaars aanvaar. Julle sal dit egter afwys as julle aan hul missie

twyfel.

Maar Ek wil dit vir julle mense maklik maak om hulle te glo. Ek sal hul

sending duidelik laat blyk deurdat Ek die verkondigde veranderinge wat die

gerig vooraf gaan, laat gebeur. En Ek sal ook daarvoor sorg dat hierdie

aankondiging verspreiding vind, sodat die mense daarvan sal weet en ook

die bevestiging daarvan sal ondervind. Alles sal gebeur soos Ek dit van te

vore laat verkondig het deur sieners en profete.

Wel het Ek toe Ek op aarde gewandel het steeds die mense gewaarsku teen

valse Christusse en valse profete en Ek het dikwels daarop gewys, dat ook

die afgesante van My teenstander hul wanorde sal versprei. Ek waarsku

nou weer die mense om nie in die se vangnette te kom nie en geen geloof

aan sy intriges te skenk nie. Want hy is druk doenig en probeer deur

buitengewone prestasies in die mense die geloof te wek dat hier kragte van

die hemele aan die werk is.

Maar juis sy buitengewone aktiwiteite in die tyd van die einde vereis ook

My teenwerking, wat daarin bestaan om middele aan te wend wat die

24

swakke geloof weer opwek of die verlore geloof weer terug te wen. Dit kan

egter nie anders geskied as deur die reine waarheid te bring wat vloei uit

die "bron van waarheid", wat egter deur bemiddelaars tot julle mense moet

kom omdat julle dit self nie kan ontvang nie.

Ek openbaar dus aan die mense wat komende is. En wie Ek kies om

bemiddelaar te wees tussen My en julle die kan julle ook aanvaar as ware

profete en in hul woorde glo. En Ek is ook bereid om julle ‘n bewys te gee

dat hulle spreek van uit My opdrag om julle die komende aan te kondig,

want Ek sal al spoedig die eerste aankondiging waar maak.

Die vernaamste amp van hierdie sieners en profete is die aankondiging van

die naby einde, want dit is vir julle mense van groot betekenis om julle

hierop voor te berei en dit te verwag. Maar tog sal julle nog ‘n uitstel gegee

word wat lank genoeg kan wees om julle siele van die verderf te red.

En daarom sal Ek nie lank meer aarsel nie, Ek sal die sending van My

sieners en profete bevestig. Ek sal die daad laat volg op hul aankondiging.

Maar Ek sal voor die einde die aarde nog laat skud en Myself in herinnering

bring by alle mense deur ‘n gebeure in die natuur, wat deur My steeds weer

aangekondig word. Want Ek self gee My bemiddelaars daartoe die opdrag

en hulle moet dus as My werktuie en verteenwoordigers op aarde spreek,

hulle moet in My plek die mense waarsku en vermaan.

Julle mag julleself nie veilig waan teenoor die gebeurtenisse wat getuig van

‘n hoër mag nie, julle moet dit vrees en glo dat My woord waarheid is. Dat

Ek self deur hulle spreek en gespreek het en dat julle ook met sekerheid ‘n

uiterste moeilike tyd tegemoet gaan as My genade julle nie voor die tyd

oproep nie.

Julle staan voor ‘n keerpunt in die tyd en julle word aangeraai om na

hierdie sekerheid te lewe. Maar die einde hoef geen mens te vrees wat

bewus aan homself werk en vir al meer aan sy siel dink as aan sy liggaam,

want hy sal niks verloor nie maar alles wen. Amen

Laat die Kruisoffer nie tevergeefs gebring wees nie

6938 7 Oktober 1957

My lyding en sterwe aan die kruis kon vir julle mense ook nutteloos gewees

het. Die kruisoffer kon vergeefs gebring gewees het vir julle wat nie onder

die indruk daarvan is nie, vir julle wat die Goddelike Verlosser Jesus nie

erken nie en wat slegs kennis neem van die mens Jesus egter geen

Goddelike geestelike sending aan Hom toeken nie en homself gevolglik

buite hulle plaas vir wie die verlossingswerk volbring was.

Julle moet julleself bewustelik tot Hom wend as julle deel wil hê aan die

barmhartigheid van die verlossingswerk. Die verlossing hang van julleself

af, ofskoon Ek vir alle mense aan die kruis gesterf het. Maar julle mense

besef nie dat julle gebonde is nie, dat julle julself nooit sonder die

verlossing deur Jesus in die vryheid van die lig en krag sal kan verheug nie,

25

dat julle gebonde sal bly, al sou ewige tye verbygaan. Julle besef nie dat

die toestand van onvryheid, van lig en kragteloosheid, nooit op ‘n ander

manier verander kan word as om te gaan via Golgota nie.

En of julle ook die Goddelike Verlosser Jesus afwys, of julle ook geen ag

slaan op Sy werk nie, aan Hom is die oordeel tog gegee oor hoe lank julle

julself in ‘n onsalige toestand bevind. Julle bestaan as mens lyk waarlik nie

so armsalig nie en daarom sien julle nie uit na Die Een, Wie julle ‘n salige

lot kan verskaf nie.

Maar julle aardse bestaan as mens, is nie van lange duur nie en daarna

word julle eers bewus van die kwellinge van ‘n gebonde toestand. Dan word

julle die lewenskrag ontneem wat julle as mens besit het, dat julle

tenminste self nie gekluister in die harde materie is en hierin ook die

kwellinge van gebonde wees moet voel nie. Maar solank julle in besit is van

die “Ek bewussyn” is daar steeds nog die moontlikheid dat julle tot Jesus

julle Verlosser roep, of dit op hierdie aarde of in die ryk hierna is, as die

uiterste duisternis julle nie opneem nie.

Daarom is My liefde onvermoeid besig om julle gedagtes te rig op Hom, in

Wie Ek Myself beliggaam het om julle te verlos. Ek sal weer poog om vir

julle die daad van Jesus voor oë te stel, steeds weer sal Ek daarvoor sorg

dat daar van Sy verlossingswerk melding gemaak word en julle mense

daarvan in kennis gestel word, julle wat nog heeltemal afsydig staan van

die kruis en wat aan alles wat met Jesus in verband staan, weinig of

heeltemal geen belang heg nie.

Nou eers word elkeen van julle aangespreek en op Hom attent gemaak en

elkeen van julle kan julleself in julle gedagtes besig hou met wat daar oor

Jesus en Sy verlossingswerk verkondig word en elkeen kan nou volgens eie

wil ‘n standpunt oor Hom inneem. Maar hoe hy homself instel, sal

beslissend wees vir eindelose tye of selfs vir die ewigheid. Want hy kan

eindelose lang tye nog in ellende en gebondenheid vertoef, maar ook kan

hy vir ewig vry wees en in lig en krag en saligheid sy Goddelike Verlosser

dank vir die werk van barmhartige liefde, waarmee die vryheid vir hom

betaal was en waardeur hy weer sy oertoestand terugkry waarin hy salig

was.

Geen mens is van hierdie keuse onthef nie en elke mens berei self sy

toekomstige lot, maar My liefde help hom voortdurend om die regte besluit

te neem. My liefde gee hom steeds weer aanwysings, sodat geen mens kan

sê dat hy in onwetendheid gebly het oor dit, wat hom verlossing kan bring

nie. Dog My liefde bepaal nie julle wil nie, want vrywillig het julle hierdie

onsalige toestand gekies en vrywillig moet julle weer die verlossing daaruit

nastreef.

En daarom moet julle die verlossing deur Jesus in vrye wil aanneem,

anders sou die hele wêreld reeds verlos gewees het en niks homself meer

in onvryheid en swakheid bevind het nie, omdat die verlossingswerk vir

julle mense volbring is.

26

Net julle wil benut die barmhartigheid van die verlossingswerk, as julle,

julleself vrywillig tot Hom keer Wie vir julle aan die kruis gesterf het, as

julle Myself erken in Jesus en sodoende sou wil dat Ek vir julle gesterf het.

Dan sal julle waarlik uit die toestand van gebondenheid vry word en julle

sal dan verlos van hierdie aarde kan skei. Julle sal kan ingaan in die ryk

waar julle in lig en krag nou onbeperk kan werk en salig wees. Amen

God se worsteling vir die wêreldlinge

6939 8 Oktober 1957

Ook op die mense wat nog heeltemal materieel dink, rig Ek My Liefde en

Erbarming, hulle wie hulle weg oor die aarde aflê sonder enige geestelike

verbintenis, hulle wat slegs dit as waardevol beskou wat vir hulle sigbaar

en tasbaar is en sonder nadenke alles wat nie bewysbaar is nie, verwerp.

Hierdie mense hoef nie heeltemal sleg te wees nie, hulle kan ‘n regverdige

lewenswyse lei, maar hulle wys elke geestelike toestroming af, wat beteken

dat hulle steeds op dieselfde trap bly staan, dat hulle oor ‘n vlak weg gaan

en aan die einde van hulle lewe op aarde, geen enkele vooruitgang kan laat

sien nie en die hele aardse bestaan allerweë tevergeefs was vir die siel, vir

dit wat na die dood van die liggaam bly voortbestaan. Die siel hoef hom

dus geensins negatief ontwikkel het nie en tog kon hy geen resultaat wys

nie. Hy gaan in dieselfde toestand van volwassenheid die geesteryk binne

as waarmee hy die aardse lewe begin het en ook daar sal ‘n opklim vir so ‘n

siel moeilik wees, omdat sy wil om alle onderrig af te wys, nog net so sterk

is soos wat dit op aarde was. Tewens is sy gedagtes ook verward, hy weet

niks van sy liggaamlike dood nie en kan dus selde, net deur die onderrig

van geestelike vriende, tot ander gedagtes gebring word, omdat die

opvattings wat hierdie mens op aarde gehad het, hom ook verwaand

gemaak het.

Almal van hulle sou Ek te hulp wil kom, solank hulle nog op aarde is, Ek

sou hulle manier van denke graag ‘n flinke stampie wil gee, Ek sou graag

vir hulle ‘n lig wil laat opgaan, Ek sou julle graag slegs eenmaal daartoe wil

bring om ook met die moontlikheid van ‘n geestelike wêreld rekening te

hou. Ek sou hulle graag alle hulp wil bied om van die oppervlakkige weg,

wat doelloos is, op daardie pad te laat stap wat na bo lei. Ek sou hulle

graag maar net die waardeloosheid van alle materiële goedere wou laat

insien, sodat hulle hulself ernstig sal besig hou met die gedagtes oor die sin

en die doel van hulle aardse bestaan. Want juis hierdie mense is moeilik te

stuur, omdat hulle al die geestelike, alle geloof aan ‘n ander wêreld vir die

voortlewe van die siel, slegs as ‘n teken van naïwiteit van die medemens

beskou, waarvan hulself vry is en wil bly. En sulke mense word daarom

besonder gevoelig deur slae van die noodlot getref, die verganklikheid van

die aardse word vir hulle so dikwels voor oë gehou, maar ook net selde met

sukses.

27

Maar die hoeveelheid van sulke gebeurtenisse, wat ook nog sal toeneem,

moet vir julle begryplik word, wanneer julle ook aan die groot aantal van

hulle dink wat net so ‘n geestelike lewensopvatting het. En as Ek maar net

‘n paar van hulle sou wen, wanneer hulle hulself net ‘n paar keer deur My

laat toespreek deur sulke slae van die noodlot, wanneer hulle

belangstellingsfeer nou verander en hulle hulle manier van denke wat hulle

tot nou toe gehad het, laat vaar; dan sou Ek veel bereik het en was die slae

van die noodlot tot seën. Want tot aan die einde van die lewe van elke

mens worstel Ek om sy siel, om hom die eindelose lang tyd in die ryk

hierna te bespaar waar dit sonder lig in hom sal wees en alle inspanning

wat by sulke siele onderneem word, vrugteloos bly.

Wat die mens op aarde bereik, beteken ‘n aansienlike voorsprong, wat die

siel in die hiernamaals nie meer kan inhaal nie. En omdat juis hierdie

mense op aarde in die meerderheid is, is dit begryplik dat Ek My toevlug tot

steeds sterker middele moet neem, wat julle wat gelowig is, nie vir julleself

sal kan verklaar as gebaseer op My Liefde nie. Maar julle is nie op hoogte

van die nood van sulke siele nie, wat eindelose lang tye kan duur, julle

weet nie hoe waardevol één dag op aarde is waarin julle bewustelik die doel

nastreef nie en hoeveel dae dus totaal nutteloos geleef word deur diegene

wat Ek ook sou wil wen vir My en My ryk. En die smartlikste gebeurtenis

kan as die grootste barmhartigheid beskou word, wanneer dit ‘n mens

daartoe bring om bewustelik na die doel te streef. Want die aarde sal

vergaan en niks sal vir die mens oorbly wat steeds maar net sy aardse lewe

geleef het nie. Maar die geesteryk bly bestaan, vir die siel kan dit alleen vir

ewige tye tot ‘n smartlike verblyf word, wanneer hy homself afsluit van die

lig wat aan hom gebring word. Amen

Die geskenk van God: ’n vonkie van Sy Liefde

6941 11 Oktober 1957

Lig en krag is dit wat julle ontbreek, omdat julle nog onvolmaak is. Sonder

lig en krag sal julle ook nie tot volmaaktheid kom nie en julle mense, sou

sonder hoop in ‘n ellendige toestand beland, wanneer geen hulp aan julle

verleen word nie en julle nie eers lig en krag gegee word, wat dit vir julle

moontlik maak om die toestand van volmaaktheid te bereik nie. Julle weet

dus by die begin van julle aardse lewe niks oor hierdie samehang, oor die

sin van julle aardse lewe en julle opdrag hierin, julle is totaal sonder

kennis. Die lig ontbreek julle. En as julle die lig gegee word, sodat julle dus

onderrig kan word oor julle aardse taak, dan ontbreek die krag julle tog

nog om die geestelike volmaaktheid te bereik, solank julle vir julleself geen

krag verwerf nie - wat steeds alleen deur die werking in liefde kan gebeur.

En om hierdie krag te verkry, dus te werk in liefde - ontbreek die wil julle

meestal, omdat julle onvolmaakte toestand ook ‘n verswakte wil beteken.

28

So is julle gesteldheid by die begin van julle aardse lewe, wat julle maar

net gegee is om julle onvolmaakte wese te omvorm tot volmaaktheid. Maar

julle lewe sou sonder enige uitsig wees, as julle nie iets geskenk sou word

van God se liefde, wat julle wil help om weer tot volmaaktheid te kom: ‘n

Baie klein vonkie van Sy oneindige liefdesgees het Hy in julle geplaas. Die

liefdesvonkie is Sy aandeel, dit is onverbreeklik met Hom verbonde, dit is

gees van Sy Gees, lig van Sy ewige Oerlig en krag tegelyk. En die klein

vonkie is in staat om ‘n verandering in julle te volbring, sodat elke

onvolmaaktheid verdwyn en julle as ‘n stralende ligwese hierdie aarde sal

kan verlaat. Maar die voorwaarde is dat julle die klein vonkie self laat

ontbrand, dat julle die voeding gee, sodat hy homself kan uitbrei. Dit vereis

dat julleself deur die Goddelike liefdesgees in julle laat aansit tot dade van

liefde, want dit is sy werksaamheid, dit is die hulp van God wat hierdie

geestesvonk steeds maar deur die mens van binne-af probeer beïnvloed om

werke van liefde te verrig, omdat die liefde gelyk is aan lig en krag, omdat

deur liefdeswerke sowel die gebrek aan insig, asook die kragteloosheid

verdwyn, want die liefde is die enigste middel om weer volmaak te word

soos wat die wese in die begin was.

Geen mens sou sy doel sonder hierdie liefdesvonk in die aardse lewe kan

bereik nie, want die wese het eertyds in vrye wil elke aanstraling van God

se Liefde afgewys en is tot geen ware liefde meer in staat nie; wat as

erfdeel was van hom wat God as eerste liefde opgesê het. Die mens is dus

die eens gevalle wese wat glo om te kan bestaan sonder om aangestraal te

word deur die Liefde van God. Hy kan weliswaar nie meer vergaan nie,

maar die toestand van ‘n gevalle wese het heeltemal anders geword as die

waarin hy oorspronklik geskape was. Want slegs die liefde is die

lewegewende krag wat die wese gelukkig kan maak en om werksaamheid

moontlik te maak en sonder liefde is die wese dood en verduister van gees

en moet daardeur in die hoogste mate onsalig wees. Maar ondanks die

afwysing van weleer van Sy Liefde, het God se liefde en Erbarming die klein

liefdesvonkie in die hart van elke mens gelê en maak so ‘n verbinding

vanuit Hom na die mens. Wat egter nou van die kant van die mens benut

moet word, omdat die liefdesvonkie ook die aandeel is van die Gees van

God, wat tog geen dwang uitoefen op die wil van die mens nie, maar om

deur ‘n sagte aansporing juis die wil te probeer beïnvloed om liefde te

betrag. En daardeur kan dan in die hart van die mens ‘n vlam opflikker wat

lig versprei en ook tegelyk krag oorbring om sy wese te verander.

Daarom is dit vir elke mens moontlik om aan homself in die aardse lewe lig

en krag te verskaf. Omdat die vrye wil egter nie uitgeskakel mag word nie,

hou God se Liefdesgees Homself in en dwing die mens nie om te doen wat

lei tot sy voltooiing nie, om welke rede ontelbare mense glad nie gebruik

maak van die groot barmhartigheidsgeskenk nie en daarom in duisternis en

kragteloosheid bly, waarvan slegs dade van liefde die siel kan bevry. Amen

29

Wetenskaplike "suksesse" aan die einde van ‘n

aardse tydperk

6947 17 Oktober 1957

Reeds dan het die einde van ‘n ontwikkelingsperiode gekom wanneer die

mense so ver uit die goddelike ordening weggedwaal het, dat hulle hulself

bevoeg voel om in die skeppingsplan van God in te gryp, omdat hulle nie

meer aan God, as die alles voortbringende Mag glo nie en daarom meen om

al die bestaande self te kan beheers.

Die mense het weliswaar ook, as erfdeel van God, ‘n skeppende gees gekry

en kan selfs die erfdeel nog meer in hulself laat toeneem. En met hulle

skeppende gees kan hulle met God se hulp, dit wat die onmoontlike skyn te

wees, tot stand bring en bereik en daarby sal hulle tog in God se ordening

bly, solank hulle die krag om self te skep, uit God trek.

Hulle sal egter dadelik uit hierdie ordening tree wanneer al hulle planne

slegs aardsgerig sal wees, wanneer hulle hulself van God as die

voortbringende Mag sal afsonder en slegs gebaseer op hulle verstand, sal

eksperimenteer. Wanneer hulle dus die goddelike skepping as proefobjek

gebruik, sal hulle hulself so tot handlangers van Satan maak, wat dit vir

homself ten doel gestel het om alle skeppings te verwoes.

En aan die einde van ‘n aardse tydperk sal die mensdom steeds vol aardse

wysheid wees. Dan sal die wetenskaplikes glo dat hulle die sleutels vir alle

gebiede gevind het en sou maar selde die weg gegaan het wat God

aangewys het om tot ware kennis te kom. Sonder God is alle weë egter

gevaarlik, sonder Hom is alle suksesse twyfelagtig en sonder Hom betree

die mens gevaarsones, omdat hulle dan gelei word deur hom wat nie opbou

nie, maar alleen die ondergang wil bewerk.

Hy laat die mense weliswaar glo dat hulle opbouend besig is, terwyl hulle

ewenwel hulle eie graf grawe en dus self bydra tot die ondergang van die

aarde. Want die sigbare vooruitgang van die wetenskap is die werk van

Satan, die werk van God se teëstander, wat die mense aanpor tot die

grootste verstandelike inspanning, maar met uitsluiting van goddelike

ondersteuning.

Die mense van die eindtyd sal daarom probeer om alle kragte van die

natuur vir hulself ten bate te maak, maar hulle sal dit nie in ‘n deur God

gewilde sin doen nie. Hulle sal inteendeel uit die goddelike ordening tree en

die gevolge daarvan sal hulle baie gou sien. God versag egter die wil en

handeling van die mense al van ewigheid af en daarom wys Hy steeds weer

op dit wat komende is, want Hy weet wanneer, waar en hoe die verkeerde

menslike denke homself sal uiter. Daarom onderrig Hy die mense oor die

verkeerde van hulle denke en Hy wil hulle daardeur beweeg om hulself aan

Sy Mag, wat bokant alles staan, toe te vertrou. Hy wil hulle teen die invloed

van Sy teëstander waarsku. Hy wil hulle aanraai om in Sy goddelike

30

ordening te bly en Hy beloon almal wat na Hom luister en Hom erken as

hulle God en Skepper van die ewigheid. Amen

Jesus kom as Redder in die nood

6951 21 Oktober 1957

Vanweë die groot geestelike nood het Ek neergedaal na die aarde, want Ek

het medelye met die mense wat deur My teenstander gekluister was. Hulle

kon hom geen weerstand bied nie en roep na hulle God vir ‘n redder. Slegs

weiniges glo nog vas en onwankelbaar dat Christus sou kom soos dit

geskrywe staan. Maar die weiniges verwag Hom met ‘n vurige verlange,

hulle verwag Hom as hulle Redder uit die diepste nood en angs. En terwille

van hulle het Ek neergedaal, omdat hulle roeping om hulp My oor bereik

het, omdat Ek hulle geloof nie wil teleurstel nie. Bowendien het die tyd vir

die sending van die mens Jesus gekom. Ek wil die hele mensdom verlos uit

die boeie van die teenstander en Ek wil ook vir hulle verlossing bring wat

reeds gesterwe het, maar nog nie My Ryk kon ingaan, voordat die groot

sondeskuld tot niet gemaak is nie, wat die aanleiding was van die bestaan

van die mense op aarde.

In hierdie mens kom Ek Self op die aarde om alle mense die heil te bring,

om hulle te bevry uit die ketting wat al vir ‘n ewige lange tyd op hulle druk

en hulle die weg na My Ryk vry te gee, in die Ryk van Ewige Vrede en

Saligheid.

Toe Ek na die aarde neerdaal, was maar weinig mense bereid om My aan te

neem, dit wil sê, slegs weinig het My erken, omdat hulle ‘n lewe van liefde

geleef het. Sodoende was die skare van My aanhangers nie baie groot nie,

ofskoon Ek voortdurend besig was om die mense tot werk in liefde aan te

spoor, met die gevolg dat hulle My dan ook kon herken as hulle God en

Vader van die Ewigheid. Die groot nood bestaan daarin dat daar onder die

mense weinig liefde was, dat hulle heeltemal vasgebind was deur hom wat

self sonder enige liefde was en as vyand teenoor My staan. Teen hom wil

Ek die stryd opneem en deur die oorwinning, die siele wat hy gebonde hou,

van hom te ontruk. Daarom leef Ek die mense ‘n lewe voor van

onselfsugtige liefde, omdat die liefde die wapen is wat Ek teen My

teenstander wil gebruik en wat die mense ook die krag sal gee om hom

teenstand te bied.

Sonder liefde behoort hulle geheel en al aan hom. Die liefde kan hy egter

nie weerstaan nie. Die liefde is die enigste wapen waarvoor hy moet wyk,

wat egter gedurende die tyd van My koms op aarde, maar net by weinig

mense te vinde was. Die liefde was dus die enigste verbinding met My,

hulle God en Vader van ewigheid en die verbinding moes tot stand gebring

word, as die mense My Woord wou verneem.

My Woord kon nie meer in hulle weerklink nie, omdat hulle, deur hulle

gebrek aan liefde, ook geen geloof meer aan ‘n God gehad het wat tot hulle

31

wil spreek nie. En daarom het Ek Self na die aarde gekom om die mense

aan te spreek, om My Wil opnuut aan hulle te verkondig, om hulle My

gebooie van die liefde opnuut te verduidelik, om hulle opnuut die Evangelie

van die Liefde te verkondig, die Goddelike leer, wat hulle tot saligheid sou

voer.

Maar Ek moes aan die mense nog ‘n groot hulp verskaf. Ek wou hulle eers

bevry van die mag wat hulle gebonde gehou het, wat hulle wil verswak het

en die mense verhinder het om My Wil te vervul. Ek wou hulle uit sy mag

verlos en kies daarvoor vir My die vorm van die mens Jesus, om in Hom ‘n

werk van liefde en barmhartigheid te volbring wat die mense bevryding sou

bring uit alle nood.

Alle mense wat van hulle pyniger bevry wou word, moes hulself aan My sy

stel; die wat egter vrywillig by hom wou bly, kon Ek geen redding bring nie.

Maar die wat hulself tot My wend, ontvang ook van My die krag om hulself

van sy kettings los te maak. Maar die verlossingswerk moes ook op

menslike wyse plaasvind, omdat die mense nie gedwing mag word in hulle

wil nie. Hulle moes heeltemal vry wees om die verlossingswerk van die

mens Jesus, in Wie Ek Myself beliggaam het, wou aanvaar of afwys.

Daarom het Ek as mens in Jesus op die aarde geleef en het die mense

voorberei op die groot offer van verlossing, wat die groot sondeskuld sou

versoen, om welke rede hulle op die aarde is.

Slegs weiniges herken My en sien in My die Redder, Christus, die sieners en

profete het dit steeds weer aangekondig. Die geestelike nood was baie

groot toe Ek na die aarde gekom het, maar die verlossingswerk was

volbring, omdat My liefde ook baie groot was en die liefde sodoende die

sondeskuld uitgedelg het, deurdat Hy Homself opgeoffer het aan die kruis.

En hierdie Liefde sal steeds weer probeer om die mense hulp te bied wat

tot nog toe geen verlossing gevind het nie; wat nog nie gebruik gemaak het

van die barmhartigheid van die verlossingswerk nie en daarom nog steeds

in die nette van die vyand smag en hulself nooit sonder hulp kan bevry nie.

Wat Ek egter nie sal opgee nie, maar steeds tegemoet tree en hulle dan

wys op die verlossingswerk van die mens Jesus. Op Hom, wat as mens

kragtens Sy liefde, die nood van Sy medemens besef het en wat op grond

van Sy liefde die offer gebring het om onder onmeetlike kwellinge te sterwe

aan die kruis. En Ek sal ook steeds weer tot die mense kom en aan hulle

die groot werk van liefde en erbarming verkondig deur Jesus, wat Myself

opgeneem het, wat Homself heeltemal verenig met My deur die liefde en

wat vir julle almal tot Redder en Verlosser geword het van sonde en dood.

Amen

32

Die bereiking van kindskap van God is slegs op

hierdie aarde moontlik

6955 26 Oktober 1957

Slegs op aarde is dit moontlik vir julle om die hoogste graad van

volmaaktheid te bereik, sodat julle as ware kinders van God die opperste

geluk kan binnengaan. Die aarde is die plek van onderrig vir die geestelike

wese wat die grootste eise aan die mens stel. Alle plekke van onderrig in

die hele heelal dien om die siele tot volwassenheid te laat groei en dit kan

hulle ook help om onmeetlike geluksaligheid te bereik, maar slegs die lewe

op aarde kan die wese help om kindskap van God te bereik, ‘n graad van

geluk wat ‘n direkte toevloei van krag en lig wys, uiterste nabyheid aan die

hemelse Vader en wat die aanskouing van aangesig tot aangesig van Hom

in alle glorie beteken. Daar is soveel verskillende grade van geluksaligheid

in die koninkryk van lig en dit beteken reeds geluk en geluksaligheid as hy

slegs toelating vind in die koninkryk van lig. Maar die graad van

geluksaligheid kan voortdurend groei, die konsep kan nie maklik aan julle

mense verduidelik word nie solank julle denke nog beperk is, solank julle

nog op aarde leef. Maar julle kan nietemin opgelei word om na die hoogste

doel te streef wat deur julle lewe op aarde bereik kan word. Julle moet

weet en glo dat God julle op hierdie aarde beliggaam het juis omdat Hy ‘n

onbegryplike pragtige lot vir julle wil voorberei, maar wat julle vir julself

moet verwerf, wat hy julle nie net kan gee nie, maar Hy voorsien julle van

alle moontlikhede om daarvoor te sorg dat julle die doel kan bereik.

Die siele wat die weg oor hierdie aarde gaan het reeds uit die diepste

diepte gestyg, hulle laat reeds ‘n verskriklike weg van lyding agter hulle dat

hulle reeds voldoende voorberei is om die laaste kort weg nog te gaan,

maar juis hierdie laaste tyd van proef is gevaarlik, want na die oneindig

lang tyd van uiterste pynlike gebondenheid ontdek hulle nou ‘n sekere

mate van vryheid en kan dit maklik misbruik. Veral is hierdie aarde ‘n plek

van verleiding, omdat die beliggaamde siele op hierdie aarde die lojaalste

aanhangers van die teenstander van God was, wat hy nie wil laat los nie en

hy voortdurend die siele beïnvloed wat na volmaaktheid streef. Maar as

hierdie mees lojale aanhangers van die oorspronklike gevalle Gees, hulle

van sy gevangenis kan losmaak, dan wag ‘n werklike pragtige lot op hulle,

want dan het die verandering van ‘n lewende skepping van God tot kind

van God plaasgevind, maar dit verg ook volle toewyding aan God, ‘n totale

verandering van hul aard, ‘n omvorming in ‘n hoë graad van liefde. Daarom

die uiters moeilike en treurige aardse lewe, as dit tot die doel moet lei.

Maar slegs weinig mense sal hierdie hoë graad van volmaaktheid bereik,

nietemin, die weg oor die aarde is van hoër waarde vir God as ‘n weg oor

ander plekke van ontwikkeling wat makliker omstandighede vir die wesens

bied maar hulle ook geluk en geluksaligheid verleen solank hulle die take

vervul wat van hulle vereis word in al hierdie skole van Goddelike liefde.

33

Alle siele sal weer terugkeer en hul geluksaligheid bestaan daarin dat daar

geen einde is nie, dat die wesens voortdurend daarna sal streef om

vervulling te ontvang, dat die geluksaligheid ook vir ewig meer sal word,

wat God aan hulle gee wat Hom nader. Nietemin, weet die mense op aarde

nie wat hulle deur hul aardse lewe kan bereik nie. Hulle weet nie dat hulle

oor tallose tussen stadiums kan gaan, dat dit vir hulle moontlik is om ‘n

plek in die hart van die Vader te kry wat hulle ewig vir die moeilike aardse

lot sal kompenseer, vir ‘n lewe op aarde wat vir hulle byna ondraaglik lyk.

Daarom het God Homself as mens op aarde beliggaam om aan die mense

te wys welke soort lewe sou ‘n persoon moet leef om die hoogste doel te

bereik. Hy het aan hulle getoon dat dit moontlik is om die siel so te

vergeestelik deur liefde en lyding, dat dit tenvolle kan een word met God,

om so vir altyd onbeskryflik gelukkig in totale eenheid met die Vader te

wees en te bly. Amen

Die regte weg word aan die mense getoon

6958 31 Oktober 1957

Ek kan altyd ‘n lig vir julle aansteek en die weg verlig, maar julle moet die

weg self gaan in julle vrye wil. Ek kan julle wel My begeleiding aanbied,

maar, Ek sal dit nie aan julle opdring nie, juis omdat Ek julle nie dwing nie,

maar julle moet julleself by My aansluit en My vra dat Ek dan as julle

Begeleier onderweg steeds aan julle sy mag wees. Dan eers kan julle nie

verkeerd gaan nie.

Van My kant word waarlik alles gedoen om aan julle die opwaarts gaan, die

weg tot My, moontlik te maak. Maar tog word julle nog die vryheid gelaat

om na eie goeddunke te wil en te handel. Daarom faal so baie mense egter,

omdat hulle hul vryheid misbruik, terwyl hulle weerspannige wil nie

gebreek word nie. Op aarde kan julle die mense wel tot gehoorsaamheid

dwing en julle kan ook julle mag aanwend waar julle dink dat onregverdige

weerstand gebied word. Maar My heilsplan van ewigheid sluit elke gebruik

van mag uit, waar dit gaan om die terugwin van die geestelike. Want wat

Ek as laaste doel wil bereik, kan slegs die vrye wil van die wese

bewerkstellig.

En hierdie doel sal My liefde onophoudelik nastreef en sal ook die ware

middele vind om die wil van die geestelike op Hom te rig, sodat hulle nou

weer vrywillig die weg gaan wat terugvoer na die Vaderhuis. Die liefde

bereik baie en elke invloed wat ‘n liefhebbende wese uitoefen op ‘n

geestelike wat nog besluiteloos is, kan suksesvol wees en kan daarenteen

moeilike terrein wen as die wese homself nog tot My teenstander

aangetrokke voel.

Maar die wil van die mens word gerespekteer en daar word onafgebroke

getrag om hulle te wen. Aan die mense word steeds weer die weg getoon,

dus ‘n lig ontsteek. Steeds weer word die mense met My Woord vertroud

34

gemaak dat as die Lig van Bo helder en duidelik aan die mens sy aardse

doel voor oë stel en in sy helder skynsel hom die kruis van die Goddelike

Verlosser laat sien.

En as die blik van die mens eenmaal op hierdie verligte weg val, dan kan sy

wil ook beslis of hy hierdie weg sal inslaan en homself na die kruis begewe.

Hierdie weg moet elke mens self gaan. Dit het geen nut om dit wel te sien,

maar nie ook te betree nie. Dit help dus niks om kennis te neem van My

Woord of van die werk van verlossing deur Jesus nie, want dit is nodig om

die weg te gaan wat na die kruis van Golgota voer. My Woord moet kan

opbloei, lewe, soos dit deur die mens Jesus op aarde ten volle ontplooi was,

dan word ook die weg gegaan wat julle getoon word in helder lig. En so

mag geen mens glo dat dit om te ewe is welke weg hy gaan nie, geen mens

mag glo om op sy weg dieselfde doel te bereik nie. En ook mag geen mens

glo om sonder die ware leiding te kan gaan nie, want dan sal sy weg hom

onvermydelik na die diepte voer vanwaar hy gekom het en waaruit My

liefde hom reeds omhoog gehelp het.

Hy moet homself aan Myself toevertrou en om My leiding vra. Eers moet hy

die weg bekyk wat hy in ‘n helder ligskynsel belig vir homself sien en hy

mag nie terugdeins as hy die kruis daarop sien wat hom laat sien dat hy

deur leed moet gaan nie.

Hy moet steeds aan die heerlike doel dink wat slegs op hierdie weg bereik

kan word en hy moet steeds, as hy hierdie weg wil gaan, My om krag bid

en homself aan My leiding toevertrou.

En hy sal dan waarlik die weg omhoog kan aflê, omdat ek hom altyd so lei

dat hy by alle gevaarlike klippe verbygaan, dat hy elke hindernis maklik

kan oorwin en die hoogte sonder moeite kan beklim. Want Ek sal hom

steeds van krag voorsien, sodat hy nie vermoeid sal raak nie, al lyk die weg

vir hom hoe steil. Maar alleen sal hy nooit die doel bereik nie, want sodra

hy alleen gaan, sal ‘n ander hom spoedig vergesel, wat hom baie vinnig

weer van die ware weg sal aflei na die diepte. Maar My liefde sal julle bly

volg, want My liefde gee geeneen van My skepsele op nie. Amen

Denkvermoë beteken nie die produseer van

gedagtes nie

6963 7 November 1957

Julle kan onmoontlik nie self in julle gedagtes produseer nie, maar julle kan

die gedagtes wat julle toestroom opneem en verwerk. Want die gedagte is

‘n geestelike uitstraling van krag, wat julle sal begryp as julle daaraan dink

dat julle wel die vermoë het om na te dink oor dit wat julle op een of ander

wyse bygebring word, maar dat julle egter nie sal nadink oor iets wat vir

julle geheel onbekend is nie voordat ‘n gedagtestraal julle getref het, wat

egter nie van julleself kan uitgaan nie.

35

So het elke mens die moontlikheid om in homself ook geheel onbekende

probleme te bestudeer, as hy die gedagtestrome in hom laat binnenvloei

wat hom uit die geesteryk tref, wat egter nooit die bewys is dat hy self die

“verwekker" is van hierdie gedagtes nie.

Toe Ek julle in die lewe geroep het, toe Ek julle as selfstandige wesens

buite My geplaas het, bring Ek ook ‘n verbinding tot stand tussen My en

julle wat daarin bestaan, dat Ek julle aanspreek en julle My kon antwoord.

En om aangespreek te word kon julle voel en ook hoor. Die gewaarwording,

die innerlike gevoel, was die gedagte wat julle hoorbaar vir julle as woord

verneem het.

Julle kon julle egter nou op hierdie gedagte of woord deur julle denkvermoë

instel en dit ooreenkomstig julle wil beantwoord, of dit eiemagtig verder

verwerk, dit vorm of gestalte gee volgens julle wil. Julle kan m.a.w. die

gedagte na elke rigting verder ontwikkel, julle kan die gedagte as waar of

verkeerd beoordeel.

En dit is die denkvermoë wat Ek julle as geskape wesens gegee het om met

julle ‘n gedagtewisseling te kan onderhou, weer volgens julle wil. Dog voor

alles moet daar iets wees, dan eers kan julle julself daarmee besig hou. En

die Oergrond van alles wat bestaan is Ekself.

Alles gaan van My uit, ongeag of dit die lewe is van ‘n verganklik wese of

die geluksaligheid van die hoogste geeste. En so ook gaan die woord van

My uit wat vereers as gedagte in die mens opduik, maar nou in vrye wil

deur die mens opgeneem moet word. Dan kan hy hom daarmee besighou

en gebruik daarvan maak volgens sy wil.

Dus, die dink d.m.v. die verstand kan geen gedagtes verwek nie, maar dit

kan die gedagtegolwe wat die mens omsirkel uitkies en opneem. Die

verstand kan die, hom toestromende gedagtegolwe weg dring of opneem

en dit is maklik te begryp as julle dit vergelyk met die prinsiepe van stuur

en ontvang, waarop julle die radiotegniek ontwikkel het.

Van ‘n hoër Wil of Wese gaan die straling uit, dit kan deur elke wese

opgevang word, maar dit vind deur geweld geen ingang as die wese wat in

staat is om hierdie straling op te vang, homself afwerend daarteenoor

opstel nie. En omdat die wil van die wese dit bepaal, word getrag om die

wil te beïnvloed vanuit goeie sowel as vanuit die bose kant.

Julle kan weet dat julle steeds omring word deur gedagtegolwe van elke

aard, van sulke wat van My uitgaan en wat julle gestuur word deur die in

My Wil werkende ligwêreld, maar ook deur sulke wat wel oorspronklik van

My uitgegaan het, maar tog deur die wil van die mag wat My weerstreef en

sy denkvermoë op vyandige wyse omvorm en julle nou ook deur hierdie

mag gestuur word om weer julle wil op die proef te stel, wat hierdie

gedagtegolwe kan aanneem maar ook afwys.

En so kan julle ook aan die gedagtegolwe uit die ligwêreld kragtens julle

vrye wil ‘n verkeerde betekenis toeken, d.w.s. julle denkvermoë kan dit ook

negatief teenoor hierdie gedagtes opstel as julle julself aan die teenstander

36

uitlewer, deurdat julle, julleself van My isoleer. Dog die ligwesens sal julle

nooit opgee nie, hulle sal steeds probeer om op julle in te werk, maar hulle

kan julle nie hinder as julle, julleself aan die kant van My teenstander plaas

nie.

Kon julle egter die gedagte wat julle uit die ligwêreld gestuur word geen

ander rigting gee nie, dan besit julle ook geen vrye wil nie. Julle was dan

na regte gedwing om reg te dink en daardeur sou daar geen dwaling in die

wêreld kan bestaan nie. Julle moet dus julle denkvermoë aanwend, julle

moet julle op die een of ander manier instel op dit wat as gedagtegolwe

julle vir die oomblik aanraak.

En dit laat julle glo dat julleself “verwekker” van die gedagte is. Dan sou

julle denke egter baie beperk wees. Dit sou steeds om dieselfde draai, om

dit wat julle oë kan sien en julle hande vashou, omdat julleself ook

liggaamlik begrens is.

Wat egter in julle onbegrensd is - julle siele - dit staan ook in verbinding

met My en ontvang van My voortdurend die bewys van sy verbondenheid

met My. Maar hy kan ook dit wat hom van My toestroom vry verwerk na sy

wil. Om welke rede dus die mens self uit die aan hom gestuurde gedagtes

op grond van sy denkvermoë kan maak wat hy wil, dus kan hy ook reg of

verkeerd dink.

En die waarborg vir die regte denke bied Ek homself aan, as hy hom maar

bewus met My in verbinding stel. Doen hy dit nie, dan staan hy onder die

invloed van My teenstander en dan seëvier die duisternis oor die lig en alles

wat die mens dan onderneem in hierdie afhankelikheid van hom, sal

verkeerd wees en teenstrydig aan My Goddelike orde. Amen

Die geloof in Jesus Christus is in gevaar

6969 15 November 1957

Die geloof in Jesus Christus en Sy verlossingswerk word steeds minder, hoe

nader die einde kom. Die aktiwiteit van God se teenstander is slegs daarop

gerig om die mense ver van die Goddelike Verlosser af te hou, om te

verhinder dat hulle Hom aanroep; want dan het die teenstander die reg op

hierdie siele verloor, omdat Jesus Christus Hom dan Self tussen Hom en die

mens stel, wat Hom om hulp aanroep.

En so is in die tyd van die einde duidelik te bemerk, dat van alle kante

opgetree word teen die geloof in Jesus Christus. Dit word alles gedoen om

‘n einde te maak aan die kennis oor Hom en Sy verlossingswerk. Dit sal wel

nie heeltemal slaag nie, want ook die werk van God is duidelik sigbaar, wat

steeds weer deur Sy woord laat getuig oor Jesus Christus. Maar die

teenstander van God sal baie onheil onder die mense aanrig en hy sal ook

vir geen middel terugdeins om sy doel te bereik nie.

En omdat die mense weinig liefde beoefen, omdat die liefde onder hulle

verkoel het; is dit vir die teenstander van God ook maklik om die geloof in

37

Jesus Christus te vernietig. Want waar die geloof nog swak is, daar is dit

nog nie lewend genoeg om gevrywaar te wees teen die versoekinge van die

teenstander nie.

Die mense wat sonder liefde lewe gee in, omdat hulle gees verduister is en

daarom het die teenstander ‘n maklike spel. Hy gebruik ongehoorde

middele en gaan die bevoegdheid wat aan hom toegestaan is, te bowe.

Want al doen hy ook alles om die mense tot ‘n val te bring, sonder om deur

God gehinder te word, vanweë die vrye wilsbesluit van die mense, daarom

het hy nog nie die reg om die mense die bring van alle kennis oor God, wat

in Jesus Christus, wat Hom op aarde beliggaam het om die mense te

verlos, teen te gaan nie. Waar twee teenstanders mekaar bestry, waar

mense moet beslis vir die een of die ander mag, moet hulle sowel van

beide magte, hulle aard en werking asook van beide hulle doelstellings op

hoogte wees, omdat ‘n vrye wilsbeslissing andersins nie moontlik sou

gewees het nie.

Daarom sal God se teenstander nie lank meer sy misdadige praktyke op die

aarde mag uitoefen nie, want Hy wat magtiger is as hy, aan Wie alle kragte

van die Hemel en die aarde moet gehoorsaam, sal aan sy aktiwiteite paal

en perk stel, omdat hy sy bevoegdheid oorskry het. En daarom is dit in die

tyd van die einde so besonder belangrik, om die mense die kennis oor die

Goddelike Verlosser Jesus Christus te verskaf. Almal wat God wil dien, moet

hierdie opdrag as dringend beskou, hulle moet die aktiwiteite van Sy

teenstander teenwerk. Hulle moet die mense die boodskap bring van die

Een, tot Wie hulle hulself moet wend, wil hulle nie in die hande van hulle

vyand en veroorsaker van hulle ondergang val nie. Want hy wil die mense

nie wen om hulle gelukkig te maak nie, hy wil hulle van God afvallig maak,

sodat hy nie sy aanhang waarin hy sy hele mag sien, verloor nie. Dit is ‘n

troostelose toestand op hierdie wêreld en daar is nog maar weinig mense

wie se geloof in die Goddelike Verlosser nog lewend is. Die meeste spreek

slegs dooie woorde sonder gees en lewe, wanneer hulle hulself teenoor

hulle medemens as Christene voordoen. Hulle het egter geen lewende

verbinding met Hom nie en is daarom ook nie verlos nie. Hulle word die

slagoffer van die teenstander, sodra dit om ‘n ernstige beslissing gaan, vir

of teen Christus, want dit sal geëis word. Want ook dit bring die

teenstander teweeg, dat hy die mense wat aan hom gebonde is, sal aanhits

om meedoënloos op te tree teen almal wat gelowig is.

En dan sal hulle openlik voor die wêreld moet beken hoe hulle teenoor hulle

Heiland en Verlosser staan. Hulle sal geen keuse meer hê nie en daar sal

maar baie min wees wat standhou en wat homself met ‘n lewende geloof

tot Hom sal wend om hulp. Maar die mense is self skuldig wat in hierdie

laaste beslissing faal. Want die kennis oor Jesus Christus word hulle almal

bygebring en die Goddelike leer van die liefde is ook aan geen mens

onbekend nie. En sou hulle maar net hierdie leer van die liefde aanneem en

uitdra, dan sou ook hulle geloof gewek of versterk word en hulle sou dan

38

nie sonder krag wees om teenstand te bied nie. Nogtans is die wil van elke

mens vry en daarmee ooreenstemmend dra hy ook die gevolge. Amen

Stilte vóór die storm - ‘n bedrieglike vrede

6970 16 November 1957

Bedrieg julleself nie deur te glo dat julle ‘n vreedsame tyd tegemoet gaan

nie, want dit is die stilte voor die storm. Vinniger as wat julle dink sal die

aangesig verander van hulle wat van vrede spreek, maar wat nou reeds die

vuur onder die volke van hierdie aarde aanwakker. Die rus is vir julle

gevaarlik omdat julle daardeur alleen maar onverskillig word en julle aardse

bestaan nog slegs vir wêreldse belange gebruik.

Daarom skud Ek die mense steeds weer uit hulle rus op om hulle wakker te

hou en daar sal daarom ook nog baie gebeur waarby die blik van die mense

steeds weer gerig sal word op rampe en katastrofes van allerlei aard. Hulle

sal naas die skynbare opbouende wêreldlike welstand ook hulle deel moet

kry van die gebeurtenisse waarby die krag van die mense nie toereikend is

om dit te verhinder nie. Hulle moet leer om in te sien dat geen mens veilig

is vir die slag van die noodlot nie, al lyk die aardse lewe hoe seker.

Julle mag julleself nie laat bedrieg deur die wêreldsituasie wat skynbaar tot

bedaring gebring is nie, want dit is almal bedrieglike verskynsels. Dit kan

vir julle ‘n slegte ontwaking beteken as julle julself oorgee aan hierdie rus

en op elke vermaning wat na die einde verwys, geen ag slaan nie.

Die ommekeer sal plotseling kom en dan moet julle almal voorbereid wees.

Julle kan nou al baie tekens van die einde nagaan, maar die teenstander sal

daarvoor sorg dat hy julle "sand in die oë” sal strooi. Hy wil beslis nie dat

julle aan ‘n einde glo en julle ernstig besin en verander nie, daarom laat

ook hy julle deur sy dienare glo dat julle ‘n nuwe en heerlike tyd tegemoet

gaan, in vreugde en vrede. En hy sal ook slaag, want julle sal eerder dit glo

wat julleself kan nagaan, as dit wat verkondig word uitgaande van die

geesteryk. Bowendien wil julle veel eerder glo aan ‘n mooi toekoms as aan

‘n einde van hierdie aarde.

Maar Ek hou nie op om julle te waarsku en te vermaan nie, want dit gaan

nie net oor die paar jaar van julle aardse bestaan nie, maar oor die

ewigheid. My vermanings sal steeds dringender word hoe duideliker ‘n

skynbare rus homself oor die aarde sal uitbrei, hoe meer julle julself met ‘n

skynbare vrede vertroud maak en julle goeie voornemens vergeet, toe julle

onder die indruk was van die komende einde.

Deur die aardsgesinde wêreld sal My teenstander nog eens sy “vangarms"

uitstrek na julle en dit sal ‘n groot geloofsterkte vereis om nie in sy kloue te

beland nie. Juis daarom maak Ek julle weer bewus van wat julle te wagte

is. Laat julle julself dus nie mislei nie, want My Woord is Waarheid en sal

ook vervul word. My woord verkondig aan julle ‘n naderende einde waar ‘n

duidelike ingryping van My dit sal voorafgaan, ‘n natuurkatastrofe van so ‘n

39

groot omvang dat dit die vredeliewende mense baie sal verras. Maar hulle

kan selfs dan nog omkeer en die kort weg tot die einde aflê in ‘n gedurige

strewe na voltooiing. Hierdie katastrofe sal tallose menselewens eis en hoe

weet julle of julle nie dalk één van hulle sal wees nie? Of dit vir julle dan

nie te laat sal wees wanneer julle in onverskilligheid en hoop op die

toekoms sal verlore gaan nie en julle laat verblind deur die vors van hierdie

wêreld?

Dink dus steeds aan My woorde as julle hoor van berigte oor die plotselinge

sterwe van mense, van noodlottige toestande en droewige gebeurtenisse

van allerlei aard. Want daardeur wil Ek elkeen waarsku teen ‘n plotselinge

einde. Ek wil julle oë rig op die Mag wat alles kan verwoes waar julle op

gebou het en wat al julle planne te gronde kan rig. Verbind julle meer met

hierdie Mag en vind die weg tot My, vertrou julle toe aan My en bid tot My

vir die korrekte leiding, om beskutting en erbarming en geloof, dat daar

alleen vrede kan wees wanneer julle julself verbind met My, dat julle

bedrieg word wanneer ‘n aardse vrede aan julle verseker word. Want die

mensdom leef nie meer so dat hul bestaan vol vrede kan wees nie, hulle

streef nie na geestelike ontwikkeling nie en het daarom ook die reg verloor

om op hierdie aarde te mag lewe. Amen

Die heilsplan van God - Oersonde - Adam se val -

Verlossing

6973 20 November 1957

Die werk van verlossing word begin met die ontstaan van die skeppinge in

die heelal en dit word begin met die binding van verharde geestelike

substansie in ‘n vorm, dus met die ontstaan van materiële vorming wat vir

eers self in hul substansie geestelik was en vervolgens ook geestelike

substansies in hulle bevat wat al ‘n sekere ontwikkelingsgang afgelê het.

Die eens van God afgevalle geeste het hulle so ver van Hom verwyder dat

die krag van God hulle nie meer kon aanraak nie en word daardeur

onbeweeglik en star, hulle verhard hulself. En gevolglik was hulle in besit

van die teenstander van God en hy sal nooit sy gesteldheid wil verander

nie.

Die plan van God bestaan egter daarin, om die verharde geeste ‘n

moontlikheid te gee om ’n heerlikheid te bereik wat die vroeëre

geluksaligheid ver oortref. God wil uit Sy “skepsele”, "kinders" vorm, ‘n

werk wat die skepsel egter self moet volbring. Die geskapene wat in vrye

wil in opstand teen God gekom het en daarom eindeloos diep gevalle is, het

die moontlikheid, dat hy weer kan groei na volwassenheid en in volledige

vrye wil dan die werk van die vergoddeliking tot stand kan bring.

Maar uit die diepste diepte moet hy opgehef word, omdat hy self nie in

staat was om tot bo te klim nie, omdat hy nie die krag daartoe besit nie.

Daar verleen God hom die hulp deurdat Hy die skepping laat ontstaan, dat

40

Hy die verharde geestelike substansie deur Sy Wil vorm tot skeppinge van

die mees uiteenlopende aard. En met die skeppinge begin sodoende die

verlossing oftewel die terugvoering van die geestelike na God. ‘n Opstyging

tot ‘n sekere graad was vir die gevallene versekerd omdat die goddelike Wil

in die skeppingsplan beslissend is en Gods teenstander geen enkele invloed

het op die geestelike wat in die skeppinge gebonde is nie.

So sou ook die verdere vooruitgang as mens verseker gewees het, as die

eerste mense getrou na Gods ligte gebooie sou geleef het en teen die

versoekings van die teenstander van God weerstand gebied het, waartoe

die eerste mense, Adam en Eva ook die nodige krag gehad het. Maar

omdat hulle die reg gehad het om hul vrye wil te gebruik en hulle deur die

teenstander laat mislei het, faal hulle en maak nou die verlossingswerk vir

die hele mensheid heel wat moeiliker as wat dit sou wees met die regte

gebruik van hul wil.

Die mense wat na hulle kom was nou aansienlik verswak deur die sonde

van die eerste mense, die teenstander van God het ‘n groot werk volbring:

hy bring die laaste doel van die mense “die eens gevalle oergeeste” om

vergoddeliking te kan bereik, in gevaar.

En daarom bring God hul weer hulp. Hy stuur Sy Seun na die aarde, d.w.s.

‘n hoogste Ligwese aanvaar die weg oor die aarde om as mens die

voorwaarde te vervul wat die eerste mense nie kon doen nie en skipbreuk

gelei het. Die “Mens” wil daardeur alle mense uit hul toestand van swakheid

bevry. Hy wil dit weer vir hulle moontlik maak om vergoddeliking te bereik.

Dit was die mens JESUS in Wie die goddelike LIEFDE Self Sy intrek geneem

het - die Vader - Wat sy kinders wil help, om vry te word van die

teenstander sodat hulle na Hom kan terug keer. Hy stuur Sy Seun na die

aarde, ‘n Wese, Wat ook uit Sy skeppende Krag voortgekom het en wat ‘n

menslike omhulsel moes betrek om eers vir die ewige GEES van God tot

Vat(houer) te kon word, Wat in die menslike vorm Sy skepsele verlossing

wil bring.

Weer bly egter die vrye wil van die mens die deurslaggewende. Want nou

moet hulle ook in die goddelike Verlosser Jesus Christus glo en Sy

verlossende hulp aanneem, as hulle hul doel wil bereik, die verenging met

God en kindskap van God, wat ‘n staat van die hoogste volmaaktheid en

hoogste geluksaligheid is. Al die gevallene’s kan dit bereik, omdat deur die

verlossingswerk van die mens Jesus bewys gelewer is, dat die wil van die

mens weerstand kan bied teen sy teenstander en doodsvyand, dat die krag

om te weerstaan die liefde is, wat elke mens in hom kan ontsteek.

En elke mens hoef slegs die bystand van die goddelike Verlosser te vrae om

dan ook as oorwinnaar van die dood te voorskyn te kom, om die lewe te

bereik wat alleen in die vereniging met God te vinde is en dit ook die vry

word van God’s teenstander bewys, wat hom steeds maar inspan om al die

geestelike in die diepte - in ‘n toestand van dood - te hou.

41

Verlossing beteken dus die vry word van hom wat die dood in die wêreld

gebring het, verlossing beteken die aanneming van die hulp van Jesus

Christus, want sonder Hom is die mens verswak as gevolg van die oersonde

en die sonde van sy stamouers, wat gedelg word deur die dood van Jesus

Christus aan die kruis. Amen

Die wilsvryheid skakel bewys om te glo uit

6976 25 November 1957

Geen mens kan gedwing word om te glo nie, om welke rede dit onmoontlik

is dat Goddelike openbaringe so gegee word dat daar nie aan getwyfel kan

word nie. Maar dit is as Goddelike openbaringe te herken deur hom, wat die

ernstige wil het om verlig te word, wat hom dus geheel onvoorbeoordeeld

wat dit betref instel en opreg ondersoek. Word die mense egter ‘n

onweerlegbare bewys gegee dat hulle deur God Self aangespreek word,

dan sou ook hul denke en wil deur die bewys bepaal word, dus ‘n vrye

wilsbeslissing uitskakel, wat egter die sin en doel van die aardse lewe is.

Dit sou waarlik vir God nie moeilik wees om die mense so aan te spreek dat

hulle Sy bestaan nie meer sou kan betwyfel nie, maar dan sou die

doelstelling van die lewe nagelaat wees, want die vergoddeliking van die

geskape wese is ‘n daad van die vrye wil, daarom moet dit onaangetas bly

en sluit dit om die rede ‘n absolute bewys uit. Maar tog is dit vir alle mense

moontlik om hulself die innerlike oortuiging te verskaf, want sodra sy wil

aanvanklik vir God gekies het, deurdat hy bewus met Hom in kontak wil

tree, gee God homself blyke van Sy Liefde, Wysheid en Almag. Hy

openbaar Hom dan Self aan hom op ‘n wyse dat hy nie meer kan twyfel nie

en gelukkig is met die insig verkry.

Die genade van Gods openbaringe val alle mense ten deel, dog nie alle

mense gebruik dit om tot insig te kom nie. Die skepping self is reeds ‘n

openbaring van God en dit alleen kan die mens al as ‘n lewende bewys

dien, dit sal hom kan oortuig van ‘n ewige skeppende Gees, wat Hom deur

hierdie skepping openbaar. Maar ook die skepping mag geen dwingende

bewys wees om te glo nie. Daarom kan die mens ook die ontstaan van die

skepping op ‘n ander maniere probeer fundeer, wat hy ook sal doen

kragtens sy vrye wil as hy homself isoleer van God deur ‘n weerspannige

wil en ‘n innerlik wat teen God gerig is.

Hierdie mens kan dus nie glo nie omdat hy nie wil glo nie. En om so iemand

‘n onweerlegbare bewys te gee sou sy wil alleen maar dwang oplê en geloof

so verkry sou dan heeltemal doelloos wees. En daarom sal daar in die

wêreld, d.w.s. onder die mense van hierdie aarde steeds verskillende

menings wees, omdat die mense nie almal van gelyke wil is nie en almal

nie die genade van dit wat na hulle toestroom op dieselfde manier gebruik

nie.

42

Maar vir elkeen persoonlik bestaan daar die moontlikheid om hom eenmaal

ernstig besig te hou met gedagtes aan ‘n Mag, met wie hy self in verbinding

staan deur die toevoer van krag, wat hom aan die lewe hou. Die

moontlikheid bestaan dat hy ‘n vergelyking trek tussen homself en die deur

hom gemaakte dinge; tussen homself en Hom Wie hom laat ontstaan het.

Hy kan dan tot die insig kom dat ‘n “God" nie te verloon is wat alles

geskape het en dat sy eie bestaan aan hom hierdie God bewys.

En dan kan hy ook verder voortbou op hierdie oortuiging en nou ook die

openbaringe van God vir moontlik hou en sy lewe ook ooreenkomstig

hierdie openbaringe lei, wat hom ook ‘n steeds duideliker insig sal oplewer

en so ook ‘n geloof vry van twyfel ook sonder bewys.

Die wil van die mens mag dus nie aangetas word nie, as die weg oor die

aarde hom sukses moet oplewer, dat hy hom vergoddelik en as ‘n vry wese

van hierdie aarde kan heengaan. Maar die wil moet aangespoor word om in

die goeie rigting te beweeg en dit geskied deur genade, deur noodlottige

gebeurtenisse, deur besondere belewenisse, deur die samenbring van

mense met verskillende denkrigtings en van tyd tot tyd ook deur die gee

van Goddelike openbaringe.

En stel die mens hom nie duidelik weerspannig op teenoor hierdie genade

nie, dan kan dit ook ‘n positiewe uitwerking hê en dan is so die

moontlikheid gegee dat die wil verander, dat die mens nie alles afwys wat

hom ongeloofwaardig lyk nie, dat dus sy gedagtes hom daarmee besighou

en met ‘n goeie wil ook reg gelei kan word, sonder dwang.

Die mens moet maar een ding insien: dat hy swak en nietig is en nie met

sy verstand alleen alles kan deurgrond nie. Die gevoel van eie swakheid en

gebrek aan kennis en insig kan hom dryf na die Mag, wat hy as bo hom

staande nou nie meer kan verloon nie.

Wie homself egter wys waan, wie sy verstand te hoog aanslaan, sal nooit

tot waarheid en wysheid kom nie. Want hy verleen die krag wat hom wil

deurstroom geen toegang nie, omdat hy homself van dit isoleer. In vrye wil

moet die mens hom aan hierdie Mag onderwerp, dan eers sal hy insien hoe

hy self teenoor hierdie Mag staan en hy sal weet wat hy is, wat hy was en

wat hy weer moet word. Amen

Geskeide wêrelde - Verskillende hemelliggame

6977 27 November 1957

In die heelal sirkel ontelbare hemelliggame wat julle mense nie kan sien

nie, wat almal uit die krag van die liefde van God voortgekom het, dit wil

sê, wat in hulle substansie eens uitgestraalde goddelike liefdeskrag was,

wat egter oorspronklik ‘n ander bestemming gehad het. Want hierdie

uitgestraalde liefdeskrag was wesens wat volgens die Wil van God

werksaam moes gewees het, wat hulself egter nie by hulle eintlike

bestemming gehou het nie en hulle krag, wat hulle vanuit hulself gehad

43

het, benut het in ‘n wil wat teen God gerig was. Hierdie wesens het hulself

dus misvorm tot skepsele met ‘n geaardheid wat heeltemal teen God

ingegaan het en kon in hulle misvorming nie bly bestaan nie, omdat dit in

stryd was met die goddelike ordening.

Daarom het God hierdie skepsele ‘n ander vorm gegee. Hy het hulle in

ontelbare nietige kragvonkies opgelos en Hy het nuwe skeppings daaruit

laat ontstaan van die mees verskillende aard. Dit wat eens hulself bewuste

geskape wesens geword het, was nou aanvanklik starre maaksels, wat God

die uiteenlopendste vorme en die grootste verskeidenheid in bestemming

gegee het, gebind aan ‘n doel. Hy het die krag, wat eens deur Hom

uitgestraal was, in spesiaal daarvoor geskape vorme versamel. Hy het

kragtens Sy Wil, ontelbare wêrelde geskep wat eintlik almal dieselfde is,

naamlik omvormde geestelike wesens, wat egter hulle oorspronklike vorm

moes terugkry, maar daarom, veral nog vanuit die goddelike Wil opgelê,

mekaar moet dien.

Al hierdie wêrelde staan in soverre met mekaar in verband, dat hulle

dieselfde skeppende Gees as Vader het, dat hulle almal uit dieselfde Mag

voortgekom het en almal ook as uiteindelike doel weer die vereniging met

hierdie skeppende Gees het. Een Wil regeer al hierdie wêrelde en één Krag

behou hulle. Maar tog is dit verskillende wêrelde wat van mekaar geskei is

en geeneen van die wêrelde kan met ‘n ander in noue kontak tree nie, want

die basissubstansies van elke wêreld is apart en is in ooreenstemming

daarmee versamel en hierdie basissubstansies bestaan uit dit wat min of

meer aan God weerspannig geword het en het daarom ook die mees

verskillende op sigself staande skeppings nodig om hulself weer te formeer

en in die oertoestand binne te gaan.

Elke hemelliggaam is daarom ‘n skeppingswerk apart, alle hemelliggame is

afwykend van mekaar in basissubstansie, skepping en bestemming. Want

die Wil om vorm te gee van die ewige skeppende Gees is onbegrens, omdat

ook Sy liefde en Sy Wysheid sonder grense is. En Sy laaste doel is om alle

krag wat eens van Hom uitgestraal het, terug te wen as volmaakte kinders,

wat in gelyke wil met Hom kan skep en werk tot hulle lus en saligheid.

Die aarde is so 'n skeppingswerk wat God laat ontstaan het met die doel

dat wesens, wat deur hul eie wil misvorm geword het, na ‘n eindelose lang

tyd weer hulself kan ontvorm tot hulle oerwese. Maar slegs die aarde bied

die moontlikheid om die hoogste volmaaktheid te bereik, terwyl die ander

wêrelde deels al hoog ontwikkelde wesens herberg, deels

onderwysinrigtinge is vir sulke wesens met ‘n ‘ek’ bewussyn wat nie die

doel in die lewe op aarde bereik het nie, maar tog ‘n bepaalde graad van

volwassenheid moet verkry en ook kan verkry, om hulle eintlike

bestemming eens te kan nakom. Maar vir die bereik van die hoogste doel is

net die aarde die aangewese skeppingswerk, daarom is ‘n gang oor hierdie

aarde dan ook baie moeiliker as ‘n gang deur andere wêrelde.

44

Maar uiteindelik dien alle skeppings in die heelal maar net een doel, die

terugbring van die eens van God afgevalle geeste. En daarom sal elke

skepping ook streng afgesonderd van die ander bly, omdat die ek-bewuste

geestelike in elke wêreld in volledige wilsvryheid sy weg om homself te

ontwikkel, moet aflê, maar dat hierdie wilsvryheid dadelik in gevaar sou

wees, wanneer hy deur kontak van ek-bewuste wesens dwingende bewyse

sou voordoen vir die heilsplan van God en die vrye strewe na volmaaktheid,

vanuit homself, teengegaan sou word daardeur.

Geestelike verbindinge bestaan weliswaar en kan aangeknoop word, maar

dit oefen geen geloofsdwang uit op die ek-bewuste wesens van hierdie

aarde nie, dit kan geglo word of nie en dit sal ook slegs dan ‘n seënryke

invloed uitoefen, wanneer die wesens al ‘n sekere staat van volwassenheid

bereik het, wanneer die mense op die aarde al die doel van hulle bestaan

ingesien het en hulle hoogste doel wil bereik. Dan staan hulle al kort voor

hulle voleinding en het hulle geen bewyse nodig nie, hulle glo ook sonder

bewyse en strewe in vrye wil na hulle hereniging met God. Amen

Laaste skeiding - Die koms van Jesus

6979 29 November 1957

Daar was deur alle tye mense wat hulle aan die invloed van My teenstander

oorgegee het, maar daar was ook diegene wat ernstig na My gestreef het

en hulle aardse lewensdoel vervul het. En op die aarde sal daar altyd

mense van beide wees, solank as wat hulle vir die geestelike as verblyfplek

dien.

Altyd, voor die einde van ‘n verlossings tydperk sal die aantal mense wat

hulle aan My teenstander oorgee, die aantal mense wat na My strewe, ver

oorskry, soos in die begin van ‘n ontwikkelingstydperk egter ook die

omgekeerde die geval sal wees. Want in die begin van so ‘n tydperk, sal die

aarde slegs die mense, wat My wil heeltemal aanvaar het, op wie My

teenstander geen enkele invloed meer kan uitoefen nie, tot verblyfplek

dien.

Sodoende staan mens, in die tyd voor die einde, in verwondering dat die

aktiwiteit van My teenstander, hulle steeds meer laat sien. Daar is as te

ware op aarde diegene wat geestelik beliggaam is, wat in sy weerstand

teen My slegs weinig verswak is, ofskoon hy ook die eindelose lange weg

deur die skeppings gegaan het. En hy het dus ‘n sekere staat van

volwassenheid bereik wat ‘n beliggaming as mens toegelaat het.

En nou bestaan dus ook die moontlikheid dat hy die wilsbeproewing op

aarde deurstaan het omdat, ten spyte van die versterkte aktiwiteit van My

teenstander, Ek ook buitengewone hulp verleen en My oor die verswakte

mensdom ontferm. Maar meestal sal die weerstand in hulle opnuut na vore

kom, daarom het die teenstander ‘n maklike werk om hulle terug te wen.

Dat daar egter in die eindtyd ook besonder gelowige mense sal wees, wat

45

met alle ywer My ryk sal probeer verwerf, is ‘n bewys dat dit, ondanks die

versterkte inwerking van die teenstander, moontlik is. Maar die meeste van

die mense wat nou op aarde lewe bied My al baie lank weerstand, anders

was hulle alreeds voor hierdie tyd tot beliggaming toegelaat. Uitgesonder

hiervan is die enkele siele wat op die aarde gekom het met ‘n doel om die

mensdom in die groot geestelike nood te help.

Dit gaan dus oor die laaste skeiding, die kaf word van die koring geskei en

vooraf word alles gedoen om ‘n goeie oes te behaal. Alle siele word gehelp

om vry te word van hom, aan wie hulle reeds ewighede aan geketting was,

maar die uiteindelike beslissing lê by hulself.

Die mense kan nou al konstateer dat ‘n waarlik sataniese gees in die wêreld

heers, dat die mense ‘n prooi van hom is en gewilliglik uitvoer wat hy hulle

beveel om te doen. Die wêreld is vol duiwels en dit sal nog duideliker word

hoe nader ons aan die einde kom. Want waar daar maar ‘n mens van

swakke wil is, sluip hy binne en versterk hierdie wil op ‘n negatiewe manier,

sodat daar dinge in die wêreld gaan gebeur wat alleen net die Satan as

oorsprong kan hê.

En omdat die aantal van hulle wat hom onderdanig is, meer is, sal die stryd

teen die kleiner groepie, wat Myne is, wat My as doel het, wat aan My

getrou wil bly en sodoende aan hierdie aanvalle blootgestel is, ontbrand.

Hierdie klein groepie sal ook weet dat die tyd ten einde geloop het en sal

My wederkoms verwag, omdat die nood ondraaglik sal word waaruit Ek

hulle sal red, soos wat Ek dit aan hulle beloof het.

Die mense hou hulle maar weinig by hierdie beloftes en voorspellings

aangaande die einde. Hulle is nie meer in staat om te glo nie, omdat dit ‘n

ander tyd is waarin hulle lewe en alles wat geestelik is, lyk vir hulle

onrealisties.

Maar hulle hoef maar net ernstig op te let op die verskynsels wat elkeen

rondom homself kan ervaar of waarneem en hulle moet dan ook aan die

voorspellings en aan die gevolge wat op hierdie tyd wys, dink.

My teenstander sal in die einde groot mag hê. Dit is voorspel en dit is ook

deur alle mense te sien dat die mense onder die invloed van Satan staan,

geheel onverskillig of hulle dit wil aanneem of nie, want sy werke is

onmiskenbaar. Maar ook My arbeiders sal nagegaan moet word, want hulle

sal hulle aan Myself moet bewys: ‘n Mag wat sterker is as die ander. Ook

Ek openbaar Myself aan hulle wat hulle afsonder van die teenoorgestelde

gees, hulle wat hulle aan My oorgee en My om krag en hulp bid.

En Ek sal My sigbaar aan hulle openbaar wanneer die dag kom dat Ek die

bokke van die skape sal skei, wanneer Ek My teenstander en sy aanhang

saam met hom, sal bind. As Ek diegene wat Myne is, sal red uit hulle nood

en hulle lewende wegneem van hierdie aarde, sodat hulle My MAG en

HEERLIKHEID kan ondervind, getrou aan My belofte. Amen

46

Die geestelike missie van Jesus

6985 5 Desember 1957

Wanneer julle die hoë geestelike missie van Jesus ingesien het, dan word

vir julle ook begryplik waarom van die Goddelike Verlosser onophoudelik

melding gemaak moet word. Want eers wanneer die mens vry sal wees van

sy oerskuld, is ‘n opstyging na die stralende hoogtes vir hom verseker.

Die mense het geen kennis van hulle oerskuld nie en daarom weet hulle

ook nie wat die verlossingswerk beteken nie. Hulle kan die verband nie vind

tussen die kruisdood van Jesus, aan Wie hulle miskien nog glo en die salig

word van die mense nie. En daarom wys soveel mense Hom af, omdat die

verlossingswerk slegs aan hulle verkondig word; maar nie met rede omklee

word nie. En daarom kan so ‘n motivering slegs aan diegene gegee word

wat na opheldering verlang en dat hulle altyd maar weinig sal wees. Want

ook die duidelikste verklarings is onbegryplik vir die mense wat geen insig

het in die geesteryk nie, wat slegs die aardse wêreld as realiteit aanneem

en alles wat vir hulle sigbaar en bewysbaar is. Die missie van Jesus was

egter nie slegs ‘n aardse aangeleentheid nie, ofskoon dit homself duidelik

voor die mense afgespeel het. Die missie van Jesus het ‘n dieper geestelike

rede. En solank die mense niks daarvan weet nie, staan hulle ook nog nie

teenoor die Verlosser Jesus Christus as skuldbelaaide broeders nie, wat aan

Hom hulle skuld opdra en tot Hom bid om dit tot niet te maak. En tog moet

hulle bede dit voorafgaan, as hulle verlossing wil vind.

Daarom moet hulle op hoogte wees van hulle sondeskuld, van die groot

misdryf teen God wat hulle laat sondig het en wat nie anders as deur die

groot soenoffer van Jesus gedelg kon word nie. En solank die mense geen

skuldgevoel het nie, gaan hulle ook nie tot Hom, na die kruis met hulle

skuld nie. En solank erken hulle ook nie die Goddelike Verlosser nie.

Eers die kennis van hulle oerbegin, van hulle vroeëre gesteldheid, hulle

weerstand teen God, hulle oersonde, gee hulle ook insig in die daad van die

verlossing deur Jesus, wat as mens so geleef het dat Hy God self in Hom

kon opneem en die verlossingswerk word nou volbring deur die Ewige

Liefde, wat sy skepsele uit die kettings van die teenstander wil bevry.

So 'n motivering van die missie van Jesus sal vir die mense geloofwaardiger

wees, as wanneer daar slegs van sonde gepraat word wat in die aardse

lewe begaan word en wat vir die mense dikwels te gering lyk as dat so 'n

werk van versoening daarvoor nodig sou gewees het om hierdie sonde tot

niet te maak. Elke sonde is wel ‘n oortreding teen die Liefde en sodoende ‘n

oortreding teen God, maar die oersonde van die vroeëre afval van God was

so groot, dat die wese dit self nie kon versoen het nie, al sou hy ewighede

hiermee gemoeid wees. Dit is vir julle mense moeilik om te begryp. Maar

so 'n ontsaglike sonde eis ook ‘n baie groot versoening, wat wel deur ‘n

mens volbring is, maar wat Hy slegs kon volbring omdat hierdie mens God

in Hom bevat het, dus die krag uit God Hom daartoe in staat gestel het, die

47

Liefde - die Oerwese van God. Die mense het as oorspronklik geskape

wesens hierdie liefdeskrag van God afgewys en was dus sonder krag. Die

mens Jesus het egter bewustelik ‘n beroep op hierdie liefdeskrag van God

gedoen en het dit gebruik vir ‘n werk van barmhartigheid vir Sy gevalle

broeders om hulle skuld te versoen.

Maar die mense weet ook nie dat hulle bestaan as mens op aarde die

gevolg is van die oerskuld nie. Dat hulle die oorspronklike toestand ooit wel

weer sal bereik, maar nooit sonder die erkenning van Hom, wat hierdie

skuld uit oorgrote liefde uitgewis het nie. Want hulle afvalligheid van God

was ‘n bewustelike “hulself van Hom afkeer”, wat ook weer ‘n bewustelike

“hulself tot Hom wend” vereis om weer in die oorspronklike verhouding met

God te kan binne gaan. En wanneer hierdie kennis die mense gegee word,

is dit ‘n besondere barmhartigheid wat elkeen moet benut in sovere, dat hy

homself in sy gedagtes daarmee besig moet hou en dit dan as waar

aanvaar wat hom verkondig word. Hy hoef homself dan maar tot die mens

Jesus te wend en met Hom te spreek en Hy sal hom dan as God antwoord

gee. Hy sal die mens help om tot die ware besef van sy skuld te kom en Hy

sal die skuld van hom wegneem, as hy berou daaroor het en Hom om hulp

bid.

En elke mens kan persoonlik tot die insig kom dat hy eens gesondig het,

sodra hy daaroor nadink dat hy ‘n onvolmaakte, swak en onwetende wese

is en daarvan die oorsaak probeer vind. Want geeneen van sulke innerlike

vrae bly onbeantwoord nie, maar dit moet eers gestel word, wat die meeste

mense egter agterweë laat. Maar sonder aarseling wys hulle elke verwysing

na die Goddelike Verlosser af, as hulle opmerksaam gemaak word op Hom

en Sy groot geestelike missie. En van God se kant af sal die mense steeds

weer die Goddelike Verlosser Jesus Christus verkondig word en al Sy

dienare, wat op aarde vir Hom werksaam is, sal met steeds groter ywer Sy

Naam en Sy evangelie predik, sodat almal wat daarna luister, vry kan word

van hulle groot skuld en self ‘n innige verbinding met Jesus Christus

aangaan in Wie God Self mens geword het om te verlos wat gebonde is

deur Sy teenstander. Amen

Louteringsproses deur beproewinge

6987 7 Desember 1957

Hoe julle aardse lewe ook al mag verloop, dit is deur My wil bepaal om julle

steeds meer moontlikhede te gee om julle siele te laat volwasse word. Maar

julle siele sal alleen volwasse word as julle, julself berustend na My wil

voeg, as julle jul ootmoedig buig en My volledig die leiding laat neem. Dan

sal julle ook duidelik My hulp ervaar in alle aardse en geestelike nood. Die

lewensdoel is die vergeesteliking van julle siele, die loutering van alle

afvalsubstansies wat julle nog aankleef, sodat My Goddelike liefdeslig julle

geheel kan deurstraal as julle jul aardse liggaam verlaat.

48

Maar hierdie loutering sal nie plaasvind as die menslike bestaan heeltemal

sonder stryd verloop nie, tensy die mens al ‘n buitengewone lewe van liefde

lei. Dan los die omhulsel ook op en die siel het sy doel bereik aan die einde

van die lewe.

Maar dikwels moet die louteringsproses hom nog deur lyding en nood, deur

innerlike stryd voltrek. En omdat My wysheid dit weet, sorg My liefde

steeds daarvoor om die siel te help met sy voltooiing. En daarom kan julle

aardse bestaan nie altyd in rustigheid deurgebring word nie. Daar sal

storms om julle woed en dikwels genoeg sal julle moedeloos wees oor die

lot wat julle tref.

En tog hoef julle nie te vrees nie, julle kan alles oorwin as julle jul self

steeds digter by My aansluit, hoe harder julle deur die noodlot getref word.

Ek is van alles op hoogte en julle is nooit alleen nie, selfs as julle aards

gesproke heeltemal eensaam is, as julle glo dat julle van alle mense verlaat

is. Ek sal julle waarlik nie verlaat nie en om met My verenig te wees

vergoed vir julle duisendmaal die verlies wat julle ly of gely het.

Maar julle moet ook My sien in alles wat julle oorkom. As Ek julle eerste en

laaste gedagte is, dan is julle sterk, wat julle ook al mag oorkom. Verwyder

julle jul self egter van My deur mor en kla wanneer julle in opstand kom

teen julle lot, dan sal julle ook steeds swakker word en die nood sal steeds

harder op julle druk. Want dan is daar geen ander middel meer om julle

weer vir My te wen en julle weer onder My wil te laat buig nie.

Ek wil waarlik net die beste vir julle hê en niks sal julle oorkom sonder My

wil of My toelating nie. Maar julle sal alles makliker kan dra in voortdurende

verbinding met My en dan sal alles wat julle tot nog toe ‘n onlosmaakbare

warboel lyk wonderlik tot ‘n oplossing kom. En die siel sal ‘n groot sukses

behaal, as julle in jul grootste nood die verbintenis met My nie verbreek

nie.

In hierdie laaste tyd voor die einde bestaan juis die grootste gevaar vir die

mense, dat hulle in hul gejaag na die dinge van die wêreld My vergeet. En

wil Ek dat hulle weer aan My dink; dan kan Ek alleen na sulke middele gryp

wat hul hele denke skok. Ek moet hulle deur harde slae van die noodlot in

‘n toestand bring waarin hulle geen uitweg meer weet nie, sodat hulle dan

aan Iemand dink, wat hulle alleen kan help. Want hul siele bevind hul nog

in die dikste omhulsel. Hulle het nog nie baie onderneem vir die loutering

van hul siele nie, dws. ‘n onbaatsugtige lewe in liefde laat hulle agterweë.

Daarom is ‘n ander louteringsproses nodig om die siel ‘n bietjie

ligdeurlatend te maak, waarvoor hulle My eens baie dankbaar sal wees.

En geen mens is uitgesonder om deur die lot beproef te word nie, omdat Ek

alle mense liefhet en hulle wil help om die weg na My te vind, as hulle nog

afsydig van My staan. Om hulle steeds digter by My aan te sluit en

daardeur ook steeds meer krag kan ontvang, om aan hulself te werk en

nog op aarde volwasse te word. Want Ek wil dat hulle al in 'n sekere

liggraad sterwe, sodat hul die kwellinge van die duisternis bespaar bly in

49

die ryk hierna. Ek wil dat hul weg oor die aarde nie vergeefs is nie en

daarom moet julle mense in alles alleen My wil en My toelating sien en julle

berustend aan My wil oorgee. Amen

Die seën van siekte - Barmhartigheid om plotseling

weggeroep te word

6989 9 Desember 1957

Dit is ‘n wesenlike faktor in die aardse lewe, dat julle van die taak bewus

moet wees wat julle as mens te volbring het. Steeds word dit vir julle gesê,

dat die lewe op sigself geensins belangrik is nie, dat dit dus nie daarom

gaan dat die liggaam al sy funksies uitoefen nie en of dit daar is nie,

inteendeel, dat dit alleen maar oor die siel gaan wat in die liggaam woon en

dat alle liggaamlike vermoëns gebruik moet word tot welsyn van die siel,

dat hy die weg uit sy erbarmlike toestand sal vind en die doel bereik wat vir

die geestelike gestel is. Die siel kan selfs heelwat vinniger volwasse word in

‘n siek liggaam, op voorwaarde dat die mens sy doel op aarde ernstig

opneem.

En beskou die mens nou sy liggaam steeds alleen as die opnamehouer wat

vir die siel nodig is vir sy verdere ontwikkeling en trag hy nou alleen om die

houer te onderhou, dit te versorg en dit in staat te stel om weerstand te

bied, dan leef hy ook sy lewe bewustelik en dan hoef hy ook nie te vrees

dat sy liggaam te kort sal skiet, voordat die siel sy moontlike

volwassenheid bereik het nie.

Daarenteen is dit anders by mense wat geen enkele verantwoordelikheidsbesef

het teenoor hulle siel nie. Hulle kan liggaamlik buitengewoon

goed gesteld wees en onverwags hul lewe verloor, omdat hulle nie aan

hulle siel gedink het nie en daarom geen enkele verdere ontwikkeling

getoon het nie, sodat die bestaan op hierdie aarde heeltemal sonder sin en

doel was en die siel daarom van sy uiterlike omhulsel geneem is, sodat hy

in die ryk hierna nog die moontlikheid kan hê om opwaarts te gaan.

Die gesondheid van die liggaam is so ‘n groot barmhartigheidsgeskenk dat

ook daarvan gebruik gemaak moet word, maar nie in aards materiële sin

nie, maar tot heil van die siel. ‘n Siek liggaam is egter eweneens ‘n barm-

hartigheid vir die mens wat hom nie afsluit vir die toestroming van God se

barmhartigheid nie, want dit is allerweë ‘n deur God geplaasde verskansing

teenoor die wêreld. Die oorwinning van die wêreld word vir die mens maklik

gemaak en die siel word ‘n groot hulp gebied. Maar die mens moet hom

bewustelik buig onder die Wil van God en ook die swakheid van sy liggaam

as ‘n barmhartigheids geskenk beskou, omdat uiteindelik, nie die

liggaamlike lewe nie, maar die lewe van die siel, die doel is van die gang

oor die aarde as mens.

En daarom sal ook die siel van ‘n mens alleen volwasse word wat op hoogte

is van sy eintlike taak en dit ook wil vervul. Want hy word op elke manier

50

van die kant van God gehelp by die vooruitgaan van sy siel en dikwels

hoort daar ook noodtoestande of liggaamlike lyding by, wat dan egter as

louteringsmiddel gesien moet word, maar nie as straf of hindernis om die

doel te bereik nie. En die uur wanneer hy van die aarde skei, is vir elke

mens voorbestem, omdat God sedert ewigheid die wil van ieder afsonderlik

ken en Hy ook weet wat ‘n siel nog op aarde kan bereik en op welke manier

hy maklik in gevaar gebring word sodat ‘n skielike wegroeping uit die lewe

ook nog as barmhartigheid gesien moet word.

Wie die aardse lewe alleen as ‘n doel op sigself beskou, sal dit ook nie kan

begryp dat ‘n God en Skepper dit toelaat wanneer mense lewens vernietig

word, waarvan die natuurlike uur van die dood nog nie te verwagte sou

wees nie. Maar Hy is op hoogte van die gewilligheid van elke mens om vir

die siel lewe te verwerf. En Hy weet ook wat elke siel afsonderlik tot

voordeel strek. Die mens moet alleen die wete oor en die geloof in sy taak

op aarde hê, dan is die grootste nood vir sy siel opgehef, want dan sal die

mens hom ook beywer om hom te help lewe. Maar die wêreld is die

grootste vyand van die siel.

En dit is ‘n besondere barmhartigheid van God, wanneer Hy trag om die siel

teen die wêreld te beskerm, wanneer Hy vir die mens hindernisse skep om

hom aan te hang. Dan kan daar dus ook van ‘n “seën van die siekte”

gepraat word want so ‘n hindernis is vir menige mens wat volgens die wil

van God wil lewe en dikwels te swak is om die verleidings te weerstaan wat

hom van die kant van die wêreld te wagte is. Want God is die Liefde en die

Liefde help steeds die swakke dat hy nie in gevaar kom nie. Maar die

mense misken die Liefde van God, maar wie na Hom toe wil kom, kan hulle

ook in Sy Liefde veilig voel, hy kan op Hom vertrou dat alles goed is wat

God oor ‘n mens laat kom. Amen

Verkoop julle siele nie

6990 10 Desember 1957

Die prys wat julle betaal vir ‘n vreugdevolle, genoeglike bestaan op aarde is

te hoog, want julle verkoop julle siele daarvoor aan hom wat julle weer na

benede trek in die diepte in. Dit is slegs ‘n baie kort tyd waarin julle,

julleself aan die genietinge van die wêreld sal kan oorgee, maar eindeloos

lank is die ewigheid, eindeloos lank is die tyd waarin julle weer in duisternis

bly in onuitspreeklike kwellings. Maar julle oorskat hierdie kort tyd op aarde

en gee sonder enig beswaar julle ewigelewe in heerlikheid prys vir

waaragtig waardelose goed. Julle weet nie wat julle doen nie en luister ook

nie na die ernstige waarskuwings en vermaninge wat voortdurend tot julle

kom nie, sodat julle bewus van julle verantwoordelikheid julle lewe lei,

sodat julle dink aan die tyd na die dood van julle liggaam waarin julle die

heerlike loon sal ontvang, as julle alle waarskuwings en vermaninge ter

harte neem en alleen probeer om die toestand van die siel te verbeter.

51

My teenstander verstaan die kuns om julle die bekoorlikhede van die

wêreld aanloklik voor te hou en julle sien nie sy plan, dat hy probeer om

daarmee julle siele te wen nie, wat hom slegs nog van die laaste ketting

moet losmaak om in te kan gaan in die ligryk, in My ryk, waar julle weer in

lig en krag geluksalig is soos vroëer.

En daar kan julle nog die geluksaligheid in die ligryk, nog die kwellinge van

die afgrond getoon word, want julle sal in volledig vrye wil weer na My

moet terugkeer, ook hy kan julle nie dwing om te luister na sy verlokkinge

en julle siele aan hom verloor nie.

Maar Ek doen waarlik alles om julle oplettend te maak op die verskrikking

van die diepte wat julle onherroeplik tegemoet gaan, as julle nie by magte

is om julle te skei van die wêreld nie. En ook word julle die geluksaligheid

in die geesteryk verkondig wat vir julle wag as julle leef na My Wil,

wanneer julle daarna streef om geestelike goedere te verwerf en die wêreld

ter syde te skuif. Dat julle nie daaraan glo nie, is die gevolg van julle

lewenswandel, want met die verlange na die wêreld en aardse goedere

vergeet julle heeltemal julle naaste wat hom in nood bevind. Sou julle hulle

bereidwillig julle hulp laat toekom dan sou ook alles vir julle geloofwaardig

voorkom wat julle voorgehou word deur My dienare, wat, met die oog op

die einde, alle mense eens tegemoet tree om hul die evangelie (van die

liefde) te verkondig.

Maar die vergrote begeerte na die wêreld en die vreugde daarvan stomp

julle af en alle liefde gevoel in julle harte word verstik, want daarvoor sorg

My teenstander, want hy weet dat die liefde hom die siele ontruk, dat hy

hulle heeltemal verloor wanneer die mens die liefde in hom laat ontbrand.

Die verlange na aardse goed maak die mense egter ongevoelig vir die nood

van die naaste, sy egoïsme word steeds groter en alles probeer hy alleen

maar vir homself te kry en sy siel verhard hom, die omhulsels word steeds

digter en My teenstander het die spel gewen. Hy het ‘n baie klein prys

betaal vir julle siele: ‘n liggaamlike welbehae vir ‘n baie kort tyd, wat met

die dood van die liggaam ophou en more al beëindig kan wees.

Waarom dink julle mense nie eens ernstig na oor julle toestand nie, die

sekere einde van julle lewe op hierdie aarde waarvan julle die tyd self nie

kan bepaal nie. Waarom heg julle so baie waarde aan aards besit en die

vreugde van die wêreld?

Ligtelik gee julle die nie te beskrywe geluksalighede van die geesteryk prys

terwille van hierdie kort waardelose vreugde. Die lewe op aarde is vir julle

‘n proef, dit is die laaste vase om vrywillig te kies vir My of vir My

teenstander. En hy sal julle alles aanbied om julle vir hom te wen, soos Ek

egter ook julle genade in oorvloed laat toestroom, maar geen enkele dwang

op julle uitoefen nie.

Maar dit is nie vir julle onmoontlik om die regte keuse te neem nie want

julle word voortdurend op hoogte gebring en julle kan ook daagliks die

verganklikheid van die aardse insien, dikwels ondervind julle die skielike

52

weggeroep van julle geliefdes uit julle lewe, julle moet daaroor nadink.

Want julle sal ook eens die gevolge moet dra van julle keuse, as dit My

geld, sal julle jul mag verheug in ‘n nie te beskrywe geluksaligheid, as julle

afsien van die wêreldse in die kort tyd van julle lewe op aarde, om My en

My ryk vir ewig te wen. Amen

Die vrye wil was aanleiding om van God af te val -

Vergoddeliking

6991 11 Desember 1957

Uit My kom alleen die volmaakte voort, want diepste Liefde en hoogste

Wysheid laat alles ontstaan en vir My Mag was niks onmoontlik nie. Daarom

kon Ek ook wesens uit My laat ontstaan in die hoogste volmaaktheid, wat

My as My ewebeeld Self gelukkig maak. Hulle was geskape as miniatuur

van Myself en dit was vir My die hoogste geluk om hierdie wesens, My

skeppingsarbeid, in volheid van lig en krag te laat skep en werk, om ook

hulle dieselfde diepe vreugde te skenk om hulle te verheug in die werk wat

hul geskape het.

Die benodigde krag om te skep deurstroom elke wesens en stel hulle in

staat om skeppend besig te wees. Maar hulle was slegs die uitvoerders van

My Wil, omdat met die krag van die liefde wat hulle toestroom ook My Wil

die wesens vervul. Hulle het dus steeds alleen My "skepsels" gebly, as Ek

hulle nie, as heeltemal vry, buite My geplaas het, met 'n vrye wil, wat hulle

na elke rigting kan ontplooi nie. Nou eers kan hulle gesien word as hoogs

volmaak, maar hulle kan nou ook hul volmaaktheid verloor.

Solank My Wil hulle lei, sou hulle nooit hul staat van volmaaktheid verloor

nie, maar die vrye wil gee daartoe die moontlikheid, soos hierdie andersyds

ook die volledige vergoddeliking van die geskape wesens moontlik maak,

sodat hulle, as kinders, aan My werk en vormgee kan deelneem, vry uit

hulself en tog in algehele ooreenstemming met My en My Wil.

Dan eers was die hoogste doel bereik wat Ek nastreef toe Ek wesens skep

vanuit My Liefde en My Mag. Want dan kon elke wese wat die doel bereik

sy volmaaktheid nie meer verloor nie en hulle is daarom grenseloos

geluksalig te noem. Dit sou egter vir elke wese moontlik gewees het, want

daar was geen enkele aanleiding om hulle van My af te keer, toe hulle hul

vrye wil kon gebruik nie. leder wese was volmaak en hulle hoef alleen maar

te wil om in hierdie volmaaktheid te bly. Dat egter My eersgeskape wese

onvolmaak word en val, was vanuit sy bewussyn van krag en lig te

verklaar, want hy wil homself bewys as bron van lig en krag. En gevolglik

misken hy My Liefde, wat Ek geheel onbaatsugtig aan die wese skenk, om

hom geluksalig te maak. ‘n Enkele aanmatigende gedagte vertroebel die lig

van die insig en toe volg daar steeds meer verkeerde gedagtes, wat deur sy

wil verkeerd gerig word, omdat dit vry was.

53

Dit is moeilik om dit vir julle mense begryplik te maak dat dit vir ‘n

volmaakte wese selfs moontlik was om te val, omdat volmaaktheid lig, dws.

volledig insig beteken. Maar juis die wete om krag in oorvloed te hê, laat

die wese meer aan die krag in hom dink as aan die lig en die volheid van

krag laat hom maklik arrogant word, waardeur die lig direk vertroebel

word.

Die wese, Lucifer, was instaat om steeds, nuwe skeppings buite hom te

plaas, net soos Ek en hy begin My as Oerbron van krag uit sy gedagtes te

verdring. Hy wil die verhouding wat hy tot My het as afhanklike wese, nie

meer erken nie en toe hy eenmaal hierdie gedagte opgevat het, verloor hy

ook die insig oor die ontsettende gevolge van hierdie rigting van sy wil.

‘n Vry, buite My geplaasde, wese moes egter ook hierdie vryheid hê, om

homself in sy wese te kan verander, want die volmaaktheid mag vir die

wese geen toestand van dwang beteken nie, omdat hy anders waarlik nie

as My ewebeeld genoem sou kon word nie. Maar hierdie vryheid om

homself te verander, sal die wese ook altyd behou en daarom kan hy ook

vanuit die vry verkose en veroorsaakte onvolmaaktheid weer tot die

hoogste volmaaktheid kom, om dan eens die deur My nagestreefde doel te

bereik, dat hy My kind word en ook ewig sal bly.

Nooit sou Ek vir My sulke "kinders" kan skep nie, omdat die Goddelike

kenmerk, die vrye wil, self werksaam moet word, dat dus die skepsel in die

deur My aan hom geskenkte volmaaktheid in vrye wil ook wil bly, of, as hy

hierdie wilsproef nie deurstaan nie, homself weer die graad van

volmaaktheid moet verwerf wat hy eens in vrye wil weggegee het.

Wie die misterie begryp, die sal ook My heilsplan van ewigheid begryp en

hy sal weet dat alleen die oneindige Liefde en Wysheid so'n plan kan

ontwerp, omdat Ek die deur My geskape wesens ‘n lot wil berei, wat die

hoogste geluksaligheid vir ewig beteken. En My Liefde, Wysheid en Almag

sal so lank die doel nastreef, tot dit bereik is, tot elke uit My voortgekome

wese in hoogste saligheid aan My sy kan skep en werk, soos dit My plan

van ewigheid is. Amen

God se weë is nie altyd die weë van die Mens nie

6993 14 Desember 1957

Julle weë is nie altyd My weë nie. Dikwels is julle nie op hoogte van die

doel, wanneer julle ‘n weg bewandel nie, maar Ek weet waar dit heen lei en

dring julle dikwels sag op ‘n ander weg. En gee julle toe aan hierdie drang,

dan sal julle ook verseker die ware doel bereik. Maar dikwels is julle

weerstand te groot, julle eie wil is sterker en julle let nie op die sagte

aandrang wat van My uitgaan nie. Dan moet Ek julle laat gaan, omdat Ek

julle wil nie met geweld wil breek nie. En dan is julle ook in gevaar om die

verbintenis met My te verloor, omdat dit nog nie sterk genoeg aangeknoop

was nie en julle jul self nog nie heeltemal aan My leiding oorgegee het nie.

54

Maar julle moet julle nie verwonder wanneer julle planne dikwels tot niet

gaan nie, wanneer julle voornemens nie slaag nie, wanneer die weg wat

julle gaan, vir julle swaarder gemaak word nie. Dit is alles sagte

aanwysinge wat by die verkeerde weg in julle pad is en julle sal ook dan

nog agterdogtig moet word en van die weg afwyk en tog op die korrekte

spoor aanland, wat groter sukses beloof, maar nie in ‘n aards materiële sin

nie, maar wat julle geestelike sukses verseker.

Slegs julle gedagtes wat na My gestuur word, verseker julle ook My leiding

en dan sal julle ook insien dat elke weg reg was, wat julle vooruit gekom

het, selfs wanneer julle jul self in die begin verset het om die weg te

betree. Maar dink julle suiwer aards, dan sal julle ook verseker weë inslaan

wat 'n verkeerde rigting het en julle sou steeds maar net dankbaar moet

wees, wanneer julle duidelik verhinder word om op die weë verder te gaan.

Maar hoe meer wêreldwys ‘n mens ingestel is, hoe yweriger sal hy trag om

hindernisse te oorwin, hy bring dikwels alle hindernisse neer, dit wil sê, hy

vra nie na of hy korrek handel nie en trag slegs om sy doel te bereik, maar

dit is weer suiwer wêrelds gerig. En hierdie mense moet Ek laat begaan,

want hulle wil is nog te sterk na My teenstander gerig eerder dat hy

homself onder My Wil sou buig.

Maar heelwat groter voordeel sal julle mense verwerf, wanneer julle jul self

aan My leiding toevertrou en julle dan steeds maar net laat lei sonder

innerlike weerstand. ‘n Vader oorsien dit, waarheen sy kind sy skrede lei en

welke gevare hom omring en in sy liefde trag hy om die kind te lei op die

weg waarop hy sonder gevaar kan gaan en by die korrekte doel aankom.

En soos ‘n ware Vader, is Ek ook besorg oor die lot van elke afsonderlike

mens en Ek wil dat sy weg oor die aarde hom tot seën word. Maar die mens

self rig sy aandag dikwels in verkeerde rigtings, omdat hy hoop om iets

daar te vind, maar wat tog vir hom skadelik is. Weliswaar bly sy vrye wil

gehandhaaf, maar bepaal deur die lot, kan sy weg op aarde anders gestuur

word, teen sy wens en wil in, maar steeds net tot seën van sy siel.

Maar solank die mens mor en homself innerlik verset teen dit wat hom

oorkom, is die seën gering. Eers wanneer hy homself skik binne die insig

dat ‘n hoër Wil beslissend is en waarteen hy homself verset ‘n onreg is, sal

hy daarvoor nut vir sy siel verwerf. En die mens sal dikwels in die lewe

sulke, deur die lot bepaalde ingrype van My kant af, kan waarneem en dit

moet hom steeds tot denke bring.

Daar is vir hulle slegs Een, wat oor die lewensloop van die mens beslis en

Sy weë moet hy as goed en reg leer insien, waar hy homself steeds

onderdanig onder sy lot moet buig en weet dat ‘n liefdevolle Vader besorg

is oor die welsyn van Sy kind; en dat alles, ook die skynbaar ongunstige,

die mens vir sy beswil dien, wanneer hy geen weerstand bied nie, wanneer

hy homself laat lei en ook sulke gebeurtenisse aanvaar soos deur die Vader

vir Sy kind as reg ingesien en aangewend. En hy moet aan elke ingewing

toegee wat hom dwing om anders te handel, want sulke innerlike ingewings

55

is steeds My sagte stem, waarmee Ek die kind lok en op ‘n ander weg roep,

op die weg wat hom waarlik sukses sal oplewer en hom na die doel sal

voer, na sy ware bestemming, na die sin van die aardse lewe.

Die wil van die mens is dikwels anders as My Wil en so is ook sy weë steeds

nie die van My nie. Maar My Liefde besit hy altyd en maar net My Wil sal

hom red, My Wil sal hom wen vir My en sal daarom ook steeds die mens so

lei, soos wat dit goed is vir hom; maar sy wil word ook nie deur My Wil

gedwing nie, want dit is en bly vry, omdat die mens volledig vry moet kies

vir sy Vader van die Ewigheid. Amen

Die Christusprobleem - Drie-Eenheid

7001 24 Desember 1957

Alle engele het hulself diep neergebuig voor Jesus, wat neergedaal het na

die aarde. Want daarmee het hulle geweet dat ‘n verlossingsdaad begin is

vir die gevalle geestelike, omdat die oneindige Liefde van God Sy skepsels,

wat in die diepte vertoef het, self te hulp gekom het. Die geestelike wat by

God in die ligwêreld gebly het, was vol liefde vir die gevallenes en net so

het hulle aan Jesus hul diepste liefde bewys en hierdie liefde het steeds

vuriger geword hoe meer hulle verstaan het watter werk van

barmhartigheid vir die gevallenes volbring sou word. Want hulle het geweet

van die diep kloof wat oorbrug moes word, sodat die gevallenes weer

opgehef kon kom.

En een Siel, een oergeskape engelgees, het Homself aangebied om hierdie

brug te bou. Hy bied Homself vir God aan om as die ewige Liefde

genoegdoening te verskaf vir Sy gevalle broers, vir hulle eens begane

misdryf teen Hom. Die liefde van hierdie Siel vir Sy broers (en susters) wat

in die diepte vertoef het, was so groot dat Hy gepoog het om hulle weer

saam te verenig en die Liefde wat Hom besiel het, was God self. En toe

hierdie Siel van die Lig Homself op aarde beliggaam het in die kindjie Jesus,

het die ewige Liefde dus Self afgedaal na die aarde toe en het God dus

"mens" geword. En daarom moes die menslike omhulsel Homself deur Sy

weg op die aarde vergeestelik, Hy moes, te midde van ‘n duistere

omgewing, Sy lig laat skyn wat in Hom straal en moes Homself deur ‘n

lewe in liefde volledig met strale laat deurdring deur die ewige Liefde. En

dus vind die vergoddeliking daardeur plaas sodat alles by die mens Jesus

tot liefde word en dus word God "Jesus".

Die menswording van God in Jesus kan nie anders duidelik gemaak word

as dat Hy Self as die ewige Godheid, die Liefde, in die mens Jesus

gemanifesteer het, omdat Hy, as na die aarde neergedaalde Ligsiel, Sy

menslike omhulsel deur die liefde so gevorm het dat God hierin woning kon

neem, wat by ‘n liefdelose sondige mens nie moontlik sou gewees het nie.

En so is die eenwording van God en Jesus eweneens net so te verstaan as

die volledige vergoddeliking van die mens Jesus deur die liefde.

56

God het Sy Seun na die aarde gestuur. Hierdie woorde moet vir julle ‘n

bewys wees dat die Siel van die mens Jesus van "bo" was, dat Hy Homself,

as ‘n hoogste Liggees, aangebied het vir ‘n missie op aarde, maar dat Jesus

Self, die ewige Liefde, in Hom ten uitvoer gebring het, dat die Liefde die

verlossingswerk volbring het, die Liefde die sondeskuld verdelg het, die

Liefde vir die gevallene redding gebring het uit sonde en dood. Maar vir

julle is die begrip "liefde" nog onbegryplik, omdat julle, julleself nog nie tot

liefde gevorm het nie. En so lank ook sal die menswording van Jesus nie vir

julle te verstane wees nie en woorde is nie in staat om julle opheldering

daaroor te verskaf nie, solank die liefde in julleself nog nie ontsteek is om

julle gees te kan verlig nie.

Maar julle sal julle nie in "God" en "Jesus" twee wesens mag voorstel nie,

julle mag nie van die Vader en die Seun in kombinasie met die Heilige Gees

in die sin spreek, soos wat julleself tot nou toe die drie-eenheid van God

voorgestel het nie. God en Jesus is een en die Krag van die Gees straal

van hierdie eenheid uit, omdat Hy weer, onafskeidbaar, tot Sy Wese

behoort, omdat God Liefde, Wysheid en Krag is, iets Geestelik, wat

niemand in staat is om te sien nie. Maar in die mens Jesus het die ewige

Godheid Homself gemanifesteer en word vir Sy geskape wesens ‘n sigbare

God. En alle engele in die hemel roem en prys Hom, wat na die aarde

neergedaal het uit liefde vir al Sy skepsels wat verlang het om Hom te sien.

En Hy open vir almal die poorte na die ewige geluksaligheid. Amen

Geestelike verbindinge wat deur God geseën is -

Minderwaardig spiritisme

7009 2 Januarie 1958

Alle geestelike verbindinge met die aarde staan onder My beskerming, as

die wil van die mense goed is wat sulke bande aanknoop. Want van die

aarde af moet die bande tot stand gebring word, omdat die geestelike

wêreld eers dan werksaam mag wees wanneer die wil van die mense dit

toelaat.

As die wil van die mense goed is, dan mag die ligwêreld ook in aksie kom,

terwyl by die nie-edele gesindheid van die mense die geestelike kragte

hulle uiter wat geen lig uitstraal nie, maar eerder die duisternis nog

vergroot waarin die mense hulle bevind.

Maar omdat dit My Wil is dat julle lig gegee word, sal Ek ook steeds die

betrekkinge seën wat die gevolg is van ‘n goeie gesindheid en ‘n goeie wil.

En dus sal Ek die mense ook beskerm teen die ontvangs van onware

leringe, want die goeie wil gee My die reg daartoe om onvolwasse geeste te

verdring en hul te belet om onware opvattinge oor te bring.

En so sal julle ook onbesorg en met ‘n geruste hart onderrigting uit die

geesteryk in ontvangs kan neem, want die ligwêreld doen onafgebroke

moeite om julle na die lig te lei, wat ook deur beïnvloeding dmv. gedagtes

57

geskied, as julle lig verlang. Maar julle sal dan ook spoedig besef dat julle

ook bewus bande sal mag aanknoop, dat daar geen skeiding bestaan

tussen die aardse en die geestelike wêreld nie, dat julle voortdurend deur

wesens omring is wat net so geaard is soos julle, volgens julle wil en julle

gesindheid.

Maar daaraan sal alleen die mense glo wat ‘n ernstige wil het om nader aan

My en die waarheid te kom, want die mense wat ook geestelike betrekkinge

tot stand bring en self nog geen goeie instelling het nie, glo nie op die regte

manier aan My nie. Hulle probeer veeleer alleen hul eie nuuskierigheid te

bevredig, hulle probeer agter geheime te kom en soek sensasionele

vermaak. En hierdie mense word ook volgens hul mentaliteit bedien en

nooit word ‘n geloof aan ‘n God van liefde in hulle gewek nie, veeleer knoop

hulle betrekkinge aan met My teenstander, wat hulle deur leuen en dwaling

steeds meer van My wegtrek.

Daarom moet daar ernstig gewaarsku word vir sulke bande met die

geesteryk, terwyl elke mens seker mag wees van My beskerming wat ‘n

opregte verbintenis met die ligwêreld tot stand probeer bring. Want die

wesens van die lig bring My Wil tot uitvoering, die wesens van die lig doen

niks uit eie wil nie, want hul wil is volledig en heeltemal onder Myne

geplaas.

Ek maak hierdie wesens dikwels gelukkig met opdragte, deurdat Ek aan

hulle mense om te lei toevertrou wat met ‘n ernstige wil op My aanstuur,

wat met My al ‘n ernstige verhouding aangegaan het, sodat Ek hulle kan

seën met lig, met die suiwere waarheid, wat van My uitgaan en dit dus

stuur, regstreeks of deur My ligbodes, wat egter nooit aan julle iets anders

sal aanbied as wat hulle van My uit toestroom nie. Want julle moet weet

dat My uitstraling van lig en krag voortdurend hierdie wesens aanraak en

deur hulle nou verder gelei word en dat daarin ook hul geluksaligheid

bestaan, om hulle wat dit nodig het en verlang om ander weer van lig en

krag te kan voorsien.

Daarom is alleen julle wil beslissend, om julle met My en die ligwêreld te

verbind, dan is ook My beskerming en seën vir julle gewaarborg, dit kom

nie daarop aan of die lig van die waarheid dmv. gedagtes tot julle kom of

dat julle dit van My ontvang in die vorm van My woord nie. Altyd is die

ewige Waarheid Self aan die werk en Hierdie sal alle onsuiwere geeste wat

tussenbeide wil kom, afweer, soos egter ook omgekeerd My ligwesens

magteloos is teenoor hierdie duistere geeste, wanneer die mens self deur

sy gesindheid hul toegang verleen en hul optrede toelaat.

En elke mens moet vir homself rekenskap gee watter motief hom aansit tot

die poging om met geestelike kragte gedagtes te wissel. Daar moet ernstig

gewaarsku word teen spiritisme van die lae soort, wat geen seën bring nie,

maar ‘n groot gevaar is om julleself aan My teenstander oor te lewer as hy

nie betyds herken word nie. Amen

58

Die geslagsdaad, wat saamgaan met dit wat van

Jesus verwyder is, gee aanleiding tot ongeloof

7010 4 Januarie 1958

Elke denkende mens sou tot die insig moet kom dat ‘n, in verhouding kort

tydsdurende aardse bestaan, sinneloos en doelloos is, wanneer die "ek" van

die mens maar net hierdie kort tydjie bestaan, wanneer hy op die oomblik

van sy geboorte sou begin het en op die uur van sy dood geëindig het. Hy

sou, wanneer hy ‘n Skepper aanvaar, hierdie denke as baie kleingeestig

moet beskou, naamlik ‘n Skepper wat maar net terwille van ‘n gier, wesens

laat ontstaan, terwille van onbeduidende aardse sorge en vreugdes. Of hy

moet, wanneer hy homself slegs as ‘n willekeurige ontstaande produk van

die natuur beskou, homself afvra waarom sy verstand en vrye wil sy eie is.

Want sulke gedagtes sou vir hom twyfelagtig voorkom dat hy slegs so ‘n

willekeurige produk van die natuur kan wees. Deur die verstand en die vrye

wil onderskei die mens homself van alle ander skeppings wat die natuur

uitmaak. Derhalwe sou hy tot die afleiding kon kom dat daar ‘n skeppende

Gees bestaan, wat ook verstand en vrye wil - dus Wysheid en Krag - besit.

En as hy by hierdie gedagte uitgekom het, dan sou hy ook die sin en die

doel van sy bestaan op aarde probeer deurdring het en homself nie maar

net tevrede stel om aan te neem dat hy maar terwille van die aardse lewe

self geskape is nie.

Elke mens sou deur eenvoudige nadenke by hierdie resultaat kan uitkom,

as hy nie reeds die insig verkry het en ‘n geloof in ‘n God van Liefde,

Wysheid en Almag, waaruit hy self voorgekom het, gehad het nie. Tog word

baie mense verwek, gepaardgaande met ‘n uiterste verwydering van Jesus,

- wat aan hulle lig sou wou skenk -, deur mense waarin geen vonkie van

liefde in hulself ontsteek is nie, maar wat nog heeltemal in die mag van die

teenstander van Jesus is en wat nou hulle vyandige gesindheid ook in die

kind inplant, wat teen wil en dank deur hulle in die wêreld ingebring is en

wie se siel deur die digste omhulsel omgeef is en wat sonder lig en liefde

grootword.

Weliswaar hoef die wese van ‘n kind nie altyd met die van die ouers ooreen

te stem nie, daar kan ook ‘n siel beliggaam word wat bewustelik die stryd

teen die gevare van hierdie wêreld opneem, maar meestal word die

gesindheid van die ouers op hulle kinders oorgedra en dan kom daar mense

in die wêreld in wat hulself maar net as willekeurige ontstane produkte van

die natuur beskou en geen enkele verbintenis het met Hom wat ook eers

Sy toestemming vir sy ontstaan gegee het, omdat die wil van die ouers ook

vry is en hulle natuurlike geaardheid die grondslag is vir die geboorte van

kinders. Maar ook by die kinders ontbreek dit nie aan denkvermoë en die

vrye wil nie, sodat daar ook vir hierdie mense ‘n weg is om uit die donker in

die lig te kom. En ook hierdie mense het deur God die liefdesvonkie in

59

hulself en dit is vir hulle ook moontlik om dit te laat ontbrand. En ook na

hulle toe stroom goddelike barmhartigheid heen.

Maar hierdie mense vertoef waarlik in die diepste duisternis, wat die doel

van hulle lewe slegs in die aardse lewe self sien, wat self meen dat alles

verby is op die oomblik van die dood en geen mag bo homself wil herken

en aanvaar nie, want hulle gebruik ook nie die gawe van hulle verstand nie,

hulle dink nie eenmaal na om vanuit ‘n ernstige wil die waarheid te

deurdring nie, anders sou hulle onherroeplik tot andere insigte gekom het.

En so is dit ook daaruit af te lei dat die geslagsdaad ‘n wapen van die

teenstander is, wat die oorwinning gereeld vir hom oplewer in die stryd om

die siele van die mense, want hy dryf die mense aan tot onbeperkte

sinsgenot, waarin hulle geen weerstand ondervind nie. Ongeremd gee die

mense hulself aan mekaar, ewenwel nie in liefde nie, maar slegs vanuit ‘n

sinlike roes, wat selde iets anders as die verwekking van duistere siele

moontlik maak en hierdie duisternis meestal daarin tot uitdrukking kom,

deurdat elke basis om te glo, ontbreek, wat die bedoeling van die

teenstander is.

Maar hoogmoed kan ook ‘n siel, waarin die grondslae tot insig al aanwesig

was, verduister, wanneer die verstand homself in verwaandheid as

bekwaam beskou om ook die grootste geheime te deurdring. Dan het die

teenstander ook sy doel bereik om die mens ongelowig te maak en sy

denke in die war te bring . Amen

Die nabye einde "Wie ore het om te hoor "

7018 16 Januarie 1958

Daar sal nog baie mense wees wat die barmhartigheid van God sal

ondervind deurdat hulle op ‘n ongewone manier deur Hom aangespreek sal

word, want Hy ken die graad van volwassenheid van elke afsonderlike siel,

Hy sal ook weet wie homself deur Sy barmhartigheid sal laat aanraak en Hy

wil almal te hulp kom wat van goeie wil is, maar wat homself op verkeerde

weë bevind. En so sal nog baie mense besluit om, om te draai, van wie die

omgewing dit nie sou verwag het nie en hulle sal dikwels ‘n duidelike

vermaning wees vir hulle medemens, asof dit preke kon gewees het, wat in

alle lewendigheid uiteengesit word.

God maak nog Sy skape byeen, voor die einde kom en Sy lokroep bly nie

altyd sonder ‘n gevolg nie. En tog bly die wil van elke mens vry. Daarom is

geen enkele ongewone barmhartigheidsgawe ook dwingend nie. Dieselfde

gawe kan vele keer op dieselfde wyse aangebied word, maar nie almal sal

so daarop reageer as enkeles nie. Alleen dit moet steeds weer aan julle

gesê word, dat God elke siel tot aan die dood van die mens probeer win,

dat Hy nie ophou om Sy hand na hom uit te reik nie, waar hy dit slegs hoef

aan te gryp om vir ewig gered te wees. En die laaste tyd op hierdie aarde

60

sal ‘n ongewone tyd van barmhartigheid wees, omdat die aktiwiteite van

die teenstander ook ‘n ongewone omvang sal aanneem.

En al woed hy hoe erg in hierdie tyd, tog het elke mens die moontlikheid

om ook met die barmhartigheidsgawe van God in aanraking te kom, maar

sy vrye wil sal kies of en hoe hy hierdie laaste gawe sal benut. Die

geringste wil om net die korrekte op aarde te doen en te voldoen aan die

eintlike doel op aarde, kan hom al duidelike aanwysinge oplewer, omdat

God so ‘n wil sal beloon, omdat Hy ooreenkomstig met hierdie wil Homself

vir die mens te siene gee, omdat Hy hom sal aangryp en die korrekte weg

liefdevol opdring.

Maar ook die werksames van die teenstander van God kom steeds

duideliker te voorskyn en hulle sou baie mense se oë kon open en baie sou

kon besef wie daar in die laaste tyd sy septer swaai. Maar die

gewetenloosheid van die mense maak hulle ook blind jeens wat gebeur,

wat ‘n sataniese invloed bewys. En geen mens word met geweld siende

gemaak nie, hy word steeds net toegeroep: "Wie ore het moet hoor - wie

oë het moet sien!"

En dit sal ‘n duidelike kenmerk wees van die nabye einde en die

werksaamheid van die vors van duisternis: dat daar na uitbundige

lewensvreugde, sinlike genot en ‘n luukse lewe gesoek en na gestreef sal

word, dat hy die mense sal aanspoor tot handelinge van die laagste soort,

dat alles uit sy ordening sal raak en dat daar geen enkele harmonie meer te

vinde sal wees nie, sowel in die samesyn van die mense, maar ook in die

tot stand bring van dinge en die werksaamheid op elke gebied. Alles sal

verward en verdraaid wees, die goddelike ordening sal omver gewerp wees,

dit sal in ‘n toestand wees soos wat dit byna nie meer erger aan gedink kan

word nie.

En tog is die Barmhartigheid van God nog aan die werk, te midde van

hierdie chaos en wil die mense nog red voor die ondergang. En slegs die

goeie wil is nodig dat Sy barmhartigheid werksaam word, wat steeds weer

deur enkeles opgebring sal word en wat hulself nou ook kan bevry uit die

boeie van hom wat daarom abnormaal aan die werk is, omdat hy weet dat

hy nie meer veel tyd oor het nie. Amen

Die Kruisoffer word vir tyd en ewigheid gebring

7019 17 Januarie 1958

Die verlossingswerk het Ek vir alle tye volbring. Solank as wat die

terugvoering van die eens gevalle geestelike nog nie beëindig is nie, is dit

noodwendig so dat die geestelike hierdie tyd as mens oor die aarde sal

gaan. En in hierdie tyd het hy My hulp nodig wat hom deur die

verlossingswerk van Jesus Christus verseker is. Daar moet in hierdie tyd ‘n

beroep gedoen word op die aan die kruis verworwe Barmhartigheid, as die

mens vir goed wil vryword van sy kettings wat hy verdien het deur die val

61

in die diepte; wat om hom geslaan is deur My teenstander en ook die reg

hiertoe gehad het, omdat hierdie wesens hom vrywillig gevolg het. Steeds

weer sal daar dus vir die eens gevalle geestelike ‘n kort tydjie kom waarin

hy homself maar net tot die Goddelike Verlosser Jesus Christus hoef te

wend en waarin hy deur die terugkeer ook weer Myself sal erken in Jesus

Christus.

En hierdie kort tydjie is die gang as mens oor die aarde, waarin die wese

weer sy vrye wil terugkry, wat nou opnuut weer moet kies. Hierdie keuse

kan hy nooit sonder My hulp kan neem nie, want My teenstander hou hom

nog geketting. Maar deur My verlossingswerk is hierdie beslissing vir die

mens moontlik, omdat hy maar net die vir hom verworwe barmhartigheid

hoef te gebruik, om ook teenstand te kan bied en homself te bevry van die

vyandige mag.

En solank die aarde vir die geestelike as ‘n plek om heeltemal volwasse te

word, bewoon word; solank sal die kruisoffer ook deur Jesus Christus vir

die mensdom die enigste waarborg wees om van elke ketting bevry te

word, want dit is gebring vir tyd en ewigheid. Dit het nie alleen sy

uitwerking vir hierdie tyd nie, ook alle toekomstige verlossingsperiodes op

hierdie aarde sal maar net suksesvol wees vir die as mens beliggaamde

siele onder die teken van die kruis. Ook in die ryk hierna sal die

verlossende krag van Jesus nog benut kan word. Ook in die hiernamaals

moet die Goddelike Verlosser aangeroep word, omdat My kruisoffer ook dan

nog erken word en daardeur dus Ek Self in Jesus en dat die vrywording van

die wese van My teenstander beteken dat dit eers moet plaasvind as hy tot

saligheid wil kom.

Ek het die verlossingswerk as mens op hierdie aarde volbring en hierdie

aardse periode het ‘n bomatige geseënde tyd geword waarin baie van die

eens gevalle geestelike die weg terug tot My gegaan het. Maar hulle wil

word nie gedwing nie en kan ook nooit gedwing word nie, om welke rede

nog tallose skeppings moet ontstaan, of te wel, eindeloos baie skeppings

sal nog volg wat almal in die teken van die verlossingswerk sal staan,

omdat geen verlossing sonder Jesus Christus kan plaasvind nie. En My

erbarmende liefde sal die mense steeds weer die kennis van die kruisoffer

en die aan die kruis verworwe barmhartigheidskat laat toekom.

Steeds weer sal verligte mense deur My Gees onderrig kan word en steeds

weer sal hulle in staat wees om die hele verband te begryp en sodoende

ook hulle medemens die betekenis van die verlossingswerk deur Jesus

Christus, die daad van My menswording op aarde en die vergoddeliking van

die mens Jesus volgens waarheid kan uitlê. Hierdie kennis sal vanuit ‘n

periode op aarde na die volgende oorgeneem word en nooit meer verlore

gaan nie. Want die werk van erbarming word volbring vir alle mense, vir

die mense uit die verlede, van vandag en die toekoms. En geen

eensgevalle-wese kan tot My terugkeer, wat homself nie uit vrye wil deur

Jesus Christus laat verlos nie. Amen

62

Die rede vir die diep kennis - Die geloofstryd

7023 23 Januarie 1958

Hoe meer Ek julle in My heilsplan van die ewigheid sal inlei, des te meer

kan julle waardevolle arbeid verrig, want julle is nou eers geskik om julle

medemens tot leraar te dien wanneer julleself oor ‘n groot kennis beskik.

Eens het Ek Self My dissipels opgelei en daarom sal Ek nou ook My laaste

medestryders onderrig, sodat hulle vir My en My ryk kan opkom as dit van

hulle verlang word. Sodat hulle op die voorgrond kan tree wanneer dit

daarom gaan om die geloof te verdedig insake leerstellings wat nie

bewysbaar lyk nie, want die tyd sal kom waarin mense die stryd sal aansê

teen alles wat geestelik is. En geen bestaande geestesrigting sal daarvan

verskoon word nie, maar sal aangeval en belaster word. En ook sal dit nie

moeilik wees vir My teëstander om die fondament van die meeste

geloofsrigtings te vernietig nie, want die meeste is maar net op "los sand"

gebou, dit wil sê hulle leerstellings kan nie met weerstand standhou nie.

Hulle sal ontsenu word en hulle aanhangers sal begin twyfel en maklik van

die geloof afgebring word as hulle nie in fanatisme in hulle geestelike

rigting getrou sal bly nie, maar egter sonder om innerlik oortuig daarvan te

wees.

Maar so sal ook teen die suiwer waarheid geveg word, dus ook teen julle

wat deur Myself gekies en onderrig word as verteenwoordigers van die

waarheid wat Ek self aan julle laat toekom. Ook julle sal in die stryd betrek

word, maar dit sal julle teëstanders moeilik geval om julle ten gronde te

bring, omdat julle as gevolg van julle insig bekwaam sal word om die

waarheid te verdedig en ook elke teenwerping te weerlê, omdat julle die

diepste samehang logies sal kan motiveer. Juis daarom openbaar Ek My

heilsplan aan julle en skenk aan julle kennis wat vir julle die rede sal wees

om die stryd teen julle "vyande" op te neem, want so sal julle stry met die

"swaard van die mond".

Begryp julle nou waarom Ek julle steeds weer die kennis van Bo laat

toekom? - Waarom Ek julle ‘n blik laat neem in ‘n geestelike gebied wat

algemeen goed is en wat elke mens tog kan besit as hy homself maar so

sou vorm dat hy deur My Gees verlig kan word?

Die denke van die mense het in verwarring geraak en hulle derhalwe

verstrik in ‘n net van dwalinge en leuens. Hulle kan nie meer die weg

daaruit vind nie, omdat hulle nie die wil daartoe het nie. En die

verduistering sal juis duidelik word wanneer hulle ernstig standpunt moet

inneem ten opsigte van die geloof, hulle verhouding tot My en My

verlossingswerk. Dan sal alles soos ‘n kaartehuis ineenstort, want die

teëstander sal meedoënloos optree en elke leer weerlê, of alles belaglik

maak wat tot nog toe vir die mense gewyd was.

My dissipels sal geen angs toon nie en moedig die stryd opneem en

rekenskap gee en dit waarlik met groot oorwig omdat hulle nie sal praat

63

nie, maar Ek self. Tog moet My eerste stryders deur Myself onderrig word,

want hulle moet uit eie beweging en in hulle eie styl praat om die

medemens nie tot geloof te dwing nie.

Ook sal daar stryders uit die geledere van die teëstander by julle aansluit

wat die indruk van julle woorde en julle steekhoudende argumente nie sal

kan ontken nie. Sodoende sal die tyd eenmaal kom waarin julle al julle

kennis sal kan benut en vir hierdie tyd onderrig en voorsien Ek julle van

leerstof wat elkeen nie kan besit nie en omdat dit van My af kom, sal dit

ook nie sonder uitwerking bly nie. Ek wil baie mense nog graag help, maar

of hulle hulp wil aanvaar, is aan hulle vrye wil oorgelaat. Ek laat wel

ongewone dinge gebeur, maar altyd op so ‘n wyse dat dit nie tot geloof

dwing nie. Ek giet nog baie barmhartigheid uit, maar daar moet uit vrye wil

daarvan gebruik gemaak word. Amen

Die regte houding teenoor die verlossingswerk van

Jesus

7024 24 Januarie 1958

Hoe julle instelling is teenoor die werk van verlossing en teenoor Jesus

Christus, is beslissend vir die sukses van julle hele aardse lewe. Die

barmhartigheid, om beliggaam te word as mens, word aan julle geskenk,

maar julle sou en sal heeltemal niks bereik as julle dit sonder Jesus

Christus en Sy vergewing van julle sonde beëindig nie. Want as julle nie

eerstens van julle oerskuld verlos word nie, dan is julle ook die ingaan in

die Ligryk ontsê.

Slegs die Goddelike Verlosser, Jesus Christus, kan vir julle die poorte

oopmaak. Maar daartoe is die vergewing van julle skuld en ook die

erkenning van Sy verlossingswerk ‘n voorwaarde. En as julle nou besef dat

julle aardse lewe vergeefs geleef kan word en julle siele aan die einde in

dieselfde toestand sal wees soos in die begin van julle beliggaming; as julle

besef dat die aardse lewe dan heeltemal sinloos was, om’t ewe of dit vir

julle vreugde of lyding gebring het, dan sou julle tog moet probeer om die

korrekte sin daaraan te gee.

Julle moet meer daarna strewe om die lewe in die hiernamaals in orde te

bring, wanneer julle tenminste nog in ‘n lewe na die dood glo. Maar hulle

wat onverskillig voortlewe en nie in Jesus Christus en Sy verlossingswerk

glo nie, sal ook wel nie in ‘n lewe na die dood glo nie. En tog moet hulle

steeds weer vertroud gemaak word met die kennis oor Jesus Christus,

sodat hulle gedagtes gestimuleer kan word en dit hulle steeds weer

oorgebring word, om hulle houding teenoor Hom van naderby te bepaal. En

die geringste bereidwilligheid sal ook deur Hom ondersteun word. Hy sal die

mens tegemoet kom en dit vir hom maklik maak om die geloof in Hom te

verwerf. Maar die vryheid van wil sal die mens behou, want hy self moet vir

Jesus Christus kies, sodat die verlossing kan plaasvind. Die mense begryp

64

nie hoe belangrik dit is om die weg na Hom te gevind het nie. Want die

aardse lewe duur maar ‘n kort tydjie en dit kan die siel vry maak van alle

kettings, sodat hulle as liggeeste kan opstyg in die uur van hul dood. Die

siel het hierdie beliggaming as mens bewustelik aanvaar, want aan hom

was die aardse lewe, asook die doel, vooraf getoon. Hy word nie

dwangmatig beliggaam nie; elke siel het, as hy tot volwassenheid gekom

het, die verlange om die beliggaming as mens en om van die stoflike

omhulsel bevry te word en hy weet dan ook dat die gang oor die aarde as

mens aan hom die laaste moontlikheid bied. Maar hierdie herinnering word

weer van hom weggeneem sodra hy in ‘n menslik omhulsel geplaas word.

Daarom is dit vir elke siel van die grootste belang dat hy homself aan

Jesus Christus hou, wat deur Sy verlossingswerk dit moontlik gemaak het

om hom van sy boeie te bevry. Want sonder die delging van die oerskuld

kan die mag van die teenstander van God nie verbreek word nie. Dit moet

aan alle mense uitgelê word, alle mense moet volgens waarheid

opheldering ontvang oor wat Jesus Christus en Sy verlossingswerk beteken.

Alle mense moet daaroor nadink welke doel die aardse lewe het en of hulle

lewe aan die doel beantwoord. En wie ernstig daaroor nadink, sal ook in sy

gedagtes volgens waarheid onderrig word deur die geestelike wêreld en

deur God, wat in die mens Jesus die verlossingswerk volbring het om die

groot oerskuld tot niet te maak, om alle mense die moontlikheid te gee om

deur die poort die ligryk binne te gaan. Maar sonder Jesus Christus bly

hierdie poort gesluit, sonder Jesus Christus kom geen mens tot saligheid

nie, omdat hy sonder Jesus Christus in die mag van die teenstander bly wat

hom nooit sal vrygee nie. Amen

Siekte en leed is noodsaaklik om die siel te reinig

7028 29 Januarie 1958

Dra julle kruis met geduld, word nie wankelmoedig in die geloof nie en dink

daaraan dat julle Vader in die Hemel alles weet, dat julle nie alleen is in

julle nood nie. Weet dat Ek julle te voet volg en naas julle gaan, as julle

maar met My verbind bly in gedagtes, deur gebed en liefdewerke. Julle kan

julleself dan getroos tot Myne reken oor wie Ek My Hande beskermend hou,

selfs as julle skynbaar hulpeloos is. Maar julle moet My vertrou en nooit

twyfel aan My liefde nie, wat julle slegs wil vorm vir ‘n ewig lewe in

saligheid.

Dit gaan om die heil van julle siele en dit hang af van die liggraad waarin

julle kan gaan na julle liggaamlike dood. Neem julle nou ook slegs ligte

omhulsels met julle mee dan sal ook die ligtstraal wat julle siele beroer

verswak wees. As julle van alle omhulsels bevry is, dan sal julle ook die

hoogste saligheid geniet deur die ligstraal, wat ongehinderd tot julle kom.

Julle sal onmeetlik salig wees, waarvoor julle slegs ‘n heel kort smartlike

aards lewe moet verdra.

65

Dink hieroor na en vertrou op My dat Ek daarvan op hoogte is en ook van

wat julle in staat is om te dra. Met die oog op die naderende einde sal ook

My mag Hom somtyds openbaar, dog altyd eers as ‘n doel bereik is,

wanneer ook die reinigingsproses by ‘n siel suksesvol was, wanneer ook die

siel genees is sodat die genesing van die liggaam daarop kan volg sodat dit

My nog in die laaste tyd dienste kan bewys. Want dit gaan om die heil van

die siele en alle mense is in geestelike nood wat hulle nog nie geheel en al

aan My oorgegee het nie. Die se siele is nog siek en het 'n goeie medisyne

nodig, wat Ek hulle wil aanbied deur julle My dienare van die eindtyd.

Nog net ‘n kort tyd en die geleendhede wat die mense nou nog die redding

van hul siel sou kan bring, is verby. ‘n Kort tyd nog en vir elke mens het

die einde gekom, waarby hy nie meer vir sy siel kan sorg nie, wanneer dit

ondeurdringbare nag is as die siel nie ontvanklik vir lig geword het nie.

Maar solank die aarde nog bestaan en ‘n mens nog op hierdie aarde

vertoef, moet hy alleen daarvoor sorg dra dat sy digte omhulsel afgestoot

word, dat sy siel die lig bereik voor die nag aanbreek.

Want die einde staan onherroeplik voor julle onherroeplik word julle mense

deur die nag verras, julle wat na My luister en My woorde geloof skenk.

Julle hoef in die geheel nie te vrees nie want julle kan altyd seker wees van

My liefde en erbarming, maar julle moet daar ook om vra. Julle moet daar

self iets voor doen sodat ook Ek julle My liefde en ontferming kan laat

toekom. Julle sal moeite moet doen om die laer substansies wat julle siele

omgeef kwyt te raak.

En omdat julle dikwels daarin faal gryp Ek Self in en laat nood en siekte oor

julle kom, wat dan dit kan bewerkstellig wat julle uit eie beweging nie doen

nie, nl. aan julle siele te arbei sodat julle ontvanklik vir lig, kan ingaan in

die geesteryk, want ‘n geringe graad van lig sal julle siele reeds gelukkig

maak. Maar hierdie liggraad kan julle op aarde nog vergroot as julle alles in

oorgawe op julle neem, as julle, julle kruis geduldig en berustend dra en as

julle ook op hierdie wyse deelneem aan Jesus se weg van die kruis, as julle

Hom navolg in liefde en leed.

Dan kan julle siele hom op aarde reeds vergeestelik en is hy waarlik ‘n lot

beskore in die ryk van die lig, wat hom onmeetlik gelukkig maak. Daarom

moet die swaarste leed julle ook nie moedeloos laat word nie, want Ek weet

wanneer die kruis te swaar vir julle word en dan neem Ek dit van julle oor

en dra dit vir julle. In My sal julle waarlik ‘n sterke steun vind, vir My is te

alle tye alles moontlik. Maar julle moet My daarom vra in die volste

vertroue op My liefde, My wysheid en My mag. Want hierdie wil hom uiter

teenoor My kinders, teenoor hulle wat Myne is en wil bly tot in alle

ewigheid. Amen

66

“Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde”

7031 2 Februarie 1958

Hierdie woorde kon Ek tereg sê toe Ek op aarde geleef het. Want dit was

My Vader wat in My was en wat My hierdie mag gegee het. Met Wie Ek Een

geword het en wat My daarom heeltemal vervul het, sodat Hy self in My en

deur My kon werk. En hierdie mag het Ek ook na My aardse lewe behou,

want slegs My aardse omhulling was vir My hemelvaart iets menslik; alles

wat in hom geberg was, was God, wat Hom in Jesus Christus vir alle

wesens sigbaar maak.

En dus spreek die mens Jesus wel die woorde: "Aan My is alle mag gegee."

maar die Godheid in hierdie mens beskik Self oor die mag.

Sodoende kon Ek Myself omskryf as Die Een wat alle mag het in die Hemel

en op aarde, omdat daar geen skeiding was tussen die ewige Gees van die

Skepper en Hom, wat My in Hom opgeneem het nie. En hierdie mag sal Ek

ook aan geen ander wese buite Myself oordra nie, want dit behoort tot My

Oerwese wat in Homself Liefde, Wysheid en Almag is. Wie dit begryp, weet

ook dat slegs My Wil dus regeer. Dat dit dus slegs wesens met volmag kan

wees wat volgens My Wil handel of wesens wat hulself teen My Wil verset.

Dat die eersgenoemdes dus met My regeer, terwyl die laasgenoemdes

geregeer moet word. Ofskoon My Wil en My mag egter in ewigheid nie

verminder nie, sal Ek dit tog nie altyd gebruik nie, want Ek laat soms ook

die wat My nog vyandig is, hul gang gaan. Maar steeds tot ‘n bepaalde

grens, om duidelik te maak Wie se mag onbegrens is.

Slegs My mag waarborg sowel die bestaan as die vooruitgang en die

moontlikheid om volmaak te word, terwyl dit wat vyandig werksaam besig

is en nie op die regte tyd beëindig word nie, ‘n totale vernietiging sou

beteken.

Aan My is dus die mag gegee. Dit moet vir julle mense ‘n aanwysing wees

tot Wie julle jul self moet wend, Wie julle alles kan gee, aan Wie julle jul

self moet toevertrou as julle ‘n magtige Behoeder en Beskermer nodig het.

Nie die "Veraf" God sal julle hierdie hulp gee nie, maar slegs Hy, wat as

Goddelike Verlosser Jesus Christus die volle mag het, omdat in Hom die

Ewige Godheid, die Gees van die Oneindigheid beliggaam is. Alleen omdat

julle eers met God in verbinding tree, deur Jesus Christus. Alleen omdat

julle Myself eers erken as julle My in Jesus Christus aanroep, omdat daar

buiten Jesus Christus geen God is wat magtiger sou wees as Hy nie. En so

is Hulle ook maar Een wat in die hele heelal regeer en aan Wie alle

skeppings onderworpe is en in Wie se opdrag ontelbare wesens hierdie

skeppings versorg en wat alles tot stand bring volgens Sy ewige heilsplan.

Van Myself ontvang hulle My aanwysings, deur Myself is hulle uitgerus met

die nodige krag vir hulle opdrag en deur Myself word alles so gelei dat dit

met My Liefde en Wysheid ooreenkom. En geen wese aan wie die

onderhoud en versorging van baie skeppings opgedra is, sal homself teen

67

My Wil verset nie. My Wil deurstroom hulle, omdat hulle volmaakte wesens

is, wat deur My Wil deurgloei word, deur My Wysheid deurstraal word en

met My Krag vervul is en daarom steeds slegs uitvoerders van My Wil is.

Waar My Wil homself egter tydelik terugtrek, daar kom onvolwasse wesens

wat My nog afkerig is, te voorskyn en werk My wel teen. Maar hulle bly tog

altyd onder My beheer, sodat ook hulle deur My Wil bedwing word as Ek dit

nodig ag. Want slegs Een regeer in die Hemel en op aarde, aan Een staan

alle mag ter beskikking, voor Hom moet alle wesens van lig en duisternis

hulself buig, want My mag is onbegrens en sal dit bly tot in alle ewigheid.

Amen

Die gawe van siektegenesing

7032 3 Februarie 1958

Die gawe om siekes te genees verleen Ek aan hulle wat sterk is in geloof en

in liefde. Ek kan alleen deur hulle werk omdat Ek nie teen My wet van orde

handel nie. En daarom deurstroom die genesende krag wat van My uitgaan

en die sieke totaal genees ook maar weinig mense.

Dit is daarom begryplik dat die diep gelowige genesers altyd My en My

Naam verkondig, omdat hulle ook geestelik ontwaak is en gevolglik dus ook

die betekenis van My verlossingswerk ken en daarom ook steeds ywerig hul

medemens probeer te onderrig. Genesende krag sal derhalwe alleen ‘n

ware belyer en verkondiger van My Naam hê. Julle mense moet daaraan

dink want daar word ook skyn genesings verrig, wat egter nie deur My krag

maar deur vyandelike inwerking tot stand kom. Die genesing van siekes

moet dus altyd in My Naam geskied, alleen dan kan van ‘n gawe van die

gees gepraat word, van ‘n buitengewone sterke geloofskrag en van My

direkte inwerking op die mense wat deur hierdie diep gelowige geneser

geskied.

Verder sê Ek julle dat by die sieke wat genesing soek ook ‘n sekere graad

van geloof aanwesig moet wees, dat hy My nie mag afwys nie, maar bereid

moet wees om hom gelowig oor te gee aan My inwerking by hom. Dan sal

die genesing sy geloof nog versterk en moontlik ook nog ongelowige mense

aanleiding gee om ‘n ander houding teenoor die leringe van die geloof aan

te neem, ofskoon ook hulle eers deur ‘n lewe in liefde tot ‘n lewende geloof

kan kom. Van 'n geloofsdwang kan dan in so'n geval nie gepraat word nie,

maar alleen van ‘n verandering in die denke, omdat almal die genesing

gevind het wat hulle nou in gedagtes met iets besig hou wat hulle tevore

buite beskouing gelaat het. Die genesing is vir hulle dan ‘n aansporing om

te glo, maar tot ‘n ware geloof kan hulle alleen deur ‘n lewe in

onbaatsugtige naasteliefde kom.

Dog wat al eerder gesê is, wie al glo die val deur so'n genesing ‘n

geweldige versterking van sy geloof ten deel, sodat hy die mag van God

ten volle besef. En met die oog op die naderende einde sal Ek My op die

68

wyse nog dikwels openbaar. Maar altyd alleen daar waar die voorwaardes

aanwesig is, waar ‘n mens hom geheel en al aan My oorgee sodat die krag

van My Gees hom kan deurstroom.

Hy sal dan My en My Naam voor die wêreld belei en die krag wat hom

deurstroom gebruik vir die welsyn van sy medemens, tot genesing van

siekte en gebreke van allerlei aard.

Dog die eerste voorwaarde is ‘n lewende deur liefde verkreë geloof. En die

mense kan hulle almal gelukkig ag wat in hul midde so'n diep gelowige

broeder het, want hy is in ‘n sekere sin ‘n bemiddelaar tussen My en hulle,

omdat hy My krag regstreeks in ontvangs neem en dit weer op sy lydende

medemens uitstraal, aan wie hy egter My en My verlossingswerk met die

volste oortuiging verkondig.

So'n mens is ‘n regte stryder vir Christus. Hy is ‘n geskikte dienaar in My

wingerd. Hy is daarvoor bekwaam om in die eindtyd opwekkings teweeg te

bring, om die mense na My in Jesus Christus te lei. Om dus ‘n werk van

verlossing te verrig waarvoor Ek hom sal seën, want in die verduisterde

wêreld moet heldere ligte straal sodat die mense siende word. Amen

Verlossing slegs deur Jesus Christus

7034 5 Februarie 1958

Sonder die verlossingswerk van Jesus Christus sal julle nooit daarin slaag

om vry te word nie. Hierdie woorde moet steeds weer aan julle genoem

word, want julle moet weet dat julle jul self nog in onvryheid bevind; dat

julle nog gebonde is deur My teenstander.

As mens is julleself nie heeltemal van jul kettings bewus nie, omdat julle

nie ‘n ander bestaan ken nie, omdat vir julle die bestaan in vryheid, lig en

krag heeltemal vreemd is. Maar tog was dit die wese van julle bestaan in

die begin van julle ontstaan, eens was julle vry en kon in lig en krag werk

en julle het julleself in ‘n toestand van onbegrensde saligheid bevind. As

mens ontbreek julle egter die herinnering aan hierdie toestand van weleer

en daarom kan julle dit glo of ook nie, as julle hiervan op hoogte gebring

word.

Maar as julle ongelowig is, probeer julle ook nie om uit hierdie onvrye

toestand ‘n uitweg te vind nie, want die geloof in die Goddelike Verlosser,

Jesus Christus, is die voorwaarde as julle Hom aanroep om hulp. Dog vir

alle mense moes die toestand van vryheid, lig en krag begeringswaardig

wees, want iedereen kan tog wel insien dat hy nie salig is in die aardse

bestaan as mens nie. Dat by hom die krag ontbreek om alles uit te voer

wat hy wil, dat dit by hom ook aan insig ontbreek van die hoogste wysheid

en aan onbeperkte kennis. Die mens is ‘n onvolmaakte skepsel solank hy

homself op die aarde bevind, geskei van die Goddelike Gees van sy Vader.

En hierdie skeiding het die wese eens self veroorsaak deur sy verbinding

met My teenstander, wat homself as eersteling van My losgemaak het deur

69

sy weerspannige gesindheid. My teenstander hou nou die wese gevange

wat homself nie meer van hom kan vrymaak nie, dus moet die wese gehelp

word, omdat hy alleen te swak is om van hom los te kom. Hierdie hulp is

enkel en alleen Jesus Christus, want as julle mense nou wil vry word en dit

is wel in die aardse lewe moontlik, dan moet julle Jesus Christus om hulp

aanroep. Julle moet Hom erken as Oorwinnaar, want Hy het die

teenstander oorwin. Julle moet Hom erken as die aardse Houer waarin Ek

Self vertoef om die stryd met My teenstander uit te veg. En dit was slegs in

‘n aardse verblyf moontlik, in die vorm van ‘n mens wat swak was,

gelykstaande met julleself en wat ook Goddelike krag nodig gehad het om

Hom in staat te stel om oor die teenstander te seëvier.

En hierdie krag was die liefde, My Oerwese, om welke rede dus die

verlossingswerk deur die liefde, deur Myself volbring was. En soos die mens

Jesus die krag van My getrek het, omdat Ek Hom daarmee vervul het, so

moet julle ook tot My bid vir die gawe van krag wat die mens Jesus vir julle

deur Sy kruisdood verwerf het. Slegs deur Jesus Christus kan julle hierdie

krag verkry, of ook: Julle moet tot My in Jesus bid dat Ek julle weer die

krag sal gee wat julle eens afgewys het. Maar hierdie gawe is nie moontlik

sonder die erkenning van die verlossingswerk nie, want eers daardeur kan

julle vergewing vind van die vroeëre ontsaglike sonde van julle afwending

van My. Die kruisoffer was die delging van hierdie groot skuld. Dit is vir

hom wat van goeie wil is nie moeilik te begryp nie, maar die onwillige kan

die samehang hiervan nie aanneem en glo nie. En tog mag hy homself nie

heeltemal afwysend teenoor die probleem opstel nie, maar moet ootmoedig

sy onwetendheid en onbekwaamheid t.o.v. die korrekte insig beken. Hy

moet wil dat opheldering aan hom volgens waarheid gegee word en die

insig daarvoor vir hom ontsluit word. Hy moet die voortdurende

vermaninge ter harte neem dat niemand sonder Jesus Christus kan salig

word nie. En hy moet steeds begeer om nog op aarde vry te word van die

gebonde toestand. Want elke mens kom tot die besef dat hy nie vry is nie.

Geen mens voel homself op aarde onbeperk gelukkig nie en elke mens is

aan periodes van swakheid onderworpe. Want elke mens is belas met die

oerskuld, wat slegs deur die Goddelike Verlosser Jesus Christus gedelg kan

word. Amen

Boodskappe oor ‘n voortbestaan van die aarde word

eerder geglo

7040 11 Februarie 1958

Slegs in 'n klein kring sal julle nog kan werk, want die wêreld is baie sterker

as julle en hulle sal julle wegstoot as julle op die voorgrond wil tree. Nog is

die wil om te lewe van die mens te sterk tot ‘n lewe wat nie ewig duur en

wat slegs bestaan uit die vreugde van die wêreld. En waar hierdie wil

70

oorwegend is, sal julle geen terrein wen nie, ook al besit julle die suiwer

waarheid.

Geen mens wil hom met die gedagte vertroud maak dat die aarde voor sy

einde staan nie, dat daar so'n geweldige omwenteling op hom voltrek word

dat dit al die lewe van die aarde vernietig. En daarom is die mense

toegankliker vir die soort mededeling wat ‘n voortbestaan van die aarde

leer. En so is dit ook te verklaar dat boodskappe wat My woord, wat julle

van bo gestuur word, totaal weerspreek, eerder geglo word. Omdat die

mense in hierdie boodskappe hoop en sekerheid soek en ook vind, dat hul

aardse lewe nie binnekort skielik beëindig sal word nie.

Die mense sal hulle deur sulke boodskappe gewilliger laat imponeer as deur

die vermaninge en waarskuwings wat julle hul verkondig. En daarom sal die

bringers van hierdie boodskappe baie meer byval vind, die mense wil julle

egter nie aanhoor nie, veeleer staan die mense vyandig teenoor julle. En so

sal julle steeds alleen maar in die mate werksaam vir My kan wees, soos Ek

Self dit vir julle moontlik maak, julle moet dus nooit glo om in die wêreld na

vore te moet tree nie.

Die wêreld is die ryk van My teenstander en sal dit ook bly en wie in die

wêreld ontvanklikheid en byval vind, werk ook vir die wêreld en sodoende

vir My teenstander. Laat dit julle gesê wees dat daar altyd alleen maar ‘n

klein groepie aan My en My ryk voorkeur sal gee en dat dit die werk van die

vyand is wat in en vir die wêreld groot is.

My woord wat Ek tot julle stuur, moet wel verbrei word en Ek seën almal

wat hulle vir hierdie arbeid uitsit. En My seën sal ook op hul geestelike werk

rus, sodat die harte van hulle wat gewillig is, hul getref voel en julle

sodoende ook geestelike sukses sal behaal. Maar onthou dit: julle moet

hierdie missie nooit in groot omvang uitvoer nie, want al te maklik kan My

teenstander daar insluip, waar massa's mense bereik moet word.

Die meerderheid van die mense sal nooit dieselfde mening as julle hê,

wanneer dit oor die aanneem van die waarheid gaan nie. Hulle is dit alleen

met julle eens as daar vir hulle gunstige wêreldse vooruitsigte aanbied

word. Die mensdom is heeltemal blind, maar sommige van hulle sien tog

die groot gevaar van die wetenskaplike ondersoeke in, maar hulle probeer

nog hulself gerus te stel. Hulle glo daarom eerder aan hulpverlening deur

buiteaardse kragte, omdat hulle graag wil dat hul geliefde aarde behoue

bly. Maar hulle raak daarby hul helder sienning kwyt, hulle laat hulself

mislei en raak so in die vangnette van hom wat alles wil vernietig, terwyl

daar ‘n lig skyn wat die mense oriënteer om die weg na My te neem.

Maar julle moet die duisternis verlig met die lig wat van bo af na die aarde

straal. Julle moet, ondanks die onwilligheid van die mense, steeds weer oor

die nabye einde en die laaste waarskuwingstekens wat dit voorafgaan

getuig. Julle moet vlytig wees en elke geleentheid benut om My woord te

verbrei, maar julle moet in die stilte werk, want in die openbaar sal julle

weinig resultaat boek.

71

Maar van die verlossingswerk van Jesus Christus moet julle oral waar julle

die geleentheid gebied word, melding maak, want daaroor kan elke mense

onderrig word. Ook hulle wat wêrelds is en geen ag op My slaan nie, kan

julle op My evangelie van die liefde wys, wat Ek julle as Jesus gegee het en

hulle My ook nog nie herken in Hom nie, is hulle tog van Hom op hoogte en

so sal hulle ook My ou waarheid hoor, wat hul gewete kan beroer en wat

hulle ook daartoe kan bring om eens teenoor My woord ‘n standpunt in te

neem. En wie die waarheid wil weet kan ook hul harte open vir My nuwe

woord, voordat die einde kom. Amen

Die genesing van siekes - Verkondiging van Jesus

Christus

7042 14 Februarie 1958

Wie eenmaal oortuig die geloof in My gevind het die sal dit ook nooit meer

verloor nie. Selfs al sal daar altyd weer verleiding op hom afkom,

geloofswaktes, waaraan elkeen blootgestel is solank hy op die aarde

rondgaan. Maar hy neem altyd weer die weg na My, Wie hy herken het as

sy God en Vader van ewigheid.

Maar omdat die meeste mense nog nie glo nie en nog ver van insig af is

omdat hulle nog ver van My af staan. Maar Ek kom hulle somtyds op

ongewone wyse tegemoet om hulle tot geloof te bring. Want dit is hulle wat

deur ongewone dade, deur siekegenesing of wondere van ‘n ander aard tot

nadenke gebring moet word. Maar dit geskied altyd deur gelowige mense,

dat Ek dus My en My krag deur diegene kan toon wat al gelowige is,

waardeur hul medemens dan aangespoor word om ook verbinding met My

te soek, met My, hul Skepper, Wie hulle in elke ongewone gebeure kan

herken.

En so is dan baie siekes alleen maar uitgekose werktuie wat as te ware

deur hul geloof toelaat dat Ek op hulle inwerk en daarmee tegelykertyd hul

medemens ook tot geloof moet bring. Want op ‘n heel ongelowige mens sal

Ek nooit My krag laat inwerk nie, om welke rede ook die deur My gekose

heelmeesters deur hul geestelik insig kan herken, of ‘n genesing deur

geloof kan plaasvind of nie.

Daarom sal ook nie altyd genesing plaas vind nie, selfs al is ‘n deur My

opgewekte heelmeester aan die werk. Die genesing van die siel is van heel

groot belang, maar die genesing van ‘n geheel ongelowige sal eerder die

dood van die siel tengevolge hê as sy lewe.

Daarom word My genesers deur geloof ook dikwels deur die wêreldse

mense bestry, wat glo dat hul afwysende houding kan motiveer dat nie elke

genesing geluk nie, dat dikwels mislukking te bevestig is wat egter deur die

bostaande verklaar word. En daardeur bly ook die gebied van die

wondergenesings ‘n omstrede gebied en die wondergenesings word

daardeur geen geloofsdwang nie. Die mense kan dus in wondere glo, maar

72

hulle word nie daartoe gedwing nie. Maar elke gelowige mens laat die

welslae aan My oor, want sy geloof in My gee hom ook die sekerheid dat Ek

sal doen soos dit vir die siele van die mense goed is.

In die laaste tyd voor die einde, sal die tekens en wondere egter toeneem.

Want dit gaan dan om die krag van My Goddelike Naam Jesus te bewys,

sodat aandag geskenk word aan My verlossingswerk en die ongelowiges die

weg na My vind, eer dit te laat is. En daarom sal waar die Goddelike

Verlosser Jesus Christus verkondig word Hy Hom baie wonderbaarlik

openbaar.

Wie gelowige is die moet My ook dien deur getuienis van My af te lê, sodat

My krag in hom werksaam kan word. Wie gelowige is die moet hom in die

aardse nood van sy lewe aan die verkondigers van Jesus Christus

toevertrou, sodat Ek deur hierdie ‘n bewys van My mag en krag kan gee en

daarmee ook hulle te hulp kom wat nog swak is in die geloof of teenoor My,

hul Goddelike Verlosser Jesus Christus nog geheel ongelowig staan. Want

dit moet julle almal weet, dat Ek met die oog op die naderende einde heel

ongewoon te werk sal gaan en My daarom van diegene bedien wat sterk is

in die geloof en in die liefde. Amen

Hulpverlening uit die heelal?

7043 15 Februarie1958

Julle My aardse kinders, julle is bestem om die hoogste graad van saligheid

te bereik, want Julle wie op hierdie aarde leef, moes deur die diepste

dieptes heengaan, omdat julle jul self as oergeskape geeste in hierdie

diepste dieptes gestort het, wat egter nie deur My daarheen verban is nie.

En as julle, julleself nou, al is dit ook met My hulp, uit hierdie diepste

duisternis omhoog gewerk het en nou as mense die laaste gang op aarde

moet aflê, dan hoef julle eintlike ek (julle siele) nog maar net die laaste

wilsbeproewing af te lê, wat julle lot in die ewigheid sal bepaal.

Hierdie wilsbeproewing eis egter juis vir die wese wat deur die diepste

dieptes heen moes gaan, ‘n geweldige verandering van sy denke en strewe

van weleer, wat van hom nou egter ook besonder gewaardeer word, wat vir

julle begryplik word as julle daarvan in kennis gestel word dat My ander

leer-institute verblyfplekke is vir die geestelike wesens wie se val nie so

eindeloos diep was nie en wat daarom ook nie so buitengewoon moet stry

om weer in die sfere van die lig te kom nie.

Julle mense was dus buitengewoon belas gewees deur julle vroeëre

afvalligheid van My. Julle “ek” die eens gevalle oergees dus moes daarom

ook buitengewoon worstel en ofskoon die langsame opklim plaasgevind het

onder die wet van "jy moet", is tog die laaste vrye wilsbeproewing ook nog

buitengewoon swaar, maar nie uitsigloos nie. Want die barmhartigheid van

die verlossingswerk staan elke eens gevalle wese ter beskikking. En

bowendien staan ligwesens julle almal by in ‘n eindelose hoeveelheid, wat

73

vervul met liefde, alles doen om julle te help om reg te beslis. En al is die

voorwaardes op hierdie aarde dus hoe swaar, dit kan tog nagekom word en

die heerlikste loon wag vir hulle wat dit sal vervul.

Maar alles geskied in die kader van My wetlike ordening. Daar kan nie

willekeurig hulp verleen word waar dit nie afgesmeek, of afgewys word nie.

En so kan die ligwesens ook nie willekeurig hulp verleen nie, maar hulle sal

altyd in ooreenstemming met My Wil werksaam wees. Want My Wil is ook

hulle wil, sodra hulle hulself in die lig bevind. En My Wil bring hulle dus

daartoe of verhinder hulle om te werk vir die welsyn van die siele wat op

die aarde beliggaam is. Dit moet julle weet, dat Ek regeer en dat My Wil

geëerbiedig word deur al die geestelike wat My dien, dus My ligryk bewoon.

En nou sal julle ook begryp dat ook die ligwesens elke dwingende invloed

agterweë laat, omdat dit nie volgens My Wil is nie, want Ek verlang ‘n

wilsbeslissing in vryheid. Ewemin as wat Ek die mense sal dwing om My

Woord aan te neem, dat hulle die hoogste liefde en barmhartigheidsbewys

toegestuur word, as sterkste hulpmiddel vir die vrye wilsbeslissing, ewemin

sal Ek My toestemming gee dat My ligbodes dwingende bewys van hulle

werksaamhede aan die mense gee. Hulle sal dit ook nooit doen nie, omdat

hulle My liefdes- en heilsplan ten duidelikste insien en ook weet, dat deur

dwang en bewys geen sukses behaal kan word nie.

Dit sou egter ‘n bewys wees van buiteaardse werksaamheid, as uit die

heelal wesens met die aarde kontak soek wat sogenaamd in My opdrag

julle hulp sou bring. Hulp in aardse nood kan slegs Ek julle bring en hulp in

geestelike nood geskied nie op ‘n manier wat tot geloof dwing nie. Hulp in

aardse nood - wat dit ook al is - kan wel ook deur My ligwesens uitgevoer

word, maar nooit sal hulle hulself vir sulke hulpverlening voor julle sigbaar

materialiseer nie. Want die ligwesens het sulke materialisasie nie nodig nie

en bowendien weet hulle dat die mense op die manier nie beïnvloed mag

word nie, sodat hulle gedwing word om aan boaardse wesens en in ‘n

boaardse mag te glo nie. Sodra julle mense hulp verwag kan dit julle ook

verleen word, maar altyd onder die voorwaarde dat julle geestelike arbeid

sal aanvaar en dus ook geestelike inwerking sal toelaat, maar dit gebeur

nooit op ‘n sigbare manier vir julle nie.

En dat julle nou glo dat die aarde as sodanig die beskerming en die hulp

van die geesteswêreld nodig het, as julle glo dat die vernietigende invloed

deur menslike wil deur hierdie ligwesens verhinder of afgeweer sou kan

word, dan word julle deur die geloof van hulle hulp verseker, maar nooit op

die wyse dat bewoners van ander wêrelde julle hierdie hulp sal verleen nie,

dat dit julle toegestuur word om My Wil uit te voer. Besef tog hoe klein

julle, julle God en Vader daardeur voorstel, dat Hy hierdie sterrebewoners

nodig het om julle onder Sy hoede te neem.

En besef wat ook hierdie bewoners van andere sterre is. Dat ook hulle

hulself in ‘n opgaande ontwikkeling bevind, wat geestelike wesens is, wat

sekerlik ook as My skepsele eenmaal salig sal word, wat deur ‘n diep

74

verlange onophoudelik gedryf word om nader aan God te kom, wat egter

steeds in die omgewing van die hemelliggaam sal bly, waarop My Liefde en

Wysheid hulle geplaas het. Wel kan alle goeie wesens die uitstraling van

hulle gedagtes stuur na die worstellende, ongelukkige wesens in die heelal

en so ‘n uitstraling van gedagtes kan daarom met krag die wesens aanraak.

Maar om hulle sfere te verlaat, kan die wesens nie en hulle hoef ook nie,

want Ek het engele en ligbodes in ‘n eindelose aantal, wat elke afsonderlike

hemelliggaam waarlik op die beste wyse versorg.

En elke afsonderlike hemelliggaam het ‘n onuitputlike toevloei van krag -

My woord, wat oral weerklink, - dat as die uitstraling van My liefde ook die

krag het om vir elke afsonderlike wese, vir elke eens gevalle oergees die

terugweg tot My moontlik te maak. Word die Woord van My egter nie benut

nie, word daar geen ag op My Woord geslaan nie, dan bewys die wese nog

sy weerstand, wat ook nooit met geweld gebreek sal word nie, ook die

engele kan dit nie breek nie, selfs al sou hulle na die aarde toe afdaal.

Tensy hulle hulself so openlik as My afgesante sou kenbaar maak, dat ‘n

geloof deur dwang bereik sou word, wat egter nooit My Wil is en ook nooit

My toestemming sou kry nie.

As julle mense nou glo om in verbinding te kan tree met bewoners van

ander wêrelde, dan wil julle jul self daardeur, met ander woorde, ‘n bewys

verskaf dat hierdie wêrelde bewoon is. Maar as julle gees ontwaak is, weet

julle dit egter ook sonder bewys. Is julle egter nog nie geestelik ontwaak

nie, staan julle nog heeltemal ver af van ‘n geestelik strewe en van die

kennis oor die doel en die bestemming van die skepping, dan sou ook die

bewys julle nie op die geestelike weg bring nie, julle sou dan maar net

aardse ondersoekinge onderneem en geestelik niks bereik nie. Reeds

daarom sal die ligwesens hulself nooit aan julle mense bekend maak en

julle deur "mededelinge" inligting laat toekom wat nie met My heilsplan van

ewigheid ooreenstem nie.

Want die doel wat bereik moet word is geensins onbelangrik nie en alle

geestelike wesens wat vol lig is, wat in My opdrag werksaam is om julle

mense in hierdie tydjie van die einde te help, sal steeds net die geestelike

welslae nastrewe, dat die mense hulself na My keer, hulle God en Vader

van ewigheid, sodat hulle hulself losmaak van die wêreld, van dit wat aan

My teenstander behoort, sodat hulle die hoogste doel kan bereik op aarde

en in alle wilsvryheid die laaste proef kan aflê, om weer in hulle

oertoestand te kan ingaan, wat hulle onmeetlike saligheid in lig en krag en

vryheid bring. Amen

75

Die teenstander werk onder die dekmantel van ‘n

ligengel

7044 16 Februarie 1958

Die invloed van God’s teenstander bly vir julle nie verborge nie. Julle almal

kan daarvan kennis neem en na gelang julle wil ‘n standpunt daar teenoor

inneem. Julle kan julle verweer teen hierdie invloed maar julle kan julleself

ook daaraan onderwerp, beide staan julle vry. Dit vereis slegs die aktief

word van julle wil om daaroor na te dink en vir julleself ‘n oordeel te vorm.

Dat God’s teenstander in die eindtyd sy heel beste doen en dat hy met alle

middele probeer om hom meester te maak van die siele van die mense,

kan julle almal duidelik sien, want die skandelike dade wat oral op aarde

bedryf word bly nie verborge nie. En die mense kan dit alles toeskryf aan

God’s teenstander, wat die mense bewerk en al te dikwels ook sy doel

bereik.

Daar is baie meer mense wat beswyk voor sy invloed as die wat hom

weerstaan. En om hom weerstand te bied kan alleen hulle wat in staat is

om hom te deursien en hom dan van hom en sy kuipery afkeer. Hy

verstaan heel goed om hom te kamoefleer en daardeur selfs baie mense te

bedrieg wat nie aan hom wil behoort nie. Want hy klee hom in die gewaad

van ‘n ligengel en verrig so sy bedrieglike praktyke, waaraan vele ten offer

val. Tog lê dit by elkeen persoonlik of hy homself lig verskaf en nie ten

prooi val aan sy intriges.

Waar egter reeds diepe duisternis die mense omring sal hulle ook daarin

bly, omdat hulle hulself daarin behaaglik voel en nie na lig verlang nie. En

dit is die verklaring daarvoor dat God’s teenstander juis daar sy werk van

verwarring kan voortsit waar die mense reeds in ‘n verwarde denke

verkeer, waar dus die beste basis aanwesig is om steeds groter dwalinge te

versprei omdat die mense geen moeite doen om opheldering te kry nie en

daarom ook sonder beswaar die grootste dwaling as waarheid aanneem.

In die tyd van die einde is die stryd tussen lig en duisternis besonder hewig

ontbrand. Die duisternis is reeds baie diep en baie mense het geen

verlange om hieruit weg te kom nie en voel hulselfs prettig in die

duisternis. Daarom sal die ligdraers wat God tot hulle stuur maar selde by

hulle iets bereik. En omdat die lig nie met geweld deurbreek nie, kan ook

die dwaling nie met geweld uit die wêreld verdring word nie. Alleen die

menslike wil kan dit self teweeg bring, dog hierdie faal. Want sodra ‘n

ligstraal van bo in die duister by die mense opflits, ontsteek ook die

teenstander dadelik sy begoogellende ligte en hierdie word meer opgevolg

en aanvaar. Dog die resultaat is dat die oë heeltemal verblind word en dat

die nag rondom die mens steeds dieper word, sodat hy nie meer in staat is

om die sagte liefde-ligskynsel van God te herken nie.

En solank die mense nie heeltemal opreg na lig, na waarheid verlang nie,

solank sal ook God’s teenstander sonder om herken te word onder die

76

mense kan werk. En sy aktiwiteite sal daarin bestaan om die mense steeds

verder van die waarheid te verwyder en sy leunwerk as waarheid voor te

hou en homself met die gewaad van 'n ligengel te beklee. Want nou is dit

die tyd van die einde waarin hy groot mag het, wat alle mense egter kan

breek as hulle hul tot God Self wend en hulle aan hom oorgee en Hom om

lig en krag en genade bid. Dan het hy waarlik aan die vangnet van die

teenstander ontsnap en dan sal hom waarlik ook lig ten deel val wat hom

onmeetlik gelukkig sal maak. Amen

Die teenstander se werk van misleiding

7045a 17 Februarie 1958

As iemand ‘n blik in die diepte van die hel kon neem, die domein van die

prins van die hel, sou hy verras word deur die dade wat hierdie wesens kan

doen. Want hulle is almal onderwerp aan die agressie van My teenstander

en hul eie aard is so gelykaardig aan syne dat hulle altyd met hom

saamstem en so slegs te gewillig sy dienare is. Die gebied van hul

verskriklike aktiwiteit is uitgebreid. Dit bestaan waar daar mense is wat

hulle probeer beïnvloed om hulle so sleg soos hulself te gedra en te dink.

Maar die gebied behoort ook aan My, omdat alles uit My krag ontstaan het:

die mensdom, as die eens geskape oorspronklike geeste, as ook die

skeppings werke, wat nou as ‘n woonplek vir mense en die geestelike

substansies dien wat nog nie toegelaat is om hulself as mense te beliggaam

nie. Dus het My teenstander en sy dienare geen mag oor hierdie skeppings

werke nie, maar hulle kan die mens beïnvloed en hulle doen dit omvattend.

Hulle probeer om sy wil te beïnvloed om toe te gee aan hulle. Maar hulle

kan die mens se wil nie dwing nie. Nietemin, is die mens in groot gevaar as

hy hom nie teen hierdie korrupte invloed verset nie.

Die mens is in groot gevaar en nie bewus daarvan nie. Want as hy My

teenstander en sy aanhangers se hele plan en hul helse boosheid kon

begryp sou hy op sy hoede wees, dan sal hy waak en bid. Die teenstander

weet egter hoe om die mense te bedrieg deur hulle as ‘n vriend te benader,

hoewel hy hul grootste vyand is en bly en slegs hul ondergang beplan.

Daarom probeer hy ‘n persoon aanbied wat hy begeer vir sy bestaan as

mens, eers verlei hy hom met aardse goedere en plesier en weinig mense

kan hulle teen hierdie verleidinge verset. En so slaag hy in die ontwaking

van materiële hebsug en dan is hulle gewoonlik reeds deur hom

oorgeneem, omdat hulle dit moeilik vind om dit te laat gaan, hulle het hulp

nodig en benader nie die Een wat hulle kan help nie. Maar dit is nie genoeg

vir My teenstander nie, want hy wil die siele van die mense weer tenvolle

besit, hy wil selfs hulle wat besig is om na My te keer weer laat terugkeer

om sy dienare te wees. Daarom verlei hy hulle om bose dade te doen, wat

hulle weer tenvolle terug forseer in sy mag. En sy medepligtiges

77

ondersteun hom, hul giftige asem verswak die weerstand waar hulle

invloed nie tenvolle kan deurdring nie.

As hierdie gesante van die hel en hulle prins hul bedoeling openlik sou wys

sal hulle sekerlik herken word en weerstand vind. Maar hulle werk in die

geheim, hulle verberg hulself inderdaad agter ‘n masker van deug, hulle is

nie bevrees om ‘n kleed te gebruik wat veronderstel is om reinheid en

integriteit voor te stel nie. En daardeur wen hulle ook mense wat nie bereid

is om in die hande van die vyand van hul siele sy te val nie. Maar hierdie

was nie waaksaam nie en slaag nie daarin om die regte gebed in Gees en in

waarheid na My te stuur nie. Hulle het self reeds te oppervlakkig geword

anders sou hulle nie deur hierdie misleidings bedrieg word nie, of hulle sou

die vyand ondanks sy masker herken. Die wil vir die goeie, die verlange na

My, is nie sterk genoeg in hulle wat hulself toelaat om bedrieg te word nie.

Want Ek sal waarlik elkeen beskerm wat nie bedrieg wil word nie en Ek sal

sekerlik nie toelaat dat hulle deur hom oorgeneem word as hulle wil geheel

op My gekonsentreer is nie. My teenstander werk met sluheid en bedrog.

Dit is bekend aan alle mense en daarom sou elke persoon waaksaam moet

wees en hom nie deur listige bedrog laat verras nie. Hulle moet altyd na My

kom en My om helderheid vra, hulle moet hulle elke oomblik aan My en My

beskerming aanbeveel. Dan sal die teenstander hulle nie kan bedrieg nie en

die wil van die persoon self sal die gevaar afweer, wat nie deur My

teenstander gedwing kan word nie, maar wat altyd deur My versterk sal

word as hy stewig gekonsentreerd op My bly en hierdie opsie is beskikbaar

aan almal, omdat elkeen oor My Woord ingelig is, wat My wil openbaar en

wat die mees effektiewe beskerming en magtigste wapen is teen hom wat

julle wil bederf. Amen

Sataniese aktiwiteit - Die teenaktiwiteit van die

ligwesens

7049 26 Februarie 1958

Die hel het sy poorte geopen en die bewoners van hierdie hel hou lelik huis

op die aarde, deels as mens beliggaam, deels geestelik inwerkend op die

gedagtes van die mense, of ook wel dat hulle die eie wil van die siele

binnedring en hulle liggame in besit neem. Daarom sal die aktiwiteit van

Satan duidelik in die eindtyd te siene wees, want die mense bied te min

weerstand aan hom, omdat die krag van die liefde hulle ontbreek, waarteen

hy geheel magteloos is.

Maar van God se kant word die mense ook hulp verleen vir soverre die

mense dit wil aanneem, want ook van Sy kant is 'n ongewone

werksaamheid te bemerk en in gelyke mate, as die magte van die duister

wêreld homself uiter en die mense buitengewoon benoud maak; is ook die

kragte van die lig aan die werk wat eweneens die mense deur middel van

gedagtes bystaan. Maar ook in die vlees beliggaam kom hulle die mense te

78

hulp, hulle lewe as mense onder die mense en laat hul die helpende

kragstroom van God toekom. Hulle dien as tussenpersoon tussen God en

die mense, want God wil hulle te hulp kom in die stryd teen Satan.

Dit is dus begryplik dat hierdie bringers van lig oral op die aarde aangetref

sal word; maar dat hulle egter sou aanbied om die gang oor die aarde te

gaan en as sodanig nie herken te word deur die mense wat tot die aanhang

van die teenstander gereken moet word nie. Dit het in die eindtyd byna

onmoontlik geword dat God Hom kan uiter deur ‘n mens wie se siel die

gang deur die skepping gegaan het. En daarom sou ‘n verbinding van Hom

met die mense nouliks moontlik wees, as die siele van die ligryk nie self

die mense help wat nog nie heeltemal in die mag van die teenstander is

nie. Weliswaar sou alle mense hulself moet ontwikkel tot opnamehouer

(suiwer hart) van die goddelike Gees, om dan ook die Stem van die Vader

te verneem en dit sou ook moontlik wees as die mense in die liefde sou

lewe volgens die wil van God. Maar hulle is ver daarvan verwyderd en die

eieliefde beheer hulle en daarom het God se teenstander mag oor die

mense gekry wat hy ook gebruik om hulle in die verderf te stort. Maar daar

is ook nog baie swak, weifellende mense wat nog nie heeltemal aan hom

behoort nie. En om hulle ontwil daal ligwesens in groot getalle af na die

aarde en God Self spreek hulle deur hierdie ligwesens aan. Dit is ‘n

buitengewone groot barmhartigheid en is dan as’t ware ‘n teenaktiwiteit,

wat nog baie siele van die teenstander kan ontruk, wie hulself oopstel vir

hierdie barmhartigheid en hulself deur God laat aanspreek. Tog sal hierdie

blyk van barmhartigheid van God nie dwingend op die mense inwerk nie,

elkeen sal persoonlik vry wees, of hy sal homself laat aanspreek of sy hart

en ore sluit as ‘n ligdraer hom tegemoet tree.

Die aarde is vol van Satan se gees, omdat die vors van die hel sy vasale

(knegte) na die aarde gestuur het, wat nou hulle slegte karakter op die

mense probeer oordra en hulle slaag ook in ‘n angsaanjaende mate. En so

staan die geeste teenoor mekaar, of hulle nou as mens beliggaam is of

deur middel van gedagtes op hulle probeer inwerk. Die ligryk en die ryk

van die duisternis het hulle na die aarde begewe, waarop die geestelike

stryd uitgeveg word, net soos in die geesteryk. Die wesens van die lig sal

vir God en Sy Ryk stry met ‘n wapen wat God hulself gee, met die suiwer

waarheid wat lig oral heen kan uitstraal. En wie self in die ligkring beweeg,

die sal ook krag ontvang om die magte van die duisternis weerstand te

bied. Die ander het egter die goedere van die wêreld as wapen. Hulle dryf

die mense aan tot ‘n steeds groter sug na aards-materiële skatte, tot

sinlike lus en heerssug en dit verduister steeds meer die gees van hulle wat

hulle prooi word.

En daarom stry die lig teen die duisternis, die goeie teen die bose, die

waarheid teen die leuen. Die wesens van Bo stry teen die bewoners van die

hel, maar die eersgenoemdes met die krag uit God, terwyl die

laasgenoemdes hul krag van Satan ontvang. Maar dit hang van die mens

79

self af wie die oorwinning sal behaal. Hulle is egter nie hulpeloos aan die

vyand van hulle siele oorgelewer nie. Hulle sal steeds helpers aan hulle

kant hê, sodra daar slegs ‘n gedagte of die wil in hulle binnekom om bevry

te word van bose magte.

Hoe erg die doen en late en die woede van God se teenstander ook mag

wees in die tydjie voor die einde, geen mens hoef daaronder te beswyk nie,

want God se hulp staan vas vir elke mens wat nie die teenstander ten prooi

wil val nie. Daarom werk God Self deur Sy ligwesens in op die mense wat

self vrywillig by Hom aansluit om die verbinding tussen die duister wêreld

en die wêreld vol van lig tot stand te bring en daarom sal meer van sulke

ligbodes ook steeds onder die mense optree. God sal steeds dringender tot

die mens spreek en Sy invloed sal steeds duideliker wees, hoe meer die

woede van God se teenstander te sien is. Want die stryd tussen Hom en die

teenstander sal duur tot aan die einde, tot die se mag gebreek is en hy

saam met sy aanhang weer gebind word en daar ‘n nuwe tyd van vrede sal

aanbreek, waarin hy die mense nie meer kan verdruk nie en die geestelike

stryd vir ‘n tyd lank beëindig is. Dan sal daar vrede op aarde wees en die

mense sal in voortdurende verbinding staan met God en die ligwesens wat

onder hulle vertoef en hulle verder sal onderrig soos wat dit vroeër ook

gebeur het, sodat hulle die Stem van God ook regstreeks kan verneem en

dus 'n salige lewe sal lei in die paradys op die nuwe aarde. Amen

Aankondiging van die komende groot nood

7053 2 Maart 1958

Julle sal almal baie krag nodig hê, wat julle egter te alle tye ter beskikking

staan. Want wie na My Woord luister, sal hierdie krag ontvang, sodra hy

daardie woord in sy hart oorweeg en daarvolgens handel. Dan word

julleself deur My aangespreek en sodoende ook deur My liefde bestraal. En

krag sal na julle toe vloei, omdat My liefde ook krag is.

Maar hy wie My Woord by sy ore laat verbygaan, sal geen seën daarvan

ontvang nie. Want met hom kan Ek nie in kontak tree nie en sodoende kan

My krag hom ook nie deurstroom nie. In die komende tyd van nood het

julle almal My krag nodig, want op aardse manier sal julle nie julle

lewensomstandighede bemeester nie. Slegs met My hulp sal julle slaag en

Ek wil julle eie magteloosheid en ook kragteloosheid vir julle voor oë hou.

Ek wil julle laat besef dat julle swak wesens is, sodat julle, julle toevlug sal

neem tot die mag wat julle nou moet erken. En daarom sal die gesindheid

van die mense vir julle duidelik word en die skrikwekkende ongelowigheid

van die mense sal te voorskyn kom. Julle sal die noodsaaklikheid insien om

van My en My Ryk en van My mag en My liefde tot die mense te spreek, om

aan hulle die evangelie (van die liefde) te verkondig en hulle tot geloof te

bring.

80

Ook in hierdie tyd van nood sal daar hard gestry moet word met die

"swaard van die mond", Want baie van die swakker gelowiges sal nog meer

begin twyfel in ‘n God en Vader, omdat die onheil wat oor die mense sal

uitbreek, nie vir hulle as die werk van ‘n liefhebbende God sal lyk nie. Want

alle mense waardeer die aardse lewe as mens nog te hoog. Om aan hulle

daarom die betekenis en die doel van hul aardse lewe toe te lig en hulle op

die lewe na die dood te wys, is die dringende opdrag van hulle wat vir My

wil werk. En daarom sal hulle ‘n groot arbeidsveld voor hulle sien lê;

Nog lewe die mense voort in onverskilligheid en louheid en dink nie aan

hulle aardse opdrag nie. Daarom moet hulle in hul denke geskok word,

want selfs die tallose rampe waarby baie mense hulle lewe sal verloor,

ontstel hulle nie meer nie. Hierdie mense is nie anders meer te versteur as

deur geweldige gebeure nie, wat elkeen sal tref wat dit oorleef.

En daarom wys Ek julle voortdurend daarop dat julle almal slegs moet

voorberei in soverre julle jul self in die liefde geoefen het, in soverre julle

krag versamel het en julle, jul self met My verbind het. In soverre sal julle

van My krag kan ontvang deur die aanneming van My Woord, sodat julle

nie hierdie moeilike tyd onvoorbereid tegemoet sal gaan nie en sodat julle,

julle medemens tot steun sal kan wees en My Woord ook aan hulle sal

verkondig. Want Ek wil geeneen van julle sonder krag laat wat al vooraf vir

My krag, My beskerming en My hulp gebid het nie.

Dit sal duidelik word hoeveel julle wat met My gaan, sal kan verdra sonder

om jul self bomate belas te voel. Weer spoor Ek julle steeds aan om julle by

My aan te sluit deur liefdadigheid en innige gebed uit die hart. En weer

verseker Ek julle steeds dat julle daarom ryklik krag sal ontvang en niks

hoef te vrees nie, selfs nie eers wanneer julle volgens aardse maatstaf alles

sal verloor nie; want Ek alleen kan julle gee wat julle nodig het en Ek sal

ook altyd sorg dra vir Myne, vir hulle wat My nie sal vergeet nie en in My

hulle Vader sien; wat soos kinders in My arms vlug in elke nood en in elke

gevaar.

Julle wat My wil dien, sal ook My nabyheid in die besonder voel, omdat julle

die waarheid van My Woord sal herken en daarom steeds nader aan My sal

kom. Tot Hom wat julle nou erken in Sy Mag en Sterkte en in Wie se Liefde

julle ook glo en waaraan julle daarom jul self vol vertroue oorgee. En

omdat Ek julle daarom as stryder vir My en My Naam nodig het, omdat Ek

julle nodig het vir ywerige arbeid in My wingerd, daarom sal Ek julle so

duidelik bystaan, dat julle hierdie arbeid ook met sukses sal kan volbring.

Alles gaan gebeur soos wat in My verlossingsplan voorsien is, omdat net Ek

weet wat tot heil van My skepsele dien. En ook die einde is onherroeplik

beslis. Juis die einde gee My nog aanleiding tot ‘n laaste daad van

erbarming, ofskoon dit lyk na ‘n daad van wreedheid. Maar dit sal nog baie

mense redding bring en word as ‘n laaste middel aangewend om My

skepsele die weg na My toe te wys. En hierdie daad sal nie heeltemal

sonder sukses wees nie.

81

Ek dink aan die groot geestelike nood waarin die mensdom hulle bevind en

elke siel wil Ek daarom nog aanraak om hom vir My te wen. Daarom moet

Ek ‘n groot aardse ellende oor die aarde laat kom, wat egter met My hulp

oorwin sal kan word. Want My liefde en mag sal hom oral openbaar waar

Ek om hulp aangeroep word. Amen

Die verspreiding van die evangelie in die wêreld

(Matt.24:14)

7055 4 Maart 1958

Wanneer julle oë steeds weer gerig word op die gebeurtenisse in die

wêreld, dan moet julle daarin die verloop sien van wat julle al lank tevore

gesê is. Julle moet die tekens van die aanstaande einde in die wêreld sien

en as julle gees ontwaak is sal julle ook weet in welke tyd julle leef, want

alles sal gebeur soos wat Ek dit vir julle deur sieners en profete laat

verkondig het. Daar sal baie rampspoed wees onder die mense, die liefde

sal verkoel en dit sal wees soos dit was voor die sondvloed, naamlik

uitgebreider genietinge van die luste van die lewe, groter sondigheid en

meer ongeloof. Alles voltrek homself op ‘n manier wat die mense as

vanselfsprekend beskou en hulle niks ongewoons insien nie, omdat hulle

denke en strewe maar net wêrelds gerig is. Maar Ek het julle verkondig dat

julle aan die tekens van die tye sal insien wanneer die einde naby is. En

daarom moet julle ook op hierdie tekens ag slaan. Wel sal julle mense die

teenwerping maak dat die aarde reeds dikwels sulke tye beleef het, dat in

elke tyd die genoemde aankondigings verwag kon word, as gevolg van die

tydsomstandighede. Julle sal ook gewys word op tye van groot

ongelowigheid en godslasterlike handelinge van die mense. Maar julle

vergeet dat Ek julle daarop gewys het dat My Evangelie in die hele wêreld

versprei moet wees, voordat die laaste sifting op hierdie aarde homself kan

voltrek.

Julle weet egter nie wat om onder "verkondiging van die evangelie" te

verstaan is nie. Julle glo dat dit slegs deur mense kan geskied op so 'n

manier, dat hulle die kennis oor die verlossingswerk en die leer van die

Goddelike liefde oral daarheen bring, waar dit tot nou toe nog nie

deurgedring het nie.

Ook hierdie verspreiding van My Evangelie behoort wel daarby, maar Ek

Self sorg daarvoor dat hierdie kennis daar beland waar die mense nog geen

verkondiging van Jesus Christus en Sy verlossingswerk gebring is nie. Maar

Ek verskaf hulle egter hierdie kennis regstreeks, Ek werk deur My Gees

waar die mense slegs uit innerlike aandrang hulself beywer om te lewe in

die liefde. En die regstreekse inwerking vind plaas en sal dikwels groter

sukses hê as by mense wat al lankal op hoogte is van Jesus Christus en tog

geen Christene genoem kan word nie.

Die evangelie moet eers versprei word en dit word ook versprei. Dit word

oral versprei deur My ligbodes wat juis gedurende die laaste tyd

82

uitengewoon ywerig besig is en wat ook vir die doel hulself oral op aarde

beliggaam het; om vir My geskikte vate te wees in wie Ek My Gees kan

uitstort, wat dus die verbinding tot stand bring tussen My en hulle aan wie

die evangelie verkondig moet word.

Dit sou waarlik sleg met die mense gesteld wees as dit slegs van mense

sou afhang, wanneer en hoe die verkondiging van My Evangelie plaasvind.

Hulle pogings sou ook vrugteloos wees as My Gees ook nie daar sou werk

nie, sodat geestelike opwekkinge vooraf plaasvind, wat dan ook die

regtstreekse inwerking van My kant toelaat.

Maar Ek ontferm My ook oor hulle wat nie bereik kan word deur die

verkondigers van die evangelie nie. Ek daal Self neer tot die aarde in die

Woord om My skepsele te help. En die regtstreekse inwerking het nog in

geen ander tyd in hierdie mate plaas gevind nie en dit is ook nog nooit

aanvaar, as Ek nie Self vir My ‘n geskikte houer met My Gees vul nie. Want

My teenstander probeer steeds weer om die lig te verdoof en hy vind by die

mense ook ‘n gehoor. Maar dit was ook nog nie die tyd van die einde

waarin hy op buitengewone manier tekere gaan nie, om welke rede Ek ook

ongewoon sal werk om die mense te red.

Sodoende sal die liefde oral gepreek word, dit sal onder alle volke

geestelike opwekking laat plaasvind. Nie slegs deur verkondigers nie, maar

deur My liefde en ligbodes wat hulself in die besonder oor hulle ontferm wat

nog alle kennis oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk ontbreek. Hierdie

mense sal steeds ‘n leraar in hulle midde hê wat deur My Gees vervul, sal

spreek en hulle verkondig wat hulle vir die bereiking van hulle sieleheil

moet weet. En hulle sal oor die Gees van Christus ook alles openbaar, wat

nouself tot hulle gespreek het en tot ‘n lewe in liefde aanmaan. En dan sal

dit ook in hulself lig word. Maar hiervoor moes die tyd eers ryp word, om

welke rede die uur van die einde nie vroeër te wagte was nie, ondanks

duisternis en nood.

Maar julle mense moet op alles let wat homself op die aarde afspeel en julle

sal dan maklik besef in welke tyd julle leef. Want eenmaal sal ook die

toekoms teenwoordige tyd word, eenmaal sal alles vervul word wat Ek lank

tevore laat verkondig het. Eenmaal sal die oes ryp wees en dit moet in die

skuur versamel word en eenmaal moet ook die reiniging plaasvind. Die ou

orde moet herstel word en die aarde moet weer geskik gemaak word vir sy

eintlike bestemming, naamlik om die siele van die mense tot volwassenheid

te bring. Amen

"Aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid"

7057 6 Maart 1958

My Gees is magtig in die swakke. Maar dit wil nie sê dat die geloof van die

mens swak mag wees nie, dit gaan veeleer net om die deemoed van die

83

hart, wat die mens insien en voor My bely, dat hy swak en onwaardig is en

dat hy My om barmhartigheid vra, wat Ek hom dan ook ryklik laat toevloei.

My Gees kan alleen werk in ‘n waaragtige deemoedige mens, want hy gee

homself totaal oor aan My, hy vra niks vir homself nie, maar laat dit aan My

oor wat Ek hom skenk. En ‘n waaragtige deemoedige mens sal ook ryklik

met barmhartigheid geseën word. Hy sal dit benut en hy sal ook innerlik

aangedryf word om werksaam te wees in die liefde, omdat dit die

begeleidingsverskynsel is van die ware deemoed, dat die liefde in die hart

vir My en vir die naaste ontbrand. ‘n Deemoedige mens het homself al

bevry van die heerskappy van My teenstander, wie se oereienskap die

hoogmoed is. Dus is die toenadering tot My sy enigste strewe en so ‘n

verlange, word ook van My kant af ondersteun, anders gesê: Die

Geestesvonk in die mens streef na die vereniging met sy Vadergees van

ewigheid en dus kan Ek My Gees ook uitgiet oor hom.

Maar nooit kan My Gees daar werk waar die kenmerk van My teenstander,

die hoogmoed, nog aan te tref is nie. Want dan sou dit as gevolg daarvan

‘n samewerking wees van My met hom. Die mens moet homself in die

deemoed ingaan, voordat Ek in hom kan werksaam word. Maar wat is

onder ware deemoed te verstaan?

Geen mens hoef openlik die ware deemoed te laat sien deur uiterlike

gebare nie, deur gelaatsuitdrukkings of ‘n uiterlike gedrag teenoor die

medemens nie. Ek kyk slegs na die deemoed van die hart, na die innerlike

erkenning van swakheid en sondigheid, na die insien van die onwaardigheid

van die geskape wese teenoor sy God en Skepper en dus ook na die

erkenning van sy skuld deur die vroeëre sonde van afvalligheid. Eers was

alle wesens ewebeelde van My, wat in stralende skoonheid, ook Myself as

hulle Skepper, verbly het. Maar hulle het nie gebly wat hulle was nie, hulle

hele wese het verander in die teendeel en in hierdie toestand kon hulle

hulself nie meer staande hou voor My Oë nie. Maar in hulle verblinding het

hulle hulself hoër as Ek verhef, omdat hulle die wese van My teenstander

aangeneem het, wat vol hoogmoed was.

Die terugkeer na My is daarom nie moontlik, alvorens die wese nog nie sy

hoogmoed afgelê het nie; tot hy hom verander het tot diepste deemoed,

tot hy sy groot verdorwenheid en die verre verwydering van My ingesien

het en nou verlangend die hande om erbarming na My toe uitstrek. Dan sal

Ek waarlik nie lank talm nie, Ek sal sy hande vasgryp en sy wese na My toe

trek, want in sy deemoed word hy vir My ‘n kind wat liefdevol deur die

Vader aan Sy hart gedruk word en dat Hy nou ook oorstelp is met bewyse

van Sy Liefde vir My, met barmhartigheid in oorvloed en dat hy nou ook

weer kan straal met Sy Gees: En nou sal ook die krag van die Gees duidelik

aan die lig kom, die mens sal gawes vertoon wat skynbaar bonatuurlik is,

maar wat eintlik slegs die eienskappe is wat die wese in die allereerste

begin besit het, waarsonder ‘n volmaakte wese nie in te dink is nie, die

mens sal vol lig en krag wees, dit wil sê, oor ‘n ongewone kennis beskik en

84

ook oor vermoëns wat andersins nie eie aan ‘n mens is nie. Maar hy sal

ook, ondanks sy duidelik sigbare verbintenis met God, tot in die diepste

deemoedig bly, want die deemoed is een van die goddelike eienskappe wat

slegs deur beoefening verkry kan word.

En so sal julle mense ook steeds na die ware deemoed moet strewe, as

julle wil hê dat My Gees werksaam in julle moet word, want wie nog ‘n

vonkie hoogmoed in homself dra, het homself nog nie losgemaak van My

teenstander nie en sy voortdurende pogings sal julle verder in sy kettings

hou. En die wêreld bied hom daartoe baie moontlikhede, omdat die mens

steeds meer roem en eer soek en op alles neersien wat klein en gering is.

Maar dit is ook ‘n sekere bewys van sy verknogtheid aan die teenstander,

wat julle mense nie buite beskouing sal moet laat nie en julle moet oppas

vir so ‘n innerlike gesindheid, wat waarlik nog ver verwyderd is van ware

deemoed. Maar as julle wil hê dat Ek julleself moet beïnvloed, dan sal julle

ook bewus moet wees van julle swakheid, want slegs aan die deemoedige

skenk Ek My barmhartigheid. Amen

Die aankondiging van die voorloper van Jesus

7062 10 Maart 1958

Geeneen van julle mense sou nog in die waarheid gewees het as dit nie

steeds deur My Gees aan julle verkondig sou gewees het nie. Wat ten tye

van My aardse lewe aan die mense as suiwer waarheid gepredik was, het

nie lank suiwer gebly nie. Want sodra die menslike denke daarmee begin

om My leer vir die doeleindes van hele volke ten bate te maak, word alles

ook met menslike byvoeginge vermeng. My leer kom te min ooreen met die

eiebelang van die mense, daarom wil die afsonderlike gemeentes dat

hierdie leer in ‘n meerdere of mindere mate hulle sake dien of omvorm. En

so word die gemeente wat eens Self deur My gestig is, die sogenaamde

oergemeente, baie spoedig maar net nog ‘n vergete beeld van dit wat dit in

die begin was. My suiwer leer het tallose veranderinge ondergaan; en dit

wat nou nog bestaan, kan geen aanspraak meer daarop maak dat dit die

suiwer waarheid is nie.

Om die waarheid suiwer te bewaar, behoort daar geskikte opnamehouers te

wees waarin My Gees voortdurend kan instroom. (‘n houer is ‘n suiwer

hart:= Afr. vertaler). Die goddelike Gees moet homself onafgebroke kan

uitgiet en wat deur My aan die mense geleer word, moet ook deur mense

verkondig word wat vol van die Gees is. Want anders kan die woorde al in

die mond van die verkondigers verander word en dan al ‘n andere

betekenis oplewer. Daar moet dus altyd rekening mee gehou word dat iets

suiwer Goddelik in ‘n nie-goddelike omgewing iets van sy reinheid sal

verloor, omdat Ek geen dwang op die wil van die mens uitoefen nie. Die

gevolgtrekking wat elke afsonderlike mens met dit, wat aan hom as

waarheid gegee word, maak, staan hom vry, want reeds gedurende My

85

verblyf op aarde was My Heilige woord verdraai wanneer dit vir die mense

nuttig sou wees.

Ek kan nou waarlik weer telkens deur My Gees die suiwer waarheid na die

aarde stuur, maar Ek sal nou ook nie die mense onvry maak deurdat Ek die

waarheid aan hulle wil opdring nie. Maar solank mense hulself vrywillig aan

My tot beskikking stel en hulself as opnamehouer van My Gees omvorm,

solank is dit ook steeds weer moontlik om elke bestaande dwaling te

korrigeer en elke onopgehelderde vraag op te helder en die mense ‘n

suiwer "lig" te gee wat van My af uitgaan, die Oerlig van die ewigheid.

Maar die mense hou nog steeds met ‘n taaiheid aan die misvormde leer

vas, waaragter My teëstander staan, wat altyd teen die lig van die waarheid

sal stry. En so het ‘n byna ondeurdringbare nag oor die mense uitgesprei,

omdat leuen en dwaling gelyk staan met duisternis. Maar vir My ligdraers

word dit buitengewoon moeilik gemaak om die geestelike duisternis te

deurbreek, omdat die mense al so verblind is, dat hulle die ware lig nie

meer kan herken nie.

Daarom sal ‘n magtige "lig" verskyn wat van My en My wederkoms in die

wolke sal getuig. Dit sal getuig van die oordeel en die wegneming van

myne op die dag van die oordeel. ‘n Stralende helder lig (die voorloper) sal

verskyn en opnuut My suiwer woord verkondig. Een roepende in die

wêreldwoestyn sal te voorskyn kom en die mense uit hulle (geestelike)

doodslaap probeer wakker skud. Hy sal diegene te hulp kom wat van My en

My werke aan hulle getuig. Hy sal die waarheid van dit bevestig wat deur

die werke van My Gees aan die mensdom oorgebring word. Hy sal ‘n

geweldige taal spreek en niemand regverdig wat die duister pad sal

bewandel nie. En hy sal die magtiges ook nie vrees nie maar hulle masker

van hulle gesig aftrek, hy sal hulle voor skoot stel en hulle ware gesindheid

openbaar.

Hy sal stry met die "swaard van die mond", want hy sal aangeval word deur

hoog en laag omdat niemand die suiwer waarheid wil hoor wat in

ooreenstemming is met die leer wat Ek eens op aarde gepredik het nie. Hy

is dus My afgesant deur wie se mond Ek Self spreek wat slegs sy laaste

missie op aarde sal vervul, naamlik om My en My koms nog eenmaal aan te

kondig soos wat dit geskrywe staan.

Wanneer die "lig" gaan straal sal julle weet dat My koms op hande is en ook

die oordeel. Dan sal ongewone dinge ook deur hom plaasvind. Hy sal maar

weinig geloof vind en slegs hulle wat geestelik ontwaak het, sal hom en sy

missie herken. Vir die geestelike swakkes sal hy egter ‘n buitengewone

sterkte en hulp wees, want sy woord sal vol krag wees.

Die laaste fase van die aarde het dan ook gekom en die heftigste

teëstander van hom sal hy wees wat die mense tot heerser uitgeroep het,

waarin My teëstander homself sal beliggaam om die laaste skandelike werk

teen My te onderneem. Want nou sal die geloofstryd ontbrand en myne sal

in die "lig", wat Ek Self na die aarde sal stuur, ‘n groot steun hê. Hulle sal

86

aie krag ontvang om stand te hou in die tyd van die grootste nood wat My

koms voorafgaan. Ek laat julle My getroues, nie sonder hulp nie en sodat

julle sterk kan bly kondig Ek vir julle hierdie "lig" wat roepende is, aan. Ek

sal aan die aktiwiteite van My vyand ‘n einde maak om die waarheid na die

uiteindelike oorwinning te voer. Amen

Beskerming in die geloofstryd deur ligwesens en

siele uit die hiernamaals

7063 11 Maart 1958

Dit sal ‘n uitermate hewige worsteling wees, waartoe My teenstander

aanleiding gee, aan julle wat My trou is en wil bly. Hy sal op elke manier

probeer om julle van die geloof af te bring, van julle geestelik strewe en

dus van Myself. En Ek sê julle dit vooruit, sodat julle daarop voorbereid is

en dan nie twyfel aan My en My Mag nie. Want sy tyd is hom gegee, maar

dit is beperk, dan word ook sy doen en late deur My beëindig.

Maar op julle sal hy hom nog op elke manier uitlewe, want hy weet dat julle

baie van sy aanhang afvallig sal kan maak. Maar juis oor hierdie aanhang

gaan dit. Baie siele in die ligryk sal julle onder hul sorg neem en julle help

in die vele teenspoed wat hy julle sal berei. En Een is daar wie altyd tot

hulp bereid is. En wanneer Ek julle My beskerming en My hulp beloof, dan

sal julle waarlik sonder vrees ook hierdie tyd tegemoet kan gaan, want dit

duur nie lank nie, maar dit vra van julle, julle wil en julle standvastigheid in

die geloof.

Steeds weer sal julle, julleself met My moet verbind in innig gebed, steeds

vlytiger sal julle moet werk aan julleself en ook in My wingerd. Julle sal

steeds dikwels die krag uit My woord moet put en ‘n oop oog hê vir alles

wat om julle gebeur, want ook die nood om julle heen sal toeneem en dan

kan julle liefde hom bewys. En ook julle krag sal toeneem met elke werk

van liefde wat julle verrig.

Al mag daar ook aan die een kant skynbare vooruitgang te sien wees, al

mag daar voorlopig aards geen agteruitgang te sien wees nie, geestelik

gaan alles egter agteruit en die doen en late van die mense sal dit ook

duidelik laat sien, dat hulle in die mag van My teenstander is. En juis dan

het julle ‘n buitengewone innerlike krag nodig wat julle alleen maar uit die

innige verbintenis met My sal kan kry. Want hoe meer die wêreld op die

voorgrond tree, des te onwerkliker lyk al die geestelike, elke geloofsleer en

ook geestelik kennis.

Want My teenstander sorg daarvoor, dat alles in twyfel getrek word en hy

sal baie ywerige kragte hê, wat openlik teen Myne optree en van hulle alle

geloof sou wil vernietig. En sou hierdie tyd baie lank duur, dan sou ook

Myne te swak wees om weerstand te bied, maar terwille van die

uitverkorenes sal Ek die dae verkort en julle sal kan aanneem dat julle

87

hierdie tyd sal deurstaan, dat Ek julle buitengewone versterking gee, omdat

Ek weet dat die stryd ongewoon swaar word vir julle.

Maar Ek verlaat Myne nie, maar verlig hul gees, sodat hulle nie deur My

teenstander op ‘n dwaalspoor gelei word nie. En Ek doen alles al vooruit om

Myne ‘n sterk geloof te besorg, wat ook krag is, waarmee hulle alles baas

kan raak. En ook vir My ligdraers sal die een teenstand na die ander

ontwikkel deur sy invloed, maar wie hom in vrye wil aan My oorgee, hom

staan ook tallose ligwesens tersyde en bied weerstand teen die vyandige

mag deurdat hulle die teenstander deur die volheid van hul lig verswak,

waarteen hy nie opgewasse is nie.

En so hoef julle maar voortdurend die verbintenis, sowel met My as ook

met elke ligwese te soek, dat hulle julle mag omring om julle te beskerm.

En julle oorgawe aan My verseker julle nou ook die hulp van die wesens

wat heeltemal in My Wil binnegegaan het. En My Wil is om julle by te staan

tot aan die einde en hierdie Wil is ook hulle’sn en dus is julle waarlik nie

aan die doen en late van die teenstander oorgelewer nie, veeleer sal julle

bewys lewer van krag en dat krag julle deurstroom, sodra hy julle nader in

die gedaante van aardse vyande wat julle en julle geestelike werksaamheid

wil hinder, wat ook julleself sou wil beweeg om af te val, maar nie met die

krag van die Gees rekening hou waarmee julle vervul is nie.

Werk daarom solank julle nog ongehinderd kan werk. Dra die lig die

duisternis binne en sluit julle steeds inniger aan by My en julle sal waarlik

kan standhou ook in die swaarste stryd, julle sal as oorwinnaar uit die

geloofstryd tree, want My Krag sal magtig word in julle. Amen

Die verlossende krag van die naam Jesus

7066 14 Maart 1958

In My Naam moet julle mense die heil soek, julle moet weet dat julle

nêrens anders heil kan vind as by My nie: Julle moet onvoorwaardelik

Myself in Jesus Christus erken en moet glo in die Goddelike Verlosser en Sy

werk van erbarming.

In die mens Jesus het Ek Self op die aarde gekom, deur Sy mond het Ek

Self die mense onderrig en in Hom het My krag sigbaar geword. Deur Hom

het Ek wondere gedoen, Ek het dooies opgewek tot lewe, siekes gesond

gemaak en die mense in hulle aardse nood gehelp. In Hom het Ek Self die

dood aan die kruis gesterf, want die mens Jesus het My geheel en al in

Hom opgeneem, omdat Hy Self Liefde geword het en vir Myself gevolglik ‘n

geskikte omhulling geword het waarin Ek die verlossingswerk kon volbring,

om die sondeskuld van die hele mensdom te delg.

Daarom is die Naam Jesus die naam van julle God en Vader van die

Ewigheid. En daarom moet julle in hierdie Naam saamkom en My onder

julle laat vertoef, wanneer julle die saligheid wil bereik wat julle eens

onuitspreeklik gelukkig gemaak het, wat julle egter ontbreek solank julle op

88

die aarde is. Dit is daarom nie voldoende om slegs in ‘n God te glo nie,

omdat so 'n geloof wel die erkenning van ‘n Skepper is wat alles - dus ook

julle - geskape het. Maar die geloof voer julle nie terug na Hom nie, julle

moet egter ook die Verlosser erken, Hy het eers die weg tot julle God en

Vader vir julle begaanbaar gemaak en slegs op hierdie weg kan julle tot die

Vader kom. Dus moet julle in Jesus Christus en Sy verlossingswerk glo,

eers dan is julle geloof eg en sal julle tot heil wees, dit wil sê, eers dan sal

julle siele in die vroeëre toestand verplaas kan word omdat Jesus Christus

julle daarmee moet help en julle sonder Sy hulp nooit julle doel kan bereik

nie.

In My Naam moet julle dus die heil soek. Sodoende sal julle nou ook begryp

dat dit nie voldoende is om die bestaan van ‘n God uit te soek of te wil

bewys nie, want die geloof kan elke mens verkry wat met oop oë om

homself heen kyk en nadink oor die skepping en sy ontstaan. Dit gaan oor

die verlossende krag van die Naam van Jesus. Eers moet julle mense die

betekenis van die verlossingswerk te wete kom, om julle dan ook onder die

kruis van Christus neer te plaas en die Naam van Jesus as die Naam van

julle God en Vader aan te roep vir die heil van julle siele. Want met Sy

koms op aarde het ‘n nuwe tyd aangebreek. Nou het die tyd aangebreek

waarin, deur die kruisdood, die poort tot die ligryk geopen was en die

eerste heeltemal verloste siele kon terugkeer tot die Vader. Want daar het

baie siele voor die poort tot die saligheid gestaan, wat eers hulle oerskuld

moes kwytraak, om toe weer as salige geesteswesens te vertoef vanwaar

hulle oorspronklik uitgegaan het.

Hierdie uiteindelike terugkeer in die Vaderhuis het die Goddelike verlosser

Jesus Christus moontlik gemaak. Hy moet daarom deur elke mens, wat

weer sy oertoestand wil bereik, ook erken word. Jesus Christus Self is die

poort tot die Hemelryk en Sy Naam weerklink oral in die sfere van die lig,

want in Hom is Ek Self. Hy en Ek is Een. En wie die Naam Jesus met innige

godsvrug uitspreek, die spreek My daarmee aan en Ek bring hom waarlik

die heil. Julle sal dus geen vergeefse versoek doen as julle die Naam Jesus

in volle vertroue uitspreek en aan My so julle verlange voorlê nie. Want

sodra julle glo in Hom en Sy verlossingswerk, het julle ook vry geword van

julle oersonde waarmee julle belas was. Dan betoon Ek julle ook weer My

liefde en julle kinderlike roeping van My Naam verseker julle ook die

verhoring en vervulling van julle bede. Ek is altyd en ewig julle God en

Skepper, maar julle Vader kon Ek eers word deur die werk van verlossing,

want eers daardeur ontvang julle die krag om julleself uit vrye wil te

verander tot volkome wesens. Nou eers kon julle van skepsele tot My

kinders word, wanneer julle die vrye wil benut vir julle terugkeer tot My.

Hierdie vrye wil het eers deur My kruisdood versterking ondervind, daarom

lê die heil vir julle slegs in My Naam. Daarom is julle mense eers op die

weg terug na My toe, as julle die weg tot Jesus Christus geneem het, want

slegs hierdie weg voer terug tot My in die Vaderhuis. Amen

89

Die wedervaringe van die laaste volgelinge in die tyd

van die Antichris

7068 19 Maart 1958

Net soos byna twee duisend jaar gelede sal Myne weer vervolg word ter

wille van My Naam. Nog staan dit julle vry om die evangelie te verkondig,

nog kan julle ongehinderd opkom vir My en My Naam. Nog staan geen

maghebbers julle in die weg wat julle spreek en weet nie, maar die tyd sal

kom waarin julle nie meer vry nie, maar slegs nog in die verborgene kan

arbei vir My en My ryk. Derhalwe moet julle die tyd goed benut en dus

arbei solank dit nog dag is.

Julle sal nie kan begryp wat dit vir julle sal beteken om in alle vryheid te

kan spreek en niemand te vrees wat julle arbeid vir My verbied nie, daarom

moet julle stry met die swaard van die mond. Julle moet elke geleentheid

aangryp om aan die mense My woord, die EWIGE WAARHEID te bring en

julle moet ook deur die krag van My Naam werk. Julle moet melding maak

van die Verlossingswerk van Jesus Christus en Hom oral verkondig, want

‘n gebod sonder lewe is oral waar die mense sonder geloof in die Goddelike

Verlosser voortlewe. Tot hom moet julle die "LEWE" bring, julle moet My

woord met groot ywer aan hulle verkondig, omdat julle nie baie tyd meer

het om in vryheid onder julle medemens te kan arbei nie.

Wanneer die Antichris sal optree sal julle ook, My dienare, van julle vryheid

beroof word, ofskoon ook julle arbeid nog nie ten einde is nie. Maar julle sal

maar net nog met die grootste versigtigheid en wysheid julle arbeid in die

wingerd kan verrig en waarmee julle ook met My krag sal slaag. En wat vir

julle tot op hede nog ongelooflik blyk te wees, sal ‘n realiteit word in die tyd

wanneer die Antichris aan bewind kom. Maar ook dan het Ek nog moedige

belyers van My Naam nodig, wat nie die wêreld en sy heersers sal vrees

nie, maar openlik vir hulle dade sal opkom wanneer hulle rekenskap moet

aflê.

Soos dit eens met My dissipels gegaan het, so sal dit ook met julle geskied

wat Ek as laaste volgelinge gekies het vir die verspreiding van My

evangelie. Ek verseker julle van My beskerming en sê daarom weer: Wees

nie besorg oor wat julle sal sê nie, want Ek sal julle die woorde in julle

mond lê. Daarom hoef julle die aardse mag nie te vrees solank julle My aan

julle kant roep nie, want Ek gee self aan hulle die passende antwoorde.

Hulle sal geen enkele aanleiding kan vind om julle aan te val, totdat julle

missie ook vervul is nie en dit bepaal Ek alleen en nooit die maghebbers

nie, wat ook net so onder My en My wil staan.

90

Sodoende sal julle ook begryp dat elke werk wat reeds in hierdie tyd vir My

verrig word, tot versterking van die geloof van die swak mense sal kan

bydra. Dat julle dus genoeg voorbereidende werk kan doen, sodat die

mense kan standhou tydens kwellinge deur die Antichris, wat natuurlik sy

mense sal probeer hinder in hulle geestelike strewe. Maar hy sal dit nie

bereik by hulle wat reeds ‘n lewende geloof in My gevind het nie, want hulle

sal ‘n muur bou waarteen hy vergeefs sal stormloop en wat hy nie sal kan

wankel nie. Hy sal egter ‘n maklike spel hê by hulle wat slegs ‘n vormgeloof

besit en wat sonder weerstand opgegee sal word in die aangesig van die

gewelddadige maatreëls van My teëstander. Hierdie mense is kragteloos en

ook sonder lig, hulle ken nie die krag van My Naam nie en ook nie die krag

van ‘n lewende geloof nie, nog minder die krag en mag van ‘n God wat

Meester is oor lewe en dood.

Solank as wat julle die moontlikheid het om te spreek en vrylik te werk,

moet julle My liefde en egte mag aan julle medemens verkondig. Julle moet

My leer van die liefde aan hulle preek en hulle wys op die tyd wat sal kom

en wat slegs deur ‘n diep geloof in My deur Jesus Christus deurstaan sal

kan word. Die geloof kan die oorwinning gee aan almal wat aan My getrou

bly, wat My en My Naam openlik voor die wêreld bely wanneer daar ‘n

bekentenis van hom geëis sal word. Julle moet egter ook die nabye einde

aan hulle verkondig, sodat hulle weet hoe waardeloos dit is ter wille van

aardse goedere en om op die aandrang en die verlange van die vyand in te

willig. Niemand sal homself lank oor sy vermeende besittings kan verheug

nie, omdat die tyd van die Antichris beperk is en met hom ook sy aanhang.

Want ter wille van My uitverkorenes sal Ek die dae verkort en ‘n einde

maak aan sy aktiwiteite.

En daarom kan julle wat My met alle ywer dien, in die laaste tyd niks meer

verloor nie, maar slegs onuitspreeklik baie wen. Want as julle vervolg sal

word ter wille van My Naam, sal julle as My ware volgelinge nog siele red

wat na julle kant toe sal oorloop en die lot van julle almal sal heerliker wees

as wat julle ooit aards aangebied kan word deur hom, wat ten doel het dat

julle My verraai.

Want wie vir My stry, stry saam met My en Ek sal julle waarlik tot die

oorwinning voer. Amen

Gebed van ‘n kind tot die Vader

7071 22 Maart 1958

Lê alles wat julle op die hart lê in alle eenvoud aan My voor en julle sal

gehoor by My vind. Die nederigheid van die harte sal julle steeds die regte

gedagtes en goeie woorde laat vind en daardeur sal julle gebed wat van ‘n

kind tot sy Vader is, ook seker tot My Oor deurdring en waarlik Ek sal julle

dan ook help. Maar op welke wyse Ek dit doen, moet julle aan My oorlaat,

want My liefde vir julle is so groot dat Ek altyd die beste vir julle wil hê, dat

91

Ek julle as My kinders, steeds meer wil gee as waarvoor julle vra. En omdat

Ek in My wysheid insien hoe Ek julle die beste gelukkig kan maak, handel

Ek ook volgens My kennis.

Daarom moet julle wel tot My bid, omdat Ek dan eers in julle kan werk as

julle, julleself met My verbind het. Maar julle moet na so'n innig gebed in

gees en in waarheid alles verder aan My oorlaat en alles sal dan so gebeur

soos dit goed vir julle is. Geen gebed word vergeefs tot My gerig nie, selfs

al word dit julle nie direk vervul nie. Daarom moet julle steeds weer in

gebed die verbinding met My soek en waarlik, daar sal vir julle ‘n groot

seën daaruit voortkom. Amen

Die ware “Kerk” - Sektes - Die werksaamheid van

die Gees

7072 23 en 24 Maart 1958

Die feit dat daar soveel geestelike of geloofsrigtings bestaan en dat die

mense meestal sonder hulle eie wil daarin opgeneem word, moet julle aan

die dink sit. Nie die wil van die kind bepaal in watter geloofsrigting hy

"gebore” is nie en dus is dit in ‘n sekere sin geen eie verdienste of die eie

skuld van die mens om in ‘n bepaalde geloofsrigting opgevoed te word nie.

En sou die een of ander nou "alleen saligmakend" wees; sou die een of

ander, wat vir Jesus alleen die ware is, of aan Hom welgevallig is, dan sou

die mense met reg die wat in ander geestesrigtings beland het, hulself deur

Jesus benadeel kan voel dat die "ware kerk" van hulle weerhou is deur

geboorte.

Maar dit is glad nie so dat ‘n mens sonder eie toedoen tot die waarheid kan

kom nie en dit is daarom glad nie van belang in watter geloofsrigting hy

deur sy geboorte beland het nie. Want elke mens moet self tot die lig van

die waarheid deurdring. En net so is dit verseker dat die waarheid homself

nie deur opvoeding sal laat inprent nie, solank die mens in homself nie die

korrekte basis gevorm het waarin die waarheid kan wortelskiet om nou sy

eiendom te word en te bly nie. Maar die bogenoemde feit sou ook alle

mense aan die dink sit, hulle wat op hulle lidmaatskap van ‘n bepaalde

geestelike rigting roem en homself beskou as "wandelend in die waarheid".

Dit is ‘n arrogante gedagte om te glo dat julle die alleen voorreg het om die

hemelryk te besit. Maar baie mense het hierdie aanmatigende gedagte,

want alle sekte-aanhangers is volkome daarvan oortuig dat hulle die

enigste waarheid besit. En tog het hulle meestal die kennis slegs

oorgeneem wat hulle weer geleer is deur dié wat hulself net so fanaties as

onfeilbaar voorgehou het. En geeneen van hulle het daaroor nagedink hoe

Jesus Homself dan teenoor diegene opstel wat nie aan ‘n geestelike

inrigting behoort nie.

Solank maar die liefde tot Jesus en tot die naaste en die werk van

verlossing van Jesus Christus die basis is van ‘n geestelike rigting, kan ook

92

uit hierdie geestesrigting ware Christene voortkom vir wie ook die lig van

die waarheid spoedig sal skyn. Want word die liefde van God se gebooie

vervul in die geloof in Jesus Christus, die goddelike Verlosser, dan word die

mens self aktief en gaan hy uit eie beweging die "gemeenskap van die

gelowiges" binne, in die kerk wat Jesus Christus Self op aarde gestig het.

En hierdie eie beslissing moet elke mens neem, oftewel, die basiese geloof

is die vervulling van die gebooie van die liefde en solank dit nie in ag

geneem word nie, bevind die mens homself buite die kerk van Jesus, buite

die waarheid en dit is om te ewe of hy lid is van ‘n geloofsrigting wat

homself as die "enigste ware" en "saligmakende" uitgee.

Die geluksaligheid kan geen mens vir homself verwerf deur slegs tot ‘n

bepaalde geestesrigting te behoort of deur handelinge wat deur hierdie

geloofsrigting vereis word nie. Net die ware, onbaatsugtige naasteliefde en

die daardeur aangetoonde liefde tot God lei na die geluksaligheid en dit kan

in elke geestesrigting beoefen word en dit sal dan ook lei tot die insig van

die suiwer waarheid. Solank daar egter afgebakende gemeentes bestaan,

solank elkeen trag om lede vir hulself te wen wat hulle lidmaatskap

daardeur moet bewys dat hulle dit erken wat hulself onderrig, solank die

vryheid van denke by hierdie lede beperk word, is hulle ook slegs

meelopers, geen lewende Christene wat hulself kan reken by die kerk van

Jesus nie.

Maar sodra ‘n mens "lewend" geword het, wat dus maar net ‘n lewe van

liefde as vereiste het, sien hy ook, in hoeverre ‘n geestesrigting aanspraak

kan maak op die waarheid. Hy sal dan weliswaar sy medemens beter kan

onderrig as die leiers van die geestesrigtings, maar hy sal sy insig ook nie

kan oordra op sy medemens nie, veeleer moet hulle aan dieselfde eise

voldoen wat tot insig in die suiwer waarheid lei: Eers moet hy deur ‘n lewe

in liefde ‘n "lewende" Christen word, want dan sal sy geloof sterk word en

dan hoort hy dus tot die kerk van Jesus, wat Hy Self op die rots van die

geloof gebou het.

Vir elke denkende mens sou dit duidelik moet wees dat Jesus, die

saligwording van ‘n mens nooit afhanklik sal maak van watter geloofsrigting

of geloofsgemeenskap hy aan behoort nie, want slegs die omstandighede

dat hulle sonder eie wil, by geboorte in sulke gemeenskappe opgeneem

was, sou hulle tog moet laat dink, mits hulle so ver in hulle geloof is dat

hulle ‘n Jesus en ‘n bestemming van die mens herken. Vir die ongelowiges

is sulke gedagtes nie sondermeer te bespreek nie, omdat hulle elke ‘geloof

rigting' verwerp. Maar vir diegene wat al te ywerig hulle mening uitdra en

steeds weer probeer, om as bewys vir die waarheid daarvan, woorde uit die

Skrif daarby te betrek, wat dit egter ook slegs verstandelik uitlê; geld

hierdie woorde: dat slegs die liefde die gees in die mens werksaam sal laat

word. Maar die Gees sal hulle dan ook volgens die waarheid onderrig, dan

sal egter ook die verkeerde leerstellings in elke geestesrigting belig word,

waarvan die mens homself moet vrymaak, as hy ‘n lewende Christen wil

93

wees, ‘n aanhanger van die ware "Kerk van Jesus", wat geen uiterlike

kenteken kan laat sien as slegs die werksaamheid van die Gees van Jesus

nie. Amen

Ongeloof voor die einde - Aktiwiteite van Satan

7074 27 Maart 1958

Die mensdom sal in goddeloosheid ten gronde gaan, aangesien hulle

duidelik ondersteun word deur My teenstander, (soos wat die wêreldse aan

mag en rykdom aan roem en wetenskap) toeneem. Want dit alles is en bly

enkel wêreldse gewin, wat nie bestendig is nie. Dit laat die siel nie alleen in

armoede en gebrek nie, maar plaas hom weer terug in die lot wat vir hom

‘n eindelose lang tyd ‘n toestand van ellende was.

Die mense wil ‘n God en Skepper verloën. Hulle is oortuig van hulle eie

krag en intelligensie en skryf elke aardse sukses toe aan hulle eie denke en

werk en word tog net gelei deur hom wat My uit die harte en gedagtes wil

dring.

Hulle glo nie aan ‘n God nie, hulle glo ook nie aan ‘n werklike bestaande

Satan nie en bevind hulself tog in sy mag. Maar wanneer dit sover gekom

het dat elke geloof verdwyn het, omdat die mense alleen nog in die

goddelose rigting beïnvloed kan word, dan het die tydstip ook gekom

waarop die aktiwiteit van die teëstander beëindig gaan word. En alle tekens

is aanwesig dat My teëstander die wêreld beheers, dat hy die mense

aanspoor om hulle lewenskragte maar net aards te gebruik en die Goddelik

geestelike so ver van die mense af te hou, dat hulle hulself nie die moeite

gun om dit te bereik nie.

Hulle word direk of indirek deur hom bewerk, hy tree openlik op teen die

geloof of bedek die mense so ryklik met aardse goedere dat hulle hulself

losmaak van My om nie van hulle aardse vreugde beroof te word nie, in die

instinktiewe erkenning dat beide nie tesame kan gaan nie. Hulle gee My

sonder nadenke op, want die wêreld trek en lok te verleidelik en dit kan

hulle nie weerstaan nie. Dit bly ook meestal ‘n nuttelose poging om die

mense anders te wil onderrig, want sulke waarskuwende stemme word

oorstem deur die vyandige kant en word tot swye gebring, al is dit met

geweld.

Die giftige saad word reeds gesaai op die nog onbeboude land en die

kinders word reeds ‘n baie verkeerde voorstelling ingeprent van die doel

van hulle bestaan. Elke teer plantjie wat homself tog nog tot die "lig" keer

word verstik, dit word met vergiftigde saad ongeskik gemaak om te lewe.

Die mens word alreeds as kind ‘n verkeerde denke ingeprent en My

teëstander verstaan dit presies om deur vaardige spraak, geloofwaardig oor

te kom. En waar sluheid nie voldoende is nie, daar help geweld, want hy

94

eheers elke maghebber wat veld wen waar geen vaste fondament van die

geloof gebou was wat teen elke stormloop kan standhou nie!

Maar Ek Self spreek ook ‘n harde en duidelike taal. Eers deur tragiese

gebeurtenisse van allerlei aard, wat aan elke mens die verganklikheid van

die aardse geluk en van aardse besittings sal toon. En Ek sal nog baie

duideliker spreek, maar tog net sukses hê by diegene wat nog nie

heeltemal ten offer geval het aan My teëstander nie. Tallose mense

beëindig hulle aardse lewe in hul goddelose toestand en word so omring

deur ‘n duisternis wat ondeurdringbaar en vir julle mense onvoorstelbaar is,

ofskoon hulle dit vir hulself geskep het. Dit is die onvermydelike gevolg van

hulle ongeloof in ‘n God en Skepper; dit is die lot wat alle mensesiele te

wagte staan wat hulself aan My teëstander oorgegee het en wat die

verwydering van My nie wil herstel nie.

Maar dit is hulle eie skuld, want elke mens is in staat om deur nadenke tot

die waarheid te kom as hy ernstig wil. Geen mens word gedwing om

homself die menings van mense of maghebbers sy eie te maak nie,

aangesien elke gedagte vry is en hy ook sy verstand kan gebruik. Doen hy

dit in verlange na waarheid en regverdigheid, dan word hy ook van My af ‘n

korrekte denke gewaarborg en hy sal in homself die waarheid vind. Daarom

sal Ek steeds inwerk op die denke van die mense, deur onverwagte

beproewinge, waarteen geen mens homself sal kan verweer nie, want nooit

gee Ek die stryd om elke siel op nie.

Solank die mens op aarde leef, sal Ek hom ook geleentheid gee om tot ‘n

korrekte insig te kom, maar dwang wend Ek nooit aan nie. Ook My

teëstander kan nie deur dwang hulle van My afkeer nie, selfs nie as aardse

maghebbers dwangmaatreëls neem nie. Ek let slegs op die wil van die

mens en die innerlike verhouding tot My en elkeen wat ‘n toegewende

gedagte na My ondervind, sal ook versterking kry wat die siel sal help met

die loskom van My teëstander.

Maar ‘n buitengewone groot sukses sal nie meer te behaal wees nie. Vir My

is elke siel wat nie meer in die diepste dieptes terugsink nie, egter ‘n wins

en My Liefde sal daarom ook alles doen, om nog voor die einde, diegene te

red wat nog nie heeltemal in die hande van My teëstander is nie; om aan

hulle die geloof terug te gee in ‘n God en Skepper van die ewigheid, wat Sy

geskapenes ‘n lewe in vryheid, krag en lig wil teruggee, wat hulle van die

begin van die tye af besit het. Amen

Die val van die geeste - vermoë van gedagte -

Die val van Lucifer

7082 3 April 1958

Dit is baie makliker om julle met die geestelike verband vertroud te maak

wat julle eie bestaan verklaar as om die regte begrip aan julle te gee oor

die geestelike gebeurtenisse wat plaasgevind het toe Ek lewe aan julle

95

almal as geestelike wesens gegee het. Die oorsprong van My plan van

Verlossing was slegs die resultaat van vroeëre gebeurtenisse in die

koninkryk van die geeste. En om die gebeure te begryp vereis ‘n oorvloed

van lig wat julle nog nie as mense op aarde besit nie, selfs as julle poog om

ooreenkomstig My wil te lewe. Hierdie geestelike gebeurtenisse was

noodsaaklik vir ‘n vrye wilsbesluit, wat alle wesens wat uit My liefde te

voorskyn gekom het moes slaag om die hoogste volmaaktheid te bereik: as

vry-werkende wesens om onafhanklik van My wil te wees en tog te dink, te

wil en te handel soos Ek. En die vrye wilsbesluit vereis ook die nodige

vereistes. Die wese moes in staat wees om te val in die diepste kloof en net

so die hoogste piek te kan bereik. Want as ‘n hoër of laer grens vir hom

gestel was, sou sy wil nie meer vry wees nie. En so was die vrye

ontwikkellende wil die resultaat van sy denke. Die gedagte was egter ‘n

uitdrukking van krag wat deur My na die wese gestuur is wat die wese

gestimuleer het om sy eie opinie daaroor te vorm.

Dus bestaan die wese se vermoë van gedagte uit die verwerking van ‘n

ontvangde geestelike lig, dus om die gedagte min of meer te oordink,

anders sou die wese net My 'werk' gebly het as hy net soos Ek gedink het.

Maar Ek wou tenvolle vrye lewende wesens skep buite My en begiftig hulle

daarom met die kapasiteit om hul eie oordeel te maak wat egter die

potensiaal het om in verskillend rigtings te ontwikkel.

Dit sou nooit ooit moontlik gewees het vir Lucifer om My te verlaat as hy

nie hierdie vermoë gehad het nie. In daardie geval sou hy egter ook nie ‘n

vrye gees wees nie, maar altyd slegs ‘n marionet wat tenvolle onderworpe

aan My wil gewees het. Dus moes Ek hom tenvolle isoleer van My, as ook

alle verdere wesens, hulle moes volle vryheid kon geniet en nie in enige

geval beperk word nie. Derhalwe moes hulle ook die ontvangde gedagtes

positief of negatief kon evalueer. Naamlik, die wese moes self kon uitvoer

wat hierdie gedagtes hom motiveer om in volle ooreenkoms met My te

doen, dus met dieselfde wil as Myne. Maar tersefdetyd kon hy 'anders dink',

dus om kragtens sy vermoë van gedagte tot ander konklusies te kom.

Dit het egter gebeur toe hulle nie meer hierdie 'vermoë van gedagte' as ‘n

gawe van My gesien het nie, maar as sy eie produk en hierdie valse

selfvertroue veroorsaak ‘n vertroebeling van sy denke. Elke geestelike wese

was inderdaad uit My geskep as ‘n onafhankelike entiteit, maar sy

fundamentele aard was liefde en so moes hierdie liefde ook die verbintenis

met My soek, omdat liefde na liefde streef. En dan stem sy wil ook tenvolle

met My ooreen. Maar enige verswakking van die verbintenis met My wys as

‘n afwyking van die wese se wil van My en dit veroorsaak die gebruik van

die vermoë van gedagte in ‘n verkeerde rigting, omdat hy in staat moet

wees om elke gedagte in alle rigtings te kan bedink of die wil sal nie vry

wees nie. Wat nie te sê is dat ‘n verkeerde gedagte van My na hom stroom

nie.

96

Die eerste wese, Lucifer, was helder verlig en hy kon met My kommunikeer

maar was ook bekwaam om sy gedagtes verkeerd te lei; nietemin, het hy

altyd die geleentheid gehad om sy verkeerde gedagtes aan My voor te lê

sodat Ek hom kon beantwoord. Maar dit was juis hierdie verkeerde

gedagtes wat hy geglo het om vir My te kon verberg, wat reeds ‘n

vermindering van sy liefde was en so ook die verminder van lig veroorsaak

het. En so was één van sy eerste verkeerde gedagtes ook die twyfel oor My

mag omdat hy My nie kon sien nie. Die besef dat hy nie in die

teenwoordigheid van die bomatige helder glans van My oer lig sou kon

bestaan nie het sy verkeerde gedagtes nie teë gehou nie. Hy weier om

hierdie bewustheid aan te neem en vind sy eie verklaring as My

'magteloosheid'. Wat weer eens ‘n gedagte was wat toon dat hy reeds sy

verbintenis met My aansienlik losgemaak het teen die tyd dat hierdie

gedagte in hom op gekom het. In dieselfde mate wat hy begin het om My

mag te betwyfel groei sy eie bewustheid van krag en toe volg die één

verkeerde gedagte na die ander. Sy wil het nie meer met Myne

ooreengekom nie, sy liefde het begin af neem en hy sluit hom meer en

meer af vir die stroom van My liefdekrag. Nou het hy ook die besef van die

feit verloor dat hy ook deur My krag gevoed moes word eer hy skepend

aktief kan wees.

Maar terwille van My voorgenome doel: om die wesens wat tevoorskyn

gekom het uit hom en My, te lei na hoogste geluksaligheid. Verhoed Ek nie

een van die wesens, selfs nie My eerste-geskape draer van lig, teen die

verkeerd gebruik van hulle wil nie. Ek het nie een van die wesens verhoed

om sy vermoë van gedagte verkeerd te gebruik nie. Want Ek het alle

wesens geskep as vrye wesens buite My en hulle grootste geluksaligheid

het bestaan uit die skep en werk in algehele vryheid. En dit verg ook

absolute eenheid met My wil sonder enige dwang. Maar as geen wese in

staat was om te dink en te wil anders as ooreenkomstig My wil nie, dan sou

die wese nie ‘n vrye wil gehad het nie, wat egter onherroeplik aan ‘n

goddelike volmaakte wese behoort. En Ek kan slegs van My lewende

skeppinge as 'My kinders' praat wanneer hulle tenvolle vrywillig in My wil

ingaan en slegs dan word aan hulle geluksaligheid gegee wat hoogste

volmaaktheid veronderstel. En hierdie volmaaktheid kan nie aan My wesens

deur My gegee word nie, maar dit moet deur elke geskape wese self

verwerf word uit sy eie vrye wil. Amen

Die werk van erbarming deur die mens Jesus

7083 4 April 1958

Dink steeds aan My eindelose liefde vir julle wat My beweeg het om die

verlossingswerk vir julle te volbring. Wat die mens Jesus op aarde beleef en

verdra het, dit het Hy uit liefde tot die medemens gedoen, omdat Hy

geweet het dat hulle in groot geestelike nood verkeer. As mens het Hy al

97

geweet van die groot sondeskuld van die mense en van die hopeloosheid

om daarvan vry te raak. Die kennis was die gevolg van Sy lewe in liefde en

daarom het Hy medelye met die mensdom gehad en wou hulle help.

Tewens besef Hy ook, as gevolg van Sy liefde, dat Hy ‘n missie te vervul

het. Dat Ek Homself na die aarde gestuur het om My tot omhulling te dien,

sodat Ek die verlossingswerk om die groot sondeskuld te delg, in Hom kon

volbring en volgens hierdie missie het Sy aardse lewensweg in vervulling

gegaan: ‘n Weg van onmeetlike nood en lyding wat Hom eers moes laat

volwasse word. Die verblyf tussen die sondige mense het Sy siel reeds

ontsaglike leed besorg. Want Sy siel het uit die Ryk van die Lig neergedaal

in die duisternis.

Maar die aardse liggaam waarin die Siel geborge was, moes eers deur die

lyding en die nood, deur die gestadige stryd teen die begeertes en

hartstogte wat aan die liggaam gekleef het, gelouter word; om nou ‘n

waardige opnamehouer te wees vir Myself, Ek wat Hom nou ook geheel en

al vervul het en sodoende Een geword het met Hom.

En nou het Sy eintlike missie begin; om aan die mense lig te bring, die

waarheid aan hulle te verkondig, hulle die Evangelie van die Liefde te

predik en hulle dus die weg te wys en voor te lewe wat hulle ook moes

gaan, as hulle na hulle dood wou ingaan in die Ryk van Lig en Saligheid. En

ten laaste sluit Hy Sy lewensweg af met ‘n onvergelykbare werk van

erbarming; met Sy bitterste lydingsweg en die smartlikste dood aan die

kruis as offer vir die sondeskuld van die mensdom.

Hierdie missie was wel deur ‘n mens volbring, maar Ek Self was in hierdie

mens. Ek Self as die Ewige Liefde het die werk van verlossing volbring,

want slegs die liefde was tot so 'n offer in staat. Slegs die liefde kon die

smarte van die kruisweg deurstaan en slegs die liefde kon die krag opbring

om geduldig te volhard in die volste bewussyn tot aan Sy dood.

En ofskoon die mens Jesus aan die kruis die woorde uitgeroep het: "My

God, My God, waarom het U My verlaat", was hierdie uitroep slegs ‘n

getuienis dat die Godheid in Hom, Hom nie tot Sy daad gedwing het nie,

maar dat die mens Jesus in heeltemal vrye wil die offer gebring het vir Sy

medemens. Dat die liefde Self Hom daartoe gebring het om dit te

verwesenlik, wat Hom egter nie onvry gemaak het in Sy denke en

handelinge nie.

Die algehele sondelas van die mensdom het die mens Jesus op Sy skouers

geneem en daarmee na die kruis gegaan en geeneen van julle mense kan

die gesegde in sy diepste diepte begryp nie. Weliswaar het Ek Self die werk

van erbarming volbring, omdat sonder die liefde die mens Jesus ook nie in

staat sou gewees het om hierdie maat van lyding en smart op Hom te

neem nie. Andersyds, die Godheid kon nie ly nie en daarom moes hierdie

lydingsweg deur ‘n Siel deurstaan word wat wel in staat was om te ly; ‘n

mens, wie se liggaam pyn en smart kon voel en wat dus as te ware boete

gedoen het vir wat die hele mensdom aan God skuldig was. Maar ook Sy

98

siel het onbeskryflik gely, omdat Hy uit die Ligryk gekom het en die

duisternis op aarde vir hom reeds ‘n ontsaglike kwelling beteken het.

Die mens Jesus was "My Seun" in Wie Ek ‘n groot welbehae gehad het. Hy

was My met al Sy sinne en met al Sy liefde toegewyd. Hy het Hom tussen

die sondige mensdom verneder en Sy siel het My onafgebroke gesoek, vir

My, Sy God en Vader van die ewigheid. Sy liefde het My gedwing tot ‘n

voortdurende instroming in Hom en so kon die eenwording van mens en

God plaasvind, of anders gesê; die Menswording van God kon met die

volste reg geskied. Want nooit kon Ek vir My ‘n menslike omhulling tot

woonplek kies wat nie suiwer liefde sou gewees het nie, omdat Ek Myself

nie met iets onrein kon verbind nie. Alle onrein substansies was deur die

lydingsweg van die mens Jesus vergeestelik en tegelykertyd was die

sondeskuld afgelos vir die algehele mensdom, omdat Hy homself geoffer

het uit liefde vir Sy medemens.

Die mens Jesus het Myself deur Sy dood verheerlik en Ek het Hom

verheerlik, deur Hom as ‘n sigbare omhulling van Myself te kies vir ewig.

Deur Hom het Ek self tot ‘n sigbare Godheid geword vir al My geskape

wesens, wat hulself "die aanskouing van God" waardig maak. Julle kan vir

julleself, so lank as wat julle op die aarde vertoef, maar net My eindelose

liefde voor oë hou, wat julle help om vry te raak deur die verlossingswerk.

Maar julle sal die werk van erbarming eers in sy geheel diepte begryp

wanneer julleself in die Ligryk ingegaan het, as die lig van die insig julle

weer soos voorheen deurstraal. Dan sal julleself daaraan kan deelneem,

julle sal dit self as werklikheid belewe en nou eers My eindelose Liefde

begryp, wat alles gedoen het om Sy kinders weer terug te wen wat Hy eens

verloor het, deur die groot skuld as gevolg van die afvalligheid van My.

Amen

Hulp van die ligwesens om die mense redding te

bring

7087 9 April 1958

Alle wesens van die lig is buitengewoon aktief om die mense op aarde nog

te help om verlos te word voor die einde kom. En wat daar maar kan

geskied om die doel te bereik, dit gebeur ook van die kant van die

geestelike wêreld, wat in My Wil en opdrag werk.

En so hoef julle, julle ook nie te verwonder, wanneer elke mens so nou en

dan hard aangepak word, wanneer hy moeilike beproewinge moet verduur

of wanneer hy mislukkinges het, want sodra sulke dinge daartoe bydra, dat

die mense tot nadenke gestem word, dat hulle nie alleen aan hul aardse

taak dink nie, word sulke middele alleen maar aangewend van die kant van

hulle wat vir julle sorg.

99

Maar daar word ook geen mens meer belas as wat hy kan dra nie. En

steeds sal daar weer vir elke mens ‘n ligpuntjie tevoorskyn kom, hy sal ook

uit die moeilikste situasies gehelp word sodra hy in sy hart om hulp smeek.

En so kan dit gebeur dat daar nog mense gewen word vir My en My ryk, vir

die lewe wat ewig duur. Want sodra ‘n mens in die grootste nood op My

gewys word, wanneer aan hom voorgestel word dat hy Myself om hulp vra

waar aards geen hulp moontlik lyk nie. En wanneer hierdie dus nou sy

toevlug neem tot My, sal hom ook duidelik hulp ten deel val.

En daarom is die ligwesens onophoudelik werksaam by die mense van

hierdie aarde wat hul tot versorging gedurende hul lewe op aarde toegewys

is. Want hulle weet hoe buitengewoon belangrik dit vir elkeen afsonderlik is

om nog voor die einde die weg na My te gevind het. Hulle is op hoogte van

die verskriklike lot wat diegene beskore is wat geen verbintenis met My tot

stand bring nie en hul liefde vir al die onverloste spoor hulle aan om ywerig

in die liefde werksaam te wees.

Die dag van die einde kom steeds nader, elke dag is verlore wat die mens

nog geheel geïsoleerd van My deurbring. En wat hy versuim in die aardse

lewe is moeilik goed te maak. Maar ook die nog maar kort tyd tot aan het

einde kan voldoende wees om die mens vir die uiterste gevaar te versorg,

wat daarin bestaan dat die siel in volledige verwydering van God die dag

van die einde meemaak en dat dan die hernieude kluistering in die vaste

materie ‘n onvermydelik gevolg is.

Die lewe op aarde is die mens gegee sodat hy bewus en in vrye wil

toenadering tot My soek. Doen hy het nie vanuit homself nie, dan help Ek

hom sodanig, dat Ek hom in nood laat kom waarin hy dan na ‘n helper

uitkyk. En al My ligwesens ondersteun My omdat in elkeen My Wil alleen

werksaam is, omdat hulle op hoogte is van My Wil en daarom steeds so op

die mense inwerk, dat hulle saggies na My gedring word. Julle mense word

nou hul werksaamheid alleen sodanig duidelik, dat groot onrus,

onvoorsiene gebeurtenisse hul voordoen in die lewe van die mens. Julle

mense skryf hierdie weer toe aan menslike invloed, maar ook dikwels is dit

alleen bewys van die liefde van die ligwesens, waardeur hulle julle wil help.

En sou alles kan voorkom wat met julle gebeur, wat julleself onaangenaam

tref, in sovere dit nie gaan om uitgesproke slegte werke van mense nie,

dan sou julle ook alles makliker verdra, want steeds sou julle seker daarvan

kan wees dat julle gebed, dus innige aaneensluiting met My, hulp verskaf,

omdat dit alleen om die verbintenis met My gaan wat julle sal moet

aanknoop in die lewe op aarde.

En omdat vir julle almal slegs weinig tyd oorbly, sal ook sulke voorvalle

toeneem wat julle in nood en sorge, in kommer en leed plaas, siektes,

ongevalle of andere gebeurtenisse, wat julle steeds alleen doeltreffend die

hoof sal kan bied met ‘n gelowige gebed, dus met ‘n vereniging met My

d.m.v. gedagtes of toegenome werksaamheid in liefde, wat ook ‘n

100

egstreekse verbintenis is met My en julle steeds verseker van krag om

alles te kan verdra wat julle beswaar.

Maar julle almal, gelowige of nie, kan weet dat julle onder die sorg van

geestelike wesens is, wat dus tot beskerming en tot leiding vir julle lewe op

aarde by julle geplaas word. Dit lê alleen aan julleself of julle hulle wil laat

lei, of julle hul gehoor skenk, wanneer hulle julle d.m.v. gedagtes probeer

beïnvloed.

Want teen julle wil in mag hulle julle nie opwaarts lei of tot geloof in My

bring nie. Maar hulle probeer alles sodat julleself julle wil verander en hul

gehoor skenk, dat julle na My julle weg neem en julle in gedagtes met My

verbind. Maar geluk hulle inspanning nie dan is julle in groot nood en julle

sal die einde moet vrees, wat nie meer lank op hom sal laat wag nie. Amen

Gee ons vandag die Brood wat ons nodig het

7089 11 April 1958

Ek is die Brood van die Lewe, die manna wat uit die hemel kom.

Dit is nie voldoende, wanneer julle, julleself aards versadig, wanneer julle

die liggaam die brood gee wat julle nodig het om te lewe nie, inteendeel,

begeer veel meer die brood uit die hemel, wat voedsel is vir julle siele. En

glo My dat die laaste in noodgevalle ook die liggaam sal onderhou, maar

die eerste nooit die siel dien om homself positief te ontwikkel nie.

En daarom het Ek gesê: "Ek is die Brood van die Lewe, die manna wat uit

die hemel kom", want wanneer julle Myself - My Woord - in julle opneem,

sal julle lewe tot in Ewigheid. Maar julle liggame sal vergaan, ook wanneer

julle dit voortdurend met aardse spyse sal versadig. Die liggaam is sy tyd

gegee en as dit verby is, dan help ook geen aardse voeding meer om dit in

die lewe te behou nie. Daarom sou julle meer besorg moet wees om julle

siele die lewe te besorg, julle sou hom onophoudelik moet voed met die

brood van die hemel, julle sou die spys wat hom slegs van My af aangebied

kan word, vir hom toeganklik moet maak. En julle sou daarom nader na

Myself moet kom en My vra om ware spys en ware drank.

En julle sou ook steeds aan My Woorde moet dink: "Wees nie besorg wat

julle sal eet en waarmee julle, julleself sal klee nie, maar soek eers die Ryk

van God en al die ander sal aan julle gegee word". Sou die mense maar

aan hierdie belofte wil glo! Maar al hulle sinne en strewe is suiwer aards

gerig en tog kan geen mens die lewe van sy liggaam ‘n uur verleng nie,

wanneer My Wil dit anders voorbeskik het. Maar ook geen mens kan sy siel

die lewe gee wanneer hy hom gebrek laat ly nie, wanneer hy sonder spys

en drank gelaat word terwille van die liggaam.

Maar omdat julle mense weet dat die liggaam voedsel absoluut nodig het

om te kan bestaan, so maak julle, julleself skuldig, wanneer julle nie

eweneens vir julle siele sorg nie, wat nie kan vergaan nie; julle maak julle

daarom skuldig, omdat Ek My steeds weer na julle toe wend en julle die

101

voedsel vir julle siele aanbied, omdat julle steeds weer aangespreek word

deur My afgesante en hulle maar net hoef aan te hoor en aan hulle woorde

gevolg te gee, om nou ook My die moontlikheid te gee om julle geestelik te

ete en te drinke te kan gee tot heil van julle siele.

Steeds weer word julle in kontak gebring met My Woord, steeds weer word

julle aangemaan om julle met My in verbinding te stel, julle word vir die

gastemaaltyd uitgenooi en julle sal te alle tye na My tafel kan kom en dus

van My voedsel in ontvangs neem vir julle siele, want My Woord is die

brood uit die hemel, dit is die lewende water, My Woord is vlees en bloed,

slegs My Woord is vir julle siele die ware spyse, wat hom die lewe verskaf,

wat hy ewig nie meer sal verloor nie.

En omdat julle die behoefte van julle siele so min stil, sal julle ook

liggaamlike nood moet ly, die tyd sal kom waarin dit julle ook sal ontbreek

wat julle vir julle aardse lewe nodig het, indien My teenstander nie so ryklik

vir julle sorg dat julle, julle siele vergeet nie. Sodra julle egter nog nie

heeltemal aan hom ten prooi geval het nie, kan aardse voelbare nood julle

steeds nog daartoe aanpor om julle tot My te wend en My te vra om dit op

te hef en dan kan julle siele ook tegelyk gespysig word, omdat elke

verbintenis met My vir die siel krag oplewer, dus geestelike spysiging

beteken. Die brood van die hemel is absoluut noodsaaklik en wanneer Ek

Myself aangedui het as "Brood van die Lewe" so sal julle ook daaruit kan

sien dat julle Myself sal moet nader, dat Ek Self My aan julle wil besorg,

omdat Ek julle siele die lewe wil gee.

En julle hoef waarlik nie ver te gaan om by My te wees nie, julle hoef maar

net in die stilte te gaan en julle gedagtes op My te rig en dan trek julle

Myself na julle toe, julle gee My aanleiding om My gawes vir julle aan te

bied, om julle siele spys en drank aan te reik, want sodra julle, julleself in

gedagtes met My verbind in stille gebed, open julle ook julle harte vir My,

dat Ek Self na binne kan gaan en dan sal julle waarlik geen gebrek hoef te

ly nie.

En Ek sal julle nie slegs geestelik nie, maar ook aards voed, want hierdie

belofte het Ek julle gegee en Ek staan agter My Woord: "Soek eers die Ryk

van God en sy geregtigheid en al die ander sal aan julle geskenk word".

Amen

Verspeel nie vir julleself die ewige lewe nie

7096 8 April 1958

Verspeel nie vir julleself die Ewige Lewe nie. Eenmaal sal dit julle almal ten

deel val, maar daar kan ook nog ewige tye mee heengaan. Tye van

eindelose kwelling en duisternis waarin julle, julleself in ‘n toestand van

dood bevind, in totale kragteloosheid en heeltemal sonder lig. En julle kan

hierdie tyd van ellende nog eindeloos verleng, sodat julle ook van ‘n "ewige

verdoemenis" kan praat. Wat Ek julle egter nie opgelê het nie maar wat

102

julle deur julle vrye wil aan julleself te wyte sal hê en wat julle ook steeds

weer vir julleself veroorsaak, as julle die bestaan as mens nie benut om die

Ewige Lewe vir julle te verwerf nie.

Ek laat julle nie vir ewig verlore gaan nie, omdat julle My skepsele is wat Ek

vanaf die allereerste begin liefhet en wat Ek sonder om op te hou sal liefhê.

Maar Ek kan julle nie voortydig die lewe gee as julleself die toestand van

die dood verkies nie en julleselfs nie bereid is om die lewe uit My hand aan

te neem nie. Julle kan dit maklik verwerf, want julle hoef julleself maar aan

Hom toe te vertrou wat Self die Lewe is van die ewigheid af. Daartoe is

julle die aardse lewe gegee, waarin julle in die besit is van verstand en vrye

wil. Waarin julle toeligting kan ontvang oor julle aardse opdrag en dus slegs

hoef te wil, om uit die toestand van die dood verlos te word. Hierdie aardse

lewenstyd is maar kort en daar word geen groot offers van julle verlang vir

dit wat julle geskenk word, met die regte gebruik van julle wil nie. Die

lewensduur as mens is baie kort, maar dit is voldoende om die doel te kan

bereik.

Eindeloos lank was die tyd van julle voorontwikkeling, totdat julle die

stadium as mens kon ingaan; en net solank sal dit weer duur tot julle weer

die barmhartigheid sal hê om julle wilsbeslissing te herhaal. Van die

omvang van hierdie ewighede kan julle mense geen begrip vorm nie,

omdat julle denke in ‘n onvolmaak toestand ook maar begrensd is. En soos

julle niks van hierdie kwelling af weet nie, omdat die herinnering aan die

tyd van julle voorontwikkeling, tydens julle aardse lewe van julle af

weggeneem is, so ken julle ook nie die onuitspreeklike saligheid wat die

begrip Ewige Lewe inhou nie. Julle ken verseker nie die heerlikhede wat in

My Ryk op julle wag nie, as julle besluit tot die uiteindelike terugkeer tot

My. En nóg die een, nóg die ander kennis mag vir julle bewys word, omdat

‘n vrye wilsbeslissing daardeur onmoontlik sou word. Julle moet dit ook

sonder bewyse glo en daaraan beantwoordend nou julle aardse lewe voer,

julle mag die saligheid van ‘n lewe in My Ryk nie weggooi nie. Julle almal

moet hierdie moontlikheid wat vir julle ongeloofwaardig voorkom, saam in

julle verstandelike denke betrek en julle moet so lewe dat as die uur van

afskeid van hierdie aarde gekom het, julle, julleself nie hoef te verwyt nie.

Julle moet ook hulle wat oor hierdie geestelike dinge spreek, aanhoor en

julle moet ook daaroor nadink en julleself voorstel hoe julle sou staan as

hulle gelyk sou hê.

Daar is vir julle mense baie op die spel, want dit gaan nie om ‘n aantal

aardse lewensjare nie, maar om die Ewige Lewe. Dit gaan om ‘n toestand

van die hoogste saligheid wat nie ophou nie, om ‘n toestand in lig en krag

wat julle eie was in die begin. En vir hierdie ewigheid in lig en krag hoef

julle maar net ‘n kort tydjie, ‘n oomblik in hierdie ewigheidsafstand te laat

afsien van totaal waardelose dinge. Julle waardeer egter hierdie dinge

buitengewoon hoog en gooi daardeur die lewe weg en bly weer vir

ewighede in die dood. En kyk alles wat Ek vir julle kan doen om julle die

103

lewe te verskaf, dat Ek vir julle mense deur My laat stuur, wat julle in My

opdrag waarsku en vermaan, wat julle aanspoor om ‘n poging te maak om

tot die waarheid te kom. Hulle sal julle wys op My, dat Ek as die Enigste

Waarheid julle denke verlig; hulle sal julle die raad gee om die verbinding

met My tot stand te bring, sodat Ek julle dan kan vasgryp en julle tot My

trek. Maar julle moet self die eerste tree gee, omdat Ek julle nie kan dwing

terwille van julle saligheid nie.

Maar Ek ondersteun en versterk ook selfs die swakste, wil hy homself na

My wend, want om julle die lewe te gee, het Ek die hele skepping laat

ontstaan. Ek begeer nie julle dood nie, Ek wil dat julle leef en julle dooie

toestand, wat al ewighede geduur het, eindelik laat ontvlug. Ek wil julle

weer My liefde besorg en vir julle almal ‘n heerlike lot berei wat nooit meer

sal eindig nie. Maar Ek kan julle nie teenhou as julle weer die weg na die

diepte ingaan nie, as julle hom weer vrywillig sal volg wat eens die lewe

van julle geneem het en julle aan die dood oorgelewer het. Ek kan julle

slegs steeds weer toeroep: "Verspeel vir julleself nie die Ewige Lewe nie!".

Julle moet egter vrywillig aan hierdie oproep van My gehoor gee. Julle moet

trag om die lewe te wen solank julle op die aarde vertoef en Ek sal julle

daartoe help, omdat Ek julle liefhet. Amen

Geen skeppingswerk is doelloos en sonder betekenis

nie

7098 20 April 1958

Niks wat daar in die skepping bestaan is sonder doel of betekenis nie, maar

nie altyd kan julle die korrekte doel van ‘n skeppingswerk begryp nie. Julle

vra julleself dikwels af waarvoor die een of ander geskape is, omdat dit

volgens julle begripsvermoë nêrens skyn te dien nie. Maar reeds hierdie

verklaring moes vir julle al toereikend wees, dat alles wat bestaan "krag is

uit God" wat eens weer tot werksaamheid moet kom. Dat hierdie krag egter

heeltemal verskillend is volgens sy werksaamheid, omdat hy homself op

heeltemal verskillende afstande van God kan bevind. En “afstand" is gelyk

te stel met weerspannigheid.

Sodoende is dit geestelike substansie deur God se uitgestraalde krag, wat

ondanks die reeds baie lang weg van ontwikkeling in die ‘jy moet toestand’,

sy weerstand maar baie weinig verminder het; wat egter tog volgens die

Goddelike ordening die weg van ontwikkeling voortsit en dus steeds nuwe

uiterlike vorme betrek wat ‘n langsame aktiwiteit toelaat. Maar hierdie

aktiwiteit stem ook weer ooreen met die weerstand van die geestelike. Dit

verrig dus geen duidelike diens aan die mens, of aan ander skeppingswerke

nie, maar dien tog indirek.

Dit sal vir julle meer begryplik word as julle dink aan die skadelike soorte

uit die diere en planteryk, aan ongediertes en aan giftige plante; juis dit

wat julle as doelloos en skadelik in die skepping van die natuur beskou.

104

Maar al hierdie produkte is draers van Goddelike krag, wat in hulle

ingeslote geestelike substansies ‘n beperkte moontlikheid gee tot loutering.

Want gelyktydig dien hierdie eenvoudige skeppingswerke weer ander

skeppings tot behoud, deels as voeding vir groter lewende wesens, deels as

bemesting van die voedingsbodem van die plantewêreld; hoewel julle

mense so ‘n uitwisseling dikwels nie kan waarneem nie. Maar ook vir die

mens self kan dit vir sy geestelike ontwikkeling, wat dikwels beproewinge

vra, dienstig wees. Wanneer die mens deur geduldsproewe van allerlei aard

moet bewys of hy die korrekte ingesteldheid het tot alles, wat God deur Sy

wil laat ontstaan het.

Daar bestaan dus niks wat sonder doel of betekenis is nie, of die mens

egter die betekenis en die doel van elke werk insien, is nie beslissend nie.

Maar sy geloof in God se Liefde, Wysheid en Mag moet hom ‘n sekere

eerbied gee teenoor alles wat deur God geskape is, omdat hy andersins aan

die Liefde, Wysheid en Mag van God sal twyfel. Van die van God eens

uitgegane "kragstroom”, dit wil sê, vir die opgeloste substansies van die

geskape geeste, is alle stoflike omhulsels ‘n groot barmhartigheid, want dit

word omvat deur God se liefde en sodoende in ‘n uiterlike vorm geplaas. En

al verraai die verskillende vorme die weerspannigheid teen God, so het God

desondanks tog die geestelike omvou om dit langsaam van ‘n "jy moet

toestand" omhoog te voer. Hierdeur alleen, moet julle mense leer om elke

skeppingswerk slegs met geestelike oë te bekyk. Julle moet daaraan dink

dat God waarlik van alles weet wat vir julle mense nog ‘n verborgenheid is.

Dat julle dus nie vooraf mag oordeel nie, omdat julle dan op die skeppings

van God kritiek uitoefen, waartoe julle waarlik geen reg het nie.

Want sodra julle glo dat die skepping God se werk is, moet vir julle ook alle

skeppingswerke bo twyfel verhewe wees. En julle sal dan ook leer om dit

met liefhebbende oë te beskou, wat vir julle tot nog toe afkeer en antipatie

inboesem. Wat egter nie beteken dat julle die geskapene teen sy

bestemming mag begunstig nie, want sodra dit duidelike skade aanrig, mag

julle ook daarteen ingaan en die ontwikkelingsweg beëindig. Want ook dit is

volgens die wil van God, dat hierdie skeppings geen lang lewensduur sal hê

nie en dat julle die reg het om die lewensduur te verkort, sodat die

geestelike substansies hulself deur steeds nuwe uiterlike vorme ‘n sekere

volwassenheid kan verwerf. Want dan kan hulle tot dienende funksies

toegelaat word, sodra die voormalige weerstand afneem, sodra die

geestelike so ver gekalmeer is dat dit bereidwillig wil dien en daardeur

langsaam opwaarts styg.

Julle mense moet weet dat ook julleself, dit wil sê, julle siele, sulke

substansies in homself berg wat hierdie voorgenoemde weg moes aflê.

Want julle het alles waartoe julle oë in staat is om te sien, in julleself. Maar

God se Liefde, Wysheid en Mag weet om alles in die korrekte orde te lei,

want Hy beoog slegs die doel wat Hy ook eens sal bereik. Amen

105

Insig in die doel van die aardse bestaan

7100 22 Maart 1958

Die gaan oor die aarde as mens sou geen juiste beweegredes hê wanneer

dit slegs vir eie doeleindes was nie. Of, dit sou vir julle mense moeilik wees

om ‘n goeie oorsaak daarvoor te vind, omdat julle al te duidelik die groot

verskeidenheid bemerk van die menslike lotgevalle. Steeds weer sou die

vraag in julle opkom, watse doel is daar in ‘n verdrietige, armsalige en

kommervolle lewe? Maar julle kan dadelik ‘n antwoord vind wanneer julle

die lewe nie as die doel self beskou nie, maar as die middel tot die doel.

Was elkeen se aardse lot gelyk en sou elkeen se lewe as mens uit

harmonie, sorgloosheid, vreugde en aardse geluk bestaan, dit wil sê, weinig

onderskeid hê met die lewe van die medemens; dan sou julle wel kan glo

dat die aardse bestaan geen hoër einddoel het as die lewe self nie. Maar

sodra julle ernstig hieroor nadink, sal julle nie met so 'n verklaring tevrede

wees nie. Julle sal na ‘n diepere rede soek en verseker ook vind, omdat

slegs ‘n vraag andersyds daarvoor nodig is om julle daarop ‘n antwoord te

gee.

En hierdie vraag moes alle mense vir hulself gestel het, want dit getuig

waarlik nie van wysheid of van goeie denkvaardigheid wanneer ‘n mens

homself tevrede stel om "slegs as ‘n skeppingsgril" deur die lewe te gaan

nie. En elke mens wat aanspraak daarop maak om intelligent te wees, sou

verseker nie sy tyd en krag aanwend om dinge te laat ontstaan, wat

volkome doelloos is nie. En hy sou homself ook nie as ‘n heeltemal

nuttelose skepsel wil beskou wat slegs tot doel het om homself in stand te

hou, maar self daarby nie die duur van sy bestaan kan bepaal nie. Is die

aardse lewe ‘n doel op sigself of is dit ‘n middel tot die doel? Om hierdie

vraag te vra kan van groot belang wees vir hom wat nie kan glo nie. Daar

word in geen geval van julle mense gevra om blindelings te glo nie, want

die soort blinde geloof het geen waarde nie. Maar julle kan julle verstand

gebruik en julle kan van alle kante bekyk wat van julle verwag word om te

glo. En julle kan deur nadenke tot ‘n resultaat kom wat vir julle

aanneembaar lyk. Julle kan daarom verseker daarvan wees dat so ‘n

gedagte-arbeid ook geseën sal word, wanneer dit gaan om ‘n dieper insig,

om die kennis van dit wat vir julle mense nog verborge is, maar tog nie in

verborgenheid moet bly nie.

En om die doel van die aardse bestaan as mens te deurgrond is sulke

kennis nodig, want dit behoort tot die gebied van die onbewysbare en kan

tog die mens gelukkig maak as dit vir die mens erns is om hierdie kennis te

besit. Want steeds meer vrae sal dan in die mens opkom, sodra dit vir hom

duidelik geword het dat die lewe as mens slegs ‘n middel tot ‘n doel is.

Want dan sal hy ook die ware doel soek om dit te deurgrond en dan ook sy

opdrag insien. Hy sal homself nie meer tevrede stel met net die sorge van

die aardse lewe nie; hy sal veel meer die gebeure en belewenisse leer

106

eskou as noodsaaklik vir die doel en nou ook ‘n geestelike houding vind en

uitwerk wat hom bomate sal bevredig.

Met die insig van die aardse lewensdoel begin die bewustelike lewe van die

mens eers, want nou eers sal sy denke gerig word op ‘n doel wat hy poog

om te bereik. Nou eers lê die mens self die hand aan die werk om sielearbeid

uit te voer. Nou eers word die aardse belange op die agtergrond

geskuif, ofskoon hy ook van sy aardse lewe meester kan word met die hulp

van God, wat so ‘n instelling tot die lewe sal seën.

Hy sal vir hom steeds nuwe aspekte ontsluit wat sy gedagtes besig hou en

hom hoër op lei, want ‘n doelbewuste lewe kan nooit tevergeefs geleef

wees nie en sal ook ‘n geestelike resultaat oplewer. Terwyl ‘n mens vir wie

die lewe slegs sy eie doeleindes het, geen enkele sukses sal verkry nie.

Wanneer hy egter gewillig is om die liefde te beoefen, dan sal in hom

vanself vrae opkom oor die doel van sy aardse bestaan en dit het dan ook

‘n verandering van sy denke tot gevolg. Ontbreek die wil tot liefdadigheid

egter, wat meestal die geval is by diegene wat die doel van hulle aardse

bestaan nog nie ingesien het nie, dan kan daar geensins van ‘n opwaartse

ontwikkeling gepraat word nie. Dan bly die gesteldheid van die siel van die

mens soos dit was in die begin van sy beliggaming en dan is ‘n groot

barmhartigheidsgawe verspeel wat hom die grootste sukses kon opgelewer

het, want die lewe op die aarde word heeltemal vergeefs afgelê.

Maar dit is vir elke mens moontlik om tot die insig te kom dat hy ter wille

van ‘n doel die weg oor die aarde gaan, want elke mens is in staat om te

dink en kan sy gedagtes teenmekaar afweeg, sodat hy bekwaam is om

daaroor te oordeel. Hy sou by ernstige nadenke verseker tot die insig kom,

omdat hy in die natuurskepping ook ‘n sekere doelmatigheid in die

vasgestelde orde kan herken. En wat hy ook as hoogs ontwikkelde

skeppingswerk verseker op homself sou moet toepas, anders sou waarlik ‘n

baie beperkte denke sy eie wees, ‘n opvatting wat nie kenmerkend is vir sy

verstand nie.

Die mens kan dus wel tot die insig kom van sy aardse lewensdoel, anders

sou van hom geen verantwoording gevra kan word, hoe hy sy aardse

bestaan benut het nie. So 'n verantwoording word weliswaar deur die

mense wat geen doel erken nie, ontken, maar ook daarvoor is genoeg

bewys in die skepping van die natuur voorhande, wat nie sonder gevolge

teen die wette van die natuur en teen die Goddelike ordening gesondig kan

word nie. Daarom moet ook die mens vir homself ‘n sekere ordening laat

geld en hy moet homself betrokke voel in hierdie wetlike orde. Dus kan hy

sy lewe nie willekeurig inrig sonder enige verantwoording teenoor Hom wat

alles geskape het nie. Hy moet dus probeer om homself by die wet van die

Goddelike orde aan te pas.

En hy moet ook ‘n Wetgewer aanvaar, want eers dan sal hy homself ook

verantwoordelik voel teenoor die Wetgewer. Word hierdie Wetgewer egter

nie aanvaar nie, dan voel die mens homself vry van verantwoording

107

teenoor ‘n Meester en dan is hy nog baie duidelik in die hande van die god

met die vyandige mag. Want hierdie mag sal steeds probeer om die mens

te beïnvloed, soos dat alle geloof aan ‘n doel van die aardse lewensbestaan

verdwyn. Hy wil hulle weer vir homself behou vir ewige lang tye. Amen

Die ontwikkeling van die vermoë om God se stem te

hoor

7104 27 April 1958

Wat julle van My verneem, dit kan julle met ‘n geruste hart as suiwer

waarheid aanneem, julle kan met oortuiging daarvoor instaan en julle kan

glo dat ook alles in vervulling sal gaan wat Ek aan julle as die toekomstige

geopenbaar het. Julle kan julle op die stem van die Gees verlaat, want dit is

My stem wat in julle klink omdat Ek wil dat julle mense, die waarheid

gebring word en dat julle wat aan My behoort, hierdie waarheid sal versprei

onder die mense.

As julle ten minste in My glo, dan moet dit vir julle ook begryplik wees dat

julle met My in ‘n sekere verband staan, dat julle as My skepsele - ondanks

julle isolasie - met My in ‘n geestelike kontak staan, wat ook aan julle

bewys word, deur My aanspreking. Julle kan My hoor in die vorm van

gedagtes wat in julle opkom, waarvan julle egter nie self die veroorsaker is

nie, maar wat na julle toe stroom van My af, dat julle egter dan eers

duidelik tot bewussyn kom as julle siele in staat is om met geestelike ore te

hoor, as julle, julleself so voorberei het, dat julle My, dus as die in gedagte

gesproke Woord, verstaan en dit nou ook aan die verstand kan deurgee. My

woord klink weliswaar onafgebroke, maar om dit te hoor, vereis ‘n

bekwaamheid wat die mens homself eers eie moet maak deur ‘n

lewenswandel volgens My Wil. My Woord kan nie verneem word as daar

nog na hierdie bekwaamheid gestreef word, of die geloof afwesig is,

waarmee die mens My in homself moet verneem nie. Hy moet homself

geskik maak om as ontvangtoestel te dien. Hy moet alle voorwaardes

vervul wat dit vir hom dan eers moontlik maak om My voortdurend in die

oneindige uitstromende gedagtes op te vang en te verstaan, sodat hy self

nou as deur Myself aangespreek voel en elke Woord van My as ‘n in liefde

aangebode spys vir sy siel ervaar en nou steeds maar net nog streef na die

hemelse brood.

En so sal julle nie kan sê Ek spreek slegs hierdie of daardie mense aan nie,

maar My Woord weerklink steeds en vir ewig in die geesteryk en elkeen

kan dit verneem, ongeag of hy nog op die aarde vertoef of reeds in die ryk

hierna is. Maar dit word slegs deur die geestelike oor verneem en dus moet

die geestelike oor vooraf geskool word, wat steeds ‘n lewe in liefde en die

108

vervulling van My gebod vereis. Wie die ligte gebod van die liefde tot God

en die naaste vervul, aan hom sal Ek My openbaar, dit wil sê, hy sal My

stem in homself verneem, want sy hart het homself daarop voorberei om

My Gees op te neem. Julle moet hierdie woorde maar altyd korrek begryp:

My Gees werk onafgebroke, maar Hy dring nie met geweld deur waar Hy

teenstand vind nie. As die teenstand nou gebreek is, wat daarin bestaan

dat die wese wat tot liefdeloosheid verval het en hy My liefde afgewys het,

homself weer open vir My deurstraling en dit beteken, dat dit helder en lig

in hom word, dat hy sien wat hy voorheen nie gesien en gehoor het nie,

wat hy voorheen nie kon hoor nie - Myself, My Woord - wat nou weer in

hom klink soos wat dit in die allereerste begin was.

En die innerlike weerstand is in die laaste tyd vóór die einde besonder

groot, wat homself uiter in ‘n liefdelose gesindheid. En daarom sal ‘n mens

ook in hierdie tyd maar selde My Woord in homself verneem. En dit het tot

gevolg dat ‘n mens ook maar selde glo aan My direkte aanspreking deur My

Gees. ‘n Baie natuurlike gebeurtenis wat heel in die begin aan alle wesens

bekend was, het tot iets onbegrypliks geword, hoewel dit in elke mens

moet kan plaasvind, omdat elke mens hierdie bekwaamheid in homself het,

maar dit nie ontwikkel nie, of ook wel in onwetendheid en ongeloof niks

doen om homself in die toestand te verplaas nie, naamlik, om te kan

omgaan met sy Vader soos ’n kind, om deur Hom vir Sy woorde dus as

waardig gekeur te word.

En weer kan die mens maar net steeds onderrig word, maar nie deur

dwang so omvorm word dat alle voorwaardes aanwesig sal wees om My

stem in homself te kan verneem nie. Dit moet aan elke mens self oorgelaat

bly hoe hy homself teenoor die onderrig instel, My Woord kan maar net

indirek aan elke mens gebring word, wat dan ook ten volle ontplooi moet

word, omdat die mens die waarheid van My Woord in homself ervaar. Amen

Rykdom of armoede is nog gunstig, nog 'n

belemmering om salig te word

7110 3 Mei 1958

En of ook die mooiste aardse verwagtinge vir julle in vervulling gaan, of

julle klim tot eer en aansien, tot die grootste wetenskaplike roem, of aardse

geluk julle ook beskore is, aan dit alles kom ‘n einde op die oomblik van

julle dood en julle neem niks daarvan saam na die oorkant, in die ryk

hierna nie. Julle sal daar inteendeel dubbel armsalig aan toe wees wanneer

julle geen geestelike skatte kan laat sien nie, wat vir julle duisendmaal die

plek inneem van aardse rykdom.

Dit sal maar selde voorkom dat ‘n mens wat op aarde alles besit, ook na

die geestelike gestreef het, wat wel aardse goedere wat syne genoem kan

word, maar dit gebruik volgens die Wil van God, wat hom nie daardeur laat

beheer nie. Meeste van die tyd is die harte van hulle wat die aards ryk

109

edag is, verhard. En soos dit met die toestand van die hart is, is ook die

toestand van die siel na die dood van die liggaam.

Die aarde en die geesteryk is totaal verskillend, daaraan moet die mense

steeds dink. En so moet hulle ook nooit diegene beny, aan wie die aardse

bestaan volkome bevrediging skenk nie. Want so'n aards bestaan is geen

waarborg vir dieselfde toestand in die ryk hierna nie. Daarenteen kan

aardse armoede en onaansienlikheid baie daartoe bydrae om die siel te

suiwer en in lig en luister kan so'n siel deur die poort die ewigheid ingaan.

Maar hoe die aardse omstandighede ook mag wees waarin die mens

volgens sy lot geplaas word, hy het steeds die moontlikheid om geestelik

meer volwasse te word, want in elke situasie van die lewe word hom die

middele gegee om sy siel te help om hom te suiwer. Maar ook sy armoede

en leed is geen waarborg vir ‘n lewe in geluksaligheid nie, nog is ‘n aards

lewe wat bevrediging skenk ‘n belemmering vir die ewige lewe.

Dit hang alleen van die wil van die mens af of dit geestelik gerig is en hom

sodoende elke lewenssituasie nuttig maak vir sy siel. Dit kom alleen maar

daarop aan, of die mens die verbinding met God tot stand bring, waartoe

hy in elke lewenssituasie aangespoor word. Die gevaar bestaan dat die

gedagte aan God teruggedring word wanneer die mens hom tevrede

gestem voel in sy aardse lewe of as hy steeds groter aardse sukses probeer

behaal, soos egter omgekeerd ook diegene aan wie die aardse lewe elke

vervulling ontsê, ‘n vyandige gesindheid kan inneem teenoor die noodlot en

so ook sonder geloof verder lewe. Daar is dus netso geen geestelike sukses

behaal by die einde van hul lewe nie.

Tog is dit heelwat makliker om die weg van die positiewe ontwikkeling te

gaan vir die mense wat minder bevoorreg lyk tydens hul aardse bestaan,

want van hulle word m.a.w. dit deur die lot bepaal. En afstand doen van

materiële goedere word geëis. Hulle moet hulle maar daarna skik en hul

innerlike verlange te onderdruk en het dan aansienlike voordeel teenoor

diegene wat, deur die lot bepaal, in geluk en oorvloed lewe.

Daarom hoef ‘n arme hom nie te bekla en nog veel minder moet die ryke

beny word, want alleen dit is van waarde wat die siel van die mens vir

homself verwerf. Het die uur van die dood egter gekom, dan bly al die

aardse agter en dan is dit heelwat makliker om van die wêreld afskeid te

neem wanneer daar niks voorhande is wat die mens nog aan die aarde bind

nie, wanneer hy hom geheel vry kan maak van die materie, maar aardse

sake kan die mens druk en sy heengaan moeiliker maak en hom alleen

maar hinder om hom geheel met God te verbind, met My ryk.

Wat die aardse bestaan julle ook mag bied, dit val weg op die oomblik van

julle dood. Wat julle egter gedurende julle aardse bestaan in ontvangs

geneem het uit die geesteryk, bly bestaan. En julle kan alleen maar

geestelike goedere bekom, wanneer julle hart hom los maak van materiële

skatte, wanneer julle te alle tye bereid is om dit weg te gee, uit liefde tot

God en tot julle naaste.

110

Dan sal julle steeds meer ontvang as wat julle weggee het, dan sal julle,

julle geesterykdom vergroot, want dan sal julle ook aardse rykdomme goed

gebruik, d.w.s. volgens God's Wil vir werk van barmhartige naasteliefde.

Dan egter hoef julle ook die uur van die dood nie te vrees nie, want julle sal

nie sterwe nie, maar die ewige lewe ingaan. Amen

Die probleem van die Drie-Eenheid

7117 11 Mei 1958

Die Goddelike Drie-eenheid is een van vele probleme wat te moeilik

gemaak word om op te los deur ‘n totaal verkeerde voorstelling. Die

eenvoudige, vir alle mense begryplike uitleg word daarom nie aangeneem

nie, omdat die denke van die mense verward is deur begrippe wat vir die

menslike verstand nie te verstane is nie, maar juis daarom as onaantasbaar

gehandhaaf word en die nadenke daarvan die mense selfs verbied word.

Maar die probleem sal maklik te begryp en verklaarbaar wees vir elke mens

wat die "menswording van God" in Jesus begryp, wat die Wese van Jesus

nie probeer personifieer nie, wat die alles vervullende Gees as "Jesus" sien

en vir wie dit begryplik is dat die nie te voorstelbare Godheid Self

gemanifesteer het in Jesus om vir die wesens wat deur Hom geskape is ‘n

"sigbare" God te kan wees. Hulle sal dus ook nou geen verkeerde

voorstelling meer hê van die begrippe: Vader - Seun - Gees nie, want vir

hulle bestaan daar maar één Wese, wat in Homself Liefde, Wysheid en Krag

verenig.

Die Liefde laat alles ontstaan en is derhalwe die Verwekker, die Vader. En

uit Hom het ook die "Seun" voortgekom in Wie die Vader Homself

gemanifesteer het. Maar die Seun is ook die "Wysheid", want slegs die

Liefde is die Vuur waaruit die Lig straal - die Liefde en Wysheid kan

gevolglik nie van mekaar geskei word nie, netsoos Vader en Seun één is.

En daarom is die Liefde ook Krag, wat Homself egter steeds alleen in

hoogste Wysheid uiter. Die Gees uit God is Sy voortdurende uitstraling van

Liefde, wat al die nog onvolmaakte help om hulself uiteindelik te voltooi.

Daar kan dus steeds maar net één Wese as God die Vader, die Seun en die

Gees verstaan word; één Wese, Wie se alomvattend begrip Liefde, Wysheid

en Krag is.

Dat die Wese Self in die mens Jesus gemanifesteer het is nog geen rede

om nou uit die Godheid ‘n tweevoudige Wese te maak wat apart aangeroep

kan word nie en dan by die tweevoudige Wese nog een as Gees toe te voeg

nie, wat daarom aangeroep word deur iemand wat nie self deur die

probleem heen worstel nie, maar eenvoudig aanneem wat onverligte

denkers predik. En dat dit die geval is, word bewys deurdat dit vir baie

mense nie moontlik is om deur Jesus Christus die Vader aan te roep nie,

111

dat hulle meestal nie kan begryp dat God Self vir hulle slegs in Jesus

Christus te bereik is nie, dat die drievoudige, verskillende aanroep steeds

net tot één Oor deurdring, dat die ewige Godheid nie verdeel kan word nie,

dat Hy Homself in Jesus aan die mense laat ken, wat nie in staat is om die

ewige alles omvattende en vervullende Gees te begryp nie.

Die begrippe Vader Seun en Gees gee mense wat nog geen gewekte Gees

het nie, aanleiding om julle gedagte en gebede steeds nog in verskillende

rigtings te stuur. Julle roep God die Vader aan, julle roep na Jesus en julle

roep ook die Gees aan dat Hy tot julle mag kom. Maar julle sal net dan

korrek bid, wanneer hierdie Drie één begrip vir julle geword het, wanneer

julle slegs één Wese sal aanroep, wat in Homself die Liefde as die Vader,

die Wysheid – as die Seun en die Krag – as die Gees verenig en julle dan

die probleem van die drievoudigheid van God korrek opgelos het.

Want ofskoon die leer oor die "Godheid in drie persone” uitgebreid is met

die toevoeging: hierdie drie is één, is hierdie leer tog ‘n groot misleiding vir

die mense, wat tot verdere verkeerde menings uitwerk. Want juis in die

aanroep van God in Jesus lê ‘n buitengewone Krag, wat egter verlore gaan

vir julle wat nog onder verkeerde voorstellings gebuk gaan en waarvan julle

nie in staat is om julle daarvan los te maak nie. ‘n Ernstige nadenke

daaroor sou vir julle en julle insig werklik baie nuttig wees, maar dit laat

julle na, omdat julle slawe geword het, terwyl die volledige vryheid egter

deur Jesus aan julle geskenk word. Maar julle sou hierdie geestelike vryheid

van julle moet gebruik en Jesus Self sal julle waarlik ook help dat julle

denke helderder sal word, want Hy is Self die Lig en Hy wil ook almal van

Lig voorsien wat na Lig verlang. Amen

By God is niks onmoontlik nie

7118 12 Mei 1958

Vir My is waarlik alles moontlik maar aan My werksaamheid word deur julle

heel dikwels paal en perk gestel en hierdie beperkinge breek Ek terwille van

julle ook nie. ‘n Ongelowige mens sou dit nie tot seën strek as hom My Mag

en krag bewys sou word deur werke wat juis Ek Self alleen kan volbring en

dit dan gevolglik ook Myself sou bewys nie. Hy sou ewig nie meer vry word

nie, want so'n ongewone werk sal vir ‘n ongelowig mens 'n dwang wees wat

hom verhinder om ooit volmaak te word.

Ook die gelowige mens het nog heel dikwels nie so'n sterk geloof dat ‘n

wonderwerk vir My moontlik sou wees nie, want ook die gelowige mens is

nog erg begrens in sy denke, hy is nog nie by magte om die onbeperkte

geestelike werksaamheid te begryp nie, hy kyk nog steeds met ‘n aardse

beperkte blik. En solank mag Ek ook sy geloof geen geweld aandoen nie,

ofskoon daar nog maar weinige skrede deur hom te gaan is om bo die

beperkinge uit te styg. So graag sou Ek julle hierdie geloofsterkte verskaf,

wat ‘n onbeperkte werksaamheid by julle toelaat, want Ek sou julle almal

112

graag My Liefde en My Mag wil toon, om julle liefde te vergroot en Ek sou

julle graag uit allerlei nood bevry wat julleself nie sal kan verhelp nie. En

daarom kan Ek julle alleen steeds maar sê dat niks vir My onmoontlik is

nie.

Dit moet julle, julleself voortdurend voorhou, dat My Mag onbegrens is en

alles tot stand bring. Maar julle twyfel minder aan My Mag as aan My

Liefde. En daarom sal julle moet weet dat julle tog kinders van My Liefde is,

dat My Liefde vir julle oneindig is, dat dit nooit sal ophou nie, dat dit julle in

alle volheid sou wil seën, dat julle My altyd alleen maar hoef te vra en dat

alleen julle liefde die deur van julle hart vir My open, sodat My Liefde nou

ook julle binne kan straal. Aan My Liefde mag julle nooit twyfel nie, Wie

julle te voet volg, wat slegs wil dat julle, julleself na My keer en wat ook

bereid is om alles vir julle te doen waar julle om vra. Die Liefde skenk hom

steeds weg, die Liefde sal nooit te kort skiet nie.

En dat Ek julle liefhet, word julle al bewys deur julle bestaan, want julle sou

nie kan bestaan, as My Liefde julle nie met alle gloed omvou het nie. En

daar julle dus as mens op hierdie aarde leef, is julle ook die bewys van My

Liefde gelewer en nou sal julle, julleself in die bewussyn van My nimmer

eindigende Liefde vol vertroue tot My moet wend wanneer nood wat julle

alleen nie sal kan afkeer nie, julle druk. Dan sal ook julle harte My

aanwesigheid voel en julle sal vol oortuiging My hulp verwag, julle sal nie

meer twyfel of vra of julle My Liefde waardig is nie, julle sal weet dat die

ware Vaderliefde nie minder kan word nie, dat Hy besorg is oor Sy kind en

hom graag gee wat hy verlang.

Hierdie woorde van My moet julle diep in julle harte grafeer, julle moet dit

nie vergeet nie, maar julle steeds weer daaraan optrek as julle

wankelmoedig word. Want dit lê alleen aan julle geloof of Ek by julle op

buitengewone wyse werksaam kan wees of nie. Daar is niks wat vir My

onmoontlik is om te doen nie, want Hy wat die hele wêreld geskape het, sal

ook die nood van een van Sy skepsels kan ophef. Hy, wat van alles op

hoogte is, ken ook al julle nood, maar Hy wil julle gelowige liefderyke

oorgawe hê om julle ook te kan gee na julle geloof. Amen

Die kennis van die salige asook die onsalige staat

7126 21 Mei 1958

Julle kan die salighede in die ligryk nie besef nie, ook kan julle nie vir julle

’n voorstelling maak van die kwellinge wat die siele in die ryk van duisternis

moet verduur nie. Tog word julle deur My woord steeds weer van beide op

hoogte gebring, julle is dus nie heeltemal sonder kennis nie. Die glo egter

staan julle vry, maar dit is egter beslissend vir julle eie lot as julle siele die

liggaam verlaat en heengaan na die ryk hierna. Want sodra julle glo wat

julle deur My woord steeds weer verkondig word, sal julle ook julle

lewenswandel daarna inrig, want geen gelowige mens leef sommer van die

113

een dag na die ander nie. En elkeen sal sy beste doen om na My wil te

lewe, ofskoon sy swakheid van wil, hom nog tot ‘n val kan bring.

Hy mag egter nie deur vrees vir die duisternis of die te verwagte saligheid

in die ligryk hom tot sy lewenswandel laat aanspoor nie, want dit sal die

toestand van sy siel nie gunstig beïnvloed nie. Maar die gelowige mens dink

na en dit spoor hom van binnen af aan tot ‘n God welgevallig lewe. Terwyl

die mens wat ‘n sogenaamde vormgeloof sy eie noem berekend is. Wat wel

die kennis het deur My woord, wat alles alleen maar deur dwang van buite

af, deur gebooie of voorskrifte, nakom en wat om die beloofde loon of

vanweë die gevreesde straf, al die gebooie hou. ‘n ware geloof bring egter

ook die verbinding tot stand met Hom aan Wie die mens glo. En dan voel

hy ook innerlik die verantwoording teenoor My en hy doen sy beste om na

My wil te lewe op aarde, omdat hy My nie wil bedroef nie en omdat hy ook

voel dat Ek hom liefhet en hy hierdie liefde waardig wil wees.

Maar die kennis van sowel die salige as die onsalige staat wat ‘n siel te

verwagte is na die liggaamlike dood, moet die verantwoordelikheids gevoel

in die mens vergroot. Hy moet weet dat hy nie sonder doel op aarde leef

nie. Hy sal nie kan sê dat hom geen aanwysings gegee was, van die

gevolge van ‘n goeie of ‘n verkeerde lewenswandel nie. En daar moet aan

hom tegelykertyd ook die doel daarvan duidelik gemaak word, waar uit die

toestand bestaan wat die siel kan bereik. En ook hoe hierdie staat bereik

kan word.

Maar bewys daaroor kan julle nie gegee word nie, dog iemand wat ernstig

is sal ‘n bewys uit die hiernamaals kry, wat hom nie tot glo dwing nie,

omdat slegs ’n gelowige mens dit sal kan verneem. Omdat vir diegene van

wie die geloof swak is die bewys as teken van genade sal dien. Hul swak

geloof het versterking nodig, as hulle vanuit hulself gewillig volgens My wil

op aarde lewe.

Maar wie oplettend is sal ook dinge sien en belewe wat hy ook as ‘n bewys

kan neem. Maar tot glo dwing mag die openbaringe uit die hiernamaals

nooit. Daarom sal daar altyd slegs enkeles kennis hê en vertel van

wetenswaardighede wat tot in die hiernamaals reik. En alleen geestelik

strewende mense sal hierdeur geloof kry, terwyl die ongelowige hulle sal

bespot en hulle as leunaars uitmaak en daarom geen voordeel vir hulself

kry nie.

Maar ook die hiernamaals openbaar dit, sowel die ligryk asook die ryk van

die duisternis, maar nooit so dat die mensdom gedwing word om te glo nie.

Om hierdie rede kan verskynings van allerlei aard altyd bestry word en

elkeen kan daarvan maak wat hy wil. En die lewenswandel van elkeen

afsonderlik, as dit in liefde gegaan word, sal ook beslissend wees vir die

ware insig. ‘n liefhebbende mens sal krag ontvang om steeds yweriger

voort te gaan en hiermee sal die ligwêreld hom ook bystaan.

Vir hom sal daar ook geen twyfel meer bestaan oor ’n lewe na die dood,

wat in ooreenstemming is met sy op aarde afgelegde lewensweg. En hy sal

114

probeer om die hoogste doel te bereik, want hy sal vas verbind bly met My.

Amen

Waarom word die mense die herinnering aan vroeër

ontneem ?

7127 22 Mei 1958

As julle, julle aardse lewe sou sien as die laaste periode van ‘n eindelose

lang ontwikkelings proses, dan sou julle ook met groot ywer die laaste kort

stukkie aflê. Julle sou geen moeite ontsien om julle ontwikkeling omhoog in

hierdie kort tydjie van julle aardse lewe, tot ‘n suksesvolle einde te bring

nie. Omdat julle egter die herinnering ontneem is en julle alleen iets oor

hierdie kort lewensweg op aarde weet, bring julle ook geen besondere ywer

op nie. Julle is inteendeel onverskillig teenoor wat voor julle lê; julle dink

nie baie na oor wat julle te wagte is na die aardse lewe nie. Tog moet julle

sonder hierdie herinnering aan vroeër deur die lewe gaan om julle wil,

denke en handel nie te laat bepaal nie. Maar sou julle ook kan terugkyk,

dan sou julle deur ontsteltenis nie meer tot lewe in staat wees nie, of julle

sou, deur groot vrees gedryf, alles doen wat van julle verlang word om die

verskriklike lot te ontkom en vry te word uit die materiéle vorm.

Ek sou dus wel die mag hê om julle tot ‘n lewenswandel aan te spoor wat

voldoen aan My wil, as Ek julle ‘n kykie sou laat neem in die verlede. My

liefde tot julle is egter groter en wil julle ‘n onbeperkte geluk berei, wat

egter die dwing van die wil uitskakel. Om onbegrens salig te kan wees

moet julle in volle wilsvryheid so lewe, soos dit met My wil, d.w.s. met My

ewige orde ooreenkom.

Julle moet insien dat dit ‘n werk van erbarming en van My liefde is, dat Ek

die herinnering aan die verlede van julle weggeneem het. Enersyds om julle

die kennis van ‘n oorwonne lewe op aarde te bespaar en andersyds om julle

die toegang tot saligheid moontlik te maak wat onbegrens is. Maar sonder

kennis laat Ek julle nie, al is sulke kennis onbewysbaar. Julle verneem dus

iets oor julle vorige toestand, maar dit beswaar julle nie buitengewoon nie

want julle het dit al oorwin.

Die kennis daarvan sou julle ook tot ‘n groter geestelik strewe kan

aanspoor, wat dan egter altyd in volledige vryheid van wil verloop en julle

dan ook seën oplewer. Sodoende kan Ek julle steeds maar aanraai: wys

niks af maar neem alles in oorweging wat julle oor die sin en die doel van

julle aardse bestaan voorgelê word. En betrek by julle beskouing ook die

kennis, wat julle oor die voorafgaande toestand van julle beliggaming

onderrig is. Oorweeg dit en leef julle aardse lewe so dat julle dit vir julleself

kan verantwoord, dan hoef julle ook geen verantwoording teenoor My te

vrees nie. Glo dat julle aardse bestaan nie sinloos is nie en ‘n ander doel

het as slegs die onderhoud en bevrediging van die liggaam, wat verganklik

is en waarvan julle die lewensduur self nie kan bepaal nie.

115

En as julle nie bereid is om ander onderwysing te ontvang nie, as julle die

onbewysbare nie wil aanvaar nie, hou julle dan tenminste aan God’s woord,

want as julle dit met gelowige erns beluister kan dit ook ‘n klein liggie in

julle ontsteek en baie sal julle dan duidelik word en geloofwaardig voorkom

wat julle inderdaad nie bewys kan word nie.

Soek slegs ‘n manier om die verbinding met die geesteryk tot stand te

bring, hetsy in julle gedagtes of deur julle wil wat julle die Skepper stuur,

of deur werke van liefde wat ‘n egte sekere verbinding met My is. Julle sal

dan ook agter geheime kom wat hulself vir julle ontsluier, sodat julle dan

gehelp word om die laaste kort weg van ontwikkeling met goeie gevolg af

te lê. Maar gaan nie geheel onverskillig deur die lewe nie en laat nie alleen

julle liggaamlike wense julle hele denke beheers nie, want Ek het baie vir

julle geskape wat julle tot nadenke sou kan aanspoor.

Julle is deur wondere van allerlei aard omgewe wat werke is van My liefde

en mag en wat julle ook Myself moet aantoon. Soek om die verbinding met

My tot stand te bring, met My Wie Homself in die skepping aan julle

openbaar, dan sal julle ook gespaar bly van die ontsettende lot, om self

weer deur hierdie skeppings te moet gaan. Julle sal dan vry word van julle

uiterlike vorm en kan ingaan in die salige ryk van die geeste, waar julle sal

lewe in vryheid, lig en krag en in ewige saligheid. Amen

Begin elke dag in die naam van Jesus

7129 24 May 1958

Met My en in My naam moet julle elke dag begin en elke onderneming aan

pak en so moet julle, julle daaglikse take doen en julle kan ook seker wees

dat julle werk geseën sal word, hetsy aardse of geestelike aktiwiteite. Maar

sodra julle alleen loop, naamlik, sonder om My hulp te gevra het, sal julle

heel wat onnodige werk doen, sal julle met probleme moet worstel of julle

werk sal nie altyd suksesvol wees nie. Slegs ‘n innige gedagte aan My

verseker reeds My hulp en as julle bewus My om My seën en ondersteuning

vra dan sal alles self regkom en julle sal julle werk vir die dag rustig kan

uitvoer. Julle moet altyd weet dat julle omring is deur magte van die

duistenis wat tot julle toegang kan kry as julle nie daarin slaag om julle

met ‘n beskermingde muur te omring deur My naam aan te roep nie, deur

op My ‘n beroep te doen om julle werk te seën. En sodra hulle toegang

gekry het tot julle sal dit baie moeiliker wees om hulle af te weer as wat dit

sou wees as julle hulle aan die begin toegang geweier het. Want hulle

verswak julle wil, wat slegs kan inhaal wat julle nagelaat het om te doen

deur al julle krag in te span: deur My om hulp te vra.

Die stryd om julle siele word voortdurend gestry en julle oorwinning word

dikwels moeilik gemaak deur hierdie magte van die duisternis, maar dit is

dikwels in julle eie hande, want julle kan om onbeperkte krag vra deur

voortdurende innige gebed vir My begeleiding, My beskerming en My seën.

116

Dit is waarom julle, julle daaglikse werk nie sonder My moet begin nie, julle

moet My naam aanroep in julle hart, vra om versterking van julle wil en

gee julleself tenvolle oor aan My. Dan kan Ek julle teen die vyand van julle

siele beskerm, dan sal julle deur tallose ligwesens omring word wat sal

weier om hulle toe te laat, dan sal julle vrolik en vry van sorge julle

daaglikse werk in die bewustheid van krag en innerlikevrede uit voer. En

dan sal niks julle kan meer omkrap nie omdat julle weet dat Ek altyd

teenwoordig is en alles reel.

Die innige verbintenis met My is die beste waarborg om al julle planne te

laat blom, hetsy aardse of geestelike sake, want dan kan Ek Self julle

beïnvloed en julle gedagtes en dade so lei dat dit vir julle reg en voordelig

is. Maar sodra julle, julleself van My isoleer, sodra julle die verbinding

losmaak, sal verskillend gedagtes wat deur My teenstander oorgedra word

begin om julle te oorheers en julle te beroof van julle innerlike vrede, dit

sal julle bekommerd maak en julle ooplaat vir slegte kragte wat die werk

van innerlike desintegrasie en onenigheid sal voortsit, sodat selfs julle

daaglikse werk nie geseën word nie en julle siele sal in gevaar wees om

deur hom gevang te word.

En weer, julle kan julle slegs verlos van hierdie gevaar as julle in My ‘n

toevlugsoord soek, want Ek is gereed om julle altyd in julle geestelike nood

te help. Maar sonder My kan julle, julleself nie van hom en sy invloed bevry

nie, sonder My is julle te swak en daarom aan sy genade oorgelaat.

Nietemin, kan julle al sulke druk vermy as julle, julleself aan My en My

beskerming telkens weer oorgee, as julle altyd om My seën vra, as julle,

julle fisiese en geestelike welsyn aan My toevertrou en nie nalaat om My

naam aan te roep nie, waardeur julle openlik My in Jesus Christus erken.

Dan sal julle ‘n muur om julle oprig wat My teenstander nie sal kan omstoot

nie, want hy vlug vir My en My naam en so sal hy ook julle laat gaan as

julle slegs getrou My naam in elke teëspoed en gevaar uitspreek. Amen

Die oersonde en die betekenis van die

verlossingswerk

7136 1 Junie 1958

Julle sal steeds weer herinner word dat Ek vir julle aan die kruis gesterf

het. Julle mense hier op aarde en al die nie-verloste siele in die

hiernamaals bring Ek dit steeds weer in herinnering, of as julle nog nie

daarvan gehoor het nie, sal Ek julle die kennis daaroor laat toekom. Want

julle mag nie sonder kennis bly as julle eendag tot saligheid wil kom nie.

Welke nut het dit vir julle mense as julle alreeds weet van die mens Jesus,

wat Sy aardse lewe met die dood aan die kruis beëindig het, wanneer julle

niks weet van die geestelike betekenis van Sy kruisdood nie en die sending

wat die mens Jesus volbring het terwille van die sondige mensdom nie.

117

En al word vir julle gesê: Hy het die mensdom verlos van die sonde, julle

sou dan tog geen verband insien nie en dit sal vir julle slegs woorde bly,

waarvan julle die sin nie kan begryp nie.

En solank julle nie weet wat die rede is van julle bestaan as mens op

hierdie aarde nie, sal julle ook nie kan begryp waarom die mensdom sondig

genoem word nie, hoewel julle almal nie vry van sonde is nie. Die

verlossingswerk van Jesus Christus het vir julle eers dan betekenis as julle

op hoogte is van die oersonde, wat trouens die aanleiding is van julle gang

oor die aarde. Want hierdie sonde(oersonde) is in sy grootte nie te vergelyk

met die sondigheid (paradys sonde) van die mense nie; ofskoon die laaste

nou juis ‘n gevolg is van die eerste. Maar vir die sonde wat ‘n mens op

aarde begaan, sou hy op die aarde of in die hiernamaals kan boet, al sou

daar nog soveel tyd mee gemoeid wees.

Maar om vir die oersonde te boet, is nie vir julle mense moontlik nie, nóg

gedurende julle aardse lewe, nóg in die ryk hierna. Want hierdie oersonde

was nie begaan deur op sigself nog onvolmaakte wesens nie, dit was

begaan deur wesens wat hoogs volmaak was en aan wie dit dus nie aan die

"lig van die insig" ontbreek het nie. Hulle het hulself egter laat beheers

deur die gedagte: Om My te kan oortref en daardeur word hulle oorvloed

aan lig en krag arrogansie. Vir hierdie sonde kan die wese self nie boet nie;

want die sonde is onmeetlik groot en ewighede sou nie toereikend wees om

van die skuld vry te kom nie.

Deur die oersonde het hierdie wesens in die diepte geval, dit wil sê, hulle

het lig en krag verloor, hulle het as gevolg daarvan in die teendeel

verander, hulle het alle Goddelike eienskappe verloor en het in plaas

daarvan, alle slegte eienskappe en neiginge aangeneem. Hulle het

sodoende My teenstanders geword, tot hulle geestelike substansies

heeltemal verhard was en hulle nie meer van hulle bestaan bewus was nie.

En die verharde geestelike het Ek nou in ‘n vorm gekluister, dit wil sê: Ek

het hulle opgelos in tallose geestelike partikeltjies, dit weer tot lewe gewek

en dit ingesluit in ontelbare skeppingswerke wat My Liefde, Wysheid en

Mag laat ontstaan het. Want My doel is om die gevalle geestelike weer tot

My terug te voer, want hulle was tot geluksaligheid bestem en kan die

saligheid maar net by My vind.

Weliswaar is hierdie gang deur die skepping ook ‘n daad van boete vir die

onmeetlike skuld, maar dit word in ‘n "jy moet" toestand afgelê, in gebonde

wil en kan derhalwe nie as aflossing van die skuld beskou word nie. En so

moet die wese eenmaal die toestand bereik waarin hy vrywillig van die

skuld bevry wil word, waarin aan hom die insig geskenk kan word dat hy

gesondig het en dat daar tog ‘n weg is om van hierdie groot skuld bevry te

word. Hy moet weet dat hierdie weg die weg is wat gaan na die kruis, dat

hy kwyt raak van hierdie oerskuld, wat slegs moontlik is deur die erkenning

van die Goddelike Verlosser en Sy verlossingswerk. Dat die weg na die

kruis afgelê moet word tydens die lewe op aarde, om na die liggaamlike

118

dood weer in die ligryk opgeneem te kan word, wat die eintlike Vaderland

van die mens is. Maar ook in die hiernamaals ervaar die siele My

verlossingswerk en hulle kan ook daar nog die weg tot My in Jesus Christus

neem. Maar hulle kan dan nie meer die hoë graad van volmaaktheid bereik

wat hulle op aarde wel kon bereik het, deur die erkenning van Jesus as

Seun van God en Verlosser van die wêreld nie; in Wie Ek Myself beliggaam

het om van hulle weer die erkenning te kry wat hulle My eens geweier het.

Julle mense moet die groot betekenis van die verlossingswerk besef. Julle

mag die Naam van Jesus nie noem as slegs die naam van ‘n mens nie, as

iemand wat eens oor die aarde gegaan het met ‘n hoog etiese doel nie. Dit

was ‘n baie belangrike missie waarvoor Hy op die aarde gekom het en as

dit vir julle nog nie duidelik is nie, moet julle trag om dit te deurgrond.

Want dit hang van julle insig en julle goeie wil af of julle, julle weg oor die

aarde met sukses sal aflê en of julle weer in die Ryk opgeneem sal word,

wat julle ware Vaderland is. Amen

Hulp van goeie geestelike kragte

7144 13 Junie 1958

Wie hom toevertrou aan die geestelike kragte wat in My opdrag werk, sal

ook steeds goed versorg word, want die wil van die mens wat na My gekeer

is en wat hul daarom ook die reg gee, om hul versorgende funksie te

verwesenlik, stel dan vir hulle hul werksaamheid vas. Elke mens wat van

goeie wil is, moet hom alleen steeds aan die goeie kragte in die heelal

oorgee, steeds met die doel, dat alles geskied na My Wil en nou dus ook vol

vertroue hulp uit die ligwêreld kan verwag as hy die nodig het.

Geen gelowige mens word sonder beskerming aan homself oorgelaat nie en

ook om te voorkom dat hy heeltemal vereensaamd oor die aarde gaan, hy

is steeds omring deur wesens wat hom goed wil doen, omdat sy mees

innerlike gedagtes op My gerig is. En met die wete sal hy waarlik sorgloos

deur die lewe op aarde kan gaan, want mense sal hom nooit so trou

bystaan met hulp soos hierdie geestelike wesens wat in My opdrag by julle

werksaam is nie, wat julle lei in My Wil, wat steeds alleen My lig en

liefdebodes is, wat Ek terwille van hulle eie geluksaligheid by hul

beskermlinge laat bly.

En waar julle gaan of staan, is julle onder hulle sorg, hulle werk in op julle

gedagtes, hulle waarsku en maan julle hulle sit julle aan om hierdie of

daardie werksaamheid te verrig en doen steeds alleen dit wat hulle as My

Wil sien, sodat julle dus van Goddelike beskerming kan praat, dat julle,

julleself deur Myself begelei mag voel, omdat Ek tog van alles op hoogte is

wat dienstig is vir julle.

Daarom sal julle ook elke bange sorg van julle moet laat afval, julle sal nie

bang hoef te wees vir onheil of mislukking nie, julle sal te alle tye moet

weet dat so iets nie nodig is nie, wanneer julle in vaste geloof aan My

119

Vaderlike sorg julle ook aan die kragte toevertrou wat Ek Self aan julle

toegewys het om vir julle te sorg.

En julle sal julle harte met liefde moet vul, want dan dwing julle My om Self

aanwesig te wees en dan kan julle waarlik niks meer orkom nie, omdat julle

verbintenis dan met My so duidelik is, dat die ligwesens ‘n kring om julle

sluit, wat soveel beteken dat geen duistere mag julle meer in die noute kan

bring nie. Maar in die liefde is julle almal nog swak en daarom des te

sterker in die vrees.

En hierdie vrees wil Ek vooraf van julle wegneem en julle daarom verseker

dat julle voortdurende beskerming kan verwag as julle wil na My gekeer is,

d.w.s. dat julle Myself erken as julle God en Vader en dat julle nou bewus

op My afstuur, dus die verlange het om deur My aangeneem te word.

Want eers die verlange gee al die goeie geestelike die reg om julle hul

beskerming te verleen. En het julle eenmaal julle vrees oorwin dan sal die

liefde ook steeds meer ontplooi en die verbintenis met My tot stand bring,

waar julle erg na verlang.

En julle moet weet dat My Liefde voortdurend julle geld en dat Ek nie wil

dat julle ly nie. Julle moet weet dat al die geestelikes vol is van lig en met

liefde vervul en daarom ook magtig is. Maar julle moet geen geestelike

wesens aanroep geïsoleerd van My nie. Want die roep sal deur ander

wesens gehoor word, as julle toewyding aan My dit nie voorafgaan nie.

Daarom moet julle geloof in My ‘n lewende geloof wees, nie slegs ‘n vorm

nie en die lewende geloof het ook die vaste wil in hom om nader aan by My

te kom, die wil, wat dan eers die leër van geestelike wesens daartoe bring

om julle te help en in My opdrag behulpsaam te wees. Amen

God word sigbaar in Jesus Christus.

7147 18 Junie 1958

Elkeen wat My bely sal ook toegelaat word in My koninkryk, want hy sal

reeds ‘n aspirant in My koninkryk wees sodra hy die weg gevind het wat

terug na My lei, van Wie hy eens uit eie vrye wil geskei het. Hy het My nie

meer erken nie en dit was die sonde teen My, sy God en Skepper van

ewigheid, wat nie op ‘n ander manier as deur die bewuste erkenning van

Myself verlos kan word nie. En om die mens te help om dit te doen

beliggaam Ek My in die mens Jesus. Want die rede vir die afval van My het

in die feit berus dat My lewende skepsele My nie kon waarneem nie.

Daarom draai hulle na hom wat aan hulle sigbaar was, wat deelgeneem het

aan hulle ontstaan, by wyse van spreke en wat ondanks die grootste

bewustheid, vrywillig hom van die Godheid skei wat hy ook nie kon

waarneem nie. En daarom word Ek ‘n sigbare God vir julle mense in Jesus

Christus en as gevolg van My menswording was die rede vir My ontkenning

nie meer van toepassing nie. Maar vereis die erkenning van My

120

terselfdertyd nou ook die erkenning van die werk van Verlossing van Jesus

Christus.

As gevolg van die ontsaglike skuld van die oersonde word ‘n verlossing van

dit noodsaaklik vir julle mense, die skuld moes eers afgelos word omdat Ek

geen sondige lewende wese kon aanvaar nie, of, My regverdigheid eis

versoening vir hierdie skuld wat die vroeëre verbintenis tussen die lewende

wesens en Myself weer sou herstel, wat deur die bogenoemde sonde

onderbreek was. Hierdie daad van versoening vir die mensdom word dus

volbring deur die mens Jesus; nietemin, openbaar Ek My in die mens Jesus

want Ek wou Self julle mense van die groot skuld verlos, dit is net dat Ek

Myself van ‘n menslike bedekking moes voorsien, wat daarna egter Myself

ewig sou moes huisves, sodat My wesens in staat sal wees om hul God en

Skepper te kan sien, sodat hulle in staat sal wees om hul Vader in Hom te

herken en liefhê, Wie hulle dan van ganser harte kan benader sonder om te

vergaan as gevolg van Sy vurige liefde.

En dus het elkeen wat die Goddelike Verlosser Jesus Christus erken die weg

van terugkeer na die huis van die Vader begin, omdat hy Myself in Hom

erken en as gevolg van die Verlossings werk van sy oersonde verlos is. Hy

sal daarom ook toegelaat word in My koninkryk, Ek sal My kind kom

ontmoet as Vader, want Ek Self het nie van hom geskei nie, Ek het slegs sy

wil aanvaar wat van My af weg gedraai het omdat hy vry was. En so moet

sy vrye wil weer aktief word en daarna streef om na My terug te keer. Dit

word gewys deur die persoon se bewuste erkenning van Jesus Christus en

Sy daad van Verlossing en ‘n bewuste verhouding met Hom deur sy

aanroep en beroep om verlossing. Want hy weet dat hy beperk is solank hy

nog nie My in Jesus Christus gevind het nie.

Die erkenning van My is vrywillig, wat egter ‘n staat verander wat ‘n

ewigheid geduur het, wat van die dood na die lewe, uit die nag in die lig lei.

Want die erkenning van My sal verseker ook ‘n verandering van karakter

meebring, die mens sal die Goddelike orde weer ingaan. Hy sal die gebied

wat sy woonplek was vir eindelose tye verlaat en die gebied van lig ingaan,

alhoewel sy liggaam nog op aarde bly. Maar die siel, die eens gevalle gees

streef weer na sy huis, want die erkenning van Myself in Jesus Christus sal

altyd met ‘n toevoer van krag en lig geassosieer word sodat die persoon sal

herken wat goed en reg is en dus sal sy intensies en dade goed en reg

wees. En nou sal Ek nie weer die sy van My kind verlaat wat My gevind het

nie en met My begeleiding sal hy ook sy doel met sekerheid bereik, hy sal

as My kind in die huis van die Vader aanvaar word, waar hy in vryheid en

lig en salige geluk sal lewe, waar hy met My volgens My wil sal skep soos

dit sy bestemming sedert die begin was. Amen

121

Verantwoordelikheid van ouers en kinders

7149 20 Junie 1958

Julle begin julle aardse bestaan as mens in volle onwetendheid. Die siel

word nog gehul in geestelike duisternis omdat dit eers ‘n staat van

selfbewussyn moet bereik voor daar begin kan word met die oplossing van

sy digte omringende bedekking. Hy kan dit reeds doen sonder om

besondere kennis te ontvang het, want hy kan sy goeie gevoelens op ‘n

baie vroeë leeftyd openbaar, alhoewel hy nie met betrekking tot ‘n

bepaalde hoeveelheid selfbewussyn optree nie. Maar die mens moet altyd

bewus van homself wees anders kan sy gedagtes en dade nie geoordeel

word nie. So‘n kind ontwikkel sy vonk van liefde vroeg; en dit is goed,

omdat hy innerlik gemotiveer word om dit te doen, terwyl ‘n ander kind in

die selfde staat van selfbewussyn aan slegte innerlike impulse toegee,

alhoewel hy ‘n ligte besef in homself voel dat hy verkeerd doen. In beide

gevalle kan mens tot hiertoe nie van selfbewussyn praat nie, maar die vonk

van liefde word in elke mens geplaas en die aanvanklike gedrag van

kinders is slegs verskillend omdat hul siele verskillend op innerlike drange

reageer, maar elke kind is nietemin bewus of sy gedrag goed of sleg is

sodra hy die staat van selfbewussyn bereik het.

En nou ontvang die kind stadigaan kennis. Hy word op hoogte gebring met

die wette van orde, naamlik hy begin meer en meer te verstaan en hy sal

ook die gevolge van goed of kwaad in homself ervaar. Hy word onderrig in

die konsep van goed en sleg en weer, sal die mense verskillend reageer as

hulle volwasse is, afhanklik van of hulle die vlam van liefde in hulself

ontsteek het en toelaat om innerlik beïnvloed te word. En

dienooreenkomstig sal hulle besef of groei of die aanvanklike blindheid van

die siel sal bly, omdat die kennis wat aan ‘n persoon van buite af gegee

word, nie vanself ‘besef ’ word nie, dit word eerder ‘besef ’ wanneer die

mens se liefde die kennis tot lewe bring. Die kennis kan ongetwyfeld die

intellek tevredestel, maar dit sal altyd slegs ‘n bedrieglike lig sonder krag

wees wat die mens se siel verlig en daarom bly die siel bedek deur

duisternis. Die mens sal egter, vanaf die oomblik wat hy van homself

bewus is verantwoordelik gehou word, vanaf die oomblik wat hy die stem

van sy gewete kan hoor, dus wanneer sy waarneming van goed of sleg in

sy innerlike gewek is, wat spoediger in één en later in ‘n ander kind kan

gebeur, maar wat ‘n vereiste is vir die verantwoordelikheid van sy dade.

Die swakheid van ‘n siel wat sy aardse lewe in ‘n vroeë stadium moet

opgee word altyd in ag geneem. Die graad van volwassenheid as ook die

kennis wat die mens tot dusver gegee is sal altyd oorweeg word. want volle

besef kan nie as criterium toegepas word nie, omdat dit slegs deur liefde

bereik kan word.

Die mens word egter beoordeel volgens sy liefde en dit kan in ‘n vlam

ontbrand in elke persoon, maar die vonk van liefde kan ook verdring word

122

en dit wys altyd op ongunstige denke en dade, wat gebeur sodra ‘n persoon

bewus word van homself as ‘n wese wat sy wil kan gebruik en dit doen

ooreenkomstig sy siel wat sleg en onwillig is om lief te hê en wat homself

ook sluit vir kennis, so’n 'besef' verdring nie die slegte innerlike instink nie.

Slegs wanneer ‘n kind beïnvloed kan word om iets goeds te doen kan

hierdie slegte dwang verdwyn en die stem van die gewete uiter hom ook

weer merkbaarder.

Om hierdie rede dra die ouers ‘n ekstra groot verantwoordelikheid, hulle

moet alles doen om die liefde in die kind te wek, hulle moet hom

aanmoedig om klein nuttige take uit te voer en so ‘n sin van nuttigheid in

die kinders tuis te bring om hul bomatige selfsugtige instinkte te verdring.

Want sodra die vonk van liefde ontbrand het sal dit ook uitsprei en die siel

sal nie meer in duisternis gehul word nie, die hart sal self verlig word en

dan sal die kind reeds bewustelik dink en handel wat spoedig ook tot die lig

van besef sal lei, sodra hy die regte inligting gegee word. Want liefde is

alles en elke mens is geskik om lief te hê, want God Self het in elke mens

‘n vonk geplaas wat deel van Homself is om hom uit die staat van dood

terug te lei in die staat van lewe. Amen

Natuurkatastrofe voor die einde

7151 22 Junie 1958

Die aarde sal op sy fondamente geskud word, omdat die mense nog

eenmaal baie duidelik op die einde gewys moet word; omdat die gedagte

aan die dood in hulle oorheersend na bo moet kom, wanneer hulle hulself

uitgelewer sien aan geweld waarteen hulle magteloos is. Baie mense sal

wel daarna vra hoe hierdie aardbewings tot stand gekom het, maar die

vinnig op mekaar volgende gebeurtenisse sal hulle geen tyd laat om dit te

beantwoord nie. Want nou het daar in afsonderlike gebiede op aarde

ontploffings plaasgevind van enorme omvang, wat die mense alle mag om

te dink ontneem, waarop dan ‘n woede van natuurelemente volg, waarvan

die gevolge nie voorgestel kan word nie en eers later deur die oorlewendes

gesien sal word. En hulle sal dan geneig wees om te glo dat proefnemings

deur mense die oorsaak was van die onbegryplike groot vernietigings-

werk. Maar hulle vergis hulself. Dit is My stem wat so geweldig weerklink

en moet weerklink, omdat die mense geen aandag skenk wanneer Ek hulle

saggies aanspreek nie en ter wille van hulself is daar nog ‘n laaste

reddingswerk vir die kort daarop volgende einde nodig.

Ontelbare mense sal hulle lewens daardeur verloor, goeie en slegte mense

sal die slagoffers word van die vernietigingswerk, maar dit kan die

oorlewendes nog tot seën wees wanneer hulle daaruit leer, wanneer hulle

leer om My te herken en in die vervolg die weg met My gaan.

Al lankal kondig Ek die gebeure aan, maar Ek vind weinig geloof, omdat die

mense sulke geweldige natuurgebeure nie vir hulself kan voorstel nie en

123

omdat hulle so iets ook nog nie meegemaak het vanaf die begin van hierdie

aardperiode nie. Maar daar is altyd gewaarsku daarteen en sou die mense

maar net ‘n vonkie geloof in My woord gehad het, sou hulle ook rekening

gehou het met wat ‘n lang tyd tevore bekend gemaak is. Aan die eindtyd

het alle geloof egter verdwyn en selfs die wat Myne is, neem hierdie

aankondigings skaars ernstig op, hoewel hulle gewillig is en steeds met My

in liefde verbind is.

Maar plotseling en onverwags sal die eerste voortekens opgemerk word,

dat daar kosmiese veranderinge voorkom, dat alles skynbaar uit die wetlike

ordening raak, daar sal seldsame waarnemings aan die hemel verskyn,

daar sal binne ‘n kort tyd onheilspellende verduisterings voorkom. Maar

daar sal steeds agterna ‘n skynbare gerustheid wees, totdat die

natuurelemente so vinnig en vreeslik ontketen gaan word, dat daar vir

geen mens tyd sal oorbly om oorleg te pleeg nie; dat daar dan maar één

hulp oor is: om in gedagte na My te roep om bystand in die grootste nood

en gevaar.

Alle mense wat tevore kennis daarvan geneem het, al skyn dit vir hulle nie

geloofwaardig te wees nie, bevind hulself in ‘n toestand van groot

barmhartigheid, omdat hulle op hoogte is van hierdie enige weg en My

maar net hoef aan te roep in gees en in waarheid. Maar ook baie onder

hulle sal nie in staat wees om te dink nie en aan hulle gee Ek hierdie raad:

om hulself na My toe te wend, sodat Ek hulle kan bystaan. Ek neem hierdie

versoeke aan, omdat hulle hulle geloof ook aan My bewys het, wat Ek dan

sigbaar wil versterk.

Hoe hierdie gebeure homself sal afspeel, hoef nie aan julle verduidelik te

word nie, want dit sal julle nie help nie, maar dat dit homself sal afspeel en

dat dit alle nood en ellende, wat tot nou toe nog voorgeval het, sal oortref,

kan julle maar glo!

En julle kan ook met groot sekerheid julle medemens daarvan in kennis

stel, want dit kan alleen maar tot hulle seën wees om te weet, dat alles

deur julle God en Skepper voorbestem is, maar nie om julle skade te

berokken nie, inteendeel alleen tot nut vir julle siele, wat hulself in die

grootste gevaar bevind om verlore te gaan. Want binne ‘n kort tyd daarna

sal die einde van hierdie aarde volg, wat egter nie deur My veroorsaak sal

word nie, maar wat veeleer deur menslike wil sal plaasvind. Want Ek het

hulle nie verhinder om die allesvernietigende proefnemings uit te voer nie,

omdat die tyd ook vir die mensdom, wat sonder innerlike lewe is, gekom

het, waarin ‘n skeiding moet plaasvind. Want alles wat uit die ordening

getree het, moet weer na die ordening teruggelei word, sodat die positiewe

ontwikkeling nou weer kan deurgaan op ‘n nuwe aarde, wat My Liefde,

Wysheid en Mag weer sal laat ontstaan volgens My verlossingsplan van die

ewigheid af. Amen

124

Die arbeid van die mens aan sy siel

7153 25 Junie 1958

Niks mag julle daarvan weerhou om te werk aan julle siele nie, want slegs

hy bepaal julle lot in die ewigheid. Niemand kan hierdie arbeid uit julle

hande neem nie, niemand kan dit vir julle verrig nie. Daarom is elke dag

waarin julle nie ‘n klein vooruitgang behaal het vir julle siele nie, ook

verlore; en al is dit maar net ‘n werk van liefde wat julle verrig, dit help tog

julle siele tot volwassenheid.

Elke dag wat slegs julle eieliefde bevredig het, wat slegs vir julle liggaam

voordeel gebring het, is ‘n verlore dag. Want sodra die siel gebrek moet ly,

was so 'n dag vergeefs geleef. En tog sou julle gemaklik vooruit kan gaan,

want daar kom soveel geleenthede voor, wat julle vir julleself tot nut kan

maak, waarin julle die werk aan julle siele sou kan verrig. Geleenthede

waarin julle, julleself sou moet oorwin en stry teen begeertes en ondeugde

van allerlei aard. Geleenthede waarin julle vreugde kan bring deur goed te

doen, deur vriendelike woorde of deur hulpverlening, wat steeds vir julle

siele ‘n geestelike voordeel oplewer. Steeds weer word julle geleentheid

gegee waarin julle met julle God en Vader ook innige tweegesprekke sou

kan hou, om daaruit seën te verkry vir julle siele. Altyd weer kan julle die

Woord van God aanhoor of lees en deur die aanspreek van God ‘n

besondere hulp aan julle siele ten deel laat val, omdat julle nou die siel

geestelike voedsel aanbied, waardeur hy in staat is om homself verder te

voltooi.

En al is die dae vir julle aardse gewin nog hoe suksesvol, het ‘n klein goeie

daad 'n veel hoër waarde, want dit is ‘n verryking vir julle siele wat hy vir

ewig nie meer kan verloor nie. Wat die liggaam egter ontvang, is nie

permanent nie, dit is maar geleende goed, wat elke dag weer van die

liggaam afgeneem kan word.

En daarom kan julle ook julle siele skade aandoen deur hom te belas met

sonde, wanneer julle lewenswandel nie in orde is nie en julle aan die reeds

bestaande oersonde nog baie ander sondes toevoeg, wat slegs die siel

eenmaal moet verantwoord, omdat hy onverganklik is. Daarom moet julle

nie so onnadenkend van die een dag na die ander lewe nie. Julle moet goed

weet wat julle doen en julle moet daarop let om meer ag te slaan op julle

siele as op julle aardse liggaam. Want die siel is julle eintlike Ek, wat die

weg oor die aarde moet aflê, met die doel om volwasse te word; ten

dienste van sy vervolmaking, wat hy slegs op aarde kan bereik. Maar dit

vereis ook julle wil, wat juis hierin bestaan, om bewustelik te stry teen

allerlei swakhede en gebreke.

En as die mens nou volmaak wil word, dan moet hy vir homself ook krag

vra om volgens God se Wil te lewe, dit wil sê, dade van liefde te verrig. En

hierdie krag sal hom dan ook verseker geskenk word. Hy moet ‘n

bewustelike lewe lei, steeds met die doel om die nog onvolmaakte wese tot

125

volmaaktheid te bring en dit na die beste van sy vermoë te doen. Hy sal

dan ook innerlik aangespoor word om in liefde te werk. Hy sal nie anders

kan as om goeie dade te verrig nie en sodoende ook daagliks ‘n geestelike

vooruitgang te kan bekom. En dan sal hy homself ook nie meer laat weglok

deur wêreldse verleidinge nie. Want sodra dit vir hom eenmaal erns is om

sy doel te bereik, om tot volmaaktheid te kom, sal hy die arbeid aan sy siel

altyd vereis. En hy sal ook altyd gehelp word deur die geestelike wesens

wat oor sy weg oor die aarde waak. Wat steeds weer sy gedagtes probeer

beïnvloed, sodat hy vanuit God se Wil dink, praat en handel.

Die doel van sy aardse lewe is slegs die volwasse wording van sy siel, wat

egter maar selde ingesien word en daarom is die lot van die siel dikwels so

ellendig, ewenwel deur sy eie skuld. Want steeds weer word dit aan die

mens voorgehou waarom hy op aarde leef. As hy dit nie wil glo nie, dan

moet sy siel eens daarvoor boet, deurdat hy die duisternis, waarmee hy die

aarde as mens betree het, met homself saamneem in die ryk hierna. Amen

Die rede vir die ontstaan van die skepping

7158 2 en 3 Julie 1958

Wat gebeur het in die ryk van die geeste, was die rede van die ontstaan

van die skepping, van die volledige heelal met al sy skeppinge van

geestelike en materiële aard. Voor die ontstaan van die skeppinge het slegs

die geesteryk bestaan, dit was ‘n wêreld van onmeetlike salighede, waarin

geestelike wesens hulle oor verheug het en in besit van krag en lig kon

skep, na gelang hul bestemming. En die „skep“ bestaan weer uit geestelike

skeppinge, in die verwerkliking van gedagtes en idees, wat die wesens

vanuit God toestroom en dit in onmeetlike saligheid nou tot uitvoer bring,

omdat hul die krag daartoe ter beskikking staan en hulle ook hul wil vry

kon gebruik.

Dit was nie nodig om die toestand van saligheid van die geestelike wesens

te verander nie, hulle het geen beperking van hul krag, nog vermindering

van hul lig te vrese, solank in hulle die liefde tot hul God en Skepper

onveranderd bly en hul dus deurstraal word met Goddelike liefdeslig. Maar

toe ontstaan die toestand, waarby die wesens nuwe insig verkry, toe die

ligdraer Lucifer, die eersgeskape wese. die Ewige Godheid, as twyfelagtig

voorstel omdat Hy nie sigbaar was nie en hy homself voorstel as ‘hom’,

deur wie alle geestelike wesens geskape was en van hulle nou ook die

erkenning as god en skepper verlang.

Nou word die engele in ‘n tweestryd gebring, want hul liefde geld Hom, Wat

hulle geskape het. maar die voorstelling van Lucifer bring hulle in

verwarring, ja dit skyn hul geloofwaardig, want daar gaan ‘n glans- en

ligstraling van Lucifer uit en ook was hulle by magte om hom wat ‘n hoër

wese was te aanskou. slegs die lig van insig in hulle, het veroorsaak dat

hulle ook die voorstelling van Lucifer in twyfel trek.

126

Maar oomblike van insig en klein vertroebelinge begin mekaar nou af te

wissel en hoe meer die engele hulle aan die laaste oorgee, des te langer

duur die fase van verduisterde denke, voordat die gedagtes weer helder

word en die wese sy ware herkoms helder insien. In die laaste geval was

Lucifer nie by magte om hul insig te vertroebel nie. Diegene met

vertroebelde gedagtes egter kry hy al gou in sy mag en hulle sluit hulle by

hom aan en sien in hom hul god en skepper, omdat hy daardie oomblik vol

van lig was, wat nog in hom opgekom het, voor die finale val in die diepte

plaasgevind het.

Die groot krag wat Lucifer van die begin af besit het, het ontelbare magte

van salige geestelike wesens in die lewe geroep en uit die oorvloed van sy

skeppinge, groei in hom ‘n valse selfbewussyn. Hy sien nie meer die Bron,

waaruit hy die krag geput het nie, maar hy sien slegs die “bewys“ van die

krag, wat hom deurstroom het en die wil hy alleen en uitsluitend vir

homself hê, hoewel hy weet, dat hy self ook aan Hom behoort, met Wie se

Krag hy skep. Maar hy wil die Krag alleen besit, maar ook in die wesens die

lig verduister wat hulle heel duidelik hul herkoms openbaar. En dit geluk

hom aldus, om die wesens in ‘n tweestryd te stort, wat egter ook hul

geluksaligheid verminder en hul skeppende werksaamheid belemmer. tot

hulle definitief vir hulle ‘n meester gekies het en daardeur sowel die wesens

as ook die ligdraer hul krag en lig ingeboet het en in duisternis gestort het.

En die geestelike gebeurtenis, wat julle mense slegs in breë trekke verklaar

kan word, was aanleiding vir die ontstaan van eindelose skeppinge van

geestelike en materiële aard. (3.7.1958) Die skeppinge is slegs die

omvormde, gevalle geestelike. Deur die afval van God, dus eindeloos ver

verwyder van Hom, word hulle in hul substansie steeds harder, hoe verder

hulle val. Dit moet so begryp word, dat die geestelike krag uit God, wat tot

lewende werksaamheid lei, die geestelike nie meer kon bereik nie, omdat

hy homself daarteen verset het; en so hou die werksaamheid op, die

beweeglikheid verstar, die lewe en wat agterbly, was volledig verharde

substansie, weliswaar oorspronklik deur God uitgestraalde krag, maar nou

ten volle onwerksaam geword.

Maar Gods liefde en wysheid het vir die geestelike oorspronklik ‘n andere

bestemming beplan: ononderbroke werksaamheid na Sy wil, wat egter die

selfde tyd ook die wil van die wese moes wees. Die geestelike wesens het

in stryd met hul bestemming gehandel, hulle wou hul krag gebruik teen

Gods wil, maar hulle kon dit nie meer nie, omdat hulle hulself deur hul afval

van hul krag beroof het.

Nou gryp Gods liefde weer die verharde geestelike aan, wat homself nie

meer herken nie, wat slegs ‘n saamgeperste bal van teen God versettende

geestelike substansies was. Die krag van Sy liefde dryf die substansies uit

mekaar en laat daaruit die mees veelsydige skeppingswerke ontstaan. Hy

vorm dus as te ware die eens van Hom uitgestraalde krag om, Hy gee elk

afsonderlik skeppingswerk sy bestemming, wat nou ook vervul word in die

127

wet van “jy moet“, sodat die opgeloste geestelike nou tot werksaamheid

gedwing word, maar sonder die Ek-bewussyn, wat hulle tevore as

geestelike wesens besit het.

Die skeppinge is dus eintlik niks anders as dit, wat in die allereerste begin

van God as wese uitgegaan het, maar in volledig veranderde toestand, wat

sy volmaaktheid betref. Want alle skeppinge is of bevat slegs die

onvolmaakte geestelike, wat op die terugweg na God is. Die volmaakte

geestelike wesens het geen materiële skeppinge nodig nie, hulle bring

vanuit hulself slegs hul idees en gedagtes voort, maar dit is slegs geestelike

produkte van hul wil en hul denke en hul onbegrensde krag. Dit is ‘n

wêreld, waarin hulle hul volmaak bevind. Daarbinne bestaan geen gebreke,

geen beperkinge en geen tekortkominge nie. Want hulle het voort bly

beweeg, toe die heelal wat die van-God-gevalle-wesens bevat. hul

onvolmaak geestelike omhulsels nodig het, waarin hulle gedwing word tot

werksaamheid.

Waar hulle dus die vorme vind, is ook die onvolmaak geestelike daarin

verban en hoe vaster die vorme is, des te meer verhard is hulle verset teen

God, die daarin gebonde geestelike. Maar ook die vorm self. die materie.

bestaan uit sulke onvolmaak substansies, wat alleen deur die krag van

God’s liefde byeengehou word, om ‘n doel te dien: as draers van geestelike

wesens hulle opwaarts te help. Die krag van God’s liefde omhul al die

geestelike substansies en werk dwingend op hulle in insoverre, as sou hulle

die weerstand met geweld breek.

Die skeppingswerk moet weliswaar ‘n bepaalde werksaamheid verrig na

Gods wil, maar daarin word die geestelike nie gedwing om hulle tot God te

wend nie. Daarom kan dit ook gebeur, dat ‘n geestelike die hele gang deur

die skeppingswerke aflê tot aan die laaste beliggaming as mens en nog nie

sy verset teen God opgegee het nie, omdat sy vrye wil dit tot stand moet

bring, wat hom net so maklike weer op die heer van duisternis kan rig.

Maar die voortgesette werksaamheid in dwangstoestand bring meestal ‘n

vermindering van die weerstand teen God teweeg, omdat die wesens reeds

by die geringste selfwerksaamheid ‘n sekere tervredenheid ondervind,

omdat ‘n uiting van krag beantwoord aan sy oerwese.

Die ontelbare sterrewêrelde, met alle daarin bevinde skeppinge, is die

gevolg van die toenmalige afval in die geesteryk. hulle sal nog ewighede

bestaan, daar sal steeds nuwe skeppinge ontstaan, om vir al die eens

gevalle engele die weg van terugkeer na God moontlik te maak. Daar sal

ewighede verby gaan, voordat die werk van terugvoering volbring is, totdat

ook die laaste verharde geestelike hom sal oplos en die weg van die

terugkeer kan betree.

Maar eenmaal sal al die skeppinge hulle vergeestelik hê, eenmaal sal daar

weer slegs ‘n “geestelike wêreld“ bestaan, waar al die geestelike, in

eenheid met die wil van God, werksaam en onvergelykelik geluksalig is.

eens sal God die doel bereik hê, dat Hy nie alleen “skepsele“nie, maar

128

“kinders“ om Hom heen het, wat Hy die grootste geluksalighede kan berei,

omdat Sy oneindige liefde Hom tot voortdurende gelukkig maak aanspoor

en Hom ook nie laat rus, tot Hy sy doel bereik het nie. Amen

Aardse planne – God se heilsplan

7159 4 Junie 1958

Nog verkeer die breë laan van die mensdom in ‘n waan, want hulle strewe

veelomvattende wêreldlike verbeteringe na, hulle glo dat hulle kragte kan

benut wat tot nou toe nog nie ontsluit was nie, hulle maak vir lang tye

planne vooruit en wil die mensdom sogenaamd meer lasverligting of

verbeteringe besorg, wat egter alles slegs daarop gerig is om vir hulself ‘n

aangename aardse lewe te ontwikkel, wat dus in die geheel geen geestelike

suksesse sou wees nie.

Die mense laat hulself ook nie van sulke gedagtes en planne afbring nie,

hulle is daarvan oortuig dat elke nuwe mensegeslag wat na hulle sal kom,

hierdie inspanninge vir hulself sal benut as hulself nie daarvan mag geniet

nie. Hulle reken op die toekoms soos op iets wat vasstaan en vermoed nie

hoe snel alles eendag ten einde sal loop nie.

Wel duik daar oral gerugte op oor ‘n nabye einde, want oral is mense wat ‘n

geestelike vooruitsiende blik besit, wat op hoogte is van komende

gebeurtenisse wat hulself op die aarde en onder die mense sal afspeel, dog

op waarskuwinge, of om hulle daarop te wys, word nie gelet nie. Omdat

hulle gladnie in die plan pas wat die grootste deel van die mense al met alle

ywer nastreef nie: Aardse omwentelinge van die soort waarvan die

mensdom dink om te geniet.

Dog vanweë die wilsvryheid van die mense kan hulle denke ook nie anders

onder dwang gelei word nie. En so kom daar natuurlikerwyse tweërlei

opvattinge onder die mensdom voor: Die een bewus van die hede en die

ander optimisties gestem oor die toekoms. Die mens wie se gees gewek is,

maak geen planne lank vooraf nie, want hy het besluit dat die tyd gekom

het, waarin alles toegespits word en die einde elke dag te verwag is. Maar

geestelike blinde mense is daar veel meer en hulle is onophoudelik daarop

bedag om alle aardse voordele te benut en vir hulself, of hulle

nakomelinge, ‘n versekerde toekoms te verskaf. En elkeen volg sy weg,

maar slegs die eersgenoemde sal die doel bereik, terwyl die laasgenoemde

langs dwaalweë sal gaan en ten slotte ‘n slagoffer sal wees van sy verblinde

denke, want al die gebeure is voorsien in die heilsplan van ewigheid af. En

so sal ‘n aardse tydperk dus ook ten einde loop en dan begin daar ‘n nuwe.

En alle planne wat deur die mense ontwerp word, sal tot niet gaan, omdat

dit wat die mense nastreef, nie meer vir die nuwe aarde toegestaan is nie,

omdat dit veelmeer die laaste aanleiding is wat hierdie aarde sal laat

uiteenval en laat omvorm word, wanneer die tyd vervul is, wat aan julle

mense gestel word om vry te kom uit hierdie gedaante.

129

Geeneen van julle mense kan homself verseker van dit waarna hy vol

begeerte streef nie, solank dit gaan oor aardse resultate of besit nie. Maar

die bereik van die geestelike voltooiing hoef nie vir hom onseker voor te

kom nie, want as hy maar net die strewe in homself het, dan sal hy ook

van die kant van God op elke manier ondersteun word. En hy hoef nóg ‘n

einde van hierdie aarde, nóg sy eie dood te vrees, sy toekoms lê helder

stralend voor hom, maar anders as wat die wêreldlinge vir hulself wens.

Maar elkeen ontvang wat hy begeer, alleen kan en sal die aardse materiële,

wat die gedagtes van die meeste mense besighou, hulle weer in die boeie

slaan, hulle sal weer ewighede lank in hulle kettings moet ly, maar hulle

het die lot ook aan hulself besorg, want ook die verkryging van vryheid was

vir hulle moontlik gewees, solank as wat hulle nog op die aarde vertoef het.

En aan alle mense word aanwysinge en waarskuwings gestuur wat hulle tot

besinning sou kan bring. Maar net soos die wil van die mens is, so is ook sy

lot en die wil van ieder mens is vry. Amen

Niks kan ophou bestaan nie - Die poort van die dood

7161 7 Julie 1958

Julle mense moet nie vergeet dat Ek Heer is oor lewe en dood, dat alle krag

wat vir die lewe nodig is uit My stroom en dat Ek ook alle lewe kan beëindig

deur My krag terug te trek. Nietemin, is Ek die Oerbron van alle krag en

beantwoord dit ook aan My fundamentele aard dat Ek slegs lewe sal gee,

dat Ek dit wat dood is sal terug lei na lewe, omdat die staat van dood, dus

tenvolle gebrek aan krag, nie aan My fundamentele aard beantwoord nie en

daarom nooit van My kant opsetlik kan wees nie. Ek het seker die

bevoegdheid om te vernietig wat Ek eens tot lewe gebring het en dit sal

absolute dood vir die wese beteken, maar dit beantwoord nie aan My

volmaaktheid nie of om eens bepaalde skeppings te verwerp of te verander

nie.

Sodra iets uit My krag te voorskyn gekom het, wat tot lewe gewek is deur

My wil en My krag, sal dit ook vir ewig bestaan, slegs sy samenstelling kan

verander omdat dit deur die wese self bepaal word. Dus kan die wese self

dood op hom bring en tog is hy nie sy eie meester nie, maar Ek is die

Meester, selfs oor die dood, daarom sal Ek dit nie toestaan dat hy in sy self

gekose staat van dood vir ewig bly nie; Ek sal nie rus tot hy sy lewe herwin

het nie, want niks is in staat om dit permanent teen My krag te verset nie

en selfs My teenstander, wat eens hierdie transformasie van lewe na dood

veroorsaak het, kan My nie verhinder om lewenskrag vroeër of later aan die

wese te gee nie, dus om hom uit die dood in lewe te wek.

Ek is Heer oor lewe en dood. Gevolglik bepaal Ek ook die uur wanneer die

menslike liggaam die geestelike se tydelike omhulsel laasgenoemde sal

vrylaat, wanneer die fisiese lewe so deur die dood afgesluit word, maar

hierdie dood is slegs ‘n verandering van die uiterlike vorm. Want wat eens

130

uit My te voorskyn gekom het kan nie ophou bestaan nie, dit is nie

onderworpe aan die wet van die dood nie, wat inderdaad die lot is van alle

dinge van hierdie aarde, maar nie dit van die gees wat in die materiële

vorm is nie. Selfs die uur van dood word deur My bepaal, die mens kan

homself teen My verset en sy lewe self beeïdig en daardeur sy staat van

dood vir ‘n oneindig tyd verleng, maar hy sal nie sy bestaan kan beëindig

nie.

En omdat julle nou vir seker weet dat julle nie kan ophou bestaan nie en

dat die duur van julle aardse lewe deur My bepaal word, moet julle nou

alles vol vertroue in My hande oorgee, want Ek weet waarlik wat 'lewe' vir

julle beteken en hoe julle dit kan bereik. Ek weet ook dat julle slegs deur

die poort van dood die lewe kan ingaan, maar hierdie poort van dood is

slegs ‘n tenvolle natuurlike proses waarsonder die ware lewe ondenkbaar

is. Tot nou lewe julle op aarde, maar julle ware huis is die geesteryk en die

stap van die vorige na die toekomstige koninkryk moet geneem word. Maar

dan sal julle lewe onvernietigbaar wees, dan sal julle krag en lig en vryheid

gegee word en slegs dan sal julle welgeluksalig wees en vir ewig bly. Amen

Alles wat gebeur dien om die siel te vervolmaak

7162 8 Julie 1958

Daar is ‘n doel en rede vir alles wat gebeur, omdat alles van die wil van

God afhang en daarom deur hom wyslik oorweeg en deur Sy liefde op ‘n

geskikte manier vir die siel van die mens ten goede kom. Die beslissende

faktor is altyd die effek op die siel, wat seker negatief kan wees as die wil

van die persoon so besluit, maar dit is ook altyd moontlik om positief te

wees. Die liggaam moet dikwels verskillende soorte van lyding en kwale

aanvaar; maar solank die geestelike ontwikkeling van die siel progressief

is, is hierdie kwellinge onbelangrik, omdat dit slegs ‘n beperkte tyd duur,

terwyl die staat van die siel van onvolwassenheid vir ‘n ewigheid duur en ‘n

verskriklike kwelling in die hiernamaals sal veroorsaak. Die mens moet

altyd van die feit bewus wees, dat God se liefde, wysheid en mag sy lot

bepaal, dat niks willekeurig met iemand gebeur nie, dat niks toevallig is

nie, dat ‘n liefdevolle, toegewyde Vader elke oomblik Sy verlore kind wil

help om sy weg terug na Hom te vind. En daarom moet die mens elke

oomblik tot God as sy ' Vader ' roep en daardeur aan Hom wys dat hy na

Hom wil terugkeer. Hy moet altyd nederig God se wil aanvaar, selfs

wanneer hy ‘n kruis moet dra wat byna ondraagbaar blyk te wees, omdat

iemand hom te hulp sal kom en sy kruis sal help dra, as Hy maar net gevra

word om dit te doen.

Maar wat die mens se liggaam ook al in die lewe moet verdra sal eendag

dankbaar deur die siel gegryp word, wanneer hy die liggaam kan verlaat

om die koninkryk in die hiernamaals in ‘n suiwer en skoon staat in te gaan.

Hoewel Goddelike liefde elke lewende wese lyding wil bespaar kan dit nie

131

vermy word nie omdat die mens op aarde sy siel nie genoeg in ag neem om

te doen wat nodig is om sy onsuiwerhede te verwyder nie. En daarom is die

hulp nodig wat dikwels pynlik is maar wat nietemin sukses beloof. Maar die

sekerheid dat alles God’s wil is, Wie die liefde Self is, sal mense in staat stel

om alles met groter gemak te dra en dit sal vir julle ‘n troos wees dat julle

nie aan julleself oorgelaat word nie, dat daar altyd Iemand is Wie omgee vir

julle geestelike volwassenheid en welsyn. En Hy sal nooit toelaat dat iets

sonder rede en doel met julle gebeur nie, omdat Sy liefde, wysheid en mag

onbegrensd is en Sy liefde en wysheid sal altyd die beslissende faktor wees

wanneer Sy wil en Sy mag Hulself uiter.

Om hierdie rede kan elke minuut tot julle voordeel wees, julle kan

geestelike sukses uit elke ervaring kry, van elke gebeurtenis, van elke

fisiese teëspoed wat oor julle kom. Want sodra julle leer om dit as ‘n

middel van hulp vir die volwasse wording van julle siele te sien, julle ook

sal doen wat ook al nodig is om julle siele te help volwasse word. Julle kruis

sal spoedig van julle geneem word, want dit is slegs ‘n las vir julle tot dit sy

doel bereik het. As julle egter julle aardse lewe tenvolle sonder lyding wil

leef, sal julle ook suiwer liefde moet wees en slegs weinig mense bereik die

vlak waar hul siele hulself deur liefde sal suiwer. Hulle sal dikwels lyding

vereis as ‘n middel van hulp, omdat die tyd van hul aardse lewe te kort is

en tog die grootste moontlike volmaaktheid vir die siel moet oplewer.

Daarom moet julle ook die lyding seën, julle moet julleself oorgee daaraan

en julle Hemelse Vader dank vir Sy liefde vir julle wat altyd slegs die beste

vir julle wil hê. Amen

Die ware verhouding soos van ‘n kind

7165 14 Julie 1958

"En as julle nie soos kinders word nie, kan julle die ryk van die hemele nie

ingaan nie" Dit is ‘n merkwaardige uitspraak wat Ek gedoen het, dat Ek van

julle verlang om kinders te word, daar julle tog op aarde meer volwasse

moet word, waarvoor Ek julle ‘n hele leeftyd skenk, van die kinderjare tot

die ouderdom.

Maar dit is nie die onvolwasse, wat sonder insig is soos ‘n kind wat julle,

julleself tot voorbeeld moet neem nie, veeleer is dit die kinderlike vertroue

teenoor My, julle Vader, wat vir julle My VADERHART ontsluit, wat Ek nie

afwys nie, maar vir julle die ryk van die hemele open.

Dit is die waaragtige kinderlike geloof wat ‘n kind sy Vader betoon. Wat

Hom die vertroulike vra, wat Ek nie onvervuld laat, dit is die deemoed van

‘n kind, wat daarom genade kan ontvang in oorvloed.

En sal daar ooit ‘n liefde suiwerder en onbaatsugtiger wees as die van ‘n

kind tot sy Vader? ‘n kind oorweeg nie eers in sy verstand die gevoelens

wat hy vir sy Vader het nie, dit is die hart wat hom na sy Vader dryf en

132

alleen die hart neem ook die direkte weg na My en gee hom heeltemal aan

My oor.

En waar so'n liefde die hart van ‘n mens besig hou, daar word My woord

bewaarheid, want die mens sal waarlik ingaan in My ryk, want Ek laat hom

nou nooit meer uit My Arms gaan nie, Ek druk so'n kind aan My Hart en

skenk hom ‘n ewig lewe in geluksaligheid.

En verder wil Ek met My woorde sê dat julle mense met julle verstandelike

denke nouliks julle doel op aarde sal kan bereik, dat die groeiende

volwassenheid van ‘n man, die wêreldse lewensvervulling of ook

verstandelike gevolgtrekkings nooit in staat is om die kinderlike liefde tot

My te vervang nie, wat die ware verhouding van julle tot My die van ‘n

kind tot sy Vader moet wees, want die ware verhouding omvat alles wat

noodsaaklik is om die sielsvolwassenheid te bereik: liefde, deemoed en

totale onderwerping aan My Wil.

Hoe weinig mense bring egter die innige kinderlike verhouding met My tot

stand hoe weinige is in staat om My in hul hart aan te roep as Vader, Wat

Hom oor Sy kind in vurige Liefde bekommer en hom in elke nood en elke

gevaar help. En hoe weinig pak My vas met hul kinderlike liefde en ketting

My daardeur onlosmakelik aan hulle vas? Maar hulle het hul die hemelryk

verkry, want dit kom vanself tot hom by wie Ek kan vertoef, aangetrokke

deur die liefde van My kind.

En so sal julle ook begryp dat Ek die grote nie aansien, maar My na die

kleine vooroorbuig, dat Ek nie waardeer wat die mens tot stand bring of

gebring het met sy menslike begaafdhede en die voortbrengsel daarvan

nie, maar dat Ek alleen in die hart kyk hoe dit geaard is en dat Ek My

verheug in elke straal van liefde wat Ek daarin ontdek, want die straal van

liefde het niks te maak met die menslike bekwaamhede nie, maar is alleen

deur die innige verbintenis met My ontsteek, wat die ware verhouding as

die van ‘n kind kenmerk. En daarom sal alleen ‘n ware kind My ryk in besit

neem, soos Ek dit deur My woord beloof het. Amen

Die motivering om ‘n periode op aarde te beëindig

7167 17 Julie 1958

Maak ‘n nota dat die tyd ten einde loop wat aan julle toegeken word om op

hierdie aarde volwasse te word. Die menslike geslag wat hulle in hierdie

periode op aarde beliggaam het, het so ‘n bietjie van hulle "min of meer"

die proef deurstaan, hulle sal binne gaan in die ryk hierna en sal daar hulle

positiewe ontwikkeling kan voortsit, al is dit ook onder ander

omstandighede as op die aarde.

Maar daar het ook ontelbare mense siele afgegly in die diepte in. En nou is

die laaste van die geslag nog toegelaat om hulle as mens te beliggaam, ook

met die doel, om gedurende die aardse lewe vry te word uit die materiële

vorm wat hulle al ewighede gevange hou. Maar nou loop hierdie tyd ten

133

einde en vind ‘n afsluiting daarvan onherroeplik plaas, omdat ‘n nuwe

verlossingsperiode moet begin.

En begryplikerwys is daar in hierdie laaste tyd nog slegs ‘n geringe sukses

te meld, want daar is nou baie geestelik beliggaamdes wat vyandiggesind is

teen God, wat nie vroeër toegelaat was nie, juis vanweë hierdie weerstand,

wat egter vir hierdie periode op die aarde bestem was en wat ook nog die

gang as mens moet aflê voor daar ‘n nuwe verlossingsperiode kan begin.

Om nou vir hierdie mense die weg oor die aarde suksesvol te laat word, is

baie geestelike aan hulle as geselskap gegee, wat hulle lei en bystaan waar

die krag van die mense te klein is.

Dit is dus wel moontlik dat ook hierdie mense nog kan volwasse word,

maar tog bomate moeilik, omdat nooit met dwang op die wil van hulle

ingewerk mag word nie. Maar die einde van hierdie periode op die aarde is

sedert ewigheid vasgestel, dit is in God se heilsplan vasgelê, omdat Hy van

ewigheid af weet wanneer dit tyd is op die aarde om ‘n nuwe wetlike

ordening tot stand te bring, wat deur die wil van die mense omvergewerp

was en dat daarom ‘n positiewe ontwikkeling van die geestelike byna ‘n

onmoontlikheid geword het.

Wanneer die mense nou dink dat dit nie met die liefde van ‘n "God en

Vader" in ooreenstemming te bring is dat ‘n skeppingswerk soos die aarde

‘n volledige omvorming tegemoet gaan nie, dan moet daarteen gebring

word dat dit baie eerder ‘n bewys van gebrek aan liefde sou wees, wanneer

aan so ‘n geestelike lae vlak geen einde gestel sou word nie, want die

aarde sou dan opgehou het om ‘n verblyfplek te wees om die geestelike te

vorm en sou sy doel volkome mis en slegs nog chaos verder in die hand

werk wat geestelik oor hom heers.

Die liefde van God probeer waarlik alles om die mense te help om hulself te

red, maar daar is geen verbetering te sien nie, daar is op hierdie aarde

geen geestelike ommekeer te verwagte nie, want daar kan nie daarop

gereken word dat die menslike geslag hulself sal verander en terugkeer na

die ordening wat deur God gewil is nie, wat slegs ‘n einde sou kan teëhou.

En God weet sedert ewigheid dat hierdie moontlikheid nie meer bestaan nie

en daarom kon Hy Sy plan op hierdie wil van die mense baseer.

En Hy sal dit ook ten uitvoer bring, want Hy is ‘n goeie, regverdige en

buitengewoone wyse God, Wie niks anders wil doen as om Sy skepsele te

help om uit die diepte op te klim na omhoog, na Hom en Wie ook waarlik

die ware middele ken en aanwend. Maar julle wil nie glo dat die tyd gekom

het nie, dat die mensdom al op die geestelike dieptepunt aangekom het

wat nou geen uitstel meer duld nie.

Julle sal dit nie wil insien nie, ofskoon die innerlike gevoel vir julle sê dat

die mensdom niks anders meer het om te verwag nie. En daarom maak

julle teenwerping op teenwerping wat egter alle logika ontbeer. Want sodra

julle eenmaal ernstig daaroor nadink wat hierdie aarde is en waartoe hy

moet dien en wanneer julle dan sien dat ‘n mens maar selde sy aardse lewe

134

enut om geestelik volwasse te word, wat vir iedereen duidelik sigbaar is,

moet dit vir julle ook waarskynliker voorkom dat daar ‘n einde kom, as dat

hy (die aarde) op dieselfde wyse verder sal bly bestaan.

Want ook dit moet vir julle heeltemal duidelik wees dat God die mense nie

outomaties daartoe kan bring om volwasse te word nie, dat daar dus ‘n

verandering van hierdie aarde moet plaasvind, ‘n beëindiging van ‘n

tydperk wat sonder effek blyk te wees en ‘n begin van ‘n nuwe, waarin die

positiewe ontwikkeling van die geestelike weer kan aangaan en waar ook

aan die geestelike, wat hulself in die diepte bevind, ‘n nuwe moontlikheid

gegee word om opwaarts te ontwikkel.

Julle mense sal steeds die oneindige Liefde en onoortreflike Wysheid van

julle God en Skepper in aanmerking moet neem, Wie julle ewige Vader sou

wil word en Wie ook waarlik alles doen om Sy doel te bereik. En net so sal

julle ook die komende einde van die aarde mag beskou as ‘n daad van Sy

Liefde, maar nooit as wreedheid nie, waartoe Hy nie in staat is nie, want

nooit wil Hy vernietig nie, inteendeel, steeds alleen die lewe gee aan hulle

wat dit deur hul eie skuld verloor het. Amen

Die reiniging van die aarde

7179 7 Julie 1958

En daar sal weer ‘n nuwe aarde wees en die mense daarop sal innig met My

verbind wees en lewe volgens My ewige ordening. Maar die toestand kan

alleenlik nog bereik word deur ‘n reiniging van hierdie aarde sodat die ou

aarde weer in ‘n toestand gebring kan word waarin alles presies georden is.

Dit beteken egter nie dat hierdie orde op die teenwoordige aarde herstel sal

kan word nie, wat baie mense graag sou wou, omdat die gedagte aan ‘n

einde van hierdie aarde nie in hulle opkom nie.

Die komende reiniging sal volkome wees en eerste by die mense plaasvind,

hulle wat nie meer lewe volgens My ewige orde nie. Dit sal egter ook ‘n

skeppingswerk wees, omdat die gekluisterde geestelike, nuwe omvorming

nodig het om na ‘n vinniger, geestelike opwaartse ontwikkeling te beweeg.

Want Ek is voorbereid vir al die geestelike wat al lank genoeg gesmag het

in die harde materie, hulle wat uiteindelik ook op die hoër weg mag gaan.

Daar sal nie meer op hierdie aarde ‘n ommekeer tot My plaasvind nie,

omdat My teenstander deur die mense self in sy mag gesterk word, wat Hy

egter slegs sal aanwend om ‘n nog groter aantal afvalliges van My te

bereik. Maar as die teenstander self, saam met alles wat aan hom

onderdanig is, nie gebind word nie, sal die geestelike peil nie net so laag

bly as wat dit reeds is nie, maar dit sal steeds nog erger word. En dan kan

geen harmonieuse toestand op aarde meer verwag word nie.

Daarom sal Ek ‘n volkome reiniging teweegbring. Alles op aarde wat iets

geestelik in homself berg, los Ek op en laat ‘n nuwe aarde, met ‘n geheel

nuwe skepping ontstaan, sodat dit weer deur die geestelike betrek kan

135

word vir hulle verdere ontwikkeling. En Ek bevolk die aarde slegs met

mense wie se graad van ontwikkeling sodanig is, sodat hulle ‘n salige lewe

in die paradys kan hê. Dus met mense wat in die laaste stryd op hierdie

aarde is, wie aan My trou bly en wat Ek daarom as stamouers van die nuwe

mensegeslag op die nuwe aarde bymekaarmaak.

Elke nuwe skeppingsperiode begin met ‘n geestelik ontwikkelde geslag, wat

dan weer op die navolgende geslagte moet inwerk om met hulp ook deels

die weg boontoe te toon en hulle na hulle voleinding te help.

En omdat My teenstander nou gebind sal wees, sal die mense aanvanklik

nie meer deur hom bedreig word nie. Dit sal daarom vir ‘n lang tyd ‘n

paradysagtige toestand bly waarin al die geskapenes, mense en diere, in

harmonie en vrede sal saamlewe, waarin die liefde die mense tot ‘n

voortdurende verbinding met My sal dryf en waarin Ek sodoende by hulle

teenwoordig kan wees. En die mense sal die ewige heil deelagtig wees

totdat daar weer ‘n tyd sal kom dat die verbinding sal verslap en waarin die

materie weer sy aantrekkingskrag sal uitoefen en die mense deur hulle

begeertes die kettings van My teenstander weer sal losmaak sonder dat Ek

hulle sal verhinder. Want die beproewing van die vrye wil, van die wat

tevore heeltemal tot My bekeer was, sal dan weer nodig wees.

Elke verlossingsperiode bring baie van die eens gevalle geestelike terug na

My. Sou Ek egter geen einde aan hierdie huidige toestand maak nie, dan

was daar waarlik geen geestelike sukses meer te behaal nie. Ek het aan die

teenstander netso die reg gegee om vir die wesens te veg. Hy misbruik

egter sy reg deurdat hy die grense van sy bevoegdheid te buite gaan,

deurdat hy probeer verhinder dat die mense enige kennis oor My ontvang,

hulle God en Skepper van ewigheid. Maar die aardse lewe is aan die mense

gegee om te kies aan watter meester hulle wil behoort. En daarom moet

hulle ook oor beide meesters ingelig wees, wat My teenstander egter met

alle moontlike middele probeer verhinder. En daarom maak Ek ‘n einde aan

sy aktiwiteite en hy sal weer tesame met sy aanhangers gekluister word.

Ek herstel in die eerste plek oral die wetlike orde om aan al die gevallenes

die opwaartse ontwikkeling te waarborg, soos wat dit My plan was sedert

die ewigheid. Amen

Pynlike onderwysmetodes

7184 7 Augustus 1958

Julle sal meer en meer bewus word van hoe dringend julle hulp nodig het,

wat geen menslike wese ter wêreld vir julle kan gee nie. Want julle sal

oorweldig word deur so’n duidelike impak van kragte dat slegs Ek dit kan

stop. Of dit natuurlike of noodlottige gebeurtenisse is wat nie deur menslike

hulp opgelos kan word nie, maar wat met die mense moet gebeur as Ek

hulle nog vóór die einde wil wen. Julle sal meer dikwels hoor van ongevalle

en natuurrampe en as dit julle nie persoonlik raak nie sal dit jammerlik

136

verbygaan sonder om julle te beïvloed het. En tog kan dit voldoende wees

om julle te laat dink sodat julle dieselfde lot gespaar kan bly.

Maar julle onverskilligheid dwing My dikwels om dieselfde ontberings en

ongelukke met julle te laat gebeur, omdat Ek slegs wil bereik dat julle My

om hulp aanroep. Dat julle na My in julle teëspoed draai en leer om te

erken dat daar slegs één is wat julle kan en sal help as julle Hom daarvoor

vra. Solank julle daaglikse lewe sonder teëspoed verloop maak julle

onverskilligheid My en ook julle medemens wat in nood is bang. As julle

egter self geafekteer word sal julle wakker word en julleself beoordeel. En

tog, die één dag sal so vreedsaam soos die ander wees met die regte

houding teenoor My, as julle in ‘n verhouding soos die van ‘n Vader met Sy

kind, met My sou ingaan, wat julle van die voortdurende beskerming van

die Vader sal verseker.

Daarom moet julle nie verras wees as julle mense telkens weer ru

wakkergeskud word deur groot gebeurtenisse nie, moet julleself nie afvra

waarom ‘n God so wreed kan wees nie maar weet dat julle onverskilligheid

en hardnekigheid My aanspoor om sulke metodes te gebruik wat vir julle

wreed lyk en tog vir julle eie voordeel bedoel is. Wat julle byna onmoontlik

vind om te glo sal gebeur en telkens weer sal die katastrofes groot getalle

slagoffers eis. En as julle die naderende einde oorweeg sal julle ook alles

begryp. Maar tog hoe weinig glo in die einde en hoe groot is die aantal wat

nie glo nie en My dwing om ander metodes te gebruik om hulle vóór die

einde nog te red. En daarom moet julle elk oomblik op ‘n verrassing

voorbereid wees wat altyd slegs angs en vrees sal teweegbring. Dit kan nie

verhinder word nie omdat Ek hulle nie wil laat gaan wat nog nie in ‘n

verhouding met My ingegaan het nie en hulle moet ferm behandel word.

Maar selfs die ergste lyding en die verskriklikste ervarings kan ‘n seen vir

hulle wees indien hulle die weg na My neem Wie van Homself bewys wil

gee, sodat hulle sal leer om in My en My liefde vir hulle te glo. Amen

Selfverwyt in die hiernamaals

7199 1 November 1958

Vroeër of later sal julle die tyd bitter betreur wat julle in julle aards lewe

verlore laat gaan het en julle in die hiernamaals besef wat julle in julle

aards lewe verbeur het. En die verlore tyd tydens julle aards lewe is elke

dag wat julle op ‘n suiwer wêreldse manier deurgebring het, toe julle geen

tyd afgestaan het aan geestelike gedagtes nie, wat so, nie aan die ware

doel beantwoord het wat die rede vir julle beliggaming as mense is nie.

Solank julle op aarde leef neem julle nie hierdie kennis ernstig op nie, selfs

as julle dit het. Maar in die koninkryk van die hiernamaals sal dit vir julle ‘n

las soos ‘n swaar rots wees wat julle nie sal kan beweeg nie. Julle sal

hierdie dae telkens weer onthou en julle sal elke betekenislose daad

137

etreur, net soos julle elke geleentheid wat julle laat verbygaan het wat

julle kon gebruik tot voordeel van julle siele sal betreur.

En dan kan julle, julleself as bevoorreg beskou as julle tot hierdie besef

kom in die geesteryk, as julle nie aan hulle behoort wat volkome in

duisternis gedompel is en geen selfverwyt voel nie, omdat hulle eenvoudig

nie besef wat hulle aan hulself gedoen het nie, wat nog vir ‘n lang tyd sal

moet worstel om eens in die staat te kom waar hulle ‘n klein skynsel van lig

kan sien en slegs dan besef hoe futiel hul aards lewe gewees het. Want

sodra die skynsel van lig bestaan kan die siel nog deur bittere verwyt

gemotiveer word om binnewaarts te draai en sy gedagtes en wil te

verander. En dan kan hy genoeg krag gegee word om hom toe te laat om

aktiewe hulp aan lydende siele te gee en na dit sal hy sekerlik vorder, selfs

as die omstandighede baie meer moeiliker is as wat dit in die aardse lewe

moontlik kon wees.

Daarom moet selfverwyt vooruitgang voorafgaan, want slegs ‘n siel wat

begin om te verstaan sal probeer om sy situasie te verander en enige besef

sal aan die siel ook die futiele weg van sy aardse lewe openbaar, wat altyd

‘n bittere spyt tot gevolg sal hê maar wat ook ‘n draai punt in sy ellendige

staat sal beteken. Maar om hierdie rede is dit ook van die grootste belang

vir die mens dat hy kennis sal kry, al is dit minimaal, terwyl hy nog op

aarde leef, dat hy sal begin om die doel van die aardse lewe te erken en

nog te probeer om te verbeter voor hy van hierdie wêreld weggaan. Want

om oor te gaan met selfs die geringste hoeveelheid kennis sal ‘n skynsel

van lig vir hierdie siel beteken. Hy sal nie in totale duisternis geplaas word

na sy liggaamlike dood nie, hy sal sy weg in die skemerte kan vind en in

een flits sal hy begryp en dan alles doen om lig vir homself te kry.

Hy sal ook erken dat daar baie werk op hom in die geesteryk wag as hy

slegs bereid is om te werk en ‘n klein skynsel van lig sal hom op die regte

weg lei, wat hy inderdaad sal neem met ‘n gevoel van selfverwyt oor sy

aards lewe wat hy nie reg gebruik het nie maar tog ook in konstante hoop

om hulp, wat hom gegee sal word sodra hy Jesus Christus erken en op

Hom ‘n beroep om hulp doen. Dan sal hy nie hopeloos verlore gaan nie, hy

sal in staat wees om te kan groei; hy sal egter nooit die graad kan bereik

wat die onbeperkte saligheid aan die hart van die Vader, die kindskap van

God is nie, wat die lot van hulle is wat op aarde hulself ingespan het om die

taak te vervul wat hulle gegee was, wat reeds op aarde eenwording gesoek

en gevind het met hul Vader van ewigheid. Amen

Die verwerping van die Goddelike Woord vanuit

geestelike arrogansie

7203 6 November 1958

Wie homself afsluit vir die Woord van God in geestelike hoogmoed,

wanneer dit hom aangebied word deur My dienaars op aarde, sal homself

138

eers moeilik moet verantwoord, want dit is geen geestelike onvermoë om

iets wat vol lig is, te kan herken nie, dit is inteendeel ‘n afwysing uit die lae

motivering wat deur My teenstander in die hand gewerk word deur sy

invloed. Geestelike verwaandheid skakel alle ondersoeke uit, geestelike

verwaandheid is egter ‘n duidelike teken dat die mens onder ‘n duistere

invloed staan, want geestelike aanmatiging is die kenmerk van diegene wat

My weerstaan, omdat hy My nie wil erken nie. Die geestelike aanmatiging

van hom wat eerste geval het, weer die lig af wat hom deurstraal en

verwerp dit om welke rede die diepste duisternis hom dan omgewe. En so

bly die mens wat weer die lig in verwaandheid afwys, ook in geestelike

duisternis, wanneer My barmhartigheid dit wil laat skyn om die hart van ‘n

sweempie lig te voorsien.

Maar die motief om die lig af te wys weeg swaar, want dit kan ook deur

ander motiewe afgewys word, wat nie so sterk te veroordeel is as juis die

hoogmoed van ‘n mens nie. En van geestelike verwaandheid kan daar dan

gepraat word, wanneer die mens meen dat hy geen onderrig meer nodig

het nie, in geestelike kennis voldoende onderrig te wees en sy eie kennis

buitengewoon hoog aanslaan en sodoende glo dat geen verdere kennis

nodig is nie. Tog sou die mens ook dan nog bereid moet wees om dit wat

hom aangebied word, te ondersoek: Hou hy dan nog met oortuiging vas

aan sy wil en wys hy dit opnuut af, dan sal sy oordeel hom nie so swaar

toegereken word nie, want deur sy geestelike blindheid ontbreek dit hom

dan aan ‘n “vermoë om te oordeel”. Bly so ‘n ondersoek egter agterweë,

dan stoot die mens met sy krasse afwysing dit wat deur My aangebied

word, die hand van barmhartigheid eenkant toe en die verantwoording sal

hom swaar tref, want eers dan kom die insig en dit kan dan ook te laat

wees.

Deur dwang kan niemand daartoe gebring word om My woord aan te neem

nie, maar elkeen het die geleentheid om homself ernstig besig te hou om

vrae oor vertwyfeling te vra, want sulke twyfel lê Ek diegene Self in die hart

wat nog nie op die ware weg is nie: En teenoor sulke vrae sou ook alle

mense hulle standpunt moet bepaal en hulle sal slegs voordeel daaruit trek,

want duidelikheid sal hulle sekerlik kry in sover hulle dit ernstig begeer.

Maar nou sal dit blyk, of die mens die waarheid ernstig begeer, want dit sal

hom sekerlik aangebied word. Geestelike hoogmoed wys dit egter direk af,

omdat die teenstander (Satan) dit so wil en die se wil ook verseker vervul

word deur diegene wat dieselfde ingesteldheid het.

Aanmatiging het die eerste ligwese tot ‘n val gebring en aanmatiging is

daarom ook die aard van al sy aanhangers, wat hulle onmiskenbaar

daardeur laat kenmerk as sy aanhang. En daar moet ‘n groot stap geneem

word, die innerlike van die mens moet ernstig probeer om homself te

verander, die mens moet uit sy hoogmoed in die deemoed afdaal en

homself dus heeltemal losmaak van My teenstander en tot My kom in

diepste deemoed. Dan eers sal ‘n lig skyn in die hart van die mens en dan

139

eers sal hy in staat wees om die kosbare barmhartigheidsgawe in te sien

wat My woord vir elke mens en sy sieleheil is. Dan eers sal hy dit dankbaar

aanneem wat deur die Liefde van die Vader aan Sy kind gebied word. Dan

sal hy erg verlang na spys en drank, maar tog voortdurend ook versadig

word deur My Liefde. Amen

Ongewone verskynsels

7205 10 November 1953

As julle, julleself tot My wend, kan julle altyd daarop vertrou dat julle

korrek onderrig sal word, dat Ek julle opheldering sal gee. Julle sal dit ook

in julle denke ondervind, dit wil sê, omdat julle na die waarheid soek, sal

julle denke homself met die waarheid besighou. Julle sal dus volgens julle

gesindheid op die korrekte weg wees, selfs as skynbaar nog onopgeloste

probleme julle besig hou. Want dit is die voorreg van hulle wat hulself met

My as die ewige Waarheid verbind, dat hulle ‘n innerlike afkeer bespeur

sodra verkeerde gedagtes hulle raak.

Julle het in die eindtyd met baie ongewone verskynsels rekening te hou en

julle kan dit volgens julle eie oordeel nou op My of ook My teenstander

aanreken, wat in die eindtyd net so op ongewone wyse sal optree om sy

slagoffers binne te bring. Julle sal moet leer om onderskeid te maak en

daarby mag julle nie vergeet dat die wêreld sy gebied is en dat hy homself

dus ook in die wêreld en deur heidense meganismes sal vertoon. Verder

moet julle weet dat daar geen mag is wat My in My werksaamheid sou kan

hinder en dus My heilsplan van ewigheid, waarin ‘n einde van hierdie

aardse periode voorsien is, ongedaan kan maak nie. Want Ek streef ‘n doel

na wat steeds net gerig is op die verlossing van die gevalle geestelike, wat

hulself in die diepte bevind. En Ek weet presies wanneer die korrekte

tydstip daarvoor gekom het.

Dit is wel seker dat My planne nie met die planne van My teenstander

ooreenkom nie, dat hy nie dieselfde doel nastreef nie, naamlik, om die

gevallenes te help, maar dat hy steeds net daarop bedag is om My planne

geen deurgang te laat vind nie, dit te deurkruis en Myself in ‘n sekere sin te

oorwin, waarmee hy egter ewig nie sal slaag nie.

Enersyds dryf hy nou die mense aan tot ondersoekinge van die mees

uiteenlopende aard om skeppingswerke te verwoes, omdat hy glo om die

gekluisterde geestelike daardeur te bevry en vir homself te wen. Aan die

ander kant wil hy die mense laat glo dat daar geen gevaar voor die einde te

vrees is nie, om hulle te verhinder om bewustelik aan hulle siele te werk,

wat met die oog op die einde tog ernstig geneem word deur hulle, wat die

tekens van die tye volg en daarom weet welke uur geslaan het.

En daarom werk hy met alle lis en veroorsaak ‘n verwarring, wat ook die

mense gryp wat nie aan hom wil behoort nie. Hy probeer om reële dinge vir

die mense weer te gee, wat, solank dit vir hulle moontlik is om dit sigbaar

140

te bly behou, sodat die mense wat vir die dinge ontvanklik is, dit opmerk.

Mense, op wie God se teenstander ook invloed het, weens hulle gesindheid

en gedagtes – die wat selfs van die idee van ‘n einde van hierdie aarde niks

wil weet nie - wat ook die onwaarskynlikste gebeurtenisse of voorsorg

maatreëls om so 'n einde te verhinder liewer sou wil aanvaar, as dat hulle

hulself met die waarheid, wat hulle steeds weer verkondig word, tevrede

stel.

Hierdie mense skep deur hulle gesindheid vir My teenstander ‘n goeie

klankbord, hulle glo om hulself in die invloedsfeer van goeie kragte te

bevind en het tog ‘n speelbal van My teenstander geword, want hy gebruik

hulle om homself in te stel vir die verspreiding van valse leerstellings en

sataniese aktiwiteite. My teenstander het aan die einde groot "mag". Dit is

sy teenaksie op My buitengewone barmhartigheidsvolle werksaamheid by

die mense, wat Ek nog wil help om die korrekte weg na My toe te vind. Ook

werk Ek wel op ‘n buitengewone wyse, maar nie deur op ‘n onnatuurlike

manier op die denke en gevoelens van die mense indruk te maak nie.

Ek werk in stilte en wil op die harte van die mense ‘n invloed verkry. My

teenstander imponeer egter die geestesvermoëns, die verstand van die

mens. Hy bevestig maar net die verlange na die onverwoesbaarheid van die

aarde en na ‘n einde, wat op die laaste oomblik verhinder sal word.

My teenstander werk My en My aankondiginge teen en slegs dit moes al

hom ontmasker het, dit moes ‘n bewys wees wie aan die werk is, as die

gemoedere van die mense verontrus word deur onverklaarbare

gebeurtenisse, waardeur dit deur My voorspelde einde van hierdie aarde in

twyfel getrek word. My Woord is Waarheid, so ook is die aankondiginge nie

deur My teenstander te ontsenu nie, al dink hy om homself nog so listig en

slu te kan voordoen. En die mense self kan dit ook insien wie hy onder sy

invloed probeer bring, as hulle maar altyd die weg na My, Wie hulle die

waarheid nie sal weerhou nie, sal neem. Amen

Begogeling deur die kragte van die duisternis

7206 12 November 1958

Wie homself deur middel van gedagtes in buiteaardse gebiede begewe,

word ook deur buiteaardse kragte beïnvloed, want hy is voortdurend deur

sulke kragte omgewe. Dit is egter ‘n geestelike beïnvloeding omdat die

kontak deur die wil van die mens tot stand gebring word tussen hierdie

aardse wêreld en die boaardse wêreld. Julle mense moet nou egter die

volgende goed van mekaar onderskei: Die tot stand bring van die kontak

met My deur die gebed en die kontak met die geestelike wêreld deur die

begeerte om iets deur hierdie geestelike kragte te wete te kom, dus om

julleself te open vir die invloed van die geestelike wêreld. Niks van die

kontak wat so tot stand gebring is, sal onbenut bly nie, dit is net eenders of

Ek Self, of geestelike kragte daarop reageer, omdat die aangeknoopte

141

verbindinge vanaf die aarde na die geestelike wêreld buitengewoon

belangrik is vir die ontwikkeling van die siel van die mens. Want die mens,

wat in homself geestelik blind is, moet siende word en die geestelike oë kan

hom maar net geopen word deur die binnestroming van lig wat uit My, of

ook wel via geestelike wesens van die lig, na die mense toestroom.

Dus word elke verbintenis van die aarde met die geestelike wêreld welkom

geheet van die kant van die ligwesens, wat op hoogte is van die toestand

van duisternis van die mense op aarde en wat hulle uitermatig graag lig

sou wil bring volgens My Wil. My Wil bepaal ewenwel vir hulle, om uit te

deel wat bevorderlik is vir die mense. En My Wil hou hulle ook teë waar

daar ‘n nadeel vir die mens sou kan ontstaan uit ‘n te helder lig, deurdat dit

die oë verblind en ongeskik maak om te sien. Maar My teenstander gebruik

juis verblindende ligte, omdat hy die gesigsvermoë van die mens graag wil

verminder, omdat hy die oë heeltemal ongeskik wil maak om die sagte lig

uit My waar te neem, wat weldadig werk en helder en duidelik die korrekte

weg na My laat sien. Daarom is sy strewe om baie verblindende ligte te laat

straal om die mense in die war te bring. Sy strewe is om die mense

daarheen te bring waar kennis skynbaar te verkry is, waar die mens glo om

kennis vir homself te verkry en tog geestelike goed tot homself neem wat

hom heeltemal op ‘n dwaalspoor lei.

My teenstander het baie sulke middele wat hy gebruik om die denke van

die mens steeds meer in verwarring te bring. Hy ontsteek dikwels

verblindende ligte wat so fel is, dat die donkerste nag die mense omgewe

wat lank in die lig gekyk het, wat hulle egter geen blywende lig skenk nie,

maar hulle skielik weer in diepste duisternis dompel. En tallose kragte uit

die duisternis ondersteun hom, deurdat hulle hulself daarby voeg en as

sogenaamde ligwesens optree, deurdat hulle die mense daartoe bring om

die bogenoemde verblindings met die geestelike wêreld aan te gaan deur

die toestuur van verkeerde gedagtes, wat die mense op die een of ander

manier streel of hulle voordeel belowe, sodat hulle die gedagtes nie loslaat

nie en dus in ‘n gebied kom waar die duistere kragte regeer.

Net al die bedoeling om vir homself ‘n kennis te wil verskaf, sonder om na

die korrekte Bron te gaan, kan die mens in ‘n gevaarlike gebied lok, waaruit

hy homself weer moeilik kan bevry. Die begeerte om buite die kader te

tree, om iets ongewoon te belewe en met ‘n kennis wat ongewoon is, uit te

wil blink, bring ‘n mens op die gevaarlike terrein waar die duistere kragte

hom geweld aandoen en dus sy oë blind maak. En met die oog op die einde

bestaan daar nog meer gevaar, want die heelal is vol gif spuwende geeste,

wat die troue knegte van My teenstander is om die mense in die verderf te

laat stort. Sy invloed is geweldig, omdat die mens homself nie verweer nie,

maar hy sou dit kon baasraak as hy homself maar net vol vertroue aan

Myself in Jesus Christus sou oorgee, want Ek het hom oorwin deur My

kruisdood.

142

Maar die mens roep, in plaas van My, ander kragte aan in die heelal en hy

word ook deur hierdie kragte aangehoor en bedien, dikwels op ‘n manier

wat steeds groter duisternis bring, in plaas van helderheid. Steeds verder

verwyder hy homself van die waarheid, hy laat homself fassineer deur

drogbeelde, deur wanvoorstellings wat My teenstander laat ontstaan. Hy

gee onvolwasse geeste die moontlikheid om hulself te uiter en neem hulle

uitlatings aan as suiwer waarheid. Hy word deur My teenstander op die

mees skandelikste manier op ‘n dwaalspoor gebring en glo steeds dat hy

self in die lig staan. Maar hy wil nie die waarheid aanneem nie, wat daarin

bestaan dat My Woord nie kan vergaan nie, dat dit in vervulling gaan en

dat My Woord ‘n einde aangekondig het vanaf die begin van die tydperk. En

die einde sal kom en niemand sal in staat wees om dit teë te hou nie.

En wie beskerming soek, die sal dit slegs by My vind, dog hy wat homself

tot kragte wend wat hom beskerming belowe, maar dit nie vir hom kan gee

nie, sal tevergeefs roep om hulp. Want hierdie kragte het slegs ten doel om

julle in die verderf te stort, julle van die waarheid te weerhou en julle nie

die weg na die lig te laat vind nie. En luister julle na hulle, dan sal julle ook

verlore gaan en vir ewige tye in hulle mag bly. Amen

Besoeke van ander planete af

7208 16 November 1958

Daar bestaan geen aardse materiële wêreld, waarvan die bewoners suiwer

liggaamlik die wêreld kan verlaat, sonder om hulle lewe te verloor nie, of

hulle heeltemal vakant is, of soos hierdie aarde, of soos andere

hemelliggame te verstaan is, wat lewende wesens dra van 'n vaste

konstitusie, wat afhang van die gesteldheid van die hemelliggaam, dit wil

sê, homself nie by hierdie aarde kan aanpas nie. En daarom bestaan die

moontlikheid nooit dat bewoners van een hemelliggaam hulself op ‘n ander

kan begewe nie, omdat die hemelliggaam altyd slegs die

lewensvoorwaardes aan die skepsel bied wat aan hom toegewys is deur die

Wil van God .

Daar is egter geestelike verbindings tussen verskillende wêrelde, wat egter

altyd slegs geestelike doeleindes nastrewe en beoog, maar nooit sal die

bewoners van ‘n hemelliggaam hulself tasbare voordele sou wil of kan

besorg, soos wat die mense self dit voorstel of hoop nie. Daar is geen

verbindinge tussen verskillende hemelliggame nie, tensy, daar ‘n geestelike

verbinding tot stand gebring word tussen die wesens van geestelike

skeppings, wat na alle hemelliggame heen hulle lig kan laat uitstraal en dus

ook deur middel van gedagtes met die mense op aarde verbind is, as hulle

so 'n verbinding wil, as hulle hulself oopstel vir hulle uitstraling. Dan kan

die ligwesens ook wel raad gee in aardse opsig, hulle kan hulself oor alle

aardse nood van die mense bekommer en in werklik goddelike sin hulle

invloed op die mense uitoefen. Maar dat hulle aan die mense sigbaar sal

143

verskyn, sal ‘n groot uitsondering bly in baie besondere gevalle en om ‘n

heel besondere rede, wat egter nie algemeen geneem mag word nie,

deurdat ‘n massale optrede van sulke wesens ‘n verwagting kan skep of

dan seker aangekondig sal word.

Die mense moes al besef het dat hulle in die tyd van die einde lewe. Hulle

moes al besef wat dit beteken dat die teenstander van God kort voor die

einde van sy vryheid staan, dat hy opnuut gekluister gaan word en dat hy

weet dat daar nog maar ‘n klein tydjie vir hom oorbly. En tog glo hy nog in

sy verblinding dat sy mag sal seëvier en daarom deins hy vir niks terug om

sy vermeende oorwinning te behaal nie. En as die mense dit weet, dan kan

hulle ook baie sake verklaar wat vir hulle ongewoon raak of vir hulle

raaiselagtig skyn te wees en die wetenskap gee op velerlei gebiede

opheldering. Onopgehelderde verskynsels duik egter op buite die

wetenskap in gebiede wat meer as buitesintuiglik te betitel is.

En juis hierdie gebiede benut die teenstander omdat sy ontmaskering daar

nie so maklik opval nie, omdat hy die mense laat glo dat hulle aangespreek

word uit die geesteswêreld vol van lig en hulle dan nou oorgee aan sy

invloed. Hierdie invloed het altyd ten doel om die mense van die waarheid

weg te lei, hulle denke deur dwaling te verduister, dus die terugkeer tot

God te verhinder. Want die gedagtes van die mens word weer na die

materie toe gelei, wat oorwin moet word tydens die lewe op die aarde.

Wat van die kant van God as "baie binnekort" aangekondig word, wat met

die "naby synde einde" saamhang, word deur God se teenstander

genegeer. En so word valse verwagtinge in die mense gewek wat

onverskilligheid teenoor hulle siele tot gevolg het en ‘n groot gevaar vir die

siele is, dat hulle die einde onvoorbereid tegemoet gaan en weer vir ewige

tye verlore gaan. Mense wat hulle sinne nie op die wêreld gerig het nie, val

nie ten prooi aan hierdie verleidingskunste van die teenstander nie, want

hulle op God gerigte blik en hulle verlange na waarheid verseker hulle ook

‘n korrekte denke. En al kan hulle ook nie sulke verskynsels verklaar nie,

dit maak geen dieper indruk op hulle lewenswandel nie, hulle gaan

vasberade hulle weg tot aan die einde, steeds onder die beskerming van

ligwesens wat verhinder dat die teenstander van God homself van hulle

meester maak. Want uiteindelik is die wil van die mens self beslissend of en

in hoeverre hy in die waarheid wil wandel. Amen

Wat is geestelike nood?

7209 17 November 1958

Julle mense is nie bewus van die groot geestelike nood waarin julle,

julleself bevind nie, omdat die wêreld julle sinne nog gevange hou en julle

daarom heeltemal nie die duisternis raaksien wat julle denke omhul nie.

Elke dag kan vir julle die laaste wees op hierdie aarde. Geen mens ken die

uur van sy dood nie en geen mens kan sy lewe met ‘n uur verleng nie. En

144

daaroor dink julle nie na nie, anders sou julle voorbereidings getref het vir

dit wat daarna kom, omdat julle tog weet dat julle niks sal kan saamneem

na die anderkant, wanneer julle van die aarde sal moet skei nie. Maar hoe

is dit met julle siele gesteld? Dink julle ooit wel tog ernstig daaroor na wat

julle lot later sal wees? Julle weer sulke gedagtes af en wys dit ver van julle

wanneer dit eens in julle opkom en tog kan julle siele hom in ‘n

noodsituasie bevind dat hy die liggaam sonder lig sal moet verlaat wanneer

die uur van die afskeid geslaan het, dat hy homself in die diepste duisternis

terugvind in die geesteryk en arm en ongelukkig ronddwaal, omdat hy nie

weet waarheen hy hom moet wend in hierdie duisternis nie. Julle is dit self,

dit is julle eintlike ek, wat nie kan vergaan nie, selfs wanneer die siel die

liggaam moes verlaat.

Maar glo nie dat julle nie meer daar is nie, dat julle bestaan met die dood

van die liggaam afgeloop is nie. Julle bestaan nog presies so werklik as op

aarde en julle voel leed en kwelling net so en nog veel sterker, omdat julle

sal insien dat dit julle aan alle krag ontbreek om julle toestand te kan

verander. ‘n Omstandigheid wat julle onuitspreeklik sal kwel, omdat julle

dit sal moet verdra deur eie skuld. Want sou julle maar meer bewusteliker

kon lewe op aarde, dan sou die siel nie so ellendig na die hiernamaals

oorgegaan het nie, omdat ‘n klein ligskynsel hom dan op die weg sou wys

wat hy hierbo moet gaan om opwaarts te klim.

Want hierdie moontlikheid besit elke siel: Dat hy dit kan voortsit, wat hy op

aarde versuim het, as hy self maar wil. Maar of hy van hierdie moontlikheid

gebruik gaan maak, berus by homself, maar vereis eers ‘n klein ligskynsel

van insig, waarsonder hy hulpeloos en ellendig in steeds dieselfde

gesteldheid bly. En wanneer die mens op aarde maar so ver aan homself

werk dat hy moeite doen om te glo in ‘n voortlewing, ‘n lewe te lei volgens

die Wil van God, wanneer hy maar probeer om sy foute en swakhede af te

lê en teenoor die medemens liefdevol optree, dan kom hy uit die diepste

duisternis na buite in ‘n swak skemerlig; en kom hy met so ‘n skemerlig in

die ryk hierna, dan vind die siel al makliker die weg en sien hy sy verdere

doel in en poog om dit te vervul. Want hy is nie volledig blind nie en die

grootste kwellinge sal hom gespaar bly.

Maar hoeveel mense dink geen enkele keer op ‘n dag aan hulle sieleheil

nie, hulle hele denke en strewe behoort alleen aan die aardse wêreld en die

behaal van voordele wat alles slegs aardsgerig is. Die groot geestelike nood

is, dat die mense glad nie weet waarom hulle op hierdie aarde is nie, dat

hulle steeds net die lewe self belangrik vind en hulle hulself nie afvra om

welke rede die lewe aan hulle gegee was nie.

En nou gaan hulle in hierdie duistere gesteldheid die einde van die aarde

tegemoet, wat plotseling en onverwags sal kom en die lewe van ontelbare

mense nog vroegtydig sal beëindig, die wie hulle glad nie met gedagtes oor

die dood besig hou nie, omdat hulle dink dat hulle nog baie tyd het. Al

hierdie mense is nog so gebind aan die aardse dat hulle hulself ook in die

145

sfeer van die aarde sal ophou, wanneer die einde gekom het, sodat ook ‘n

opgaan in die hiernamaals vir hierdie siele onmoontlik sou wees, omdat

hulle nog lank nie in staat is om hulle van die materiële wêreld los te maak

nie. En vir vele van hulle word die materie ook weer die verblyfplek, omdat

hulle nog nie volwasse genoeg is vir ‘n geestelike sfeer nie. En dan begin

die toestand van kwelling weer, wat hulle reeds lankal oorwin het.

Maar die mense glo dit nie, wanneer hulle aangemaan word om die kort

tydjie op aarde nog te gebruik vir hulle sieleheil nie, hulle glo dit nie en kan

ook nie tot ‘n ander lewens wandel gedwing word nie. Alleen die liefde van

die medemens wat weet, kan probeer om op hulle in te werk en die liefde

sal ook so af en toe iets tot stand kan bring, ofskoon so ‘n mens die volle

wilsvryheid behou.

Maar tot aan die einde moet vir sulke siele geworstel word, tot die laaste

toe moet die stryd van die lig teen die duisternis gevoer word, omdat die

kragte van die duisternis juis dit besonder heftig voer en die kragte van die

lig daarom van hulle kant die stryd nie mag opgee nie.

En ‘n klein ligstraal kan al sukses hê en die duisternis deurbreek, wat

steeds die redding van ‘n siel beteken, wat oneindig dankbaar daarvoor sal

wees, selfs as daar maar net ‘n bietjie skemerlig hom omgewe. Maar om

die diepste duisternis te ontvlug, beteken ook om bevry te wees van die

vors van die duisternis en dat hy die lig tegemoet sal gaan. Amen

Waarskuwende woorde oor die einde

7211 19 November 1958

Berei julle voor op swaar beproewinge wat julle meer of minder sal tref,

want steeds kom die einde nader. Daar moet nog op alle mense ingewerk

word, sodat hulle ernstig oor die einde kan nadink, hetsy oor hulle eie

lewenseinde of oor wat die hele wêreld te wagte staan. Hulle moet nou

ernstig vermaan word om hulself voor te berei, want daar bly vir hulle nie

meer baie tyd oor nie. Sodanig verneem julle steeds weer van Myself wat

julle te wagte staan en julle doen daar goed aan om My woorde ter harte te

neem, dit te aanvaar as die suiwer waarheid en julle lewe daarvolgens in te

rig.

Daar is steeds mense wat probeer om sulke waarskuwings en vermanings

te versag; wat My woorde as ongeloofwaardig voorstel en probeer om dit,

wat buitengewoon gewigtig, as onbeduidend te behandel, omdat dit die

sielstoestand van julle vir ewig kan bepaal. Luister nie na hierdie mense

nie, maar hou julleself by My woord wat steeds weer uit die Hoogte na julle

toe sal kom. Ek self sorg daarvoor dat julle die kennis ontvang; en wie dit

hoor moet dit ook ernstig neem en as ‘n liefdesbewys beskou dat Ek sy siel

wil red en hom daarom aanspreek. Ek weet wie My woord sal aanneem en

al hierdie vermanings van My woord in die hart sal oorweeg en daarvolgens

sal lewe, sodat dit wat moet kom, hulle nie plotseling en geheel

146

onvoorbereid sal tref nie, dit wat moet kom, vanweë die tallose mense wat

doof en blind voortlewe.

Maar julle wat My woorde gelowig aanneem, julle sal nog baie kan bydra

tot opheldering, deurdat julle die medemens daarop sal wys waarin julle

reeds lank, deur My woord, ‘n insig gehad het. Julle sal hulle dan ook die

net so seker op hande synde laaste einde kan verkondig, wat nie lank

daarna sal volg nie. Want in My liefde en barmhartigheid wil Ek die mense

nog ‘n laaste barmhartigheidstermyn gee waarin hulle die tot nog toe

versuimde kan inhaal. Daarom ontvang hulle vooraf nog ‘n bewys van die

geloofwaardigheid van die profesieë wat Ek julle laat toekom, op so ‘n

natuurlike wyse, dat julle netso maklik geneig sal wees om daaraan te

twyfel.

Wat in My plan besluit lê, sal onherroeplik vervul word. My plan is egter

welbedag in alle wysheid en sal daarom ook nie deur My omvergewerp of

verander word nie, nóg wat die wyse waarop, nóg wat die tyd aanbetref.

Daarom kan julle My woord as onveranderlik aanvaar en julle lewe ook

dienooreenkomstig lei. Julle sal geen spyt daaroor hoef te dra nie, want om

aardse goedere te verwerf sal heel nutteloos blyk te wees, omdat julle alles

weer ontneem sal word. Maar om geesterykdom te verwerf sal vir julle

slegs moontlik wees as julle wil ernstig daarop ingestel is.

Hoor My woorde en glo aan die waaragtigheid van Hom wat dit vir julle laat

toekom. En oorweeg dan by julleself met welke erns julle nog aan julleself

sal moet arbei om nie beskaamd te staan voor My wanneer die uur geslaan

het as Ek julle oproep van hierdie wêreld af. Geeneen van julle weet

wanneer daardie uur vir hom sal kom nie, maar vir julle almal is dit nader

as wat julle dink. Daarom roep My Liefde julle steeds weer toe: berei julle

voor en beskou slegs dit wat dienstig is vir julle geestelike ontwikkeling, as

belangrik. Al die ander is onbelangrik en sal steeds onbelangriker word hoe

nader die einde kom. Dat die einde egter nader, is sekerlik waar en

daaraan moet julle nie twyfel nie, maar glo. Amen

Verhoogde bekoring gedurende die eindtyd

7212 20 November 1958

Glo nie dat My teenstander julle met rus sal laat nie, ook wanneer julle,

julleself in julle hart al na My gekeer het; hy sal egter niks teen julle kan

doen nie, juis vanweë julle wil wat na My gekeer is, maar steeds weer sal

hy probeer om julle tot ‘n val te bring; hy sal julle in die noute dryf waar en

hoe dit vir hom maar moontlik is, om op julle wil in te werk, dit te verswak

en weer na die wêreld te keer, wat sy ryk is. Maar tog hoef julle hom nie te

vrees nie, omdat julle ‘n buitengewone troue, Helper aan julle sy het: Ek

Self, wat slegs deur julle aangeroep hoef te word om hom te verdring.

Juis in die laaste tyd sal hy alles probeer om sy aanhang te vergroot, om

weer terug te wen wat hy meen kwyt te wees. Maar daarby vergeet hy een

147

ding, dat nie hy nie, inteendeel Ek, al die reg op julle siele het en dat Ek My

nie meer sal laat ontruk van die wat hulself al vrywillig aan My oorgegee

het nie. Julle hoef daarom nie bang te wees dat hy julle in sy mag sal kry

nie; maar julle sal ook een ding nie mag vergeet nie: om julle voortdurend

inniger by My aan te sluit om in My aanwesigheid beskerm te wees teen sy

invloed. Elke innerlike onrus, elke opwinding, elke gevoel van vrees, is ‘n

teken van sy werke by julle en omdat hy homself daardeur verraai, hoef

julle slegs julle blik op My te rig en hy moet en sal wyk.

In die laaste tyd gaan sy inspanning selfs sover dat hy trag om die

verspreiding van die lig te verhinder op ‘n manier wat hom buitengewoon

sterk en magtig laat lyk en julle mense erg sal laat twyfel weens die

goddelike opdrag, om lig na julle medemens te bring. Dan moet julle steeds

weet dat dit die lis van My teenstander is, om julle in die war te bring. En

julle moet des te sterker wees om weerstand te bied, julle moet vas glo in

julle missie en steeds yweriger werk vir My en My Ryk. En spoedig sal sy

aanvalle afneem en julle geloof sal groei en daar sal ‘n innerlike rus oor

julle kom, want Ek plaas julle dan duidelik eenkant en seën julle arbeid.

Hoe nader dit na die einde toe gaan, des te hewiger sal sy aanvalle ook

wees, maar des te digter is Ek ook by julle en des te meer krag sal julle

van My ontvang. Hy kan julle niks doen nie, solank julle die verbinding soek

met My, hou daarom tog hierdie verbintenis steeds staande en laat My nie

uit julle gedagtes gaan nie en steeds minder sal sy invloed op julle kan

inwerk, julle sal hom van julle kan wegdring, slegs deur ‘n innige gedagte

aan My, Wat steeds in elke nood en elke gevaar by julle teenwoordig is.

Laat My julle eerste en laaste gedagte wees en waarlik, daar kan niks met

julle gebeur nie, want My engele behoed julle teen alle aanvalle van die

vyand van julle siele en hulle mag is groot en hulle wil is om My te dien en

dus ook almal wat Myne is en wil bly vir ewig. Amen

Die staat van verantwoordelik wees - Geopende

harte

7213 21 November 1958

Julle het deur ontelbare verblyfplekke gegaan. Julle kyk op ‘n

ontwikkelingsgang terug van eindelose tye, van ‘n tydruimte waarvoor julle

elke maat ontbreek omdat julle nie in staat is om so ‘n eindelose tydperk te

begryp nie. Maar julle het dit al agter julle omdat julle anders nie op hierdie

aarde sou wees nie. ‘n terugblik op hierdie tyd wat agter julle lê sal julle die

belangrikheid van julle aardse lewe beter laat begryp, maar dit sal nie goed

wees vir julle siele nie, want hy sal deur angs gedryf sy weg oor die aarde

gaan, as hy die vermoë sou besit om hom dit alles weer te herinner en die

eindelose kwellinge tot hom deurdring wat hy moes ondergaan, in die

tydsbestek van sy ontwikkeling omhoog.

148

Tog is die feit nie te ontken dat julle so'n eindelose lang tydperk van

ontwikkeling moes deurmaak nie en dat hierdie periode nou byna sy einde

bereik het. Maar dit bepaal julleself. En dit is die belangrikheid van julle

gang oor die aarde, dat julle aan ‘n ewige tye durende toestand van

kwelling ‘n einde maak, of dit weer eindeloos kan verleng, dat julle dus julle

verdere lot self gestalte gee gedurende die tyd van julle lewe op aarde.

Want ewige tye kon julle nie ter verantwoording geroep word nie, ewige tye

moes julle doen volgens Goddelike Wil. Julle het onder die wet van "jy

moet" gestaan, julle was onderworpe aan die wet van die Goddelike orde

en moes handel volgens Gods Wil. En onder hierdie wet van dwang klim

julle omhoog tot die vlak waarin die beliggaming as mens kon plaasvind.

Nou is julle lewe egter nie meer vry van verantwoording nie, want julleself

bepaal die afloop en die sukses deur julle vrye wil. En hierdie tyd is maar

heel kort, maar sou deur elke mens doelmatig gebruik kan word om hom

die hoogste moontlike voltooiing op te lewer, want daartoe staan hom elke

middel tot beskikking. Daar word van hom niks onmoontliks verlang nie en

hy word op elke manier gehelp. Op elke manier word daar dus rekening

gehou met sy swakheid en onvolmaaktheid, sodat ‘n geheel volwasse

wording van sy siel in vrye wil moontlik is.

Maar daar word selfoorwinning van hom gevra. Daar word van die mens ‘n

eie prestasie gevra, wat geen medemens of geen ligwese vir hom kan

verrig nie, anders sou daar waarlik geen onverloste wesens meer op aarde

wees nie, omdat die liefde van die wesens al alles verlos sou hê wat nog nie

salig is.

Die laaste voltooiing egter moet die mens self volbring. En hy kan dit ook

want die Liefde van God is so groot dat Hy onverdiende genade oor al Sy

skepsels uitstort, om hulle weer terug te bring in die Vaderhuis, om hulle

vir Hom te wen en aan die teenstander te ontruk, wat hulle eindelose tye

gevange gehou het. Maar die oorgrote Liefde van God kan nie in stryd met

die wet werk nie, dit moet, om werksaam te kan word, geopende harte

vind waarin dit ongehinderd kan binne stroom. En vir die oopmaak van die

hart moet elke mens self sorg, die vrye wil moet aktief word, die mens

moet bewus na God en die aanstraaling van Sy Liefde verlang, dan open hy

hom ook vrywillig vir die kragstroom van die Goddelike liefde en dan kan

daar niks anders wees as ‘n opgaan na omhoog, na God, want die Liefde

van God het so'n krag dat Hy alles tot Hom trek wat hom nie verset nie.

Die baie kort tyd van die aardse lewe moet die omkeer van die mens na

God teweegbring, hy moet die weerstand ophef, die mens moet homself

oorwin, wat aan die begin van die beliggaming nog in sy weerstand volhard

en daarby ‘n kragtige steun het van Gods teenstander, wie alles doen om

hierdie weerstand nog sterker te maak. En die weerstand bestaan daarin,

dat die mens sy eieliefde koester, wat totaal indruis teen die liefde van God

en wat gelyk is aan ‘n geslote deur wat niks deurlaat nie.

149

Die eieliefde glo homself genoeg te wees en daardeur bewys dit alleen die

mense se aanmatiging, wat hoort by die teenstander van God. Die

deemoed egter herken sy Here en God, ‘n deemoedig hart vra om genade

en open die deur van die hart wyd om diegene binne te laat kom Wie hom

Sy Liefde wil skenk.

Dit gaan dus in die aardse lewe alleen daarom, dat die mens sy verset

opgee, wat hom onherroeplik ketting aan die teenstander van God. Dit

gaan daarom dat sy vrye wil sy God en Vader soek en Hom om genade vra.

Dan sal hy waarlik baie ryklik geseën word en sal sy aardse lewensloop nie

tevergeefs wees nie, want die Goddelike Liefde sal hom oorvloedig

deurstroom.

En omdat die Liefde lig en krag is, moet die siel ook vol van lig en krag

word tydens sy tyd op aarde, ook al is dit nog so kort in vergelyking met

die ewig lang tyd vooraf. Maar ‘n geopende hart staan geheel waarborg

daarvoor, dat die siel tot voleinding kom, want waar die Liefde van God

heen kan straal, daar is geen duisternis meer nie, daar is alleen lig en

geluksaligheid, die reg van die volmaakte, die reg van die wesens wat op

aarde die voltooiing bereik in vrye wil. Amen

Wie My voor die wêreld belei

7216 28 November 1958

Wie skroom om My voor die wêreld te belei, is nog nie met My Gees vervul

nie, hy is slegs ‘n leë vat, ‘n dooie vorm sonder gees en lewe, want wie

lewe herken My en belei My ook teenoor sy medemens. En julle sal ook in

staat wees om daaraan die vormchristene te herken, dat hulle angsvallig

vermy om My naam uit te spreek, dat hulle nie praat oor My en My

verlossingswerk nie, dat hulle maar selde hul met geestelike gesprekke

inlaat en dan ook alleen met onbehae. En julle herken hulle as "dooie"

aanhang. Want waar My Gees werksaam kan wees, word met die grootste

blymoedigheid ook My naam belei en word die mens van binneaf gedring

om My te belei voor die wêreld.

En wanneer julle nou daarop let, hoe weinig “christelik” die mense hulle

gedra, hoe hulle alles probeer ontwyk wat met geloof of christendom

saamhang hetsy kerke of ander verkondiging van die woord, wanneer julle

daarop let hoe alles met heimlikheid omhul word, hoe die mense in

geselskap skroom om ‘n tema aan te voer wat oor God, oor Jesus Christus,

oor die geesteryk of oor die opdrag op aarde van die mense handel, dan is

dit ook maklik te raai hoe die keuse van die mense eens sal wees, wanneer

daar van hulle geëis word om te getuig vir of teen My, Wie die wêreld

verlos het van sonde en dood. Dan sal daar slegs weinig uit volle oortuiging

vir My en My naam opkom. Maar die meeste sal hulle inhou, miskien is

hulle in hul hart nog nie heeltemal los gemaak nie, maar geen geloofskrag

besit om ook die gevolge van ‘n werklike bekentenis op hulle te neem nie.

150

Daar sal maar weinig wees wat standhou teen die benouenisse wat die

werk is van My teenstander kort vir die einde. Dus sal daar bewys word wie

verlos is van sonde en dood, want alleen hierdie belei My naam luid in die

openbaar, alleen hierdie bring die krag op om te weerstaan, wanneer hulle

gedwing word om My te verloon. Slegs die lewende geloof lewer die mens

hierdie krag op, alleen die lewende geloof verseker die werksaamheid van

My Gees in die mens en dus ook ‘n vaste vertroue op My bystand in die tyd

van die einde. En dit is die tyd waarin die opvattinge teenoor mekaar te

staan sal kom, waarin dit duidelik sigbaar sal wees wie tot Myne behoort en

wil behoort of wie se christelikheid tot nou toe slegs "vorm” gewees het.

Dan sal dit nie voldoende wees, om ‘n aanhanger van hierdie of daardie

geloofsrigting te wees nie, inteendeel moet die mens Myself in Jesus

Christus aanhang, hy moet so lewende met My verbind wees dat hy nie

anders kan as luid My naam te verkondig as die van sy God en Verlosser.

En dan sal hy ook deur My aangeneem word, Ek sal hom ook belei in die

ligryk, Ek sal My belofte vervul: “Wie My belei voor die wêreld, die sal Ek

ook voor My Vader belei” Want hulle het Myself erken in Jesus Christus en

My Gees is in alle volheid in hulle.

Dog wee diegene wat My verloon. Hulle behoort nog tot die aanhang van

My teenstander en bly weer ‘n eindelose lang tyd by hom. Maar hulle was

daarvan op hoogte dat Ek die erkenning van My naam verlang, hulle was

nie onwetend nie en moet hulle daarom ook verantwoord op die dag van

die oordeel. Dan sal Ek dus kom om die "lewende" en die “dode” te oordeel.

Begryp hierdie woorde: Die lewe kom alleen uit My en wie van My is, sal

lewe, maar hulle wat hulle van My afkeer sal aan hul einde kom, deurdat

hulle My verloon wanneer die laaste beslissing van hulle geëis word. En hul

aantal sal groot wees en klein is My kudde wat Ek binnelei in

geluksaligheid. Amen

Beproewinge - Liefde en geduld

7217 29 November 1958

Ek moet julle dikwels waarsku om met liefde en geduld tot die einde van

julle lewe te volhard. Hierdie beproewinge kan nie verhinder word as julle

die finale hoogtepunt wil bereik nie. En julle begin bewustelik julle

lewensweg met die besluit om dit te voltooi en ‘n graad van lig te bereik

wat julle in geluksalige wesens sal verander. En solank hierdie weg nie

eindig nie sal die beproewinge ook nie eindig nie en beteken die oorwinning

oor elke één nog ‘n stap na volwasse wording. Maar julle moet geensinds

die laaste fase van julle aardse vooruitgang vrees nie, want julle het ‘n

verbintenis met My gevorm en dit beteken dat Ek altyd langs julle loop,

alhoewel julle by tye dink dat julle alleen en deur My verlaat is, Wie

nietemin nader aan julle is hoe wanhopiger die situasie is waarin julle,

julleself bevind.

151

En daarom moet julle altyd onthou dat liefde en geduld elke oomblik deur

julle beoefen moet word, dat dade van liefde julle die krag gee om selfs die

moeilikste situasie te bereik of te oorwin, dat geduld julle innerlik krag sal

gee, wat ‘n sterk verdediging teen die teenstander is, wat bo alles, veral

probeer dat julle, julle geduld verloor om konflik en onrus in julle te skep.

‘n Staat waarin hy dan makliker en met sukses kan werk. Onthou dat julle

alles met geduld kan beheer, dan sal julle sy meester wees en dan sal julle

ook baie spoedig My teenwoordigheid ontdek, hoewel Ek julle nie verlaat

het nie.

As julle lewe egter sonder enige gebeurlikhede voort gaan, sonder enige

toetse, sou julle ontwikkeling tot stilstand kom en die res van julle aardse

lewe sou ‘n mors van tyd wees, wat julle eendag in die koninkryk van die

hiernamaals sal betreur. Want elke persoon sal dit natuurlik moeiliker vind

teen die einde van sy lewe, gevolglik sal hul geestelike prestasies baie

meer waardevol wees, omdat dit groter inspanning vereis as wat die geval

met sterk en gesonde mense is wat nog in die middel van hul lewens is. En

onthou dat elke dag wat nog aan julle op aarde gegee word ‘n seën is, want

julle kan vir julle Verlossing ywer en slegs die waarde daarvan waardeer

wanneer julle die koninkryk van die hiernamaals ingegaan het.

Ek weet verseker dat dit ‘n inspanning vir julle is en Ek sal julle sekerlik

met die regte beloning vergoed, terwyl julle nie iets spesiaal kan verwag as

julle aardse lewe sonder beproewinge verloop het en dit nie vir julle nodig

was om julle wil te gebruik of julle geloof te wys nie. En wanneer julle

laaste dag kom sal julle My dank dat Ek julle die seën van ‘n lang aardse

lewe gegee het, want julle sal dan die rykdom kan beoordeel wat julle

versamel het, op voorwaarde dat julle die tyd op aarde goed gebruik het.

Dit maak nie saak wat met julle gebeur nie, Ek is naby julle. Onthou dit

altyd, dan sal die liefde en geduld in julle heers wanneer julle deur lyding

getoets word en dit moet bewys. Maar gee die vyand van julle siele nie die

reg om julle te beheer deur innerlik beswaar te maak en julle geduld te

verloor nie, want dit is sy wapen, om julle te beroof van julle kalmte en

julle te beïnvloed, dikwels met sukses. Maar as julle kalm en vol geduld bly

en nederig julle lot aanvaar kan hy julle nie aanraak nie, maar Ek kan selfs

meer effektief wees en sal julle nie in julle ontbering en nood verlaat nie,

op voorwaarde dat julle altyd sulke toetse slaag en julleself aan My

oorhandig in volle vertroue van My hulp. Amen

Aardse of geestelike gedagtegolwe

7222 6 Desember 1958

Hoe meer julle, julleself van die wêreld afsonder des te makliker vind julle

toegang tot die geesteryk, want dan stuit die gedagtes wat na julle stroom

uit die geesteryk nie meer teen verset nie. Die wêreld is egter ‘n

voortdurende hindernis vir sulke geestelike gedagtes, want alleen waar

152

julle volledig van die wêreld afgekeer is, word dit opgeneem deur die hart

van die mens. En so sal julle dit ook begryp waarom die mense hulle so

weinig geestelik besig hou as hulle nog so geheel aan die wêreldse gebonde

is, want die wêreldlike gedagtes sal altyd geestelike gedagtes verdring,

d.w.s. die mens sal nie in staat wees om geestelike gedagtes in hom op te

neem nie, omdat wêreldse gedagtes op die voorgrond dring en verhinder

dat geestelike gedagtes tot die hart van die mens deurdring.

En tog is die mens self verantwoordelik vir die gedagtes wat hom beheer,

want alleen die vrye wil bepaal waaraan die mens dink en die vrye wil weer

die gedagtegolwe wat hom omring af of laat dit toe.

En die wil is weer so gerig soos die wese van die mens is, geestelik of

wêrelds ingesteld. Hy word nog na die een nog na die andere rigting toe

gedring, hy is volkome vry. En tog hang van die rigting van hierdie wil alles

af, sy denke en handel, sy teenwoordige en toekomstig lot van die siel, wat

heerlik maar ook vreeslik kan wees.

Die wêreld is dus ‘n gevaar vir die wil van die mens, maar dit moet wees

om die siel tot opheldering te laat kom, om hom tot ‘n besluit te dwing wat

tussen hom en die geesteryk geneem moet word. Beide ryke is daar, dog

die siel kan net een ryk kies en dit moet die siel self bepaal. En kies hy die

materiele ryk wat die wêreld is, dan bly hulle ook aan die ryk gebonde. Kies

hy die geesteryk, dan sal dit sy verblyfplek word as die siel die aardse

liggaam verlaat, as sy aardse weg beëindig is. En deur beide gebiede word

julle beïnvloed maar nie gedwing nie. Daarom dra elke mensesiel self die

verantwoordelikheid vir sy denke en wil, want hy kan nie aan beide ryke

voorkeur gee nie. Dit is vir julle nie onmoontlik om reg te kies nie, selfs as

die materiele wêreld tasbaar voor julle staan en die geestelike wêreld

skynbaar onwerklik is.

Die geestelike kragte het ‘n sekere mag oor die siel, sodat hulle in staat is

om tussenbeide te kom, ook teenoor die onwillige, sodat ook hierdie deur

die kragte gegryp word en so moet elke mens 'n standpunt daaroor

inneem. Maar as die mens nie wil nie, kan hy die invloed ook afweer. Maar

dit het hom aangeraak en hy kan hom daarom nie aan die verantwoording

onttrek, wanneer dit van hom gevra sal word nie.

Die mens kan dink en dit is die rede waarom hy verantwoordelik is. En

niemand dring gedagtes aan hom op nie, wat hy dink staan hom volkome

vry, maar dat dit reg is, sal altyd die doel van die goeie geestelike kragte

wees, wat hom probeer beïnvloed in ‘n positiewe sin. Maar, omdat die

negatiewe kragte ook inwerk, moet die mens dus self kies en daar kan

sodoende nie van ‘n geestelike dwang gepraat word waaraan die een ten

prooi val en die andere nie.

Daarom is daar ook van tyd tot tyd innerlike gevegte nodig om nie af te

wyk van die geestelike gedagtes nie, as aardse gedagtes wil binnedring.

Die wil om geestelik volwasse te word kan ook krag gee vir hierdie innerlike

stryd en dan het die mens reeds geseëvier, want sy wil was positief en

153

moet derhalwe ook ‘n positiewe uitwerking hê. En hoe meer die mens in die

wêreld staan, des te groter sal die oorwinning wees, want des te groter is

die weerstand, des te groter die aansporing, des te sterker die wil, wat hom

handhaaf en beslis vir die geesteryk. Maar die siel sal hom eens mag

verheug oor die oorwinning, Want hy het homself sy lot gestalte gegee vir

die ewigheid. Hulle sal ‘n lewe in saligheid tegemoet gaan en altyd alleen

God dank, Wie hulle die krag gee tot oorwinning. Amen

Liefde en leed - Die weg na bo

7223 7 Desember 1958

Ek wil julle die kortste gangbare weg aanwys om die tyd van julle

ontwikkeling te verkort, om dit tot ‘n suksesvolle einde vir julle te lei.

Gedurende die lewe op aarde word julle geleentheid daarvoor gegee, maar

julle sal ook op hoogte moet wees van alle voor- en nadele van julle

leefwyse, sodat julle hierdie laaste gang oor die aarde nie tevergeefs gaan

nie, sodat julle nie sonder plan of doel voortleef en die dae vir julle verlore

is nie, omdat julle vir julleself julle eie lot gestalte sal kan gee vir die

ewigheid.

Daar bestaan ‘n baie kort weg wat verseker na die doel lei: Die weg van

liefde en van lyding, wat ook Jesus gegaan het in Wie Ek Self die gang oor

die aarde gegaan het. Liefde en leed bring met sekerheid die voltooiing van

die siel tot stand en daarom is My evangelie steeds alleen die goddelike leer

van die liefde, wat Ek op aarde gepredik het en wat Ek steeds weer sal

verkondig aan die mense wie My aanhoor, wat My Woord wil verneem. Julle

doel op aarde bestaan in die omvorming van julle wese tot net liefde en

waar hierdie verandering nie intensief nagestreef word nie, moet leed ‘n

bietjie help, sodat die siel nog op aarde sy afvalstowwe kwytraak, sodat hy

soveel moontlik onbelas oorgaan na die ryk hierna, wanneer sy aardse

loopbaan volbring is.

Liefde en leed, die aardse lewe van die mens Jesus bestaan uit ‘n

ononderbroke werksaam wees in Liefde, wat op die laaste deur ‘n oormaat

aan bitterste lyding en pyne gevolg word, wat Sy liggaam en Sy Siel op

Hom geneem het uit liefde vir die gekwelde medemens, van wie se

sieleleed die mens Jesus op hoogte was, as gevolg van die hoë graad van

Liefde, wat Hy bereik het. En hierdie hoë graad van Liefde maak dit eers

moontlik dat Ek Self My in hierdie mens Jesus kon beliggaam, dat Ek, as

die ewige Liefde, Hom volledig en heeltemal kon vervul en dus in Hom die

verlossingswerk met betrekking tot die mensdom kon verwesenlik, ten

behoewe waarvan Ek op aarde rondgegaan het. Liefde en leed moes die

mense redding bring in hul groot geestelike nood wat daaruit bestaan dat

hulle gekluister was deur My teenstander en geen krag gehad het om hom

te oorwin nie.

154

Jesus leef die mense die liefde voor en bewys aan hulle dat Hy self die

"krag van liefde” is, dat Hy in staat was om alles tot stand te bring met

hierdie krag van die liefde en dat Hy dus ook die teenstander kon oorwin op

grond van Sy Liefde. Die Liefde beweeg Hom egter ook om die skuld van

die mense op Hom te neem wat hierdie kluistering deur die teenstander

veroorsaak het, dus die teenstander die koopprys te betaal vir die vrylating

van die siele wat van hom vry wil wees. En hierdie skuld betaal Hy met

onmeetlike lyding en die bitterste dood aan die kruis. Hy het Homself

aangebied as offer, Hy het Sy liggaam gegee vir die lewe van die

gevallenes en om die rede gekluisterde siele vry gekoop in ‘n sekere sin

van hul meester aan wie hulle ten prooi geval het deur hul eie skuld.

As mens, Jesus, betaal Ek Self die skuld vir al My skepsele en laat ook

almal die weg sien wat hulle moet gaan om uit die gebied van My

teenstander in My gebied te kom. Hulle moet ‘n lewe in liefde lei, omdat

sonder liefde, die teenstander mag behou oor die mense, omdat dié liefde

die verbintenis is met My en dat ‘n losmaking van die teenstander sonder

My, onmoontlik is. Dus moet die mens My gebooie van die liefde opvolg en

moet hy leed en nood dra; dit geduldig op hom neem, steeds in gedagtenis

aan Jesus, die goddelike Verlosser.

Dan gaan hy die weg wat Ek hom aanwys, dan het hy hom in sy gedagtes

al met My verbind en deur werke van liefde verstewig hy nou die vereniging

met My, hy gaan die weg, van die navolging van Jesus, hy verander sy

wese tot liefde en suiwer sy siel deur leed en dan moet hy dus onherroeplik

ook die doel bereik, die vereniging met My, want: "Wie in die liefde bly, bly

in My en Ek in hom".

Slegs die liefde verenig ons nou, slegs die liefde is die weg na My, wat deur

die leed net nog verkort word en nou dus met sekerheid al in die aardse

lewe die voltooiing bereik kan word, wat die rede en die doel is van die

gang van die mens oor die aarde. Amen

"Ek sal vir julle die dae verkort”

7225 9 Desember 1958

Die tyd wat julle nog toegestaan is tot die einde gaan steeds vinniger ten

einde. daarom lui My belofte: "Ek sal die dae verkort terwille van Myne",

sodat hulle nie gedwonge weer die knie moet buig voor hom wat My tot die

einde as vyand en teenstander weerstaan nie. Hy sal julle nog baie kwaad

berokken en daarom sal julle nog baie krag nodig hê om weerstand te kan

bied.

En tog hoef julle hierdie tyd nie te vrees nie, al is die optrede teen julle nog

so dreigend. Hy sal sy doel nie bereik nie, want Ek behoed Myne daarvoor

om in sy hande te val. Julleself sal My dankbaar wees vir elke dag wat

verby gaan sonder sy aanvalle. En julle sal My ook vir ewig dankbaar wees

as Ek aan sy aktiwiteite ‘n einde maak en hom opnuut in kettings bind.

155

Die tyd tot die einde sal vir julle soos ‘n droom voel, so snel sal dit verby

gaan. Dikwels wel beangst maar dan ook weer misterieus, omdat ‘n skare

van ligvolle geesteswesens julle sal behoed en so sal lei, dat dit steeds

draaglik vir julle sal wees. Maar tog is groot versigtigheid nodig, want My

teenstander is vol duiwelse gesindheid omdat hy seker weet dat dit na die

einde loop. En wat julle nie vir moontlik sal hou nie, sal nog gebeur deur sy

invloed. Want hy het baie gewillige mense in die wêreld wat hom van diens

is en wat deur sy aanhitsing teen julle sal optree.

Vrees egter nie diegene wat wel julle liggaam, maar nie julle siele kan dood

nie. Vrees nie die gevaar nie, want Ek is by julle en verseker julle My

beskerming. En wat daar ook al sal gebeur, julle sal dit kan dra omdat Ek

julle die krag daartoe gee. Ek sal alles so bestuur dat julle nie te seer

gekwes word nie en julle kan in die stryd teen hom volhard en as

oorwinnaars te voorskyn kom.

Maar dit sal ‘n stryd bly, dit voorspel Ek julle steeds weer sodat julle, julle

nie van My verwyder nie. Sodat julle, julle steeds by My aansluit en in My

nabyheid onaantasbaar bly vir julle grootste vyand.

Wie hom dus so vas verbind met My dat hy My voortdurende nabyheid voel

die hoef niks te vrees nie, want hy is dan steeds superieur deur die krag

wat hy geleidelik van My ontvang.

Die tyd loop ten einde en steeds vinniger sal die dae verby vlieg, wat julle

ook duidelik kan opmerk. Maar in die geval weet julle ook dat julle behoort

tot Myne, vir wie Ek die dae sal verkort. Laat julle daarom steeds dikwels

aanspreek deur My en word nie traag en lou in julle arbeid vir My en My ryk

nie, want julle kan nog baie krag put uit hierdie arbeid. En soos julle uitdeel

so sal julle ook ontvang. Want dit is nodig om nog baie geestelike voedsel

(My woord) uit te deel, sodat die krag van My woord kan stroom na almal

wat hierdie voedsel begeer en My woord wil aanneem.

Daarom moet die arbeiders in My wingerd op die aarde nog vasberade

werk. Julle moet weet dat daar nie baie tyd meer is nie en daarom die

woorde in erns neem: “Ek sal die dae verkort terwille van die

uitverkorenes” want vinniger as wat julle dink het die einde gekom. En vir

hierdie moeilike tyd moet julle, julleself nou alreeds bewapen en julle aan

My en My beskerming oorgee. Want die einde sal kom “soos ‘n dief in die

nag” en wie Ek wakend vind sal Ek wegneem uit die gebied van Satan (die

aarde) en alle leed sal dan vir hom ten einde wees. Amen

Die gebod van die liefde tot God en die naaste

7234 20 Desember 1958

Van My uit is julle alleen die gebod van die liefde tot God en die naaste

gegee, want soos julle die gebod vervul, verval alle ander gebooie wat hulle

alleen maar teen blyke van liefdeloosheid rig. Daarom kan wel met reg

gesê word, dat die gebooie wat Ek lank gelede aan Moses gegee het,

156

elkeen vervat is in die twee gebooie van die liefde tot God en die naaste,

dit was slegs ten tye van Moses nodig dat die misstappe van die mense in

detail uiteengesit word en daarom in detail gebooie gegee word, om die

mense terug te bring in ‘n staat van geregtigheid en waarin elke mens

teenoor sy medemens dit moes doen wat hy vir homself wens. Want elke

sonde is ‘n vergryp teen die liefde en die mensdom leef in sonde, sowel ten

tye van Moses, as ook ten tye van My lewe op aarde .

Die liefde was verkoel, die mens ag sy medemens nie meer nie, niks was

vir hom heilig nie, nog die besit, nog die lewe van die naaste. Hy deins vir

niks terug nie want hy bevind hom in die mag van My teenstander en

steeds weer moes hul deur profete die sondigheid van hul werke voorgehou

word en moes hulle aangespoor word om hul lewenswandel te verander.

Steeds en steeds weer gaan dit om die ontbrekende liefde. En steeds en

steeds weer sal Ek deur My dienare en profete die Goddelike leer van die

liefde laat verkondig, soos dit gebeur in die tyd van Moses en soos Ek dit

Self gedoen het as die mens Jesus. Steeds het daar profete opgestaan en

steeds weer sal daar profete opstaan wat die mense ‘n afskrikwekkende

einde aankondig, omdat hulle van die regte weg afgewyk het, omdat die

liefde verkoel is en ‘n liefdelose lewe ook die verskriklikste gevolge sal hê,

sowel geestelik as aards. Want ‘n lewe sonder liefde is strydig met My wet

van die ewige orde en so'n oortreding het weer sy uitwerking in grootste

aardse nood en in verwoesting van dit, wat Ek skep om die orde tot stand

te bring.

Die liefde is die enigste waarin die Goddelike orde bly bestaan en ‘n lewe

sonder liefde kan nie anders as om in teenstelling te wees met My ewige

orde nie en moet dus, daarmee in ooreenstemming, ook sy uitwerking hê.

En die mense word nie in onsekerheid gelaat oor dit wat die gebooie van

die liefde tot God en die naaste beteken nie. Steeds weer word dit hul

duidelik gemaak, waarin die onvolmaaktheid van die wesens bestaan en

hoe dit op te hef is, steeds weer word die liefde na vore gebring as die

enigste genesende krag teen al die ongesonde, as die enigste lig wat die

duisternis uiteendryf, as die enigste middel om die uiteindelike vereniging

met My tot stand te bring.

Die liefde is alles en julle verneem dit deur My boodskappers, ‘n einde vol

verskrikking, sodra julle hierdie gebooie buite beskouing laat, sodra julle

die Goddelike orde verontagsaam, wat alleen deur ‘n lewe in liefde tot

stand gebring kan word. Sonder liefde bly alles in die starheid van die dood

wat duisternis, kragteloosheid en geketting beteken vir al die geestelike

wat eens in lig, krag en vryheid geskape was.

Alleen die liefde kan hierdie vroeëre staat herstel en daarom sal My gebod

van die liefde tot God en die naaste vir ewig en altyd die eerste en

vernaamste gebod wees en bly en steeds weer sal Ek deur profete luid laat

verkondig, dat sonder die liefde niemand salig kan word nie, dat alleen

deur die liefde die vereniging met My tot stand gebring kan word, wat die

157

wese ewige geluksaligheid skenk en hom weer in sy oorspronklike staat

plaas. En hierdie profete sal julle hoor, want hul stem weerklink

buitengewoon luid en duidelik in die laaste tyd voor die einde, waarin die

liefde verkoel is onder die mense en omdat daar ook ‘n tydperk ten einde

loop en ‘n nuwe begin waarin die liefde regeer en elkeen in die liefde

geluksalig is. Amen

Gebruiklike gewoontes wat mense vir hulself

aangeleer het

7246 5 Januarie 1959

Nóg woorde, nóg uiterlike vorme, is genoeg om julle wese te verander,

wanneer die hart, nie die woorde lewe gee nie, of nie by julle handelinge

betrokke is nie. Aan julle mense is baie voorskrifte gegee en julle probeer

steeds net hierdie voorskrifte en gestelde eise na te kom, heeltemal sonder

om daaroor te dink of julle met julle hele hart daarby is, of dat dit net leë

gewoontes is, wat julle vervul deur handelinge, wat elke eie ingesteldheid

mis.

Maar sulke "vervullings" van eise sal geen seën aan julle oplewer nie, dit

sal julle geen stap verder omhoog bring nie, dit sal steeds maar net

niksseggende handelinge of leë woorde bly wat net so goed nie uitgevoer of

onuitgesproke kon gewees het. En daarom sal julle meer rekenskap moet

gee oor julle denke, woorde en dade, julle sal julleself moet gadeslaan en

selfkritiek uitoefen, sodat julle hele wese nie tot ‘n vaste patroon word en

julle aardse lewe nutteloos bly nie. Soek die waarheid voor alles. En wat dit

ook al mag wees, dink daaroor na en stel julle dan bewustelik daarop in. Of

julle nou praat of handel, dit sal dan altyd ooreenstem met julle mees

innerlike gevoelens, die hart sal daarby betrokke wees en daardeur sal alles

eers lewe kry. En dan sal julle ook sekerlik die valse uitken wat op julle

afkom, of wat aan julle voorgelê word. En dan eers sal julle, julleself

bewustelik instel, die valse afwys, die korrekte aanneem en daarvolgens

handel.

Maar wat se nut het woorde of handelinge vir julle wat julle maar net praat

of uitvoer, omdat ander dit verlang, sonder dat dit vir julle duidelik is wat

julle eintlik spreek of doen. Julle sal tog wel vir julleself kan dink dat God

julle nie volgens dit kan beoordeel, waaraan julle hart nie deelneem nie,

dat Hy julle geen verdienste kan toereken vir iets wat julle pligmatig

uitvoer, sonder dat julle bewus is van wat julle doen nie.

Julle kan deur julle opvoeding aan sulke handelinge gewoond wees, julle

kan opgevoed wees om woorde na te sê en hoef nie met 'n enkele gedagte

daarby betrokke te wees nie. Hoe sou God julle nou moet beoordeel

volgens sulke woorde of dade? Eers wanneer julleself ‘n standpunt daaroor

ingeneem het, word julle spraak en handelinge volgens sy waarde geskat

en gewaardeer. Maar julle sal ook vir sulke dade of woorde moet

158

verantwoording doen, omdat julle, julle lewenskrag misbruik het en ligweg

die tyd deurgebring het, wat alleen vir julle gegee is sodat julle siele kan

volwasse word.

En so sal dit dus vir julle moet duidelik wees, dat julle alles wat julle van

buite af vertel word, aan ‘n ondersoek sal moet onderwerp, dat julle nie

slegs uit gewoonte sal vashou aan die gebruike uit vroeëre kindertyd nie en

wat julle dus saamgeneem het na julle volwasse leeftyd, inteendeel dat

julle oor alles sal moet gaan nadink, sodra julle verstandelik daartoe in

staat is, wat egter alleen voldoende te beslis is.

Maar julle sou net bedag moet wees op die waarde van dit wat as

aanwensel in julle vasgesit het en waaroor julle nou eers self ‘n standpunt

inneem. Julle moet geen genoegdoening neem met leë woorde of dooie

handelinge nie, wat eers lewende kan word wanneer die hart daarby

betrokke is.

Dan eers sal julle, julle lewe bewustelik leef, dan eers sal nuwe vrae steeds

uit een vraag voortkom, dan eers sal die kennis lewende word, wat julle

ook meganies tot julle geneem het en dan eers kan julle van ‘n vooruitgang

praat, sodra julle van goeie wil is. Julle sal julleself die lewe moet besorg,

die hart moet oral daaraan deel hê en elke vorm of alle dooie woorde sal

julle moet verafsku. Dan sal julle lewe geen mislukking wees nie, dan sal

julle op die einde sukses behaal, julle sal heeltemal volwasse geword het en

julle siele sal wins behaal het vir die ewigheid. Amen

Leed suiwer die siel

7248 7 Januarie 1959

Daar word baie meer aan julle gegee as van julle geneem, want julle

ontvang geestelike goedere terug as julle aardse goedere opoffer. Julle sal

julle dus slegs skynbaar ‘n verlies voel, julle sal meen dat julle laste moet

dra, julle sal julleself materieel bedruk voel, maar net so seker ontvang

julle geestelik. Al is dit alleen maar ‘n groter loutering vir julle siele, wat

julle dan as kompensasie ontvang vir die aardse beperkinge en allerlei

teenwerkinge van allerlei aard. Julle kan slegs tot voltooiing kom deur

weerstand. Verloop julle aardse lewe egter sonder moeilikhede, dan is daar

weinig of geen moontlikhede om julle siele te laat volwasse word nie en

julle siele bly agter in sy ontwikkeling. Sodra julle, julleself egter belas voel

wend julle slegs tot Jesus, Hy sal julle help om die las te dra, of dit van

julle wegneem.

En alle twyfel dat Hy julle nie hoor wegneem van julle. Hy weet waarom

julle op hierdie aarde moet worstel en Hy staan daarom steeds by julle

wagtend met verlange op julle roep, wat Hom die moontlikheid gee om

Hom tussen julle en die vyand te stel. Maar die aanroep moet van julleself

uitgaan, dan sal dit gevolg hê.

159

Julle swakheid van geloof, of ‘n ligte twyfel gee Gods teenstander ook weer

die reg om hom aan julle op te dring en julle steeds meer te verswak. Julle

moet julle dan self verweer deur julleself aan Jesus toe te vertrou, deur

Hom aan te roep dat Hy hom verdring en julle beskerm teen hom. En

waarlik, geen roep sal vergeefs wees nie, want sy liefde wyk nie van julle

nie, maar het julle liefde en julle verlange na Hom nodig om werksaam te

kan word. Maar alle deurstane beproewinge lewer vir julle siele ‘n

aansienlike voorsprong op. Julle sal eenmaal sien wat hierdie innerlike stryd

bygedra het tot loutering van julle siele, wat na volmaaktheid verlang en

hom ook daartoe moet rig tot die einde van sy aardse lewe.

Daarom, seën elke uur wat julle ly op hierdie aarde, liggaamlik en geestelik

en weet dat julle ‘n voordeel het bo hulle wat vrolik en onbesorgd deur dit

aardse lewe gaan. Wat dus die louteringsproses nie deurmaak nie omdat

hulle nie ernstig daarna strewe nie, want die aardse lewe het baie om hulle

te bied waarin hulle hul verheug. Hulle gee niks weg en kan daarom nie

baie ontvang nie. Hulle haal uit die wêreld wat maar moontlik is, terwyl hul

onverskillig is oor die gesteldheid van hul siele. Om welke rede die siel ook

nie ly nie maar later dubbel sal ly, as hulle hul gebrekkigheid insien en

besef dat hulle niks vir hul loutering op aarde gedoen het nie.

Elke mens wat op aarde ly het ‘n voordeel teenoor hulle wat maklik en

onbesorg deur die lewe gaan. Tog kan ‘n egte christen vrolik en opgeruimd

wees in die vertroue dat hy altyd sy sorge en laste aan Jesus kan oor gee

en dan sal die lewe ook vir hom draaglik wees. Want sy vertroue sal nie

beskaam word nie en die sekerheid om ‘n Helper te hê, wat voortdurend by

julle staan, laat ook die sonnige blydskap na bo kom wat alle goeie

christene versier. Daarom nog eenmaal, seën die leed wat julle daartoe

dring om na Jesus te gaan, tot Hom, wat julle ook help om julle kruis te

dra, as julle Hom daarom vra. Amen

Bewyse vir die bestaan van Jesus op aarde

7250 9 Januarie 1959

Aan elke mens is die moontlikheid gegee om agter die geheim te kom van

die menswording van God. En elke mens sal dan ook die bewys hê van die

bestaan van Jesus, wat as "Seun van God en Verlosser van die wêreld" vir

hom nou duidelik word, sodat geen ander bewys meer nodig is nie. Wie

egter die menswording van God begryp het, die weet ook dat en waarom

hulle geloof geëis word en waarom bewyse nie bevorderlik, maar eerder

nadelig is vir die volwasse wordingsproses van die siel, die doel waarvoor

die mens op die aarde is. Dat God Homself in Jesus Christus, in die mens

Jesus, beliggaam het, is en bly ongelooflik vir mense, wat geen enkele

binding het met die geestelike en vir wie ‘n geestelike strewe vreemd is.

Onder geestelike strewe is dus die ontwikkelingsproses van die siel te

verstaan wat vir die aardse lewe nie as doel op sigself met sorg dra nie,

160

maar as middel tot die doel. Wie homself dus nie vir die geestelike inspan

nie, het ook nog nie "ontwaak" nie, dit wil sê, sy denke is veeleer aan die

dwaling onderworpe as aan die waarheid. Hy sal eerder dwaling aanneem

en as waarheid laat geld. Die suiwer waarheid daarenteen sal vir hom

onaanneembaar lyk, omdat sy gees nog verduister is, waarmee nie die

verstand bedoel word nie, maar die geestesvonk in die mens wat ‘n deeltjie

van God is. So 'n mens sal ook geen geestelike oorsaak aanvaar nie en

daarom sal die menswording van God as gevolg van so 'n "geestelike

oorsaak" ook vir hom onbegryplik wees.

Maar dit het plaasgevind. God Self het Hom in ‘n mens uitgestort en hierdie

mens was Jesus, die seun van Maria, wat uit die Gees van God voortgekom

het. Niks mag die mense tot geloof dwing nie en daarom was die geboorte

van Jesus aan menslike wette onderworpe, maar egter nie die "verwekking"

nie. Die mense mag hulself nie aanmatig om dit te betwyfel as hulle besef

dat al die geskapenes, asook die hele skeppingswerk, deur die krag van

God voortgebring is. Dit is dus vir hierdie Krag ook moontlik om ‘n menslike

wese deur Sy wil te laat ontstaan. Ook dat hierdie geboorte sonder

verwekking ‘n geestelike rede het en dit is vir ‘n ontwaakte gees gemaklik

te begryp. Daarom moet die mens weet dat die hele skeppingswerk

geestelike oorsake het waaraan die vrye wil van die oergeskape geestelike

wesens ten grondslag lê. Dat hierdie vrye wil ook in die bestaan as mens,

die eertyds geskape oergees, ‘n rol speel wat belangrik is en ook die

verklaring dat hulle vir Sy bestaan maar weinig of geen bewyse vind nie.

Want geen dwang mag die mens aanleiding gee om ‘n negatiewe of

positiewe standpunt in te neem teenoor die Goddelike Verlosser Jesus

Christus nie. Volledige wilsvryheid moet die ingesteldheid teenoor Hom

bepaal, omdat die omvorming van die mens terug na die oergeskape wese

slegs daarvan afhanklik is, die doel waarvoor die mens op aarde leef, wat

homself deur bewyse laat dwing tot ‘n beslissing. Geen mens mag egter tot

hierdie beslissing gedwing word om die vroeëre volmaaktheid van die

oerwese weer te bereik nie, wat die betekenis en die doel van die hele

skeppingswerk is. Daarom moet die mens op hoogte wees van die

oeraanvang en die doel van alles wat bestaan, oor sin en doel van die

skepping en alle geskape wesens daarin. Maar hierdie kennis kan hy nooit

as te nimmer uit boeke verkry nie. Dit moet deur die Gees van God, wat

die Ewige Waarheid is, oorgebring word.

Maar hieraan is voorwaardes verbonde, wat elke mens wel kan nakom,

maar slegs min mense wil dit vervul. Die Gees van God kan Hom egter

slegs openbaar waar hierdie voorwaardes aanwesig is, soos ‘n lewende

geloof in God wat deur die liefde lewende kan word en ‘n bewustelike vra

na die waarheid uit God - in volle geloof om van Hom die waarheid te

ontvang. En dit sal die mens ook gegee word - want nou tree die Gees van

God in verbinding met die geestesvonk in die mens wat ‘n deeltjie van Hom

is en die mens word dan deur die Gees onderrig. Wie dit nie kan glo of wil

161

glo nie, sal nooit tot wysheid, of tot die lig van die insig kom nie. Maar wie

glo, aan hom sal die heerlikste dinge onthul word en hy sal helder en klaar

insien wat vir ander mense onbegryplik is. Hy sal die hele verband kan

begryp en vir hom sal die menswording van God in Jesus soos ‘n

wonderbaarlike opgeloste probleem wees, dat hy geen enkele bewys meer

nodig het nie. En hy sal tog alles duideliker deursien as waartoe die

skerpste verstand ooit in staat is.

En vir ‘n ontwaakte gees maak dit dan ook nie saak welke tydsduur daar lê

tussen die tyd van Jesus se lewe op aarde en die teenwoordige tyd nie.

Want die lewe van Jesus was nie ‘n daad vir ‘n bepaalde kring van mense

nie, maar geld alle mense van die verlede - van vandag - en die toekoms.

Want alle mense sal van Jesus se lewe op aarde verneem, maar geen

bewys van Sy bestaan nodig hê nie, sodra hulle gees ontwaak het nie. Maar

sonder verligting van gees sou ook die strengste bewys nutteloos wees vir

die verkryging van sielsvolwassenheid, want ‘n geloof verkry deur bewyse,

is geen geloof wat die vrye wil respekteer nie; en slegs dit tel. Die verstand

van die mens het niks of maar weinig te doen met die ontwaking van die

gees in die mens, want die ontwaking is ‘n gevolg van ‘n lewe in

onselfsugtige naasteliefde. Daarom is die navorsing van die diepste

verborgenhede nie die voorreg van ‘n aktief werksame verstand nie, maar

slegs die voorreg van hulle wat die gebooie van God onderhou, wat die

mens Jesus op aarde geleer het, naamlik: “Julle moet God liefhê bo alles en

julle naaste soos julleself.”

Die resultaat van die nakoming van hierdie gebooie is die sekerste en

duidelikste bewys van die bestaan van God, want dan lei die Gees uit God

die mens in alle waarheid en gee hom opheldering oor die hele geestelike

samehang, wat die verstand nooit sal kan gee nie. Amen

Die liefde is die sleutel tot die wysheid

7251 10 Januarie 1959

Julle sal verkeerd dink, as julle die gebooie van die liefde tot God en julle

naaste buite beskouing laat. Dit help julle niks, al ondersoek julle nog

soveel en dink julle nog soveel na, sonder ‘n eie lewe van liefde sal die

resultaat van julle ondersoek altyd ‘n mislukking wees, dit wil sê, dit sal nie

aan die waarheid beantwoord nie.

Julle kan die proef egter maak en julle sal verbaas staan, dat en hoe julle

denke verander. Elke mens kan homself tot liefde verander, omdat die

vermoë om lief te hê, vir hom in die hart gelê is en dit meestal by sy wil lê

as hy hierdie gawe nie wil gebruik nie, as hy nie tot liefdevolle handelinge

wil oorgaan nie. Daarom sal maar weinig mense hierdie proef wil doen en

tog kan hulle hulself daardeur so maklik ‘n bewys verskaf, wat hulle

oneindig sal verbly, omdat dit skielik lig sou word in hulle hart. Dat die

wysheid, die lig van die insig, slegs die gevolg is van ‘n lewe in liefde; wil

162

egter nie deur die mense as waarheid aangeneem word nie, want hulle kan

die aandrang van die hart nie in ooreenstemming bring met werk van die

verstand nie. Hulle wil die gevoelslewe nie verbind met skerp verstandelike

denke nie.

En tog is die liefde die sleutel tot die wysheid en geen mens sal in die

waarheid wandel wat nie die gebooie van die liefde tot God en die naaste

onderhou nie. Tog is dit so 'n eenvoudige verklaring, dat God die

WAARHEID en ook die Liefde Self is. Die een is nie sonder die ander

denkbaar nie, soos ook die vuur volgens die natuurwet lig uitstraal, so is

ook uit die vuur van die liefde die lig van die wysheid afkomstig. Die

verstand is nie voldoende om die waarheid te deurgrond nie, maar die

verstand met liefde gepaardgaande ondersoek, is die diepte van die

goddelike wysheid. En al lyk hierdie uitspraak ook hoe aanmatigend vir julle

mense, julle sou julleself die bewys kan verskaf as dit julle ernstige wil sou

wees om maar net in die waarheid te wandel.

Daarom sal al julle pogings vrugteloos wees as dit daarom gaan om agter

geestelike geheime te kom, agter dinge wat homself nie laat bewys en wat

tog vir ‘n waarheidsliewende mens van betekenis is. ‘n Mens wat egter sy

wese, wat in die begin van sy beliggaming vernaamlik net eieliefde ken,

verander het in onbaatsugtige naasteliefde; sal ook sodanig dink dat dit

volgens die waarheid sal wees en hulle veel nader is as die denke van ‘n

verstandsmens, waar die liefde ontbreek.

Julle mense moet dit glo en julle wese verander, sodat dit tot liefde word

en julle sal julle opdrag op aarde vervul het en helder lig van insig is dan

reeds julle loon op aarde en nog veel meer in die ryk hierna, wat julle almal

weer sal betree na julle lewe op hierdie aarde, omdat dit julle ware

Vaderland is, wat julle eens vrywillig verlaat het en julle in die duisternis

laat stort, deur die uitdoof van die lig van die liefde in julle.

Op aarde is julle nie bewus van die geestelike verband nie, maar ook daar

was die liefdeloosheid die faktor wat die skuld was van julle geestelike

duisternis. En dit kan dan eers weer lig word in julle as julle, julle eieliefde

verander in onbaatsugtige naasteliefde en julle weer daardeur nader aan

die Godheid kom, wat in Homself Liefde is en wat julle weer wil terugwen.

En sodat julle denke weer ophelder en julle ook die samehang leer begryp

wat met julle aardse opdrag in verband staan, moet julle weer die liefde in

julle laat ontbrand. Julle moet, om dit eenvoudig te sê, weer tot God

terugkeer, julle met Hom verbind, wat in Homself die Liefde is. Dan sal lig

en krag en vryheid julle weer beskore wees soos dit was in die allereerste

begin. En julle sal alles baie duidelik insien, julle sal weer salig wees as die

ewige Liefde julle deurstraal soos eertyds. Amen

163

Beproewing van geestelike goed op Goddelike

oorsprong

7255 14 Januarie 1959

Julle kan geestelike spyse alleen van Myself aanneem en daarom moet alles

op sy oorsprong beproef word, wat julle as „geestelike voedsel“ aangebied

word. Weliswaar beroep alle verkondigers van die goddelike woord hulle

daarop, om die suiwere waarheid uit My te verkondig, maar dan sou ook

alle verkondigers dieselfde moet preek; daar sou geen verskillende

geestelike rigtings of geloofsbelydenise mag wees nie, wat almal in hul

leerstof van mekaar afwyk.

Dus is ‘n ondersoek beslis nodig, welke leer in sy oorsprong op My terug te

voer is. En dit vereis om daaroor na te dink, wat egter nie beteken, dat

nadenke alleen tot ‘n oordeel laat kom waaraan nie te twyfel is nie, omdat

ook die denke verskillende uitkomste sou laat sien. Die verstand alleen is

dus nie maatgewend vir die beoordeling van geestelike goed oor

waarheidsgehalte nie. Maar die verlange na die waarheid kom eers tot

uitdrukking, wanneer die mens tenminste daaroor nadink, of hom waarheid

of dwaling aangebied word. Die wil om die waarheid te weet verseker hom

dan ook om reg te dink in die ondersoek oor waarheid en die mens begin

kritiek te lewer oor dit wat hom oorgebring word.

En daarom is daar ‘n ondersoek nodig, omdat vervormde geestelike goed

nie die heiligende krag het, wat die gees daarvan genees, dat hy volwasse

word, van die voedsel wat hy nodig het om sy honger te stil. ‘n misvormde

leer is nie suiwer voedsel vir die siel nie, maar kan eerder daartoe bydrae,

dat die siel siek en swak bly en niks onderneem, om weer gesond te word

nie, omdat die mens eenvoudig nie weet, watter voedsel goed is wat hom

aangebied word nie.

Geestelike voedsel moet kom uit die Ryk, waarna die siel eenmaal weer

moet terugkeer, want hulle is slegs gaste op die aarde, om geskik te word

vir die geesteryk en die geskiktheid moet hulle dus bereik, deur toevoer

van spys en drank, deur voedsel, wat hulle help aan ‘n sekere

volwassenheid van die siel. want die volwassenheid is nodig om die Ligryk

binne te gaan, wat die ware tuiste van die siel is, maar ook ‘n toestand van

die siel vereis, wat hulle eers op aarde moet bereik.

En Ek bied hulle nou die ware spys aan en gelukkig is hulle, wat die brood

van die hemele regstreeks uit My hande ontvang, gelukkig is hulle, wat nie

êrens anders hul voedsel kry nie, gelukkig is hulle, wat na die bron gaan,

wanneer hulle wil drink en hul lawe vir die pelgrimstog op die aarde, hulle

siele sal seer seker volwasse word en geskik vir die geesteryk wees.

Maar nie diegene, wat misvormde goed tot hul neem, wie se spyse gemeng

is en wat nie aanspraak kan maak op die aanbieding van gawes uit My

hand nie. Hulle sal nie veel geneeskrag haal uit die spys wat hulle in

ontvangs neem nie en hulle sal goed doen om die rivierloop terug opwaarts

164

te volg, om uit te vind, of dit na die ware bron voer, of Ek Self die Gewer is,

van dit wat hulle aangebied word. En hulle sal nou veel liewer hul voedsel

by die bron in ontvangs neem. Hulle sal dan geen genoë meer neem met ‘n

verwaterde leer nie, hulle sal nou ook self kan beoordeel wat hul siel dien

tot opbouing, want hulle sal dit as waarheid ervaar, wanneer hulle ‘n

kragtige spys en ‘n verkwikkende drank aangebied word, wat hul tevore

nouliks kon gewaar.

Die siel, wat siek is en gesond wil word, het ook gesonde en kragtig voedsel

nodig. En geen siel wat oor die aarde gaan is volwasse nie; elke siel het

versterking nodig, hulle het spys en drank nodig, wat hulle laat oplewe en

oprig, wat hulle die situasie verskaf, waarin hulle hul eens bevind het, wat

egter alleen uit My hand gewaarborg is, wanneer die mens die regstreekse

weg na My neem en hulle deur My laat voorsien van spys en drank. Dan sal

die siel gesond word, hulle sal hul voleinding tegemoet gaan, want wat van

My kom, kan die siel alleen tot seën wees, omdat My liefde hulle die lewe

wil besorg, wat hulle nie meer sal verloor nie. Amen

Die weg terug na God

7257 16 Januarie 1959

Ek sal julle altyd kom ontmoet wanneer julle die weg na My neem. Glo My

dat julle afstand van My, My weinig geluk gee, hoewel julle mense nie ‘n

konsep van verdriet van My kant moet veronderstel nie, maar Ek verlang

na julle liefde en solank julle van My geskei is, voel Ek die afwesigheid van

hierdie liefde. Daarom sal dit ook vir julle begryplik wees dat Ek op elke

stap van julle let, dat Ek sien wanneer julle, julle in My rigting verander en

dat Ek dan ook julle sal kom ontmoet om julle weg van terugkeer te

verkort, sodat julle vinniger by julle doel aankom. Maar tog sal Ek in My

spoor moet stop as julleself tot stilstand kom, as julle weer julle mening

verander of terug kyk na die plek wat julle wil verlaat. Ek wil nie julle vrye

wil enigsins beinvloed nie, Ek kan julle wel aanlok, wat Ek ook doen, maar

Ek kan julle nie dwing nie, want julle terugkeer na My moet ‘n tenvolle vrye

handeling van julle vrye wil wees en bly.

Maar tog sou julle moet weet en glo dat geen gedagte van julle wat op My

van toepassing is sal verdwyn of nie daarin sal slaag om sy doel te bereik

nie. En elke so’n gedagte sal deur My beoordeel en as vrye wil beloon word

deur voortdurend na aan julle te bly en alles te doen om julle aandag

telkens weer te trek. Julle weet nie hoe oneindig diep My liefde vir julle My

lewende skeppinge is nie, julle weet nie dat hierdie liefde altyd slegs na

julle sal verlang nie, dat Ek daarom nie een van My lewende skeppinge sal

afskryf nie, selfs as hy sy afstand van My hou uit eie vrye wil. Selfs dan sal

My liefde hom nog versorg en probeer om hom te benader, maar hoeveel

te meer so met ‘n kind wat Myne is en wil bly, wat slegs sydelings kyk

omdat hy uit alle rigtings geprikkel en aangetrek word. Maar Ek weet hoe

165

hy in sy hart dink, Ek weet dat sy liefde vir My bedoel is en dat hy slegs te

swak is om hom teen allerlei verleidinge te verset. Want telkens weer sal

hy sekerlik sy weg terug na My vind, hy sal op die weg na My bly en sal nie

daarvan afdraai nie, as die verlange van sy hart alleen op My van

toepassing is.

Die weg na My loop steil na omhoog, dit is lastig. Maar sal nie werk as Ek

dit maklik sou maak nie, dat Ek dit met verleiding sou kombineer, omdat

hierdie weg slegs om suiwer liefde vir My en nie terwille van ander voordele

geneem moet word nie, wat altyd slegs ‘n vyandige bedoeling is om mense

na ‘n ander pad te trek wat weg van My af sal lei. Dit is waarom julle

dikwels vermoeid sal word tydens julle tog na bo en tog verlangend terug

sal kyk na die wêreld wat julle wil verlaat. En Ek laat dit toe om te gebeur

maar slegs vir julle eie belang, want elke vrywillig voltooide stap sal

heerlike resultate hê. Ek sal steeds nader aan hom en hy aan My kom en in

My teenwoordigheid sal die mens dan geluksaligheid ervaar wat hom sal

kompenseer vir alles wat hy vir My belang opgegee het. En hierdie

teenwoordigheid is die doel wat julle met absolute vasberadenheid moet

nastreef; julle moet nie rus tot julle My bereik het nie, Wie sonder twyfel

julle weg sal verkort deur julle tegemoet te kom. Dus sal julle nie vir baie

langer van My geskei bly nie, solank julle slegs My teenwoordigheid begeer

en standvastig op die weg voortgaan wat julle geneem het, selfs as julle dit

nou en dan moeilik vind omdat julle geen duidelike vooruitgang kan sien

nie en glo dat julleselfs nie één stap gevorder het nie. As julle terug in die

kloof kon kyk sou julle ook die aansienlike afstand kon beoordeel wat julle

tot dusver afgelê het en julle gelukkig die laaste kort deel van die weg sou

aflê wat julle nog van My skei. Maar julle kan verseker wees dat Ek julle nie

sal laat terugval in die kloof nie. Ek sal julle onsigbaar vashou en julle

voortdurend na omhoog trek, tog verheug My hart hom in die feit dat ‘n

kind terugkeer na die huis van sy Vader en Ek sal waarlik help op hierdie

laaste kort weg om die doel te bereik en onwaarneembaar naas hom loop

tot hy My by die doel sien en My arms in staat is om My kind te kan omhels

wat teruggekeer het na die huis van sy Vader, uit wie hy eens voortgekom

het. Amen

Die voorwaarde om God se stem te hoor is die

losmaking van die wêreld

7258 17 Januarie 1959

In julle binnenste moet julle luister, as julle My stem wil verneem. Dit vra

‘n algehele self afsluiting van die aardse wêreld en ‘n versinking in

geestelike gedagtes. Dit vereis ‘n totale leegmaking van die hart van

aardse gedagtes, sodat dit nou vervul kan word met gedagtestrominge van

suiwer geestelike aard.

166

Om hom geheel van die wêreld los te maak, sal altyd moeilik wees vir die

mens, maar My stem klink des te duideliker, hoe minder indrukke van

gedagtes die hart belas, wat hul oorsprong in die wêreld het. Is die hart

heeltemal geledig, dan kan die stroom van My Gees binnevloei sonder

belemmering en julle sal dan gewaarword van ‘n ononderbroke

aanspreking, as ‘n oorvloeiing van My Gees in julle as ‘n regstreekse

aanspreking deur My, wat ervaar word, wat julle dan so duidelik verneem

as ‘n uitgesproke Woord. Hoe meer julle dus aardse gedagtes afweer, des

te duideliker verneem julle My stem. En dit vra ‘n voortdurende stryd met

die buitewêreld, wat steeds weer wil binnedring op aandrang van My

teenstander, om die vertroulike gedagtewisseling tussen Vader en kind te

versteur. Julle kan dit verhinder, deurdat julle nie aan hom toegee nie,

deurdat julle alle gedagtes wat julle uit die wêreld tref, van julle afwys.

Deurdat julle My dadelik vra in julle gedagtes dat Ek hierdie versteuring

mag verhinder. En met julle wil sal rekening gehou word omdat dit slegs na

My gekeer is.

Om My stem te hoor is derhalwe slegs die reg van hulle wat hulself van die

wêreld kan losmaak, vir wie Ek Self tot ‘n begrip geword het, wat nie meer

deur die wêreld vervang kan word nie, wie My herken het as hulle Vader

van ewigheid, wat julle tot Sy kinders wil maak en julle nie meer opgee nie,

totdat Hy Sy doel bereik het.

As die losmaking van die wêreld eenmaal plaasgevind het, dan sal die

wêreld die mens ook nooit meer kan terugwen nie, omdat hy regstreeks

deur My aangespreek word en hom lig geskenk het en hy die lig nie meer

wil mis nie. Maar hy sal tog voortdurend teen die wêreld moet stry, omdat

hy nog in die midde van die wêreld leef, wat op elke moontlike manier

probeer om op hom in te werk, omdat My teenstander juis elke vertroulike

toespreking wil versteur, waar en hoe dit maar moontlik is.

Daarom behoort daar steeds ‘n sterk wil te wees, om die verbinding met My

so innig te maak dat My stem deurdring en die stem van die wêreld

verdring. Die wil van die mens bring dit teweeg; en dan sal die mens Hom

altyd lof en dank toesing, wat hom aanspreek en hom daarmee ‘n geskenk

gee van onmeetlike waarde. Want My Woord is die sigbare of hoorbare

teken van My oneindige liefde vir julle My skepsele. Dit gee julle ‘n bewys,

dat julle dit self in die hand het om so 'n noue verbinding aan te knoop met

die hoogste en mees volmaakste Wese. Dat julle Sy stem kan verneem en

dat julle ‘n bewys van die aanspreking besit, dat julle Sy gewyde Woord

neerskryf soos wat julle dit ontvang. Die hoogs volmaakte Wese spreek

julle aan, dink daaroor na wat hierdie woorde beteken. Ek spreek uit die

hoogte tot julle, julle hoor My stem, julle verstaan wat Ek tot julle spreek

en julle kan daaruit die stem van julle Vader herken, wat julle liefhet en

julle vir ewig wil besit.

Ek spreek julle daarom aan omdat julle vrywillig tot My kom, omdat julle

begin terugkeer na My in julle Vaderhuis, wat Ek deur My aanspreking wil

167

ereik. Maar om die aanspreking van My te kan hoor, moet julle wil vas en

sterk wees, julle moet steeds weer die innige verbinding met My soek, wat

nie op die oppervlakte van die wêreld te vind is nie, maar ver verwyderd is

van die wêreld. Dus moet alle wêreldse gedagtes weggedwing word en julle

moet in die stilte van julle hart luister en julle sal dan waarlik My stem

verneem in alle duidelikheid, omdat Ek My aan almal, vir wie My liefde heel

besonder geld, wat probeer om met My in kontak te kom, wat verlang om

My te hoor, wil openbaar volgens My belofte, dat Ek tot Myne sal kom in die

Gees en dat Ek by hulle sal bly tot aan die einde van die wêreld. Amen

Die pre-ontwikkeling van die siel

7259 18 Januarie 1959

Dit is moeilik om julle van die lang weg te oortuig wat julle moes gaan voor

julle, julle bestaan as mens bereik het. Dit is moeilik omdat hierdie kennis

nie in die evangelie opgeskryf is nie, wat die fondasie van elke

kerkorganisasie is. Maar God weet waarom Hy hierdie kennis nie in die

Bybel geplaas het nie. Hy het Sy dissipels beveel om nie hierdie kennis te

versprei nie. Hoewel die dissipels goed in dit onderrig was, gee Hy hulle

slegs die taak om die Goddelike liefde te verkondig.

Die evangelie wat hulle aan hul medemense moes bring was die gebooie

van die liefde aan God en hul naaste, wat Christus op aarde verkondig het.

Elkeen wat die onderrig van liefde ernstig neem sal tot ‘n diepere kennis

kom en sal op hoogte wees van die lang stadium van ontwikkeling van die

siel, wat slegs die laaste toets van sy wil hier op aarde moet verdra.

Waarlik, die wet van die liefde is die belangrikste vereiste. Geen kennis sal

van enige waarde wees vir hulle wat nie ’n lewe in liefde leef nie, want dan

sal dit slegs ‘n saak van misverstaande intelktuele denke wees. Omdat die

liefde die sleutel na kennis is en sonder liefde sal alles verkeerd verstaan

word, wat in die huidige tyd duidelik is. Hierdie kennis sal nie aangeneem

word solank die liefde nie die mense se denke verlig nie. Elkeen wat bereid

is om lief te hê sal dit oordink en sal dit nie verwerp nie.

Julle kan vra waarom hierdie kennis nie vroeër aan die mensdom gebring

was nie, waarom dit nie in die Bybel vermeld word nie. Die antwoord is, dat

hierdie kennis slegs waarde het wanneer die liefde in die mense gewek is.

Daarom sal elke liefdevolle persoon in diepere kennis op die regte tyd gelei

word. Aangesien die mensdom naby die einde leef, moet hulle meer

verantwoordelik lewe. Die kennis oor die vorige ontwikkelingsperiode van

die siel sal die verantwoordelikheid in mense kan verdiep. Gesien die

naderende einde is dit baie belangrik. Ook die mense wat nog nie glo nie

kan begin om daaroor te dink en so aangespoor word om hulle manier van

lewe te verander. Andersyds is hierdie kennis nie noodsaaklik wanneer

mens lewe volgens God’s Wil nie. In dergelike geval sal hy dit in ’n oomblik

ontvang by die ingaan van die hiernamaals.

168

Hy sal duidelik erken wat onaanvaarbaar of vreemd vir hom op aarde was.

Maar in hierdie eindtyd sal God alles moontlik doen om dit vir die mense

maklik te maak om hulle doel te bereik. Die mense sal van hulle taak in

hulle aardse lewe vertel word en die betekenis van die vervulling daarvan.

Daarom in hierdie eindtyd sal die mense oor die vorige stadium van

ontwikkeling vertel word, hoewel sonder bewys. Nogtans, kan elkeen die

bewys verkry wanneer hy ‘n lewe van liefde lewe, wat hulle ‘n helder lig sal

gee, wat hulle geskik maak om geestelik te sien. Die mense sal dan die

geestelike aktiwiteit in die ander werke van die skepping kan sien. Hy sal

die lewe van diere en plante anders waarneem en sal nie twyfel dat hy deur

al daardie pre-ontwikkelingsstadia gegaan het nie.

Om dit te begryp is ‘n hoër graad van liefde nodig; daarom word die

onderrig van Goddelike liefde vereis. Met ander woorde: die graad van

kennis en insig wat die mens op aarde verkry hang van die vervulling van

die gebod van liefde af. Die liefde is absoluut noodsaaklik. Die mense hoef

nie kundig te wees nie omdat hulle skielik in die helderste lig sal wees, as

hulle ‘n lewe van liefde op aarde geleef het. Daarom moet julle nie wonder

waarom die evangelie dit nie openlik vermeld nie, hoewel julle dit verborge

daarin kan vind. Die Woord van God het verskillende betekenisse, wat slegs

die mense wat ‘n lewe van liefde leef kan begryp. Die mense kan baie

skrifture vind wat na die vorige lewe van die mens in die skeppings van die

aarde verwys. ‘n mens wat liefhet sal altyd probeer om hierdie kennis aan

sy medemens te bring. Amen

Die opstanding – Die vergaan van die vlees

7262 21 Januarie 1959

Julle almal wat leef, sal na die liggaam sterwe, julle siele sal egter opstaan

tot die lewe of ook in die dood bly, as hy die lewe nie nagestreef het op

aarde nie. Vir julle almal wat verlang om te lewe, is die opstanding dus ook

verseker. Want hulle wat nie aan die opstanding glo nie, begeer ook nie die

lewe van hulle siel nie; slegs die aardse liggaamlike lewe is vir hulle

begeringswaardig en dit trag hulle om te verleng vir sover dit in hulle

vermoë is.

Maar hulle sal sterwe en ewig nog in die dood vertoef, ook al sal hulle eens

met sekerheid verrys. Wie egter die lewe van sy siel soek en nastreef, kan

ook verseker daarvan wees dat hulle sal verrys tot die lewe na die

liggaamlike dood. Want daarvoor het Jesus Christus die bewys gelewer, wat

op die derde dag opgestaan het uit die dood, wat die dood oorwin het en

hom wat die dood in die wêreld gebring het. Sy opstanding word egter

betwyfel deur gelowiges en ongelowiges, want selfs die gelowige kan die

grootste wonder nie begryp nie en is dikwels geneig om ‘n ligte twyfel te

laat opkom solank hy net glo, maar die geloof nog nie tot ‘n ware lewe

gewek het nie. Sodra My Gees egter kan werk in die mens, word die

169

vertwyfeling ook vir hom opgehelder en die opstanding van Jesus Christus

sal vir hom dan ‘n duidelike bewys wees vir sy eie opstanding. Hy sal weet

dat hy nie sal sterwe nie, maar slegs uit die teenswoordige lewe die ryk

hierna sal ingaan, waar hy sal lewe tot in ewigheid.

Die opstanding van Jesus Christus is vir die mense ‘n baie omstrede

probleem, want die mense wil enersyds twyfel en andersyds ‘n opstanding

van die vlees daaruit aflei, omdat hulle glo dat ook Jesus in die vlees

opgestaan het op die derde dag. Dit is vir hulle nog nie duidelik dat Jesus

Hom slegs daarom vir die mense sigbaar gemaak het, om hulle te help om

te glo, dat hulle egter steeds net Sy geestelike liggaam gesien het wat

homself aan hulle geestelike oog sigbaar bekend gemaak het.

Alle substansies van Sy menslike liggaam het homself deur Sy kruisdood

vergeestelik en dus het die "Mens" Jesus ‘n geestelike bekleding aangetrek,

toe Hy Hom aan Sy dissipels vertoon het. En die geestelike bekleding sal

julle mense ook aantrek by julle opstanding tot die lewe. Die stoflike

liggaam bly agter en die positiewe ontwikkelingsgang van sy substansies

word voortgesit.

Die vleeslike liggaam vergaan dus en sy substansies bring weer ander

vorme tot lewe wat nog aan die begin van hulle ontwikkeling staan. Dus sal

hulle ook nooit meer die siel omvat nie, nooit meer die siel ‘n onderdak

(beliggaming) bied en tegelyk met hom verrys nie. Tog sal die siel verrys

as hy My Wil op die aarde vervul het. As hy daarna streef om opgeneem te

word tot die lewe, wat Ek hom beloof het toe Ek as die mens Jesus op

aarde geleef het.

Julle is almal verseker van ‘n opstanding, maar die tyd bepaal julleself.

Maar ‘n opstanding van die vlees moet julle vir julleself korrek voorstel;

want julle werk in die vlees word wel beoordeel en hierna sal julle

opstanding kom tot die lewe, of ook, julle dade sal getuig teen julle en julle

die dood besorg; dus die verbanning tot die vaste materie. En dit is weer ‘n

eindelose ewigdurende toestand van magteloosheid en duisternis, ‘n

toestand van die dood wat julle egter self nagestreef het op aarde, omdat

julle sonder geloof was dat julle bestem is vir die lewe, maar nie vir die

dood nie.

Daarom het Ek uit die dood opgestaan om julle mense die bewys te gee. En

tog kan julle dit eers glo wanneer julle deur ‘n lewe in liefde, julle gees

wek, wat julle dan alles duidelik sal maak en julle sal onderrig. Dan mag

julle ook met oortuiging glo wat nie aan julle bewys kan word nie. Streef na

die lewe en julle sal ewig geen dood hoef te vrees nie, julle sal tot in

ewigheid lewe in krag en lig en vryheid. Amen

170

Die siel begin bewustelik met sy aardse lewe

7265 25 Januarie 1959

By die begin van julle beliggaming as mens word julle lewenslot aan julle

voorgelê en julle is in die volste besef van dit wat julle te wagte staan in die

aardse lewe en wanneer hierdie laaste beliggaming ingetree het, omdat

julle tegelykertyd ook die uiteindelike doel voor gees gestel word wat julle

kan bereik en omdat dit ook julle eie wil was om vry te word van die laaste

vorm, deur hierdie weg oor die aarde.

Vervolgens word die herinnering daaraan egter van julle weggeneem en die

lewe gaan nou sy gang, julle leef onbewus van die sukses wat julle kan

bereik. En dit is nie op ‘n ander manier moontlik nie, want anders sou die

vrye wil nie tot sy reg kan kom nie, want dit moet eens julle uiteindelike

voltooiing bewerkstellig. Maar dit is verseker, dat dit vir julle moontlik is om

alles wat julle aan swaar beproewinge oorkom, te oorwin. Want aan geen

mens word meer opgelê om te dra as wat hy kan dra met die krag van

God, wat hom altyd tot beskikking staan.

Verlaat die mens homself egter slegs op sy eie krag, dan kan hy wel ten

gronde gaan aan wat die lewe vir hom inhou. Maar hy het altyd die

moontlikheid om God vir krag te vra, hy het die moontlikheid om te bid. Dit

vereis egter ‘n geloof in ‘n God en Vader van die Ewigheid, want anders sou

die mens nooit 'n God aanroep en om krag en hulp vra nie.

En elke mens wat nog nie die geloof besit nie, kan dit verseker vind as hy

net sal nadink oor sy lewe, sy lot en alles wat daar om hom heen gebeur.

Vir ‘n denkende mens is dit verseker nie moeilik om te glo aan ‘n magtige

en wyse Skepper nie. Maar hy wil dit dikwels nie as waar erken dat hy self

met hierdie Skepper verbonde is en dat Hy bereid is om hom ook in elke

nood by te staan, as Hy daarom gevra word.

Die geloof aan die samehang van Skepper met Sy skepsel ontbreek sulke

mense. En ‘n God van Liefde is vir hulle nog minder geloofwaardig en

daarom hou hulle hulself afsydig van Hom, Wie egter aangeroep wil word

deur Sy skepsele sodat hulle hul verbintenis met Hom daardeur kan bewys.

Daarom word die mense steeds weer deur beproewinge getref wat nie slegs

die getrefde mense self nie, maar ook hulle medemens moet aanspoor om

na te dink oor hulle verhouding tot ‘n God en Skepper, wat ook die Vader

van Sy kinders wil wees aan wie Hy die lewe gee.

Elke mens is in staat om die swaarste beproewinge met die krag uit God te

oorwin. En hy het vóór sy beliggaming ook sy toestemming daarvoor

gegee, want hy is nie teen sy wil geplaas in dié of dáárdie soort liggaam

nie. Hy het vrywillig die weg oor die aarde begin in die verwagting om

volledig vry te word van elke vorm van gebondenheid en ook het hy die

vaste vertroue, om van die aardse lewe meester te word op die regte wyse.

As mens faal hy egter dikwels en die weerstande lyk vir hom onoorwinlik,

solank hy nie ‘n beroep op die hulp van sy God en Skepper doen nie, wat

171

hy absoluut moet erken, as sy weg oor die aarde nie vergeefs afgelê wil

word, sonder enige sukses vir sy siel nie. Daarom is die geloof aan ‘n God,

wat in Hom die liefde, wysheid en Almag is, ook die eerste en vernaamste.

En om tot die geloof te kom, moet die mens vereers in homself die liefde

laat ontbrand. Die liefde is egter ook die krag in homself en so kan elke

mens onherroeplik met die swaarste lewenslot ‘n lewe in liefde lei; omdat

hy daaruit reeds die krag uit God put, dus sal ook sy geloof lewend wees,

sodat hy God ook as sy "Vader" sal aanroep in elke aardse en geestelike

nood. En hy sal ook waarlik uit die nood gehelp word, omdat God Self die

Liefde is en Hy die Mag het om alles weer in orde te bring wat in wanorde

geraak het. Want Hy help die mens met Sy krag ook om die swaarste

beproewinge te bemeester. En Hy sal steeds bereid wees om hom in elke

nood by te staan. Amen

Het die mens ‘n vrye wil?

7271 31 Januarie 1959

Die menslike wil gebied Ek nie, maar Ek laat hom sy vryheid toe. En of julle

ook julle vrye wil in twyfel wil trek, tog is julle denke en wil vry. En dit sal

julle nie kan ontken nie, ook nie as die uitvoering van dit wat julle wil julle

deur andermense verhinder word of ook deur die noodlot teegegaan word.

Julle denke en wil is egter die uitdrukking van julle innerlikste gevoeles,

wat deur julle rigting gegee word. Want dit lê in julle mag en word nie

bepaal deur die wil van iemand anders nie. Wanneer julle, julle meer met

die vryheid van julle wil sou besighou, dan sal julle ook julle aardse lewe

leer beskou as, by wyse van spreke, die uitwerking van julle wil. Maar julle

maak juis die omgekeerde gevolgtrekking. Julle lewensloop met al sy

gebeure sien julle aan as bewys vir die onvryheid van julle wil omdat dit

dikwels nie ooreenkom met julle wense nie en julle dit as dwang op julle wil

beskou, wat egter in waarheid, alleen julle verkeerde wil veroorsaak het,

hoewel van My uit in ‘n sodanige vorm gebring dit vir julle dienstig is, ook

as dit julleself nie beval nie. Maar ook in die mees netelige situasie kan julle

steeds nog vry dink en wil. Die realiseer van ‘n daad is egter eers die

volgende stap van julle wil, wat Ek egter ook maar selde teenstand bied,

inteendeel, julle ook sover moontlik daar vryheid laat, wat ewenwel met

beperking verbind is. En so kan julle dus in vryheid julle aardse

lewenssituasie probeer reël, julle kan julleselfs op ‘n ander weg lei. Julle

kan alles doen om julleself ‘n totale veranderde lewens omstandighede te

verskaf en dit sal julle ook dikwels geluk en dikwels ook nie, want sonder

My Wil of My toelate kan julle niks doen nie, wat egter nie julle wilsvryheid

ophef nie.

Julle moet daarom leer om onderskeid te maak tussen die vrye wil en die

moontlikheid om dit uit te voer. Solank julle die vrye wil aanvaar, het julle

dit reg maar dit is steeds nog afhanklik van My Wil of My goedkeuring. Julle

172

moet egter eens vir julle wil verantwoording doen, wat nie van die daad

afhanklik is nie, maar beoordeel word na, hoe en of dit gebruik is. Want wil

en daad hoort wel by mekaar, maar die wil sonder die daad is geen wil as

die mens self die uitvoering agterweë laat of vermy nie.

En dit moet julle krities by julleself in die oog hou en daarom word julle

steeds weer die betekenis van ‘n vrye wil voorgehou, wat julle nie kan

verloon wanneer julle ernstig nadink oor wat onder ‘vrye wil’ te verstaan is

nie. Julle innerlikste denke en wil is julle mees eie besit en geen mens kan

julle daarin rigting gee of julle denke en wil belet nie. Julleself moet julle

daarvoor verantwoord, want die vrye wil is ‘n heel belangrike faktor in die

aardse lewe, ‘n faktor wat aan My heilsplan ten grondslag lê, wat aanleiding

was van die vroeëre afval van My en wat ook weer die uiteindelike

terugkeer na My moet bewerkstellig, anders sou die werk van terugbring al

lankal voltooi wees, as My Wil alleen daarvoor gegeld het dat My skepsels

die weg na My moet gaan in 'n vasgestelde tyd.

Maar omdat die vrye wil van die mens dit self bepaal, is dit daarom ook so

buitengewoon belangrik dat die mense steeds weer opheldering gegee

moet word wat nog ‘n vrye wil ontken en wat hulself daarom nie bewus is

van die groot verantwoording wat hulle dra nie. Hulle laat hulself dryf en

glo dat hulle willose skepsels teenoor My, hul God en Skepper is, wat hulle

eens in vryheid geskape het en hulle ook weer help om die vryheid van wil

te ontvang wat hulle in die allereerste begin besit het.

Die vryheid van die wil is dus nie alleen ‘n geloofsopvatting nie, veeleer kan

die mens hom deur ernstig nadenke die sekerheid verskaf welke betekenis

die vrye wil vir hom het en hy sal dan sy lewenswandel bewus lei en seker

ook My, as sy doel, bereik. Amen

Wat is ‘n ware gebed?

7274 4 Februarie 1959

Julle kan enige iets van My kry as julle op die regte manier daarvoor bid.

Julle moet nie eis nie maar ‘n beroep op My doen met ‘n beskeie hart om

hulp in aardse en in geestelike teëspoed. En julle moet glo dat Ek julle sal

help omdat Ek julle lief het. Daarom wil Ek ‘n ware gebed in gees en

waarheid hê, sodat Ek julle dan ooreenkomstig julle geloof sal kan steun.

Wat dit ook al is, dit is alles moontlik vir My, selfs as julle mense nie dink

dat dit moontlik is nie, maar My mag is onbeperk en My wysheid voorsien

ook alles en kan dienooreenkomstig altyd vir die redding van julle siele

werk. En My liefde sal dit ook verwesenlik, julle is tog My kinders, vir wie

Ek niks sal ontsê wat vir hulle voordelig is nie. ‘n Ware gebed is ‘n gebed

wat My oor sal bereik, omdat julle die moeite doen om My by julle aanwesig

te laat wees wanneer julle bewus van julle eie swakheid My smeek om julle

van krag en hulp te voorsien. So’n gebed sal nie onverhoor bly nie omdat

dit in diepste nederigheid aan My gerig word.

173

Maar elkeen wat eis bid nie reg nie en eise word gemaak deur baie gebede

wat slegs deur die mond geuiter word, omdat die mens veronderstel dat dit

slegs die toespraak van ‘n biddende persoon vereis om die seen van gebed

te bereik. Nie die woorde nie maar die gevoel van die hart gee ‘n gebed

diepte en gees. Dit is slegs die vertroulike verhouding met My wat die mens

ingaan wanneer hy op die regte manier bid en sy gebed sal deur My

beantwoord word. Om hierdie rede is slegs ‘n paar woorde voldoende om

My oor te raak en om deur My gehoor te word. Lang formele gebede is

egter weersinwekkend vir My, want die mens kan nie sy konsentrasie op sy

woorde hou nie, slegs sy lippe praat en die gebede sal nie na My deurkom

nie, dit sal vergeefs gespreek word en sal slegs dien om die geloof van

mense te verswak, aangesien Ek nie dergelike gebede verhoor nie, daarom

sal die geloof in ‘n magtige, wyse en liefdevolle God ondermyn word, hulle

sal progressief meer verlore raak omdat Ek slegs die innige verbintenis wat

deur die hart gevestig word en dan ook My teenwoordigheid in die persoon

sal waarborg, aan wie Ek Myself kan openbaar soos ‘n Vader aan My kind

deur sy gebed te verhoor. Leer om reg te bid. Want wat julle tot dusver bid

genoem het is geen ware gebed in gees en in waarheid nie. Glo My dat Ek

‘n kort diepe sug bo gebede verkies wat lank aanhou, wat waarskynlik op

instruksie gesê word en nie uit die hart van die persoon kom nie. Maar

slegs ‘n paar woorde is genoeg wanneer die hart betrokke is in wat die

mond sê of wat die persoon geestelik beweeg. Dan sal Ek My oor nie sluit

nie, Ek sal help en doen wat die kind ook al van sy Vader versoek. Amen

Kennis van die Kruisoffer in die duister sfere

7288 20 Februarie 1959

Vir alle siele het ek My bloed vergiet aan die kruis van Golgota. As die siele

in die duisternis hiervan kennis neem, dan is dit ook vir hierdie siele ‘n

straal van hoop, ‘n strooihalm, waaraan hulle kan vasgryp, wanneer hulle

dit wil hê om uit hulle kwelling verlos te word en uit hulle steeds

ondraagliker wordende nood te kom.

Want ook in die diepste duisternis word soms nog lig binne gedra, wanneer

ligdraers in die diepte afdaal en aan die siele verkondig dat die Heiland en

Verlosser Jesus ook vir hulle gesterf het aan die kruis. Hierdie ligdraers

kom weliswaar vermom, hulle verskyn aan die siele van die duisternis as

gelyksoortige siele, wat hulself besin het en vir hulself ‘n uitweg oorweeg,

wat hulself dan aan Hom herinner, van Wie hulle in die aardse lewe gehoor

het, maar in Wie hulle nooit geglo het nie.

En nou word ywerige debatte gevoer, maar meestal teen My, Wie die

verlossingswerk volbring het as die Mens Jesus, want hulle staan almal nog

onder die gesag van My teenstander, wat nie wil toelaat, dat hy één van

hierdie siele verloor nie. Die ligdraers is vir hom egter onaantasbaar en

hulle argumente oortuig tog steeds weer enkelinge, wat ‘n uitweg soek en

174

hulself toevertrou aan die boodskappers, wat voorstel om hulle daarheen te

lei waar helder lig straal, waar hulle kennis vergroot en hulle begin nou

hoop te skep omdat hulle hulself in die kring van die lig goed voel, maar

ook weet, dat hulle hulself deur hulle instelling eers die reg moet verwerf,

om in die sfeer te mag vertoef.

Solank hulle dit innerlik verwerp, kan hulle nog nie beskou word asof hulle

aan die duisternis ontsnap het nie, dit sal steeds weer bo hulle saambondel

en hulle opnuut aan groot kwellinge blootstel. Maar hulle vergeet nie die

woorde van die boodskappers nie, wanneer hulle eenmaal daaraan

deelgeneem en daarop ingegaan het, hulle roep hulle immers deur hulle

gedagtes steeds weer in herinnering en steeds word die verlange groter,

om weer in die kring van die lig binne te kan tree en meer te wete te kom

oor Jesus, Wie ook hulle moes verlos het en dus ook hulle uit hulle

kwellinge kan bevry.

Dit is die belangrikste vir die siele in die duisternis, dat hulle die kennis van

Jesus en die kruisdood bygebring word, as dit vir hulle tot nou toe nog

onbekend was. Maar meestal sal slegs ‘n kleine verwysing na Hom hulle

herinnering wek, op voorwaarde dat die verlange reeds in hulle gewek was,

om verlos te word uit die duisternis. Verlang hulle dit nie, dan is alle kennis

van My kruisoffer ook vir hulle vreemd, dan het die boodskappers van liefde

en lig ook geen resultaat nie, dan staan hulle nog volledig onder die gesag

van My teenstander en dan is baie voorbidding nodig, om hierdie verstokte

siekes andersdenkend te maak, want sonder Jesus is daar vir hulle geen

redding uit die duisternis nie.

In die laaste tyd voor die einde is dit juis die voortdurende werk van die

ligwesens, wat sulke siele in die duisternis wil help, om nog voor die einde

die diepste dieptes te kan verlaat, sodat hulle nie opnuut verban sal word in

‘n toestand van kwellinge wat hulle huidige verblyf nog oortref nie. En julle

gebed vir hierdie siele dra baie daartoe by, dat hulle hardheid verminder en

hulle hulself oopstel, wanneer hulle hulpvaardige wesens ‘n voorstel doen,

om hulle na vryheid te lei.

Die kruis van Jesus laat sy Lig oral straal, sodat die siele steeds meer dink,

watter betekenis dit het. Maar slegs die vrye wil van die wese maak dit

moontlik, dat Ek self die barmhartigheid van die verlossingswerk oor hom

uitstort, want die vrye wil moet bereid wees om Myself in Jesus te smeek

om redding uit die diepte. En dit sal die siel eers doen, wanneer hulle

onderrig ontvang het, wat in hulle die geloof van My kruisoffer gewek en

versterk het, sodat hulle nou innig daarom bid, om deur Jesus verlos te

word van hulle pyn, wat so lank hulle siele gekwel het, totdat die besluit in

hulle ryp geword het, om hulself tot My in Jesus te wend.

Dan egter word hulle uit die duisternis opgehef na die lig, dit wil sê, hulle

sal die duister plek nie meer hoef te betree nie, hulle word in die kring van

ligsoekers opgeneem en met lig vervul en hulle sal in diepe dankbaarheid

self die hande uitsteek, om hulle broeders en susters, met wie hulle die

175

duisternis moes deel, te help en te red. En so ‘n siel sal ook baie

verlossingswerk met sukses deurvoer, want hy is in sy aandrang na liefde

ywerig doenig, om ook aan sulke siele die evangelie te bring, om ook hulle

te oortuig van die werk van liefde en erbarming van Hom, Wie Sy bloed aan

die kruis vergiet het, om alle siele te red van die geestelike dood. Amen

Blinde geloof - Dooie christendom

7292 24 Februarie 1959

Dit is moeilik om die mense daarvan te oortuig dat Ek My nie tevrede kan

laat stel met uiterlikhede en hieronder verstaan Ek die formalistise meeloop

met menslike sedes en gebruike wat geheel waardeloos is, juis omdat dit

slegs ‘n “mee loop” beteken, oorgenome gewoontes of gebruike wat maar

skyn is en My dus nie welgevallig kan wees nie.

Ek wil ‘n in waarheid en lewende christendom hê. Ek wil dat die mense

ywerig meedoen en self meelewe, want vir die dode sal Ek nooit as te

nimmer begrip hê of My toestemming kan gee nie. Dood is egter alles wat

die mense sy eie maak of van die medemens oorneem, sonder om self

eenmaal ernstig ‘n standpunt daaroor in te neem. En wanneer ‘n mens deur

sy opvoeding tot ‘n bepaalde opvatting gebring word, het hy die plig sodra

hy kan dink om sy eie mening te vorm en eers wat hy dan in vrye wil

aanneem, is sy eie geestelik besit waarvoor hy hom moet verantwoord, hoe

hy dit benut het.

Maar hy sal hom ook moet verantwoord vir ‘n blinde geloof. So'n geloof sal

hom nooit aangereken word as aan God welgevallig nie, want Ek kan dit nie

goedkeur as alles gedagteloos en sonder beswaar geglo word en die mens

self in die geheel nie ondersoek wat daar van hom verlang word om te glo

nie. Hy sal hom ook nooit daarop kan beroep om deur lerare so onderrig te

wees nie, want hy is as mens wat self kan dink ook in staat om na te dink

oor wat die mense van hom verlang om te glo. En hy sal ook in sy denke

reg gelei word as dit sy erns is om agter die waarheid te kom.

Hierdie ernstige wil ontbreek egter by die meeste mense en hulle neem

daarom baie gedagteloos aan en is nog van mening om regte christene te

wees, as hulle die leerstellings wat Jesus Christus betref nie afwys nie. Dit

is egter nog lank geen geloof wat hulle besit nie, want ‘n geloof wat vir My

waarde het moet lewende wees en kan alleen deur ‘n ernstige instelling

verwerf word.

Waar is hierdie egter te vind? Die mense neem dikwels genoë met die

eenmalige onderrig uit hul jeug, wat hulle nou in die lewe saamneem en

wat hulle glo dat die kennis daarvan voldoende is en hulle voel hul nou nie

verder verantwoordelik teenoor hul God en Skepper nie. Hoe ver bevind

hierdie hulle nog op ‘n dwaalspoor en hoe leeg sal hulle eens voor My

staan, wanneer Ek van hulle verantwoording eis vir hul aardse lewe.

176

Dog hulle is nie te oortuig van hul verkeerde denke nie, anders sou hulle

moeite doen om dieper in te dring en hulle sou hul met ‘n lewendige gees

besighou met die tot dusver dooie kennis wat hulle besit. Daar is egter

maar weinige wat daar geen genoë mee neem nie en nou op soek gaan om

die waarheid te vind. En hierdie weiniges sal dit ook vind omdat hulle in hul

binneste Myself soek, Wie die ewige Waarheid is.

Maar alle mense kan My soek, want alle mense kan dink en elke ernstige

gedagte sal hulle op die regte weg lei, omdat Ek Self steeds bereid is om

My Hande uit te strek en almal wat lig verlang uit die duisternis in die lig te

trek. Dog voordat ‘n mens nie insien dat hy hom op die verkeerde weg

bevind nie, soek hy ook nie na die regte weg nie.

En die mense glo dat hulle op die regte weg is, omdat dit hul ingeprent

word deur leiers wat self nog nie die regte weg gevind het nie. En so is dit

aan elkeen persoonlik oorgelaat. Maar indirek word ook elkeen afsonderlik

steeds weer gehelp. Hy word in gedagtes aangespoor om oor homself na te

dink en hom af te vra hoe hy hom wel staande sal hou as hy hom moet

verantwoord voor My. En as hy by sulke innerlike vrae ‘n langer tyd bly

stilstaan, sal Ek hom dit ook beantwoord, want alleen sy wil vra Ek, dat hy

hom bewus na My wend. Dan sal Ek nooit van sy sy wyk tot hy op die regte

weg gaan, waar hy My soek en heel seker ook sal vind. Amen

Die stryd teen eieliefde

7294 27 Februarie 1959

Julle mag alleen maar ‘n geringe mate van eieliefde hê, dan sal dit vir julle

ook makliker wees om My gebooie van die liefde tot God en die naaste te

vervul. Die eieliefde kan nie klein genoeg wees nie, want dit alleen hinder

die mense by die onbaatsugtige naasteliefde, wat die vernaamste is in die

aardse lewe, wil die siel volmaaktheid bereik.

Die eieliefde kleef alle mens aan as erfdeel van hom wat geheel sonder

enige liefde is, wat homself bo alles liefhet, anders sou hy nie My

teenstander en vyand geword het nie, wie vir homself alles opeis en My alle

gesag wil betwis. Hy wil alles besit en alle wyse van eieliefde is verlange na

besit, dus die uitvoering van sy planne het hom verwyder van My, Wie die

ewige Liefde is.

Solank die eieliefde in die mens nog oorheers, solank sal hy vir die naaste

niks oor hê nie en solank sal sy wese ook nie tot liefde verander nie, wat in

die eerste plek die bestryding van die eieliefde vereis. En so kan dit julle

steeds alleen voorgestel word dat julle nog onder die invloed van My

teenstander staan, solank die eieliefde in julle nog oorheersend is. En dit

moet julle aanspoor tot stryd teen julleself.

Julle moet altyd julle eie wense teenoor die nood van julle medemens stel

en dan probeer om steeds meer aan julle naaste te dink en terwille van

hom afstand te doen van julle wense. Dan sal julle siele ‘n geweldige

177

vooruitgang hê. En julle kan aan die graad van julle eieliefde meet, in

welke toestand julle siele hom bevind. Julle mag nooit glo dat julle regte

sielearbeid verrig solank julle die eieliefde in julle nog nie onderdruk het

nie, wat die beste maatstaf vir julle sielesvolwassenheid is.

Maar hiervan kan julle seker wees, dat Ek julle help om julleself te oorwin,

as julle tenminste die ernstige wil het om hierdie graad van volwassenheid

te bereik, wat julle die lot van julle naaste meer aan die hart lê as julle eie

lot. Dan sal julle ook die krag gegee word, omdat Ek die ‘ernstige wil’ seën

en julle bystaaan, sodat julle nie swak word in julle wil om tot voltooiing te

kom nie. Maar sonder hierdie stryd teen julle eieliefde sal julle, julleself

nooit oor julle naaste belangeloos kan ontferm nie. Julle sal nooit die gevoel

van ‘n liefde wat gelukkig wil maak ervaar solank die hebsugtige liefde julle

nog vul nie, wat afkomstig is van My teenstander.

En hy hou julle solank in sy boeie tot julle, julleself van hom losgemaak het

deur die oorwinning van die eieliefde, wat ‘n groot pluspunt beteken vir

julle siele, wat slegs meer volwasse kan word as die mens vol ywer aan

homself werk. As hy altyd My Wil, wil vervul, wat steeds in My gebooie tot

uitdrukking kom: "Hê God lief bo alles en julle naaste soos julleself!". Amen

Die Voorloper van Jesus is reeds onder die lewendes

7295 28 Februarie 1959

Wanneer julle sal hoor dat iemand op ongewone wyse van Jesus spreek,

dan sal julle weet dat die laaste fase van die eindtyd aangebreek het. Dat

die Voorloper van Jesus Christus weer sy opdrag volbring, naamlik om Hom

aan te kondig, wat sal kom op die dag van die oordeel om Syne te kom

haal en die aarde te omvorm soos wat dit verkondig is in woord en geskrif.

Hy sal heeltemal onverwags verskyn en uit homself spreek, want die mag

van sy stem sal geweldig wees, omdat hy die mense sal aanspreek op so 'n

ernstige en betekenisvolle manier, dat baie onder die indruk sal kom en sy

woord ter harte sal neem. Hulle sal ook insien dat hy die Woord van God

verkondig omdat, ook die tekens wat hy doen om sy medemens te help,

buitengewoon sal wees.

Hy sal ‘n ware "wonderdoener" wees vir die armes en ongelukkiges, ‘n

helper in die nood wat oor alle mense sal losbars in die tyd wanneer hy sal

optree. Hy sal hardop en duidelik spreek en hulle sal sy werk wil verbied en

sal hom nie vrees nie. Des te meer sal hy almal aan die kaak stel wat teen

Jesus se wil spreek en handel. Daarom sal hy gehaat en vervolg word deur

die magtiges van die aarde, wat hy onbarmhartig sal beskuldig, weens

hulle gedrag teenoor die mense.

Maar die kloof tussen die aardse en die geestelike wêreld sal al te groot

wees, sodat van dié kant geen begrip meer te verwagte sal wees vir hom

wat “roepende in die wêreld woestyn” sy missie sal verkondig nie. Hulle sal

hom uitlag en hom reeds daarom vervolg, omdat die toeloop na hom toe

178

steeds groter sal word, want daar is tog mense wat onder die indruk sal

kom, tot ergernis van die maghebbers wat teen elke geloof sal optree.

Dit is die tyd wat kort voor julle lê - en nie lank meer nie - of julle sal van

hom hoor. Maar weet dan dat julle standvastig moet bly, want met sy

verskyning sal dit beslissend wees na welke rigting julle, julleself sal wend.

Want dan gaan dit slegs maar daarom om julleself vir God of vir die wêreld

uit te spreek en die Voorloper sal vir julle ‘n sterk steun wees, sodat julle

die Weg na God kan neem, want oortuigend en geweldig sal sy spraak

wees. Jesus spreek Self deur hom so onmiskenbaar dat dit vir geen mens

moeilik sal wees om homself by hom aan te sluit nie, omdat hy so ‘n

duidelike getuienis van sy roeping sal gee, dat die mense al daaraan sal

kan sien wie hy is.

Hy self weet van sy missie, dat dit sy laaste opdrag vir Jesus is en om uit te

gaan en Hom met ‘n harde stem te verkondig. Hy self is van sy herkoms

bewus en ook van sy verskriklike einde. Maar niks skrik hom af nie en niks

hou hom teë om sy missie te vervul nie en dit sal sekerlik geseënd wees.

Wie homself by hom sal aansluit, sal goed daaraan doen, want hy sal baie

krag by hom kan ontvang en baie lig sal ontleen word van die groot "lig",

wat oral heen sal straal waar dit verskyn. Hy vertoef reeds onder die

lewendes, maar hy is nog nie van sy opdrag bewus nie, maar dit sal

plotseling vir hom duidelik word en sy aardse lewe sal daardeur grondig

verander word. Hy dien weliswaar ook nou al Jesus en besef ook die lae

geestelike peil waarin die mensdom wegkwyn, maar die oproep het nog nie

na hom toe uitgegaan nie, wat egter plotseling sal geskied.

En dan sal hy uit die omgewingstilte tevoorskyn tree waarin hy tot nou toe

was en hy self sal dan geheel en al bewus wees van sy opdrag, want die

Gees van God sal hom dryf en sal hom volledige helderheid skenk oor sy

missie. Nou reeds dien hy Jesus met vreugde met ‘n oorgawe wat hom

steeds geskikter maak vir die laaste diens wat hy Jesus wil bewys voor die

einde, voor Sy Wederkoms.

Julle moet dus slegs ag gee op hom wat God se Woord sal verkondig en

julle sal hom dan ook herken, wat ongewoon op die voorgrond tree. Hy wil

sy ongewone missie vervul, naamlik om die Koms van Jesus aan te kondig

en die mense deur geweldige predikings op hulle aardse opdrag te wys: om

boetvaardig te wees en met alle erns aan hulle sieleheil te werk. Hy sal aan

hulle die einde aankondig wat nie lank na sy verskyning sal kom nie, want

die tyd wat God die mense gegee het vir hulle voleinding, sal vervul wees.

Amen

Die omvorming van die aarde

7297 2 Maart 1959

Die aarde sal as hemelliggaam bly bestaan, want Ek is nie van plan om

hom totaal te vernietig nie. Maar alles wat op aarde leef, net soos alle

179

natuurskeppings, sal vergaan sodat ‘n totale reiniging van die aarde kan

plaasvind, wat in sy huidige toestand nie meer tot diens is vir die

opwaartse ontwikkeling van die geestelike nie. Al die geskapenes in, op en

bo die aarde sal die lewe verloor. Hulle sal bevry word van die omhullende

uiterlike vorm, wat sal oplos volgens My wil. En ooreenkomstig die

geestelike volwassenheid, sal dit dan op die nuwe aarde weer in ‘n nuwe

uiterlike vorm kom en kan dan weer die weg van ontwikkeling verder aflê,

wat in hierdie huidige tyd ‘n gevaar is vir alles wat daar bestaan, want My

teenstander wedywer op elke moontlike manier en hy probeer om elke

ontwikkeling te verhinder of te onderbreek. Die aarde sal egter nog deur

eindelose tye heen sy opdrag vervul, want op hom moet die nog

onvolwasse wesens hulself ontwikkel tot "kinders van God".

Daarom sal die aarde as nuut te voorskyn kom nadat ‘n ingrypende

omvorming plaasgevind het. Nadat al die geestelike na behore gevonnis is,

dit wil sê, wat in hulle gegewe uiterlike vorm ingelyf is. En wel van die

vaste materie tot en met die mens, vir wie daar ook weer makliker

ontwikkelings moontlikhede gebied moet word, om die doel, naamlik om

ware kinders van God te word, te kan bereik.

Hierdie vernietiging aan die einde is dieselfde as die vernietigende einde

van die ou aarde, ofskoon die hemelliggaam as sodanig sal bly bestaan,

maar omdat daar wel ‘n totale omvorming van sy uiterlike vorm sal

plaasvind. En daarom kan en moet ook met reg op ‘n einde gewys word

wat nie net ‘n einde is van alle beskawings nie, maar ‘n einde beteken van

alles wat bestaan, dus van elke skeppingswerk op hierdie aarde.

En daar begin weer ‘n nuwe tydperk, want die hele aardoppervlakte sal Ek

weer opnuut laat herlewe met wonderbaarlike skeppings waaraan die

menslike oog homself weer kan verlustig.

Want Ek sal aan al die nuwe skeppings die wonderlikste vorms gee en die

mees grote verskeidenheid van lewende wesens sal Ek die mense, wat

hierdie nuwe aarde weer bewoon, as geselskap gee en dit sal Ek hulle gee

in liefde, wysheid en mag. Want Ek vorm vir My die stam van ‘n nuwe

mensegeslag uit hulle wat Ek vir ‘n tyd van die ou aarde kon wegneem, wat

My trou gebly het en wat Ek daarom uitgekies het vir die nuwe generasie,

waaruit mense kan voortkom wat volgens My wil wil lewe en by wie Ek Self

kan vertoef kragtens hulle geloof en hulle liefde.

Dit sal ‘n paradysagtige bestaan wees, want alle nuwe skeppings sal die

mense in ‘n ongekende mate met vreugde vervul. Die mense sal waarlik ‘n

paradys bewoon, ‘n aarde, wat nie meer met die ou aarde vergelyk kan

word nie. Want hy sal slegs nog deur geestelik volwasse mense bewoon

word, hulle wat ‘n graad van saligheid, wat tevore nie op aarde geken was

nie, kan ontvang. Want die rede dat ‘n reiniging van die ou aarde moes

plaasvind, was dat die mense aan Satan behoort het.

Hierdie tyd lê voor julle en elkeen kan sy wese en sy geaardheid nog so

verander dat hy die grote geluk van die wegneming ten deel sou kan val.

180

Maar die vaste geloof daaraan kan ‘n mens selde ophaal, want min mense

is met soveel liefde vervul dat hulle tot die klein kudde behoort wat Ek

plotseling en onverwags sal oproep. Maar eers sal nog ‘n tyd van nood oor

die aarde uitbreek, wat vir julle ‘n definitiewe teken sal wees dat die dag

nie meer ver is nie.

Wanneer julle die aktiwiteit van My teenstander baie duidelik sal kan

waarneem en julleself aan die bose dade van sy gekluisterdes blootgestel

sal wees, wanneer die nood groot word en daar geen uitweg meer moontlik

lyk nie, dan is die einde ook naby. Dan sal Ek deur My mag al die boosheid

op aarde vernietig en die wat Myne is van sekere ondergang red.

En die wat deur My weggeneem word, sal die ondergang van die ou aarde

belewe, al kan hulle self nie meer daardeur geraak word nie. Maar eers sal

hulle getuig van die strafgerig van ‘n regverdige God. Hulle sal die daad

van vernietiging kan aanskou en Hom nogtans loof en prys Wie hulle voor

die oordeel gered het.

En weer sal Ek ‘n skeppingsdaad verrig, want Ek sal weer ‘n nuwe aarde

laat ontstaan. ‘n Woonplek vir My klein kudde, vir My uitverkorenes. Hulle

kan nou in vrede en vryheid, in vreugde en saligheid en in lig en krag in die

paradys, waar geen leed en pyn meer is nie, ‘n totaal nuwe lewe ly. Want

die veroorsaker van al die kwaad is gekluister en sal vir lank nie die mense

meer kwel nie.

‘n Aardse periode sal dan ten einde loop en dan begin daar ‘n nuwe

periode, wat die tallose geestelike, wat nog gekluister is, omhoog sal lei om

die uiteindelike doel, naamlik die vereniging met My as My kind, te bereik.

En julle staan as mens voor hierdie gebeure, want die tyd wat vir julle

gestel was om vry te raak uit die vorm, is vervul. Amen

Die kortste weg is die weg via die Kruis

7300 6 Maart 1959

Ek wil julle die kortste weg wys wat na My lei, terug in die Vaderhuis. Dit is

die weg via die kruis, die weg na Jesus Wie My as die mens Jesus omhul

het, sodat Ek vir julle die verlossingswerk kon volbring, die werk van

genoegdoening vir julle vroeëre groot skuld van hulle wat hulle van My

afgewend het. Die werk van erbarming volbring My Liefde vir julle My

sondig geworde skepsele, wat hulself daardeur in die grootste ongeluk

gestort het en daaruit bevry moes word.

My Liefde wil vir julle die skuld oorneem en vir julle boete doen, want die

Liefde was die enigste wat hierdie groot skuld tot niet kon maak. Julleself

het van alle liefde afgesien, julle het elke toestraling van Liefde van My

kant afgewys, julle was heeltemal sonder enige liefde en omdat hierdie

groot oerskuld juis net met liefde weer goed te maak was, moes My Liefde

vir julle die skuld delg wanneer Ek wou, sodat julle ook weer vry kon word

en na My sou terugkeer. Julle het deur My verlossingswerk nou ook

181

daarvan vry geword, met die voorbehoud dat dit in julleself lê om weer in

vryheid na My toe terug te keer, dat julle dit self moet wil om weer deur My

toegestraal te word en deurstraal met My Liefde, wat krag, lig en vryheid

is.

Hierdie wil sal julle dus eers moet genereer, as julle in die kring van hulle

opgeneem wil word, vir wie Ek die bitterste dood aan die kruis gesterf het.

Slegs julle wil is nodig dat aan julle dan ook die vereiste krag gestuur word

om die weg na My te kan aflê, want om hierdie weg te gaan, beteken dat

julle gewillig moet wees om julle weer in die bereik van die son van My

Liefde te begewe, omdat julle, julle wese wat tot nou toe liefdeloos was,

moet verander tot liefde.

Daar is dus slegs één weg wat weer na My terugvoer, die weg van die

liefde, wat julle eers sal kan gaan, wanneer hierdie weg na die kruis voer,

omdat julle andersins te swak is, ondanks julle goeie wil, om werke van

liefde te verrig, solank My teenstander julle nog in sy mag het, solank die

goddelike Verlosser Jesus nog nie in julle lewe gekom het nie, wat julle

slegs aan die kruis van Golgota kan vind, wanneer julle, julleself op die weg

begewe na Hom. Want Hy alleen kan en sal julle nog swakke wil versterk,

deurdat Hy julle met Sy aan die kruis verworwe barmhartigheid oorstelp en

julle so deur die sterkte van julle wil dit terugkry wat julle eens besit het en

deur julle val in die diepte verloor het.

Wanneer Ek julle dus die kortste weg wil toon, beteken dit dat julle

absoluut met Jesus in verbinding sal moet tree, dat julle vir Hom sal vra om

versterking van julle wil, om vergewing van julle skuld en om verlossing uit

julle nog gebonde toestand. En dit alles het ook dieselfde betekenis as ‘n

lewe in liefde, met onophoudelike werksaam wees in liefde, dat julle wese

heeltemal omvorm word en julle dit weer so aan My Wese aanpas, Wie die

ewige Liefde is.

Elke mens wat sy beste doen om in liefde te lewe, sal ook sy oë opslaan na

Jesus aan die kruis, hy sal self skuldig voel en vra om vry te word van sy

skuld, hy sal in die swak toestand van sy siel die weg neem na Jesus en ‘n

beroep doen op Sy aan die kruis verworwe barmhartigheid. Hy sal homself

by Hom aansluit omdat hy homself te swak voel en hy sal nie verder hoef

te gaan nie as na die kruis, omdat hy alles daar sal vind wat hy nodig het

om weer opgeneem te word in sy vaderhuis.

Die vergewing van die sondeskuld is vir hom verseker, omdat hy ook sy

wese verander het, ook dat die gang na die kruis ‘n sterk innerlike behoefte

word vir hom en hy daarom ook ‘n baie diep berou sal hê oor sy skuld.

Maar hierdie verandering van sy wese sal nie plaasvind sonder die wil om

lief te hê nie, want dit is juis die liefde wat die wese ontbreek en wie dit

weer in homself moet ontsteek om homself aan My Oerwese aan te pas.

Maar die mens sal dit ook kan doen, wanneer hy slegs van goeie wil is om

sy doel op aarde te vervul, waarvoor aan hom die bestaan op aarde

geskenk is. Die wil is alles en hy kry verseker versterking deur Jesus.

182

Daarom kan die goddelike Verlosser egter nie uitgeskakel word nie en

daarom is die gang na die kruis die enigste groot taak van die mens,

waarvan die volbrenging hom egter krag en vryheid, lig en geluksaligheid

verseker, soos dit aan julle beloof is. Amen

Ernstig verlange na vereniging met God

7303 10 Maart 1959

Neem My op in julle harte, d.w.s. wil opreg met My verbind wees. Wie dit

ernstig wil, die neem Ek ook aan en hy sal hom vir altyd met My verbind,

want hy het sy eertyds van My afgekeerde wil verander, hy het hom weer

by My aangesluit, net soos hy hom eens van My losgemaak het.

Die grootste kwaad in die wêreld is, dat die mense in ‘n sekere

onverskilligheid voortlewe, ongeag teenoor My, Wie hulle miskien nog

aanvaar, maar wat die samehang met hul God en Skepper nie by

benadering ken of begryp nie, omdat hulle nie met hulself in bespreking

tree nie. Meestal gaan hulle hul aardse weg nie sonder kennis van My nie,

maar tog sonder dieper geloof, alleen uit onverskilligheid, behalwe die

mense, wat My klaarblyklik weerstaan.

Maar Ek praat van die onverskilliges, wat in die meerderheid is, wat almal

na buite sal beweer, om in My te glo, maar wat hul tog in gedagtes nouliks

of heeltemal nie met My besighou nie. Hulle het My nog nie in hul „harte“

opgeneem nie, hulle wil is nog nie ernstig op die vereniging met My gerig

nie, hoewel hulle dit ook sal ontken teenoor hul medemens.

Ek ken egter die graad van verlange na My en Ek wil in julle harte

opgeneem word. Ek wil, dat julle gedagtes hom met My besighou, dat dit

julle aanspoor, om die innige verbintenis met My tot stand te bring, dat

julle dieselfde wil het, om julle weer met My te verenig, van Wie julle,

julleself eertyds vrywillig losmaak het.

Juis die uitdruklike wil kan ‘n volledige verandering van julle lewenswandel

en dus ook van julle wese bewerkstellig, maar sonder die uitdruklike wil sal

julle dit nooit tot die geringste verandering van julle wese bring nie, omdat

juis julle onverskilligheid vir My teenstander die welkome geleentheid is,

om tussen My en julle te staan en hy sy invloed waaragtig met sukses sal

uitoefen. Want Ek kan julle nie lei nie, omdat julle hart My nog nie ernstig

soek nie en Ek kan derhalwe ook nie My teenstander verdring, as hy julle

vergesel nie. Julleself egter besit sonder My geen krag om julle teen hom te

verweer nie, julle skik julle maar al te graag na sy planne, omdat hy julle

daarvoor in ruil materiële goedere beloof. Maar het julle die uitdrukkelike

hartewens, dat Ek julle naby moet wees, dan geld julle wil My en dan kan

Ek hom afweer en julle ook werklik naby wees. Dan het julle My in julle

hart opgeneem en dan is julle ook op die ware weg na My, oftewel, julle sal

My dan vir ewig nie meer verloor as Ek eenmaal besit kan neem van julle

183

hart nie, omdat julle dit uitdruklik verlang. En julle almal sal oor julle

diepste wil verantwoording moet aflê waarheen dit hom keer.

Julle sal julleself elke keer moet afvra, wat wel julle grootste liefde op aarde

is, of julle nog voorkeur gee aan wêreldse sake of dat vir julle My

teenwoordigheid alleen so begerenswaardig is, dat julle bereid is, om al die

andere op te gee om My ontwil. Sou julle die laaste kan, dan is julle waarlik

op die ware weg en julle opregte wil sal beloon word, want julle sal nou

geen tyd mors, wat julle in My teenwoordigheid kan deurbring nie, omdat

julle harte daar steeds meer na verlang, om My in julle op te kan neem en

omdat so ‘n verlange altyd vervul sal word.

Want ook Ek verlang na My kinders en wil dat hulle eenmaal weer na My

terugkeer, van waar hulle uitgegaan het met ‘n verkeerde gerigte wil, wat

hulle daarom weer moet verander na My toe, na hul Vader van Ewigheid.

Amen

Oor die innerlike woord

7304 11 Maart 1959

Almal sal My stem verneem wat vurig daarna verlang en met My in

verbinding tree in hulle hart, dus nie slegs gebede met die lippe tot My

opstuur, wat nie deur My gehoor word nie. Maar Ek het baie kinders wat

innig tot My bid en wie se gebede Ek dan verhoor, in die besonder, as dit

slegs ‘n versoek is wat Ek as Vader tot My kind mag spreek.

Hierdie bede bewys sy liefde vir My, wat vir so 'n kind alles is: Goeie Vader,

Vriend en Broeder. En dan sal Ek My ook openbaar as Vader, Vriend en

Broeder en sal My aanspreking altyd ‘n ondersoek wees op sy vrae en

wense, wat die kind My vol vertroue voorlê. En dus mag elke mens homself

ook so aangesproke voel deur My, wat slegs op 'n innige samespraak met

My bly wag, tot hy van My antwoord bewus geword het. Want juis die

afwagting op en die verwagting van My antwoord mag nie versuim word

nie, wat egter ook die diepe geloof vereis dat Ek tot My kinders spreek. As

die mense die diep geloof sou gehad het, dan sou dit vir hulle almal ook nie

so ongewoon gewees het dat ‘n God tot Sy skepsele, of dat ‘n Vader tot Sy

kinders spreek nie. Dog juis die wat geloof het, is maar weinig en daarom

kom dit so selde voor dat Ek My so kan uiter, dat die medemens ook iets

daarvan ervaar. Daarby kom ook, dat die mense My aanspreking op

heeltemal verskillende wyses verneem, meestal in hulle eie taal. Daarom

word die resultate van die vertroulike tweegesprek van die kind met die

Vader as ‘n produk van sy eie gedagtes beskou, as die ongewone inhoud

die medemens nie wantrouig maak of hulle anders leer dink nie.

Maar Ek sê vir julle: Ek spreek veel eerder met My kinders as dat Ek ‘n

geleentheid sou laat verbygaan om My te uiter, alhoewel Ek My steeds net

kan openbaar na gelang van die volwasse toestand, asook die opdrag wat

die ontvanger van My Woord terselfdertyd moet vervul op hierdie aarde.

184

Sodra die stuur van My Woord dus met ‘n opdrag verbonde is, word daar

ook ander voorwaardes gestel, wat diegene wat dit ontvang moet vervul,

om geskik te wees vir hulle opdrag. En dan sal ook die resultate van die

innige omgang met My, die inhoud van My regstreekse aanspreking in sy

aard anders wees omdat dit teen die kritiek van die verstandsmense moet

standhou, omdat dit as leerstof, wat versprei moet word, beskou moet

word, wat as evangelie aan die mense wat hulself in groot geestelike nood

bevind, gebring moet word. Maar die aanspreek van My kinders sal sigself

op geen enkele wyse teenspraak wees nie, ofskoon dit in ‘n verskillende

vorm gesteld is, juis vanweë hulle bestemming. Ek moet My kinders

ooreenkomstig hulle vermoë om op te neem, aanspreek. En sodra hierdie

woorde van My woordeliks weergegee word, spreek dit hulself nooit teë nie.

Word dit egter na eie sienswyse verander, dan kan en sal hulle ook self

dwaling by die woorde voeg, wat aanvanklik aan die mense gegee word as

die suiwerste waarheid.

Laat alles onveranderd wat julle mense, van bo ontvang. Hierdie vermaning

sou Ek julle steeds weer wil laat toekom, dan is die waarheid ook

gewaarborg en dan sal niemand aanstoot kan neem behalwe hulle, wat self

nog nie in die waarheid wandel nie. Want selfs as die denke van ‘n mens

nog eers van die waarheid afwyk, word hulle deur My Woord korrek gelei,

of die omstrede vrae word nog solank tersyde gestel totdat die mens,

sonder enige innerlike weerstand, opgeroep deur verkeerde onderrig, My

woorde aanneem en sulke teenstrydighede ook uit die weg geruim word.

Maar Ek spreek tot al My kinders wat net vir My tot hulself laat spreek deur

'n innige verbintenis en wat My wil hoor. En My woorde is steeds aan hulle

gerig, wat dieselfde vrae oordink en wat ook die wil het om My te hoor.

Maar met die oog op die groot geestelike nood en die naderende einde,

stuur Ek My Woord, die leer wat die Mens Jesus op aarde verkondig het,

opnuut na die aarde, omdat dit verspreiding vind en alle mense sal

aanraak wat hulself in die soeke na die waarheid vir My aanspreking

oopstel, deur dit wat aan hulle deur My bodes oorgebring word.

Die woord is dus aan almal gerig, maar sal eweneens slegs op hulle indruk

maak wat dit sonder teenstand sal aanhoor. En hulle sal nou volgens My

woord handel en lewe en dan ook die uitwerking van My Woord kan ervaar,

want dit sal toeneem in krag en lig, in sterkte van wil en wysheid. Want

alles wat van My uitgaan moet sy uitwerking hê, aangeneem dat die wil van

die mens geen weerstand bied nie, dat die mens wil om deur My

aangespreek te word en met danksegging My barmhartigheidsgawe

aanneem, wat My liefde hom bied en sal bied tot aan die einde. Amen

185

"Ek is die weg, die waarheid en die lewe"

7305 12 Maart 1959

Geen mens het die lewe in hom nie: hy ontvang dit van My, want Ek is die

lewe en van My gaan al die lewe uit. By die begin van sy beliggaming

behoort die mens nog baie aan die dood en op aarde moet hy eers die ware

lewe bereik. Daartoe moet hy ‘n bepaalde weg gaan en hierdie weg is Ek

Self. Hy moet die waarheid uit My hand aanneem omdat Ek ook die ewige

Waarheid is.

En so is daar maar een weg na die waarheid en die lewe en hierdie heet

Jesus Christus, want alle mense moet eers deur Hom verlos word, as hy die

ewige lewe wil bereik. Daarom kom Ek in die mens Jesus Self na die aarde

om die mense die weg te wys en almal daarop voor te gaan wat My moet

volg om in waarheid lewende te word.

Voor hulle egter verlos is deur Jesus Christus, is hulle nog in die nag van

die dood, hulle ken die waarheid nie, hulle ken nie die ware weg wat na die

lewe lei nie en sou hulle dit ken, dan het hulle nie die krag om daarop te

gaan nie. Maar Jesus Christus skenk hul hierdie krag, Hy lei hulle en bevry

hulle van die dood, sodat hulle die lewe in geluksaligheid kan binne gaan.

Daarom het Ek gesê: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe” Sonder My

kan niemand tot die waarheid kom en die lewe bereik nie, want solank hy

My nie as Leidsman het nie, gaan hy ‘n ander weg, wat beslis nie van die

dood na die lewe voer nie. Maar die mens moet dit ook wil om lewende te

word en hy moet stryd voer teen hom wat probeer om hom in die dood vas

te hou, wat alles sal doen om hom te verhinder om die ware weg, die weg

na die lewe, te vind.

Die mens moet self wil dat hy sal lewe en hom tot die Heer van die lewe

wend, Hom vra om krag en leiding, omdat hy alleen te swak is om hierdie

weg te gaan. Want die weg gaan omhoog en vereis krag, die weg is baie

moeisaam om te gaan en nie aanloklik nie en verg daarom ook ‘n vaste wil

van die mens om die weg terwille van sy doel af te lê. Want die doel is

heerlik, die doel is ‘n lewe in geluksaligheid, in lig en krag en vryheid.

Maar geen mens hoef moed te verloor, of angstig te wees dat dit hom aan

krag sal ontbreek nie, as hy hom maar tot Jesus Christus wend, tot Hom in

Wie Ek Self oor die aarde gewandel het om julle mense te verlos van sonde

en dood, van swakheid en duisternis. Wie hom tot Hom wend, wend hom

tot My, as hy maar glo dat slegs Een die lewe kan gee, Wie Self die Heer is

oor lewe en dood. En wanneer Ek praat van “lewe", dan bedoel Ek die lewe

wat ewig duur, nie die kort lewe op aarde wat julle alleen maar gegee word

met die doel om die ewige lewe te verwerf nie.

Ek wil dat julle leef in ewigheid en die lewe van julle moet ‘n geluksalige

lewe wees, maar julle sal die weg moet neem via Jesus Christus en julle sal

heel seker die lewe in alle volheid en waarheid bereik, julle sal weer met My

186

verenig wees, soos dit was in die allereerste begin, julle sal ewig lewe en

die lewe nooit meer verloor nie. Amen

Regverdige selfbeskouing is nodig

7307 13 Maart 1959

Keer in julleself en herken julle swakhede. Die reëlmatige waarneming van

julle innerlike is baie nodig, want julle mense is nog nie daarvan bewus dat

julle nog baie onvolmaak gevorm is, omdat julle die staat van julle siele nie

aan kritiek onderwerp nie, maar tevrede is, as slegs julle buitenkant na eie

goed denke in orde is. Maar dit dra daartoe by om die volwassenheid van

die siel te vergroot, wat ‘n aparte werk vereis as dit sukses moet oplewer.

En dit is nodig dat julle weet hoe julle gesteldheid moet wees en hoe julle

geaard is. Daarom moet julle des te meer vir julleself rekenskap gee, julle

moet selfkritiek uitoefen en as maatstaf alleen My gebooie van die liefde tot

God en die naaste as maatstaf gebruik en julle sal julle dan spoedig bewus

word van julle swakhede en gebreke, wat dan helder en duidelik tevoorskyn

kom. wanneer julle van plan is om julle wese ernstig te verander.

En dit moet julle goed onthou, dat dit die ernstige wil van die hart moet

wees, nie alleen maar voornemens wat die mond uitspreek - uiterlik -

waardeur die hart nie geraak word nie. Julle mense is almal nog te wêrelds

ingestel en dit het tot gevolg dat die onbaatsugtige naasteliefde maar heel

weinig beoefen word, omdat die mens wat met die wêreld nog te veel

verbind is, steeds alleen maar aan homself dink voordat hy aan sy naaste

dink.

Is dit egter julle erns dat julle siele tot volwassenheid kom, dan sal julle

ook oop en eerlik julle swakhede en gebreke aan julleself moet beken en

probeer om daar teen te stry om ‘n verandering tot stand te bring en vir

julleself die erns van julle wil te bewys, want alleen die ernstige wil

verseker sukses, terwyl ‘n oppervlakkige poging nie as sodanig beskou kan

word nie. Op elke manier kan julle wel gehelp word, julle ondervind

bystand, sowel met julle wil as ook met die handeling, maar julle sal tog

self die eintlike arbeid aan julle siele moet verrig en daarby hoort ‘n

beskouing en herkening van julleself, daarby hoort die volledige erns van ‘n

selfondersoek, wat nou ook aan die lig sal bring waaraan julle moet werk,

wat julle dan ook sal geluk want julle ondervind dan in hoë mate geestelike

ondersteuning.

Die ernstige wil beteken alles en die ernstige wil word ook beoordeel deur

HOM, wat deur julle bemin moet word bo alles en wat julle ook die liefde vir

julle broeders en susters aanbeveel het, wat ook Sy kinders is en

aanspraak maak op dieselfde liefde van julle. Maar daaraan ontbreek julle

almal en daarom sal julle steeds weer vermaninge moet aanhoor om

julleself te ondersoek. Want as julle gehelp moet word dan sal julle ook

moet weet waar hulp nodig is.

187

En eers wanneer julle, julleself deursien, wanneer julleself moeite doen om

julle wese te herken wat nog ver van volmaak is, eers dan sal julle, julleself

inspan om dit te bereik, ofskoon ook dit nog ‘n wilsdaad van groot

standvastigheid verg. Tog is dit moontlik met geestelike ondersteuning

sodra hulle insien dat julle van goeie wil is en ernstig julle voltooiing

nastreef. Amen

Aan die deemoedige skenk God Sy barmhartigheid

7308 14 Maart 1959

Die wil om diensbaar te wees, is om in die deemoed binne te gaan, dit is

die begin van die oorwinning in die stryd teen die verwaandheid wat die

mens nog kenmerk as kind van die Satan en wat hy daarom met alle mag

moet bestry. Die hoogmoed wil heers; dit plaas homself hoog bo alles wat

die naaste aan hom staan, die hoogmoedige mens sou alles wil onderwerp

en dwing om hom diensbaar te wees, die hoogmoedige mens is

meedoënloos en liefdeloos, hy het al die kenmerke van die teenstander van

God, wat duidelik aan die lig kom en daarom is hy op die weg van die

verderf, wanneer hy nie verander en ernstig teen die gees van hoogmoed

ingaan nie. En dit sal hy doen sodra in hom die wil ontstaan om diensbaar

te wees; om sy medemens te dien is werklik bevrydend want dan wring hy

homself los van die teenstander en gaan ‘n ander sfeer binne, want die

deemoed voer hom na God, deur die deemoed kom hy nader na God en hy

ontvang barmhartigheid in oormaat volgens Sy belofte: "Slegs aan die

deemoedige skenk Ek My barmhartigheid".

Die deemoed sal homself steeds bewys in die wat dienend wil help, die

mens gaan volledig ‘n ander stadium van ontwikkeling binne, wanneer hy in

deemoed leef, wanneer hy elke gevoel van verwaandheid bestry, wanneer

hy begin om homself te deursien en hy self bewus word van die swakheid

van sy wil en sy foute, wat hom elke hoogmoedige eiewaan ontneem en

hom verplaas in die bewussyn van die diepste nederigheid. En daarmee in

ooreenstemming sal hy homself ver van God verwyderd waan, hy sal in

waaragtige deemoed sy oë na Hom opslaan en Hom om Sy barmhartigheid

vra. Maar dit sal geen spel wees nie, geen uiterlike vorm nie, slegs diepe

innerlike deemoed, wat hom daardeur ook waardig maak om die

barmhartigheid van God te ontvang, omdat hy versterk word in sy

voorneme om aan homself te werk, om sy onvolmaaktheid op te hef en in

die Liefde en barmhartigheid van God waardiger te word, waarna ‘n

deemoedige mens vurig verlang en wat hy van harte afbid.

Die deemoedige mens het reeds die afkeer van die teenstander voltooi,

want die deemoed is ‘n goddelike eienskap, ‘n graad van volmaaktheid, wat

steeds die afkeer van die teenstander vereis; hoewel die mens dan nog

baie aan homself moet werk om die voortdurende aanwesigheid van God

waardig te word. Maar die dienende liefde wat ‘n deemoedige mens nou

188

vervul, verander ook spoedig sy hele wese tot liefde en ‘n waaragtige

deemoedige mens kom spoedig so naby die hart van die Vader, dat hy

homself verenig met die ewige Liefde en dus ook die voltooiing bereik.

Solank dit die mens nog aan ware deemoed ontbreek, is sy volwasse-

wordingsproses ook nog nie voltooi nie, want die ware deemoed trek eers

die Vader met sekerheid na Sy kind wat deur ware deemoed die kindskap

van God laat sien. En solank daar nog ‘n vonkie hoogmoed in die mens

aanwesig is, is die weg tot hierdie vereniging nog lank, want die hele tyd is

die teenstander van God nog steeds hierby betrokke en die stryd teen hom

moet met die hele wil en ‘n vaste voorneme gevoer word en dit kan ook

gevoer word sodra die mens na ‘n innerlike stryd tot dienende naasteliefde

kom, wat hom dan ook die oorwinning sal oplewer oor homself.

Die mens moet slegs eers in homself keer en nadink oor sy foute en

swakhede, oor sy slegte eienskappe en gewoontes. En hy sal homself van

sy hoogmoed in ‘n groot mate vrymaak, wanneer hy slegs eerlik is teenoor

homself. Maar hierdie kritiese selfbeskouing kan vir hom ‘n ommekeer

wees, want sodra hy homself ondersoek het en van goeie wil is, sal hy

homself in deemoed tot God wend en Hom vra om barmhartigheid en

erbarming, waarvan hy dan ook baie seker van kan wees, want: "Aan die

deemoedige skenk God Sy barmhartigheid!” Amen

Die beantwoording van vrae – Ondersoek die

oorsprong

7311 18 Maart 1959

Elke vraag sal Ek vir julle beantwoord, as julle maar in staat sal wees om

julleself heeltemal van die wêreld en sy indrukke af te sluit, dus om met ‘n

algehele leë hart slegs vurig te verlang na My teenwoordigheid. Dan kan

julle ook My Woord sonder enige vertroebeling verneem, waartoe die totale

tersyde stelling van al die aardse nou eenmaal absoluut noodsaaklik is.

Daarom word daar egter ook baie meer as My woord as waar beskou,

waarby die gedagtes van die mense self nog te veel betrokke is, terwyl

hierdie "stilte in God " nog nie tot stand gebring is nie en waar My

antwoord nie afgewag word nie. Die graad van liefde en die verbondenheid

met My is altyd deurslaggewend in watter mate en welke wyse die mens

deur My aangespreek word. En ‘n mens wat homself heeltemal aan My

oorgee, die hoef nie te vrees om homself te vergis in die aanspreking wat

hom ten deel val nie. Hy sal alles sonder bedenkinge kan uitdra as ‘n

barmhartige uiting van My en hy sal daarom ook vrae sonder beswaar kan

stel, wat weliswaar oorwegend ‘n geestelike inhoud sal hê, omdat ‘n kind,

wat homself totaal oorgee aan My, veel meer geïnteresseerd is in

geestelike sake as in aardse probleme.

Dog die mense is nog baie aan die wêreldse gebind en heel dikwels begeer

hulle uitsluitsel oor suiwer aardse sake, wat hulle dan aan My voorlê,

189

steeds in die hoop dat Ek hulle ‘n antwoord na wense sal gee. En dit is ‘n

gevaar vir die waardering van My aanspreking, want die mense by wie die

aardse belange nog oorheers, is nog nie so ver dat hulle in staat is om

hulself totaal af te sonder en met My ‘n samespraak in stilte te hou nie.

Veel meer sal hulle gedagtes steeds weer afdwaal en na die wêreld

terugkeer, waarvan hulle hulself nie heeltemal kan losmaak nie. En dan is

‘n suiwer goddelike samespraak twyfelagtig, indien nie heeltemal uitgesluit

nie.

Julle moet dit daarom baie ernstig ondersoek, voordat julle iets as van "My

afstammend" uitdra en van die medemens te verwag om te glo dat Ek Self

die Veroorsaker daarvan is. Slegs diegene mag hulself seker voel en die

resultate van sy innige samespreking met My as heeltemal sonder dwaling

verkondig, wat hierdie innige verbinding in volledige afsondering tot stand

kon bring, wat op geen enkele wyse wêreldse gedagtes laat binnekom

gedurende die omgang met My nie. Hy kan ook enige vraag stel en dit sal

hom beantwoord word, omdat dit altyd sy wil is om nie in dwaling te raak

nie en omdat die waarheid vir hom bo alles gaan.

Ek praat met almal, of dit egter My Woord is, of sy eie gedagtes wat in sy

bewussyn kom, dit bepaal die mens self deur die erns van sy wil, sodra dit

gaan oor die beantwoording van vrae wat nie net ‘n geestelike inhoud het

nie, waar dus die gevaar bestaan dat daar wêreldlike gedagtes binnesluip

en die waarheid daardeur maklik in gevaar kan kom. Terwyl suiwer

geestelike vrae tog deur ‘n innerlike konsentrasie en afsondering veilig

gestel is, dus ook die antwoorde daarmee in ooreenstemming helder en

waarheidsgetrou uitval. Wil julle met My praat, dan vra Ek ook julle

onverdeelde oorgawe aan My, maar dan neem Ek julle ook heeltemal in

besit en alles wat uit julle gedagtes as resultaat te voorskyn kom, is die

uitvloeiing van My liefde in julle hart.

Deel julle egter julle verlange na My nog met die wêreld, dan kan julle nie

verwag dat Ek My in julle laat hoor nie. Daarom moet julle, julleself baie

ernstig ondersoek en dus selfkritiek uitoefen wat steeds vir julle van nut sal

wees as dit julle wil is dat Ek julle aanspreek. Want julle moet die suiwer

waarheid begeer, aangesien julle andersins nooit die suiwer waarheid kan

ontvang nie. Amen

Oor die herbeliggaming

7312 20 Maart 1959

Julle almal moet weet dat julle nie na eie geloof die aardse weg as mens

kan herhaal nie, maar dat julle wel een eenmalige geleentheid moet benut,

as julle nie eens deur bitter berou gepla wil word deurdat julle deur julle eie

skuld onvoltooid die geesteryk ingegaan het nie. Die veronderstelling: Om

so dikwels as wat julle wil die aardse lewe te kan herhaal, totdat julle die

graad van volmaaktheid bereik het, laat julle lou word in julle geestelike

190

strewe en daarom is so 'n leer skadelik vir die heil van julle siele. Dit is ‘n

gevaar, want baie mense het deur die leer nalatig geword in die arbeid vir

hulle siel en hulle hoop steeds, om hulle in ‘n nuwe lewe reg te kan maak

wat hulle nou versuim het.

So 'n leer is ‘n dwaling. Julle moet die barmhartigheidsgawe van die

beliggaming as mens ten volle benut. Want as julle eenmaal die ryk hierna

ingegaan het, dan is julle aardse ontwikkelingsgang afgesluit en alle

verdere ontwikkeling hang nou af van julle ingesteldheid in die geesteryk

en dit kan heel anders wees. Julle kan met ‘n goeie wil, met werksame hulp

van die ligwesens en doeltreffende voorbede van mense ook nog

vooruitgang in die hiernamaals boek en ook eenmaal tot saligheid kom.

Maar daarvoor moet julle heelwat meer krag aanwend as op aarde.

Julle kan egter ook wegsink in die diepte, as julle 'n verstokte hart het en in

die geheel nie van goeie wil is nie. En in die geval sou dit waarlik ‘n niegoddelike

daad wees om julle die beliggaming op die aarde nogmaals toe te

staan, wat nooit ‘n geestelike vooruitgang sou waarborg nie, omdat die

vrye wil altyd beslissend is en julle die herinnering aan vroeër moet mis,

terwille van die vrye wil. Is julle egter wel van goeie wil, dan kan julle ook

hierdie volwassenheid in die geesteryk verkry, waardeur julle verseker sal

wees van ligtoevoer en dus ook van ‘n mate van saligheid wat voortdurend

verhoog kan word. En dan het julle geen verlange meer om ‘n vleeslike

liggaam aan te neem en ‘n volgende beliggaming op aarde deur te maak

nie. Die enkele gevalle waarin dit kan voorkom het hulle heel besondere

redes, maar is nie as norm aan te merk nie, sodat die leer van die

reïnkarnasie nie daarvan afgelei kan word nie.

Dit is nie so dat die mens die voltooiing op aarde nie sou kan bereik nie,

want daarvoor het Jesus Christus aan die kruis gesterwe, sodat dit moontlik

is dat ‘n eenmalige gang as mens oor die aarde hom die volkome bevryding

uit die vorm kan oplewer. Dit is enkel en alleen die wil van die mens wat

gefaal het, waarvoor hy dan ook die gevolge op homself moet neem: ‘n

Onsalige toestand in die geesteryk, wat hy egter na eie wens willekeurig

kan afbreek en verander. Bowendien gaan alles volgens God se wil

opwaarts, slegs die wil van die mens kan agteruit gerig wees. En dus sou

dit die plan van die goddelike ordening teenspreek, wanneer deur Sy wil ‘n

wese weer in ‘n voorige vorm geplaas sou word wat hy self nie goed benut

het nie. Daarom kan daar gerus van ‘n misbruik van ‘n barmhartigheids

geskenk gespreek word, waarvoor hy homself nou ook moet verantwoord

en die gevolge daarvan op homself neem. ‘n Herbeliggaming kan plaasvind

in besondere gevalle, sodat ligsiele hulself byvoorbeeld op die aarde kan

beliggaam met die doel om te help en hierdeur hulle groot liefde vir die

noodlydende mensdom tot uitdrukking bring. Hulle neem dan nogmaals die

gang oor die aarde aan as mens op hulself om die medemens te help in

geestelike nood.

191

En so kan daar dus met reg geglo word dat daar mense op die aarde

vertoef wat van "bo" neergedaal het, maar wat dit egter self nie weet nie.

Die medemens kan dit miskien wel vermoed, maar nie met sekerheid

beweer nie. Nog baie minder egter is die beweringe geloofwaardig dat

mense hulself meermale op aarde bevind, by wie geen geestelike missie te

bemerk is nie.

Die leer van die herbeliggaming is ‘n gevaar vir die mense, want die enkele

gevalle word veralgemeen en die verantwoording van die mens word buite

beskouing gelaat en wyk voor die sorgloosheid van hom wat glo om steeds

weer te kan goedmaak wat hy versuim het. Die insig sal hom later in die

geesteryk swaar belas, want nooit is dit vir die mens moontlik om in te haal

wat hy deur eie skuld gedurende sy aardse lewe versuim het nie.

Hy kan wel ook daar nog ‘n sekere liggraad bereik en dit steeds meer

verhoog, hy sal egter nooit die hoogte van die kindskap van God kan bereik

nie, want om dit te bereik, is slegs op aarde moontlik. En hy is bowendien

in groot gevaar om in die hiernamaals nog weg te sink in die diepte, as hy

die geleentheid nie aangryp en met behulp van die ligwesens opwaarts

streef nie. Amen

Elke geestelik gerigte gedagte is in sigself ‘n

losmaking van die teenstander

7313 21 Maart 1959

Elke gedagte aan My of die geesteryk is geseënd, want dit getuig van die

innerlike lewe, die lewe wat naas die aardse lewe gelei moet word, as

laasgenoemde ‘n resultaat wil bekom vir die siel. Wie homself slegs in sy

gedagtes besig hou met die Ryk wat nie van hierdie wêreld is nie, het al ‘n

stap in My rigting gedoen en hy sal hierdie weg ook bly volg en nie meer

daarvan afwyk nie. Want die geesteryk, aan wie hy sy aandag geskenk het,

laat hom nie meer los nie, omdat Ek Self hom nie meer loslaat nie,

wanneer hy eenmaal die weg na My ingeslaan het.

Die lewe op aarde as sodanig vereis van die mens egter baie dinkwerk,

omdat die mens homself te midde van die wêreld beweeg en dus ook sy

gedagtes op die wêreld en sy eise moet rig. Nogtans is dit nie die eintlike

lewe, wat die mens totaal bevredig, wanneer sy wil op My gerig is nie. Net

hy wat nog aan My teenstander behoort, sal volledige bevrediging daarin

vind.

Daarom wys elke geestelike gerigte denke al op ‘n strewe na My en die

wêreld alleen kan so ‘n mens nie meer bevredig nie; hy sal meer dikwels sy

gedagtes laat afdwaal na ‘n Ryk, wat hy dan as sy ware tuiste beskou en

steeds weer in sy gedagtes daarna terugkeer. En dergelike geestelike

gedagtes sal ook steeds met gedagtes aan Myself verbonde wees en

daarom kan Ek ook besit neem van hierdie siel en hom behou, sodat hy nie

192

meer van My en My liefde kan ontsnap nie en homself vrywillig deur My

liefde laat vashou.

As ‘n mens dus nadink oor die bestemming en die doel van sy lewe op

aarde, net soos wat hy homself in sy gedagtes besig hou met sy God en

Skepper, soos wat hy probeer om Sy Wese te deurgrond en hy bereid is om

Sy wil te doen, netso verlang hy om opreg en waaragtig in al die soort vrae

onderrig te word, beweeg hy self sy gedagtes dus buite die slegs

oppervlakkige lewe, dan tree Ek Self tot die middelpunt van sy innerlike

lewe.

En dan kan Ek ook waarlik inwerk op die mens en altyd met goeie gevolge,

want die vrye wil beweeg hom na sy gedagtes en hierdie vrye wil gee My

ook die reg om van sy siel besit te neem en hom nou alles te laat toekom

wat hy nodig het om volwasse en volgroeid te word.

Elke geestelik gerigte gedagte aan My of My Ryk is ‘n vrywillige losmaking

van My teenstander, wat Ek nou ook met reg kan en sal gebruik, om sy

verlossing volledig te voltrek, want dergelike geestelike gedagtes sal

onherroeplik na die kruis van Golgota gelei word, waar die goddelike

Verlosser Jesus die verlossing volbring het en dus die mens geheel bevry

het van die vyand en teenstander van die lewe.

Dat die gedagtes van die mens egter na die kruis gelei word, sal steeds die

sorg en bemoeienis van alle Ligwesens wees, wat die mens omring en wat

ook probeer om op die gedagtes in te werk ooreenkomstig My opdrag,

omdat die wil en die krag van die mens maar net so lank swak is, solank hy

homself nog in die mag van My teenstander bevind. Elke geestelik gerigte

gedagte gee egter ook alle Ligwesens die reg, om hulle invloed te laat geld

en so staan elke siel, wat slegs van goeie wil is, ook onder voortdurende

beskerming van geestelike hoeders en hulle sal ook sekerlik eenmaal die

doel bereik, waartoe hulle op hierdie aarde geroep is. Amen

Opstanding op die derde dag

7320 29 Maart 1959

En julle kan julle almal verheug, want die Heer het opgestaan uit die dood.

So het dit in die koninkryk van die geeste weerklink as ook by My eie aan

wie Ek op die derde dag verskyn het toe Ek die graf verlaat het en Myself

aan My disipels getoon het. Diepe droefheid was in hul harte want hulle het

verloor wat hul enigste doel in die lewe was in die tyd wat hulle met My op

aarde bestee het.

Hulle het geglo dat hulle My vir altyd aan die dood afgestaan het, omdat

hulle nie geglo het of kon glo dat Ek uit die dood sou opstaan nie, alhoewel

Ek hulle vooraf daaroor ingelig het. Die disipels was nog aards gebonde en

kon selgs die werklikheid van die aardse lewe verstaan, hulle was bevrees

en vol bejammering dat Ek hulle wou troos en versterk en daarom aan

hulle na My opstanding verskyn. Ek het hulle die taak gegee om in die

193

wêreld uit te gaan en My te verkondig, naamlik My Goddelik onderrig van

liefde te versprei en mense in te lig oor die werk van Verlossing wat Ek vir

alle mense volbring het. Maar om hierdie missie uit te voer moes hulle

tenvolle van die waarheid van hul verkondiging oortuig wees.

En die werk van Verlossing het ook My opstanding ingesluit wat eintlik die

kroon op die glorie van die Verlossingwerk was, want die mense moes

ingelig word dat Ek die dood oorwin het, dat die dood nooit weer deur enige

een wat My volg ervaar sal word nie, wie die seën van My Verlossingwerk

wil ontvang en wat sy lewe so leef soos wat Ek op aarde geleef het.

Daarom is dit nie nodig om die dood meer te vrees nie want Ek het die

dood oorwin en so ook hom wat dit in die wêreld gebring het. En dit is

waarom My opstanding sigbaar deur mense gesien moes word, naamlik

slegs deur hulle waarvan die graad van volwassenheid, geestelike visie

toegelaat het omdat My liggaam geestelik was, dit was nie meer ‘n liggaam

van vlees nie en daarom slegs sigbaar vir hulle wat reeds die kapasiteit

besit het om geestelik te sien en aan wie Ek daarom ook My opstanding

aangekondig het.

Die feit dat My graf leeg was het sekerlik ook die ander mense verras, maar

hulle het na ander verklarings gesoek as dat Ek uit die dood opgestaan het.

En die onderrig sal eenvoudig altyd die geloof vereis wat egter deur alle

mense verwerf kan word wat vrywillig onder My kruis in stap, as hulle aan

die wil behoort vir wie Ek die bitterste dood aan die kruis gesterf het. Die

geloof in My en My Verlossingswerk sluit gelyktydig die geloof in My

opstanding in, want ‘n siel wat deur My bloed verlos is het reeds die

innerlike sekerheid van ‘n onvernietigbare lewe.

Die disipels was nog nie deurdring deur My Gees nie, hulle was nog in die

duister na My kruisiging, want hul vrees het geen lig toegelaat nie. En so

help Ek hulle deur middel van My sigbare verskyning maar wat hulle toe so

oorweldigend oortuig en hulle so bly en gelukkig maak dat hulle nou gevoel

het dat hulle hul missie maklik kan uitvoer en hulle met meer krag wil

toespits op die verkondiging van My leer en My kruisiging as ook My

opstanding. In die dae na My opstanding kon Ek onmiddellik krag aan My

disipels gee, want die verlossing van hul siele was gevorderd en hulle was

reeds in staat om hulself vry te maak van hul vorige heer en toe gaan hulle

sonder aarseling voort met hul evangeliebediening omdat hulle geweet het

dat hulle nie meer kon sterf nie, of dat slegs hul liggaam kon sterf maar dat

hulle in My koninkryk sou bly lewe en so het die dood nou sy angel vir hulle

ook verloor.

Daarom was My opstanding min of meer eerstens ‘n hulp vir My eie, wie Ek

agter gelaat het in uiterste geestelike nood, omdat hulle geloof nog nie die

nodige vastigheid vir hul taak bereik het om My Woord oor die hele wêreld

te versprei nie. Maar hulle was veronderstel om namens My te praat en

daarom moes hulle hierdie oortuigde geloof hê wat ook hul volle verlossing

vereis het, maar al My disipels het onweerlêgbaar hierdie geloof besit sodat

194

hulle in staat was om toegewyde verkondigers van My leer te kon wees

sodra hul missie begin. Amen

Die goddelike kruisdraer, Jesus

7321 30 Maart 1959

Bring al julle laste en sorge na die kruis. Sodra julle, julleself toevertrou

aan die goddelike Kruisdraer, sal julle voelbaar van julle las bevry wees,

want Hy sal dit vir julle help dra, of Hy sal die las van julle afneem en by

die groot sondelas werp waarvoor Hy aan die kruis gesterf het. Julle mense

maak almal veels te min gebruik van die groot voorreg, julle kwel julleself

dikwels lank en julle kan vir julleself die las tog nie self verminder nie,

maar julle gaan ook nie die weg na Hom Wie julle nog altyd Sy hulp beloof

het, Wie julle almal liefhet en Wie nie wil dat julle ly nie.

En Hy het aan julle gesê: “Kom almal na My toe, wie uitgeput is en onder

laste gebuk gaan, Ek wil julle verkwik". Steeds en steeds weer moet julle

aan hierdie woorde van Hom dink en dus na Hom toe gaan, julleself aan

Hom toevertrou in julle nood en dan berustend op Sy hulp wag, want Hy sal

julle help, omdat Hy dit aan julle beloof het en omdat Sy beloftes waarlik

ook vervul sal word. Hy ken alle nood van julle maar Hy vra van julle dat

julle na Hom toe kom, dat julle daardeur julle geloof aan Sy Liefde en Mag

laat sien.

Hy vra van julle oorgawe in volle vertroue aan Hom, Hy wil Self dat julle,

julle laste vir Hom oplê, Hy wil dit vir julle dra om julle daarvan te bevry,

want Hy kan dit doen, sodra julle Hom erken as die Verlosser Jesus, Wie

één is met die Vader, of ook: Sodra julle Jesus erken as julle God en Vader

van ewigheid, Wie vir julle oor die aarde gegaan het in die mens Jesus, om

julle te verlos. En elke las is altyd nog ‘n teken van skuld, van

onvolmaaktheid, wat julle dus moet dwing om onder Sy kruis te gaan,

omdat julle daardeur julle geloof in Hom betuig en Hy julle dan met reg kan

bevry van dit wat julle beswaard of benoud maak.

Elke las is vir julle draaglik, wanneer julle deur Hom, die goddelike

Kruisdraer, versterk word, of dat Hy julle help om dit te dra. Want om ‘n

klein kruisie te dra word vir julle almal opgelê, sodat julle in navolging van

Jesus sal kan gaan. En die klein kruisie sal julle ook met berusting op julle

moet neem, want julle krag om te weerstaan word as gevolg daarvan

versterk en julle sal kragtige stryders word teen die vyand van julle siele,

kragtige stryders ook vir Jesus, aan Wie se Sy julle nou waarlik nie sonder

sukses stry nie. Maar Hy sal dit ook nie toelaat, dat die kruis julle terneer

druk nie, dat dit te swaar op julle skouers rus nie, Hy sal steeds met Sy

sterk Arms bereid wees om julle te ondersteun of die kruis op Sy skouers te

neem, omdat Hy met Liefdevolle sorg oor julle waak dat julle nie die

slagoffer word van hulle wat julle tot ‘n val wil bring nie.

195

Dink daarom steeds aan die woorde van Jesus : "Kom almal na My toe wie

uitgeput is en onder laste gebuk gaan, Ek sal julle verkwik". Julle hoef nie

mismoedig te wees en op te gee nie, julle hoef julle maar net steeds tot

Jesus te wend en julle sonder beperking aan Hom toe te vertrou en Hy sal

julle hoor. Hy sal julle in vaderlike Liefde na Hom toe trek en siel en

liggaam sal kragtig gemaak wees deur Sy Liefde en Erbarming, Wie steeds

alleen maar trag om julle gelukkig te maak. Amen

Regverdigheid

7326 5 April 1959

Die regverdige sal ook in My ryk regverdigheid ten deel val, want wie op

aarde regverdig dink en handel, kan ook van My vir homself ‘n oordeel

verwag, wat hom ten volle tevrede stel.

Alle mense moet die medemens volkome geregtigheid laat ervaar en dit

beteken dat hy hom moet bejeen as ‘n broer met wie hy alles deel wat hom

van die Vader toebedeel is. Hy moet hom regverdig bedeel, d.w.s. soos dit

bedoel is deur die Vader, Wie beide kinders ewe liefhet en nooit dat een by

die ander agtergestel word wil sien nie. En dit geld in die besonder vir

geestelike goedere, wat die mens nodig het om die siel volwasse te laat

word.

Ook aards moet die medemens geregtigheid bewys word, deurdat hy nooit

bedrieg word of hom ten onregte skade berokken word. Maar daar is aards

nie aan te ontkom dat die mense verskillend bedeeld word met aardse

goedere, omdat dit op My ewige heilsplan gebaseer is, dat die verskillende

lewenssituasies van die afsonderlike mense weer daartoe bydra om die

wedersydse wil om te help te vergroot en die vrywillige weggee of

vrywillige hulpverlening werk van onbaatsugtige naasteliefde is, wat op

aarde beoefen moet word met as doel die eie voltooiing.

Maar geestelik beteken dit hulp verlening aan die medemens en nog dieper

liefde vir hom, omdat almal tog teruggelei moet word na die Vader, omdat

alle mense tog die weg na My moet vind. En daarom moet alle mense die

ander as sy broeder beskou, wat dieselfde reg het om weer as My kind

aangeneem te word en geen mens moet glo dat hom alleen die reg toekom

nie. En almal moet sy broeder help om geestelik volwasse te word ofskoon

sy wil eers daartoe bereid moet wees.

Die mens het sy medemens geregtigheid bewys wanneer hy hom die

middele beskikbaar stel om volmaaktheid te bereik. Hoe hierdie deur die

bewys van sy liefde dit tot nut maak, moet hy self verantwoord, maar die

loon van die regverdige is seker, hy word deur My op dieselfde manier

bedag, hom word gegee soos hy self uitgedeel het. En so is die

regverdigheid ‘n werk van naasteliefde, dat alle mens dit wat hy self nie

besit nie, maar vir sy sieleheil nodig is, ter beskikking gestel moet word.

196

En die mens wat in die gelukkige besit hiervan is, moet redelikerwys aan sy

broeders dink wat nie in dieselfde situasie is nie en hy moet dit aan hul laat

toekom geestelik en aards, omdat ook hy self kry wat Ek hom laat toekom,

Wie My vreugde aan geregtigheid het en almal seën wie se denke en

handel regverdig is, soos die ware naasteliefde dit gebied.

En so ook sal die mens in die geesteryk van My uit bedag en geseën word,

want die Geregtigheid hoort tot My Oerwese, aan Wie julle mense julle sal

moet gelykstel, Ek behoort tot die wese van die liefde waartoe julle,

julleself weer sal moet vorm op aarde en dit is een van die deugde wat julle

eie was in die allereerste begin, wat julle weer sal moet aanneem, as julle

dan volmaak weer terug wil keer na My in julle Vaderhuis. Amen

Seën van geestelike werksaamheid

7327 6 April 1959

In drukke geestelike werksaamheid maak julle, julleself steeds meer los

van die materiële wêreld en julle word tot oorwinnaars daarvan, net soos

van sy heer. Hoe meer julle, julleself besig hou met geestelike

werksaamheid, des te meer kom die siel los uit sy liggaamlike omhulsel,

ofskoon julle op aarde lewe, maar hy verhef hom in andere sfere. Hy betree

die weg na sy ware Vaderland, hy is slegs ‘n gas op die aarde, wat sy ware

Vaderland nie vergeet het nie, maar dit onstuitbaar nastreef.

Maar waaruit bestaan die „geestelike werksaamheid“, wat julle verhef uit

die aardse sfeer? Elke gedagte in die geestelike wêreld lei na geestelike

werksaamheid, want sodra die siel die gedagtes opvang, wat hy van die

ander kant toegestuur word, sal die ligwesens met hom in verbinding tree

en as te ware ‘n geestelike tweegesprek voer, d.w.s. die een gedagte sal

die ander voortbring, die gedagtes sal verwys na God en sal weer die

tweegesprek met God inlei en die gevolg daarvan sal wees, dat die mens

hom nou ook met sy medemens oor geestelike dinge gaan onderhou; dat

hy hom nie tevrede stel met wêreldse kennis nie, maar dat al sy denke juis

te maak het met die geestelike gebied, van waar hy nou onderrig word, van

waar die siel nou geestelike voedsel ontvang.

Die siel sal daardeur volwasse word, hy sal die liggaam aanspoor om hom

ook ooreenkomstig sy geestelike insig te gedra tydens die aardse lewe. Die

mens sal aan homself werk, hy sal bewus lewe, d.w.s. hom bewus wees

van die betekenis en die doel van sy bestaan en hy sal daar na toe werk,

dat hy die doel bereik. Hy sal wel sy aardse lewe lei, maar dit sal vir hom

nie die hoofsaak wees nie, want steeds sal sy gedagtes na bo sweef, na die

Ryk, wat nie van die wêreld is nie.

En hy sal nie anders kan, as om vir die Ryk werksaam te wees, deur op die

medemens te probeer in werk, om die geesteryk meer aandag te skenk as

die aardse lewe. Hy sal hulle opmerksaam maak op die nuttelose werk van

die lewe, wat alleen op die wêreldse gerig is, Hy sal met die medemens

197

gesprekke voer, wat gaan oor die kruis van Golgotha, hy sal nie anders

kan, as steeds van die goddelike Verlosser Jesus Christus te praat nie,

omdat die geesteryk hom vashou, net soos Jesus Christus self, Die vreugde

beleef aan Sy kinders, wat Hom liefhet en Hom probeer na volg.

En julle sal die aardse lewe ook op sy ware waarde leer sien, deur geestelik

werksaam te wees en so julle weg gaan met geestelike resultate vir julle

siele. Want julle word gelei deur die Ligwesens, aan wie se sorg julle tydens

julle aardse lewe toevertrou is. En hul invloed sal nie ophou nie en altyd

slegs vir julle siele geld, wat alleen maar kan wen deur geestelike

werksaamheid, wat volwasse sal word tydens die aardse lewe en ook ‘n

ligtende voorbeeld is vir julle medemense.

Want ‘n siel, wat na die geestelike streef, is ook uiterlike te herken, deurdat

hy onophoudelik werksaam is vir die Ryk van God en onophoudelik werk in

die Wingerd, omdat hulle van binne die drang voel om God te dien en ook

ander siele na Hom toe te lei, want in hom is liefde, wat hom voortdurend

sal uiter in werksaam wees vir God en Sy Ryk. Amen

Daar is geen delging van die skuld sonder Jesus nie

7330 9 April 1959

Dit sal geen mens geluk om hom uit eie krag los te maak van My

teenstander nie, almal sal My ondersteuning nodig hê, omdat hy self

kragteloos is sonder toevoer van krag uit My, wat hy egter alleen kan

ontvang, as hy dit self wil en dit dus van My vra. Daarom is dit so belangrik

in die aardse lewe, dat die mens bewus My belei in Jesus Christus, daarom

word daar van hom verlang dat hy self stelling inneem teenoor die

probleem van die verlossing, teenoor die menswording van God in Jesus,

net soos teenoor die Goddelike Verlosser Jesus Christus Self. Eens moet hy

hom in sy gedagtes uitspreek vir of teen Hom, wil hy, dat sy aardse lewe

hom die resultaat oplewer ten behoewe waarvan hy dit kry.

En met die oog daarop word hy steeds weer deur My aangespreek, alle

mense word na die kruis gelei, d.w.s. die kruis word hom voor oë gehou en

die indruk wat die kruis nou op hom maak, is beslissend vir sy verdere lot

in die ewigheid. Baie mense word dit voorgehou, hulle sien daarna op en

wend hul blik weer af, want dit raak hulle nie en ‘n geleentheid om die kruis

te kies het verby gegaan.

Maar die kruis sal hom agtervolg tot aan sy dood, steeds en steeds weer sal

dit voor hom opflits in die mees uiteenlopende vorm en hy sal self ook

dikwels ‘n kruisgang moet gaan, maar wat vir hom dan eers van nut is, as

hy na die kruis van Christus gaan, want daar val die beslissing oor sy lewe.

En heel baie mense meen, dat dit voldoende is om aan My te glo as God en

Skepper en die Goddelike Verlosser Jesus Christus het vir hulle nog geen

voldoende begrip geword nie. Maar dan sal hy self nooit vry word van die

boeie van My teenstander nie, want hy het nog geen boete gedoen vir sy

198

oerskuld nie en hy sal dit nooit tot stand kan bring, as hy Jesus Christus nie

om delging van sy skuld vra nie

Hierdie weg moet die mens onherroeplik gaan, want alleen hierdie weg lei

weer na My terug, van Wie hy hom eens vrywillig verwyder het. En

wanneer hy glo om die doel van sy lewe te bereik sonder om Jesus Christus

te erken, as hy meen om sy taak op aarde vervul te hê met alleen aardse

besigheid, dan sal hy eens in bittere armoede in die ryk hierna aankom,

met skuld belaai en sonder krag en hy sal ook dan nie eerder vry word van

sy skuld, tot hy tot Jesus geroep het om verlossing nie.

Hy kan nie vry word sonder Hom nie, hy kan nie na My terugkeer sonder

om Hom te erken nie, want Hy en Ek is een, Ek Self was in die omhulling

van die mens Jesus en Ek Self het julle mense verlos van sonde en dood,

Ek Self het vir julle die skuld tot niet gemaak. En wie Hom erken, erken ook

My en hy sal opgeneem word in My ryk. Maar wie by Hom verby gaan, gaan

ook by My verby en sy lot sal sy duisternis en kwellinge wees vir eindelose

tye, tot hy eenmaal sal besluit, om tot Jesus Christus te roep, sodat dan

ook hom sy skuld vergewe kan word. Amen

Die uitsonderlike hulp van God na die natuurramp

7331 10 April 1959

Daar sal onbeskryfbare chaos onder mense wees nadat Ek deur die kragte

van die natuur gepraat het, want hulle sal almal vrees dat die gebeurtenis

homself sal herhaal en so rusteloos en bang lewe tussen die ruïnes wat

deur die elemente van die aarde veroorsaak was en tog volgens My wil, wat

Homself daarin uitgedruk het. Die mense sal deur ‘n verskriklike tyd gaan,

‘n tyd wat nouliks ooit deur mense ervaar was wat op hierdie aarde woon.

Maar tog is dit die tyd van die einde wanneer alles in ‘n uitsonderlike mate

plaasvind om mense nog te wek. Maar selfs die natuurramp sal slegs ‘n

paar mense maak dink, terwyl die meerderheid van mense verontwaardig

alle geloof in ‘n God en ‘n Skepper sal verwerp wat sulke vernietiging

toelaat om te gebeur soos deur elkeen gesien kan word. Maar tog oorweeg

niemand sy eie gedrag of hoe hy homself vóór God, vóór My moet gedra

nie, aan wie hulle slegs lippe diens betuig het, sonder om egter ‘n lewende

geloof in My of kontak met My te gemaak het en slegs ‘n paar sal dan in hul

groot nood na My keer, maar hierdie weiniges sal ook sigbaar My hulp voel,

Ek sal hulle so duidelik help dat dit hulle geloof in ‘n Mag sal versterk wat

hul lot in die palm van Sy hand hou.

Alles gebeur slegs om mense ‘n verbintenis met My te laat vind maar slegs

enkeles sal ‘n seën uit die aanstaande gebeurtenis kry, want die mensdom

is reeds te verslaaf deur My teenstander om na My te draai en My om hulp

te vra. En daarom kan Ek My nie aan hulle openbaar nie, maar Ek sal dit

sekerlik doen vir hulle wat in hul teëspoed ‘n toevlugsoord by My soek. Die

hewigheid van die lyding sal baie opreg laat bid wat die vervulling van hul

199

gebede vir My baie makliker sal maak, omdat hulle geloof in ‘n God wat kan

help duidelik is en omdat hulle My dan so sal smeek dat Ek hulle waarlik in

hul nood te hulp sal kom. En dan sal My dienare ruim geleentheid hê om

My Woord aan die mense te bring, wat dit so hongerig sal aanvaar as wat

selde gevind word. Die ongelowiges sal egter deur selfs nog meer haat as

voorheen vervul wees teenoor predikers van My Woord as ook teen hulle

wat sigbaar My hulp ervaar. Maar hulle sal hulself nie toelaat om bekeer te

word nie, in plek daarvan sal hul onvriendelikheid slegs van hul verbinding

met My teenstander getuig en hulle sal hulself duidelik teen My en My liefde

verset, wat hulle ook wil wen maar hulle nie kan bereik nie.

Daar sal baie teëspoed wees en tog sal dit nie hopeloos wees nie, want Ek

kan altyd in gebed met ‘n versoek benader word om sake te verbeter en

omdat Ek ‘n ware gebed sal verhoor om My aan hulle te openbaar wat nie

tenvolle deur My teenstander verslaaf is nie. Maar dit moet aan die mense

oorgelaat word om My aan te roep en daarom moet alles natuurlik

plaasvind, maar maklik waarneembaar deur mense wat nog ‘n skynsel van

geloof besit en aan wie Ek Myself sal openbaar sodat hul geloof nie verlore

sal gaan nie maar versterk word in krag en intensiteit. Die geleentheid is

voor julle en kan nie deur julle verhinder word nie omdat julleself nie poog

om julle weë te verander nie en as gevolg van julle geaardheid en

aktiwiteite, sal julle die tyd vinnig nader bring omdat julleself die einde as

gevolg van julle houding sal verhaas en omdat die tyd vervul is wat julle vir

die volwasse wording van julle siele gegee was. Amen

Geestelike blindheid

7335 14 April 1959

Vir die geestelik blinde kan geen lig skyn nie, tensy hy vra dat sy oë

geopen word om die lig wat hom toe straal, te kan sien. Dus is die vra om

lig ‘n voorwaarde, voortkomend uit die wil, om die lig te mag sien wat hom

so lank onthou was. Daarom moet die mens van sy eie blindheid gewaar

word, dit moet hom tot las word, hy moet hom bewus wees van die gemis

om hom net soos die siende mense te mag verheug, hy moet dit dus wil

dat hy siende word. Dan sal sy oë ook geopen word, hy sal lig mag

ontvang, want die ewige lig van My Liefde is vir iedereen beskikbaar en in

die eerste plek vir ‘n mens wat dit begeer.

Solank die mense egter in geestelike blindheid voortgaan, solank hul alle

kennis oor geestelike sake ontbreek, oor geestelike verbande en oor hul eie

verhouding tot My, hul God en Skepper van ewigheid, solank dus is hierdie

mense hulle nie bewus, dat hulle gebrekkig gevorm is nie, dat hulle blind is

in die gees, veeleer beskou hulle hul aardse kapasiteit as alleen vernaam

om hul aardse lewe met sukses af te lê en hulle sien weer alleen die aardse

sukses en is tevrede wanneer die wêreld hulle dit bied wat hulle vir hulself

wens.

200

En omdat hulle hulself nie gebrekkig gevorm voel nie, vra hulle ook nie om

dit wat hulle ontbreek nie, om die lig van insig en hulle bly blind in die

gees. Die wil het nog nie aktief geword nie, maar sonder dit is die toevoer

van die lig, van die waarheid, vrugteloos, want ofskoon hulle hiervan hoor

deur hul medemens, herken hulle dit nie, maar hulle hoor alleen maar

woorde en begryp die sin daarvan nie. En die wil kan nie gedwonge gerig

word nie, hy moet homself ‘n besluit neem.

Maar deur prediking kan hulle tog gewys word op hul geestelike blindheid,

omdat dit soms moontlik is dat hulle harte hul open deur so’n prediking en

die wil dan kan opgewek word om meer lig te ontvang. Want anders as

deur die laat toekom van My woord kan op sulke mense nie ingewerk word

nie en ook dit kan nog vrugteloos wees, maar moet tog nie nagelaat word

nie, omdat die blinde eers eens moet ervaar dat hy blind is.Want wat hy

tevore nooit geken het nie, dit mis hy ook nie. En so moet die lig aan elke

mens voorgehou word en die weldaad van die lig moet hom duidelik

gemaak word. Daar moet aan hom gesê word wat ander mense kan sien

met hul gesonde oë en dat ook die moontlikheid bestaan om hom gesonde

oë te gee as hy dit self wil.

Die geestelike blindheid weeg so swaar omdat dit hom laat voel-voel in die

ryk hierna, want in diepste duisternis betree die mens die ryk na sy dood,

wat homself nie minstens ‘n glimpsie lig op aarde verskaf het nie, waarin

hy dan ook beter die weg kan vind in die geesteryk. Maar volledig blind sal

hy in die hienamaals moeilik die lig bereik en omdat hulle hul dan verweer

teen elke ligvonkie wat hulle tref, ken hulle nog nie die weldaad van die lig

nie en die geluksaligheid van die verkeer in ligvolle sfere sal hul ook solank

onthou bly, tot hulself ‘n ligkring binnegaan en hulle nou daar hul oë laat

open, wat vir hulle heel wat moeiliker sal wees as op aarde.

Daarom moet al op aarde die lig aan die mense gebring word en wie dit

aanneem, doen daar goed aan, want dan het hy die duisternis verlaat en hy

sal nooit meer bang hoef te wees om deur dit verslind te word nie, want die

lig sal hom dan ewig belig. Amen

Die dienare van Jesus - Sy voorloper

7339 17 April 1959

Verwag in alle deemoed dit wat Ek tot heil van die mensdom moet laat

gebeur en dit sal vir julle heeltemal duidelik word, waarom hierdie tyd van

voorbereiding dit vooraf moes gaan. Ek is beslis geen God van toorn nie,

selfs wanneer die komende gebeurtenisse dit so sou laat blyk.

Julle almal sal veel meer My Liefde mag ondervind wat julle ook sal behoed

teen die uiterste nood, maar Ek sal Myne dan ook duidelik herkenbaar

maak. Ek sal hulle so op die voorgrond plaas dat die mense kan sien waar

die ware hulp te vinde is, want Ek wil die mense vir My wen, maar nie aan

My teëstander verloor nie.

201

Desondanks sal die aardse verwoesting kolossaal wees en tallose mense sal

hulle lewens verloor. Maar dit is vir baie nog tot seën, want hulle kan in die

Ryk hierna nog inhaal wat hulle op aarde versuim het. Hulle kan nog tot die

"lig" kom as hulle van goeie wil is, want dit kan julle almal glo dat die einde

kort daarna sal kom. Ek skenk egter alreeds aan julle nog ‘n tyd van

barmhartigheid, omdat die einde ‘n ingrypende keerpunt beteken in die

algehele ontwikkelingsweg van die wesens wat tot volle ontwikkeling moet

kom op die aarde.

Daarom het Ek dienare vir My gekies wat oor die komende einde na die

katastrofe moet predik, daarom giet Ek My Gees stadig uit om deur

ontwaakte mense op alles te wys wat daar binne die kortste tyd sal gebeur.

Ek gee almal slegs die opdrag om My Woord te versprei en volgens wat dit

moontlik is, ook van die gebeure melding te maak, waardeur My mag en

ook My Liefde duidelik sigbaar sal word. Die mense moet weet dat daar Een

God bo hulle troon wat hulle lot in Sy hand hou.

Wie Ek dus as verkondiger van My Woord kies, moet ook as ontvanger van

My Woord deur Myself uitverkore wees. Aan hom kan julle ook die volste

vertroue skenk, hoe onwaarskynlik alles ook al mag klink wat hy in My

opdrag openbaar. Want Ek sal ‘n duidelike teken gee dat hy My afgesant is,

My verteenwoordiger wat spreek in My plek.

Hy sal steeds so gelei word dat niks teen hom kan standhou nie, solank hy

sy missie nog nie vervul het nie. Ek self sal sy weg vir hom uitstippel wat

daarheen sal lei waar baie mense hom sal kan aanhoor, wanneer die tyd

ryp sal wees waarin hy My en My Woord hardop en openlik bekend sal

maak; totdat sy helder lig sal skyn, wanneer die stryd tussen lig en

duisternis openlik sal ontbrand. Wanneer die geloofstryd gevoer sal word

met ongewone brutale middele, sal die "lig" straal tot bemoediging van

almal wat in My wingerd arbei en dan sal hy vir julleself krag kan verskaf

en dan yweriger kan arbei vir My en My ryk.

En die "lig" sal verskyn wanneer die laaste tyd aangebreek het, wanneer Ek

gespreek het uit die Hoogte. Wanneer die mense hulself in ‘n chaos sal

bevind en die skeiding van die geeste begin, vir of teen My. Dan sal Ek

groot krag aan die swakkes verleen, Ek sal almal die sterkte gee wat hulle

nodig sal hê en sal hulle aanvoer in die stryd teen die vyand van die siele.

En waarlik, Ek sal oorwinnaar wees en bly vir ewig en julle sal julleself mag

verheug in die oorwinning oor hom. Julle sal vry wees van hom en dan in

vrede kan lewe in die Paradys van die Nuwe Aarde. Amen

Die lewe van die siel na die dood

7343 21 April 1959

Een ding is seker, dat julle leef, ook al is julle liggaam gedoem om te sterf.

Maar dit hang slegs van julleself af in watter toestand julle leef, na julle

liggaamlike dood. Of julle lewe geluksalig sal wees, wat dan ook ‘n egte

202

lewe genoem kan word, of dat julle sonder lig en magteloos sal wees, wat

dieselfde is as die dood, want julle besef dat julle bestaan en daarom ly

julle smartlike pyn. Maar dit sal nooit gebeur dat julle heeltemal vergaan

of, dat julle nie meer van julle bestaan weet nie. En omdat julle nou

eenmaal bly bestaan, moet julle probeer om dit gelukkig te maak, terwyl

julle as mens op hierdie aarde vertoef, wat julle lot in die ryk hierna bepaal

volgens julle eie wil. Julle het dit in julle hande volgens julle lewenswandel

wat julle op hierdie aarde lei. Is dit ‘n lewe in onbaatsigtige naasteliefde,

dan kan julle ook seker wees dat vir julle ‘n geluksalig lot wag. Leef julle

egter maar vir julle eie "ek" en ontbreek dit julle aan liefde tot die naaste

en dus ook tot God, dan kan julle ook met sekerheid ‘n smartlike toestand

verwag en arm en ongelukkig wees, omdat dit julle ontbreek aan lig, krag

en vryheid, wat julle dan as ‘n onuitspreeklike kwelling ondervind.

Dat julle mense op aarde so min geloof heg aan ‘n lewe hierna, het ook sy

invloed op julle lewenswandel. Julle handel onverantwoordelik teenoor julle

siele omdat julle nie glo dat julle bly bestaan wanneer julle liggaam sterf

nie. En julle glo nie dat die siel julle eintlike "ek" is en dat hy alles net so

ervaar soos in die aardse lewe nie. Dat hy na geluk en lig verlang en dat dit

hom bitter berou wanneer hy eens ‘n bietjie lig en insig verwerf het,

waardeur hy sy eintlike aardse opdrag insien en terugkyk met die bitterste

verwyt omdat hy dit nie vervul het nie. Terwyl die siele wat die ligsfeer mag

ingaan lof en dank sing en vol van krag en in vryheid werksaam is tot hul

eie geluksaligheid.

Die siel vergaan dus nie. Maar in watter gesteldheid die siel sy bestaan

ervaar beslis julleself op hierdie aarde. Want hierdie tyd is aan julle gegee

vir die verbetering van julle siele, wat in die begin van julle menswording

nog baie gebrekkig is. En daarom moet julle aan julle siele arbei, om vir

julle’n ware onverganklik lewe te besorg, sodat julle eenmaal in vryheid die

ryk van lig kan ingaan waar julle volgens die volwassenheid van julle siele

kan werk, wat in verskillende grade moontlik is, maar slegs lewe genoem

kan word wanneer die siel die ligryk mag betree.

Die siel kan egter ook aan die einde van sy aardse lewe net so gebrekkig

wees as in die begin. Ja, hulle kan selfs nog meer verduister word en dan is

sy toestand die van die dood. Dan het hy sy lewe op aarde misbruik hy het

die genade van sy beliggaming nie benut nie maar sal nie vergaan nie. En

dit is ‘n baie treurige en beklaenswaardige toestand, wat sy eie skuld is,

want alleen die wil van die mens is beslissend vir die lot van die siel en

hierdie wil is vry.

As die mense tog maar wil glo dat daar ’n lewe na die dood is, dan sou

hulle meer bewus van hul verantwoordelikheid lewe en hulle inspan om uit

die diepste diepte op te styg. Maar niemand kan gedwing word om te glo

nie, dog elkeen word gehelp om tot geloof te kom. Amen

203

Onafgebroke stryd teen die wêreld

7344 23 April 1959

En wanneer julle die vreugde van die wêreld begeer, dink dan daaraan dat

daar geestelike vreugde vir julle verlore gaan, omdat julle beide nie saam

kan besit nie, die geestelike en die aardse ryk, want: "My ryk is nie van die

wêreld nie". Die vreugde wat die aardse wêreld julle bied, sal steeds net die

liggaam bevredig, maar nie die siel wat iets anders nodig het om geluksalig

te word en met aardse genoës afgeskeep word, maar geestelike voedsel

nodig het om salig te word.

En daarom: let steeds op na julle begeertes, dat dit nie die oorhand kry en

die verlange van jul siel dood druk nie, let steeds daarop dat aardse

vreugde julle nie afhou van die geestelike strewe nie, omdat hulle

teenoorgesteld is, dat die geestelike strewe van die mens in dieselfde mate

afneem, as hy homself, d.w.s. sy liggaam, trag liggaamlike genoës te gee.

Dink daarom altyd daaraan dat "My ryk nie van die wêreld is nie".

Dat julle dus vreugde gee of begerenswaardig voorkom en nog tot die

wêreld behoort, sal vir julle nog ‘n klein hindernis beteken op die weg na

bo, na die geesteryk. Van My uit is julle nie alles verbode nie solank daar

nie ‘n gevaar bestaan om af te raak van die weg na My nie. As die gevaar

nie bestaan nie, kan julle ook julle liggaam gee wat dit verlang. En dit moet

julleself vasstel of en in welke mate julle gehinderd word in die omgang

met My, in julle ywerige strewe na My ryk en sy geregtigheid. En as julle,

julleself nou ‘n geleentheid laat ontgaan wat julle siele geestelike voeding

sou kon besorg, alleen maar om julle liggaam ‘n weldaad te besorg, dan is

dit ‘n onreg teenoor julle siele, wat gebrek ly en ‘n versterking nodig het.

Wie na die geestelike streef, sal nooit die geesteryk of die welsyn van sy

siel eenkant skuif nie, hy sal beide steeds in die eerste plek stel, hy sal nie

anders kan as om eerste aan sy siel te dink nie en hy sal aan die liggaam

nie veel aandag skenk nie tot hy eers sy siel versorg het. En dat hy dan vir

sy liggaam doen wat reg is, ook in My oë, want hy dink eerste aan My ryk

en My Wil, voor hy aandag gee aan sy aardse bestaan en dit is reg en ook

ooreenkomstig My Wil.

Want Ek het julle in die wêreld geplaas, omdat julle daarin moet volwasse

word en julle siele sal ook daarin volwasse word wanneer julle steeds My

Wil voor oë hou en daarvolgens op aarde leef. En My Wil sal steeds wees

dat julle, julle oë na My ophef, dat julle daar na streef om by My te wees,

dat julle verbinding soek met My, dat die geesteryk julle dus in die ban hou

en julle, julleself nie ter wille van die aardse wêreld begrawe in die materie

nie, wat julle dood is.

En wanneer groot aardse verleidinge julle prikkel, wees dan waaksaam dat

julle geen skatte van julle siele inboet, wat julle vrywillig weggee wat julle

siele al in besit gehad het nie, dat julle geen ag slaan op sy verlangens en

hom nood laat ly terwille van aardse besit of aardse genot nie. Die wêreld is

204

julle vyand; probeer hom baasraak en maak hom diensbaar vir julleself,

maar laat hom nie baas word oor julle nie, aan wie julle, julleself

onderwerp en daardeur verloor i.p.v. te wen. Bly in voortdurende

verbinding met die ryk wat nie van die wêreld is nie en julle sal waarlik

oorwinnaars wees oor die aardse wêreld, dit sal julle dien om julle te

voltooi, omdat dit alleen julle doel is. Amen

God se Vaderliefde is sonder einde

7353 3 Mei 1959

My Liefde dra julle oor alles heen, wanneer julle, julleself aan My toevertrou

en vanuit julleself niks meer wil as alleen dat My Wil vervul sal word nie.

Want My Liefde vir julle is onmeetlik en sou julle, julleself van die graad

van My Liefde ‘n voorstelling kan maak, waarlik, julle sou geen nood en

geen sorge meer hê nie, omdat julle sou weet dat Ek My Hande bo julle hou

en julle beskerm en seën. Maar julle bang vertwyfeling hou My ver van julle

sodat My Liefde nie meer met alle krag kan werk nie. En Ek moet dit

toelaat, as Ek julle wil nie wil beperk nie, wat homself na My moet rig in

alle vryheid. En al sê Ek julle dit ook steeds weer, dat Ek julle liefhet met

alle gloed en dat julle daarom niks hoef te vrees nie, julle sal vanuit

julleself hierdie woorde in julle moet oordink en dan eers kan hulle hul

werking op julle uitstraal en waarlik tot julle geluksaligheid.

Julle moet vir julle ‘n Vader voorstel, Wie Sy kinders trou aan die Hand lei

en nie sal duld dat gevare hulle bedreig nie. Die liefde van ‘n vader is

waarlik onbaatsugtig en wil alleen die kind gelukkig maak, maar die kind

moet hom dan ook sonder vrees teen die vader aanvlei, hy mag hom nie

van hom verwyder en sy eie weë gaan nie, hy moet luister wanneer die

vader hom roep en hy moet doen wat die vader van hom verlang. En dit sal

julle ook moet doen, deurdat julle My gebooie vervul, wat Ek julle alleen

maar daarom gegee het, om julle onuitspreeklik gelukkig te kan maak.

Kom julle My gebooie van die liefde tot God en die naaste na, dan berei

julle vir My groot vreugde, want dan keer julle vrywillig na My terug, julle

gryp vrywillig My Hand en laat julle lei op julle verdere lewensweg. En van

daardie oomblik af is julle vry van elke nood en sorg, omdat Ek dit van julle

oorneem, omdat Ek alles vir julle uit die weg ruim, omdat My Mag en Krag

julle oor alles heen dra, wat vir julle as hindernis voorkom op die weg na

bo.

Verplaas julle maar dikwels en innig in julle gedagtes dat Ek julle aan die

Hand hou en oor julle waak, dat Ek julle liefhet en besorg is oor julle

volwasse wording, dat Ek julle nie aan My teenstander oorlaat nie, sodra

julle, julleself vrywillig na My toe wend. Trag steeds om dieper binne te

dring in die Wese van My Godheid, Wie in Homself Liefde is. En julle sal

steeds meer dikwels ondervind dat ‘n God van Liefde nie julle ongeluk wil

nie, dit dus ver van julle sal hou wanneer julle, julleself maar by Hom

205

aansluit, wanneer julle maar aan My Hand gaan vashou, Wat Ek steeds na

julle toe uitsteek wanneer julle alleen gaan. Want My blik is onafgewend op

julle gerig en sien elke gevaar. Glo julle wel dat My Liefde julle in sulke

gevare onbeskermend laat? Glo julle dat Ek julle alleen sou laat gaan, ook

wanneer julle dit wil?

Ek volg julle omdat Ek julle en julle hart ken en omdat Ek weet dat julle

aan My behoort deur julle wil. Maar julle sal in benoudheid sit en belas

wees, solank julle alleen gaan, sonder om My aan die Hand te gryp en julle

sal in allerlei nood kom, sodat julle aan My sal moet dink en na My roep. En

Ek sal by julle wees in elke nood van die liggaam en van die siel, want My

Liefde is voortdurend in julle nabyheid en wag alleen op julle aanroep om

weer aan julle sy te gaan en julle onder My veilige beskerming te neem,

waarin julle, julleself dan ook geborge sal voel; omdat julle nou bewustelik

naas My gaan. En die bewus wees van My aanwesigheid sal julle nie mag

verloor nie. Julle gedagtes moet steeds weer na My gekeer wees en steeds

moet julle weer aan die Een dink, Wie julle met nooit kwynende Liefde en

onvermoeibare geduld volg, Wie julle heeltemal wil besit, aan Wie julle,

julleself in die volste vertroue moet oorgee sodat Hy julle uit alle nood help.

Amen

Die teenwoordigheid van Jesus word verseker

deur Hom voortdurend aan te roep

7356 6 Mei 1959

Die een moet julle seker weet, dat Ek hulle wat van My wil wees, nie

verlaat nie. Daar sal nog baie bekoringe oor julle kom, maar daarvan is Ek

op hoogte en staan julle dan altyd beskermend by. Maar julle moet alles

doen om hierdie versoekinge te weerstaan.

My teenstander het die reg om julle op die proef te stel, omdat hy nog

maar ‘n kort tyd kan regeer in hierdie wêreld en daarom met alle middele

probeer om sy aanhang te behou. En hy sien ook Myne, wat hulle aan sy

mag en wil onttrek het en probeer by hierdie met vergrote krag.

Maar julle hoef hom nie te vrees nie, want Myne laat Ek My nie ontruk nie,

Myne beskerm Ek teen hom en sy mag. En daar bestaan ‘n seker middel

om hom van julle af te hou, wanneer julle My aanroep, wanneer julle My

naam uitspreek in diepe vertroue, dat Ek julle help. Al is dit maar ‘n

gedagte. Maar julle sal julle tot My moet wend en julle sal vry word van

hom.

Sy mag oor Myne is nie meer groot nie, want aan die liefde vir My skram

alles weg wat hy ook teen julle onderneem. Maar hy gebruik dikwels

middele wat julle erg aangryp en tog hoef julle hiervoor ook nie te vrees

nie, as julle maar steeds aan My dink, Wie aan die kruis vir julle alles gedra

het wat julle beswaar as sondeskuld. Ek het julle verlos, Ek het julle bevry

uit sy heerskappy en dus is alleen julle eie wil nodig, dat julle die kruisoffer

206

van My aanneem, dat julle dit as vir julle volbring aansien en glo dat My

teenstander geen mag meer oor julle het nie, sodra julle, julleself vrywillig

aan My oorgee. Dink elke oomblik aan My en julle gee daardeur Myself

aanleiding om voortdurend by julle teenwoordig te wees.

Wat kan dan nog met julle gebeur wanneer Ek by julle aanwesig is? Julle

hoef dan niks en niemand te vrees nie, want self die anders so magtige

teenstander is magteloos sodra Ek My aan julle sy bevind en dat Ek aan

julle sy bly staan, bepaal alleen julle wil, deur My nie uit julle gedagtes weg

te laat nie en My te roep in alle nood en benarde toestande, My naam uit te

spreek in die vertroue op My bystand, wat Ek julle te alle tye beloof.

Laat alleen julle geloof lewende word deur voortdurend werksaam te wees

in liefde en julle sal aan geen nood meer blootgestel wees nie, want ‘n

lewende geloof verban geestelike en aardse nood, ‘n lewende geloof ken

geen vrees en geen faaling nie, ‘n lewende geloof is saam werksaamheid

met Myself, teen Wie geen teenstander kan wen nie, Wie Oorwinnaar is van

die grootste vyand en aan Wie julle, julleself daarom ook volledig en

heeltemal moet oorgee, omdat julle dan Myne is en bly en ewig niks meer

hoef te vrees nie. Want My Liefde geld julle al vanaf die allereerste begin en

My Liefde hou nooit op nie.

En so sal ook die Vader Sy kind beskerm teen alle gevaar wat hom bedreig

deur die vyand, Hy sal naas hom gaan en die hande beskermend uitsprei

en alle weë van die kind sal gelyk wees, dat hy die doel kan bereik. Amen

Die ryk van die hemele - Lyding - Geweld

7359 9 Mei 1959

Julle moet dit bedink, dat julle maar ‘n kort tydjie op hierdie aarde leef, dat

julle siele egter onverganklik is, wie tog julle eintlike ek, is, dan sal dit julle

ook begryplik word, dat julle moet sorg vir julle welsyn in die ewigheid en

nie slegs vir die kort tyd van die aardse lewe, wat nog vlugger verby kan

wees as wat julle natuurlikerwys veronderstel.

Nie een van julle is seker daarvan of hy die volgende dag nog sal meemaak

nie en elkeen moet met die gedagte rekening hou om plotseling van hierdie

aarde weggeroep te word. En as julle ernstig daaroor nadink, sal julle,

julleself ook van die groot verantwoording bewus wees wat julle vir julle

siele, dus vir julleself, op julle geneem het vir hierdie kort tydjie van julle

lewe op aarde. En julle sal julle moet afvra wat julle al gedoen het vir julle

ewig saligheid.

Hierdie vraag sal julle, julself ernstig moet stel en dit sal julle waarlik alleen

maar tot seën strek wanneer julle ‘n klein rukkie daaroor nadink. Julle kan

julle siele onvergelykbaar baie rykdomme verskaf as julle maar van goeie

wil is, julle hoef alleen maar julle bes te doen om ‘n lewe in liefde te lei,

God bo alles te bemin en aan die naaste te dink soos aan ‘n broeder en

hom te help indien hy in nood is.

207

Meer verlang God nie van julle, as alleen die liefde tot Hom en tot die

naaste nie. En as julle van goeie wil is dan moet julle daaroor nadink in

hoeverre julle die Wil van God nakom in julle dagelikse lewe, julle sal dan

nog baie ontdek wat nie na Gods Wil is nie, sodra julle, julle lewenswandel

aan ‘n ernstige kritiek onderwerp en eerlik is teenoor julleself. Want die

mens leef nog te veel in eieliefde, hy dink meer aan homself as aan sy

naaste en tog moet hy die naaste dieselfde liefde betoon as wat hy homself

skenk. En dit vereis die vaste wil van die mens, die wil om volmaaktheid te

bereik en homself aan die Wil van God te onderwerp.

Maar die ryk van die hemele ly geweld en alleen wie geweld teen sy eie

hartstog en begeertes gebruik, trek dit na hom toe. Die wil moet sterk

genoeg wees en bly volhou om hom te verset teen alle verlangens wat

strydig is met God, dan gebruik die mens geweld om die hemelryk te

verwerf.

En tog het Jesus die mense die belofte gegee: My juk is sag en My las is lig.

En ook dit is waar, want vir ‘n mens wat liefdevol wil wees, sal dit maklik

wees om die gebooie van God te vervul, hy sal hom geen groot geweld hoef

aan te doen nie omdat die liefde in hom is en die liefde die krag is en hy so

met sekerheid die hemelryk sal verwerf omdat dit hom nie meer ontbreek

aan die standvastigheid van wil deur sy lewe in liefde nie.

En daaroor moet julle ernstig nadink in hoeverre julle nog geweld teen

julleself moet gebruik of dat dit al deel van julle wese geword het, om

vanselfsprekend liefdedienste te verrig vir julle naaste En dan sal julle ook

weet wat vir julle nodig is. Dan moet julle in die eerste plek God om krag

vra om Sy eis na te kan kom omdat ‘n deur God gewilde liefdeslewe julle

nog swaar geval. En die gevraagde krag sal julle toegestuur word. En wat

in die begin nog groot overwinning kos, word vir julle dan makliker en sal

deur julle nie meer as 'n las gevoel word nie. Julle sal nie meer onder ‘n juk

gebuk gaan waarvan die dra julle te swaar voorkom nie. Julle sal geen las

meer voel, omdat julle deur die liefde aanhoudend krag uit God trek en

julle dan ook maklik die werk aan julle siele gedoen kry wat julle nodig het

om die ewige lewe te kan lei in lig en krag en geluksaligheid. Maar eers

moet julle, julleself goed onderhande neem, sodat die uur van julle dood

julle nie verras en julle siele arm en ellendig die ryk hierna moet binnegaan

nie. Want nie een van julle weet wanneer julle uur gekom het nie. Amen

Eindvermaning

7364 16 Mei 1959

Met die oog op die naderende einde word julle steeds weer vermaan om

julleself oor julle eintlike opdrag te besin, wat die volwasse word van julle

siele betref en nie die vervul van liggaamlike behoeftes nie. Julle moet

steeds bewus wees dat elke dag vir julle die laaste kan wees, dat julle die

volgende dag reeds geen aardse goedere meer ten dienste kan staan nie en

208

dat slegs dit vir julle oorbly wat die siel vir homself verwerf het in julle

aardse lewe.

Hoe jammerlik sal julle dan staan wanneer julle geen geestelike goedere

kan aantoon nie, hoe armsalig gaan dit met julle gestel wees, ondanks

groot aardse aansien en rykdom. Niks daarvan kan julle saamneem in die

ewigheid nie, geestelike goedere daarenteen kan julle nie ontneem word

nie, dit is julle eiendom en dit sal julle bomate salig maak by die ingaan in

die geesteryk. Julle almal het nog maar met ‘n kort lewensduur te reken.

As julle die barmhartigheid gehad om reeds ‘n lang aardse lewe afgelê het,

dank dan julle God daarvoor, maar reken ook elke dag op julle afsterwe en

berei julle voor daarop, want niemand weet die dag en die uur van sy

afskeid van die aarde nie.

Maar vanweë die einde sal baie mense vroegtydig opgeroep word en steeds

weer sal dit volgens God se wil wees, wat probeer red wat nog te redde is.

Want nie elkeen sal in staat wees om dit wat homself nog op aarde voor die

einde sal afspeel, te oorlewe nie. Bowendien kan dit nog ‘n besondere

barmhartigheid beteken wanneer ‘n mens die aarde vroegtydig kan verlaat,

om in die ryk hierna nog ‘n moontlikheid te vind vir die volwasse wording

van sy siel, omdat hy op aarde nalatig was in sy siele arbeid.

As julle vooruit kon sien, sou julle waarlik geen tyd meer bestee het aan

wêreldse werk nie, maar julle oogmerk slegs gerig hou op die arbeid vir

julle siele. Want alle wêreldse moeite en sorge sou julle as nutteloos erken

ten aanskoue van wat voor julle lê. Julle mag egter nie gedwing word tot

julle lewenswyse nie, julle moet die korrekte weg vrywillig inslaan en

tevrede wees met die vermanings en waarskuwings wat God aan julle deur

Sy woord voorhou. Maar julle moet dit ook opvolg, want dit sal vir julle ‘n

seën wees.

Wie sy oë en ore oophou, kan self sien hoe dit in die wêreld tekere gaan,

hoe chaos oral te sien is wat onherroeplik ‘n allernoodlottigste einde tot

gevolg sal hê. En hoor hy nou God se woord, hoor hy Sy dienare wat hulle

aan hom verkondig, dan sal dit vir hom maklik wees om sy lewenswandel

dienooreenkomstig te gaan. Ten minste sal hy glo hoe naby hy voor die

einde staan, wanneer hy glo wat God vir hom deur Sy bodes laat sê. Daar

is nie meer baie tyd ter beskikking nie, maar tog was dit voldoende om

julle siele nog die nodige volwassenheid te laat verkry as julle die arbeid

maar ernstig ter hand sou geneem het. As julle, julleself besig sou hou om

goed te wees, julle medemens liefde te skenk, dade van onbaatsugtige

naasteliefde te verrig, julle blik tot God te wend en julle hart en oor te open

wanneer Hy julle aanspreek.

Julle moet slegs die korrekte wil hê en God daartoe bid om krag en

barmhartigheid, dan sal Hy julle ook waarlik bomate met krag en

barmhartigheid bedeel. Hy laat niemand alleen en sonder hulp wat homself

na Hom toe wend vir beskerming nie, wat ‘n korrekte lewens wandel wil

gaan na God se wil nie. Dit word omvat deur die liefde van God en hy word

209

so gelei dat alles wat hom oorkom tot die verkryging van sy

sielsvolwassenheid sal bydra.

Maar hy moet homself ernstig besin oor sy eintlike bestaansdoel en hy mag

nie aarsel nie, want daar bly nie meer baie tyd oor nie. Hy moet luister na

wat God se bodes aan hom verkondig en sy lewe daarvolgens inrig. En hy

sal sekerlik goed daaraan doen, want die tyd wat julle toegestaan was tot

die volwasse word van julle siele, loop ten einde. Amen

Reiniging van die hart

7367 19 Mei 1959

In My huis wil Ek alleen die heerskappy voer en daarom moet julle daar

reeds alles uit die weggeruim hê, as julle My in julle hart wil opneem, want

dan mag daar vir die ander (satan) geen plek meer wees nie, omdat Ek nie

kan wees waar hy nog vertoef nie. Dit is wel ‘n moeilike taak vir julle om

julle harte heeltemal te reinig, alle begeertes af te lê, alle foute en

swakhede te bestry en vir My julle hart as woning in te rig, waar alles lig en

helder is en Ek nou daarin kan woon om julle gelukkig te maak, nou al op

aarde en ook eens in die ewigheid.

Want My aanwesigheid gee julle geluksaligheid, My teenwoordigheid bly nie

sonder uitwerking nie, My teenwoordigheid beteken vir julle toenemende

volwassenheid van julle siele, wysheid en krag, om te volbring wat vir julle

tevore onmoontlik was. Wanneer Ek in julle kan wees, sal julle, julleself ook

nie meer eensaam en verlate voel nie, dan weet julle dat julle aan die Hart

van die Vader veilig geborge is, dat daar geen gevare meer julle bedreig,

dat My teenstander julle nie meer in die noute kan bring nie en dat julle

steeds nader aan julle voltooiing is omdat die vereniging met My vir julle

nou seker is, wat alles vir julle beteken.

Maar eers moet julle, julle harte reinig, julle moet alles doen om hom te

verwyder wat julle vir ewig graag sou wil besit, maar wat julle verderf is.

Maar Ek wil ook My intrek by julle neem en julle vir altyd besit. Maar deel

kan Ek nie met hom nie, julle harte moet geheel en al My eiendom wees en

dit kan alleen maar wanneer julle liefde My geheel en al toebehoort en dit

beteken soveel dat julle niks anders meer sou wil begeer en besit as vir My

alleen nie.

Dus moet al julle aardse verlange gedood word, julle mag niks meer

verlang as alleen om kinders van julle Vader te wees, om as kinders met

julle Vader om te kan gaan. En by ‘n innige omgang hoort ook ‘n innige

vereniging, die kind moet in die nabyheid van sy Vader wees, die Vader

moet by Sy kind wees, dus intrek neem in julle harte. Julle is nie op hoogte

van die geluksaligheid wat die kind voel, wanneer hy hom geheel en al

geborge weet in die arms van sy Vader, wanneer hy geen vrees meer het,

geen nood, geen teenspoed en geen vervolging meer hoef te vrees nie,

wanneer hy die vrede in homself gevind het wat alleen innige Vaderliefde

210

die kind kan berei. En die vrede kan julle almal bereik wanneer julle ernstig

is om dit te doen, julle harte te suiwer, sodat julle My daarin kan opneem.

Elke angs sal van julle wyk, die onrus sal julle verlaat, swakhede en lyding

sal julle nie ken nie, in krag en duidelikheid sal julle, julle weg gaan omdat

julle nie meer alleen gaan nie, maar voortdurend begelei deur My julle

aardse lewe aflê en dus ook julle vyand, My teenstander julle nie meer in

die noute kan bring nie.

Hy vind in julle geen verborge hoekie meer waar hy ‘n skuilplek kan vind

nie, want in julle hart het dit deur My aanwesigheid so helder geword, dat

hy hom nie meer kan verberg nie, want hy is sku vir lig en vlug nog veel

meer vir My aanwesigheid. Wil julle dus die innerlike vrede bereik, laat dan

alleen maar My in julle hart My intrek neem en reinig dit van alles wat My

die toegang nog sou kon belet. En Ek wil julle met die werk help, sodra Ek

sien dat julle vurig verlang na My aanwesigheid. Dan wil Ek julle die krag

skenk om alles te onderneem om julle harte na waardigheid in orde te

bring, as woonplek vir My en Ek wil daar vol vreugde intrek en vir ewig by

julle bly, want dan verlaat Ek My kind wat hom eenmaal vrywillig aan My

toegewy het, nimmermeer. Amen

Skadelike gevolge van misleide onderrig

7368 20 Mei 1959

Misleide onderrig sal julle mense tot verkeerde gedagtes lei en ‘n verkeerde

leerstelling sal altyd tot verkeerde gevolgtrekkings lei, wat weer tot verdere

verkeerde gedagtes lei. Misleide onderrig kan tereg ‘n sataniese bedrog

genoem word, want die daarop volgende gedagte struktuur sal tot ‘n punt

uitbrei waar dit definitief so onontwarbaar word dat ‘n persoon self nie

meer kop of stert daarvan kan uitmaak nie, gesien dat foute en valsheid

nooit tot lig en helderheid kan lei nie. Daarom moet alle misleide onderrig

uitgedaag word en moet dit van die begin af reggestel word alvorens dit

versprei en die mense se gedagtes verwar. Misleide onderrig kon ook as

sulks herken word as die mens poog om in die waarheid te lewe, omdat hy

dan slegs één maatstaf moet toepas: of die liefde, wysheid en mag van

God in elke leerstelling duidelik is.

As daar die minste twyfel oor die oer aard van God is, wat liefde, wysheid

en mag is, dan is die leerstelling verkeerd. En daar is baie dergelike

leerstellings wat nie die toets vir waarheid slaag nie. Wat nie van die liefde

van God getuig nie, ook nie van Sy wysheid nie nog van Sy mag en kan

daarom verwerp word as misleiding. Maar dit word dikwels besonder

hardnekkig onderskryf omdat die mense nie meer geinteresseerd in die

waarheid is nie, hulle is onverskillig of hulle in valsheid of in waarheid lewe.

Hulle sal nooit die waarheid so onversetlik verdedig nie aangesien hulle

eerder aan valsheid vashou. Dit is ook ‘n teken van die komende einde: die

mense word meer en meer verontwaardig vir die ekstra lig wat hulle moet

211

ontvang, dat hulle eerder in duisternis lewe en geen verlange na lig het nie.

En hoewel die valsheid van sommige leerstellings skreidend duidelik is

verwerp hulle elke relevante verklaring. Maar hulle verdonker progressief

hul eie geestelike staat meer en sal dit meer en meer moeiliker vind om na

die waarheid terug te kom, omdat hulle dit eenvoudig nie wil doen nie en

hulle wil kan nie gedwing word nie.

Derhalwe is elke misleide onderrig ‘n hoogs effektiewe werk van Satan,

omdat die mense daaraan vashou. En daar is baie dergelike misleide

onderrig wat in die Evangelie van Jesus Christus ingesluip het en wat nie as

misleide onderrig aan mense uitgewys kan word nie omdat hulle geen ware

verlange na die waarheid self het nie. Die mense wil egter nie hoor dat

dergelike misleide onderrig tot ‘n vervormde beeld van God gelei het nie,

hoewel hulle nie ‘n God van liefde nog minder ‘n God van wysheid en mag

kan identifiseer as hulle ernstig nadink oor sommige van die leerstellings

wat hulle oor ‘n periode van tyd as tradisie aanvaar het en nou as evangelie

verdedig. Maar hulle kan ook nie ‘n onvolmaakte God liefhê nie. En as die

onderrig bydra tot die feit dat die liefde of die wysheid van God bevraag

word, dan sal dit nie vir ‘n persoon moontlik wees om Hom as die hoogste

en mees volmaakste wese van ganser harte lief te hê nie en die regte

verhouding van ‘n kind tot sy Vader kan nooit gevestig word nie, omdat die

persoon nie ware vertroue in Hom het nie.

En daarom moet elke persoon oordink wat van hom verwag word om te

glo. Eerstens moet hy alles ondersoek wat hom gegee word in die vorm van

evangelie, in welke mate dit met die volmaaktheid van God ooreenkom en

julle sal verras wees hoeveel leerstellings twyfelagtig vir julle sal blyk en

inderdaad twyfelagtig is as julle dit met goeiewill en ‘n verlange na

waarheid bestudeer. Julle kan self baie bydra tot julle verligting maar julle

moet in die waarheid wil lewe. Julle moet God vra om julle gees te verlig en

julle toe te laat om te herken wat waar is, om julle te help om misleide

onderrig te herken as sulks en te skei van dit. Want slegs waarheid sal julle

vreugde bring, terwyl elke valsheid julle gedagtes sal verwar en later dit vir

julle onmoontlik sal maak om ‘n korrekte oordeel te vorm. God is liefde,

God is wysheid en God is mag en as ‘n leerstelling nie van liefde, wysheid

en mag getuig nie kan dit met reg as misleide onderrig verwerp word en ‘n

persoon wat dit opreg verlang, sal ‘n verklaring ontvang. Amen

Johannes 14-21: "Wie My gebooie onderhou"

7375 23 Junie 1959

Wanneer julle My gebooie onderhou, bemin julle My en Ek kan My dan aan

julle openbaar en Ek sal My altyd openbaar aan hulle wat My wil hoor. Ek

sal nie bly swyg of My afwend nie, want Ek het julle lief en sou niks liewer

wil as om julle te kan aanspreek nie, tweegesprekke met julle te voer en

212

My so aan julle te openbaar as Vader, Wie na Sy kinders verlang vandat

hulle ontrou geword en geval het.

My liefde tot die gevallenes het nie kleiner geword nie en daarom doen Ek

alles om hulle weer na My toe terug te roep. Sodra die gevallene nou My

stem verneem en dit as My stem herken en dan daarna verlang om deur

My aangespreek te word, het hy reeds die terugweg ingeslaan en is al naby

die hart van die Vader. Dit is nou nog net nodig dat hy die verbinding met

My bewustelik sal soek om die samesyn met My, met sekerheid te vind,

sodat hy weer die saligheid kan ervaar wat hy in die begin ondervind het.

Julle My geliefdes op aarde, hoef dus net My gebooie te onderhou, dit wil

sê, weer My wil te volbring; dan sal julle ook altyd verseker wees van My

toespreking. En dan ontvang julle barmhartigheid in die grootste oorvloed.

Want wanneer Ek julle aanspreek, beteken dit ook toevoer van

barmhartigheid wat julle sal help na voltooiing en tot saligheid, wat dit

maklik vir julle sal maak om op die terugweg na My te gaan en julle

bestemming te bereik.

Maar hoe min mense glo dat Ek tot hulle sou spreek en dat hulle My sou

kon hoor as hulle dit wou en dat hulle maar net die voorwaardes moet

vervul, sodat My stem in hulle kan weerklink.

En ook slegs weinig herken die stem van die Vader Wie tot hulle spreek,

wanneer My woord deur boodskappers aan hulle gebring word. Tog wil

hulle almal My "kinders" wees, maar die stem van hulle Vader kan hulle nie

herken nie, omdat hulle nog ver van My af staan; omdat dit blyk dat My

gebooie te moeilik is om na te lewe, waardeur hulle nog nie in staat is om

My sagte stem in hulle harte te verneem nie. Maar Ek spreek tot die mense

en iedereen kan My stem hoor as hy maar net in My glo, My gebooie oor

die liefde tot God en die naaste vervul en dan stil en gelowig innerlik luister

na wat Ek aan hom wil sê. En hy sal My kan hoor en baie gelukkig wees

wanneer die Vader met Sy kind spreek. Amen

God wil dat ons gedagtes vervul is met Hom

7376 27 Junie 1959

Welke weg julle ook wil gaan, dit moet alleen Myself as doel hê, omdat julle

anders verdwaal. As julle, julle alleen maar na die wêreld keer, sal julle

nouliks julle sinne en gedagtes na My wend en dan kan julle daar seker van

wees dat die weg wat julle bewandel verkeerd is. Keer julle, julle egter van

die wêreld af, dan verkeer julle gedagtes in geestelike gebiede en julle sal

julle in gedagtes besig hou met dinge wat buite die stoffelike wêreld lê,

julle sal wil ervaar wat vir julle nog geheim is, omdat julle toegee aan die

invloed van die ligwesens wat julle gedagtes na die geesteryk probeer lei

en hulle altyd daarmee sukses sal hê juis met die mens wat My soek.

Ek moet julle doel wees, met My moet julle, julleself in gedagtes besig hou,

dan bewandel julle die weg wat na My voer. En so kan julle mense steeds

213

maar weer gewaarsku word teen die wêreld. Nie dat julle die wêreld moet

ontvlug waarin julle deur die lot geplaas is tot beproewing van julle wil nie,

Dog julle mag nie met al julle sinne deur hom bekoor word nie, julle moet

hom leer beheers. Julle moet aan die eise voldoen wat dit aan julle stel om

julle aardse bestaan in stand te hou, egter nie die wêreld meer reg verleen

as wat nodig is nie. Julle moet die wêreld beheers en nie sy kneg wees nie.

En so kan die lot julle op verskillende maniere in beslag neem, maar My

mag julle nie uit julle gedagtes laat gaan nie, deur My moet julle, julle laat

lei en al julle denke en handel laat bepaal en Ek sal waarlik alles doen om

invloed oor julle te kry, as julle wil maar goed is. Wie se wil egter aan die

wêreld behoort die sal verkeerd gaan, die se doel sal ‘n ander wees, hy sal

geheel aan die wêreld ten prooi val en nooit van hom los kom nie.

Daarom sit Ek elke mens steeds weer die voet dwars en dikwels op

smartlike wyse, as hy geen ag slaan op My sagte vermaninge en

waarskuwings nie en hy met My weinig of geen verbinding het nie. Dan sal

hy dikwels hard deur My Vaderhand moet aangepak word. Ek moet hom die

verganklikheid van die aardse dikwels op smartlike wyse laat insien. Ek

moet hom dit ontneem wat hy met sy hart begeer en Ek moet sy blik

dikwels met geweld van die wêreld weglei, sonder om egter sy wil te dwing,

wat tenslotte self moet kies.

Maar die mens kan sonder My nie salig word nie en die saligheid betref sy

ewige lewe, die toestand van sy siel na sy liggaamlike dood. Het hy My op

aarde nie gevind nie, dan sal hy moeilik die vereniging met My bereik, selfs

as dit ook in die ryk hierna nog moontlik is. Want die doel is onmeetlik ver

verskuif as hy sonder My sy lewe op aarde beëindig het en aan gindse kant

slegs moeisaam gelei kan word, waar dit vir hom baie swaarder is as op

aarde om My te vind.

Wie My egter op aarde soek, die sal My ook vind, want Ek Self kom hom

tegemoet en verlaat hom nie meer tot hy hom met My verenig het. Want

Ek is en bly die doel wat bereik moet word, as julle salig wil word. Amen

Groot inspanning in die hiernamaals om verlossend

besig te wees - Jesus Christus

7386 5 Augustus 1959

‘n groot verlossingsaksie is aan die gang, want orals waar daar ligwesens

beliggaam op aarde is, is hulle besig om die evangelie onder die mense te

verkondig. En hul inspanning word ondersteun deur die wesens uit die

ligryk wat op elke wyse die gedagtes van die mense beïnvloed en hulle

ontvanklik maak vir die Godelike woord, wanneer dit vir hulle aangebied

word.

So is daar in die hiernamaals ‘n groot inspanning op te merk deurdat die

ligwesens hulle dikwels in die uiterste diepte waag, om so ook met baie

inspanning in die duisternis lig te bring. Dit kom egter altyd op die

214

gewilligheid van die wesens aan of hulle lig aanneem of dit afwys, as daar

steeds weer ligvonke oplig, wat hul die weg wil wys na ‘n bron van lig. En

volg hulle hierdie weg, dan kan die duisternis baie vinnig van hulle wyk en

helder lig hulle bestraal. Maar slaan hulle daar geen ag op nie, dan sal nog

ewighede lank digte duisternis hulle omring en hulle sal opnuut gekluister

word in die skeppings van die nuwe aarde.

Wat egter nog gedoen kan word om al hierdie siele te red, dit word waarlik

gedoen van die kant van die lig wêreld. En waar op aarde nog die

moontlikheid bestaan dat die mense lig gebring kan word, daar gaan die

ligdraers nie verby nie. Want hulle is in hierdie laaste tyd orals op die aarde

beliggaamd om onder die mense tot seën te werk en hul die weg na

verlossing te wys.

Maar dit is geen maklike onderneming nie, want die stem van die wêreld is

harder. Waar die woord van God verkondig word daar sal altyd maar min

mense vergader, terwyl die wêreld kan spog met talloos meer aanhangers

wat liewer die duisternis kies as die lig en daarom ook geen verlossing kan

vind tydens hul aardse lewe nie. Maar daar word geworstel om alle siele,

want ook van Bo uit die ligryk word geen moeite agterweë gelaat om die

gedagtes van die mense op die ryk te rig wat nie van hierdie wêreld is nie.

Die ligwêreld in die geesteryk is onvermoeid besig om die lig te laat skyn

op die verduisterde mensdom. En so sal daar steeds weer verbindinge

aangeknoop word vanuit die geesteryk met die aarde en die goeie mense

sal gewillig nakom wat hul deur die ligwesens aangeraai word as

noodsaaklik en dienstig vir die sieleheil van die mense.

En hulle sal ook die aansporing van die ligwesens in ag neem, wat nou

sigbaar word deur die ywerige arbeid in die wingerd van God, deur die

verkondiging van die evangelie, deur die verbreiding van die woord van

God, deur geestelike gesprekke, opheldering en ‘n voortdurende verwysing

na Jesus Christus, die Godelike Verlosser. Van Sy naam sal steeds weer

melding gemaak word en die ywer sal nie verminder nie maar toeneem,

sodat orals ook ‘n saadkorrel op goeie bodem val. Omdat Jesus Christus

Self die mense vashou wat die weg na Hom neem, wat hulle na Hom wend

en dus die verlange het om deur Hom verlos te word.

Hulle sal Hy nimmer verlaat, of hulle op aarde is of ook in die hiernamaals.

‘n Innige roep tot Hom sal gehoor word en die siel gee wat hulle verlang. ‘n

Innige roep is vir Hom die bewys dat Hy deur die siel erken word en dan is

sy lot vir ewige verseker. Daarom is alle verlossings arbeid deur Hom

geseënd en aan al hierdie arbeid neem Jesus Christus Self deel. Want Hy

het alleen die vrye wil van die mens nodig om Sy verlossingswerk aan die

siel te kan volbring, sodat hulle vry word van sonde en dood en nou in

hierdie vryheid die EWIGE saligheid kan ingaan. Amen

215

Die verdrywing van lae geeste - Die afweer van hulle

7388 9 Augustus 1959

In die naam van die gekruisigde Heiland Jesus Christus sal julle alle lae

geeste kan verdryf uit julle nabyheid, want die naam Jesus dra krag wat

hulle oormeester, sodat hy julle opgee en vlug. Julle sal in die komende tyd

heel dikwels julle toevlug tot hierdie hulp moet neem, omdat die

werksaamheid van satans aanhang steeds erger word met die oog op die

einde, wat hierdie geeste wel bespeur en hulle dus weet dat hulle nie baie

tyd meer het nie.

Hulle verwag die hernieude kluistering omdat hulle hul nog nie bekeer het

nie en alhoewel hulle nie heeltemal bewus daarvan is nie, weet hulle tog

dat hulle van hul vryheid beroof gaan word, wat hulle nou nog in ‘n sekere

mate het, omdat hulle gesteun word deur die vors van die duisternis, wie

hulle dien. Hulle weet dat hulle hierdie vryheid kwytraak en woed daarom

buitengewoon hewig om mense wat aan My wil behoort tot ‘n val te bring.

Maar hulle is totaal magteloos sodra die naam Jesus Christus, wie hulle

vrees en vir wie hulle vlug, teen hulle gebruik word.

Hierdie kwade geeste werk as afgesante van die satan op julle in en julle

bemerk hul werksaamheid as onrus, onvrede, moeilikhede en lyding van

allerlei soorte en deur sielsswakte en gebondenheid, want hulle hinder julle

waar hulle maar kan, by goeie handelinge of ook by betrekkinge van

geestelike aard met die ligwêreld en sy bewoners. Hulle hou julle aan die

wêreld geketting deurdat hulle julle steeds wêreldse gedagtes influister en

probeer om julle te boei deur sulke gedagtes, om julle af te keer van

geestelik strewe, geestelike gedagtes en goeie werke. Julle siele sal hom

geestelik in die noute gedryf voel, sonder om die rede hiervoor te weet en

dan sal julle altyd kan aanneem dat dit slegte geeste is wat julle in duistere

sfere wil trek, al is dit meestal ook sonder sukses as hulle dit probeer by

diegene wat aan My wil behoort en wie se harte al aan My behoort deur hul

wil.

Die wil wat op My gerig is, beskerm die mense teen alle aanvalle van die

bose, sodat hulle nie ‘n prooi daarvan word nie, maar alleen gevoelsmatig

te ly het onder hulle kwellinge, want die geeste beroof hulle van alle

geestelike vrede in opdrag van hul heer, wat alle bevryding deur Jesus

Christus probeer verhinder, Daarom hoef julle slegs die naam Jesus met

volle aandag uit te spreek en julle dryf die vyand van julle weg, wat hulle

nie daar ophou waar Jesus Christus is nie, wat egter met sekerheid alle

aanroepe nakom en julle daarom altyd ‘n veilige beskerming het met die

aanroep van Sy geheiligde naam.

Die kruisdood was nie tevergeefs nie, Hy het tallose siele uit die hande van

die vyand geruk en Hy sal hom nog tallose siele ontruk, wat Hy ondergaan

het was vir tyd en ewigheid, vir die hede, die verlede en die toekoms en

steeds weer sal die satan die mag van die naam Jesus moet ondervind,

216

want hy sal sy aanhang verloor ofskoon hy glo om die opperheerskappy te

behaal in die stryd om die siele van die mense.

En selfs hulle wat hy wen deur hul gesindheid, word hom weer ontneem en

word opnuut gekluister in die materie en die teenstander raak die siele

weer kwyt vir 'n eindeloos lang tyd. Glo dat julle mag het oor hom, dat hy

die oorwinning nie hoef te behaal nie, glo dat julle ‘n wapen besit, waarmee

julle hom met sekerheid sal kan verjaag, as julle My in Jesus Christus

aanroep, dat Ek julle beskerm teen hom. En julle sal My beskerming

ervaar, julle sal bevry word van sy mag, want julle is deur My naam sterker

as hy, omdat julle My roep en Ek julle waarlik nie sonder hulp laat nie.

Want Hy wat aan die kruis gesterf het vir julle is waarlik groter en sterker

as die vyand van julle siele en Hy sal ook Sy Mag gebruik wanneer julle

Hom aanroep om hulp. Amen

Die beëindiging van ‘n verlossingsperiode

7390 15 Augustus 1959

Dat ‘n verlossingsperiode ten einde loop, kan julle sonder twyfel glo. Want

as julle geestelik ontwaak is, kan julle ook die ontwikkeling nagaan van die

mense. En dan sal dit vir julle ook nie moeilik wees om te glo dat daar ‘n

verandering moet kom nie, as Ek die mense nie aan satan wil laat toeval

nie, wat duidelik aan die werk is.

Vir die mense wat alleen wêrelds ingesteld is is dit weliswaar geen uitleg

nie, want vir hulle geld ‘n lae geestelik peil nie as verklaring omdat hulle

geen oog daarvoor het nie. Maar die doel van die aardse bestaan is die

geestelike ontwikkeling van die mens en as hierdie ontwikkeling op die

agtergrond kom het die lewe nutteloos geword. Dit hoef dan nie meer

verder geleef te word, deur mense wat in hul lewensdoel totaal faal nie.

Maar dit gaan nie alleen om die ontwikkeling van die mens nie, want die

hele skepping berg die geestelike in hom wat ook hul weg van ontwikkeling

gaan. En om die rede moet daar ‘n sekere orde nagekom word in die

skepping, wat egter deur die mense omgestoot word. En juis daarom

beantwoord die skeppings op aarde (mineraal, plante en dierenryk) nie

meer aan die doel wat hul toegewys is nie. ‘n geestelose mensdom leef nie

volgens My wil nie en daarom sal hulle ook die tot hul beskikking staande

skeppingswerke nie benut na My wil nie. Hulle sal hierdie skeppingswerke

inteendeel ander doeleindes gee, wat die opwaartse ontwikkeling van die

daarin bevinde geestelike in gevaar bring of selfs onmoontlik maak.

En sulke geestelose mense leef nou op aarde en bring sy voortbestaan in

gevaar omdat hulle hul nie meer besig hou met My wetlike orde nie maar

die Goddelike orde omver gooi en hul eie wil, wat geheel ingaan teen My

heilsplan voorrang gee. Maar die wil van die mense is vry en daarom word

hul doen en late nie teengewerk nie. Dog die mense lê self die hand aan die

laaste vernietigingswerk en veroorsaak self die einde. Hulle weet egter nie

217

dat hulle onbewus handel volgens My heilsplan nie, want die

vernietigingswerk bevorder die ontwikkeling van die in die skepping

gekluisterde geestelike. En daardeur begin weer ‘n nuwe verlossingsperiode

wat weer volgens die wetlike orde sal verloop, soos dit deur My liefde en

wysheid bestem is.

Dat die meeste mense dit nie glo nie bewys op welke lae geestelik vlak

hulle staan. Want elke geestelik ontwaakte mens sien tog self wel dat die

toestand soos dit nou is op aarde nie kan bly bestaan nie, wil die mense

praat van ‘n geestelike ontwikkeling. Maar die weiniges wat Ek Myne noem,

weet dat daar nie baie tyd meer oorbly tot die einde nie, want hulle sien

duidelik die tekens van die tye, waarop Ek gewys het in woord en geskrif.

Die mens moet alles met geestelike oë bekyk, dan is ook die toestand van

die mensdom vir hom duidelik. Let hy egter alleen op die wêreld, dan sien

hy (skynbaar) alleen opbouende vooruitgang. Dit sal vir hom dan moeilik

wees om te glo dat alles ‘n einde sal hê en dat niemand hom kan verheug

oor aardse besittings, wat hy met baie moeite verwerf het nie. Hy sal dus

steeds alleen maar die wêreld en sy vooruitgang sien en geen ag slaan op

geestelike gedagtes nie.

Maar hulle sal hul nie lank meer kan verheug oor wat die wêreld hul

aanbied nie, want die wêreld sal spoedig in verval raak. In die eerste plek

deur My wil en later ook deur menslike experimente. Want die wil van die

mense self sal die laaste vernietigingswerk op hierdie aarde teweegbring en

Ek sal dit nie verhinder nie. Want juis op die verkeerde wil van die mense

het Ek van ewigheid My heilsplan opgebou. En My heilsplan gee die

geestelike in die heelal weer nuwe moontlikhede tot ontwikkeling, omdat Ek

hulle wil help tot geestelike vooruitgang.

Dit sal dus gebeur soos dit verkondig is. En al vind My voorspellings geen

geloof by julle mense nie, tog kan julle met sekerheid verwag dat julle voor

geweldige ingrypende veranderinge staan. Want een verlossingsperiode

loop ten einde en heel spoedig sal ‘n nuwe begin. Want die tyd wat die

geestelike toegestaan word deur My liefde, wysheid en mag is oor en dit sal

gebeur soos dit julle mense steeds weer verkondig is. Amen

Ware profesie

7392 19 Augustus 1959

Die gawe van voorspelling, die ware profesie, is die "werksaamheid van die

Gees van God " in die mens. Wie dit weet, sal sulke profesieë ook die

korrekte waarde toeken, wat die verpligting inhou dat sulke profesieë

versprei word omdat dit God se Wil is dat die mense daarvan hoor,

aangesien Hy sulke profesieë andersins nie deur die Gees van ‘n mens sou

geopenbaar nie.

Want die profesieë word nie na die mens gestuur om hulle te verontrus of

hulle die toekoms te onthul nie, maar dit het die doel dat die mense self

218

van hulle verantwoordelikheid bewus word, om hulle lewe in te stel in

ooreenstemming met die voorspellings. Want elke mens sal weet dat hy

nog vir verandering vatbaar is en dat hy slegs sy wese ten goede verander,

dit wil sê, dit volgens die Wil van God inrig, om dan ook alles rustig op

homself te laat kom wat God oor die mense stuur.

Die gawe van profesie verplig dus. Dat die mens daarom nie hoef te vrees

dat hy uit homself iets verkondig nie, omdat - waar die werke van die Gees

eenmaal duidelik is – dat die mens steeds onder hierdie invloed staan sodra

dit om geestelike kennis gaan, waarby ook die toekomstige gebeurtenisse

hoort wat hul geestelike motivering het en nooit deur ‘n alleenlik

wêreldsgesinde mens, wat nie daarin glo nie, vermeld sou word.

Wie die toekomstige verkondig in samehang met die geestelike uitwerking,

spreek in opdrag van God, want elke aardsgesinde mens weier om sulke

profesieë uit te spreek en dit onder die medemens te versprei. Dit lê in die

aard van die saak dat slegs ‘n geestelik ontwaakte mens gebeurtenisse

aankondig, wat in opdrag van God spreek en hy het ook die opdrag om vir

die verspreiding daarvan sorg te dra, in soverre dit vir hom moontlik is.

Want hy word steeds daarby gelei soos wat dit goed is, as hy maar ag gee

op elke sagte impuls en homself laat lei deur die innerlike stem, wat altyd

as die uiting van die Gees te beskou is.

Die gawe van profesie is nie aan baie mense gegee nie, maar die weiniges

aan wie die Gees uit God iets toekomstig aankondig, moet hulle amp

uitoefen en sorg dra vir die verspreiding van wat hulle toegestuur word. En

hulle hoef nie te vrees om teen die Wil van God te handel nie, want die

mensdom moet opmerksaam gemaak word op dit wat kom en hulle moet

hulself in ooreenstemming daarmee daarop instel. En die Gees uit God sal

die geleentheid verskaf, Hy sal die mense byeenbring, Hy sal die profeet

innerlik aanspoor wanneer hy moet spreek, soos wat Hy hom ook saggies

sal waarsku wanneer dit nie reg is om daaroor te spreek nie.

Die mens hoef maar net te let op die sagte stem in homself, want waar die

Gees uit God eenmaal aan die werk is, daar gee Hy ook Sy werk nie op nie

en word die mens volgens God se Wil gelei. Dit word julle nog eenmaal

gesê, dat julle voor groot gebeurtenisse staan en dat dit goed is as die

mensdom reeds vooraf daaroor iets te wete kan kom, selfs as hulle

ongelowig teenoor die voorspellings staan. Maar dat dit reeds vooraf

verkondig word, dit word vir hulle eenmaal ook duidelik en dan sal die

gebeurtenisse ‘n groter uitwerking hê op die siele van die mense. Hulle sal

ook geloof skenk aan die aankondigings van ‘n naderende einde, wat van

die allergrootste belang is, want daar bly vir hulle nog ‘n kort tydjie oor wat

hulle goed vir die heil van hulle siel kan benut, as hulle maar van goeie wil

is. En God sal nie ophou om te waarsku en te vermaan nie en so sal Hy

ook steeds weer, deur die stem van die Gees, wys op die komende

gebeurtenisse. Hy sal nooit ophou, tot die dag gekom het wat groot

ontsetting teweeg sal bring, omdat hulle dan maar weinig kan red, terwyl

219

die mens tog slegs die korrekte instelling tot ”Hom” moet hê om deur alle

nood en gevare heen gelei te word, of wanneer hy sy lewe moet gee,

omdat vir hom ‘n mooier lewe beskore is in die ewigheid.

Daar kan nie genoeg gewys word op wat kom nie en julle wat met die Gees

vervul is, moet altyd net uitspreek wat die Gees julle verkondig. En julle sal

die Wil van God nakom, wat Self deur Sy Gees tot julle spreek en tot alle

mense wil spreek. Amen

Matigheid

7401 30 Augustus 1959

Julle moet ‘n sober lewe lei - al van julle jeug af - en daardeur sal die

oorwinning oor die materie vir julle makliker wees. Julle moet geen aardse

genietinge begeer nie en dit sal julle ook nie moeilik wees om daarvan af te

sien ter wille van geestelike gewin nie.

Hoe meer die begerigheid gewek word na aardse genot, des te meer moet

die siel daarteen stry, want julle sal steeds gehinder word deur aardse

begeerte by die strewe na geestelike goed omdat julle sinne gevange is en

julle nie maklik los kan maak van materiële sake wat alleen die liggaam

welbehae gee, maar vir die siel skadelik is en steeds sal bly.

Daarom is dit raadsaam om die mense ‘n bepaalde "vas" aan te beveel,

maar die vas bestaan alleen in ‘n beperking van dit wat die sinne die

meeste begeer.

Dit is die mens nie verbode om ten volle te geniet nie, maar hy kan homself

skade toebring deur die mate waarin, deurdat hy dan die sinne ongeskik

maak om geestelike goed in ontvangs te neem, terwyl iemand wat oorwin,

‘n mens wat homself beheers en met weinig tevrede is, maklik oop staan

vir goedere van geestelike aard, omdat die materie hom nie meer hinder

nie, inteendeel hy dit aan homself diensbaar maak deur sy wil.

Matigheid kan nie beskadig nie, maar eerder nuttig wees, terwyl

daarenteen oordaad altyd skade berokken en die mens wat alleen sy

liggaamlike behoefte stil en daarom geen maat ken nie, nooit in besit van

geestelike goed sal kom nie. Solank die mens homself in bedwang hou, is

daarby hom wat homself so open, die toestroom van die geestelike te

verwag; word egter die liggaam oordrewe aandag gegee, wat beteken dat

elke begeerte vervul word, dan sluit die mens hom af vir die toestroom van

die geestelike, omdat daar vir beide tegelyk geen moontlikheid bestaan nie,

omdat die materie die geestelike uitsluit, omdat dit twee verskillende ryke

is, wat hul eie deel uitstraal en beide nie tegelyk in die hart ontvang kan

word nie.

Maar ‘n bepaalde mate is die mens toegestaan, want dit wat die liggaam

nodig het om homself staande te hou mag die mens verlang en sy eie

maak. Maar hoe kleiner die maat, des te meer voordeel trek die siel

daaruit, deurdat hy die goedere wat alleen van waarde is oorvloedig

220

ontvang, omdat dit onverganklik is en word saamgeneem na die ryk wat

alleen werklik is, wat die siel betree as hy homself van sy liggaam losmaak

en die hiernamaals ingaan.

Dan sal hulle ontvang in oorvloed, omdat hulle tevrede was met weinig, toe

hulle op aarde alles ter beskikking gestaan het. Dan sal hulle hulself geen

dwang meer hoef op te lê nie, hulle sal ontvang wat hulle begeer en hulle

sal verbly word in ewigheid. Amen

Koninkryk van lig - Jesus Christus

7404 4 September 1959

Elkeen wat deur die poort in die koninkryk van lig in gegaan het sal hom

verheug en sal My ewig dankbaar wees, Wie hom so gelei het om sy doel te

bereik. Elkeen wat in staat is om die koninkryk van lig te kan binnegaan

word dus so verlos van sonde en dood, want albei beteken duisternis en ‘n

onverloste siel sal nie die koninkryk van lig kan ingaan nie. Hy moes eers

die enigste Een gevind het Wie die poort na die koninkryk van lig is: Jesus

Christus, die Goddelike Verlosser. En deur aan Sy hand vas te hou sal die

siel ook die koninkryk kan binnegaan, want Hy sal hom van sy sondeskuld

verlos, omdat Hy aan die kruis gesterf het namens alle siele wat in die

duisternis is, dus in sonde en dood was. Hy doen versoening vir die las van

sonde namens julle mense; Hy het die offer van versoening namens julle

gedoen om die weg vir julle na die koninkryk van lig oop te maak, sodat

julle in ewige geluksaligheid sal kan ingaan. Geluksaligheid bestaan slegs

waar lig gevind kan word en lig kan slegs gevind word waar die sonde en

die dood nie meer bestaan nie. Die sonde word egter deur Jesus Christus

self gekanselleer sodra hy daarom gevra word om dit te doen, sodra julle

aan hom ‘n beroep om vergiffenis doen.

Derhalwe is daar ook Verlossing vir die siele in die koninkryk van die

hiernamaals, ‘n verandering van duisternis na lig, omdat selfs die siel in die

hiernamaals nog na hom kan roep, want sodra hy Jesus Christus versoek

het, het hy hom op Myself beroep en terwille van Jesus Christus sal Ek dan

sy sondeskuld vergewe wat hom vir ‘n oneindig lang tyd van My afgesonder

gehou het. Die offer aan die kruis was gemaak vir alle mense en elke

onverloste siel moet slegs die weg na die kruis neem om van sy sondeskuld

verlos te word. En om van sonde verlos te wees beteken eenheid met My

en onbeperkte geluk.

Maar die absolute waarheid is ook ‘n deel van dit. Daarom sal ‘n siel nog

nie die hoogste geluksaligheid kan geniet solank hy nog van die waarheid

verwyder is nie, want die waarheid en Ek is één, anders kon mens nie van

lig praat nie. Lig is insig, die regte kennis van alles en solank ‘n siel nog

onwetend is in die koninkryk van die hiernamaals dan is hy nog nie in die

koninkryk van lig nie, maar sodra hy deur lig deurdring word sal hy ook

onmiddelik diepgaande insig ervaar.

221

Daarom, as ‘n siel weier om die waarheid aan te neem wanneer dit hom

aangebied word sal sy staat van geluksaligheid ook onvolmaak wees, in die

geval sal hy ook nie vir Jesus Christus behoorlik herken het nie en die

verlossing sal ook nog nie ten volle plaasgevind het nie, wat egter die

resultaat van ‘n innige beroep op Jesus Christus sou gewees het. En om

hierdie rede bestaan daar nog tallose siele in die duister, hulle is nie

ellendig nie maar hulle kan nie geseënd genoem word nog vir ‘n lang tyd

nie. Hul houding ten opsigte van Jesus Christus is nie hoe dit moet wees

om hom toe te laat om die poort na die koninkryk van lig vir hulle oop te

maak nie en hierdie siele sal nog baie onderrig as ook voorbidding verg om

die regte insig daarvoor te kry.

Solank hulle nie verkeerde idees, van allerlei misleide onderrig kan los nie,

kan hulle nie verwag om tenvolle deur lig deurdring te word nie; maar hulle

eie wil sal die staat waarin hulle is beslis. Die mense wat hom voortdurend

op aarde verwerp het sal ook telkens weer hul wil van verwerping na vore

laat kom in die hiernamaals, wanneer dit eenvoudig voldoende sou wees

om op Jesus Christus ‘n beroep te doen vir sy hulp. Wat dit sekerlik aan

hulle sal gee sodra hul beroep in Gees en in waarheid hom bereik. Dan sal

alle duisternis verdwyn, die lig sal so duidelik en helder die siel laat gloei

dat alle geestelike duisternis sal verdwyn, dat die siel die helderste insig sal

ervaar en nooit hierdie mees diepgaande kennis van korrelasie weer sal kan

verloor nie. Amen

Die Aankondiging van ‘n Ster

7405 5 September 1959

Wat julle deur die Gees verkry, sal julle sonder bedenkinge kan aanneem.

En so sal julle moet aanvaar dat die naderende einde van die aarde ook al

in die heelal bemerk kan word, dat daar kosmiese veranderinge voorkom,

omdat dit Jesus se Wil is. Dat by die beëindiging van ‘n aardperiode, op

elke manier kenmerkend aandag getrek word wat die mens nie natuurlik

sou kon verklaar nie, wat hom die Mag van ‘n Skepper laat sien en wat dus

ook in alle duidelikheid op die Skepper wys. En hierdie kosmiese

veranderinge raak meestal afwykings in die beweeg van die hemelliggame

tot nou toe, wat ‘n ander baan gaan inslaan en dat sulke gebeurtenisse vir

die mense onverklaarbaar is en bly en tog nie geglo kan word nie. Hoe

nader die einde kom, hoe gereelder sal die mense sulke gebeurtenisse

waarneem, eers nie baie duidelik sigbaar nie, maar wat egter steeds

duideliker tevoorskyn sal kom sodat die mense in waarheid sal kan sê: "Die

kragte van die hemele word geskud". En geen enkele menslike wil sal

daarmee vergelyk kan word nie; alleen Jesus se Wil sal tot uitdrukking kom

en daarom sou ook alle mense kan glo in ‘n God, wanneer hulle sulke

ongewone verskynsels oplettend ondersoek.

222

Maar wie nie wil glo nie, kan ook nie duideliker oortuig word van die

bestaan van ‘n God en Skepper, aan Wie alle elemente van die natuur

onderworpe is nie. Wie egter oplet, weet ook dat die tyd daar is. En so sal

‘n ster homself losmaak uit sy normale baan en die weg na die aarde neem.

En hierdie ster gaan sy weg onafhanklik van die wil van die mense en hy

hou vir hulle ‘n groot gevaar in, maar sy loop word nie gestuit nie, omdat

die aarde ‘n skok moet ondervind, tot skade en heil van die mense daarop.

Want baie mense sal hulle lewens daardeur verloor, soos dit al vir ‘n lang

tyd tevore verkondig is.

En die aarde sal ‘n skok ondergaan. Niemand sal homself kan voorstel in

welke gevaarlike situasie die hele hemelliggaam (aarde) sal kom nie.

Hierdie natuurkatastrofe sal nie tot ‘n volledige vernietiging lei nie, maar

tog van ‘n onbepaalde omvang wees, sodat die einde daardeur vir

ontelbare mense sal kom. Maar wie dit sal oorleef, gaan nie lank daarna

nie, die uiteinde tegemoet, ‘n daad van vernietiging wat deur die menslike

wil veroorsaak sal word, wat wel deur God toegelaat is, maar wat nie Sy

Wil is nie. Terwyl die vroeëre kosmiese katastrofe tog nog ‘n doel het wat

moet help met die verlossing, sodat die ongelowige mense nog op die

laaste gewys sal word op ‘n Mag wat alles beheer en dat daar niks

willekeurig gebeur nie. Daar moet nog ‘n reddingsmiddel vir hulle gegee

word en ‘n laaste middel is om te glo, sodat hulle nie verlore gaan nie.

God Self spreek deur hierdie gebeure die mense aan wat geen ag slaan op

Sy sagte stem nie, maar Sy luide stem weerklink dikwels vol smart en daar

sal ook baie vernietig word. Daar bly egter nog die moontlikheid vir hulle

oor om in die ryk hierna in te haal wat hulle op aarde versuim het.

Baie sal ook nog die barmhartigheid verkry om die laaste kort tyd tot die

einde toe mee te maak en ook nou is die wil om te glo weer maatgewend,

want die ongelowiges sal vir hulle siel geen voordeel bereik van wat hulle

meemaak nie. En hulle sal vir hulself aan die einde alleen maar die lot van

‘n hernude kluistering oplewer, waarteen God in Sy Liefde die mense sou

wou behoed het.

En daarom waarsku en maan Hy almal alreeds en Hy maak die mense

bedag op alle verskynsels in die laaste tyd en salig is hy wat hierop ag

slaan, wat daarin glo en sy lewe op aarde in ooreenstemming bring

daarmee. Hy sal deur al die moeilikhede heen gelei word en wat ook al met

hom sal gebeur, sal dit vir sy siel en vir sy volwasse wording op hierdie

aarde goed wees. Amen

Die stadium van die “Ek-bewussyn”

7413 20 September 1959

Julle mense, is van julleself bewus. En dit is die teken dat julle wesens is

met intelligensie, dit wil sê, dat julle in staat is om te dink en gevolglik

wesens is, wat van God afkomstig is, wat geskape was as Sy ewebeeld en

223

daarom ook van hulself bewus was. Tussen daardie tyd en die tyd wat julle

nou op die aarde is, lê egter ‘n eindelose lang tydperk, waarin julle van

julleselfbewussyn beroof was. ‘n Tyd waarin julle ook wel die

skeppingswerke as iets wesenlik bevolk het, maar die wesenlike was nie

van homself bewus nie, omdat hy steeds slegs as deeltjies van ‘n eens

bewuste wese deur hierdie skeppingswerke heengaan. Eers nadat alle

deeltjies hulself weer versamel het, beliggaam die wese homself as mens

en gaan dan ook weer die stadium van die “Ek-bewussyn” binne, waarin hy

nou ook ‘n taak te vervul het. As mens dra die wese daarom nou ook ‘n

sekere verantwoordelikheid vir sy ontwikkeling, omdat hy verstandelik in

staat is om die “vir en teen” van sy lewenswandel in te sien, dat hy dus kan

beoordeel welke uitwerking sy lewenswandel op die eintlike "Ek" - die siel -

het.

Solank die wese nie van homself in die oerstadia bewus was nie, het hy ook

geen verantwoording te dra nie en staan hy onder die wet van "jy moet".

Hy doen wat hom deur die Wil van God opgedra was. Hy handel

instinkmatig, dit wil sê, gelei deur geestelike intelligensies wat die

geestelike in die skeppingswerke so beïnvloed dat hy die werk uitvoer wat

vir hom bestem was.

Dit is nou anders gestel in die stadium as mens, waarin die wese vir

homself kan besluit, waarin die denke en handeling, waarin die “Ekbewuste”

wese die volle vryheid het van denke en handeling. En hy moet

nou bewustelik dink en wil en handel volgens die Wil van God, dit word nou

nie meer deur God se Wil bepaal nie, maar sy eie wil moet nou besluit en

altyd onder inwerking van sy eie “Ek-bewustelikheid” wees, want die mens

voel dat hy oor homself beskik, hy is van homself bewus. Hy staan nie

meer onder vreemde invloede nie, maar rig self sy wil na eie goeddunke en

hy weet ook dat hy homself daarvoor verantwoordelik moet wees, hoe hy

sy wil ook al rig.

En dit onderskei die mens van die dier, dat hy in sy ontwikkeling ook al ver

gevorder het, maar tot die laaste beliggaming as mens steeds ‘n wese bly

wat onder die wet van "jy moet" staan en nie vry oor homself kan beslis

nie, al mag dit nog so intelligent lyk. Hy het nog nie die “Ek-bewussyn”

teruggekry nie en het daarom nog nie op die laaste trap van beliggaming

aangekom nie. Tog sal ook die dier die laaste fase bereik, want die

geestelike neem eens die gang deur die aardse bestaan op homself, waarin

hy homself as mens beliggaam en homself ook van sy "Ek" bewus word.

Dat die mens egter ‘n “Ek-bewuste” wese is, moes hom ook laat besluit dat

sy Skepper en Maker, sy God van die ewigheid geen irreële (fiktiewe) gees

kan wees nie; maar dat Hy as die hoogs volmaakte Wese eweneens kan

dink en ‘n vrye wil het, omdat daar andersins nooit sulke skepsele uit Hom

kon voortgekom het, wat hierdie kenmerke van goddelikheid vertoon nie.

Want uitgaande van die mens, die skepsel, kan ook die gevolgtrekking

gemaak word dat daar ‘n God, ‘n Skepper is. Die hoogste Wese moet “Ek-

224

ewus” wees, net soos die mens “Ek-bewus” is, slegs in hoogste

volmaaktheid, aangesien die mens onweerlegbaar ‘n nog onvolmaakte wese

is. Maar die "Ek besef" het hy ondanks alle onvolmaaktheid. En dit maak

die mens tot ‘n goddelike wese wat aan Hom gelyk geskape was en weer

tot dieselfde volmaaktheid moet kom, waarin hy eens van God uitgegaan

het. Die “Ek-bewussyn” is die grootste wonder van die skeppingswerk

"mens". Die mense moet hulself voorstel welke doodse lewe hulle sou lei as

hulle die “Ek-bewussyn” nie besit het nie, wat elke mens eers ‘n

persoonlike stempel gee: Om homself te sien as ‘n wese wat in staat is om

te dink en oor homself te kan beslis in vrye wil, omdat hy oor homself ook

kan nadink en homself kan voeg volgens die kader van die skepping in die

besef van die “Ek”, in die bewussyn self te kan beslis wat "Ek" wil.

Die “Ek-bewussyn” is ‘n duidelike teken van goddelikheid, dit is ‘n teken

van verbondenheid met ‘n gelyksoortige Wese, wat die ‘Ek’ in die lewe

roep. Ook al is die wese as mens maar ‘n karikatuur van dit wat God eens

geskep het. Maar hy het tog die “Ek-bewussyn” behou en kan homself

daarom ook weer vorm tot die oerwese, wat hy van die begin van die tye af

was. Hy kan in die stadium as mens - in die stadium van die “Ek-bewussyn”

- alles doen wat hy wil, selfs wanneer die moontlikheid om dit te realiseer

hom soms deur die Wil van God besnoei word. Maar hy is in staat om te

dink en planne te maak, altyd van homself uitgaande, homself altyd in die

middelpunt voelend van alles wat gebeur, omdat die kennis wat hy het,

daar is en hy die bewussyn ook nie meer verloor nie.

Daarom sal hy egter ook eenmaal tot verantwoording geroep word hoe sy

houding was in die aardse lewe teenoor hierdie groot barmhartigheid: om

te weet dat hy ‘n “Ek-bewuste” wese was wat deur die Skepper so gemaak

is, om die besef van homself te hê en vanuit homself die ware houding tot

sy Skepper tot stand te bring. Die denkvermoë behoort tot die “Ekbewussyn”

en kan eers dan ware vrugte oplewer, maar altyd moet die vrye

wil werksaam wees wat net so by ‘n goddelike skepsel hoort. En hierdie

vrye wil moet alle goddelike gegewe reg gebruik, dan sal die wese ook

tydens die lewe as mens die weg neem wat onherroeplik tot die

verandering ten goede voer en hy sal in alle volmaaktheid terugkeer na die

Vaderhuis, soos wat hy eens daarvan uitgegaan het. Amen

Vertrou op God sonder enige twyfel

7417 27 September 1959

Alles sal aan julle vervul word, as julle maar reg bid. Maar wat daar onder

"reg bid" te verstaan is, weet julle nog nie, omdat julle andersins heeltemal

sonder sorge deur julle aardse lewe sou gaan, omdat julle in alles op My

vertrou. Maar die vaste vertroue ontbreek by julle en gevolglik sal julle ook

nie reg kan bid nie. Julle twyfel en vra nog steeds, terwyl julle slegs sonder

om te twyfel sou hoef te wag op hulp. Steeds sal daar nog klein

225

vertwyfelinge in julle opkom of Ek ook julle vraag sal vervul en dan is julle

gebed nie so, soos dit moet wees om verhoor te kan word nie. Julle sou

steeds moet weet dat My Liefde vir julle oneindig is en dat die Liefde nooit

weier nie. Wanneer julle vanuit die insig bid, weet julle ook dat Ek julle niks

onvervuld kan laat waarvoor julle bid nie, want My Liefde wil al die

teëspoed van julle afwend, My Liefde wil gelukkig maak en My Mag is so

groot dat niks onmoontlik vir My is nie, ook wanneer dit vir julle mense

onmoontlik skyn.

Julle kan julle egter nie van My Liefde sonder einde enige voorstelling maak

nie en dit is dit wat julle sal laat twyfel, wat julle vertroue op die vervulling

van julle vraag verswak en My daardeur ook in My werksaam wees beperk.

Julle lê steeds net die maatstaf aan wat op julle mense self toe te pas is,

julle beperk ook My Liefde, omdat julle nie weet wat dit beteken, om

onbegrensd lief te kan hê en onbeperk Liefde te skenk nie. Maar Ek ken

geen begrensing, nóg van My Liefde, nóg van My Mag nie en daarom is niks

vir My onmoontlik nie, soos Ek egter ook geen grense stel aan die Wil van

My Liefde teenoor julle wat innig tot My bid in volle vertroue op My hulp, op

vervulling van julle vraag nie. En dit is alleen nog maar die vertroue wat in

julle moet groei, die vaste sekerheid dat Ek julle smeekbede hoor en julle

te hulp kom, laat dit wees wat dit wil.

Julle vertroue kan alles oorweldig, omdat julle dan steeds sal werk met

Myself en nou ook kan onderneem wat julle wil, dit sal deur My geseënd

wees. Julle sal duidelik My Hand bespeur na ‘n innige gebed tot My vol

vertroue. Julle sal so gelei word dat dit vir julle die beste is en alle sorge sal

van julle afval, sodat julle blymoedig en onbekommerd deur die aardse

lewe sal kan gaan, steeds aan My Hand, wat julleself nooit sal loslaat nie,

omdat julle, julleself voortdurend met My verbind in gebed. Vind slegs

hierdie innige verbintenis met julle Vader en julle sal dan ook reg kan bid,

julle sal op die mees eenvoudige manier met My praat en Ek sal julle hoor

en geen oomblik talm om My kind tot hulp te kom nie. Maar julle moet My

vertrou. Dit vra Ek van julle omdat elke vertwyfeling My hinder in die

werksaam wees van My Liefde vir julle omdat dit ‘n wet is van ewigheid,

dat die liefde geen weerstand mag ondervind nie, maar dat gebrek aan

vertroue ‘n weerstand is, waarby My Liefde nie in volle krag werksaam kan

word nie.

Oor die wedervarings van elke afsonderlike mens bekommer Ek My en elke

afsonderlike mens kan met My praat, soos ‘n kind met sy vader spreek. Wie

dit doen, vir hom word waarlik goed gesorg in tyd en ewigheid, hy word

aanhoudend gehelp, want sodra die kind My vertrou, kan Ek nou ook by

hom werksaam wees volgens sy wil. En dan kan hy eers korrek bid, in gees

en in waarheid, dan eers kan hy seker wees daarvan, dat hy verhoring van

sy vrae sal verkry, want Ek staan altyd gereed vir elke mens wat vol

vertroue tot My roep om hulp. Amen

226

Staat van skemerte in die hiernamaals

7418 29 September 1959

Die siele wat oorgegaan het in die koninkryk van die hiernamaals sonder

om hul Verlosser te gevind het sal hulself deur dik mis omring vind, op

voorwaarde dat hulle nie die koninkryk van duisternis binnegaan deur hul

totale God-verloënende manier van lewe op aarde nie. Maar daar is mense

wat nie skuldig is aan uitdruklike wangedrag nie, wie se oortreding

gewoonlik bestaan deur die nalaat om goeie werke te doen, wat nog sleg

nog goed genoem kan word en die wie se gees nie so donker deur

diepgaande duisternis in die hiernamaals is as wat verwag sou word nie.

Nietemin, hulle is ook nie geskik vir die koninkryk van lig nie, want hul siele

is nog nie ontvanklik vir lig nie, hulle siele word nog omring deur digte

skemerte, hulle het absolute minimale besef, afhangende van hul dade van

liefde waarop ‘n siel kan terug kyk.

En die meeste siele wat van die aarde af terug geroep word is in die

koninkryk van skemerte. Mense wat in die wêreld blykbaar regverdig was,

maar tog weinig geloof gehad het omdat hulle ‘n tekort aan liefde op aarde

gehad het. En hierdie siele ondervind nou ‘n tyd van uiterste

onvrugbaarheid. ‘n tyd wat hulle eensaam en alleen met hul gedagtes rond

swerf. Hulle is nie in staat om enige iets in hul omgewing te herken nie,

hulle is geestelik blind en ook onbekwaam om enige iets waar te neem

buiten hulself, maar hulle het nie hul sin van identiteit verloor nie, hulle

onthou slegs nou en dan vaagweg hul aardse lewe. Hulle is in ‘n

permanente staat van rond dwaal en soek, want hulle kan nie vind waarna

hulle soek nie, ‘n plek van vrede en veiligheid, omdat hulle nie daarin

geslaag het om dit tydens hul aardse lewe te verwerf nie. Hulle was

effektief parasiete op aarde gewees, hulle het geleef sonder om hul ware

doel van die lewe te vervul, hulle het slegs geneem sonder om iets terug te

gee, ongeag of dit aards of geestelike begryp word. Hulle het geen

geestelike besit vir hulself verwerf nie maar hul aardse lewe vir hul eie

vereistes gebruik. Hulle het hul aardse lewe geleef sonder om ernstig na te

dink oor die betekenis en doel daarvan. En dit is wat hulle in die koninkryk

van die hiernamaals sal ontvang; hulle sal niks vind nie omdat hulle niks

verwerf het wat van blywende waarde is in die geesteryk nie.

Slegs nou sal dit wys of so’n persoon liefdevol onthou word, want elke

liefdevolle gedagte is ‘n vaste basis waarop die siel nou met ‘n sekere sin

van vertroue kan beweeg. Elke liefdevolle gedagte voorsien die siel met ‘n

skynsel van lig waarin hy sy omgewing kan herken, al is dit slegs vir ‘n kort

oomblik, maar dit stimuleer hom om daaroor na te dink, want sy toestand

kan slegs deur voorbedagte handeling verander word, deur die salige hulp

van elke liefdevolle gedagte te ervaar, deur berou te hê wanneer hy besef

wat hy op aarde nagelaat het om te doen. En afhangende van sy aard, sy

bereidwilligheid en sy weerstand, kan die staat van so‘n siel ook spoedig

227

verander, as hy nie tenvolle hardnekkig is nie, in welke geval sy blindheid

‘n baie lang tyd kan duur voor die skemerte sal plek maak vir ‘n klein

skynsel van lig. En omdat slegs liefdevolle gedagtes hierdie hulp kan

voorsien, moet baie kragtige voorbidding aan die siel gegee word, hy moet

nie aan sy lot oorgelaat word wat sy liglose staat oneindig sal verleng nie,

want slegs liefde is in staat om dit te verander, liefde wat sy medemens

aan hom stuur en wat die siel self in sy aardse lewe nie gehad het nie,

maar wat deur God namens so‘n siel aanvaar word.

Maar dit is moontlik vir al julle mense op aarde om baie hulp met julle

liefde te gee en julle moet daarom voortdurend in geestelike kontak met

die siele van oorledenes bly, julle moet hulle telkens weer die Evangelie van

liefde vertel en dat hulle, selfs in die hiernamaals, nog hierdie twee gebooie

moet onderhou, om God bo alles lief te hê en hul naaste soos hulself. Want

dit is die enigste manier hoe hulle kontak met Jesus Christus sal kan kry,

sonder wie dit vir enige siel onmoontlik sal wees om die koninkryk van lig

binne te gaan. Die siele wat nog in skemerte dwaal het nog nie met Jesus

Christus kontak gemaak nie, hulle het nog nie Verlossing gevind nie, wat

die rede vir hul lewe op aarde was, maar hulle moet dit absoluut in die

hiernamaals bereik as hulle nie in die diepte wil af daal nie. Die siele wat

nog in die skemerte dwaal is nog nie in die diepte in gedwing nie, hulle het

nog ‘n geringe geleentheid om hul weg na die koninkryk van lig te vind,

want na ‘n lang tyd van onvrugbaarheid sal ligwesens, wat hulself nie as

sulks sal identifiseer nie, hulle herhaaldelik die ware weg wys wat na Jesus

Christus lei.

En sodat hulle die ligwesens volg en hul verset opgee, sal hulle baie

voorbidding vereis wat julle nie van die siele moet weerhou nie. Hulle sal

julle ewig dankbaar wees as julle liefde hul val in die diepte afwend, as julle

hulle help om hul weg uit die skemerte na die koninkryk van lig te vind,

want julle liefdevolle voorbidding sal hulle agteruitgang verhinder, hulle

siele sal sagter en meer toegeeflik word en hulle sal Verlossing deur Jesus

Christus vind, wat elkeen vergeef as hy hom slegs onthou en hom aanroep.

Amen

Openbaring Hoofstuk 16 vers 18 - Ster

7420 3 Oktober 1959

‘n Geweldige bewing sal die aarde laat skud. Geestelik sowel as aards sal

die wêreld voor ‘n skudding staan, soos die mense nog nooit meegemaak

het vanaf die begin van hierdie tydperk nie. Maar dit is voorspel, want dit is

die inleiding tot die einde wat nie lank daarna sal volg nie. Die tydsduur is

nie meer lank nie en steeds dringender word julle daarop gewys, omdat

julle elke dag nog sal moet benut om julle siele meer volwasse te laat

word, want die tyd vlieg en julle gaan julle einde met rasse skrede

tegemoet.

228

En dan volg ‘n eindelose lang nag vir al diegene wat die dag nie gebruik het

om vir sy sieleheil te werk nie, want slegs min sal die laaste einde oorlewe

en die nuwe aarde mag bewoon, slegs min sal standhou in die laaste stryd

op hierdie aarde.

Weereens word die tekens van die einde aan julle voorgehou en die laaste

geweldige teken sal die groot aardbewing wees. Julle is alreeds gesê hoe

dit tot stand gaan kom: Dat ‘n ster homself uit sy baan gaan losmaak en

met reusagtige snelheid op die aarde sal afpyl. Dat julle nog niks daarvan

af weet nie, is as gevolg van die groot afstand wat die ster nog moet aflê,

voordat hy in die gesigsveld kom van hulle wat hom sal waarneem.

Maar dan sal die opwinding ook groot wees, want elkeen sal nou die gevaar

besef waarin die aarde Homself daardeur bevind, maar niemand sal iets

kan doen om die gevaar te besweer nie. En die laaste tydperk, aangesien

julle nou daarvan op die hoogte is, moet julle besonder goed benut, want

geeneen van julle sal weet of hy die gebeure sal oorlewe nie, geeneen van

julle sal weet welke deel van die aarde getref sal word nie en niemand

moet daarop reken dat dit by hom sal verbygaan nie.

Dit is die laaste waarskuwende stem van Jesus wat Hy nog laat weerklink

voor die einde, om juis voor die einde geloof te vind en tewens ‘n

ommekeer te bewerkstellig van die weiniges wat nog nie heeltemal ‘n prooi

van die teëstander geword het nie. Dink nie lighartig oor al die

voorspellings nie, laat julle nie van julle sienswyse bring deur die werk van

die skynbare opbou wat julle in die wêreld gadeslaan nie, maar weet dat

die skaduwee van vernietiging reeds opdoem, dat daar nie meer langer tyd

oorbly totdat julle op hoogte sal kom van die onheil wat julle in die vorm

van ‘n ster nader nie.

Hy word uit sy baan geslinger, omdat dit God se wil is dat die aarde deur ‘n

bewing geteister sal word, wat nog mense moet en kan red wie se wil goed

is. Aan voortekens van die naby synde einde sal dit waarlik nie ontbreek

nie, maar die voortekens sal ‘n geweldige uitwerking hê en baie mense sal

daarby die lewe inskiet. En niemand kan homself daarvoor doof hou nie,

want dit is te geweldig dat dit nie op alle mense indruk sou maak nie.

Die resultaat is net verskillend, want die mense sal deels hulle swak geloof

laat oplewe en hulself weer aan Jesus gee, maar deels ook die swak geloof

verloor en hulself na die teëstander keer, wat in ‘n vergrote jaagtog na

materiële besit, meestal op onregmatige wyse tot uitdrukking sal laat kom.

En daar sal baie nood wees onder die mense. En dan bewys die ware krag

van die geloof hulle wat hulp beteken vir die mens wat homself gelowig

slegs aan God toevertrou. Want Hy sal al diegene help wat van Sy wil is,

wat ook in hulle grootste nood net aan diegene dink wat hulle kan help. En

die tyd sal begin waarin nog goeie arbeid in die wingerd verrig moet word

om al diegene te hulp te kom wat nog swak van gees is en wat versterking

van hulle geloof moet kry. Want daarna volg die tyd van die laaste

229

geloofstryd wat nog ‘n laaste beslissing van die gelowiges sal vereis. Maar

wie volhou tot die einde sal salig word. Amen

God alleen is Meester van die Skepping – Ster

7423 5 Oktober 1959

Die hemelliggame loop ewigdurend in hulle bane, wat deur die goddelike

Skepper voorgeskryf word en waaraan in die skeppingsplan ook vasgehou

word, volgens Sy Wil. En dit is ‘n onmoontlike onderneming om die

voorgeskrewe baan van ‘n hemelliggaam te wil verander, om ‘n ster uit sy

baan weg te dring en anders te wil stuur as wat dit deur die goddelike

Skepper bepaal is. En net so is dit onmoontlik om die loop van ‘n

hemelliggaam teen te hou, om hom tydelik in sy loop te beperk, dus om

hom op een of andere manier te verhinder om op sy weg te gaan.

Dit is aan almal gesê wat meen om deur eie uitvindings ‘n ander ordening

in God se skeppingswerk tot stand te bring, wat daarin glo om menslike

voortbrengsels in die goddelike skeppingswerk in te voeg, wat aanneem dat

sulke proefnemings sonder ernstige skadelike gevolge die heelal ingestuur

kan word. Oor die kosmos is Ek nog altyd God en Ek sal ook elkeen wat in

My werk wil binnedring, op passende wyse beantwoord.

Daar sal ‘n nuwe poging voorkom en daar sal nog meer volg, solank die

mense nie verhinder word nie. En Ek laat so iets ook toe, maar Ek

antwoord wanneer die tyd daar is. Want daar kan nie meer veel bereik

word deur die handelswyse van die mense in die heelal nie, omdat die tyd

ook uitgeloop is waarop die mensdom op al sy mag kan reken. En alle

ervaringe wat hulle nog versamel, sal hulle van geen enkele nut wees nie,

want Ek Self roep ‘n halt daaraan.

Maar Ek sal op dieselfde manier antwoord, want die antwoord sal eweneens

uit die heelal kom waarin hulle trag om binne te dring en al hulle

uitvindings sal nutteloos wees, om die hemelliggaam te wil afweer en weg

te lei sodat dit hulself ook in die grootste gevaar sal bring. En so word dit

aan My oorgelaat hoe lank Ek die praktyke van die mense gaan duld, maar

Ek duld dit tot op ‘n punt. Ek verklaar dat Ek nie eens is met sulke

proefnemings wat geen geestelike doel het nie en dat dit die mense

alleenlik nog meer versterk in hulle geloof om “Meester" van die heelal te

wees of te word.

Maar die einde kom spoedig en in hierdie eindtyd sal die mense nog alles

probeer, wat alleen hulle goddeloosheid, hulle geestelike verwaandheid en

hulle geestelike armoede bewys. Daar sal nog heelwat proefnemings

onderneem word wat aansienlik sal bydra tot die ontbinding van die aarde

en aan die laaste vernietigingswerk en dus aan die beëindiging van ‘n

verlossingsperiode, wat moet wyk vir ‘n nuwe, as My skepsele nie totaal

verlore wil gaan nie.

230

Maar julle wat Myne is deur julle wil, laat julle nie beïndruk deur alles wat

ook mag gebeur nie. Dink steeds daaraan dat die Skepper van die hemel en

die aarde Homself nie laat verstoot nie en dat Hy Sy Mag duidelik sal toon

sonder om daarin deur die mense gehinder te word.

Ek sien toe en wag tot die dag gekom het, wat sedert die ewigheid vooruit

bepaal is. Want die tyd is beperk wat deur My teenstander op ‘n

soortgelyke manier gebruik word waardeur die mense wat van hom

afhanklik is, alles sal doen wat hy verlang, maar waarin hulle egter nie sal

slaag nie. Amen

Oor die laaste oordeel en die nuwe aarde

7425 9 Oktober 1959

Julle kan julleself geen korrekte voorstelling maak op welke manier die

laaste oordeel sal plaasvind nie. Dit moet egter vir julle genoeg wees om te

weet dat dit ‘n werk is wat van baie korte duur sal wees, met ‘n

vernietigingskrag waaraan alles ten offer sal val. Julle sal geen tyd meer hê

om julle gedagtes en strewes te verander nie, want alles sal met so ‘n

snelheid geskied dat julle geen tyd meer sal hê om na te dink nie. Julle sal

in ‘n oomblik geoordeel word, dit wil sê, ten lewe of ten dode sal in ‘n baie

kort tyd kom. Julle My getroues, wat sal bly tot aan die einde, sal

weggeneem word en die ontroues sal verslind word deur die aarde, wat vir

hulle siele ‘n hernieude kluistering in die vaste materie sal beteken.

Slegs die mense waarin nog ‘n klein vonkie Godsgeloof is, sal op die laaste

moment nog die krag kan opwek om My aan te roep, om nog gered te word

en om vir die hernieude kluistering gespaar te bly. En ofskoon hulle nie

behoort aan hulle wat weggeneem word nie, sal hulle lot tog ligter wees.

Want hulle word dan ‘n nuwe beliggaming toegestaan waarin hulle hulself

moet en ook kan bewys.

Die nuwe aarde sal dan vry wees van versoekings deur My teenstander,

wat vir ‘n lang tyd gebonde sal wees, soos wat dit geskryf staan. Dit is ‘n

daad van buiten gewone barmhartigheid, waarop maar heel weinig mense

hulle beroep het, want die mensdom sal aan die einde heeltemal aan My

teenstander onderdanig wees. Heel selde sal ‘n mens homself nog losmaak

van sy kettings in die aangesig van die laaste oordeel wat vreeslik sal wees,

want alle mense sal ‘n ontsettende dood hulle tegemoet sien kom. Maar

voordat hulle veel kan dink, sal dit reeds gebeur het en Myne sal getuie

wees van hierdie gebeurtenisse. Dit is My wil dat hulle My almag en

heerlikheid en My regverdigheid en “toorn” teen die sondaars leer ken en

daarvan kan getuig solank hulle lewe. Want hulle sal die stam vorm van die

nuwe geslag op die nuwe aarde.

Die voorval van die wegneming kan ewemin voorgestel word, omdat dit

buite die wetlike ordening plaasvind en dit het nog nooit op hierdie aarde

voorgekom dat mense opgeneem was en in lewende lywe omhoog gevoer

231

is nie. Ek sal hulle ongedeerd in ‘n paradysagtige landskap plaas van

waaruit hulle dan na die nuwe aarde gebring sal word, sodra dit volgens My

wil gevorm is. Ek sal geen lang tyd daarvoor nodig hê nie, want al die

geestelike verlang om die nuwe beliggaming van hulle ontwikkelingsweg,

wat ooreenkom met hulle graad van volwassenheid, voort te sit. Die mense

sien nie die skeppingsdaad van die nuwe aarde nie, derhalwe is dit ook nie

nodig vanweë die mense om by ‘n bepaalde tydsduur te hou nie. Die mense

wat weggeneem is, se tydsbewussyn ontbreek, sodat hulle nie sal kan

beoordeel in welke tydsbestek die nuwe aarde ontstaan het nie.

My mag is onbegrens en sal homself openbaar by die skepping van die

nuwe aarde, want dit sal weer nuwe skeppinge laat sien waarvan julle,

julleself geen voorstelling kan maak nie. Hulle wat op die nuwe aarde mag

lewe, sal onmeetlik salig wees, want dit sal ‘n ware paradys op aarde wees.

Die van Myne wat My in die geloofstryd trou gebly het, sal ook hulle loon

daarvoor ontvang.

Julle sou almal hierdie seën kon ervaar as julle die kort tyd op aarde goed

sou benut, maar julle glo nie en doen niks om die ontwikkeling van julle

siele te vergroot nie, daarom sal elkeen die loon ontvang wat hy verdien. ‘n

Geluksalige lewe in die paradys op die nuwe aarde of die hernieude

kluistering in die skepping daarvan, om na ‘n eindeloos lang tyd weer as

mens op die aarde te mag kom met ‘n laaste wilsbeproewing as doel. Amen

Geestelike spysiging aan die tafel van Jesus

7427 13 Oktober 1959

Julle moet baie geestelike brood in ontvangs neem, want die tyd van

dorheid sal nog kom, waarin dit onmoontlik sal wees om vir ‘n langer tyd ‘n

innige verbintenis met My tot stand te bring, waarin julle, julleself gelukkig

mag ag, wanneer julle gedagtes ‘n kort tydjie by My kan vertoef en waarin

julle dit moeilik sal vind om in innige konsentrasie na My inspraak te luister.

Dan moet hierdie kort gedagtes voldoende wees om julle met krag te

vervul, wat Ek julle nie sal weerhou nie. Maar solank dit moontlik is, moet

julle die tyd goed gebruik en julle goed met spyse lawe so dikwels as julle

kan.

Ek gee julle slegs hierdie goeie raad om julle te versterk vir die tyd wat nog

voor julle lê, want dit sal baie krag van julle verg, wat julle steeds net met

My Woord sal kan verdra. Wanneer julle siele gevoed word met brood en

wyn, dan sal hy ook in staat wees om weerstand te bied teen alle

versoekinge wat hom bedreig.

En Ek is te alle tye bereid om julle die kragtige voedsel te gee. Ek is steeds

bereid om met My kinders te praat en hulle raad te gee, hulle aan te spoor

en te waarsku, want Ek wil net die beste vir Myne hê en Ek sal hulle altyd

so lei dat hulle te alle tye hulle honger aan My tafel kan stil. En julle sal

daarvan gebruik moet maak.

232

Julle moet dikwels vir My julle oor leen, julle moet julle hart vir My

oopmaak, julle moet die deur van julle hart ver opmaak, dat Ek kan ingaan

in My huis en julle moet die huis vir My toeberei, wat altyd maar net kan

gebeur, wanneer julle mekaar in liefde dien, wanneer julle My Woord

opneem en dit naleef, wanneer julle dus spys en drank gebruik en dan ook

geskik is om aan julle siele te werk, wanneer julle leef volgens My Wil, dus

nie slegs aanhoorders nie, maar ook vervullers is van My Woord.

En wanneer Ek nou vir julle ‘n bron ontsluit het, waaruit die water van die

lewe opwel, dan sal julle ook julleself meer dikwels moet neerbuig en drink

uit hierdie bron en julle almal sal ‘n duidelike versterking bemerk, julle sal

makliker julle pelgrimstog oor die aarde kan voortsit, die las van die lewe

sal julle nie so druk nie, wanneer julleself kragtig en gesond voortgaan en

hierdie krag en gesondheid uit die voedsel onttrek wat Ek julle steeds weer

Self aanbied.

Kom almal na die bron toe en versamel weer vir julle nuwe krag en deel

van hierdie spys ook aan ander uit wat behoeftig is en moeg en mat by die

bron neersink om hulself te lawe.

Put vir hulle die lewenswater en reik dit oor aan hulle en julle sal daarvoor

geseën wees. En lok diegene wat rondtrek, dat hulle die bron opsoek, dat

hulle rus en hulself eers weer versterk voor hulle hulle weg voortsit, wat

steeds weer nuwe krag verg, totdat die pelgrimsweg ten einde is.

Julle almal hoef nie swak te wees nie, julle kan steeds weer vra vir nuwe

krag, julle kan steeds opnuut aan My tafel vir julle voedsel kry en julle hoef

nie bang te wees dat Ek julle karig sal bedien of julle voedsel sal weier nie.

Steeds is Ek bereid om ryklik uit te deel en julle sal gebruik moet maak

daarvan en ook verlang na oorvloed. Julle sal dit ontvang en dit sal steeds

net vir julle beswil wees. Eet en drink van die brood en die wyn van die

lewe. Ek reik julleself die voedsel en die beker vir julle siele aan, maar gaan

dit nie ligtelik verby nie, vertrouend op eie krag, wat nie toereikend is vir

julle pelgrimstog nie.

Die weg is steil wat na bo lei en sonder toevoer van krag, is dit nie af te lê

nie. Hou dit steeds voor oë en rus waar julle ‘n bron vind wat My liefde vir

julle ontsluit het.

Die tyd sal kom waarin julle verhinder sal word deur die listigheid van My

teenstander en dan sal julle genoeg voorraad moet besit, dan sal goddelike

krag julle deurstroom as julle maar ‘n stille gedagte na My opstuur, want Ek

verlaat Myne nie, Ek sal spysig en lawe, geestelik en aards, ook wanneer

dit vir julle onmoontlik skyn, want My liefde vir julle en My Mag is

onbegrensd. Amen

233

Kennis deur studie, of deur die gees

7428 14 Oktober 1959

Dikwels dink julle mense dat julle baie weet en tog is julle geestelik blind,

want al die geestelike kennis word eers lewend, wanneer julle gees gewek

word. Voor die tyd bly dit egter dooie kennis, aangeleerde opvattinge, wat

nie waardevoller of beter is as aardse kennis nie. En al probeer julle hoe

diep grawe, wat julle maar net kragtens julle verstand probeer verwerf, sal

nooit geestelike kennis genoem kan word nie, want eers is dit nodig dat die

gees gewek word om ook die kennis te begryp en julle eie te maak.

Dit gaan nie slegs oor die inhoud van geestelike leringe nie, sodat dit onder

geestelike kennis getel kan word nie. Dit gaan slegs daarom, of die mens

met ‘n gewekte gees oor hierdie kennis nadink en homself tot eiendom van

sy gedagtewêreld maak. Want dan eers kan hy spreek van geestelike

kennis wat hom vervul. Dan eers sal hy ook dit begryp wat hom vir die tyd,

nieteenstaande die grootste denkarbeid, nie juis duidelik is nie. En so kan

twee mense verskillende weë gaan, maar tog oor dieselfde geestelike

kennis beskik, dit kan slegs vir die een begryplik wees, terwyl die ander

slegs die letterlike sin begryp en geen geestelike gewin uit sy kennis haal

nie. Want juis die weg waarmee hy tot die kennis gekom het, is

maatgewend vir die waarde daarvan.

Die een neem dit van buite af op deur studie en ywerige denkaktiwiteit die

ander word dit meegedeel deur die gees, wat in elke mensesiel woon. En

hierdie gees is ‘n lewende deel van God en daarom moet ook dit wat hy

leer, lewend wees. Die mens moet in kennis binnegelei word wat helder

straal en ‘n ware lig beteken vir diegene, wat voorheen in die duisternis

rondgedwaal het. En oor die kennis kan die eerste nie beskik nie, want hy

het slegs die letterlike sin begryp, hy het homself met die “letterlike” sin

besig gehou, sonder dat dit lig in hom word. Want slegs die gees kan die

ware lig aan hom verskaf, wat maar net gewek hoef te word om homself

ook te uiter deur die innerlike stem.

En ‘n ontwaakte gees kan nou ook vir die medemens opheldering gee, wat

vir diegene wat nog nie ontwaak is nie, onmoontlik is. Want hy gee slegs

die dooie letter weer, wat hy tot homself geneem het. Die mens moet die

gees in homself tot lewe wek, dan eers kan hy van ‘n korrekte kennis, van

die waarheid en van die lig spreek. En die gees kan slegs deur die liefde tot

lewe kom. Die mens moet ‘n lewe in liefde lei, getrou aan die goddelike

gebooie en onherroeplik sal sy gees daardeur lewende word en hom van

binne-af onderrig.

Dog, as die proses van die wek van die gees nog nie plaasgevind het nie,

dan sal die mens homself ook met vrae pla, as hy dit ernstig bedoel met

die waarheid. Of hulle beskik oor ‘n dosis geestelike denkbeelde, wat hulle

ywerig uitdra as waarheid, maar kan innerlik self nie die oortuiging opbring

om vir die suiwer waarheid te stry nie, omdat die gees eers hierdie

234

innerlike oortuiging vir hulle moet oorbring. En solank dit nie kan gebeur

nie, sal ligte vertwyfeling steeds die mens verontrus, selfs as hy van

mening is dat hy die suiwer waarheid verdedig.

Is die gees egter gewek, dan weet die mens ook dat hy in die waarheid

vasstaan en hierdie innerlike oortuiging maak hom tot ‘n ywerige arbeider

in die wingerd van die Meester. En slegs hulle is ware knegte, wat die

Huisvader in Sy wingerd kan gebruik. Dit is die dissipels tot wie Hy spreek:

"Gaan uit in die wêreld en onderrig al die volkere." Want slegs hulle sal die

Evangelie van die Liefde binne Sy Wil verkondig en na hulle sal geluister

word deur almal wat van goeie wil is. Amen

Benutting van die kort tyd van die lewe

7435 23 Oktober 1959

Julle het vir die volwasse wording van julle siele nie baie tyd nodig nie, julle

kan hom in ‘n kort tyd so ver ontwikkel, dat die ingaan van die Ligryk sy

sekere bestemming is, wanneer hy die aardse liggaam aflê.

Maar julle moet die volwasse wording van julle siele ernstig nastreef en

julle tot God wend, dat Hy julle daarmee help. Want alleen is julle daar toe

nie in staat nie, alleen is julle wil te swak en julle val steeds terug in die

liefde tot die wêreld, julle kan die eieliefde nie oorwin nie en word steeds

opnuut afgelei van die weg, wat julle wil inslaan na julle heil.

Maar wend julle tot God om hulp, dan sal Hy julle gedagtes lei na Jesus

Christus, die goddelike Verlosser, sodat julle van Sy kant die versterking

van julle wil ervaar. Hy is weliswaar dieselfde God, Wie julle dan aanroep,

maar die selfde tyd erken julle die verlossingswerk en dus die goddelike

Verlosser, Wie erken moet word, as julle ook deel wil hê aan die genade

van die verlossingswerk.

Deur hom aan te roep waarborg ook versterking van julle wil, selfs wanneer

julle steeds weer moet stry teen die aanvegtinge deur die wêreld,

waaragter Gods teenstander hom verberg, wat julle steeds weer tot val

probeer bring. Maar julle word versterk en sal steeds die vaste wil hê om

op die aarde tot voleinding te kom en dan kan julle ook met sekerheid julle

doel bereik.

Die krag en innigheid van die binding met Jesus is maatgewend vir die

hoeveelheid tyd wat julle benodig vir die volwasse wording van julle siele.

En die innigheid van die binding is weer afhanklik van die graad van liefde,

wat julle teenoor God en julle naaste beoefen. Die liefde is alles, die liefde

bring die verbinding met God in Jesus tot stand, die liefde versterk die wil

en die liefde gee krag, om die arbeid aan julle siele te volbring, wat dan die

volwasse wording van die siel waarborg.

Maar julle mag nie die groot fout begaan, om te glo dat julle nog tyd het vir

arbeid aan julle siele nie, julle mag nooit julle strewe uitstel tot later nie,

want julle weet nie, hoe lank die tyd van genade nog duur, wat julle op die

235

aarde lewe nie. Julle weet nie wanneer julle laaste dag is nie en julle moet

lewe alsof julle reeds more geroep kan word om verantwoording teenoor

julle God en Skepper te doen. Want julle almal het nie meer ‘n lang tyd om

te lewe nie, selfs al word julle tyd gegee tot aan die einde.

Maar julle sal God ook moet dank, as Hy julle wat nog gebrek ly aan

volwassenheid van julle siele deur eie nalatigheid, die einde nie laat

meemaak nie. Julle moet God dank, as Hy julle nog voor die einde oproep

en julle nog die genade het, om aan die ander kant volwasse te kan word,

sodat julle nie ten prooi val aan Gods teenstander en sy intriges nie.

Die tyd is nog maar kort en daarom moet julle dit benut met krag, want

julle kan al in ‘n baie kort tyd volwasse word, as julle maar van goeie wil is.

Amen

Antwoord op vrae

7437 26 Oktober 1959

Neem alles waar, wat uit julle innerlike voortkom en let op julle gedagtes

beantwoordend aan hierdie vrae, maar voor sulke gedagtes moet julle altyd

eers in ‘n innige gesprek met julle ewige God en Vader ingaan. Sodra julle

My in gedagte of in gebed kontak en julle begeleiding aan My toevertrou,

sodra julle bewus julle vrae aan My stel, sal julle ook die antwoord ontvang,

want Ek wil dat julle ingelig word oor alle sake wat in julle gedagtes is.

Want Ek wil dat julle weet dat julle nie moet vrees dat julle teen My wil sal

handel solank julle alles aan My oorhandig nie, solank julle wil hoofsaaklik

volgens My wil, wil werk. Dan sal Ek ook alles seën wat julle in die verband

onderneem.

Om deesdae mense op ‘n buitengewone manier aan te spreek is nie baie

suksesvol nie, ongeag of Ek Self van bo af, of deur julle My dienare op

aarde spreek. Die mense wil nie hoor wat tot hulle geestelike voordeel is

nie; gevolglik verwerp hulle alles wat hul wêreldse plesier kan versteur. In

teenstelling kan hulle wat reeds inligting en kennis oor die dinge ontvang

het wat hulle nou in totale duidelikheid van julle hoor tot groter geestelike

aktiwiteit geïnspireer word. Maar die wêreld self sal daarvoor sorg dat die

mense oor ongewone dinge in die heelal ingelig word en dan is daar nog

tyd om hul aandag op die geestelike samehang te vestig, die sukses

daarvan sal slegs van die wil van die mense afhang, want geen mens sal

veroordeel word, geen mens sal verplig word om te glo nie, wat altyd ‘n

gevaar is wanneer hulle ‘n duidelike bewys aangebied word waar die geloof

alleen dit moet aanneem.

Die mensdom is so ongelowig dat hulle die profesieë nie as waar aanvaar

nie en daarom is dit ook onverstandig om sulke profesieë aan hulle te gee.

Aan die anderkant, moet die mense wat ontvanklik is ingelig word van wat

deur sieners en profete bekendgemaak word. Dan sal hierdie doen wat

hulle kan om mense in te lig, want hulle kan maklik en oortuigend aan hul

236

medemens oordra wat hulself weet. En dan is daar nog genoeg tyd om ‘n

opinie oor dit te vorm. Maar elke persoon sal in sy hart voel hoe hy met sy

medemens moet praat en hy sal praat wanneer hy innerlik aangespoor

word om dit te doen en stil bly wanneer ‘n innerlikestem hom verhinder om

te praat. Dit is altyd My wil dat julle My kontak en aandagtig in julle luister

en helder en duidelik My wil sal hoor. Amen

Beskerming deur engele in die geloofstryd

7440 29 Oktober 1959

Tallose engele sal julle bystaan in hierdie laaste stryd op aarde. Julle hoef

nie te vrees wanneer hierdie stryd ontbrand nie, want julle sal die krag

ontvang om weerstand te kan bied teen wat van julle almal in hierdie stryd

geëis word. Julle sal My trou kan bly omdat julle innerlik so met krag vervul

is, dat julle in geen geval die slagoffer word van die aanvalle van die

vyande nie. Ek weet dat julle wil My toegekeer is en Ek sal julle daarom My

engele stuur tot beskerming. En dit sal heel duidelik deur julle te bemerk

wees.

Dit is ‘n moeilike stryd, want dit word deur My teenstander brutaal en met

fanatieke ywer gevoer. Maar tog sal julle dit nie so gewaarword nie omdat

julle vervul is met die gees, wanneer hierdie aksies begin. Hulle rig hul teen

die mense wat in My glo en My daarom ook openlik belei in Jesus Christus.

En hierdie moed om My te belei sal nog toeneem, want elke nuwe

beleidenis sal julle met steeds meer krag vervul. Want Ek sal My dan

duidelik laat ken deur My gees, wat elkeen sal vervul wat My belei voor die

wêreld.

Die wat Myne is weet welke uur geslaan het en verwag dan ook daagliks My

koms. En dit gee hul ook weer die krag om vol te hou en geen ag te slaan

op die moeilikhede nie. Want steeds weer sal Ek julle hulp stuur en ook My

engele sal julle beskerm teen die aanvalle van die vyand. En solank My

engele julle by staan, is julle sonder gevaar. Want hulle vervul altyd My wil

en vind hul saligheid daarin om My en julle te mag dien.

Dit is spoedig so ver dat die antichris hom sal openbaar. Julle weet nie van

welke kant hy sal kom nie maar dit sal vir julle almal ‘n verrassing wees.

Dan is egter ook die tekens so oog lopend dat daar vir julle geen vergissing

meer moontlik is nie. Julle herken hom so duidelik dat julle, julle kan

bewapen teen sy voornemens. Maar voor dit sal Ek Self nog spreek uit die

Hoogte. Julle moet ook weet dat julle missie nog nie ten einde is nie en

julle die tyd ook moet meemaak. Maar dat julle ook die krag daartoe van

My sal ontvang om stand te kan hou in die laaste stryd op hierdie aarde.

En wie Ek met hierdie woorde wil aanspreek sal dit ook gewaarword, want

Ek sorg vir julle as julle My wil dien. Ek het julle nodig in die laaste

geloofstryd en in die tyd waarin dit gaan om die laaste beslissing. Ek het

julle nodig om deur julle, julle medemens opheldering te kan gee oor wat

237

Ek van hulle verlang. Dat hulle moet standhou en nie verontrus hoef te

wees nie, as hulle aan My wil behoort en My wil vervul. En as hulle luister

na julle sal hulle ook moed kry en weerstand kan bied. Dan sal My

teenstander geen sukses hê nie en moet hulle met rus laat, want My engele

beskerm elke mens wat aan My wil behoort.

Die stryd sal ontbrand nie alleen teen die afsonderlike gelowige mens nie,

maar teen alles wat geestelik georiënteerd is. En al diegene wat ‘n geloof

besit wat lewend is en aan die deur My gegrondveste kerk behoort, sal die

stryd ook seëvierend deurstaan. want hulle stry onder My banier en word

gelei en beskerm deur ‘n leër van onsigbare stryders. Hulle dien My in

regverdigheid tot die dag kom dat Ek die wat Myne is bevry uit nood en

ellende. Tot die dag kom van die gerig, wat ‘n einde maak aan alle aardse

en geestelike stryd. Amen

Vergewing van sonde deur Jesus

7442 31 Oktober 1959

Julle almal sal van My die vergewing van julle sondes kan verkry, as julle

dit maar ernstig begeer en in Jesus, Wie vir al julle sondes aan die kruis

gesterf het, julle weg neem na My. Dit was ‘n ontsaglike sondelas waarmee

Ek na die kruis gegaan het, want dit was die sondes van die hele mensdom

uit die verlede, die hede en die toekoms, wat Ek gedra het. Dit was die

oersonde van die hele mensdom, net soos ook alle sondes wat elke mens

afsonderlik op aarde gedoen het. Ek het alle skuld op My skouers geneem

en daarmee na die kruis gegaan.

En of ‘n sonde hoe swaar was, Ek het Myself daarmee belas, omdat Ek julle

wou verlos van al julle skuld, omdat Ek julle die suiwerheid van hart wou

teruggee waarin julle slegs na My sou kan naderkom en My van aangesig

tot Aangesig sou mag sien. Ek wou julle almal rein was van julle skuld. Ek

wou boete doen vir alle sondes wat op julle gedruk het en julle onherroeplik

geskei hou van My, omdat Ek My nie met die sonde kon verenig nie.

Daarom delg Ek alle skuld deur My verlossingswerk, maar vra van ieder

mens of hy uit eie wil verlos wil word. Daarom moet elke mens dus sy

sondeskuld insien, wat hom van My verwyder hou en hy moet My om

vergewing van sy skuld vra. Want sonder die bekentenis van sy skuld en

die vra om vergewing, erken hy nie die kruisoffer van Jesus nie en kan sy

sondeskuld nie vergewe word nie. Julle sal dus self moet wil dat julle verlos

sal word en vanuit hierdie wil sal julle na My in Jesus moet kom en vra vir

julle verlossing.

Dan sal julle vry wees van alle skuld, vry van swakheid en gebondenheid

waarin My teenstander julle vir ewige tye vasgehou het. Julle sal vry wees

van duisternis, want die lig van Jesus deurstraal julle die liefde word in julle

ontsteek en verlig tot ‘n helder vlam, want hy wat sonder enige liefde is,

het julle nie meer in sy mag nie en Hy wat Self die Liefde is, het na julle toe

238

gekom en laat Sy lig in julle harte straal, omdat julle nou rein geword het,

omdat Jesus die skuld tot niet gemaak het en julle harte nou "God se

tempel" geword het, sodra julle in liefde leef.

En as julle deur Jesus verlos is van alle skuld, dan sal julle ook ‘n lewe in

liefde lei volgens Sy Wil en Ek Self kan kom woon in julle harte, wat julle

My tot ‘n tempel toeberei het deur die liefde. Maar julle sal onvermydelik

eers vergewing van julle sondes moet verlang en verkry, die ernstige

verlange daarna verseker julle ook van algehele vergewing, want Jesus

hoor elke roep wat uit ‘n met skuld belaaide hart na Hom toe opstyg.

Ek hoor julle en vervul graag julle verlange. Ek maak julle skuld tot niet en

trek julle aan My Hart, omdat julle nou tot die verlostes hoort, vir wie Ek

My bloed op aarde vergiet het. Ek vra alleen die bekentenis van julle skuld

en dit is nie moeilik om te gee nie, want julle almal weet dat julle swak,

ongelukkige skepsele is, wat nog in onvryheid en duisternis van gees

voortlewe, voordat julle verlossing vind deur die Liefde van Jesus in Wie Ek

Myself op aarde beliggaam het. Die Liefde van die mens Jesus vir Sy

medemens was so groot dat Hy vir die sondes van elke mens Homself wou

offer, omdat Hy dit wou delg, om vir hulle die weg weer vry te maak na die

Vader, wat in Hom was.

Sy Liefde was so groot, dat Hy elke mens wou help om geluksalig te word

en die geluksaligheid was alleen maar by die Vader te vinde en Sy Liefde

laat Hom die bitterste lyding en sterwe op Hom neem, om daarmee die

skuld te delg, wat ‘n onoorkomelike kloof geskep het tussen My en die

wesens en wat eers oorbrug moes word, wat Jesus deur die

verlossingswerk en Sy onmeetlike Liefde ook gedoen het. Hy het die brug

gebou tussen die mense en My, Hy het hulle gehelp om na die Vader te

kom en Hy het Sy bloed aan die kruis vergiet vir alle skuld, sodat alle

mense salig kon word.

Streef daarom ernstig daarna om van julle sondeskuld kwyt te raak, sien

julle skuld in en beken dit en dra dit na die kruis en wend julle tot die

goddelike Verlosser Jesus om vergewing. En julle sal gereinig kan ingaan in

die ligryk, wanneer julle aardse lewe beëindig sal wees, julle sal die weg na

My, na die Vader gaan, wat Jesus julle voorgegaan het, die weg wat Sy

Liefde gebaan het en wat iedereen moet gaan wat salig wil word. Amen

God verlang nadenke

7448 5 November 1959

As julle My hoor roep sluit dan nie julle harte nie, maar luister na wat Ek

julle wil sê. Kla julleself aan en julle sal weet wat julle ontbreek dat julle

nog nie lewende geword het nie, sodat My gees julle van binne kan

onderrig.

Julle almal sou vervul kan wees met My gees, want die vonk van My

Goddelike VADERGEES rus in julle in elke mens, ongeag of hy hom laat

239

ontvlam of laat uit doof. Hy is in julle en daar is slegs ‘n klein liefdesvuur

nodig in julle dat julle hom kan ontsteek en hy ‘n helder vlam word.

Het julle hierdie vonk in julle reeds die moontlikheid gegee om te ontvlam?

Dan moet hy ook ‘n klein skynsel versprei en in hierdie getemperde

ligstraal sou julle dinge sien wat vir julle voorheen nie duidelik was nie.

Ek spreek tot julle wat nog in die donkerte van gees voortgaan, julle wat

die verband nie ken wat My, julle God en Vader daartoe beweeg om julle

deur My gees kennis te skenk nie.

Ek spreek tot julle wat nie nadink nie. Want ‘n ernstig nadenke moes julle

aanleiding gee om te twyfel en vrae te stel, omdat julle nog ‘n verduisterde

gees het en die lig in julleself nog nie ontsteek het nie.

Maar dink julle na? Dink eens na oor die gebrekkige geestestoestand van

hulle wat glo om bo te staan, wat egter so blind is dat hulle geen leiers kan

wees nie. Dink eens daaroor na, of ‘n God en Skepper, Wie in Hom Liefde,

Wysheid en Almag is, Hom daarvan sou distansiër om van dit alles wat van

Hom moet getuig, Sy Liefde, Wysheid en Almag, blyk te gee?

En waar vind julle Liefde, Wysheid en Almag in geloofslere, wat julle

aangebied word en wat slegs misvormd is of suiwer menseleerstellings?

Julle hoef alleen maar dieper na te dink en dan moet julle die skille van die

oë laat afval, dat die groot Gees van die Oneindigheid, die God van Liefde

en Wysheid, nie sulke eise aan julle sal stel soos die gebooie wat die kerk

julle voorskryf nie. Sy enigste dringende versoek aan julle is om die

vervulling van die gebooie van die liefde tot God en die naaste.

En vervul julle alleen maar die versoek, dan word dit reeds helder in julle

want dan wek julle die geesvonk in julle op tot lewe en hierdie lei julle in

alle waarheid. (Joh.14: 15 - 26) waar soek julle egter die waarheid? in

misvormde geestelike opvattings, in dwaallere en in leerstellings wat baie

duidelik blyke gee van dwang, terwyl julle weet dat Ek tog altyd alleen op

die vrye wil van die mense ag slaan, omdat die mens alleen in vrye wil tot

voltooiing kan kom.

Het julle reeds daaroor nagedink, dat die mense belemmer word om salig

te word deur al hierdie leerstellings en menslike uitgevaardigde gebooie?

Dat dit die enige Goddelike gebooie van die liefde tot God en die naaste

meestal agter stel ter wille van hierdie deur mense uitgevaardigde gebooie

en tog glo om volgens die Goddelike Wil te lewe op aarde.

Het julle reeds nagedink welke geestelike vervlakking daar onder die mense

kan ontstaan en reeds ontstaan het wat self nie dink en hulle nie self met

hul God en Vader in verbinding stel nie, sodat Hy hulle kan leer en lei?

Waarom plaas julle steeds ‘n deur mense opgerigte instituut op die

voorgrond, wat geen aanspraak daarop kan maak om deur Jesus Christus

gegrondveste kerk te wees nie? Daar kan wel onder julle ook mense wees

wat ‘n lewende geloof het, wie se gees ontwaak is, wat sodoende tot Sy

kerk behoort. Maar hierdie, deur Homself gestigte kerk bestaan nie uit ‘n

organisasie wat al te duidelik 'n menslike bouwerk is nie. Die kerk van

240

Christus is die gemeenskap van waaragtige gelowiges, wat wel in elke

organisasies te vinde is, maar wie se basis 'n heel andere is as wat julle

glo.

Dog leef julle in die liefde, dan sal ook die gees in julle, julle onderrig. Julle

sal skerpsiende en skerphorend alles beskou wat julle as “onontwaak” nog

verdedig en vashou. Ek as julle God en Vader beoordeel egter die mens

alleen na sy innerlike gesteldheid, na sy lewe in liefde, na sy insig. Dog die

mens mag homself nie verset teen die lig as dit hom gegee word nie. Hy

moet hom verheug en bereid wees om vir homself die lewenslig vir sy siel

daarmee te ontsteek, want My Liefde doen Hom altyd aan julle voor in die

vorm van lig, omdat alleen die lig gelukkig maak, omdat alleen die

waarheid die lig van ewigheid is en die waarheid altyd alleen van Myself

uitgaan, Wie Self die waarheid van ewigheid is. Amen

Jesus, die goeie Herder

7455 13 November 1959

Ek sal mense na julle stuur aan wie julle die Evangelie sal verkondig, maar

daar sal slegs weiniges wees wat na julle sal luister en julle woorde ter

harte sal neem. Dit sal slegs ‘n klein kudde wees wat My sal volg as hulle

Herder en Ek sal hierdie klein kudde bymekaar hou en nie toelaat dat daar

by die kraal ingebreek word en My skape gesteel word nie, want Ek is ‘n

goeie Herder, wat Sy lewe vir Sy skape sal offer. Elkeen wat na My stem

luister as Ek roep behoort aan My kudde.

En My stem is altyd My Woord waardeur Ek self tot julle van bo af spreek.

My stem is die roepstem van ‘n goeie Herder wat nie selfs één klein

lammertjie van Sy kudde wil verloor nie en wat Woorde van liefde tot julle

spreek om julle vas te hou, julle te waarsku en te vermaan sodat julle nie

in die strikke gevang word van die een wat julle van My wil steel nie. Ek sal

inderdaad julle vrye wil gee en julle sal kan gaan waar julle wil en as julle

oor groot weilande swerf sal ‘n goeie Herder sy kudde volg en hulle soek

wat afgedwaal het, wat die ware weg verlaat het en vasgevang is in diep

klowe of op kranse. ‘n goeie Herder sal roep sodat hulle hul weg terug na

Hom kan vind, sodat hulle nader aan Hom kom en ‘n toevlugsoord by Hom

sal soek en saam met Hom huis toe gaan, waar vrede en rustigheid op

hulle wag aan die einde van die dag na die lang weg deur die weilande.

Die kenmerk van ‘n goeie Herder is die feit dat Hy sy skape nie aan hulle

lot sal oorlaat wanneer dit donker word nie. Wanneer so baie lammertjies

sal afdwaal van die regte pad en vassit op die hoogtes, hulle sal in

onbekende gebiede gaan waar hulle gevang en gedood kan word, hulle sal

die weg verlaat en sal die kudde en Herder verloor. En dan sal ‘n goeie

Herder hulle volg en sal roep tot Hy hulle gevind het. En vreugdevol sal Hy

buk en die lammertjie optel in en in Sy arms terug dra na die kudde en

hulle aanjaag huistoe na hulle kraal. En so sal Ek ook alle mense wat My as

241

hul goeie Herder verlaat het, wat hul eie pad gaan, wat verlore geraak het

in die wêreld en in die wêreld wil opgang maak. Hulle is almal lammers wat

afgedwaal het, wat My besonder na aan die hart lê en wat Ek graag weer

vir My wil terug wen, wat Ek as Myne wil reken en wat Ek daarom bly roep

met My Woord, sodat hulle daaraan sal voldoen en My weer liefdevol sal

nader, van Wie hulle hulself geskei het. En daarom sal My Woord van bo

telkens weer klink en wie ook al dit ontvang sal dit aan die wêreld deurgee,

want die mense het My Woord dringend nodig, My liefdevolle roepstem wat

bedoel is om hulle terug huistoe te roep.

En Ek weet waarlik wie My Woord nodig het en hulle sal Ek na julle stuur

sodat julle, julle wingerdwerk op hulle kan uitvoer, sodat julle liefdewerk vir

My die goeie Herder kan doen en weer die lammers aan My kan teruggee,

wat die kudde verlaat het en weer eens sal terugkeer na My omdat hulle

nie geseënd kan wees sonder My nie.

Daar sal nie meer baie wees wat deur My Woord beïndruk sal word nie, die

meeste mense sal eerder weier om na julle te luister, want My kudde is

uitmekaar gejaag en versprei deur die vyand wat hulle wat weier om

vrywillig oor te gee onwettig neem. En tog sal die goeie Herder se roepstem

telkens weer klink want sodra hulle vrywillig weer na My kom, kan Ek hulle

terugneem en hulle lei na hul kraal.

Daarom sal julle ook roep en mooipraat wanneer julle My Evangelie oor die

hele wêreld versprei. Vertel die mense van die goeie Herder wat

voortdurend na Sy skape soek en hulle onder Sy getroue beskerming wil

plaas. Vertel die mense dat daar ‘n God van liefde is Wie slegs op hulle wag

om in alle teëspoed na Hom te kom, wat as ‘n goeie Herder, elke

lammertjie in Sy arms wil optel, wat ‘n toevlugsoord en beskerming aan

hulle in Sy teenwoordigheid bied, sodat alle mens by Hom veilig en beskut

sal wees. Amen

Dink dikwels aan die uur van die dood

7458 18 November 1959

Neem dit goed in julle op dat met elke dag die tydsduur wat julle nog

oorbly tot die einde minder word, dat die tyd van genade waarin julle kan

doen en laat na eie denke spoedig verby is. En al julle werk en

bedreiwigheid moet alleen vir die heil van julle siele geld, alleen aan hom

moet julle dink en al die wêreldse opsy sit. Want in die sorg vir julle

sieleeheil sal julle alles wat julle nodig het daarby gegee word, sodat daar

sonder julle toedoen vir julle gesorg sal word. Maar die heil van julle siele is

in groot gevaar soos julle nou julle aardse lewe lei, alleen die wêreldse ag

en daar nie aan dink dat julle lewensduur spoedig verby is nie.

Julle leef maar voort met ’n verkeerde denke, julle dink alleen aan julle

liggaam. En al gee julle voor teenoor die wêreld dat julle christene is, julle

242

leef nie met CHRISTUS nie, WIE julle ewige heil is en wil bly, maar alleen

met julle verbind kan wees as julle in liefde leef.

Daar is nog te veel eieliefde in julle want alles waarmee julle so in julle

gedagtes mee besig bly geld vir die voorsienning van julle lewensbehoeftes.

Julle wil so alleen met julle liggaamlike kant besig bly om dit te behaag,

maar dink liewer aan julle siele en wat hy nodig het om salig te word? En

julle weet tog dat julle verblyf op hierdie aarde nie ewig is nie , dat julle al

die volgende dag kan weggeroep word en dat dan alleen die toestand van

julle siele die lot bepaal wat op julle wag in die ryk hierna.

Dan is alles wat die liggaam besit het waardeloos en julle moet dit agterlaat

in hierdie wêreld. Dan was alle inspanning tevergeefs wat alleen maar

bedoel was vir die liggaam en sy genoeë, die siel egter staan arm en

behoeftig by die poort wat lei na die ewigheid.

As julle tog maar die ongelukkige toestand van die siel voor oë wil hou, as

julle eens meer aan die uur van die dood wil dink en as julle maar wil glo

dat die tyd gou ten einde is wat julle nog as ’n finale uitstel toegestaan is

sodat julle kan verander.

Elke dag kan vir julle siele rykdom bring as julle hom goed beleef, as julle

werk van liefde verrig, liefde en goedheid uitstraal na mense en help waar

julle hulp nodig is. Wanneer julle in gebed verbind met julle Vader van

ewigheid, as julle ’n ware verstandhouding met Hom tot stand bring soos

die van ’n kind met sy Vader.

Dit hoef nie vir julle ’n las te wees nie. Julle kan waarlik ook ’n God

welgevallige lewe lei, maar julle moet dikwels aan Hom dink. Julle mag julle

gedagtes nie uitsluitlik na die wêreld en sy verpliginge rig nie, julle moet

steeds besef dat alles verganklik is wat die wêreld julle kan bied, maar dat

alles onverganklik is wat van God kom. En om van God iets te kry wat julle

as geesterykdom kan sien, moet julle, julleself eers met Hom verbind en

verbind bly deur gebed en liefdes werke.

Daar word nie te veel van julle verlang nie, maar sonder hierdie innige

verbinding sal julle altyd arm bly en julle siele sal by die dood baie

behoeftig en armsalig wees. En tog kan hom nie geskenk word wat hy nie

self verwerf het nie. Daarom kan julle altyd alleen maar gewaarsku en

vermaan word om nie ligsinnig deur die lewe te gaan nie, maar steeds aan

die uur van julle dood te dink. Want dan moet julle rekenskap gee hoe

julle, julle aardse lewe benut het vir die welsyn van julle siele.

Besin julle, keer in julleself en streef die voltooing van julle siele na,

waarmee julle steeds gehelp sal word as julle teenoor God maar die goeie

wil toon en nader aan Hom te kom om eenmaal vir goed by Hom te mag

bly sodra julle siele dit waardig geword het. Amen

243

Stryd met die swaard van die mond

7459 19 November 1959

Ek het julle My hulp belowe wanneer julle sal moet stry met die swaard van

die mond, want Ek het gesê: "Maak julle geen sorge oor wat julle sal

spreek nie, Ek sal julle die woorde in die mond lê", dit wil sê, My Gees in

julle sal deur julle spreek wanneer die tyd gekom het. En dit sal kom, want

julle sal julle moet verantwoord, sodra julle, julleself vir My inspan, sodra

julle stry vir My en My ryk, sodra julle My Naam in die openbaar sal bely.

Dan sal mense rekenskap van julle vra en verantwoording van julle verlang

en julle sal dit sonder aarseling kan gee, want My Gees sal julle aanspoor

en julle met krag vervul om My en My Naam openlik te bely teenoor

iedereen. Dit sal vir julle nie moeilik wees om te praat nie, want Ek sal vir

julle die woorde in die mond lê en dit sal sukses hê, dit sal ‘n uitwerking hê

soos van ‘n swaard wat in ‘n eerlike stryd gebruik word en hierdie geveg

van julle sal ook seëvierend wees, want mense sal nie in staat wees om iets

teen julle in te bring nie, omdat julle hulle sal verslaan met die woorde wat

Ek julle laat uitspreek deur julle gees.

En dit sal noodsaaklik wees in die komende geloofstryd, waarin die

teenstander sal probeer om elke geloof aan My in Jesus uit te roei, waarin

hy sal trag om alles as onsinnig of legendaries voor te stel, om die swak

geloof van diegene te ontneem wat deur sy spraak baie maklik die

onderspit sou delf as hulle julle nie as bemoediging sou hê nie, wanneer

hulle julle nie sou hoor praat en hulself verbaas oor die spraak self en die

uitwerking daarvan. En dit sal hulle swak geloof versterk, wanneer hulle sal

insien dat julle die teenstanders met julle woorde verslaan en hulle nie in

staat is om iets teen julle in te bring nie. Maar die Gees in julle moet kan

werk, Wat julle spreek moet krag laat inslaan, wat julle duidelik sal

versterk en julle dan as oorwinnaars uit die woordestryd sal laat kom. En

slegs ‘n gedagte aan My is al voldoende dat Ek julle graag sou wil

ondersteun, sodat julle gees aktief word en julle kan help, terwyl julle

alleen te swak sou wees, want die verstand oordonder nie hierdie

teenstanders nie. My werksaamheid deur die Gees moet toegelaat word,

sodat die teenstander oorwin word en hierdie Gees uit My in julle sal julle

waarlik versoek om te spreek, dat julle, julleself uitgee as ywerige

verdedigers van My Naam en deur die teenstander nie oortuig sal kan word

dat hy die reg aan sy kant het nie.

En dit sal gebeur terwille van die baie swak gelowiges wat sterk steunpilare

nodig het, waaraan hulle hulself kan vasklamp om self sterker te word en

weerstand te bied wanneer dit swaar met hulle gaan. Daarom, vrees nie die

komende geloofstryd nie, vertrou veeleer op My ondersteuning, wanneer

julle ter verantwoording geroep sal word vir julle aktiwiteite, vir julle arbeid

in My wingerd. En Ek sal julle waarlik bystaan en julle "die woorde in die

mond lê" soos Ek dit aan julle beloof het. Want daar moet nog sware arbeid

244

verrig word en Ek het julle almal daarvoor nodig dat julle My sal wil dien.

Ek het julle nodig, maar Ek gee julle ook die nodige krag en My bystand

daarvoor, sodat julle nooit sonder My beskerming en hulp aan My

teenstander oorgelewer is nie, inteendeel, julle sal kan oorwin in elke

redetwis wat nog terwille van My Ryk gevoer sal word. Amen

die werk van satan as ligengel (Fatima)

7460 21 November 1959

In die laaste tyd veg satan met alle middele, sodat die siele hul aan hom

oorlewer en verlore gaan. Sy truuk is om hulle te verstrik in dwaling en

hulle te laat glo dat hulle die regte weg gaan, maar tog hul weë so te

verwar dat hulle nie merk dat dit na die diepte voer nie. Maar dit is alleen

moontlik omdat hulle nie die ernstige verlange het om die weg omhoog te

gaan nie. Die mense neem genoë daarmee as hul gesê word: “Hierdie weg

lei omhoog", maar hulle dink nie self daaroor na nie, anders sou hulle wel

bemerk dat dit bergafwaarts lei. En die teenstander bedien hom van

velerlei middele om te mislei, wat almal ver afwyk van die waarheid, wat

enkel en alleen ‘n warboel van bedrog is, dog so goed gekamoefleer, dat

die mens juis goed moet oppas om nie sy prooi te word nie.

En die beste middel daartoe is na sy mening: die Moeder van Jesus, wat hy

vereers by die mense op die voorgrond plaas sodat hulle, deur haar te

vereer en te verheerlik, die eintlike doel van hul lewe op aarde vergeet, nl.

Om die verbinding met Jesus Christus Self te soek, waarvan alleen die

sieleheil van die mense afhanklik is. Dit is skynbaar ‘n opregte daad van

liefde wat hulle teenoor die Moeder van Jesus verrig, wat egter die gevolg

het dat die satan najaag word, nl. verminderde liefde tot die Goddelike

Verlosser Self, Wie daardeur dan na reg in haar skadu gestel word.

Die tyd van lewe op aarde is egter te kort dat die bereik van die doel

omweë verdra. Maar alle mense wat nie elke uur van die dag regstreeks hul

toevlug tot Jesus Christus neem nie, gaan lang omweë. Die verbinding met

Hom is so bomate belangrik dat dit nie dikwels genoeg tot stand gebring

kan word nie en daarom die rede dat elke verheerliking van die Moeder van

God ‘n afwyking van die eintlike strewe van die lewe beteken, om hierdie

verbintenis met Jesus Christus tot stand te bring van Wie alleen die

sieleheil van elke mens afhanklik is.

Hierdie verbinding probeer God’s teenstander met alle middele te

verhinder, wat hom die beste geluk deur die gedagtes van die mense des te

meer op Maria te vestig en hom dit ook moontlik is deur verskynings van

ongewone aard, waarvan hy die veroorsaker self is, deurdat hy hom onder

die masker van ‘n ligengel sigbaar maak vir mense wat spesiaal geskik is

om sy bonatuurlike dinge waar te neem. Deur hierdie verskynings voorspel

hy mense dinge wat hy wel as nog te gebeur kan herken en hy verhoog

245

daarmee die indruk van geloofwaardigheid, ofskoon dit alleen maar 'n

gekamoefleerde maneuver is om des te grotere verwarring te stig.

Steeds sal hy hom omhul in die beskutting van geheimsinnigheid. Steeds

sal hy iets verborge beweer en dit dikwels verbied om dit openlik te

verkondig, omdat sy leunagtigheid dan herken sou kan word. Dit is altyd

slegs ondeursigtige informasie wat hy sal gee omdat hy die ware kennis

ontbreek, maar soms, in helder oomblike, sien hy die erns van die tyd

waarin aan sy praktyke ‘n einde gemaak word. Maar hy kan dit nie nalaat

om vir homself eer en roem op te eis nie en hy doen dit deur die mond van

hierdie gekamoefleerde liggestalte, deurdat hy die bou van kerke en altare

verlang, waar hom hulde gebring word omdat hy hom agter sulke

verskynings verberg.

En dit is die sekerste teken van ‘n verderflike gees, van ‘n vermomde valse

gees, dat hy van die mense verlang dat hulle hom openlik in die openbaar

moet eer. ‘n Egte hemelse liggees sal egter steeds op Jesus Christus wys

en sal altyd alleen van Sy verlossingswerk getuig. ‘n Egte liggees sal geen

uiterlikhede, geen bou van kerke en altare eis nie, maar hy sal die mense

aanspoor om hulself deur die liefde tot ‘n tempel van God te vorm. ‘n ware

ligwese sal nooit bedekte aanwysings gee nie maar altyd verkondig wat

mense sal ervaar, nl. dat die einde naby is en dat die mense hulself moet

verander. ‘n Egte ligwese sal die mense ook nie tot urelange uiterlike

aanbidding aanspoor nie, maar hulle tot ‘n lewende verbinding met Jesus

Christus aanspoor, by Wie ewig en alleen die heil te soek en te vinde is.

Julle mense hoef dus sulke verskynings nie ernstig te neem nie, want dit is

deur mense opgesmukte gebeurtenisse wat in primitiewe vorm verskyn en

eers daarna verder ontwikkel word tot buitengewone belewenisse. Omdat

daar ‘n goeie bodem voor aanwesig was, omdat die mense reeds te diep in

hul verering van die moeder van God vas gewortel was en klein

gebeurtenisse koortsagtig in hulle werk en die grondslag skep om aan

steeds meer onwaarskynliker dinge geloof te skenk. Maar dit was in die

geheel geen goddelik geestelike verskynings nie, wat in die mense die

geloof moes versterk om die moeder van God te vereer, omdat dit nie haar

wil is om teenoor haar seun Jesus Christus op die voorgrond te tree nie.

Inteendeel sal sy steeds nadruk lê op Hom en Sy verlossingswerk. Want die

doel van die mense is en bly die vereniging met God in Jesus Christus wat

elke uur en elke dag nagestreef moet word en dit die regte en enigste weg

is wat tot ewigdurende saligheid voer. Amen

Vrees is gebrek aan geloof

7462 24 November 1959

Dit is My Wil dat julle nie vrees nie maar steeds alleen glo in ‘n

liefhebbende en almagtige God en Vader, wat julle nie in julle nood laat nie.

Vrees is egter ‘n gebrek aan geloof. Vrees is onbekendheid met die Liefde

246

en Almag van God omdat Ek julle Vader wil wees. Want sodra julle glo dat

Ek julle so liefhet, soos ‘n Vader sy kind, kan julle ook seker daarvan wees

dat Ek julle niks laat oorkom nie, wat ook al die vyand van julle siele ooit

teen julle sal onderneem.

My beskermende Vaderhand is steeds bereid om in te gryp wanneer dit

daarom gaan om My kind redding te bring in sy nood. En julle is in nood, as

julle vrees het sy liggaamlik of geestelik. Julle is in nood as julle ongerus en

moedeloos is, omdat julle nie die geloofskrag besit dat niks met julle kan

gebeur, solank julle, julle tot My wend en My bid om beskerming en hulp

nie.

Maar ofskoon julle verstand julle dit self keer op keer sê, bly julle hart tog

angstig en bedroef en dit is wanneer julle juis julleself uitkoms moet bring

deurdat julle die verbintenis met My, julle Vader van ewigheid, so innig as

moontlik tot stand bring, wat alleen daarop wag dat julle in innige gebed

tot My kom en My julle sorge toevertrou. Hierdie innige oorgawe aan My

verlang Ek, om ook julle hart die innerlike rus te verskaf, wat julle nog

ontbreek.

Julle moet tot My kom met al julle verlangens en op heel kinderlike wyse

om hulp vra en Ek sal julle verhoor, omdat Ek julle liefhet soos ‘n Vader sy

kinders liefhet. Hoe moeilik geval dit julle egter om dikwels na My toe te

kom en met My te praat nie, hoe dikwels bly julle ver weg en kwel julle,

julleself met julle sorge, terwyl dit tog so eenvoudig is om dit deur My te

laat dra en bevry daarvan te word.

Julle het ‘n liefhebbende Vader, wat vir julle, julle aardse lewe goed sou wil

inrig, as julle maar self My die reg gee deur die vanselfsprekendheid van ‘n

innige verbintenis met My. Wie met My verbind is ken geen nood meer nie.

Maar die moeilikhede begin sodra julle die verbintenis losmaak, omdat Ek

julle geen kettings aansit nie, maar baie na julle vrywillige oorgawe aan My

verlang.

Dit moet julle laat sien deur innige liefde en ‘n vertroulik kontak, deurdat

julle al julle sorge aan My toevertrou en My vra dat Ek dit van julle afneem.

Dan hoef julle maar te wag en dit sal gebeur soos julle dit wens, julle sal

vry wees van alle sorge. En as julle bedreig word deur die kragte van die

duisternis, ook dan hoef julle geen angs te hê nie, want hulle kan julle niks

doen solank julle wil My geld nie, solank julle verlange uitgaan na My en die

uiteindelike vereniging met My nie. En daarom stel julleself steeds alleen

die vraag waar julle innerlikste verlange op gerig is en as dit My betref, dan

kan julle ook vas daarop vertrou dat ook My verlange na julle, julle nie sal

opgee nie, dat Ek julle sal beskerm teen alle benoudheid, vanwaar dit ook

mag kom. Eenmaal wil Ek julle weer besit en sal daarom nie toelaat dat Ek

julle verloor nie, solank julleself My as doel het en na My streef. Dan is alle

sorge en angste egter onnodig, want dan behoort julle aan My en sal julle

Myne bly vir ewig. Amen

247

Wie was in Adam beliggaam? (1)

7463 26 November 1959

Steeds word julle in die waarheid gelei deur My Gees en word julle

gedagtes in die waarheid gelei. Die belofte het Ek aan julle gemaak en dit

word vervul, as julle deur Myself deur die Gees onderrig wil word. Want My

Gees in julle is ‘n deel van My en is derhalwe op hoogte van alles, wat julle

wil weet:

In die begin was daar alleen hoogs volmaakte geeste, want My

onvermoeibare Gees van liefde skep hulle almal tot eie saligmaking. Die

Gees van liefde verlang na die beantwoording van Sy liefde. Hy verlang na

‘n wese, wat gelyksoortig was aan Homself en wat die inleiding tot die

skeppingsdaad sou besit, waarby die wese as eerste van My uitgegaan het,

met wie Ek voortaan alle salighede van die skepping wil deel, omdat dit

buitengewoon vreugdevol vir ‘n volmaakte wese is, om weer gelyksoortige

wesens deur sy wil en sy krag te kon skep in alle heerlikheid en

voortdurende liefdesdrang, wat nou juis in die skep tot uiting kom.

En My eerste-geskape wese, Lucifer of Ligdraer, ervaar die lus om te skep

op dieselfde wyse en dit was onmeetlik salig. Ek laat hom volledige vryheid

toe, want hy was My in diepste en reinste liefde toegedaan en Ek beperk sy

mag om te skep nie, omdat die krag van My liefde die eerste-geskape wese

voortdurend deurstroom en sy wil volledig vry was en geheel in

ooreenstemming was met Myne, omdat sy liefde vir My straal in die

hoogste graad. Uit die liefdesband kon derhalwe alleen gelyksoortige,

hoogs volmaakte wesens voortkom. Wesens, wat ware ewebeelde van

Myself was, soos die eers-geskape gees ook in die begin was.

Toe die verdeeldheid van sy wil intree en Lucifer volledig in besit van krag

en lig begin vergelykings maak tussen hom en My. toe sy liefde af en toe

verflou en ‘n sekere eieliefde begin deur te breek, neem ook die straling

van sy wese nou en dan af en dit werk ook deur in die wesens, wat deur sy

wil deurstraal met My krag, geskape word, wat nog in die hoogste

volmaaktheid ontstaan, maar ook hulle wil van tyd tot tyd verkeerd rig,

omdat die wil volledig vry was en bly by al die wesens, wat ontstaan het

deur beide ons wil en krag.

Die wesens was vanaf daardie oomblik geaard na hul maker, maar omdat

die krag van My liefde die oersubstansie was, was hulle ook goddelik van

aard; hulle was volmaak, omdat uit My en My krag niks onvolmaaks kon

voortkom nie, maar deur die vrye wil by ‘n volmaakte wese behoort hy hom

in alle rigtings te kan ontplooi. Daar kan dus gesê word, dat die wesens

hulle deur aanpassing moet gelyk maak aan die wese van hul verwekker,

omdat die krag uit My, wat steeds deel het aan die skepping, ook die

waarborg was dat niks tweederangs na die wesens vloei deur die wil van

die verwekker nie. omdat die vrye wil aan elke wese geskenk is en dit

heeltemal die eie standvastigheid van die wese versterk.

248

En die vrye wil tot gevolg het, daar was ook van die wat eerste van ons

uitgegaan het wat aan die val in die diepte deel geneem het, wie se

ligsterkte van die liefde dit nooit sou toelaat nie, maar wat hul vrye wil net

so misbruik het soos Lucifer, die Ligdraer self, wie se pragtige wese nooit

moes val nie, omdat hy die helderste kennis besit. Daarom egter is sy val

nog meer te veroordeel, net soos die val van die eerste wesens. Soos egter

omgekeerd ook die later geskape wesens standhou en hulle van hom

losmaak, toe hulle hulselfbeslissingsreg kenbaar kon maak en kies vir hul

Heer.

En so’n gevalle oergees was Adam, wie se siel aanspraak maak op die

beliggaming as mens, vanweë sy volwassenheid, wat hom desondanks nie

van ‘n herhaalde val behoed nie. omdat die vrye wil weer faal. omdat hy te

swak was om reg te kies. Hy wil groter wees as God. Dit was sy oersonde

en dit was die nuwe sonde in die paradys. En Ek wil vir Myself kinders skep,

wie in My hul Vader sien en na wie se liefde Ek smag, omdat My onmeetlike

liefde voortdurend na beantwoording verlang.

Die liefde is die basis van My hele skepping, die skepping van alle oergeeste

en later ook die skepping van materiële aard, omdat Ek nou eenmaal die

liefde wil verwerf, ook al duur dit ewighede. Steeds weer probeer Ek, die

omvang en diepte van My liefde vir julle mense begryplik te maak, maar

solank julle nie self liefde word nie, solank julle nie weer julleself so

ontwikkel, dat die krag van My liefde julle kan deurstroom soos in die begin

nie, sal julle My liefde nie ten diepste kan bevat nie.

Maar julle moet weet, dat julle by magte is om My hart te beroer, dat Ek al

julle versoeke inwillig, dat Ek julle in die waarheid lei en julle lig skenk,

omdat Ek weet, dat lig alleen salig maak, omdat die lig van die liefde

uitgaan en julle al My liefde besit, ook wanneer julle dit kan voel. Maar Ek

gee julle daarvan steeds weer bewys. Amen

Wie was in Adam beliggaam? (2)

7465 28 November 1959

Met alle probleme kan julle na My kom, hetsy aardse of geestelik, wat julle

ook al bedruk, want Ek het julle lief en Ek wil graag julle versoeke vervul:

My Gees van ewigheid spoor My aan om te skep. My Liefde was baie groot,

My Wysheid onoortrefbaar en My Mag sonder einde. Die Liefde egter was

krag wat Hom wil laat voel, wat Hom wil uiter, die dinge wil laat ontstaan

waaraan Ek Self weer My vreugde in oorvloed beleef.

My Liefde, Wat Hom nie kon weggee nie, soek ‘n houer waarin Dit kan

stroom, d.w.s. Dit vorm vir Homself ‘n houer omdat daar buite My niks

bestaan wat My magtige stroom van Liefde sal kan opvang en dit hom

oorgelukkig sou kan laat voel. En die houer plaas Ek buite Myself as ‘n

gelyksoortig wese, as My ewebeeld. Dit kon nie anders as dat die wese nou

ook met dieselfde skeppende gees en skeppende wil vervul was soos Ek

Self nie, anders was dit geen "ewebeeld" van My gewees nie. En Ek wil ook

249

dat die wese dieselfde geluksalige ondervind wat die "skep" veroorsaak en

daarom kom uit die krag van die liefde en wil van ons Beide tallose

gelyksoortige wesens voort, ‘n skeppingsdaad waarvan julle mense alleen

vertel kan word, maar in sy geheel nie sal kan verstaan nie.

Nou moet julle egter ‘n onderskeid maak tussen die skepsele van My wat

uit My Krag en sy wil voortgekom het en die eers-geskape wese, wat My

Liefde buite My geplaas het. Die wese, Lucifer, maak aanspraak om ‘n God

gelyke wese te wees.

Ek het hom aan My sy geplaas en verlang van hom slegs die erkenning van

Myself, d.w.s. die toegewing dat Ek hom vanuit My Krag geskape het; en

hy sou die gelukkigste wese gebly het, wat naas My sou kon skep en werk

as 'n ware ewenbeeld, wat deur My Krag geheel deurstraal word, maar juis

deur die deurstraling van krag van My afhanklik was, ‘n afhankelikheid wat

die wese nooit sou merk met ‘n gelykgerigte wil en steeds ewe diep liefde

nie.

Hy het My eis nie vervul nie, hy wil My nie erken as Bron van krag nie en

val derhalwe na benede in die diepste diepte in. Hy trek ook ‘n groot

aanhang met hom saam die diepte in, wesens wat deur beide ons liefde en

krag en wil ontstaan het.

Die weg wat My eerste geskape wese neem, staan hom geheel vry. Die weg

van die deur hom in die diepte getrokke wesens is onderworpe aan My Wil,

d.w.s. Ek maak vir die wesens wat gevalle was, ‘n weg gereed waaroor

hulle weer kan en sal terugkom na My as hul Skepper van ewigheid, van

WIE hulle uitgegaan het. Die selfde weg, wat Ek in My Wysheid voorsien

het as suksesvol sal ook Lucifer moet gaan, maar as ‘n volledig vry wese

het Ek hom eens geskape en as ‘n geheel vry wese moet hy die weg om

terug te keer aanvaar in vrye wil.

Hy was My ewebeeld, hy was afhanklik van My omdat die liefde van My

kant nooit ‘n vermindering van krag sou toelaat nie. Hy was My ewebeeld,

wie se vrye wil Ek eerbiedig, selfs as hy nog so verkeerd gerig is. Ek sal

hom op geen enkele manier dwing nie en Ek sal wag tot hy vrywillig sy

terugkeer na My begin. Hy is nog ver daarvan verwyder. En as daar gesê

word: "Lucifer het hom in Adam geïnkarneer", dan is daarmee die duiwelse,

dit wat in Lucifer was, bedoel, wat in alle wesens wat gevalle is, aangetref

word.

Sy duiwelse gesindheid, dus alles wat teen God gerig is, moet die

beliggaming as mens deurmaak en so moes ook Adam, d.w.s. die in hom

beliggaamde oergees, met al sy van nature boosaardige neigings en

aanleg, sy intrek neem in die menslike vorm, juis om van die gesindheid

van Lucifer los te kom, om hom weer geheel en al na My te keer, Wie hy as

mens ook kon herken as sy God en Skepper van ewigheid.

Ook Lucifer sal eers die gang deur die materie, deur die hele skepping moet

gaan, met die doel van ‘n verdere ommekeer terug na My. Want sy nog

geheel ongetemde gees sou elke vorm met geweld verbreek, soos dit ook

250

die geval was toe hy by wyse van proef die eerste vorm betrek het. dit

bestaan slegs uit sagte meegewende materie, wat die ongetemde gees van

My eerste geskape wese nie sou kon vashou nie, terwyl Adam se oergees al

soveel meer volwasse geword het, wat hy hom in die vorm tot ‘n sekere

mate behaaglik voel; en hy sou ook die versoekings van Lucifer kon

weerstaan, as die nie onderneem het om die byna by die doel aangekomde,

gevalle broeder weer vir hom te wen nie. Lucifer was My teenstander en hy

is dit nog en sal dit bly, tot ook die laaste geestelike wat deur hom in die

afgrond getrek is, die terugweg na My sal aanvaar. Dan eers sal ook hy

hom besin en hom vrywillig aan My oorgee, wat egter nog ewighede sal

duur, tot die doel bereik is. Amen

Eindeloos lange val in die afgrond - Terugweg

7469 2 Desember 1959

Die werk van terugvoering gaan sy gang volgens My heilsplan van

ewigheid. Die een fase na die ander moet afgelê word, geen enkele fase

kan willekeurig oorgeslaan word nie, alles gaan ooreenkomstig My ewige

ordening, die terugkeer vind presies so plaas, soos die afval van My hom

eens afgespeel het, behalwe dat die val in ‘n eindelose leegte plaasvind,

terwyl die terugkeer deur skeppingswerke van allerlei aard vooruitgang

maak en daarin dus die gang opwaarts gewaarborg is, omdat My wysheid

en My liefde dit as reg beskou.

Maar dit duur ook ewighede, voordat die werk van terugvoering beëindig is,

voordat die gevalle wese as mens weer die aarde mag bewoon, om die

laaste stap na voleinding te neem. Dit is eindelose tye, wat julle mense nie

kan begryp nie. Die val in die diepte het egter nog langer geneem, as dit in

tyd gemeet sou moes word.

Daar was egter nog geen begrip van tyd en ruimte nie, want alles was

eindeloos vir die geestelike, wat van My afgeval het. omdat hulle deur die

steeds groter wordende afstand van My, ook steeds doodser word, dus die

ontbrekende krag van die liefde het hulle leeg en verlate laat voel, dit was

vir hulle ‘n ongekende toestand. En in die toestand word ook elk insig

minder, die denke word verward, die wesens was nie meer in staat om vir

hulself rekenskap te gee van wat daar gebeur nie, dit word steeds

donkerder om hulle, totdat hulle nie meer bewus was van hulself nie en in

hul substansie verhard het. tot alle lewenskrag uit hulle gewyk het.

Toe eers ontferm Ek My oor hulle. Toe eers laat Ek die skeppings ontstaan

uit die “nie meer van hulself bewuste” wesens, wie se geestelike substansie

hulle dus verhard het en wat Ek daarom omvorm tot skeppinge van die

mees verskillende aard. Dus die skepping was deur My eens as iets

wesenliks uitgestraalde krag, wat slegs omgevorm was terwille van één

doel: om dienstbaar te wees volgens My wil, omdat hulle eertyds wou heers

en deur die sonde in die diepe afgrond gevalle is.

251

Hulle moes deur te dien weer opwaarts klim, weliswaar in sy wil gebonde,

maar met die sekerheid, om die eindeloos lange weg van die val in die

diepte te verklein. Hulle moes deur te dien in ‘n toestand van moet, stap vir

stap opwaarts klim, na ‘n toestand, waarin hulle ook moes dien, maar dan

uit vrye wil, sonder om deur My daartoe gedwing te word. Sodat hulle dan

die laaste tree na voleinding kan gee, omdat hulle dan hul eie vrye wil reg

gebruik, wanneer hulle uit eie beweging in liefde dien.

Dit is ‘n eindelose lang weg, wat die eens gevalle geestelike moet aflê,

maar die weg is deur My vir hom uitgestippel. Hulle sukses is in die laaste

stadium weliswaar nie sonder gevaar nie, maar die laaste wilsproef kan nie

omseil word nie en moet in vrye wil afgelê word en daarom kan die mens

ook faal. Wat My egter nie afbring van My heilsplan nie, wat vir die

terugvoer van al die gevalle geestelike geld.

Eens sal Ek die doel bereik en Ek doen alles, wat moontlik is, sodat die

mens as sodanig nie tevergeefs die gang oor die aarde gaan nie, maar Ek

kan hom nie dwing nie, omdat alles, wat hy doen, vrywillig moet gebeur.

En omdat hy vrywillig moet dien in liefde, moet sy weg suksesvol wees en

moet hy aan die einde van sy lewe op aarde vry word van elke vorm. Amen

"Dood, waar is jou angel?"

7480 17 Desember 1959

En julle einde sal salig wees, wanneer julle in My sterf, in julle Heiland en

Verlosser Jesus Christus, Wie julle beloof het, dat julle die dood nie sal

smaak, as julle ‘n lewende geloof in My het nie. Dan sal Ek julle by My

neem in die geesteryk en die uur van julle dood sal slegs ‘n wisseling van

verblyfplek wees, julle siele sal die aarde met die geesteryk verruil en

onuitspreeklik geluksalig wees, want al die gewig val nou van julle af en

julle volg My in vurige liefde en vertroue, omdat julle My herken as julle

Verlosser, Wie julle op die drempel van die geesteryk inwag. Waarom vrees

julle die dood? Ek het hom deur My dood aan die kruis en My opstanding,

die angel ontneem. Ek het vir julle die lewe gekoop met My Bloed en die

lewe sal julle in besit neem en ewig nie meer verloor nie. Solank julle op

aarde vertoef, is julle bang vir die uur van die dood en dat dit julle geliefdes

ook mag oorkom, die geloof in My in Jesus Christus gee julle ‘n salige

einde, al mag dit vir julle geliefdes anders lyk, want Ek alleen het die

heerskappy, ook oor die dood en Ek weet wie Ek die ewige lewe kan skenk.

En hulle hoef geen vrees meer te hê vir die dood en sy verskrikkinge nie,

want Ek het vir hom die dood vol martelinge gesterf, sodat hulle wat myne

is, wat My navolg, gespaar mag bly en wat dus ware belyers wil wees en

was van Jesus Christus op aarde.

Neem my woorde ernstig en glo dat Ek die Meester is, ook oor die dood en

dat Ek alle verskrikkinge van ‘n mens kan afwend wat myne geword het

deur sy geloof en sy liefde. En of dit ook al lyk asof sy liggaam moet ly, Ek

252

epaal die graad van pyn en waarlik, My liefde spreek ‘n woord saam en

gee die mens nie meer om te dra as wat hy in staat is en wat nodig is vir sy

siel nie. Daarom kon Ek vol oortuiging sê: "Dood, waar is jou angel, hel

waar is jou oorwinning?". Want Ek het oorwinnaar gebly oor hom wat die

dood in die wêreld gebring het en Ek sal myne waarlik laat deel hê aan die

oorwinning wat Ek beveg het teen die vors van die duisternis. Ek sal

diegene ‘n salige afskeidsuur skenk wat My aanhang en trou gebly het, ook

in tye van stryd en nood, want Ek gee hulle ook die krag om vol te hou en

hulle trou aan My te bewys.

En dit is op aarde die grootste sege: Om My in ‘n vaste geloof aan te hang

tot aan die einde en hierdie geloof sal julle liefde julle skenk, waaruit slegs

‘n lewende geloof sal voorkom. Vrees daarom nie die uur van die dood nie,

julle wat julle bes doen om in die liefde te lewe, want dit sal vir julle slegs

die ingaan in ‘n ander wêreld beteken en julle sal die aarde graag verlaat

en sy domein graag inruil vir die ryk van lig en geluksaligheid. Julle sal

heengaan in vrede en harmonie van die siel, julle sal nie deur duisternis

hoef te gaan nie, maar in 'n liggewaad mag ingaan in die ryk wat Myne is

en alle heerlikheid beleef, wat julle nooit tevore aanskou en beleef het nie.

Want as julle Jesus Christus gevind het, sal Hy julleself lei in Sy ryk in, in

die ryk wat nie van hierdie wêreld is nie. Amen

Die lot van die siel na die dood van die liggaam

7490 30 Desember 1959

Na julle dood betree julle ‘n heel ander wêreld as wat hierdie aarde is. Maar

julleself het op aarde die moontlikheid om daardie wêreld vir julleself te

vorm, sodat julle daar gelukkig kan wees en dit nie sal verruil vir die lewe

op hierdie aarde nie. want julle kan vir julleself ‘n ryk van lig en saligheid

skep, as julle lewenswandel op aarde daarmee in ooreenstemming is.

As julle ywerig aan julle siele arbei en julle skatte versamel vir die

geesteryk, sal die wêreld wat julle betree vir julle waarlik ‘n ryk van

saligheid wees.

Julle sal nie kan ophou om te jubel en julle te verwonder nie en nooitmeer

sou julle na die aarde wil terugkeer nie, as dit ooit moontlik sou wees. Julle

skep dus self die wêreld waarheen julle gaan na julle liggaamlike dood,

daarom moet julle bewus van julle verantwoording ook op hierdie aarde

lewe. Want julle kan net so goed ‘n ryk binne gaan wat duister of woes is,

waarin julle ongelukkig voel maar dit nie kan verlaat nie, omdat dit die ryk

is wat julle vrye wil nagestreef het toe julle op die aarde geleef het. Dit was

egter julle eie keuse, dit was julle eie wil, want julle lewenswandel op aarde

was so dat dit julle geen ander lot in die geesteryk kon besorg as ellende

en gebondenheid in duisternis en swakheid nie. In elke geval betree julle ‘n

ander wêreld, ‘n ryk wat geestelik is, waar julle alle aardse goed verloor,

waar julle alleen dit kry wat julle geestelik op aarde verwerf het. En daarom

253

is dit ‘n vreeslike toestand vir die siele wat geen geestelike besittings

verwerf het nie. wat slegs oor aardse goed bekommerd was en daardeur

heeltemal arm die ryk hierna ingaan, waar dit nou buitengewoon moeilik is

om geestelike goed te kry, hoewel dit nie onmoontlik is nie.

Want die wêreld waarin hulle dan bly is van so aard, dat dit in

ooreenstemming is met die toestand van hul siele. Dit kan vir die siel ‘n

onophoudelike swerwe deur woeste, dorre plekke beteken, waar hulle nie

die geringste aantref om die honger wat sulke siele gedurig kwel, te stil nie

en dit alleen gestil kan word deur die gee van liefde en toevoer van krag,

wat deur liefdevolle voorspraak vir sulke siele verkry word. Daarom is die

siel al salig te noem wat vanaf die graf, deur goeie gedagtes gevolg word

en wat op die aarde goeie werke gedoen het, wat hom nou volg in die

ewigheid.

Maar arm en behoeftig is die siele wat op aarde geen liefde verwerf het by

hulle mense nie, wat deur kwade gedagtes gevolg word en wat onder die

gedagtes baie meer te lye het, as wat julle mense op aarde dit vir julle kan

voorstel.

Daarom, stuur alle gestorwenis steeds goeie gedagtes agterna die ewigheid

in, erbarm julle oor hulle en help hulle om uit die ergste duisternis ’n

uitweg te vind. Laat hulle nie alleen nie maar dink kragtig aan hulle; dit sal

hulle goed doen en hulle sal dit as ’n toevoer van krag ervaar, soos ‘n

kindjie op die weg na Bo, Wat hulle slegs kan gaan as hulle hulp gegee

word.

Die siel skep self sy lot, wat vir hom wag in die ryk hierna en julle moet

daarvoor op aarde al sorg dat dit ‘n aangename gelukkig lot is. Julle moet

derhalwe geestelike skatte kry en sonder ophou werk van liefde verrig,

want dit sal julle steeds begelei deur die ewigheid en vir julle ‘n

geesterykdom wees waarmee julle vir julle eie geluk en die van ander siele

kan arbei. Waarmee julle altyd julle saligheid kan verhoog en ander siele

krag kan laat toekom, sodat hulle ook hul skrede opwaarts rig en eens salig

kan word. Al sal hierdie weg na Bo baie krag en moeite van hulle eis, is dit

met goeie wil vir hulle moontlik om Bo uit te kom, as hulle maar hulp vind

by hul geestelike vriende en by die mense op aarde wat biddend aan hulle

dink. Amen

Die einde - Hernieude kluistering

7493 3 Januarie 1960

Dit is voldoende aan julle mense verkondig welke tye julle tegemoet gaan.

Julle is steeds vermaan en gewaarsku om julle lewenshouding daarop in te

stel en dit te verander in ‘n lewenswandel wat vir God welgevallig sal wees.

Julle is altyd gewys op die groot gevaar waarin julle siele hom bevind as

julle die aardse lewe plotseling sal moet opgee en ingaan deur die poort

van die ewigheid. En die naby synde oordeel is vir julle aangekondig,

254

naamlik die geestelike en aardse verandering van die aarde. Julle is netso

opmerksaam gemaak op die hernieude kluistering, asook op die dag van

die oordeel. Julle is gemaan tot ywerige siele-arbeid om die lot van die

hernieude kluistering van julle af te wend, julle het wel daarna geluister en

tog glo julle nie in alle erns dat die voorspelling ‘n werklikheid sou kan word

nie.

Julle leef sonder geloof en julle het daarom geen verantwoordelikheidsgevoel

teenoor julle siele nie, wat hom in die grootste nood bevind.

Maar nog bly daar vir julle ietwat tyd, voldoende om julle nog ‘n graad van

volwassenheid op te lewer, as dit ernstig nagestreef sou word. Die geloof

ontbreek by die mense, selfs die gelowiges koester ligte twyfel as die

aangekondigde einde aan hulle verkondig word, selfs die gelowiges wil nie

aanvaar wat vir hulle oor die einde gesê word nie, ofskoon dit van Bo

geskied. En julle moet met julle vrye wil gelaat word, want julle mag nie tot

geloof gedwing word nie. En daarom gaan die dae verby sonder om vir julle

iets op te lewer, solank julle nie uit julleself na geestelike volwassenheid

streef nie.

Dan egter sal julle nie meer twyfel aan wat vir julle voorspel word nie, want

sodra julle uit eie vrye wil geestelik besig is; word alles vir julle, ook dit wat

julle moet glo, tot sekerheid. En daarom kan julle ook in oortuiging aan

julle medemens verkondig hoe laat dit is; en hoe naby die einde is.

Net hy wat self daarvan oortuig is, kan ook met oortuiging praat oor die

einde en oor wat die mensdom te wagte staan. Maar weiniges glo egter dat

die einde naby is. Hulle herken dit aan die tekens van die tye en hulle is in

staat om dit te herken, omdat hulle alles geestelik beskou en daarom ook

die tyd van die koms van die einde voorhou. Julle mense moet almal aan

hierdie tekens aandag skenk, wat lank vantevore aangekondig is, want julle

sal dan ook besef in welke uur julle leef en dit sou daarom ook nie moeilik

vir julle wees om in ‘n einde te glo en in alles wat met die einde saamhang

nie.

Daar bly vir julle almal nie meer baie tyd oor nie, of julle dit wil glo of nie.

Die gelowige sal egter probeer om nog uit hierdie kennis ‘n geestelike

voordeel te behaal, terwyl die ongelowige ook die laaste tyd onbenut sal

laat vir sy siel, wat hom eenmaal bitter sal berou as vir hom nie ook nog

die hernieude kluistering beskore is nie. ‘n Verlossingsperiode lot wat so

ontsettend is, dat die mens alles sou wou gedoen het om daaraan te

ontkom.

Daarom word daar ook altyd weer vir hom kennis daaroor geskenk en word

aan hom die wete gegee wat daar met die siele gebeur wat te kort skiet in

hulle aardse lewe en nie meer in die ryk hierna opgeneem kan word nie,

omdat die tyd uitgeloop is. Hierdie kennis moet hulle aanpor tot ywerige

siele-arbeid. Baie weinig mense glo egter daaraan en bewyse mag nie vir

hulle gegee word nie.

255

Daarom loop talryke siele die gevaar dat hulle hulle aardse lewe sal verloor

en dat hulle geestelike substansies ook nog tegelykertyd opgelos sal word

en weer ‘n nuwe ontwikkelingsgang deur die skepping van die nuwe aarde

sal moet gaan. Hulle sou nog in die laaste tyd dié gevaar van hulle kon

afwend, maar hulle moet vrywillig werk aan hulself. En hulle moet, as hulle

dink dat hulle nie kan glo nie, rekening hou met die moontlikheid dat wat

aan hulle verkondig word, waar is en daaraan beantwoord en daarom ook

lewe. Want daardeur sou hulle ‘n aansienlike wins kan bekom vir hulle siele

en sodoende nie verlore gaan as die dag van die oordeel gekom het nie.

Amen

Liefde is die lewe self

7494 4 Januarie 1960

Alleen in die liefde vind julle die ware lewe, alleen die liefde wek julle tot

lewe en die liefde behou julle vir die ewig lewe. Want wie in die liefde leef,

leef in My en Ek in hom en omdat Ek Self die Liefde en die Lewe van

ewigheid is, moet ook alles in die lewe hulle in die liefde bevind, My

Oerwese moet in diegene wees wat die liefde beoefen.

Julle het vir ewig aan die dood ontkom, as die liefde julle tot lewe gewek

het, want julle het dan ook aan hom ontkom wat die dood in die wêreld

gebring het deur sy liefdeloosheid. Wie die liefde het, het ook die lewe.

Lewe egter is om voortdurend gebruik te maak van My Krag, lewe is om

voortdurend te vra om hierdie krag en dit te benut volgens My Wil. Dus kan

niemand meer passief wees wat hom in die liefde en hom daarom in die

lewe bevind nie, want hy sal steeds die krag wat hom deurstroom

produktief maak volgens My Wil, wat ook sy wil is, omdat die liefde en die

lewe kontak beteken met Myself.

En daarom kan die mens al op aarde die volmaakte lewe van sy siel bereik,

wanneer hy sy bes doen om in die liefde te lewe, wanneer hy hom deur die

liefde met My verbind en nou voortdurend krag van My ontvang, wat nou

ook "lewe" verraai, ‘n toestand van vasberade bedrywigheid in

geluksaligheid. Hierdie mens hoef ook ewig geen dood meer te vrees nie,

want hy het dit oorwin, al kan dit ook vir die wêreld lyk alsof die mens

kragteloos is en nie meer in staat om aards aktief te wees nie, sy siel is

egter nie meer gebonde nie, hy is vry en kan in sy vryheid werk en skep,

wat egter ‘n meer geestelike uitwerking het as ‘n aardse, want dit gaan oor

die ware lewe. Tog kan die lewe op aarde ‘n toestand van dood wees

beteken, wanneer dit slegs die graad van lewe van die liggaam in ag neem,

wat egter ook elke dag kan daal, wat as ‘n toestand van dood sy liggaam

en siel oorval en die lewe vir ewige tye verlore gaan. Daar moet vir die

lewe van die siel gesorg word en dit gebeur alleen deur ‘n lewe in liefde,

wat krag oplewer aan die siel en hom dus die ware lewe skenk wat bly

voortbestaan tot in alle ewigheid.

256

Alleen die liefde verskaf julle so'n lewe en julle siele sal hom verheug om

die weg uit die toestand van dood wees na die toestand van lewend wees te

vind, waarin hy nou vasberade werksaam kan wees en ook werksaam is,

omdat die voortdurend toestromende krag hom geen werkeloosheid, of

bewegingloosheid meer toelaat nie, omdat hy arbei en skep volgens My Wil

en hierdie arbeid daarin bestaan om die siele te help om hulself te verlos

wat hulle nog in die toestand van dood wees bevind en daarom, sonder

krag is en hulp nodig het. Hierdie arbeid verrig die siel ook wanneer die

liggaam daar niks van bemerk nie, want sy geestelike bedrywigheid is

onafhanklik van die liggaam en die siel wat lewend geword het deur die

liefde laat dit nie meer los nie.

Alleen liefde is ware lewe. Daarom sal julle, julleself nie in die toestand van

lewend wees kan bevind solank julle nog sonder liefde is nie en dus sal julle

ook nie kan werk en skep vir die geesteryk nie, as die liefde julle ontbreek

nie. Is julle egter werksaam vir My ryk, dan sal die liefde julle ook nie

ontbreek nie en julle hoef alleen maar steeds te probeer om julle krag

sterker te maak, julle hoef alleen maar steeds die liefde te beoefen, sodat

steeds meer krag na julle sal stroom en julle bewus en onbewus nou sal

kan arbei tot welsyn van die siele wat in nood is, omdat hulle die ware lewe

nog nie gevind het nie.

Elke werk wat julle aan sulke siele verrig, is ‘n teken dat julleself die lewe

gevind het en elke sodanige arbeid sal ook geseën wees, want die lewe

bring weer nuwe lewe voort en wat julle ontruk aan die ewige dood sal

getuig vir julle en julle lewe, want julle sou niks kan doen as julle die lewe

nog nie gevind het deur die vereniging met My en die voortdurend

oorvloeiing van My Krag in julle nie. Julle leef en sal lewe vir ewig. En julle

sal werksaam wees na My Wil en daarby self julle geluksaligheid vind, al op

aarde en ook in die geesteryk. Amen

Dra julle kruis - Volg Jesus

7495 6 Januarie 1960

Om as My disipel te lewe beteken ook om julle klein kruis nederig te dra

wat julle opgelê word tot voordeel van julle siele. Om My te volg word

geassosieer met die neem van die weg na die kruis, wat egter vir elkeen

van julle draaglik sal wees omdat julle altyd My kan vra om julle te help om

julle kruis te dra. En julle sal nie vergeefs vra nie, Ek sal julle kruis van julle

neem of julle las verlig; Ek sal julle nie meer laat dra as wat julle kan

verdra nie.

Maar julle moet ten minste ‘n klein las aanvaar of julle sal nie My

disipelskap kan opneem nie, wat van die uiterste voordeel vir julle siele is.

Om te lewe as ‘n disipel van Jesus is werklik ‘n groot voordeel vir die siel,

want dan sal hy baie lyding kan verdra en hom so terwyl hy nog op aarde

lewe kan verbeter, hy sal gesuiwer die koninkryk van die hiernamaals

257

ingaan en dus homself gesuiwer het van baie wat ‘n hindernis vir sy

geluksaligheid sou wees, want die siel moet reeds gesuiwer wees as hy ‘n

kledingstuk van lig wil dra en so in die koninkryk van lig kan ingaan. En één

dag sal hy My dankbaar wees dat dit hom toegestaan was om hom van sy

onsuiwerhede te bevry terwyl hy nog op aarde was, maar dit bring ook mee

dat hy op die weg van die kruis moet gaan, dat hy die klein kruis dra

waarmee Ek elke mens belas wie My ware disipel wil wees, wat saam met

My op My weg na die kruis wil gaan en ‘n deel van sy sondeskuld self wil

verwyder terwyl hy op aarde is. Hy sal vergiffenis van sy skuld vind, alle

sonde sal hom vergewe word, want Ek het namens hom aan die kruis

gesterf, maar die staat van sy siel kan in sy graad van lig variër en om die

siel deursigtig te maak moet alle onsuiwerhede verwyder word, hy moet

wegneem wat hy self kan verwyder en daardeur sal hy sy eie graad van lig

verhoog wat hy andersins in die hiernamaals deur dade van liefde vir die

siele wat behoefte aan hulp het moet verwerf.

Die siel sal inderdaad vergiffenis van sonde deur die Afkoop van Jesus

Christus vind en dit beteken dat hy ook die koninkryk van lig sal ingaan;

maar die sterkte van lig hang van die werk af wat die siel op homself

uitvoer, wat deur dade van liefde en dra van lyding gebeur. Dit is waarom

elke siel met die dra van ‘n kruis belas word en daarmee moet hy nie faal

nie. Hy moet dit geduldig dra of My om hulp vra en Ek sal hom waarlik nie

sonder hulp laat nie. Sodra julle na My draai sal die las waarneembaar

minder word, want Ek wil dat julle My aanroep, omdat Ek as die draer van

die kruis, altyd aan julle sy wil loop om julle te steun en te versterk

wanneer dit vir julle lyk of die las vir julle swaarder word. Dan kan julle

verseker soek na die Een wat die las van julle wil afneem, wat die las op Sy

Eie skouers sal plaas om julle van dit te bevry. Maar julle moet nie tenvolle

met die kruis wegdoen as julle ‘n ware aanhanger van Jesus wil wees nie,

want hy het die swaarste kruis namens julle gedra omdat hy die volle

sondeskuld van die mensdom aanvaar het en dit tot die einde van Sy weg

gedra het. Dit was dikwels teveel vir sy krag as mens maar hy het dit gedra

uit liefde vir die mensdom, wat Hy wou verlos van die gevolge van alle

sonde wat op die mensdom gedruk het. En so moet julle ook julle kruis met

liefde vir My in Jesus Christus dra tot die einde van julle aardse lewe en

julle sal met dank die voordeel besef wat julle siele bereik het deur Jesus te

gevolg het wanneer julle die geesteryk met ‘n oorvloed van lig en vryheid

ingaan, omdat julle reeds alle las van sonde tydens julle weg na die kruis

verwyder het, omdat julle gesuiwer deur die poort van ewigheid in die

ewige lewe ingaan. Amen

258

Jesus as Leier

7496 7 Januarie 1960

Waarheen gaan julle weg, as julle My nie as julle Leier gekies het nie? Dit

sal julle herhaaldelik moet vra en begeer niks anders as dat Ek julle Leier

word nie, aan wie julle, julleself kan toevertrou en aan My hand deur die

aardselewe gaan.

En waarlik, julle sal elke oomblik reg gelei word; julle sal nie op verkeerde

weë gaan of weggelei word van julle doel nie; julle sal altyd die regte pad

loop waardeur julle die hemelse Koningkryk sal bereik, want julle is op pad

na die huis van julle Vader, julle ewige Vaderland. Maar julle moet om My

leiding vra. Ek forseer Myself nie op julle af nie, Ek probeer nie om hierdie

of daardie weg vir julle te bepaal, teen julle vrye wil nie.

Ek wil gevra word om My verskyning as julle Leier te maak, altyd en ooral.

Ek wil dat julle My vra om julle te stuur en te lei oor alle ongelyke weë en

Ek wil dat julle, julleself geheel oorgee aan My begeleiding en My volg waar

Ek vóór julle gaan, sodat Ek julle na julle ewige huis kan begelei. Omdat

net één weg daarheen lei, wat styl en baie inspannend is en vereis krag ‘n

sterk staf en ‘n steun vir julle veilige deurgang. Laat My toe om altyd julle

Leier te wees en julle sal spoedig onbekwaam wees om verkeerd te gaan,

julle sal geen onsekerheid hê dat die weg afwyk of onbegaanbaar vir julle in

julle swakheid is nie. Waar Ek julle voorgaan, kan julle sonder voorbehoud

volg, omdat Ek weet hoe dit vir julle die beste is om julle doel te bereik; en

Ek sal waarlik julle weg verkort, alle hindernisse wegneem, julle dra oor alle

versperrings en julle aan die hand neem, sodat julle, julle doel met

sekerheid kan bereik. Maar julle moet julleself geheel aan My toevertrou,

julle moet nie aarsel of bang wees dat julle verkeerd gelei sal word nie,

omdat julle nie ‘n beter Leier in julle aardselewe as Ek sal vind nie, ongeag

enige ware vriende wat julle onder julle medemense kan vind, omdat hulle

nie die weg na bo, na My ken nie en daarom moet julle altyd aan My

vashou, maar laat vaar dan alle vrees, want sodra julle op My vertrou,

beloon Ek julle vertroue en neem julle in My beskermende sorg op julle weg

van die lewe. Julle sal nouliks die steilte waarneem, want om saam met My

te loop ontvang julle ook My krag om My hand vas te hou en dan die klim

moeiteloos agter julle te plaas, waarvoor julle op aarde is; want julle pad

moet opwaarts gaan.

Solank julle gelyke grond betree, is julle weg nie die regte één nie, omdat

julle doel hoog na bo is en daarom krag vereis, wat julle altyd van My kan

ontvang, sodra julle My as julle Leier vir julle aardselewe gekies het. Maar

die lewe is moeilik as julle alleen loop of My teenstander die reg gee om

julle geselskap te hou, wat goed weet om julle weg te verfraai en te vul

met verleidinge, sodat julle nie kan sien dat dit nie omhoog maar in die

kloof lei.

259

Dan is julle in ‘n groot risiko, omdat julle, julle terugkeer na My uitstel of

heeltemal onmoontlik maak, aangesien Ek nie in die diepte gevind word nie

en die weg deur mooi weidvelde en moeitelose passe gaan, wat deur die

kinders van die wêreld bewandel word; hierdie weg lei nie na My nie maar

onvermydelik in die diepte, waarvandaan ’n opwaartse weg na bo vreeslik

moeilik is en weer eindelose tye verg. Maar tog moet die Leier deur julleself

gekies word; julle moet My slegs vra om julle begeleiding oor te neem deur

die aardselewe en Ek sal met julle wees en sal die ander één vervang, as

hy probeer om julle te begelei. want as julle My as julle Leier kies, dan

word alle verantwoordelikheid van julle weggeneem, dan handel Ek vir julle

en stuur en lei julle op die regte weë, sodat julle, julle doel met sekerheid

bereik: dat julle na My terugkeer, na julle ware Vaderland, dat julle weg by

die huis van julle Vader eindig, waar Ek op julle wag, om My by julle aan te

sluit vir alle ewigheid. Amen

Is daar ’n bepaalde kennis op aarde nodig? -

Die gebooie van die liefde

7501 14 Januarie 1960

Julle sal geen kennis weerhou word wat nodig is vir die volwasse wording

van julle siele nie en daarom word My Evangelie aan julle verkondig, die

goddelike leer van die liefde. Want eerstens moet julle liefde beoefen om

tenminste te kan begryp dat ‘n uitgebreider kennis aan julle gestuur word

vanuit My liefdevolle sorg vir die heil van julle siele. My Evangelie verkondig

aan julle dus in die eerste plek My twee gebooie, die liefde tot God en die

liefde tot die naaste. En as julle dit sal vervul, sal julle ook in staat wees

om verdere kennis te kan opneem. Want dan word julle gees tot lewe

gewek en hy onderrig julle van binne af, dit wil sê, hy gee julle insig, ook

wanneer die kennis wat van My uitgaan, julle van buite-af gebring word.

Die liefde is egter die vernaamste en ‘n omvangryker kennis sal julle nie

baat, as julle die liefde nie het nie en dan in die gees totaal dood genoem

kan word.

Maar die mens wat in die liefde leef, het daarom op aarde geen groter

kennis nodig nie. Hy sal deur sy lewenswandel ryk word en plotseling die

insig ingegewe kry, as hy die aardse wêreld verwissel met die geesteryk.

Ewenwel is ‘n geestelike kennis op aarde ook seënryk as dit op die korrekte

wyse benut word. As die mens wil binnedring in die geestelike samehang,

as hy homself ‘n korrekte voorstelling sou wil vorm oor My bestuur en My

werksaamheid. Want dan sal hy My steeds meer liefhê en steeds 'n groter

kennis begeer, omdat die geestelike honger gewek word deur onderrig wat

van My af uitgaan.

En daarom word julle mense deur My aangespreek, omdat slegs Ek as die

ewige Waarheid Self, julle die kennis kan laat toekom wat ooreenkom met

die waarheid. Ek weet waarheen My Woord gebring word. Ek weet waar dit

260

weer 'n korrekte begrip ontmoet en Ek weet waar liefde beoefen word en

die mens sy bes doen om volgens My Wil te lewe. En hulle ontvang dus ‘n

kennis wat aangepas is volgens hulle siele volwassenheid, hulle verlange na

die waarheid en hulle lewenswandel.

En elkeen kan nou met hierdie kennis doen wat hy wil. Hy kan gebruik

maak daarvan, deurdat hy dit verder bring, of ook homself intensief

daarmee besig hou. En hy kan dit vermeerder, as dit sy ywerige strewe is

en hy van goeie wil is. Dan sal aan hom steeds meer geestelike kennis

gestuur word en hy sal die gegewe dankbaar uit My Hand aanneem; soos

wat sy siel volwasse word, so ook sal sy kennis toeneem, want ‘n dooie

gees verlang om niks te weet oor die geesteryk nie. Geen mens moet

homself egter bedruk voel as hy nie baie geestelike kennis besit nie. Want

as hy maar op aarde leef volgens My Wil, as hy maar net My twee gebooie

vervul en dus trag om homself te vorm tot liefde, sal dit eens bliksemsnel

helder in hom word as hy die geesteryk betree en dan sal hy gelukkig wees

en bly, want hy sal ook bliksemsnel begryp en alle samehang duidelik

insien.

Maar hy moet lewe volgens My Wil, want om My gebooie van die liefde te

vervul, kan geen mens gespaar bly nie. Dit is die vernaamste in die aardse

lewe, dit is die grondsteen van My Evangelie wat julle steeds weer

toegestuur word, op welke wyse ook al. As julle maar die gebooie van die

liefde ter harte neem en dit probeer nakom, dan vervul julle ook julle

aardse lewensopdrag en julle help julle siele om volwasse te word. En die

evangelie kan vir julle oral uiteengesit word, julle moet dit slegs vanuit julle

wil om Myself te hoor, in ontvangs neem.

Julle moet na My in My Woord verlang, julle moet My daarin herken. Julle

moet julle oopstel wanneer My Woord in julle weerklink, as Ek julle

aanspreek om My Wil aan julle bekend te maak. Want My Evangelie, die

blye boodskap en heilsleer, sal julle altyd slegs My Wil verkondig, wat

daarin bestaan om julle tot werke van liefde aan te spoor en die resultaat

van ‘n lewe in liefde voor oë te stel, sodat julle siele volwasse en salig kan

word.

Dan sal die kennis wat julle verlang en wat julle nou mag ontvang, julle

gelukkig maak. Julle sal My steeds meer leer liefhê, julle sal ook julle

naaste as My kind en julle broeder leer sien, julle sal ook hom liefde betoon

en julle wese nou langsaam verander tot liefde, wat julle lewensdoel op

aarde is en sal bly tot julle voltooi is. Totdat julle, julleself in liefde met My

verenig het en dan met My verbonde bly tot in alle ewigheid. Amen

Waarheid of dwaling

7502 18 Januarie 1960

Ek is die Heer, Wie in tyd en ewigheid regeer, aan Wie alles onderworpe is

wat Sy Wil geskape het en Wie alles stuur na Sy Wil en wyse beoordeling.

261

Ek is julle God en Skepper van ewigheid, Wie as ‘n Vader tot julle spreek,

omdat julle Sy kinders is, wat eens aan Sy sy onmeetlik geluksalig sal wees

in die skep en werksaamheid in vryheid, lig en krag.

Maar as julle Vader van ewigheid met julle spreek, sal Hy julle egter ook in

alle waarheid onderrig, Hy sal julle die waarheid leer ken, Hy sal regstel

wanneer julle van buite af valse geestelike opvattinge gebring word en Hy

sal ook openlik laat uit kom wat waarheid en wat dwaling is. Want Ek is die

ewige Waarheid Self en Ek duld nie dat die mense wat waarheid begeer, die

waarheid onthou of misvorm word nie, sodat die mense verkeer in ‘n

onware denke nie.

Maar My teenstander het dit hom tot prinsiepe gemaak om die stryd aan te

knoop met die waarheid, omdat die waarheid My laat sien soos Ek werklik

is, maar hy steeds maar weer wil verhinder dat die mense My werklik leer

ken en bemin. Daarom probeer hy van My ‘n valse beeld te gee. Hy stel My

anders voor as wat Ek is en wil dit vir die mense moeilik maak om op My

aan te stuur en My as hul Vader lief te hê. Sy strewe is steeds om die

waarheid te ondermyn, dit te vermeng met onware opvattings om die

mense te verhinder om My te herken. En waar die verlange na waarheid nie

diep is nie, daar geluk dit hom ook, maar waar die mens die waarheid

ernstig begeer, word hy herken. Want heel seker help Ek hulle wat wens

om in die waarheid te wandel en lei daarom steeds weer die suiwere woord

na die aarde, waar die gevaar bestaan, dat die waarheid misken word, of

waar My teenstander al soveel vaste grond gekry het dat sy leunwerk

weerklank vind.

Steeds sal dit van die mense self afhang of hulle in besit van die waarheid

kom, want steeds lê dit nou aan die graad van hul verlange na waarheid

dat dit hulle ook onbedorwe gestuur word. Maar die teenstander probeer

ook die mense te beweeg om sy ideës aan te neem, waarvoor hy hulle, in

die verblinding van hul denke, inspan om dit onder die mense rond te strooi

en dit hom ook geluk wanneer daar werktuie te vinde is wat hom dien.

Want dit gaan om hul innerlike houding teenoor My of teenoor hom. Dit is

deurslaggewend of Ek of My teenstander hom dan kan uiter. Nooit egter sal

‘n werktuig wat vir My werksaam is, gelyktydig deur My teenstander

Gebruik kan word nie, soos omgekeerd Ek My ook nooit van ‘n werktuig

bedien wat sy wil aan My teenstander skenk en hom dien nie.

Vir die teenstander is die beste doeleinds van die offensief die hoogmoed

en die geldingsdrang en dan val dit hom maklik om ‘n mens aan te sit om

hom te dien, omdat hy hom wysmaak dat Ekself hom vir ‘n missie

uitverkies het. Maar die selfondersoek moet ‘n mens ook by homself instel

om ook seker te wees van sy taak, anders sou daar dwaling kan insluip,

wat egter duidelik tot uiting kom, wanneer die resultaat My suiwere woord

uit die hoë, wat Ekself na die aarde stuur, weerspreek, sodat ‘n regstelling

weer nodig is. Want die aarde is deur dwaling oorspoel, wat die mense

verdedig as evangelie is deurspek met dwaling. Die waarheid word oral

262

afgewys, maar die dwaling graag aangeneem, die denke van die mense

raak in die war, daar is geen duidelikheid meer nie, geen Instemming, geen

ware begrip, alles wyk af van die suiwere waarheid en word tog as

waarheid verdedig deur die mense.

Maar die dwaling is ook in te sien deur elke mens wat die wil het om in die

suiwere waarheid vas te staan, omdat Ek hulle Self by staan, omdat Ek, die

ewige Waarheid, My aan elke mens skenk wat die waarheid begeer. Maar

die se goeie wil is ook ‘n vereiste en steeds kan hy My om verligting van

gees vra en Ek sal sy gebed verhoor.

Want die mens moet die verband kan insien en hy moet ook weet waar

waarheid en waar dwaling te vinde is. Ek is die Heer, Ek is Self die

Waarheid Ek is die Liefde. Ek het die mag om elke mense die waarheid te

laat toekom, maar Ek dwing geen mens om dit aan te neem nie omdat die

besit van die waarheid van die mens self afhang, in hoeverre hy dit begeer

en daar na streef of self daarom vra.

Maar dat My teenstander nie sal ophou om teen die waarheid te stry nie

staan vas en moet julle steeds bedag op wees dat julle, julleself bewustelik

alleen tot My moet wend as julle in die waarheid wil wandel. Amen

Geestelike nood van die naaste

7509 27 Januarie 1960

En wanneer julle, julleself bekommer oor julle naaste in sy geestelike nood

sal dit vir julleself tot seën word. Weliswaar is die leniging van die aardse

nood die gebod van die naasteliefde; dat julle vir hulle sal moet doen wat

julle sal wil dat dit vir julle gedoen word, wanneer julle, julleself in dieselfde

nood bevind. Maar ook in geestelike nood sal julle hom moet help en dit sal

sowel by sy siel, asook by julle siele effek hê. Want die geestelike nood is

nog heelwat erger as die aardse nood, omdat laasgenoemde eens ten einde

sal wees wanneer die aardse lewe verby is, maar die geestelike nood word

saam oorgeneem in die ryk hierna en het vir die siel ‘n uitwerking van

vreeslike kwelling.

En julle sal die naaste kan help in geestelike nood, wanneer julle hom in die

eerste plek help dat hy ‘n lewende geloof kry, wanneer julle hom op Jesus

wys, sonder Wie geen mens salig kan word nie. Wanneer julle naaste nog

heeltemal geen geloof het nie, bevind hy hom in groot geestelike nood en

dit sal vir julle nie maklik wees om hom te help om te glo nie. Maar julle sal

hom kan aanspoor om werke van liefde te verrig, julle sal hom vir eers so

kan beïnvloed, dat hy die liefde beoefen en dan sal dit hom ook al makliker

geval om dit te glo wat julle hom sal uiteensit. En dit is allereers die wete

oor Jesus en Sy verlossingswerk wat julle aan julle naaste, wat die kennis

nog nie besit nie, sal moet voorlê. En hy sal dit spoedig kan glo, wanneer

hy van goeie wil is en daarom ook werksaam is in die liefde.

263

Maar dit moet hom wel heeltemal volgens waarheid oorgebring word, sodat

dit nie deur hom verwerp word nie en dit dan baie moeilik sal wees om ooit

die verlossingswerk aan hom begryplik te maak. Slegs die waarheid het die

krag in hom om op ‘n mens van goeie wil in te werk, maar dwaling sal hy

dadelik afwys en alle arbeid in die wingerd aan hom gedoen, tot niet maak.

Daarom is dit in die eerste plek nodig dat julleself in die waarheid vasstaan,

voordat julle geestelike hulp aan julle naaste sal kan skenk, maar julle wat

regstreeks deur My onderrig sal word, het baie geestelike lering byderhand,

wat julle aan hom sal kan oordra en julle liefde sal julle ook sukses

verseker, want wat julle in liefde vir die naaste onderneem, bly nie sonder

resultaat nie. Dit sal sy siel tot voordeel strek, soos ook julleself des te

meer ontvang, hoe meer julle van julle geesterykdom weggee, want die

nood is groot.

Met aardse nood poog die mense om hulself op te hef, selfs wanneer hulle

julle as ‘n broeder om hulp vra. Maar aan die geestelike nood dink hulle nie

en vra daarom ook nie om hulp nie. En daarom moet julle dit self vir hulle

aanbied, julle moet, waar julle dit maar kan, julle gesprekke rig na ‘n

geestelike basis, julle moet probeer om die ingesteldheid van julle naaste

op geestelike gebied te wete te kom en julle moet hulle die evangelie (van

die liefde) verkondig, dit wil sê; hulle aanspoor om werke van liefde te

doen. En dan sal julle ook geleentheid vind om oor Jesus en Sy werk van

verlossing te praat en bemerk welke indruk dit op die mense sal maak wat

julle so onderrig. En wanneer julle maar ‘n klein resultaat kan toon, het

julle tog ‘n onskatbare diens aan die naaste bewys, want die woorde wat

julle aan hom bestee het, gaan nie verlore nie. Dit sal wortel skiet en

eendag sal die saad opkom en daaruit kan hulle ‘n kragtige geloof

ontwikkel, volgens die gewilligheid van diegene aan wie julle ware

naasteliefde betoon. Dink daarom dikwels aan die geestelike nood van julle

naaste en poog om hom tot hulp te kom. En dit sal hom en julle waarlik tot

seën strek, want Ek sal julleself steun, Ek sal Self aan hulle harte klop en

geluksalig is hulle wat die deur van hulle harte vir My open wanneer Ek

wens om toegelaat te word. Amen

Begrip vir die geestelike probleem van die

Menswording van God

7511 30 Januarie 1960

Die probleem van die menswording van God in Jesus Christus kan aan elke

mens duidelik gemaak word, wanneer hy die onderrig van My woord wat

aan julle gestuur is uit die hoogte, vir homself bedien. Maar of dit begryp

sal word, is afhanklik van die wil van diegene wat onderrig word, van sy

sielsvolwassenheid, van watter graad sy liefde is wat hom die korrekte

begrip sal gee. Want die kennis wat hy aanneem, is nie deurslaggewend of

hy tot die probleem sal deurdring nie, maar wel die bereidheid van sy siel,

264

wat ‘n sekere voorbereiding moet hê om homself positief te kan instel

teenoor die goddelike Verlosser Jesus Christus, wat My in alle volheid bevat

het toe Hy op aarde gewandel het. En hierdie voorbereiding van sy siel

word tot stand gebring deur die liefde, wat gelyk is aan ‘n helder Lig wat

die siel deurstraal en verlig.

Om die menswording van Jesus duidelik te maak is die opwekking van die

gees nodig, beide van hom wat onderrig asook van hom wat onderrig moet

word, want ‘n mens by wie die gees nog nie gewek is nie, is ook nog

heeltemal blind en hy sou dit nooit verstaan nie, selfs wanneer dit volgens

waarheid aan hom uitgelê sou word. Daarom is daar onder die mense ook

so weinig begrip aan te tref vir die probleem, asook vir die verlossingswerk

van Jesus, omdat maar weinig mense in staat is om self ‘n korrekte

voorstelling daarvan te maak, juis omdat die gees nog nie by die meeste

gewek is nie.

En so beskou die meeste Sy menswording slegs vanuit die oogpunt dat Ek

die mens Jesus vermoëns verleen het wat Sy ongewone werksaamhede

moontlik gemaak het. Hulle sien dus Jesus slegs as mens met hoë etiese

mikpunte en ongewone vermoëns, maar dat die ewige Godheid Homself in

hierdie mens ophou, is vir hulle onbegryplik en daarom ook nie

geloofwaardig nie. Daarom sal hulself ook meestal onder "Jesus Christus"

en "God" twee begrippe voorstel, waaruit dan die verkeerde leer van een

Godheid in drie persone ontstaan het, wat ook nie so maklik verkeerd

bewys kan word nie, omdat die opwekking van die gees ‘n voorvereiste is

vir die korrekte begrip en dit weer slegs gewek kan word deur ‘n lewe in

liefde, maar die liefde is verkoel onder die mense, netsoos wat dit duidelik

sigbaar sal wees in die laaste tyd voor die einde. En tog is die korrekte

begrip so nodig om julleself as mens heeltemal aan Jesus oor te gee, om

My in Hom te herken en te erken en om daardeur die sekerheid te hê om

die ewige lewe te bereik, want: "Wie in My glo, het die ewige lewe"

Daarom moet die mense eerstens hulle bes doen om in die liefde te lewe,

dan kan My suiwer Woord, wat die mense in My Naam verteenwoordig, aan

hulle gestuur word en dan sal elke probleem maklik opgelos en

verstaanbaar wees. En die liefde op aarde is maar swak ontvlam, daarom

word daar ook soveel dwaling verdedig, daarom is daar soveel onbegrip te

vind. Dit is die rede vir die aanstuur van die suiwer Waarheid van bo. Want

as die vlammetjie van die liefde nie die menslike hart eers verlig nie, kan

die waarheid geen vastrapplek kry nie en is dit dan vir die mense net so

onbegryplik as verkeerde leerstellings wat probeer om al hierdie probleme

op ‘n verkeerde manier op te los. Die mens kan dan ook nie die waarheid

van dwaling onderskei nie, wat egter vir hom maklik sou gewees het as hy

‘n gewekte Gees gehad het, wanneer hy deur ‘n lewe in liefde in staat sou

wees om die stem van sy gees in homself te hoor, wat sy denke dan sou

open en korrek lei.

265

Steeds is dit die liefde wat beslissend is en steeds sal ‘n mens wat in die

liefde leef, ook volledige begrip vind vir alles wat daarmee saamhang, maar

sonder liefde sal hy blind wees in die gees en die helderste onderrigting sal

geen nut hê nie, omdat hy dit nie kan verstaan nie. Doen daarom eers julle

bes om ‘n lewe in liefde te lei en begeer dan die waarheid en dan sal dit

helder en verstaanbaar aan julle gestuur word, want julle ontvang dan van

binne kennis wat julle die helderste Lig sal gee, wat julle sal begryp en wat

julle gelukkig sal maak en julle sal ook in die regte verhouding te staan

kom met Jesus Christus en deur Hom ook met My, Wat My in die mens

Jesus beliggaam het en die erkenning van Hom ook ‘n erkenning van Myself

is, wat julle eendag na die geluksaligheid sal lei, terug na My in julle

Vaderhuis. Amen

Bewuste of mediamieke ontvangste

7512 1 Februarie 1960

Daar word vir julle kennis gegee deur die gees, julle word van binne

onderrig en sal dan die kennis kan deurgee, julle sal steeds dit kan bewys

waarvan die oorsprong in julleself lê, julle sal met sekerheid dit kan bestry

wat van buite af ontvang is en derhalwe vir ‘n geestelike lering opkom as

van My ontvang. En dit is dan ook die waarborg dat die geestelike lering

waarheid is, want soos die gees in julle, julle onderrig, moet julle die

waarheid ontvang, omdat die gees in julle ‘n deeltjie van My is, omdat hy

julle slegs dit kan verkondig wat ooreenstem met die waarheid, omdat hy

gees van My Gees is en Ek die ewige Waarheid Self is.

Dus julle sal met sekerheid julle kennis as waarheid kan verdedig, want

julle het die geestelike lering nie van buite af ontvang nie, julle het dit nie

deur studie verwerf nie, maar julle besit ‘n omvangryke kennis wat uit

julleself kom, wat in waarheid "van bo" aan julle gestuur word, omdat die

gees in julle met My in verbinding staan en hierdie verbintenis ewig nie sal

opgee nie.

En tog is nog ondersoek nodig of die kennis wat julle besit, julle in ‘n

toestand van mediamieke ontvangs oorgebring was, of dat julle dit in ‘n

toestand van volledige bewustheid ontvang het. Julle sal steeds ‘n ernstig

ondersoek moet instel, as julle, julle geestelik eiendom as waarheid wil

uitdra, want die moontlikheid bestaan ook dat julle, julle in ‘n onbewuste

toestand aan geestelike kragte oorgee, wat ook geestelike leringe op julle

probeer oor dra, as julle afsien van julle wil en hierdie kragte julle wil kan

gebruik. Dan lê dit voor die hand dat ook onwetende kragte hul "kennis"

aan julle wil oordra, omdat hulle nie teengehou word deur ‘n duidelike wil

nie en die verlange na waarheid wat julle beskerm teen dwaling.

En dit moet julle nougeset ondersoek. Dat die gees in julle in 'n toestand

van volledige ontwaking is, spreek julle siele aan en gee hom telkens wat

Ek Self die mens op aarde wil gee, omdat die gees in julle 'n deeltjie is van

266

die Vadergees van ewigheid. Maar mediamieke ontvangste is en bly ‘n

gevaar vir die mens want hy is nie beskerm teen vyandige invloed nie,

omdat die siel hom nie bewus opstel om weerstand te bied wanneer

vyandige kragte nader nie. En hulle sal dit steeds doen onder die

dekmantel van die waarheid, om aangehoor te word.

Maar julle sal moeilik dwaling van waarheid kan onderskei, omdat dit goed

gekamoefleer is, dog sodra die geringste afwyking te bespeur is van die

geestelike leringe wat julle deur die werksaamheid van My Gees toekom,

moet julle oplettend wees dat julle nie ten prooi val aan dwaling nie, want

in die geval is die werksaamheid van die vyandige kragte al vas te stel,

deur die teenstrydigheid met My suiwere geestelike leer.

Maar julle word steeds weer gewaarsku om julle nie in ‘n mediamieke

toestand te plaas of te laat bring nie, want dit is ‘n gevaar vir julle waaraan

julle, julleself uitlewer. Want vir julle sal dit moeilik wees om die waarheid

van die dwaling te skei, omdat die dwaling baie kundig versteek is en die

onsuiwer geestelike kragte hulle ook van My uitsprake bedien, wat hulle

ken en aanwend vir hulle doeleindes.

Die werksaamheid van die gees waarborg suiwere waarheid, mediamieke

ontvangste is egter geen geestesaktiewiteit in ‘n goeie sin nie, ofskoon ook

geestelike wesens probeer om hulle te laat geld omdat dit hul ook geluk as

die mens afsien van sy wil, as hy in ‘n toestand van onbewustheid hom

deur hulle laat gebruik as werktuig. En die ondersoek sal julle moet uitvoer

wanneer julle weer geestelike leringe aangebied word wat nie op alle punte

ooreenstem met dit wat deur My aan julle gestuur word nie. Die wil van die

ontvangers is nie op My gerig nie, hulle is ook nie so met My verbind dat

hulle hulself volledig aan My oorgee sodat Ek hulle kan beskerm teen die

kragte nie. Hulle het dikwels ‘n groot geldingsdrang en wil op die voorgrond

tree, dit toon ‘n graad van arrogansie wat die teenstander heel goed weet

om te benut. En omdat hulself oortuig is van hul taak om as werktuig te

dien, ondersoek hulle hulself ook nie ernstig nie en leen hulle dus om

onware geestelike leringe te verbrei, wanneer hulle nie ernstig die heil van

hul siele nastreef nie en ook nie innerlik ‘n weerstand voel om hulle nie

verder op mediamiek vlak besig te hou nie.

Die werksaamheid van die gees moet met volledige bewussyn plaas vind

dan word aan die mens innerlike leerstof oorgebring waarin My Gees

werksaam kan wees, want hy staan in direkte verbinding met My en hy

hoor My woord, hy hoor Myself omdat die vonk van sy gees die verbintenis

tot stand gebring het met die Vadergees van ewigheid, met My, wat My nou

teenoor hom uiter, soos dit vir hom en die mensdom tot seën is. En hy sal

steeds die suiwere waarheid ontvang en weergee, hy sal nooit bang hoef te

wees om aan dwaling ten prooi te val nie, solank hy self die waarheid

begeer. Amen

267

Nuwe aarde - Romeine 8:19-22

7520 11 Februarie 1960

Geen skeppingswerk op aarde sal die groot omwenteling ontsnap nie en

alles sal daarin betrek word, beginnende by die harde materie, die plante

en diereryk tot en met die mens. Alles sal getref word deur ‘n vernietigings

werk wat alles wat ooit op hierdie aarde voorgeval het, oortref. Want alles

sal vernietig word, sodat daar waarlik daarna, wanneer die werk van die

omvorming van die aarde voltooi is, van ‘n nuwe aarde gepraat sal kan

word.

Al die gekluisterde geestelike raak eers vry van die vorm. Hulle sal egter

nie die vryheid lank kan geniet nie want hulle word weer in die nuwe

skepping gebind, ooreenkomstig die geestelike graad van volwassenheid in

die bepaalde tyd. En daarom kan die nuwe skepping ook in ‘n baie kort

tydjie ontstaan. Dit het geen lang ontwikkelingsweg nodig nie, omdat daar

vir alle skeppings, ook uitgerypte geestelike substansies voorhande is wat

daaraan beantwoord en daar dus slegs ‘n ander vorm nodig is sodat die

ontwikkeling kan voortgaan op die nuwe aarde. En hierdie skepping is so

veelsydig, dat ‘n groter vooruitgang waarlik bereik sal kan word in ‘n korter

tyd as op die ou aarde. Want die geestelike sal nie soveel weerstand

ondervind soos wat dit in die laaste tyd die geval was nie, veral wanneer

die hinderlike invloed van bose kragte oral te bemerk is.

Die werk van omvorming sal homself dus in ‘n kort tydjie voltrek, maar

geen mens sal daarvan bewus wees nie. Want hulle wat weggeneem is,

word na die nuut gevormde aarde gebring, maar kan self nie beoordeel hoe

lank hulle van die aarde weg was nie, omdat alle tydsbegrip by hulle

ontbreek. Maar niks sal in die ou vorm bly bestaan nie. Selfs die mense sal

nie meer van hulle aardse kleed (liggaam) so veel las ondervind nie, want

dit sal as’t ware reeds ‘n vergeestelike vorm wees wat hulle sal omhul,

ofskoon dit nog aardse materiële substansie is. Ook sal hulle geen

liggaamlike swakheid en ongemak ondervind nie en sal hulle die lewe op

die nuwe aarde kan belewe in ‘n toestand wat waarlik paradys genoem kan

word.

En hierdie toestand sal aanhou solank die mense innig aan God verbonde

bly, solank hulle die direkte verbinding met die ligwêreld en Sy bewoners

het en in alles volgens God se wil sal lewe. Na verloop van tyd sal daar

weer ‘n verandering intree, wanneer die vors van die duisternis weer mag

verkry oor die mense. Maar voor dit sal daar nog ‘n lang tyd verloop, want

die eerste geslag sal so volkome met God verbind wees, vir Wie hulle in Sy

mag en glansrykheid mag leer ken, dat hulle aan Hom trou sal bly en hulle

lewe in Sy liefde en barmhartigheid deurbring. En daarom sal die invloed

van die mense uiters gunstig op alle skepsels wees. Die liefde van die

mense sal die geestelike in al die skeppingswerke bespeur en dit kom

daardeur vinniger tot ‘n verdere ontwikkeling; hoe meer liefde dit

268

ondervind hoe vinniger word ook sy innerlike weerstand afgebreek in ‘n

omgewing wat met liefde vervul is. Dit is bereidwillig om diensbaar te wees

en kan dikwels sekerlik snel ‘n vorm verlaat om die volgende hoër een te

kan betrek, sodat die weg van ontwikkeling aansienlik verkort sal word,

gemeet aan die vorige tyd op die ou aarde.

En al die omvormingswerk, terwille van die nog in die vorm gekluisterde

geestelike, sal die mense laat besef van God se liefde, want nie net die

mens het die hulp van God nodig nie, maar elke skepsel smag na

verlossing. Die mens het egter die moontlikheid om homself totaal vry te

maak uit die vorm gedurende die aardse lewe. En as Hy weer faal is dit sy

eie skuld, want dan het hy opnuut sy vrye wil misbruik en moet nou ook die

gevolge op homself neem. Want nou val slegs dit hom ten deel wat hy altyd

self gedurende die aardse lewe na gestreef het, naamlik die materie waarna

sy begeerte was en dit sal nou ook sy uiterlike vorm word. Amen

Die verspreiding van die Evangelie

7528 22 Februarie 1960

Elke persoon wat die Evangelie aan die siele verkondig, wat probeer om My

Woord aan sy medemens te bring wat uit die Goddelike onderrig van liefde

bestaan, dra by tot hul verlossing. Elkeen wat sy medemens herinner om

lief te hê verkondig die Evangelie wanneer hy hulle ook leer dat dit die

belangrikste gebod is wat Ek aan die mense gegee het en as hy hulle vertel

van die gevolge as hulle die gebooie onderhou. Alles wat tot die opleiding

van mense bydra om lief te hê is verlossingswerk, omdat die mens alleen

deur liefde homself verlos want liefde moet beoefen word om julle eie siel

te verlos. Die liefde sal altyd kontak met Jesus Christus die Goddelike

Verlosser soek, wat slegs nou ware verlossing kan bring aan die persoon

wat in Hom glo.

Die mens moet Jesus Christus vind want verlossing sonder Hom is

onmoontlik. En so verrig elke persoon verlossingwerk as hy sy medemens

na Jesus Christus lei. Dit is wingerdwerk, die saai van die saad wat die

Goddelike onderrig van liefde in die mense se harte is. Dit is ‘n bewuste

inspanning wat deur ‘n persoon tot voordeel van die siel van sy medemens

gedoen word.

Elkeen wat Jesus Christus self gevind het, wat verlossing van sonde en

dood deur Hom gevind het, sal dan nie moeg word om Hom te verkondig

aan sy medemens nie en hom help om verlos te word. Elkeen wat Jesus

Christus gevind het sal nie rus tot sy medemens Hom ook gevind het nie en

so sal hy aanhou praat oor liefde en sy medemens inspireer om ook die

weg van liefde te neem wat Jesus Christus as doel het. Hy sal nie rus tot

die andere persoon ook verlossing van sonde en dood gevind het nie.

Solank die mens homself nog op ‘n afstand hou van die Goddelike Verlosser

Jesus Christus het sy liefde nog nie kragtig in Hom geword nie, want hierdie

269

liefde ken en erken die Goddelike Verlosser en kan nie help om Hom te

verkondig nie. En hy wat Jesus Christus gevind het kan nie help om Sy

Evangelie van liefde te verkondig aan elkeen met wie hy in verbinding kom

nie. Hy sal voortdurend aktief namens Hom wees en sal daardeur baie siele

na My lei, want hy maak My Woord toeganklik vir hulle, wat die taak van

elkeen is wat My Woord self ontvang, wat dit begeer en met wie Ek daarom

spreek ongeag of hy direk of deur lees of hoor My Woord ontvang. Want dit

is altyd Ek Self wat met julle mense praat as julle verlang om My Woord te

hoor. Dit is waarom die verkondiging van My Evangelie uiters noodsaaklik is

en elkeen sal geseën word wat hierdie opdrag aanvaar om te help om sy

medemens se siel te verlos, deur die kennis toeganklik te maak vir hom

van hoe en waarom hy verlos moet word as hy eendag gelukkige wil wees.

Elkeen wat in liefde leef het Jesus Christus gevind en die lig van begrip

skyn in hom maar elkeen wat nog nie verlos is nie moet onderrig word, die

beeld van die Goddelike Verlosser Jesus Christus moet aan Hom gebring

word en hy moet daaraan herinner word om na Hom te keer en Hom te vra

dat hy ook verlossing deur Hom en Sy werk van Verlossing mag vind. En

daarom word elke persoon wat My Evangelie oor die hele wêreld versprei

geseën, want hy lei lank verlore siele tot My wat redding deur Jesus

Christus self sal vind, wat hom ook met Sy bloed verlos het. Amen

Hoe lank die terugkeer na God duur

7529 23 Februarie 1960

En selfs as die werk van terugkeer vir ewighede duur, één dag sal Ek My

doel bereik dat alles wat Ek eens geskep het en wat van My afgeval het

weer vrywillig na My sal terugkeer en daardeur sal die lewende wesens

‘kinders' word, soos My plan van ewigheid gewees het. Die duur van die

proses van terugkeer hang tenvolle van die geestelike wesens af wat

tydens sy laaste toets as mens op aarde lewe en sy wil moet bewys. En

omdat die vrye wil so dikwels faal omdat dit die finale toets nie kan slaag

nie, is één periode van Verlossing nie genoeg nie en telkens weer word

nuwe ontwikkelingperiodes vereis. En daarom kan mens van ewighede

praat tot die proses één dag verwesenlik is.

Maar tog is die ontwikkelingsproses ‘n tyd van teëspoed en kwelling. En vir

hierdie rede alleen poog Ek om hulle vir julle te verkort en My voortdurende

sorg is om julle so te beïnvloed dat julle by voorkeur julle doel tydens één

so’n ontwikkelingpriode, tydens een verlossingsperiode sal bereik dat julle,

julle aard sal verbeter en opreg na eenwording met My sal streef, omdat

julle dan ook nader aan julle volmaaktheid en ook nader aan julle doel sal

wees. Vir My is ‘n duisend jaar soos ‘n dag. Ek persoonlike let nie op hoe

lank julle neem om na My terug te keer nie, maar julle is diegene wat as

julle bomatig julle tyd van terugkeer verleng sal ly en so ook onmeetlike

pyn en teëspoed moet verdra. En omdat Ek lief is vir julle het Ek medelye

270

met julle en slegs om hierdie rede probeer Ek om julle spoediger oor te

wen, want slegs Ek weet hoeveel tyd agter julle en later ook voor julle lê,

as julle in die aardse lewe faal. Ek ken julle ontwikkelingsproses en sal van

niks beter hou as dat dit vir julle moet eindig wanneer julle, julle laaste

vorm as mens op hierdie aarde verlaat nie. Ek wil julle nie nog langer laat

ly nie; Ek sal daarvan hou om julle almal geluksalig in My koninkryk te

maak. Maar Ek kan dit slegs doen as julle, julleself sodanig gevorm het dat

julle nader aan julle oer staat is. As hierdie transformasie nie tydens julle

aardse lewe plaasgevind het nie kan Ek julle nie ‘n herhaalde proses deur

die skeppings spaar nie en dan sal dit weer ewighede neem tot julle, julle

wils besluit as mens op hierdie aarde weer moet neem. Want slegs vrye wil

kan julle nader aan julle doel bring, selfs as My liefde vir julle oneindig is

kan Ek nietemin nie julle wil ignoreer en julle voorsien van ‘n lot wat julle

nie verdien nie as gevolg van julle wil, wat nog teen My gekant is en

daarom kan julle ook nie volmaak genoem word nie. En julle lot

beantwoord aan julle volmaaktheid. Of, slegs julle wil bepaal die lot van

julle siele, die eens gevalle oer gees wat op sy eie na die Bron moet

terugkeer, na My, wat God en Skepper van julle almal is, maar ook julle

Vader. Één dag sal Ek My doel bereik, één dag sal julle weer na My

terugkeer.

Maar hoeveel tyd dit sal verg word bepaal deur julleself in die staat as

mens. Daarom word julle belas deur ‘n enorme verantwoordelikheid tydens

die tyd van julle aardse lewe en julle moet dit altyd onthou en doen wat Ek

van julle deur My Woord vra. Want in My Woord kom Ek self naby aan julle

in julle aardse lewe en leer julle My wil. As julle dit naleef sal julle ook

nader aan julle volmaaktheid wees en julle sal nog julle bepaalde doel

bereik voor julle aardse lewe eindig. En dan sal die vreeslike kwellinge en

teëspoed oor wees vir julle en julle sal in My koninkryk ingaan, wat ‘n

koninkryk van lig en geluksaligheid is en wat julle as julle ware huis sal

sien. En Ek wil slegs alle mense uitnooi: Neem sorg dat julle, julle doel

tydens hierdie aardse lewe bereik, gebruik julle wil reg en dan sal julle

ooreenkomstig My wil lewe, dan sal julle ook julle aard verander en weer

word wat julle in die begin was, wesens wat toegelaat word en geniet om in

lig, krag en vryheid nader aan die Vader se hart te wees en oneindig

gelukkig is. Amen

Bewuste werk aan die siel

7530 24 Februarie 1960

Niemand moet daar op reken dat hom nog ‘n lang tyd oorbly om aan sy siel

te werk nie, want niemand weet wanneer sy laaste uur kom nie. Die mens

moet so lewe asof elke dag die laaste is wat hom beskore is. Hy moet

ywerig besig wees vir die heil van sy siel. Hy moet geen dag verlore laat

gaan waarin hy nie ‘n werk van liefde verrig het nie. Hy moet sy naaste

271

met raad en daad bystaan, hy moet aan sy God en Skepper dink en

teenoor Hom die verhouding van 'n kind tot sy vader tot stand bring. Elke

dag moet hy bid tot sy Vader en hom aan HOM en sy genade oorgee. Hy

moet hom aan HOM toevertrou en HOM om Sy beskerming en Sy leiding

vra, hy moet hom in gedagte verbind met die ligwêreld, hy moet steeds

alleen die goeie wil en hy sal dan ook alleen dit doen wat in die Wil van God

besluit is.

Die mens kan baie daartoe bydrae dat sy siel op aarde vinnig volwasse

word, wanneer hy bewus arbeid aan sy siel verrig, d.w.s. hom altyd voor oë

hou waarom hy op die aarde is en dan steeds so leef soos dit beantwoord

aan God's Wil, wanneer hy die gebooie van die liefde tot God en die naaste

vervul. En hy kan dit elke dag realiseer wanneer hy dit doen wat nodig is

om vooruit te gaan in sy ontwikkeling, dus sy lewe op aarde in

ooreenstemming daarmee te lei.

Maar hy moet die arbeid nie uitstel omdat hy nie weet hoe lank hy nog op

aarde leef nie. Dit is hom nie gegee om hiervan op hoogte te wees nie en

so is dit goed, omdat hy anders nie vry sou wees in sy wil nie. Maar hy raak

ook maklik in gevaar as hy ligtelik die arbeid aan sy siel uitstel en daarop

reken dat daar nog tyd genoeg is om ernstig aan sy siel te dink.

Niemand weet wanneer sy uur kom nie en dit kan julle plotseling verras en

dan sal julle dit bitter berou wanneer julle in die ryk hierna insien wat julle

op aarde versuim het. En vele mense gaan totaal onvoorbereid die ryk

hierna in, hulle kan geen enkele geestelike vooruitgang wys nie, hulle het

alles versuim wat hul vooruitgang sou opgelewer het, hulle het op aarde

alleen vir hul liggaam geleef, maar nooit aan die siel gedink nie, wat alleen

voortleef na die dood van die aardse liggaam. Daarom moet hulle ook die

gevolge dra, deur te smag in kwelling en duisternis, of in totale

verlatenheid deur eindelose ruimte te dwaal, arm en ellendig en in groot

nood.

Julle leef nog op aarde en kan julle siele die verskriklike lot bespaar, maar

julle moet die lewe benut en elke dag en elk uur arbeid aan julle siele

verrig, wat vir julle al kan bestaan in geestelike gerigte gedagtes omdat

dan ook ligwesens julle bystaan en julle steeds weer in geestelike gebied

probeer in trek, wat hul ook geluk as julle van goeie wil is.

Dink dikwels aan die uur van die dood en steeds meer sal julle ook die

verskriking van die dood oorwin, want hoe meer julle werk aan julle siele

des te geringer sal die angs in julle word vir die uur van die dood, want dan

is julle daar op voorbereid, julle leef bewus en gaan ook bewus en sonder

skrik die einde tegemoet wat julle steeds weer aangekondig word. Maar

wee diegene wat onverantwoordelik van die een dag na die ander lewe,

wee hulle wanneer die dag hom verras wat aan hul lewe ‘n einde maak,

wee diegene wat nooit aan hul siel gedink en alleen maar vir hul liggaam

gesorg het. Of hulle voor die tyd sterwe of die dag van die einde meemaak,

272

hul einde sal vreeslik wees, want die siel sal sy lot moet dra wat die mens

self hom op aarde berei het. Amen

Verkondig die Goddelike Woord

7531 25 Februarie 1960

Julle moet My suiwer evangelie verkondig. Daar is groot geestelike

ontbering onder mense wat nie meer My suiwer Woord hoor nie omdat

hulle nie glo nie, omdat hulle geloof nie lewende is nie of dit sou hulle in

staat stel om My Woord te begryp waar dit hulle aangebied word. Want as

hulle dit met ‘n lewende geloof versoek dan sal hulle ook waarlik die Woord

ontvang op so’n manier dat hulle dit kan begryp en krag daaruit trek. Maar

die mense het nie so’n lewende geloof nie, net soos die boodskappers nie

die krag van Gees het wat hulle sou toelaat om My Woord direk van My te

ontvang nie, of selfs My toe te laat om Self deur hulle met die mense te

praat nie. Want slegs die Woord wat deur My oorgedra word het die krag

om die hart van ‘n persoon te deurdring en effektief te word. En so moet

julle ooral meld dat My Woord direk aan julle van bo gestuur word en dat

julle waarlik die seën van die Evangelie kan ontvang as julle dit met dank

aanvaar en nie slegs hoorders maar ware doeners van My Woord is.

Julle moet My Woord verkondig waar die geleentheid hom voordoen, want

mense moet op hoogte van My Evangelie wees, hulle moet op hoogte wees

van My Goddelik onderrig van liefde, hulle moet My wil ken op aarde en so

lewe dat hulle My gebooie van liefde vervul en altyd My Evangelie gebruik

as leidende beginsel vir hul manier van lewe. want slegs dan kan ‘n

verandering van karakter in die mens voorkom, slegs dan kan hy homself

vorm tot liefde en die doel van sy aardse bestaan vervul. Daarom stuur Ek

telkens weer My Woord van bo na julle mense, daarom gebruik Ek elke

geleentheid om My aan ‘n mens te openbaar om toegang tot alle mense

deur hom te kry om elkeen in te lig oor My wil en My gebooie.

En wat julle mense ook al kan doen om My Woord te versprei, om dit in die

wêreld uit te dra, moet deur julle en julle medemens gedoen word, die

aandag moet gevestig word op die buitengewone guns wat aan die mense

gegee word wat My Woord ontvang. Julle moet hulle op hoogte bring van

die lewende God met Wie julle moet assosieer, wat in julle harte aanvaar

wil word en Wie julleself moet benader as julle met Hom wil verenig. Julle

moet hulle meedeel dat Ek hulle ewige Vader is en ook deur hulle as hul

Vader erken wil word. Julle moet hulle aanmoedig om ‘n lewende geloof te

verwerf en so die gebooie van liefde af kondig, waarvan die vervulling in

hulle ‘n lewende geloof en hul gees sal wek, sodat hulle dan na My uit hul

eie wil sal streef en die vereniging met My sal vestig omdat hul aard

verander is in liefde en liefde na liefde streef. Want dit is die Ewige Liefde

wat Hom aan julle mense openbaar, dit is die Ewige Liefde wat verlang na

Sy kinders, dit is die Ewige Vader wat neer buig na julle om julle oor Sy wil

273

in te lig. En die boodskappers van My Evangelie sal geseën word; hulle sal

My guns en My beskerming ervaar solank hulle op aarde en ook één dag in

die geesteryk lewe, want hulle was getroue dienare vir My gewees wat hul

beloning sal ontvang. Amen

‘n Nutteloos lewe

7533 27 Februarie 1960

Onbewus van die bedoeling van julle aardse lewe gaan julle, julle lewe op

aarde binne, julle kom eers langsaam tot die besef van julleself. En julle

moet dan eers onderrig word oor die sin en doel van julle bestaan. Maar

meestal betref die onderrig alleen maar julle liggaamlike welsyn en dit kan

dikwels lank duur tot julle, julleself bewus word van ‘n geestelik lewe, tot

julle dink aan julle siele en wat hy nodig het. Word julle nou onderrig op die

ware wyse, d.w.s. word julle blik gerig op julle geestelike ontwikkeling, dan

kan julle siele hom daarop instel en met sy verlanges sukses hê, daar kan

‘n geestelik lewe gelei word naas die suiwer liggaamlike, wat die siel

geestelike voordeel bring.

Die mens wat alleen ag slaan op sy aardse lewe, wat alleen in die behoeftes

van die liggaam voorsien, maar geen aandag aan sy siel skenk nie sal egter

weinig geestelike sukses behaal. Eers as hy hom bewus word van die sin en

die doel van die aardse lewe sal hy nie gerig wees op die welsyn van die

liggaam nie, eers dan kan van die begin van ‘n geestelik lewe gepraat

word. Maar tot die tyd is die lewe enkel nutteloos, tevergeefs geleef vir die

siel, vir die geestelike ontwikkeling van die mens.

Maar alle mense het die geleentheid om opheldering te ontvang oor die sin

en die doel van hulle bestaan. Jammer genoeg vind hierdie opheldering nie

altyd geloof by hulle nie en dit is van groot nadeel vir die siel. En dit kan

dikwels lank duur voordat die mens die waardeloosheid begin in sien van

die strewe na wêreldse sake en dan ‘n ander en wel geestelik doel nastreef.

Dit moet hom egter vrystaan waar sy gedagtes en sy wil hom heen wend,

maar onderrigting sal hom steeds toegestuur word en dit lê nou by hom of

hy deur hierdie leringe tot insig kom, of hy die kennis wat hom gestuur

word tot sy voordeel gebruik.

Hy moet die insig vrywillig eie maak, hy moet slegs eenvoudig wil dat hy

aan die ware lewensdoel voldoen. Dan sal hy hom ook vanself tot die Mag

om bystand wend wat hy as bo hom staande insien en dan sal hy ook

gehelp word dat hy tot die ware insig kom en sy lewe op aarde nou bewus

leef. Want die verstand is die mens gegee sodat hy kan nadink en in

gedagtes die vir en teen van alles nagaan en belig, dan kan hy kies en van

sy beslissing alleen hang dit af, of hy alleen maar wêrelds leef of ook na die

geestelike streef.

En hoewel dit nou ook nog afhang van sy wil of hy reg dink, tog word hom

steeds weer die moontlikheid gegee om tot ‘n goeie insig te kom. Hy word

274

nie sonder bystand gelaat nie en dit is vir hom steeds moontlik om die ware

weg te vind en te gaan, sodat sy aardse lewe nie nutteloos hoef te wees

nie, maar hom ‘n volledige geestelike ontwikkeling kan oplewer.

Uiteindelik sal egter steeds sy wil beslissend wees, want die is vry en kan

op geen enkele wyse in ‘n bepaalde rigting gedwing word nie. Maar alles

word van die kant van God af gedoen om hierdie wil so te rig dat hy hom

vanself na God keer en dan word hom ook alle bystand verleen, om die

ware doel te bereik. Amen

Kort of lang lewensduur

7538 4 Maart 1960

Die tyd wat julle gegee is vir julle aardse lewe is baie kort in vergelyking

met die eindelose lank tyd van julle voor-ontwikkeling, wat ‘n

onberekenbare lank tyd is. Julle aardse lewe kan ook nog verkort word, as

julle vroegtydig opgeroep word in die ewigheid. Daarom moet julle met alle

ywer op julle siele bedag wees en hom al die moontlike gee wat julle kan.

Julle moet hom voeding gee sodat hy geen gebrek ly nie, al is sy bestaan

op hierdie aarde maar kort.

Julle moet hom steeds ryklik van spys en drank voorsien en nooit op ‘n baie

lang lewe op aarde reken nie, want julle ken die dag nog die uur van julle

liggaamlike einde nie. Julle siele kan egter in ‘n baie kort tyd tot

volwassenheid kom as julle wil goed is en hom help om hom te voltooi.

Geen mens kan sy leeftyd bepaal of is daarvan op hoogte nie en hierdie

onwetendheid moet hom aanspoor tot ywerige arbeid aan sy siel. Hy moet

sy lewe so lei dat hy rustig elke dag as die laaste kan sien, sonder om vir

sy sieleheil te moet vrees.

En in die eindtyd sal baie baie mense hul lewe beëindig, want daar sal nog

‘n groot sifting plaasvind en baie mense sal terwille van hul eie sieleheil

vroegtydig opgeroep word. En wel, omdat hulle op aarde versuim het om

aan hul siele te werk, maar wat tog nie aan die onbarmhartige woede van

Gods teenstander ten offer sal val nie, wat hulle maar steeds dieper in die

afgrond in trek as hom hierdie siele nie vroeër ontruk word nie.

Die mense sonder geestelike strewe dink nie aan ‘n vroeë dood nie. Hulle

lei hul lewe onverantwoordelik sonder dat dit egter sleg genoem kan word.

God het erbarming met hulle en Hy wil hulle help om verder te ontwikkel in

die hiernamaals, waar dit wel baie moeiliker vir hulle sal wees, maar tog nie

onmoontlik nie. Terwyl op aarde hulle miskien heeltemal kan wegsink in die

diepte, as hulle sonder verantwoordelikheids-besef deur die lewe gaan.

Geleendhede waarby julle kan volwasse word tydens die aardse lewe word

julle genoeg gebied, maar as julle dit nie benut nie, maak julle ook nie

goed gebruik van julle lewe as mens nie, wat julle alleen gegee word met

die doel om julle siele te vervolmaak. En dan is dit ook om die selfde of

julle ‘n lang of ‘n kort tyd op aarde is, as julle die genade van die

275

eliggaming as mens nie benut en julle siele tot sy uiteindelike voltooiing

bring nie.

En al bereik julle ‘n hoë leeftyd, julle aardse lewe is tog maar kort in

vegelyking met die tyd van julle voorafgaande ontwikkeling. Desondanks is

ook ‘n kort leeftyd op aarde voldoende om julle doel op die aarde te

verwesenlik. Dus is julle volwassenheid nie afhanklik van die duur van die

lewe op aarde nie, maar alleen van julle wil om julle bestaan volgens sy

bedoeling te benut.

En steeds weer word julle deur die woord van God die ware weg gewys om

die voltooiing van julle siele te bereik. Steeds weer word julle die Godelike

gebooie van die liefde voor oë gehou, waarvan die nalewe die enigste doel

van die menslike bestaan is, want die liefde kan julle altyd beoefen. Julle

siele sal daar voordeel uit trek as julle ‘n lewe in liefde lei. Hou julle egter

hierdie twee gebooie nie dan is julle lewe nutteloos en julle verantwoording

des te groter hoe langer julle aardse lewe duur. Dan kan julle slegs

dankbaar wees as julle lewe verkort word en die moontlikheid nog oorbly

van ‘n verdere ontwikkeling in die ryk hierna, sodat julle nie heeltemal

verlore gaan in die einde van die tyd nie, waar elkeen na sy werk geoordeel

sal word. Amen

God se sorg vir die mens

7540 6 Maart 1960

Soek eers die Ryk van God, want dit is die opdrag van julle aardse lewe;

om met My en My Ryk in kontak te kom, sodat die Ryk julle eens weer kan

opneem wanneer julle die aarde sal verlaat. Dit is ook julle enigste opdrag,

omdat al die ander hulle dan vanself sal reël, wanneer julle die moeite sal

doen om aan hierdie opdrag te voldoen.

Julle is in hierdie materiële wêreld geplaas om die geesteryk in hierdie

aardse wêreld te soek. Maar daar is ook ‘n heerlike belofte aan julle gegee;

dat julle ook in hierdie wêreld staande sal kan bly, as julle hierdie

verpligting gewoonweg vervul, naamlik om eers die Ryk van God te soek.

Daar is aan julle as’t ware ‘n beloning deur My toegesê, net dit moes julle

al aangespoor het om aan My dringende versoek aan julle gehoor te gee.

Want die stryd om te bestaan, die sorg vir julle aardse lewe, word as te

ware deur My belofte vir julle bespaar.

Julle hoef maar net sorg te maak oor die heil van julle siele en die sorg vir

julle liggaamlike welsyn sal deur My oorgeneem word en alles sal vir julle

gereël word, wat julle andersins groot inspanning sou gekos het, as julle dit

alles self moes doen. Ek neem vir julle die sorge op My, wat die aardse

lewe van julle eis, sodra julle My voorwaarde nakom, naamlik om eers na

My Ryk en sy geregtigheid te strewe, dit wil sê, as julle, julleself sonder

beperking aan My oorgee.

276

Dan het julle ingesien dat Ek julle God en Skepper is, julle Vader van die

Ewigheid en julle weet dat daar slegs algehele geregtigheid by My bestaan,

‘n lewe ooreenstemmend met die volwassenheid van julle siele en dat julle

daarom My en My Ryk sou moet soek, wat nou geopen sal word vir julle

wat julleself aan My oorgegee het in volle vertroue op My regverdigheid.

Julle moet slegs ‘n korrekte lewe lei met die oog daarop dat julle My Ryk wil

verwerf. Julle moet strewe na ‘n innige verbintenis met My.

Ek is egter nie in die wêreld te vinde nie, want My Ryk is nie van hierdie

wêreld nie. Daarom moet julle, julle gedagtes hemelwaarts rig, weg van die

wêreld en sy verleidings. Julle moet steeds dink aan My Ryk, julle ware

vaderland, wat julle eens verlaat het en waar julle ook eendag na moet

terugkeer.

Dit sal julle nooit spyt om My raad op te volg en om na My Ryk te strewe

nie, want dan sal julle ook tegelykertyd van al julle aardse sorge verlos

word, omdat Ek dit van julle oorneem en My sorg sal waarlik na julle

uitgaan in al julle nood en begeertes. Ek sal sorg dra vir julle aardse

bestaan, soos ‘n Vader vir sy kinders. Ek sal julle gee wat julle materieel

nodig het en Ek sal julle oorlaai met geestelike goedere in oormaat. Want

sodra julle, julle blik op My en My Ryk sal rig, kom daar ook

barmhartigheidsgawes uit die Ryk na julle toe en die verbintenis met My sal

steeds stewiger word, die aardse lewe sal julle nie meer beswaar nie. Julle

sal dit wat julle nodig het, liggaamlik en geestelik gratis kry, want julle het

nou van die gevaar ontsnap om voor die wêreld en sy verleidings te

beswyk, om heeltemal deur hom ten gronde te gaan. En gevolglik het julle

ook van die vors van die wêreld ontkom, wat sy heerskappy oor julle

verloor het. Want julle het julle heeltemal bewustelik gekeer na My Ryk,

wat julle nou ook ten deel geval het. Soek eers na My Ryk, al die ander sal

vir julle gegee word. Hierdie belofte moet julle aanspoor om die verbinding

met My en My Ryk te soek, want dit is nog die aardse sorge wat julle

dikwels teëhou, wat vir julle swaarder weeg as die sorg vir julle siele. Maar

Ek beloof julle versekerde hulp. Ek neem al julle sorge op My, mits julle My

en My Ryk eers sal soek.

En daarom kan julle heeltemal sorgloos julle aardse lewe lei as julle maar

altyd hierdie belofte vir julleself voor oë sal hou. Maar weinig mense neem

hierdie Woorde ernstig op, wees egter vry van elke wêreldse las, want Ek

neem dit Self op My. En Ek sal elkeen in liefde aanneem wat altyd slegs

poog om My en My Ryk te verwerf. En julle sal ook julle doel bereik. Julle

sal My vind en julleself met My verenig. Julle sal julle aardse lewe nie

vergeefs lewe nie, julle sal opgeneem word in My Ryk en salig wees. Amen

277

Troosryke woorde

7543 9 Maart 1960

Ek wil julle deur alle nood heen lei, as julle, julleself maar net aan My sal

toevertrou, wanneer julle, julleself sal skik volgens My Wil, wanneer julle

My geen teenstand bied deur julle eie wil of verkeerde handeling nie. Ek wil

julle in die hart lê wat julle moet doen of uitlaat en steeds sal julle kan glo

dat dit My Wil is en julle sal sonder enige beswaar altyd so kan handel soos

wat julle van binne af aangespoor word.

Steeds sal daar weer tye kom waarin julle skynbaar die innerlike vrede

kwytraak, maar net so goed sal julle dit weer terugvind; want ook dit hoort

by die geestelik meer volwasse wording van julle siele, dat julle, julleself

tot My wend om hulp, dat julle steeds weer die verbinding sal soek met My,

sodat julle nie onverskillig sal word in die arbeid aan julle siele nie. En dit

moet julle as troos goed onthou, dat Ek van al julle node op hoogte is en

wanneer die tyd daar is, dit ook sal laat ophou. Julle hoef nie moed te

verloor wanneer julle, julleself eenmaal aan My leiding oorgegee het nie;

julle sal seker wees daarvan dat Ek julle korrek lei en vir julle elke weg

deur My uitgestippel is, dat julle dus na My toe sal kan kom en Ek altyd

julle na julle doel sal lei.

Dog die lewe kan nie sonder stryd en lyding by julle verbygaan nie, want

daar sal andersins vir julle geen geestelike vooruitgang te behaal wees nie,

waarvoor julle egter op aarde leef. Maar Ek sal steeds julle toevlug en

beskutting wees. Ek sal steeds daarvoor sorg dat julle nie beswyk onder die

kruis, wat Ek julle oplê tot julle heil nie. Dit sal nie swaarder wees as wat

julle sal kan dra nie en dit sal ook weer van julle weggeneem word wanneer

dit sy doel vervul het: Dat dit julle siele ‘n graad van volwassenheid sal

oplewer wat sy geluksaligheid sal verhoog, wanneer hy eens die liggaam

kan aflê en die geesteryk ingaan.

Die kruis word weer van julle afgeneem, sodra die doel bereik is, want Ek

laat julle nie langer ly as wat nodig is nie en Ek help julle ook om dit te dra,

wanneer dit soms te swaar vir julle voorkom. Julle kan werklik onbesorg

deur julle aardse lewe gaan, dit sal vir julle verdraagsaam wees, julle sal

dit met My hulp bemeester, want julle het My die reg gegee om langs julle

te gaan, toe julle My uitgekies het as julle Leidsman.

En dit moet vir julle steeds ‘n sekerheid wees, dat julle geen verkeerde weë

gaan nie, want dit verhinder Ek, omdat Ek julle liefhet en julle, julleself

deur julle wil na My toegekeer het. En wat julle beswaar; offer dit slegs op

aan My en dit sal julle tot seën strek. Maar laat julle nie terneerdruk deur

klein onenighede waarmee julle steeds gekonfronteer word nie; maar wat

nie van lange duur is nie. Bring maar net steeds weer die innige verbintenis

met My tot stand, wat die sin en doel is van alle aardse nood en julle sal

spoedig ook ‘n verandering ervaar, julle sal weer blymoedig en opgewek

278

deur die lewe gaan; julle sal bevry wees van julle las en My steeds meer

leer liefhê as julle Vader, Wie julle beskerm en lei deur alle nood. Amen

God is ‘n welwillende, barmhartige Regter

7547 13 Maart 1960

Steeds weer word julle gewys op My oneindige Liefde en Barmhartigheid en

daarom moet alle sondaars sonder vrees tot My kom en My om vergewing

van sy van sy sondeskuld vra. Ek het as mens oor die aarde gegaan, Ek het

as mens alle swakhede van My medemens meegemaak. Ek het daar begrip

voor gehad, omdat Ek Self mens was. Ek kyk met oorgrote Liefde neer op

alle mense wat skuldig is en My Barmhartigheid wil hulle help. Maar hulle

moet self tot My kom en hulle aan My toevertrou en daarom moet hulle op

hoogte wees van My Liefde, sodat hulle vertroue in My het, Wie hulle nie

verdoem nie, maar inteendeel hulle wil help om vry te word van hul

sondeskuld. Want die sondaar is nog in die mag van My teenstander, hy is

nog sy prooi en hy sal daarom in sonde bly solank hy My teenstander nog

nie ontvlug het nie.

Hy sal egter ook eers dan vry van hom word as hy sy toevlug tot My neem,

sodat Ek hom help. En hy sal eers sy toevlug tot My neem as hy besef dat

Ek ‘n welwillende, barmhartige Regter is, onder Wie se mag hy hom gewillig

buig.

Daarom moet julle nie praat van ‘n God van toorn, van ‘n onbarmhartige

regter, wat sonder genade dit veroordeel wat sondig geword het nie. My

Liefde en Erbarming ken geen grense nie en al sou julle sonde rooier wees

as bloed, dan wil Ek julle witter was as sneeu, dit sal julle kan glo, want

julle is almal My skepsels, wat uit My Liefde voortgekom het en van wie Ek

sal hou tot in alle ewigheid. Julle moet slegs julle skuld insien, julle sal self

moet beken dat julle skuldig is en met hierdie bekentenis tot My kom. En

julle sal My in Jesus Christus om vergewing moet vra van julle skuld. Want

vir hierdie skuld het Ek aan die kruis gesterf en het dit dus vernietig.

Julle sal steeds moet onthou dat Ek ‘n God van Liefde is en nie ‘n God van

toorn nie. Dat My Geregtigheid julle weliswaar nie kan seën met

geluksaligheid nie, julle moet steeds daarna strewe om self die regverdige

skikking tot stand te bring, wat daarin bestaan dat julle, julle skuld insien

en beken, dat julle My vra om vergewing om nie ten prooi te val aan My

Regverdigheid nie, wat nie uitgeskakel mag word nie, ondanks My oorgrote

Liefde, omdat Geregtigheid tot My volmaakte Wese hoort.

Maar daar Ek Self die skuld uitgewis het aan die kruis, hoef julle alleen

maar te wil dat Ek ook vir julle My Bloed mag vergiet het en julle sal dan

ook ‘n beroep kan doen op die genade van My verlossingswerk. Julle sal op

‘n volledige vergewing van julle sonde kan reken omdat My Liefde dit

uitgewis het. En Ek roep alle sondaars toe: “Kom tot My, onder My kruis en

werp julle sondelas af en julle sal vry daarvan word, omdat My Liefde en

279

armhartigheid julle ‘n geluksalig lot wil berei, omdat Ek wil dat julle na My

terug sal keer, van Wie julle eens uitgegaan het. Amen

Ongeloof aan die einde

7549 15 Maart 1960

Daar is nie meer langer uitstel tot die einde nie. En as julle glo dat die

voorspelde einde in die verre toekoms lê, sal julle verras wees hoe die

voortekens toeneem en wat duidelik sigbaar word in die uur wat julle leef.

Alles sal egter op ‘n natuurlike wyse plaasvind en dit gee julle steeds weer

die hoop dat die einde nog lank op homself sal laat wag. Tog moet julle wil

vry bly tot die laaste dag, want onder dwang kan julle nie julle doel bereik

nie. En die doel bestaan daarin om die verbinding met My te herstel, in

vrye wil die hande na My toe op te hef en My aan te neem, wat julle tot nog

toe nie wil aanvaar nie. Daarom sal die aardse lewe groot eise aan julle stel

en julle sal baie aardse bekommernisse moet verdra, maar julle sal steeds

die geleentheid hê om julle na My toe te wend. Alles sal egter voor die

einde op ‘n heeltemal natuurlike wyse afspeel, wat die ontwaakte egter as

laaste teken sal sien.

Wanneer Ek steeds weer vir julle aankondig dat julle kort voor die einde

staan en julle slegs weinig tyd toegestaan is op die aarde, dan moet julle

die aankondigings ernstig neem en dit nie in die toekoms plaas soos wat

die mense dit doen nie. Julle moet die woorde so verstaan soos dit vir julle

gegee word, dit wil sê "woordeliks neem" dan sal julle goed doen. Want die

tyd het gekom waarin die ou aarde gereinig gaan word en ‘n nuwe aarde

sal ontstaan.

Maar al spreek Ek julle dringend aan en julle dit nie wil glo nie en Ek kan

julle geen ander bewys gee vir die waarheid van My woord as dat julle baie

spoedig verras gaan word deur ‘n natuur katastrofe en wat dan sekerlik op

die einde kan reken. Weet julle egter of julle die eersgenoemde gaan

oorleef, of selfs aan die natuurkatastrofe ten offer sal val?

Reken die natuurgebeure daarom net soos ‘n einde, want baie mense sal

hulle einde daarby vind en hulle lewe sal nie meer lank duur nie. Wees

daarom nie te lighartig nie en berei julle voor, ook wanneer die aardse lewe

om julle heen skynbaar so ontwikkel dat dit alleen maar kan dui op ‘n

opbou en opbloei.

Slegs een enkele dag en alles sal vergaan en die aarde sal aan die

vernietiging deur die natuurkragte ten prooi val. Die oorlewendes sal dan

verskriklike beelde te sien kry, omdat dit My wil is dat hulle nog tot

besinning moet kom en die laaste barmhartigheidstyd wat tot aan die einde

sal bly, kan benut.

Alles word vervul volgens die woord wat Ek julle mense laat verkondig het

deur sieners en profete en julle sal die waarheid van My woord spoedig

ondervind. Salig is hy wat My woord aanneem en die weg vind tot My, want

280

hy sal steeds ‘n uitweg in groot nood vind. Hy sal My hulp sigbaar ervaar

wat Ek aan almal wat na My roep, beloof het.

Want daarom spreek Ek tot julle sodat julle vroeg reeds om krag kan bid en

dan ook in die grootste nood, as julle enkel en alleen op My hulp aangewys

is. Julle sal die hulp ook verkry, want Ek vergeet nie MYNE nie. Maar sorg

dat julle tot MYNE gereken word, roep My aan in julle nood en Ek sal julle

verhoor. Amen

Stry teen eieliefde

7557 23 Maart 1960

Daar word baie van julle verlang wanneer julle nog geheel deur die selfsug

beheer word, want dan beteken dit vir julle ‘n stryd om die egoïsme te

oorwin en dit te verander in onbaatsugtige naasteliefde. Maar julle sal wel

daaraan moet dink dat solank julle maar net vir julle liggaam sorg, julle jul

selfsug bevredig en dat julle vir julleself nie die minste geestelike skatte

versamel wat eens julle rykdom sal uitmaak in die ryk hierna nie.

Julle sal daaraan moet dink dat julle verblyf op hierdie aarde nie vir ewig is

nie, maar dat julle ‘n doel het om te vervul: Om julle wese te verander tot

liefde; want julle betree die aarde as mens met slegs ‘n geringe graad

suiwer onbaatsugtige liefde wat julle nou moet vergroot, Deur eers die

liefde in julle te laat ontbrand. Maar die egoïsme beheer julle en dit sal julle

moet onderdruk, wat altyd ‘n stryd beteken teen alle begeertes wat die

vervulling van liggaamlike welbehae verlang. Julle aandag moet op die

medemens gerig word en die strewe van die mens moet wees om vir hom

werke van liefde te verrig wanneer hy homself, dit wil sê sy wese, wil

verander tot liefde. Terwille van die naaste moet hy leer om afstand te

doen, terwille van die naaste moet hy bereid wees om offers te bring, daar

moet van binne af ‘n drang in hom wees om aan sy medemens goed te

doen en sy selfsug sal steeds kleiner word, hoe sterker die wil van die mens

is.

En daarom lui die gesegde: "Die hemelryk ly deur geweld en alleen hy wat

geweld gebruik, trek dit na hom toe". Wie se eieliefde nog baie sterk is, sal

baie krag moet gebruik om hom te verklein, aan hom word die

bekoorlikhede van die wêreld voortdurend voor oë gehou, want die

teenstander van God sal hom in versoeking bring waar en wanneer hy

maar kan en dit sal moeilik wees om al die versoekings te weerstaan, hy

sal geweld moet gebruik, maar hy sal slaag, sodra sy wil daarna streef, dat

hy sy doel op aarde sal vervul om sy wese te verander. Daar sal vir hom

krag gestuur word, omdat hy wil dat hy sy doel sal bereik. En omdat hy die

doel nastreef, word hy steeds weer op die gebooie van die liefde tot God en

die naaste gewys en as hy van goeie wil is, sal hy eerstens net die

vervulling van sy plig in ag neem, hy sal trag om die gebooie van God te

vervul, totdat hy dan van binne af aangespoor sal word om in die liefde

281

werksaam te wees; en die stryd teen die eieliefde sal steeds minder word,

want hy sal oorwinnaar word van homself, wanneer hy van goeie wil is.

Die meeste mense word deur egoïsme beheer, hulle dink maar net aan

hulself, die liefde het in hulle afgekoel en daarom kan hulle nie oorwinnaars

word nie; hulle sal steeds net aardse voordele soek en nie dink aan hulle

lewe na die dood nie. En hulle lot sal bitter wees, want hulle gaan arm en

ellendig die ryk hierna in, waarin ‘n vooruitgang ook swaar sal wees, omdat

hulle dan ook nie hulle selfsug wil opgee nie, omdat hulle ook dan slegs aan

hulle eie lot dink en die lot van ander siele hulle nie raak nie. Vir hierdie

siele is dit besonder moeilik om hulle eieliefde af te lê en hulle sal ‘n lang

tyd in nood en kwelling moet bly, voordat hulle hulself verander en hulle oë

na die siele in dieselfde noodtoestand wend.

Daarom kan diegene op aarde geseënd genoem word wat sy eieliefde sal

opgee nog voordat hy die aardse lewe moet afgee. Want sodra die siel

eenmaal die korrekte liefde leer ken het, is hy ook veel makliker in staat

om hom te bevry van dit wat hy andersins nie uit eiebelang wil weggee nie.

En dan is die gevaar ook nie meer so groot wanneer hy die ryk hierna

ingaan nie. Hy sal dan ook liefde kan voel vir die naaste en makliker

opwaarts klim, hy sal ook eenmaal die geluksaligheid bereik, omdat die

liefde in hom groter sal word, hoe meer hy self liefde beoefen. En daartoe

sal hy baie geleentheid hê, want God help elke siel, sodat hy hom uit die

duisternis kan bevry en die lig bereik. Amen

Vir die wêreldlinge

7560 27 Maart 1960

Julle sal geen bedrieglike hoop mag koester deurdat julle glo om nog baie

tyd te hê om julle geestelik te voltooi nie. Julle sal nie ‘n dag langer moet

draal om ‘n begin te maak met die werk aan julle siele nie, as julle nie

alreeds oor die regte weg gaan en streef na die geestelike nie. Julle sou

steeds maar moet probeer om julle voor te stel dat julle skielik weggeroep

kan word en julle dan afvra of julle, julleself wel staande sou kan hou voor

My Oë. En julle sou julleself alleen maar die vraag moet voorlê, hoe julle

teenoor Jesus staan. Julle almal wat Hom nog nie gevind het nie, is in groot

gevaar dat julle siele verlore gaan, dat hy die ryk hierna in nood en

duisternis betree, omdat hy nog nie verlos is nie.

Julle almal wat nog geen aanhangers of belyers van Jesus is nie, word in

die besonder deur My aangespreek, dat julle nog maar min tyd het en

hierdie tyd sal moet benut, deur verbinding te soek met Jesus, die

goddelike Verlosser, sodat julle ook verbinding kan vind met My, wat in

Hom die werk van verlossing volbring het. Julle staan nog midde in die

wêreld en die wêreld sal maar selde geestelike gedagtes in julle laat

opkom. Maar Ek wend My tot julle dat julle, julleself ernstig besin, dat julle,

282

julleself ‘n baie vinnig naderende einde sal voorstel en dat julle aan julle

siele dink, wat in groot nood is.

Julle wêreldlinge het maar min geloof en tog sal julle eendag daaroor moet

nadink dat julle nie vergaan nie, al sterf julle liggaam. En julle sal dan moet

probeer om julle lot vir julle voor te stel wat nie anders kan wees as wat

julle lewenswandel was nie. En wanneer julle nie aan ‘n voortlewe van die

siel glo nie, wens dan ernstig vir julleself dat julle maar eenmaal korrek kan

dink, dat ‘n klein liggie aan julle geskenk word, Vra My daarom, wanneer

julle nog glo in ‘n God en ‘n Skepper van ewigheid. En waarlik, Ek sal vir

julle ‘n lig skenk, want Ek wil nie dat julle verlore gaan nie, maar julle sal

die eerste stap na My toe moet maak, Wie julle nie in julle diepste innerlike

sal kan verloën nie.

Laat die kort tyd wat vir julle nog oorbly, nie onbenut verbygaan nie, vra

julle af of julle die korrekte weg gaan en doen julle bes om die Wil van Hom

te vervul Wie julle die lewe gegee het. Soek die verbintenis met My in Jesus

en julle het alles gedoen om julle siele te red. En poog daarom om aan julle

kennis te verskaf oor Jesus, die goddelike Verlosser, hou julle ore nie dig,

wanneer dit na julle toe gestuur word nie. Glo, wanneer ‘n baie nabye einde

aan julle verkondig word, luister na die verkondigers en dink oor hulle

woorde na, want Ek Self spreek julle aan deur hulle, omdat Ek julle graag

sou wil red voor die einde. En dink ook oor die verganklikheid van die

wêreld en alle aardse goedere. En sulke goeie gedagtes wil Ek seën, Ek sal

julle wil sterker maak en julle help, dat julle die regte weg vind en julle

bevry van alles wat julle nog gevange hou.

Ek wil julle help wanneer julle aan julle siele dink en hom wil behoed vir die

lot wat hy tegemoet sal gaan, as julle, julleself nie gaan verander nie. Glo

tog dat daar vir julle nie veel tyd meer oorbly nie en gebruik hierdie tyd

ywerig vir die heil van julle siele. Amen

Totale geestelike ommekeer

7562 29 Maart 1960

‘n Geestelike ommekeer ten goede sal nie meer op hierdie aarde plaasvind

nie en die mense wat hierdie hoop koester, dink verkeerd en daarom sal

hulle verras wees wanneer die verloop van die wêreldgebeure hulle daarvan

sal oortuig dat daar nêrens ‘n geestelike verandering herkenbaar is nie, dat

die mense steeds dieper sal wegsink in die duisternis, hoe verder die tyd

verloop. Die mense self verander hulself nie meer tot so ‘n mate, dat Ek

van ‘n ontbinding van die skepping sou kan afstand doen nie. Hulle val

steeds meer ten prooi aan My teenstander, hulle vervul sy wense en word

daarom steeds meer volwasse vir die ondergang, wat die einde van hierdie

aarde vir die mensdom beteken. Daar is egter nog maar min wat die erns

van die tyd insien, wat hulle bes doen om hulle lewenswandel te lei volgens

My Wil, wie in My glo en daarom barmhartigheid vind in My Oë. En hulle glo

283

ook aan ‘n einde, omdat hulle die lae geestelike vlak van die mense op

voetsoolvlak kan volg en insien dat die aarde ryp is vir die ondergang.

Maar hierdie weiniges kan My egter nie daartoe bring om van die laaste

vernietigingswerk af te sien nie, want Ek moet ook aan die nog gekluisterde

geestelikes dink, wat hulle ontwikkelingsgang moet voortsit in nuwe

skeppings. Ek moet aan die mense dink wat faal, dat hulle weer opgeneem

kan word in die positiewe ontwikkelingsproses, dat hulle aan die mag van

My teenstander ontruk word. Hierdie mense sal onherroeplik steeds verder

in die diepte stort as Ek die aarde verder sou laat bestaan en kan Ek

tewens geen einde maak aan die aktiwiteite van My teenstander nie.

Hierdie periode van die aarde moet ten einde loop en ‘n nuwe moet weer

begin, omdat die goddelike ordening andersins nooit tot stand gebring sou

word nie, soos dit tog My heilsplan is van ewigheid af. Eens sal elke

verlossingsperiode ten einde loop en vir dit het die tyd nou gekom, waarin

die ordening weer tot stand gebring moet word, sodat die

ontwikkelingsgang van die geestelike verder kan gaan.

Vir elke mens wat nie streef na die geestelike nie, is dit onbegryplik, maar

elkeen wie se gees gewek is en met oop oë om hom heenkyk, moet dit

begryp. Die ongeloof en die liefdeloosheid kry die oorhand; die mense hou

geen rekening meer met ‘n voortbestaan na die dood nie, hulle glo nie in

Jesus en Sy verlossingswerk nie, hulle lewe ‘n suiwer wêreldse lewe en dink

nie aan die rede en die doel van hulle bestaan nie. En maar selde is ‘n

mens nog te wen vir My en My Ryk. En derhalwe het daar ‘n geestelike lae

vlak ingetree, wat nie anders meer op te hef is nie, as deur ‘n volledige

nuwe ordening, ‘n "oordeel" en die bring van die geestelike in die vorm wat

in ooreenstemming is met die toestand van sy volwassenheid. En die

omvormingswerk aan die ou aarde moet dit tot stand bring, sodat alle

vorms vernietig word en dat die daarin gekluisterde geestelikes in ander

vorms ingelyf sal word, sodat die positiewe ontwikkeling kan voortgaan. En

hiervoor word ‘n totale ommekeer vereis, geestelik en aards, dit verlang die

einde van die ou aarde en die ontstaan van ‘n nuwe, dit vereis ‘n tot stand

bring van die ordening van ewigheid, wat steeds weer van My kant af

deurgevoer sal word, wanneer die tyd uitgeloop is, wanneer ‘n

verlossingsperiode sy einde bereik het, volgens die beskikking van

ewigheid. Amen

Naaste liefde

7563 30 Maart 1960

Julle sal altyd bevoordeel word as julle vir julle naaste sorg wat behoefte

het, want julle sal altyd My wil vervul wat My gebooie van liefde vir God en

julle naaste is. Maar julle moet liefde beoefen teenoor julle naaste uit julle

eie vrye wil, julle moet innerlik daartoe aangespoor voel, slegs dan sal julle

die vonk van liefde in julle ontsteek en slegs dan sal julle siele volwasse

284

word. Alle gedagtes, woorde en werke moet op liefde gebaseer wees as dit

‘n geestelike effek op julle moet hê, of julle sal slegs altyd aardse pligte

doen sonder die minste voordeel vir julle siele.

Dit is altyd slegs ‘n saak van liefde, van die innerlike drang om goed te

doen, om te help waar nodig, om gelukkig te maak en vreugde te bring

waar die geleentheid hom voordoen. Dit is ‘n saak van die innerlike aard

van die persoon wat volledig geabsorbeer is in sy liefde vir My en die

volgende persoon, wat alle eieliefde oorkom het en tenvolle deur liefde

deurdring is, sodat EK Self aanwesig kan wees in Hom en so in Hom deur

My gees werk. Dan kan die mens nie anders as goed wees nie en sal altyd

in eenheid met My lewe, dan kan die aardse wêreld Hom nie meer verlei

nie, want in gedagte sal hy altyd in die geestelike wêreld wees aangesien

die gees in Hom elke gedagte en bedoeling bepaal.

Maar solank die gedagtes van ‘n persoon deur die wêreld gevange gehou

word sal dit nie vir hom moontlik wees om die liefde in hom te ontwikkel

nie, want dan sal die wêreld nog ‘n beroep doen op sy eieliefde en dit sal

eers tevredegestel wil word, wat altyd ten koste van die volgende persoon

sal wees. In die geval moet hy merkbaar gekonfronteer word deur sy

medemens se lyding; hy moet baie ellende sien om homself te motifeer om

die vonk van liefde in hom aan te steek sodat hy die voordeel van ‘n goeie

daad kan voel. Daarom moet daar nog baie beproewing in die wêreld

ervaar word, omdat die liefde onder die mense koud geword het, omdat My

boodskappers van liefde omtrent nooit waardeer word nie en daarom is die

geestelike ontbering, wat slegs deur liefde verhelp kan word ook groot.

Die gebrek van liefde by die mense veroorsaak geestelike ontbering wat

altyd aardse ontbering ook meebring, daarom sal die laasgenoemde in die

laaste dae bly meer word om die mense se harte te raak en in hulle milde

naaste liefde te wek. Slegs ‘n paar mense sal die geestelike teëspoed

ontsnap, want die eieliefde sal die oorhand kry en dit beteken ook dat

wêreldse liefde steeds meer wydversprei sal word, dat die mense aan

materie verslaaf sal word en in hul najaag daarvan hulle latere lot berei,

dat hulle opnuut materie sal word wat hulle reeds in die verlede oorwin het.

En daar is slegs één uitweg uit hierdie verbanning en die uitweg is en bly

liefde. Selfs nie eers My liefde kan julle vrymaak van die gebod om liefdes

werke te doen nie, want liefde is die eerste wet en sonder liefde kan

niemand geseënd wees nie. Amen

Die "Ek-Bewussyn" van die oergees

7569 5 April 1960

Elke oergees kry sy ek-bewussyn weer terug wanneer hy as mens oor die

aarde gaan en homself as mens sien. Want dan is alle sieledeeltjies weer in

hom versamel wat eertyds opgelos was, met die bedoeling om op die weg

deur die skepping terug te keer. En dan is die wese ook in staat om die

285

graad van volwassenheid te verwerf wat hy aanvanklik as geskape oergees

besit het, wat hy weggegee het en wat nou weer verkry moet word, om die

ligryk binne te kan gaan as volmaakte gees.

Dus is elke mens ‘n geïnkarneerde oergees. ‘n Eertydse gevalle wese en ‘n

skeppings produk van My eindelose liefde wat homself uit vrye wil van My

verwyder het en nou uit vrye wil weer tot My moet terugkeer. Die mens

besit egter nie die kennis oor wat hy was, wat hy is en weer moet word nie

en ‘n sekere geestelike volwassenheid is nodig voordat hierdie kennis sy eie

kan word en hy dit ook kan begryp.

Hy sien homself wel as mens, maar nie wesenlik as ‘n gees wat sy

bestemming moet vervul nie. En omdat hy homself slegs as mens sien wat

homself in die aardse wêreld beweeg, is sy gedagtes ook meer wêrelds

gerig. Maar dit is steeds ‘n hindernis vir die geestelike insig wat hy eers dan

sal hê wanneer hy homself van die wêreld af, na die geesteryk gewend het.

Eers dan sal dit moontlik wees om hom die kennis oor sy eintlike

bestemming te gee en dan kan hy dit in vrye wil aanneem en homself

daarop instel, wat sy geestelike volwasse wording waarlik sal bevorder. En

as hy die kennis eenmaal aanvaar het, dan sal hy homself ook verheug in

die besef en in die sekerheid om aan die oergeeste te behoort, wat Ek as

skepsels buite My geskep het; wat as "kinders" na My toe moet terugkeer

en as mens dus kort voor hulle voleinding staan.

En die wil van die mens hoef maar net goed te wees, dan sal hy hom

vanself na My toe rig. Want dan verlang die mens na sy God en Skepper en

die wil is dan reeds die korrekte beslissing, dit is die deurstaning van die

wilsproef wat aan die oergees as mens op aarde gestel is.

Die bestaan op hierdie aarde is nie van ‘n lange duur nie, dit is egter ruim

voldoende vir die mens om homself heeltemal te vergeestelik, want

daardeur bereik hy ‘n toestand, wat hom die "kindskap" van God kan gee,

dit wil sê, dat die oergees homself weer in die toestand verplaas van

volmaaktheid wat hy self deur sy vrye wil tot die hoogste peil gebring het.

En hy kan nou ook weer in My direkte nabyheid vertoef waar hy van die

regstreekse deurstraling van My verseker is, ofskoon ook alle ander

oergeeste steeds hoër kan styg, sodra hulle die ligryk mag betree.

Waarvoor die voorheen genoemde korrekte wilsbeslissing op aarde egter

weer vereis word.

En oorsalig is elke wese wanneer hy tot die bewussyn kom van wat ‘n

eindelose lang weg die oergees afgelê het om tot die hoogste ligvolheid te

kom, om onmeetlik salig te wees. Hy sal My lof en dank toesing en My prys

tot in alle ewigheid. Hy sal My "kind" wees en bly wat My nooit meer sal

verlaat nie en sy skeppings en werke sal volgens My Wil wees tot sy eie

geluksaligheid. Amen

286

Die ontwikkeling van die siel - (Oergees)

7571 7 April 1960

In elke ontwikkelingsperiode word die geestelike volwasse en ook kan één

periode voldoende wees dat die geestelike wat deur die skeppinge gaan,

soveel verbeter dat hulle hulself as mens kan beliggaam en die laaste

wilsproef met sukses aflê. Maar daar kan ook meer periodes nodig wees vir

die vergeesteliking van die verharde siele substansies, wanneer die

weerstand hiervan so groot is dat die positiewe ontwikkeling stadig

plaasvind en ook die bestaan as mens ‘n gevaar is dat die geestelike weer

terugsink na die diepte. Want die vrye wil, wat in die stadium as mens

beproef moet word is deurslaggewend. Die vrye wil was egter tevore

gebind.

Die verharde geestelike is wel aan die wil van die teenstander van God

ontruk deur die ontwikkelingsgang deur die skeppinge van die aarde, maar

die afsonderlike substansies kon hul nie in vrye wil beweeg nie, hulle was

inteendeel deur die Wil van God oorheers, d.w.s. hulle lê hul

ontwikkelingsgang af in ‘n toestand van onvryheid hulle staan onder die Wil

van God, wat al die wesens in die skeppingswerke hul taak toewys. Deur

die vervulling van die taak onder die wet van "jy moet" klim hulle stadig na

bo, d.w.s. hul weerstand neem af, hulle verrig ‘n dienende taak

ooreenkomstig hul bestemming en kan stadig die toestand bereik waar

hulle hul vrye wil kan terug kry.

En die ontwikkelingsgang vereis ‘n voortdurende wisseling van die uiterlike

vorm, dit is ‘n stadige opwaarts gaan, dit is ‘n aanpassing aan die wette

van die natuur en gevolglik ‘n onderwerping aan die Wil van God, al is hulle

ook onder dwang wat die wese egter verligting besorg en hom eens weer

die vryheid sal gee waarin hy weer kan dink, wil en handel vanuit eie wil.

En die gang deur die skeppingswerke is nie uit te skakel as die geestelike

wese weer terug moet keer na God, van Wie hy hom eindeloos ver

verwyder het deur sy afval van Hom dat hy uit eie krag nooit die afstand

sou kon oorwin en ook nooit deur die teenstander van God vry gelaat sou

word, m.b.t. die terugkeer, wanneer God die wese weer aan hom sou

ontwring, met die doel vir kluistering in die materie in die skeppinge op die

aarde.

Die teenstander van God besit ‘n reg op die gevalle geestelike omdat hulle

hom vrywillig gevolg het die diepte in. Maar God besit dieselfde reg omdat

die wesens uit Sy Krag voortgekom het. Daarom is die ontrukking van hulle

uit die mag van die teenstander van die kant van God geregverdig, maar

daarvoor is die teenstander die reg gegee dat hy weer kan inwerk op die

geestelike wanneer hulle in die stadium as mens oor die aarde gaan. En tot

dien einde moet die geestelike weer ‘n graad van vryheid verkry waarin hy

instaat is om sy wil te gebruik om vry ’n meester te kies.

287

Maar die wesens kan nie deur God plotseling in so'n toestand geplaas word

nie, hulle moet die gang na bo net so trapsgewys aflê soos die wat na die

diepte gelei het, hulle moet die weerstand stadig opgee want dit kan nie by

die wese met geweld gebreek word nie. En hiervoor is ontelbare

omvorminge nodig, deur die ryk van die minerale, die plante - en diereryk

tot by die mens.

By elke wisseling van die uiterlike vorm verminder die weerstand, want die

wese het in die toestand van "jy moet” ‘n diens verrig, wat hom steeds

makkeliker omvorming oplewer. Maar die sonde van die afval van God is so

onmeetlik groot dat die afstand tot Hom daarom ook onmeetlik groot is wat

beteken dat daar ontelbare omvorminge nodig is om die afstand te verklein

om weer in die nabyheid van God te kom, waarvoor nou alleen nog die

laaste vrye wilsbeslissing nodig is, wat ook die laaste omvorming van die

geestelike wese is waarna die wese weer terugkeer na die Vader, van Wie

hy uitgegaan het.

En die hele ontwikkelingsgang in die skeppinge van die aarde is ‘n

ononderbroke stryd. Die wesens probeer die uiterlike vorm oop te breek,

omdat hulle dit as kluistering sien en hulle ondervind ook elke keer die

verbreking van die vorm as ‘n weldaad, afhangende van die graad van

volwassenheid wat bereik is. En daarom is ook die stryd wat julle in die

diereryk kan waarneem, vir julle wreed, terwyl elk dier die wisseling van sy

uiterlike vorm steeds weer as ‘n verligting ervaar. Daarom laat God dit toe,

dat die swakke die sterke ten prooi val, dat die sterke die lewe van die

swakke kan beëindig en daardeur die wese dien m.b.t. ‘n voortgaande

ontwikkeling.

Dus solank die wese val onder die wet van “jy moet” word alles deur die Wil

van God bepaal, ook sy einde en sy nuwe omvorming. Maar sodra die wese

die stadium van mens bereik het en sy vrye wil terug gekry het, tree die

Wil van God terug. En dan word die mens wette gegee, waarna hy hom

moet rig as sy lewe op aarde ‘n sukses wil wees. Hy is eers gebind aan die

wette van die natuur en vir die tweede keer word hom die Wil van God

voorgehou, waaraan hy hom moet onderwerp, as hy die ontwikkeling wil

deurgaan en tot ‘n suksesvolle einde bring, want die doel is om vry te word

van elke uiterlike vorm en as vrye gees in te gaan in die ryk van die lig,

terug te kom in die Vaderhuis, na God, van Wie die wese eens uitgegaan

het. Amen

Die voorloper van Jesus aan die einde

7575 13 April 1960

Uit julle midde sal iemand voortkom wat van My sal getuig, voordat Ek sal

kom "in die wolke" en as julle van hom sal hoor, sal julle weet dat die einde

nie meer ver is nie. Hy is een van die reinste en vol liefde en goedheid en is

daarom ook innig met My verbind. Hy sal vir julle ‘n trooster en vriend en ‘n

288

evryder uit die nood van julle siele wees . Sy gees is verlig en hy weet van

die eindoordeel, daarom sal hy die mense vermaan en waarsku in My

Naam.

Hy is ‘n “stryder" vir My en My ryk en het volle insig, hy weet dus ook waar

daar vir die suiwer waarheid opgekom word. Daarom kom hy uit die midde

van hulle wat My leer van Bo ontvang het en word deur sy lewenswandel

en sy naasteliefde ook self van Bo onderrig, omdat hy uiteindelik ‘n missie

moet vervul, naamlik om My voorloper te wees voor My wederkoms. Want

so sal die tyd vervul wees en die voorspellings van die profete vervul word.

Daarom moet ook hy wat uit die ligryk kom wat neergedaal het, My aan

kondig by die, wie hulself in die hoogste nood en verdrukking sal bevind.

Hy sal van My getuig, want sy stem is My stem en wie hom aanhoor, hoor

My aan. Tog sal hy nie lank by julle bly nie en voordat julle hom herken, sal

hy al in julle midde vertoef. My teenstander sal hom vervolg en julle teen

hom aanhits. Hy sal van die liefde predik en die mense sal in haat na hom

luister. Hulle sal hom vervolg en sy lewe bedreig, maar Ek sal hom behoed

totdat sy uur gekom het. Hy moet sy missie vervul, hy moet vir My ‘n

wegbereider wees, hy moet My klein kudde opbeur en onderrig oor die

spoedige koms van Jesus.

Wanneer hy sal optree sal daar nie meer veel tyd wees nie, sy woorde sal

inslaan en die trae en besluitelose uit hulle sieleslaap opwek. Hy sal My

spreekbuis wees waardeur Ek My nog eenmaal duidelik sal uiter en hy is ‘n

"roeper in die woestyn“ wat hulle sal omdraai, omdat Ek aan die einde ‘n

sterk krag nodig sal hê wat van Bo sal kom, om julle te help. Maar die

wêreld sal hom haat en alle middele aanwend om hom onskadelik te maak,

ofskoon hy maar net die suiwere waarheid verkondig en die goeie sal

doen.

Die wêreld is in duisternis versonke en elke geestelike lig is uitgedoof.

Daarom moet daar weer ‘n helder lig straal op hierdie aarde en alle mense

wat die lig van die waarheid sal besit, sal hulle olie gaan haal (liefdeskrag

verwerf) sodat hulle lig ook helder sal straal, die lig wat die wêreldse

mense probeer uitdoof. Al die mense wat in die ware geloof staan, sal hom

herken as die voorloper voor My tweede koms.(Mal.4:5 en Dan.12:1 =

uitgewer) Hulle sal weet dat die tyd in vervulling gegaan het en Ek nou

verwag word met My die laaste oordeel. Hulle sal sy woorde vir hulself ter

harte neem, want hulle sal voel dat dit Ek is wat deur hom spreek en dat Ek

Myself deur hom as My bode laat aankondig het, soos wat dit vanaf

ewigheid bestem was.

Maar hy sal dit hard te verduur hê by die mense wat die wêreld aanhang en

hulle sal van sy vermanings en waarskuwings niks wil hoor nie. Hulle sal

nie aarsel om hom om die lewe te bring nie, ondanks die feit dat hy

homself voor alle mense hulpvaardig sal betoon en vele ook sy hulp sal

aanvaar. Hulle sal hom wil verhinder om sy missie te voltooi, maar Ek sal

hom nie terugroep na My ryk, alvorens hy vir My die weg berei het nie.

289

Totdat hy My koms verkondig het aan almal wat My wil aanskou en wie se

geloof hy sal versterk, omdat hy slegs sal uitspreek wat hy deur die

innerlike woord van My sal ontvang deur die Gees wat op ‘n buitengewone

wyse in hom sal werk. Amen

Goeie Vrydag

7577 15 April 1960

Deur My lyding en sterwe aan die kruis vind julle verlossing van sonde en

dood. Ek bied die mens vir julle as offer aan, Ek gee My lewe onder

ontsettende pyn om julle sondeskuld te delg, om vir julle die ligryk weer te

open wat vir julle gesluit was deur julle sondeval. En die offer bring die

Liefde in My, want alleen Hierdie was in staat om so'n werk van

barmhartigheid te volbring, omdat die liefde die krag is, omdat die Liefde

God Self van ewigheid is.

Wat die mens Jesus gely het, sal julle mense nooit kan besef nie, want

ofskoon Ek Self in Hom was, bly die menslike liggaam die lyding en die

smarte nie gespaar nie, omdat Hy die groot skuld wil wegneem terwille van

die Geregtigheid. Die sonde van die vroeëre afval van My was so onmeetlik

groot dat die wesens self dit nie sou kon delg nie, al sou daar ewighede

verby gaan. Want die wesens was vol van lig toe hulle teen My in opstand

gekom het.

En die mens Jesus was deur Sy oorgrote Liefde op hoogte van hierdie

skuld, Hy wis dat hierdie sonde ‘n onmeetlike boete eis, sodat aan die

Geregtigheid genoegdoening gegee word. En Hy bied Homself aan My as

offer aan en Ek neem die offer aan, omdat die Liefde dit bring, of wel: Ek

Self dit volbring, Wie die ewige Liefde is. Ek neem My intrek in die mens

Jesus, Ek vervul Hom met My Gees, met My Liefde wat krag is en dus bring

die mens Jesus ook die krag op vir die werk van verlossing, wat met

onmeetlike lyding en kwellinge verbind was om te beantwoord aan die

groot skuld.

Want Hy wil hierdie sondeskuld delg, Hy wil boete doen terwille van die

Geregtigheid. Hy wis ook in welke nood die mensdom hulle bevind as hulle

geen hulp gebring word nie en Sy Siel het Hom aan My as offer aangebied.

Sy Siel het by My gebly toe Sy broeders in die diepte gestort het en Sy Siel

bied Hom aan om hulle te red, omdat hulle self nie meer kan opstyg na bo

nie en omdat die weg wat teruglei na die vaderhuis versper was vir hulle,

solank hul groot sondeskuld nie gedelg was nie.

Die Siel van Jesus wis dit alles. Ek het My Seun na die aarde gestuur. Ek

het Sy aanbod aangeneem om My genoegdoening te wil gee vir Sy gevalle

broeders. En Hy was op hoogte van die mate van lyding wat Hom te wagte

was. Maar Sy Liefde dryf Hom aan, Sy Liefde geld My en Sy gevalle

broeders, wat Hy My weer terug wil bring. Hy daal af na die aarde en Hy

gaan die weg as mens, Hy neem My volkome in Hom op, die Liefde wat

290

Hom steeds meer vervul Ek Self, beweeg Hom nou tot alles wat Hy doen,

want hierdie Liefde was enkel bedoel vir die geknegte mensdom, wat Hy wil

verlos uit die boeie van My teenstander. En so gaan Hy die weg van die

kruis, die weg van lyding en Liefde. Tot die tyd gekom het, dat Hy Sy lewe

geoffer het vir Sy medemens, tot die dag gekom het, waarop Hy onder

ontsettende smarte en kwellinge die dood aan die kruis ondergaan het,

waarop Hy Homself opgeoffer het aan die kruis om die groot sondeskuld te

delg wat op die mensdom druk.

Hy het onuitspreeklik gely, onnoemlike pyn bring Sy teenstanders Hom toe,

wat hulle as afgesante van My teenstander op Hom uitleef. Dit was smarte

wat geen mens sou kon verdra, as die krag van die Liefde Hom nie vervul

het nie, as die Liefde Self Hom nie vervul het en Hom die krag gegee het

om vol te hou tot met Sy dood aan die kruis.

En hierdie Liefdedaad verlos die mensdom van die ewige dood. God's

geregtigheid was voldoening gegee, My Liefde het die genoegdoening verrig

en die mense wat die verlossingswerk van Jesus aanvaar en daarin wil deel,

was vry van hulle skuld. Ek Self het My oor die mense ontferm, Ek Self het

in die mens Jesus die verlossingswerk volbring, Ek het vir My ‘n menslike

vorm uitgekies wat bomenslike leed op Hom neem, sodat My werk van

erbarming die mensdom duidelik word, sodat hulle die grootte van hul

skuld erken en nou vanself hul skuld na Hom toe dra, Wie vir hulle aan die

kruis gesterf het.

En omdat Ek Self dus in hierdie mens Jesus was, kom die mense nou met

hulle skuld na My en vra My om vergewing. Hulle erken My, soos hulle eens

geweier het My te erken en hulle sien daardeur hul skuld in en hulle belei

dit ook. En Ek neem almal aan wat sy skuld tot onder die kruis dra en vir

almal is nou ook die weg vry na My, vir almal is die weg vry na die

vaderhuis, want Jesus Christus het die poorte geopen wat deur die

sondeval gesluit was. Amen

Die lae geestelike vlak van die mense vereis ‘n

omvorming van die aarde

7581 19 April 1960

Julle sal geen geestelike vooruitgang meer op hierdie aarde belewe nie.

Daar is ‘n laagtepunt bereik wat byna alle grense te buite gaan, want die

mense lewe maar voort met slegs hulle sinne gerig op die wêreldse. Hulle

dink nóg aan ‘n geestelike lewe, nóg vra hulle hulself af of hulle wel hulle

eintlike doel op hierdie aarde nakom, omdat hulle geen ander taak sien as

om vir hulle liggaamlike welsyn te sorg en die lewe met volle teue te geniet

nie.

Dat daar mense is wat hulle dag begin met geestelik gerigte gedagtes, is

seldsaam en slegs weiniges lewe hulle aardse lewe bewustelik. Hulle word

bewus dat die mens nie slegs vanweë sy aardse lewe op aarde is nie. Hulle

291

dink na en omdat hulle van goeie wil is, kom hulle ook geleidelik tot die

insig wat die doel van hulle aardse lewe is. Maar hiervan is daar weiniges

en selde slaag ‘n mens om sy medemens op dieselfde weg te lei en aan

hom sy eintlike bestemming geloofwaardig te maak.

En daarom kan daar ook van ‘n geestelike laagtepunt gepraat word,

waardeur daar ‘n verandering nodig is wat ‘n ontbinding van die skepping

tot gevolg het, wat ‘n aardse en geestelike ommekeer onvermydelik tot

gevolg moet hê. Daar was dikwels tye gewees waarin die mense goddeloos

geleef het, waarin daar baie onreg geskied het en sataniese drifte duidelik

te sien was. Maar nou het hierdie toestand die oorhand gekry, byna alle

mense lei nou ‘n oppervlakkige lewe, hulle vra hulself niks meer af nie,

hulle het geen verantwoordelikheidsgevoel nie, hulle ontwikkel sonder

geloof of hou hulself slegs besig met ‘n vormgeloof, wat egter heeltemal

waardeloos is vir die ontwikkeling van hulle siele. Hulle dwaal in verkeerde

denke, hulle is ver van die waarheid en kan dit ook nie vind nie, omdat

hulle sonder liefde is.

En daaraan lê dit wat die mensdom skeel, dat die liefde verkoel het, dat die

mense gladnie meer in staat is om te glo aan ‘n God en Skepper wat in

Homself Liefde, Wysheid en Mag is en aan Wie hulle hulself eendag sal

moet verantwoord vir hulle lewenswandel nie.

Die liefde ontbreek hulle en daarmee die insig dat hulle geestelik blind is en

afdwaal na die afgrond. Want die einde kom onherroeplik en daar moet

eens weer orde op dinge gestel word, dan sal die opwaartse ontwikkeling

weer voortgaan, want daarom bewoon die mens die aarde.

Wat vir die einde nog te red is, sal gered word, omdat die liefde van God

oral ekstra help waar slegs die geringste wil tot die goeie aanwesig is. Maar

dit sou verkeerd wees om daarop te reken dat die mense hulle sienning

teenoor God en sy geloof sal verander. Dit sou verkeerd wees om te reken

op ‘n geestelike ommekeer op hierdie aarde. Want die mense het God se

teenstander te veel mag gegee en dit benut hy ten volle.

Aan sy drifte moet eens ‘n einde kom, van die kant van God af moet die

mag van hom ontneem word, sy tyd moet beëindig word en dit beteken

ook dat alles wat aan hom behoort, netsoos hy self gekluister moet word,

waardeur sy bose inwerking vir ‘n lang tyd gestop sal word. En dit vereis

ook ‘n ontbinding en omvorming van die skeppings op aarde wat iets

geestelik bevat, wat daarom ‘n nuwe skepping nodig maak, sodat ‘n nuwe

aarde sal ontstaan, sodat die geestelike ontwikkeling kan voortgaan.

En God weet wanneer die tyd daarvoor gekom het. Hy weet wanneer die

mensdom sy dieptepunt bereik het, wanneer ‘n omvorming van die aarde

en al sy skeppings nodig is en volgens die plan van die Ewigheid sal Hy

Hom ook aan hierdie tyd hou. Amen

292

Ernstige ondersoek van geestelike goed met God’s

hulp

7584 23 April 1960

Geen mens word die reg ontsê om vir homself ‘n oordeel te vorm nie, maar

hy moet ook weet dat die verstand alleen geen waarborg bied vir regte

denke nie, selfs al is die verstand ook hoog ontwikkeld. Dit geld in die

besonder vir die beoordeel van geestelike kennis waarvoor daar geen

bewys is nie. Of die kennis op waarheid berus of nie kan ‘n mens alleen

beoordeel as hy God Self om verligting van sy denke vra, anders is hy nie

in staat om te ondersoek of reg te oordeel nie.

Maar die mens het ook die reg om dit af te wys wat hy nie kan aanvaar nie,

aangeneem dat hy van goeie wil is en ondersoek sonder om bevooroordeel

te wees. Hy moet dus nie blind glo nie maar hy moet alles oordink wat van

hom gevra word om te glo. Hy moet daartoe God’s hulp vra sodat hy deur

die gees in hom reg onderrig word. Dan blyk daar ook ‘n egte verlange na

die waarheid en dan sal hom ook die waarheid aangebied word en sal hy dit

ook as waarheid kan herken.

Dog die mense word baie sake as waarheid aangebied wat mekaar

teenspreek en dan lê dit aan elkeen persoonlik om dit te deurgrond wat

waarheid is. Wie egter glo om alleen met sy verstand daar agter te kom,

kan daar seker van wees dat hy nog meer verstrik sal raak in misvattinge.

Want die verstand kan beïnvloed word deur die teenstander van die

waarheid, die vors van die duisternis, wat alles doen om die mense van die

waarheid af te bring en hulle op dwaalweë te lei.

Die mens kan hom egter teen dwaling beskerm as hy hom tot God Self

wend, as hy Hom vra om hom die insig van waarheid te skenk. Daarom kan

geen mens die beswaar opper dat hy nie in staat is om te oordeel oor

waarheid en dwaling nie. Sodra hy hom met God verbind, sodra hy Hom

om verligting van gees vra, sal hy ook gevoelsmatig insien of hy die leringe

wat hom aangebied word moet aanneem of afwys. Hy sal dan ook die

innerlike sekerheid hê dat sy oordeel juis is, omdat hy dan weet dat nie hy

sy oordeel gevorm het nie, maar dat God sy denke verlig.

Maar daar is altyd ‘n goeie wil voor nodig om die waarheid in te sien en te

doen. ‘n verstandsmens vra homself nie af wat hom daartoe beweeg het

om dit aan te neem of af te wys nie. By hom is alleen die verstand

werksaam, wat egter eie weë gaan en God nie om raad vra nie, maar

homself in staat ag om alles te ondersoek. Daarom sal so'n mens hom

dikwels vergis omdat God nie uitgeskakel wil word nie en omdat van Hom

alleen die waarheid uitgaan.

Andersyds mag die beproewing van geestelike goedere nie versuim word

nie omdat die mens hom sogenaamd nie tot ‘n goeie oordeel bekwaam voel

nie, want hy sal hom eens daarvoor moet verantwoord. Dan kan hy hom

ook nie op die oordeel van ander beroep nie, dat hy sonder om na te dink

293

dit aangeneem het omdat dit van hom verlang word. Hy moet self tot ‘n

lewende geloof kom en dit vereis ook nadenke oor dit wat hom onderrig

word. Eers ‘n lewende geloof het by God waarde, ‘n dooie geloof, ‘n

vormgeloof is egter so goed soos geen geloof.

En sodat julle kan kies, moet julle mense steeds weer geleentheid hê om ‘n

standpunt in te neem teenoor die een of andere leer, teenoor alle opvatting

waarmee julle in kontak kom. Julle sal dan goed daaraan doen om julle tot

God te wend, want Hy as die EWIGE WAARHEID Self sal dan ook die

waarheid vir julle toeganklik maak. Hy sal dit in julle hart lê sodat julle in

staat is om julle ‘n eie oordeel te vorm, ‘n oordeel wat ook volgens die

waarheid is.

Julle moet nie op julle eie krag vertrou nie, want sodra God nie tussenbeide

kan kom vanweë julle vrye wil omdat julle, julle wil nie tot Hom rig nie,

omdat julle Hom nie om opheldering vra nie, sal ‘n ander ingryp en julle

bedien deur julle verstand. En dan sal julle, julleself steeds verder van die

waarheid verwyder, want die ander rus nie voordat hy sy doel bereik het

nie. Amen

Hernude kluistering is ‘n gevolg van geestelike dood

7591 30 April 1960

Die geestelike dood vereis ‘n kluistering in die materie, dit wil sê, ‘n

geestelike wese wat ten prooi geval het aan die dood, wat in die dood bly

vas steek en moet weer in die harde materie gekluister word om langsaam

weer tot lewe te kom.

Sodra die geestelike nog ‘n klein vonkie lewe in homself het, word alles

probeer om hom verder na die lewe te lei en dit kan ook tot gevolg hê dat

die wese dan die kluistering in die materie gespaar bly, sodat hy tog

langsaam tot lewe sal kom, al is dit ook eers na ‘n eindelose lang tydperk.

Maar dit kan ook wees dat die wese volkome verstar het, dat hy steeds

verder sal wegsink in die diepte wat baie siele in die ryk hierna toelaat. Dan

word die geestelike substansie van die wese opgelos en weer in die harde

materie van die skepping op die aarde ingesluit. En hy moet ‘n uiterste

kwellende weg gaan om weer tot lewe te kom.

En net so kan die mense op die aarde in die eindtyd in hulle geestelike

toestand afsink, hulle kan in vrye wil steeds meer op die dieptes afstuur,

hulle kan hulself heeltemal oorlewer aan die god van die duisternis en sy

diens aanhang en selfs in uiterste duisternis versink. En dan is dit ewe-eens

noodsaaklik om die siele op te los in ontelbare partikeltjies en weer in te

sluit in die skepping; en hulle moet weer die weg van die positiewe

ontwikkeling gaan deur tallose omvormings, totdat hulle weer ontwaak tot

die lewe.

En dan het die geestelike dieptepunt ingetree, aan die eindtyd is die

geestelike dood duidelik sigbaar en sowel op aarde asook in die

294

hiernamaals word alles onderneem om nog enkele vonkies lewe aan te

wakker, om die lewe wat nog voorhande is, te versterk en te verhinder dat

dit weer die dood ten prooi val.

Want dit is ‘n tyd van eindelose kwellinge waaraan die geestelike dan weer

blootgestel word, wanneer hulle opnuut in hierdie vorm gekluister word. En

die Liefde en Erbarming van Jesus geld ook vir die wese wat die allerdiepste

gesink het en Hy sal hom daarteen wil behoed. Maar waar Hy die vrye wil

van die geestelike wese laat staan, moet die verlossingsplan van Jesus

deurgevoer word, waarvolgens hy ‘n hernude kluistering in die materie nie

sal kan omseil nie. Sou die mense presies daarmee bekend gewees het,

dan sou hulle waarlik alles daarvoor gedoen het om die geestelike dood te

ontvlug. Maar hulle neem nie die kennis daaroor aan nie, hulle glo nie in ‘n

voortlewe hierna nie, hulle glo nie daaraan dat hulle self voor God

verantwoording sal moet doen nie en hulle glo ook nie aan ‘n God en

Skepper nie, wat eendag verantwoording van hom gaan eis nie. Maar die

"ek" kan nie meer vergaan nie en ooreenkomstig sy toestand is sy verblyf

in die dood, slegs dat julle in die dooie toestand nie meer van julleself

bewus is nie, maar dat slegs die kwellinge van die gekluisterde toestand te

bespeur sal wees, omdat hy as oorspronklike vry geestelike wese geskape

was. Hy kan egter ook nie in sy dooie toestand verplaas word daar waar

lewe is nie, omdat hy die toestand van dood vrywillig gekies het en daar

nou aan sy wil gevolg gegee word.

Die vrye wil is ewenwel ‘n staat van geluksaligheid, die gekluisterde

toestand ‘n toestand van kwelling. En as mens kies die wese sy toestand

self. En die Liefde en Wysheid van God laat hom sy vryheid toe, maar help

hom op elke denkbare wyse om as mens die ewige lewe te bereik soos Hy

die wat ook deur die verbanning in die materie weer op lyn help, sodat die

dooies weereens tot lewe kan ontwaak. Die Liefde van God geld vir al die

eens gevalle geestelike, Hy volg hulle ook in die diepte en help hulle weer

hoër op, maar Hy is heel besonder werksaam in die tyd waarin die wese

weer sy ‘ek’ bewussyn en sy vrye wil teruggekry het in die tyd as mens,

wat die aanvanklik nog dooie toestand verander in ‘n toestand van lewe.

Maar die vrye wil van die mens bly onaangetas, dit word eerbiedig en sy

vrye wil bepaal of die wese definitief sal vrykom van sy uiterlike vorm of

dat sy vorm homself weer sal verdig, sodat dit weer in die harde materie

sal terugkeer. Dan het die wese die geestelike dood ten prooi geval en is ‘n

eindelose lang tyd daarvoor nodig, totdat hy homself opnuut in die

barmhartigheid van die beliggaming (as mens) bevind en vir homself die

lewe kan verwerf. Amen

295

Dringende finale waarskuwing

7596 7 Mei 1960

Ontvang My Woord bewustelik, as die stem van julle Vader en luister na

wat Ek julle sê:

Julle bevind julleself in die laaste fase van die aarde, dit is julleself wat in

die eindtyd lewe; dit is julle wat die oorgang nog kan ervaar, as julle

volwassenheid julle toelaat om voorbereid tot die einde te wag.

Onherroeplik het die tyd van die einde gekom, ongeag hoe skepties julle

is, omdat in My verlossingsplan die dag bepaal is en dit sal gehou word

omdat die tyd vervul is.

Daar is geen verdere uitstel nie, aangesien die werk van die teenstander

die oorhand neem en ‘n einde gemaak moet word aan sy werk wanneer hy

dit waartoe hy gemagtig is oorskry en die mensdom tot die punt mislei dat

hulle alle geloof verloor het in ‘n God wat die individu vir sy lewens-styl

verantwoordelik hou.

In die aardse-lewe moet die mens sy meester kies; Hy moet My kies en My

teenstander afskud en daarom moet hy bewus wees van beide magte wat

hom wil besit, wat om sy siel veg. Hierdie kennis is onontbeerlik vir ‘n

besluit. Maar My teenstander wil hierdie kennis verhinder en slaag

daarmee, omdat die mense hulle oopstel vir sy invloed deur hulle houding

en vrye wil. En hy gebruik dit en oorskry sy bemagtiging; Hy roep mense

tot geweld op teen gelowiges, teen alles wat geloof in ‘n God en ‘n Skepper

verteenwoordig.

Hy wil veral die geloof in die Goddelike Verlosser Jesus Christus uitroei. Hy

laat die finale geloof konflik los en dwing My so te sê om ‘n einde aan sy

werk te maak om die weiniges van ewige verderf te red wat getrou wil bly.

En die tyd is dreigend en daarom die einde. Julle is veronderstel om hierdie

belangrike fase te herken deur My herhaalde aankondigings in My Woord en

vermy om ‘n slagoffer van My teenstander se listige misleidings te word,

omdat Hy op ‘n ontsettende manier manupileer en die mense afvallig van

My maak en baie sukses daarmee het.

En as Ek nou sy werksaamheid teengaan deur die mense self aan te

spreek, om hulle die geleentheid te gee om in My te glo of hulle te versterk,

wat dan op sigself My aanspreek van bo verklaar, wat julle waarlik behoort

te oortuig, omdat My liefde vir julle mense My beweeg om julle te help, in

‘n tyd van groot geestelike verdorwenheid wat kan veroorsaak dat julle

verlore gaan vir ewighede en wat Ek daarom van julle wil afweer. Hoewel

julle vrye wil beslissend sal wees, julle onwetendheid, verdraaide denke en

onverskilligheid grief My en deur My aanspreek probeer Ek telkens weer om

julle gedagte op te wek. Glo My dat tensy julle My woorde ernstig opneem

en julle teenstander konfronteer, julle, julleself in ‘n ernstig geestelik nood

sal bevind.

296

Glo dat julle die krag kan bereik om nie die stryd gewonne te gee nie. Maar

heroriënteer julle wil, draai dit na My; streef om God te vind en Ek sal My

laat vind, maar as julle onverskillig is, dan kry My teenstander die oorhand

oor julle en dan gaan julle verlore vir ewighede. So word julle in gevaar

gebring en Ek weet julle het behoefte aan uitsonderlike hulp, maar Ek kan

nie julle wil vooraf bepaal nie, Ek kan julle slegs herhaaldelik aanspreek,

om julle te waarsku en daaraan te herinner; Ek kan maar net My genadige

liefde telkens na julle laat kom en julle onderrig oor komende

gebeurtenisse en die tyd wat nader kom. Ek kan julle maar net telkens met

liefde aanspreek, dat julle ‘n God en ’n Vader kan erken, in Hom kan glo en

getrou bly deur julle geloof.

Maar die einde kom onherroeplik, omdat My word Waarheid is en Homself

vervul en die laaste uur is vooraf bepaal van ewigheid af. Neem daarom My

Woord in julle harte op en begeer om salig te word. En Ek sal julle nie

verlaat nie, Ek sal julle versterk sodat julle die einde kan verdra. Vir Myne

sal Ek ‘n kragtige beskerming wees en sal julle versterk wanneer julle My

vóór die wêreld moet belei. Amen

Ontwaak tot lewe

7597 8 Mei 1960

Die ware lewe begin te ontwaak as die mens hom bewus met God in

verbinding stel, as hy ‘n hoër Wese bo hom erken, as hy dus in die Wese

glo en probeer om hom by Hom aan te sluit, d.w.s. ‘n verbintenis tussen

die hoër Wese en homself voel en nou wat “by mekaar hoort” in stand wil

hou. Dan het die geesvonk reeds in hom tot lewe ontwaak, wat hom van

binne af probeer beïnvloed om na die Vadergees van ewigheid te gaan. In

hierdie mens is die liefdevonk ontvlam en hy sal hom steeds van binne af

gedring voel om werk van liefde te verrig, ofskoon dit in die begin alleen

daarin bestaan dat hy goed is teenoor sy medemens. Maar steeds sal liefde

te herken wees, anders sou die lewe in hom nie kan ontwaak nie.

En die lewe laat hom nou ook voel, dit is as te ware ‘n tweede lewe in hom

wat onafhanklik is van sy eintlik liggaamlike lewe wat alle mense ervaar,

ook wanneer die geesvonk in hom rus en hy dus nog geestelik dood is.

Maar die tweede lewe gee die mens eers die ware bevrediging, want dan

staan hy in kontak met God deur gedagtes wat op Hom gerig is en deur

gebed. Hierdie mens sal sy God ook nie meer vergeet nie, want Godself

hou hom staande en verhinder dit ook dat hierdie mens weer ten prooi val

aan die dood.

Daar moet egter ‘n onderskeid gemaak word tussen, aangeleerde kennis

oor Hom en ‘n lewende bewussyn van ‘n hoër Wese. Want wat aangeleer

word kan weer wegsink en kan later afgewys word, dit het die siel nog nie

laat lewe nie. ook kan aangeleerde kennis tot ‘n lewende geloof lei as die

297

mens van goeie wil is. Dan sal ook hy die lewe nooit meer verloor wat

eenmaal in hom ontwaak is nie.

En dit kan ontwaak vanaf die tyd wat die mens in staat is om te dink en

sodra hy bereid is om lief te hê word ook sy denke reg gelei en soek hy dan

ook die verbinding met God, met ‘n Wese aan Wie hy hom geheel kan

toevertrou. Die mens voel sy eie gebrekkigheid, hy voel dat hy ‘n leier en

beskermer nodig het omdat hy swak is en hy soek daarom na ‘n Wese, van

Wie hy in alle lewens situasies hulp verwag. Aanvanklik is dit onbewus,

maar dit maak hom gelukkig as hy aan so'n Wese kan glo en kontak met

Hom opgeneem het. Dit is die eenvoudige natuurlike geloof wat alle kinders

kan verwerf, wat lewend is en alleen as gevolg van onderrigting, die kind

dit ook kan aanneem, maar wat hom nie die innerlike oortuiging skenk nie.

Want by hierdie oortuiging behoort die bereidheid van die kind om liefde te

gee, wat die geesvonk in hom tot lewe bring. En al die ander bring nou

hierdie geesvonk teweeg, wat die verlange van die mens na die Vadergees

van ewigheid steeds weer sal opwek totdat die mens geheel bewus die

verbinding tot stand bring deur innige gebed, wat nou egter ook die

sekerste waarborg daarvoor is dat die Vader Hom oor Sy kind bekommer

en hom nooit meer laat terugsink in die geestelike blindheid, in die dood

nie. Daarom is die oordra van geloofslere nie voldoende nie, wat weliswaar

nie moet afgewys word nie maar wat nog geen “lewe" skenk nie. Die ware

lewe word eers deur die liefde tot stand gebring, wat dan eers die kind

daartoe beweeg om oor geloofslere na te dink en dan eers soek hy die

Vader, Wat Hom nou ook laat vind. En dan dryf die geesvonk in die mens

hom steeds meer na die Vadergees, dan word die mens innerlik aangespoor

tot ‘n verbintenis met Hom, hy word innerlik gedring tot werksaamheid in

liefde en gebed. En beide bring die vereniging teweeg met Hom, wat die

doel is van die aardse lewe. Beide wek die mens op tot die lewe wat ewig

duur, tot ‘n lewe, wat hy nie meer kan verloor nie omdat dit 'n geestelik

lewe is wat niks met die aardse lewe gemeen het nie. En dan het die mens

sy God gevind, die kind het die Vader gevind en hy het hom vir ewig aan

Hom oorgee. En so'n mens kan nie meer sterwe nie hy sal lewe in

ewigheid. Amen

Aansporing aan alle arbeiders in die wingerd

7599 14 Mei 1960

Die golwe sal steeds hoër styg wat vir julle My dienaars op aarde, wil

vasgryp en julle sal in verskillende soorte benouenisse beland en tog sal

julle My trou moet bly in al julle nood van liggaam en siel. Julle sal steeds

daaraan moet dink dat dit die tyd van die einde is waarin julle leef. En

hierdie tyd van die einde sal julle nog baie verrassings besorg, van welke

aard dit ook al mag wees.

298

Maar dit is seker, dat julle, julleself trou aan My openbaringe sal moet hou,

aan My woord, wat uit die hoogte tot julle kom. Want julle sal ook dan

moet weet, dat My teenstander baie verwarring tot stand probeer bring,

deurdat hy groot dwalinge in die waarheid sal probeer strooi en hy ook sal

slaag, omdat die mense dikwels geen onderskeidingsvermoë besit nie,

omdat dit die mense dikwels daaraan ontbreek dat hulle gees gewek is.

Maar hulle kan vra vir die gawe van onderskeiding, omdat Ek waarlik die

mens wat die waarheid ernstig begeer, nie in dwaling sal laat voortgaan

nie. En Ek laat julle ook waarlik die kennis toekom wat julle nodig het, om

in die komende tyd goeie werk in My wingerd vir My en My ryk te verrig en

julle daarom ook nie genoodsaak sal wees om vreemde geestelike goed

julle eie te maak, wat julle nie van My ontvang het nie.

Maar julle moet oplettend wees op die gebeurtenisse om julle heen, van die

lewe en die verdrukking in hierdie wêreld en die handelinge van die mense,

omdat julle dan ook die doen en late van hom herken wat woed in die

laaste tyd, omdat hy weet dat hy nie veel tyd meer het nie. En so gee Ek

julle ook steeds weer te kenne, dat julle aan My die stuur en leiding sal

moet oorlaat, want Ek weet waar en hoe ‘n mens ook ‘n troue kneg kan

wees vir My, wat van plan is om vir My te arbei. En vir hom wys Ek waarlik

ook sy werksaamheid toe en hy sal nie nodig hê om self die arbeid te soek

wat hy vir My moet uitvoer nie.

Maar dit is die werk van My teenstander, om steeds weer die denke van die

mense in die war te bring, hulle aan te hits en van die pad te bring, hulle

die innerlike rus te ontneem, die mense teen mekaar op te steek en alle

vrede te versteur. Die werksaamheid van My teenstander bestaan ook

daaruit om die blik van die mense af te lei van suiwer geestelike

gebeurtenisse en te rig op praktyke van onvolwasse geeste, wat hulself

bedien van mense wat van hulle afhanklik is om onrus te stig.

Julle moet julle weg vasberade gaan, bereid om My as troue knegte te dien

en steeds net wag waar Ek julle sal plaas vir julle diens. En Ek sal julle lei

maar onderneem niks eiesinnig nie, maar laat Ek alles reël, want Ek weet

wat sukses oplewer of wat tevergeefs is. Ek ken ook die werksaamheid van

My teenstander en kan julle steeds maar dié raad gee: Om julle tot My te

wend, julle aan My oor te gee en nie te handel uit oordrewe ywer nie,

omdat elke onrus die werk van My teenstander is, maar julle die innerlike

vrede alleen by My kan vind.

En laat My julle Leier en vaste Begeleier wees, dan sal alles vanself so

verloop dat julle slegs julle innerlike aanmaninge hoef te volg en julle

korrek en goed handel vir My en My dus dien as My knegte in My wingerd.

Maar laat julle nie beïnvloed deur 'n vreemde mag nie. En steeds weer sal

julle ‘n vreemde mag te vrees hê, wanneer die innerlike rus julle verlaat.

Alles moet sy tyd hê en ook die werksaamheid van die bose kragte word

deur My toegelaat, sodat die mense hulself kan beproef hoe ver hulle

daaraan weerstand kan bied. Maar Ek stel hulle dan My Krag daarteenoor,

299

wanneer dit tyd is en dan sal ook julle My dienaars weet, dat julle nou

aktief sal moet wees en werk vir My. En daarom is slegs dit nodig: Dat

julle, julleself vol vertroue aan My oorgee en om My leiding vra en julle sal

dan ook geroep word tot die diens, om net soos die voor julle tot ‘n sukses

te word.

Julle moet nie vanuit julleself sake aanpak, sonder om die opdrag daarvoor,

van My te ontvang het nie. Maar julle moet te alle tye bereid wees om My

te dien en dan word julle ook so gelei, dat julle vir My goeie arbeid in die

wingerd sal kan verrig, dat julle siele kan red voor die laaste verderf, dat

julle dus in waarheid vlytige knegte vir My sal wees in die laaste tyd voor

die einde. Amen

Omgang met bewoners van ander hemelliggame?

"In die huis van My Vader is baie wonings!"

7601 17 Mei 1960

Deur die heelal trek ontelbare hemelliggame hulle baan en almal het hulle

taak, om te help met die voltooiing van die onvolmaakte geestelike. En so

begryp julle nou ook die woorde: "In die Huis van My Vader is baie

wonings!". En elke hemelliggaam neem die siele op van wie die toestand

van volwassenheid volgens die omstandighede op die hemelliggaam

aangepas is of anders gesê die moontlikheid om homself te voltooi is op

elke hemelliggaam anders en na gelang hiervan word ook die siele wat tot

voltooiing moet kom, daarheen oorgeplaas. Maar steeds is die

lewensvoorwaardes ook anders, omdat alle hemelliggame volgens hulle

aard en hoedanigheid verskillend is van mekaar en daar kan aan die mense

op aarde geen nadere beskrywing gegee word nie, omdat baie daarvan

onbegryplik vir hulle sou wees en ‘n geestelike insig vereis om begryp te

kan word.

Maar daar is vir alle siele, in elke graad van volwassenheid ook die

herkenbare hemelliggame om tot voltooiing te kom, waar die siele hulself

positief kan ontwikkel as hulle van goeie wil is. Want ook daar word met die

vrye wil van die geestelike wese rekening gehou, ook daar is geestelike

dwang uitgeskakel, ofskoon die aangewese lewensvoorwaardes die wese in

‘n sekere dwangposisie plaas, om homself daarin te voeg, omdat ‘n bestaan

op so 'n hemelliggaam andersins nie moontlik sou gewees het nie. En oral

word opheldering aan die wesens geskenk oor die doel van hulle bestaan.

Of hulle nou die lig aanneem en benut staan hulle vry, maar dit is egter

beslissend vir hulle opwaartse ontwikkeling. Maar al hierdie skeppingswerke

van God is "wonings in die Huis van die Vader".

En gevolglik sal al die geestelike tog eenmaal die graad van voltooiing

bereik, waarin hulle die aards materiële skeppings kan verruil vir suiwer

geestelike skeppings, wat julle mense nie met julle aardse oë mag aanskou

nie. Want alles wat vir julle sigbaar is, is steeds nog skeppings, wat wesens

300

herberg wat hulself nog moet voltooi. Daarenteen is die reeds volmaakte

wesens dan ook in die ligryk werksaam en het geen sigbare skeppings

meer as verblyfplek nodig nie.

Maar al hierdie skeppings is eindeloos ver van mekaar verwyderd en ook

nie vir mekaar bereikbaar nie. Die bewoners van al hierdie hemelliggame is

aan hulle eie wêreld gebonde aan die hemelliggaam wat hulle dra. Slegs na

die bereiking van ‘n bepaalde graad van volwassenheid kan hulle van

verblyfplek verwissel, maar nie willekeurig nie, maar altyd volgens die

grondwet van God, waarvolgens al Sy skeppings hulself moet voeg, asook

al die wesens wat aan hierdie skepping toebedeel is. Daarom is dit onsinnig

om aan te neem dat bewoners van hierdie hemelliggame hulself willekeurig

kan verwyder en na ander hemelliggame sou kan gaan, sonder om bevrees

te moet wees vir hulle eie vernietiging. Want die lewensomstandighede op

alle hemelliggame is anders en dit kan nie eiemagtig tersyde geskuif word

nie.

Gedurende die eindtyd sal ook sulke planne egter gemanipuleer word. Die

teenstander van God sal die liggelowigheid van die mense gebruik, deurdat

hy aan hulle sal voorspel, dat hulle verbindinge kan hê met bewoners van

ander wêrelde en dat hulle uit skynbaar goeie motiewe eweneens kontak

wil maak met die mense op aarde. Want die teenstander probeer om een

ding daarmee te bereik: Om die geloof aan die einde van die ou aarde te

ondermyn, om so die mense te verhinder om hulself vir die einde voor te

berei. Die mense moet egter daaroor ingelig word, dat die aarde ‘n

hemelliggaam op sigself is, wat geen verbinding het met ander wêrelde nie

en dat alle verbinding met die bewoners daarvan slegs geestelik tot stand

kan kom. Dat die mens homself dus wel met bewoners van hoër wêrelde

van die ligryk kan verbind deur goeie gedagtes - vraend om hulp in

geestelike nood - wat hom ook wel geestelik gegee sal word - maar dat dit

vir hom nie raadsaam is om wesens aan te roep van hemelliggame, van wie

hy nie weet in welke graad van geestelike volwassenheid hulle hulself

bevind nie en of hulle hom geestelike hulp kan verleen nie. In ieder geval

kom aardse hulp nie in aanmerking, soos wat God se teenstander die

mense sou wil laat glo, dat die wesens, voor ‘n vernietiging van die aarde,

hulle invloed op die bewoners van die aarde sou kan laat geld nie. Ware

hulp kan slegs deur God verleen word, as die tyd wat julle mense vrees,

gekom het, dat julle daaraan glo, maar Hy verleen dit ook aan elkeen wie

Hom daarom bid. En Hy het waarlik genoeg engele wat slegs op Sy Wil ag

slaan om dit uit te voer en hulle sal hulself ook oor die mense bekommer,

as die uur gekom het.

Maar God se teenstander het in die liggelowigheid van die mense ‘n goeie

bodem gevind, waarin hy waarlik baie slegte saad kan saai. En die mense

neem eerder al hierdie onderrigting van sy kant aan as die suiwer

waarheid, wat ook kenmerkend is vir die waarde van sy saaigoed. Want

301

steeds probeer die mens ‘n voordeel vir homself uit die dwaling behaal en

wys hy die waarheid af, wat hom nie die voordeel beloof nie.

Die einde is naby en kom onherroeplik en elke leer is vals wat die einde in

twyfel trek, of aan die mense ‘n uitweg verkondig wat nie volgens die wil

van God is nie. Want God neem Self elke mens uit alle gevaar, wie na Hom

toe vlug, wie tot Syne behoort, wie die einde nie hoef te vrees nie. Amen

God se seën moet afgebid word

7603 20 Mei 1960

Versuim nie om My vir My seën te vra nie, waarmee julle ook al begin, want

dan toon julle dat julle My tot julle Leidsman gekies het, dat julle niks sal

wil doen sonder My nie, dat julle dus met My verbind wil wees. En dit

verseker julle ook van My seën en My leiding op al julle weë.

En weet dat julle geen mislukking hoef te vrees nie, wanneer julle vooraf

om My seën gebid het, dat die versoek julle waarlik teen mislukking

beskerm. Want ook dit wat julle miskien as ‘n mislukking beskou, sal dan in

waarheid alleen tot voordeel van julle siele wees. Julle moet steeds maar

net aan My dink, meer verlang Ek nie van julle nie, maar gereeld skuif julle

My uit julle gedagtes en begeef julle dan in die gevaar dat My teenstander

homself daarmee bemoei en julle op ‘n ongunstige wyse beïnvloed.

Daarteen wil Ek julle waarsku, omdat julle dan die weg oor die aarde vir

julleself verswaar, omdat julle dit baie makliker kan aflê, wanneer Ek julle

Begeleier onderweg is en bly. En steeds weer sal julle My moet vra om My

bystand, want die verbintenis met My is nodig om beskerm te wees teen

My teenstander, wat nie nalaat om julle in die noute te bring nie. Hy het

baie mag in die tyd van die einde wat net julleself hom sal kan beperk,

want julle wil en julle denke wat op My gerig is, is vir julle ‘n groot skild in

die stryd teen hom, dit is die beste wapen wat julle teen hom sal kan

gebruik omdat julle dan Myself in julle nabyheid roep, van Wie hy

wegskram en gevolglik julle met rus laat.

Hy stig baie verwarring, ook onder Myne, omdat hy elkeen wat aan Myne

behoort, baie erg sal lastig val en omdat sy kwellings op so ‘n manier

geskied dat hy hulle teen mekaar ophits en homself daartussen probeer

indring. En dan is alleen julle verbintenis met My julle redding en julle sal

hom kwytraak. Want julleself en julle wil is deurslaggewend of hy homself

van julle meester kan maak. Daarom hoef julle hom ook nie te vrees nie,

omdat hy totaal magteloos is wanneer My wil in julle geld en wanneer julle,

julleself dus aan My in Jesus in volle vertroue oorgee en My om beskerming

vra. Maar hy het groot mag oor julle wanneer julle alleen julle weg gaan

sonder My en My liefdevolle leiding.

Daarom sê Ek steeds weer aan julle: "Begin niks sonder om My seën eers

af te smeek nie" en gee My daardeur blyke van julle wil om met My verbind

te wees en julle sal waarlik julle daaglikse werk ook onder My seën ten

302

einde bring en dit sal suksesvol wees. Julle sal in rus en innerlike vrede

julle weg gaan en julle sal die teenstander geen doelwit meer hoef te bied

om aan te val nie, want Ek gaan aan julle sy en vir My vlug hy, omdat hy

My lig nie kan verdra nie, in Wie se helder glans julle, julleself nou bevind.

Amen

Die Voorloper - Kennis oor vorige beliggaming is nie

dienstig nie

7604 21 Mei 1960

Julle moet julle nie in julle vermoedens verdiep wie se gees julle beliggaam

waarin julle in die laaste tyd op die aarde is om My te dien nie. Daar is van

My kant af ‘n sluier uitgesprei oor dinge wat nie vir julle weg oor die aarde

en vir julle missie van nut is nie en daarom word die kennis van julle

weerhou in welke beliggaming julle eens oor die aarde gegaan het. Dit

moet voldoende wees om te weet dat Ek almal wat bereid is om My te dien,

van groot krag en barmhartigheid voorsien. En dat die aktiwiteit van My

teëstander gedurende die eindtyd selfs so geweldig sal wees dat daar ook

sterk liggeeste nodig sal wees om teen sy aktiwiteite op te tree en

standvastig te bly, wanneer dit daarop sal neerkom om verlossend op

aarde te werk.

Baie liggeeste moet in die grootste deemoed bly om hulle opdrag te kan

uitvoer, omdat die teenstander juis in hoogmoed en aanmatiging die

swakste plekke vind en dit aangryp en hulle missie dus daardeur geskaad

kan word. En die mense is almal blootgestel aan hierdie gevaar; naamlik

om aan sy kenmerkende eienskap en erflike kwaal ten prooi te val.

Daarom word so ‘n moontlikheid ook nie van My kant af bevorder nie, maar

Ek poog altyd om sodanige invloed uit te oefen dat die mens in deemoed

sal bly, omdat hy dan ook My teëstander sal kan weerstaan en nie in sy

vangnette verstrik raak nie.

Dit is vir die mens van geen nut om oor sy vroeëre beliggaming kennis te

dra nie, anders sou dit hom te kenne gegee gewees het die oomblik toe hy

begin het met die arbeid vir My en My Ryk.

Maar een mens sal daarvan weet, vir hom sal dit geen geheim wees nie,

omdat hy die swaarste opdrag sal moet uitvoer in die laaste tyd, naamlik

om My Voorloper te wees wat My Koms sal aankondig. Hy moet My Koms in

die wolke as ‘roepende in die woestyn’ aankondig en sy missie vir My met

die dood koop. Maar om dit te weet, sal hom nie beswaar nie, omdat hy ‘n

sterk gees is wat die laaste beliggaming op aarde bewustelik aanvaar het,

in die besef van die noodsaaklikheid van sy opdrag, wat hy bereid is om in

diepste liefde aan My uit te voer.

Hy is een van die weiniges wat met die dood beseël wat hy verkondig. Hy

het die krag daarvoor, omdat hy My liefhet, wie hy eens nie heeltemal

herken het nie en moes al eenmaal sy lewe laat vir My. Maar hy is bereid

303

om duisend sterftes vir My te sterf en daarom gaan hy die laaste weg

bewustelik, bewus van sy missie en herkoms. Die sekerheid sal hy egter

eers dan hê wanneer sy laaste missie begin, wanneer hy, wat tevore in

uiterste teruggetrokkenheid geleef het, in die openbaar na vore sal tree.

Wanneer sy Godsverbondenheid hom plotseling die helder lig sal skenk,

welke taak hy op aarde sal moet uitvoer.

En dan sal hy met vurige ywer van My spreek en ook alles doen om die

mense te wys op die einde en die laaste oordeel. Hy sal openlik en sonder

skroom spreek teen die maghebbers wat hy nie sal vrees oor hulle mag nie.

Hy sal hulle openlik brandmerk, omdat hy in hulle die afgesante van Satan

herken teen wie hy duidelik te velde trek.

En dit sal ook My laaste teken wees, want hy sal eers gedurende die

eindfase optree, in die tyd van die geloofstryd wat kort voor die einde

gevoer word.

Wat die mense ook al vir julle sal vertel, sy werk op aarde sal nie begin

voor die tyd wanneer die geloofstryd sal ontbrand waarin die "ligte" helder

sal straal wat die mense die weg sal wys waarop almal moet gaan nie.

En hy sal die "helderste lig" wees wat sal straal waar julle dit die minste sal

vermoed. Hy sal alles in ligkrag oortref en daarom ook herkenbaar wees vir

almal wat die lig nie sal verafsku nie. Maar oefen julle in geduld en wag die

tyd af, gee julle nie oor aan verkeerde vermoedens nie. Want julle sal nog

dikwels mislei word deur My teëstander, want hy wil julle blik aflei om julle

van julle eie missie en arbeid af te bring waarmee julle bereid is om My as

troue knegte te dien. Laat julle nie mislei word nie, julle sal dit ten

duidelikste insien wanneer die tyd gekom het waarin so ‘n ongewone ding

gaan gebeur dat Ek ook ongewoon moet ingryp om Myne te hulp te kom.

Want ook hulle sal in hulle geloof geskok word deur die optrede van My

teëstander, as hulself nie aan My sal vashou en alles aan My sal oorgee in

vertroue op My korrekte bestuur nie. Julle sal dan ook My Wil in julle hart

voel, sodat julle nie meer hoef te vra wat julle nou moet weet en doen nie.

My Wil sal julle wil wees en julle sal nie anders kan handel as volgens My

Wil nie en sal ook weet dat julle slegs My Wil deur julle laat vervul. Ek roep

julle steeds weer toe, wees nie voorbarig nie en wag totdat Ek julle roep,

tot Ek julle My Wil in die hart lê. Want julle kan ook, deur te gou te handel,

versteur wat vantevore moeisaam opgebou was. Besef altyd dat die mense

almal nog te swak is in die geloof, dat hulle somtyds melkkos aangebied

moet word, sodat hulle geen skade aan hulle siele ly nie. Aan hulle moet

julle slegs My Evangelie van die Liefde predik, maar egter nie so ‘n

leerstelling voorlê wat hulle nie kan begryp nie. En daartoe behoort ook die

kennis oor die beliggaming van die ligsiele, omdat die geloof aan ‘n

voortlewing van die siel oor die algemeen by hulle ontbreek.

Die mense wat nou al die optrede van die Voorloper voor My Wederkoms

aankondig, is nie altyd heeltemal korrek nie. Neem hulle egter My

Evangelie van die Liefde aan, dan sal hulle ook leer om te glo en ook die

304

Voorloper herken wanneer hy sal optree. Want vooraf sal moeilike

gebeurtenisse dit voorafgaan en daaraan sal die skeiding van die geeste

ook herken word. Mense wat vir of teen My is en daarmee

ooreenstemmend, sal ook hulle geestelik insig kry.

Dit sal nie meer lank duur nie, dan sal al die woorde vir julle verstaanbaar

wees. Dan hoef julle nie te vra nie, maar julle sal weet dat My Koms naby

is, omdat julle hom dan sal herken wat My Voorloper was gedurende My

aardse tyd en dit ook nou weer sal wees soos dit verkondig word deur

woord en geskrif. Amen

Skeiding van die geeste - Die einde van ‘n aardse

tydperk

7611 30 Mei 1960

Die gang as mens deur die aardse lewe is die laaste ontwikkelingsfase van

die ontwikkelingsgang van die eens geestelike oergees op hierdie aarde.

Die gang is die afsluiting van ‘n tyd wat aan die geestelike toegestaan word

vir sy opwaartse ontwikkeling. Dit is die afsluiting van ‘n periode waarin die

oergees weer sy volmaaktheid kan bereik, as hy die laaste fase, dit wil sê

die stadium as mens, nuttig gebruik en sy wil korrek rig. Hy kan dus sy

doel bereik en volledig vergeestelik weer in daardie ryk ingaan

waarvandaan hy eens uitgegaan het. Hy kan tot die “lig” terugkeer, tot die

Oerbron van die ewigheid, tot die Vader uit Wie hy eens as ‘n skepsel

voortgekom het.

Maar hoe kort hierdie aardse lewenstyd ook is, in vergelyking met die

eindelose lang tyd van voorontwikkeling, tog bestaan die groot gevaar dat

die mens weer opnuut sy wil misbruik, dat hy nie na die voleinding streef

nie, maar weer afgly na die diepte. En omdat dit sy vrye wil is, word dit ook

nie vir hom belet nie, soos hy omgekeerd ook nie gedwing kan word om sy

wil korrek te rig nie.

Dit gaan dus daarom, om sy wil ‘n tweede keer te beproef en hy moet

hierdie proef as mens aflê. Anders sou sy gang deur die aardse lewe

vergeefs wees, wat ook ‘n hernieude kluistering in die materie tot gevolg

kan hê as aan hom nie nog die laaste barmhartigheid toegestaan word om

in die hiernamaals langsaam hoër te styg nie, egter onder baie moeiliker

omstandighede as op die aarde.

Solank ‘n aardse tydperk nog nie afgesluit is nie, bestaan hierdie

moontlikheid ook, omdat die ryk nog altyd hierna oopstaan vir die siele wat

onvoltooid van hierdie aarde skei. Maar die poorte tot dié ryk hierna sal

hulle sluit sodra hierdie verlossingsperiode afloop en dit weer nuut begin.

Want die beëindiging van ‘n ou tydperk beteken ook ‘n volledige skeiding

van die geeste, dit beteken ‘n nuwe ordening van al die geestelike in die

uiterlike vorms of skeppings wat beantwoord aan sy ontwikkelingsgraad. En

ook in die laaste tyd sal die hel alles uitspu ten behoewe van die hernieude

305

kluistering, dan sal ook elke moontlikheid in die ryk hierna verby wees om

hulle trapsgewys te ontwikkel. Daarom word daar vooraf nog baie

verlossingsarbeid verrig om ook uit die diepte nog baie siele te red van ‘n

tweede kluistering in die materie. Daar sal ‘n groot sifting wees in die

hiernamaals en op aarde. En as die mense op aarde sou besef hoever hulle

al gevorder het en hoe kort hulle voor hulle voleinding staan, dan sou hulle

waarlik al hulle krag aanwend om die kort tyd nog te benut wat vir hulle

nog oorbly voor die einde.

Maar hulle neem ook niks ernstig op wat daaroor aan hulle ter oorweging

gegee word nie. Hulle benut die tyd nie om hulle doel te bereik nie en die

laaste barmhartigheid, van beliggaming as mens, gaan sonder resultaat by

hulle verby. Want ook alle barmhartigheids middele wat My liefde hulle laat

toekom, word of nie aangeneem of nie gebruik nie. En ‘n eindelose lang

ontwikkelingsproses loop ten einde sonder resultaat vir die menslike siel,

vir die eens geestelike oergees wat tot God moet terugkeer.

Die mense kan egter maar net vermaan en gewaarsku word en dit geskied

in ‘n hoë mate deur die Goddelike Woord wat van Bo vir die mense

deurgegee word as ongewone barmhartigheidsmiddel van die oorgrote

liefde van God. En alle mense word aangespreek en hoef maar net hart en

ore te open om die krag van die Goddelike woord ook te bemerk en in

sekerheid opwaarts te gaan. Elke mens het dus die moontlikheid om "krag"

te gaan haal, maar hy moet van goeie wil wees en poog om die doel van sy

aardse lewe te vervul. Hy moet in die kort tydjie tot aan die einde van sy

lewe bewustelik lewe, hy moet die wil van Hom vervul wat hom die lewe

gee en homself aan Hom oorgee en tot Hom bid om barmhartigheid en

krag. En dan sal hy ook sy doel bereik, want hierdie bede sal altyd vervul

word en God sal elkeen seën wat Hom om krag en barmhartigheid vra en

sy aardse weg sal nie vergeefs wees nie. Amen

Die Vader praat met Sy kind

7613 1 Junie 1960

Julle almal kan na My stem in julleself luister en dit hoor. Maar hoe selde

bring die mense so‘n vertroulike verbintenis met My tot stand en bly

voortdurend aan My dink. Hoe selde gee julle My die geleentheid om met

julle te praat deur julle bewustelik aan My toe te vertrou deur persoonlik

met My te praat, deur julle uit die wêreld terug te trek en julle gedagte ten

volle aan My oor te gee. Julle doen dit so selde omdat julle nie werklik glo

dat julle My sal kan hoor nie, dat Ek met julle sal praat soos ‘n vader met

sy kinders sal praat. Julle het nog nie die verhouding van ‘n kind met sy

vader gevestig nie, Ek is slegs altyd die verre God vir julle Wie julle nie durf

aanspreek nie en Wie daarom nie met julle kan praat soos ‘n vader met sy

kind nie. Maar julle kan dit enige tyd probeer. Julle moet julle slegs van die

wêreld ontrek, julle moet slegs in stille oordenking ingaan en die weg na My

306

in julle gedagtes neem. Julle moet slegs verlang om My stem te hoor en

julle wens sal vervul word wanneer julle aandagtig luister en die gedagtes

waarneem wat helderder in julle opkom, hoe meer intiem julle, julleself aan

My oorgee, hoe meer sal julle verlang om My te hoor. Want Ek sal julle

antwoord, omdat Ek niks meer graag wil doen as om met My kinders te

praat wat nou aan My deur ‘n sterke verbintenis van liefde gebind word, die

liefde van die Vader vir Sy kind. En as julle hierdie poging meer dikwels sal

maak, sal julle verruk word deur innerlikevrede wat julle deurdring, want

julle sal My nabyheid voel en in hierdie nabyheid sal julle ook weet dat julle

altyd beskerm word. Elkeen van julle kan hierdie seën van kommunikasie

met My bereik, selfs as Hy nie bewus is van die feit dat dit die vertroulike

kontak met My is wat Hom van innerlikekalmte voorsien nie. Maar spoedig

sal Hy nie hierdie ure wil mis wat Hy aan My gee nie, wat Hy in stille

oordenking bestee en sy siel sal volwasse word, want Hy sal nooit sonder ‘n

stroom van krag wees as Hy My gesoek en gevind het nie.

Elke gedagte van My is ‘n seën. Alle mense moet gebruik maak daarvan en

telkens weer na My in gedagte kom, want dan het hy hom reeds tot My

gerig en Ek kan hom beantwoord as hy na die antwoord luister, naamlik as

hy wag en dan stil aandag van die gedagtes neem wat in hom opkom. Dan

trek hy My na hom toe en so kan Ek altyd met die wees wat in gedagte met

My is. Hulle veroorsaak My teenwoordigheid self en My teenwoordigheid

moet altyd tot voordeel vir julle siele wees. Daarom moet julle, julleself

dikwels die seën van My teenwoordigheid gee, dit vereis julle wil om julle

van die wêreld terug te trek en op te hef in die geestelike gebied, waar julle

altyd sal wees wanneer julle gedagtes met My is en dan sal julle siele

waarlik nie meer ly nie, want hy sal deur Myself versterk word, Wie nou

toegang tot julle het, Wie nou met hom kan praat en aan hom gee wat hy

nodig het om tydens sy tyd op aarde tenvolle volmaak te word. Want Ek wil

dat hy volmaaktheid bereik terwyl hy nog op aarde is en sodra Ek die siel

kan beïnvloed sal sy volmaaktheid ook direk gewaarborg word. En daarom

wil Ek hom direk kan aanspreek, maar julle wil moet besluit dat julle,

julleself intiem aan My sal wy en sal verlang om My te hoor. Dan sal Ek

seker met julle wees en Ek sal met julle praat soos ‘n vader met sy kind

praat wie se liefde Ek vir altyd wil wen. Amen

Waar kom die bose vandaan?

7618 7 Junie 1960

Julle kan nie die onmeetlike verwydering in sy totale diepte besef waarin

die eerste gevalle gees, (Lucifer) homself begewe het, deur sy weerstand

teen My, sy God en Skepper van die Ewigheid nie. Hy het My onderken, hy

het in die volheid van lig gestaan wat elke gebrekkigheid van sy insig

uitgesluit het. Hy het deur ewighede heen die bewys van My liefde en krag

ontvang. Hy het geweet dat hy van My uitgegaan het, dat hy uit My

307

voortgekom het. Hy was onmeetlik geluksalig in die ontvangs van die krag

van My liefde en hy het hierdie krag na eie goeddunke gebruik, wat sy

geluksaligheid steeds weer verhoog het en tog het hy My verlaat. Hy het in

opstand gekom teen My, hy het My liefde afgewys en in grondelose dieptes

gestort, hy het My teenpool geword, hy, wat Ek eens geskape het as My

ewebeeld. En nou sal julle mense die vraag stel, hoe dit wel moontlik was,

dat daar uit hierdie eerste wese, die ligdraer wat tog volmaak was, iets

onvolmaak kon voortkom aangesien daar niks onvolmaak uit My kan kom

nie. Hierdie vraag is slegs so te beantwoord: Die volmaakte het ook geen

begrensing, geen beperking geken nie, dat hy homself na alle rigtings heen

kon ontwikkel sonder om daarin gehinder te word. En by volmaaktheid

behoort die vrye wil onvoorwaardelik.

By volmaaktheid hoort alles wat die korrekte maat het en dit beteken egter

ook dat die vrye wil die maat kan oorskry, dat die wetlike ordening

daardeur omver gegooi kan word. Die wetlike ordening is die regmatige

maat in alle dinge. Wanneer die vrye wil nou van die regmatige maat

afwyk, ontstaan daar ook wanorde, ‘n toestand wat nie meer met My Wil,

met My ewige orde ooreenstem nie. Iets oorspronklik goddelik, iets goeds,

het dus in iets ongoddelik verander, in iets wat teenoorgesteld is aan God.

En dit is die begrip "sonde." Om die korrekte maat te kan oorskry, moet

egter moontlik wees, omdat die vrye wil andersins nie in werking sou kon

gestel word nie, wat egter ewegoed in die ewige orde kan bly. Dit is nou

wel moontlik dat ‘n deur My geskape wese verkeerd kan dink en wil, omdat

hy hierdie wilsvryheid besit. Hy word egter nooit deur Myself tot die

verkeerde denke en wil aangespoor nie, omdat so-iets onmoontlik sou

wees, dat Ek as die mees volmaakte Wese ooit ‘n verkeerde gedagte sou

kan hê, dus is die veronderstelling vals dat Ek ook die bose in My het. Ook

hulle wat deur My, buite My Wese geplaas was, het nie die bose in hulself

gehad toe Ek hulle geskep het nie. Alles was in passende mate aanwesig,

sodat hulle nie moes val nie. Maar omdat die denke en wil van die

volmaakte sonder beperking was, kon hulle ook die regmatige maat

oorskry, hy kon in homself opgaan en uit die ewige ordening tree.

Hierdie geestelike verwarring van die wese kon egter eers plaasgevind het

toe hy homself van My afgewend het, toe hy dus verhinder het dat My

Woord in hom weerklink, want My Woord kon niks anders gee en verlang as

wat volmaak is nie. My Woord sou die wese nooit aanleiding gegee het om

uit My ewige ordening te tree nie. Dog sodra die verbintenis met My

losgemaak was en die wese nie meer na My stem kon luister nie; het hy

dan ook in ‘n verkeerde rigting gedink en gewil, omdat hierdie moontlikheid

hom vrygestaan het op grond van die beslissing van sy wil. Maar die

"sonde" was altyd die verkeerde wil buite My, wat altyd slegs vanuit die

regmatige ordening kon dink en wil. Ek Self was volmaak! Ek het

volmaakte wesens geskep en hulle het volmaak gebly solank hulle die

verbintenis met My in stand gehou het, wat hulle egter ook kon verbreek,

308

as teken dat hulle ‘n vrye wil besit. Die verbintenis met My waarborg ‘n

korrekte denke en wil. Die losmaking van My het ‘n verkeerde denke en wil

tot gevolg, want die wese streef nou na iets wat "buite My staan." Lucifer

"die ligdraer", het homself in My plek gestel, ofskoon hy insig gehad het dat

Ek die Oerbron is. En die uit "ons" voortgekome wesens het Lucifer in My

plek gestel, hoewel ook hulle die lig van die insig gehad het. Sodoende het

hulle met hulle wil die breuk met My voltrek en het hulself nou nie meer in

die korrekte ordening bevind nie. Daar was in hulle nie meer die korrekte

maat nie, veeleer het die negatiewe oorheers, terwyl die positiewe in die

regmatige ordening oorheers, of anders gesê: Die volmaaktheid het verlore

gegaan en hulle het as iets onvolmaak voortgekom uit hierdie verandering

van wil, wat homself op negatiewe wyse geuiter het en het hulself dus

steeds verder van My verwyder.

As iets "buite My staan" dan het hy homself ook buite die regmatige

ordening begewe, omdat in My, as die mees volmaakte Wese, ook alleen

die regmatige ordening kan wees en omdat alles wat nie met hierdie

ordening ooreenkom nie; kwaad, dus sonde is. En so word hierdie vraag

vanself beantwoord: of Ek die bose in My dra. In My kan niks boos wees

nie, omdat Ek andersins nie volmaak sou gewees het nie. En kwaad of

boosheid is altyd dit, wat hierdie volmaaktheid laat vaar en elke regmatige

maat verdraai, dus die ewige ordening omvergooi, wat die grondbeginsel

van My Wese is. Ek moes egter elke wese die vrye wil as bewys van sy

goddelikheid gee en hy moes die moontlikheid hê om homself na alle

rigtings te keer.

En so het die wese (Lucifer) self die bose geskape toe hy aan My ontrou

geword het, toe hy homself verwyder het van My en die ewige ordening

verlaat het, toe hy sy krag op negatiewe wyse teen My wou gebruik. En

terwille van My laaste doel, naamlik dat My skepsele tot "kinders" kon

word, het Ek nie die wese verhinder nie. Maar hy kon ewegoed by My gebly

het. Hy hoef nie sondig te geword het en te geval het nie; hy kon volmaak

gebly het, in vrye wil en die hoogste geluksaligheid geniet het, wat hy egter

vrywillig verspeel het. Dit kan egter nie ontken word dat die mens die bose

in homself het nie, want hy bevind homself nog lank nie in die regmatige

orde nie, hy staan nog "buite My" en moet eers weer in die ordening van

die ewigheid ingaan - om dan as "volmaak" - ook al die bose van homself

afgestoot het, om ‘n goddelike wese te wees; My ewebeeld! Dit kan egter

nie gesê word dat daar by die geboorte van die mens, die bose vanaf My in

hom gelê word nie, want dit is nie volgens die waarheid nie. Inteendeel:

Die siel, wat nou die menslike liggaam bewoon, is ‘n samevoeging van

onvolwasse deeltjies wat hulself nog nie almal in die regmatige ordening

bevind nie en eers gedurende die aardse lewe hierdie ordening moet

ingaan. Die siel bevind homself nog ver van My as hy die beliggaming as

mens aanvaar en hy moet homself met My verenig. Die vrye wil moet weer

die volmaaktheid, wat die oergees eens besit het, nastreef, hy moet

309

homself van alle negatiewe gedagtes vrymaak. En so sal ook die mens

slegs positiewe gedagtes in homself laat opkom, hoe meer hy na My strewe

en trag om homself met My te verenig. Dan dring hy al die bose uit

homself, hy probeer die ordening tot stand te bring, hy vind in alles die

korrekte maat: Hy is weer goed, soos wat hy was in die allereerste begin.

Die bose is slegs buite die goddelike: Dit is die weerspannigheid teen God.

Ek kan egter nie teen Myself weerspannig wees nie. My Oerwese is Liefde.

Ek kan altyd alleen gee en gelukkig maak. Ek kan egter nie die wese dwing,

om aan te neem wat Ek hom skenk nie. Hy moet ook kan afkeur, omdat hy

‘n vrye wil het. Sodra hy My liefde egter afwys, verset hy homself teen My

Liefde en plaas hy homself buite die stroomkring van My Liefde, dan word

die positiewe in die negatiewe verander en die wese gaan nou die toestand

binne waarin hy verkeerd gaan dink en wil en verwyder homself steeds

verder van My. Die terugvoeringsproses verklein die groot verwydering

slegs langsaam. Maar solank die wese nog nie die laaste toenadering tot My

gesoek en gevind het nie, is daar ook nog verkeerde gedagtes in hom,

omdat hy teen My gerig is, dat dit dus sleg is en gedurende die menswees

in die teendeel verander moet word. En wanneer die mens die vereniging

met My soek in vrye wil, dan verweer hy homself teen elke verkeerde

gedagte. Hy soek en wil slegs die goeie – wil die goddelike hê - hy wil weer

word soos wat hy was in die allereerste begin, My ewebeeld, My kind, wat

met My verbonde wil bly tot in alle ewigheid. Amen

Baie bewyse van God

7624 17 Junie 1960

Dit sal vir julle van My kant af maklik gemaak word om te glo as julle maar

gewillig is, want Ek gee julle so duidelike bewys van Myself en My

werksaamheid, dat julle My kan herken en dus julle geloof ‘n oortuigde

geloof sal kan wees. Ek bewys Myself aan julle deur die skepping, deur alles

wat julle omgeef. En Ek bewys Myself aan julle deur met julle te praat, wat

julle van bo hoor en wat aan al die mense gestuur word wat bereid in om te

glo. Want eers moet die wil daartoe aanwesig wees, dan sal die mens ook

kan glo.

Wie die goeie wil open sy oë, oor en hart en hy sal dan bewys na bewys

van My bestaan kan sien, hoor of ondervind, omdat Ek Self My aan ‘n mens

van goeie wil openbaar, omdat Ek digter by hom kom en My aan hom

bekend maak. Dus sal geen mens kan sê dat dit vir hom onmoontlik is om

te glo nie, want dan ontbreek hom die bereidwilligheid en geen mens kan

tot geloof gedwing word nie. Sy wil is dan nog totaal weerspannig teen My,

want die verloon van ‘n Godheid is die bewys dat die mens nog geheel in

die ban van die oersonde gevange is, dat hy sy vroeëre weerstand teen My

nog nie opgegee het nie en dan kan sy wil ook nie met geweld gebreek

word nie.

310

En tog probeer Ek gedurende die aardse lewe steeds om sy wil te wen

deurdat Ek My steeds weer op die mees uiteenlopende maniere aan hom

openbaar, sodat hy My altyd kan herken as hy maar sy wil verander. Die

geloof in My kan deur alle mens verkry word want hulle staan te midde in

My skepping en die werk van die natuur spreek hulle aan, waaroor hy dan

slegs hoef na te dink.

Die van My afgekeerde wil sal egter steeds na andere verklarings vir die

wondere van die skepping soek, as die bestaan van ‘n wesenlike Skepper

van ewigheid. Sodra die eie wil egter terugstaan kan in hom ook ander

gedagtes opkom. Dan kan hy dit vir moontlik hou dat daar ‘n bo alles

staande Mag, Skepper en Bestuurder is. En Ek sal steeds so op die mens

inwerk dat hy die insig verkry.

In die laaste tyd voor die einde van hierdie aarde sal die geloof byna geheel

verlore gaan en ook My nuwe openbaringe sal nie baie uitrig nie, omdat

vanweë die vrye wil van die mense, hulle nie gedwing kan word nie. Maar

tog laat Ek nie na om die mense van bo af toe te spreek nie, want My

woord het die krag om die denke van die mens te verander as hulle dit in

hul laat deurwerk. Want dit kom ook voor, dat geheel ongelowige mense

My woord hoor of lees en hulle daardeur aangeraak voel, ofskoon dit slegs

selde die geval is.

Maar vir My is alle siele van belang en daarom laat Ek nie na om elke

afsonderlike siel te werf nie. Ek sit ook deur middel van die noodlot die voet

dwars vir die mense wat nie wil glo nie, deurdat Ek hulle in noodsituasies

laat beland waarin hulle hulself tot ‘n oppermagtige Wese kan wend om

hulp. Maar Ek moet hulle wil steeds volkome vry laat en Ek kan dus altyd

alleen maar probeer om op hierdie wil in te werk, wat My Liefde en

Erbarming ook ononderbroke doen solank die mens op aarde leef. Amen

Die geregtigheid van God eis vergoeding

7625 18 Junie 1960

Elke onregverdigheid moet deur die sondaar vergoed word. Dit word geëis

deur My geregtigheid. En hierdie sonde moet op aarde of in die hiernamaals

verwyder word en as ‘n siel, wat deur sonde belas is wat Hy op aarde

gepleeg het, in die geestelike koninkryk ingaan, kan dit ‘n oneindig lang tyd

verg tot Hy hierdie sondeskuld verwyder het. Maar Hy kan nie vergoeding

doen vir die oersonde van die verlede, dat julle My versaak het in die

koninkryk van die hiernamaals nie, want die oersonde is te groot vir die

wese om dit self te verwyder, hetsy op aarde of in die geestelike koninkryk.

Nietemin, selfs ‘n siel wat nog deur die oersonde belas is word van geëis

om vergoeding te doen van die sonde wat Hy op aarde begaan het en vir

dit alleen sal Hy ‘n onuitspreeklike moeilike en kwellende lot moet verdra,

omdat My geregtigheid kompensasie vir elke sonde eis.

311

Maar My oneindige liefde het medelye met alle sondaars. Dit het die

sondeskuld verlos, dit het herstelling daarvoor gedoen, dit het die skuld

namens die sonde-belaste mensdom betaal, ook vir die oersonde, sodat die

siele die geestelike koninkryk sal kan ingaan wanneer hulle die fisiese

liggaam verlaat. Ek het die vergoeding Self in die mens Jesus deur My

bittere lyding en sterwe aan die kruis, deur ‘n daad van medelye gedoen,

wat slegs die liefde kon verwesenlik. En so kan selfs die grootste sondaar

van sy sonde verlos word en die koninkryk van lig ingaan, op voorwaarde

dat Hy Verlossing aanvaar, op voorwaarde dat Hy My vrywillig in Jesus

Christus benader en terwille van die kruisiging My om vergiffenis vra. Maar

die weg na die kruis moet vrywillig geneem word, anders plaas die mens

homself buite die verlossingsdaad, anders behoort Hy nie tot die vir wie My

bloed as vergoeding vir die sondeskuld van die mensdom gestort was nie.

Julle sal slegs die belangrikheid van die Verlossingsdaad kan waardeer as

julle nadink dat dit van julleself afhang watter lot julle vroeër of later in die

ewigheid sal ervaar. As julle veronderstel dat onmeetlike lyding op julle

wag omdat julle gesondig het en nie die genade van Jesus Christus aanvaar

nie, Wie julle van julle sondeskuld wil bevry. As julle in ag neem dat julle,

julleself nie van julle enorme sonde in ‘n ewigheid sal kan verlos nie en

daarom in onuitspreeklike kwellinge en duisternis vir ewighede sal dwaal.

En as julle in ag neem dat julle van julle eie skuld bevry kan word deur julle

aan My in Jesus Christus te oorhandig. As julle met julle sondeskuld na die

kruis gaan en My in Jesus om vergiffenis vra. Julle moet vir elke sonde

verantwoording doen en dit goedmaak en julle almal het gesondig in julle

aards lewe.

Maar julle almal kan vergiffenis vind; julle kan vry van julle skuld word en

verlos die koninkryk van heerlikheid binnegaan deur slegs na Jesus Christus

die Goddelike Verlosser te draai, wat Myself as houer gedien het, omdat My

liefde die Verlossingsdaad vir julle mense wou volbring en dit slegs in die

uiterlike vorm van ‘n mens kon plaasvind, wat alle sonde op Homself neem,

wat gely en gesterf het as mens en Sy bloed uit liefde gestort het om Sy

medemens te help en hulle te verlos van geestelike teëspoed. Julle moet

slegs julle weg na Hom rig, julle moet slegs julleself aan Hom toevertrou in

julle geestelike ontbering, belei julle sonde aan Hom en vra Hom dat Hy Sy

bloed ook namens julle gestort het, sodat julle van julle sondeskuld bevry

kan word, sodat julle die geestelike koninkryk sal kan ingaan wanneer die

dag van julle oorgaan vanaf hierdie aarde vir julle gekom het.

En Hy sal julle aanvaar, Hy sal julle sondeskuld uitwis, want Hy het My

geregtigheid tevredegestel. Hy het die lyding en die pyn verdra wat julle

moes verdra het en wat julle nie gespaar kan word as julle die aarde

onverlos sonder Jesus Christus verlaat nie. Julle sal Hom egter nog kan

aanroep en Hom vind in die koninkryk van die hiernamaals en selfs dan kan

julle nog verlos word, maar die weg is lank en moeilik en julle sal dikwels

nie die wil hê om dit te doen nie. Maar tog sonder Jesus Christus sal die

312

poort van die koninkryk van lig vir julle gesluit bly, sonder Jesus Christus

sal julle nooit geseën kan word nie. Amen

Die geluksaligheid van die ewebeelde van God

7627 20 Junie 1960

Die einddoel van julle aardse lewe is die vereniging met My. Julle moet die

aaneensluiting met My gevind het! wanneer die uur van die dood kom, julle

moet sonder vrees en skrik heengaan na die ryk hierna, julle moet alleen

van verblyfplek verwissel en weer kom in die Vaderhuis, wat julle ewighede

gelede verlaat het. Julle moet weer die weg na julle huis, na My gevind het

en nou ook weer gelukkig wees soos julle dit was in die allereerste begin.

Dit is die betekenis en die doel van julle bestaan op aarde en julle

voortdurend strewe moet wees om die doel te bereik, want dit is moontlik.

Dit is nie iets onmoontliks wat Ek van julle verlang nie. Julle is My kinders,

julle het van My uitgegaan en dit moet heel vanselfsprekend wees, dat julle

daar na streef om weer na My, julle Vader terug te keer, omdat die Liefde

van die Vader julle trek en omdat julle in die allereerste begin geskape was

as My ewebeelde. En daarom moet die vereniging met My meer ooreenkom

met julle wese as die verwydering van My. En daarom was julle ook op die

verre afstand nooit gelukkig gewees en kan julle ook eers na ons

vereniging weer gelukkig genoem word, want om met My verenig te wees,

beteken ook: om weer deur My Liefde deurstraal te word, wat ‘n

onvoorstelbare geluksaligheid beteken.

Julle is My skepsele en hoort onherroepelik by My. Julle afval van My was

egter ‘n daad van ‘n verkeerde wil en verkeerde denke. As julle wil en

denke weer in die ware ordening verkeer, sal julle ook weer die

aaneensluiting met My soek, julle sal weer alles doen om die afstand van

weleer te verklein. En dit sal julle ook in julle aardse lewe geluk, omdat Ek

Self vurig verlang na die aaneensluiting en julle daarom ook help omdat My

Liefde julle trek en julle My Liefde nie kan weerstaan nie, as julle weer die

ware ordening aanvaar het.

Dit is waarlik ‘n heerlike lot wat op julle wag, wanneer julle, julleself met

My verenig het. Die ligryk open hom daardeur weer vir julle, julle kan werk

in krag en lig en vryheid na julle wil, wat egter tog ook My Wil is. Julle sal

salighede kan geniet waarvan julle nooit gedroom het nie, julle sal sien en

hoor wat julle oë en ore nog nooit op aarde gesien en gehoor het nie, want

Ek het vir almal wat Myne is onmeetlike salighede berei, wat My liefhet en

hulle daarom met My vir ewig verbind het. Want dit is die liefde, wat die

innige verbintenis vleg om Vader en kind, die liefde, wat in julle ontsteek

moet word tydens julle lewe op aarde en dit dan die hart van die mens so

deurstraal, dat dit die verbinding met My, as die ewige Liefde tot stand

bring dat die mens nou sy oerwese weer aanneem, dat hy word wat Ek Self

van ewigheid is, Liefde.

313

En so moet ‘n mens wat homself weer verander tot liefde onafskeidelik met

My verbind wees, hy moet weer soos in die begin deur My Liefde deurstraal

word, hy moet so dig by My wees, dat ons innig versmelt is deur die liefde

en dus moet sy terugkeer na My dit laat plaasvind, wat die betekenis en

doel van sy aardse lewe was.

En met die verbintenis is daar geen terugval meer na die diepte nie, die

wese het sy wilsproef deurstaan, julle het van skepsel van God tot kind van

God geword, julle het die volmaaktheid op aarde bereik, julle het weer alle

eienskappe en vermoë opnuut verkry wat julle eens deur julle afval van My

prys gegee het. En Ek het nou My doel bereik, My heilsplan van ewigheid is

by die wese met sukses gerealiseer, d.w.s. wat Ek nie kon skep nie is deur

die heilsplan bereik: wesens wat aan God gelyk is, kinders wat tot

volmaakte wesens word deur die vrye wil, nie deur My Almag nie.

Nou eers het Ek ware kinders, wat in alles My ewebeeld is, wat naas My en

in My Wil kan skep en werk en tog hul eie wil gebruik, wat egter gelyk gerig

is met Myne, omdat die volmaaktheid dit waarborg.

En julle mense kan die doel bereik, want Ek Self verlang vurig na die

aaneensluiting met julle en Ek sal waarlik alles doen wat julle na julle doel

voer, wanneer julle wil hom maar aan Myne onderwerp wanneer julle,

julleself gewillig onder My leiding stel, wanneer julle tenvolle bewus streef

na die vereniging met My en wanneer julle in liefde leef en dit al hier op

aarde. Dan kom julle met elke werk van liefde digter aan My, dan laat julle

My teenwoordigheid in julle toe en dan moet ook die vereniging plaasvind,

want: “Wie in die liefde bly, die bly in My en Ek in hom” Die liefde is dan die

verbintenis wat ons saambind en nou ewig onverbreeklik is. Amen

‘n Ernstig verlange na waarheid waarborg dit ook

7629 22 Junie 1960

Begryp dit tog, dat alleen die ernstige wil om die waarheid te weet

aanwesig moet wees om dit ook te kan ontvang. Selde word egter hierdie

ernstige wil aangetref, ofskoon alle mense beweer om te strewe na die

waarheid. En tog is dit alleen maar ‘n gesegde wat by mense gebruiklik is,

sonder dat hulle daaroor nadink, want die verlange na die waarheid moet

diep in die hart ontwaak en die mens nie meer loslaat nie. Hy moet niks

meer vrees as om in dwaling te raak nie, hy moet daarom hom in sy hart

tot My wend en My bid om hom die waarheid te laat toekom en dit sal hom

dan ook gegee word.

Het die mens egter ‘n bepaalde kennis ontvang en hou hy aan hierdie

kennis vas sonder om dit ernstig te ondersoek vir waarheidswaarde, dan is

dit ook moeilik om hom van die waarheid te oortuig as dit nie met sy

kennis ooreenstem nie. Want dan verweer hy hom daarteen, as hy nie

bereid is om sy eie mening op te gee en vir die suiwere waarheid te verruil

nie. Dan ontbreek hom die innerlike verlange na die waarheid en hy sal dan

314

ook nie instaat wees om dit te ondersoek nie omdat hy hom nie met My in

verbinding stel nie, omdat hy My nie bid om verligting van sy gees om reg

te kan oordeel nie.

Daarom is dit ook nie altyd moontlik om die suiwere waarheid na die aarde

te bring nie, daarom word soveel denkrigtings vir die waarheid gehou wat

geen aanspraak daarop kan maak nie. En tog word dit as waarheid

verdedig, in die besonder dan as die oorsprong uit die geesteryk is, as die

mense vas glo dat hulle die waarheid ontvang het. Omdat die ernstige

verlange van die ontvanger die voorwaarde is vir die oorbring van die

waarheid, is nie alleen genoeg om die waarheid te waarborg wat na die

aarde gebring word nie.

Steeds is daar ‘n ernstig ondersoek nodig en dit moet met My

ondersteuning onderneem word. Want ook in die geesteryk bevind wesens

hulle wat nog tot die duisternis behoort, of ook, dan self nog onvolmaak is

en vashou aan hul verkeerde kennis wat hulle van die aarde saamgeneem

het en in die ryk hierna ook ywerig uitdra, soos hulle dit op aarde gedoen

het. Want wat die mens liefhet, daarvan is hy ook nie in staat om hom in

die hiernamaals los te maak nie.

En dit is ook van belang vir sy ontwikkelingsgang, want dit kan ewighede

duur tot so’n siel hom vry gemaak het, tot hy eindelik begin om die

waarheid aan te neem. Hulle kan egter ook tot nadeel van die mense hier

op aarde werksaam wees vanuit die ryk hierna, as hulle gewillige mense

vind aan wie hulle deur gedagtes hul foutiewe kennis kan oorbring, of ook

deur hulle te uiter teenoor mense met ‘n mediamieke aanleg wat

bewustelik ‘n verbinding tot stand bring met die geesteryk.

So'n verbinding kan en sal dan alleen tot seën wees as ‘n ernstige verlange

na die waarheid die mens beheers en hy steeds om die ondersteuning deur

My Gees bid. Dan bestaan daar geen gevaar nie, dan bou die mens vir hom

‘n sterk muur waar wesens sonder insig nie kan deur kom nie. Dan het

alleen die ligwêreld toegang tot hom en die sal hom waarlik alleen die

waarheid uit My oorbring, omdat hulle in My opdrag werksaam is en omdat

dit My Wil is dat julle onderrig word in die suiwere waarheid.

En die selfondersoek moet elkeen by homself uitvoer, hoe ver hy staan in

die verlange na die waarheid. Hy moet vrees hê vir dwaling en My steeds

om beskerming daarteen vra en sy bede sal verhoor word. Want Ek Self wil

dat julle in die waarheid staan. Ek Self wil dat julle dit ontvang, dus sal Ek

julle ook die moontlikheid daartoe verskaf, maar altyd met die voorwaarde

dat julleself die waarheid wil ken, die wil is vir julle ‘n sekere beskerming

teen verkeerde denkrigtings, teen onware denke en valse uitleg van dit wat

julle aangebied word.

Dan sal die mens wat die waarheid begeer ook die ware oordeelsvermoë

hê, omdat Ek hom dit saam met die waarheid laat toekom en hy om die

rede in staat is om alle geestelik kennis te beproef op hul waarde. Ek Self is

die Waarheid. Ek Self wil met My skepsels in verbinding tree, dus wil Ek ook

315

dat My skepsels hulle in die waarheid bevind. Ek sal hulle ook beskerm teen

die invloed van geestelike wesens wat dwaling probeer versprei en hulle

kamoefleer as ligwesens, sodat julle mense bedrieg word en ten prooi val

aan dwaling.

‘n noue verbinding met My verseker julle ook ‘n regte denke en ware

onderrig, dit waarborg dat julle die waarheid gebring word deur My gees.

Want die geesvonk in julle is ‘n deel van My en hy onderrig julle waarlik

waar. Julle almal moet dus daarna strewe dat julle deur julle gees self

onderrig word, sodat julle, julleself nie hoef te hou aan die deurgegewe

kennis uit die geestelike wêreld wat julle nie kan kontroleer nie, omdat julle

die geestestoestand nie ken van hulle wat sulke oordragte ontvang op

mediamieke wyse nie.

Want daar bestaan altyd die groot gevaar dat daar wesens tussenbeide

kom wat self nog die insig mis. Waar egter die gees aan die werk is, daar

weet julle dat Ek Self tot julle spreek en dat Ek julle waarlik alleen die

suiwere waarheid verskaf. Want Ek wil dat My skepsels op aarde in die

waarheid wandel, omdat hulle alleen deur die waarheid tot My en dus ook

tot saligheid kan kom. Amen

Die laaste vernietigingswerk

7630 23 Junie 1960

Deur die wil van die mense self sal die laaste werk wat alles verwoes aan

die gang gesit word, maar Ek gaan nie teen hierdie wil in nie, ten eerste

omdat dit vry is en hulle ook self moet verantwoording doen en ten tweede,

omdat Ek ook op hierdie wil My heilsplan opgestel het, sodat ook dit nog

bevorderlik is vir die verdere ontwikkeling van die geestelike.

Ek beweeg die mense waarlik nie om verkeerd te wil en te handel nie. Ek

gee hulle alleen maar die volste vryheid, wat hulle egter misbruik, deurdat

hulle in die wette van die natuur ingryp, deurdat hulle proefnemings uitvoer

met kragte wat hulle nie kan beheer nie en waarvan hulle die uitwerking

nie ken nie. Maar dit is hul eie skuld, omdat hulle met lae motiewe

experimenteer, omdat dit nie gedagtes van liefde is, wat hulle aansit tot hul

voorneme nie. En daarom het hierdie skuld ook so'n ontsettende

uitwerking. Dit sal ‘n werk van verwoesting wees, waaraan alles ten prooi

val wat in, op en bo die aarde leef. En al bly die hemelliggaam ook bestaan,

tog sal die hele aardoppervlak verander en dit beteken, vernietiging van al

die lewe en alle skeppingswerke op hierdie aarde wat die geestelike

gebonde inhou.

So word die geestelike voorlopig hul vryheid gegee, dit kan die vorm

ontvlug, dit maak nie saak in welke graad van volwassenheid dit aankom

nie. Maar behou hierdie vryheid nie, want dit moet sy ontwikkelingsgang

voortsit en om hierdie rede word dit weer in ‘n nuwe vorm ingelyf. En om

die geestelike wat nog in die skeppings gebonde is 'n verdere ontwikkeling

316

moontlik te maak, laat Ek ook die verkeerde wil van die mense toe wat die

vernietigingswerk teweegbring. Maar ook die mensdom self sal in sy

verkeerd wil ten gronde gaan en alleen Myne sal die laaste vernietiging

oorlewe, maar van hulle sal daar maar weinig wees.

Die grootste deel van die mense is My egter in geestelik opsig al so

vreemd, dat hul geestelike lot al bepaal is, want hulle het op so ‘n lae vlak

gekom wat ‘n verdere ontwikkeling op hierdie aarde nie moontlik maak nie.

hulle bring self deur hul toestand wat heeltemal nie geestelik meer is nie,

die einde van die aarde teweeg en gevolglik sal dit net so gebeur soos wat

die mense dit self wil.

Alles sal verander word, nou egter volgens My wet van ewige orde. Die

mense sal wel die begin daartoe gee, maar Ek Self bepaal en stuur die

verwerking, in ooreenstemming met My heilsplan van ewigheid, wat op die

verkeerde wil van die mense gebaseer word, sodat al die verkeerde denke

tog nog goeie resultate tot gevolg het.

Ek stuur dus hierdie verwoesting volgens My Wil, wat weliswaar nie strook

met die wil van die mense nie, maar wat tog die verdere ontwikkeling van

die geestelike dien. Dit is My plan wat Ek julle steeds weer tot kennis bring,

sodat elkeen van julle afsonderlik hom, beantwoordend aan die plan, kan

vorm solank daar nog tyd voor is. Want elkeen kan nog tot diegene behoort

wat aan die einde gered word, elkeen kan hom in sy wese nog so vorm dat

hy tot Myne behoort. Maar hy moet aan My in Jesus Christus glo en hy

moet in die liefde lewe. Hy moet sy wil na My wend en Ek sal hom dan

aanneem en hom die krag skenk wat hy nodig het om sy wese te hervorm.

Dan sal hy ook die einde nie hoef te vrees nie, selfs wanneer die

wêreldgebeure so dreigend ontwikkel. Want Myne beskerm Ek in elke nood

en elke gevaar; Ek help hulle aards en geestelik, want hulle moet sterk

word in die geloof en daarom sal hulle ook duidelik My hulp ervaar. Dit

maak Ek julle steeds en steeds weer bekend, sodat julle, julleself voorberei,

want die einde kom onherroeplik, omdat die tyd vervul is. Amen

"Ek is die weg, die waarheid en die lewe"

7632 25 Junie 1960

Ek wil julle die weg wys wat julle moet gaan tydens julle lewe op aarde. Ek

Self is die weg, die waarheid en die lewe. Wie luister na My gaan oor

hierdie weg, hy word na die waarheid gelei en hy bereik die ewige lewe.

Wie My aanhoor, sal ook gehoor gee aan wat Ek hom aanraai, wat Ek van

hom verlang en hy sal dan die weg van die liefde gaan, wat onherroeplik na

My voer, Wie die ewige Liefde is.

En gevolglik keer hy weer terug na My, van Wie hy eens uitgegaan het. Hy

het die weg waarop hy hom ontwikkel het voleindig en hy het teruggekeer

na die vaderhuis, hy is by sy Vader, soos dit was in die allereerste begin en

hy sal werk en skep soos dit sy bestemming is. Ek Self is dus die weg.

317

Hierdie woorde spreek Ek tot die mense toe Ek op aarde geleef het en Ek

maan hulle aan om My na te volg. My weg was uitermate smartlik, maar

die Liefde in My laat My die weg gaan.

En so sal julle ook steeds in die liefde moet bly vir My en vir julle naaste en

julle moet ook geduldig julle leed dra, steeds denkend aan My gang na die

kruis, wat so onmeetlik swaar was, omdat Ek die skuld van die hele

mensdom op My skouers neem om dit tot onder die kruis te dra. Hierdie

lydingsweg moes Ek gaan, want Ek wil ly vir die medemens, wat My

broeders was en deur hul val in die diepte moeilike skuld op hulle gelaai het

en nooit sou hulle in staat wees om dit te delg nie. Ek het medelye met die

toestand van die mense, want die was noodlottig en nooit sou hulle die

geluksaligheid kon bereik het as Ek My hul lot nie sou aangetrek het nie.

Die Liefde bepaal al My denke en handel en die Liefde bring vir die mense

die offer vir hul verlossing.

En wanneer Ek dus Myself as die weg aandui, dan moet dus ook julle weg

‘n weg van liefde wees, ook julle sal julle medemens in alle nood van

liggaam en siel moet help, ook julle sal bereid moet wees om offers te

bring, julle wese moet vervul wees van liefde, dan gaan julle dieselfde weg

wat Ek gegaan het en dan sal julle ook die waarheid vind en die ewige lewe

bereik. Ek Self is die weg, die waarheid en die lewe.

Wanneer julle mense My erken as die Goddelike Verlosser Jesus Christus in

Wie Ek Self die kruisoffer bring vir alle mense, dan is julle ook op die goeie

weg, julle sal van My die waarheid ontvang en salig word, want alleen die

suiwere waarheid kan julle tot lewe wek en dit sal dan steeds ‘n lewe in

geluksaligheid wees, omdat alleen van My uit julle die ware lewe geskenk

kan word, dat julle dus deurstroom word deur die krag van My Liefde, wat

die wese onvergelyklik gelukkig maak, wat dus die ware weg is wat na My

lei, terug na die vaderhuis.

En dus wys Ek julle die ware weg aan. Ek leer julle dat alleen die liefde na

geluksaligheid voer, dat alleen die liefde julle die waarheid waarborg en dat

alleen die liefde die siel lewe gee, wat julle dan ook nooit meer verloor nie.

Want dan is ook die vereniging met My gewaarborg wat die sin en doel van

die lewe op aarde is. Dan is die wese, die siel, heeltemal verander tot liefde

en hy het sy oorspronklike toestand binnegegaan, hy is weer geluksalig

soos hy was in die allereerste begin. Amen

Versoek om krag vir die komende tyd

7641 5 Julie 1960

Nog is julle lewensloop nie ten einde nie, nog kan julle van barmhartigheid

gebruik maak sonder beperking. Nog word My Woord van Bo vir julle

aangebied en nog het julle ‘n sekere vryheid van gees om die woord te kan

versprei. Om self die belewenis en die krag van My Woord te ondervind.

Want julle word nie gehinder om liefdeswerke te doen nie, julle kan spreek

318

en handel volgens eie wil. Julle kan arbei in My wingerd en julle kan besig

wees vir My en My Ryk.

En julle moet bewus wees van hierdie barmhartigheid, want eenmaal sal

die tyd aanbreek waar julle verhinder sal word om te arbei vir My en My

Ryk. Want dan word dit ook vir julleself moeilik gemaak om volgens My wil

te lewe.

En dan moet julle genoeg krag versamel hê om te volhard, ook as die

vyand teen julle optree. Want dan kan julle teen hom weerstand bied

omdat dit dan My krag is wat nou in julle werk en omdat Hy My mag nie

kan weerstaan nie.

Daarom moet julle vooraf reeds baie krag versamel en hierdie krag ontleen

aan My Woord. En daarom spreek Ek julle aan, sodat julle sterk sal word in

geloof en in die liefde en julle daarom vervul sal wees van krag, om die

komende tyd van nood maklik te kan deurstaan.

Sodoende moet julle vol lewe wees, daadwerklik in die liefde en lewendig in

die geloof, daarom kan geen leed wat ook al teen julle mag kom, geskied

nie. Want sal julle baie nou met My verbind wees en die sekerheid van My

teenwoordigheid sal julle innerlike vrede en onbesorgdheid gee. My

teenwoordigheid laat geen vrees in julle opkom nie en al die moeilike gaan

by julle verby, ofskoon dit nie vanweë die mensdom kan uitbly nie.

En hoe die dae ook al sal wees, sal nog die laaste barmhartigheid vir julle

en julle sieleeheil wees. Want die siel kan en sal nog volwasse word as julle

wil slegs goed en tot My gerig is. Dan sal Ek daarvoor sorg dat julle die

vyand nie ten offer val nie. Dat julle sal toeneem in krag - en steeds

weerstand sal bied wanneer hy julle bedreig. - Maar julle moet die dae wat

nog vir julle tot die einde toe sal oorbly, goed benut. Julle moet die

liggaamlike nood nie ag nie, maar slegs aan julle siele dink, want julle heil

is op die spel. En terwille van julle heil versterk Ek ook My barmhartigheids

gawes en hulle sal nie ophou tot die einde sal kom nie.

Dit egter word vir julle gesê dat daar nie meer baie tyd is tot die einde nie.

Houvas aan wat vir julle gesê is, dat julle moet glo en julle op die einde

moet voorberei, omdat My Woord julle andersins tevergeefs ter ore sal

kom, sodat julle nie hierdie besondere barmhartigheidsgawe sal uitbuit nie.

En al geval dit julle ook moeilik om te glo, roep My aan om krag en wees

bereid om volgens My wil te lewe en te dink. Dan sal Ek julle bystaan en

van krag voorsien. Ek sal julle gedagtes korrek lei, sodat julle nie verlore

sal gaan wanneer die einde sal kom nie.

Rig julle gedagtes maar net na My toe en julle sal nie verlore gaan nie.

Want dan sal julle ook leer om te glo hoe naby die einde is. Benut die tyd

goed wat nog aan julle gegee is, versamel krag deur My in gebed te vra

daarvoor en wees liefdadig. Want dan kan julle die einde met kalmte

verwag en Ek self sal julle beskerm en lei. Ek sal by julle aanwesig wees,

die wat My liefhet en julle sal nie verlore gaan nie. Amen

319

Om te lewe in die Goddelike orde is ‘n oer wet.

7642 6 Julie 1960

Julle kan nie die Goddelike wette herroep nie maar julle kan daarteen

handel. Maar die laasgenoemde sal nie vir julle voordelig wees nie, want

slegs die mens wat in die Goddelike orde leef vervul God se wil en slegs

hierdie persoon kan volmaak word terwyl hy op aarde leef. Maar om

gehoorsaam te wees aan die Goddelike orde beteken om te lewe in liefde,

want liefde is die Goddelike wet. Die liefde is God Self, wat die mees

volmaakte Wese in die oneindigheid is. Dus, sonder liefde kan daar nie

volmaaktheid wees nie en omdat geluksaligheid en volmaaktheid saam

hoort, kan geen mens gelukkigsalig wees sonder liefde nie. Maar die mense

kan hierdie wet ook ignoreer en dit was gedoen deur die wesens toe hulle

God verlaat het en in die diepte in gestort het, want hulle het gehandel

teen die Goddelike orde, maar kon nietemin nie die liefde self herroep nie.

Hulle was net nie meer instaat om in die kring van hierdie liefde te bly nie

en daarom bly hulself sonder liefde. Hulle wil het teen die Goddelike wet

gedraai, hulle wil het die liefdeslig van God verwerp, d.w.s. hulle beweeg

uit die Goddelike orde, hulle word harteloos en daardeur oortree hulle ook

die Goddelike wet. Hulle verval in sonde want alles wat hom teen liefde

verset sondig en dit is verset teen God self. En die logiese gevolg van die

afval van God was daarom ‘n ongelukkige staat, omdat die wese absoluut

in Goddelike orde moet lewe as hy gelukkig wil wees, d.w.s. hy moet

voortdurend liefde kan ontvang en gee, want liefde is die oer wet van

ewigheid, wat is en vir altyd die eerste Goddelike wet sal bly.

Julle mense kan enige tyd weer in die Goddelike orde ingaan as julle die

liefde as basisprinsipe van julle lewe maak, as julle slegs altyd julle

gedagtes en dade toelaat om deur liefde bepaal te word. Dan sal die

gewese staat van salige geluk spoedig weer aan julle gegee word, want dan

sal julle volgens Goddelike wet lewe, dan sal julle die wil van God vervul en

dan sal julle ook julleself weer met die Wetgewer van ewigheid, met God

verenig, Wie die liefde Self is. En julle karakter sal weer dieselfde wees

soos dit in die begin was. Die liefdes krag wat van God uitstraal, wat nou

vir altyd met God saamgevoeg is, maar as ‘n individuele self-bewuste wese

die onvoorstelbare geluk geniet wat hy deur die Ewige Liefde self gegee

word.

As ‘n wese die Goddelike orde oortree sal hy slegs homself skade berokken

maar nooit in staat wees om die ewige wet te kan herroep nie. Hy sal slegs

altyd in ‘n ellendige staat kom waarvan hy slegs verlos kan word as hy

gewillig is en hom inspan om weer in die Goddelike orde te leef. En dit is

die betekenis en die doel van die aardse lewe, want die siel, die eens

gevalle wese, aan die begin van sy beliggaming as mens is nie in hierdie

orde nie, maar altyd buite dit. Nietemin, kan hy die staat bereik, hy kan

homself weer tenvolle onderwerp aan die Goddelike orde en die siel kan

320

homself tenvolle verander na liefde en hom ook aan die Goddelike orde

onderwerp. En dan sal die wese weer gelukkig wees soos hy aan die begin

was, want as hy liefde self is sal hy ook ooreenstem met die oer aard van

God en sal weer verenig met Hom, uit wie hy eens voortgekom het. Amen

Johannes 21:25

7647 12 Julie 1960

Aan hulle wat Myne is, gee Ek ‘n lig as hulle dit opreg begeer! In My plan

van ewigheid is daar baie dinge vir die mense verborge. Onbeperkte kennis

is altyd ‘n teken van die grootste volwassenheid van die siel, want soos die

liefde groter word, so ook die kennis.

Ek is bewus van ewigheid watter graad van liefde die mense sal bereik en

daarom sê Ek nie meer tydens My lewe op aarde as wat die mense kon

begryp nie, want die begrip van diepgaande kennis hang van die graad van

hulle liefde af. Nogtans praat Ek oor baie meer dinge wat nie deurgegee is

nie. Daar was ook mense by My met liefde gevul en geskik om ‘n diepere

kennis te begryp en te aanvaar. Maar Ek het net een leer bly herhaal: die

gebooie van liefde. Ek het die mense altyd aangespoor om ‘n lewe van

liefde te leef.

Hierdie leer van liefde is vandag nog 'My Evangelie' wat aan alle mense

van goeie wil aangebied moet word. Die graad van geestelike

volwassenheid van ‘n persoon hang alleen af van die manier hoe hy My

gebooie van liefde vervul en van sy geestelike volwassenheid hang die

graad van kennis af wat hy besit.

Die liefde waarborg ware kennis wat tot die diepste diepte kan indring. En

hoe meer ‘n persoon hom verander na liefde, hoe vreemdere kennis kan hy

ontvang as hy dit wens.

Maar daar was nie baie mense wat kennis begeer het nie. Gewoonlik was

hulle tevrede met die kennis wat oorgelewer was en wat in die Boek van

Boeke gevind kon word. Maar die kennis wat uit die waarheid van God

bestaan is onuitputlik en kan nie beperk word nie omdat Ek nie beperk kan

word nie, omdat Ek as die mees volmaakte wese, geen beperking ken nie

en daarom die kennis van die mens nie beperk nie, as Hy ernstig na

volmaaktheid streef en ten volle in liefde verander.

Dan sal hy van dinge leer, wat in geen boek gevind kan word nie, Hy sal

aanhou indring in goddelike wysheid en sy verbasing sal sonder einde

wees. Dit sal dwaas wees om sulke kennis vir alle mense toeganklik te

maak in boeke, want dit vereis ‘n hoë graad van geestelike volwassenheid

om dit te begryp, wat slegs ‘n paar mense op aarde het.

Maar dit kan bereik word en daarom moet My gebooie van liefde telkens

weer aan die mense voorgehou word sodat dit hulle die volwassenheid van

hul siel kan laat bereik. Hoewel die lewe op aarde kort is, is dit voldoende

om ‘n hoë graad van volwassenheid te bereik.

321

Daarom kan ‘n persoon van die aarde vertrek met ‘n hoë graad van

bewustheid, as Hy die gebooie van liefde met ywer vervul het. Want dan

openbaar Ek My aan hom en sit die regte gedagtes in sy hart of gee aan

hom die waarheid deur die innerlike woord.

Dan sal hy die kennis oorskrei wat hy deur leer of die werk van sy intellek

bereik het, maar hy sal ook erken dat die waarheid in die Boek van Boeke

is omdat Hy dit met ‘n ontwaakte gees sal lees en besef dat daar wysigings

aangebring is weens die intellektuele gedagte van mense wat slegs deur

‘n ontwaakte gees ontdek en reggestel kan word.

“Wie My liefhet en My gebooie onderhou, na hom sal Ek kom en My aan

hom openbaar” En Ek sal hom waarlik in waarheid lei en hom die regte

begrip gee, van dit wat nie belangrik vir die aardse lewe is nie en wat

daarom verborge gehou was, dit sal nou in die eind tyd geopenbaar word

aan almal wat Myne wil wees. Aan hulle openbaar Ek My plan van

verlossing van ewigheid, want Ek wil dat hulle die erns van die tyd begryp;

Hulle sal weet wat vir hulle voorlê en in alle liefde gewaarsku word om aan

die einde te dink en hulle voor te bereid daar op.

Daarom word die kennis nou gebring aan mense, wat dit sal glo en aanvaar

of verwerp volgens die graad van hulle liefde. Hulle sal nie gedwing word

om dit te aanvaar nie, maar hulle sal daaroor nadink. Omdat hulle die Boek

van Boeke ignoreer, sal hulle My Woord ontvang, wat liefde leer en

teselfdetyd aan hulle meer van My plan van verlossing openbaar, omdat die

einde van tyd gekom het. Ek sal aan mense nou ‘n kennis voorlê, wat

ondraaglik vir hulle sal wees as hulle geloof swak is of volledig verdwyn

het, sodat slegs hulle wie se geloof sterk is, aan dit aandag sal gee en oor

My plan van verlossing van ewigheid sal leer.

Ek openbaar Myself nou aan hulle en vertel hulle dat wat sieners en profete

aangekondig het vanaf die begin van hierdie verlossingsperiode, nou vervul

word. want hierdie periode moet ook eindig en die toekoms moet die hede

word. En hulle wie se gees ontwaak is sal vind dat dit ooreenstem met die

Skrif, want wat uit My kom sal altyd ooreenstem en nooit dit self

teenspreek nie.

En net soos die oes die einde van die landbouwer se arbeid is, sal Ek ook

aan die einde oes en die siele wat volwasse geword het op die aarde

insamel, vir ’n lewe in die geestelike koninkryk of op die nuwe aarde, wat

ook al My liefde en wysheid as reg sien: Ek sal die lewende en die dode

oordeel. Ek sal alles plaas waar dit hoort volgens hul staat van

volwassenheid!

Dit sal beteken dat baie mense wat gefaal het in hulle tydelike lewe en

terug gesink het in ’n staat van dood weer in harde materie ingesluit word

van waar hulle hul weg na die lewe geleidelik moet terug vind deur

eindelose tye.

322

Maar niks sal vir altyd verlore gaan nie en ook dit wat na die diepste af

gedaal het sal na ’n tyd weer tot lewe kom en dit nooit weer verloor nie.

Amen

God as liefhebbende Vader

7648 15 Julie 1960

Vir die meeste mense is Ek die verre, ongenaakbare God, indien hulle nog

aan My glo. Maar hulle het geen verbintenis met My nie, hulle soek My in

die verte, hulle sien in My wel hul God en Skepper, maar nie hul Vader nie ,

hulle het die verhouding van kind tot vader nog nie tot stand gebring nie en

durf My daarom ook nie as Vader aan spreek nie. hulle verwag ook geen

hulp nie, omdat hulle die Vaderliefde uitskakel en in My alleen die

straffende God sien, die onverbiddelike Regter wat hulle genadeloos

veroordeel, as hulle nie volgens My Wil lewe nie.

Die mense is nie op hoogte van My oorgrote Liefde vir hulle nie, anders sou

hulle My vertroulik nader en met My ‘n tweegesprek hou. Hulle weet nie dat

hulle uit My Liefde voortgekom het en dat My Liefde aan hulle behoort nie,

ook as hulle sondig geword het. Hulle staan nog ver van My af en daarom

kan hulle ook nie deurstroom word met My Krag nie, omdat hulle hulself

dan vol vertroue tot My sou wend omdat hulle My nabyheid soek en deur

My as kind aangeneem wil word.

En dit is moeilik om hul die kennis oor te bring, want Ek is en bly vir hierdie

mense ‘n onbereikbare Wese, wat hemelhoog bo die mense staan en weinig

of geen kontak met hulle het nie. Hulle glo nie in ‘n samehang tussen die

Skepper en Sy skepsel nie, hulle voel hul geïsoleerd en is dit ook, solank

hulself die isolasie nie ophef en probeer om hul by My aan te sluit nie.

Maar Ek wil die Vader van My kinders wees, Ek wil ‘n hegte verhouding hê

met die mense, so heg dat hulle in staat is om My te hoor. Maar daarvoor is

die vrye wil van die mens nodig om met My kontak te hê. Ook die mens

moet nader aan My wil kom, hy moet self die groot verwydering tussen ons

ophef deur met My verbind te wil wees. En hierdie wil kan in die mens

gewek word, as My Liefde weer aan hulle verkondig word, as Ek aan hulle

voorgestel word as die hoogste volmaakte Wese, Wat alleen Liefde is en

wat Sy groot Liefde aan sy skepsels wil skenk, sodat hulle gelukkig kan

wees. Ek moet aan die mense as hoogs volmaak voorgestel word en by

volmaaktheid hoort ‘n oorvloed Liefde wat uitgaan na My skepsels.

Eers as die mens glo aan My Liefde, sal sy liefde vir My ook ontbrand en hy

sal vurig verlang na kontak met My. En dan sal hy hom ook as My kind voel

en verlang na die Vader om met Hom te praat.

Hy sal hom nie meer terughou nie en met My praat soos ‘n kind spreek tot

sy Vader en hy sal ook My Liefde voel en daarom vol vertroue na My toe

kom. En dan sal Ek by hom aanwesig wees, dan is die groot afstand

opgehef, dan kan My kind ook My stem hoor, omdat hy as hy daarna streef

323

om by My te wees, ook self liefde word, wat die vereniging van die kind

met die Vader bewerkstellig.

En sodra julle dus aan julle medemens Myself, hul God en Skepper, as

liefdevolste Vader voorstel, wat alleen maar daarna verlang om saam met

Sy kinders te wees, soos dit was in die allereerste begin, sodra julle dus My

as ‘n God van Liefde voorstel, sal ook die groot vrees vir My verdwyn, die

mense sal hul vol vertrou tot My wend wanneer hulle in nood is. Hulle sal

My hulp ervaar en dan probeer om steeds nader aan My te kom, want dan

neem ook My Liefde hulle en trek hulle sag, maar geleidelik omhoog.

En eens sal dan ook die vereniging plaasvind, want sodra die mens

eenmaal My Liefde bemerk het, maak hy hom ook nie meer van My los nie,

maar streef steeds yweriger na vereniging met My en die verre verwydering

is dan vir goed opgehef. Die mens sien dan nie meer in My alleen sy God en

Skepper nie, maar sy Vader na Wie hy nou wil gaan en bereik dan ook

seker sy doel. Amen

Uit die vuur van die liefde straal die lig van wysheid

7650 18 Julie 1960

Slegs die liefde is die sleutel tot wysheid en dit sal moeilik wees om die

dwaling te skei van die waarheid vir diegene wat die liefde nie het nie, want

hy self bevind hom buite die waarheid en hy kan dit nie herken nie. Dit sal

egter weer moontlik wees om tot die waarheid te kom, wanneer die wil

daartoe opreg is en wanneer die mens op hoogte is van die uitwerking van

die liefde. Die liefde is die lig self en ‘n hart wat gewillig is om lief te hê,

word deur die innerlike lig verlig, want die liefde wek die gees tot lewe,

omdat hy ‘n deeltjie is van die Vader Gees van ewigheid en ook alle

wysheid in hom dra en hierdie nou die mens van binne kan oordra. Die

vuur van die liefde straal die lig van die wysheid uit.

As julle hierdie diepe waarheid tog sou kan begryp: dat daar geen kennis

volgens die waarheid dus wysheid kan bestaan, as die liefde in die hart van

die mens nie ontbrand het nie. Want alleen waar liefde is, kan die mens

indring in die diepste diepte van die Goddelike Wysheid en dan sal hy ook

die kennis van sy medemens ver oortref, omdat hy, wanneer hy die liefde

in hom het God Self in hom dra en nou deur Hom ingelei kan word in alle

waarheid.

Die mens moet altyd daarvan bewus bly dat hy in homself alle waarheid

dra, dat hy in sy oertoestand hom in die helderste lig bevind het en dus ten

volle insig gehad het en dat die lig alleen maar bedek word deur sy

sondeval, maar te alle tye weer die oppervlakte kan bereik, wanneer hy vry

is van sy sondeskuld, wanneer hy verlos is deur Jesus Christus en nou deur

‘n lewe in liefde die gees in hom laat ontwaak het. En dan sal hy ook

dwaling van waarheid kan onderskei. Hy sal ‘n wyse oordeel kan vel, as

daar geskilpunte is wat geestelik kennis betref. En na hierdie moet

324

aandagtig geluister word as dit daaroor gaan of ‘n geestelike lering volgens

die waarheid is. Maar daar sal baie mense uit eie beweging beweer dat hul

gees ontwaak is, baie mense sal hulle tot die reken wie se gees gewek is en

die mense sal van mekaar afwykende opvattinge as waarheid verdedig, wat

egter nooit die waarheid uit God kan wees as dit van mekaar afwyk nie. En

die mense self kan die graad van liefde van hul medemens ook nie

beoordeel nie en dan is daar maar een uitweg: om tot God Self te gaan en

Hom om opheldering te vra, Wie Self die ewige Waarheid is. Want dit moet

julle gesê word, dat ook die teenstander van God hom kan kamoefleer

onder die dekmantel van die liefde, maar dat daar nie van onbaatsugtige

naasteliefde gepraat kan word nie, inteendeel waar liefde gedoen word

terwille van eie voordeel, waarvan die medemens meeste van die tyd niks

merk nie.

Maar die gevaar bestaan en dan kan nie van oordrag van die waarheid, van

die "wysheid" gepraat word nie, van die lig wat uit die vuur van die liefde

straal. En daarom moet julle ondersoek en julle nie op ‘n dwaalspoor laat

lei deur leeringe waarvan julle dink dat julle dit moeilik kan aanneem nie.

Dan word julle innerlik gewaarsku, want wie die waarheid begeer, hoef nie

te vrees om ‘n prooi te word van dwaling nie, hy sal ‘n egte gevoel van

weerstand hê, wanneer hom soms geestelike leringe aangebied word en hy

sal ook kan onderskei wanneer die teenstander ingryp en waar hy tussenbeide

kan kom. En hy moet hom alleen maar des te inniger met God

verbind en Hom vra om beskerming teen dwaling en om ‘n ware insig. En

sy denke sal waar wees, hy sal nie dwaal in sy oordeel nie. Amen

Julle versoek aan ligwesens na gebed aan God

7655 25 Julie 1960

In julle kontak met die geestelike wêreld bepaal slegs julle houding teenoor

My of julle siele voordeel daaruit sal trek. Want goeie en bose magte veg

vir julle wil om hul invloed oor julle uit te oefen en julle beslis alleen watter

mag toegelaat word om julle te benader. Die belangrike faktor is die rigting

van julle wil, wat altyd na My moet streef, as die ligwesens wat namens My

werk toegelaat moet word om julle te beskerm en te onderrig.

Julle konstante verbintenis met My verseker julle van hul beskerming en

sorg en hul invloed op julle siele sal altyd gunstig wees en sal julle siele

ontwikkeling bevorder. Want selfs hierdie wesens wat vol liefde is, word nie

toegelaat om julle teen julle wil te beïnvloed nie hoewel die bose magte ook

nie dit kan doen nie. Dit is waarom julle altyd beskerm word teen hulle

aktiwiteite as julle dig met My verenig, wanneer julle op My ‘n beroep doen

vir beskerming en hulp. Dan sal Ek My ligwesens kan opdrag gee om oor

julle te waak en dan sal julle waarlik veilig wees. Want die liefde van

hierdie wesens is enorm en hulle sal alles vir julle doen sodra hulle sien dat

julle wil op My van toepassing is.

325

Daarom kan julle altyd julleself deur hul liefde gedra voel terwyl julle, julle

verbintenis met My in stand hou, wat hul onbeperkte aktiwiteit toelaat. En

julle kan ook geestelik met hulle kontak maak; julle kan julle probleme aan

hulle opdra en om hul beskerming vra, wat hulle baie graag aan julle sal

verleen. Julle moet julleself aan alle goeie geestelike wesens toevertrou en

alle slegte geeste weghou. Om die rede kan julle die goeie kragte om

beskerming teen die bose magte vra en hulle sal ‘n skans om julle vorm en

sal toegang aan laasgenoemde weier. Julle word elke oomblik omring deur

geestelike magte, deur hulle wat goed bedoel en die wat probeer om julle

skade te berokken en ook deur hulle wat swak en oningelig is en

aangetrokke tot julle nabyheid voel, omdat hulle julle lig sien en daarna

streef, aangesien hulself nie lig het nie.

En in die geval moet julle die goeie kragte vra om hulle te help, te onderrig

en te lei en te beskerm teen die toegang van bose magte wat probeer om

hulle te beïnvloed. Julle moet slegs altyd rein en opreg wil handel en hulp

vra om hetsy in aardse of geestelike moeilikhede dit te kan doen, want die

ligwesens is altyd bereid om hulle namens My te help wat Myne wil wees en

innige kontak maak met My in gebed. Daarom kan julle altyd julle gedagtes

na die geestelike koninkryk stuur en julle sal altyd ‘n antwoord van daar

ontvang, wat julle geestelik aanvaar en so ook van ‘n “ lewe in en met God”

kan praat.

Moet My net nie uit julle gedagtes sluit nie. Want Ek wil julle begin en julle

einde wees, julle moet julle dag met My begin en eindig en dan sal alle

engele waarlik vir julle sorg, hulle sal julle met raad en praktiese hulp

bystaan, want hulle het My lief en is ook vol liefde vir julle en daarom sal

hulle altyd net My wil volbring. Maar julle kan enige tyd My wil na julle laat

neig en julle sal dan ‘n salige lewe op aarde lei, want dan sal julle onder My

voortdurende beskerming lewe, aangesien julle deur al My engele op julle

lewensweg beskerm sal word en hulle sal julle beskerm teen alle magte wat

julle leed wil aandoen. Amen

Die siel sal oes wat hy gesaai het

7656 26 Julie 1960

Julle mag julle nie aan die bedrieglike gedagtes oorgee dat julle vir julleself

skatte kan versamel vir julle aardse lewe nie, want julle sal dit weer baie

vinniger verloor as wat julle dit verwerf het. Ek waarsku julle daarteen om

na aardse goedere te strewe en julle hart daaraan te heg, want Ek bewys

julle steeds weer hoe verganklik alles is wat aan die wêreld behoort.

Hoeveel tyd en moeite het julle bestee om die skatte van die wêreld te

versamel; en hoe selde dink julle daaraan dat julle dit nie kan behou nie en

dit weer sal moet teruggee. Dat dit ook op een of ander wyse van julle

afgeneem kan word, as dit volgens My Wil is.

326

Julle kyk maar net na wêreldse dinge wat tog verganklik is, maar die

onverganklike sien julle egter nie. Julle sorg net vir die liggaam sonder om

aan julle siele te dink. Daarom gebruik julle, julle lewenskrag verkeerd,

want julle gebruik dit slegs vir julle liggaamlike welsyn en julle berei vir

julle siele sonder beswaar ‘n onsalige lot in die ewigheid. Julle gee julle

siele gedurende die aardse lewe nie wat nodig is vir sy volmaaktheid nie,

maar julle laat julle siele gebrek ly en bedeel die liggaam oormatig sonder

om ooit nut daarvan te hê.

Maar julle aardse lewe kan van die een tot die ander dag beëindig word,

dan kom julle arm en leeg aan in die Ryk hierna en julle moet dan groot

ellende ly. Julle moet eers daaroor nadink dat julle nie julle eie lewe in julle

hande het nie en dat die lewe op aarde vir julle ook van korte duur kan

wees. Dat die dood elke dag kan kom sonder dat julle dit kan afwend.

Julle moet dus aan die "hierna" dink, maar julle glo dat alles met julle

afgeloop is op die oomblik van julle dood. Julle glo nie aan die voortlewing

van julle siele nie en dat die lewe na die dood dan gelyk sal wees aan julle

lewe op aarde, egter in ooreenstemming met julle aardse lewenswandel en

julle besorgdheid oor die heil van julle siele. En die ongeloof is ook die rede

dat julle elke dag gedagteloos laat verbygaan, dat julle, julleself nie

eenmaal afvra wat die doel en die sin van julle aardse bestaan is nie. Julle

is tevrede wanneer julle, julleself aardse dinge verskaf waaraan julle

genoegdoening beleef, wanneer julle, julle liggaam vertroetel en baie

goedere versamel vir die toekoms. Maar julle weet nie eens of julle nog ‘n

toekoms het nie.

Maar iedereen weet dat hy eendag moet sterwe en die kennis moes julle

tog bewus gemaak het om julle aardse lewe agtermekaar te kry. Dit gebeur

egter nie, omdat die geloof julle ontbreek; die geloof in ‘n God en Skepper,

wat eenmaal verantwoording sal eis oor julle aardse lewe. En omdat julle

nie glo nie, is julle onverskillig, terwyl die uur van verantwoording kom.

Daarvan kan julle almal verseker wees. Julle berou sal eens bitter wees

wanneer julle in die grootste armoede van gees verskyn in die Ryk hierna

en dan tot die besef kom, wat julle op aarde versuim het deur eie skuld.

Want dit is ‘n onverdiende barmhartigheid dat julle, julleself op aarde mag

beliggaam en om hierdie barmhartigheid nie te benut nie, sal julle siele

eens bitter berou, omdat julle dit nooit meer goed kan maak wat julle

versuim het nie. Ofskoon julle in die Ryk hierna ook nog wel geholpe sal

word om uit die diepte omhoog te styg, maar onder veel moeiliker

omstandighede as wat dit op aarde moontlik is of was.

Julle mag dus nie so gedagteloos verder lewe nie, want vir elke mens kom

die uur waarin hy die aardse liggaam moet verlaat en die siel die geesteryk

moet binnetree. Die uur kan groot saligheid en vreugde bring, of ook groot

ellende en duisternis, maar steeds soos die mens dit self gewil het.

Hy sal oes wat hy gesaai het. Hy sal binnekom in die Ryk van lig en

saligheid, of die ryk van die duisternis sal hom opneem en nie vrylaat

327

voordat die siel sy sienswyse verander het om met liefdevolle

ondersteuning die weg na omhoog te gaan nie. Amen

Vergewing deur Jesus - Die graad van lig van die

Liefde

7660 30 Julie 1960

En julle sal ingaan in die ewige vrede, want julle moeilikhede het opgehou

om te bestaan, alle sorge en pyne is verby, om julle is lig in volheid en julle

bestaan is ‘n geluksalige bestaan.

Maar julle sal eers die volwassenheid van julle siele moet bereik het, julle

sal vry moet wees van sondeskuld, julle sal Myne moet wees in die aardse

lewe, julle sal na die Vader moet terugkeer van Wie julle eens uitgegaan

het. En daarom sal julle die verlossing deur Jesus moes gevind het, omdat

julle andersins nog nie vry is van die sondeskuld nie en die toegang dan vir

julle versper is tot die ryk van lig en geluksaligheid.

Streef julle daarom daarna om vergewing van die sondeskuld te vind solank

julle nog op die aarde vertoef. Trag - wanneer julle nog nie in Hom kan glo

nie – om opheldering te verkry oor Jesus die Seun van God en Verlosser

van die wêreld. En vra julle Myself daarom, dat Ek julle hierdie opheldering

laat toekom, sodat julle in staat sal wees om ‘n lewende geloof in Hom te

hê en om dan ook self onder Sy kruis te gaan staan met julle sondelas en

Hom om vergewing vra. En julle sal vry word van alle skuld. En dan is die

ingaan in die ligryk ook vir julle verseker, omdat Jesus die skuld vir julle

betaal het deur Sy dood aan die kruis.

Maar julle sal in baie verskillende grade van lig kan vertoef na julle dood,

want dit hang van die toestand van volwassenheid van julle siele af, in

hoeverre julle ontvanklik vir lig geword het op aarde. Dit hang daarvan af

welke lewenswandel julle op aarde lei en hoe julle My Wil vervul het, wat

beteken of julle vir julleself die gebooie van die liefde tot God en die naaste

tot rigsnoer van julle lewenswandel geneem het en dus julle wese

omgevorm het tot liefde. Slegs die graad van liefde is bepalend vir die

volwassenheid van julle siele.

En die liefde kan nie vir julle deur ander in die plek van julleself beoefen

word nie, die liefde is die wet van die ewige ordening, waarin julleself sal

moet lewe, om weer julle oerwese te kan aanneem, om tot My ewebeeld te

word, soos wat dit julle bestemming is. En tot liefde te word beteken om

alle foute en gebreke wat nog aan julle siele kleef, af te lê en te stry teen

alle begeertes van minderwaardige aard, julle wese te vorm tot deemoed,

sagmoedigheid, vredeliewendheid, barmhartigheid, geregtig heid - geduld -

en alle slegte eienskappe af te lê en steeds in My te bly, wat julle Vader

van die Ewigheid is.

In die lewe op aarde moet julle teen alle foute stry, dan sal julle siele

helder word soos ‘n diamant en sal die ligstrale kan opneem wat hom

328

geluksaligheid in die geesteryk uitmaak. En dan sal julle ewig lewe, julle sal

geen dood meer ken nie, geen sonde, geen smet, julle sal rein en suiwer

wees en dus ook My nabyheid waardig wees en julle sal My kan aanskou

van Aangesig tot Aangesig. Want julle sal julle Heiland Jesus sien in wie Ek

Myself vir My skepsele sigbaar gemaak het, soos dit eens hulle verlange

was.

Selfvorming tot liefde sal julle mense op aarde tot stand moet bring, as

julle eendag onmeetlik geluksalig wil wees. Maar sorg eers dat julle vry van

julle sondelas word, want dit trek julle na benede, in die diepte en belas

met sonde is julle toegang tot die ligryk ontsê. En wanneer dit moeilik is

om in Jesus te glo, trag dan om te bid tot julle God en Skepper, wat julle in

die lewe geroep het en vra Hom dat Hy julle verligting mag besorg, dat Hy

julle mag help om te glo.

En Ek sal die versoek waarlik vervul, Ek sal diegene nie in onwetendheid

laat wat begeer om te weet nie en Ek sal hom die waarheid so voorhou, dat

hy dit sal aanneem, want die geloof in Jesus as God se Seun en verlosser

van die wêreld is absoluut noodsaaklik om opgeneem te word in die ryk van

vrede en geluksaligheid.

Dan eers erken julle My ook, wat julle eens nie wou erken nie, van wie

julle, julleself vrywillig afgeskei het en in die diepte gestort het. Julle sal

nou vrywillig na My moet terugverlang en julle gee blyke van hierdie wil,

wanneer julle, julleself tot Jesus wend en aan Hom julle sondeskuld beken

met die versoek om vergewing. Dan is die sonde julle vergewe, Ek Self

spreek julle daarvan vry, wat in die mens Jesus vir julle die verlossingswerk

volbring het en Ek help julle ook dat julle nog op aarde tot volwassenheid

kom, wanneer dit maar julle wil is, dat julle, julleself met My verenig, dat

julle vrywillig weer na My terugkeer en julle weer so sal omvorm soos julle

was in die allereerste begin. Amen

Die bestaan van God mag ons nie bewys word nie

7665 4 Augustus 1960

Die krag van My liefde stroom alle menseharte binne, wanneer hulle hulself

bereidwillig open om dit te ontvang. En My liefdeskrag bewerkstellig dat die

geesvonk in die mens ontvlam en dan as vlam Myself, as die Vadergees van

ewigheid tegemoet kom. Dan is die weg tot My vry, dit is gebaan, alleen

deur die wil om deur My en My liefdeskrag bestraal te word. Wie hom

positief instel op My, wie in My glo en kontak wil hê met My, die ontvang

ook My Goddelike liefdeskrag en dan gaan hy vooruit in sy ontwikkeling.

Dus moet die mens reeds glo in ‘n God en Skepper en homself ook sien as

My skepsel. Dan eers kan die verlange in hom wakker word om met My in

verbinding te tree en dan sal hy oopmaak, dus bereid wees om hom deur

My Liefdeskrag te laat bestraal. Alleen hierdie bereidwilligheid is daarvoor

nodig dat dit ook gebeur.

329

Moeilik, ja selfs onmoontlik is dit dat iemand My Liefdestraal kan ontvang

wat nie aan My glo nie, wat hom slegs as ‘n produk van natuurkragte

beskou en wat daarom ook nooit ‘n verbinding met My tot stand bring nie

omdat hy ‘n Wese wat hom geskape het, nie wil aanvaar nie.

‘n ongewone gebeurtenis sou wel tot gevolg kan hê dat hy geloof in My

verkry, maar ook daarmee mag nooit dwingend op hom ingewerk word nie,

anders sal sy geloof waardeloos wees. En alle bewys van My bestaan sal

dwingend wees. So ook sou My woord ‘n dwingende bewys wees as Ek

regstreeks van bo die mense sou aanspreek, sodat elkeen My Stem sal

hoor en dan aan My glo. Maar so'n geloof is waardeloos.

Nogtans spreek Ek die mense aan, maar Ek bedien My van ‘n menslike

vorm waardeur Ek regstreeks praat. So laat Ek egter alle mens die vryheid

om te glo of nie dat die aanspreking kom vanuit ‘n hoogs volmaakte Wese.

Steeds is die vrye wil deurslaggewend en nooit mag die geloof deur dwang

bewerkstellig word nie.

Op hierdie manier, deur My direkte woord, kan aan die mense die diepste

wysheid deur My ontsluit word. En tog is ook hierdie openbaringe nie in

staat om ‘n mens te beweeg om in My te glo as hy nie wil nie. Andersyds

volstaan dit egter ook om Myself aan 'n mens te bewys. Ja, die mens kan

deur My woord ‘n oortuigde geloof verwerf wat ook geen mag van die hel

van hom kan afneem nie. Want My woord is ‘n bestraling van liefde wat die

menseharte kan ontroer, wat in hom ‘n liefde kan opwek wat hom algehele

verligting skenk. En dit sit Liefde tot liefde aan, dit is omdat ‘n lig in die

hart ontsteek word en waar dit skyn word alle duisternis opgelos, ‘n lig wat

die duisternis geheel verdryf, wat die mens ‘n lewende geloof skenk wat

onwankelbaar is en teen alle aanvalle standhou wat van vyandelike kant

altyd weer sal kom.

En so sal dit steeds by die mens self lê of hy hom deur My Liefdestraal laat

aanraak, want dit moet vrywillig gebeur, dat hy hom oopstel vir My, hy self

moet met My sy God en Skepper in kontak kom. Hy moet glo dat hy uit die

Hand van ‘n volmaakte Wese voortgekom het en dat hy die verbinding met

die Wese wil herstel. Dan erken hy My en dan eers sal hy My soek en nou

sal Ek My ook heel seker deur hom laat vind. Amen

Woorde oor die nagmaal

7666 9 Augustus 1960

En dit sal julle altyd tot ‘n seën wees, dat My stroom van barmhartigheid

julle sal aanraak, want niks wat uit My stroom, bly sonder uitwerking

wanneer dit gewillig aangeneem word nie.

En ‘n gewillige aanname word gewaarborg, wanneer julle jul tot My wend in

gebed, wanneer julle begeer om deur My geseën te word, wanneer julle

daarna verlang om deur My aangespreek te word. En so wil Ek dat julle

ervaar hoe Ek wil hê dat My Woord begryp moet word. Doen dit tot My

330

gedagtenis, want daaruit het julle ‘n handeling afgelei, naamlik dat julle

letterlik brood en wyn uitdeel en nou daarvan oortuig is om Myself tot julle

te neem, wanneer julle die brood eet en die wyn drink.

Die ware betekenis van My woorde het julle egter nie begryp nie. En tog is

juis die neem van brood en wyn tot julleself uiters belangrik, waardeur Ek

egter wil dat My Woord en sy krag begryp word.

Julle kan nie salig word, wanneer julle nie My Woord hoor nie, die brood

van die lewe, die manna, wat uit die Hemel kom. Julle moet jul deur My

laat aanspreek, Wie Self die Woord is, Wie vir julle mense vlees geword

het.

Toe Ek oor die aarde gewandel het, het Ek die brood van die lewe uitgedeel

met ‘n gul hand; Ek het alle mense toegespreek en het hulle, wat van goeie

wil was, voedsel gegee vir hulle siel. Ek het hulle brood en wyn gegee, My

Woord wat Ek met My krag geseën het. Ek het My dissipels onderrig en

hulle tot die ware verkondigers van My Woord gemaak, omdat hulle My

Woord in die wêreld moes uitdra, want alle mense het voedsel vir hulle

siele nodig gehad, alle mense moes My Vlees eet en My Bloed drink, aan

alle mense moes My Woord gebring word, soos dit van Myself uitgegaan

het, hulle moes die suiwer waarheid ontvang, wat hulle alleen deur die

Ewige Waarheid Self kon kry.

Maar My lewenswandel op hierdie aarde het slegs ‘n kort tydjie geduur. En

in hierdie tyd het Ek My dissipels voorberei op hulle benoeming tot leraars.

En toe die uur van My afskeid naby was, toe Ek met My volgelinge die

Avondmaal genuttig het, voorafgaande aan My moeilike gang na Golgota,

toe gee Ek hulle die taak van sendelinge. Ek wys hulle op hulle missie, om

aan die wêreld kennis te bring oor My, oor My leer en ook oor dit, wat nog

vóór My lê en Ek spreek daarom die woorde: ‘Gaan heen in die wêreld’.

Ek het die brood gebreek en dit aan hulle gegee, net soos die beker met

wyn. En My dissipels het geweet, dat Ek die brood en die wyn as vlees en

bloed aangedui het, dat Ek in ‘n gelykenis tot hulle gespreek het en hulle

het My begryp, dat Ek van hulle verlang het om My Woord onder die mense

te versprei, sodat hulle My sou gedenk en My vir altyd nie meer uit hulle

gedagtes sou laat gaan nie. Hulle het geweet dat hulle aan hulle medemens

moes uitdeel, presies soos wat Ek die brood en die wyn Self aan hulle

uitgedeel het.

En so het Ek My dissipels beklee met die taak, waarvoor Ek hulle opgelei

het. Maar nooit het Ek die Avondmaal gevier soos wat julle mense dit uit

My Woorde afgelei het nie. Dit was nooit My wil dat julle mense ‘n

handeling verrig en van daaruit op ‘n uitwerking hoop nie, wat egter ander

voorwaardes vereis as slegs die neem van brood en wyn tot homself.

Begryp dit, dit was die opdrag aan My dissipels, om die wêreld in te trek en

die Evangelie te verkondig, om My Woord aan die mense te verkondig, wat

in werklikheid My Vlees en My Bloed is, dat dit Brood uit die Hemel is en

onvervangbaar is en sal bly vir die mense, wat ‘n verbintenis met My soek

331

en dit dan ook gevind het, wanneer Ek hulle regstreeks kan toespreek,

wanneer My krag direk by hulle kan binnestroom en die vereniging nou kan

plaasvind, wat die sin en die doel van die lewe op aarde is.

Die eerste vereiste is egter dat die mens homself omvorm tot liefde, want

hy kan Myself, My Woord, My Vlees en My Bloed, nie in homself opneem,

wanneer die liefde hom ontbreek nie. Ek self is die Liefde. Ek kan My slegs

weer met die Liefde verenig. Dit is dus onmoontlik dat Ek My intrek kan

neem in die hart van ‘n mens, wat die uiterlike handelinge verrig, die brood

en wyn tot homself neem, maar wie se hart verstok is van alle ander vorme

van liefde.

Want onder liefde verstaan Ek nie ‘n gevoelsmatige opwinding, wat My op

enige oomblik betoon word nie, maar daaronder verstaan ek ‘n oorwonne

eieliefde, wat homself uiter in liefde tot die naaste en Myne nou ook die

liefde tot My bewys. Dit is dan ‘n ware vereniging met My, wanneer Ek hom

kan toespreek, wanneer Ek My Vlees en My Bloed vir hom aanbied, die

Krag van My Woord. En dan sal die mens My ook voortdurend gedenk, hy

sal alles begin en eindig met My, hy sal voortdurend moeite doen om

volgens My Wil te lewe en hy sal die weg van die opwaartse ontwikkeling

bewandel. Hy sal sy doel bereik, die ewige lewe en die saligheid. Amen

Enorme afstand van God - Einde

7672 12 Augustus 1960

Die feit dat die mense hulle tot so’n mate van My gedistansieër het is ‘n

duidelike teken van die tye, want daardeur verhaas hulself die einde omdat

die aardse lewe nie meer sy doel vervul, dat die mense eenheid met My

soek en vind nie. Hul aardse bestaan word slegs aan hulle gegee om één

rede: om die laaste stap in hul terugkeer na My te gee, om die afstand uit

te wis wat hulle eens deur hul afval van My daar gestel het.

In die aardse lewe word hulle nou ‘n finale geleentheid gegee om hul

wangedrag te begryp wat veroorsaak het dat hulle in ‘n enorme afstand

van My weg geval het. As gevolg van My liefde en genade het hierdie

afstand reeds so verminder as gevolg van die weg deur die skeppingswerke

dat hulle nou die punt van terugkeer na My bereik het, wat egter vrywillig

moet gebeur en daarom word die eens gevalle geeste die kort tyd van die

aardse lewe gegee wat heel voldoende is om die finale doel te bereik, die

vereniging met My.

Maar tog slaag die mense nie daarin om die doel van hul aardse lewe te

oordink nie, hulle bekyk alles met wêreldse oë, hulle verminder nie hul

afstand van My nie, die feit is dat hulle dit eerder vergroot omdat hulle te

min liefde het en dit altyd ‘n enorme afstand van My af beteken en so het

die tyd gekom dat die aarde nie meer as ‘n plek van geestelike onderrig

kan dien nie, dat hy sy doel mis, waar dit vir die mens van geen nut

geword het om op aarde te lewe nie omdat hy sy lewe verkeerd gebruik en

332

aie meer geneig is om sy afstand van My af te vergroot en dit beteken dat

die mens se siel in die uiterste gevaar is om weer in materie geban te

word, om weer eens af te daal in die diepste diepte. En daarom is ‘n groot

transformasie op die punt om te gebeur met julle mense om die aarde toe

te laat om weer sy doel te vervul: om die siele te help om volwassenheid te

bereik.

Daarom verhaas die huidige mense die einde van die ou aarde self, want Ek

wil die ou orde herstel en die aarde weer eens ‘n plek laat word vir die

onderrig vir die geeste, wat egter die desintegrering en vorming van ‘n

nuwe skepping verg, met inbegrip van die mense wat nie die betekenis en

die doel van die aardse lewe herken nie en slegs suiwer materieel lewe

sonder om aan hulle siele te dink. En ongeag wat Ek nog sal toelaat om te

gebeur tot dan, sal dit nie meer lei tot ‘n verandering in mense nie

behalwe ‘n paar wat My in die laaste uur sal vind en wie Ek ook van hulle

val wil red.

Die mense glo nie meer in My met ‘n lewende geloof nie en ‘n dooie geloof

kan die siele nie tot lewe wek nie. Want mense leef sonder liefde. Hulle

neem nie meer aandag van die ontbering van hul medemens nie, hulle voel

slegs groot liefde vir hulself en hierdie liefde dryf hulle weer terug in die

arms van My teenstander en so vergroot hulle steeds hul afstand van My

af, gesien dat liefde alleen eenwording met My vestig en harteloosheid

bewys slegs hulle afstand van My af. Daarom word die tyd wat julle mense

van die einde skei steeds korter of julle dit glo of nie. Dit is die wettige

gevolg van die mensdom se harteloosheid, wat slegs ‘n baie groot

verandering in liefde kan verhoed, maar wat nie meer op hierdie aarde

verwag kan word nie.

Die aardse lewe is slegs ‘n saak om die siel tenvolle tot volwassenheid te

bring, maar niemand is bewus van hierdie taak wat op hom geplaas is nie,

behalwe My klein kudde wat, hoewel hulle die transformasie van hierdie

aarde nie sal kan teëhou nie, nietemin op die nuwe aarde as stam ouers

van die nuwe menselike geslag sal woon. Hulle lot sal uitsonderlik heerlike

wees, wat die mense waarlik moet beskou as die belangrikste ding om in

hierdie laaste dae na te streef. Maar dit word nie geglo nie en niemand kan

gedwing word om dit te glo nie. Nietemin sal julle telkens weer daaroor

ingelig word, want Ek sal My stem laat hoor tot die einde en almal daaraan

herinner en waarsku en tot die laaste dag sal elke persoon nog die

geleentheid hê om te verander, om na ‘n ander doel eerder as die suiwer

materiële wêreld te streef. En gelukkig is hy wat nog die kort tyd gebruik

om sy aard in liefde te verander; want hy hoef nie die einde te vrees nie,

omdat hy ook sal behoort aan hulle wat deur My sterk arms beskerm sal

word en gered word. Amen

333

Waarskuwing oor kommunikasie met oorledenes

7673 14 Augustus 1960

Dit is My wil dat julle na My in innige gebed moet kom voor julle kontak

met geestelike wesens maak, omdat dit van julle innige gebed afhang of

die kontak met die geestewêreld vir julle voordelig sal wees. Innige gebed

beskerm julle teen wesens wat nie tot julle voordeel is nie omdat hulle nog

nie ingelig is nie. Maar julleself weet nie of die siele van oorledenes wat

deur julle geroep word reeds in die koninkryk van lig is nie, want selfs as

hulle dit bevestig sal julle nie weet of hulle geloofwaardig is nie. Daarom

moet julle sulke kontak met die geestelike wêreld baie versigtig benader,

omdat julleself reeds in ‘n geestelike staat moet wees wat alle boosheid

afskrik, sodat niks julle kan raak nie en julle slegs deur ligwesens versorg

en onderrig word. Om kontak te maak met die siele van oorledenes is altyd

baie gevaarlik omdat julle mense nie weet in watter gebied hulle woon nie.

Hoewel dit nie sonde is as julle deur julle liefde vir hierdie siele gemotiveer

word nie, maar julle sal niks vir julleself bereik nie en sal eerder verloor as

julle daardeur in kontak met donker gebiede kom en misleide onderrig of

boodskappe ontvang wat nie voordelig vir julle siele is nie. Derhalwe

waarsku Ek julle ernstig teen kontak met die geestelike wêreld vir julle eie

belang.

Ongeag wat julle deur hierdie wêreld vertel word. Dit sal nie naby die

diepte en wysheid van My Woord kom nie, wat aan julle mense deur My

liefde van hierbo oorgedra word en aan julle deur boodskappers van lig

gebring word, as julle nie in staat is om dit direk van My te ontvang nie. Ek

self wil julle vriend en leraar, julle broer wees, wat julle kan benader met

enige soort vraag, het sy aards of geestelik. En Ek sal julle altyd

beantwoord as julle dit begeer. Ek sal julle vertel dat julle die weg na Jesus

Christus moet neem as julle geluksaligheid wil bereik. En so moet julleself

ook die siele van die oorledenes inlig en hulle in gedagte na Hom lei, Wie

die Verlosser van elkeen is, van sonde en dood. Want selfs hierdie siele

moet Hom eers vind voordat hulle in die koninkryk van lig toegelaat kan

word. Julle kan nie ‘n groter diens van liefde doen as om vir hierdie siele

die Evangelie in gedagte te verkondig nie, die Goddelike onderrig van

liefde, wat Ek Self gepreek het in die mens Jesus om hulle die weg van

terugkeer na My in die huis van die Vader te toon. Julle moet die siele van

die oorledenes wil help, julle moet aan hulle gee en nie instruksies van

hulle aanvaar nie, ongeag welke soort hulle is.

Die kennis oor die toekoms word deur My van julle weggehou, dus moet

julle geen vrae van hierdie soort aan hulle stel nie. Nietemin, moet julle

altyd geestelike kennis begeer, maar dit kan nie aan julle deur hierdie siele

gegee word nie. Maar julle kan Jesus Christus die Goddelike leraar altyd

vra. Hy sal julle baie liefdevol inlig en julle altyd na Hom roep om op Hom

‘n beroep om vergiffenis van sonde te doen, om Hom te volg en deur Hom

334

na die koninkryk van lig en geluksaligheid begelei te word. Maar sonder

Hom kan julle nie geseën word nie. Julle moet dit onthou en as dit julle wil

is om volgens My wil te lewe dan moet julle ook lewe volgens alles wat

Jesus op aarde onderrig het, wat Hy in Sy gebooie van liefde vir God en

julle naaste gegee het: Dan sal julleself in liefde lewe en weet waar lig

gevind kan word. Dan sal julle die waarde van geestelike kommunikasie

kan onderskei en poog om slegs die geestelike wêreld van lig te kontak wat

dan duidelike instruksies aan julle sal oorbring. Want julle bepaal altyd self

die graad van lig waarin julle, julleself bevind. Maar wees gewaarsku dat

kommunikasie met geestelike wesens gevaarlik is as julle nie die graad van

volwassenheid van die siele weet wat julle raadpleeg nie. Onthou altyd om

aan hierdie siele te gee, want hulle almal het julle voorbidding nodig om

volwasse te word , dus moet julle dit liefdevol gee vir hulle as ook julle

Verlossing van siel. En dan sal julle ontvang soos julle gee. Amen

Aansporing om deemoedig te wees

7678 20 Augustus 1960

Sien julle swakhede in en probeer om daarteen te veg, deurdat julle,

julleself deemoedig aan My onderwerp en vra om My barmhartigheid, om

hulp in geestelike nood; want by die geringste sal Ek naby wees, wanneer

hy, as een van die minste, die medemens diensbaar is en hom help om die

heil van sy siel te verkry. Die grootstes sal nie die uitverkorenes wees nie,

inteendeel waarborg slegs ware deemoed die mens sy roeping en daarom is

daar ook slegs weinig mense uitverkies, ofskoon baie daartoe geroep is, dit

wil sê, dat baie mense slegs tot die ware deemoed hoef deur te dring om

dan ook deur My uitverkies te word.

Maar die mense het almal nog ‘n te sterk geldingsdrang, hulle wil uit die

menigte van hulle medemens na vore tree, hulle wil dat daar aandag aan

hulle geskenk word wat vir almal opvallend moet wees; en dit maak

afbreuk aan die ware deemoed, wat die ontvangs van matelose

barmhartigheid tot gevolg het; Maar Ek laat elke mens sy wil toe, julle sal

slegs moet leer insien wat gunstig vir julle is, of wat uit die bose is. Solank

dit vir die mens voorkom dat hy klein en onwaardig is, spreek hy met My in

gees en in waarheid, as hy deur die gebed verbinding met My soek. En dan

kan My Gees ook in hom binnestroom, dan kan Ek hom sonder beperking

met barmhartigheid bedeel; Maar kry die mens aandag van die kant van

die medemens, weens sy gawe om My stem in homself te verneem, dan

kan sy deemoed maklik verander en swig voor selfingenomenheid, wat

steeds ‘n gevaar vir die mens is.

En daarom sal julle steeds julleself moet ondersoek, wat julle daartoe

aanspoor om julle te uiter teenoor die medemens, julle moet weet dat elke

selfingenome gedagte aan My teenstander ‘n opening bied om binne te kom

en dat julle dan Myself verhinder om in julle te vertoef en julle aan te

335

spreek. En julle moet krities wees teenoor julleself, wanneer julle My in

waarheid wil dien. Want waar julle ook al is, sal julle altyd in "die stille

kamertjie" tot My moet bid en My om My Gees vra. En kan julle, julleself in

julle kamertjie (julle hart) terugtrek wanneer julle midde in die wêreld

staan? Wanneer julle deur mense omring is wat nie almal eensgesind is nie

en dikwels slegs sensasie verwag? Julle moet vir geen oomblik vergeet dat

Ek die stem van ‘n klein kindjie kan verneem, wat homself in gedagte na

My keer en hom ook beantwoord, dat Ek My egter stilhou, wanneer ‘n mens

met ‘n onsuiwer gevoel van self ingenomenheid, tot My bid, maar nie in

gees en in waarheid nie.

Reinig julle eers van die gevoel en julle sal klein en deemoedig voor My

verskyn en nie die aandag van julle medemens op julle probeer vestig nie.

En so sal julle kan glo dat Ek wel onder julle is, wanneer daar twee of drie

in My Naam bymekaar is, maar dat julle geen sekerheid het dat Ek by julle

aanwesig is waar self ingenomenheid, hoogmoed of geestelike

verwaandheid My aanwesigheid sou afweer en nou vir die teenstander die

deure wyd oopmaak nie, hy wat homself wel ook in die liggewaad van ‘n

engel sal aanbied, maar aan julle nie woorde van waarheid en lewe skenk

nie. Die deemoed van die hart is die beste teken om te ondersoek, want

aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid. En julle almal sal julleself

moet ondersoek of julle, julleself tot ware deemoed gevorm het wanneer

julle My vra om My Woord. Dan sal julle ook seker kan wees van My

werksaamheid, dan sal julle deur My aangespreek word en volgens julle

vrae krag en lig ontvang. Amen

"Ek bly by julle tot aan die einde van die wêreld"

7681 24 Augustus 1960

Ek wil julle My Trooster stuur, die Gees van die Waarheid. Julle almal het

die vermoë om die stem van My Gees in julle te verneem, want ‘n deeltjie

van Myself, ‘n Geesvonk van My Goddelike Gees, wat die Liefde is, lê in

julle en Hy sal Homself ook steeds met My kan verbind. My Woord sal deur

Hom in julle binnestraal, want hierdie Geesvonk is ‘n uitstraling van Myself

wat julle doeltreffend sal raak as julle daarop voorbereid is. Solank julle,

julleself geïsoleerd hou van My, hou hierdie Geesvonk homself ook in julle

stil. Verbind julle, julleself met My, dan staan die Geesvonk ook in kontak

met My en Hy kan julle alles oorbring wat nou van My aan lig en krag

uitgaan. Hy kan julle die suiwer waarheid uit My laat toekom en julle kan

deur die ontvangs van hierdie waarheid toeneem in insig, dus uit die

donker van die nag na buite tree in die lig van die dag.

Ek Self het julle dit beloof toe Ek op die aarde geleef het, dat Ek julle nie

meer alleen sal laat tot aan die einde van die wêreld nie. Ek wys julle op

"die werksaamheid van My Gees" in julle Wie julle vertroud sal maak met

die waarheid, want tevore was die siel nog met die oerskuld belas, wat dit

336

onmoontlik gemaak het dat die verbinding van die mens met My so innig

was dat hy My stem in homself kon verneem.

Want die verlossing deur Jesus Christus, wat die groot skeiding tot My

ophef, moes eers plaasgevind het. Die mens moes My baie bewustelik

erken het in Jesus. Hy moes dus die terugkeer aanvaar het vanuit sy wil,

wat hom dan ook weer die aanstraling van My liefdeskrag oplewer en hom

die weerklank van My Woord in homself verseker, as dit sy wil was. As hy

homself bewustelik oopstel en nou die Geesvonk in homself aanleiding gee

om homself te verbind met die Vadergees van ewigheid.

Daartoe behoort slegs die ernstige wil, om in My Wil binne te gaan. Daartoe

is die erkenning van Myself nodig, aan Wie die wese eens sy erkenning

ontsê het. En daarvoor is ‘n lewe in liefde nodig, omdat My Gees homself

nou kan uiter, soos wat Ek dit beloof het. Liggaamlik kon Ek nie by julle

mense bly nie, maar Ek gee julle die troos om My Gees te stuur en dus

altyd "by julle te bly tot aan die einde van die wêreld". En hierdie belofte

moet julle ernstig neem. Julle kan altyd van My teenwoordigheid bewus

wees en bly, julle hoef dit maar self te wil dat Ek by julle aanwesig is. Julle

hoef slegs die verbinding met My tot stand te bring in gedagtes, in die Gees

of in die werksaam wees in liefde. Dan sal julle My ook voortdurend kan

verneem, want Ek Self is in julle en die Geesvonk verloor nimmer die

verbinding met die Oergees van ewigheid nie, Hy kan Hom egter nie uiter

as die mens homself nie oopstel in vrye wil nie, as hy nie self luister om te

hoor wat die Gees uit My deur die Geesvonk aan hom oorbring nie.

En sodoende lê dit steeds net by die mens self, dat hy die vonk in homself

laat ontbrand, dat hy hom die moontlikheid gee om homself te openbaar,

dat hy Myself vra dat Ek by hom mag wees, hom onderrig en bekend maak

met die waarheid volgens My belofte. En Ek sal hom waarlik as ‘n Trooster

bystaan. Ek sal hom lei in die waarheid, Ek sal Myself aan hom bewys deur

My aanspreking. Ek sal by hom wees en bly tot aan die einde. Amen

Die einde en die wegneming - Die paradys op die

nuwe aarde

7687 1 September 1960

‘n salig lot sal julle deelagtig word in die paradys op die nuwe aarde, as

julle stand sal hou in die laaste geloofstryd en My getrou sal bly tot die

einde. Dit sal weliswaar vir julle nog ‘n moeilike tyd wees, maar julle sal dit

kan deurstaan omdat julle deur My krag versterk word. Julle word so

duidelik deur My met My liefde versterk dat julle geduldig al die moeilike op

julle neem en My en My naam belei voor die wêreld. En deur julle sterk

geloof sal nog enkele van julle medemens wat nog swak is in die geloof,

troos en krag ontvang. En dan sal hulle ook My mag en krag kan ervaar, as

hulle lewendige in My glo.

337

Julle mag egter nie terwille van die loon by My bly nie, maar julle liefde tot

My moet julle daar toe beweeg om teen alle aanvalle van die teenstander

weerstand te bied. En die liefde sal julle ook besit omdat Ek julle help deur

My liefde. Julle sal in vurige liefde tot My ontbrand en niks kan julle ontstel,

niks kan julle meer van My skei nie. Want Ek is en wil die Vader bly van

julle almal, Wie Sy kinders wil plaas in die paradys op die nuwe aarde en

julle daarom ook wil bystaan tot die einde.

“Ek sal die dae verkort terwille van Myne”, hierdie belofte moet julle troos

wees as julle die chaos sien om julle heen. As julle aan die vervolging

blootgestel is wat van My teenstander uitgaan en wat elkeen sal tref wat in

My glo. Laat julle egter nie mislei deur beloftes van hulle wat My nie wil

aanvaar nie. Laat julleself nie op ‘n dwaalspoor bring deur hul skynbaar

luukse lewe nie en verlang nie daarna nie, want die tyd wat My teenstander

en sy aanhang hulle daarin kan verheug is maar kort.

Alles sal vergaan op die dag van die gerig en alleen julle sal die dag

oorlewe en mag ingaan in die ryk van vrede, as Ek julle sal wegneem voor

hulle oë. En sodat julle sterk bly in weerstand en My getrou bly tot die

einde, sal Ek julle krag gee in elke nood na liggaam en siel.

En Ek sal ook sigbaar tot julle kom, waar die krag van julle geloof en julle

liefde dit toelaat. Ek sal julle voorsien van troos en krag sodat julle sal kan

weerstaan en sodat julle die kort tyd kan oorleef sonder om die minste

skade te ly na liggaam en siel. Want My mag is waarlik groot genoeg om

julle te behoed in alle nood en elke gevaar. Maar reken dan elke dag op My

koms, wanneer julle baie erg verdruk word terwille van julle geloof. Weet

dan dat die dag van die gerig nie meer ver is nie en volhard dan in liefde en

geduld. Want Ek het julle My hulp beloof en Ek sal julle ook red uit elke

nood.

Hoe naby julle aan die einde staan weet julle nie en die dag en het uur sal

vir julle verborge bly. Maar slaan ag op die tekens van die tyd wat julle die

einde verkondig, want daaraan kan julle herken dat julle leef in die

twaalfde uur en dat die tyd vinnig verby vlieg. En daarom moet julle hierdie

tyd goed benut na die beste van julle vermoë. Julle moet steeds met My in

verbinding bly sodat julle voortdurend krag ontvang, sodat julle toeneem in

geloofsterkte en in liefde tot My.

Ek behoed julle waarlik vir die ondergang as julle slegs die wil het om aan

My te behoort. Dan sal Ek julle ook die krag gee om stand te kan hou tot

die einde. Of, as julle te swak is sal Ek julle vroeër oproep, sodat julle nie in

julle swakheid My teenstander ten offer val nie. In geen geval laat Ek julle

verlore gaan nie, want sodra julle, julleself tot My keer laat Ek julle nie

meer oor aan My teenstander nie, maar omvat julle en neem julle vir My.

Maar salig kan hy genoem word wat die tyd tot die einde sal belewe. Wat

My getrou bly en My belei voor die wêreld. Hom sal Ek verplaas na die

nuwe aarde as die dag van die gerig gekom het. Hy sal bevry wees van alle

ellende en elke pyn en sal lewe in vrede en saligheid. Want Ek self sal

338

onder Myne vertoef op die nuwe aarde, soos Ek dit steeds weer beloof het.

Amen

Boodskap aan vormchristene

7690 3 September 1960

Daar is vir julle mense ‘n moontlikheid om die voltooiing van julle siele op

aarde te bereik; julle moet in die liefde lewe. Steeds weer sê Ek julle dat

julle alleen deur die liefde salig kan word. Steeds weer moet Ek My gebooie

oor die liefde vir julle as die mees noodsaaklike voorhou, omdat daar geen

vervanging is vir ‘n lewe in liefde nie, omdat julle nie kan salig word as julle

My gebooie van die liefde nie vervul nie.

Julle kan maak wat julle wil. Julle kan oorywerig gebooie wat deur mense

gegee is nakom, julle kan alle reëls in ag neem wat julle as nodig

voorgehou word, maar julle sal geen stap verder kom in julle geestelike

ontwikkeling, solank julle die liefde buite sig laat. Daarom, oorweeg goed

as julle iets onderneem of julle deur die liefde in julle daartoe gedryf word.

Of, dat julle alleen gebooie nakom wat julle van menslike kant gegee word

en dit op geen manier iets met liefdeswerk te maak het nie.

Steeds moet julle daaroor nadink wat die aanleiding is van julle denke en

handel en dit nie as belangrik aanvaar, as die liefde ontbreek nie. Die

mense wat hulle konfessioneel bind ervaar hulle lou in die vervul van My

gebooie van die liefde. Hulle rig hul aandag alleen op tradisionele gebruike,

hulle vervul "pligte" wat hul as belangrik voorgehou word, maar daardeur

vergroot dit in geen geval die volwassenheid van hul siel nie. En hulle sou

tog moet weet dat hulle alleen om die rede op die aarde bly, sodat hul siele

tot volwassenheid kan kom.

Steeds weer lê Ek daar nadruk op dat ‘n lewe in die liefde onvoorwaardelik

nodig is, dat die onbaatsigtige werk in liefde nie vervangbaar is nie. En al is

hulle nog so ywerig in die vervul van die deur mense uitgevaardigde

gebooie, dit sal nie die geringste sukses vir hul siele kan bring nie. Daarom

is alles waardeloos wat julle mense verrig as die liefde daarby nie bepalend

is nie.

En as julle sê: "Alles ter ere van God", hoe kan julle My eer as julle My nie

liefhet nie? En hoe kan julle My liefhê as julle geen ag slaan op die nood

van julle naaste nie, wat tog julle broeder is? Hoe kan julle God liefhê as

die barmhartige naasteliefde julle ontbreekt, want dit alleen bewys dat julle

My liefhet. Julle leef verkeerd as julle so gebind voel aan konfessionele

gebruike en sedes, aan seremonies en pligsvervulling. Julle verspil

lewenskrag wat julle deur My geskenk is sodat julle op aarde geestelike

krag kan verwerf en dit kan alleen deur werk in liefde verwerf word.

Mense, neem die aardse lewe ernstig op. Leef nie onverskillig verder dat

julle daar nie eenmaal oor nadink of julle God en Vader wel genoë sou kan

neem met dit wat julle alleen aan uiterlikhede doen. Dink daaroor na wat

339

Ek Self van julle sou verlang as Ek weer as mens onder julle sou bly, as Ek

weer as mens oor die aarde sou gaan.

Glo julle dat Ek daar vreugde aan sou hê as julle met ‘n dooie geloof leef?

Dat julle meganies dinge doen wat in My Oë nooit waarde kan hê nie? Hoe

stel julle mense julle so’n God en Vader voor? Hoe kan julle mense My

wysheid verenig met dit wat julle weet, wat julle voorstel as kerk van

Christus? Hoe kan Ek welgevalle hê aan sedes en gebruike, aan handelinge

wat julle voorgestel word as My wil en die tog nie deur My gevra word nie?

Ek kan en sal My alleen verheug oor hulle wat werk van liefde verrig. Ek sal

slegs dit waardeer waarvan liefde die beweegrede is en die siele sal alleen

dan tot volwassenheid kan kom, as die mens so tot liefde verander. As hy

die eieliefde beveg en hom wei aan onbaatsigtige naasteliefde. Want dit is

die liefde wat julle ontbreek en wat julle weer julle eie moet maak solank

julle op aarde is. Julle moet ‘n lewe in liefde lei, anders is julle aardse lewe

tevergeefs en bereik julle nooit julle doel nie. Amen

Die stem van die gewete

7698 13 September 1960

Julle moet tot volmaaktheid gelei word en daartoe het julle My

ondersteuning nodig. Want julle het eens alle krag weggegee en het swak,

liglose skepsels geword wat so lank in die diepte moes bly, totdat My liefde

julle opgeneem het en uit die diepte omhoog gehelp het. Nou is julle wel al

in ‘n bepaalde graad van volwassenheid, maar dit is nie voldoende om julle

weg opwaarts, wat julle nog moet aflê tydens julle aardse lewe, te

waarborg nie.

Daarvoor het julle My Krag en My leiding nodig. En as julle nouself bewus is

van julle swakheid, as julle opsien na hulp, dan staan Ek reeds aan julle sy

en wag slegs totdat julle vir My om hulp vra. Maar hierdie bede moet julle

in julle vrye wil tot My rig, omdat van My kant af geen enkele dwang op

julle wil uitgeoefen sal word nie.

Maar Ek is te alle tye bereid om julle die gevraagde hulp te gee, soos Ek

julle ook altyd van krag sal voorsien as julle dit maar begeer. Juis sodat in

julle die verlange daarna opgewek word, laat Ek julle soms julle swakheid

en duisternis besonder sterk voel. Maar dit is slegs ‘n teken van My liefde

vir julle omdat Ek julle daardeur vir My wil wen en julle wil beweeg dat julle

My vrywillig om hulp vra.

Daarom moet julle ten eerste in My glo. En ook word julle kennis oor ‘n God

en Skepper bygebring wat julle slegs hoef aan te neem en daaroor na te

dink, wat julle dan vanuit ‘n goeie wil ook tot geloof in staat stel. Julle kan

verseker wees dat Ek julle ‘n vaste geloof verskaf as julle slegs die goeie

wil het om korrek te dink en te handel, as julle slegs aan die innerlike stem

gehoor gee wat julle die goeie weg sal wys.

340

My stem klink in elke mens soos die stem van die gewete, maar dit kan na

geluister of ook nie na geluister word nie, dit hang slegs af van die wil van

die mens. Dus sal die stem van die gewete die mens ook kennis gee oor

wat reg en wat verkeerd is; hy word deur die stem van die gewete onderrig

oor die grondwet, oor die liefde, want as mens weet hy presies wat hom

vreugde en welbehae of wat hom lyding en ellende veroorsaak. Daarom

kan hy ook teenoor sy medemens so handel soos dit homself tot welsyn

dien en hy kan hom teen skade aan sy liggaam behoed.

Dus kan die liefde ook in hom ontwaak, waardeur die lig van insig hom dan

sal verlig. Elke mens kan tot die korrekte denke en handeling kom, want

vanuit My is in hom die fyn gevoel gelê wat deur die stem van die gewete

tot uitdrukking kom. En sodra hy hierdie stem in ag neem, kan hy sy wese,

wat in die begin van sy beliggaming as mens, nog baie selfsugtig is,

verander om sy naaste lief te hê. En dan is die sekerheid ook gegee vir ‘n

sterk en lewende geloof in My, sy God en Skepper.

En dan sal hy ook spoedig in My sy Vader erken wat hom liefhet en na Hom

toe wil trek. Hy sal hierdie verbinding in vrye wil nastrewe en Ek sal hom

kan lei na volmaaktheid, omdat Ek elke mens die hulp skenk. Ek laat geen

mens in swakheid en onwetendheid nie, Ek is en bly sy Leier gedurende die

hele aardse lewe, solank hy homself nie teen My verset nie, solank sy wil

homself deur die stem van die gewete laat beïnvloed. Dit sal steeds geskied

wanneer die siel gewillig is om die doel van die aardse lewe te bereik. Want

dan kan die mens verseker daarvan wees dat alles van My kant af gedoen

word om hom tot volmaaktheid te bring, dat hy nooit aan homself

oorgelaat is nie en ook sy bestemming sal bereik. Amen

Die ontwikkelingsweg van die geestelike deur die

skeppings – Die terugvoeringsproses

7699 14 September 1960

Julle het deur die hele skepping heen gegaan. Dit is ‘n belangrike uitspraak

wat julle eers sal kan begryp wanneer julle My plan van terugvoering, My

plan tot vergeesteliking van al die nog onvolwasse geestelike ken en in die

verband weet wat julle gang deur die skepping as grondslag het.

Julle is eers as mens weer die oerwese wat julle was toe Ek julle geskep en

buite My geplaas het. Julle afval van My in die diepste diepte het ook julle

ontbinding tot gevolg, sodat julle die gang deur die skepping in tallose

afsonderlike substansies afgelê het, wat alles in skeppingswerke ingelyf

word en so hul bestemming moet nakom. Sodoende kan hulle langsaam die

opwaartse ontwikkeling deurmaak wat die terugvoer van die geestelike, sy

wesensverandering, tot stand moet bring volgens My heilsplan van

ewigheid.

Alle skeppingswerke het sy taak waarvan die doel dienning is. Deur

voortdurend te dien vanuit die wet van "jy moet" verloor die geestelike

341

steeds weer sy uiterlike vorm en kan hom dan weer in ‘n nuwe uiterlike

vorm beliggaam. En dit word solank voortgesit tot die geestelike die

volwassenheid verkry het wat vir die beliggaming as mens, nodig is.

Hierdie ontwikkelingsgang deur die skeppings van die aarde voer

onherroeplik tot hierdie volwassenheid, want dit word afgelê onder die wet

van "jy moet" My wil doen en ooreenkomstig hierdie Wil voeg alles hulle na

My wette en bereik so die volwassenheid. Dit vereis eindelose lang tye tot

‘n bepaal graad van volwassenheid bereik is waarin die afsonderlike

substansies hulle weer versamel het en die oersiel, nou as mens

beliggaamd, die laaste gang oor die aarde gaan om sy vergeesteliking te

voltooi. Maar hierdie gang deur die skepping kan nie willekeurig uitgeskakel

of deur ‘n ander ontwikkelingsgang vervang word nie, dit moet deur alle

wesens afgelê word wat weer wil terugkeer en wil word soos dit was in die

allereerste begin. Want die materiële skepping het eers deur My wil tot

stand gekom omdat Ek dit as weg sien waaroor My skepsels, wat onmeetlik

ver van My verwyder was, weer nader aan My kan kom.

Die skepping self is dus die gevalle geestelike wat hulle verhard tot

geestelike substansie en wat deur My wil nou omvorm word in die mees

verskillende vorms, waar Ek hul bestemming en doel toewys, om langsaam

die geestelike tot volwassenheid te bring en dit steeds ‘n nuwe vorm aan te

bied om steeds ‘n hoër volwassenheid te bereik. Om uiteindelik eenmaal as

mens beliggaamd, as ek-bewuste wese, die laaste doel na te strewe, die

vereniging met My bewus te soek en te vind en dan die uiteindelike

terugkeer tot My te voltrek.

Dit is die enigste doel van alle skeppingswerke, dat die geestelike hulle

daarin kan berg wat verplig is om opwaarts te gaan na My en wat ook deur

My wil hierdie langsame opwaartse ontwikkeling bereik, omdat dit dien.

Weliswaar steeds ook onder die wet van "jy moet" en hom deur te dien

altyd weer bevry uit sy vorm.

Maar daar sal nog ewighede verbygaan totdat die laaste geestelike wese al

sy partikels weer saam gekom het. Tot dan ook die gees teenoorgesteld

aan My, Lucifer, hom vrywillig weer na My toe wend omdat hy volledig

kragteloos is, wanneer alle geskape wesens hom vrywillig verlaat het, wat

nou na My strewe omdat hulle My as hul God en Skepper herken.

Eers dan sal My teenstander sy volledige onmag insien en weer verlang na

lig en krag. Eers as hy verlang na My liefde wat hom eens onmeetlik salig

gemaak het, sal hy hom ook weer vrywillig open vir My liefdestraling en

keer nou as My seun na My terug. Amen

Joh. 14 : 18 "Ek sal julle nie as wese agterlaat nie"

7702 17 September 1960

Ek wil julle nie as wese agterlaat nie. As Vader wil Ek My oor julle

bekommer en julle ook bewyse van My Vaderliefde gee, Ek wil nie dat julle

342

alleen en sonder leiding op aarde voortgaan nie, dat julle sonder

beskerming aan My teenstander oorgelewer is nie, wat julle dadelik sal

benader wanneer hy sien dat julle verlate is. Want Ek hou van julle omdat

julle My kinders is; wat eens van My uitgegaan het en wat die regte weg

verlaat het, wel in vrye wil, maar Ek weerhou hul tog nie My Liefde nie. En

My Vaderliefde sal alleen nog daarna streef, dat julle weer terugkeer na

julle vaderhuis. En daarom neem Ek dit op My om julle te lei, op

voorwaarde dat julle, julleself nie hardnekkig teen My verset nie, dat julle,

julleself gewillig deur My laat lei. Maar dan is julle onder goddelike hoede

en kan daar niks met julle gebeur nie, julle hoef julle nie as wese te voel

nie, wat alleen staan in die wêreld en julle daarom ook dikwels in gevaar

bevind. Want dit is My Liefde, dat Ek My skapies by My saambring, dat

hulle nie oral hul eie weë gaan nie, dat Ek hulle lok en roep as goeie

Herder, Wie geen enkele van Sy skapies wil verloor nie.

En My skape herken ook die stem van hul Herder en hulle volg Hom en Hy

sal hulle tuisbring, Hy sal Sy kudde beskerm teen die vyand, wat hulle

steeds weer benader om verwarring te stig, om die skapies uitmekaar te

dryf waar dit vir hom maar moontlik is. Dan sal My lokroep weerklink,

omdat Ek hulle nie oorlaat aan My vyand nie. Ek sal diegene agterna gaan

wie te ver geklim het of die gevaar loop om in die afgrond te stort. Want Ek

wil geen enkele van My skapies verloor nie, omdat Ek hulle liefhet. En dus

hoef geen mens bang te wees om deur My en My Liefde verlaat te word nie,

want Ek bekommer My oor elkeen wat in nood is, wat alleen staan en

aangewese is op hulp. Ek is almal naby wat maar aan My dink, wie hulle

aan My toevertrou in hul nood en Ek sal as ‘n goeie Herder teenoor almal

handel wat hulle van My verwyder het en wat met lokroepe van Liefde

teruggelei moet word, na daar, vanwaar hulle vertrek het.

"Ek sal julle nie as wese agterlaat nie". So lui My belofte en so sal julle nou

ook met oortuiging op My beskerming kan reken, julle sal steeds aanspraak

kan maak op My hulp, want julle weet dat daar Eén is, Wie julle Vader wil

wees en bly tot in alle ewigheid.

En aan hierdie Vader moet julle, julleself toevertrou, wie julle ook mag

terneerdruk. En Hy sal julle dan aan die hand neem en veilig lei deur alle

teëspoed, Hy sal julle krag gee om alle hindernisse te oorwin, Hy sal julle

weë gelyk maak, sodat julle sekerlik julle doel sal bereik, sodat julle die

weg na My vind en dan vir ewig by My bly.

Want julle almal is My kinders wat eens die Vaderhuis verlaat het, maar

wat ook weer terug moet keer en dit steeds maar net kan doen met My

hulp. En hulle hoef nie swak te voel nie, want as ‘n liefdevolle Vader

voorsien Ek My kinders van krag, sodat hulle dan ook die weg na die ware

vaderland kan aflê, sodat hulle sal terugkeer na My, na hul Vader van

ewigheid. Amen

343

Valse profete

7705 20 September 1960

Laat Ek julle vertel dat julle meer en meer aan aanvalle deur My

teenstander blootgestel sal word soos die einde nader kom, omdat hy sy

mag op eg sataniese wyse gebruik en in die besonder teen Myne wat My wil

dien en wat hy glo om nog vir homself te kan wen. Maar julle moet slegs

waaksaam wees, omdat julle altyd sy gedrag sal herken, julle sal altyd

weet wie agter die plan skuil wat julle geestelike werk onderbreek of

heeltemal verhinder. Want dit sal bevestig word dat baie valse profete

onder My bannier sal verskyn, dat hulle sal probeer om My Woorde en

informasie betreffende die naderende einde sal verkleineer. Dit sal bevestig

word dat die mense ‘n maklike prooi is, dat hulle eerder hierdie vals profete

sal glo as vir julle omdat hulle hul altyd die hoop sal gee dat daar ‘n

rooskleurige toekoms op hulle wag, dat hulle nie die toekoms moet vrees

nie, dat hul wêreldse inspanning suksesvol sal wees en ‘n einde aan hierdie

wêreld dus ondenkbaar is.

En in die geval sal julle weet dat julle met valse profete te doen het en dat

julle sterk in geloof moet bly en glo wat Ek verkondig het en sal bly

verkondig, dat die tyd vervul is en dat julle mense in groot gevaar is as

julle, julleself nie so op die einde voorberei dat julle dit nie vrees nie.

Elkeen wat regverdig leef en Jesus Christus gevind het en homself volledig

aan Hom gee, elkeen wat Myself in hom erken en My in Jesus aanroep

wanneer hy in nood is, sal die gevare van die laatste dae oorleef en sal

ongedeerd daaruit kom. Hy sal lewe om die nuwe aarde te sien en sy

paradysagtige lewe en sy geloof sal inderdaad ‘n seën vir hom wees, omdat

hy nie meer die einde sal vrees nie, hy sal aan My vashou en so uithou tot

die einde en geseënd wees, soos Ek dit beloof het.

Maar My teenstander sal woed en probeer om Myne te beïnvloed tot die

einde. Julle moet dit weet en nie toelaat om mislei te word nie. Hy het sy

aanhangers en hulle sal sy werk doen en misleidende onderrig onder die

mense versprei wat My Woord wat direk van bo aan julle gestuur word

heeltemal teëstaan, My Evangelie wat julle nietemin in totaliteit kan glo en

versprei. Julle moet slegs ondersoek wat aan julle van elders aangebied

word of dit aan My Woord beantwoord. Want wat met dit strydig is toon

aan dat dit van My teenstander af kom en julle kan hulle sonder aarseling

as valse profete verwerp wat julle geestelike kennis aanbied wat ‘n nabye

einde uitsluit, wat julle mense nog ‘n lang bestaan op hierdie aarde belowe.

Julle is op die drempel van die einde en moet julleself voorberei en julle sal

goed doen deur dit te doen sodat julle nie daarvoor bang is nie. Want die

tyd sal kom wat aan julle verkondig is dat ‘n gelukkige en salig lewe op die

nuwe aarde kom, maar slegs vir My eie wat in My glo en hulle geloof tot die

einde verdedig. Want elkeen wat tot die einde volhard sal geseënd wees.

Hulle sal ‘n wonderlike lewe in die paradys van die nuwe aarde lewe. Amen

344

Ware naasteliefde: Die deurgee van die woord

7708 24 September 1960

Julle kan geen groter werk van naasteliefde doen as met die verspreiding

van My woord nie, die evangelie, wat julle medemens moet hoor om ook

hul aardse weg met sukses te kan af lê.

Geestelike goed word egter van die kant van die medemens nie gewaardeer

nie omdat dit geen aardse sukses oplewer nie. Dog sodra julle geestelik

werksaam is en op geen aards loon reken nie en altyd alleen maar die

medemens laat weet wat Ek self julle van bo aanbied, verrig julle waarlik

werk van naasteliefde wat tot in die ewigheid oprys. Julle help die siele om

volwasse te word, hulle kan hulle voorberei om binne te gaan in die ligryk,

as die siel sy stoflike liggaam aflê en alles moet agterlaat, dan kan hulle in

besit wees van geesterykdomme, wat hulle met hul saamneem in die

ewigheid. Julle moet gee en uitdeel net soos Ek aan My disipels uitgedeel

het, die brood van die hemel en die water van die lewe. Dit is die grootste

liefdedaad, wat julle, julle medemens op aarde kan bewys. Dit is die ware

naasteliefde, as julle onbaatsugtig die werk verrig wat nodig is om My

Woord deur te gee. Want Ekself wil deur julle die mense aanspreek omdat

hulle My Stem nie regstreeks kan hoor nie.

Die mense is in groot nood, want hulle gebruik hul aardse lewe alleen vir

aardse gewin. Terwyl hulle eerder aan hul siele moet dink, wat tot

volwassenheid moet kom tydens die lewe op aarde. Wat julle nou doen om

julle medemens op die weg van die geloof te bring, wat julle in My opdrag

op julle neem om hulle dus die evangelie te verkondig, is onbaatsugtige

naasteliefde en deur My geseën. Julle is julleself nog nie bewus van die

groot gawe wat julle daagliks van My mag ontvang nie. Julle kan die

waarde en betekenis nog nie insien nie, want anders sou julle almal wat op

hoogte is van My werk deur die Gees, ywerig wees in die verspreiding van

dit wat julle deur My Liefde en Genade toegestuur word.

Julle begryp dit nie dat julle ‘n saadjie kan uitstrooi wat heerlike vrugte kan

afwerp. Julle mag die saad nie ongebruik laat lê nie en julle moet julle

steeds op My hulp verlaat. Want waar julle in nood raak, daar staan My

engele en beskermers gereed om julle te help en julle te versorg, sodat

julle geestelike arbeid gedoen kan word, sodat julle diegene hulp bring wat

sonder julle die ware weg nie kan vind nie. Want daar is nog vele wat Ek

deur julle wil aanspreek en Ek het daartoe slegs julle wil nodig om My

ywerig te dien.

Ek neem julle dienste aan, want Ek kan alleen deur 'n mensemond spreek,

omdat die gesteldheid van die mense ‘n te lae vlak bereik het dat Ek hulle

anders sou kan aanspreek, omdat hul wilsvryheid gehandhaaf moet bly.

Maar dit sal julle krag gee, dat Ek julle My beskerming en ondersteuning

verseker sodra julle maar die wil het om julle oor julle naaste te bekommer

in geestelike nood.

345

Die tyd dring en steeds vermanender sal My Woorde klink wat Ek tot julle

rig. Maar julle hoef My alleen julle wil te skenk en julle sal dan volgens My

Wil handel. En alles reel hul vanself as julle dit maar in volle vertroue aan

My oorgee en My maar altyd laat begaan. So, neem My Seën aan, almal

wat My dien en bly onvermoeid werksaam in My wingerd. Want die dag is

nog maar kort en dan volg die nag, daar kom ‘n ommekeer, aards en

geestelik, die tyd van die oes kom, die dag van die oordeel kom daarmee

saam.

Maar voor die tyd wil Ek vir My nog siele wen en julle moet My daarmee

help. Julle moet julle naaste in liefde gedenk en julle moet vir My en My ryk

besig wees. Julle moet My Naam verkondig in die wêreld en getuienis aflê

van My werksaamheid in julle sodat die mense kan glo en salig word. Amen

Gods Liefde - Die eindtyd

7709 26 September 1960

Julle almal moet aanspraak maak op My Liefde. Julle moet weet dat julle ‘n

liefdevolle Vader het, wat vir julle sorg en wat julle ook vreugde berei, as

dit bevorderlik is vir julle voltooiing. My Liefde vir My kinders ken geen

grense nie en almal wat op My toesnel, wat self wil dat Ek hul Vader is, is

My kinders. My Liefde sal nooit ophou om Hom weg te skenk nie en Hy sal

julle alles gee wat julle liggaamlik en geestelik nodig het. En dit staan julle

dus vry om van My Vaderliefde gebruik te maak. Julle moet julle slegs oop

stel en julle deur My laat aanspreek en julle sal dan beslis nie met leë

hande heengaan nie.

Want Ek het vir julle nog baie te sê omdat die tyd ten einde loop en omdat

alles so sal geskied soos dit verkondig is in woord en geskrif. Julle moet dit

ook aan julle medemens vertel, maar julle sal nie dikwels ontvanklike harte

vind wat julle aanhoor en glo nie. Tog maak die nood van hierdie tyd dit

noodsaaklik om gewag te maak van dit wat op die kort termyn sal gebeur

en wie dan glo die sal gered word. Maar wie nie glo nie en hom nie

voorberei op die einde nie, die sal onder gaan, dws. die gerig sal hom

oorval as Ek My ewige orde sal herstel, as die einde van hierdie aarde

gekom het.

Hierdie tyd gaan julle met reuseskrede tegemoet. En ook My Liefde kan die

einde nie teehou nie, omdat My Liefde al die geestelike omvat waaraan ook

die wat nog gebonde is behoort wat hul ontwikkelingsgang nog moet begin

of voortsit. Dat nou die mense merendeels faal en hul aardse lewe nie

benut om hul siel te laat volwasse word nie is hul eie skuld, hul vrye wil,

wat My daarom geen aanleiding kan gee om van My heilsplan af te sien en

die nog onverloste geestelike aan hul ellende oor te laat.

Maar Ek sal nog alles doen om die mense by te staan, dat hulle ‘n uitweg

kan vind uit hul geestelike nood. Ek sal steeds weer deur julle die mense

aanspreek en hulle wys op die tyd wat voor hulle lê. Ek sal openlik en in die

346

verborge tot hulle kom en hulle sal My ook kan herken, sodat hulle nie kan

sê dat hulle nie gewaarsku is nie.

En wie dus My belei, wie probeer om My Wil te vervul, die kan daar ook

seker van wees dat hy tot Myne behoort, dat Ek hom Liefde skenk en dat

Ek hom versorg en sal versorg tot aan die einde van die wêreld; tot die

stryd wat die mense nog te wagte staan, ten einde is: Die geloofstryd, wat

My teenstander sal laat ontbrand. Want hy woed tot die einde toe onder

Myne om hulle nogmaals van My te laat afval. want dit is sy doel dat hy die

geloof wil vernietig wat nog sporadies onder die mensdom te vind is.

Maar die geloof is meestal ook nog baie swak en daarom wil Ek dit sterk

maak deur My regstreekse aanspreking, sodat die geloof sterk bly en

onwankelbaar standhou as My Naam belei moet word voor die wêreld. Wie

Ekself kan aanspreek, hetsy direk of ook deur My dienare, die sal ‘n

lewende geloof ontvang en geen bedreiging sal hom bangmaak nie, omdat

hy sy Vader herken het en Hom nie meer kan opgee nie. Wie egter geen

lewende geloof het nie, die sal My prysgee terwille van die wêreld en hy sal

sy lewe aan My teenstander verloor, hy sal met alle winde saamwaai.

En geseën as hy hom nog aan julle oprig, as hy hom deur julle laat

onderrig en nog te elfder ure die weg tot My terugvind. Want Ek wil almal

aanneem wat nog op die laaste oomblik tot My kom, omdat Ek nie wil dat

hulle verlore gaan nie, omdat Ek julle almal die ewige lewe wil skenk.

Daarom moet My Woord nog yweriger versprei word, daarom wil Ek julle

steeds weer aanspreek. Ek wil self deur julle tot die mense spreek wat

anders hul harte nie vrywillig vir My open nie. Ja, julle kan in My plek

aanklop. En as Ek dan self kom en hulle hul deur vir My open, dan sal Ek

ook tot hulle spreek en hulle sal salig wees. Want My Liefde hou nooit op en

wie Myself liefde skenk, die sal Ek duisendvoudig beloon. Ek wil hom

geestelik en aards gelukkig maak. Want dan ly sy siel geen skade meer nie,

dan is hulle My toegedaan en hulle sal dan ook vir ewig die verbintenis met

My nie meer kan verbreek nie, want hul liefde behoort aan My en word

daarom deur My op sy innigste beantwoord en hulle sal daardeur vir ewig

salig wees en bly. Amen

Valse geeste - Valse profete

7714 29 September 1960

Ek kies julle tot My dienare omdat Ek sien dat die wil in julle goed en sterk

is, dat julle, julleself handhaaf as dit daarom gaan om die waarheid uit te

dra. Want daar word die mense baie as waarheid aangebied wat nie van My

afkomstig is nie. En as ‘n kneg dit insien, dan mag hy dit nie swygend toe

laat nie maar moet praat. Hy moet teenoor hierdie dwaling die suiwere

waarheid stel. Hy moet dan laat sien dat hy My verteenwoordiger op aarde

is, dat hy in My diens staan.

347

Hy moet dus My Naam in die openbaar belei. Hy moet volledig instaan vir

dit wat hy self van My ontvang het, omdat Ek hom uitkies om as My

dissipel in die eindtyd vir My werksaam te wees. En wie Ek dan die amp

opgedra het, die sal Ek ook die krag gee om in My Naam te spreek. Hy kan

dan as apostel van die waarheid optree en My teenstander ontmasker, wie

self ook sy werktuie uitgesoek het om in My geledere verwarring te stig.

En daarom luister wat My Gees julle verkondig: Die tyd span tot die einde

is nog maar kort en die dag van die einde is sedert ewigheid vasgestel. En

waar julle, julle ook bevind, julle sal almal die einde wat op hande is

gewaarword, omdat Ek nou heel duidelike tekens laat volg wat oral

waargeneem kan word en wat die gedagtes van die mense ook besig sal

hou.

Dog juis hierdie tekens sal die mees teenstrydige menings uitlok, omdat

ook hier die invloed van My teenstander aan die lig kom, waardeur die

gedagtes van die mense in verwarring sal raak. Want die een sal die ander

nie meer begryp nie en ‘n leier sal ander opvattings hê en ander doele

nastreef, wat hy nie wil opgee nie. Slegs weiniges sal geestelik ontwaak

wees en die regte konklusies maak.

Dan sal daar baie valse profete opstaan en juis hierdie is dit waarteen Ek

julle wil waarsku, sodat julle nie elke gees glo wat hom aan julle kenbaar

wil maak nie. Dat julle dan in die besonder hulle nie glo wat die einde

verloon en wat meen dat ‘n einde van hierdie aarde nie met My liefde in

ooreenstemming te bring is nie.

Wees dan op julle hoede en vra My ernstig om die waarheid te stuur. Glo

nie elke gees wat hom probeer te openbaar deur mense wat hom gewillig

is, maar vergelyk elke leer met My Woord wat uit die hoë tot julle klink

omdat julle mense in die waarheid moet wandel, want alleen deur die

waarheid kom julle tot die doel.

Julle het baie geeste onder julle wat nie in My opdrag spreek nie. Maar julle

kan hulle herken en wel daaraan: Dat hulle die einde bestry, dat hulle aan

die openbaringe wat ‘n naby einde verkondig aanstoot neem en dat hulle

vyandig staan teenoor hulle wat die eindtyd verkondig.

Die tyd is vervul en juis in die eindtyd sal nog baie valse profete optree en

die suiwere waarheid uit My probeer te weerlê. Hulle sal ook ongewone

dinge verrig sodat julle in hulle glo. Maar dit is nie My Gees wat uit hulle

spreek nie en dit is nie My krag wat in hulle werk nie. Dit is die antikrag

wat oral woed en wat as aanhang van My teenstander ook met sy krag

toegerus is, omdat hulle van hom afhanklik is en na sy wil op die mense

van hierdie aarde inwerk.

Daarom moet ook julle wat My wil dien trou bly aan julle Heer en die

waarheid verdedig. Julle mag julleself nie van die waarheid laat afbring nie,

want julle weet tog dat julle in My Naam spreek en julle sal ook van My die

krag ontvang, want Ek Self spreek deur julle.

348

En oral waar deur julle My ware evangelie verkondig word, daar moet ook

van die einde van hierdie aarde getuienis afgelê word en ook daarvan, dat

die mense kort voor die einde staan en dat hulle hulself daarop moet

voorberei. En waar julle preek afwysing ondervind, daar herken julle ook

duidelik die inwerking van My teenstander.

Van diegene wat voorgee om My dienare te wees, maar wat egter die

nabye einde verloon, moet julle, julleself afkeer en nie daarmee saam praat

nie. Want hulle is nie My verteenwoordigers nie, maar afgesante van satan,

wat heel in die besonder daar werksaam is waar die lig van die waarheid

baan breek. Dog dit sal hom nie geluk om die lig te verdoof nie, want Ek

Self straal dit na die aarde toe. Dit sal die harte van Myne verlig sodat hulle

duidelik sal herken dat hul Vader hulle aanspreek, Wie die LIG van

Ewigheid is. Amen

Gevare van mediamiek ontvangste

7720 5 Oktober 1960

En steeds weer spoor Ek julle aan tot liefde, omdat alleen deur die liefde

die gees in julle tot lewe gewek word, sodat hy hom nou ook kan uiter.

Want julle moet weet dat die uiting van die gees van ongelooflike waarde

vir julle is, omdat julle dan My woord ontvang in alle suiwerheid, omdat Ek

julle dan Self deur die gees kan aanspreek. Julle moet weet dat die liefde

geestelike kragte in julle in werking stel wat julle vanaf die allereerste

begin besit, maar wat in julle bedek lê sedert julle vroeëre afval van My.

Hoe meer julle nou toeneem in die liefde, des te meer ontplooi die

geestelike krag hom weer en julle wese verander weer in die oerwese wat

julle was in die allereerste begin, toe julle nog My ewebeelde gewees het,

hoogs volmaakte wesens, wat net soos Ek kan skep en vorm gee tot eie

geluksaligheid. Hierdie liefde gee julle vrywillig op. Die liefde sal julle weer

vrywillig na moet strewe, julle sal julle vir die aanstraal van My Liefde moet

open en dan stroom My Gees julle weer binne en alle vroeëre vermoë

ontwaak tot lewe in julle en julle het nou weer ‘n lewendige geestelike

verhouding met My.

Maar Ek wil julle ook laat weet dat My teenstander op dieselfde wyse op

julle probeer in werk en ook hy hom deur julle sou wil uiter en dit kan,

wanneer julle, julleself willoos aan hom oorgee. Dan kan hy besit neem van

julle en sy wil op julle oordra en dan sal julle ook kan spreek, die inhoud

van dit wat julle praat sal ‘n warboel van gedagtes wees, wat sorg dat alle

helderheid ontbreek en julle sal niks wen nie.

En daarom waarsku Ek julle ernstig, om nie in swakheid, julle wil, aan

geestelike kragte toe te vertrou, wat julle misbruik nie. Ek waarsku julle vir

mediamieke ontvangste, wat julle dikwels nie uit mekaar sal kan onderskei

nie, wat egter steeds ‘n gevaar beteken, wat nie as die werksaamheid van

die gees te bestempel is nie, veeleer as slegs mededelinge uit die

349

geestelike wêreld, waarvan die sfere heel verskillend is en selde suiwere

waarheid waarborg. Ook mense wat van die liefde nog ver verwyder is kan

mediamieke ontvangste doen, want sodra hulle hulself in hul wilsswakte

aan ‘n geestelike krag oorlewer, word hulle in besit geneem deur lae geeste

en hulle bied geen weerstand nie.

Maar wie die liefde in hom ontsteek het, bring nou vanself die verbinding

tot stand tussen sy geesvonk en My, die Vadergees van ewigheid. En

hierdie kan alleen waarheid uitdeel, hy ontvang in waarheid My woord, hy

sal regstreeks deur My aangespreek word en kan alleen in die waarheid

onderrig word. En Ek sou julle almal graag wil aanspreek deur die woord,

dat julle nie alle geeste moet glo nie, dat julle, julleself tot My moet wend

en steeds alleen moet vra om die waarheid.

Julle moet geen vrae stel oor kennis wat My Wysheid vir julle verborge hou

nie, julle moet die geeste nie om aardse dinge vra nie. Julle moet alleen

maar altyd vol vertroue tot My kom en al julle verlanges aan My voorlê en

Ek sal julle waarlik antwoord deur die hart, as julle slegs op julle gedagtes

let, op die aandrang in julle innerlike en julle wil. Ek spreek dan deur julle

hart tot julle en julle het waarlik die raad van die geeste nie nodig van wie

julle nie weet van welke sfeer hulle deel uitmaak nie, want hulle vermom

hulle goed en julle sal hulle dikwels vir goeie geeste hou, terwyl hulle in

waarheid alleen maar verwarring aanrig en probeer om die mense van

regstreekse verkeer met hul Vader van ewigheid af te hou.

En Ek wil tog so graag met My kinders praat, maar Ek kan dit alleen doen

wanneer julle, julleself tot liefde vorm, omdat liefde hom alleen weer

teenoor liefde kan uiter. Kom daarom almal regstreeks tot My en wanneer

julle, julleself innig met My verbind en oplettend luister, sal julle My ook

Self hoor in julle, julle sal tweegesprekke met My kan hou en in alle

duidelikheid sal probleme vir julle opgelos word wat julle My vertroulik

voorlê. En wanneer julle nou ‘n lewe in liefde lei, sal My stem hom steeds

duideliker in julle uiter, omdat die geesvonk in julle deur My Vadergees van

ewigheid aangespreek word en hom nou duidelik verneembaar aan julle

laat hoor. Maar glo nie dat julle op omweë My aanspreking kan verneem as

die liefde nog nie in julle is nie. Die werksaamheid van die gees en

mediamieke ontvangste moet van mekaar onderskei word. Daar is wel ‘n

geestelike krag aan die werk, maar soos lig en duisternis bestaan, so sal

ook steeds die kragte van die lig teen die duistere kragte stry.

Maar lig is waar liefde is en dus is alleen die liefde bepalend vir die graad

van die waarheid wat die geestelike mededeling ten grondslag lê. En die

liefde kom van Myself, Wie die ewige Liefde is. Die liefde verset hom teen

uitlatings wat nie van die ewige Liefde Self kom nie. En die ewige Liefde wil

in direkte verbinding staan met julle. Ek wil deur julle aangespreek word,

sodat Ek Myself ook teenoor julle kan uiter. En dit is die "werksaamheid van

My Gees" in julle wat Ek van te vore aangekondig het met die woorde: "Ek

wil julle die Trooster stuur, die Gees van die Waarheid". Die liefde is alles

350

en alleen deur die liefde verbind julle, julleself met My. En hierdie liefde wil

Ek van julle ondervind en waarlik, julle sal in alle waarheid ingelei word.

Amen

Oor die voorloper

7722 8 Oktober 1960

Dit sal blyk welke krag daar in My Woord is, want die hart sal self deur My

aangespreek voel en in liefde tot My ontbrand. Ek maak My bekend as

Vader, omdat Ek met My kinders verbonde wil wees en daarom laat Ek My

Liefde straal in die harte van hulle wat van goeie wil is.

Maar slegs aan die wat lig wil hê of die mense wat die stem van die Vader

herken. Die geringste weerstand verminder die krag van My Woord en die

weerstand bring die mens self te weeg wanneer hy nog sonder liefde is.

Dan laat hy homself nie deur My aanspreek nie en bly die krag van My

Woord ook sonder uitwerking. Dan klink My Woord vir die mens nie anders

as ‘n mens se woord nie en hulle wys dit af.

Maar My kinders luister na My Woord en Ek leer My kinders aldus: Maak

julle vry van verwarde gedagtes, deurdat julleself tot My bid om waarheid

en verligting van julle denke. Julle probeer voor die tyd indring in gebiede

wat Ek nog vir julle geslote hou, julle maak gevolgtrekkings wat verkeerd

is. Julle hou julleself in julle gedagtes besig met dinge, waarvoor die tyd

nog nie gekom het om dit te weet nie. Julle raai maar oor die lot en die

koms van die Voorloper, maar julle maak verkeerde gevolgtrekkings. Ek

het vir julle gesê dat julle hom sal herken, dit wil sê, julle hoef nie te vra

nie, julle sal weet dat dit hy is wanneer hy in die openbaar tree. Maar as

die uur van sy optrede nog nie aangebreek het nie, hoef julle hom ook nie

te soek of in ‘n medemens te vermoed nie, want hy kom daarvandaan waar

julle hom die minste sal verwag. Hy is nie iemand van die wêreld nie en hy

gaan sy weg soos elke ander mens, maar al sy denke en strewe is op My

gerig, ofskoon sy missie nog nie aan hom bekend is nie. Maar sy gees sal

hom ‘n helder insig gee oor sy missie en oor homself, wanneer die tyd

gekom het dat hy moet optree.

Ek sê dus nou, (1960) dit duur nog ‘n tyd voordat dit sal gebeur. So verlig

sal hy wees dat sy lig in die wye omtrek sal straal en dat julle almal wat My

Wil dien julleself in sy lig sal kan verwarm wanneer die tyd van die

geestelike nood gekom het, wanneer die laaste fase voor die einde sal

intree en die geloofstryd sal ontbrand.

Glo egter vooraf geen enkele gees wat dink dat hy meer daaroor weet nie,

want as die kennis nodig sou wees, sou Ek julleself daaroor onderrig. Wat

julle egter deur die mond van die mense vertel word, neem dit versigtig

aan en laat julle nie mislei word nie. God se Gees spreek Hom nie teen nie

en julle moet self ondersoek waar My Gees aan die werk is en welke gees

julle glo.

351

Ek het wel die Voorloper vir julle aangekondig en dat hy weer as ‘roepende

in die woestyn’ sal kom voor My Wederkoms, maar sy verskyning sal nog

ietwat op hom laat wag, omdat daar nog ‘n kort tydjie vooraf moet gaan

waarin daar vlytig vir My Ryk gearbei moet word en omdat julle dan self die

tyd sou vasstel wanneer sy koms bekend sou wees. Ek hou nog die sluier

getrek oor die tyd van sy optrede, want dan is My Koms ook verseker. Dan

is die einde naby, want hy sal maar ‘n kort tydjie op aarde arbei, wat egter

voldoende sal wees om die mense uit hulle starheid van die dood wakker te

laat skrik.

Want dit is die doel van sy verskyning: om hulle te red wat nog weifel, om

hulle te versterk wat aan My getrou wil bly en My en My Koms aankondig.

En ofskoon die tyd ook nie ver af is nie, moet daar tog nog enkele tydperke

verbygaan. Dan sal egter onherroeplik vervul word wat aan julle verkondig

is deur woord en geskrif. Amen

’n Vonkie van God se Gees in die mens

7726 15 Oktober 1960

En My Naam moet in die openbaar verheerlik word, want julle sal insien

Wie Homself aan julle openbaar. Julle sal dit in julle hart voel as julle deur

My aangespreek word en julle moet My dan bewustelik loof en dan ken

omdat julle My herken het. Die mate van My Liefde is onbegrens en sal

nooit verminder nie. Steeds weer sal die Bron van Liefde en Krag homself

open en oor julle uitstroom. En steeds weer sal julle die nabyheid van die

Vader kan bespeur en dit is My Barmhartigheid wat Ek oor julle uitstort,

omdat julle as ‘n klein kindjie nog swak is en My hulp nodig het. En as Ek

julle te kenne gee dat Ek in julle midde is, bly dan in stille aandag en gee

julle harte aan My. Ek sal hulle almal aanneem en met liefdevolle sorg tot

voltooiing bring. Julle sal begin te lewe in die innigste gemeenskap met My.

Stralend helder sal julle geestelike oog wees. Die lig van die insig sal julle

verlig, want julle het die weg tot die Vader, wat in julle is gevind, omdat

julleself vir Hom 'n woning voorberei het, omdat julle vir My die deur van

julle hart geopen het, toe Ek aangeklop en verlang het om binne te gaan.

Toe julle hierdie aarde betree het as mens, het Ek reeds na julle toe

gekom. Ek het ‘n klein vonkie van My goddelike Gees in julle gelê. ‘n Klein

liefdesvonkie wat in julle moet uitgroei tot ‘n vlam wat homself weer met

die Vuur van My ewige Liefde moet verenig. ‘n Klein Deeltjie van Myself is

dus in julle wanneer julle, julleself as mens op aarde beliggaam en

gevolglik is daar ‘n verbinding met My tot stand gebring, waarvan julle

egter eers bewus moet word, deurdat julle uit vrye wil ‘n verbinding moet

soek met julle God en Skepper en wat dan ook al daar is, as julle die wil

het om met julle God en Skepper verbonde te wees.

Die Goddelike vonkie is in julle wat julle as ‘n goddelike skepsel bestempel,

as julle dit laat deurbreek. En dit kan in julle tot deurbraak kom wanneer

352

julle, julle wese verander tot liefde. Want julle laat julle wese, wat eens

suiwer liefde was, in die teendeel verkeer. Julle het die wese van My

teenstander aangeneem, wat heeltemal sonder liefde is en julle het julleself

daardeur van My verwyder. Maar julle was kinders van My Liefde, julle het

uit My Liefde voortgekom en Ek sal julle ewiglik nie prysgee of aan My

teenstander oorlaat nie, omdat My Liefde vir julle baie groot is. Julle sou

egter nooit die weg tot My teruggevind het as Ek julle nie vir die lewe op

aarde ‘n vonkie van My goddelike Gees - My Ewige Liefde - saam sou gegee

het nie. Want die geestesvonkie moet julle weer tot My terugvoer. Dit moet

julle aanspoor om na My toe te kom. Dit moet oor die liggaam seëvier en

die siel - julle eintlike Ek - na homself trek, sodat die siel homself kan

verenig met die gees en sodat die eenwording met My, met die Vadergees

van die Ewigheid kan plaasvind. Hierdie geestesvonk leef in julle maar hou

homself stil totdat julle homself deur julle wil die vryheid gee dat hy

homself kan uiter. En dan openbaar Ek Myself in julle. Dan is julle aardse

lewensdoel bereik en dan is julle lewe alleen maar net één enkele

dankgebed en lofprysing. Want dan het julle wese homself ook weer

verander tot liefde omdat My geestesvonk nie sonder liefde tot lewe sou

kon kom nie.

As My Gees Hom egter in julle kan uiter, dan blyk dit ook dat Ek Self in

julle teenwoordig is; en die bewys is gelewer dat die kind die weg

teruggevind het na die Vader, dat hy die wye kloof oorwin het wat hom

ewighede lank van die Vader geskei gehou het; dat hy nou weer deur My

liefdeskrag deurstraal word soos dit was in die allereerste begin. Amen

Die deurvoering van die heilsplan

7728 21 Oktober 1960

My heilsplan word so duidelik aan julle uitgelê dat julle ook My eindelose

liefde daarin kan sien, dat julle nie hoef te twyfel aan ‘n God van liefde nie,

selfs as julle die laaste vernietigingswerk op hierdie aarde in die heilsplan

moet betrek. Sou Ek ooit iets kan doen wat nie op My liefde gegrondves is

nie? Julle mense kan egter nie alles sien nie en tog sou My heilsplan van

ewigheid ‘n verduideliking moet wees vir dit wat julle verstand sou kan

weier om aan te neem. Alleen My eindelose liefde sit My daartoe aan om

My heilsplan uit te voer, wat My wysheid as reg insien en wat My almag ook

sal deurvoer op die regte tyd.

En julle mense mag nie dink dat julle My tot ander gedagtes kan bring nie,

want dit gaan nou nie meer alleen om die redding van die mense nie, maar

om ‘n fase in die ontwikkeling van al die geestelike, wat weer opnuut begin

en ‘n nuwe verlossingsperiode inlei. Dit gaan om ‘n nuwe orde van al die

geestelike en om ‘n skeiding van die geeste, wat hulle reeds in die stadium

van die ek-bewussyn bevind en ooreenkomstig hul toestand daarheen

geplaas word, waar hulle volgens hul volwassenheid behoort.

353

Steeds was daar gedurende ‘n verlossings periode klein tydperke gewees,

waarin Ek moes ingryp deur regterlike vonnisse van allerlei aard. En steeds

weer word die mense dan gewaarsku en vermaan. En namate hul

bereidwilligheid om ‘n ander weg in te slaan, kan hierdie vonnisse dikwels

verskuif of opgehef word. Altyd weer wil My liefde tussen beide kom om te

probeer om die mense op die regte pad te bring, voordat My Geregtigheid

Hom openbaar. Maar die tyd van ‘n verlossingsperiode is begrens en dit sou

waarlik voldoende gewees het om alle siele volkome verlossing te bring, as

die wil van die mens die tyd vir die doel benut het. En eens is ook hierdie

begrensde tyd verby en moet daar weer aan die, in die skeppings

gekluisterde geestelike, gedink word wat dieselfde weg van ontwikkeling

moet gaan en ook wil, om eens vry te word uit die vorm. Want My liefde

gaan ook uit na die nog onvolwasse geestelike.

My heilsplan omvat al die eertydse van My afgevalle geestelike. Daaraan

moet die mense dink as die heilsplan onbegryplik lyk en nie lyk of dit met

My liefde ooreenkom nie. ‘n hernieude orde het vir al die geestelike

noodsaaklik geword, maar ook die mensdom bevind hulle op ‘n geestelik

dieptepunt wat om ‘n einde vra. ‘n ontbinding van die skepping en ook van

die mense wat die weg tot My nie gevind het nie en ook nie meer sal vind

nie.

Daarom glo dat Ek in My wysheid besef en van ewigheid dit insien, dat Ek

die wil en die rypheidstoestand van die mense in die laaste tyd ken. En dat

Ek ooreenkomstig hierdie wil ook My heilsplan vasgestel het, wat nou

waarlik ook ten uitvoer gebring word wanneer die tyd daarvoor aanbreek.

Elke dag is nog ‘n genade, want hy kan benut word vir die terugkeer tot My

julle Vader. Elke dag kan die siel nog volwassenheid bring en daarom moet

julle elke dag nog as ‘n genadegawe sien en dankbaar wees vir My liefde

wat julle ook seker sal help tot aan die einde, tot die laaste dag gekom het.

Maar dat hy sal kom is seker, want My woord is en bly die ewige waarheid.

Amen

Geestelike oorhand is nie dieselfde as geestelike

hoogmoed nie

7730 23 Oktober 1960

Die geestelike oorhand moet nie verwar word met geestelike hoogmoed

nie. Wanneer Ek ‘n mens in die waarheid bring, wanneer hy deur My Woord

onderrig word om vir die medemens ‘n bruikbare leraar te word, dan mag

hy ook met oortuiging met sy kennis uitkom, omdat dit van My kom en hy

sal dan ook seker daarvan kan wees, dat hy die suiwer waarheid ontvang

het en dat hierdie waarheid ‘n hoër waarde het as menslike kennis wat deur

die verstand deur homself verwerf is en wat nooit as waarborg vir die

waarheid staan, wanneer My Gees nie kon werk nie.

354

Daar kan dus nooit van geestelike hoogmoed gepraat word wanneer dit

daarom gaan om op te kom vir die waarheid uit My, wat die mens

regstreeks van My ontvang nie. Elke terughoudendheid sou dan verkeerd

wees, wanneer die moontlikheid bestaan om My geestelike leringe vir die

mense te bring. Julle moet egter nie die "pêrels voor die swyne" gooi nie,

dit wil sê, om nie daar te praat waar julle duidelik die gees van My

teenstander herken nie, omdat die waarheid daar ook nie as sodanig

ingesien word nie en elke toespraak tevergeefs is.

Wie egter deur My Gees onderrig word, moet ook gebruik maak van die

werksaamheid van My Gees en hy moet openlik en vasberade optree vir My

woord. Hy sal dit ook kan doen, want sodra hy spreek vir My en My ryk,

bedien Ek Myself aan hom en spreek deur hom en dan sal julle waarlik nie

kan sê: Daar spreek ‘n arrogante gees uit hom nie. Wie eenmaal deur My

met die waarheid bekend gemaak is, het ook self die insig, hy herken elke

samehang en kan dus ook daaroor praat. En wanneer hy seker is van die

waarheid van sy kennis, omdat hy "deur die Gees" onderrig word, sal hy

ook selfversekerd optree en verkeerde opvattinge weerlê, of goeie

duidelikheid kan gee en dan kan hy nie hoogmoedig genoem word nie,

veeleer moet sy geestelike oorhand ingesien en erken word, die waarheid

wat hy oorbring moet indruk maak op die toehoorder en hom ook die

innerlike sekerheid gee dat dit Ek Self is Wie deur die mond van ‘n mens tot

hom spreek. En omdat Ek op hoogte is van die wil van My ligdraers, kan Ek

ook My geestesgawes so uitdeel dat dit ook gewaardeer word.

En Ek kies vir My daarom Self My dienaars uit wat die opdrag het om die

suiwer waarheid verder te lei. En wie van goeie wil is, die herken die

waarheid en neem dit dankbaar in ontvangs, wie van goeie wil is, word met

die draers van die waarheid saamgebring, sodat ook hy met die waarheid

bekendgemaak word, na gelang van sy wil; En steeds sal julle daaraan

moet dink dat Ek My barmhartigheid slegs aan die deemoedige skenk, dat

’n mens wat dus hoogmoedig van gees is, nooit as te nimmer die

barmhartigheidsgawe, deur My gestuur, sal kan ontvang nie, omdat slegs

‘n diep deemoedig hart daartoe in staat is om dit op te neem, of julle sal

alles moet verwerp wat daar aan julle gebring word, wat julle egter by

ernstige ondersoek nie sal kan doen nie.

Geestelik oorhand is slegs die algehele sekerheid om vas te staan in die

waarheid en dit verlang Ek van My ligdraers, omdat hulle andersins nie met

volle oortuiging die waarheid uit My sou kan uitdra teenoor hulle

medemens nie. En dit is noodsaaklik dat daar aan die mense, wat in die

duisternis van gees verkeer, lig gebring word, dit is nodig dat hulle weg

verlig word wat opwaarts lei, want op donker weë kom die mens nie vooruit

nie, hy sal inteendeel steeds verder afdaal na die diepte. Daarom sal Ek

julle steeds weer die lig laat toekom en salig is hy wat dit aanneem, salig is

hy wat die weg gaan wat hom in die lig van die waarheid getoon word.

Amen

355

Liefde en leed – Loutering van die siel

7732 28 Oktober 1960

Julle volg My werklik na as julle, julle kruis dra met geduld en oorgawe tot

My Wil. Ek het wel die sonde van die hele mensdom op My skouers gedra,

toe Ek die weg na die kruis gegaan het. Ek het wel die groot sondelas van

julle afgeneem wat julle vanweë julle eie skuld sou moes gedra het. Want

Ek het geweet dat dit vir julle te swaar sou wees, dat julle, julleself nooit

van die groot las sou kon bevry het nie en dus dra Ek dit vir julle. Maar

julle moet weet dat julleself nog ‘n lae graad van sielsvolwassenheid besit,

solank die liefde in julle nog nie ontvlam het tot die hoogste gloed nie. En

daaraan ontbreek dit julle mense, selfs al probeer julle om ‘n lewe volgens

My Wil te lei. En daarom gee Ek julle die moontlikheid om julle

sielesvolwassenheid te vergroot deur lyding en siekte, wat ‘n ware

louteringsmiddel is vir die siel, sodat hy steeds helderder en meer

ligdeurlatend word, sodat hy gelouter die ryk hierna kan ingaan, wanneer

julle uur gekom het. Liefde en leed suiwer die siel, dit sê Ek julle steeds

weer en so sê Ek julle ook dat julle die lyding nodig het, omdat die liefde in

julle nog nie die graad bereik het wat julle siele alleen kristalhelder sal laat

word, sodat My Liefde julle dan kan deurstraal en teen geen enkele

weerstand meer stuit nie.

Julle lewe sal nie meer lank duur nie en eenmaal sal julle My dankbaar

wees dat Ek julle gehelp het om julle siele te vergeestelik deur

beproewinge, deur nood en lyding en siektes. Maar julle mag nie in opstand

kom teen julle lot nie. Julle moet alles uit My Hand aanneem en steeds

daaraan dink dat Ek julle wil help om tot voltooiing te kom sover dit nog op

aarde moontlik is. Julle kan nog baie afvalsubstansies van julle siele

kwytraak en daardeur die geluk vir julle voorberei om in stralende volheid

van lig te kan sterwe; omdat die siel nou so gevorm is dat hy die volheid

van lig in homself kan opneem, sonder om te vergaan.

Julle kan weliswaar van alle skuld vry wees deur die vergewing wat julle ter

wille van Jesus Christus verseker is, as julle Myself in Jesus daarom vra.

Maar die graad van die lig wat julle nou gelukkig sal maak, kan so

verskillend in hoogte wees en so is ook die saligheid van julle genot

uiteenlopend, na mate die helderheid en voltooiing van die siel, volgens die

mate van die arbeid wat julleself op aarde aan julle siele verrig het. En as

julle onagsaam sal wees, ondanks 'n goeie wil, dan sal My Liefde julle

effens help, deurdat Ek julle steeds weer moontlikhede sal verskaf om julle

sielesvolwassenheid te verhoog; deurdat Ek aan julle ‘n klein kruisie oplê

wat julle in geduld en met oorgawe moet dra; deurdat die lyding soms

terneerdruk om die arbeid aan julle siele te ondersteun om die

afvalsubstansies op te los en die siel so helder en gelouter uit die lyding

tevoorskyn te laat kom. Daarvolgens het julle nou ook vir lig van ‘n hoë

356

graad ontvanklik geword, sodat julle nou waarlik kan ingaan in die Ryk van

Lig en Saligheid.

Want die lewe is maar kort en eens sal julle My dank vir die weg wat Ek

julle op aarde laat gaan het, as dit vir julle siele die volwassenheid

opgelewer het wat die aanstraling van liefde in ‘n hoë mate toelaat en wat

julle onmeetlik gelukkig sal maak. Neem daarom almal julle kruis op julle

en volg My na, want eens is julle weg ten einde en dan sal julle oorgelukkig

wees. Amen

Onselfsugtige verspreiding van die woord

7734 30 Oktober 1960

As julle, julleself wil wy aan die verspreiding van My woord, dan mag slegs

die liefde tot My en julle naaste die beweegrede wees wat julle daartoe

beweeg. Julle moet dan die opdrag vervul wat Ek aan julle toevertrou het,

julle moet probeer om die geestelike nood van julle medemens te verlig,

wat My aanleiding kan gee om julle met barmhartigheidsgawes te oorlaai

sodat julle dit kan uitdeel daar waar Ek self nie in aksie kan kom nie.

Dit moet dus steeds die liefde wees wat julle sal beweeg om vir My en My

ryk te wil werk, dan sal die sukses ook nie wegbly nie, omdat die

liefdadigheid ‘n krag is wat nooit sonder uitwerking sal bly nie. Weliswaar

sal julle vanweë die geestelike arbeid wat julle sal verrig, uitgelag word

deur julle medemens wat geen geloof het nie, want vir hulle is dit

onverstaanbaar dat iemand werk kan doen wat aan Hom geen materiële

voordeel oplewer nie. Maar daaraan mag julle, julleself nie steur nie, want

hoe onselfsugtiger julle vir My werk, des te sekerder kan julle van My seën

wees wat op elke onbaatsugtige werk sal rus wat in My wingerd verrig

word. Dan het julle ook die waarde van My barmhartigheidsgawe verstaan,

wanneer julle hulle sien as ‘n geesterykdom wat ook ‘n geestelik voordeel

kan oplewer.

Dan eers is julle bruikbare knegte vir My, as julle My nie vir eie voordeel

dien nie, wanneer julle alleen My voordeel wil vermeerder, wat bestaan uit

die wen van siele vir die Hemelryk. Eenmaal moet julle ook julle liggaam

aflê en julle sal geen aardse besittings kan saamneem na My ryk nie. Maar

julle kan ryklik geseënd na My toe terugkeer, omdat die verwerfde

geestelike goedere julle sekerlik sal volg na die ewigheid. Dit is besittings

wat nie deur hulle geag word wat die doel van die aardse lewe nie verstaan

nie. Diesulkes het op aarde slegs aardse goedere verwerf en die loon wat

hulle vir hulle dade en lewenswandel toekom, reeds ontvang. Maar hulle sal

weinig hê om te sien by die "poort van die ewigheid", omdat hulle geen

waarde geheg het aan geestelike goedere nie.

Maar vir julle wat werksaam is vir My en My ryk, julle mag geen ag slaan

op aardse gewin nie en slegs die liefde moet aanleiding gee tot julle arbeid.

Julle moet om julle heen kyk en die geestelike nood opmerk waarin die

357

mensdom verkeer. Julle moet wil help omdat julle kan insien hoe die

mensdom die afgrond tegemoet gaan, julle moet onverpoos werk, omdat

sulke werk nodig is met die oog op die naderende einde.

Dan sal dit vir julle duidelik word waarom julle deur My van die wêreld

afgesonder en getrek was, as julle oog alleen maar op julle opdrag gerig is

wat julle moet vervul. Julle sal dan ook verstaan dat Ek steeds opnuut

getroue knegte wil werf wat aan hierdie arbeid wil deelneem en aan hulle

medemens die evangelie van die liefde wil verkondig. Want die mense moet

My woord hoor wat Ek steeds weer aan hulle deur julle laat verkondig. Julle

sal verstaan dat Ek aan alle deure "aanklop", dat Ek julle vooruit stuur om

My, julle God en Vader aan te kondig. Want Ek wil Self kom en by alle

mense My intrek neem.

Self kan hulle My nog nie hoor nie, daarom moet julle vooruitgaan omdat

Ek hulle via julle kan aanspreek. Dit is nodig dat hulle van My kennis neem

en van My Liefde, wat hulle nog wil red vóór die einde sal kom. Daarom

moet alles gedoen word om hulle te laat kennis neem dat Ek deur My Gees

werk in die hart van elke mens wat van goeie wil is. Julle moet derhalwe

onbaatsugtig en liefdevol oor My en My openbaringe praat, julle moet hulle

My woord bring wat met My krag geseën is. Julle mag nie moeg word om

die geestelike nood van julle medemens vir julle aan te trek nie, terwyl julle

daartoe bydra dat My woord versprei word. Ek self sal die soekende mense

na julle toe bring en julle die geleentheid gee om met hulle in kontak te

kom en alle arbeid wat julle dan onbaatsugtig doen vir My en My ryk, sal Ek

seën. Amen

matigheid en kastyding

7736 2 November 1960

Wat julle ook al mag beweeg om in soberheid te lewe, julle mag daardeur

julle liggaam nie verswak nie, want dit gee Ek julle sodat julle siele daarin

tot volwassenheid kan kom en julle het die plig om te sorg vir die houer

van julle siele solank julle op aarde leef. Julle sal begryp dat ‘n verswakte

liggaam nie die taak kan vervul wat dit deur die lot toegewys word nie en

Ek wil dit waarlik nie dat julle, julleself ongeskik maak, ook vir die arbeid

wat julle aards het om te verrig.

En ook julle geestelike ontwikkeling maak Ek nie daarvan afhanklik dat

julle, julleself kasty nie, dat julle nie julle liggaam weerhou van wat dit

nodig het vir sy instandhouding nie, wat dien om dit sterk te maak. In die

aardse lewe word eise aan julle gestel wat julle moet nakom om ook ‘n

bruikbare lid van die mensdom te wees. En daartoe het julle ook krag

nodig, wat julle steeds weer moet vernuwe deur die liggaam spys en drank

te besorg in die regte hoeveelheid. Maar julle moet die perke nie te buite

gaan nie, want dit is waarlik nie van nut vir julle nie. Maar julle moet ook

die liggaam geen gebrek laat ly en dit daardeur verswak nie, want so iets

358

wil Ek nie, wat julle volgens die wette van die natuur geskape het, dus die

liggaam nie verniet funksies gegee wat sy lewe ondersteun nie, wat

daarvoor sorg solank dit My Wil is. En julle moet My Wysheid eerbiedig wat

die menslike liggaam presies so geskape het as wat julle dit nodig het om

vir julle siele die houer te wees waarin hy sy taak op aarde moet vervul om

volwasse te word vir die geesteryk. Maar bowendien moet daar op gelet

word dat julle, julleself hou aan die natuurwette, waar sowel ‘n "teveel"

asook ‘n "te min" verkeerd is, dat julle maat moet hou in alle dinge, maar

dat julle deur oormatige kastyding die liggaam ongeskik maak vir sy taak,

soos ook omgekeerd elke teveel uit die bose is en die siel geestelike skade

kan oplewer. En daarom : hou julle eenvoudig aan die natuurwette en leef

eenvoudig en beskeie en steeds vraend om My seën. En niks sal julle skade

berokken nie, niks sal julle geestelike volwasse word beïnvloed nie, julle

liggaam sal nie vroegtydig verswak wees en ook van sekere siektes sal julle

verskoon bly, wanneer julle nie teen die natuurwette sondig nie, wanneer

julle ook julle liggaam ‘n geestelike taak toeken en dit help deurdat julle dit

gesond hou en dit nie ontneem wat dit nodig het vir sy bestaan nie.

En vra slegs daarom, dat julle steeds die ware maat insien, dat die liefde

vir die liggaam nie groter is as die vir die siel nie, vra daarom dat Ek julle

liggaam steeds die krag gee om sy taak op aarde te verrig. En wanneer

julle so julle beste doen om My Wil binne te gaan, dan sal ook geen siekte

julle meer bang maak nie, want dan weet julle dat ook dit alleen maar

daarvoor sorg om julle liggaam en siel te vergeestelik. Maar probeer so'n

vergeesteliking nie deur kastydinge te bereik wat in stryd is met die

natuurwette nie, wat ook ‘n gesonde liggaam siek kan maak, wat dan egter

julle eie skuld is. Oorwin alle begeertes wat nie dien om die liggaam in

stand te hou nie, stry daarteen, dan leef julle in die ware maat en julle siele

sal ook volwasse kan word. Dog in elke oordrywing skuil ‘n nadeel vir die

siel omdat die mens deur ‘n sekere geestelike hoogmoed of eersug gedrewe

word om iets buitengewoons te presteer ter wille van die volwassenheid

van sy siel. Maar soos Ek die liggaam geskape het, so moet dit julle ook

dien. Die liggaam moet gegee word wat dit volgens die natuurwette

verlang. Dan sal dit ook sy taak vervul as houer vir die siel om die te help

om volwasse te word en dit sal die tyd goed bestee wat dit volgens My Wil

gestel is op aarde. Amen

Tekens van die eindtyd

7737 3 November 1960

Julle sal ook op ongewone wyse deur My aangespreek word. En julle moet

op die tekens let wat julle sal sien aan die Hemel en op aarde, want alle

groot gebeurtenisse werp hulle skadu vooruit. En daaraan sal julle al kan

sien in welke uur julle leef, want die korrekte tyd kan nie vir julle gegee

word nie, aangesien julle nie meer in staat sou wees om julle lewe op aarde

359

tot op die einde te leef nie. Want van angs sou julle vergaan, of julle sou

julle lewe voor die tyd self beëindig. Daarom hoef julle die profete wat vir

julle ‘n bepaalde tyd aangee waarin die oordeel sal plaasvind, nooit te glo

nie, want dit is valse profete en hulle bring slegs die denke van die mense

in verwarring.

Julle moet egter ag slaan op die tekens wat Ek vir julle aangekondig het.

Want om My Naam ontwil sal daar voor die tyd nog ‘n stryd ontbrand en

julle My dienare op aarde sal tot verantwoording geroep word. Dit is ‘n

seker teken dat die laaste dag nie lank daarna sal kom nie, want Ek het

gesê: "Ek sal die dae verkort" want hierdie stryd sal met alle brutaliteit

gevoer word, sodat Ek self sal moet kom om dit te beëindig.

En Ek sal kom. Julle hoef hierdie stryd nie te vrees nie omdat Ek julle sal

uitrus met groot krag, terwille van hulle wat nog swak of besluiteloos is en

wat julle as voorbeeld kan neem om nog die weg na My toe te vind.

Maar sodra die geloofstryd sigbaar word, wat in alle dele van die aarde

herken sal word, sal ook die aktiwiteit van My teenstander so duidelik raak

dat Hy gekluister moet word. Want daarom word dit vir alle mense op

aarde moeilik gemaak om hul geloof in één God en Skepper, wat Hemel en

aarde regeer, te behou.

Dan sal My Mag hom openbaar en My Wysheid sal waarlik doen wat goed

is, om die aarde weer as ‘n skool vir die gees te laat word. Want daarom

sal ‘n tydperk tot ‘n einde kom en ‘n nuwe tydperk begin vir dié mense wat

Ek as stam van die nuwe geslag, voor die einde sal wegneem.

En daarom sal daar weer ‘n paradysagtige toestand wees waarin alle mense

in liefde tot My sal lewe, sodat Ek in hulle midde kan vertoef soos wat Ek

belowe het aan hulle wat sal volhard tot die einde toe en hulle sal salig

wees.

Dat ‘n tyd van ellende oor die aarde egter vooraf moet plaasvind, is

onafwendbaar, omdat daar nog enkeles gered sal word en verlossing sal

vind in Jesus, wie se Naam daarom vooraf nog in die hele wêreld verkondig

sal word. Maar die tyd van droefnis het daarom reeds aangebreek en die

wêreld sal nog baie ellende belewe. Myne herken egter die tyd en hulle hou

hulle aan My. En Ek sal hulle waarlik versterk en hulle te alle tye hulp

verleen as hulle sal dreig om swak te word, want Ek Self staan aan hulle sy

en gaan as "LEËRAANVOERDER" vooruit. En daarom sal hulle ook

oorwinnaars bly in hierdie laaste stryd, want hulle sal deur My krag stand

hou en hoop op My koms. Hulle sal stand hou tot die einde toe, want wie se

krag te swak is, roep Ek nog op vóór die tyd, want Hy mag My teenstander

nie ten offer val nie.

Maar julle moet voortdurend vir vermeerdering van krag bid. Julle moet

steeds met My verbind bly. Dan sal hierdie swaar tyd ook by julle

verbygaan en My koms sal julle red uit elke nood.

360

Julle sal in ‘n Ryk van vrede ingaan en die nuwe aarde sal julle in alle prag

en glansrykheid opneem. Julle sal in My en met My ‘n nuwe lewe begin en

Ek sal by julle vertoef soos wat Ek dit belowe het. Amen

Aan die voor malige U.F.O. Kongres

7742 11 November 1960

Julle kan seker wees daarvan dat Ek My hande beskermend oor Myne sal

hou, wanneer die einde gekom het. Ek het waarlik genoeg engele aan wie

Ek Myne toevertrou, wat Ek opdra om ‘n muur om hulle te vorm. En

sodoende kan julle almal wat in My beskerming is, veilig voel, wat daar ook

al mag gebeur.

Daarom wil Ek julle waarsku om julle nie aan kragte toe te vertrou en op

hulle hulp te bou nie, van wie julle dink dat dit van êrens anders is, as van

My geesteryk, wat dus nog nie die volmaaktheid besit, wat My opdrag as

geestelike ligbodes kan uitvoer nie. Ek wil julle waarsku om nie met

bewoners van ander wêrelde kontak te soek nie, wat julle ook maar net

geestelik tot stand sou kan bring, wat julle egter geen sekerheid bied dat

hulle julle die waarheid sal oorbring nie.

Dit moet steeds weer aan julle gesê word, dat slegs die volmaakte geeste

in My Ryk sulke opdragte kan en mag uitvoer wat julle beskerming en hulp

waarborg. Want wesens wat hierdie volmaaktheid nog nie bereik het nie,

sal hulself altyd nog vir hulle verdere ontwikkeling op sulke skeppingswerke

bevind, waar hulle volgens die natuurwet ook daaraan gebind is. Julle moet

dus onderskeid maak tussen: Ligwesens wat My wil in My opdrag uitvoer,

wat by My vertoef in die ligryk en wesens wat self nog gebonde is, dus nog

nie die volle geestelike vryheid het nie, solank hulle op hemelliggame van

die mees uiteenlopende aard lewe, met die doel om tot geestelike

volwassenheid te kom. Julle mag nie vertrou op mededelinge wat deur ‘n

mediumiek deurgegee word uit die wêrelde, wat vir julle mense op aarde

onbereikbaar is en bly nie, soos wat dit ook omgekeerd die geval is.

Reken nie op hulp van die wêrelde, wanneer die einde van die aarde gekom

het volgens die plan van ewigheid nie. Want Ek Self sal Myne beskerm en

red uit hulle nood, omdat slegs Ek ook weet wie tot Myne behoort. Glo julle

dat julle gered sal word as julle slegs simpatie vir die anderkantste

bewoners van ander hemelliggame sou hê en glo wat hulle mag opbring?

Deur welke dwaling is julle bevange, dit ontbreek julle aan alle helder insig

in My heilsplan, wat sekerlik uitgevoer sal word as die tyd gekom het. En

sou Ek julle nie Self daarvan in kennis stel nie, as dit My Wil was dat julle,

julleself aan hierdie wesens, wat mense vir die medemens aanneemlik

probeer maak, toevertrou? As Ek die waarheid na die aarde gestuur het,

dan sou Ek ook nie die kennis van julle weerhou nie, as dit sou ooreenstem

met die waarheid.

361

Maar julle twyfel eerder aan My Woord, as aan die berigte wat aan julle

deur die beïnvloeding van My teenstander oorgebring word. En Ek wil dat

julle in die waarheid wandel. Ek wil julle steeds weer die versekering gee

dat Myne behoed word en dat tallose engele hulle beskerming op hulself

neem, omdat hulle in My wil werksaam is en omdat hulle ook die krag het

om julle te help en daarom geen aardse hulpmiddele nodig het nie. Want

My Liefde, Mag en Wysheid sal Hulself duidelik aan die einde openbaar,

hoewel My ingryping dan ook strydig sal wees met die natuurwet en ook so

kan wees, omdat Myne glo en alles as moontlik beskou en die ongelowiges

van die aarde weggevee sal word. Maar Ek vra nie van Myne die geloof aan

verskynsels of berigte, wat op ‘n manier na die mense kom, wat nie

volgens My Wil is nie.

Waarom verbind julle mense julle nie met My nie? Waarom roep julle

wesens aan wie se graad van volwassenheid julle nie kan beoordeel nie?

Waarom vertrou julle, julleself aan hierdie wesens toe en glo dat hulle julle

kan beskerm, as die dag van die einde gekom het? Ek vra maar net om die

geloof in My in Jesus Christus. En wie homself in die geloof innig met Myself

verbind, het waarlik geen sigbare of onsigbare helpers nodig nie, want vir

hom staan My engele voortdurend by wie die krag en mag in oorvloed besit

en altyd sal handel volgens My wil. En hy sal ook geen kontak wil opneem

met bewoners van ander hemelliggame, wie se graad van volwassenheid

vir hom onbekend is nie

want so-iets kan slegs op mediumieke manier gebeur, ‘n weg wat weens

groot gevare deur julle mense, nie sou begaan mag word nie. Want julle

kan My waarlik Self verneem as dit julle wil is en julle na My toe kom vir die

waarheid. En dan sal julle ook waarlik in die waarheid onderrig word. Amen

Die herskepping van die aarde

7754 24 November 1960

In My plan van ewigheid is die dag vasgestel wat die einde van hierdie

aarde beteken, wat ‘n totale omwenteling met hom mee bring, sowel aards

as ook geestelik. En My plan sal onherroeplik uitgevoer word, want Ek sien

van ewigheid op welke lae geestelik vlak die huidige mensdom hom sal

bevind en dienooreenkomstig het Ek My heilsplan vasgestel, wat weer nuwe

tydperke van ontwikkeling omvat, soos My Liefde en Wysheid dit as goed

sien vir die geestelike wat hulle positief moet ontwikkel.

Daar loop dus ‘n ontwikkelingsperiode ten einde en daar begin weer ‘n

nuwe. En daarom kan die einde van hierdie aarde nooit as slegs ‘n werk

van vernietiging gesien word nie. Daar moet ook ingesien word dat die nog

gebonde geestelike gehelp moet word om hulle verder te ontwikkel en dat

daarom ook die skepping van ‘n nuwe aarde noodsaaklik is, dit sal egter die

voorafgaande ontbinding van elke skeppingswerk van die ou aarde vereis.

362

Maar Ek laat niks oor die mense kom, sonder om hulle dit vooraf aan te

kondig nie, sodat hulle hulself daarop kan voorberei, sodat hulle uit hulself

nog alles kan doen om die verskriklike lot van ‘n hernieude verbanning te

ontkom, wat al die mense sal tref wat gefaal het, wat sonder geloof in My

leef en wat daarom hul bestaan op aarde nie benut het om vry te word nie.

Steeds weer kondig Ek die mense die einde aan, steeds weer laat Ek hulle

die tekens ken waaraan ‘n nabye einde te herken is. Steeds weer waarsku

Ek die mense om nie sorgloos en onbekommerd van die een dag na die

andere te lewe nie. Ek wys hulle steeds weer deur sieners en profete op die

nabye gerig. Want die dag van die einde is sedert ewigheid vasgestel,

omdat Ek sien dat ‘n ommekeer ten goede op die huidige aarde nie meer

kan plaas vind nie en omdat die lae geestelike vlak van die mense dus ‘n

einde vereis.

En so moet elke verwysing en elke profesie wat ‘n spoedig einde

aankondig, steeds as liefdevolle tekens van vermaning en waarskuwing

aangesien word, waardeur Ek, julle God en Skepper, julle nog sou wil red,

voor dit te laat is. Ek wil waarlik nie dat julle ondergaan nie, inteendeel, Ek

wil dat julle ewig leef en dat julle die ewige lewe nog op aarde bereik. Julle

slaan egter geen ag op dit wat Ek julle steeds laat verkondig en van die

begin van die tydperk dit voorspel het. Julle verskuif al hierdie

aankondiginge na die toekoms en julle reken nie daarop dat die toekoms

eens teenswoordige tyd word nie.

En nou het hierdie tyd gekom waarin My woord in vervulling gaan, waarin

My heilsplan ten uitvoer gebring word. En as julle nog baie twyfel aan die

nabye einde wat julle aangekondig word, sal dit julle verras omdat die tyd

vervul is. Al is vir My ‘n duisend jaar soos ‘n dag, ook so'n dag loop ten

einde, soos ook duisend jaar verbygaan en julle staan nou voor die einde.

Julle hoort dus tot diegene wat die einde sal meemaak, as Ek nie voor die

tyd van julle vir julle eie beswil tot My roep nie. Julle moet julle daarom

steeds die nabye einde voor oë hou julle moet so lewe asof elke nuwe dag

die laaste vir julle sou wees, as sou julle die volgende dag rekenskap moet

gee.

En julle sou waarlik goed daaraan doen, as julle, julle gedagtes na die

hemel rig, as julle, julle geestelike lewe voorkeur gee bo die aardse. Want

dan sal julle ook die einde nie hoef te vrees nie, julle sal dan alles wat kom

met kalmte tegemoet sien. Maar julle sal dan ook glo dat die einde van

hierdie aarde gekom het julle sal die tekens van die tyd herken en My om

krag vra dat julle aan die doel van julle aardse lewe nog beantwoord en

julle word dan ook seker gered van ondergang. Amen

363

Die twyfel aan die waarheid van die voorspellings

7755 25 November 1960

Ook in julle wat My sal wil dien, kom dikwels gedagtes van twyfel na bo

wanneer julle sal moet getuig van die nabye einde. Julle is wel van goeie

wil om te glo en ook die samehang is vir julle duidelik, sodat julle ‘n einde

van hierdie aarde as moontlik beskou. Tog is julle nie volkome daarvan

oortuig nie, omdat julle nie in staat is om voor so ‘n gebeure nog iets

dergeliks aan te voer nie, omdat deur oorleweringe ook nog nie berig is van

‘n sodanige gebeure wat die vernietiging van alle skeppings op die aarde

sal bring nie. En dit moet so wees dat daar niks dergeliks vir julle bekend is

nie, sodat daar in die laaste tyd geen dwang van die wil bestaan nie, sodat

die mense vry kan kies aan welke Meester of heer hulle hulself sal oorgee.

En julle My dienare, wat wil arbei vir My en My Ryk, julle moet julle steeds

net vashou aan My woord, julle moet glo dat My woord die waarheid is en

dat Ek julle geensins deur die Gees ‘n kennis laat toekom wat nie sal

beantwoord aan die waarheid nie. Julle moet volkome oortuig glo en julle

sal dit ook kan doen, wanneer julle slegs die voornemens het om geen

dwaling te versprei nie en dus Myself vra om julle te beskerm teen dwaling.

Want dan laat Ek julle waarlik nie verkeerd dink, nóg verkeerd praat nie.

Maar julle sal van binne gedwing voel om dit wat julle deur My as

gestuurde voorspellings gegee word, deur te gee, julle sal dit dan as ‘n plig

voel om daaroor te praat en Ek sal julle die opdrag Self in die hart lê om te

spreek wat Ek Self sou sê wanneer Ek onder die mense vertoef en hulle

regstreeks sou toegespreek het. Wees nie bang dat julle onwaarhede sal

vertel nie, solank julle bereid is om My te dien, om as My knegte in die

wingerd van Jesus werksaam te wees. Want sou dit ‘n dwaling wees wat

julle wil versprei, dan sou julle baie seker ‘n duidelike teëkanting in julle

bemerk en swyg.

Maar Ek wil dat die mense te wete moet kom wat vir hulle wag en watter

gebeure hulle tegemoet gaan, want hulle mag nie ongewaarsku bly nie,

hulle moet die moontlikheid kry om hulself daarop voor te berei. Van

wêreldse kant af sal hulle egter steeds die teendeel hoor, want die wêreld is

die ryk van My teenstander en My teenstander trag altyd om so op die

mense in te werk dat hulle aardse gewin, aardse vooruitgang en ‘n luukse

aardse lewetjie van die toekoms verwag en nie dink aan hulle God en

Skepper nie. Maar Ek wil dat hulle op alles wat die wêreld hulle bied, geen

ag slaan nie en maar net dink aan die heil van hulle siel. En daarom moet

julle hulle alles as verganklik voorstel, julle moet vir hulle aankondig dat

alles van hulle afgeneem sal word en dat hulle ook nog hulle liggaamlike

lewe kan verloor, dat hulle groot nood te wagte staan en ook geestelike

nood in die hiernamaals, wanneer hulle julle aankondiginge nie as

geloofwaardig aanneem en hulself daarop instel nie.

364

En daarom spoor Ek vir julle My dienare, steeds weer aan om die mense die

voorspellings mee te deel wat Ek deur My Gees na die aarde stuur, omdat

die mensdom in groot gevaar is as hulle nie gaan verander voordat die

einde kom nie. Ek wil alle mense aanmaan en waarsku om aan hulle siele

te dink en die heil van hulle siel nie op te offer terwille van aardse goedere

nie, want alles sal vergaan wanneer die tyd vervul is en die siel sal slegs

besit wat hy vir homself verwerf het aan geestelike goedere. Tog het julle

mense nog ‘n kort tydjie van barmhartigheid, waarin julle vir julleself nog

geesterykdom sal kan verwerf, want die tyd loop spoedig ten einde. Amen

Die einde van ‘n verlossingsperiode en die begin van

‘n nuwe

7756 26 November 1960

In hierdie verlossingsperiode sal daar geen geestelike ommekeer meer

plaasvind nie, want die geloof in My het by die mense verlore gegaan. En al

word My Evangelie nog uitgedra in die hele wêreld, tog sal daar altyd maar

weinig wees wat dit (volgens waarheid) sal aanneem. Maar steeds meer

mense sal afvallig word wie se geloof slegs maar ‘n vormgeloof was en wat

nog slegs ‘n geringe aansporing het om dit te verwerp as daar ‘n

geloofsbeslissing van hulle verlang word.

Dit is maar ‘n klein kudde wat ‘n lewende geloof het en in die hart die

verbinding met My herstel. Dit is maar weinig mense wat met My omgang

het soos kinders met hulle Vader. En hulle sal ook altyd My sigbare hulp

ervaar as hulle in nood raak deurdat hulle openlik vir My opkom, want hulle

is van binne oortuig en het dus ook ‘n lewende geloof. Maar hulle getal sal

nie baie groter word nie.

En die geloofstryd wat oral gevoer word en wat in die begin ook al oral

herkenbaar is, sal die aantal gelowiges nog verklein. Want dan sal baie

bereid wees om My op te gee terwille van aardse gewin, maar die moed om

vir My te stry, bring hulle nie op nie, omdat die lewende geloof by hulle

ontbreek. Sodoende sal die aarde ten laaste nie sy doel meer vervul nie,

naamlik om bevorderlik te wees vir die geestelike voltooiing van die siele

van die mense. Die gang van die meeste mense oor die aarde is nutteloos,

omdat dit nie die volwassenheid vir die siele oplewer waarvoor hulle op die

aarde vertoef nie; maar die ontwikkeling van die geestelike moet

voortgaan.

Daarom moet die aarde weer gereedgemaak word sodat dit ‘n skolingsplek

vir die gees kan bly en kan word, soos wat dit steeds sy bestemming was

en is. Daarom loop hierdie verlossingsperiode ten einde en begin daar ‘n

nuwe tydperk. Nuwe skeppings neem die geestelike op wat in hulle

ontwikkeling gehinder was, wat eers ‘n oplossing van hierdie skeppings

vereis sodat die gebonde geestelike kan vryraak en weer opnuut in ‘n ander

vorm ingepas kan word.

365

Daarom moet die mense met ‘n spoedige einde rekening hou en hulle wat

op aarde gefaal het, moet opnuut gekluister word in die skeppings op die

nuwe aarde. En wanneer mens verwag dat die geestelike houding van die

mense op hierdie aarde nog sou kan verander, dat hulle tot ‘n geloof in

Jesus Christus en Sy Verlossingswerk sou kan kom en deur dié geloof ‘n

nuwe lewe sou lei met geestelik gerigte vermoëns en aspirasies, dan sal dit

maar net verkeerde gedagtewense bly van enkele mense wat nooit

verwesentlik sal word nie. Want My teenstander is aan die stuur met sy

mag en dit het die mense homself gegee. Sy aktiwiteit sal so sterk toeneem

dat hy opnuut gebind sal moet word. Dat daar daarom al ‘n einde moet

kom, sodat sy aktiwiteite aan bande gelê word, anders sal geen mens meer

salig kan word nie.

En daar is al sedert die begin van hierdie verlossingsperiode op hierdie tyd

gewys en al mag hierdie aankondigings nog so ver weg vir julle lyk, eendag

sal ook die toekoms die teenswoordige tyd word, dit moet steeds weer vir

julle gesê word. En daarom moet daar ook ‘n geestelike ommekeer kom,

egter nie meer op hierdie aarde nie, maar in ‘n wêreld van vrede en

saligheid. Daar sal ‘n nuwe ontwikkelingstydperk begin met geestelik

hoogstaande mense, wat Ek as geloofsgetrou van hierdie aarde sal

wegneem en weer op die nuwe aarde sal terugplaas. Dan het daar ‘n

geestelike ommekeer ingetree en die mense sal weer lewe in vrede en

eendrag, in voortdurende verbinding met My, hulle God en Vader en met

die salige wesens in My Ryk. Dan sal die liefde weer op aarde heers en My

teenstander sal geen invloed meer kan uitoefen op die mense van die nuwe

aarde nie. Hy sal gebind wees vir ‘n eindelose lang tyd totdat die mense sy

kettings self sal losmaak en vir hom sy beïnvloeding opnuut moontlik maak.

Voor dit sal daar egter ‘n lang tyd van vrede en saligheid heers. Amen

Versterking van wil en toevoer van krag deur Jesus

7762 2 Desember 1960

Steeds weer moet Ek julle daaraan laat dink om daarop bedag te wees dat

julle alleen te swak is om julle definitief uit die vorm los te maak. Want ten

eerste het julle nie die wilskrag om julle te bevry van My teenstander nie,

omdat hy julle verswakte wil so hou en julle uit julleself nie die krag het om

julle wil na My te keer nie omdat julle My nie aanvaar nie want alle lig

ontbreek julle.

Julle wil moet dus eers versterk word, wat alleen maar een kan doen, Jesus

Christus, die Verlosser van die wêreld. Want Hy verwerf vir julle deur Sy

dood aan die kruis die genade om julle wil te versterk. Deur julle afval van

weleer het julle, julleself geheel in die mag van My teenstander gebring,

wat julle nooit weer sou loslaat as Ek julle nie in Jesus Christus van hom

vrygekoop het deur My verlossingswerk nie. Wanneer julle dit wil, het hy

geen reg meer op julle nie, julle kan julle dan van hom losmaak maar julle

366

het krag daarvoor nodig. Julle het nou eenmaal ‘n wil nodig wat sterker

gemaak is en dan ook toevoer van krag om julle wil in dade om te sit.

Hierdie wil moet julle op My rig en hom aan Myne onderwerp, wat beteken

om volgens My Wil te lewe. En My Wil is om julle in te voeg in die wet van

die Goddelike orde, dws. in die liefde te lewe.

Julle toestand tydens julle beliggaming as mens is egter geen toestand van

krag en lig nie. Julle is swakke skepsels wat nog in die duisternis van gees

ronddwaal, wat nie op hoogte is van hul oorspronklike staat nie, van hul

verhouding tot My en van die sin en die doel van die aardse lewe nie. En

nooit sou julle, julleself uit hierdie gebrekkige toestand kan verhef en

omhoog gaan nie, nooit sou julle die oorspronklike staat weer ontvang as

Ek julle nie van krag sou voorsien wat julle deur die verlossingswerk van

Jesus ryklik tot beskikking staan.

Ek Self het in die mens Jesus vir julle gesterf om julle te help, om julle

kragteloosheid op te hef, om julle die weg na My te verlig en julle oor alle

hindernisse heen te lei, wanneer julle dit self wil. En as julle dit wil, hoef

julle alleen die genade van die verlossingswerk te gebruik, julle hoef alleen

maar tot My in Jesus te bid om versterking van julle wil, om hulp, om alle

middele waardeur julle ten hoë kan kom. En waarlik, Ek sal julle gebed

verhoor. Elke versoek wat julle tot Jesus Christus rig tot heil vir julle siele,

sal vervul word en geen mens kan verlore gaan wat hom in geloof aan die

verlossingswerk aan Hom toevertrou nie, Hom om vergewing van sy skuld

vra en om ondersteuning sodat hy die doel sal bereik, om vry te word uit

die vorm, wat ‘n gevolg van die sondeval van weleer is, die afval van My.

Elke versoek van die aard word verhoor want nou erken julle Myself weer in

Jesus Christus, My, Wie julle eens nie wou erken en waardeur julle in die

diepte gestort het.

Maar julle sal die werk van julle verlossing nie self kan volbring nie, julle sal

nooit die krag hê om julle van My teenstander los te maak nie, julle sal

ewig in sy mag bly as die Een julle nie help, Wie vir julle Sy Bloed vergiet

het, as julle nie die weg neem na Hom en daardeur ook na My, Wie julle

waarlik sal verlos uit sy mag. Amen

Die laaste woorde van Jesus aan die kruis

7764 4 Desember 1960

Ek wil altyd aan julle gee wat julle begeer. Julle moet slegs aandag neem

van julle innerlike stem en dit sal julle in waarheid onderrig word, omdat Ek

wil dat julle in waarheid lewe en ‘n duidelike insig kry: My kruisiging het

Verlossing aan julle mense gebring, dit het julle van julle sondeskuld van

die verlede verlos. As die mens Jesus het Ek geweldige pyn op My geneem

en ‘n bittere dood was My lot. Nietemin, omdat Ek as God nie kon ly nie

neem Ek verblyf in ‘n menslike omhulsel wat kon ly en wat ook die wil

gehad het om namens Sy medemens te ly om aan My geregtigheid te

367

voldoen, om die weg na My oop te maak vir Sy gevalle broers. Maar tog

was Sy wil vry. Hy was nie aangespoor deur die Godelikheid in Hom om die

offer te bring wat hy aan My wou bring nie. hoewel liefde, wat Ek Self is,

die oorsaak was waarvoor Hy dit wou doen. Maar tog dwing Ek Self nie die

wil van ‘n mens nie en ook nie My liefde nie. Nietemin, elkeen wat liefde

het kan homself nie help nie maar straal dit uit. En so, straal die mens

Jesus, ook liefde uit om daardeur die mensdom gelukkig te maak. Daarom

wil Hy slegs altyd hê wat die mense kan help om geluksalig te word. Die wil

van die mens Jesus was vry, tog het Hy Homself tenvolle ondergeskik

gemaak aan My en My wil. Derhalwe kon Sy wil nie van Myne verskil nie.

Want die liefde in Hom was so kragtig dat dit met die Ewige Liefde, met My

saamgesmelt het. Dus was Ek Self in hom en Ek Self bereik in Hom die

werk van Verlossing.

En tog moes die mens Jesus die finale besluit self neem toe Hy die

moeilikste reis, die weg na die kruis geneem het. En alhoewel Ek, die Ewige

Liefde, in Hom was, trek My Goddelike Gees terug d.w.s. die Liefdes Gees

het Hom nie meer tot aksie aangespoor nie; Dit het stil gebly en blykbaar

die mens Jesus verlaat om op Sy eie te worstel. En dit was die moeilikste

van alles, die feit dat die mens Jesus alleen in Sy lyding gevoel het en

nietemin die weg tot die einde gegaan het. Hy was nie alleen nie, want Ek

was nie in staat om weer van Hom te skei wat één met My geword het nie.

Maar Ek het Myself nie meer uigedruk nie, omdat versoening vir die

oersonde ‘n enorme hoeveelheid menslike lyding en foltering vereis het,

wat die mens Jesus gewillig op Homself geneem het en daarom was die

offer van versoening die werk van die grootste barmhartigste liefde gewees

wat ooit op aarde volbring was. En hierdie pyn duur tot Sy dood aan die

kruis en maak hom uitroep “My God, my God, waarom het Julle My

verlaat”. Ek was in Hom maar Ek het nie gespreek nie, maar dit was slegs

die liggaam wat gelei het tot Sy siel My weer herken het, toe roep Hy uit

“dit is volbring” en “ Vader, in U hande gee Ek My Gees”.

Die liggaam het gely tot die einde en Ek moes tydens hierdie ure terugtrek

van Hom of Sy reeds vergeestelike siel sou Sy liggaam ongevoelig gemaak

het teen pyn, omdat My Gees nie kan ly nie. En die mens Jesus het reeds

vergeesteliking bereik na siel en liggaam as gevolg van Sy manier van lewe

op aarde. Maar die doel van Sy aardse ontwikkeling was die verlossing van

die sondeskuld, wat slegs moontlik was deur ‘n bomatige omvang van pyn

en lyding. Daarom trek die Godheid terug en laat die mens Jesus aan Sy

martelare oor, wat waarlik die mees beskamende werk namens My

teenstander uitvoer, omdat Jesus Self dit so wou hê. Want Sy siel het Hom

vrywillig aangebied om na die aarde af te daal om die offer van versoening

vir Sy gevalle broers te bring; Hy het aangebied om vlees te word om

bogenoemde onmeetlike pyn en lyding te neem omdat slegs ‘n mens kon

ly. En Ek aanvaar die offer omdat dit deur “liefde” gemaak was, wat nooit

verwerp mag word nie. En die “liefde” bly in Hom tot Sy dood, selfs as Dit

368

nie meer effek gehad het nie. Dus moes Ek self ook in Hom gewees het,

selfs as Ek aan die einde stil bly sodat die werk van Verlossing sy

hoogtepunt kon bereik: dat ‘n mens Homself aanbied om vir Sy medemens

gekruisig te word dat hy waarlik ‘n offer gemaak het wat Ek as ‘n daad van

versoening vir die hele mensdom aanvaar. Geen ‘Goddelike krag' verminder

die offer vir Hom nie, want “Liefde” self bly stil, hoewel Dit tenvolle besit

van die mens Jesus geneem het.

En dit is ook ‘n verborgenheid wat julle mense tot hiertoe nie kan begryp

nie. Die mens Jesus moes die grootste lyding deurgaan, om alleen en

verlate te voel. En juis hierdie lyding verlos die sonde wat elke wese

homself mee belas het toe hy My verlaat het, Wat hulle al My liefde gegee

het, wat hulle verwerp het. Die mens Jesus moes die lyding ervaar en

daarom spreek hy die woorde “My God, my God, waarom het U My

verlaat”. Maar tog sal julle mense nie die omvang van die Verlossing kan

begryp terwyl julle op aarde leef nie. Nietemin, één dag sal dit julle met ‘n

skielike, verblindende slag tref en julle sal My sonder ophou prys en aanbid.

Want hierdie daad van Verlossing is op elkeen van toepassing, julle almal

kan deelneem aan die seën van die Verlossings werk en as gevolg van die

Verlossings werk word die weg geopen vir elkeen om na My terug te keer

Amen

Vervulling van ‘n Goddelike belofte - Waarheid

7767 9 Desember 1960

Deur My Gees word julle binnegelei in die waarheid. Toe Ek Self hierdie

woorde gespreek het toe Ek oor die aarde gegaan het, moes dit dus

moontlik wees dat julle in die waarheid kan wandel en julle kan gevolglik

nie sê: geen mens weet wat en waar die waarheid is nie. Julle moet

julleself alleen maar ernstig met die probleem besighou; hoe julle tot die

waarheid kan kom.

Daar is maar een waarheid wat onaantasbaar is, wat van My as die Ewige

Waarheid uitgaan en nooit sal verander nie. Na hierdie Oerbron van die

waarheid moet julleself heengaan en die waarheid daar gaan haal waar dit

sy oorsprong het; by Myself. Ek weet alles, Ek ken alle samehang. Vir My is

niks verborge nie en Ek wil ook dat julle in dieselfde lig staan as Ek, dat

julle weet uit WIE julle voortgekom het en dat julle ook julle doel ken.

Ander mense kan julle dit egter nie vertel nie, tensy hulle hierdie kennis

van My ontvang het. Maar baie mense wil wetend wees en hul medemens

daarvan oortuig wat hulle hulself deur verstandelike ondersoek verwerf het.

Die resultaat van hul geestelike arbeid kom egter nie ooreen met die

waarheid nie, solank Ek nie Self deur hulle gevra is om verligting van hul

denke nie, solank alleen hul verstand aan die werk was. En dan kan ook

met reg gesê word: geen mens weet uit homself wat en waar die waarheid

is nie.

369

Maar Ek, julle God weet dit en ook die mens aan wie Ek die waarheid

verkondig. Ek het julle gesê dat My Gees julle bekend maak met die

waarheid en My woord is en bly waarheid. Daar word egter te weinig gelet

op My woord, dit word nie besef wat 'n groot belofte Ek die mense daarmee

gegee het nie. Hulle verlang nie daarna om geheel in die waarheid onderrig

te word nie, maar hulle neem sonder nadenke alles as waarheid aan wat

hul van die kant van hul medemens opgedis word, of hulle wys in prinsipe

alles af as ongeloofwaardig.

En beide standpunte beteken geestelike agteruitgang, want alle mense

moet geestelike kennis besit en daarom sou alle mense moet wil dat hy die

ware geestelike kennis te wete kom. Hierdie wil alleen bring hom die

waarheid al nader, want die mens wat na lig verlang sal Ek nie in die

donker laat ronddwaal nie. Ek sal Myself met hom in verbinding stel en sy

gedagtes so lei dat hy begin te soek en daarmee die weg tot die ware bron

neem.

Ek sal hom dan Self die waarheid aanbied, indien nie regstreeks nie, dan

deur My bode, wat hy nou ook as My bode kan herken. Ek vra alleen die

verlange na die waarheid om dit te kan uit deel, omdat Ek wil dat die

mense in die waarheid wandel en dat hulle deur My Gees onderrig word

sodra hul wil goed is. Want dan sal die mens ook nie meer twyfel aan die

waarheid van dit wat hom deur My Gees oorgebring word nie. Hy sal dan

dink aan My woorde: "Ek sal julle die Trooster stuur, die Gees van die

Waarheid, Hy sal julle in die waarheid lei en julle in herinnering bring alles

wat Ek julle gesê het”.

Julle het dus ‘n toetssteen, deurdat julle die selfde woorde van My deur die

Gees sal hoor wat Ek Self gespreek het tot die mense toe Ek op aarde

geleef het. En daaraan kan julle sien Wie tot julle spreek en julle kan nou

oortuig glo dat dit Ek Self is, Wie Sy belofte waar maak, Wie julle onderrig

deur Sy Gees en so word julle herinner aan menige woorde wat Ek Self tot

die mense gespreek het.

En dan moet julle ook alle woord van My ernstig oordink, want dit is

woorde van God wat nooit sal vergaan nie al sou Hemel en aarde vergaan.

En glo julle nou met oortuiging hierdie woorde van My dan dring julle ook

steeds dieper die waarheid binne: want julle leef dan ook daarna en julle

ondervind so die uitwerking daarvan, want dan is julle nie alleen hoorders

nie, maar ook uitvoerders van My woord. Julle ervaar dan die uitwerking

van die liefde wat julle deur My woord steeds weer gepredik word en wat

julle dan ‘n ware lig skenk, sodat julle steeds toeneem in insig, sodat julle

weer die kennis verkry wat vir julle verlore gegaan het, dat julle dan weer

geheel en al in die waarheid vas staan omdat Ek Self julle daarmee

vertroud maak, soos Ek dit beloof het. Amen

370

Die aanleiding tot die ontstaan van die skepping

7770 12 Desember 1960

Julle menswees is die gevolg van julle afvalligheid van My, voorheen in die

geesteryk. Dit is al verskeie kere aan julle uitgelê dat julleself die

aanleiding gegee het tot die ontstaan van die aardse skepping, waarin julle

as “kroon van die skepping”, weer die oertoestand moet bereik, wat julle

eens vrywillig weggewerp het.

Julleself het My daartoe beweeg om die aardse skepping te laat ontstaan,

want Ek het vir julle ‘n weg gesoek en gevind om terug te keer tot My. En

dit is hierdie weg deur die materiële aardse skeppingswerke; terwyl die

laaste stadium op hierdie weg oor die aarde, julle bestaan is as mens. Want

nou moet julle weer die vrywillige terugkeer tot My aanvaar, soos wat julle,

julleself eens vrywillig van My verwyder het.

Julle was oorspronklik goddelike wesens, wat as teken daarvan steeds ‘n

vrye wil besit; en die bestaan as mens gee julle die moontlikheid om julle

goddelikheid te bewys. En dit gee ook vir julle die geleentheid om julle vrye

wil weer na My te wend, dus weer in verbinding met My te tree. Want dan

het die aardse skeppings hulle doel vervul en het die "werk van

terugvoering" tot stand gebring, wat My plan is sedert Ewigheid.

En so moet julle alle skeppings om julle heen beskou as gevolg van julle

verset teen My, maar ook as middel om My weer te leer ken. Julle moet die

skeppings begryp as ‘n "uiting van My liefde" vir Julle wat Ek nie wil verloor

nie; en julle moet weet dat My onoortreflike wysheid die skepping as die

sekerste middel erken om julle weer terug te wen.

En julle sal ook eenmaal self die weg wat julle deur die skeppings afgelê

het kan oorsien en dan bomate dankbaar wees vir die barmhartigheid wat

My eindelose liefde aan julle verlore gegane wesens skenk. Dan sal die

skepping vir julle geen kluistering meer wees nie, maar die grootste bewys

van My liefde. En dan sal julleself weer wil deelneem aan die skep van

dinge, om die geestelike weer die moontlikheid te bied tot die uiteindelike

terugkeer tot My.

Want net soos My liefde My tot skepping beweeg, so sal ook die liefde julle

nie laat rus nie. Julle sal dan die krag wat van My na julle toe stroom,

benut volgens My Wil en julle sal skeppend en vormend besig wees tot julle

eie geluksaligheid. Maar daartoe behoort ‘n bepaalde graad van geestelike

volwassenheid, wat julle, julleself reeds in die aardse lewe kan verwerf, as

julle slegs julle vrye wil op die korrekte manier gebruik en julle, julleself na

My toe keer. Want dan keer julle siele terug tot die Oerbron van lig en

krag, vanwaar julle eens uitgegaan het. En dan kan julle onbegrensde krag

en lig ontvang, dan sal julle naas My skep en kan werk en salig wees.

En so beteken die skeppingswerke enersyds nog ‘n dwang vir die

onvolwasse geestelike, maar vir die vrye geestelike die moontlikheid om in

liefdesdade werksaam te wees en die onverloste te help. Die

371

skeppingswerke is enersyds self die geestelike wat nog gekluister is en tog

help hulle andersyds die geestelike tot vrywording, omdat alle skeppings

hulle bestemming moet nakom, naamlik dit, sodat die daarin gebonde

geestelike kan vry word.

En die verloste geestelike wat in die "lig" staan, weet daarvan en is in sy

liefde voortdurend besig om volgens My Wil nuwe skeppings te laat

ontstaan. Hy neem deel aan die skepping, omdat hy ook My heilsplan van

die Ewigheid ken en wil meehelp met die terugvoer van al die geestelike na

My toe. En daarom moet die materiële skepping as die ryk van My

teenstander beskou word, want dit berg al die nog nie verloste geestelike in

homself.

My teenstander kan die geestelike gedurende die tyd van sy gebondenheid

nie beïnvloed nie; terwyl die ligwêreld die geestelike kan bystaan en wat

steeds weer met die vrywording kan help. Dog die mens het weer sy

invloed te vrees, maar hoef slegs sy wil korrek te rig en dit na My toe te

wend en Ek sal hom aanneem en waarlik uit die hande van My teenstander

ontruk.

Maar hierdie wilsproef moet die mens self aflê, hy word nóg deur My, nóg

deur My teenstander ten opsigte van sy wil gedwing. Hy moet self sy

goddelikheid bewys, deurdat hy na die lig verlang, waarvan hy eens

uitgegaan het. Amen

Die teëstander gaan sy magsbevoegdheid te buite

7778 21 Desember 1960

Aan die aktiwiteit van die teëstander word ‘n einde gemaak sodra die uur

gekom het, wanneer Ek die lewendes en die dooies sal oordeel. Eenmaal

moet die oordeel weer plaasvind, want alles het buite die ordening getree

en daarom is ‘n opwaartse ontwikkeling van die geestelike nie meer

gewaarborg nie.

Die mensdom weerstaan nie meer die werke van My teëstander nie en is

volledig aan sy wil onderworpe en hy misbruik sy mag op ‘n manier wat dit

selfs vir My aanhangers moeilik maak om by My te bly. Hy gaan sy

magsbevoegdheid te buite deur te poog om My geheel en al uit die

gedagtes van die mense te verdring en vind wat dit betref ook genoeg

aanhangers wat sy wil uitvoer, naamlik om openlik stryd te voer teen die

geloof.

Julle is egter op aarde om te kies tussen twee Meesters en julle moet

derhalwe ook van beide Meesters op die hoogte wees. Maar hy probeer die

wete oor julle God en Skepper te verhinder, hy probeer alle geloof van julle

af te neem en wend geweldsmiddele aan, deurdat hy die maghebbers

aanspoor om meedoënloos op te tree teen die geloof en ook teen die wat

Myne is en wat My Naam voor die wêreld bely. En daarom sal daar vir hom

372

nie baie tyd meer oorbly nie, hy sal weer gekluister word op die dag van die

oordeel.

Wanneer julle dus die begin daarvan kan sien en ook sien hoe die stryd

teen die geloof openlik sal ontbrand, dan kan julle dit ook verseker ag dat

die tyd van die einde gekom het. Want dan gaan hy sy magsbevoegdheid

te buite en val daardeur onherroeplik in die hande van die oordeel. Want sy

mag is geweldig en hy misbruik dit, maar Ek sal hom stopsit sodat al die

mense hom nie ten prooi val nie, sodat Myne aan My trou kan bly tot die

einde toe.

Nou kan mense sy aktiwiteite nog te voet volg en hulle afsonder van hulle

wat aan die teëstander behoort. Die wat Myne is, kan bymekaar aansluit en

mekaar versterk en troos. Maar wanneer My teëstander die laaste stryd op

aarde sal begin, sal julle, julleself moet afsonder, want julle kan dan nie

meer openlik spreek nie en julle sal deur die wêreld en deur hulle wat aan

die wêreld behoort, bestry word. En dan kom dit daarop neer om My

openlik te bely en julle hoef dan ook geen vrees te voel nie, want My krag

sal na julle toe stroom, sodat julle My ook trou kan bly, sodat julle My met

blydskap kan bely en julle krag des te meer na buite kan kom. Ek het die

tyd steeds aan julle voorspel en dit sal gebeur soos wat dit verkondig is.

Maar julle sal ook ervaar dat julle steeds meer teëstanders sal vind en dat

die haat teen julle wat My woord verkondig, sal vererger. En julle sal dan

goed daaraan doen om die vyand te vermy, sodat julle, julleself nie

moedswillig in gevaar begewe nie.

Want dan sal julle so listig moet wees soos ‘n slang en so sag soos ‘n duif,

maar julle mag My nie verraai nie. Wie buiten My sou julle van krag kan

voorsien?, Wie buiten My sou julle kan beskerm en weer uit alle nood

weglei?

My teëstander sal deur My gekluister word wanneer die tyd vervul is en aan

sy aktiwiteite sal ‘n einde gemaak word. En julle kan daarop reken dat Ek

julle lot vir Myself sal aantrek, wanneer die tyd van die einde gekom het,

wanneer julle moet beslis welke Meester julle wil erken. Want wie aan My

wil behoort, sal hy nie tot ‘n val kan bring nie, omdat Ek aan hulle kant sal

stry en hy waarlik nie teen My mag opgewasse is nie. Hy sal weer

gekluister word vir ‘n eindelose lang tyd en saam met hom ook sy aanhang,

sodat daar weer ‘n tyd van vrede kan aanbreek vir die mense wat dan nie

meer deur hom lastig geval kan word nie.

Maar die tyd van vrede sal eers aanbreek op die nuwe aarde, want eers

moet die ordening weer herstel word. Eers moet die geestelike geoordeel

word en dan eers sal die opwaartse ontwikkeling weer aangaan, dan eers

sal daar vrede wees in die Hemel en op aarde. Amen

373

Die verlossingswerk van Jesus Christus

7781 25 Desember 1960

Die terugkeer tot My was gewaarborg deur My verlossingswerk. Eens sal al

die geestelike weer by My kan bly, eens sal al die wesens wat van My

uitgegaan het, weer deurstraal word deur My liefde soos dit was in die

allereerste begin, want Ek het deur My offerdood aan die kruis die brug

gebou van die diepte na die hoogte, uit die ryk van die duisternis na die ryk

van lig en saligheid. Deur My dood aan die kruis word die oorgrote skuld

gedelg wat al die wesens van My skei wat My teenstander in die diepte

gevolg het. Tot by My koms op aarde bestaan daar tussen die mense en My

‘n onoorbrugbare kloof, wat hulself veroorsaak het en self nie meer kan

oorbrug nie omdat hulle te swak was, omdat die las van die sonde hulle

neerdruk en hulle ook verhinder word deur My teenstander om aanstaltes

te maak om hierdie kloof te oorbrug.

En so bou Ek ‘n brug deurdat Ek Self na die aarde kom en die groot skuld

tot niet maak, deurdat Ek die las van die sonde op My skouers neem en

daarmee die weg na die kruis gaan. En wat voorheen onmoontlik was, het

nou moontlik geword: Dat die mense wat van goeie wil is hulle by My

aansluit en die weg gaan na die kruis. Dat hulle aan My vashou en My nie

laat los nie, dat hulle wil behoort aan die vir wie Ek aan die kruis gesterf

het. En dat hulle nou die totale vergewing vind van hul skuld en weer tot

My kan terugkeer in die ryk van die lig.

Ek laat die mense nie alleen in hul nood nie, Ek kom hulle te hulp. Ek neem

My intrek in die omhulsel van ‘n mens en volbring in hierdie mens Jesus

nou die verlossingswerk, want Ek wil die weg baan wat uit die diepte weer

terug omhoog voer. My weg oor die aarde was tot My dood ‘n

lewenswandel in liefde, want die mense ontbreek hierdie liefde. En daarom

het Ek die mense die liefde voorgeleef omdat alleen die liefde verlossend

werk, omdat die liefde die wet van die ewige orde is en omdat - wie tot My

wil terugkeer - onherroeplik sy wese moet verander tot liefde, om hom

weer te kan verenig met My, wat die Liefde Self is.

Dus word ‘n brug gebou van die ligryk na die aarde, toe Ek Self na die

aarde kom. En oor hierdie brug moet julle almal gaan om weer by My te

kom, want vir ‘n tyd was Ek vir julle onbereikbaar deur julle eie skuld. Maar

My Liefde is groter as julle skuld en My Liefde soek ‘n uitweg en probeer die

verbinding, wat deur julle verbreek was, weer tot stand te bring tussen

julle en My.

En Ek vind ‘n weg: My Liefde Self wis die skuld uit en maak julle vry vir die

weg terug tot My. Daar was nou ‘n verbinding geskep van die ligryk na die

aarde, omdat ‘n ligsiel neerdaal in Wie Ek Self My kon beliggaam. Want

hierdie Siel neem vlees aan en die mens Jesus word gebore. En Hy bou nou

die weg waarop julle in die ligryk kan kom en julle terugkeer tot My dan

volbring is.

374

My Liefde het hierdie brug vir julle gebou, want My Liefde betrek die

omhulsel en gaan vir julle die weg na die kruis, d.w.s. Dit delg die

onmeetlike skuld, wat julle afval van My gewees het, wat vir julle die

onoorbrugbare kloof veroorsaak het tussen die ligryk en die duisternis. My

Liefde tot julle is onbegrens en wil julle My skepsele weer terugwen. Maar

My regverdigheid laat dit nie toe dat Ek julle weer aanneem, sonder dat

julle skuld tot niet gemaak is nie. En so het My Liefde ook die kwytskelding

van julle skuld op Hom geneem. ‘n Mens bied die soenoffer vir julle aan en

in hierdie mens was Ek Self.

Wat voor My kruisdood nie moontlik was nie word nou deur die kruisdood

moontlik: Dat julle weer tot My mag kom, dat julle na julle ware vaderland

kan terugkeer, in die ligryk, waarin julle in lig, krag en vryheid weer kan

skep soos in die allereerste begin. Die weg tot My was nou weer vry en julle

kan julle skuld nou onder die kruis los. Julle kan julle nou oorgee aan die

liefde en genade van Jesus julle Verlosser, want Hy open nou vir julle die

poort na saligheid, na die ligryk.

Maar ook hierdie, julle verlossing, is ‘n aangeleendheid van julle vrye wil,

anders sou al die geestelike met een slag weer in die ligryk kon kom, maar

dan sou My doel egter nie bereik wees om julle tot My kinders te vorm nie.

Julle moet in vrye wil die weg na die kruis neem, julle moet in vrye wil om

die vergewing van julle sonde bid en julle moet in vrye wil julle verlossing

begeer en tot Myself kom in Jesus Christus. En dan val die verlossing julle

ook ten deel en julle sal weer terugkeer en vreugdevol deur My opgeneem

word, deur julle Vader, Wie Self na die aarde neergedaal het om julle te

verlos. Amen

Opheldering oor verskillende ontvangste van die

Woord

7787 3 Januarie 1961

Van My kant af word My Woord sekerlik nie van julle weerhou nie, as julle

die wil het dat Ek julle moet aanspreek. Dog moet julle, julleself altyd

ondersoek en afvra wat julle verlang om te weet. Ek gee julle antwoorde op

julle vrae, as dit geestelike leringe betref en as die antwoord julle tot seën

strek. Want Ek wil wel hê dat julle in die waarheid wandel, maar Ek sal My

antwoord nie gee as opregte motiewe nie die grondslag van julle vrae vorm

nie. En dit is moontlik, as julle met ‘n antwoord teenoor julle medemens wil

uitblink, of ook, dat julle met ‘n antwoord julle medemens tot een of ander

handeling probeer aanhits.

Want Ek sien elke bedoeling in die mensehart en al hou hy dan

samespreeking met My en het homself nie sodanig voorberei dat Ek hom

kan antwoord nie. Dan vind daar geen geestelike verwisseling plaas nie,

maar die verstand van die mens werk vir homself ‘n antwoord uit wat hy

dan deurgee, asof hy dit geestelik ontvang het. Elke mens wat die

375

voorwaardes vervul, word deur My aangespreek, wie homself innig tot My

wend en My vra om My woord. En tot hom sal Ek spreek soos wat sy

toestand van volwassenheid dit toelaat. Ek sal hom die antwoord in die hart

lê, Ek sal sy gedagtes rig sodat hy nie in dwaling sal verkeer nie.

Maar daar word van hierdie belofte van My ook misbruik gemaak, deurdat

die mense My vra vir antwoorde in aardse aangeleenthede, deurdat hulle

hulle geestelike wense nie van die aardse kan skei nie. Ek wil My sekerlik

nie van My kinders weerhou nie, maar Ek stap ook nie van My voorwaardes

af, wat Ek aan die werksaam wees van My Gees verbind het nie. Ek wil dat

‘n diepe verlange na die waarheid hulle daartoe bring om sulke vrae te stel

wat geestelike kennis betref. En het julle die graad bereik dat My Gees in

julle kan werk, dan sal julle ook weet dat julle Vader die aardse lotgevalle

lei soos wat dit vir julle die beste is. Julle sal julleself dan aan My as julle

leidsman toevertrou en weet dat Ek alles vir julle ten beste doen.

Julle sal dus geen persoonlike onderrig of aanwysing verwag en julle Vader

ook nie daarom versoek nie. Want met aardse vrae is julle steeds in gevaar

om die antwoord self so te gee soos wat julle dit vir julleself begeer. Laat

Ek vir julle sorg en laat julle leiding heeltemal aan My oor. Sorg slegs dat

julle siele volwasse word, dat dit tot ‘n opnamehouer word van My Gees.

Spreek dan in die verborgene saam met julle Vader en laat julle deur My

onderrig, dit wil sê, in geestelike kennis inwy.

Want My Ryk bly altyd net die geestelike wêreld en uit hierdie wêreld kom

geestelike onderrig tot julle wat die volwassenheid van julle siele verhoog,

as julle volgens hierdie lesse op aarde leef. En wie vir My werksaam wil

wees, se gedagtes sal waarlik korrek deur My gelei word en hy hoef hom

geen aanwysing, soos verkeerde raad of onware, oorgebringde

mededelinge van sy medemens te laat toekom nie. Verbind julleself met

julle Vader van ewigheid en vra Hom om goeie leiding en julle sal My Wil in

julle hart bespeur en dit opvolg. Beproef alles en behou die goeie. Geen

mens moet die ondersoek van die geestelike leringe wat hom gebring word,

nalaat nie, want elkeen moet weet dat die teenstander in die eindtyd aktief

is waar hy kan om die gedagtes te verwar, maar dat hy egter geen invloed

het op hulle wat hulself innig met My verbind het en My leiding afgesmeek

het nie. Ook weet hy om homself goed te kamoefleer en as ‘n ligengel op te

tree, maar tog is hy herkenbaar vir almal wat lig en waarheid soek. Want

hulle laat Ek nie in duisternis ronddwaal nie, hulle skenk Ek self die lig,

omdat hulle dit begeer. Amen

Wat is die doel van die lewe op aarde?

7797 14 Januarie 1961

Julle sal op hoogte moet wees van die doel van julle lewe op aarde, as julle

weg oor die aarde as mens suksesvol wil wees en as julle die doel wil

bereik, as julle weer wil word soos wat julle was in die allereerste begin.

376

Julle het van My af uitgegaan as hoogs volmaakte wesens, julle was

geskape as My ewebeeld en voorsien van alle goddelike eienskappe, vol

van lig en krag en julle het met My, as julle God en Skepper, voortdurend

in verbinding gestaan, sodat julle onafgebroke lig en krag van My kon

bekom en dus ook onuitspreeklik geluksalig was; by julle volmaakte wese

hoort egter ook ‘n vrye wil, omdat julle anders geen goddelike skepsel

genoem sou kan word nie. En hierdie vrye wil moes gevolglik vir julle twee

moontlikhede ontsluit: Om volmaak te bly soos Ek julle geskape het, of wel

julle volmaaktheid te verloor en julle wese te verander na die

teenoorgestelde.

Julle sou dus julle "goddelikheid" moet bewys, deurdat julle wil net so gerig

was soos Myne, dat dit heeltemal opgaan in My Wil, ook wanneer dit

volledig vry was. Maar julle sou dan ook in staat moes wees om julle

teenoorgesteldheid te dra, julle sou ook afvallig van My moes kan word as

teken van die vrye wil, wanneer dit aan My en My Wil teenoorgesteld gerig

was. En Ek verlang hierdie wilsbeslissing van My "deur My geskape" wesens

om vir hulle nog groter geluksaligheid te kan berei.

Ek het hierdie wilsbeslissing van die eerste liggees wat deur My geskape

was, verlang, wat deur My oorgrote Liefde buite My geplaas was en wat as

My ewebeeld met My en naas My sou skep en werk in die geesteryk; hy het

in die hoogste volmaaktheid uit My voortgekom, hy was My ewebeeld. Dog

een ding het hom van My onderskei: hy het van My die krag ontvang terwyl

Ek die Kragbron Self was. Hy het dit ook ingesien, want hy het oor die

hoogste insig beskik. En dus was hy voor die wilsbeproewing gestel wat

daarin bestaan, om Myself as Kragbron te erken van Wie hy voortdurend sy

Krag verkry het.

Daar het egter uit sy wil en My Krag ontelbare wesens voortgekom wat

almal hoogs volmaak was, toegerus met alle gawes en ‘n vrye wil, wat hulle

goddelikheid aangetoon het. En die bewussyn van die verwekker van al die

wesens van die eerste geskape gees, die ligdraer, het verwaand geword en

in sy verwaandheid het hy teen My in opstand gekom. Hy het die wilsproef

dus nie deurstaan nie, maar hy volbring deur middel van sy wil ‘n skeiding

van My, wat waarlik nooit kon plaasvind nie, omdat al die wesens sou

vergaan, omdat hulle sonder My en die toevoer van My Krag nie kon

bestaan nie, maar die wat hulself afgekeer het van My deur middel van sy

wil, het die ligdraer, Lucifer, wat in die diepte afgeval het, gevolg en ‘n

groot aantal wesens was saam met hom na benede gesleep, wat eweneens

moes kies en wat van My afvallig geword het.

Hierdie gebeurtenis, wat homself in die geesteryk afgespeel het, lê die

"skepping van die wêreld" ten grondslag en al die ontelbare skeppinge van

die mees verskillende aard, wat Ek as die "weg-terug" van die geestelike

laat ontstaan het, om al die gevallenes weer na hulle oorsprong terug te

voer, om hulle weer na My toe te lei, omdat hulle eers dan weer geluksalig

kan wees wanneer hulle weer met My verbonde is, terwyl die verwyderd-

377

wees-van-My ‘n staat van die grootste armsaligheid beteken. Die kennis

daaroor probeer Ek nou vir julle mense te laat begryp, want julle is daardie

gevalle geeste wat julleself op die weg terug na My bevind en nie te ver

van die doel af aangekom het nie. Julle eens volmaakte wese het julle

verander en julle het onvolmaak geword. Ook as mens is julle nog

onvolmaakte skepsele, maar julle sal in die aardse lewe volmaak kan word,

wanneer julle slegs My Wil vervul, wanneer julle, julleself skik volgens My

wet van die goddelike ordening, wanneer julle ‘n lewe in liefde lei en julle

wese weer heeltemal verander tot liefde netsoos dit in die allereerste begin

was.

Die liefde verenig julle weer met My, maar julle sal dit vrywillig van My in

ontvangs moet neem. Julle sal julle nie mag verweer wanneer My Liefde

julle weer wil bestraal nie, julle sal alles moet doen om die doel van julle

lewe op aarde te vervul wat slegs daarin bestaan dat julle, julle wil weer na

My rig; dat julle, julleself aan My oorgee en in liefde daarna streef om by

My te wees. Dan word aan julle ook ‘n dieper kennis ontsluit en die

duisternis wyk van julle, julle verkry helder insig, julle begryp elke

samehang en julle tree na buite uit die staat van armsaligheid, julle verbind

julle met My en vind in hierdie verbintenis weer die vroeëre geluksaligheid

wat julle vrywillig mee weggedoen het, wat egter ‘n deel is in elke wese wat

eens van My uitgegaan het as ‘n stralende beeld van Myself, tot dit wat

julle ook onherroeplik weer sal word, omdat dit My doel was en sal bly by

die skepping: Om kinders vir My te vorm wat saam met My kan skep en

werk in die hoogste geluksaligheid. Amen

Die werking van die gees in die mens - Lig

7798 15 Januarie 1961

Julle kan in die diepste geheime deurdring as julle toelaat dat My Gees in

julle werk. Julle sal dit nie kan begryp, solank julle nog aards stoflik dink

nie, solank julle maar net julle sinne op die ryk van die wêreld rig en julle

geen verbinding met die geesteryk soek nie. Die "werksaamheid van My

Gees" sal vir julle onbegryplik wees, solank julle nog nie met My, julle God

en Vader in verbinding staan nie, omdat julle dan ook nog nie in die liefde

leef nie, wat die voorwaarde is om ‘n verbinding met My te verkry en dus

ook van die in julle sluimerende geestesvonk van die Vadergees van die

Ewigheid.

Sonder liefde kan julle geen begrip hê vir die werk van My Gees nie en

daarom sal julle ook nooit sonder liefde daarna strewe nie. Laat julle mense

egter die liefde in julle ontbrand, dan wek julle ook die gees in julle tot

lewe. Julle bring dan die verbinding met die Vadergees van die Ewigheid tot

stand, wat Self Liefde is en Hy werk dan deur julle geestesvonk op julle in.

Julle laat dan die werksaamheid van My Gees in julle toe en julle sal waarlik

groot kennis op geestelike gebied ontvang. Daar word vir julle ‘n kennis

378

ontsluit wat op geen ander manier deur mense verkry kan word nie, want

dit is geestelike gebiede waarin julle insae mag neem. Dit is geestelike

geheime wat aan julle onthul sal word, wat slegs die Gees julle kan gee.

Julle moet julleself egter altyd eers tot ‘n opnamehouer vir die goddelike

Gees maak, wat slegs die liefde kan volbring. Dan kan My Gees by julle

binnestroom en dit sal waarlik heerlike vrugte afwerp, wat waarlik ‘n

verryking vir julle mense is en bly tot in alle ewigheid. En so kan en sal

mense op hierdie manier ook die waarheid oorgebring word en dit is

gevolglik moontlik dat julleself deur God onderrig sal word in die hele

waarheid, as julle dit self toelaat dat My Gees homself openbaar, want dit is

‘n aangeleentheid van slegs julle wil, waartoe geen mens gedwing word nie.

As julle egter daartoe bereid sal wees, deurdat julle, julleself uit vrye wil,

deur ‘n lewe in liefde, sal vorm tot ‘n opnamehouer vir My Gees, dan sal dit

lig word in julle. Dan sal julle spoedig die helderste insig hê, dan sal kennis

ontsluit word en alle geestelike samehang sal vir julle duidelik word.

Dan word die duisternis van die nag waarlik deurboor, die geestelike son

sal in julle hart straal. Dit sal dan ewiglik nie meer donker word in julle nie,

want julle het ‘n egte lig van Myself af ontvang, wat julle weer mag

uitstraal in die nag.

Verwonder julle dus nie waar die wysheid van die een vandaan kom, terwyl

die ander dit nog nie besit nie. Vra julleself nie af waarom dit nog so donker

is in die harte van die mense nie, want nou ken julle die antwoord, julle

moet vir julleself daardie lig soek en dit sal helder word omdat julle lig

begeer. Julle mense moet glo dat Ek met julle in verbinding staan, dat Ek

nie wil hê dat julle, julleself in die ewige nag moet bevind nie. Maar ook

moet julle die duisternis self wil ontvlug en aanstaltes maak om ‘n lig in

julle te laat ontsteek. Julle moet weet dat Ek ‘n klein vonkie in julle gelê

het, dat dit egter van julle vrye wil sal afhang of julle die vonkie wil laat

ontvlam tot ‘n vuur. En hierdie vuurgloed sal dan op My gespits wees en

homself weer met die Vuur van die Ewige Liefde verenig. En dit sal weer tot

gevolg hê dat My Gees homself uitstort in so ‘n toebereide houer en die

duisternis verdryf, waarin die siel solank gesmag het, totdat julle My

opgeneem het; totdat die liefde in julle My met aandrang gesoek het en die

duisternis deurbreek is. Want dan kan Ek werk in die mens en waar Ek deur

My Gees werk, daar is lig, insig en saligheid. Amen

Die weg van ontwikkeling op die aarde

7800 18 Januarie1961

Toe die aarde geskape was, kon tallose geestelike substansies hulself in sy

skeppingswerke beliggaam en het hulle in hulle ontwikkeling langsaam

omhoog gestyg. Want die skeppings beantwoord aan die weerspannigheid

wat in die geestelike, nog ongebroke, maar verskillend in sterkte was. Die

skeppingswerke bestaan min of meer uit harde materie, want ook die aarde

379

ontwikkel homself langsaam tot die skeppingswerk wat eenmaal mense sal

herberg, naamlik die geestelike wat die weg van ontwikkeling reeds so ver

afgelê het, dat alle substansies van ‘n eens gevalle oergees homself weer

sal versamel en wat weer die “ek- bewussyn” en die vrye wil terug ontvang

het.

Maar voordat die geestelike in die stadium kan ingaan, het eindelose tye

verloop, want die aarde het hierdie tye nodig gehad om al die skeppings

voort te bring, wat die gevalle geestelike nodig gehad het vir ‘n opwaartse

ontwikkeling. En daarom moet die mens weet dat hy al eindelose tye op

hierdie aarde vertoef het en dat die stadium as mens die beëindiging is van

‘n ontwikkelingsweg wat sy vrye wil nou kan afsluit.

En hy moet ook weet dat hierdie eindelose lang weg eenmaal terugblikkend

aan hom getoon sal word, maar dat hierdie herinnering aan vroeër, van

hom as mens weggeneem moes word, omdat dit oor sy vrywillige terugkeer

tot God gaan, wat hy nou as mens moet voltooi. Beskou hy egter die

tallose wondere van God se skepping om homself heen, dan moet hy ook

daaroor nadink welke doel dit te vervul het. En dit sal aan hom in sy hart

verduidelik word en hy sal iets vermoed, as die algehele kennis daaroor

nog nie vir hom ontsluit is nie.

Hy moet probeer om die Wese van die Skepper te deurgrond, dit wil sê, oor

sy verhouding tot Hom opheldering verlang. En hierdie opheldering sal hom

ook gegee word, omdat dit in die aardse lewe daaroor gaan dat die mens

die verbinding met God, wat hy eens vrywillig opgegee het, weer herstel.

Want dit was die “val” van die geeste, wat hulself opsetlik van God

losgemaak het.

Daarom moet hulle nou as mens, in die laaste stadium van hulle weg terug

tot God, vrywillig weer die verbinding met Hom herstel om die doel van

hulle aardse bestaan te vervul.

Dat die skepping vir die grootste deel daartoe bygedra het om die gevalle

wesens weer terug te bring, sal julle mense eers kan begryp wanneer julle

hierdie terugkeer volbring het. Want nooit sou dit vir julle moontlik wees

om weer hoër op te kom, wanneer die Goddelike Skepper julle nie aan die

mag van Sy teenstander, wat julle val na die diepte veroorsaak het,

ontwring het nie; as Hy julle nie van sy invloed onttrek het gedurende die

eindelose lang tyd, waarin julle as die kleinste sieledeeltjies ingelyf was in

die skeppings werke nie. Gedurende hierdie tyd het Sy teenstander geen

invloed op julle gehad nie, maar tog behoort julle nog aan hom, omdat julle

hom eens vrywillig gevolg het na die diepte. Maar omdat julle as gevolg

van julle afvalligheid van God, heeltemal sonder lig en krag was, sou die

weg terug tot God onmoontlik vir julle gewees het. Daarom het God Self

hierdie weg terug, deur al Sy skeppingswerke vir julle geskape, wat in

onoortrefbare wysheid en eindelose liefde so gevorm was, dat dit die

geestelike die moontlikheid bied om op die een of ander wyse te dien. En

380

deur te dien kon julle, julleself tot ‘n steeds hoër geestelike volwassenheid

ontwikkel.

Die geestelike deeltjies wat aan die gevalle oergees behoort het, versamel

hulself weer en tree nou, in ‘n sekere volwassenheid, hulle laaste vorm

binne. En hulle mag nou, as mens, ‘n kort tydjie oor die aarde gaan en

moet weer in vrye wil en uit liefde dien. Want dit is die aardse lewensdoel

van elke siel wat in die mens beliggaam is, dat hy homself deur ‘n diening

in liefde van alle vorme kan verlos. Dat hy dus as die vrye gees, wat hy in

die begin was, weer ingaan in die geesteryk, wanneer sy lewe op aarde ten

einde is.

Maar hy bewerkstellig hierdie vergeesteliking nie deur eie krag nie, want

die oersonde van vroeër belas hom en druk hom steeds weer neer, dit wil

sê, God se teenstander het tydens die aardse lewe weer die reg om sy

invloed uit te oefen, omdat die geestelike hom eertyds vrywillig gevolg het.

En die gevalle oergees, die mens, sou ook weer onder sy invloed beswyk

het, as ‘n betroubare hulp nie aan hom aangebied was nie, naamlik die

verlossing deur Jesus; in Wie God Homself beliggaam het om vir al die

gevallenes die sondeskuld te delg deur Sy offerdood aan die kruis.

Die volle verlossing en vergewing van sy skuld deur hierdie hulp van Jesus,

is vir hom verseker, maar slegs as hy dit self wil en as hy Jesus en Sy werk

van verlossing aanvaar en Jesus as God Self erken, aan Hom, wat die

oergeeste eertyds hulle erkenning geweier het.

Daarmee is aan julle mense ‘n kort verklaring gegee oor die oorsaak en

betekenis van die verlossingswerk wat julle moet weet om die doel van julle

aardse lewe te vervul, om die Goddelike heilsplan te leer begryp wat altyd

en alleen die terugvoer van die geestelike ten doel het. En die doel word

ook in liefde en wysheid verwesenlik, omdat aan Hom alle mag ter

beskikking staan om die doel te bereik wat Hy Hom by die skepping van die

geestelike wesens gestel het. Amen

Geestelike hoogmoed en die gevaar daarvan

7803 21 Januarie 1961

Die geestelike hoogmoed is die grootste kwaad, want om dit te oorwin,

vereis die grootste krag. En omdat die mens wat geestelik hoogmoedig is,

nog geheel en al aan die teenstander behoort, sal hy God nooit vra om vir

hom krag te stuur nie en hy sal gekluisterd bly totdat sy hart verander is

tot deemoed, wat meestal meer as één gang oor die aarde verg, dus wat ‘n

hernieude kluistering in die materie nodig het. Die geestelike hoogmoed is

sodoende die erflike kwaal van hom wat uit hoogmoed in die diepte geval

het. Hy sal sy hoogmoed ook in ewigheid nie opgee nie en daarom sal hy

eers dan die weg na die Vader inslaan, wanneer hy homself so klein en

nederig en kragteloos voel, dat hy nou smeek om krag, wat dan ook aan

hom geskenk sal word. En so ook is sy aanhang wat in geestelike

381

hoogmoed volhard, wat hulself nie wil buig onder die Wil van God nie, wat

daarom ook geen "God" bo hulself wil erken nie, wat as mens so heeltemal

oortuig van die waarde van sy "ek" is, dat hy geen geestelike onderrig

aanneem nie, dat hy meen om geen hulp nodig te hê wat hom van die kant

van ‘n hoër Mag verleen kan word nie.

Volkome ongeloof en geestelike hoogmoed sal steeds saamgaan en omdat

die mens geen God wil erken nie, sal aan hom ook nooit die krag kan

toevloei om homself te bevry van die erflike kwaal en die medemens kan

hom nie beïnvloed nie; omdat hy dink om verhewe te wees bo alles wat

"geloof" vereis, wat in die geestelike gebied oprys. Om hierdie mense aan

te spreek en hulle die Woord van God bekend te maak, het selde sukses,

omdat hulle voortdurend onder die invloed van die teenstander van God

staan, wat ook sy aanhang van God geskei wil hou, sodat hy self nie

swakker sal word in sy mag en krag nie, wat hy in sy aanhang meen te

besit.

Daar moet groot aardse en liggaamlike nood oor ‘n mens kom wat in

geestelike hoogmoed verkeer, sodat hy by homself die gevoel van

swakheid bemerk, waardeur sy gedagtes sou kan verander, hy moet insien

dat hy niks is en niks kan verander kragtens sy menslike natuur en die

gevoel van gebrekkigheid moet hom tot nadenke aanpor, dan sal hy sy

hoogmoed geleidelik opgee, om welke rede dit ‘n barmhartigheid van

buitengewone betekenis is, wanneer die mens in sulke lewens

omstandighede geplaas word waarin hy in homself van sy swakheid en

gebrekkigheid bewus word en hy daaruit tot die gevolgtrekking kan kom.

Maar sy vrye wil bly steeds gehandhaaf, waarom die teenstander ook

steeds sy invloed sal uitoefen en hy dan net so goed die gedagtes kan

verwerp wat by hom opkom.

Maar daar word oor sy siel geworstel, ook van die kant van die ligwêreld,

om hom teen die lot van ‘n hernieude kluistering te behoed, wanneer hulle

daarin slaag dat die mens voor sy dood sy volslae nederigheid besef en dat

hy nog voor sy dood ‘n Mag bo homself erken. Dan kan hy nog verder in

die hiernamaals gehelp word en hoef hy nie nog ‘n keer die gang deur die

hele skepping te gaan nie. Dan het hy geslaag om homself te bevry van die

heerskappy van die teenstander, ofskoon die siel in die ryk hierna erg sal

moet worstel om tot die Lig te kom wat op aarde dikwels vir hom geskyn

het, maar nie aangeneem is nie. Maar God het erbarming met elke siel en

Hy gee hom nie op nie. Maar die mens het ‘n vrye wil en dit alleen bepaal

die lot van die siel wanneer hy die aardse liggaam verlaat. Amen

Onselfsugtige wingerd werk

7809 27 Januarie 1961

En julle word die taak gegee om My Woord te versprei wat aan julle van bo

deur My gestuur word. Ek wil waarlik die weg vir julle gelyk maak, Ek wil

382

julle help om My Woord te neem waar ook al die mense honger en dors

daarvoor het. Want Ek weet wie se harte My Woord nie sal verwerp

wanneer dit aan hulle aangebied word nie. En so doen julle slegs altyd die

werk wat julle kan doen en julle moet weet dat EK Self al die ander sal reël

wat die verspreiding van My Woord dien. Want dit is baie seker dat Ek nie

My Woord aan die aarde stuur sonder ‘n doel nie, selfs as dit nou en dan vir

julle lyk dat die geestelike informasie geen ware doel dien nie.

Julle moet slegs geduldig en met volharding saamwerk en die werk doen

wat deur mense gedoen moet word, omdat Ek nie alle mense direk kan

beïnvloed nie en daarom julle nodig het om My as bemiddelaars te dien;

Want nie alle mense laat My toe om ‘n direkte invloed op hulle te hê nie en

tog sal hulle ook My Woord ontvang om die volwasse wording van hul siele

toe te laat. En telkens weer sal die geleentheid hom voordoen wanneer My

duidelike werk met julle vermeld kan word; daar sal ontvanklike harte wees

wat die buitengewone genade gawe erken en met dankbaarheid aanbied

om in My wingerd te help en wie se bereidwilligheid om te help graag deur

My aangeneem word. Want slegs liefde sal geestelik sukses bereik. Daarom

glo nie dat julle dit kan bereik waar hierdie liefde nie teenwoordig is nie.

Glo nie dat Ek My seën vir ‘n onderneming sal gee wat duidelik die gees

van wêreldse belang verraai nie.

My Woord sal met die hart spreek en Ek kan waarlik ander weë vind as die

wat mense te midde van die wêreld wil neem. Want hulle is nie

geinteresseerd in My Woord nie, hulle is nog te wêrelds gerig en daarom sal

hulle nie tot die verspreiding van My Woord kan bydra wat ‘n bevrydings

effek van die wêreld het. Die mense harte wat My Woord sal aanvaar moet

reeds die wêreld oorwin het, net soos My mede werkers op aarde die

wêreld moes oorwin het om tot voordeel van hul medemens te kan werk.

Dus kan wêreldse mense nie as arbeiders in My wingerd aangeneem word

nie, want hulle sal nooit volgens My wil werk nie maar hul eie belange

nastreef, aangesien hulle deur die heer van hierdie wêreld gedryf word om

dit te doen, tot wie hulle nog behoort. Maar Ek het genoeg middele en

maniere om My doel selfs sonder sulke medewerkers te bereik. Die liefde

moet altyd deel van dit wees as sukses bereik moet word en die liefde sal

ook My Woord as ‘n onskatbare geskenk van genade herken en daarom dit

ook ondersteun.

En so sal julle ook julle ware mede arbeiders herken wat graag hulle hulp

aanbied en julle sal nie aarsel om hulle hulp te aanvaar nie; en julle sal ook

weet dat My seën slegs rus op julle werk wanneer elkeen dit uit liefde doen

en geen wêreldse voordele uit dit verwag nie. Want soos julle dit ontvang

moet julle dit ook deurgee; soos My liefde ‘n effek op julle het, moet julle

liefde ook ‘n effek op julle medemens hê. En dit gebeur wanneer My Woord

onselfsugtig versprei word, wat aan julle van bo gestuur word en as die

mees waardevolste geskenk van genade, hulp en krag aan mense in hul

383

geestelike teëspoed tydens die laaste dae sal verleen, sodat hulle kan

uithou tot die einde. Amen

Hê mekaar lief!

7811 30 Januarie 1961

Een wet geld vir julle almal, dat julle mekaar moet liefhê en daardeur ook

julle saamhorigheid met My bewys. En al kom gedagtes in julle op dat julle

met die medemens wie julle moet liefhê geen innerlike verbintenis het nie,

dan moet julle tog aan sy siel dink wat hom nog in die kluistering van die

liggaam bevind en julle moet daaraan dink dat ook hierdie siel My eiendom

is, selfs as sy wil nog teen My gekeer is.

Want julle is almal My kinders en julle moet daarom julle medemens as

julle broer of suster beskou en saam na die Vader strewe. Die liefde moet

julle saambind, dan getuig julle dat julle almal kinders van een Vader is. En

hierdie liefde moet julle afhou van alle verdagmaking of veroordeling van

julle naaste. Die liefde moet julle al sy gebreke en swakhede laat verdra,

julle moet slegs steeds daaraan dink dat sy siel nog ‘n lae graad van

volwassenheid kan hê en dat hy daarom so handel soos hy doen, ook as dit

julle mishaag.

Julle mag geen skerp oordeel vel nie, want dan gee julle My aanleiding om

julle op gelyke wyse te veroordeel, want niemand onder julle is sonder

gebreke nie, julle het almal nog nie die graad van voltooiing van julle siele

bereik wat swakhede en gebreke uitsluit nie. En tog verdra Ek julle in

oorgrote liefde en geduld en spreek geen harde oordeel oor julle uit nie.

En daarom het Ek julle die gebod gegee: Hê julle naaste lief soos julleself.

As julle die gebod van die naasteliefde vervul, dan sprei julle ook ‘n sluier

van barmhartigheid oor die se foute en swakhede, julle probeer hom alleen

maar hulp te bied en julle sal wederliefde in hom opwek as julle hom julle

liefde laat voel.

Ek spreek met hierdie woorde julle almal aan wat geneig is om die foute

van julle naaste aan die lig te bring, want julle bewys daardeur julle eie

liefdeloosheid en julle het derhalwe geen reg om te oordeel oor julle naaste

nie. Julle sondig daardeur self, want julle gaan verby die gebod van die

liefde. Wil julle dus My kinders wees, dan moet julle ook julle bes doen om

die Wil van julle Vader te vervul en die Wil sal altyd wees, dat julle mekaar

bemin. Anders behoort julle aan My teenstander, wie sonder enige liefde is

en julle steeds probeer beïnvloed om teen die wet van die liefde te handel.

En het julle, julle broer lief as julle, julleself aan hom erger, as julle sy

foute en swakhede na vore bring, as julle ‘n harde oordeel oor hom

uitspreek?

Julle moet hom leer verdra wat sy swakhede betref en hom help, dan

handel julle volgens My Wil en julle handelwyse sal julle ook seën oplewer.

Julle sal sy vriendskap wen en ook sy wese sal vervul wees met liefde

384

teenoor julle want liefde wek wederliefde op en dan lewer julle ook die

bewys dat julle kinders van een Vader is, Wie se Wese suiwere Liefde is. En

dan sal ook My Liefde julle steeds inniger omvat en julle harte sal steeds

gewilliger word om lief te hê, sodat hulle hul liefde deurgee aan die naaste

en julle nou waarlik My regte kinders is, soos dit My Wil is. Amen

Die lig van insig deur die aanspreking van God

7813 1 Februarie 1961

Begryp dit, dat julle in die lig wandel wanneer Ek julleself onderrig. Dan is

julle op die weg wat terugvoer na My, as julle Myself geleentheid gee om

julle aan te spreek, hetsy regstreeks of ook wel deur My bodes, wat My

Woord vir julle bring. Dan wyk die duisternis van julle. Daar word kennis vir

julle ontsluit, julle kom weer tot kennis van julleself en julle word weer op

hoogte gebring van julle oorsprong, julle verval en julle doel, julle is nie

meer geestelik blind, soos wat julle dit geword het deur julle afval van My

nie.

Julle het julleself van My as die ewige Lig losgemaak en moes daarom ook

sonder lig wees. Eerstens was alle bewussyn van julle weggeneem en in die

diepste nag het julle, julle bestaan deurgebring, gebonde in die skeppings

van die aarde deur My Wil, maar slegs, sodat julle aan die invloed van My

teenstander onttrek kon word.

Maar julle het nie lig besit nie. En ook in die stadium as mens, is julle nog

solank duister van gees, tot julle aan My die moontlikheid gee om weer lig

in julle te laat binnestraal. Dit geskied wanneer julle My tot julle laat

spreek. Dan verander die liglose toestand langsaam in ‘n toestand van

helder insig. En dan kan julle gelukkig wees, want dit is ‘n teken dat julle,

julleself op die weg terug tot julle Vaderhuis bevind, dat julle doel nie meer

ver is nie en dat julle dit ook verseker sal bereik.

Die mens op aarde merk nie sy liglose staat nie, omdat hy genoegdoening

neem met allerlei skynligte, wat egter geen ligsterkte het nie en nie die

innerlike van die mens verlig nie. Maar die tyd op aarde is aan hom gegee

sodat hy die donkerte kan verdryf, sodat hy na die lig sal streef, om die

duisternis van gees te oorwin, sodat hy tot insig kom. En Ek is te alle tye

bereid om ‘n lig in julle te ontsteek, mits julle tot die lig van insig wil kom.

En so 'n lig is My direkte aanspreking wat in julle weerklink, as julle dit

maar verlang om verlig te word.

Dan begin julle egter ook te lewe, ‘n geestelike lewe te lei, wat ewig nie

meer sal ophou nie, wat julle gelukkig sal maak en julle weer tot die wese

maak wat julle was in die allereerste begin. Want sodra julle die lig besit,

gaan julle ook die korrekte weg - en dit lei omhoog - terug in julle

Vaderhuis. Die liglose staat is die ergste vir ‘n geestelike wese, omdat hy

homself nie meer herken nie en omdat hy My ook nie as sy Vader herken

385

nie en daarom nie na My strewe nie, maar ewighede in ‘n liglose toestand

kan bly.

Ek probeer egter steeds weer om ‘n ligstraal in die hart van die mens te

stuur, dit ontbrand en die hart van binne verlig, dit wil sê, Ek lei steeds

weer die gedagtes van die mens só dat hy sy God sal soek en lig begeer,

dat hy My sou wil ken in sy eie verhouding tot My. Dan ontsteek Ek vir hom

ook ‘n lig en ontsluit vir hom die regte kennis, wat hom gelukkig sal maak

en hom ‘n verlange sal gee om nog meer te weet.

En as die duisternis van gees eendag deurbreek word, dan tree hy uit die

nag na buite in die helderste oggend en die Son van die Gees sal vir hom

skyn en sy weg verlig. Hy sal My onherroeplik vind en weer aan My Wil

behoort. Hy sal homself weer onherroeplik met My verbind en in die

vereniging met My in lig en krag en vryheid, salig wees soos eens. Amen

Die regte begrip van God

7816 4 Februarie 1962

En dit sal julle duidelik word deur My Gees, dat daar maar één God is en

dat Ek, julle God, sigbaar geword het in Jesus Christus omdat Ek Gees is.

Ek kon vir die deur My geskape wesens nie as ‘n begrensde wese sigbaar

wees nie, maar in Jesus Christus het Ek vir al My skepsele ‘n sigbare God

geword. Julle kan derhalwe nie praat van Jesus en die Vader nie, want Ek is

een met Hom. Wanneer julle dus praat oor Jesus Christus, dan praat julle

oor My, julle God en Skepper, julle Vader van ewigheid.

Die kindjie Jesus het reeds My Gees in Hom gehad en reeds na Sy geboorte

werk Ek in Hom op ongewone wyse, om die mense in Sy omgewing duidelik

aan te toon dat My Gees Hom in dit kind bevind. Die mens Jesus het Sy

lewe aan die kruis met Sy laaste asem uitgeblaas die liggaam van Jesus

was egter vergeestelik en Hy staan op uit die dood, want al Sy substansies

het hulle met My verenig. My Gees het liggaam en siel deurdring, Hy het

dus geen tipiese menslike eienskappe meer nie.

Wat opgestaan het uit die dood op die derde dag, dit was Ek Self, die

Vadergees van ewigheid, die God, Wie die wesens verlang om te aanskou

en Wie nou in die gedaante van Jesus Christus sigbaar word. Jesus Christus

is nou julle God, want Ek is Gees en het alleen in die vorm van Jesus

Christus vir al My skepsele sigbaar geword. Julle kan julle dus van My geen

andere voorstelling maak as die van die Goddelike Verlosser Jesus Christus

nie.

As julle My wil aanroep, wanneer julle, julleself met My in verbinding wil

stel, moet julle Jesus Christus aanroep. Julle moet met Hom samespraak

hou, julle moet Homself as julle Vader van ewigheid erken en julle sal dan

ook ‘n ware God’s begrip hê wat egter nooit waar kan wees as julle

afsonderlik bid tot My as “God” en tot Jesus as “God’s Seun” nie.

386

‘n deur My geskape, hoogs volmaakte Wese wat by My gebly het toe die

groot afval van die geeste plaas vind, ‘n siel wat My “Seun” was, het sy

intrek geneem in die mens Jesus. En hierdie “Seun van God” maak dit vir

My moontlik om My in ‘n menslike omhulsel te beliggaam, sodat vervolgens

die volledige vereniging van die Vadergees van ewigheid met Jesus Christus

kon plaasvind, sodat daar egter daarna nie twee aparte Wesens was nie,

maar alleen een God. Want die Goddelike Gees, My Oerwese, deurstraal

volledig die menslike omhulsel en vergeestelik dit ook.

Alles was derhalwe Goddelike Gees, dit was die Gees. Wat die hele

oneindigheid deurstraal en Hom in ‘n vir die mens sigbare vorm openbaar,

sodat hulle hulself ‘n beeld kan vorm om hulle nou met die Wese te

verbind. Want die oorsaak van die afval van die geeste bestaan in ‘n

vrywillig afskei van My omdat hulle nie by magte was om My te aanskou

nie. En so het Ek vir hulle weer die moontlikheid geskep om hulle weer

vrywillig met My te verbind, deurdat Ek My vir hulle sigbaar maak in Jesus

Christus. Dus nooit mag julle “Jesus Christus" en “Myself” skei nie, want Hy

en Ek is dieselfde en wie Hom aanroep, die roep ook Myself aan, wie Hom

sien die sien Myself; Ek Wie is en was van ewigheid en ook sal wees tot in

alle ewigheid. Amen

Wêreldse vreugde?

7819 7 Februarie 1961

‘n Geringe mate van eieliefde is vir julle deur My toegestaan en daarom sal

julle ook die vreugde van die lewe mag geniet, vir sover dit nie die heil van

julle siele benadeel nie. En om dit in te sien, vereis slegs ‘n wil wat na My

toe gewend is, wat slegs die vaste voorneme om volgens My Wil te lewe,

vereis en om julle geestelike doel te bereik wat julle vir julle lewe op aarde

gestel het.

Word julle deur die wil beheer wat julle weer na My wil terugkeer, dat julle

nie in stryd sou wil handel met My Wil nie, dan bevind julle, julleself ook op

die weg wat weer na My terug lei, dan het julle al in 'n sekere mate julle

wilsproef afgelê, julle het julle innerlik vir My uitgespreek en julle sal dan

ook julle doel bereik, omdat Ek julle op elke manier ondersteun.

En dan sal ook die klein aardse vreugdes wat julle soms vir julleself berei,

julle geen nadeel berokken nie. Want dan weet julle om die presiese maat

te behou, omdat julle die stem van die gewete gehoorsaam, wat julle teen

elke oordrywing waarsku. Julle sal met ‘n geruste hart bly kan wees met

hulle wat vrolik is, julle sal julle kan verheug in julle bestaan, wanneer julle

maar steeds aan julle naaste dink, dat hy nie droewig is terwyl julle vrolik

is nie, want dan is hy in nood en dan sal julle hom moet help.

Daarom het Ek julle die gebod gegee om julle naaste te bemin net soos

julleself. En neem julle ook die gebod in ag, dan het julle ook die reg om

julleself klein vreugdes te berei en elkeen sal ook weet, welke vreugde hom

387

toegestaan is, wanneer sy strewe geestelik gerig is, wanneer hy My nie uit

sy gedagtes skuif nie, wanneer hy die heil van sy siel bo alles stel, want

dan kan hy homself alleen verbly oor sake wat geen gevaar inhou vir Sy

siel nie. Dan sal hy ‘n fynbesnaarde gevoel hê of en wanneer hy in stryd

handel met My Wil, omdat hy nie wil dat hy homself besondig nie, net soos

hy andersyds vanuit homself ‘n afkeer sal hê van wêreldse vreugde wat sy

siel skade toebring.

Bemin julle naaste soos julleself. In die gebod lê dus ook ‘n sekere

geregverdigheid tot ‘n mate van eieliefde en steeds sal julle daarop moet

let dat julle hierdie maat nie oorskry nie. Want dit lê julle ook verpligtinge

op teenoor julle naaste, wat julle dan dieselfde mate aan liefde ten deel

moet laat val. Sou julle dus nie die geringste eieliefde meer hê nie, dan sou

ook die verpligting teenoor julle naaste slegs gering wees. Geseënd is hy

wat die eieliefde ten gunste van die naaste verminder. Want hy vervul

waarlik My gebod tot My vreugde. Maar die klein vreugdes wat julle,

julleself so nou en dan berei, mag nooit vir julle naaste ‘n weerhouding van

julle liefde wees nie en julle sal ook te alle tye bereid moet wees om dit op

te gee, wanneer julle daardeur hulp vir die naaste kan bied.

En julle sal ook steeds insien wat reg en wat verkeerd is, solank julle vanuit

‘n suiwer hart die verbintenis met My sal wil bewaar, julle sal nie teen My

Wil in handel nie en julle sal ook teen versoekinge van allerlei aard

beskerm wees, solank julle probeer om slegs My Wil te vervul. Want julle

verweer julle dan innerlik teen al dergelike versoekinge en ontvang ook van

My die krag om weerstand te bied. Want Ek handel soos ‘n ware vader

teenoor julle wat My kinders wil wees en bly en ‘n vader beskerm Sy kind

teen elke gevaar. Amen

Wat vereis word vir die "uitstorting van die gees"

7822 10 Februarie 1961

Die uitstorting van die Gees verg bepaalde voorwaardes wat vervul moet

word, want My Gees kan homself slegs uitstort in ‘n geopende houer/hart,

wat so voorberei is dat My Gees daarin kan stroom. En hierdie toebereiding

vra weer ‘n siele-arbeid wat die mens aan homself moet voltrek het, of

ook: Die mens moet vir Myself ‘n woonplek voorberei hê, omdat My

teenwoordigheid onvoorwaardelik nodig is om My te kan uiter deur My

Gees.

Die Geesvonk sluimer wel in elke mens, maar hy moet tot lewe gewek

word, die verbinding met die Geestesgees van ewigheid moet tot stand

gebring word sodat hy homself dan ook kan uiter. En die verbinding word

tot stand gebring, die Geesvonk word tot lewe gewek, as die mens in die

liefde leef, as hy deur werke van liefde My na homself trek, wat die liefde

Self is.

388

Die mens moet sy siel deur die liefde reinig van alle omhulsels wat vir die

lig ondeurdringbaar is, dan bring hy homself in gereedheid. Hy maak

homself tot ‘n opnamehouer van die goddelike Gees. Hy vervul die

voorwaardes wat ‘n uitstorting van die Gees tot gevolg het. En hy moet glo

dat My Gees homself oor hom uitstort, dat die Vader Homself teenoor Sy

kind wil en kan uiter. En hy sal slegs glo as hy homself tot liefde gevorm

het, want eers as hy aan ‘n werksaamheid van My Gees in hom glo, sal hy

ook innerlik luister om te hoor wat hierdie Gees vir hom oorbring. Solank

die geloof ontbreek, sal hy nooit van ‘n gawe van die Gees kan praat nie.

Hy sal eenvoudig nie die sluimerende kragte in hom kan wek nie en dus sal

hy dit self ook nie kan uiter nie, hoewel dit in hom is.

Die liefde sal spoedig sy denke verlig, om welke rede ‘n liefdevolle mens

ook spoedig tot geloof kan kom as sy strewe geestelik gerig is, as hy sy bes

doen om volgens My Wil te lewe. Dog My Gees dring Homself nie op nie.

Nooit sal ‘n mens die stem van My Gees verneem wat nie bewustelik die

verbinding met My tot stand bring om My te hoor nie. Want die innerlike

luister is nodig, as hy van My wil verneem en onderrig vol van wysheid in

ontvangs wil neem, wat slegs deur die Gees uit My aan hom oorgebring kan

word.

Die geloof in die werksaamheid van My Gees het by die mense verlore

gegaan, sodat hulle heeltemal ongelowig staan teenoor ‘n baie natuurlike

gebeurtenis, dat die mense slegs aan My groot liefde sou moet bewys,

hoewel Ek Self hulle die belofte gee om by die mense te bly en hulle in alle

waarheid te lei.

Hulle begryp hierdie belofte nie, anders sou hulle daarin geglo het en aan

My woord, wat hul van bo af kry, of wat deur My bodes na hul gebring

word, ‘n groter betekenis toeken. My Gees het slegs ‘n opnamehouer nodig

wat voorberei is, sodat Hy Homself daarin kan uitstort. Maar dan laat Hy

ook merk om daar te wees, Hy spreek tot julle soos wat ‘n Vader tot Sy

kinders spreek en Hy sal julle altyd opheldering gee, as julle geestelik deur

Hom onderrig wil word.

Maar Hy kan Homself nie uiter waar liefde en geloof ontbreek nie, waar die

mens nog nie die arbeid aan sy siel verrig het nie, dat hy homself tot liefde

omvorm en reeds vry is van alle onreinhede en afvalstowwe van sy siel.

Want Ek kan slegs My intrek neem in ‘n rein hart wat met liefde vervul is en

My teenwoordigheid kan verdra. Waar hierdie voorwaardes egter aanwesig

is, daar vertoef Ek en laat ook My teenwoordigheid sien. Ek giet My Gees

uit oor alle vlees. Ek onderrig en troos, Ek lei die mense in die waarheid, Ek

bly by hulle tot aan die einde van die wêreld. Amen

389

Opheldering oor Jesus en Sy missie

7825 14 Februarie 1961

En deur die verlossingswerk van Jesus is die poort na die ewige lewe vir

julle geopen. Julle kon nooit deur hierdie poort ingaan nie, want die Ryk

van die Lig was ontoeganklik vir die wesens van die duisternis en julle sal

so lank in die duisternis bly, totdat die oersonde, wat julle in die ryk van die

duisternis gestort het, van julle afgeneem is.

Maar julle is ‘n deel van My en Ek laat julle vir ewig nie los nie. Dog eers

moet julle jul weer omvorm tot liefde en wanneer julle liefde in julle het, sal

julle ook nader aan Jesus kom, Wie julle Verlosser is en tegelykertyd ook

by My, Wie in Hom was, Wie in Jesus vir julle tot die sigbare God geword

het.

Solank die mens egter nie weet, dat hulle toenmalige afvalligheid van My

die rede is vir hulle menswees op aarde nie, solank hulle nie weet dat hulle

hulself op die terugweg vanuit die duisternis na My bevind en nou slegs van

die laaste hulp deur Jesus gebruik hoef te maak, om weer heeltemal met

My verenig te word nie, solank sal hulle ook nie die lewe as mens op aarde

bewustelik gebruik vir hulle wesenlike gang, die weg na liefde nie. En die

lewe op aarde kan dan ook tevergeefs gewees het.

En daarom sal die mens ook steeds weer kennis gegee word oor Jesus, die

Goddelike Verlosser, want vir Hom moes hulle gevind het tydens hulle lewe

op aarde, omdat hulle andersins nie die ryk van die lig en die saligheid kan

ingaan wanneer die aardse lewe vir hulle verby is nie, die mens kan ook

nog in die hiernamaals tot Hom kom, as die siel gewillig is en Hom smeek

om erbarming. Maar daar anderkant neem die siel baie moeiliker ‘n leer

aan, wanneer hy dit hier op aarde afgewys het. Ek wil egter dat julle My

Ryk na julle liggaamlike dood ingaan en daartoe wys Ek julle steeds weer

die weg, wat julle moet gaan: Die weg na die kruis.

Slegs deur Golgota sal julle die ewige lewe bereik, slegs deur Jesus en die

verlossingswerk te erken, deur opreg om vergewing van julle skulde te bid,

word vir julle die weg na die Ligryk geopen, na My Ryk, waar Ek Self as

julle Heiland en Verlosser op julle wag, waar julle My van aangesig tot

aangesig kan aanskou.

En as daar vir julle duidelikheid gegee word oor Jesus, die Seun van God en

Verlosser van die wêreld, sluit julle harte dan nie daarvoor af nie, maar

neem dit aan wat Ek julleself wil laat toekom oor Hom, in Wie se liggaam

Ek destyds op aarde was, om vir julle die brug te slaan vanuit die ryk van

die duisternis na die ryk van lig.

Verlang met julle hele hart daarna om die suiwer waarheid oor Hom en die

verlossingswerk te hoor en voorwaar, Ek sal dit vir julle laat toekom, sodat

julle jul tot Hom kan wend en so ook die terugweg inslaan na My, wat julle

in Jesus erken as julle God en Vader van Ewigheid, wanneer julle korrek

onderrig word oor Sy missie op aarde.

390

Sonder Jesus is daar geen heil nie, sonder Hom is daar geen verlossing nie,

sonder Hom is daar geen lig en geen saligheid nie. Ek wil egter dat julle

salig word en daarom sal Ek julle ook steeds weer op Hom wys, Ek sal

julleself die waarheid laat toekom, Ek sal julle die kennis bybring oor julle

sondige toestand en oor die enigste weg, wat julle daaruit kan bevry. sodat

julle in Hom en sy missie kan glo, sodat julle Hom sal liefhê terwille van Sy

groot werk van barmhartigheid en nou ook hierdie liefde oordra aan My,

Wie in Hom was en julle mense verlos het van sonde en dood. Amen

God is ‘n Gees, Wie hom in Jesus manifesteer

7828 17 Februarie 1961

Julle mag julle, julle God en Skepper nie as ‘n eng begrensde Wese voorstel

nie, julle mag Hom nie in ‘n vorm probeer bring nie, want dan sal julle

voorstelling altyd verkeerd wees, omdat iets begrens nooit met My Wese

ooreenstem nie, wat hoogs volmaak is, dus onbegrens is. Want Ek is ‘n

Gees wat alles vul en alles deurstraal.

Ewig sal Ek ook vir My skepsele in My Wese ondeurgrondelik wees, want

ofskoon ook My skepsele in hoogste volmaaktheid buite My geplaas is, is

hulle tog alleen maar vonke van liefde, uitgestraal uit die vuur van My

ewige Liefde en as afsonderlike wesens buite My geplaas, wat egter nie by

magte was om die Lig en Kragbron van ewigheid te aanskou nie, as Ek My

aan hulle sou vertoon in die volheid van My Vuurgloed, sou hulle vergaan

by die aanblik van die Lig wat hulle bestraal.

Maar julle hoef julle ook geen ander beeld van My te maak as dit van die

Goddelike Verlosser Jesus Christus nie. In Hom het Ek vir julle ‘n sigbare

God geword, in Hom het Ek die ewige oneindige Gees gemanifesteer, in

Hom sien julle My en sal My kan sien van aangesig tot Aangesig.

Ek gee My dus Self ‘n Vorm terwille van julle wat Ek vanuit My Liefde en My

Krag as My skepsele buite My geplaas het. Die ewige Gees, wat die hele

oneindigheid vul, deurstraal hierdie Vorm en word vir julle tot ‘n sigbare

God. En tog heers en werk Ek in die hele oneindigheid en so kan Ek ook nie

beperk wees nie, Ek kan alleen vir julle wat self nog beperk is, wat die

hoogste voltooiing nog nie bereik het nie, tot ‘n voorstelbare begrip wees,

want Ek moet julle in ag neem volgens julle toestand, wat steeds nog ver

van die voleinding verwyder is.

Maar ook vir die geestelike wat hulle bevind in die hoogste graad van

voltooiing, is en bly Ek ondeurgrondelik in My Wese, wat egter aanleiding is

tot verhoogde geluksaligheid, omdat My kinders My voortdurend probeer

bereik, voortdurend deur My verbly word deur die vervulling van hul

verlange en tog ewig My nie kan bereik nie en daarom My mag sien van

aangesig tot Aangesig in Jesus Christus. Ook dit bly vir julle ‘n misterie en

eers in die staat van lig begin julle te begryp en sal tog ewig My Wese nie

kan deurgrond nie.

391

Eindeloos ver lyk Ek van julle af en tog so naby as wat ‘n Vader by Sy kind

kan kom. Die besef stem julle gelukkig en julle liefde vir My neem steeds

toe en is ook die rede tot geluksaligheid, omdat julle steeds vervulling vind.

En steeds vuriger sal die liefde tot Jesus Christus ontbrand in Wie julle, julle

Vader van ewigheid sien en in Wie Ek julle hemelse vreugde berei sonder

mate. Want in Hom kan Ek nou naby My kinders wees, ofskoon Ek nie aan

die vorm gebonde is nie en Ek die hele oneindigheid vul met My Lig en My

Krag, met My Wese, wat ondeurgrondelik is en bly. Maar julle My skepsels

moet My in Jesus soek en vind, want Hom het Ek vir My uitgekies as Vorm,

wat My opgeneem het en hierdie eers menslike vorm word geheel

vergeestelik en bly tog sigbaar vir elke wese wat die staat van

volwassenheid om geestelik te kan sien, bereik het.

My Gees van ewigheid sien julle dus as julle Jesus sien, want Hy en Ek is

een, julle sien die Vader as julle Hom sien, omdat Ek vir julle My geskape

wesens, sigbaar wil wees om julle algehele liefde te verwerf. In My

eindelose volheid van Krag en Lig sal julle My egter nooit kan sien sonder

om te vergaan nie. Ek wil egter met My kinders skep en werk en My dus

ook aan hulle toon om hul geluksaligheid te vergroot. En Ek wil self hul

liefde voel en daarom voortdurend in die nabyheid van My kinders wees.

Amen

Die "werksaamheid van die gees"en die aktiwiteite

van die geestewêreld

7829 18 Februarie 1961

Julle word met die waarheid vertroud gemaak, kan julle die betekenis

daarvan besef? Dat julle hiervan verseker is om volledig in die waarheid

vas te staan, omdat Ek julleself onderrig? En as mense teen julle praat en

sê dat julle nie seker daarvan is dat dit Ek is wat tot julle spreek nie, laat

julle dan nie in die war bring nie, want dan sou julle andersins alles kan

verwerp, ook die boek van die boeke (die Bybel) wat My duidelike

aanwysings bevat oor die "werksaamheid van My Gees".

Die mense is egter al so ver van My verwyderd, dat hulle van ‘n,

werksaamheid van My Gees in die mens, niks meer weet nie. Hulle soek

weliswaar sporadies ook die verbinding met die geesteryk, maar is totaal

onwetend dat hulle hulself daardeur in gevaar begewe om mededelinge in

ontvangs te neem wat nie ooreenkom met die waarheid nie, omdat hulle te

min weet oor "die aktiwiteite van die Geeste", wat nog nie die ligryk

binnegegaan het nie.

Hulle bring verbindinge tot stand met geestelike gebiede, met die

Geesteswêreld, wat ook wel kontak soek met die mense, dog maar net om

hulself te kan uiter, om hulle verkeerde, verwarde denke op die mense te

kan oordra soos wat hulle dit op die aarde gedoen het, want solank hulle

392

nie in die ligwêreld vertoef nie, dink hulle nie reg nie. Hulle is nog

verduister van Gees en kan slegs valse idees aan die mens oordra.

En die mense heg te veel waarde aan sulke mededelinge uit die

Geesteswêreld. Maar die ware verbintenis met My, wat aan hulle die

toestroming van die waarheid waarborg, soek hulle nie. "My Gees" sal julle

in die waarheid lei. Ek Self wil julle onderrig en ofskoon Ek tot julle deur

ligbodes spreek; is dit tog dieselfde, want van My gaan die waarheid uit en

word vir julle deur My ligbodes gebring wat nooit anders kan en sal spreek

as wat dit My Wil is nie, omdat hulle die geestelike leringe van My aanneem

wat hulle aan julle deurgee.

Ek Self onderrig julle deur die Gees. Begryp dit mense, dat God Self tot

julle spreek en laat dit nie as onmoontlik afmaak nie. Want julle staan in

regstreekse verbinding met My omdat julle My skepsele, My kinders is en

ewig by My hoort. En die Vader sal steeds tot Sy kinders spreek as hulle dit

wil en die voorwaardes vervul wat Ek daaraan verbind het, dat die kind die

stem van die Vader verneem. Julle moet glo dat Ek tot julle spreek, julle

opnamehouer(hart) gereedmaak vir die instroming van My Gees en dan

innerlik luister. Om te kan glo, moet julle in liefde lewe en daardeur berei

julle, julleself tot woning vir My, Ek kan dan by julle aanwesig wees en as

julle opmerksaam luister, sal julle My verneem. En wat Ek julle sê is die

waarheid, want die Ewige Waarheid Self spreek tot julle. Hy onderrig julle

en julle sal alles verneem wat nodig is vir die heil van julle siele.

Het julle egter die stemme uit die Geesteswêreld daarvoor nodig? Laat julle

ernstig waarsku, om mededelinge as waar aan te neem wat nie deur die

"werksaamheid van My Gees" tot julle gekom het nie. Hou julle ver van

hulle wat voorgee dat hulle in verbinding staan met die Geesteswêreld.

Hulle is ‘n gevaar vir julle want hulle verwar julle gedagtes en hou julle weg

van die suiwer waarheid. Mense wie se siele al volwasse is, kan soms wel ‘n

blik in hierdie geestelike gebiede werp en hulle invloed op die siele van die

duisternis uitoefen; maar nooit sal mense op aarde iets wen deur kontak te

soek met die anderkant, waar geen lig is nie. En daarom moet hulle so 'n

omgang met die Geesteswêreld vermy, want ook hierdie omgang is ‘n

middel van die teenstander in die eindtyd om die gedagtes van die mense

in verwarring te bring, sodat die mense ook geen begrip vir die

"werksaamheid van My Gees" kan kry en afwysend teenoor die waarheid

staan of minder aandag daaraan skenk as aan ander mededelings en dus ‘n

barmhartigheidsgawe van die hoogste waarde laat verbygaan.

Die waarheid gaan van My uit en julle mense sal dit ontvang as julle hierdie

waarheid begeer. Neem julle egter genoegdoening met mededelinge wat

nie hulle oorsprong uit My het nie en skenk julle aandag aan sulke

mededelinge, dan begeer julle nie die waarheid nie en dit sal ook nooit in

julle besit kom nie. Waar My Gees egter werk, daar is die waarheid. Want

Ek kan slegs werk waar die voorwaardes aanwesig is, dan hou Ek alle

dwaling op ‘n afstand, want die mag staan My waarlik ter beskikking.

393

Ek wil dat die waarheid na die aarde gebring word en Ek het die mag om

My Wil uit te voer, want julle mense dwaal rond in dwaling en is daarom in

groot gevaar. Julle mense, kan maar net deur die waarheid salig word en

moet dit ernstig van My afsmeek. Dan kan julle ook seker wees daarvan

dat julle dit sal ontvang, dat Ek julleself sal leer soos wat Ek dit beloof het.

Amen

Oor die beliggaming van die ligwesens

7831 20 Februarie 1961

Julle moet My altyd Self vra vir die suiwer waarheid, dan sal julle nie op

dwaalweë voortgaan nie. En daarom wys Ek weer op die werke van My

Gees in julle sodat julle nie die gevaar loop om opvattinge as waarheid aan

te neem, wat Myself nie as oorsprong het nie. Ek maak julle ook altyd weer

opmerksaam op die aktiwiteite van Satan in die laaste tyd voor die einde,

wat stryd voer teen die waarheid met alle middele, wat die mense met lis

en bedrog probeer vang wat nie nou genoeg met My verbind is nie en

hulself reeds deur dwaallere laat verstrik het en nie bereid is om daarvan

los te kom nie. Maar Ek sal elke mens die waarheid laat toekom, wat

hierdie waarheid ook ernstig begeer. As in hierdie laaste tyd vóór die einde

van "beliggaming van ligwesens" gepraat word, dan is daar ook ‘n

geestelike missie daaraan verbonde. Want die geestelike nood op aarde is

so groot, dat hierdie ligwesens hulself bereid verklaar het om hulp vir die

mense te bring. En van hierdie geestelike, vol van lig, is waarlik baie op

aarde beliggaam; en hulle gaan hulle weg, sonder om herken te word, deur

hulle medemens en vervul die taak om geestelike waarhede aan die mense

oor te dra, of om aan hulle ‘n lewe in liefde voor te lewe om tot seën van

die medemens werksaam te wees, dus om hulle te help om op die ware

weg te kom wat na My lei.

Maar meestal bestaan hul taak daarin, om vir My in My wingerd te werk en

sodoende vir hul medemens ware verteenwoordigers van God te wees.

Leermeesters wat Ek vir My diens Self onderrig en wat dus in My plek

spreek en My ware dienare is. Hulle het hulself in die geesteryk self

aangebied vir hierdie verlossingsarbeid en is ook deur My aangeneem,

waarvoor ‘n beliggaming in die vlees op hierdie aarde nodig was. Maar hulle

ken nie hulle afkoms nie en hulle ken nie die opdrag wat hulle vrywillig op

hulself geneem het nie, maar hulle lei, net soos elke mens, ‘n lewe op

aarde. Slegs hulle vrye wil beweeg hulle tot hulle lewenswandel en tot hulle

arbeid in die wingerd.

Hulle ken ook nie hulle verlede nie. En dit moet so wees, omdat slegs die

algehele vrye wil die dryfkrag moet wees, ongeag welke geestelike missie

so 'n mens vervul. Dit sou vir julle waarlik nie tot seën wees om op hoogte

te wees van so 'n menslike beliggaming nie, want julle denke sou verward

word deur My teenstander wat die swakhede van die mens ken. Hy kan

394

maklik ‘n opening vind om binne te sluip waar hy maar ‘n vonkie hoogmoed

ontdek. Van My af word so 'n beliggaamde ligwese dus geen kennis gegee

oor sy afkoms nie.Tog is daar mense wat dit wil weet en hul vra nie na die

oorsprong van sulke kennis nie. Maar nooit sal My Gees sulke kennis aan

hulle openbaar nie, veel eerder sal daar onvolwasse geeste aan die werk

wees om dwaling te versprei. Hulle stel mense as beliggaamde ligwesens

voor, ofskoon daar in werklikheid geen geestelike taak te sien is nie, anders

sou hulle opdrag nie op leuens en verkeerde veronderstellings gebaseer

gewees het nie.

Die ligwesens werk in die verborgenheid, of hulle tree deur hulle

werksaamhede so duidelik op die voorgrond dat daar ook duidelik ‘n missie

in My opdrag te herken is. Maar hulle sal alles wat nie volgens die waarheid

is nie, afwys en sal ook valse mededelinge uit die geesteryk as leuens en

bedrog herken en veroordeel. Want hulle lewe in die waarheid en stry vir

die waarheid, egter nie vir valse leerstellinge wat van hom uitgaan wat My

teenstander is nie. Ek kan julle mense, altyd maar net waarsku teen sy

aktiwiteite in die laaste tyd vóór die einde, want hy sal nog alles doen wat

moontlik is om My suiwer waarheid te ondermyn. En hy sal steeds

weerklank vind by hulle wat die ongewone soek en hulself nie tevrede stel

met die suiwer waarheid, wat Ek hulle laat toekom nie. Ek sal julle egter

steeds weer opheldering verskaf sodra julle dit ernstig begeer. Amen

‘n Blinde geloof is waardeloos

7834 23 Februarie 1961

Die mens moet glo, maar hy moet nie blindelings glo nie. Hy moet van alles

wat van hom gevra word om te glo, deur sy gedagtes ‘n standpunt inneem

en dan sy hart laat kies of hy dit aanneem of afwys. Dit verlang Ek van die

mense, maar Ek neem geen genoë met ‘n blinde geloof nie, wat beteken

dat die wil gedwing word om die aansprake te aanvaar, terwyl van My kant

die wil van die mens vry is.

Aan die wilsvryheid van die mens moet julle steeds dink en julle sal dan

ook insien of ‘n leer van My uitgegaan het, want van My af het julle mense

die volste vryheid, van My kant word julle heeltemal geen gebooie gegee

behalwe die gebooie van die liefde nie, waarvan die vervulling egter ook die

vrye wil vereis.

Ek wil julle alleen in die saligheid in lei en daarom laat Ek julle steeds weer

My woord toekom. Ek onderrig julle en maak julle vertroud met geestelik

goed en weer staan dit julle vry om te glo of nie. Julle moet egter self ‘n

standpunt daaroor inneem, julle moet daaroor nadink en ‘n goeie wil hê om

die ware te erken en aan te neem.

Ek verlang ook nie dat julle blindelings glo wat julle nou deur My woord

toegestuur word nie. Maar, Ek verlang dat julle dit ondersoek voordat julle

oordeel. En na ‘n ernstig ondersoek sal julle dit wat julle aangebied word

395

ook as waarheid erken en dan glo julle nie meer blindelings nie. Ek kan

egter baie mense nie vryspreek van die fout, om ‘n leerstelling aan te neem

sonder ondersoek nie en daaraan vas te hou, wat hulle by ernstige nadenk

as onwaar sou moet insien.

Baie mense neem met genoë aan wat hul deur tradisie oorgelewer word en

om daaroor na te dink sien hulle as verkeerd, omdat hulle so geleer word.

Maar hoe wil hierdie mense hulself daarvoor eens verantwoord? Alle mense

het van My die gawe om te kan dink ontvang, maar gebruik hulle dit?

Waarom ondersoek hulle aardse goed op hul waarde en laat dit by

geestelike goed agterweë? Waarom beteken vir die individuele mens die

heil van sy siel so weinig, sodat hy homself nie onrustig afvra of hy hom

daarop kan verlaat wat hom as waarheid aangebied word? Waarom is hy so

onverskillig teenoor die waarheid?

Want waarlik, wie die waarheid begeer, die sal nie in die duisternis wandel

nie. Maar hierdie toestand van onverskilligheid is oral te vind waar sonder

nadenke en sonder ondersoek alle leerstellings aangeneem word, omdat dit

van ‘n bepaalde bron uitgaan, wat nie deur My ontsluit is nie, anders sou

die mense in die waarheid wandel en die dwaling ook duidelik insien, sodra

hy sy standpunt daar teenoor bepaal.

Julle neem sonder nadenke alles aan en glo blindelings en julle versterk

daardeur die mag van My teenstander, wat julle in die duisternis wil intrek

of julle daarin wil hou. Julle het julle oorgegee aan ‘n organisasie maar nie

aan My nie Wie julle waarlik na die “lig” wil lei. Maar julle wil is vry en

daarom het Ek ook nooit met geweld te werk gegaan nie maar het die

beslissing aan julleself oorgelaat. Soek julle My egter in alle erns, dan laat

Ek My ook vind en ontsteek julle dan ‘n helder lig wat julle die aktiwiteite

van My teenstander belig.

En alle mense kan in die lig staan, elkeen wat die lig begeer. Daartoe

behoort egter die ernstige wil om vry te kom van My teenstander, maar dit

vereis ‘n hegte verbintenis met My. En so moet julle, julleself afvra of julle

blinde geloof soos voorgeskryf, julle nader aan My bring.

Niemand wat hierdie noue verbintenis met My soek gaan met leë hande

weg nie. Want Ek openbaar Myself aan alle mens en skenk hul ‘n lig wat hul

die weg verlig. Want soek hy My, dan is in hom ook die liefde wat hom

spoedig ook ware insig skenk.

En dan sal hy ook dwaling van waarheid kan onderskei en hy sal nie meer

blindelings glo nie. Die verbintenis met My sal hom bevry van My

teenstander en dit sal vir hom dan nie meer moontlik wees om hom in die

duisternis te hou wat nou deur die lig verlig word, wat hom gelukkig maak

en sy verlange na lig nog groter maak. En die mense sal hulle ook vry

maak van die invloed van hulle, wat hulle uitgee as My “ware

verteenwoordigers” op aarde, wat egter self nie in die waarheid wandel nie

en dit daarom ook nie kan uitdeel nie en geestelike dwang uitoefen op hul

aanhangers, wat egter nooit volgens My wil is nie. Want in die aardse lewe

396

gaan dit om die vrye keuse van die wil van die mens, wat egter deur hulle

aan bande gelê word. Amen

Die vrye wil

7837 28 Februarie 1961

Slegs julle wil is deurslaggewend of julle die volmaaktheid op hierdie aarde

gaan bereik. Dit gaan in die aardse lewe oor die vrye wilsbeslissing, nie met

betrekking tot aardse vrae of julle houding tot aardse planne nie, maar dit

gaan slegs om julle siele wat korrek moet beslis welke meester hy bo

homself verkies.

En tot hierdie beslissing mag die mens deur geen enkele kant gedwing

word nie, want nooit kan ‘n vrye wil ontken word nie, ofskoon dit steeds

van die kant van die mense gepoog word. Slegs die innerlike denke van die

mens is deurslaggewend en dit staan onder geen dwang nie. Daarom kan

steeds maar net op die mens ingewerk word deur denkbeelde, gesprekke

en gebeurtenisse van menigvuldige aard wat nou sy wil moet beïnvloed en

dit word probeer vanuit die Goddelike asook die godsvyandige kant, maar

steeds beslis die mens self aan welke invloed hy wil toegee, want die wil

van die mens is vry.

En daarom moet hy hom ook self verantwoord welke rigting hy sy wil laat

gaan, want ten behoewe van hierdie wilsbeproewing het die mens sy

bestaan op aarde gekry, omdat die siel eenmaal die gevolge van sy

wilsbeslissing moet dra.

Die mens kan in alle lewensomstandighede sy wil na God toe wend, maar

hy kan homself netso aan die teenstander van God onderwerp. Nooit kan

hy egter sy medemens, ‘n wêreldlike mag, God self, of Sy teenstander

verantwoordelik hou vir sy wilsbeslissing nie. Dit is die saak van sy algehele

vrye wil, welke rigting sy gedagtes gaan en of hy homself tot God of tot Sy

teenstander wend.

Maar steeds is sy lot so deur God opgelê dat hy God maklik kan vind, as hy

Hom maar geen innerlike weerstand bied nie, wat dus deur sy vrye wil

bepaal word. Die mense is egter geneig om ‘n vrye wil te betwis, omdat

hulle nie altyd kan realiseer wat hulle wil nie, maar dit gaan nie oor wat

hulle doen nie, maar oor wat hulle wil. Want tot die doen kan hulle deur die

inwerking van geestelike kragte gehinder word, maar nooit egter tot die wil

self nie.

En daarom moet die mens teenoor homself kritiek uitoefen vir welke rigting

sy wil homself uitspreek, want hy weet dat dit in die aardse lewe van hom

gevra sal word om homself tot God te keer. Want God laat hom altyd weer

sulke aanwysinge toekom, sodat hy nie heeltemal sonder kennis deur die

aardse lewe gaan nie. Omdat hy egter ook deur die teenstander van God

beïnvloed word, sal dit nie uitbly dat hy moet nadink nie en hy sodoende al

tot ‘n beslissing gedwing word.

397

Dit is dus die stryd tussen lig en duisternis wat die mens self sal moet

beslis, wat ewenwel sonder die vrye wil van die mens nie denkbaar sou

gewees het nie. Want anders sou die stryd slegs tussen die positiewe en die

negatiewe kragte gevoer word, waaruit dan ‘n krag as oorwinnaar

tevoorskyn sou kom. Maar so is die stryd tussen "lig en duisternis”, nie te

verstaan nie, want dit gaan oor die siel van die mens en hy beslis oor

homself in vrye wil.

Daarom is die aardse lewe vir die mens ‘n ononderbroke aaneenskakeling

van gebeurtenisse, van ervaringe en indrukke wat hom tot nadenke

aanspoor en hom ook in die goeie rigting kan laat dink.

Maar omdat ook aan God se teenstander die reg gegee is om vir die siel te

veg, word sy gedagtes ook negatief beïnvloed en moet hy ‘n beslissing

neem. En die sterkte van weerstand teen God is beslissend vir die lot van

die siel na sy liggaamlike dood, ‘n lot wat buitengewoon salig, maar ook ‘n

buitengewone kwelling kan wees.

Maar hoe sy wil homself ook al rig, die liefde van God gee nooit ‘n siel op

nie. En bereik hy sy bestemming nie in die aardse lewe nie, dan vertraag

hy wel sy verlossing ‘n eindelose lang tyd, maar eenmaal sal sy wil reg

beslis. Want die liefde van God is ‘n krag waarteen die siel homself nie vir

ewig kan verset nie. Amen

Die siele in die hiernamaals moet gewys word op

Jesus Christus

7839 22 Maart 1961

Wie My in die ryk hierna bely die is ook vir alle ewigheid gered. Want as die

siele wat nog in duisternis of in die skemering bly hulle nie meer verset

teen My naam nie, as hul deur ligboodskappers van My en My verlossings

werk vertel word, wyk ook die duisternis van hulle. Die krag van My naam

sal op hulle inwerk en hulle tot My dryf. Hulle sal My gaan soek en Ek sal

My ook laat vind.

Maar die wil van die siele is en bly vry. En daarom kan daar ook ‘n lang tyd

verby gaan voordat hulle My aanneem, voordat die krag van die voorspraak

deur mense werksaam word, of die ligboodskappers wat hulle vergesèl

sonder om herken te word sukses het en hul My evangelie kan bring.

Maar die inspanning vir hierdie siele word nie op gegee nie en dit is daarom

tot groot seën as siele opsetlik geroep word, waar geestelike gesprekke

plaasvind. Waar van die verlossings werk melding gemaak word, omdat ook

hierdie siele steeds weer op Jesus Christus gewys word, sodat hulle

vrywillig die weg neem tot My en My om vergewing van hul skuld smeek.

Want solank hulle nog onsalig is, is ook hulle skuld nog nie vergewe nie. En

hul onsaligheid kan hulle aanspoor om ‘n verbetering in hul toestand na te

strewe en na te dink oor hulself, oor hul lewe op die aarde en hul

verhouding tot My hulle God en Skepper van ewigheid.

398

Hulle weerstand word al verminder as hulle liefdevolle voorspraak van die

kant van die mense ondervind, as daar met liefde aan hulle gedink word en

hulle die wil om te help bespeur. Dan word hul weerstand teen die hulp wat

hul in die hiernamaals steeds weer gebied word ook minder en die opgee

van hulle weerstand is reeds die begin van hulle opwaarts gaan. Want met

elke opwelling van so'n siel word rekening gehou en word hy ‘n klein lig

geskenk, wat hom verbly en sy verlange daarna vergroot.

Die siele moet in die hiernamaals die weg na My vind, as hulle My op aarde

nog nie gevind het nie. En julle mense kan baie daartoe bydra as julle meer

dink aan die siele wat in nood is. As julle elke siel wat in julle gedagtes

binne kom steeds weer daarop wys om hom aan My toe te vertrou, aan die

Godelike Verlosser Jesus Christus, Wat alleen hom tot saligheid kan bring.

Julle liefdevolle gedagtes wat vir hierdie siele bestem is, dien as ligvonk wat

vreugde in hulle opwek en waar hulle altyd ag op slaan en waar hulle op

afstuur. Op aarde bly hulle so ver as moontlik weg van alle geestelike

onderrig, hulle leef slegs hul aardse lewe en hulle gaan heeltemal sonder

geestelike goed die ryk hierna in na hul dood. Nou moet hulle in vrye wil

eers geestelike goed kry, hulle mag geen weerstand bied as hulle in liefde

die evangelie uiteengesit word nie. En hulle moet dit ook in liefde deurgee

aan hulle naastes, wat daar net soos hulle aan toe is en wat hul toestand

wil verbeter.

As julle mense julle oor hierdie siele ontferm is hulle nie verlore nie. Julle

gedagtes sal hulle altyd tot julle trek en hulle sal deur julle in ontvangs kan

neem dit wat hulle tot nog toe afgewys het, maar nou as ‘n weldaad ervaar

omdat julle liefde dit hul laat toekom. Want die liefde is ‘n krag wat nie

sonder uitwerking bly nie.

Dink dikwels aan hierdie siele wat nog in die duisternis smag, wat die weg

na My in Jesus nog nie gevind het nie. Toon hul die weg en maak hulle

vertroud met die evangelie en julle sal ‘n seënryke verlossingswerk verrig

wat baie belangrik is. In die besonder in die eindtyd, omdat dan nog baie

siele hulle moet bevry uit die diepte, sodat hulle nie aan ‘n hernude

kluistering ten offer val, wanneer die einde gekom het. Amen

Slegs liefde sal die terugkeer volbring

7847 10 Maart 1961

Ek wil julle na saligheid lei. Gevolglik sal Ek ook alles doen wat julle in ‘n

staat van volwassenheid sal bring waar julleself die wil sal hê om geseënd

te wees. Die liefde waarborg hierdie staat van volwassenheid, liefde

waarborg geluk, omdat die liefde eenheid met My beteken en Ek julle dan

ook die vreugde kan gee wat deur My uitstraling van liefde veroorsaak

word. Daarom moedig Ek julle telkens deur My Woord aan om goeie werke

te doen en reël Ek julle aards lot so dat julle baie geleendheid kry om in

liefde te dien. Ek probeer om die vonk van liefde in julle aan te steek wat

399

versprei en alles met sy gloed vasvang. Julle kan slegs geseënd word deur

liefde omdat dit julle oer staat was, omdat julle eens uit My liefde voort

gekom het en omdat julleself liefde was in julle oer substansie. En julle was

gelukkig in julle oer staat aangesien julle dig met My verbind was en so

konstant My uitstraling van liefde ontvang het wat slegs salig kon wees.

Die feit dat julle, julle aard na die teenoorgestelde van julleself verander

het, dat julle My uitstraling van liefde verwerp het, dat julle na die een

gedraai het wat sonder enige liefde was, het julle ook ellendig gemaak.

Maar julle is My lewende skeppings en My oneindige liefde sal nie toelaat

dat julle vir ewig ellendig bly nie, want liefde wil geluk gee, liefde wil geluk

ken en gelukkig maak en My liefde sal nooit eindig nie. Dus solank julle

ellendig is omdat julle aard nog onvolmaak is, aangesien dit nie terug na

liefde verander het nie, sal Ek julle met My liefde volg en julle nooit aan

julleself oorlaat nie en gevolglik kan julle nie vir ewig verlore gaan nie.

Maar julle kan die tyd van julle ellende self verleng, julle kan ‘n oneindig

lang tyd laat verby gaan sonder om ‘n poging aan te wend om julle aard te

verander en julle gee bewys hiervan deur julle aardse lewe, of julle moet

van die kort aardse lewe gebruik maak om julle staat van geluksaligheid te

herwin.

En daarom moet Ek dikwels ru tussenbeide kom, Ek moet enorme aardse

ontberings aan huis bring vir julle wat julle kan aanspoor om julle

medemens liefdevol by te staan en Ek moet julle soortgelyke ontberings

self laat ervaar sodat julleself kan voel hoe gerusstellend die vriendelike

dade van ‘n andere persoon julle kan beïnvloed en daardeur julle motiveer

om soortgelyke dade van liefde te doen. Want slegs liefde kan ‘n

verandering van julle aard volbring, slegs liefde sal julle weer in julle oer

staat bring waar julle gelukkig was. Maar My liefde neem al julle swakheid

en foute in berekening, My liefde ken julle onvolmaaktheid, julle swakheid

van wil en julle vroeëre weerstand en tog word dit in elk geval aan julle

geopenbaar en sal dit julle telkens weer tydens julle aardse en geestelike

ontbering help om ook weer julle liefde te bereik. Want dan sal julle vir alle

ewigheid gered wees.

En as julle net julle oë open en om julle kyk tydens julle aards lewe sal julle

My oneindige liefde kan herken wat vir julle My lewewende skeppings

bedoel is. Want alles om julle is net geskep vir julle die skepping het

ontstaan terwille van julle terugkeer, julle ervaar julle bestaan as mens

terwille van julle terugkeer en terwille van julle terugkeer openbaar Ek My

elke dag deur gebeure en ervaringe van alle soorte. Want Ek wil julle nie in

ellende los nie, Ek wil dat julle My in julle aardse lewe as julle God en

Skepper herken, as julle Vader wat julle liefhet en aan wie julle weer sal

behoort soos aan die begin.

En waarlik, één dag sal julle weer geseënd wees, één dag sal julle vol liefde

na My hunker, één dag sal julle na My terugkeer as kinders in die huis van

hul Vader. En Ek sal altyd help sodat julle nie hierdie terugkeer sal uitstel

400

deur julle eie fout nie. Maar Ek sal julle altyd julle vrye wil toelaat wat deel

van julle hoogste geluksaligheid uitmaak aangesien dit die bewys van julle

goddelikheid is. En daarom moet julleself aktief word, julle moet volgens

My gebooie van liefde lewe, julle moet julleself verbeter en julle aard in

liefde vorm, julle moet teen eie liefde veg en julleself verdiep in

onselfsugtige naaste liefde. Want sonder liefde kan julle nie geseënd word

nie. Amen

Naasteliefde - Navolging van Jesus - Waarheid

7857 24 Maart 1961

Neem tog almal My lewenswandel tot voorbeeld en volg My na. Lei ‘n lewe

in liefde, beoefen geduld en wees sagmoedig teenoor die naaste, wees

vrede-liewend en barmhartig en streef steeds alleen maar daarna, om vir

julle die liefde van die medemens te verwerf, want dan spoor julle hom ook

aan, om julle tot voorbeeld te neem en ‘n lewe van liefde te lei na My Wil.

Alleen die liefde kan julle help om geluksalig te word en daarom moet julle,

julle wese verander. Julle sal die eieliefde moet oorwin, julle sal julle moet

wy aan die liefde tot die naaste, julle hele wil en denke moet deur die liefde

gedra word, julle sal nie met haat aan julle naaste mag dink nie, julle sal

hom geen skade mag toebring nie, julle sal julle nie as regter oor hom mag

aanstel nie, julle sal ook geduldig sy swakhede moet verdra en hom steeds

alleen maar liefdevol op die goeie weg help, dat ook hy homself ken en sy

bes doen om sy wese te verander. En My seën sal op al julle wil en handel

rus, julle sal nou in Waarheid My navolg, Wie vol Liefde was en steeds

bereid is om te help. Dus moet steeds die liefde julle lei wat julle ook al

onderneem, julle sal julle steeds moet afvra hoe Ek in julle plek sou handel.

En julle hart sal julle antwoord gee, dat julle steeds alleen die liefde

werksaam laat wees en aan geen onedele gedagtes meer plek bied in julle

hart nie. Maar julle moet ook steeds in die waarheid bly en ook die naaste

nie in dwaling laat lewe nie, julle moet hom help dat hy sy dwaling besef,

omdat hieruit geen seën voort kan kom nie. Waar julle dus dwaling insien,

sit dit in liefde aan julle naaste uiteen en laat dit aan hom oor of hy

daarmee na My kom en Myself vra om waarheid en opheldering.

Ek Self het julle beloof, dat Ek julle nie in dwaling laat as julle ernstig die

waarheid begeer nie en Ek sal ook steeds My belofte nakom en julle lig

skenk waar dit nog donker is in julle. Maar verwag die antwoord dan ook in

julle hart wanneer julle My vanuit julle hart vrae stel. Laat julle deur Myself

aanspreek en julle sal in julle ‘n duidelik antwoord hoor. Dit is My Wil dat

julleself die innige verbintenis met My aangaan, dat julleself na My toe

kom, sodat julle My aanspreking in julle verneem en julle nou ook self sien

hoe julle teenoor My staan. En daartoe sal Ek julle steeds geleentheid gee,

deurdat gedagtes julle besighou waarvan julle nie in staat is om dit rigting

te gee nie. En dan moet julle na My toe kom en My vra en Ek sal julle in

waarheid onderrig, sodat julle in julleself die helderheid gewaar en nie meer

401

vra, maar handel volgens My Wil, omdat Ek julle hierdie Wil in julle hart lê

as antwoord.

En so sal julle almal wat by My wil hoort moet handel, so sal julle ook julle

naaste moet probeer beïnvloed, wanneer julle teenoor hom liefdevol wil

handel en hom wil beskerm teen dwaling of verkeerde dade.

Julle het steeds alleen weer die Vader nodig en soos Ek in liefde op aarde

werksaam was, steeds alleen liefde leer en Liefde gee, so ook moet julle

weg oor die aarde steeds alleen deur die liefde gelei wees, dan sal julle

ware navolgers wees van My, dan sal julle tot seën van julle medemens

werksaam wees, dan is julle waarlik verlossend besig op aarde Amen

God beantwoord elke vraag deur die hart Deel 1

7858 26 Maart 1961

Elke mens kan in My wingerd werksaam wees wie se uitsluitlike wil is om

My te dien. Maar daar is so baie verskillende werksaamhede wat hy kan

verrig, want Ek het maar net ‘n diep gelowige hart nodig wat dan teenoor

sy medemens liefde uitstraal. Daardeur word daar weer liefde in hulle

opgewek en dit versprei self en help om tot ‘n lewende geloof in sy

goddelike Skepper te kom. En elke mens wat self ‘n oortuigde geloof het,

kan ook getuig van Jesus Christus - die goddelike Verlosser, in Wie Ek Self

die verlossingswerk volbring het. En hy sal My dien, hy sal vir My ‘n getroue

kneg wees as hy probeer om ook aan die medemens die geloof te bring. En

sy wil sal Ek seën en My aan hom openbaar. Ek sal deur die hart tot hom

spreek, hy sal dit gewaarword, hy sal innerlik aangespoor word om sy

arbeid in die wingerd te verrig, hy word van binne gedryf om te spreek as

hy met sy medemens saamkom, die wat van goeie wil is.

En so kan julle My almal dien en aan die verlossingsarbeid deelneem, as

julle die wil daartoe het. Die krag daartoe laat Ek julle toekom, Wat julle wil

ken en julle seën. Want die geestelike nood is groot, omdat daar geen

geloof meer in die mens is nie. En die geloof moet weer oortuigend uitgedra

word deur My dienare, sodat dit ook deur die medemens aangeneem sal

word.

Hierdie verlossingsarbeid hoef egter nie met ‘n ongewone werksaamheid

verbonde te wees nie, dit kan verrig word deur elkeen wat self ‘n lewende

geloof in My het en wie se liefde vir sy medemens geld wat in hierdie

geestelike nood verkeer, want My Gees is in elkeen werksaam, ook al is dit

nie uiterlik sigbaar na buite toe nie. Hierdie stille verlossingsarbeid is vir My

dikwels waardevoller as een wat opval, wat maklik aardse byverskynsels

laat sien wat die verlossings arbeid belemmer. Die gevaar bestaan dan

wanneer oorywerige mense geestelike gawes op die voorgrond wil plaas.

Wanneer hulle, waar hulle ook mag wees, ‘n regstreekse aanspreking deur

My verwag, waaraan persoonlike wense ten grondslag lê. Dan laat hulle

hulself nie meer deur My lei nie, maar hulle soek om My daartoe te bring

402

om met hulle wense rekening te hou. En dan hou My Gees homself stil, dan

spreek hulself as mens en bring My werksaamheid in hulle, in gevaar.

Ek spreek wel deur die mond van 'n mens tot alle mense, as Ek probeer om

hulle My evangelie te laat leer ken in alle suiwerheid. En vervul julle nou My

Wil, dat julle My evangelie in julle ontplooi, dan kan Ek ook elkeen van julle

persoonlik aanspreek deur die hart, sodat waarlik, elke vraag wat julle

innerlik besig hou, beantwoord word. Wie homself egter nog nie so gevorm

het deur die liefde, dat hy in staat is om My in sy binneste te hoor nie, die

sal ook nie so 'n antwoord kan verwag via ander, wat dit vir hom sou wil

oorbring en sodoende woorde weergee wat nie My Woorde is nie. Want dit

is tog My Wil dat julle die noue verbinding self met My tot stand moet

bring. Dit is My Wil dat julle, julleself na My keer, dat elkeen homself so sal

vorm dat Ek hom ‘n antwoord gee wanneer hy vra. Wanneer julle My in

stilte julle wil toesê om My te dien en verlossingsarbeid te verrig, dan kan

julle ook daarvan seker wees dat Ek julle aanneem en julle het dan waarlik

geen opdrag nodig wat deur die medemens aan julle gegee word nie. Want

julle gee dan julleself ‘n bewys van julle onvermoë, naamlik: Ontbrekende

liefde en vertroue in My, wat elke vraag van julle ken en julleself ‘n

antwoord gee as julle My daarom bid.

Die stille verlossingsarbeid wat deur elkeen persoonlik verrig word, is vir My

waarlik meer dierbaar, as die werk wat gedoen word onder menslike

invloed. Want julle weet dat julle almal vir My welkom is en Ek julle

aanneem as My knegte, as julleself julle dienste vir My bied en trag om My

Wil te vervul. Waarom verlang julle dan na bevestiging wat Ek julle deur

mensemond moet laat toekom? Julle open daardeur die deur vir julle

teenstander, wat self nou, ooreenkomstig so ‘n wens, homself probeer uiter

om julle te laat sien dat julle nie glo aan My regstreekse werksaamheid in

julle nie. Omdat julle nie glo dat Ek julle die antwoord in die hart gelê het,

as julle, julleself met My verbind in gebed nie. En deur die ongeloof kry hy

invloed wat julle moet verafsku. Want ook hy bedien homself van keurige

woorde en julle sal ernstig moet ondersoek waar hierdie woorde vandaan

kom. Amen

God beantwoord elke vraag deur die hart Deel 2

7859 27 Maart 1961

Dat die mense so maklik ten prooi val tot die dwaling lê daaraan, dat hulle

houding teenoor My nog nie heeltemal in orde is nie, ook, al het hulle die

wil daartoe, dit wil sê, as hulle in die wil lewe om My te dien. ‘n

Voortdurende verbinding met My, sal hulle waarlik teen dwaling bewaar, dit

wil sê, hulle sal dit as sodanig herken.

Hierdie verbintenis is egter nog nie diep genoeg nie en sodoende dring

hulle gedagtes wat nog altyd aards is, op die voorgrond en wat met die

verstand aangeneem en oordink word.

403

Die verstand vra egter dikwels die medemens om raad en hy kan, as hy

ook nie innig genoeg met My verbonde is nie, ook verkeerde raad gee.

Daarom kan Ek ook maar selde die suiwer waarheid na die aarde stuur,

omdat die innigste verbinding met My daartoe nodig is, wat alle

tussenbeide kom van ander kragte verhinder. En daarom behoed slegs die

mens wat hierdie innige verbinding met My tot stand gebring het, homself

van verkeerde invloede of dwaling en sal iedere invloede van buite af afwys

en sal slegs luister na wat Ek Self vir hom sê deur die hart.

Wel is dit My Wil dat julle mense, julle verbind in liefde, dat die een die

ander versterk en ondersteun in die geloof, dat julle as broeders teenoor

mekaar staan en gesamentlik na My as julle Vader streef. Maar Ek wil ook

dat elkeen persoonlik kontak met My maak. Ek wil dat julleself by My om

raad kom vra, dat julleself met alle geestelike en ook aardse bedes na My

toe kom, sodat Ek dit vir julle kan vervul.

Ek wil ‘n direkte verbinding met My hê, as dit om persoonlike vrae en

wense gaan. Terwyl Ek andersyds vir julle My tussenpersone en bodes

stuur wat julle moet aanhoor; as julle geestelike onderrig moet ontvang

wanneer My evangelie tot julle gebring moet word. Begryp dat Ek deur My

werktuie tot julle sal spreek en dit altyd sal doen, as dit daarom gaan dat ‘n

geestelike kennis aan julle oorgebring moet word, omdat julleself nog nie in

staat is om so ‘n leer of diepere wyshede direk aan te neem nie. Dan sal Ek

steeds sê; luister na My bodes en vervul My Wil. Maar nooit sal Ek julle

leringe deur julle medemens laat toekom, behalwe die met geestelike

inhoud nie, omdat julle met elke persoonlike versoek self na My toe moet

kom. Julle moet leer om onderskeid te maak tussen die "stuur van My

Woord" en die "persoonlike aanspreking" wat elkeen kan ontvang wat self

innig met My verbind is, terwyl My woord ‘n spesiale tussenpersoon of

opnamehouer nodig het om as stroom van die Gees daar te kan invloei. En

julle moet daarom ook oplettend wees en weet dat julle maklik in die

valkuil (van dwaling) kan stort, want waar My teenstander nog ‘n menslike

swakheid bemerk, kan hy maklik binnesluip en dit self tot sy nut gebruik.

Maar julle kan hiervan seker wees, dat Ek My woord sal beskerm teen elke

dwaling, teen die invloed van My teenstander omdat Ek julle mense na die

waarheid wil lei. Maar julle moet nie elke Woord ligtelik glo wat julle

tegemoet kom, as dit geestelik oorgebring word nie. Julle moet ernstig

ondersoek of die inhoud slegs van geestelike aard is, of dit die meer

volwasse word van julle siele ten doel het, of dit dan van My af, vir die heil

van julle siele gegee is en bestempel is. Maar julle eie begeertes moet

julleself aan My toevertrou en Ek sal ook julle dan self aanspreek deur die

hart en julle sal dan ook weet wat julle moet doen of laat staan. Amen

404

’n Herlewing moet kom

7865 5 April 1961

Die aarde moet hernu word as die verdere evolusie van die geestelike moet

plaasvind. Alle skeppings moet die geestelike vrylaat sodat dit kan

voortgaan in sy evolusie in ‘n nuwe vorm; so is die lot van die skeppings

werk: aarde.

Dit raak nie alleen julle mense wat veronderstel is om vrywillig julle laaste

doel op aarde te bereik nie, maar gefaal het; dit raak ook die geestelike

wat nog gebonde in materiële vorme is, wat nog nie die moontlikheid

bereik het om te dien nie. Die weg om te dien sal nou geopen word.

Solank julle mense nie van die betekenis en die doel van die skepping weet

nie, sal julle nie die komende vernuwing van die oppervlakte van die aarde

glo nie. En tog gaan dit gebeur; slegs die mense wat die doel van hulle

lewe op aarde vervul het sal dit sien, Hulle wat volmaak geword het en

daarom die nuwe aarde sal belewe.

Hulle is die wat die verlossingsplan van God ken, wat oortuig is dat hulle in

die laaste tyd lewe en die einde met die koms van die Heer verwag,

aangesien dit deur Woord en geskrif aagekondig is. Maar van hulle is daar

slegs enkeles! Die geestelike lae vlak van die mense is so duidelik dat die

tyd nou gekom het waar ‘n vernuwing noodsaaklik is, waar alle geestelike

in vorms geplaas sal word wat ooreenstem met hul graad van

volwassenheid.

Dus sal die mense wat geheel gefaal het weer verban word in harde

materie om sy opwaartse ontwikkeling weer te begin, terwyl die geestelike

wat nog gebind in materie is toegelaat sal word om te inkarneer in

reëlmatig sagter vorms tot dit die stadium bereik waar dit oor die aarde as

mens kan gaan vir ‘n finale besluit van sy wil.

Weens hulle vrye wil moet die mense die harde lot van ‘n nuwe verbanning

weer ervaar! Want hulle streef nie na die geestelike, op aarde nie, maar is

ten volle gebind aan materie; daarom, word hulle wat hulle in hul aardelewe

na gestreef het. Maar tog word hulle voldoende vermaan en

gewaarsku; tydens hulle aards lewe was hulle gewys wat die doel van hulle

lewe op aarde is. Geen mens sal kan sê dat hy heeltemal nie geweet het

nie.

Dit is die mens se eie fout dat hy vrywillig weier wat hom bekwaam kon

gemaak het om groter volwassenheid te bereik; hy sal nou daarvoor moet

ly. Die voortsetting van die ou aarde sal nooit ‘n verandering in hierdie

mense kan bewerkstellig nie. Hulle kan slegs dieper en dieper daal en die

ontwikkeling van die geestelike belemmer, wat nog in materiële vorme

gebind is.

Maar wie glo dit wanneer hy dit vertel word? Aangesien daar nie meer

geloof in God is nie, in die voortsetting van die lewe na die dood en in die

verantwoordelikheid van die mens, dat die lae geestelike vlak bereik is, wat

405

’n einde vereis, ‘n ontbinding van die aardse skeppings. Want onder sulke

omstandighede, het die bestaan van die mens op aarde nutteloos geword!

Die genade van die mens se beliggaming word nie meer geëerbiedig nie.

Die aarde het opgehou om ’n skool vir die geestelike te wees. ‘n

fundamentele verandering is noodsaaklik om ‘n einde aan hierdie geeslose

toestand te maak .

Luister, julle mense staan nou vóór hierdie verandering. Julle bevind julle

vóór ’n geestelike sowel as ‘n aardse vernuwing! Die tyd wat julle vir die

volwasse wording van julle siele verleen was, het uit geloop.

Tot die laaste dag sal julle vermaan en gewaarsku word; tot die laaste dag

sal julle oor die doel van julle bestaan onderrig word. Julle ontvang kennis

oor die verlossingsplan van God, oor Sy eindelose liefde vir al Sy skepsels

en oor die moontlikheid en die hulp van Sy kant sodat julle vóór die einde

geseënd word .

Met julle vrye wil behoort julle dit alles te aanvaar. Julle behoort ‘n ernstig

wil te hê om die doel van julle bestaan as mens te vervul. Julle behoort ‘n

God oor julle te erken en na Hom te gaan vir medelye.

En waarlik, julle sal nog in die laaste uur gered word; anders sal die oordeel

voltrek word oor julle. Anders sal julle ontvang waarna julle gestreef het,

julle sal weer materie word wat julle gebind aan die aarde sal hou, omdat

julle nie die weg omhoog gegaan het nie; daarom sal julle weer in die

diepte beland. Amen

God se eindelose Liefde wil Homself weggee

7867 9 April 1961

As julle geleef het op aarde volgens My Wil, sal julle in die gebied van

hemelse geluksaligheid ingaan. Maar hierdie belofte moet nie die oorsaak

wees dat julle volgens My wil leef nie, maar julle liefde vir My Wie die

geluksaligheid vir julle sal berei, omdat Ek julle onmeetlik liefhet en wens

om julle liefde te besit.

Ek het julle uit My liefde geskep en hierdie liefde sal ewig nooit verdwyn

nie. Wanneer julle ééndag, julleself in die Lig bevind, sal die konsep van

liefde ook vir julle begryplik wees, ‘n konsep wat julle as mens nie kan

begryp solank die liefde nog in julle ontbreek nie.

Om sonder liefde te wees is ‘n toestand van vervloeking vir elke skepsel uit

My, omdat dit ook ‘n toestand van gebrek aan krag en lig is, waarin geluk

ondenkbaar is.

‘n Lewe volgens My Wil is nietemin ‘n lewe in liefde en dit bring julle terug

na ‘n toestand van geluk. Na die dood van julle liggaam gaan julle in My

Koningkryk in, wat vir julle prag oopstel wat julle nie kan droom nie, wat

My liefde vir al My wesens voorberei het wat weer met My in liefde

saamkom.

406

Die liefde kan slegs gelukkig maak en samesyn soek, want liefde wil

homself weggee en wil gelukkig maak, omdat dit die aard van liefde is. My

liefde was super magtig en wil Homself weggee. Ek skep wesens, aan wie

Ek Myself kon gee. Ek skep houers wat die stroom van My liefde aanvaar en

Ek Self verenig met hierdie wesens, wat veroorsaak dat die Straal van

Liefde onophoudelik in hulle stroom. Met andere woorde, Ek berei vir hulle

geluksaligheid in oorvloed voor!

Dat hulle hul verset teen My liefde het, nietemin, ‘n spesiale rede, maar dit

het My nie verhinder om hierdie wesens met My liefde te volg nie; slegs

hulself voel nie meer enige geluk nie, aangesien hulle hul verset daarteen,

omdat hulle van My geskei het. Maar aangesien die liefde nooit ophou nie,

sal dit nooit onaktief bly nie, maar daarna streef om terug te kry wat van

dit weg gegaan het. My liefde het nooit opgehou om te streef na hulle wat

My versaak het nie en Ek sal dit bly doen tot hulle almal vrywillig na My

teruggekeer het.

Geen wese kan My liefdes krag vir altyd weerstaan nie, omdat liefde ‘n krag

is wat nie sonder uitwerking bly nie en omdat die weerstand van die

wesens reëlmatig minder word en eendag heeltemal sal verdwyn.

Uiteindelik sal hulle hulself oopmaak om geseën te word deur My liefde vir

alle ewighede.

Wie sy weg terug na My gevind het sal My nooit weer verlaat nie. Dit kan

nie meer in die diepte terug sink nie. Wat die weg deur die diepte gegaan

het en terug gekom het met die finale resultaat om weer die hoogte te

bereik, is onlosmaakbaar verenig met My, want dit het volmaaktheid

bereik, wat selfs Ek nie aan die wesens kon gee nie, want vir dit is die vrye

wil nodig, om volmaaktheid te handhaaf en dit te bewys. Ek kon deur krag

hulle liefde verkry, maar dan kan daar nie van onbeperkte geluk gepraat

word nie.

Die liefde laat nooit forseering toe nie; die liefde moet vrywillig na My

terugkeer. Die mens kan dit wys, as hy op aarde volgens My Wil leef en

liefde word, wat sy oorspronklike aard is. In My ryk is alles Liefde!

Julle almal moet die Koningkryk van liefde binnegaan. julle almal sal

onmeetlik geseënd wees as julle weer by My julle Vader van Ewigheid

aansluit. My Liefde het julle geskep en sal julle altyd volg hoewel julle van

My geskei het.

Maar julle sal nie vir ewig geskei van My bly nie omdat My Liefde sterker is

as julle wil van weerstand. Een dag sal julle aan My Liefde oorgee omdat dit

in julle sal ontbrand en tot die hoogste gloed sal groei, omdat Ek dan die

enigste doel en voorwerp van julle liefde sal wees en altyd sal bly. Amen

407

Motivering van die ongewone openbaringe

7875 17 April 1961

Op ongewone manier openbaar Ek Myself aan julle voor die einde, deurdat

Ek julle kennis laat toekom waaruit julle gevolgtrekkings moet maak.

Kennis wat tot nou toe van julle weerhou was, omdat dit nie vir julle

sieleeheil nodig was nie, omdat daar altyd nog tyd was vir die verandering

van julle wese en julle hierdie verandering ook nog in die ryk hierna ten

uitvoer kon bring, ofskoon onder baie moeiliker omstandighede: Maar dit

was moontlik om gered te word, solank die tyd nie uitgeloop was wat vir

julle toegestaan was tot bevryding uit hierdie vorm nie.

Maar nou loop hierdie tyd ten einde en dit beteken vir julle: of julle

terugkeer na My toe of die hernieude weg deur die skeppings van die

aarde. Die kennis van die laasgenoemde is egter tot nou toe van julle

weerhou, want dit het julle maar net aanleiding gegee om onder ‘n sekere

dwang deur die aardse lewe te gaan. Ek oefen egter geen dwang uit

terwille van die voleinding nie. Maar nou gaan dit om die laaste vrye

beslissing van die mens, dit gaan om verlossing of hernieude kluistering

van die siel, omdat ‘n opwaartse ontwikkeling in die geesteryk vir ‘n lang

tyd onmoontlik sal wees na die einde van hierdie aarde. Want die poorte

van daardie ryk gaan solank geslote bly totdat daar op die nuwe aarde

weer ‘n toestand ingetree het sodat die mense ook weer onvoltooid van

hierdie aarde af sal heengaan en My erbarmende liefde hulle dan weer sal

help om hulle in die hiernamaals te ontwikkel.

Maar voordat hierdie verlossingsperiode ten einde sal loop, pas Ek nog alle

middele toe om julle te bewaar teen die verskriklike lot van die hernieude

kluistering. En daarom gee Ek julle mense die kennis welke weg julle vroeër

gegaan het totdat julle, julle beliggaming as mens op aarde bereik het.

En daarom is My openbarings ook ongewoon, omdat hierdie kennis by die

meeste mense ontbreek. Omdat die lot van die hernieude kluistering egter

nou eers vir die mense ‘n dreigende onheil is, omdat die moontlikheid nog

altyd tot nou toe bestaan het om hulle in die ryk hierna te voltooi, as dit op

aarde versuim was; was dit ook vir die mense tot nou toe nie nodig dat

hulle iets van die vroeër vergane ontwikkelingsgang af weet nie, alhoewel

Ek soms tog mense direk kon aanspreek en hulle met hierdie kennis

vertroud gemaak het.

Maar nou het die tyd gekom waarin die mense in die grootste gevaar is,

waarin dit vir hulle egter ook moontlik is om dié gevaar uit die weg te ruim

as hulle ‘n verandering ernstig nastrewe. Die kennis van die ontwikkelings-

gang, van die hernieude kluistering in die materie, moet hulle aanspoor tot

hierdie verandering van wil. En daarom openbaar Ek My ongewoon, daarom

stuur Ek ‘n wete en ‘n kennis na die aarde toe wat vir die mense ‘n

uitermate seënryke uitwerking kan hê as hulle maar aandag daaraan sal

408

skenk, as hulle toelaat dat My aanspreek, op hulle inwerk, daaroor nadink

en daaraan beantwoordend nou ook hulle lewe lei.

Maar daar is slegs weiniges wat glo wat aan hulle op ongewone wyse vertel

word. En tot geloof kan Ek hulle nie dwing nie. Daarom kan Ek ook nie

anders as om My deur die mond van mense te openbaar nie, want ‘n geloof

wat afgedwing word, is waardeloos en bring vir die siel geen vooruitgang

nie. Maar dit is tog ‘n belangrike lig wat aan julle geskenk word, want Ek

Self openbaar aan julle My Verlossings plan van die Ewigheid. En as julle in

dié “lig” wil wandel sal julle ook met sekerheid die korrekte weg gaan, want

al spreek Ek deur die mond van mense, is dit tog ‘n bewys van My liefde as

Ek My Woord regstreeks na die aarde stuur. Dit is ‘n bewys van My

teenwoordigheid of anders gestel: Julle kan van ‘n buitengewone

barmhartigheidsgawe praat as julle oor dinge onderrig word wat vir die

verstandelike kennis van ‘n mens ontoeganklik is, wat vir julle dus nie deur

die medemens verklaar kan word nie, as Ek nie hierdie mens ten minste

Self op buitengewone wyse benader nie.

Slaan daarom ag op My ongewone openbaringe, verwerp dit nie as

mensewerk nie. Glo dat slegs My liefde Hom aan julle wil openbaar omdat

Ek julle sal wil red voor die einde, omdat Ek aan julle almal die lot van die

hernieude kluistering sou wil bespaar. Hierdie kluistering is egter

onvermydelik as julle nie wil glo nie. Amen

Die barmhartigheid om die Woord te ontvang, lê

verpligtinge op

7878 25 April 1961

Die barmhartigheid om die Woord te ontvang, lê verpligtinge op. Ten

eerste, die deurgee van wat van bo tot julle kom; en ten tweede, die

instaan teenoor die medemens vir dit wat julle as waarheid insien. Dit dien

tot niks wanneer julle wat My Woord in ontvangs neem en self tevrede is

met die kennis wat na julle toe kom nie. Julleself moet die kennis in alle

oortuiging deurgee aan julle medemens wat dit kortkom. En julle moet julle

nie in die war laat bring deur teenwerpinge nie, want dit kom altyd van

mense, terwyl Ek Self julle tog die suiwer waarheid verskaf en wat altyd sal

standhou teen sulke bedenkinge. Sodoende het Ek wilskragtige dienare

nodig, wat self instaan vir dit wat hulle ontvang. En hulle sal ook altyd

duidelik kan beoordeel waar daar dwaling is en sal daarteen ingaan, omdat

hulle in My diens hierdie plig het as getroue knegte in My wingerd.

Ek stuur daarom die waarheid na die aarde toe, omdat julle mense lig nodig

het, omdat julle in duisternis rondgaan, omdat julle baie misvattings

aangebied was en nog steeds aangebied word. Slegs die waarheid voer

julle na saligheid, die dwaling verleng die weg na die doel, want dit sal

steeds hierdie weg verduister, sodat julle op syweë gaan en daar ‘n langer

tyd vir julle nodig sal wees, totdat julle op die regte weg na omhoog

409

aankom, op die weg van die waarheid, waar die lig julle verlig wat na die

aarde straal, terwille van julle heil. Verheug julle tog dat julle helder lig

mag ontvang en gebruik die lig. Gaan die weg wat julle gewys word, hou

julle aan My Woord wat van bo na julle gebring word; wat My dienare vir

julle bring in My opdrag en waar hulle met reg ook voor kan instaan as

suiwer waarheid aangesien hulle dit van My ontvang het.

En waar julle nou 'n duidelike werking van die Gees kan vasstel, daar is die

suiwer waarheid uit My. En neem dit aan, maar vermeng dit nie met leringe

waarvan die oorsprong twyfelagtig is nie. En omdat Ek wil dat die waarheid

uit My onvermeng behoue sal bly, maak Ek dit ook tot ‘n plig vir hulle wat

dit van My af ontvang, dat dit wat van My uitgegaan het, met alle

standvastigheid uitgedra word. Want hulle sal ook weet dat hulle My

daarmee dien, omdat hulle die oorgrote barmhartigheid insien van hulle

wat dit ontvang deur My Gees.

Wanneer die suiwer waarheid dus in gevaar is, om misvorm te word, moet

dit deur waaksame oë behoed word, want My teenstander benut elke

geleentheid wat homself aan hom voordoen, om die waarheid uit My

kragteloos te maak. En hy slaag, sodra vreemde opvattinge en idees

toegevoeg word wat deur die menslike verstand bedink is en wat nie as die

inwerking van die Gees bestempel kan word nie. My Woord moet wel

verspreiding vind, maar in alle suiwerheid moet dit so vir die medemens

aangebied word, asof dit van Myself uitgegaan het. En dat die woord suiwer

sal bly, daarvoor sal My knegte sorg dra, in soverre dit in hulle mag lê.

Want die saaigoed moet nie verontreinig word nie, sodat dit goeie vrugte

kan afwerp.

Wie Ek egter ‘n amp gee, hom gee Ek ook die krag om dit uit te oefen. En

daarom sal Ek julle ook steeds so lei dat julle oog gerig word na waar julle

werk nodig is, waar julle, julle amp kan uitoefen. Ek sal julle gedagtes

korrek lei, sodat julle werksaam sal wees in My Wil. Want om My woord te

ontvang is ‘n barmhartigheid van die grootste betekenis en wie My wil dien,

die sal ook altyd My ondersteuning ondervind, hy sal steeds die weg gaan

wat volgens My Wil is. Ek Self sal hom lei, Ek Self sal sy denke korrek rig

en Ek sal hom die krag gee om volgens My Wil werksaam te wees. Amen

Kennisneming van die heilsplan van God

7881 28 April 1961

Dat Ek julle My ewige heilsplan onthul, moet julle die belangrikheid van die

tyd waarin julle leef, laat besef. In alle duidelikheid laat Ek julle ‘n kennis

toekom wat julle insig verskaf in My bestuur en werksaamheid, wat julle,

julle lewensdoel op aarde, die sin en die doel van die skepping, duidelik

maak, ’n kennis wat so geweldig en omvangryk is soos julle van menslike

kant af nie sou kan aangebied word nie, ’n kennis wat julle alleen deur die

werksaamheid van My Gees oorgebring kan word. Ek bring ‘n lig na die

410

aarde, wat uitermate helder straal en wat die donker kan verdryf, as julle,

julle oopstel wanneer julle onder die indruk raak dat Ek julle aanspreek. En

die rede om julle die ongewone kennis te stuur is dat die mense kort voor

die einde staan.

Is julle nou in My heilsplan ingewy, dan begryp julle ook dat ‘n

verlossingsperiode ‘n einde het en moet hê, omdat julle dan alles leer sien

vanuit dit gesigspunt, dat die gevalle geestelike die moontlikheid gegee

moet word om te strewe na die weg wat teruglei na My, hetsy die mens of

ook die nog in die skepping gebonde geestelike, wat in sy oersubstansie as

wese van My uitgegaan het en as wese ook na die Vaderhuis terug moet

keer. Ken julle My heilsplan van ewigheid, dan is julle ook op hoogte van

die eindelose ontwikkelingsgang wat die gevallene moet aflê om weer na bo

te kom en dan dink julle ook vol erbarming aan diegene, wat die stadium

van mens nog nie bereik het nie en in sy onvryheid ly, omdat dit

oorspronklik as iets geesteliks wat vry was van My uitgegaan het.

En dan weet julle ook dat dit kom deur die vrye wil van die mens, as hy

faal in sy aardse lewe en dat hierdie vrye wil gevolglik self sy lot

veroorsaak, dat hy die weg oor die aarde wederregtelik aflê as hy die

genade om as mens beliggaam te wees, nie gebruik nie. En dan sal julle

ook begryp dat die geestelike self sy lewe op aarde weggooi en daarom ‘n

beëindiging van ‘n verlossingsperiode alleen maar nog ‘n daad van liefde

van My kant is, Wie ook die geestelike na bo wil op help, wat baie verlang

na die laaste omvorming om hulle vergoed te kan bevry deur as mens die

gang oor die aarde te gaan.

En julle in hierdie laaste tyd voor die einde, bring Ek op hoogte van My

heilsplan en dit is vir julle ‘n ongewone genade, omdat julle nou makliker in

staat is om te glo aan ‘n einde, as julle die verband eenmaal goed ingesien

het. Want ofskoon vir My ‘n duisend jaar gelyk is aan ‘n dag, eens het die

laaste dag gekom wat van ewigheid af bepaal is. En dan sal Ek die bokke

van die skape skei en sal hulle gered word wie My trou gebly het en sal bly,

geen enkele van hierdie hoef te vrees as die aarde skud en beef nie, want

hul lewe is veilig gestel tot in alle ewigheid.

Begryp dus My woorde goed en twyfel nie aan My en My woord, wat uit die

hoë na julle kom, wat julle ‘n naderend einde aankondig en wat vervul word

omdat dit waarheid is. Julle wat kennis neem van My openbaringe, sal

waarlik maklik kan glo, omdat julle die hele saamhang weet. Want daarom

het Ek julle My heilsplan geopenbaar, daarom is julle ‘n ongewone kennis

gestuur, wat julle lig sou gee, sodat julle sal kan glo. Julle sal My nie kan

oorhaal om My heilsplan nie deur te voer nie, julle sal die dag van die einde

nie meer teen kan hou nie, omdat dit sedert ewigheid voorbeskik is. Maar

almal van julle kan by diegene hoort wat Ek My beskerming beloof het as

hulle My trou bly. Julle sal by die weiniges wat geregverdig is, behoort, wie

My arm sal beskerm, wie Ek ophef van die aarde as die uur gekom het wat

vir alle skeppings op, in en bo die aarde die einde beteken.

411

Want My Mag is groot, My Liefde sonder einde en Dit gaan uit na al die nog

onverloste geestelike. En My Wysheid sien waarlik ook die regte tyd waarin

‘n verandering nodig is, dan sal die positiewe ontwikkeling volgens My

ewige orde verder gaan. En My Liefde, Wysheid en Mag sal steeds aan die

werk wees as dit daarom gaan om al die gevalle geestelike terug te voer,

wat huiswaarts moet keer in My Vaderhuis. Amen

Die letter dood - Dooie verkondigers van die Woord

7884 3 Mei 1961

Dit is die gees wat lewende maak en elke letter wat met ‘n onontwaakte

gees gelees word, maak dood. Dit sal vir die mens onbegryplik bly, selfs as

hy sy verstand inspan en probeer om die betekenis daarvan te deurgrond.

En dit het tot dwaling gelei; as My Woord vertaal word of die mense word

geleer deur hulle, wat self geestelike nog nie ontwaak is nie. Wat hul

verstand laat oorheers, waar alleen die hart kan oordeel, wanneer My Gees

Hom hierdeur nie kan uiter nie.

Ek Self kon dus deur baie predikers nie meer tot die mense praat nie, want

hulle kom eerder met leerstellings en toeliging wat van hulself was en nie

meer met die waarheid ooreenstem nie. En so word die betekenis van die

evangelie wat Ek Self op die aarde geleer het met die loop van tyd steeds

meer en meer misvorm. Min lees My Woord nog met ‘n ontwaakte gees en

haal daar ware nut uit vir hul siel.

Vir die ander egter bly My Woord sonder uitwerking. Hulle hoor wel, maar

omdat hulle dit nie reg begryp nie, lewe hulle ook nie daarna nie en kan

daarom ook nie tot ‘n ontwaaking van hul gees kom nie. Temeer, daar van

die kant van die predikers nouliks melding gemaak word oor die “werk van

die Gees in die mens”, omdat hulle self geen begrip daarvan het nie, omdat

hulle self nie weet, dat dit ‘n regstreekse gevolg is van ‘n lewe in liefde nie.

Maar hulle kan hulself daarvan oortuig dat hulle verlig sal word, as hulle

self in die liefde sou lewe.

Hulle lees in die bybel weliswaar kragtig die stelling: “Die letter dood, die

gees maak lewend", maar hulle weet nie wat daarmee bedoel word nie,

want hulle is geestelike nog nie ontwaak nie. En daarom kan byna alleen

nog maar van ‘n dooie christendom gepraat word en daarom beteken ook

My Woord wat in die boek der boeke staan vir die mense nie meer baie nie.

Daarom het die geloof swak en kragteloos geword, omdat die krag van die

lewe daarin ontbreek. Want die geloof kan eers lewende word deur die

liefde, want alleen die liefde wek die gees op tot lewe.

En as daar maar ‘n teer plantjie uit die warmte van die liefde uitspruit, dan

sal dit ook spoedig sterk en kragtig word. Daar sal ‘n lewende geloof uit

voortkom, wat alles tot lewe sal opwek wat tot nog toe dood was in die

mens. Die siel sal groei en die geestesvonk op hom laat inwerk. Hulle sal

tot lewe kom en die lewe ewige nie meer verloor nie.

412

Dan egter sal die mens ook elke Woord wat in My sy oorsprong het,

begryp. Hy sal die dwaling van die waarheid kan onderskei en in geen geval

meer in dwaling verval nie, want die gees onderrig hom nou. Leë letters

beteken niks meer vir hom nie, want hy ken nou die geestelike betekenis

van die Woord. En elke Woord wat eens van My uitgegaan het skenk hom

nou ook lewe en bereik sy oor en sy hart.

Dan is hy waarlik geen dooie christen meer nie en sal dan ook vol lewe van

My getuig. Hy sal hulle nie alleen van die Woorde van die Skrif bedien nie,

maar ook die geestelike betekenis daarvan kan verklaar. Hy sal in waarheid

‘n leraar wees vir sy mense, na My wil, want hy laat nou toe dat Ek Self in

hom is en My kan uiter deur die gees as hy sy mense onderrig.

En dit eers is My ware dienare wat in My opdrag werksaam is. Want ‘n

leraar wat slegs die letter van My Woord ken, maar die geestelike betekenis

daarvan nie verstaan nie, hom noem Ek nie My dienaar nie. Hulle het

hulself aangestel, sonder dat hulle eers deur My waardig gemaak is, dit

vereis dat die gees van hom wat vir My werksaam wil wees, tot lewe gewek

is.

Maar as ‘n “nog onontwaakte prediker" nie alleen die liefde aanleer wat die

wese van My evangelie is nie, maar self ook moeite doen om in liefde te

lewe, sal hy ook die gees in hom tot lewe opwek. En dan sal hy ook ‘n

dienaar wees wat My welkom is en deur wie Ek dan ook kan werk. Deur wie

Ek Self dan die mense kan aanspreek, wat dan ook die krag van My Woord

duidelik sal bemerk.

Daardeur sal ook weer ander tot lewe kom, wat hulle laat opwek, wat met

‘n ernstige wil My soek en die krag van My Gees afsmeek. En My ware

dienare herken julle altyd hieraan, dat hulle hulle beywer om na My Woord

te lewe, hulle sal deur ‘n lewe in liefde die gees in hulle tot lewe opwek,

hulle sal geen dooie verkondigers van My Woord wees nie, maar van My

getuig vanuit die volheid van lewe. Amen

Indringing in die heelal is nie volgens God se wil nie

7886 5 Mei 1961

Die krag wat van My en My Woord uitgaan, sal op julle siele oorgaan en

julle sal die vrede vind in My. As julle bereid is om My te dien, sal die krag

julle ook toestroom om My Wil te vervul, wat Ek Self in julle hart lê. Julle

sal dink, wil en handel volgens My Wil. En so kan julle steeds julle weg

onbesorg gaan, My seën sal julle begelei. Ek sal julle by die hand neem en

julle so lei, soos wat dit goed is tot seën vir die sieleheil van julle en julle

medemens. Vertrou julle aan My toe en Ek sal julle vertroue waarlik nie

teleurstel nie. En of ook julle liggaam die krag nie duidelik bespeur nie, die

siel ontvang dit egter in groot mate en is dankbaar vir alle hulp. Die siel

kom tot volwassenheid en verenig homself met sy gees en hy gaan

413

onverwyld steeds nader na die Vadergees en die verbinding met My word

steeds inniger.

En as Ek My kind nou kan aanspreek, dan is dit ook ‘n bewys van My

teenwoordigheid en dan moet die vrede ook sy intrek neem in sy hart, elke

sorg moet van hom weggeneem word en die kind moet slegs nog maar

luister na wat die Vader vir hom te sê het: En daar is nog baie wat Ek aan

julle sou wil openbaar, want ons gaan die einde met rasse skrede

tegemoet. En julle sal nog dinge belewe, dat julle aan My en My Woord sal

twyfel. Julle sal julleself afvra, waarom Ek nie My mag aanwend as die

mensdom hulself aanmatig om in die heelal te wil deurdring nie. Maar aan

hulle voornemens is grense gestel en vir lank sal hulle hulle pogings nie

kan uitvoer nie, want ook die handeling verhaas maar net die einde, die

komende oordeel.

Ek laat hulle begaan, omdat hulle steeds weer sal besef dat hulle mag nooit

sal volstaan om hulle voornemens geheel en al tot uitvoering te bring nie.

Hulle het hulself in die hande van My teenstander begewe, wat hulle steeds

deur middel van gedagtes sal beïnvloed en wat hulle ook ‘n sekere krag

besorg, wat egter altyd ‘n noodlottige uitwerking sal hê op die mense en

ook op die skeppingswerke, wat die teenstander wil vernietig. Dit is die tyd

van die einde, wat maar net nog weer deur so 'n handelwyse beklemtoon

word, want die geestestoestand van die mense trek self die einde nader.

My teenstander wil die geloof in My bestaan en My mag vernietig en die

mense het reeds aan hom ten prooi geval, aangesien hulle alle geloof

verloor het en hulself beskou as meester van die skepping en bewyse

daarvoor probeer lewer.

Maar hulle sal nie baie tyd meer daarvoor hê nie, omdat hulle die einde self

verhaas, omdat hulle self die wette van die natuur omvergooi en self dus ‘n

werk van vernietiging ten aanskoue bring wat die hele wêreld betref, net

soos alles wat geskape is in, op en bo die aarde. Die handeling van die

mense is gerig teen God en sal ook die daaruit voort vloeiende uitwerking

tot gevolg hê. Ek laat dit egter toe dat My teenstander raas en woed, maar

die mense self kan hulself daarteen verweer en beproef om nie ten prooi te

val aan sy heerskappy nie. Die mense word waarlik steeds op My en My

mag aangewese en sou baie goed ook die weg na My kan neem. Maar hulle

wil is vry en daarom hinder Ek hulle nie in hulle aktiwiteite nie, dog My mag

en My Wil openbaar homself ook aan hulle wat verantwoordelik is vir die

werke, wat alle mense kan nagaan waarmee hulle hulself verset teen God .

Ook aan hulle word steeds weer getoon dat ‘n goddelike mag homself altyd

weer openbaar, wat aan hulle hul verkeerde denke bewys. Want Ek trag tot

aan die dood van die liggaam toe om elke siel te wen sodat hy weer

terugkeer na My, maar Ek dwing hom nie. En omdat My teenstander hom

ook nie kan dwing nie, werk hy des te sterker in op alle slegte eienskappe

in die mens en hy wen hulle vir sy skandelike spel, omdat die heerssug en

die geldingsdrang ongewoon sterk ontwikkel is by hulle wat nie in My glo

414

nie. Want dit is die kenteken van die teenstander. Dit is sy aard wat hy op

hulle oorbring. Spoedig egter is sy tyd verby en spoedig sal ook My mag

homself duidelik openbaar. Maar nooit sal Ek julle sulke kennelike bewyse

van Myself gee dat julle moet glo nie. Dit moet julle steeds weer besef, dat

Ek ‘n vrye geloof van julle mense verlang, wat julle deur die liefde moet

wek. Dan begryp julle dat julle in die eindtyd leef, waarin My teenstander

op ongewone wyse werksaam is, totdat hy en sy aanhang gekluister sal

word. Amen.

Die ware ligdraers – Verblindende skynligte

(valsligte)

7888 8 Mei 1961

Steeds sal julle weer lig geskenk word, julle mag nie in ‘n nuwe duisternis

teruggedryf word nie, want My teenstander probeer dat julle nie die weg na

die lig vind nie. Ek het julle egter voor die eindtyd ‘n ryk mate van

barmhartigheid beloof sodat julle nie kragteloos word nie, sodat julle nie

aan sy intriges ten prooi val nie. Want hy werk onder die vermomming van

‘n engel. Hy ontsteek skynligte, wat geen lig uitstraal nie, maar die oog

verblind van hulle wat hom nie herken nie.

In die defensiewe stryd teen hom, gebruik julle dikwels onware middele

deurdat julle, julle oë sluit, in plaas van om na die ware lig te strewe, wat

julle as duidelike barmhartigheidsgawes toe stroom. Julle hou julle nie by

My Woord nie, wat ‘n sigbare uitstraling is van My liefde en wat julle

waarlik met sukses teenoor My vyand kan stel, want dit is die lig uit My wat

hy verafsku.

My Woord predik julle die liefde en daarom wek die liefde die gees tot lewe.

En so kan julle altyd hiervan seker wees, dat volledige ooreenstemming

van geestelike waardes te sien sal wees, waar die gees uit My homself kan

uiter.

Nou ontdek julle egter teenspraak. Teen valse profete sit julle die voet

dwars. Hulle almal wil die Woord uit My verkondig en julle vind geen

volledige ooreenstemming nie en dan sal julle agterdogtig word en die een

of ander wat werksaam is deur die gees, in twyfel trek. En dan het My

teenstander sy spel reeds gewen, want dan raak die gedagtes in die war,

die mense verloor hulle geestelike sekerheid, hulle gaan nie meer saam

nie, maar teen mekaar. Die lig word dus verduister, dit wil sê, My Woord

van bo word nie meer herken nie en ter wille van die onwaarheid nie meer

so gewaardeer nie, wat onder die dekmantel van vroomheid veld wen en

baie eerder instemming vind by die mense wat geen ernstige ondersoek

instel nie.

En weer beslis slegs die graad van liefde by elkeen persoonlik of hy self van

die dwaling bevry is, of hy dit herken en self in vrye wil na die waarheid

keer. Die lig skyn in die duisternis, maar dit mag nie verberg word nie, dit

415

moet helder kan straal, wat egter altyd afhanklik is van die wil van elke

mens afsonderlik. En die lig wat werklik helder straal, gaan van My uit, van

die ewige Lig.

Ek het egter maar min ligdraers, mense, wat so vervul is van die verlange

na die waarheid dat hulle My as "houers" kan dien waarin die waarheid nou

ook instroom. Mense wat dan ook die lig verder dra, wat nie moeg word om

die waarheid te verkondig nie, wat egter ook sien waar die dwaling binne

gesluip het en wat dit nou probeer blootlê, sodat ook hulle medemens

hulself in die stralende lig kan verheug, wat slegs die waarheid vir hulle kan

bring.

Ek wil dat die lig versprei word. Ek wil dat My Woord tot die mense gebring

word en Ek seën hulle wat hierdie diens vrywillig aan My bewys: Dat hulle

My tot hulself laat spreek en dan My Woord uitdra in die wêreld. En almal

wat My dus wil dien, sal ook dieselfde woorde van My verneem en daarvoor

instaan.

Hulle sal ook insien waar My teenstander aan die werk is, wat op dieselfde

wyse probeer werk om verwarring te stig onder Myne, wat die lig uit My wil

doof, wat die intensiteit daarvan wil roof, sodat dit weer duister word.

En daar sal vir die waarheid ook die bewys gelewer word. Slegs dit verlang

Ek van julle dat julle My woorde sal glo, wat van bo na julle kom, wat

steeds weer as My woord herken kan word deur hom wat van goeie wil is.

En hou julle aan My woord.

As daar aan julle ‘n lig geskenk word, as julle opheldering ontvang oor dit

waar julle tot nog toe vrae gestel het, as daaruit duidelik sigbaar word die

Liefde, Wysheid en Mag van julle God en Skepper en as julle, julleself

aangespreek voel deur My as julle Vader, dan weet julle ook dat Ek julleself

aanspreek en glo dan onvoorwaardelik, want Ek bring julle slegs die suiwer

waarheid en dit op ‘n wyse, wat elkeen kan begryp, dat niemand hoef te

twyfel oor die sin van My woorde nie.

Ek spreek helder en duidelik tot julle mense, sodat julle waarlik lig sal

ontvang, sodat die duisternis van gees sal verdwyn, want Ek Self is die Lig

van ewigheid en omdat Ek My skepsele liefhet, wil Ek ook die lig vir hulle

bring, wat hulle self eens vrywillig weggegee het, maar dat dit weer

onherroeplik vir julle moet skyn, as julle weer die korrekte weg wil vind na

My in julle Vaderhuis.

Lig kan slegs van My as die ewige Lig uitgaan. En julle moet ook glo dat

julle Vader Self die lig aan julle stuur, omdat julle dit dringend nodig het en

omdat daar nie baie tyd meer is nie. Julle moet egter ook bereidwillig wees

om die lig aan te neem, julle moet die ligdraers bereidwillig aanhoor. Julle

moet weet dat hulle self in die lig wandel en julle daarom ook volledige

opheldering kan gee. En julle almal sal waarlik die weg na My vind as die

ligdraers julle voorgaan en julle hulle gewillig volg. Amen

416

Die suiwer hou van die waarheid

7889 10 Mei 1961

Ek het stryders nodig wat opkom vir die suiwere waarheid. En dit gee My

aanleiding om julle steeds weer toe te roep. Laat My woord uit die hoë vir

julle as suiwere waarheid voldoende wees en soek dit nie èrens anders nie,

tensy, dit ook van My sou wees, maar dan is daar ook geen enkele

teenspraak te vind nie. En wie die waarheid regstreeks van My ontvang,

moet daarvoor opkom en dit deur geen enkele teenwerping in die war bring

nie, alleen dan kan dit moontlik wees dat dit verbrei word en as ‘n lig in die

duister van die nag wat oor die aarde gesprei lê, binnestraal.

En Ek gee julle My ligdraers, steeds weer die opdrag om te waak oor die

geestelike leringe wat julle regstreeks van My ontvang. Alleen dan dien

julle My op die goeie manier, want julle weet nie, hoe My teenstander werk

om teen die lig op te tree wat uit die hoë omlaag na die aarde straal nie,

omdat die mense geen uitweg meer kan vind uit die nag nie, wanneer hul

nie ‘n lig ontsteek word wat hul die weë wat hul moet bewandel, verlig.

Glo nie elke gees nie! Dit moet Ek julle steeds weer sê, maar Ek moet die

beoordeling ook aan julleself oorlaat. Maar julle gees sal julle reg onderrig,

hy sal julle aansit tot afwys of tot aanname, as julle hom maar die

moontlikheid gee om hom te kan uiter. Die waarheid moet suiwer behoue

bly, dit mag nie vermeng word met vreemde ideës nie, dit moet as My

goddelike genadegeskenk herken en waardeer word. En elkeen wat dit

ontvang en herken as die "stem van die Vader", sal ook daarnaas niks

anders laat opkom nie, omdat dit in staat is om hom alles te gee, omdat

die siel hom versadig voel en na geen andere spys meer verlang nie.

Maar julle stel julle nie tevrede met hierdie voedsel nie as julle, julleself

êrens anders ook nog laat spysig nie. Julle siele sal die krag kan voel wat

hul deur die brood van die hemele toestroom, deur die woord wat julle as

die werksaamheid van My Gees gestuur word. Neem die woord aan en gee

ander leringe geen geleentheid in julle hart nie, as julle wil wandel in die

waarheid, in die lig, as julle My aanwesigheid wil geniet, want Ekself is in

die woord by elkeen wat My aanneem.

Ekself spreek elke mensensiel toe wat na die suiwere waarheid verlang. En

elkeen wat Myself tot hom laat spreek, herken ook die aktiwiteit van My

teenstander en hou hom verweg van hom. Hy weer hom af en kan nie weer

die duisternis binnegetrek word nie, die verlange na lig beskerm hom

daarteen en hy erken elke skadu wat die lig wil verduister en stap daaruit.

En My seën sal waarlik altyd met My ligdraers wees, Ek sal hul ywer beloon,

as hulle die "Goddelike waarheid" suiwer probeer hou. Want Ek het hul die

opdrag gegee om dit te beskerm en dus sal hulle ook volgens My Wil

handel as hulle hul afsonder van diegene wie se geestelike leringe hulle nie

as suiwere waarheid kan goedkeur nie. Want hulle voel hul verantwoordelik

vir die suiwer hou van dit, wat Ekself hul deur die gees oorgebring het,

417

hulle wil My dien en hulle verbrei oortuig hul mening, omdat hulle in My

diens staan. Amen

Onderwerping van die wil aan God se Wil

7892 13 Mei 1961

Ek verlang van julle volkome onderwerping aan My Wil. Want sodra julle

heeltemal in My Wil opgaan, sal julle nie anders kan dink en handel soos dit

My Wil is nie en dan sal julle ook lewe tot welgevalle van My. En dus sal

julle, julleself aan My moet oorgee, julle sal alles moet aanneem as deur My

aan julle opgelê of gegee, julle sal by alles wat julle meemaak, My Hand

sien wat julle lei en weet dat alles sin en doel het, dat alles by die weg van

julle lot hoort, wat julle volwasse wording ten doel het en gegrondves is in

My Liefde en Wysheid.

Dan sal julle nie meer mor en kla nie, dan sal julle, julleself deemoedig buig

en julle as ‘n kind deur die Vader laat lei, wat nie anders as goed en

liefdevol teenoor julle kan handel en aan wie julle, julleself daarom ook kan

toevertrou in elke nood van die liggaam en die siel.

Maar julle wil het homself eens van My afgewend wanneer julle, julleself

nou weer vrywillig onder My Wil plaas, is die terugkeer na My ook voltrek

en julle hoef julle in die aardse lewe slegs nog maar so te vorm, dat die

aaneensluiting met My kan plaasvind, wat ‘n hart vereis vol van liefde, wat

homself met die ewige Liefde verenig en die definitiewe terugkeer as kind

na die Vader is voltrek.

Maar die plaas van die wil onder die van Myne verseker julle ook alle hulp

van My kant af, dat hierdie aaneensluiting met My bereik word, want Ek

Self verlang na julle My skepsele, dat julle as kind na My as julle Vader sal

terugkeer. En omdat Ek alles, die hele skepping, terwille van hierdie

terugkeer laat ontstaan het, sal Ek ook steeds bereid wees om hierdie

terugkeer te bevorder, Ek sal dus op elke wilsuiting van julle ingaan en

waarlik op seënryke wyse, wanneer dit My geld.

En julle sal dan ook steeds My Wil in julle herken, julle sal doen wat nuttig

is vir julle siele, julle sal aan julleself werk en julle ver hou van alle sondige

verlange, julle sal stry teen alle versoekinge van die vyand, van julle siele

en ook standhou, omdat julle krag van My ontvang deur innige oorgawe

aan My. Dan sal julle aardse lewe waarlik nie nutteloos wees nie, omdat

julle die sin en doel hiervan insien en ook julle taak op aarde vervul: Om

geestelik volwasse te word.

Dog julle sal nog moet worstel tot aan die einde van julle lewe op aarde,

omdat My teenstander julle nie so maklik sal opgee nie, omdat hy steeds

nog glo om julle te kan terugwen en omdat hy daarom ook nie sal ophou

om julle in die noute te bring nie. Maar die wil na My toe verseker julle ook

die toevoer van krag, want Ek laat My kind, wat homself van die

418

teenstander afgewend het en na My gevlug het, nie meer in sy hande val

nie, omdat hy My herken het as sy God en Vader van die Ewigheid.

Wees daarom nie bevrees, dat Ek julle ooit sou kan verlaat nie, vrees geen

gevoelens van swakheid wat julle steeds weer sal oorval nie. Ek Self waak

oor julle en beskerm julle teen die terugval na die dieptes. Ek sal nie duld

dat die teenstander mag oor julle kry nie, Ek sal steeds aan julle sy wandel,

ook wanneer julle My nie sien nie, om julle te beskerm en te behoed teen

elke onheil wat julle bedreig van die kant van My teenstander.

Hy kan julle geen skade meer berokken, sodra julle die terugweg na My

gevind het nie, wat bewys word deur die na My toegewende wil. Want julle

aardse lewe is slegs nog geestelik gerig, julle maak julle deur julle wil los

van dit wat aan My teenstander behoort, ook wanneer julle nog midde in

julle aardse werkterrein staan en julle, julleself daarin sal moet bewys.

Alle krag kom nou van My na julle toe en bind julle steeds vaster aan My.

En My teenstander het geen reg meer op julle nie, omdat julle vrywillig na

My teruggekeer het en julle wil nie gedwing kan word nie. En daarom kan

geen mens verlore gaan wat in My glo en op My aanstuur deur middel van

gedagtes of deur werke in liefde, wat steeds die wil na My vereis en

aangetoon word deur die deurstane wilsproef op aarde. Algehele oorgawe

aan My sluit ook die volledig plasing van julleself onder My Wil in en dan

behoort julle aan My en Ek sal julle ewig nie meer opgee nie. Amen

Die Vader praat met Sy kinders

7898 22 Mei 1961

Mag julle tog maar tevrede wees met My inspraak, mag julle tog My woord

aanneem, wat julle in julle hart oorweeg en dan ook daarvolgens lewe. Julle

sou dan sekerlik die krag van My woord ervaar en sou bemerk dat dit julle

Vader is wat tot julle gespreek het, wat SY kinders liefhet en die beste met

hulle voortgaan sodat hulle salig kan word.

Dit is immers vanuit My oneindige liefde dat julle aangespreek word, want

My onbegrensde liefde is die rede van alles wat julle sien, wat julle omgeef

en wat julle ondervind. Ek toon My Liefde voortdurend vir julle maar julle

herken dit nie en julle verlang ander bewyse om My boodskappe as

waarheid te kan aanneem. Elkeen van julle wil om die rede persoonlik

aangespreek word, maar Ek spreek tog tot julle almal wanneer My woord

van bo weerklink.

Besef dat julle eens as My skepsele van My uitgegaan het, dat julle egter as

My kinders tot My moet terugkeer. Maar hierdie verandering tot kinders

moet deur julleself volbring word, omdat dit van julleself afhang of en in

hoeveel tyd julle dit sal volbring. En as dit julle opregte wil is om hierdie

doel tydens julle aardse lewe te bereik, dan sal julle hierdie verandering

ook in julle diepste wese teweeg moet bring. In julle hart sal julle hierdie

verbinding met My herstel en julle sal dan ook self My uitspraak in julle hart

419

kan hoor en salig word. Dan herstel julle die regte verhouding van die kind

tot die Vader, waarby die Vader SY kind ook sal aanspreek. En die kind wat

die stem van die Vader in hom hoor sal nie meer daaraan twyfel nie, dat dit

werklik die Vader is WAT tot Hom spreek.

Hierdie volwassenheid van siel moet eers in elke mens aanwesig wees,

voordat hy deur My aangespreek kan word, maar woorde alleen kan hierdie

innige verhouding nie laat plaasvind nie. Julle moet nie net glo om My

kinders te wees nie, julle moet ook daarna strewe om My ware kinders te

wees. En gevolglik het My inspraak van bo tot doel om julle My skepsele tot

‘n lewenswandel te beweeg wat van julle ware kinders sal maak, wat in

alles die wil van die Vader sal vervul en sodat Ek julle dan ook sal

aanspreek soos ‘n Vader sy kinders aanspreek. My woord wat van bo tot

julle klink, gee julle steeds weer insig in My oneindige liefde vir julle dus is

dit vanuit My Liefde dat Ek julle die onverdiende barmhartigheid van My

inspraak laat toekom. Julle is immers nog lank nie in ‘n staat van

volwassenheid dat julle waardig sou wees om My persoonlik te kan hoor

nie, maar omdat My Liefde vir julle nie minder is as voor julle afval van My

nie, sien Hy julle gebrekkige toestand oor die hoof en gee julle

barmhartigheid in oorvloed.

Die ontvang van My woord moet egter ook deur julle opgeneem word as ‘n

oorgrote barmhartigheid, waardeur julle ‘n insig verkry in My Wese wat

Liefde, Wysheid en Mag is. Wie My woord dus aanneem, weet dat hy deur

My liefde omring word, dat Ek hom versorg en behoed en hom nie verlore

laat gaan nie en dat Ek vir hom ewige saligheid wil berei.

So ‘n mens verlang geen bewyse van My liefde nie, want sy hart voel die

liefde, sodra hy homself open vir My in vrye wil. Dan weet hy ook dat hy My

kind is en ewig My kind sal bly, omdat hy dan langsaam na My streef. Hy

beantwoord dan ook die liefde wat Ek hom skenk en is dan innig met My

verbonde, want elke uiterlike vertoon is vir hom vreemd, omdat sy

innerlike lewe heeltemal gerig is op die geestelike, omdat die wêreld sy

aantrekkingskrag verloor het. Sy sielsvolwassenheid is daaraan te herken

dat hy nouself liefde uitstraal, egter nie aan woorde en gebare wat elkeen

kan aanwend nie, selfs ook as hy nog nie die sielsvolwassenheid bereik het

nie.

Wees dus versigtig met die te vinnig afgaan op uiterlikhede, want daaragter

kan sy innerlik lewe homself verberg, wat julle nie kan nagaan nie, maar

wat egter van iedereen aan My bekend is. Netso mag julle, julleself nie

vererg vir My uiterlike woord nie en dit slegs met julle verstand wil

verstaan nie, maar julle moet dit diep in julle hart oorweeg, want eers dan

sal dit in julle werksaam word as julle daarvolgens sal leef en My wil vervul.

My woord Self moet julle oortuig en sal dit ook doen, sodra julle wil geheel

aan My toegewy is, sodra julle ernstig na My, as julle Vader, sal streef, van

Wie julle eens uitgegaan het. Amen

420

Die Huisvader neem alle sorge op Hom

7901 26 Mei 1961

Vertrou julle alleen maar toe aan My en My leiding en julle sal doen en laat

wat vir My reg is julle sal die weë gaan waarop julle met sukses sal kan

werk vir My en My Ryk. Julle sal My dien volgens My Wil, want Ek is steeds

Hy wat in en deur julle kan werk. Alleen maar julle oorgawe aan My is

nodig en julle weg oor die aarde sal nie tevergeefs wees nie, hy sal julle na

julle doel lei. En Ek het nog baie werk vir julle voordat die einde kom. Ek

wil nog baie mense red wat in geestelike nood is en het julle daarvoor

nodig, wat makliker toegang verkry by diegene wat nog nie self die weg na

My gevind het nie. En omdat Ek julle nodig het, sal Ek ook daarvoor sorg

dat julle in rus vir My sal kan werk. Ek sal julle aardse lot so inrig dat dit vir

julle te verdra is, dat julle, julle hele krag vir My sal kan insit en My dan

dien volgens My Wil. Want julle volledige oorgawe aan My gee My ook die

moontlikheid, om vir julle te sorg en julle te lei, dat julle dan ongehinderd

ook die arbeid vir My sal kan uitvoer, dat dit julle van binne sal aanspoor

om in My Wil werksaam te wees.

Neem so genoeë met hierdie toesegging van My om vir julle elke sorg op

My te neem. Die Huisvader sal Hom oor die welsyn van Sy kinders, wat

Hom getrou dien, bekommer. Maar die Vader sal dus ook trou op Sy

kinders let en in Liefde vir hulle sorg. En weet dat alles beskik is in

ooreenstemming met die missie wat julle vrywillig op julle neem, want

hierdie missie is buitengewoon belangrik en betekenisvol, want dit kom

daarop neer, om nog baie verlossende werk te verwesenlik voor die einde,

die medemens in My plek My Woord aan te bied, omdat Ek hulself nog nie

kan aanspreek nie en dit nou deur julle moet gebeur, sodat hulle nie

verlore gaan nie. Want so vele is gewillig om te glo, maar hulle vind nie die

ware geestelike goed wat hulle na ‘n lewende geloof kan lei nie. En om My

Woord aan hulle te bring en hulle te wys op ‘n God en Skepper, Wie ook hul

Vader wil wees, is waarlik ‘n dankbare taak, wat sy uitwerking kan hê tot in

alle ewigheid. En wanneer daar slegs één siel gered word van ‘n hernieude

gang deur die skeppingswerke, dan is die arbeid in My wingerd nie sonder

resultaat gewees nie en dit sal julle seën oplewer, geestelik en ook aards.

Maar omdat Ek julleself kan aanspreek, besit julle geestelike goedere van

onmeetlike waarde, ‘n geestelike leer wat elke gewillige siel aanspreek, wat

hom tot geloof kan voer en hy dan gered is vir ewig. En hierdie geestelike

leer sal julle verder moet gee, julle sal My barmhartigheidsgawe steeds

opnuut mag ontvang en daarmee werk. Julle sal ‘n kosbare saad besit wat

julle sal kan uitstrooi en julle dien My waarlik as troue kneg wanneer julle

My opdrag vervul en die evangelie (van die liefde) in die wêreld uitdra.

En daarom sal julle ook kan glo dat Ek julle die weë gereed sal maak wat

julle sal moet gaan. Julle kan glo dat Ek julle altyd bystand sal verleen, dat

julle met elke sorg, met die kleinste versoek of die kleinste verlange na My

421

as julle Huisvader sal kan kom en Ek waarlik alle sorge van julle sal

afneem. Julle kan glo dat Ek vir julle die sorge oorneem, solank julle in My

diens is, solank julle, julleself oor die arbeid vir My en My Ryk bekommer:

En daarom sal julle al die sorge, wat julle nog aards terneerdruk moet laat

vaar, want Ek wil dat julle insien dat julle ‘n Vader het, Wie julle liefhet; dat

julle ‘n goeie Meester het, Wie deur julle gedien word, dat Ek oor julle

waak, omdat julle My dien en dat Ek julle arbeid vir My en My Ryk seën.

Amen

Word 'kinders' van God

7907 1 Junie 1961

Ewig neem Ek My Liefde nie meer van julle weg en of julle, julleself ook ver

hou in vrye wil, eens sal julle weer na My terugkeer, omdat My Liefde julle

nie opgee nie.

En Ek sal julle ook steeds blyke van My Liefde gee, Ek sal julle begelei en

vir julle sorg wanneer julle as mens oor die aarde gaan, omdat Ek ook julle

liefde wil wen, wat julle weer met My verbind soos in die allereerste begin.

Dus nooit mag julle aan My Liefde twyfel nie, julle liefde egter bepaal die

graad van die nader kom tot My, van julle liefde alleen hang dit af, of en

wanneer die aaneensluiting met My plaasvind.

En julle liefde toon julle My deur die graad van naasteliefde, wat julle

steeds moet vergroot as julle volmaak wil word. En hiervoor word vereis,

dat julle die eieliefde volledig aflê, dat julle daar na streef om in die liefde

tot die naaste op te gaan, dat julle onselfsugtig die naaste behulpsaam is.

Dan kom julle steeds nader aan My, want met elke werk van liefde trek

julle My tot julle met elke werk van liefde klim julle hoërop, julle bring dan

die verbinding met My tot stand, met My die ewige Liefde en Ek Self kan

nou in julle wees, My Liefde kan julle weer deurstraal soos vroeër, julle het

dan My kinders geword en sal dit nou ook bly tot in alle ewigheid. En dit is

julle bestemming gedurende julle aardse lewe, dat julle, julleself tot kinders

vorm, julle wat eens as 'skepsele' van My uitgegaan het. En daar julle die

weg deur die diepte gegaan het en totaal sonder enige liefde was deur julle

vroeëre afval van My, is dit ‘n moeilike doel om julleself weer in vrye wil tot

liefde te vorm.

Daar is dus ‘n sterk wil nodig wat in dade omgesit moet word. Die krag

daartoe moet dus steeds weer deur liefde verkry word, of deur innig gebed

van My gevra word. Alleen liefdesbetuiginge teenoor My is dus nie

voldoende nie, maar dade van liefde is nodig om tot die krag te kom, wat

dan egter ook ‘n gestadig nader na My toe kom tot gevolg het.

As ‘n mens self sy hart open in vrye wil om hom deur My met die krag van

My Liefde te laat aanstraal, sal ook sy hart steeds meer tot liefde bereid

wees en die mens sal ook eenmaal sy doel bereik: hy sal die kindskap van

God verwerf, as sy lewe ‘n ononderbroke werk in liefde is in volledige

422

onselfsugtigheid. Maar slegs weinig bereik die graad van liefde op aarde

omdat steeds nog die eie ek homself voorpraat, omdat dit groot inspanning

vereis, wat die mens alle verlange en begeerte opgee terwille van die

naaste; want sy siel moet hom volledig ontdoen van afvalstowwe

gedurende sy lewe op aarde en daar hoort ‘n hoë graad van liefde toe en

ook ‘n groot mate van leed, sodat die siel geheel gelouter is by sy

heengaan van die aarde.

Hulle is dan volgroeid tot ware kinders van God en het die aaneensluiting

met My al op aarde gevind, hulle het hulself in vrye wil gevorm tot kinders,

wat Ek Myself nie kon skep nie. Wie daar egter ernstig na streef, wie in

diepste deemoed steeds en steeds weer My genade afsmeek, wie homself

al voel as My kind, die sal ook nie verswak in sy strewe nie en sy doel ook

bereik.

Maar die liefde tot My moet hom vervul, die verlange na die hoogste

geluksaligheid en die liefde tot My sal dan ook die graad van sy naasteliefde

voortdurend verhoog. Deur die naasteliefde egter bewys hy eers sy liefde

vir My.

Ek wil egter julle almal tot My kinders vorm en julle moet julle ook almal as

My kinders voel, daar julle anders nie die ware verhouding met My tot

stand kan bring nie, met julle Vader van ewigheid, uit Wie se Liefde julle

voortgekom het.

Julle mag egter nie vergeet dat julle op aarde is om My kinders te word nie

en dat julle, julleself daarom onophoudelik moet inspan. Is julle egter My

kinders, dan kan en sal Ek julle ook van die aarde wegneem, omdat julle

dan die doel bereik het waarvoor Ek alles geskape het: die hoogste

volmaaktheid in vrye wil.

Die verskil moet Ek julle steeds weer voor die gees stel, om julle daartoe te

bring om die grootste inspanning te lewer, want solank julle oor die aarde

gaan, het ook My teenstander invloed op julle en solank My teenstander

nog invloed op julle kan uitoefen, sal hy ook weet hoe om julle te verhinder

dat julle, julleself geheel aan die naasteliefde wy, want solank daar nog

onreine geestelike substansies in julle is, solank het die liggaam ook nog

aardse verlangens, solank is die eieliefde nie heeltemal oorwin nie en moet

die mens hierteen steeds stry.

Die totale oorwinning van al die negatiewe verseker die mens egter ook ‘n

hoë graad van liefde en dan kan ook die eenwording met My plaasvind,

want dan trek die Vader Sy kind na Hom toe en laat hom ewig nie meer los

nie. Amen

423

Die eindtyd gee aanleiding tot

barmhartigheidsgawes

7908 3 Junie 1961

Dit is ‘n onverdiende daad van barmhartigheid, wanneer julle mense, die

woord van Bo kan verneem. Want in die tyd kort voor die einde het die

mensdom op so ‘n lae geestelike peil beland dat daar ‘n oplossing vir die

aardse skepping nodig is. ‘n Omwenteling en ‘n nuwe opwekking is nodig

van al die geestelike wat nog in ‘n gekluisterde toestand is. Egter ook van

die geeste wat nou as mens beliggaam oor die aarde gaan en waarvan die

grootste deel nie die proef van die aardse lewe kan deurstaan nie.

Sodoende streef die mense nie meer self na ‘n verbinding met My nie. Hulle

hou hulself van My verwyderd en deur hulle verwerping is hulle nie waardig

om deur My aangespreek te word nie.

Daarom is dit ‘n ongewone barmhartigheid dat Ek My desondanks neerbuig

en die mense aanspreek, dat Ek My Woord ook aan hulle laat toekom wat

hulle nog ver van My af hou. Ek sien die staat van onwaardigheid oor die

hoof. Ek sorg vir die mense wat hulle van My afkeer, omdat die tyd van die

einde gekom het, omdat die einde vir baie mense die hernude kluistering in

die materie beteken, wat Ek nog van hulle wil afwend, solank daar nog tyd

is.

Ek sal lok en roep en Ek sal oralheen ‘n straal van My liefdeslig laat

opflikker. Ek raak die menseharte aan met hierdie straal om maar te bereik

dat hulle hulle sal besin, dat hulle My Woorde in hulle harte sal opneem, dit

in die harte oorweeg en daarom hulle lewenswandel daarvolgens sal rig. Ek

wil net nie dat hulle weer vir ewige lang tye verlore sal gaan nie.

En daardie groot gevaar bestaan, want slegs weinig mense het ‘n lewende

geloof in My, wat hulle sou beskerm teen die ondergang, wanneer die uur

van die einde sal kom. Daarom skenk My Liefde hierdie laaste

barmhartigheidsgawe aan julle mense. Julle moet julle net nie daarteen

verweer wanneer My dienare My Woord aan julle wil bring nie. Luister na

hulle en dink na sonder innerlike weerstand oor wat Ek tot julle spreek en

julle kan daarom ook ‘n geloof verwerf in Jesus, julle God en Skepper, wat

geen blinde geloof sal wees nie.

En daarom sal julle ook spoedig My liefde vir julle bemerk. Want gedagtes

sal julle binnekom wat julle nie sal verwerp nie, omdat julle sal insien dat

dit die waarheid is. Gee slegs julle innerlike weerstand op en julle is gered

vir tyd en Ewigheid. Luister na My en die krag van My Woord sal sy

uitwerking nie op julle mis nie, omdat dit die Liefdeskrag van God is wat

julle deur My Woord bestraal.

Dit is geen hol mensewoorde wat julle hoor wanneer My bodes My

barmhartigheidsgawes aan julle bring nie. Want mensewoorde is maklik om

te verwerp. Goddelike woorde egter het invloed, bygesê dat die wil van die

mens hom nie teen hierdie invloed verweer nie. Daarom verlang Ek alleen

424

van julle dat julle hulle nie onwillig afkeur nie, maar eers daaroor sal

nadink. En Ek sal julle waarlik help om die waarheid van My Woord te

herken. julle harte sal hom aangespreek voel en julle denke sal hom

langsamerhand na My toe wend. Julle weerstand sal swakker word en die

Krag van My Woord sal begin om op julle in te werk.

Gee slegs julle weerstand op en waarlik, Ek Self sal iedereen persoonlik

aanneem. Ek sal hom woorde gee van liefde en barmhartigheid, woorde

van troos, goeie raad en wysheid. Net soos wat hy hulle nodig het vir sy

siel, omdat hy Myself herken in die woorde wat My bodes vir hom bring,

want waarlik Ek sê vir julle: Dit is die tyd van die einde en My liefde en

barmhartigheid word julle steeds weer opnuut geskenk en wil julle behoed

vir die lot van die hernieude kluistering, wanneer die einde sal kom.

En daarom giet Ek My barmhartigheidsgawes nog in ryke mate uit. En hy

wie se hart nie heeltemal verhard is nie, wil Ek nog wen vir My en My Ryk.

Aan hom probeer Ek om My te openbaar as ‘n liefdevolle God en Vader van

die Ewigheid en Hy sal waarlik deur die straal van My liefde geraak word.

Hy sal My Woord kan herken as die stem van die Vader wat Sy kind wil

help. Wat hom wil behoed van die afgrond en hom nog wil red voordat die

einde sal kom. Amen

Die betekenis van die nagmaal

7909 3 Junie 1961

Hoe kragtig is julle reeds die betekenis van die nagmaal uitgelê. Hoe

kragtig is die aanbied van My vlees en My bloed julle al begryplik gemaak

deur My Woord. Hoe kragtig het Ek julle gesê dat Ek Self die Woord is van

ewigheid. Dat Ek julle Myself aanbied, dat julle My vlees eet en My bloed

drink as julle My Woord in julle hart opneem.

Julle siele moet die soort voedsel ontvang wat hom help om gesond te

word, omdat julle siek en verswak is en dit julle krag gee. Julle moet

gespysig en gelaaf word met die brood van die hemel en die water van die

lewe. Julle het ‘n gesonde voeding nodig en die voedsel kan alleen Ek Self

julle bedien, want die geestelike moet gevoed word. Julle moet uit die

geesteryk voedsel in ontvangs neem en daarom moet julle die nagmaal hou

aan My tafel, met My as die Gasheer wat julle uitnooi om tot My te kom en

julle deur My te laat spysig.

Brood en wyn moet julle siele ontvang, My vlees en My bloed is die ware

voeding en sodoende neem julle My op as julle My Woord aanneem wat Ek

die siel Self vanuit die hoogte stuur. En dit bly dieselfde of Ek Self julle

regstreeks aanspreek of dat julle deur My dienare My Woord in ontvangs

neem. Altyd breek Ek Self die brood, altyd reik Ek Self julle die water van

die lewe aan en altyd sal julle dan die nagmaal tot julle neem aan My tafel

wat ryklik gedek is sodat dit geen siel wat My gas wil wees aan voedsel sal

ontbreek nie.

425

Maar Ek verstaan daar geen uiterlike gebruike onder nie, Ek neem daar

geen genoë mee dat julle uiterlike gebruike en handelinge verrig en dan glo

dat Ek Self nou in julle is. Dat julle so met My verbind want as julle die

seremonies ondergaan, wat julle onder die woorde “nagmaal” of

“bymekaarkoms” verstaan. Dit sal altyd alleen maar uiterlike handelinge en

gebruik bly, as julle nie van ganser harte daarna verlang om My Woord te

hoor en deur My aangespreek te word nie. As julle siele nie honger en dors

na die brood van die hemele nie, na die water van die lewe; na My Woord

nie!

Want “My Woord” is Ek Self en daar moet so ‘n groot verlang na My Woord

hom van julle meester maak, dan eers sal julle kan sê, dat julle innig met

My verbind is en met My die nagmaal hou. Dan eers kan Ek julle brood en

wyn aanbied, My vlees en My bloed. Dan eers het julle na My tafel gekom

om met My die nagmaal te nuttig, dan ontvang julle Myself soos Ek dit julle

beloof het.

“Ek is die brood” – “En die Woord het vlees geword” - verstaan julle nou My

Woorde reg wat Ek op aarde gespreek het? “Wie My vlees eet en My bloed

drink die het die EWIGE lewe!” Wie My Woord hoor en die krag van My

Woord op hom laat inwerk, hy alleen kan die EWIGE lewe bereik, want sy

siel sal genees en tot volle ontwikkeling kom. Julle sal deur My Woord ook

My Wil ken en My Woord sal julle die krag gee om na My Wil te lewe. Julle

sal dus nie alleen na My Woord luister nie maar dit ook toepas en waarlik

die lewe kry wat julle vir ewige nie meer kan verloor nie.

En omdat Ek weet hoeseer die mense die voedsel vir hulle siel nodig het,

stuur Ek My uitnodiging en roep almal om as gaste aan My tafel te kom en

met My die nagmaal te gebruik. En niemand hoef onversadig van My tafel

heen te gaan nie, want dit is ryk gedek vir almal wat tot My kom en so deur

My wil laat spysig en te drinke gee.

Ek het waarlik kragtige spyse en ‘n heilsame drank vir julle almal berei.

Maar julle moet self tot My kom, honger en dors moet julle na My dryf.

Dan sal julle siele ook gelaaf word, julle sal weer nuwe krag kry vir julle

pelgrimstog op aarde. Julle sal nie meer kragteloos neersink langs die weg

nie, want steeds weer sal julle die ware voedsel aangebied word, as julle

daarna verlang, as julle, julle innig met My verbind en wens om deur My

gespysig te word.

Ek Self sal tot julle kom en Ek sal klop aan die deur van julle hart en wie

My binne nooi, met hom sal Ek die nagmaal vier en hy met My. Maar glo

egter nie dat Ek daar is waar alleen aan die uiterlike vorm voldoen word

nie, waar julle egter julle vir My Woord wat uit die hoogte tot julle kom

sluit. Want wie My Woord nie hoor nie hom hoor Ek ook nie. Wie My Woord

afwys hom wys Ek af en sy siel sal sonder voeding bly. Hulle moet dan

gebrek ly en gaan so bekommerd en armsalig die geesteryk in as die uur

van sy dood gekom het. Amen

426

Die leerstelling van verdoeming is misleide onderrig

7910 4 Junie 1961

Moenie vrees om verlore te gaan wanneer julle My in julle hart dra nie. Glo

nie dat ‘n wraakgierige God julle vir julle sonde sal straf nie, dat Hy geen

genade het nie, dat Hy julle vir altyd sal veroordeel nie. Ek is ‘n God van

liefde en genade en sal julle altyd uit die diepte waarin julle, julleself

vrywillig gewerp het help na bo. As gevolg van julle sonde het julle, julleself

in ‘n ellendige staat geplaas; julle het die staat van lyding geskep waarin

julle, julleself bevind. Maar tog sal Ek julle altyd help om julle weg uit die

diepte te vind, telkens weer sal Ek julle help om geseënd te word soos julle

in die begin was. Julle wil self die boosheid hê en trek dit self nader aan

julle die effek van julle vrywillige begeerte en dade in die verlede kon julle

nie geluk bring nie, maar die gevolg was ‘n miserabele toestand.

Maar julle God en Vader het julle lief omdat julle uit Sy liefde voortgekom

het en hierdie liefde sal nie ophou nie. Daarom sal dit altyd poog om julle

terug te bring, dit sal alles doen om julle ‘n salig lot te gee, maar dit vereis

julle vrye wil. Omdat julle My eens vrywillig verlaat het, omdat julle eens

julleself met ‘n ernstige sonde belas het, moet julle ook vrywillig na My

terugkeer, julle moet julle skuld besef, julle moet berou hê daaroor en My

om vergiffenis vra en alles sal wees soos dit aan die begin was, julle sal

salig gelukkig wees in julle verhouding met My. Dus kan julle altyd in ‘n

God van liefde en genade glo, Hoewel Ek ook ‘n regverdig God is sal Ek

nietemin julle nie aan julleselfgekose lot oorlaat of straf vir julle oplê nie.

Dit is daarom verkeerd om te sê dat Ek julle vir julle sonde veroordeel, in

plek daarvan ontmoet Ek hierdie houding met dade van liefde en

meegevoel: Met My offerdood aan die kruis namens julle sonde. As Ek julle

vir ewig wou veroordeel vir julle sondeskuld van die verlede was My

Verlossingswerk waarlik nie nodig gewees nie. Maar Ek gee julle die bewys

van My liefde en genade. Ek offer Myself, Ek sterf vir julle Ek gee My lewe

aan die kruis oor vir julle sondeskuld.

Uit dit alleen kan julle sien dat die leerstelling van ewige verdoeming ‘n

misleide leerstelling is, omdat My daad van Verlossing die teenoorgestelde

bewys. Dit bewys aan julle ‘n God van liefde en genade, wat Homself offer

om julle skuld te verlos, wat daarom julle nooit ooit vir ewig sal veroordeel

nie. ‘n straffende God is nie ‘n ware beeld van My en My Wese nie, Ek is

liefde en sal nie My lewende wesens in ‘n nog groter ellende dompel as wat

hulle reeds deur hul afval van My ondervind nie. Ek wil hulle herwin en

neem daarom hulle skuld op My om dit te verlos, omdat Ek medelye met

die lot van die gevalle siele het en Ek hulle na bo wil help.

Maar die lewende skeppings, die mens in die laaste fase op aarde kan ook

weier om My genade aan te neem deur hardnekkig ver van My af te bly,

dan sal hy inderdaad ellendig bly en sal sy eie lot van verdoeming skep,

wat hy egter enige tyd kan stop deur slegs My te benader, deur My werk

427

van Verlossing te erken en dit te vra. Hy sal in My altyd ‘n liefdevolle Vader

vind wat Sy kind wil help, wat Self na Sy kind verlang en hom elke oomblik

ondersteun. Hy eerbiedig slegs die vrye wil van sy kind en dwing hom nie

om terug te keer nie. Maar dan sal hy ‘n ongelukkig lot ly tot die vrywillige

terugkeer na My plaasgevind het.

Ek IS ‘n God van liefde en genade. Maar regverdigheid wat ook deel van My

volmaakte aard uitmaak, laat My nie toe om julle van ‘n salig lot te

voorsien nie, omdat dit julle eie skuld was dat julle sondig geword het. Julle

moet eers versoening van julle skuld deur My Verlossing aanvaar, julle

moet My erken in Jesus Christus en tot die wil behoort vir wie Ek My bloed

aan die kruis gestort het. En waarlik julle sal nie meer van ‘n God van toorn

praat, wat julle genadeloos veroordeel nie. Julle sal My liefde self ervaar,

want Hy Wie julle sondeskuld van die verlede op Homself geneem het en

dit verlos het, wil weer met julle verenig en julle deurdring met Sy

liefdeskrag en julle sal geluksalig wees en bly vir alle ewigheid. Amen

Verandering van dood na lewe

7911 5 Junie 1961

Ek lei al die dode na die lewe. Want die oorsprong van alles, wat is, was

lewe. Dit was ‘n toestand van onophoudelike werksaamheid in lig en krag,

want die krag van My liefde, die diepste grondslag van alle bestaan,

deurstroom ook dit, wat as iets wesenliks van My uitgegaan het en die krag

moes nou ook werksaam word in ononderbroke werksaamheid. Die

werksaamheid bestaan uit voortdurende skep, maar oor die aard van die

skeppinge kan julle geen opheldering gegee word nie, omdat dit geestelike

skeppinge was, wat julle nog beperkte denke nie kan verstaan nie. Maar

hulle was werksaam en die werksaamheid was ‘n bewys van “lewe”.Toe die

wesens hulle van My afkeer, toe hulle hul verset teen die krag van My

liefde, verval hulle stadig-aan in ‘n toestand van werkloosheid en dus in ‘n

toestand van leweloosheid. Hulle verhard in hul substansie en word

onbeweeglik, star en tot geen enkele daad in staat nie. En hulle was nou

ook nie meer salig te noem nie. En in die doodse toestand bevind nog

tallose wesens hulle, wat eens as My skepsele van My uitgegaan het in alle

volmaaktheid, wat bomate salig was, omdat hulle in lig en krag onbeperk

kon werk. Maar het desondanks vrywillig hul volmaaktheid opgegee, toe

hulle hul teen My verset en die aanstraling van My liefde afweer, toe hulle

My teenstander, wat as eerste-geskape wese hom ook van My losgemaak

het, in die afgrond in volg. Nou kom hulle dus tereg vanuit die lewe in die

dood.

Maar Ek los hulle nie vir ewig in die toestand nie, Ek probeer om die dode

weer lewe te gee en Ek sal nie rus, tot Ek My doel bereik het nie en al die

eens van-My-afgevallenes weer tot My teruggekeer het. Tot hulle weer

lewend geword het. Maar die terugkeer na My toe is ‘n proses, wat

428

eindeloos lange tyd duur, wat seker eenmaal tot ‘n einde sal kom, maar die

wese self bepaal die tydsduur. Want Ek moet met één ding rekening hou:

die vrye wil, wat elke wese as teken van sy goddelikheid besit en dit dus

ook die aard en die tydsduur van die proses van terugkeer bepaal.

Wat julle nou om julle heen sien, elke skeppingswerk, het slegs ontstaan

ten behoewe van die terugkeer, want Ek het ‘n heilsplan voorberei, wat My

liefde en wysheid as suksesvol erken en wat My mag om dit uit te voer, laat

slaag. Ek wil die dode weer die lewe gee. wat beteken: al die verstarre, wat

nie tot werksaamheid in staat is nie, moet stadig weer tot werksaamheid

toegelaat word, wat Ek weliswaar nouself bepaal, omdat Ek hulle wil wat

My weerstaan aan bande lê vir ‘n bepaalde tyd van opwaartse ontwikkeling

en het so stadig weer die toestand van “lewe“ bereik, maar in ‘n toestand

van moet d.w.s., hulle besit in die tyd geen vrye wil nie, maar moet hulle

nou besighou na My wil, maar om met sekerheid na ‘n eindeloos lange

ontwikkelingsgang weer eenmaal die toestand van vrye wil te bereik. En

onder die ontwikkelingsgang is te verstaan die gang deur alle skeppinge op

die aarde, ‘n proses, wat julle sal begryp, wanneer julle jul elke

skeppingswerk voorstel as bestaande uit die afsonderlike sielsubstansies,

wat aan ‘n eens-gevalle wese behoort het, wat in die doodse toestand

opgelos in ontelbare partikeltjies, wat dus nou in die skeppinge wat hul

toegewys is werksaamheid verrig na My wil, na die goddelike natuurwet.

Julle mense sal julle slegs ‘n klein voorstelling kan maak oor wat die

skepping in sy diepste grond is, julle moet weet, dat dit nie willekeurig

ontstaan het sonder sin of doel nie, maar dat dit ‘n baie groot doel het:

bydra tot die opwekking van die dode tot lewe. Want hulle, wat eens van

My afvallig geword het, was wesens, wat Ek na My ewebeeld buite My

geplaas het, wat Ek gelukkig wil maak en waarin Ek die selfde tyd ook My

geluksaligheid wil vind. Hulle was skepsele van My liefde, wat Ek vir ewig

nie opgee nie en wat Ek wil help uit die doodse toestand, wat hulle deur eie

skuld veroorsaak het, wat Ek na die lewe wil lei, wat ewig duur.

En omdat My liefde vir hulle wat eens deur My geskape was nie minder

word nie, sal Ek ook nie verswak in My inspanning, om die doodse skepsele

weer lewe te gee nie. Maar eenmaal word hul ook die vrye wil teruggee en

dan moet hulle self die werk van My liefde aan hulself voltooi. Hulle moet

hul in vrye wil weer tot My wend, soos hulle hul eens in vrye wil van My

afkeer het. Hulle moet dus self die toestand van die lewe kies, want hul

laaste voltooiing word nie deur My nie, maar deur hulle wil bepaal. En as

die wil faal, dan verleng hul wese weliswaar self die duur van die doodse

toestand, maar eens bereik Ek tog seker My doel, want Ek laat niks oor aan

die toestand van die dood nie, wat eertyds met die doel van ‘n vry lewe in

lig en krag uit My liefde voortgekom het. Amen

429

Verklaring vir die ongewone kennis

7916 11 Junie 1961

Wye velde van kennis word aan julle geopenbaar as julle My woord van bo

in ontvangs sal neem, want Ek Self lei julle na kennis wat julle nie

verstandelik kan verwerf nie.

Julle wat julle medemens moet onderrig, moet self onderrig word in alles

wat daar nodig is om te weet vir julle. Julle moet egter ook elke teenstand

kan weerlê as dit daarom gaan om die enigste waarheid te verdedig, as

verstandsmense die geestelike dinge probeer ontkrag. Dan moet julle elke

stelling kan verklaar. Daarom moet julle vooraf met ‘n diep geestelike

kennis bekend gemaak word, wat slegs deur My direkte aanspreeking kan

geskied.

Maar om julle regstreeks aan te spreek, kan Ek slegs doen wanneer julle,

julleself so gevorm het deur ‘n lewe volgens My wil, dat My Gees Hom oor

julle kan uitstort. Eers dan sal julleself ook dit begryp wat as diepste kennis

tot julle kom, om welke rede daardie selfde kennis, as dit van mens tot

mens deurgegee word, ook slegs vir diegene begryplik is en deur hulle as

waarheid ingesien word, wat ‘n lewe in liefde lei en dus ook die gees in

hulle tot ontwaking gebring het. Die geestelike kennis is omvangryk. Maar

altyd kom dit in die maat tot julle soos wat julle dit nodig sal hê om eers

self volwasse te word en ook die belangrike opdrag te kan voltooi, wat

julleself in vrye wil op julle geneem het.

En met die oog op die naderende einde het ‘n uitgebreider kennis nodig

geword. My heilsplan van ewigheid, moet aan die mense voorgelê word,

sodat hulle die belangrikheid van hul aardse lewe kan insien en alles doen

om die lot van ‘n hernieude kluistering te ontsnap. En dié heilsplan omvat

die ontwikkelingsgang van al die geskapenes: Die oorsprong, die

teenswoordige toestand en die doel van almal wat uit die krag van My

Liefde voortgekom het.

Die kennis is omvangryk en vir baie mense nuut. Want tot nou toe het die

noodsaaklikheid om daaroor onderrig te word, nie bestaan nie. Maar die tyd

van die einde vereis dat die mense nou in die kennis daaroor ingelig word,

sodat hulle meer bewus kan word van hulle verantwoordelikheid teenoor

die lewe. En hulle moet ook ‘n besef hê van die eindelose lang gang oor die

aarde wat hulle al in hulle sielsubstansies afgelê het. Ook die kennis is vir

hul vreemd en hulle neem dit daarom moeilik aan. Hulle word ook nie

gedwing om dit te glo nie, maar in hul gedagtes kan hulle hul standpunt

teenoor dit bepaal en daaruit voordeel trek.

Nooit kan ‘n mens egter, deur middel van sy verstand sulke kennis,

betreffende My bestuur en werksaamhede bekom wat My Wese verklaar,

wat vir alles ‘n motivering gee, ook vir die komende gebeurtenisse, vir die

omvorming van die aarde, vir die ommekeer wat hom geestelik en aards

voltrek. So ‘n kennis kan alleen van bo tot julle kom, van Myself. Dit kan

430

alleen, deur die werksaamheid van die Gees aan julle gestuur word en dit

moet daarom ook gesien word as ‘n heel besondere barmhartigheid, wat

nog vir julle in die laaste tyd gegee word.

En julle moet dit ook begryp dat slegs My oorgrote Liefde My daartoe bring

om julle oor alles in te lig, om daardeur te bereik dat julle vrywillig na My

sal terugkeer, sodat julle My Liefde besef en beantwoord. Julle moet begryp

waarom Ek steeds dringender van julle die verspreiding van My woord

verlang, waarom Ek dié ongewone kennis aan alle mense sal wil laat

toekom.

Dié kennis is slegs dan na die aarde te bring, wanneer sekere voorwaardes

aanwesig is. Waar dit egter moontlik is, daar moet die mense hulle

opheldering verskaf. Daar moet hulle My regstreekse werksaamheid

aanvaar en die barmhartigheidsgawe in ontvangs neem wat hulle in die

laaste tyd voor die einde kan help om hul siel te vervolmaak. Want hulle

ontvang dan waarlik kennis wat Ek hulself ter oorweging gee en wat ook

elke verkeerde leer blootlê, wat in die duisternis van die gees aanvaarbaar

blyk te wees, maar teenoor die helder lig van die waarheid nie meer kan

standhou nie. Die ware kennis wat Ek julle aanbied vanuit My Liefde gee

julle opheldering en duidelikheid. En dit het waarlik geen toevoeging deur

die mensemond nodig nie, dit het geen verdere uitleg nodig wat die

menseverstand daaraan wil toevoeg nie. My Woord van bo word in alle

helderheid aan julle gegee; dit is vir elkeen begryplik en gee julle ook ‘n

korrekte beeld van My en My Wese, van My bestuur en werksaamhede. My

woord van bo voer julle in alle waarheid net soos Ek dit belowe het, dit

moet daarom versprei word, omdat alle mense kennis moet hê van die

einde en die totale omvorming van die aarde, wat deur My heilsplan

voorsien is en wat ook waarlik uitgevoer sal word, wanneer die tyd vervul

is. Amen

Slegs ‘n gewekte gees kan ‘n korrekte oordeel vel

7918 13 Junie 1961

As ‘n geestelike lering aan julle voorgelê word om te ondersoek, wend julle

dan tot My, dat Ek julle denke reg kan lei, dat Ek julle in staat kan stel om

‘n korrekte oordeel te vel. Want julle verstand is nie in staat tot ‘n korrekte

oordeel op geestelike gebied nie. Dit moet ‘n gees wees wat opgewek is,

wat julle lei om korrek te dink en altyd moet Ek Self, as die Vadergees van

die ewigheid, in verbinding kan tree met die geesvonk in julle as korrekte

denke gewaarborg moet wees, as julle oordeel ook waarheidsgetrou moet

uitkom, as julle geestelike leringe ondersoek op hul herkoms. Die verstand

kan so ‘n ondersoek nie verrig nie en as julle dit doen, dan is die waarborg

vir die waarheid geensins gegee nie, want die Waarheid gaan van My uit en

word alleen verstaan deur diegene wat hulle met My in verbinding stel, wat

431

My vra om verligting van hul denke wat dus niks anders as die waarheid wil

laat geld nie.

Daarom moet julle julle verstand nie te hoog ag nie, want sodra dit oor

geestelike dinge gaan, wil Ek Self gevra word, omdat die waarheid

andersins altyd slegs ‘n voorreg van die mense sou wees, wie se verstand

hoog ontwikkel is. Ek stel egter ‘n ander voorwaarde vir korrekte,

waarheidsgetroue denke: Ek verlang die liefde van julle wat julle gees

wek, wat julle gedagtes verlig, wat ‘n regstreekse verbintenis is met My,

Wie die ewige Liefde en die ewige Waarheid Is.

‘n Skerp verstand waarborg egter nog geen lewe in liefde nie en derhalwe

kan ‘n skerp verstand ook deur My teenstander gebruik word daar waar die

liefde ontbreek en daar sal dan nooit ‘n korrekte denke te verwag wees nie,

omdat My teenstander sy invloed uitoefen om teen My te werk, om die

waarheid, wat hom ontmasker het, te ondergrawe.

Begryp dit, dat alleen die mens, wat in liefde leef, wys kan wees omdat

hierdie mens dan in die goddelike ordening leef en hy hom dus daarom ook

in die lig bevind, insig het en op hoogte is van die suiwer waarheid. Wat

help so ‘n hoog ontwikkelde verstandelike denke ‘n mens as die liefde

ontbreek? Dit sal nie vir julle die waarheid kan gee nie, dit sal julle denke

veel meer op dwaalweë lei, want dit is ‘n werktuig van My teenstander wat

altyd daar tussenbeide sal kom waar die mens in stryd met die goddelike

ordening leef, waar die beginsel van die liefde nie die oorhand het nie.

Die liefde beskerm hom teen die invloed, die liefde kenmerk hom as ‘n

goddelike skepsel, die liefde is ‘n bewys van die verbintenis met My en dus

ook van die altyd korrekte denke. En so sal hy ook altyd in die waarheid

verkeer, hy sal in staat wees om reg te oordeel, as dit daarom gaan om

geestelike leringe te ondersoek en hy sal elke onware lering afkeur. Die

graad van liefde is dus bepalend hoe ver ‘n mens in die waarheid verkeer,

nie die mate van leringe wat van buite aangebring word nie, wat nog solank

‘n dooie kennis sal bly, solank as wat die gees nie deur die liefde gewek is

nie. Daarom is daar soveel dwaling in die wêreld versprei en daarom word

die dwaling ook baie eerder aangeneem as die waarheid, omdat die vermoë

om korrek te oordeel by die mense ontbreek en hulle daarom sonder

beswaar alles glo wat hulle aangebied word van die kant van diegene wat

met ‘n skerp verstand begaaf is en derhalwe as “bevoeg”, beskou word om

die geestelike lering vir waarheid te toets.

Julle moet Myself altyd om hulp vra, julle moet altyd My ondersteuning

afbid, as julle nie op dwaalweë gevoer wil word nie. Julle moet My steeds

vir die verligting van gees smeek, vir ‘n korrekte denke en vir die kennis

van die waarheid. En julle verlange na die waarheid sal julle ook waarborg

om korrek te dink, want Ek Self wil dat julle in die waarheid wandel. Ek Self

wil ook dat julle ‘n korrekte oordeel uitspreek sodra julle daarom versoek

word.

432

Maar Ek wil ook altyd gesien word as die Een van Wie die waarheid uitgaan

en van Wie dit dan ook gevra moet word, want slegs Ek alleen kan die

waarheid aan julle verskaf. En Ek laat die waarheid ook toekom deur

diegene wie se gees gewek is, omdat hulle in die liefde lewe. Amen

Die oopmaak van die Poort na die Ligryk deur Jesus

7925 23 Junie 1961

Die poort na die ryk van die lig en die saligheid is vir julle opnuut geopen,

toe die Mens Jesus Sy lewe op Golgota gegee het vir die delging van die

sondeskuld van die hele mensdom.

Die kloof tussen My en julle was deur Sy kruisdood oorbrug, die weg wat

terugvoer in julle Vaderhuis in was weer oop vir julle. Die werk van

erbarming, wat ‘n Mens volbring het, Wie Myself volledig in Hom opgeneem

het en Wie daarom ook vol krag was, was uniek en dit sal nooit herhaal

hoef word nie, omdat dit vir alle mense in die verlede, van die hede en in

die toekoms volbring was.

Die dood van die Mens Jesus was so smartlik, Sy liggaamlike en geestelike

lyding was so onmeetlik groot, dat dit aan My voldoen het as versoening vir

die groot erfsonde van die eens van My afgevalle geestelike wesens en wat

daarmee ook aan My geregtigheid voldoen het en dat My Liefde julle almal

weer daardeur kon aanneem, sonder om die wet te oortree, waaraan ook

die mees volmaakte wese homself moet hou, omdat hy anders aan

volmaaktheid sou inboet.

Ek het die offer van die Mens Jesus aangeneem en die weg was geopen vir

julle My skepsele, terug na julle Vaderhuis, na My, Wie julle eens vrywillig

verlaat het.

Wanneer julle mense besef hoe groot julle toenmalige skuld was, wanneer

julle die onmeetlike lyding en die kwellinge van die Mens Jesus oordink en

wanneer julle vir julleself die heerlikhede in My Ryk probeer voorstel, dan

eers sal julle kan begryp welke groot betekenis die verlossingswerk van

Jesus vir julle mense gehad het en dat julle jul daarom tot Hom moet

bekeer, omdat julle andersins in die duisternis sal bly, omdat vir julle die

Ryk van die Lig en die Saligheid andersins geslote is en bly, totdat julle

Hom erken en julle bewustelik vir Hom kies.

Eers wanneer dit aan julle verduidelik is, dat julle sondig geword het en

waaruit julle groot sonde bestaan, kan die verlossingswerk van Jesus

begryplik vir julle gemaak word. Want julle moet dit weet, omdat julle

aardse bestaan andersins nutteloos is, wanneer julle in dieselfde duisternis

oorgaan na die hiernamaals, terwyl julle, julleself nog belas met die

erfsonde, wat die groot kloof tussen julle en My laat ontstaan het.

Die brug na My is deur die Mens Jesus vir julle gebou en julle almal kan dit

betree, julle kan weer tot My terugkeer, maar slegs met Hom, met Jesus,

die goddelike Verlosser, wanneer julle ook aanspraak maak op die groot

433

werk van erbarming, wanneer julle Hom erken en in Hom Myself, Wie op

die aarde neergedaal het om My intrek in die Mens Jesus te neem, om Self

die verlossingswerk in Hom te volbring, sodat die poort na die Ligryk weer

vir julle geopen word en julle nou kan terugkeer in julle Vaderhuis.

Julle vroeëre sondeskuld is afgelos deur die kruisdood van Jesus. Dog elke

mens afsonderlik moet sy houding bepaal ten opsigte van Hom en Sy

verlossingswerk. Die brug is geslaan, maar elke mens moet dit afsonderlik

betree en die weg na My toe neem, wat aan die ander kant van die kloof op

julle wag en julle weer vreugdevol wil opneem in My Ryk. Julle sondeskuld

is afgelos, maar julle moet dit self tot onder die kruis dra, julle moet dit self

wil, dat julle by hulle behoort, vir wie die bloed van Jesus vergiet is.

Dan eers erken julle Hom en Sy verlossingswerk en dan eers erken julle

bewustelik julle skuld en vra om vergewing. Dan het die goddelike

Verlosser ook vir julle die werk van erbarming volbring, dan het Sy bloed

ook vir julle gevloei en julle siele gereinig van alle skuld.

En steeds opnuut word julle mense duidelikheid gegee, welke betekenis die

kruisdood van Jesus vir die totale mensdom het; steeds opnuut word julle

jul groot skuld onder oë gebring, wat onmeetlik was, omdat julle jul

destyds bewustelik van My afgeskei het, ondanks die helderste insig en die

mees volkome wesensaard.

Julle het ‘n skuld op julle gelaai, wat julle nie in sy grootte kon meet nie en

daarvoor was waarlik ‘n soenoffer nodig, wat onmeetlik groot en swaar

was.

Die Mens Jesus het dit vir My gebring en terwille van Sy oorgrote liefde vir

Sy medemens, het Ek daardie offer aangeneem en het dit as delging van

die skuld laat volstaan. En nou moet julleself ook gebruik maak van Sy

groot daad van liefde, sodat julle sondeskuld gedelg kan word, sodat julle

nie voor ‘n geslote deur te staan kom, wanneer julle na die dood die

hiernamaals ingaan nie.

Deur Sy kruisdood is die poorte opnuut geopen, Sy kruisdood het aan julle

mense verlossing gebring, met Sy bloed het Hy julle siele vrygekoop van

My teenstander. En so het Hy waarlik julle Verlosser uit alle nood geword,

want Hy het julle die lewe teruggegee. Hy het julle vrygemaak van sonde

en dood. Hy het alle skuld op homself geneem en daarmee die weg na die

kruis gegaan. Die liefde, wat Hom vervul, het die werk volbring en hierdie

liefde was Ek Self, Julle Vader van Ewigheid was Self in die Mens Jesus,

julle Vader van Ewigheid het Self aan die kruis gesterf vir julle en julle

sonde, Hy self het die brug gebou, om julle tuis te bring in Sy Ryk. En julle

almal moet hierdie brug betree, as julle salig wil word. Amen

434

Rede vir pynlike slae van die noodlot

7928 26 Junie 1961

Ek sal nog baie geleendhede vir julle skep voor die einde wat julle in staat

sal stel om die weg na My te vind. Ek sal My telkens aan julle openbaar,

ofskoon dikwels op ‘n pynlike manier, nogtans sal julle altyd kan herken dat

julle, julle eie lot nie kan bepaal nie, julle sal altyd ‘n Mag bo julleself

herken wat in julle lewe tussenbeide kom en hard as daar geen ander opsie

is nie, om julle uit die diepte terug te trek waarna julle blindweg streef. Ek

wil julle red en al My waarskuwings en vermanings dra geen vrugte nie, dit

is waarom Ek julle af en toe hard moet behandel en julle pyn moet laat

voel. Ek moet julle kosbaarste besitting op aarde van julle wegneem, Ek

moet dood en siekte op julle lê, julle sal deur allerlei teëspoed getref moet

word omdat julle nie in ‘n Mag glo waaraan julle, julle lewe verskuldig is

nie.

En daar sal meer en meer gevalle wees wat Ek mense sal weg skeur,

wanneer die dood aan gemarsjeer sal kom, wanneer rampe skielik die lewe

van mense sal beëindig. Ek sal Myself duidelik openbaar, nogtans slegs

deur ‘n gewillige persoon herken word wat dan sy weg na My sal vind en

nie meer verkeerd kan gaan nie. Die einde kom steeds nader en so moet

My liefde, wysheid en mag nog dikwels tussenbeide kom. Telkens weer

moet die mensdom die verganklikheid van aardse dinge opnuut getoon

word, hulle moet die nietigheid van hul doelstellings waarna hulle streef

besef en sal gevolglik dikwels fisies en geestelik moet ly, maar hulle sal

altyd ook hulp ontvang as hulle na My keer en My vra om hulp in hul

teëspoed. En hul medemens sal ook van mening wees dat hulle dieselfde

kan oorkom en besef dat hulle nie op hierdie aarde vir die belang van die

aardse lewe is nie.

Elke slag van die noodlot kan maak dat ander mense dink en vra of hul eie

manier van lewe aan die wil van God beantwoord, as hulle in ‘n God glo.

Elke slag van die noodlot kan mense help om te glo as hulle na My keer en

deur My duidelike hulp ook My kan herken. Dus moet julle wat My Woord

ontvang, aan julle medemens My toevallige dade in die lewe van mense

verklaar wat hard en wreed vir hulle lyk, dat Ek alle middele sal gebruik om

mense vir My oor te wen en dat Ek nie sal ophou om Myself uit te druk nie,

want elke ongeluk is ‘n uitdrukking van My wat met elkeen kan gebeur,

nogtans word dit slegs altyd bedoel om hul gedagtes in My rigting te stuur.

Want daar is slegs weinig tyd oor en julle mense bestee slegs aandag aan

die wêreld maar nie aan die Verlossing van julle siele nie.

Die wêreld sal verdwyn, d.w.s. julle sal niks wat aan die wêreld behoort kan

saamneem in die koninkryk van die hiernamaals nie. Julle jaag altyd slegs

na dooie goed en daarom sal julle herhaaldelik herinner word aan die

vlugtige aard van wêrelds goed. Weer en weer sal julle van ongelukke en

allerlei rampe hoor, weer en weer sal julle die verlies van mense lewens

435

moet ly en weer en weer sal julle, julleself vra waarom ‘n God van liefde dit

toelaat om te gebeur. Die God van liefde wil julle vir Homself wen, hy wil

julle geluksalig maak en daarom wil hy dat julle, julle gedagtes na hom

keer.

My liefde is alleen die rede vir alles wat julle sleg beïnvloed, want julle sal

weer vir ‘n oneindig lang tyd verlore gaan as julle My nie onthou nie en

slegs om hierdie rede openbaar Ek My aan julle en kom ook hard en pynlik

tussenbeide as julle My waarskuwings en vermanings ignoreer. Want Ek wil

nie hê dat julle verlore gaan nie. Ek wil julle nog red voor die einde en julle

beskerm teen ‘n baie slegter lot, die nuwe verbanning in die skeppings van

die aarde, wat onvermydelik sal wees as julle My nie voor die einde van die

aarde gevind het nie. Amen

Die beëindiging van ‘n periode op aarde staan voor

die deur

7929 27 Junie 1961

Ek hou My by die tyd wat aan julle gestel word vir julle verlossing en dit

beteken, dat daar ook ‘n verlossingsperiode ten einde loop, dat daar ‘n

nuwe tydperk begin volgens die plan van ewigheid. Soos Ek dit insien as

noodsaaklik en om sukses op te lewer vir julle siele, vir die ontwikkeling

van die hele mensdom; so is die plan vasgestel, want die geestelike lae

vlak vereis ‘n nuwe ordening, dit vereis ‘n ingryping van My, ‘n ommekeer

wat alleen tot seën strek, wat vir die geestelike bevorderlik is om hulself

positief te ontwikkel. En aan My is die tydstip ook sedert ewigheid bekend

waarop die mensdom op ‘n geestelike laagtepunt gekom het, wat ‘n

verandering vereis en Ek sal My ook by hierdie tyd hou en My heilsplan

uitvoer, maar steeds is My Liefde en Wysheid bepalend vir My heerskappy

en werksaamheid in die heelal. En so sal die einde van ’n verlossings

periode nou ook plaasvind en ‘n nuwe sal weer begin, omdat die

ontwikkelingsproses aaneenlopend verder moet gaan, omdat van My kant

af geen stilstand hom kan voordoen nie en omdat Ek ‘n nog dieper

wegsinking van die geestelike wat as mens oor die aarde gaan, wil

verhinder.

Dat daar dus ‘n tydperk van ontwikkeling ten einde loop, is verseker. Daar

sal ‘n geestelike ommekeer wees wat egter ook aards ‘n uitwerking sal hê,

want daar is ook nog diegene wat in die vorm gekluister is, wat vry sal kom

en nuwe vorms betrek en dit sal ook ‘n ontbinding en omvorming van die

skeppings op aarde vereis, sodat op ‘n totale omvorming van die hele

aardoppervlak dus te reken is, wat die ou verlossingstydperk beëindig en

die begin van ‘n nuwe ontwikkelingsperiode beteken.

Wat voorbestem is sedert ewigheid, sal ook vervul word op die dag wat

daarvoor vasgestel is, maar vir julle mense bly die presiese kennis van die

dag verborge, omdat dit nie dienstig is vir die heil van julle siele wanneer

436

julle op hoogte daarvan sou wees nie. Maar dit sal nie meer lank duur nie,

of julle dit glo of nie, die tyd is verstreke en My heilsplan van ewigheid sal

volgens My Wil ten uitvoer gebring word.

Dat julle mense van die huidige tyd die einde sal moet deurmaak, het ook

sy oorsaak, want julle weerstand teen My was sterk en het ‘n vroeëre

beliggaming as mens nie toegelaat nie. Daarom was aan julle dieselfde

tydperke gestel waarin julle, julle ontwikkelingsgang moes klaarmaak. Dit

is vir julle ook moontlik om dit met sukses te beëindig, dit is vir julle almal

nog moontlik om voor die einde die weg na My te vind, wanneer julle, julle

weerstand opgee en julle weer na My toe keer van Wie julle, julleself eens

in vrye wil afgewend het tot julle eie ongeluk. Nou bly julle op aarde, maar

laat die tyd nie onbenut verbygaan nie, want Ek stort My barmhartigheid in

ryke mate uit oor julle en Ek help julle waarlik op elke manier, omdat Ek

alleen weet wat dit vir julle beteken wanneer julle faal en die eindelose lang

weg om te groei nog eens sal moet deurgaan deur die skeppings van die

nuwe aarde.

Reken daarop, dat die einde baie naby is en stel julle in op die einde. En

waarlik, dit sal vir julle slegs tot seën wees, wanneer julle, julleself na My

wend en vra om My krag en hulp. Julle sal ook in ‘n kort tydjie nog baie kan

bereik, julle sal vry kan word van julle laaste vorm (julle liggaam) en

volledige geestelike vryheid verkry. Julle hoef alleen maar te wil dat julle,

julle weg oor die aarde as mens nie tevergeefs aflê nie. Julle hoef slegs vir

My, julle God en Vader van ewigheid af, om hulp aan te roep en julle sal die

weg na Jesus vind, na Hom Wie julle alleenlik kan en ook sal verlos.

Laat hierdie aanmaning nie op dowe ore val nie, druk dit in alle erns op

julle hart en dink hieroor na en handel voordat dit te laat is. Want niemand

mag verlore gaan nie, almal wil Ek nog help voor die einde kom. Maar dit

sal onherroeplik kom, want die tyd is vervul, die termyn is afgeloop wat die

geestelike toegestaan word wat hulle in hierdie verlossingsperiode moes

voltooi en daar sal ‘n nuwe begin wees soos en wanneer dit in My heilsplan

van ewigheid voorsien is. Amen

Het God die val veroorsaak?

7932 1 Julie 1961

Ook dit sal vir julle mense eenmaal begryplik word, dat Ek Self nimmer My

invloed sal uitoefen en ooit uitgeoefen het op die geestelike, wat Ek as vry

en selfstandig naas en buite My geplaas het. Want sodra Ek hom geskep

het as ‘n selfbewuste wese, besit hy ook ‘n vrye wil en hierdie vrye wil was

nie in die minste gebonde aan My Wil nie, aan die aanstraling van My Liefde

of aan enige invloed van My kant af nie. Die wil was heeltemal vry en kon

aan alle rigtings voorkeur gee. Maar omdat die wese ‘n vrye wil gehad het,

was daar ook die waarborg dat hy eenmaal die toestand van skepsel kon

verander na die toestand van "kind", wat sonder die vrye wil ondenkbaar

437

was. My doel by die skepping van die wesens was egter die ware “kinders

van God” - dus wesens, wat hulself in die hoogste volmaaktheid bevind,

wat hierdie volmaaktheid ewenwel self moes bereik. Steeds weer sal die

vraag by julle mense opkom of die gedagte van ‘n afvalligheid van My in

die wesens gelê is; of hulle as’t ware moes verval, omdat Ek My die doel

van "ware kinders" gestel het, met die skepping van die wesens. Maar dan

sou julle ook ‘n vrye wil van die wesens kan bestry, wat egter die oorsaak

was en ook die moontlikheid gee van ‘n afvalligheid.

Maar Ek het van die ewigheid af vooruit gesien hoe My skepsele hulle wil

sal gebruik en kon dus ook die gegronde doel van hierdie afvalligheid sien.

Dog sowel die verval, asook die doel, was absoluut nie deur My bepaal nie.

Die verval was ‘n gevolg van die vrye wil, dit hoef dus nie te gebeur het

nie. Die doel is die uitvloeisel van die vrye wil. Dit sal eenmaal bereik word,

maar oor die tydsduur beslis die wese weer self. En so moet dus gesê word

dat Ek weliswaar van alles op hoogte is, dat die een altyd die grondslag is

vir die ander en dat daar geen verval sou gewees het as Ek die vrye wil van

die wesens sou weerhou het nie, wat egter ook die doel, wat My beweeg

het met die skep van alle wesens, ongegrond sou gemaak het en wat slegs

die hoogste geluksaligheid beteken, selfs al gaan tye van onmeetlike lyding

dit vooraf.

Maar die verval van die wesens in vrye wil, was ‘n oortreding teen My en

My Liefde. Want die wese kon ook sy wil met Myne laat saamgaan het, hy

hoef homself nie van My af te gewend het en uit die wet van die ewige

ordening getree het nie. En ook die tallose wesens wat by My gebly het, het

die bewys gegee en is tog onmeetlik geluksalig. En ook hierdie wesens

word toegelaat tot die kindskap van God, as hulle die gang deur die diepte

wil gaan, met die doel om die gevalle broeders te verlos. Die afval van My

af, was egter nie My werk nie, nie My Wil nie; dog terwille van die hoogste

doel, het Ek dit laat gebeur en het steeds weer aan hulle benadruk dat

hulle (hierdie wesens) die hoogste insig het, dat die helderste "lig" hulle

verlig en daarom die verkeerde rig van hulle wil ‘n verkeerde gebruik van

hulle wilsvryheid was, wat dan ook die onsalige toestand tot gevolg sal hê.

Ek het hierdie verval nie verhinder nie, aangesien Ek die wilsvryheid

andersins self nie sou eerbiedig het nie, wat die wese egter as ‘n

goddelikke wese bestempel het, want iets volmaak sonder vrye wil is nie

denkbaar nie. En wanneer julle eenmaal die doel sal bereik het, om ‘n ware

kind van God te geword het, dan sal julle ook My plan van "vergoddeliking"

volledig begryp en julle sal ook die verval van die geeste met ander oë

beskou, ofskoon dit ‘n swaar vergryp teen My Liefde was. En omdat die wet

van die ewige ordening onveranderlik is, kon die vergoddeliking altyd maar

net ooreenkomstig die wet plaasvind. Dit kan nie anders bereik word nie,

omdat alle goddelike eienskappe, wat Ek by die skep in hierdie wesens gelê

het, in vrye wil nagestreef moes word, wat deur die verval van My ‘n

438

noodsaaklikheid geword het, maar ook veel moeiliker was, as om in die

toestand van volmaaktheid te bly in vrye wil.

Dat die wesens verval het en dus gesondig het teen My, het ook ‘n uiters

lang toestand van ellende aan hulle besorg, wat nooit sou kon gebeur het

as Ek hierdie verval Self op een of ander wyse sou veroorsaak het nie. Die

volmaaktheid van die wesens kon nie in twyfel getrek word nie en tog het

hulle geval, wat steeds net met die wilsvryheid te verklaar is, wat net so ‘n

goddelike barmhartigheids geskenk was wat hulle nooit ontneem sal word

nie. Deur die proses om die gevalle geestelike terug te voer, is die

moontlikheid ook aan die nie-gevallenes gegee om tot die kindskap van

God te kom, omdat hulle die weg deur die "diepte" ook vrywillig kan gaan,

terwille van ‘n verlossende missie, wat dus die verval van My, nie die

enigste voorwaarde maak om die kindskap van God te bereik nie, veeleer

het Ek waarlik nog ander weë om die wesens, wat deur My geskape is, tot

My kinders te vorm. Die verval was dus nie nodig nie, maar vanweë die

wilsvryheid moontlik. En Ek het dit van die ewigheid af voorsien en kon

daarom ook die heilsplan opbou met die doel, wat vir My, sowel as ook vir

die wesens wat deur My geskape is, bomatig gelukkig maak en wat Ek ook

eens sal bereik. En ook julleself sal julle eenmaal in die staat van hoogste

volmaaktheid bevind en insien en begryp, watter onmeetlike Liefde na al

My skepsele uitgaan. En dat hierdie Liefde slegs die goeie kan voortbring en

dus ook die wese wat deur hulle eie skuld die dood gevind het, weer die

Ewige Lewe kan verskaf. Amen

Julle mense gaan die einde tegemoet

7935 5 Julie 1961

‘n verlossingsperiode loop ten einde, want die tyd is vervul. My heilsplan is

vasgestel sedert ewigheid en My plan sal deurgevoer word soos dit in My

liefde en wysheid bepaal is. Maar julle mense kan nie deurgrond wat die

einde beteken nie, want julle kan julle nie voorstel dat ‘n verandering kom

wat al die skepsels sal vernietig en alles wat leef oplos en uitwis nie.

Iets soortgelyk het die mensdom nog nooit beleef nie en daarom wil hulle

ook nie glo dat die aarde sy einde tegemoet gaan nie. Julle mense staan

voor geweldige gebeurtenisse, maar julle sal die regte betekenis nie

daaraan kan toeken nie omdat julle geen begrip het van die kritieke

situasie nie, want julle gaan die einde tegemoet.

Alles om julle heen en alles wat julle sien en deur julle gesien kan word hou

op om te bestaan. Alles sal vernietig word, ook julleself, as julle nie behoort

tot Myne wat weggeneem sal word deur My mag en My wil, soos Ek dit

verkondig het. Ek sal hulle wegneem voor die oë van hul medemens en

hulle plaas op die nuwe aarde, as die werk van omvorming plaasgevind het.

Die tyd is vervul, want elke verlossingsperiode is tydelik begrens. Hulle is

van ‘n so lang tydsduur dat julle mense nie weet van die begin nie en

439

daarom hou julle ook ‘n einde vir onmoontlik. Maar dat julle nou die einde

moet belewe het sy oorsaak in julle eie wil. In die weerstand wat die gees

in julle My gebied het en ook nou nog bied, want anders sou julle nie

verlore kan gaan nie, d.w.s. anders sou julle die hernieude kluistering in die

skeppings van die nuwe aarde nie hoef te vrees nie.

Alleen die weerstand teen My beslis ook julle lot na die einde van hierdie

aarde, want sodra julle die weerstand opgee, keer julle, julle tot My en

behoort tot Myne wat Ek sal red voor die einde kom. Vir julle sonder ‘n

enkele geestelike binding, is alles onbegryplik wat saamhang met die einde

van die ou aarde. Julle sal waarskynlik nooit glo dat die tyd gekom het

waarin elke mens die besluit moet neem oor lewe en dood nie, want die

beslissing sal niemand van julle gespaar bly nie.

Julle mag julle nie veilig waan deur die idee dat daar nog lank geen einde

kom aan die aarde nie, want spoediger as julle dink het die einde gekom

omdat die tyd vervul is. Ek self is in My wese standvastig, dus is Ek ook in

My woord standvastig. Alles moet vervul word wat Ek julle aangekondig het

en My plan sal waar word as die tyd daarvoor gekom het.

En dat die tyd gekom het kan gesien word aan die vele "tekens" waarop Ek

julle oplettend gemaak het en waarop Ek julle steeds gewys het toe Ek die

einde verkondig het. Wie dus ore het om te hoor moet hoor en wie oë het

om te sien die moet kyk. Maar julle mense wil nie hoor en nie sien nie en

daarom kan Ek My nie, nog duideliker, openbaar om nog geloof by julle te

vind of te bereik nie.

My waarskuwings sal nie ophou tot die dag van die einde gekom het nie en

salig hulle wat in My woorde glo. Wat volgens die geloof lewe en hulle met

My verbind in liefde en vertroue, want hulle is waarlik gered vir tyd en

ewigheid. Vir hulle sal Ek sorg in elke liggaamlike en geestelike nood en

hulle hoef dus ook die einde nie te vrees nie. Want voordat die

skrikwekkende uur aanbreek word hulle van die aarde weggeneem en hulle

sal die gebeurtenisse van die vernietiging aanskou om My mag en

heerlikheid daarin te erken, want hulle moet daarvan getuig op die nuwe

aarde.

En daar het al die leed ‘n einde en hulle mag die vreugde belewe van die

paradys. Die tyd is vervul en dit sal gebeur soos dit verkondig is, want My

woord is waarheid en sal waar bly vir ewig. Amen

Die ontstaan van die skeppingswerk "aarde"

7942 15 Julie 1961

Die gang van die geestelike oor die aarde strek hom uit oor ewighede, want

die geestelike self word verander tot materie waaruit die aarde en alle

skeppings bestaan. Verharde geestelike substasie word deur die wil van

God tot materie. Sodoende is ook die skeppingswerk "aarde" asook alle

skeppings in die heelal, wat eens deur God uitgestraalde geestelike krag

440

wat as "essensie" deur Hom uitgestraal was en hulself egter so verander,

dat dit tenslotte slegs verharde geestelike substasie was wat weer omvorm

word tot skeppings van allerlei aard.

Eindelose tye was daarvoor nodig gewees, want ook hierdie omvorming

gebeur volgens wetlike orde. Die ontwikkeling van wat nou as die

bewoonde aarde sigbaar is het in tallose ontwikkelingsperiodes plaas

gevind. Dit was geen plotseling uit God voortgekomde daad van Sy

skeppingsmag nie, want ook hierdie langsame ontwikkeling het sy rede.

Daar word steeds geestelike partikeltjies gevang en omvorm. Dit was ‘n

wordingsproses van ondenkbare lang tydsduur, voordat die aarde gevorm

was tot ‘n skeppingswerk wat vir die steeds meer volwasse wordende

geestelike tot verblyfplek en tot ‘n lewe in ooreenstemming met die natuur

kon dien, soos dit in God’s ewige heilsplan voorsien was.

En ook dit geestelike het eindelose tye nodig tot dit die graad bereik het

waarin dit dan as mens oor die aarde mag gaan, met die doel van ‘n laaste

voltooiing. Hierdie laaste gang oor die aarde as mens is maar ‘n oomblik, in

vergelyking met die ewig lang tyd van die vooraf gang oor die aarde.

Vir God was die skepping van alle vorms die werk van ‘n oomblik, want

deur Sy wil en krag sit Hy alle gedagtes wat Hy buite Hom plaas om as ‘n

bestaand werk. Maar die teenstand van die eens gevalle geestelike bepaal

die tydsduur tot aan die materiële omvorming, want God dwing die Hom

weerstrewende geestelike nie, maar Sy liefdeskrag neem dit solank

gevange tot dit sy weerstand opgee, om dit dan te omhul volgens Sy plan.

Om dit een of ander vorm te gee waarin dit dan ‘n bepaalde werksaamheid

verrig wat egter so minimaal was, dat weer ewige tye verby gaan tot

hierdie vorm weer langsaam kan oplos en verander.

Vir die ontstaan van die aarde was dus eindelose lang tye nodig, voordat dit

deur lewende wesens bewoon kon word. En hierdie maak die aarde

daarvoor geskik na weer ‘n eindeloos lang tyd om die mense as laaste

ontwikkelingsoord te dien. Maar die menslike siel het in al sy partikeltjies

deur die skeppings heen gegaan. Want die val in die diepte uit die hoogste

hoogte was so eindeloos gewees dat daar ook weer so'n lang tyd nodig was

om uit hierdie diepte weer so ver omhoog te styg, tot die ek bewussyn

weer aan die wese gegee kon word wat nou sy laaste voltooiing, die laaste

gang omhoog moontlik maak.

Gevolglik het die skepping nou ontstaan en dit berg nou die gevalle

geestelike in ‘n ontelbare hoeveelheid in hom en dit sal vir sy terugkeer tot

God ook eindelose tye nodig hê. Sodoende is die einde van die skepping

nog lank nie te voorsien nie, want hulle word steeds deur nuwe geestelike

deeltjies bevolk wat voortdurend van uiterlike vorm verander en hul steeds

verder opwaarts ontwikkel. Daardeur is daar ook ‘n voortdurend ontstaan

en vergaan van alle materiële skepping te sien.

Op die manier word altyd weer al die skeppingswerke hernu en dien so tot

uitryping van die daarin geborge geestelike, sodat hulle ook nog die mens

441

tot verdere ontwikkeling dien, omdat hulle hom die liggaamlike lewe op

aarde waarborg.

Solank die in die skeppings gebonde geestelike se vrye wil weggeneem is,

gaan ook die opwaartse ontwikkeling sy deur God gewilde weg. Die

gebonde geestelike is dienstig in een of ander vorm en ryp daardeur

langsaam uit. Sodra die geestelike in die stadium as “mens” oor die aarde

gaan, besit dit weer die vrye wil en kan in plaas van opwaarts te styg ook

stil bly staan of selfs weer agteruitgaan. En hierdie agteruitgang kan ook

daartoe lei dat die geestelike in die mens, die siel, die eens gevalle

oergees, weer in die geestelike substansie verhard soos voorheen. Met die

noodsaaklike gevolg, die nogmaals ontbinding van die siel in tallose

partikeltjies, wat dan weer die gang deur die materiële skeppings vereis.

En hierdie nou noodsaaklik geworde ontwikkelingsgang vereis ook weer ‘n

ontbinding en omvorming van alle skeppingswerke, wat as die beëindiging

van ‘n aardse periode en die begin van ‘n nuwe gesien kan word. Daarom

moet julle mense ook probeer om te begryp dat aan die eiende van die

deur God vastgestelde tydsperiode hom sulke geweldadige

omsettingswerke aan die skeppingswerk "aarde” voltrek, wat egter altyd op

God’s liefde en wysheid gegrond is en wat altyd dien tot verlossing van die

eens gevalle geestelike. En julle moet ook altyd op so'n ingryp van God’s

kant reken, wanneer die mense die ware doel van hul bestaan nie meer

besef nie. Wanneer hulle dus hul aardse lewe nie benut vir die volwasse

word van hul siele tot ‘n laaste voltooiing. want dit is die enigste doel van

alle skeppingswerke, dat dit die siel van die mens tot voltooiing bring, dat

dit die siel help om weer te word wat hulle vanaf die allereerste begin was,

nl. ‘n hoogs volmaakte wese wat uit God’s liefde ontstaan het, maar in vrye

wil van Hom afgeval het. Maar hulle sal weer terugkeer na Hom en God het

Self die weg wat die siel weer terugvoer geskape met die gang deur al die

skeppings van hierdie aarde. Amen

Julle sal die vrede vind wat die wêreld julle nie kan

gee nie

7943 16 Julie 1961

Verbind julle innig met My en julle sal die vrede vind wat die wêreld julle

nie kan gee nie. Sodra julle My teenwoordigheid toelaat, deurdat julle innig

tot My bid, sal ook die sfeer om julle heen gereinig wees, want die lae

geestelike vlug vir die lig en daar is lig in julle wanneer Ek by julle is. Die

verbinding met My is ‘n daad wat julleself moet doen en dit is ook met

sigbare seën verbind. En al bemerk julle liggaam dit ook nie, wel die siel,

wat stap vir stap na bo styg tot by sy voltooiing. Julle kan waarlik niks

beters doen as steeds weer julle gedagtes na My te laat dwaal, steeds weer

‘n stil gebed na My op te stuur en so uiting te gee aan julle liefde, wat julle

442

vul omdat julle anders My aanwesigheid nie sal soek nie, omdat julle, julle

anders van My verwyder sou hou en julle gedagtes na die wêreld laat keer.

Maar sodra julle die verbintenis met My tot stand bring deur innige

gedagtes, trek julle My ook na julle toe, want hierdie gedagtes tref My

omdat dit gees en lewe is wanneer dit My geld. En julle het nou innerlik ‘n

getuienis teenoor My afgelê, julle erken My weer, soos julle eens My julle

erkenning ontsê het. Maar hierdie afval van My bring julle geen

geluksaligheid nie. En armsalig is en bly julle solank julle ver van My

verwyder bly op grond van julle vrye wil.

Maar dat julle terugkeer na My deur die innige verbintenis in vrye wil, julle

nou geluksaligheid sal oplewer is heel begryplik en daarom sê Ek julle: julle

sal die vrede vind wat die wêreld julle nie kan gee nie. Die vrede van die

siel laat die mens al die liggaamlike ongemak verdra, hy voel dit nouliks en

is harmonies in sy dink en handel, want hy leef in vrede met My, hy is nie

meer My teenstander nie, hy het ‘n innige verbintenis met My, hy sien in

My sy Vriend, sy Broeder, sy Vader. En gevolglik weet hy dat hy in goeie

Hande is, hy hoef die wêreld nie meer te vrees nie en niks wat nog deel

uitmaak van die wêreld nie. En sy aardse lewe is nou alleen nog ‘n tyd van

loutering vir sy siel, wat helder en sonder laste sal binnegaan in die ryk

hierna wanneer sy uur geslaan het en hy sy liggaam verlaat en terugkeer

na My in sy Vaderhuis.

En waarlik, die loutering van julle siele sal vinnig en goed verloop as julle

steeds tot My julle toevlug neem, wanneer julle My nie uit julle gedagtes

loslaat nie. Wanneer julle wil dat Ek by julle aanwesig is en in innige gebed

ernstig My nabyheid soek, laat Ek My waarlik vind, want Ek Self wil met My

kinders verbind wees, Ek Self wil My aan hulle openbaar, wat steeds alleen

maar moontlik is, wanneer ‘n mens My deur stil, innige gebed aanleiding

gee om aanwesig te wees. Julle sal baie kan bereik deur in julle gedagtes te

vertoef by My, julle God en Vader van ewigheid, want al rig julle ook geen

versoek tot My nie, tog sal krag na julle in oorvloed stroom, wat julle ook

nodig het vir julle pelgrimstog op hierdie aarde.

Julle verleier sal julle steeds weer nader en julle van My wil afrokkel. Maar

besit julle krag uit My dan sal julle hom van julle kan weg stoot en dan het

hy geen mag meer nie, want vir My krag moet hy wyk en van julle afsien.

Versuim daarom geen geleentheid wat julle toevoer van krag oplewer nie.

Sluit julle steeds weer by My aan en verlang vurig na My teenwoordigheid.

Bly altyd in gedagtes verbind met My. Wil alleen by My wees en bly en

hierdie wil sal geseën wees. Julle sal bereik wat julle nastreef, julle sal

ontvang wat julle vra, Ek sal steeds naby julle wees en julle lei en alle weë

sal julle nou onbekommerd kan begaan. Solank julle My aan julle sy laat

gaan deur julle denke en wil, is julle onder goeie sorg en bereik julle ook

seker julle doel. Die kontak met My sal steeds inniger word tot julle eens

met My versmelt sal wees en bly tot in alle ewigheid. Amen

443

Die koms in die wolke

7944 18 Julie 1961

Ek het aan julle almal gesê dat Ek weer in die wolke sal kom, dat Ek net so

na die aarde sal afdaal soos wat Ek eens opgevaar het na die Hemel. Dat

diegene wat Myne is, My in Glans en Heerlikheid sal aanskou soos My

dissipels My eens aanskou het, dat Ek Myne sal wegneem vanaf die aarde

wanneer die dag van die einde gekom het.

Ek het alreeds tevore, as die Woord, na die aarde toe gekom, want Ekself is

daardie Woord en Ek het julle beloof om by julle te bly tot aan die einde

van die wêreld. Maar My sigbare koms staan nog voor julle want dit vorm

die afsluiting van ‘n aardse tydperk en die begin van ‘n nuwe. My koms in

die wolke moet letterlik geneem word, dog slegs weiniges sal My aanskou,

want My kudde sal klein wees en alleen Myne sal My aanblik kan verdra.

Slegs vir Myne sal Ek sigbaar wees en sal Ek My mag en heerlikheid laat

sien.

En dit is julle hoop in ure van nood en verdrukking deur die Jesus vyandige

magte, want aan die einde sal alles vyandig teenoor Jesus gerig wees. Die

maghebbers en hulle aanhangers, die mense wat hulle in die geloofstryd

aan hulle kant sal skaar en My verloën, hulle almal sal optree teen julle wat

My getrou sal bly en wat standhou tot die einde.

Hulle sal julle meedoënloos bedreig, maar dan moet julle hoop op My koms,

want Ek laat julle nie na liggaam en siel in nood nie. Want Ek sal julle red,

wegneem en bring na ‘n plek van vrede en julle geloof sal dan so sterk

wees dat Ek Myself aan julle kan laat verskyn, wanneer Ek sal kom in die

wolke om te oordeel die lewende en die dode.

Dan word die skeiding van die geeste volbring en My teenstander sal dan

geen mag meer oor julle hê nie, want hy en sy aanhang sal gebind word vir

‘n baie lang tyd. Slegs min mense glo in alle erns dat My wederkoms naby

is, maar die tyd is vervul en Ek sê nie meer; "Ek kom wanneer die tyd

vervul is" nie, nee die tyd is vervul.

Julle hoef nog maar op ‘n baie kort tyd te reken, met slegs min dae,

gemeet aan die eindelose lang tyd, wat alreeds verby is sedert die einde

voorspel is. Julle leef, al wil julle dit nie erken nie, in die laaste tyd en My

koms staan julle te wagte. Sorg daarom dat julle ook tot die uitverkorenes

behoort, wie My koms liggaamlik mag belewe, die wie My mag aanskou in

Mag en Heerlikheid en wie Ek sal wegneem kort voor die einde.

Julle moet slegs tot hulle wil behoort, dan sal Ek julle ook die krag gee om

by die wil ook die daad te kan voeg. Laat julle steeds deur My aangespreek

word en probeer om aan My wil te voldoen, dan sal julle ook die verbintenis

met My herstel. Julle sal julle by My aansluit en ook as Myne getel word,

hulle wat Ek sal red voordat die einde kom. Want dat Ek self sal kom is

verseker en dat almal wat lewendig in My sal glo en aan My liefde betoon;

444

My sal kan aanskou, dit moet julle sonder twyfel glo, want My woord is

waarheid en sal vervul word.

Die mense wat My koms ontken en die koms slegs figuurlik wil verklaar, het

nie so ‘n sterk geloof dat hulle met My in verbinding is nie, maar tydens die

groot nood voor die einde, sal hulle, wie van goeie wil is, se geloof versterk

word. Hulle sal dan ook self My koms afsmeek, omdat hulle slegs by My

redding verwag, wat vir hulle van die ander kant nie meer kan kom nie.

Julle moet glo dat Ek julle sal red uit die diepste nood en die uur verwag

waarin My belofte vervul sal word, want dan sal My teenstander verslaan

wees en met hom sy groot aanhang, wat weer deur die aarde opgeneem

sal word. Daarom hoop en volhard, julle wat aan My wil behoort, want die

uur van bevryding sal vir julle kom. Die dag van die skeiding van die geeste

kom, daar kom ‘n aardse en geestelike ommekeer wat julle sal belewe en

wat vir julle steeds weer in woord en geskrif aangekondig sal word. Amen

‘n Lewe van liefde beskerm teen valsheid

7947 22 Julie 1961

Ek moet telkens weer benadruk dat slegs die waarheid julle vreugde kan

bring. Hoe dikwels was valsheid al reeds aan julle verklaar en julle herken

die nie as sulks nie. Deur dit verwys Ek slegs na geestelike begrippe wat

nie betrekking het met aardse kennis nie maar wat op die geesteryk

betrekking het, wat julle mense nie sal kan bewys nie, wat slegs geglo kan

word. Hierdie geestelike inligting moet egter aan die waarheid beantwoord

as dit gunstige voordele moet hê. Julle kan totaal sonder kennis wees en

geen inspanning doen om te leer nie maar dan sal julle lewe as ‘n mens

heeltemal sonder betekenis wees, want julle sal nooit julle doel bereik nie:

julle volmaaktheid. Maar as die verkeerde kennis aan julle gegee word, kan

julle aardse lewe ook van geen nut wees nie, omdat die verkeerde kennis

duisternis van gees is. Maar julle moet in lig lewe om die doel van julle

aardse lewe te vervul: julle siele se tenvolle volwasse wording, want julle

sal bewustelik lewe en julle gedrag sal in ooreenstemming met My wil

wees. Daarom moet, om die waarheid te kry en aan te neem die eerste

voorwaarde vir julle wees om julle doel te bereik.

Maar julle het ‘n vrye wil en dit alleen bepaal julle houding teenoor die

waarheid. Slegs dit bepaal of julle om waarheid sal vra en valsheid sal

verwerp en dan sal die waarheid met sekerheid vir julle aangebied word,

dan sal julle op aarde in die lig van waarheid leef en aankom by julle doel.

Die wil is egter swak teenwoordig onder mense, onverskillig aanvaar hulle

meestal alles en as gevolg van hulle onverskilligheid het die valsheid ‘n

groter houvas op hulle. Hulle herken dit nie as sulks nie en hul aardse lewe

kan dan vergeefs gewees het, tensy hulle geestelik verlig word deur ‘n lewe

van liefde en van die val gered word. En die belangrikste faktor vir ‘n

445

persoon is sy besluit om ‘n lewe van liefde te leef, omdat hy dan ook tussen

waarheid en valsheid sal kan onderskei.

En so, moet hy die Goddelike onderrig van liefde as die eerste en

belangrikste waarheid beskou. As hy dit as suiwer waarheid aanvaar en

dienooreenkomstig leef, sal dit vir hom maklik wees om die verkeerde

onderrig betreffende die geesteryk te herken as misleiding en hy sal dit

verwerp. Maar as ander menslik ontvangde leerstellings aan ‘n persoon

voorgestel word as geloofwaardig kan dit baie maklik voorkeur geniet bo sy

liefde vir My en sy naaste, of Ek sal nie meer beskou word as die mees

volmaakte Wese nie en daarom kan sy liefde nie meer aan My aangebied

word nie. Dan het die valsheid reeds gewen, dit het duisternis versprei en

die gedagtes van mense vertroebel.

Slegs die waarheid sal julle ware lig bring. En elkeen kan die waarheid kry,

want Ek weerhou dit nie van enigeen wat dit begeer nie. En julle moet weet

dat die begeerte vir waarheid steeds sterker sal groei wanneer julle die

Goddelike gebooie van liefde vervul. Daarom, waar liefde gepreek word, sal

julle ook onderrig word in waarheid, want sodra ‘n leraar die liefde vir My

en julle naaste benadruk word sy gedagtes verlig en sy woorde sal daarom

altyd waarheid wees. Hy sal misleide geestelike kennis vermy en dit nie aan

julle preek nie, omdat hy deur liefde daartoe gedryf word om slegs die

suiwer waarheid te verkondig. En so herinner Ek julle voortdurend dat julle

volle uiting aan My Goddelike onderrig van liefde moet gee. Dan sal julle

nie die risiko loop om ‘n prooi van valsheid te word nie en julle aardse lewe

sal sekerlik nie ‘n mors van tyd wees nie. Julle sal helder verligte weë

begaan, julle sal nadenkend wees en geestelik verlig, want die liefde is die

Goddelike in julle. Ek sal altyd in julle teenwoordig wees wanneer julle in

die liefde bly. Slegs ware gedagtes kan wees waar Ek is, omdat Ek Self julle

deur die Gees sal inlig, wat altyd slegs suiwer waarheid aan julle sal gee.

Amen

‘n Versterkte wil deur die Verlossingwerk

7950 26 Julie 1961

Julle is verlos deur die dood van Jesus Christus en nie ‘n enkele wese in die

hele heelal is uitgesluit van hierdie verlossing nie, want Hy het Sy daad vir

alle eens gevalle geeste volbring, Hy het dit volbring vir alle mense van die

verlede die hede en die toekoms. Maar die wese self moet dit erken, hy

moet bewustelik aanspraak maak op die seën van die Verlossingwerk. Die

teenstander van God het reg op die geestelike wat hom vrywillig in die

diepte gevolg het. Hy het vrywillig na hom gedraai en weg van God af.

Vrywillig sal hy weer van hom af moet weg draai en verlang om na God

terug te keer. Nietemin, sal hy nie die krag vind om van hom te skei nie,

omdat sy wil totaal deur die teenstander verswak is. Hy sal vir altyd geskei

van God bly as die mens Jesus, in wie God Homself openbaar, nie die

446

Verlossingwerk deur middel van Sy kruisiging gedoen het nie, waardeur Hy

die seën van ‘n sterker wil verwerf het, wat die gevalle gees se wil nou

kan versterk en hom krag gee om teen die teenstander op te staan en na

God te streef.

Die Verlossings daad sal niemand dwing om terug te keer nie, maar sy

terugkeer is moontlik gemaak vir hom, wat anders nie kon gebeur nie.

Maar tog vereis dit altyd die vrye wil, anders sou alle gevalle geeste

onmiddelik verlos gewees het en alle skeppings werke reeds vergeestelik

gewees het. Maar die verlossing hang van die mens se vrye wil af, wat as

eens gevalle wese, die weg oor die aarde vir vry wording gaan, as hy uit

die Verlossings daad van Jesus voordeel neem en die seën wat Hy verwerf

het. Dan sal sy verlossing gewis wees, dan sal hy na sy oorsprong

terugkeer as ‘n kind van God. Dan het Jesus Christus nie vergeefs vir hom

gesterf nie. Hy kan nog volmaak word in die aardse lewe en in die

geesteryk aktief wees in lig en krag en vryheid vir sy eie geluk. Dit vereis

slegs julle wil om verlos te word, want Jesus het die skuld in julle naam

afgelos, Jesus het die pad vir julle skoon gemaak na die Vader, Jesus het

die poort na die koninkryk van lig oop gemaak. Maar die mens moet self wil

dat die Verlossing vir hom bereik is, Hy moet homself bewustelik onder die

kruis van Christus plaas, hy moet Hom as Seun van God en Verlosser van

die wêreld erken, in wie God Self ‘n sigbare God vir al Sy lewende wesens

geword het. Maar ‘n mens kan nooit van self-Verlossing praat nie, selfs as

sy eie vrye wil die eerste voorwaarde is om die seën van die Verlossingwerk

te verkry. Die mens kan nie van sy groot sondeskuld sonder die hulp van

Jesus Christus bevry word nie, met sy swak wil sal hy nie homself kan

ophef en losmaak van die teenstander van God nie.

Die verlossing van alle siele is slegs moontlik deur Jesus Christus en dit is

waarom die mens Jesus Christus gely het aan die kruis vir alle gevalle

geestelike wesens en die seën van ‘n versterkte wil verwerf het, waarop

elke wese kan aanspraak maak sodra hy weer die staat van vrye wil as

mens bereik het. En hierdie besondere vreugdevolle kennis word gestuur

aan julle mense. Want nou is julle ingelig dat julle nie hopeloos verlore is

nie, dat daar ‘n weg van volwasse wording vir julle is, terug na die huis van

julle Vader, die weg na die kruis van Christus, wat geneem moet word

sonder versuim maar wat julle ook volle verlossing verseker. As julle egter

nie hierdie weg neem nie sal julle nie verlossing vind nie, julle sal nie bevry

word van julle teenstander nie en dit beteken dat julle nie in die koninkryk

van lig sal kan ingaan nie, omdat julle sondeskuld julle ingang sal

verhinder. Julle kan julleself nie van hierdie sonde bevry nie, maar julle kan

dit onder die kruis na Jesus Christus dra, wat Sy bloed vir julle skuld

gestort het en daardeur julle terug gekoop het van die teenstander van

God. Julle wil moet slegs bewustelik gebruik maak van hierdie seën en dan

sal julle skuld ook verlos word en julle sal weer vrye wesens wees soos julle

in die begin was en slegs nodig hê om julleself te vervolmaak in die aardse

447

lewe, d.w.s. deur aktief in liefde te wees sal julle aard weer in liefde

verander. Julle moet slegs na ‘n hegte eenheid streef met God julle Vader

van ewigheid en julle siele sal volwasse word en dan as Sy kinders, die

koninkryk van lig en geluksaligheid kan ingaan. Amen

Geloof

7951 27 Julie 1961

Julle moet die geloof in julle nog ‘n baie vaster vorm gee, wat beteken, dat

julle nog meer in die liefde moet lewe, wat ‘n lewende geloof voortbring.

Liefdeswerk is ‘n direkte verbinding met My, Wie die ewige Liefde is. En dit

moet vir julle begryplik wees, dat julle met My verbind, nie meer kan twyfel

of swakgelowig kan wees nie, omdat Ek Self dan die waarborg is, dat julle

geloof nie verlore gaan nie.

En so kan ook die wil in julle om te glo sterk bly, maar julle moet dieselfde

sterk wil hê om te werk in liefde. Die liefde moet julle van binne aanspoor

tot alle wil en handelinge en dan sal met alle sekerheid ook julle geloof

sterk en onwankelbaar wees. Julle sal eenvoudig nie meer kan twyfel nie,

maar seker wees van dit wat julle moet glo. En ‘n geloof vol oortuiging sal

julle gelukkig maak en julle innerlike rus gee, want Ek Self is julle dan

naby, omdat julle My deur liefdeswerke voortdurend na julle toe trek, want:

“Wie in die liefde bly, is in My en Ek in hom”.

Die liefde verbind ons onlosmaaklik en die liefde bring ‘n onwankelbare,

lewende geloof voort. En wanneer julle bid om ‘n sterk geloof, dan moet

julle die selfde tyd bid om ‘n sterker wil om lief te hê en julle sal waarlik

ook ‘n sterker geloof bereik. En as Ek julle dit steeds weer laat weet, weet

dan, dat julle ‘n tyd tegemoet gaan, waarin julle ‘n sterk, onwankelbare

geloof moet besit, om stand te kan hou tot die einde. Besit julle die geloof,

dan sal waaragtig niks julle kan laat wankel nie, wat julle ook al mag

oorkom, want dan weet julle dat Ek julle help en dus vertrou julle, julleself

vol geloof aan My toe. En Ek is dan ook waarlik steeds tot hulp bereid, Ek

laat julle nie in liggaamlike of geestelike nood nie, want julle het deur julle

bereidwilligheid tot liefde, deur julle lewenswandel, al Myne geword, julle

het julleself met My verbind en Ek kan nou voortdurend in en deur julle

werk.

‘n standvastig geloof is die grootste sekerheid, wat julle kan besit, want dit

gee julle innerlike rus en gelatenheid teenoor al die aardse gebeure, wat Ek

te alle tye van julle kan afwend, of die uitwerking op julle kan laat

verminder, omdat julle glo. En so moet julle gebed voortdurend lui: “Vader,

help my, dat Ek in liefde werk en laat my wil om lief te hê steeds sterker

word”. En die wil om lief te het sal in gelyke mate toeneem, want liefde

waarborg My aanwesigheid en My aanwesigheid waarborg hulp in elke

nood. Liefde waarborg ook die besef van alle samehang en daarmee ook

begrip vir alles, wat weer alleen tot versterking van die geloof moet bydrae.

448

Die liefde is alles en het julle die liefde, dan is julle ook vol van krag uit My

en die krag stel julle ook in staat om ongewone dinge uit te voer, wanneer

dit nodig is, wanneer alleen die liefde julle daartoe aanspoor om te wil help.

Dan besit julle die geloof, wat berge versit en dan sal julle niks vrees, wat

daar ook oor julle kom nie. Want dan is julle verbind met Hom, die God oor

alles, Wie ook die elemente gebied dat hulle julle spaar en Wie Hom ook as

julle Vader wil bevestig. Wie Sy kinders liefhet en hulle nie wil prysgee aan

die verderf nie. Rig julle bede om versterking van julle geloof en julle wil

om lief te hê daagliks aan My, want dit is ‘n geestelike versoek, wat Ek ook

sal inwillig, omdat die liefde en die geloof nodig is vir julle voleinding. Amen

Slegs ligwesens is toegelaat om te onderrig

7953 31 Julie 1961

Die geestelike wêreld span hom onophoudelik in om die mense hulp te

bring, wie hulp van die ligwesens verlang. Want alle ligwesens is werksaam

in My Wil en wil Ek die mense hulp laat toekom dan geskied dit dikwels via

My engele, via al die ligvolle geestelike wat in die verwesenliking van My

Wil hulle geluksaligheid vind.

Maar hierdie wesens handel nie teen My Wil in nie, omdat hulle deur hul

geestelike volwassenheid al heeltemal My Wil binnegegaan het, omdat hulle

self niks anders wil as wat My Wil is nie, of ook: omdat My Wil ook hulle’sn

is, omdat daar in hulle liefde en wysheid is in alle volheid en hulle insien

dat alleen My Wil die regte vir My skepsele in die oog het en hulle hulself

daarom ook onvoorwaardelik aan My Wil onderwerp. En so is dit begryplik

dat hulle ook die volledige waarheid oordra, wanneer hulle deur My

toegelaat word om die mense ‘n geestelik lig te bring, wanneer hulle die

opdrag het om die mense d.m.v. gedagtes te onderrig, hul die evangelie

verkondig in die vorm van My woord, wat Ek ook deur die ligwesens julle

laat toekom, maar dit steeds dieselfde woord is wat van My uitgegaan het,

omdat die uitstraling van My Liefde deur hulle ontvang word en nou weer

verder gelei word. Want hul geluksaligheid bestaan in die ewigdurende

verbinding met My, in die toevloei van My woord, wat hulle dus regstreeks

hoor en weer verder lei soos dit My Wil is.

Wesens wat hulle in die lig bevind, kan dus nooit onware geestelike leringe

uitdeel nie en alleen wesens van die lig is toegelaat om julle te onderrig,

wanneer julleself My om waarheid gevra het, wanneer julleself die verlange

na die waarheid aan My toon deur julle vrae daarna. Julle sal dan ook

alleen maar in die waarheid kan onderrig word, want Ek beskerm julle teen

die opdringing van onvolwasse geeste, wat julle verkeerd wil onderrig,

omdat hulle in opdrag van My teenstander werk, maar wat nooit toegang

sal vind tot mense wat die waarheid begeer nie.

Daarom sal julle ook sonder sorge die woorde kan aanneem as My woord

wat julle deur die ligwesens aangebied word, want alleen hulle is

449

oorbringers van die suiwere waarheid uit My, wat hulself ontvang deur

regstreeks aanspreking. Want My woord weerklink in die ryk van die salige

geeste om hulle onvoorstelbaar gelukkig te maak. Maar omdat daar dan

ook mee gewerk word, want die liefde van hierdie wesens span hulle

onophoudelik in om lig in die duisternis te bring en My woord is die lig wat

die duisternis deurbreek. En wil julle mense nou suiwere waarheid uit My in

ontvangs neem, dan hoef julle, julleself slegs innig met My te verbind en

daarom te vra.

Dat Ek julle dan hierdie vrae vervul, daar sal julle seker van kan wees en

dan ook alles as van Myself aanneem as aan julle gegee, ook wanneer dit

julle deur ligwesens gebring word, want in hierdie straal die krag van My

Liefde, My woord, binne en deur hulle weer op julle mense na beneden, vir

wie in oorgrote liefde deur hierdie wesens gesorg word en wat dit ook sal

verhinder dat dwaallere in julle gedagtes binnedring. In My opdrag dring

hulle al die onvolwasse geestelike van julle weg, sodat die suiwere "Woord

van God" nie misvorm word nie, sodat julle mense die suiwer en

onbedorwe sal mag ontvang, soos dit van My uit uitgegaan het.

Maar dat ook My teenstander aan die werk is en druk doenig is om oral

slegte saad uit te strooi, kan nie betwis word nie. Maar dan is steeds die wil

van die mense self bepalend wat hierdie kragte toegang tot hom verleen,

wat hom dus nie geheel aan My oorgee en ook nie alleen die suiwere

waarheid nastreef nie, wat hul eie wil opgee en hulle in besit laat neem

deur wesens wat hulle nog nie in die lig bevind nie.

En daarom moet die mens streng selfkritiek doen, hoe ver hy in die regte

verhouding tot My binnegegaan het. En hy moet hom steeds aan die goeie

kragte oorgee, aan die ligwesens en uitvoerders van My Wil, hy moet My

vra om beskerming teen al die lae geestelike wat hom in die noute bring,

hy moet steeds alleen maar wil dat hy deur Myself aangespreek word, Wie

die Oerbron is van die waarheid en Wie daarom ook steeds alleen suiwere

waarheid sal uitdeel waar dit begeer word.

Maar Ek sien en deursien die hart en al sy gedagtes. En so weet Ek ook hoe

sy innerlikste wese geaard is en in ooreenstemming hiermee sal hy bedag

word, ooreenkomstig hiermee sal hy omring wees deur kragte van die lig of

die duisternis.

Dog die Liefdeslig van ewigheid sal steeds straal in ‘n geopend hart wat

hom vir My geheel en al ontsluit, sodat Ek dit kan vul met lig en krag.Amen

God se beskerming in die geloofstryd

7954 1 Augustus 1961

Staan dus vas en laat julle geloof nie wankel nie, want Ek, julle God en

Vader van die Ewigheid is en bly by julle wanneer die groot geloofstryd sal

begin, waarin My teenstander ook Myne tot ‘n val sal wil bring.

450

Alles wat teen julle onderneem word, sal steeds ten doel hê om Jesus

Christus en Sy verlossingswerk, as ongeloofwaardig aan julle voor te stel.

En dit moet vir julle ‘n sigbare teken wees van die aanstaande einde, dat

Jesus verloën word, dat alle geloof van die mense in Hom, ontneem sal

word, sodat die mense geen moontlikheid sal hê om verlos van hierdie

aarde af heen te gaan nie.

Want My teenstander tree openlik teen My op deurdat Hy teen Jesus

opstaan, in Wie Ek vir die mense tot ‘n sigbare God geword het. En hoe

hewiger hierdie stryd sal ontbrand, des te meer kan julle seker wees van

My teenwoordigheid, want Ek verlaat Myne nie. Ek laat My teenstander

geen oorwinnaar word oor hulle wat Myne is en wil bly nie.

En wanneer julle in die noute gedryf word deurdat van julle gevra word om

My as die Goddelike Verlosser Jesus Christus te verloën; as julle moet

beslis vir My of My teenstander, vertrou dan geheel en al op My, want dan

is Ek nader aan julle as ooit. Ek Self stry met julle en julle hoef My

teenstander nie te vrees nie, want My krag is groot en sal julle beskerm,

hoe bedreigend hulle ook alles laat voorkom wat teen julle onderneem

word. Dan kan julle My koms enige uur verwag en daarmee die einde van

hierdie aarde, vanwaar Ek julle sal wegneem uit die hoogste nood en

gevaar.

Word daarom nie kleingelowig nie, maar dink daaraan dat Ek dit vooruit vir

julle gesê het, dat die nood wat julle terwille van die geloof sal moet

verdra, nog groot sal word. Maar hoe vaster julle in die geloof sal staan en

hoe groter julle vertroue in My sal wees, des te makliker sal die geloofstryd

vir julle wees. Want waarlik, Myne sal ook My Liefde en Mag kan ervaar en

hulle kan daarom hierdie tyd getroos tegemoet gaan.

Maar hierdie tyd kom, want die gelowiges word aangeval deur die aardse

maghebbers en deur hulle wat aan My teenstander behoort. Myne sal ‘n

openlike bekentenis moet aflê en mag daarom nie vrees nie. Want die

Jesus wat hulle bely sal Sy mag openbaar en hulle help in aardse nood en

verdrukking.

Julle almal kan julle daarop voorberei, dat brutale middele gebruik sal word

teen julle wat getrou aan My wil bly. Vergeet egter nie dat Ek Meester is

oor lewe en dood, oor Hemel en aarde en dat Ek waarlik middele en weë

het om Myne uit hulle aardse nood weg te voer, selfs as daar geen uitweg

meer moontlik sal lyk nie.

En wat julle ook aards weerhou sal word, Ek sal julle spysig en laat drink op

wonderbaarlike wyse. Want ook dit is in My mag, omdat Ek tog Hemel en

aarde geskape het en alle wette gegee het volgens My wil. Dus kan Ek ook

wette ophef en julle bonatuurlik voed. Ek kan julle omgewe met ‘n

beskermende muur en Ek kan My engele opdrag gee om so ‘n muur om

julle heen te plaas. Julle hoef julleself maar getrou op My as julle Vader te

verlaat, wat Sy kinders nie in die steek sal laat nie en julle ook sal beskerm

teen die vyand van julle siele en teen aardse en geestelike teenstanders,

451

want My mag en My liefde is groot. En dit sal gebeur binne ‘n nie al te lang

tyd nie. Maar voor die tyd sal julle nog aan baie geloofsbeproewings

blootgestel word, maar ook dit sal julle sterk en geskik maak om stand te

hou in hierdie laaste stryd op aarde. En sodra die stryd ontbrand, sal julle

weet dat die einde nie meer veraf is nie, want dit sal slegs ‘n kort tydjie

deur My teenstander gevoer word. Terwille van My uitverkorenes sal Ek die

tyd verkort en Ek sal hom en sy aanhang opnuut kluister. Want die tyd wat

vir sy aktiwiteite op aarde vasgestel was, sal vervul wees. En ook die einde

van hierdie aarde is naby, soos dit verkondig is in woord en geskrif. Amen

Die Ligstraling van die Son

7956 3 Augustus 1961

Deur die barmhartigheid van die wat My woord ontvang, word julle ook van

My beskerming verseker en julle hoef nie te vrees dat julle tot prooi sal val

van die dwaling nie, omdat Ek julle verlange na die waarheid ken en julle

geen foutiewe onderrig sal laat toekom nie, ofskoon julle voortdurend deur

kragte van die duisternis omgewe word, wat die lig wat van bo kom wil

vertroebel of uitdoof. Maar teenoor die lig wat teen hulle straal, is hulle

magteloos, hulle ontvlug dit omdat hulle die uitgangspunt daarvan herken.

Maar hulle sal aanhoudend probeer om julle gedagtes te verwar, wat Ek

egter steeds sal reg rig, omdat dit julle taak is om My te dien in My wingerd

en dus die waarheid uit te brei wat Ek Self aan julle van bo af stuur. Omdat

julle My mense, dit nodig het vir julle volwasse wording. Ek alleen kan julle

korrek onderrig en so ook die wesens van die lig waardeur dieselfde stroom

van liefdeslig vloei wat van My af uitgaan en wat daarom steeds alleenlik

dieselfde lig kan uitstraal wat hulle van Myself in ontvangs neem om dit te

laat binnedring in die duisternis.

En dus mag julle sonder om te twyfel alles aanneem wat van bo kom. Julle

sal egter moet weet dat dit moeilik is om geheime van die skepping aan

julle te onthul, solank julle nog heeltemal onkundig daarin is. Want die

wette van die natuur ken julle nie om ook op hoogte te wees van die

uitwerkinge daarvan en nog minder is julle op hoogte van die goddelike

geestelike wette.

Julle is nie op hoogte van die ligbronne in die heelal wat ‘n suiwer

geestelike oorsprong het en wat hulself tog vir aardse oë duidelik sigbaar

maak nie. En daarom kan daar ook geen verstaanbare verklaring aan julle

gegee word òf en wanneer die sonstrale ‘n vermindering van hulle

stralingskrag ondergaan nie; òf en wanneer die stralingskrag heeltemal

opgehef is nie. Menslike berekeninge is nie korrek nie, ofskoon sogenaamde

bewyse poog om dit te regverdig.

Die uitstralingsbereiking van die son is ook begrens, omdat dit ‘n geestelike

ligstroom is wat onderbreek word waar die wetmatige ordening nie

nagekom word nie, waarop die grondbeginsels van die ewige ordening ‘n

452

werksaamheid uitskakel, wat julle in julle beperkte staat nie sal kan insien

en begryp nie.

Geestelike prosesse in die kosmos sal steeds beantwoord aan die aardse of

duidelik sigbare prosesse, want alles hou ten nouste verband met mekaar.

En so ook sou daar vir die strale deurdringing van die son, geen hindernisse

of beperkinge wees nie, as dit nie deur ‘n sekere weerstand van die nog

onvolwasse geestelike, waaruit die hemelliggame in die heelal min of meer

bestaan, die lig of straalkrag verminder of verhinder sou word nie.

Ook die gesteldheid van die hemelliggame vind juis hulle oorsprong in die

samestelling van onvolwasse geestelike substansies en die graad van hulle

voltooiing bepaal ook die graad van hoe hulle bestraal word. Daarom sal die

meer voltooide geskape hemelliggame self strale uitstuur, omdat die lig uit

die Oerbron tot hulle kan kom sonder om weerstand te ondervind en dus

ook die ligbronne weer lig kan laat uitstraal. Dus kan elke donker

hemelliggaam ook aangeraak word en dit word ook bestraal in

eweredigheid met die waarborge wat vir die “lewe” op die hemelliggame

moet geld. Maar ‘n voortdurende bestraling sou eerder die lewe in gevaar

bring, daarom moet ook hierdie bestraling aan grense gebonde wees, wat

die wisseling van dag en nag geestelik verklaar.

Tog kan alle prosesse in die kosmos aards verklaar word, maar daar moet

‘n sekere voorwaarde aanwesig wees om dit te kan begryp. Die mense

moet weet dat alle hemelliggame in die bestaan van ‘n son ook die lig

hiervan opneem, maar steeds op ‘n aanvaarbare manier, dat dit steeds

alleen die nodige lig om te lewe en te bestaan, aanpassend by die

geestelike behoefte van die bewoners daarvan, uitstraal en dat hierdie

liguitstraling soms ook deur bewoners van andere hemelliggame gesien kan

word.

Maar geensins verhinder of beperk ‘n hemelliggaam, ‘n ster, wat bestraal

word van ‘n ander, soos wat julle dit julle voorstel nie, want elke ster is vir

die son in dieselfde verhouding toeganklik. Die uitstraling daarvan word

deur die hemelliggaam self bepaal, wat dus die geestelike gesteldheid van

sy substansie kenmerk. Want die sonlig is geestelike uitstraling, die son is

‘n ster wat self lig gee, wat voortdurend deur die bron van die Oerkrag van

die lig gevoed word en die krag en ligstroom voortdurend deurgee. Dit is

wel aan die uitspansel sigbaar en tog al ‘n skepping van geestelike aard,

waar die voltooide geestelike werksaam is met die instandhouding van die

skeppingswerke wat in die bereik van hierdie son geleë is.

Geestelike straling deurdring nou alles, ook alle materie, maar onderbreek

Sy werksaamheid waar ‘n weerstand homself voordoen, soos materie dan

ook te bestempel is. Maar hierdie substansie sou die uitstraling nooit kan

verhinder of teëhou om weer ander hemelliggame te tref nie, waarom dit ‘n

foutiewe begrip is dat ‘n hemelliggaam as skadu vir ‘n ander blyk te wees.

Maar wette bestaan volgens goddelike ordening en hierdie wette sal ook

ewig bly bestaan solank daar nog ‘n materiële skepping bestaan. En indien

453

dit enigsins moontlik is, sal Ek julle ook daarvan in kennis stel, wanneer die

volwassenheid van julle siele dit toelaat en wanneer Ek dit vir julle en julle

siele as heilsaam ag. Amen

Kosmos – Maan

7957 4 Augustus 1961

Ook die geringste onduidelikheid het ‘n negatiewe uitwerking, want dit laat

die mens twyfel en verduister die lig wat sy hart moet verlig. Maar wanneer

die hart homself open om die lig binne te laat straal, sal die toestroming

van lig steeds daarop volg. Waar onduidelikheid bestaan, moet opheldering

gegee word, want Ek wil nie dat die denke van die mens, die korrekte wil

en denke, verwar word nie. Maar Ek wil ook nie dat dwaling versprei word,

waar die waarheid alleen bevorder moet word nie. Maar het julle so-iets te

vrees, wanneer Ek julleself onderrig en aan julle alleen deurgee, wat Ek

Self vir julle vertel?

Dat julle alles self nie verstandelik begryp nie, hoef julle nie onrustig te

maak nie, want solank julle nog nie voltooi is nie, is julle denke nog beperk

en is julle nie in staat om die opvattinge wat julle tot nou toe ontvang het,

in ooreenstemming te bring met die verklaringe wat Ek julle gee, wanneer

dit gaan oor gebiede wat die wetenskap probeer ontsluit nie. Dat daar in

die kosmos nog baie ondeurgrondelike dinge bestaan, kan selfs die

wetenskap nie ontken nie; en wat die denke ook ondersoek het, daar

ontbreek dit aan elke bewysvoering, want die bewyse deur hulle gelewer, is

verkeerd.

En so ook skiet die berekeninge wat gemaak word oor die afstand en die

verhouding van die stand van die maan tot die aarde te kort. En daarom is

dit ook vir julle moeilik, om dit wat julle ken as julle eie, wat julle

veronderstel om te kan bewys, as ‘n korrekte verklaring te gee. En

wanneer julle dink aan die voortdurende draaiing van die aarde om sy eie

as, sal julle moet insien dat die maan wel ‘n satelliet van die aarde is, maar

tog ‘n geheel onafhanklike hemelliggaam van die aarde, wat net soos die

aarde ronddraai in die bestaan van dieselfde son, dus ook aanhoudend lig

van hom af ontvang. Die aarde is nie in staat om hierdie ligstroom teen te

hou, of om dit te beperk nie. Maar die bewoners van die aarde kan die

maan min of meer waarneem, ooreenkomstig die stand van die aarde soos

wat hy gedurende sy draaiing om Homself, inneem.

Die uitstraling van lig, voltrek homself in wetmatige ordening en ook die

hemelliggame gaan in wetmatige ordening hulle baan. Daarom ook die

periodieke geleidelike herhaling van die verskynsels, dieselfde wisseling van

dag en nag.

Maar julle moet nie vergeet dat alles in beweging is, dat niks stil staan in

die hele heelal nie en dat hierdie beweginge ook wetmatig is. En tog kan

die sterrebeelde deur julle soos dit oor julle skyn, as gelykblywend aan die

454

hemel gevolg word, wat, suiwer in ooreenstemming met die natuur, ‘n

bevraagtekening van die voortdurende draaiing van die aarde sou laat

ontstaan. En tog draai die aarde om Homself, maar dit sal ‘n ewige geheim

van die skepping bly, wat nooit deur julle ontsluier kan word nie. Want julle

sal wel steeds kan vermoed of glo, bewyse lewer, wat egter nooit goeie

bewyse is nie, om welke rede julle ook nooit sal slaag om vreemde

hemelliggame in besit te neem nie, waarvan die wette heeltemal anders is

as die van die aarde en wat daarom ook ‘n “lewe” vir julle uitskakel. Want

die lewensvoorwaardes op elke hemelliggaam is anders en gemaak vir die

wesens wat daarop woon en is in ooreenstemming met hulle geestelike

toestand. En Ek alleen ken elke wet, net soos ook die geestelike wat vol

van lig is, aan wie Ek weet wie dit toekom. Maar julle sal ook dan eers van

alles op hoogte wees, wanneer julle in die ryk van die lig sal ingaan en julle

denke dan nie meer beperk sal wees nie. Amen

Beëindiging van die gang oor die aarde slegs met

Jesus Christus

7959 6 Augustus 1961

Dit is ‘n lang weg, wat julle al afgelê het, want dat julle nog steeds op die

aarde is, is ‘n bewys, dat julle, julle ontwikkelingsweg nog nie afgesluit het

nie, met uitsondering van hom, wat vanweë ‘n geestelike missie hom op die

aarde beliggaam en wie se siel die ontwikkelingsweg dus al afgelê het en

word opgeneem in die Ligryk. Maar Ek spreek tot julle mense wat nog nie

volmaak is nie, wat destyds van My afvallig geword het en juis die lang

ontwikkelingsweg moes gaan, om in die stadium as mens nou die laaste

wilsproef in alle wilsvryheid af te lê, waarvan die goed deurstaan julle die

toegang van die Ligryk waarborg.

Julle is dus nog nie volmaak/voltooid, maar julle is uit die diepste diepte na

bo gehelp, volgens die wet van „jy moet“. Die diepte moes julle prys gee,

omdat My wil die lang weg, wat julle onttrek aan die oorheersing deur My

teenstander, vir julle voorsien het; omdat anders julle gang opwaarts

onmoontlik sou wees. Maar nou gaan ook hy weer van sy reg gebruik

maak, want julle is nog steeds sy eiendom, omdat julle hom eens vrywillig

gevolg het in die diepte en julle vrye wil nog nie opnuut die keuse gemaak

het: vir hom of vir My nie, Wie verlang na julle terugkeer, maar julle nooit

sal dwing, as julle vrywillig by hom wil bly nie.

In die stadium as mens laat My teenstander sy mag dus weer geld, deurdat

hy op julle wil inwerk, maar dit ook nie kan dwing nie, omdat julle vry moet

besluit, welke heer julle kies. Maar Ek kan hom nie belet, om alle kunste op

julle te beproef, om julle aan hom te bind. Ek kan hom nie belet, om

middele aan te wend en julle te verlei enkel om julle siele te behou of ook

terug te wen, wanneer hy dit al verloor het. Julleself moet julle nou

vrywillig teenoor hom plaas en teen hom stry, as julle vry van hom wil

455

word. En julle hoef waaragtig nie te vrees vir sy krag nie, want julle het ‘n

sterk Helper aan julle sy, Wie julle alleen maar om Sy hulp hoef te vra, om

met Hom die stryd nou seëvierend te deurstaan: Jesus, julle Verlosser van

sonde en dood.

Want ofskoon julle as mens al die diepste diepte oorwin het, ofskoon julle

deur My hulp ook in die eindelose lang ontwikkelingstyd My aansienlik

naderby gekom het, tog druk die las van die oersonde, julle afval van My,

julle steeds weer terneer en julle wil is verswak en sou nooit die wil van My

teenstander weerstand kan bied, as Jesus julle nie te hulp gekom het nie

en Hy julle ‘n versterkte wil skenk, wat Hy self deur Sy dood aan die kruis

vir julle verkry het. Die mag wat My teenstander oor julle het is te groot,

om hom uit eie krag te kan weerstaan. Maar toevoer van krag is julle

gewaarborg, as julle, julle aan Jesus Christus oorgee en Hom vra, dat Hy

die skuld op Hom neem, waarvan julle nog nie vry is nie en dit julle daarom

reddeloos aan My teenstander bind. Jesus, in Wie Ek Myself manifesteer,

sal nou die skuld oorneem, want Hy het met Sy dood aan die kruis die

losprys betaal aan die teenstander vir alle siele, wat hulle nou moet vrygee,

wanneer hulle dit self wil. En met Sy hulp kan julle nou die aardse

lewensweg beëindig, met Sy hulp kan julle vry word van elke skuld en die

Ligryk ingaan deur die poort, wat tevore vir julle gesluit was, maar wat

deur Jesus geopen is vir alle siele, wat vrywillig besluit om die weg na die

kruis te neem, om daar van die sondelas bevry te word.

Daar is slegs weinig tyd ter beskikking, omdat julle as mens oor die aarde

gaan, maar dit voldoen vir die volledige vry wording uit die vorm, wat egter

altyd afhanklik is van die gesindheid van die mens teenoor die goddelike

verlosser Jesus Christus. Want julle voormalige sonde bestaan uit die

afkering van My en uit die afwering van die krag van My liefde. Maar in

Jesus moet julle Myself herken en erken en julle sal dan ook bewus weer

die krag van My liefde aanneem en niks staan dan meer in die weg van

vereniging met My nie. Dan het die eindelose lang gang deur die skeppinge

van die aarde en as mens op die aarde tot die ware doel gelei, dit het julle

die vrywording opgelewer en julle het nou weer erg aan My ryk, wat julle

opneem en julle salighede sal bied, soos dit was in die begin. Amen

Katastrofe - Antichris - Geloofstryd - Einde

7970 18 Augustus 1961

Wat alles nog voor die einde sal afspeel, kan maar net vir julle aangekondig

word dat dit bomate swaar en smartlik vir die mensdom sal wees. Oral sal

die stem van God weerklink, al is dit op verskillende maniere. Want waar

Sy woord van liefde nie geag word nie, daar sal Hy Hom duideliker

openbaar. Oral sal leed en nood wees en rampe en katastrofes sal mekaar

afwissel met gebeurtenisse in die natuur, waarin die elemente die lewe sal

bedreig en beëindig.

456

En dit alles is die werk van God en Sy Wil om die mense so wakker te skud

en hulle van hul aardse lewensdoel bewus te laat word. En waar die mense

met Hom verbind is, daar sal die nood ook draagliker wees. Want Hy sal nie

Syne verlaat nie, hoewel hulle hulself te midde van hierdie gebeurtenisse

sal bevind en nie die groot nood in die laaste tyd voor die einde sal ontglip

nie.

En julle moet ag gee op wat daar om julle heen en in die wêreld gebeur.

Want dit is sigbare en duidelike waarskuwingstekens. Dit is vir die gelowige

steeds as die ingryping of toelating van God te herken, omdat dit al vooraf

vir julle gesê is dat julle deur groot nood en ellende moet gaan, alvorens

die einde sal kom.

Alle tekens wat oor die einde voorspel is, is herkenbaar, maar julle wil dit

maar net asof in die verre toekoms sien. Julle wil nie glo dat die tyd van die

einde gekom het nie.

Dit is egter ook vir julle gesê dat die tyd verkort sal word, terwille van hulle

wat sal glo en standhou. Sodoende sal alles baie vinnig op mekaar volg, die

ellende en nood van die geloofstryd en die woede van die Antichris, wat

oorduidelik te siene sal wees. En reeds daaruit sou die eindtyd vir julle

geloofwaardiger moet wees.

Want daarom sal die mense wat aan hom diensbaar is, hulself oortref in

boosheid, haat, leuens en wraakgierigheid. Mag en heerssug sal sy

aktiwiteite duidelik kenmerk en die mense sal hulle heeltemal aan hom

verkoop deurdat hulle volgens sy wil sal handel en meedoënloos sal optree

teen hulle medemens, wat nog in die geloof volhard en aan Jesus trou wil

bly.

En hulle sal ongewone beskerming en besondere krag ontvang, want Jesus

sal by Syne bly en hulle deur nood en verdrukking lei. En salig diegene wie

hierdie tyd sal herken en hulle aan Hom toevertrou, alleen die Een wat

hulle sal kan beskerm in elke nood. Salig die wat glo, salig die wat Hom tot

hulle laat spreek en ook voortdurend krag van Hom aanneem. Want ook

hierdie swaar tyd gaan verby en die lot van hulle wat stand hou tot die

einde sal salig wees. Want eens sal die mag van die teenstander gebreek

wees. Dan word hy en sy aanhang opnuut gekluister en daar sal weer

vrede op aarde wees. Op hierdie aarde sal dit waarlik gebeur, want sy

einde het gekom volgens die Wet van die Ewigheid. Tog sal die aarde deur

God se mag nuut te voorskyn kom en die mense sal weer daar in die

paradys van die nuwe aarde geplaas word, die wat sal standhou tot die

einde toe. Want hulle glo in hulle God en Vader. Hy sal hulle red uit die

diepste nood en verdrukking. Want die tyd is vervul en die einde sal kom

soos dit verkondig is in woord en geskrif. Amen

457

Alles kan in julle beste belang wees

7972 20 Augustus 1961

Weet dat elke aardse of geestelike ervaring wat julle lewe beïnvloed deur

My bedoel of toegelaat is. Want elke persoon se lewensweg word altyd deur

My bepaal ooreenkomstig sy geestelike ontwikkeling. En so kan alles in

julle beste belang wees, julle het nie nodig om te ly as julle alles uit My

hand aanvaar en selfs nederig julle laste aanvaar nie, want julle regte

houding teenoor My sal julle in staat stel om elke gebeurtenis korrek te

beoordeel en julle siele sal volwasse word. Die enigste doel van die aardse

lewe is vir julle siele om volwasse te word. En alle aardse gebeurtenisse, of

dit lyding of vreugde is, sal met julle ooreenkomstig hierdie doel gebeur.

Elke gebeurtenis kan julle nader aan My bring as dit julle vrye wil is om

vereniging met My te vind.

Maar My teenstander probeer ook om julle vir homself te wen en so sal julle

met verleidinge van sy kant te doen kry wat Ek toelaat omdat hy nog ‘n eis

op julle het en hy sal ook probeer om julle te beïnvloed maar julle nie kan

dwing nie, dit bly julle vrye wil in welke mate julle toelaat om deur hom

beïnvloed te word. Daarom neem julle, julle eie besluit deur bewustelik of

na My of na hom te draai. En julle kan hierdie besluit in elke situasie neem;

elke ervaring, elke slag van die noodlot, elke genieting en elke kwelling kan

julle aanspoor om die besluit te neem. En as julle weet dat niks sonder My

wil of toestemming gebeur nie, dan sal spoedig niks julle ook meer kan

kwel nie. Want sodra julle, julle rigting en gedagtes na My keer, My na julle

kant roep of julleself aan My in gebed toevertrou, sal julle geestelik

volwasse word en ‘n voordeel vir julle siele bereik het.

Dit is ook toetse van geloof wat julle moet slaag, want My teenstander sal

enige iets doen om julle van My te skei, om julle geloof in ‘n God en ‘n

Vader wat altyd liefdevol bereid is om Sy kinders te help te verminder of te

vernietig. Hy sal altyd julle Gees wil verdonker, hy sal probeer om

duisternis oor julle uit te sprei sodat julle My nie meer as julle liefdevolle

Vader van ewigheid herken nie. En dit is waarom Hy in die besonder

probeer om voordeel te trek tydens teëspoed met die bedoeling om teësin

en slegte gevoelens in julle te wek. En dan moet julle, julleself kragtig

verset en weet dat alles wat Ek toelaat om oor julle te kom vir julle

voordelig is en dat julle slegs na My in vaste geloof moet kom om selfs die

ergste teëspoed te verban deur alles aan My te oorhandig, Wie julle waarlik

sal help om uit elke teëspoed te kom. Want My voortdurende besorgdheid

is slegs altyd julle terugkeer na My.

Ek wil julle bind aan My en julle nie verloor nie en daarom sal Ek ook altyd

My liefde bewys en hierdie liefde sal nie deur julle betwyfel word nie. Julle

het reeds ‘n lang weg afgelê wat julle steeds nader aan My bring. Die laaste

kort deel van julle reis vereis groot wilskrag van julle omdat julle bewus na

My, na die hoogste moet draai, terwyl julle van tevore deur My liefde

458

getrek was. Maar hierdie liefde gee julleselfs meer, dit doen alles om julle

terugkeer na My te waarborg.

Gee My slegs julle vrye wil, streef vrywillig na My, moet julle nie deur die

wêreld laat verlei nie, wat die hulpmiddel van My teenstander is om julle

oor te wen. Glo in My en My liefde en in julle hart verlang na die Vader en

roep My aan in alle teëspoed van liggaam en siel. En waarlik, elke ervaring

sal slegs altyd julle volwasse wording dien, want alles wat julle mag

oorkom is op My liefde en wysheid gebaseer. En vertrou op My liefde en My

mag, want Ek is altyd bereid om te help as julle My slegs in julle hart

aanroep. Amen

Belofte: Julle sal vir ewig lewe !

7974 22 Augustus 1961

Julle sal vir altyd lewe en nie julle lewe verloor nie. Is daar ’n meer

aangename belofte as die een dat Ek julle die ewige lewe sal gee en dat

julle vir altyd geseënd sal wees? Want lewe is saligheid, omdat die lewe ‘n

toestand in vryheid, lig en krag is, is die lewe die toestand waarvoor Ek

julle geskep het en wat julle volmaaktheid waarborg.

Julle eie vrye wil moet streef na hierdie volmaaktheid; anders sal geen

"lewe" moontlik wees nie. Van te vore was julle in ’n toestand van dood en

slegs julle vrye wil kon of sal hierdie toestand van "dood" in lewe verander.

Voorts beteken lewe die vereniging met My, Wie julle met die krag voed

wat noodsaaklik is vir die lewe, wat onbeperk in julle stroom en nooit

beperk sal word nie.

Die lewe is om te werk en te skep saam met My en volgens My Wil asook

ooreenkomstig julle wil. Want julle het volledig in My Wil oorgegaan

aangesien julle volmaak is en My ewebeelde geword het, slegs bereid om te

dink en wil soos Ek Self; dus is julle onvergelykbaar gelukkig. So is die

finale doel van die wesens wat eens uit My en My Krag uitgegaan het as

"skepsele" in hoogste volmaaktheid, aangesien onvolmaaktheid nie uit My

kan kom nie; maar in hulle eie vrye wil gee hulle hul volmaaktheid op en

verlaat My.

Daarom moes hulle deur ‘n eindelose lang proses van evolusie gaan om

weer die hoogste volmaaktheid deur hulle vrye wil te bereik. Daarom keer

hulle na My terug, nie meer as My "skepsele" nie, maar as My "kinders", in

My vind hulle hulself in vrye wil deur liefde, wat die oer substansie van die

kind is omdat dit van My Liefde uitgegaan het. Sy vrye wil moes hierdie

substansie ontbrand tot die hoogste gloed; dan is ‘n lewe van die grootste

geluk wat vir ewig duur gewaarborg.

Ek het julle hierdie lewe beloof en Ek sal julle die salige lewe gee. Ook, sal

Ek nie ophou om julle te help om daardie hoë graad van liefde betyds te

bereik nie; wanneer dit ook al sy, sal julle die lewe bereik en dit nooit

verloor in alle ewigheid nie. Dit is beslis die saligste belofte, omdat julle kan

459

hoop! Julle hoef nie te dink dat julle verlore is nie; julle het nie nodig om vir

ewig in ‘n toestand van dood te wees nie, want Ek julle het vertel: “Julle sal

vir ewig lewe”.

My Woord is Waarheid; slegs julle bepaal die tyd wanneer julle in die lewe

oorgaan. Julle stel die tyd wanneer julle van die dood ontsnap, wanneer

julle omdraai om weer met My te verenig en daardeur die lewe te kry wat

vir ewig duur. Andersinds, kan julle die toestand van dood eindeloos

verleng, as julle weer julle vrye wil verkeerd gebruik en julle verset teen My

liefdes druk, wat julle stimuleer tot liefde. Op die manier verleng julle die

toestand van ongelukkigheid, want liefde alleen is geluk.

Dit is waar; julle het ‘n vrye wil, wat My verhinder om julle die lewe teen

julle wil te gee. Julleself moet volmaaktheid bereik wat die waarborg vir

julle ewige lewe is; anders bly julle slegs vir ewig My "skepsele", want die

doel om My "kinders" te word vereis die strewe na volmaaktheid in vrye

wil.

Solank julle mense julle nog in die toestand van dood bevind, solank julle

sonder lig en krag is, aangesien julle in begrip en in die toevloei van My

Krag van Liefde ontbreek, is julle in die toestand van liefdeloosheid. Want

liefde wat uit vrye wil beoefen word verdien vir julle lig en krag, wat "die

ontwaking tot Lewe" beteken! In so’n toestand kan julle nie meer terugval

in die toestand van dood nie, omdat daar lig in julle is en weens dit herken

julle en strewe julle na die doel van julle aardse-lewe.

As julle wens om die ewige lewe te bereik, moet die liefde eers in julle

opvlam. Ek as die Ewige Liefde sal geen steen onaangeroer laat om julle tot

die lewe te lei nie, aangesien Ek Self My slegs met die Lewe en nooit met

die dood kan verenig nie. Dus, Ek wek eers dit, wat na die lewe dood is. My

eindelose Liefde sal ook dit teweegbring. Amen

God skenk ook liggaamlike genesing

7980 31 Augustus 1961

Julle word waarlik iets kosbaar aangebied as Ek Self tot julle spreek. En

altyd sal julle krag daaruit kan put as julle, julleself bewustelik oopmaak vir

die uitstraling van My krag, as julle wil dat My krag julle toestraal, as julle

verlang om deur My met krag vervul te word, as julle wil dat julle honger

en dors gestil word deur die voeding wat julle van My ontvang.

Ofskoon julle My gewillig aanhoor, ofskoon julle behoort tot hulle wat hulle

deur My te ete en te drinke wil laat gee, kan julle tog die volle waarde van

My barmhartigheidsgawes nog nie besef nie. Sou julle egter My oorvloedige

Liefde tot julle wat julle voortdurend wil seën en gelukkig wil maak, kan

begryp, dan sou julle ook weet dat Ek julle slegs gawes aanbied wat ‘n

uitwerking het wat vir julle buitengewoon bevorderlik is. Julle sou dan weet

dat Ek julle slegs dit aanbied wat tot julle voleinding, vir die ontwikkeling

460

van julle siele bevorderlik is en julle sou dan daarna streef dat julle geen

beperking van My liefdegawe ondervind nie.

Julle sou julle dan altyd bewustelik oopstel om My barmhartigheidsgawes te

ontvang en julle sou dan van ‘n oorvloed van krag gewaarword wat julle

steeds toestroom, as julle slegs bereid is om dit in julle op te neem. En as

julle maar ‘n diep geloof sou besit, dan sou julle deur die krag van My

woord onmiddellik ook liggaamlik kan gesond word. Dog so ‘n vaste geloof

besit julle nog nie. Daarom moet julle steeds daarna streef om deur

liefdeswerke julle liefdesgraad te verhoog, waardeur julle ook julle geloof

versterk. As julle heeltemal met liefde vervul is, is in julle hart alleen maar

plek vir My liefdeskrag. Dan word al die ander verdring en is julle vir My so

naby dat julle van My teenwoordigheid bewus word, wat julle van die

toevoer van My krag bewus laat word en dan sal julle gesond word na

liggaam en siel.

Daarom, open julleself steeds en steeds weer vir die liefdeskrag uit My. Rig

julle gedagtes steeds op My en bring daardeur die verbinding met My tot

stand wat ‘n oorstroming van My krag in julle moontlik maak. En weet dat

julle die bewys van My teenwoordigheid ontvang as Ek julle kan aanspreek.

Hierdie verbinding gaan nooit meer tot niet nie, maar word steeds inniger

en waarlik, julle sal dan bemerk dat julle geen gebrek aan krag meer te

vrees het nie; glo My alleen, Ek sal julle geloof nie tot skande laat word nie.

Open julle hart vir My en neem My daarin op, julle sal dan van My

teenwoordigheid en die uit My toestromende krag bewus word. Julle sal My

aanspreking tot julle verneem en insien dat dit ‘n besondere

barmhartigheidsgawe is. Die krag van My Woord sal dan in julle duidelik te

merk wees, julle siele sal volwasse word en die hoër graad van

ontwikkeling sal ook in die opsig sy uitwerking hê dat julle geloof steeds

sterker word. En ‘n sterk geloof kan alles bereik. Dit kan ook die liggaam

help genees, omdat vir hom niks onmoontlik is wie in My en My Liefde en

Mag glo nie. Amen

Rig julle gedagtes na God

7981 1 September 1961

Elke gedagte wat na My kom is ‘n erkenning dat julle aan My behoort, ‘n

flikkerende vonk van liefde wat na die vurige oseaan van Ewige Liefde

streef. Dit bewys dat die toets van wil van erkenning van My as God en

Skepper, soos dit in die begin was, geslaag is. Ek sal julle nie in ewigheid

verlaat nie, selfs as julleself vrywillig van My wegbly. Want julle behoort

aan My, julle is ‘n baie klein vonkkie van My liefdeskrag wat Ek uitgestraal

het toe Ek julle lewe gegee het. En een dag sal hierdie krag van liefde weer

terug stroom na sy oer bron, omdat dit die wet van ewigheid is. Maar Ek is

besorg dat julle vrye wil, die teken van Goddelikheid, die rede is om na My

terug te keer en dit maak My onbeskryflik gelukkig wanneer hierdie

461

verandering van wil, na julle afval van die verlede van My, volbring is,

wanneer julle as mens tydens die staat van vrye wil julle gedagtes na My

keer. Dan sal Ek julle vashou en julle voortdurend nader aan My trek en Ek

het die reg om dit te doen omdat julle probeer om vrywillig weer met My te

verenig.

Julle besef nie hoeveel krag na julle vloei wanneer julle gedagtes op My van

toepassing is nie, want elke gedagte is ‘n verbintenis met My wat die

stroom van krag toelaat; ‘n kontak wat My toelaat om julle met My

liefdeskrag te deurdring, wat julle vergeestelik en julle weer die salige

wesens maak wat julle eens gewees het. Julle het die opsie om My

gewaarborgde toevloei van krag enige tyd te ontvang en julle het ‘n baie

betroubare manier om My krag te ontvang, deur slegs julle gedagtes na My

te lei. Want julle draai slegs na ‘n Wese wat julle erken en Ek wil slegs

hierdie erkenning van julle hê om weer soos voorheen vir julle te sorg, om

julle weer met My liefdeskrag te deurdring. Wanneer julle aan My dink

maak julle bewustelik julle hart oop, julle gee alle weerstand op wat julle

van My weg gehou het en dan kan My liefde weer effek op julle neem, wat

in julle soos ‘n vlam ontbrand en laat julle liefdegloed hoog brand vir My.

Daarom gee dit julle ‘n ontsaglike seën as julle, julle gedagtes telkens tot

My ophef.

Aangeneem, die wêreld sal julle dikwels verhinder om dit te doen en elkeen

wat aan die wêreld onderworpe is sal slegs selde en met moeite na My

kom, indien ooit. Maar sodra julle vrywillig aan My die reg gegee het om

besit van julle te neem omdat julle vrywillig weggebreek het van My

teenstander af, kan julle ook seker wees dat Ek dikwels in julle gedagtes

sal kom en dit sal vir julle meer en meer moontlik wees om in kontak met

My te bly tot julle My teenwoordigheid altyd by julle kan voel, tot julle niks

meer sonder My begin nie en dan sal julle bewus die doel van julle aardse

bestaan vervul, dan sal julle reeds in nabye kontak met My wees alhoewel

julle nog op aarde leef en Ek sal julle nie weer verlaat nie, Ek sal altyd aan

julle sy wees, Ek sal My woning in julle hart maak en julle My

teenwoordigheid laat voel en julle sal baie gelukkig wees.

Daarom, bly altyd in kontak met My selfs as die wêreld julle nog nie

tenvolle sal bevry nie. Terwyl julle nog in die materiële wêreld moet lewe

sal julle ook teen sy verleidings en aantreklikhede moet veg; maar sodra

julle die verbinding van julle na My gevestig het, kan die materiële wêreld

julle nie meer skade berokken nie, dan sal julle My selfs meer soek, omdat

julle geen ware geluk in die materiële wêreld sal kan vind nie, behalwe in

julle innige kontak met My en dan sal My liefde julle altyd na My trek, dan

sal Ek julle verbly met My teenwoordigheid, want dan behoort julle wil aan

My, omdat dit heeltemal gewillig na My gedraai het en julle het Myne

geword en sal Myne bly vir alle ewigheid. Amen

462

Die Goddelike Geestesvonk is nodig vir die

ommekeer van die wese

7984 4 September 1961

Julle het eens julle goddelikheid opgegee, julle het julle oerwese in die

teenoorgestelde verander. Julle was geen wese meer van die lig nie, maar

van die duisternis, want julle was sonder enige liefde, omdat julle My liefde

afgewys het wat julle met strale wou deurdring en gelukkig maak tot in alle

ewigheid.

En in hierdie nie-goddelike staat, in die wese wat homself heeltemal teen

My verset het, was julle ver van My af. Julle was in julle wese totaal

verander en kon daarom nie meer in My nabyheid wees nie, omdat julle

sou vergaan het in My Liefdeslig van die Ewigheid wat julle heeltemal sou

verteer het.

Ek wou egter nie diegene wat uit My Liefdeskrag voortgekom het, vernietig

nie. Ek wil slegs sy terugkeer na My verseker, wat dit egter noodsaaklik

maak dat ‘n wesens verandering in hulle sal plaasvind wat die afstand na

My toe sal verklein, tot die afstand uiteindelik volledig opgehef kan word,

deurdat die wese sy oertoestand sal aanneem; totdat hy weer heeltemal tot

liefde word en My Liefde hom nou weer soos eens kan deurstraal. ’n Werk

van barmhartigheid en van liefde. Ek moes in julle ‘n vonkie van My ewige

liefde lê, omdat julle heeltemal sonder enige liefde was en daarom ook nie

in staat sou gewees het om julleself en julle wese te verander nie. Julle

vroeëre weerstand teen My was deur ‘n baie lang en smartlike proses

voorafgegaan om julle terug te voer, byna gebroke, maar julle het dan in ‘n

toestand gekom waarin die vrye wil weer aan julle gegee was, wat

voorheen gebonde was.

En in hierdie toestand van vrye wil, as mens moes die ommekeer tot liefde

nou plaasvind, wat egter heeltemal onmoontlik sou gewees het as daar nie

‘n vonkie liefde in julle gesluimer het nie. Wat Ek as barmhartigheids

geskenk in die hart van elke mens gelê het en wat hom weer kenmerk as ‘n

goddelike skepsel, sodra hy hierdie liefdesvonk vrywillig in homself

ontsteek en dit laat ontvlam tot ‘n helder gloed. Hierdie werk moet die

mens self volbring. Maar hy kan dit ook, juis omdat die goddelike

liefdesvonk in hom sluimer. Hierdie liefdesvonk is ‘n deel van God, dit is ‘n

vonkie van My ewige Liefdesgees, wat onskeidbaar met My verbonde is,

wat onophoudelik aandring om terug te keer na die Vadergees van die

Ewigheid, wat egter die mens die volle vryheid laat of hy aan die aandrang

sal toegee of die vonkie in homself laat versmoor deur sy wese wat die

teenoorgestelde is van die goddelike, deur sy verbinding met My

teenstander wat hy nie bereid is om op te gee nie.

Julle almal is in staat om lief te hê, of julle egter hiertoe bereid is, word aan

julleself oorgelaat. En al het die geestesvonk in julle as My aandeel

oorgrote krag, tog word julle nie deur hom gedwing om julle wese te

463

verander nie, dit word slegs vir julle maklik gemaak. Dit is geen

onmoontlikheid dat hierdie verandering van julle wese tot liefde in die kort

aardse lewe geheel en al kan plaasvind nie. Die verbinding met My is daar,

dit moet slegs deur julleself nagestreef word, sodat julle ook die werking

kan bespeur, sodat My Liefde weer in julle kan binnestraal. Die verbinding

van die geestesvonk in julle met die Vadergees van die Ewigheid moet weer

tot stand gebring word en onherroeplik sal die verandering van julle wese

dan plaasvind, wat julle weer tot die mees saligste wesens sal maak, wat

julle in die allereerste begin was.

Maar julle sou reddeloos verlore gewees het, as julle nie hierdie

geestesvonk, wat My aandeel is, in julle gehad het nie. Julle kan liefhê en is

in staat om liefde te ervaar en uit te straal, julle is nie heeltemal sonder

enige liefde nie, as julle, julleself nie verweer teen hierdie liefdesgees in

julle nie, as julle nie julleself aan My teenstander opdring nie, wat julle

steeds wil verhinder om in liefde te werk, wat julle egter nie kan teëhou as

julleself die lig in julle ontsteek het nie, wanneer julle let op die sagte

duidelike stem in julle en aan hom gehoor gee nie, wat julle steeds sal

aanspoor tot dade van liefde.

My geestesvonk is waarlik magtig en vol van krag, want hy is ‘n deel van

My. Die swakste wil wat homself na My toe keer, gee hy krag en My

teenstander kan hom dit nie verhinder nie, want hy kan nie stry teen Myself

nie, wat tog in julle is, maar julle nie dwing wanneer julle uit vrye wil aan

My weerstand bied nie.

Hierdie goddelike geestesvonk gee as deel van My ook die sekerheid dat

julle, julleself kan verander, want hy is krag uit My, wat julle tot alles wat

julle ernstig nastreef in staat stel. En sodat julle hierdie wil kan oproep, het

julle steeds die hulp van die goddelike Verlosser, Jesus Christus, ter

beskikking, wat maar net om erkenning en versterking van julle wil gevra

wil word, want Hy en Ek is Eén.

My het julle eens afgewys. Julle wou My nie erken as julle God en Skepper

nie en julle het hom gevolg, wat julle in die diepte ingetrek het. En hy sal

julle so lank in sy mag hou totdat julle Myself sal aanroep om hulp en in

Jesus Christus dus Myself herken en erken. Dan is die mag van die

teenstander waarlik gebreek as julle hom met My Naam konfronteer. Julle

wil sal versterking ervaar en julle verlange na die vereniging met My sal

steeds sterker word.

Die geestesvonk in julle streef ernstig na die verbinding met die Vadergees

van die Ewigheid. Julle sal toegee aan die innerlike drang en sal aangespoor

word tot die doen van liefdesdade, omdat Ek julle nou weer self met My

Liefde kan deurstraal. Julle wese sal dan weer die hoedanigheid aanneem

wat lyk soos My Oerwese. Dit sal homself omvorm tot liefde en verenig

homself nou onafskeidelik met My en julle sal My nou ewig nie meer verlaat

nie. Die kind het tot die Vader teruggekeer, van Wie hy eens weggegaan

het. Amen

464

Kringloop - Beëindiging van ‘n verlossingsperiode

7997 18 September 1961

Die kring sluit homself. ‘n Verlossingsperiode wat ‘n lang tyd gelede begin

is en wat ‘n baie belangrike verlossingsperiode genoem kan word, loop ten

einde, want Ek Self het in hierdie periode op die aarde neergedaal om vir al

die geestelike die verlossingswerk te volbring.

[1] En na die verlossingswerk sal die eerste geestelike geeste terugkeer

wat My nou erken en wat ewig by My bly, omdat hulle hulself weer vrywillig

omvorm het tot liefde.

Maar nou begin ‘n nuwe verlossingsperiode en hiertoe is die oplossing van

die materiële skeppings in, op en bo die aarde vooraf nodig, plus ‘n totale

omvorming van die aard- oppervlakte. En al die geestelike sal daarom weer

sy korrekte plek moet inneem na gelang van elkeen se graad van

volwassenheid. Daar sal nuwe skeppings ontstaan wat die geestelike

opneem volgens die graad van volwassenheid daarvan en dit tot verdere

ontwikkeling bring.

[2] En daar sal ook ‘n nuwe mensegeslag wees, voortkomend uit die wat

My trou gebly het, mense wat die laaste geloofstryd op hierdie aarde sal

deurstaan en sodoende die laaste groot geloofsproef sal aflê.

Hierdie mense vorm die stam van die nuwe geslag wat die nuwe aarde sal

bewoon, terwyl die wat nog volledig teen My weerspannig is, gekluister sal

word in die vaste materie en sal hulle ontwikkeling omhoog opnuut moet

begin.

Dan is ‘n aardse periode voltooi, dit wil sê dat daar weer ‘n kringloop sy

hoogtepunt bereik het, sodat baie siele die uiterlike vorm kan verlaat en vir

goed in die geesteryk terugkeer. Dat hulle dus die algehele verlossing

bereik het deur Jesus Christus en hulle nou in die geesteryk hulle

lewensdoel vervul. Dat hulle nou skep en werk volgens My wil wat ewenwel

ook hulle s’n is en dat hulle steeds verder omhoog styg omdat daar in die

ligryk geen grense gestel is nie en al My kinders ewig na My sal streef.

Want dit verhoog hulle saligheid steeds om die vervulling van hulle liefde te

ondervind en tog nooit te verswak in die verlange na My liefde nie.

[3] En netso gaan ook die proses van die terugvoer van die geestelike op

die aarde verder. Want eindeloos lang tye en tallose ontwikkelingsperiodes

moet nog verbygaan, voordat al die geestelike verlos is. Ek sê dit vir julle

My dienare op aarde, omdat Ek maar weinig mense kan inwy in My

Verlossingsplan, want weinige begryp My bestuur en werk om die gevalle

geestelike na saligheid terug te lei.

En steeds meer seldsaam word die verbindinge vanaf die aarde tot My,

steeds meer seldsaam is ‘n lewende geloof te vinde wat ‘n voorwaarde is

dat Ek die mense die kennis kan laat toekom. Waar dit vir My egter

moontlik is, daar werk Ek voortdurend op die mense in deur met die te

praat wat hulle vir My aanbied vir dienende werksaamhede. Hulle vind

465

weliswaar weinig geloof by hulle medemens, maar desondanks openbaar Ek

deur My bodes My Verlossingsplan aan alle mense wat My openbarings wil

aanneem.

Ek laat hulle weet dat daar weer ‘n verlossingsperiode ten einde sal loop en

‘n nuwe sal begin. Dit sal ‘n buitengewone smartlike gebeurtenis wees vir

hulle wat nie glo nie, wat hulle heeltemal aan My teenstander sal oorgee,

wat in hierdie periode hulle verlossing nie vind nie en daarom nogeens die

eindelose weg van ontwikkeling sal moet gaan. Ek sou hulle graag teen dit

alles wil bewaar. Ek sou hulle wil terug voer en hulle lei na die hemelse

geluksaligheid, maar Ek kan My liefde nie teen die wetlike ordening laat

ingaan nie.

Die mense moet in die laaste stadium van hulle ontwikkeling weer binne

gaan in die ewige ordening, anders kan Ek hulle nie opneem in My ryk wat

hulle eens vrywillig verlaat het nie.

Hierdie ontwikkelingsperiode waarin Ek self in die mens Jesus oor die aarde

gewandel het, was buitengewoon seënryk gewees. En sodoende kon alle

mense hulle vrymaak van My teenstander, omdat hulle maar slegs die

barmhartigheid van My Verlossingswerk moes benut, want My

Verlossingswerk was volbring vir alle mense van die verlede, die hede en

van die toekoms.

En die kennis daaroor sal ook weer op die nuwe aarde tot die mense

gebring word deur My Gees, want My onmeetlike liefde wil al die gevallenes

help om opwaarts te gaan. En sodra die mens hom deur My laat lei, sodra

hy sy weerstand opgee en Myself erken in Jesus Christus, sal hy ook die

weg van die terugkeer na My gaan wat die mens Jesus hom voorgegaan

het. Dan sal hy ook in die wet van die ewige ordening ingaan en ook vir

hom sal eenmaal die weg oor die aarde ten einde wees, hy sal vry kom van

sy uiterlike gedaante en ingaan in die ryk van lig en saligheid. Amen

Missie van die laaste dissipels

7999 20/21 September 1961

Julle My laaste dissipels van die eindtyd, julle in die besonder spreek Ek

aan, want julle moet help om die werk te voltooi. Julle moet julle heeltemal

aan My wy, julle moet geen aandag skenk aan dit wat in die wêreld afspeel

nie, julle moet slegs aan dit wat julle in julle hart ervaar aandag skenk,

julle moet na My luister wanneer en waar Ek ook al tot julle spreek. Ek het

julle tot hier gebring, sodat julle bewus kan word van die groot werk wat

julle nog voor die einde moet verrig. Ek Self werk met elkeen en in elkeen,

van julle en elkeen van julle sal My nog ervaar. Die een moet

ondersteuning vind by die ander, want elkeen sal geestelike krag nodig hê,

krag wat ryklik uit My na hom toe sal stroom.

Julle moet julle steeds as steunpilare van My ryk voel, as hoekstene van My

gemeente wat Ek Self op aarde gestig het. Ek het julle terwille van hierdie

466

elangrike taak na die aarde gestuur, want Ek het julle nodig in die laaste

tyd voor die einde. My Gees moet in julle kan werk en My Wil moet aan die

mense op aarde verkondig word. Hulle sal My woord mag hoor in sy

suiwerste vorm en die stroom van My barmhartigheid sal oor die mense,

wat van goeie wil is, uitgestort word.

En daarom het Ek op aarde tussenpersone nodig wat die werk van My Gees

in hulle toelaat, wat hulle vrywillig aan My gebied het om daardie amp van

tussenpersoon op hulle te neem. Ek seën julle daarvoor, want die aarde is

vir julle wat uit die ryk van die lig hier neergedaal het om My te dien, geen

verblyfplek wat gelukkig kan maak nie. Maar Ek het sterk steunpilare

nodig, wat teen My teenstander weerstand bied, wat hom nie vrees as hy

teen hulle optree nie. Ek het steunpilare nodig wat innig met My verbind is

en daarom ook vanuit My krag aktief is op aarde.

En elkeen van julle sal die taak vervul waartoe hy hom vrywillig aangebied

het. Maar julle moet weet dat My Wil julle na die aarde gestuur het en dat

julle weë ook daarom vooruit bestem is, dat julle steeds dink vanuit My Wil

en dat julle handeling ook deur My Wil gelei is. Vertrou daarom steeds op

My krag wat ook in die swakke magtig is.

Want mense sal julle tot verantwoording roep wanneer die geloofstryd

ontbrand. Maar dan sal julle nooit alleen staan nie en julle sal julle ook

nooit hoef te bekommer oor wat julle sal sê nie, want Ek Self sal julle die

woorde in die mond lê en julle hoef waarlik nie die teenstander te vrees

nie, want Ek staan aan julle sy, maar hy verafsku My. En omdat Ek Self by

julle aanwesig is, ken julle geen aardse vrees meer nie. My lig in julle straal

so helder dat daar ‘n ware vrede oor julle kom en julle daarom ook op

hoogte sal wees van julle herkoms en maar net geluksalig die tyd afwag,

waar julle weer huiswaarts sal mag keer na My, in julle Vaderhuis. Maar

eers moet julle belangrike taak voltooi wees, want daar kom ‘n tyd van

ellende oor die wêreld waarin julle nog baie hulp sal kan bied as julle geen

openlike teenstand ondervind nie. En hierdie hulp is die verkondiging van

My woord, die resultaat van My regstreekse aanspreek wat met My krag

geseënd is. Ek wil nog baie mense aanspreek, omdat Ek weet dat hulle dan

sal swig vir die aanstraling van My Liefde, dat hulle My kant sal kies en nog

voor die einde hulle sal probeer losmaak van My teenstander.

En van al hierdie moontlikhede is Ek op hoogte en Ek plaas julle oral daar

waar ‘n siel vir My woord ontvanklik is. En Ek sal julle ook solank van krag

voorsien as julle My op aarde sal dien. Ek sal julle lei en alle aardse

aangeleenthede oorneem, Ek sal julle aardse sorg op My neem en julle

moet julle alleen, sonder sorg aan My oorgee en doen waartoe julle

aangespoor word, want dit is altyd My Wil wat Ek in julle lê en wat julle ook

self julle eie sal maak.

Want die tyd loop ten einde, nog ‘n rukkie en My Arm sal ingryp en ‘n

geweldige verandering teweegbring wat ‘n geestelike en aardse uitwerking

sal hê. Maar die Liefde tot My skepsele sal vooraf ook nog alles doen om

467

hulle te red van ondergang. En hierdie Liefde van My het julle ook

bymekaar gebring, sodat julle mekaar kan herken en weet waar julle

vandaan kom.

(21 September) Julle almal werk vanuit My krag omdat daar liefde in julle is,

wat Myself in julle teenwoordig laat wees. En so oorheers My Wil ook in

julle wat julle aan My wy en My wil dien. Maar julle diens vir My en My ryk

begin uiters moeilik te word, want die wêreldse verhoudings bly nie soos dit

is nie en dan is groot krag en ‘n sterk wil noodsaaklik om alle teenstand

aan die kant van hulle, wat My teenstander dien, baas te bly. En die een

moet die ander weer sterk maak, want swakhede sal julle tydelik ook

oorval as julle sien hoe min julle medemens beïndruk raak as hulle

geestelike voedsel aangebied word, wanneer julle tot hulle spreek in My

Naam.

Julle het uit vrye wil na die aarde gekom om die mensdom by te staan in

hul grootste geestelike nood. Julle is as ‘n oase in ‘n geestelike woestyn en

elke reisiger sal vir sy siel herstel en verkwikking by julle vind. Maar julle

medemens jaag ‘n “fata morgana” (noodlot) na en hulle gaan by julle

verby, op ‘n paar na wat julle nou in My opdrag, spys en drank sal kan

verskaf. ‘n Suiwer helder bron laat die meeste vars lewenswater uit hom

stroom en elkeen mag put uit die bron, waar Ek aan julle die bron van die

lewe ontsluit het. Waar My Gees kan deurbreek, daar is ook die verbinding

met My duidelik sigbaar en daar sal ook My seën duidelik te siene wees,

omdat Ek almal met My Liefde omvat wat met My verbind is in Gees en in

Waarheid.

En My bestuur en leiding blyk ook waarlik duidelik, want daar gebeur niks

sonder My Wil of My toelating nie. En My Liefde ken altyd julle wil wat vir

My alleen geld. En daar sal baie seën van julle uitgaan, omdat die liefde

julle aanstel om te werk in die wingerd. Die liefde sal ook die resultaat

verseker omdat die liefde ‘n krag is wat nooit sonder uitwerking bly nie. Die

liefde sal so menige weerstand oorwin en deurdring in die harte van julle

medemens, op voorwaarde dat hulle nie al ‘n prooi geword het van die

teenstander nie, dat hulle wil nie heeltemal weerspannig is en hulle daarom

vyandig teenoor julle staan. Dan sou alle moeite tevergeefs wees, dan

moet julle, julleself van hulle afwend en in stilte weggaan en van My krag

vra om opnuut te werk vir My en My ryk.

En vanuit die noue verbintenis met My sal julle ook steeds weer die weg

gewys word wat julle moet gaan om vir die siele, in geestelike nood,

redding te bring. My krag sal julle toestroom. Ek sal met julle praat, julle

harte sal vinniger vir My in liefde klop, omdat julle vervul sal wees met die

liefde vir My en vir die naaste. Maar julle sal ook baie gou insien hoe min

tyd nog aan die mensdom vergun is, want julle wat My dien, is ook op

hoogte van My heilsplan van die ewigheid, julle weet wat die aarde en die

mensdom te wagte staan en julle weet ook dat die tyd vervul is. Julle ken

egter ook My Liefde en dat Ek julle waarlik sal beskut, ook as die wêreld

468

dreigend teenoor julle sal staan. Want Ek het julle nodig, My dissipels van

die eindtyd en Ek sal julle vaste Begeleier wees op al julle weë en julle sal

kan werk met My en My krag. Amen

God spreek deur die kragte van die natuur

8002 25 September 1961

Ek verwag van My dienare ‘n totale inset vir My en My ryk, want die groot

nood van die mense verlang dit. Slegs ‘n kort tyd skei julle almal van die

einde en wat nog gedoen kan word, moet gedoen word vir die redding van

die siele. Die aarde sal waarlik alles weer verslind wat as mens faal en dit is

so ‘n verskriklike lot dat Ek dit van elkeen van julle wil afkeer. Maar julleself

neem die laaste beslissing in vrye wil.

Ek self kan verder niks meer doen as om julle voortdurend aan te spreek.

Deur julle steeds weer te waarsku en te vermaan en elkeen wat My hierin

ondersteun sal deur My geseën wees. En daarom moet die einde wat naby

is steeds weer verkondig word en daar moet melding gemaak word dat Ek

My vooraf nog eenmaal duidelik sal openbaar deur ‘n geweldige

natuurkatastrofe. Want dit is My laaste waarskuwing as Ek spreek deur die

kragte van die natuur tot die mense, wat nie na My woord wil luister nie.

Hierdie taal kan egter nie oor die hoof gesien word nie, want vol ontsetting

word die mense gekonfronteer met ‘n onbegryplike groot natuurgebeure.

Geen mens sal daardeur onaangeroer bly nie, want die berig daarvan sal

oral waar mense woon bekend word. Elke mens kan dan daaroor in sy

gedagtes ‘n standpunt inneem en iedereen kan hom persoonlik betrokke

voel omdat so ‘n gebeure ook sy land en homself kan tref. Want die mense

sal ‘n herhaling vrees en moet hul daarom ook almal voorberei op ‘n

plotselinge dood.

Baie leed en ellende sal nog oor die aarde kom en tog is dit alleen ‘n middel

wat Ek aanwend uit liefde om die siele te bewaar vir die verskriklike lot van

‘n hernieude kluistering in die materie van hierdie aarde. Maar die mense

wat getref word deur die natuurkatastrofe en daaraan ten offer val, sy nie

genadeloos prysgegee word aan hul lot nie. Hul val weens hul vroegtydige

afskeid uit die aardse lewe ‘n genadegawe in die hiernamaals ten deel.

Hulle het dus nog die moontlikheid om in die hiernamaals tot die lig te kom

wat hulle op aarde ongeag gelaat het. En hulle hoef ook die hernieude

kluistering nie te vrees nie, tensy, hulle so verstok is dat hulle as regte

duiwels neersink in die diepte. Dat hulle dus so onverbeterlik is dat hulle

ook op die aarde nie sou verander nie, as hulle in lewe gebly het.

Die uitwerking van die natuurkatastrofe sal op die mense verskillend wees,

want daar sal mense in hul angs tot My keer en weens die hulp ervaar, My

trou bly. Maar ook sal daar baie afval van My omdat hulle geen God van

liefde aanvaar Wie so ‘n vernietigingswerk laat gebeur nie, want hul

469

duistere geestestoestand kan geen ander verklaring vind vir die gebeure

nie.

Daar moet egter so ‘n duidelike “stem van Bo” weerklink, ongeag of dit

erken word as My stem of nie, want dit gaan waarlik met reuse skrede die

einde tegemoet. En al vind slegs weinig siele in hul nood die weg tot My,

dan is dit tog ‘n gewin. Want hulle hoef dan nie die lang weg te gaan deur

die skeppings van die nuwe aarde nie maar mag die ryk hierna ingaan. En

hier kan hulle nog ‘n vooruitgang bereik wat op aarde twyfelagtig sou

gewees het, want daar bestaan eerder ‘n kans van wegsink in die diepte.

En Ek moet julle My dienare dit alles ter oorweging gee, want julle moet

"gewapen" wees. Julle moet alles wat om julle heen gebeur alleen maar

van hierdie kant leer beskou. Julle moet julleself geheel aan My toevertrou

en as My "werktuie” voortdurend werk volgens My wil. Julle moet al julle

gedagtes aan die wêreld opgee en elke sorg, (ook die kleinste) toevertrou

aan My. Julle moet met toewyding julle arbeid doen in My wingerd, maar

steeds ag gee op die “Innerlike instruksies" wat Ek julle gee. Want teveel

ywer skaad, terwyl, om te slaag, wysheid nodig is. Die wysheid sal julle

ontvang as julle My wil vervul en slegs "uitvoerders" is van My wil. Ek weet

wie My opdrag ernstig neem en hul kom ook die. “instruksies” geleidelik

toe: - Julle sal dit gewaar word in julle hart as My liefhebbende toespreking

en julle sal dan ook My “instruksies” nakom tot die welsyn van julle

medemens.

O, wis die mense maar wat hulle te wagte staan. Maar as dit hul verkondig

word deur die mond van My profete dan glo hulle dit nie en hulle kan ook

nie tot geloof gedwing word nie. Maar die dag kom steeds nader waarin

daar ‘n algehele verandering sal kom in die lewens omstandighede. En

geseën is dan die mens wat tot My roep in sy grootste nood. Want Ek sal

hom dan hoor en ook verhoor en hy sal dan nie meer vir ewige lang tye

verlore gaan nie. Amen

God's Wese is ‘n geheim

8006 29 September 1961

My Wese is en bly vir julle ‘n groot geheim, want solank julle op aarde

vertoef, is julle denke beperk en nie in staat om geestelike diepte binne te

dring nie. Maar ook vir die geestelike wat vol lig is, is en bly Ek

ondeurgrondelik, ofskoon hulle al in ‘n diepe geestelik kennis deurgedring

het en hulself al gevorm het tot hul oorspronklike wese wat eens as My

ewebeelde van My uitgegaan het.

By ‘n geluksaligheid wat ewig duur, hoort egter ‘n voortdurend inspanning

om na My te kom, ‘n voortdurende nadering aan My. En tog is Ek

onbereikbaar. En daarom word die wese deur Myself bestraal en met

onbegrense geluksaligheid vervul, sodat in die vereniging met My ook die

wese hom bewus is van My teenwoordigheid. sou Ek egter nie onbereikbaar

470

wees nie, dan sou ook eens die geluksaligheid vervul wees wat egter nie

kan gebeur nie, want daar is geen einde aan die gelukkig maak deur My

nie, steeds sal die wese hom inspan om by My te kom en steeds opnuut

vervulling vind en tog ewig My nie kan deurgrond nie. Ek is en bly vir alles

wat uit My voortgekom het ‘n ewig geheim maar Ek hou My nie van hulle

verwyder nie, omdat My Liefde oneindig is.

En omdat hierdie Liefde van My nie ophou nie, kan ook die gelukkig maak

van My kinders nie ophou nie, omdat daar in die volmaaktheid geen

beperking bestaan nie, kan daar nooit ‘n einde aan kom nie.

Steeds hoër sal die wese opstyg na die Lig en die Lig sal hom aanhoudend

bestraal, maar die Lig sal onbereikbaar wees en bly. Want Ek is die Oerbron

van die Lig en die geluksaligheid wat onuitputlik is, op Wie al die geestelike

aanstuur en daar oneindige geluksaligheid in vind om deur hierdie Oerbron

gespysig te word. My Wese is en bly ondeurgrondelik. En so is dit ook te

begryp dat die Wese nie as persoon voor te stel is nie, dat die mense hulle

niks begrens daaronder kan indink nie. En julle sal nou ook begryp waarom

die Wese die Oerbron van die Lig vir die geskape wesens nie sigbaar kon

wees nie. Want die Lig in sy oervolheid sou alles verteer het. Die (Lig) kon

Hom wel in alle volheid wegskenk, maar die (geskape) wese moes iets

selfstandigs bly, as ligvonk moes hy ‘n selfstandige lewe lei, vir wie Ek ‘n

ewigdurende geluk wil berei. En by geluksaligheid hoort ‘n voortdurend

verlange en voortdurend vervulling.

As die wese hom in ‘n bestraalde hoogte opgewerk het, is hy van steeds

vuriger liefde vervul en hierdie liefde dring met krag na die ewige Liefde En

Ek gee die Liefde weer terug en maak die wese onuitspreeklik gelukkig.

Maar dit beteken nie dat die verlange gestil word nie, veeleer verhoog dit

slegs die verlange na My, wat My steeds weer aan die wese skenk.

As mens is julle denke beperk en nooit sal julle sodanige wysheid kan

begryp nie. Maar in julle onvolmaaktheid sal julle ook al die verbinding met

My tot stand kan bring en julle gelukkig laat maak: julle sal kan bid, julle

sal met My kan praat en die straal van My Liefde kan julle binnestroom,

ofskoon slegs ‘n geringe stroom van krag, omdat julle nog onvolmaak is.

Maar ook die bietjie stroom van krag sal julle gelukkig maak en julleself sal

dit kan laat toeneem, sodra die liefde tot My in julle ontbrand en steeds

helderder opvlam. Dan is daar al ‘n stil verlange in julle wat Ek vervul en

dit sal tot gevolg hê dat julle verlange na die bestraling van My Liefde

steeds sterker word en julle ook voel dat dit beantwoord word na die graad

van julle liefde.

Julle sal My gewaarword, julle sal julle van My aanwesigheid bewus word en

tog sal julle My met julle verstand nie kan begryp nie, omdat My Wese vir

julle ‘n geheim is en sal bly. En tog openbaar Ek My aan julle.

Julle sal My kan herken as ‘n Wese wat in Homself Liefde, Wysheid en Mag

is. En julle sal My dan ook steeds meer lief hê en dit julle gelukkig maak

471

wat steeds en steeds weer plaas vind, want nooit sal julle as julle eens deur

My gelukkig gemaak is, hierdie geluksaligheid wil mis nie.

Die vonk wat uit My uitgestraal word as selfstandige wese, sal voortdurend

aanstuur op die vuursee van My Liefde. En die strewe om by My te wees sal

ewig nie eindig nie, ewig sal die Liefde Hom wegskenk, ewig sal die siele

hulle open en ewig die straal van My Liefde in hulle opneem. En steeds sal

die verlange na My en die voortdurende vervulling daarvan, geluksaligheid

berei wat nooit sal eindig nie. Amen

Elke gees is ‘n oergees, geval of nie

8008 l Oktober 1961

Op My Stem moet julle ag slaan as dit in julle weerklink, want My Gees sal

julle in alle waarheid lei. En as julle in die waarheid onderrig wil word, dan

kan julle dit slegs van Myself ontvang, wat die Ewige Waarheid is. Toe Ek

die wesens van My Liefde eertyds buite My geplaas het, was elke wese ‘n

“Ek-bewuste” gees, wat met My in innigste verbinding gestaan het en

steeds deur My Liefde deurstraal was. Die deurstraling met Liefde het die

wese in ‘n staat van uiterste helder insig gebring. Hy het in die lig gestaan

en het ‘n besef van Myself gehad en van alles wat om hom heen was. Elke

wese was ‘n goddelike gees, wat onmeetlik salig was.

En tog vind daar om redes, wat al dikwels aan julle verklaar is, ‘n

afvalligheid plaas van ontelbare wesens van My, ofskoon daar ook baie aan

My getrou gebly het. Die eerstes het hulle lig verloor, terwyl die laastes in

‘n onmeetlike volheid van lig bly bestaan het en My teenstander, die eerste

gevalle oergees, nie in die diepte gevolg het nie. En met hierdie oergeeste

wat by My gebly het, skep en werk Ek in die oneindigheid.

Julle mense, weet egter dat Ek vir My ‘n vergoddeliking van al die geskape

wesenlike ten doel gestel het en dat hierdie vergoddeliking deur die vrye

wil van die wese self verwesenlik moet word. Julle weet waarom die wesens

eens geval het en julle het ook kennis verkry van My heilsplan van die

Ewigheid, dat Ek die terugkeer van al die gevalle geestelike voor oë het en

wat ook verseker eens bereik sal word. Julle weet dat die "kindskap” van

God die hoogste doel is en dat alle wesens, wat as mens oor die aarde

gaan, volgens plan van die ewigheid, ook die kindskap van God op hierdie

aarde kan bereik, as die vrye wil dit maar ernstig nastreef. En gevolglik het

die eens van My afgevalle wese dan die hoogste graad van saligheid bereik.

Hy het tot My ewebeeld geword, hy kan skep en werk uit heeltemal vrye wil

en tog sal hierdie wil heeltemal aan Myne gelyk wees. Dit word nie meer

deur My bepaal nie, maar My kind het heeltemal in My Wil opgegaan en is

daarom ook onmeetlik salig.

En ook My geestelike wesens, wat by My gebly het, streef hierdie

verhoogde graad van saligheid na; want ofskoon hulle regstreeks met My in

verbinding staan, ofskoon hulle ook steeds deur My Liefdeskrag deurstraal

472

word, is hulle tog wesens geskape volgens My Wil, wat nie anders kan dink

en kan handel as volgens My Wil nie en wat altyd slegs uitvoerders van My

Wil is.

Om die verskil hieroor aan julle mense duidelik te maak, vereis ook wel ‘n

hoë graad van volwassenheid, wat julle nog nie besit nie. En daarom kan

Ek dit julle slegs verklaar na die mate van julle begrensde denke, soos julle

menslike verstand dit kan begryp. Want deur julle val in die diepte het julle

nou eenmaal elke diep insig oor alle samehang in die geesteryk verloor en

het nou op aarde nog nie tot die hoogste insig gekom nie. Tog is dit vir julle

voldoende om te weet dat ook hierdie wesens wat aan My getrou gebly het,

eenmaal ook die weg oor die aarde moet gaan, om die titel "kind van God"

te verwerf, wat hulle saligheid nog mateloos sal verhoog. En hierdie weg

oor die aarde vereis dan ook ‘n lewe in die vlees, ‘n bestaan as mens, net

soos ook die gevalle geestelike die weg moet aflê om sy wilsproef te

deurstaan. ‘n Liggees wat homself op aarde wil beliggaam, sal as verblyf ‘n

aardse liggaam kies waarvan die geestelike substansies al ‘n sekere

volwassenheid bereik het, sodat ‘n liggees dit nou in besit kan neem, terwyl

hy die dooie uiterlike vorm, die menslike liggaam dan eers die lewe gee en

hy nou in daardie liggaam sy aardse weg begin.

Hierdie liggees is gevolglik die geestelike krag wat moet instroom in ‘n

menslike liggaam, wat nou as mens in die wêreld gebore word en wat eers

dan kan lewe, as hierdie geestelike krag, die siel, die goddelike Asem, in

hierdie uiterlike vorm ingeblaas word deur My alomvattende Vaderliefde,

wat Hom die vergoddeliking van al Sy geskape wesens tot kinders ten doel

gestel het.

En nou gee hierdie hemelse gees - as siel – aan die mens die lewe en

omdat die substansies van die liggaam, al is hulle suiwerder as by die

meeste mense, self nog onvolwasse is, omdat hulle in die wêreld van My

teenstander ook aan sy invloed onderhewig is en omdat die hemelse gees

op aarde ook ‘n geestelike opdrag te vervul het en meestal niks van sy

herkoms weet nie; moet die siel dus sy eie ‘Ek’ teen alle aanvegtinge wat

van buite op hom afkom, weerstand bied. Hy moet alle neiginge en drifte

bestry wat die liggaam nog aankleef, omdat hy deur alle skeppingswerke

heengegaan het. Hierdie gees wat ‘n engel is, moet meestal ‘n uiters swaar

weg op aarde aflê waarin sy vrye wil nie mag faal nie, waarin die mens

altyd weer sy toevlug tot My, as Sy Vader, moet neem, om nie die krag te

verloor wat hy op die aarde nodig het nie. Want die volheid van lig en krag

as hemelse gees het hy vrywillig opgegee toe hy die weg oor die aarde

begin het. Maar die verbintenis met My is so sterk, omdat ‘n ongewone

vurige liefde so 'n mens deurstroom, wat ook die sekerste waarborg is dat

hy sy doel sal bereik, dat hy as "My kind" tot My sal terugkeer, omdat dit

voorheen sy grootste verlange in My Ryk was.

Hierdie ontwikkelingsgang sal by elke liggees dus dieselfde wees. Steeds

betrek hy as siel ‘n aards-materiële uiterlike vorm, wat ‘n meer of minder

473

sterk invloed sal uitoefen deur sy uiteenlopende soort geaardheid en wat

aan die siel menige doele sal stel. Hierdie uiterlike vorm sal ook altyd deur

die aardse materie heengegaan het, tensy, buitengewone invloede sy

substansies al vooraf so gelouter het dat hy baie vinnig met die eise van My

goddelike geesvonk instem, wat in die mens beliggaamde ligwese besonder

sterk straal en ‘n algehele vergeesteliking van alle substansies vinniger

teweeg kan bring.

En so was die Siel van Jesus ‘n hoogste liggees. Ook Hy het ‘n aards

materiële uiterlike vorm betrek. Ook Hy het hierdie vorm eers die lewe

gegee toe Hy as Siel die uiterlike vorm in besit geneem het, toe Hy op

aarde gebore was. Die Houer (Mirjam/Maria) wat Hom ter wêreld gebring

het, was suiwer en vlekkeloos. Sy verwekking was geen minderwaardige

daad van die sinne nie. En tog was Sy liggaam gelyk aan die van alle ander

mense, omdat Hy die werk van vergeesteliking moes volbring as voorbeeld,

wat ook alle mense moes navolg en ook kan. Ook Sy Siel, hoewel van bo,

was deur onvolwasse wesendele gekwel, waarvan Hy Hom nie mag bevry

het nie, wat Hy op grond van Sy liefde eweneens moes vergeestelik, wat ‘n

swaar arbeid aan Homself vereis het en so 'n arbeid moet ook elke hemelse

gees in die aardse lewe volbring. Want die weg deur die diepte beteken ‘n

stryd en oorwinning van alles wat deel uitmaak van die diepte en homself

ook by hierdie mense uitleef. Sy groot liefde het hierdie arbeid egter met

volharding en geduld verrig. Hy slaag om liggaam en siel te vergeestelik,

dit wil sê, ook die nog onontwikkelde substansies wat hulself by die siel

gevoeg het, te verlos, hulle tot algehele orde in Homself te bring en

tegelykertyd ‘n hoë missie te volbring, waarvoor Hy homself vrywilliglik vir

My aangebied het. Al die van My eens uitgegane wesenlikes, alle geestelike

wesens, wat uit My Liefde voortgekom het, is uitgestraalde krag. Hulle is in

hulle oerbestanddeel dieselfde as Ek Self, hulle is liefdeskrag uit My. Die

gevalle geestelike was nou, met die doel om tot My terug te keer, opgelos

in ontelbare partikeltjies. Die eens uitgestraalde krag was omvorm tot

skeppings van menigvuldige aard, want die krag moes op die een of ander

wyse werksaam word, omdat dit die oerwet is sedert die ewigheid.

Maar al hierdie opgeloste partikeltjies versamel hulself weer en elke eens

gevalle oergees ontvang sy “Ek-bewussyn” weer terug, sodra hy as mens

oor die aarde gaan, sodra hy die laaste gedeelte in die eindelose lang

ontwikkelingsproses aflê, voordat hy weer ingaan in die geesteryk.

Dié op die manier saamgebringde geestelike bring as siel die uiterlike vorm

van ‘n mens tot lewe. Die siel self is dus die eens gevalle oergees, hy is die

“Ek-bewuste” wese wat eens in volheid van lig van My uitgegaan het en in

vrye wil afgeval het en wat My teenstander, die eerste gevalle liggees, met

homself in die diepte ingetrek het. Die geweldige menigte oergeskape

geeste was eindeloos en ook die getal van die wesens wat My trou gebly

het, was onmeetlik groot. Maar ook hulle was in die diepste grond dieselfde

liefdeskrag wat uit My uitgestraal het.

474

Gaan ‘n liggees nou - dus ‘n engel - ook die weg oor die aarde met die doel

om die kindskap van God te verkry, dan kom hy in dieselfde

omstandighede soos elke gevalle gees. Hy betrek ‘n liggaamlike omhulsel

wat uit meer of minder uitgerypte geestelike partikeltjies bestaan, want die

vlees behoort tot hierdie aarde. Die liggaam kan wel suiwerder wees en

minder weerstand teen My in homself hê, maar tog is dit stoflik. En dit laat

ook die weg oor die aarde tot ‘n swaar beproewing en tot ‘n wilstoets vir dié

siel wat in die liggaam woon, word. Want weerstande moet hy hê; ‘n ligsiel

moet ook die stryd deurstaan in die vlees; ‘n geveg wat hy steeds weer

met My teenstander sal lewer wat homself van die liggaam bedien, om die

siel op elke moontlike wyse aan te val.

Ook ‘n ligsiel sal daarom aan sterk versoekinge blootgestel wees. Want die

aardse liggaam bevind homself in die gebied van My teenstander en hy sal

verseker ‘n ligsiel buitengewoon in die noute bring om hom ook tot ‘n val te

bring, wat hom eertyds nie geluk het nie. Maar die buitengewone liefdeswil

van so 'n siel waarborg hom ook steeds die toevoer van krag van bo, want

hy gee nie die verbinding met My op nie. Hy word geweldig na My toe

getrek en die vurige verlange van sy liefde is ‘n sterk wapen in die stryd

teen die teenstander, waaruit hy ook as oorwinnaar tevoorskyn sal kom.

Julle mag egter nie glo dat ‘n liggees - ‘n nie-gevalle gees – hom by ‘n

ander gees wat geval het, kan aansluit om die weg oor die aarde te gaan

nie. Elke siel is ‘n oergees, geval of nie. Die gevalle oergees lê die

ontwikkelingsgang af, opgelos in ontelbare substansies, voordat hy homself

as mens mag beliggaam, voordat hy dus as "siel" ‘n menslike uiterlike vorm

kan betrek. Die nie-gevalle gees hoef nie opgelos te word nie, maar betrek

as siel van bo ‘n menslike omhulsel, soos ook die ligwesens, wat ‘n hoë

liggraad in die ryk hierna bereik het en nou terwille van ‘n missie opnuut

die weg oor die aarde wil aflê, met die doel om die kindskap van God te

bereik.

Sulke siele beliggaam hulself dus direk in die vlees, wat eens deur My

uitgestraalde kragstroom as “lewensasem" in die menslike liggaam ingaan

en gee die uiterlike vorm die lewe. Julle weet tog dat al die eens

geskapenes liefdeskrag is wat deur My uitgestraal is, wat deur My Wil tot

“Ek-bewuste” wesens geword het, wat nooit meer kan vergaan nie. Maar Ek

kan hierdie krag ook omvorm. Ek kan hierdie wesens oplos en ander

skeppings laat ontstaan as Ek ‘n doel voor oë het daarmee, voortkomend

uit My Liefde en wysheid.

Ek kan egter ook so 'n “Ek-bewuste” wese met ‘n menslike omhulsel

beklee, wanneer ‘n goeie resultaat deur My Liefde en Wysheid verwag

word. En elke siel, wat aangesien moet word as die eintlike lewe van ‘n

mens, is ‘n oergees, wat deur My eindelose Liefde die moontlikheid gekry

het op aarde om die kindskap van God te bereik, waarna elke wese wat

deur My geskape is, self moet strewe en dit self moet verwerf. Amen

475

Verdere opheldering oor die siel

8012 5 Oktober 1961

Dit sal nodig wees om die begrip "siel" te verklaar, sodat julle nie in

dwaling voortleef nie. Alles wat julle om julle heen sien is geestelike krag,

wat eens deur My uitgestraal was, as wesens wat ontbind was, toe hulle die

liefdeskrag wat hulle onophoudelik toegestroom het, nie volgens My Wil

gebruik het nie. Want hierdie krag moet werksaam wees volgens die wet

van die ewige ordening.

Hierdie, Liefdeskrag wat deur My as wesens uitgestraal was, het Ek dus

omvorm tot skeppingswerke wat ‘n dienende funksie moet verrig. En so is

die skepping om julle heen, in die diepste grond die krag wat as

selfstandige wesens buite My geplaas was. En al is die tot materie geworde

geestelike krag nog hoe verhard, dit is alles lig- en liefdesvonke wat uit My

straal en slegs deur My Wil ‘n vorm ontvang het, ooreenkomstig My Liefde

en Wysheid.

Die geestelike kan egter nou nie meer vergaan nie. Die deur My eens

uitgestraalde krag keer onherroeplik weer na My toe terug. Maar alles wat

julle omgewe, het die mees verskillende vlakke van volwassenheid, omdat

dit die sin en die doel van die skepping is om die geestelike tot volle

ontwikkeling te bring, wat tydens sy val in die diepte in sy wese volledig

verander en dit derhalwe nou in die louteringsproses deur die hele

skepping, homself weer moet vergoddelik; dus weer ‘n selfstandige wese

moet word wat in lig en krag en vryheid werk tot sy eie geluk.

Eenmaal sal alle partikeltjies van ‘n opgeloste oersiel hulself dus weer

versamel en sal dan in die uiterlike vorm van ‘n mens oor die aarde gaan,

om in vrye wil sy laaste voltooiing te bereik. Hierdie siel is dus die

Liefdeskrag wat eens deur My uitgestraal is, maar al sy substansies het nog

‘n loutering nodig. Hulle is wel geestelik, want alles wat julle sien is

geestelike krag, selfs wanneer dit deur My Wil as materie gestabiliseer is.

Die geestelike wat nou as siel aan die mens lewe gee, het reeds ‘n

bepaalde graad van volwassenheid bereik, omdat die beliggaming as mens

andersins nie toegestaan sou wees nie. Tog kan daar nog nie van ‘n

volmaakte siel gepraat word nie, omdat hy deur die ryk van "Lucifer"

gegaan het en sy denke en wil nog heeltemal volgens sy aard gerig is. Tog

is hy die eens gevalle oergees wat deur die weg oor die aarde heeltemal

vry kan word van alle laer invloede, wat vry kan wil en handel en daarom

ook die moontlikheid het op aarde om tot die uiteindelike voltooiing te kom

en as stralende liggees weer die ryk hierna binne te gaan, wanneer hy die

aardse liggaam moet verlaat. Die siel is derhalwe vir die menslike oog die

onsigbare wat onverganklik is, wat bestaande bly tot in alle ewigheid.

Terwyl die materie, vir elke oog die sigbare uiterlike vorm is en wat

verganklik is, maar ook net opgelos kan word deur My Wil om die

geestelike, wat homself daarin bevind, vry te laat.

476

Dus is ook die sigbare skepping eweneens die vroeëre wesenlike geestelike,

wat nou ontbonde deur hierdie skepping gaan, maar eenmaal ook sover

volwasse is, dat die gevalle oergees homself as siel van ‘n mens mag

beliggaam.

Die siel het wel die gedaante van ‘n mens, maar is slegs met die geestelike

oog te sien, dit wil sê, slegs ‘n bepaalde graad van volwassenheid maak dit

vir ‘n ander siel eers moontlik om die siel te sien, soos ook eertyds in die

geesteryk die geskape wesens mekaar wel herken het en gedagtes kon

wissel. Slegs omdat hulle ‘n geestelike vermoë gehad het om innerlik waar

te neem, wat die mens, of ‘n onvoltooide siel wat weer van die aarde

geskei is, nie het nie. Die siel is dus geen stoflike vorm meer, soos mens

onder "stof” iets materieel, of iets sigbaar verstaan nie. Dit is ‘n geestelike

vorm, dit is die krag wat uit My uitstraal, wat aan die dooie vorm - die

menslike liggaam - die lewe gee. Die siel kan dink, voel en wil, wat die

liggaam op sigself nie kan doen wanneer hom die eintlike lewe – die siel –

ontbreek nie. Die menslike organe verrig wel hulle funksies, maar word tog

steeds aangespoor, of tot lewe gebring deur die siel - deur die eintlike “Ek”

- wat vir al hierdie funksies hulle werksaamhede vasstel.

En daarom dra slegs die siel die verantwoording vir die aardse bestaan en

nooit die liggaam nie. En die siel sou altyd verkeerd gedink en gehandel

het, as Ek hom nie ‘n vonk van My Gees as deel van My sou bygevoeg het

nie, wat nou sy invloed probeer uitoefen om hom aan sy aansporing te

onderwerp en wat hom steeds daartoe bring om sy wil volgens My Wil te

voeg, maar egter nooit dwingend op die siel inwerk nie.

Dit staan die siel volkome vry om homself aan die wense van die gees, of

aan die begeertes van die liggaam te onderwerp. En dit is die eintlike

aardse lewenstoets wat die siel moet deurstaan; om as volmaak te kan

ingaan in die ryk hierna.

Julle mense moet julleself met die gedagte vertroud maak dat juis hierdie

gevalle oergees julle eintlike “Ek” is, dat hierdie oergees egter by die begin

van sy beliggaming as mens ‘n nog baie ongelouterde gees is, want hy

bevind homself in die gebied van "Lucifer". Hy het selfs deur al die

skeppings heengegaan waarin al wat by "Lucifer" hoort, nog gekluister is.

En ook die menslike liggaam bestaan uit materie, dus uit die geestelike wat

homself nog in ontwikkeling bevind.

Die uiteindelike voltooiing moet eers in die aardse lewe plaasvind en kan

bereik word, omdat die Verlossingswerk volbring was deur Jesus Christus,

My eniggebore Seun, wat Ek na die aarde gestuur het om die groot

oerskuld te delg, wat aan alle gevalle wesens die ingaan in die ligryk ontsê

het.

Die siel van die mens Jesus was dus ‘n siel van die Lig, wat ten behoewe

van ‘n sending op aarde neergedaal het in die ryk van die duisternis. ‘n Siel

van die Lig het homself in ‘n omhulsel van vlees en bloed beliggaam, in die

liggaam van ‘n aardse mens, wat net so geskape was soos die van elke

477

ander mens. Die omhulsel was eers deur die Ligsiel gereedgemaak om ‘n

rein tempel te wees, omdat Ek Self in die mens Jesus My verblyf wou

neem. Tog bestaan die liggaam uit aardse materiële substansies, omdat die

mens Jesus die werk om Homself te vergeestelik sou volbring, wat vir die

ander mense as voorbeeld sou dien, wat dus deur elkeen self verrig moet

word om homself te voltooi. Bowendien het die Siel van Jesus, ‘n mees

suiwer Ligsiel Homself in ‘n donker omgewing bevind. Hy het neergedaal in

die ryk van "Lucifer" en is Homself nou ook aan al sy aanvalle blootgestel.

Die Siel van Jesus was egter geen gevalle gees nie. Maar omdat Hy deur

die diepte moes gaan, kon Hy ook nie die destruktiewe geeste afweer wat

hom in opdrag van "Lucifer" baie gekwel het nie. Die Siel van Jesus bestaan

uit lig in alle volheid. Toe Hy egter na die "diepte" afgedaal het, het Hy die

lig agtergelaat, want dit sou die mense in hulle duisternis onherroeplik

verteer het. Die Lig vervul dus maar in beperkte mate die liggaam van

Jesus. Hy het Sy Liefdeslig nie voluit laat skyn nie, maar die Liefde het Hom

innig met My verbind, Sy Vader van die Ewigheid.

Die Siel van Jesus was Gees van My Gees, netso was Hy as Liefdeslig deur

My uitgestraal en Hy het hierdie Liefde ook nie opgeoffer toe Hy na die

aarde gekom het nie. Maar nou het My teenstander ook sy invloed laat

geld, hy wou die Verlossingswerk van Jesus verhinder en het ook probeer

om die Siel van Jesus in die duisternis in te trek. Op grond van Sy

ontsaglike liefdeslig, kon Jesus speelendergewys teen al sy aanvalle

weerstand bied. Maar dan sou die navolging van Jesus twyfelagtig gewees

het, dan sou Hy nooit as mens die lewe vir die medemens uitgeleef het,

wat Hy moes lei om homself te bevry van My teenstander nie, maar sou

slegs as Goddelike Krag iets volbring het, wat nooit vir ‘n mens moontlik

sou gewees het nie.

En daarom het ‘n Ligsiel bewustelik die stryd met My teenstander

opgeneem, deurdat Hy hom alle swak plekke gebied het. Jesus het die

stryd bewustelik aangegaan, wat tegelyk beteken, om ook nie die sataniese

geeste af te weer as hulle hulself van Sy Siel meester wou maak nie. Hy

het hulle nie deur Sy Mag oorwin nie, maar deur Sy Liefde, dit wil sê, Hy

het hulle tot kalmte en sagtheid gebring, Hy het aan hulle verlossing

gebring, want Sy Liefde was baie groot en tydens Sy lewe op aarde as

mens het hierdie Liefde aangegroei tot ‘n vuursee. Hy het Myself as die

"Ewige Liefde" in Hom opgeneem. Hy het nie toegegee aan die versoekinge

van My teenstander nie, maar het elke aanvegting oorwin, elke begeerte

van die destruktiewe geestelike substansies met baie groot geduld en

erbarming verdra, om die nog onverloste geestelike te help, om hulle in ‘n

toestand te bring dat hulle hulself by Sy Siel kon aanpas. En die Liefde het

die werk volbring, sodat ook al die nog laer geestelike substansies van die

liggaam deur Sy Siel geassimileer geword het, sodat Siel en liggaam in

hoogste volheid van Lig gestraal het en hulself verenig het met My - die

Liefdeslig van die Ewigheid.

478

En hierdie selfde ontwikkelingsgang vind ook plaas wanneer ‘n hoogste

liggees, ‘n engelgees die weg deur die diepte wil gaan, om die kindskap van

God te bereik; om ‘n in vrye wil hoogs volmaakte gees te wees wat in en

met My kan skep. Steeds beperk die gees dan sy volheid van lig en krag,

omdat dit die menslike liggaam uiteen sou laat spring wat nog geen suiwer

geestelike liggaam is nie.

Die liggees neem dus die vorm van ‘n menslike liggaam aan, maar bly tog

‘n geestelike liggaam. En hierdie geestelike onbegrensde vorm is die siel,

wat die anders "dooie vleeslike liggaam" eers tot lewe bring. Tree hierdie

siel dus weer uit die liggaam, dan ondervind hy ook geen begrensing meer

nie, dan is hy weer die vrye gees, vol van lig en krag; wat egter nie uitsluit

dat hierdie gees eenmaal as "menslike siel" die weg deur die diepte gegaan

het nie.

Maar so ‘n gees sal ook in die aardse lewe oor ongewone geestelike talente

beskik, want ofskoon hy aan die swaarste versoekinge van die kant van My

teenstander blootgestel is, sal hy nooit die totale verbinding met My verloor

en die krag van sy liefde sal hom ook as oorwinnaar tevoorskyn laat kom.

Want wat My teenstander nie mee geslaag het nie, toe hy die groot leër

van oergeskape wesens tot afval van My gebring het, daarmee sal hy ook

nie nou slaag nie. Maar tog sal die aardse lewe van ‘n liggees altyd

besonder swaar wees, totdat hy sonder beperking die groot wilsproef afgelê

het wat hom nou tot My kind laat word wat vir ewig met My verenig is, met

sy Vader en nou onbegrensde salighede sal geniet. Amen

Geestelik lae peil Geloofsbeproewing - Stryd -

Wegneming

8017 13 Oktober 1961

Ook Myne moet deur ‘n tyd van nood gaan, sodat hulle tot ‘n steeds sterker

geloof sal kom as Ek hulle keer op keer help uit hul nood. Hulle moet

volhard tot die einde en het daarom ‘n sterk en onwankelbare geloof nodig,

waaruit hulle die krag kan skep om weerstand te bied. Die stryd teen die

geloof sal die laaste stryd wees en dit sal met brutaliteit gevoer word. Maar

‘n lewende geloof sal teenstand bied omdat julle so innig met My verbind is

dat julle niks vrees, wat die teenstander ook sal onderneem om julle weer

tot ‘n val te bring nie.

‘n sterk geloof beteken ook ‘n lewendige verbinding met My. Ek is vir julle

dan nie meer die “verre God” nie maar is vir julle die Vader, Wie by Sy kind

is. En die "kind" hoef nie meer te vrees nie omdat hy hom veilig voel in Sy

beskerming. En dan sal sien wie tot My “ware kerk.” behoort wat Ek self

gegrondves het. Wie ‘n geloof besit soos Kephas (die rots Petrus). ‘n geloof

wat nie sal wankel nie, al breek nog baie storms daar oor los. Dan word

bewys wie innig met My verbind is en in die waarheid wandel en daarom

479

ook weet van My heilsplan van ewigheid. Hulle sal ook sonder vrees die

hoof bied teen alles wat mense teen hulle sal onderneem.

Julle wat aan My behoort sal duidelik herken dat die einde nie meer ver is

nie. En julle moet met oop oë deur die wêreld gaan en erken hoe laag die

geestelike peil is van die mensdom, wat nie meer dieper kan sink nie en dat

daarom ‘n einde vereis word. Die dag is al vanaf ewigheid vasgestel en die

termyn word ook nagekom. Maar die mense sal ongelowig julle

aankondiging ignoreer en julle weinig gehoor skenk, wanneer hulle

gewaarsku en vermaan word. Hulle sal planne maak vir die toekoms en nie

daarvan wil afsien nie. Hulle sal steeds wêrelds dink en aan julle geestelike

vermaninge geen aandag skenk nie. Daarom sal hulle totaal verras word

deur dit wat komende is. Hulle sal sonder voorbereiding die einde belewe

van hierdie aarde, as hulle nie van tevore geluister het na My laaste

waarskuwende stem wat sal weerklink nie. Maar wat vereis dat hulle hulself

geheel verander.

Vir alles wat gaan gebeur moet julle wat Myne is en wil bly, gewapend

wees. Julle geloof mag nie wankel nie en julle moet so rots vas staan. En

tot die geloof wil Ek julle help, deurdat julle steeds My hulp sal ervaar

wanneer julle in groot nood verkeer. Ek sal julle waarlik nie verlaat nie,

omdat julle, julleself aan My toevertrou het en My wil dien. Ek weet egter

ook welke eise nog aan julle gestel sal word in die laaste tyd en Ek wil julle

daarop voorberei sodat julle aan hierdie eise voldoen. Sodat julle oor ‘n

geloofsterkte sal beskik wat julle die krag sal gee om te volhard in alles wat

nog sal gebeur.

Op elke gebied waar nog ‘n gebrek is by julle moet Ek help en elkeen van

julle moet Ek nog in My "skool" opneem omdat Ek wil dat julle standhou. Ek

wil dat julle alle versoekinge deurstaan en met al julle node tot My kom en

dat julle gelowig op My en My hulp vertrou. En steeds weer sal julle My

hulp mag ervaar. Keer op keer sal julle My liefde en mag ondervind en

steeds wil Ek Self by julle wees, want die verbinding met My sal daardeur

steeds sterker word. Dan bestaan daar nie meer die gevaar dat julle sal

faal nie, want Ek behoed en beskerm julle teen My teenstander, teen wat

ook al teen julle onderneem word.

Die laaste stryd op hierdie aarde sal nie lank duur nie, omdat Ek Self die

dae sal verkort terwille van die uitverkorenes. Maar hierdie stryd sal

onherroeplik plaasvind, want dit gaan oor die skeiding van die bokke (die

ongelowiges) en die skape (die gelowiges). Myne moet My ook openlik belei

voor die wêreld. En vir hierdie bekentenis sal hulle ook die krag hê omdat

hulle die teenstander nie vrees nie en hulle bewus is van My

teenwoordigheid. Hulle sal met My krag vervul, nie vir hom bang wees nie

en spreek sonder vrees en skroom, wanneer ‘n beleidenis van hulle gevra

word.

En al lyk dit baie of die teenstander overwinnaar is, hy sal julle nie kan

vernietig nie. Want Ek sal Self kom in die wolke en sal julle red uit die

480

hoogste nood. Ek sal Myne kom haal en My teenstander opnuut kluister vir

‘n lang tyd. Ek sal aan sy woede ‘n einde maak. Ek sal Myne wegneem van

die aarde om die werk van verandering te volbring, sodat ‘n nuwe

verlossingsperiode kan begin en sodat die ontwikkelings proses van alle

geestelike substansies in die skeppings kan voortgesit word volgens die

heilsplan van ewigheid. Amen

Kennis van die aardse lewensdoel en die oorsaak

daarvan

8020 16 Oktober 1961

Julle moet veral weet dat julle bestaan as mens op aarde ‘n oorsaak en ‘n

doel het. Julle is nie toevallig deur die Skepper in die wêreld geplaas nie;

maar geestelike gebeurtenisse is die oorsaak van julle bestaan. Dit was

voorvalle, wat homself afgespeel het in die geesteryk, ‘n geweldige lang tyd

gelede. ‘n Verandering het homself voltrek in die ryk by die wesens wat

deur My liefdeswil uit My voortgebring was. Die wetlike orde, waarin alles

homself moes beweeg wat volmaak was, was omvergewerp en toe

verander die volmaak voortgebringde wesens in die teendeel. Hulle het

deur hulle vrye wil uit die wetlike orde getree en het onvolmaak geword.

Die wil van hierdie wesens het in verset gekom teen die bestaande orde en

in opstand teen Myself, hulle God en Skepper, wat hulle wel erken het,

omdat hulle in die lig van insig gestaan het. En hierdie voorval in die

geesteryk is die oorsaak van julle bestaan as mens op hierdie aarde, want

julle is een van hierdie geeste wat julle in julle vrye wil eens van My

afgewend het. Julle is hierdie wesens wat eens in hoogste volmaaktheid

deur My voortgebring is en julleself uit vrye wil tot die teendeel gekeer het.

Julle is hierdie gevalle geeste. Maar tussen julle verval van My en julle

bestaan as mens, lê ewighede, eindelose lang tye waarin die gevalle wese

‘n veranderingsproses moes deurmaak en waarin hy ook onbeskryflike

lyding en kwellinge moes deurmaak, waartydens hy homself langsaam uit

die diepte omhoog moes ontwikkel, steeds onder My leiding, want niks bly

vir ewig van My geskei, wat uit My voortgekom het nie. En so het julle

eenmaal die fase van ontwikkeling bereik waarin julle as mens oor die

aarde gaan, om die laaste kort weg terug af te lê vanwaar julle uitgegaan

het, om in vrye wil die terugkeer te bewerkstellig tot julle God en Vader,

van wie julle, julleself eens verwyder het deur ‘n verkeerde gerigte wil.

En wanneer julle, julle menswees beskou, sal julle leer begryp hoe

belangrik dit vir julle is; julle sal dan die aardse bestaan nie as die doel self

nie, maar as ‘n middel tot die doel insien en julle sal dan ook meer

bewustelik lewe. Maar dit is moeilik om julle te beweeg om te glo dat julle

geen "gril" is van julle God en Skepper nie, want daar is geen bewys vir dit

wat Ek julle verkondig nie. Julle moet hier ernstig daaroor nadink dat

julleself en alles wat julle omgewe “wonderwerke" is, wat nie maar

481

willekeurig kon ontstaan het nie. En dan sal julle deur ernstige nadenke ook

‘n God en Skepper kan erken en daarvan oortuig wees dat niks doelloos is

nie en dat julle aardse bestaan ook ‘n doel het. En julle moet julleself nou

probeer verbind met hierdie Skeppingsmag, wat deur julle erken word, wat

altyd moontlik is deur goeie gedagtes, gebede uit die hart en dade van

liefde. En in verbinding met My sal daar spoedig ‘n lig in julle straal en dit

sal julle spoedig ‘n glans van insig gee en verlig dat julle dit eendag in volle

mate sal besit.

En die lig in Julle sal steeds helderder straal hoe inniger julle die verbinding

soek met My en julle sal dan ook julle aardse lewensdoel vervul. Julle sal

dan die verandering voltooi in vrye wil, die hervorming van julle wese tot

die volmaaktheid wat julle toestand was in die begin. Julle sal die

"liefdesvonkie in julleself” ontsteek en tot ‘n vurige vlam laat ontbrand, wat

beteken om weer in die wetlike orde te wees waarin die volmaakte homself

moet beweeg.

En julle sal ‘n ontwikkelingsproses kan afsluit wat ewighede geduur het.

Met die gevolg, om weer My oerwese aangeneem te hê en julleself weer tot

liefde gevorm te hê, dit wil sê, weer die Goddelike volmaakte wese te wees

wat julle in die begin was.

Want dit is die doel van julle aardse bestaan, wat julle tot ‘n bewustelike

lewe moet aanspoor, sodat die laaste stadium van ‘n eindelose lang weg

van ontwikkeling vir julle wese suksesvol is en dit, heeltemal vergeestelik,

in alle volmaaktheid van hierdie aarde kan skei om te kan ingaan in die Ryk

van lig en saligheid, waarvan julle eens uitgegaan het. Amen

Die verskil tussen kennis en insig

8025 24 Oktober 1961

Die graad van insig stem ooreen met die graad van julle

sielesvolwassenheid. Julle mag insig nie met loutere wêreldse kennis

verwar nie, want die laaste kan julle, julleself eie maak deur julle verstand.

Hierdie kennis kan dan ook met die waarheid ooreenstem as julle dit van

hulle oorneem wat al tot insig gekom het, dit beteken nie noodwendig insig

vir julle nie.

Eers as julleself julle liefde op ‘n bepaalde vlak gebring het, sal julle kan

binnedring in die “kennis” en dit sal vir julle dan lewende word en sal julle

nou ook innerlike lig verskaf. Julle verkry bowendien die staat terug wat

julle eens vrywillig opgegee het, deurdat julle die lig verwissel het vir

duisternis en daardeur alle insig verloor het.

‘n aangeleerde skoolse kennis oor My en My Wese, oor die bedoeling van

julle aardse bestaan as mens en oor My heilsplan van die terugvoer van die

gevalle geestelike is nie voldoende nie. Want julle begryp dit alles nie

solank julle nog nie op die graad van liefde is wat die innerlik lig, die

werksaamheid van My gees in julle waarborg nie. Dog insig is die teken dat

482

die Goddelike eienskappe in julle weer te voorskyn kom, wat verborge lê

solank julle sonder liefde is. Insig is lig, wat julle weer moet terug wen om

salig te wees, aangeneem dat julleself na lig verlang gedurende julle aardse

lewe. Want julle kan ook ‘n lewenswandel voer in die liefde, sonder om

verlange na kennis in julle te bespeur. Dan sal egter plotseling die lig van

insig julle deurstroom as julle die aardse liggaam aflê en ingaan in die ryk

hierna.

‘n geestelik ontwaakte mens moet onderskeid kan maak tussen kennis en

insig hy moet verstandelike kennis nie gelykstel met insig nie en hy moet

ook weet dat ware insig ‘n hoë graad van liefde vereis. Dit alles bewys dat

julle, julle gelukkig kan noem as julle deur die liefde binnegelei word in ‘n

diep “kennis” en daardeur tot insig kom. Want dit beteken die binnegaan in

julle oertoestand, waarin julle met lig en liefde deurstraal was, voordat julle

nog ten prooi geval het aan die duisternis, waarin julle, julleself egter as

mens nog bevind solank julle nog nie volwasse geword het nie, d.w.s. ‘n nie

ontwaakte gees het.

Nooit egter kan Ek ‘n mens met die lig van insig verbly, wat self nog nie

aan die voorwaarde voldoen wat die werk van My gees toelaat nie. Want dit

is My gees ‘n deel van Myself, wat julle die insig gee, wat julle ‘n kennis

ontsluit wat julle begryp, wat julle gelukkig maak, wat julle geestes-

toestand verlig, wat julle alle samehang duidelik laat insien en dus ‘n bewys

van die gevraagde sielsvolwassenheid genoem kan word.

Die ware insig maak steeds gelukkig en mag nooit verwar word met

opgeblase kennis wat nie begryp word nie, omdat My gees nog nie

werksaam kan wees nie, ofskoon die verstand die kennis opgeneem het.

Dan bly dit ‘n dooie kennis, sonder waarde vir die ontwikkeling van die siel.

Ja, dan kan daar alleen teen gewaarsku word om so'n kennis julle eie te

maak, want eers is daar ‘n lewe in liefde nodig om hierdie kennis lewende

te laat word.

Die liefde is nodig, want dit wek die gees in die mens op tot lewe en hierdie

sal dan eers ‘n waar lig ontsteek en eers dan word die kennis tot insig. Dan

eers het die siel die graad van volwassenheid bereik wat die geestelike

duisternis ophef. Dan kan daar eers van ‘n lig gepraat word wat die mens

van binne verlig en hom duidelike insig gee oor al die geestelike voorvalle,

oor die oerbegin en die einddoel van alles wat bestaan en oor die sin en die

doel van die menswees op aarde.

Sodra die mens die insig besit, sodra alles vir hom duidelik is, sal hy ook

My Wese begryp en die volste begrip hê vir My heilsplan van ewigheid.

Want nou deursien hy die samenhang, hy sien dan alles helder en duidelik

en daar is vir hom nou ook geen ander doel meer as om weer sy

oertoestand te bereik nie, waarin hy salig was. En hy streef dan met al sy

sinne weer na vereniging met My, vanwaar hy eens uitgegaan het. Amen

483

Geestelike laagtepunt is die rede vir die einde

8026 25 Oktober 1961

Daar is ‘n groot geestelike vervlakking waar te neem, want die mense toon

weinig belangstelling vir die gebeurtenisse wat hulle op geestelike vlak

afspeel. Hulle skenk alleen aandag aan wêreldgebeure en die gevolge

daarvan op hul liggaamlike lewe, hulle is slegs met aardse gedagtes vervul

en het geen enkele verbinding met die geestelike wêreld nie. Hulle

gedagtes is selde, maar meestal heeltemal nie op die ryk gerig wat nie van

hierdie wêreld is nie. Hulle glo slegs wat hulle kan sien, hulle staan egter

ongelowig teenoor die geestelike lewe. Hulle glo nie aan My nie, anders sou

hulle met My verbinding soek, met My, hul God en Skepper van ewigheid.

Al die geestelike is vir hulle onwerklik en daarom hou hulle hulself ook nie

daarmee besig nie en word hulle deur hul medemens in gesprekke

gewikkeld wat My tot inhoud het, dan wys hulle dit af en gee hul ongeloof

ook openlik toe. Hulle het geen geestelike verbinding nie omdat die aardse

materie hulle geketting hou en met dit ook aan My teenstander, aan wie

hulle deur hul wil behoort en van wie hulle hulself ook nie probeer los maak

nie.

En die baie lae geestelike vlak is ook ‘n rede vir die einde van die ou aarde,

die einde van ‘n verlossingsperiode wat ‘n ontbinding vra van die aardse

skepping. Want die aarde moet ‘n skolingsplek wees vir die geestelike wat

as mens oor die aarde gaan. Maar op die geestelike in die mens word geen

ag meer geslaan nie, die mens beskou sy aardse lewe alleen as doel op

sigself en hy voldoen daarom nie aan sy eintlike doel nie, hy kom sy

bestemming op aarde nie na nie. Hy laat die geestelike ontwikkeling van sy

siel buite beskouing, hy leef in totale onwetendheid oor sy opdrag op aarde

en hy sal die kennis daaroor ook nooit ontvang nie, omdat hy homself

daarteen verweer om tot die kennis te kom. Hy wys elke opheldering of

onderrigting af wat hom van die kant van gelowige mense gegee word,

maar deur dwang kan hy nie tot insig gebring word nie, omdat dit indruis

teen My Liefde en Wysheid.

En daarom wend Ek nog voor die einde ander middele aan om tenminste

nog diegene aanleiding tot nadenke te gee wat nog nie geheel aan My

teenstander ten prooi geval het nie. Hierdie middele sal weliswaar baie

pynlik wees, omdat die mense, deur die noodlot bepaal, hard getref moet

word, sodat hulle tot besinning kom en die weg na My neem. Hulle sal in

die grootste nood raak en aards geen hulp meer kan verwag nie, dan eers

is dit moontlik dat hulle aan die Mag dink Wie hulle geskape het. Dan eers

is dit moontlik dat hulle vanuit die diepste van hul hart tot hierdie Mag roep

en dan sal Ek waarlik ook hul roep hoor en verhoor. Ek sal My dan deur

openlike hulp aan hulle openbaar, deur redding uit hul nood.

Maar op woorde wat slegs deur die lippe gespreek word let Ek nie, alleen ‘n

gebed uit die hart, ‘n gebed in gees en in waarheid sal by My verhoring

484

vind, omdat Ek nog elke siel wil red wat ernstig na My verlang, sodat hulle

nie weer verlore gaan vir eindelose lang tye nie.

Die geestelike vervlakking van die mense is aanleiding tot moeilike slae van

die noodlot wat nog oor die mense sal uitbreek om hul denke te verander,

sover as dit maar moontlik is. Die verganklikheid van aardse goedere laat

nog vele tot besinning kom en ernstig die toestand van hul siel oordink.

Maar steeds bly die wil vry, die weg na My moet hulle heeltemal

onbeïnvloed neem. Maar vir hulle is hul redding seker wanneer hulle hierdie

weg gaan, maar dit gaan alleen om die heil van hul siele, nie oor hul

liggaamlike welsyn nie.

Dit gaan alleen maar daarom, dat hulle Myself erken, dat hulle in My glo,

wat hul bewys deur ‘n roep na My in gees en in waarheid. Hulle sal dan

gered wees vir die verderf, hulle sal deur My liefdevolle Vaderhand

vasgehou en van die hande van My teenstander ontruk word, wat teenoor

die vrye wil van die mens magteloos is, omdat hy daardeur sy aanspraak

op hierdie siel verloor.

En waarlik, elke mens is geseën wat nog voor die einde My kant kies, wat

in sy nood sy toevlug neem tot My en hom deur My Liefde laat vashou.

Want Ek sal hom nie meer laat los nie en hy sal My ewig dankbaar wees dat

Ek tot aan die einde om sy siel geworstel het, dat My Liefde niks onbeproef

laat, om hom vir ewig te wen nie. Amen

Liefde - Kennis - Waarheid

8031 3 November 1961

Ek sal groot kennis vir julle ontsluit, as julle sal toelaat dat Ek My aan julle

openbaar, want hierdie belofte het Ek julle gegee toe Ek op aarde geleef

het, dat Ek julle met die waarheid sal bekendmaak. En dit beteken, dat Ek

julle ‘n sodanige kennis wil laat toekom, dat julle, julleself nie meer in

duisternis van gees hoef te bevind nie, dat julle, al is dit in die begin slegs

gering, insig sal verkry, dat julle opheldering gegee word oor Myself en julle

verhouding tot My.

In totale onwetendheid het julle die aarde as mens betree en dit is ‘n

toestand van geestelike duisternis wat julle waarlik nie gelukkig kan stem

nie. En in hierdie duisternis kan julle nie die weg na My vind nie, wat julle

tog tydens julle lewe op aarde moet doen, omdat julle terugkeer na My, die

enigste doel van julle aardse lewe is. Dus moet die duisternis eerstens

verdrywe word, daar moet ‘n klein ligvonkie in julle begin straal en julle

moet langsaam in kennis binnegelei word oor julle God en Skepper en dat

julle van Hom uitgegaan het. Julle moet aanwysings ontvang oor Sy Wil en

die gevolge van die vervulling van hierdie Wil. Julle moet die gebooie van

die liefde tot God en die naaste leer ken en weet dat julle saligheid van die

vervulling daarvan afhang. Dat dit die doel en die betekenis van julle

485

aardse bestaan is, omdat julle andersins ewiglik nie na My toe kan

terugkeer nie.

En so moet julle ook tot kennis kom dat julle God en Skepper ‘n Wese is,

wat in hoogste volmaaktheid werksaam is, dat in Hom Liefde, Wysheid en

Mag is en dat die Wese gedurende julle aardse lewe eise aan julle stel en

dat julle hierdie eise moet nakom. Word die kennis in alle waarheid vir julle

bygebring, dan sal dit ook julle lewensweg soos ‘n lig verlig. En dan lê dit

by die wil van elkeen persoonlik om die lig steeds helderder in homself te

laat straal; wat geskied deur die vervulling van My Wil, deur die vervulling

van die gebooie van die liefde. Want "wie My gebooie onderhou, hy is dit

wat My liefhet, na hom toe wil Ek kom en My aan hom openbaar!"

Ek kan dus nou die gebied van sy kennis vergroot. Ek kan hom opheldering

gee op elke manier. Hy sal steeds maar net vrae aan My hoef te rig, wat Ek

vir hom sal beantwoord, regstreeks of ook wel in die vorm van gedagtes

wat aan hom van My af gestuur sal word. ‘n Omvangryke kennis kan aan

hom gebring word oor My en My Wese, oor My bestuur en werk, oor die

hele samehang wat die ontstaan van die skepping verklaar, oor die sin en

die doel van alle skeppingswerke en oor die eintlike opdrag van die mens

wat op aarde leef. Ek kan die mens uitvoerig deur My openbaringe onderrig

en ‘n aansienlike mate van kennis aan hom laat toekom, sodat hy dan ook

kan sê dat hy die ware insig het, dat hy weer ‘n lig in homself ontsteek het,

wat hy self deur sy afval van My uitgedoof het, sodat hy in die diepste

duisternis geval het. En langsaam kan hy nou weer nader aan sy

oertoestand kom, want die duisternis van gees het eers deur die verval

gekom en die lig verkry hy deur die terugkeer na My.

En of julle mense nou oor ‘n skoolse kennis beskik, is nie beslissend vir die

toestand van julle gees nie, want dit sal vir julle onbegryplik bly, ook al is

dit volgens die waarheid, solank as wat julle nog nie deur die liefde, die lig

in julleself ontsteek het, wat julle nou van binne uit kan verlig nie en julle

nou die waarheid as sodanig kan herken. Maar julle moet tot die waarheid

kom, aangesien julle andersins blind deur die aardse lewe sal gaan en geen

enkele samehang sal kan begryp nie.

Die liefde skenk julle daardie lig, dit wil sê, is die liefde in julle dan staan

julle in innige verbinding met My en dan verlig Ek julleself en julle kan nie

anders as om korrek te dink nie. Julle begryp alles en julle is dan nie meer

in die geheel onwetend nie. Julle kan egter nooit wetend wees of word

sonder liefde nie, want die liefde is die lig wat julle lei in die waarheid, maar

sonder liefde sal julle vir ewig in die duisternis bly.

Ontvang julle ook kennis wat alles verklaar en wat julle ook sal bevredig,

dan sal julle toeneem in wysheid, geloof en krag. Want hoe dieper julle

binnedring in geestelike kennis, hoe oortuigender kan julle glo en hoe

nader kom julle na My toe en ontvang van My krag in ‘n regstreekse vorm.

Onuitputlik is die bron van kennis en onbegrens die gebied wat slegs Ek vir

julle kan ontsluit. En al gaan daar ewighede verby, julle sou nooit tot ‘n

486

einde kom nie, omdat My skepping oneindig is en omdat wat volmaak is,

ook ewig onbegrens moet wees. Daarom kan kennis wat betrekking het op

‘n geestelike gebied, nooit afgesluit wees nie. Dog wat vir julle mense nodig

is om te weet, wat vir die voltooiing van die siel absoluut noodsaaklik is, dit

kan julle ook in beperkte mate aangebied word. Maar dit hang van julle

vrye wil af of julle hierdie maat wil verhoog of tevrede is met dit wat Ek

julle gee. Amen

Wat is liefde? - Verandering van die eieliefde in

naasteliefde

8032 4 November 1961

Steeds weer word julle vermaan om ‘n lewe in liefde te lei want die liefde is

die krag wat julle verlos, die liefde is die weg wat na My voer. Die liefde is

My oerelement en daarom is diegene innig met My verbind wat in die liefde

leef omdat hy My, wat die Liefde Self is, onherroeplik tot hom trek.

Wat wil dit egter sê om ‘n lewe in liefde te lei na My Wil? Julle moet die

eieliefde, wat by julle beliggaming as mens julle wese is, verander in

onbaatsugtige naasteliefde, dws. julle moet die hebsugtige liefde, wat wil

hê, verander in onselfsugtige, gewende liefde, wat wil verbly, wat alleen

Goddelike liefde genoem kan word.

My teenstander het begrip hoe om hierdie Goddelike liefde in julle te

verander, deur die verlange na dinge in julle te lê wat in stryd is met die

Goddelike. Hy weet hoe om begeertes in julle mense op te wek, wat julle

probeer te verwesenlik, hy het julle die eieliefde in die hart gelê. Hierdie

liefde moet julle weer in die Goddelike onselfsugtige liefde verander en wel

gedurende die tyd van julle lewe op aarde. Julle moet onbaatsugtige

naasteliefde beoefen, julle moet minder aan julleself dink en in plaas

daarvan julle oor die lot van julle medemens bekommer. Julle moet mense

verbly en innige liefde uitstraal, want alleen so'n liefde is goddelik, dit is die

liefde wat ons weer verbind vir tyd en ewigheid.

Daarom moet die mense steeds weer op hul aardse opdrag gewys word:

om hulle tot liefde te vorm. My gebooie van die liefde moet hul steeds weer

voorgehou word, tegelykertyd moet hul gesê word welke uitwerking ‘n lewe

in liefde op die siel van die mens het. Ook moet hul die rede gegee word

waarom Ek van die mense liefde verlang. Hulle moet opheldering ontvang

dat hulle in die diepte gestort het omdat hulle My Liefde afgewys het,

omdat hulle buite My orde tree, omdat hulle hul buite My Liefdestroomkring

stel en daardeur hul wese ook totaal verander het.

Die mense moet daaroor onderrig word dat die krag van die liefde ook lewe

waarborg, terwyl sonder liefde die wese dood is ofskoon dit as mens ‘n

skynlewe lei. Hulle moet weet dat hulle op die aarde lewe om vir hulle die

ewige lewe te verwerf en dat by die ewige lewe ‘n graad van liefde behoort,

wat die bewuste bestryding van die eieliefde vereis. Die mens moet weet

487

dat onder “liefde” wat deur My gewil is, altyd alleen die onselfsugtige

gewende liefde, wat wil verbly te verstaan is.

Probeer die mens nou sy wese tot liefde te verander dan sal hy ook gou die

werksaamheid van die Goddelike Liefde ervaar, hy sal alles leer begryp, dit

sal lig in hom word, hy sal uit die duisternis van gees tevoorskyn tree en hy

sal tot insig kom. Hy sal met My Gees vervul wees en kan onderrig, want sy

innerlik insig stel hom nou in staat om dit op sy medemens oor te dra, wat

egter ook eers deur te werk in liefde tot hierdie heldere geestestoestand

moet kom, om die begrip daarvoor op te bring, om in te sien dat die kennis

aan hom oorgedra die suiwere waarheid is.

Die liefde moet dus ‘n heldere geestestoestand tot gevolg hê, is dit nie die

geval nie, dan is dit alleen maar woorde wat die vervulling van My

liefdesgebod probeer te weerspieël, terwyl die bewys egter uitbly. Die liefde

is die vernaamste, die liefde is die Goddelike, die liefde is die vuur wat

onherroeplik ook lig sal uitstraal. Dus moet daar wysheid te vinde wees

waar ware liefde beoefen word, sodat die denke van die mens waardig is,

dat ‘n innerlik lig hom verlig, dat hy dan ook wys sal spreek omdat die gees

in hom hom uiter, omdat Ekself My in hom kan openbaar en My Woorde

waarlik Lig en Lewe is en getuig van die diepste waarheid. Die resultaat van

‘n lewe in liefde moet dus te herken wees, want: “Wie in die liefde bly die

bly in My en Ek in hom”. Waar Ek kan wees daar werk My Gees en Hierdie

uiter hom so, dat julle waarlik nie meer aan My teenwoordigheid twyfel nie.

Amen

Die naby natuurgebeure

8033 5 November 1961

Reeds binne afsienbare tyd sal julle die waarheid ondervind van My woord,

want Ek sal spreek deur die kragte van die natuur soos Ek dit gedurig

verkondig het. My stem sal julle dan nie kan ontgaan nie, want dit

weerklink geweldig en bring die hele wêreld in oproer. En die gebeure is,

ofskoon plaaslik begrens, van so ‘n geweldige omvang dat dit elke wese sal

ontstel selfs as dit hom later te wete kom. Want in die begin is die

landstreek wat daardeur getref is geheel afgesny van die buitewêreld. ‘n

onheilspellende stilte sal oor die gebied van die katastrofe lê, omdat alle

verbindings na buite verbreek is tot die eerste ontsteltenis oor is. Eers dan

sal die res van die wêreld hoor dat daar iets verskrikliks gebeur het, wat

hulle egter niks van weet nie.

Maar die mensdom moet deur My so skerp aangespreek word omdat hulle

hul doof hou vir My sagte aanspreking. Die mense glo nie in My woord wat

van bo af kom en wat hullle deur My bode verkondig word nie. Daarom

moet Ek Myself so uiter dat My stem niemand sal kan ontgaan nie en Ek

moet dus oor die mense ‘n gerig laat kom waaraan baie mense ten offer sal

val. Maar hulle mag desondanks My liefde en genade ervaar weens hul

488

vroegtydige beëindigde lewe. Julle moet dus die waarheid van My woord

erken en julle aktief wil laat word, want julle wil sal ook na hierdie

katastrofe vry kan kies omdat Ek hom nie dwing om hom tot My te keer

nie.

Maar die ontsettende natuurgebeure kan daartoe bydra dat nog baie mense

My vind, omdat die nood so groot is dat van geen enkele kant redding te

verwag is nie. Wat egter onmoontlik lyk, is by My tog moontlik. En as die

mens daaraan dink en tot My roep in gees en waarheid, dan sal hy ook ‘n

wonderbaarlike hulp ervaar. Want Ek sal My aan hom so duidelik openbaar

dat hy die mag en ook die liefde insien van sy God en Skepper en hom dan

wend tot My in diepe geloof en ootmoedige oor gawe.

En niks laat Ek onbeproef wat nog siele kan terug bring na My nie, ofskoon

Ek weet hoe moeilik hulle te wen is. Juis daarom moet Ek sulke ongewone

reddingsmiddele gebruik wat vir julle mense gruwelik blyk, maar van My

kant bekyk dade van liefde is. Want Ek wil hierdie siele waarvan alleen Ek

die omstandighede ken ook nog red. Ek wil hulle nie in die hande laat val

van My teenstander nie, wat hulle ‘n baie erger lot wil berei as wat die

grootste aardse leed ooit kan wees.

Julle mense moet glo dat steeds My liefde aanleiding is vir alles wat daar

gebeur, of deur My toegelaat word. En Ek neem My iedereen se lot ter

harte want niemand is vir My te gering of te onvolwasse nie, Ek sorg

veelmeer vir alle mense wat tans op die aarde lewe, omdat Ek hulle wil

help tot die uiteindelike voltooiing. Ek wil hulle dus bewaar vir die lot van

die hernieude kluistering in die materie. Ek wil bereik dat julle gedagtes

hom tot My keer sodat julle die laaste verderf ontgaan, nl. Om weer

gekluister te word in die skeppings van die nuwe aarde.

En al is My ingryp ook so verskriklik vir die mense in die getrefde gebiede,

My liefde tot julle regverdig dit, want geestelik gesien is dit ‘n "daad van

redding” en nie ‘n “daad van verdoeming” nie. Wat julle in die wêreld

verloor is nietig teenoor die groot wins wat julle siele kan behaal. Al moet

julle daarby julle lewe verloor, dan kan julle tog reken op My erbarming.

Julle verkry dan in die hiernamaals die geleentheid om tot die lig te kom en

ten Hoogte te styg. Want op aarde was julle met sekerheid aan My

teenstander verval en daarvoor wil Ek julle wat Ek weet nog vir verandering

vatbaar is, bewaar. Maar die tyd tot die einde is nog maar kort en dit sal

kom nie lank na My ingryp nie. Ek wil julle egter eers nog ‘n teken gee as ‘n

laaste vermaning en waarskuwing. Die teken is weliswaar ‘n baie smartlike

ingryp in die lewe van tallose mense, maar sal die geloof in My woorde

versterk. En daardeur kan hulle hulself op die einde voorberei wat nie lank

daarna sal volg nie. Amen

489

Die belang van insig

8034 6 November 1961

Julle My kinders, sal Ek steeds weer aanspreek, want Ek weet dat julle My

woord nodig het, wat julle krag sal laat toekom vir julle lewensweg. Steeds

moet julle daaraan dink dat Ek by julle is as daar ‘n gedagte van julle My

bereik, as julle wens om met My verbind te wees. En wanneer Ek by julle is

sal My krag julle oorstroom.

Julle siele het hierdie krag nodig om volwasse te word en daarom moet

julle steeds ‘n vooruitgang laat sien, as julle My tot julle laat spreek. Dan

moet die lig wat julle deurstraal helderder word en dit beteken ook altyd

dieper insig en ‘n toename in kennis, helderheid van gedagtes en ‘n reg

gerigte wil. My aanspreking waarborg julle dit, want die krag wat julle van

My toestroom sal werksaam in julle wees en dit deur die toeneem van

wysheid bewys.

Julle mense moet almal lig begeer, julle moet probeer om die duisternis

van die gees te ontvlug en na ‘n grotere geestelike kennis verlang. Want in

wat se onwetende toestand begin julle, julle aardse lewe? En ook al begin

julle verstand te werk, kan julle daarmee in geestelike gebied binnedring?

Dit bly diepe duisternis in julle en alle geestelike begrippe bly vir julle

onopgelos en onduidelik solank julle nie die verlange daarna voel om

opheldering te ontvang nie. En solank is ook die doel van julle lewe op

aarde onbekend en is julle nog geestelik dood, ofskoon julle liggaamlike

leef.

Is dit vir julle bevredigend as julle geen kennis besit oor die rede en die

doel van julle aardse lewe nie? Vind julle vervulling in julle liglose bestaan

op hierdie aarde met slegs aards gerigte doele? Hierdie troosteloosheid

sonder lig is geen salige toestand nie en julle moet dit self insien as synde

onvolmaak en dan innerlik lig probeer ontvang, want dan eers verander

julle gebrekkige toestand en ondervind julle ‘n innerlike geluk, wanneer

julle kennis ontsluit word wat julle opheldering gee oor die doel van julle

aardse lewe.

En na so'n lig moet julle verlang en daarom ook ag slaan op My woorde tot

julle wat deur My bode tot julle kom, as julleself nog nie in staat is om My

regstreeks te hoor nie. Julle moet probeer om julle kennis op geestelik

gebied te vergroot, want hierdie kennis is die lig wat julle by die begin van

julle beliggaming ontbreek, wat egter ontsteek kan word en dan helder in

julle hart skyn.

Want die lig word uitgestraal deur My gees, ‘n klein liefdevonkkie wat as ‘n

stukkie van My in julle rus en deur julle alleen ontsteek kan word deur die

liefde. Onweerlegbaar dus moet liefde julle nou wysheid oplewer,

onweerlegbaar moet as gevolg van ‘n lewe in liefde julle ‘n diepe kennis

ontsluit word, want die vuur van die liefde straal die lig van die wysheid uit.

490

Julle geestestoestand moet verlig word, die geestelike duisternis moet

verdwyn en julle moet in staat wees om alle samenhang te sien. Julle moet

Myself en My bestuur en werksaamheid begryp en julle is dan ook in staat

om self opheldering te gee omdat Ek nou Self in julle werksaam kan wees,

dus julle Wil, dink, handel en spreek vanuit My wil.

Die graad van insig is maatgewend vir die graad van julle sieleerypheid,

want Ek praat nie van ‘n dooie kennis wat julle skools aangeleer word nie,

maar Ek praat van die lewende kennis, wat alleen onder insig te verstaan

is. Ek praat van die wysheid uit My, julle God, wat op geen andere manier

verkry kan word as deur die liefde en wysheid wat alleen deur die

werksaamheid van die gees na die aarde kan kom en alleen deur ‘n hart

opgeneem word wat helder lig in hom laat binnestraal, omdat hy vol liefde

is.

Alleen die liefde gee dit en alleen die liefde ontvang dit, terwyl dieselfde

kennis ‘n dooie kennis bly vir hom, wat sonder liefde is. En julle almal moet

daarna strewe dat ook in julle die lig van die kennis begin te straal, want

dan eers kom julle weer nader aan die staat van die helderste lig wat julle

gelukkig maak soos in die allereerste begin en wat julle weer moet bereik

om salig te wees. Amen

‘n verkeerd beeld van God - Dwaallere

8035 7 November 1961

Welke verwronge beeld kry julle van My Wese as Ek aan julle voorgestel

word as ‘n God van toorn en wraak, as ‘n strenge regter sonder erbarming,

wat alleen maar straf en veroordeel maar nooit genade gee nie. So'n God

sal julle steeds vrees en Hom uit vrees gehoorsaam, julle sal ook Sy

gebooie alleen uit vrees onderhou, maar julle sal Hom nooit lief hê soos Hy

deur julle bemin wil word nie.

Solank julle so'n beeld van My het wandel julle nie in die waarheid nie. Julle

bevind julle dan nog in geestelike duisternis, sodat julle moeilik julle doel

bereik om vereniging met My te vind. Want alleen die liefde bring dit tot

stand en hierdie liefde sal julle nouliks vir ‘n wese kry wat op die manier

aan julle voorgestel word.

Ek wil egter julle liefde wen, julle volste vertroue. Ek wil deur julle gesien

word as ‘n troue Vader, wat met Sy kinders heg verbind wil wees deur die

liefde. En daarom moet julle ‘n ware beeld van My hê; die waarheid oor My

Wese, wat in Homself liefde, Wysheid en Mag is, moet julle gegee word.

Wat hoogs volmaak is en wat julle ook kan liefhê as julle, julleself omvat

voel deur My liefde, wat na julle uitgaan tot in alle ewigheid.

‘n God wat julle straf as julle gesondig het, die sal julle wel vrees en nie

kan lief hê nie. Ek straf julle egter nie maar help julle steeds om ‘n uitweg

te vind uit julle sondige toestand en skenk julle die krag en genade, sodat

julle dit kan doen. En nooit sal Ek die wese wat sondig geword het in die

491

diepte stort nie, nooit sal Ek hom verdoem nie, maar steeds probeer om

hom uit die diepte omhoog te trek, omdat hy My medelye opwek dat hy self

die weg na die diepte geneem het. En alle middele wat Ek aanwend om die

gevalle en sondig geworde wese weer omhoog te lei is bewys van My liefde,

nooit egter strafaksies wat met My oneindige Liefde onverenigbaar is nie.

Julle hoef dus aan sulke leerstellings wat My voorstel as ‘n wrekende en

straffende God geen geloof te skenk nie.

Julle mag dus ook die leer van die ewige verdoemenis afwys as ‘n groot

dwaalleer, want Ek verdoem nooit ‘n skepsel nie, veeleer het hy self in vrye

wil op die diepte afgestuur en steeds wil Ek hom weer uit die diepte bevry.

Maar dat My regverdigheid nie uitgeskakel mag word nie verduidelik julle

alleen, dat Ek ‘n wese is wat geluksaligheid nie kan skenk aan hom wat

hom vrywillig van My verwyder en hom na die diepte begewe het nie.

Maar as julle aan My dink, moet julle My voorstel as ‘n goeie, uitermate

liefdevolle Vader wat steeds bereid is om julle Sy liefde te skenk, wat egter

deur Sy volmaaktheid ook nie buite die ewige orde kan werk nie. Vir alle

wesens staan egter altyd die weg tot My oop. Ook die diepste gevalle wese

hoef slegs Sy hande verlangend na My uit te stek en Ek sal sy hande vas

vat en hom omhoog trek. Want My liefde en erbarming is so groot dat Ek

by alle skuld verbygaan, as die wese hom vrywillig aan My toevertrou.

Dan kan Ek die skuld kwytskeld omdat Ek in die mens Jesus daarvoor My

bloed vergiet het, dus die skuld gedelg het soos die geregtigheid dit vereis.

En as Ek julle mense nou in alle waaragtigheid My Wese beskryf, dan sal dit

ook nie vir julle moeilik wees om in vrye wil die weg tot My te neem nie.

Maar ‘n God wat julle vrees kan julle nie liefhê nie. Daarom moet julle die

suiwere waarheid gebring word, ‘n geestelik kennis wat julle duidelike

opheldering gee oor Myself, julle God en Skepper, Wie julle Vader wil wees,

want dwaalleerstellings kan julle nie na saligheid voer nie.

Daarom moet hierdie dwaalleerstellings gebrandmerk word, want dit het

van My teenstander uitgegaan, wat julle in geestelike duisternis wil hou en

dit alles doen om te verhinder dat julle die weg na My vind, deur die vrees

vir My in die harte van die mense te plant, om die liefde wat die kind met

sy Vader verbind nie te laat ontkiem nie. Ek wil egter julle liefde wen en

laat julle daarom ook die waarheid toekom. Amen

Ondersoek alles en behou die goeie

8037 9 November 1961

Die wil om My te dien, word gewaardeer. En Ek wys nou die mens die saak

toe tot dit wat hy in staat is om uit te voer en steeds homself en die

medemens tot seën sal strek; Maar op die innerlike aanwysings en

instruksies sal julle ook moet agslaan, julle sal nie na eie goeddunke mag

handel nie, wat maklik kan gebeur, wanneer julle na vore wil tree met julle

werksaamheid en dan baie maklik julle arbeid in die wingerd in gevaar stel

492

Diepste deemoed en die gevoel van eie onvolmaaktheid moet julle steeds

weer na My laat vlug, sodat julle, julleself aan My kan oorgee. Julle moet

steeds poog om slegs My Wil te vervul en waarlik, julle sal van hierdie Wil

van My in julle hart bewus word en daarvolgens werksaam wees.

En die ondersoek moet elkeen wat My wil dien, by homself uitvoer om dan

ook oortuig vir My en My "ryk” te kan uitkom. Want die arbeid in die

wingerd bestaan daarin: Om goeie saad in die lewensakker van die mense

neer te lê: om My Woord te verkondig waar dit maar moontlik is. En om

iets te kan deurgee, moet die mens dit eers self besit, dus moet hy eers die

saad van Myself in ontvangs neem en dit vra ‘n bereidheid en ‘n bepaalde

graad van volwassenheid van die siel. Eers dan kan hy My woord in homself

verneem en dit dan as suiwer evangelie in die wêreld uitdra. Waar My

suiwer woord nou na die aarde gebring kan word, is ook so ‘n “graad van

volwassenheid” bereik; die mens ontvang ware saad wat hy nou sonder

beswaar kan uitstrooi volgens My Wil.

Maar steeds sal die ondersoek aan julleself oorgelaat word, of ‘n geestelike

lering van Myself uitgegaan het en of daar van ‘n "werksaamheid van die

Gees" in die mens gepraat kan word. En julle hart moet vir julle ‘n

antwoord gee, want julle sal dit voel wanneer Ek julleself aanspreek,

wanneer julle maar ernstig die waarheid begeer, wanneer dit julle begeerte

is om Myself te hoor. Ek Self sal My altyd so uiter dat dit wat julle hoor,’n

aanwins vir julle siele sal wees. Ek sal julle liefdevol aanspoor en julle wys

op My gebooie van die liefde, Ek sal julle waarsku teen die nie-benutting

van julle lewe, wat te sien is as julle sonder liefde leef. Ek sal julle

duidelikheid gee oor die doel van julle lewe op aarde, Ek sal die werk van

die verlossing van Jesus na vore bring en julle aanspoor om die weg na die

kruis te neem. Ek sal die duisternis van gees in julle verdryf, deurdat Ek in

julle ‘n lig aansteek. En dit beteken, dat Ek julle kennis laat toekom wat

slegs My Gees aan julle kan oordra. En gebruik dit dan as toets of julle

geestelike wins behaal en of dit leë woorde is sonder inhoud, wat nie in

staat is om indruk op julle te maak nie, wat elke mens uit homself ook kan

spreek, of dat daar wysheid na julle toe straal. Want elke woord wat van

Myself uitgaan, straal My Liefde en Wysheid uit en raak die menslike hart,

sodat hulle wegvlug van hulle geestelike donkerte, dat in hulle hart ‘n lig

ontbrand, sodat die mens Myself leer ken in My Wese, sodat hy antwoord

kan verkry op sy vrae wat die geestelike gebied betref, wat hom as mens

innerlik besig hou.

Steeds uit My Gees Self wanneer Ek die mens regstreeks kan aanspreek en

hierdie Gees spreek tot die gees in die mens wat ‘n deeltjie van My is. Die

woord word opgeneem en deur die ontvanger daarvan aan die medemens

oorgedra. En hierdie gebeurtenis is iets buitengewoon belangrik, daar dit

aan julle mense tog My aanwesigheid bewys, wanneer julle in julleself My

woord sal hoor en omdat My woord met My Krag geseënd is, maak dit ook

‘n geweldige indruk op die medemens aan wie My boodskapper dit bring.

493

Maar een ding sal julle nie mag vergeet nie, dat in die eindtyd ook die

buitengewone werksaamheid van My in Liefde, deur My teenstander onder

‘n aanvaarbare dekmantel voorgestel sal word om My werksaamheid te

verswak; dat ook hy deur geskikte opnamehouers homself sal probeer

uitdruk en dat hy sal slaag, wanneer die toestand van volwassenheid van ‘n

siel My aanwesigheid nog nie toelaat nie, die mens self voel egter daartoe

geroepe om dan as opnamehouer te dien, omdat sulke gedagtes hom deur

kragte uit die hiernamaals ingegee word en dan opgeneem word in

geestelike hoogmoed en verkeerde beoordeling van sy geestestoestand.

Dan kan Ek Self nie in hom praat nie, inteendeel, dan bedien My

teenstander hom van homself, hy wat homself ook dikwels verskuil agter

My woord, want vir hom is elke middel goed, wanneer hy sy doel daardeur

kan bereik, naamlik om mense in die duisternis van gees te hou. Maar

steeds sal julle die ondersoek self ernstig moet uitvoer, met die aanroep

van My bystand, want julle sal alles moet beproef en die goeie behou. En

steeds moet dit lig in julle word, omdat julle nie anders sal kan praat van ‘n

goddelike aanspreking nie. En lig beteken die toename in geestelike kennis

wat ooreenstem met die waarheid en dat maar net Ek Self, wat die Lig van

Ewigheid is, julle dit altyd kan laat toekom. Amen

Gods groot Liefde

8042 18 November 1962

Laat julle deur My seën, want My Liefde vir julle is baie groot en wil steeds

maar gee en gelukkig maak. En Ek vra verder niks van julle as ‘n geopend

hart nie, d.w.s. julle wil om van My liefdegawes in ontvangs te neem. Maar

dan sal julle ryklik geseën word, Ek sal julle geestelik en aards seën, alles

wat julle nodig het vir liggaam en siel sal julle ontvang, sodat julle, julle

weg oor die aarde met sukses sal kan aflê, om geestelik heeltemal

volwasse te word en die vereniging met My te vind, wat die sin en doel is

van julle bestaan op aarde.

Laat julle deur My seën, want in alle volheid wil Ek My genade oor julle

uitstort, omdat julle swak en hulpbehoewend is en julle sonder My hulp nie

na bo sal kan kom nie. Maar Ek wil dat julle die top bereik, Ek wil dat julle

weer word wat julle was in die allereerste begin: volmaakte wesens, wat

onuitspreeklik salig was. Julle is ‘n deel van My en daarom moet julle ook

met My verbind wees.

Maar nog hou julle, julleself ver van My, tensy julle, julle hart vrywillig vir

My open en begeer dat Ek Self besit neem van julle. Dat die verlange in

julle lewende moet word, daarvoor het julle krag en genade nodig, want

julle is nog swakke wesens en julle bevind julle nog in die mag van My

teenstander, solank julle, julleself nog nie bewus by My aangesluit het nie.

En daarom span My Liefde Hom voortdurend in om julle tegemoet te tree,

dat julle, julleself deur My laat aanraak, of ook: Ek skenk julle voortdurend

494

liefdegawes sodat julle, julleself na die Gewer sal wend, want eers dan is

hierdie liefdegawe vir julle van waarde. Ek hou van julle en Ek wil alleen

dat julle My Liefde voel, waartoe egter die oopmaak van julle hart nodig is,

‘n innerlike bereidwilligheid om die straling van My Liefde in ontvangs te

neem. En dit laat julle My sien, wanneer julle aan My dink, wanneer julle

dink aan ‘n God en Skepper van Wie julle persoonlik uitgegaan het. Dan is

julle wil al op My gerig en Ek gebruik elke sodanige geleentheid om julle

dan liefdegawes te laat toekom, in welke vorm ook al.

Ek leer julle My woord ken, Ek wakker in julle die verlange aan na ‘n

verbintenis met Hom Wie julle as julle Skepper erken en Ek gee julle d.m.v.

gedagtes opheldering, of laat julle geskrifte toekom wat ooreenstem met

die waarheid, of Ek bring julle by mense met wie julle geestelike gesprekke

sal kan voer.

Ek bekommer My oor elkeen afsonderlik en sou graag in hulle harte Liefde

na binne wil straal, sodat hierdie Liefde beantwoord word en julle nou

bewus streef na die vereniging met My, Wie die ewige Liefde is. Want Ek wil

My voortdurend wegskenk, Ek wil julle My skepsels voortdurend gelukkig

maak, omdat Ek ook voortdurend julle wederliefde wil ontvang, wat die

oorspronklike verhouding herstel, wat ewige geluksaligheid beteken. En

julle kan daar seker van wees dat My Liefde julle nooit opgee nie, dat Ek

julle agtervolg, ook wanneer julle, julleself nog ver van My hou. Ek sal nie

rus voordat Ek ook julle liefde gewen het nie, want beantwoorde liefde

maak eers gelukkig. My Liefde vir julle hou egter nooit op nie, omdat julle

uit My Liefde voortgekom het. En daarom sal Ek ook nooit ophou om My

aan julle te skenk nie. Ek sal nooit ophou om julle te ondersteun om na My

terug te keer nie. Ek sal voortdurend julle harte tref, al sluit julle, julleself

ook af, eens sal die krag van My Liefde deurbreek, julle sal julle vrywillig

aan My oorgee, julle sal julle in liefde met aandrang ‘n weg baan na My toe

en aan die geluksaligheid van gee en ontvang sal geen einde kom nie.

Want My Oersubstansie is Liefde en ook julle sal weer in julle oorspronklike

staat terugkeer, omdat Ek julle nie opgee nie, omdat Ek julle voortdurend

met My Liefde agtervolg tot julle Myne geword het en vir ewig bly. Amen

Is die Bybel afgesluit?

8054 3 Desember 1961

Hoe verkeerd is dit van julle om aan te neem dat met die Skrif, die boek

van die vaders, My Woord afgesluit is. Dat Ek Self ‘n grens gestel het in

soverre, dat Ek Myself nie meer sal openbaar en tot die mense spreek nie.

Wie gee julle die bevoegdheid om so iets aan te neem? Wie kan My teëhou

wanneer Ek as Vader steeds weer tot My kinders spreek? Wie gee julle die

reg om ‘n dergelike bewering te maak dat die Bybel alleen voldoende is en

dat julle verder geen woord meer nodig het nie? Julle wat elke nuwe

openbaring afwys, bevind julleself nog in diepe geestelike duisternis en in

495

hierdie donkerheid van gees sal julle ook nie die Bybel begryp nie en is dit

vir julle dus ook nog ‘n geslote boek. Want julle begryp nie die geestelike

sin van die letters nie, anders sou julle in die Boek ook die aanwysings na

My voortdurende openbaringe gevind het en dan sou die werksaamheid van

My Gees ook vir julle begryplik gewees het. Maar solank julleself nog ‘n

onontwaakte gees het, begryp julle ook nie die betekenis van die woorde

wat Ek Self, toe Ek op die aarde was, tot My dissipels gespreek het nie.

Hoe arm sou julle mense nie gewees het as julle, julleself sou moes tevrede

stel met ‘n Boek wat julleself nie meer in staat is om sy onveranderde

inhoud te bevestig nie, wanneer julle nie steeds weer die suiwer waarheid

van bo gegee sou word, om dit as maatstaf te kan gebruik of julle, julleself

ophou met die waarheid al dan nie. Julle wat slegs die Boek van die vadere

laat geld, het self nog nie deurgedring in "die woord" nie, julle het dit slegs

met julle verstand gelees, maar nie die Gees in julle laat spreek nie, Wie

julle onderrig en die geestelike sin van die Woord duidelik maak. Julle hang

nog steeds aan die letter en begryp nie die sin daarvan nie. En as Ek Self

julle in die waarheid wil lei, dan verloën julle My werksaamheid en verdink

My dienare van omgang met My teenstander. Julle ontken dat Ek die Wil en

die Mag het om tot diegene te spreek wat hulself in volle geloof in My hulle

dienste aanbied en daarom ook in staat is om My stem in hulself te

verneem. En julle hou koppig vas aan julle mening dat My woord met die

Skrif afgesluit is, wat julle dan as die enigste boek erken waardeur Ek My

geopenbaar het.

En dit is tot julle nadeel, want deur die afwysing van My woord van bo

bewys julle dat julle maar net dooie Christene is, want ‘n lewende

Christendom is een wat "werksaam in die liefde" is en dit sou julle ook die

verligting van gees oplewer en dus ook begrip vir My besondere hulp in tye

van geestelike nood gee. Julle sou dan ook die woorde in die Bybel begryp

het, die beloftes wat Ek Self aan julle gegee het en daarop gewys het dat

Ek Myself sal openbaar aan diegene wat My gebooie onderhou. Hoe sou

julle dan hierdie beloftes van My wil interpreteer, wanneer julle sulke, nuwe

openbaringe verloën? Sou julle My wil loënstraf wanneer Ek vir julle My

"Trooster" aankondig, Wie julle sal lei in alle waarheid. Hoe verstaan julle

hierdie woorde wat vervul moet word, aangesien elke belofte wat Ek die

mense gegee het ten tye van My lewe op aarde vervul moet word. En

waarom wil julle nie glo nie? Omdat julle geestelik arrogant is, omdat dit

julle ontbreek aan innerlike lewe, aan die opwekking van die gees en julle

daarom glo dat julle My en My werksaamheid kan bepaal, dit self begrens

soos dit julle geval.

Maar julle dwaal en dit is om te ewe of julle meen om deur studiekennis te

verkry het wat julle die reg gee om My Woord vanuit die hoogte af te wys,

julle is arrogant van gees en sal daarom ook nooit self ‘n openbaring van

My kan ontvang nie, want slegs aan die deemoedige skenk Ek My

barmhartigheid en hierdie deemoed ontbreek by julle. En daarom verkeer

496

julle ook nog in duisternis en julle sal dit nie kan deurbreek nie, omdat die

lig, wat julle insig sou kon skenk, julle sal ontwyk wanneer julle sou verlang

om sy skynsel te betree. Nooit sal My Liefde vir My skepsele ophou nie en

nooit sal Ek, as die voorwaardes daarvoor aanwesig is, versuim om julle

aan te spreek nie. En steeds sal My Woord klink vir diegene wat van goeie

wil is, tot wie die Vader kan spreek as Sy kinders en wat ‘n lewende geloof

in My het en aan hulle sal Ek My ook te kenne gee en Myne sal ook My

stem herken, want by hulle kan Ek aanwesig wees; aan hulle kan Ek My

openbaar soos wat Ek dit beloof het. Amen

Die geloof aan die voortlewe van die siel

8059 9 Desember 1961

As die mense tog daaraan wil glo dat hul siel - hul eintlike ek - onverganklik

is, as hulle wil glo, dat die siel as mens op hierdie aarde vir homself sy lot

berei in die ryk hierna, wanneer hulle hul aardse liggaam verlaat. Die

onverskilligheid teenoor hul latere lot sal die mense eens bitter berou, want

eens sal hulle tot die besef kom wat hulle versuim het in die lewe op aarde,

wat hulle kon bereik, as hulle die waarskuwings en vermaninge sou geglo

het wat hul op aarde steeds ontvang het. Die onverskilligheid teenoor hul

toekomstig lot is die grootste kwaad wat dreig om baie mense in die

afgrond te trek.

En daarom moet hulle steeds weer daarop gewys word, dat daar ‘n lewe na

die dood is, dat hulle nie kan vergaan nie, ook wanneer hulle hul aardse

liggaam moet aflê. Hul gedagtes moet gerig word op hierdie tyd, wat so

seker kom soos die dag van more. Dan sal hulle ook bewuster van hul

verantwoordelikheid lewe, as hulle maar die geloof sou kan kry aan ‘n

voortlewe na die dood. Ook dit kan hul nie bewys word nie, hulle moet dit

slegs glo, maar hulle kan ‘n oortuigde geloof ontvang, as hulle nadink en

vra, oor die eintlike doel van hul lewe op aarde. Slegs ‘n geestelik gerigte

gedagte sou voldoende wees dat hulle ook die antwoord d.m.v. gedagtes

gegee word uit die ryk wat die ware vaderland van die siel is. Maar hierdie

vraende gedagtes moet die mens in vrye wil opstuur, want hulle kan nie in

sulke geestelik denke gedwing word nie. Maar die geringste impuls kan al

voldoende wees dat hulle hulself hierdie vrae stel en dit sal alleen goeie

gevolge hê.

Daarom moet die mens dikwels getref word deur gevoelige verliese wat dit

betref wat hy bemin, aardse besit of ook geliefdes, waarvan die verlies hom

tot sulke gedagtes aanwakker. En dan het ook die moeilike slae van die

noodlot vir hom tot ‘n seën geword, as dit die denke van die mens in ‘n

geestelike rigting lei en geestelike kragte nou tussenbeide kan kom wat

hom probeer onderrig. En word die mens gevra of hy oortuig aan ‘n

voortlewe van die siel glo, dan sal hy meestal daaraan twyfel, selfs as hy

daaroor deur die kerk onderrig is en nog nie openlik dit weerspreek het nie.

497

Maar die innerlike oortuiging ontbreek hom en dit laat hom ook onverskillig

in sy lewenswandel, wat gerig moet wees op die volgende lewe in die

geesteryk.

Maar steeds weer word die mens gekonfronteer met wederwaardighede wat

sy denke moet en kan rig op die einde, wat seker vir hom is en dit tog geen

einde beteken vir sy siel nie. En steeds weer sal hom ook onderrigting

toekom in die vorm van gesprekke of geskrifte wat hy in vrye wil kan

aanneem of afwys. En ook die verlies van aardse goedere kan die mens tot

nadenke stem, sodat hy hom afvra of die besit daarvan die eintlike sin van

die bestaan op aarde is. En dan is daar ‘n moontlikheid, dat sy denke

verander; dan is dit moontlik dat hy ‘n lewe na die dood nie uitsluit nie en

nou sy lewensweg bewus gaan, omdat hy voel dat hy hom eenmaal

daarvoor moet verantwoord. En dan sal ook die sekerheid steeds sterker

word in hom, dat sy bestaan nie verby is met die dood van sy liggaam nie,

want waar die geringste wil aanwesig is om sinvol op aarde te lewe, word

die mens ook gehelp en hy sal nie verlore gaan nie. Amen

Gods geregtigheid – Strafgerig - Verlossingswerk

8062 13 Desember 1961

Ek is ‘n goeie en regverdige God. My Liefde behoort julle My skepsele, altyd

en ewig toe. En tog kan Ek vanuit My Liefde geen onreg goedkeur nie. Ek

kan julle nie met My Liefde gelukkig maak, as julle sondig geword het nie,

dit beteken egter nie dat Ek julle vir julle sonde straf nie, maar julleself

neem deur julle sonde ‘n onsalige toestand op julle, julle kom op ‘n afstand

van My en dit beteken armsaligheid, want My Liefde kan julle nie aanraak

nie, omdat julleself deur die sonde afstand skep en Ek nie teen My ewige

orde in, invloed kan uitoefen op julle nie. En daarom vereis elke sonde

volgens My wet van orde boete, sodat aan My geregtigheid genoegdoening

verskaf word, sodat julle My weer sal kan nader om My Liefde te ontvang.

My Wese is Liefde en Barmhartigheid en daarom is Ek ook uitermate

lankmoedig. Tog kan My geregtigheid nie uitgeskakel word nie omdat ook

hierdie tot My Wese hoort, wat bomate volmaak is. En so moet Ek dus ook

straf gerig oor julle laat kom, wat julle egter steeds self veroorsaak, omdat

julle weer tot geordendheid sal moet kom om salig te word en omdat

boetedoening daarvoor nodig is. Toestande wat steeds alleen maar die

uitwerking is van ‘n verkeerde wil van die mens, dus gevolge van die

sonde, wat Ek toelaat sodat die sonde van hul skuld ontdaan word en julle

mense weer ‘n toestand binnegaan wat My vir julle nader bring en julle dan

ook weer deur My Liefde gelukkig gemaak sal word. So’n straf gerig is slegs

opvoedingsmiddele, dit is middele wat julle weer na My moet terugbring,

maar nooit is dit blyke of uitdrukkinge van My toorn nie. Want Ek koester

geen toorn nie omdat Ek Liefde is, maar My regverdigheid bring My daartoe

om julleself die gevolge van julle sonde te laat voel om julle te verander.

498

En so trek julle dus elke strafgerig na julle toe, maar julle kan dit ook self

vir julle tot ’n seën laat word, as julle, julleself na My wend in elke nood,

hetsy dit liggaamlik of geestelik is, as julle beken dat julle sondig is en My

in Jesus Christus om vergiffenis van julle skuld vra. My Liefde vir julle is so

groot, dat Ek alle sondaars aanneem, dat Ek sy skuld in die sand skryf en

dat Ek ook geen versoening meer van julle eis wanneer julle tot Jesus roep

en Hom julle skuld in die hande gee.

Maar Ek kan dit nie doen solank julle in die sonde volhard nie, solank julle

nie aan die verlossingswerk van Jesus glo en julle aardse lewe steeds nog

op ‘n afstand van My lei. Dan moet Ek julle probeer wen in die vorm van ‘n

strafgerig, wat dan vir julle steeds maar ‘n teken van My regverdigheid is,

wat julle nie kan aanneem nie solank julle in die sonde volhard. Dan slaan

die gevolge van die sonde op julleself terug. Dan sal julle getref kan word

deur lyding en nood en teenspoed van allerlei aard, maar hierdie is dan die

vereffening van julle sonde, julle doen boete, julle dra julle skuld af solank,

julle nog op aarde vertoef en julle sal die weg na die kruis vind. En dan

word vir julle almal ook weer die weg vry na My, dan kan Ek julle weer

aanneem. Ek kan julle ‘n salige lot berei, omdat Ek julle weer My Liefde kan

skenk en omdat aan My geregtigheid voldoen word. Amen

Innerlike selfbeskouing

8064 16 Desember 1961

Ook julle My getroues, moet Ek vermaan, om ywerig aan julle siele te werk.

Want julle dra almal nog nie volwasse geworde substansies in julle, solank

julle op aarde is, julle het almal nog meer of minder te stry met julle

aanleg, met allerlei swakhede en begeertes en steeds moet julle daaraan

dink dat julle al die substansies moet vergeestelik tydens julle lewe op

aarde.

Daar sal ‘n konstante stryd moet plaasvind, waarin julle oorwinnaar moet

word. Julle moet in alle liefde probeer om in te werk op die laer geestelike

in julle wat julle nie met rus laat nie, dat die hulself aansluit by die verlange

van die gees in julle dat dit julle siele nie meer benoud maak en dat hy sy

klim na bo steeds makliker kan aflê sonder om daarmee gehinder te word.

Ek wil vir julle almal die weg na geluksaligheid verlig, maar julle sal self ook

aan julleself moet werk. Julle sal julleself ernstig moet ondersoek welke

swakhede en foute daar nog op julle druk, julle sal julle moet afvra of julle

siele nog geboei is deur een of andere begeerte, julle moet elke onsuiwer

gevoel in julle bestry, elke toornige opwelling in julle onderdruk.

Julle mag geen onedele gedagtes uitstraal nie, julle mag geen medemens

julle liefde weerhou nie. Julle moet elke onreg wat julle ‘n medemens

aangedoen het probeer goed maak. Julle denke moet altyd edel en opreg

wees, wat alle gedagtes aan haat en wraak uitsluit. Elke liefdelose woord

moet julle vermy en steeds daaraan dink dat julle van My Liefde,

499

armhartigheid en vergiffenis verwag en dus julle medemens dieselfde

skenk.

Julle moet by alles wat julle dink en spreek weet dat Ek Self daarvan op

hoogte is en julle moet julle afvra of julle, julleself in My teenwoordigheid

wel reg gedra? Maar My krag staan julle altyd ter beskikking. Julle hoef

maar ‘n smekende gedagte tot My te rig en waarlik, Ek sal julle krag laat

toekom en julle sal oorwinnaar wees. Julle sal die laer geeste in julle tot

kalmte kan bring, hulle sal julle steeds meer met rus laat, hulle sal hulself

matig en hulle hou aan die wens van die siel om te bedaar en self ‘n beroep

doen op die krag vir eie loutering. Want die moontlikheid staan hul vry, om

in julle aardse lewe self volwasse te word en hulself by die siel aan te sluit,

omdat die siel al die volwasse geworde geestelike met hom saamneem na

die ryk hierna, wanneer hy die aardse liggaam moet verlaat.

Die siel self het nog drifte van allerlei aard in hom uit die tyd van voor sy

beliggaming, wat hulle moet verander in die teendeel. En ook die vleeslike

liggaam bring hulle in benouing omdat dit uit lae geestelike substansies

gevorm is. Maar die mens het ook die moontlikheid om verlossend op al die

onreine geestelike in te werk, wanneer hy alle slegte eienskappe wat hy in

hom het probeer omkeer in die teendeel, tot hy self deemoedig,

sagmoedig, vredeliewend, barmhartig en regverdig is tot hy self liefde

geword het, wat al die deugde insluit en die mens geheel volwasse kan

ingaan in die geesteryk.

Ondersoek julle daarom ernstig aan welke deugde julle nog makeer.

Ondersoek of julle die verandering van julle wese al heeltemal tot stand

gebring het. Ondersoek waaraan julle nog makeer en werk ernstig aan

julleself. En julle sal heel seker sukses kan bereik wanneer julle maar

ernstig wil en My om die toestuur van krag vra, omdat julle alleen te swak

is. Roep tot My in Jesus dat Ek julle wil mag versterk, dat julle die swakte

van wil verloor, dat Ek julle vergeef waar julle sondig en waarlik, My

bystand staan vir julle vas. Want Ek wil dat julle siele volwasse word en Ek

het waarlik My vreugde aan diegene wat dit ernstig neem met die

omvorming van hul wese tot liefde.

Want sodra die liefde julle vervul, sal ook alle lae geestelike substansies in

julle vergeestelik word, omdat hulle die krag van die liefde nie kan

weerstaan nie. Waar egter die onvolwasse geeste nog aan die werk is, daar

is die liefde nog nie groot genoeg nie, oftewel: Ek Self kan nog nie in alle

volheid in julle werksaam wees nie en julle sal moet stry sodat julle rein

kan word en Ek My intrek by julle kan neem. En dan is julle ook in julleself

verlossend besig gewees. Amen

500

Tweede brief van Petrus 3 : 10

8066 21 Desember 1961

"Die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag!". Die dag waarop Ek

My aan elke mense met ‘n donderstem openbaar, wat elkeen sal hoor en

waaraan geen mens hom kan onttrek nie. Want eens moet die werk wat die

aarde verander, plaas vind, eenmaal moet die orde herstel word. Die aarde

moet weer tot ‘n verblyfplek word waar die geestelike geskool word wat

volwasse moet word en sy voltooiing bereik.

Hierdie dag is sedert ewigheid voorsien, My plan is daarop gebaseerd dat

so'n verandering eens moet plaasvind, omdat die mensdom self die

aanleiding daartoe gee, wat My Wysheid wel insien. Dus sal My Mag ook

alles ten uitvoer bring en julle sal met sekerheid hierdie dag kan verwag.

Dit sal ‘n verlossingsperiode beëindig en daar sal ‘n nuwe begin, soos dit in

woord en geskrif verkondig is.

Steeds weer wys Ek julle daarop, maar omdat julle ongelowig is, omdat

julle My woord nie ernstig neem nie sal julle dus verras wees. En hoewel

ook My teenstander in die laaste tyd voor die einde heers oor die hele

aarde, wanneer hy die meeste mense in sy mag kry, sodat in hulle alle

geloof verlore gaan en hulle op die laaste alleen nog regte duiwels sal

wees, die wat Myne in die noute bring en in die hoogste nood tereg laat

kom, sal satan tog sy mag nie behou nie, want Ek sal dit van hom afneem.

En almal wat hulle nie van hom geskei het nie, wat nie aan My behoort nie,

word met ontsteltenis oorval, wanneer Ek Myne voor hul oë wegneem en

hulle dan insien dat daar vir hulle geen redding meer is nie, dat hulle aan

die deur hulle in werking gestelde vernietigingswerk ten prooi val en deur

die aarde verswelg word. Want op ‘n ander manier kan die aarde nie

gereinig word nie, al wat daarop geskape is, moet ontbind word en al die

daarin gebonde geestelike in nuwe vorms geplaas word. Daar moet ‘n alles

omvattend reinigingswerk voltrek word, sodat die orde herstel word, wat ‘n

positiewe ontwikkeling van die geestelike waarborg en wat die aktiwiteite

van My teenstander vir 'n lang tyd heeltemal uitsluit, om welke rede hy met

sy aanhang gekluister word.

Steeds weer word julle hierdie dag van die einde aangekondig, maar slegs

weiniges glo daaraan en ook hierdie het daar geen vermoede van hoe naby

dit is nie. Maar tot aan die einde sal Ek nog steeds My vermaninge en

waarskuwings herhaal. Tot aan die einde sal Ek julle almal steeds weer

aanspreek en julle daarop attent maak en tot aan die einde sal daar vir

elkeen van julle nog die moontlikheid bestaan om ‘n sodanige beslissing te

neem, dat hy aan die verskrikking van die einde ontsnap.

En omdat julle weet wat die einde alles met hom meebring, treur dan nie

oor hulle wat Ek vroegtydig uit die lewe wegroep nie. Treur nie oor hulle

nie, want hul lot is beter as dat hulle die tot die einde toe lewe, maar nie

aan My glo nie. Die eerste het nog die moontlikheid in die hiernamaals om

501

die lig te bereik, die laatste egter sink steeds dieper weg. Want Ek weet dat

hulle ook in die ryk hierna alleen die weg na die diepte neem, dus ook die

genade van ‘n vroeë dood nie sal benut nie, omdat Ek van die toestand en

die wil van elke siel op hoogte is en in ooreenstemming hiermee ook die lot

op aarde vorm gee.

En is dit ook moeilik om aan ‘n einde van die aarde te glo, tog kan die

mense hulle dan nie verontskuldig nie, want elkeen weet wat goed en

kwaad is en elkeen kan, as hy maar wil, My gebooie van die liefde nakom.

En as hy daarna leef dan sal die einde vir hom ook nie as resultaat die

verbanning in vaste materie hê nie. Dan sal hy of tot diegene hoort wat Ek

op die nuwe aarde plaas, of hy sal vroeër na die geesteryk weggeroep word

en ook nie verlore gaan nie. Dit is in elke geval goed wanneer elkeen hom

op ‘n nabye einde voorberei, wanneer hy met die moontlikheid rekening

hou, as om met verrassing die werk van vernietiging te aanskou, waaruit

daar sonder My hulp geen ontkomming meer is nie.

Wie hierdie gedagte eenmaal by hom oordink, die sal ook seker sy weg na

My neem, na sy Skepper van hemel en aarde, wat alles uit Hom laat

ontstaan het wat dit ook alles weer kan vernietig as dit hom nie meer aan

Sy orde hou nie. Maar Ek sou julle almal graag van die verderf wil red en

daarom sal Ek julle steeds weer die laaste vernietigingswerk voor oë hou.

En wie glo: die sal ook hierdie dag nie hoef te vrees nie. Want hy sal hom

met alle krag daarop voorberei en as hy ook nog swak en onvolmaakt is,

sal hy in My tog ‘n barmhartige Regter vind, want Ek waardeer sy wil, Ek

sal hom daarom nie veroordeel nie, maar hom veeleer die ewige lewe gee.

Amen

"Ek sal die verstand van die verstandiges verwerp"

Die verantwoordelikheid van die leerkragte

8069 26 Desember 1961

Julle kan alleen die amp van leraar goed uitoefen, as julleself die regte

leerstof besit wat volgens die waarheid is. En juis hierdie leerstof sou julle

aan ‘n ernstige ondersoek moet onderwerp, as julle, julle medemens wil

onderrig. Want alleen dit wat van My as suiwer waarheid uitgegaan het, is

tot seën.

Die ondersoek word egter meestal nagelaat. Die mense neem dit wat hulle

vertel word, as waarheid aan met ‘n vanselfsprekendheid en sonder

bedenkinge. Hulle sorg ook nog vir die verspreiding daarvan, sonder om die

oorsprong vas te stel, sonder om dieselfde vaste oortuiging toegedaan te

wees, dat hulle die waarheid ontvang het. Die amp van ‘n leraar is egter ‘n

verantwoordelike amp, want die leraar kan groot seën besorg maar ook

vergiftigend op die menseharte inwerk, aangesien slegs die waarheid die

siel tot heil strek, terwyl die dwaling ‘n ware vergiftiging vir hom is. En

elkeen wat self wil onderrig, kan aan homself duidelikheid verskaf of hy die

502

suiwer waarheid uitdra al dan nie, wanneer hy maar van ernstige wil is om

daarvoor in te staan en hy Myself om ondersteuning vra dat Ek sy denke

verlig en hom nie laat dwaal nie.

Hy sal My bystand verseker ondervind en Ek sal hom in die waarheid lei.

Want Ek het julle die belofte gegee en dit sal vervul word, omdat My Woord

waarheid is. En in die waarheid moet julle wandel, omdat julle dan met My

gaan, terwyl dwaling julle steeds weer die begeleiding van My teenstander

oplewer, wat julle maar net skade wil berokken en daarom verhinder dat

julle tot die lig van die waarheid kom. Daarom het elkeen wat onderrig, ‘n

groot verantwoordelikheid, sodat hy dit wat nie volgens die waarheid is nie,

nie versprei nie. En julle mense dink om ‘n waarheidsgetroue kennis vir

julle deur studie te verwerf, julle glo om verstandelik tot geestelik kennis te

kom en julle waardeer maar net die mens wat dus ‘n ryk verstandelike

kennis opgeneem het en julle is bereid om hierdie kennis ook as waarheid

te aanvaar. Ek sal egter die "verstand van die verstandiges" verwerp en die

"wysheid van die wyses" tot niet maak.

Begryp julle nou die sin van hierdie woorde? Nooit sal julle in die besit kom

van die suiwer waarheid, as julle nie tot Myself kom en van My die

waarheid verlang nie. Want Ek het Myself voorbehou om julle in die

waarheid te lei, omdat alleen Ek weet wie in staat is om dit op te neem;

wie die geestelike volwassenheid besit om ook die waarheid as sodanig te

herken. En hierdie geestelike volwassenheid is weer afhanklik van die

ernstige wil van die mens om binne My Wil te lewe.

Die verbinding met My in gees en in waarheid moet eers tot stand gebring

word, sodat die stroom van My Liefde kan binnevloei in die mens. En

hierdie liefdestroom is die toevoer van My Woord van die waarheid, in die

vorm van gedagtes of deur die hoorbaar oorgebringde woord. Dan sal die

mens egter vas en verseker in die waarheid wandel, sy denke sal waar

wees en hy sal nie hoef te vrees om ‘n prooi te word van dwaling nie, want

die innige verbinding met My en die verlange na die waarheid sal hom

daarteen behoed. Maar waar is so 'n verlange te vinde onder hulle wat

onderrig gee, wat glo om die waarheid te besit en nog nie die geestelike

verband begryp het nie, wat nie weet welke voorwaardes vervul moet word

om die toevoer van My kant af van die waarheid waardig te word nie? Op

onverskillige wyse word geestelike lering volgens tradisie aangeneem en

onderrig en weer neem die mense dit aan sonder om na te dink en raak so

in geestelike duisternis, of hulle vind nie hulle weg uit die geestelike

duisternis waarin hulle vertoef nie. Want ‘n valse leer kan geen lig bring

nie, slegs die duisternis word nog dieper en die siele bevind hulself in

geestelike nood, omdat hulle lig nodig het om die korrekte weg te gaan wat

omhoog voer.

En dit alles moet ook aan julle mense die dringendheid van My openbaringe

duidelik maak, want die tyd is nog maar kort. En as die mense die korrekte

weg wil vind en gaan, dan is lig nodig wat die weg vir hulle sal verlig. Lig

503

kan egter slegs van bo kom en elkeen wat ‘n leraarsamp uitoefen, moes

homself eers met die Lig van die Ewigheid in verbinding stel, om self deur

die Lig deurstraal te word en waarlik, as die waarheid by die mense veld

sou gewen het, sou die geestelike nood nie so groot gewees het nie. En wat

van My kant nog gedoen kan word, sal waarlik gebeur, want slegs die

waarheid maak vry, slegs die waarheid bring die mense terug na My toe en

slegs deur die waarheid kan julle mense weer salig word. Amen

Die laaste uur van die aarde (nuwe aarde + Hemelse paradys)

8071 1 Januarie 1962

Die laaste uur van die aarde kom nader. Hierdie woorde beteken nie baie

vir die mensdom nie, omdat hulle nie glo dat die einde naby is nie. Ek kan

julle nie voldoende bewys vir julleself gee nie, omdat julle nie die taak van

julle lewe uit vrees sal kan vervul nie. Julle kan dit aanvaar of weier maar

julle lot sal wees volgens wat julle glo wanneer die tyd kom.

My plan is bepaal van Ewigheid af. Dit is weens My diepe liefde vir My

geskape wesens dat Ek op die plan besluit het, wat in groot wysheid bedink

is. My liefde en Wysheid sal ook die plan uitvoer omdat die tyd vervul is.

Ek is vir ewig onveranderlik en wat Ek noodsaaklik vir die wesens ag wat

nog van My geskei is, sal Ek uitvoer en nie die mens toelaat om My daartoe

te beweeg om My plan te verander nie. Die plan is gebaseer op die wil van

die mens, wat deur My van Ewigheid gesien nie meer geskik is vir

verandering op hierdie aarde nie.

Ek beplan nie om willekeurig te handel nie, maar My onmeetlike liefde en

Wysheid bepaal alles wat gebeur. Ek sien deur alles en weet dat geen beter

resultate bereik kan word as Ek die tyd van My plan van Verlossing sal

verander nie. Julle moet besef dat julle voldoende tyd gehad het. Selfs as

julle meer tyd gehad het sal julle nie verander as julle nie in My glo nie,

daarom sal dit geen waarde hê of doel dien om die einde uit te stel nie. Dit

kan hulle wat aan My behoort in gevaar stel om nog in die hande van My

teenstander te val, as Ek hom nie soos beplan bind nie.

Julle moet My hoogste Wysheid en diepste liefde erken. Dan sal julle nie vir

die uitstel van die einde van hierdie aarde bid nie en julle sal gelowig in My

liefde na die toekoms uitsien.

My liefde sal elkeen beskerm wat aan My wil behoort. My liefde sal waarlik

sy krag gebruik wanneer dit kom om Myne te help in hulle nood. Selfs as

julle nie wil glo dat die einde vir julle naby is nie, glo minstens dat julle

skielik van hierdie aarde af geroep kan word. Julle weet dat julle nie julle

lewensduur kan verleng nie en julle weet nie wanneer julle laaste dag sal

kom nie. Oordink die dood wat julle nie kan vertraag nie en dink wat met

julle siele “julle eie ek” wat onverganklik is gaan gebeur, wie se lot julle op

aarde bepaal.

504

Maar as julle nie glo dat julle siele na julle liggaamlike dood sal lewe nie,

dan is julle in groot nood. Niemand kan My verhinder om uit te voer wat

deur Woord en Geskrif verkondig is nie.

Die tyd is vervul en elke dag is ’n genade geskenk, wat julle kan gebruik na

julle wil. Sit julle hoop nie op valse profete nie, wat die einde ontken en glo

dat hulle My kan oorreed om dit te verander. Sulkes spreek nie in My Naam

nie maar is instrumente van hom wat julle in geestelike duisternis wil hou

en mense sal maak glo dat hulle onbeperkte tyd het. Die mense sal hulle

eerder glo as om aan hul eie siele te dink.

Dit sal plaasvind soos gesê is. Ek Self sal in die wolke kom om Myne te kom

haal alvorens die vernietiging van die aarde begin. Daar sal nie één steen

op ‘n andere bly nie, omdat die aarde hernu moet word. ‘n nuwe aarde sal

verrys, ‘n Hemelse skepping, wat alle onvolwasse geestelike substansie sal

opneem. Wat met die vernietiging van hierdie ou aarde vry gestel word

moet verander word om hul rypwording voort te sit. Hierdie nuwe aarde sal

bewoon word deur diegene wie aan My tot die einde trou gebly het. Maar

hulle wat die graad van volwassenheid bereik het wat hulle toelaat om in

die Koningkryk van Lig in te gaan sal in die Hemelse paradys lewe, wat vir

hulle waarlik ‘n salige staat sal wees as hulle in My geestelike Koningkryk

ingaan, vry van hul fisiese liggame.

Hulle op die nuwe aarde sal My as voorouers van die nuwe menslike geslag

dien. ‘n Nuwe verlossings-periode kan slegs met geestelik volwasse mense

begin wat al die gebonde geestelike sal help om vinniger volwasse te word.

Hulle sal so dig met My verenigd wees dat hulle hul kinders en kindskinders

in liefde sal opvoed en getuig van die Grootsheid van hul Skepper en God.

Die transformasie van die buitevorme sal baie vinniger plaasvind, omdat Ek

Self onder hulle sal wees in Jesus Christus. Die mense wat dan op die aarde

sal woon sal met die kennis van hul oorspronklike sonde, hulle bewus aan

hul Goddelike Verlosser Jesus toevertrou, omdat hulle weerstand gebreek

is, sal hulle gewillig terugkeer na My. Hulle groot liefde vir My vergun My

om onder hulle te woon.

Dit sal die millenniumkoninkryk wees, waar die oorwinnig oor Satan

duidelik sal wees, wanneer hy niemand kan verontrus nie omdat hulle hul

totaal van hom bevry het en hulle terugkeer na My voltooi is. Satan het

geen ingang na hulle ryk nie tot dat hierdie salige tyd stadig begin

verander, soos mense weer ‘n begeerte na materiële goed begin kry en My

teenstander wat die heerser oor die materiële aarde is sal van sy kettings

losgemaak word en sy invloed op aarde sal weer duidelik word.

Maar voor hierdie tyd sal baie siele in My Koningkryk ingekom het. Ek sal

weer ‘n goeie oes hê, maar dan begin die stryd weer met My teenstander

om die siele. Ek sal egter oorwin. Weer en weer sal Ek siele van hom

ontruk. Sy aanhangers in wie hy sy krag sien sal Ek verminder. Ek sal dit

wat Myne is nooit opgee nie, selfs as dit ewighede verg. Één dag sal almal

na My terugkeer en een met My wees vir ewig. Amen

505

Die naderende einde vereis groter arbeid in die

wingerd

8072 5 Januarie 1962

Na elkeen van julle gaan die oproep uit om te dink aan die erns van die

tyd. Niemand van julle moet dit ligtelik opneem nie, niemand moet glo dat

hy nog baie tyd het nie; elkeen van julle wat wil, moet nog vlytig arbei in

My wingerd, want die arbeid van elkeen is nodig as hy nog die redding van

‘n siel tot gevolg wil hê, wanneer hy dit in ‘n liefdevolle wil om te help,

doen. Ek sien die baie ongelukkige siele wat nog op ‘n groot afstand van My

af staan, omdat hulle sonder geloof voortgaan en hulle aardse lewe slegs

aards benut. En waar Ek nog ‘n moontlikheid sien om hulle deur My

aanspreek te wen, daar lei Ek hulle heen, dit wil sê, Ek lei hulle gedagtes

en aktiwiteite so, dat hulle in besit van My barmhartigheidsgawe kom, in

besit van My Woord wat hulle uit die hoogte toestroom.

Glo dit, julle sal nog baie kan bydra tot die verlossing van dwalende siele,

maar julle mag julle nie laat ontmoedig nie, julle sal onophoudelik besig

moet wees en van My sal julle waarlik die krag ontvang dat julle in My Wil

werksaam sal kan wees. En ook van diegene sal julle kennis moet neem dat

julle ‘n wêreldse vergrote wil om te lewe en ‘n verhoogde genotsug sal kan

vasstel, hoe nader die einde kom. Want aan ‘n einde glo die mense nie en

daarom is hulle heeltemal onbeheers in hulle wense en begeertes; en dit

sal wees soos ten tye van die sondvloed: Hulle het geëet en gedrink, hulle

het getrou en hulself in die huwelik uitgegee, hulle het met bruisende

lewenslus gelewe en die deur wyd vir die sonde oopgesper: Want My

teenstander besit die oormag en hy benut dit waarlik ten volle. En hierdie

tyd gaan julle tegemoet en elkeen is in gevaar wat nie aan My dink en My

beskerming en hulp vir homself afbid nie.

Maar wie in My glo, sal homself ook tot My wend en hy sal nie verlore gaan

nie: En wie My wil dien, sal ook My besondere barmhartigheid mag

ondervind, maar hy moet ook ag slaan op My instruksies, wat steeds net

daaruit sal bestaan, om verlossend werksaam te wees. En dit sal julle

steeds maar kan doen, wanneer julle die mense om julle sal wys op die

komende dinge, wanneer julle hulle sal aanmaan en waarsku, wanneer julle

aan hulle My woord bring waar dit maar vir julle moontlik is. Elke sodanige

oordrag sal geseën wees, ofskoon die resultaat nie onmiddellik te sien sal

wees nie.

So, laat julle nie ontmoedig wanneer teenwerking van allerlei aard homself

voordoen nie, gee die wil nie op om vir My ‘n behulpsame medewerker te

wees nie, dink aan die groot geestelike nood en verrig verlossingswerk deur

My evangelie (van die liefde) uit te dra, deur die verkondiging van My

woord, wat ‘n uitwerking van groot krag het en siele kan tref wat nog nie

heeltemal verhard is en aan My teenstander behoort nie. En julle sal ook

baie spoedig die waarheid van My woord ondervind, want julle gaan die

506

einde met rasse skrede tegemoet. Want die tyd is vervul en dit sal gebeur

soos dit verkondig is in woord en geskrif. Amen

Gebedsverhoring - Die korrekte verhouding van kind

tot Vader

8073 6 Januarie 1962

Ag, besef tog die Liefde van julle Vader, Wie alleen die beste vir julle wil.

Laat julle tog weghou van die weg wat na die verderf voer, luister na die

lokroep van julle Herder en draai om. Keer terug na My en laat julle deur

My lei, want wanneer julle, julleself ver van My afhou, is julle aan die vyand

oorgelewer, wie julle onbarmhartig na benede, die diepte in sleur, wie My

kudde uitmekaar dryf en hulle met gemak in sy domein bring, wanneer

hulle hulself nie onder My hoede stel waarheen hy hulle nie kan volg nie

En julle moet weet dat hy steeds vir julle loer, dat hy geen geleentheid laat

verbygaan om julle in sy net in te trek nie en dat hy baie sukses het omdat

julle op julle eie krag vertrou, terwyl julle alleen maar met My

ondersteuning oorwinnaar kan wees. En Ek sien julle noodlot, Ek sien die

gevaar waarin julle verkeer en al sou Ek julle ook graag wil help, julle neem

My hulp nie aan nie, omdat julle, julleself van My afwend, omdat julle wil

nog nie op My gerig is nie. En onder dwang kan julle denke nie verander

word nie, daar moet ‘n vrywillige ommekeer na My toe geskied, dan eers

kan Ek julle by die hand neem, dan eers kan julle My hulp duidelik ervaar.

En om te bereik dat julle, julleself vrywillig na My rig, moet Ek nood oor

julle mense laat kom en weer sal dit vir julle moeilik wees om aan ‘n God

van Liefde te glo, maar die nood moet julle daartoe bring om die weg na My

te neem en My om hulp te vra. Ek wil slegs dit bereik, dat julle die weg na

My toe vind en dat julle na die lokroep van julle Herder sal luister, dat julle

na Hom sal vlug wanneer julle in nood is. En julle sal waarlik hulp vind,

julle moet slegs julle roep vanuit die hart na My toe laat opstyg.

Julle verwonder julle gereeld dat julle gebed geen verhoring vind nie, dog

gee julle geen rekenskap daarvan hoe die gebed is wat julle na My toe

stuur nie. Wanneer Ek julle innige versoek nie gewaarword nie, omdat dit

nie in gees en in waarheid na My gestuur word nie, hoor Ek julle nie, want

sulke versoeke styg daaglikse by die duisende omhoog, maar hulle is

sonder gevoel afgerammel, dit is vormgebede, wat Ek nie kan verhoor nie,

omdat hulle My nog geen blyke gee van die verbintenis, die verhouding van

‘n vraende kind tot sy Vader nie, Wie dan waarlik ook sal help - met wat dit

ook al is. Want vir My is geen ding onmoontlik nie.

Ontbreek egter die innigheid aan ‘n gebed, dan bereik dit nie My oor nie en

dan bly dit ook onvervuld. Nooit egter uit ontbrekende Liefde van My kant

af nie, maar uit ontbrekende kinderlike vertroue in My, wat ‘n sekere

waarborg is vir die vervulling van elke wens. Kan julle maar in My

onmeetlike Liefde vir julle glo, Wie homself steeds maar ‘n weg wil skenk,

507

Wie julle nie wil laat ly nie. Maar julle houding dwing My daartoe om

middele aan te wend wat julle aanleiding gee om aan My Liefde te twyfel.

En tog wil Ek julle maar net help.

En salig is hy wat van hierdie uiterste hulpmiddele gebruik maak, wie die

weg nog na My vind en My aanroep in sy nood. Want hulle sal waarlik My

hulp gewaarword en My mag duidelik ervaar en hy sal glo in My en nie

verlore gaan nie. Amen

Wandel julle in die waarheid?

8074 7 Januarie 1962

Die wil om tot die waarheid te kom verseker julle dit al; maar hoe selde is

so'n ernstige wil nog te vind! Die mense neem sonder om na te dink aan dit

wat hulle as waarheid vertel word en stel dan hul gedagtes daarop in,

d.w.s. in ooreenstemming met die ontvangde kennis, lewe hulle of in die lig

of in die duister. Want alleen die suiwer waarheid kan lig skenk, terwyl die

dwaling altyd die gees sal verduister.

Dit gaan hier om ‘n geestelike kennis, nie om wêreldse kennis wat met

bewyse gestaaf kan word en geen invloed op die sielelewe van die mens

het nie, aan wie die aardse lewe geskenk is, vir die voltooiing van die siel.

Daarom: begeer alleen die suiwer waarheid en julle sal dit seker ontvang.

Maar wie kan julle waarborg dat, dit wat julle as waarheid aangebied word,

wel die waarheid is?

Die vrae moet julle, julle steeds weer vra. Julle moet weet dat daar baie

geestesrigtings is en dat alle rigtings hul opvatinge as die waarheid uitdra

en dat almal iets anders leer. En tog kan daar maar net een waarheid wees.

Dus mag julle nog die een nog die ander glo sonder om na te dink, maar

julle moet julle tot die hoogste Instansie wend, nl. tot die EWIGE

WAARHEID Self!

Julle moet julle wend tot Hom, wat Bo alles staan. wat alles geskep het,

wat hoogs volmaak is. wat alles weet en wat die liefde Self is. wat dus ook

julle Sy skepsele lig wil skenk omdat Hy julle liefhet. Hy het waarlik die

mense nie in ‘n staat van geestelike duisternis geskep nie, maar dit nie

verhinder, toe hulle uit vrye wil hulle in die duister begewe en die vors van

duisternis, Lucifer, in sy ryk gevolg het nie. God, wat julle die lewe gee wil

egter nie dat julle in die duisternis bly nie. Hy wil julle lig gee en te enige

tyd kan julle dit uit Sy Hand ontvang. Hy is altyd bereid om julle denke te

verlig en julle ‘n helder insig te gee op alle vrae wat julle besig hou. Oor

alle geestelike samehang, oor die rede van julle bestaan en die doel van

julle aardse lewe.

En as die EWIGE WAARHEID Self julle onderrig, kan en sal Hy julle niks

anders as die suiwer waarheid gee nie en dan kan julle ook met oortuiging

glo; want julle sal dan weet dat julle in die waarheid wandel. As julle

ernstig na die waarheid verlang, kan julle ook seker daar van wees dat dit

508

julle geskenk word. En dit is die eerste voorwaarde, want erken die mens

God as die EWIGE WAARHEID, dan sal hy hom ook tot Hom wend en Hom

om die waarheid vra. Die mens open hom dan bewustelik vir die straling

van die lig. Hy bring die verbinding met God tot stand wat die doel en die

betekenis van die aardse lewe is, die verbinding wat eens vrywillig gebreek

is en waardeur die skepsele in die diepste en donkerste troosteloosheid

geval het.

Nou open die mens hom dus weer bewus en laat hom beskyn deur die

liefde van God, d.w.s. dat sy liglose toestand verander in ‘n toestand van

lig en die mens nou ‘n kennis verkry, wat tot nog toe vir hom gesluit was.

En dat dit kan gebeur en ook plaasvind dit kan julle glo. En dat elke mens

dit sal kan ervaar, mag julle ook glo.

Maar hieraan is ‘n voorwaarde verbind wat nie elke mens kan nakom nie,

wat egter alleen die regstreekse self ontvang van die waarheid beperk,

maar nie die toevoer van die suiwer waarheid op ‘n indirekte manier nie.

Want waarlik, wie die waarheid begeer sal dit ook ontvang.

Maar elkeen kan homself ook so vorm dat hy die waarheid regstreeks kan

ontvang, as hy maar ‘n lewe van onbaatsigtige naasteliefde lei en daardeur

die gees in homself tot lewe wek wat as deel van God in elke mens sluimer

en deur die liefde tot ontwaking gebring word. En die, omdat Hy ‘n deel van

God is ook alles weet en die mens van binne kan leer.

En daarom moet julle, julle tot die hoogste Instansie wend. Julle mag nie

genoë neem met wat mense julle meedeel nie,selfs wanneer hulle vir die

waarheid in staan. As die waarheid ingang sou gevind het onder die mense,

sou daar nie so'n duisternis op die aarde wees nie. Maar dat daar groot

duisternis heers is tog duidelik, anders sou daar waarlik ‘n harmoniese

vredige toestand op die aarde wees, terwyl die teendeel die geval is. Amen

God's Gees spreek nie teen Homself nie

8077 1 Januarie 1962

Julle kan rustig My Woord as suiwere waarheid uitdra, want Ek sal julle

gedagtes so lei dat julle steeds insien waar My teenstander hom op die

voorgrond plaas en die denke van die mense wil verwar. Ek gee julle tog

die suiwere waarheid sodat dit ingang vind onder die mense. En wie Ek

hierdie waarheid in 'n direkte vorm kan laat toekom, die is ook geskik om

‘n leeramp uit te oefen en hy sal altyd alle teenwerpings wat hom van die

kant van sy medemens gemaak word, kan weerlê.

Ek wil dat die waarheid deurbreek, dat dit lig word, dat die duisternis

verjaag word, d.w.s. dat die mense reg leer dink. Omdat dit egter die vrye

wil van die mense vereis, sal dit nie maklik wees om teen dwaling in te

gaan nie. Dog die mens self is verantwoordelik daarvoor of hy in die

waarheid wandel of in dwaling voortgaan, want van My kant word hom

509

waarlik baie lig gestuur, wat hy maar hoef aan te neem as die ontwikkeling

van sy siel vir hom erns is.

En daarom moet julle ook die toeligting gegee word dat julle nooit hoef te

vrees dat My Gees Hom teenspreek nie. Deur al diegene wat vir My werk

sal Ek altyd dieselfde waarheid na die aarde stuur, alles wat My

openbaringe teenspreek kom van My teenstander. Maar of dit My Gees is

wat dit openbaar, dit kan almal wat dit ernstig meen met die waarheid wel

maklik insien. Want Ek gee hom ook die onderskeidingsvermoë en dan sal

hy hom deur Myself ook aangespreek voel. Maar hy moet My Woord met

die hart aanneem, nie alleen met die verstand nie.

Wie ondersoek instel met vooroordeel kan nie meer juis oordeel nie, want

dan het sy verstand die oorhand en dit oorstem dan die gevoelens van sy

hart. Ek kan egter alleen deur die hart tot julle spreek. Daarom: open julle

hart as Ek tot julle moet spreek, of dit nou regstreeks is of deur dit wat

deur My dienare oorgebring is.

Verlang dus dat julle deur My aangespreek word en waarlik, julle denke sal

verlig word. Julle sal dan begryp wat vir julle tevore onbegryplik was, julle

sal dan ook in staat wees om ‘n helder oordeel te vel en julle sal gelukkig

wees om die Stem van julle Vader te hoor, Wie tot al Sy kinders wil spreek,

tot almal wat alleen maar wens om My te hoor. Amen

Deur gebeure in die natuur openbaar God Sy Mag

8080 15 Januarie 1962

Oor alles wil Ek julle opheldering verskaf, wat daar toe dien, dat julle nog

voor die einde die weg na My neem, julle God en Skepper, wat julle eens

vrywillig verlaat het. Julle ken die rede vir julle bestaan as mens op hierdie

aarde nie en tog moet julle probeer om daarvan te wete te kom, want dan

eers leef julle, julle aardse lewe bewus. Dit word julle weliswaar al gesê:

julle is op die aarde om volmaak te word, maar omdat julle die diepere

insig mis, maak hierdie lering geen indruk op julle nie. Julle moet eers na

waarheid onderrig word en self in julle gedagtes ‘n standpunt daaroor

inneem. Dan eers sal julle, julle lewe doelmatig ontplooi.

En hierdie waarheid probeer Ek julle te laat toekom, maar julle vrye wil gee

die deurslag of julle dit aanneem en insien as waarheid. Nou egter staan

julle kort voor die einde en wil julle eers nog julle sieleevolmaaktheid bereik

dan sal julle dit ernstig moet neem en julle bewus met julle God en

Skepper in verbinding moet stel. Julle sal dus vir eers aan Hom moet glo.

En daarom sal julle nog baie meemaak wat julle te kenne gee van ‘n "Mag”

buite die aardse wêreld, julle sal die tussen beide kom van ‘n Mag, oor Wie

julleself niks te sê sal hê, nie kan loon nie, wat ook julle lot vorm gee en

aan Wie julle, julleself sal moet oorgee. wanneer julle tot die insig kom

tydens julle aardse lewe, dan is die eerste tree al gegee, dan is dit ook

moontlik dat julle met die Mag kontak maak en dan sal julle deur My

510

vasgegryp en stap vir stap ten hoë gelei word. En julle sal nou ook kan

begryp waarom Ek probeer om My so dikwels in gebeurtenisse in die natuur

te openbaar. Die mense moet daaruit kan agterkom dat die menslike wil en

menslike kragte geen vermoë het as daar in die natuur dinge gebeur wat as

katastrofes ontelbare mensenlewens eis.

Hulle moet leer insien dat daar ‘n Mag bo hulle staan, ofskoon sulke

gebeurtenisse nog geen geloofsdwang beteken nie, omdat die totaal

ongelowige mense vir hulself ander verklarings gee van sulke

gebeurtenisse, solank hulle teenoor My nog 'n weerspannige instelling het.

Maar Ek openbaar My in gebeurtenisse van allerlei aard in die natuur, daar

sal tog enkele mense hulself daardeur aangespreek voel, d.w.s. insien dat

Ek bestaan en hulself ook van My uitgegaan het.

Die tyd tot die einde is nog maar kort, maar soortgelyke openbaringe sal

daar nog baie wees, want anders kan Ek nie meer spreek tot hulle wat

verhard is en alleen deur die swaarste slae van die noodlot nog enkele siele

kan wen, wat skielik besef dat hulle self magteloos is en afhankelik van

Hom wat hulle geskape het.

En steeds weer sal Ek daarom tot die mense spreek, luid en geweldig tot

hulle wat geen ag slaan op ‘n sagte aanspreking nie, want die verbinding

van My met die aarde sal altyd bly bestaan, omdat julle skepsels van My

Liefde is, wat Ek terug wil wen. En hoe nader die einde is, des te luider sal

My stem klink, wat hom deur die elemente van die natuur sal uiter, tot die

laaste dag gekom het, waarop geoes word, waarop alles opnuut ‘n prooi

van die dood word, wat geheel van My afgekeer is (en vir Myne) ‘n nuwe

lewe sal begin op die nuwe aarde. Amen

Gods hulp in die eindtyd - Die voorloper

8081 17 Januarie 1962

Die mense op aarde verander nie meer nie en daar is geen geestelike

ontwikkeling meer te bespeur nie. Slegs enkeles sal nog die weg na My toe

vind en wat die wil het om aan die doel van hulle aardse lewens te

beantwoord. Wat van My kant nog sal geskied om die getal van die

laasgenoemdes te vergroot, sal waarlik gebeur en My Liefde sal ook nog

middele en weë vind wat die harte van enkeles sal roer, sodat hulle hulself

oopstel sonder innerlike weerstand en My Woord sal aanneem.

Maar daar is nie veel nie en daarom kan gerus gesê word dat die tyd vervul

is. Want die geestelike vlak van die mensdom bepaal self die einde en dit

het so gedaal, dat daar nie meer aan ‘n verandering van die mensdom te

dinke is nie. My teëstander het die mag oor die geestelikes gewen wat as

mense beliggaam, die laaste weg oor die aarde gaan. Hy werk in volledige

negatiewe wyse in op hulle wat hom onderhorig is en wat sy wil opvolg.

Diesulkes het dus alreeds hulle laaste wilsbesluit geneem en kies self weer

die ryk van die duisternis. Hulle keer na die materie toe terug, waaraan

511

hulle op aarde onderworpe was en waarvan hulle hulself nie kon losmaak

nie. Die materie sal daarom weer die siele opeis.

Maar tot die laaste toe gee Ek die mense nog geleentheid om hulself tot

hulle God en Skepper te wend. Want die standvastigheid van Myne sou

hulle denke nog kan keer en in hulle vrae kan laat opkom wat Ek self vir

hulle sou kon beantwoord, omdat Ek elke siel wil red teen die hernude

kluistering, teen ‘n herhaalde weg deur die skeppings van die Nuwe Aarde.

My Gees sal so duidelik by Myne wees dat die ongelowiges ook verbaas sal

staan. Ek Self sal My aan hulle openbaar deur die sigbare hulp wat Ek aan

Myne verleen en die ongelowiges sou ook kon glo, as hulle hulself wil

vrymaak van My teëstander wat hulle gevange hou. Want deur die

geringste gedagte wat hulle na My sou opstuur, sou Ek hulle nog vasgryp

en hulle nie meer loslaat nie. Ek sal My ook nog in die laaste uur laat vind,

waar die wil daar sal wees om My te aanvaar.

Myne sal egter besef hoe gekluister die teenstander die mense vashou.

Myne sal wel blootgestel wees aan sy aanvalle, maar My krag sal hulle

sigbaar versterk. Ek Self sal hulle in die stryd bystaan en hulle sal as

oorwinnaars te voorskyn kom. Want waarlik, My krag is sterker as syne en

die lig wat uit julle straal sal hom teenstraal en hy sal vlug, omdat hy

Myself daarin herken.

En sodat Myne sterk bly, sal hulle daadkragtige ondersteuning ervaar. Ek

self sal in die Woord by hulle wees en Ek sal aan hulle ligdraers stuur wat

so helder straal, dat hulle alle skaduwees sal verjaag en ook die vyande

afweer wat Myne in die noute wil dryf. Ek sal die mense met My

teenwoordigheid verbly en hulle versterk in hulle stryd teen die vyand.

Enkele mense sal My kan aanskou en groot krag daaruit put, sodat hulle

hierdie krag ook op hulle broers en susters sal oordra.

En dan sal julle ook hoor van iemand wat My Koms aankondig, wat weer as

‘roepende in die woestyn’ sal verskyn en wie se "lig" julle almal sal verlig

en wat julle ook as My Voorloper sal herken gedurende die tyd van die

einde.

Ek laat julle wat van My is en wil bly, nie in liggaamlike en geestelike nood

agter nie. Julle is waarlik nie eensaam en verlate nie, al sien dit op aarde so

daaruit. Ek Self is by julle en julle sal ook van My teenwoordigheid bewus

word en met ‘n onwankelbare geloof in My, My Koms aanskou, op die dag

van die oordeel.

En terwille van Myne sal Ek die dae verkort, sodat hulle kan standhou tot

die einde toe, want daar is geen ommekeer meer op die aarde moontlik

nie. Maar daar moet weer ‘n aardse omkering plaasvind, want die aarde

moet weer in diens staan van die ontwikkeling omhoog en van die

geestelikes wat gefaal het in hulle laaste wilsbeproewing en hulle sal

opnuut gekluister moet word. Amen

512

God is Liefde

8082 19 Januarie 1962

Uit die krag van God's Liefde het alles ontstaan. Hy self is die Oerbron van

die krag, Sy oerbestandeel is Liefde Hy self is dus die Liefde. En tog is Hy ‘n

Wese wat werk en skep na wyse goeddenke. Hy is ‘n Wese wat Sy

gedagtes realiseer, wat onophoudelik nuwe skeppings laat ontstaan, wat

die krag van Sy Liefde in die oneindigheid uitstraal, wat steeds Sy doel

bewaarheid, wat nie willekeurig werksaam is nie, inteendeel deur die

Wysheid en Mag van God gelei word in sy werking. God is die Liefde.

Hierdie uitspraak sal julle nie begryp, solank julle nie die wese van die

liefde kan deurgrond nie, wat die liefdesvorming van julleself vereis. Want

altyd sal julle die liefde sien as ‘n eienskap wat julle aan die hoogste en

volmaakste Wese toeken. Waar egter die Wese Self die Liefde is, sal vir

julle onbegryplik bly, solank julle as mens oor die aarde gaan. En julle

almal het uit hierdie Liefde voortgekom, julle is uitgestraalde krag, julle is

in julle oorspronklike hoedanigheid self liefde, maar ook wesens wat kan

dink en wil, die bewys van ‘n werklike bestaande wese. Daarom is daar niks

wat sonder 'n bepaalde plan ontstaan het en nog sal ontstaan nie. Alles is

vol wysheid oorweeg, alles is gedagtes van ‘n hoogs volmaakte Wese, wat

julle mense "God” noem.

En die Wese vermenigvuldig Hom. Hy laat dieselfde wesens uit Hom

ontstaan. Hy straal die krag van Sy Liefde uit en gee dit vorm. Hy skep.

Alles wat God geskape het is en bly in sy oersubstansie liefde. Dit is en bly

‘n krag, wat werksaam moet word volgens Goddelike Wil.

Word hy egter verhinder in sy werksaamheid, dan word die Goddelike orde

omver gewerp. Die prinsipe van die liefde word verander in die teendeel.

Teen die Wese wat in Homself Liefde, Wysheid en Mag dus God is word

verset gebied, wat wel kan gebeur van die kant van die wesens wat Hy in

die lewe roep, omdat Hy hulle ook met ‘n vrye wil toegerus het as Sy

ewebeelde, maar dan tree die wese uit sy wettelike orde, hy verander

homself in die teendeel, hy bestaan wel, maar laat die krag van die liefde

nie meer werksaam word nie en dit beteken verstarring, dit beteken

onbeweeglikheid, dit beteken die dood van diegene wat eens as "lewe" uit

God uit uitstraal was.

Die mens is in sy oersubstansie liefde, maar meeste van die tyd verset hy

hom nog teen Hom Wie hom as ‘n wese uitgestraal het. En daarom besef

hy ook nie wat liefde eintlik is nie. Daarom is die Wese van God Wie die

Liefde Self is vir hom ook onbegryplik. Want die Liefde is ook gelyktydig

Lig, wat die mens evenwel nog weinig verlig solank sy liefde swak is. Hy

kan daarom God ook nie herken in Sy Wese nie, hy kan slegs glo wat hom

daaroor meegedeel word, maar sodra sulke mededelinge ooreenstem met

die waarheid, sal dit hom ook lig gee, want dan sal hy sy bes doen om sy

513

wese tot liefde te verander en hy sal hom ook tot die Wese wend wat

uitermate volmaak is en wat hy nou begin te herken as "ewige Liefde".

Maar nooit sal hy in staat wees om die Wese van God te deurgrond nie,

want Hy is die Kragsentrum van ewigheid, terwyl alle geskape wesens van

Sy Krag vonke is, wat uitgestraal word, maar wat in hul nietigheid nooit die

Oervuur sal kan aanskou sonder om te vergaan nie. Die Liefde, Wysheid en

Mag van ‘n God wat werklik bestaan, sal ook die mens op aarde al kan

besef wanneer sy wil goed is en hy sy hart open vir die hernieude

aanstraling van Liefde van die Wese uit Wie hy uitgegaan het. Want die

hoogs volmaakte Wese openbaar Hom aan Sy skepsels. En dit is die

grootste bewys van Liefde van Hom, Wie Self die Liefde is, dat Hy Homself

bekendmaak, dat Hy die deur Hom geskape wesens uitsluitsel gee oor

Homself in soverre hulle in staat is om dit te begryp en dat Hy daardeur die

Liefde weer wil laat ontbrand sodat hulle weer werksaam kan word beantwoordend

aan die Oerelement sodat Sy skepsels weer die ewige orde

ingaan om volgens hul bestemming te kan skep en werk soos dit was in die

allereerste begin. Amen

Vooraf bepaalde periodes van Redding

8085 22 Januarie 1962

Vir My is ‘n duisend jaar soos ‘n dag. Vir My is dit waarlik onbelangrik

wanneer julle terugkeer na My toe, hoe lank julle van My verwyder bly,

want Ek weet dat julle een dag sonder twyfel na My sal terugkeer en dan

met My sal verenig vir altyd. Maar julleself sal onmeetlik ly gedurende die

tyd van skeiding, want slegs eenheid met My gee saligheid. En Ek het julle

lief en wil daarom julle tyd van ellende verkort in julle eie belang. Ek wil nie

dat julle ly nie, maar in My wysheid erken Ek die seën wat lyding vir julle

inhou, omdat dit julle kan aanmoedig om julle terugkeer na My te verhaas,

omdat dit julle houding en julle wil kan verander. Maar tog sal Ek alles in

My mag doen om die duur van julle weerstand te verkort sonder om egter

julle vrye wil te beïnvloed. Want julle wil self bepaal die duur van julle

verwydering van My en Ek sal dit nie dwing nie. Daarom hoewel die tyd vir

My onbelangrik is, word die periodes van tyd in My plan van Redding wat

vir die ontwikkeling van die siele aangewys is, nietemin bepaal, naamlik die

tydberekening van My plan van Redding is vasgestel en word gehandhaaf

volgens My liefde en wysheid.

Periodes van Redding was beplan wat beperk is, dus telkens weer sal nuwe

geleendhede van ontwikkeling hulself voordoen. In wyse afwagting van die

feit dat die altyd nuwe weerstand van ‘n deel van die gevalle geestelike

wêreld in sekere opsigte ook ‘n nuwe Oordeel sal verg, of, dat die wettige

orde wat die versettende geeste totaal ignoreer en daardeur alle hoër

ontwikkeling verhinder, weer van tyd tot tyd herstel sal word. Hierdie vaste

periodes van tyd is dus verlossings periodes, wat onherroeplik deur My

514

waargeneem sal word en daarom sal dit die einde van ‘n ou en die begin

van ‘n nuwe ontwikkelingsperiode beteken, waarvan die tyd deur julle

mense nie nagegaan kan word nie maar wat nietemin onomstootlik deur

mense verwag kan word in tye wanneer die geestelike vooruitgang nie

meer waarneembaar is nie.

Maar dit is ook deel van My ewige plan van Redding dat sulke kennis

onkontroleerbaar vir mense sal bly. Want die begin en die einde van die

versillende periodes is so ver uitmekaar dat dit die mense aan kennis

ontbreek en slegs geestelik gewektes aanvaar die informasie as

geloofwaardig. Vir My is ‘n duisend jaar soos een dag. Maar julle mense

ervaar dit as onmeetlik lank en julle kan dit vir julleself verkort as julle

slegs ernstig na die verlossing van die vorm streef, wat julle inderdaad in

julle aards lewe as mens kan bereik. Want alle middele van hulp is waarlik

tot julle beskikking, slegs julle wil kan nie gedwing word om julle aard in

liefde te verander nie. Maar tog moet hierdie verandering in liefde uitgevoer

word en julle het slegs ‘n baie kort tyd nodig om dit te bereik. As ‘n

ontwikkelingsperiode tot sy einde kom sonder dat julle, julle doel bereik

het, dan kan julle lot ‘n oneindige verlenging van julle staat wees om ver

van God af te wees, wat inderdaad uiters kwellend vir julle is, maar dit

motiveer My om altyd nuwe moontlikhede tot stand te bring vir julle vir die

nog teen God versettende siele, om julle ontwikkeling te bevorder. Want Ek

weet dat Ek My doel een dag sal bereik en die konsep van tyd nie vir My

bestaan nie, alles is vir My die hede, selfs die verlede en die toekoms.

Julle sal dit nie kan begryp terwyl julle denke nog beperk is nie. Maar een

dag sal julle dit begryp en sal dit selfs onbegryplik vind dat julle, julle

solank teen My verset het. Want die eenmaking sal onherroeplik een dag

plaasvind en dit beteken ook onmeetlike saligheid, waarin alle lyding van

die verlede sal verdwyn, waarin julle slegs My liefde met lof en

dankbaarheid sal erken wat julleselfs in die diepste diepte gevolg het en nie

gerus het tot Hy sy doel bereik het nie. Amen

Geloofstryd - Nood – Wegneming

8090 1 Januarie 1962

Die aanhangers van My teenstander sal julle ook vervolg omdat hulle sal

optree teen almal wat in My, julle God en Verlosser in Jesus Christus glo.

En dit sê Ek julle reeds vroegtydig, sodat julle nie ontsteld en

wankelmoedig word in julle geloof nie. Maar hulle sal julle nie kan skaad nie

omdat Ek tot julle beskutting en beskerming by julle is en elkeen sal help

wat hom tot My wend as hy in aardse of geestelike nood verkeer. Maar

alles moet so gebeur omdat die einde naby is en daar nog ‘n skeiding moet

plaasvind tussen die geeste. Want Myne moet My openlik belei voor die

wêreld, wanneer hierdie bekentenis van hulle gevra word. Hulle hoef dus

nie te vrees as hulle gereken word tot Myne nie en ‘n lewendige geloof besit

515

in My liefde en mag. want dan is hulle so innig met My verbind dat hulle

niks doen sonder My nie. Hulle voel steeds My nabyheid en vrees die

vyande nie. Hulle bly geheel rustig hoewel hulle erg bedreig word, maar dit

kan hul geloof nie skok nie.

Ek sê julle dit vooruit, want daar bly nie meer baie tyd oor tot dit sal

gebeur nie. Maar tog hou Ek vir julle die dag en die uur geheim, omdat dit

vir julle siele nie goed sou wees as julle dit weet nie. Maar Ek sal nie ophou

om julle steeds weer die naderende einde aan te kondig nie en julle

oplettend te maak op alles wat nog met die einde sal gebeur. Want daaraan

moet julle herken welke uur op die wêreldklok geslaan het en julle moet

dan vasberade die einde tegemoet gaan.

Nog kan julle in vrede julle arbeid in My wingerd verrig en nog kan julle My

evangelie van die liefde uit dra in die wêreld. Nog besit julle ‘n sekere

vryheid wat julle kan benut en moet uitbuit. Maar die tyd gaan snel verby

en dan sal julle nie meer openlik kan werk vir My en My ryk nie. Dan sal die

mense julle elke geestelik werk verbied en julle dwing om julle terug te

trek. Julle sal dan alleen nog maar in die geheim kan werk. Maar julle sal

voortdurend My krag ontvang, want julle sal My woord ontvang wat deur

julle ook julle medemens sal bereik. Want Ek beskerm My "knegte" en lei

hulle op weë wat hulle moet gaan, om Myself tot die medemens te laat

spreek.

Daarom moet julle steeds op My vertrou en geen weg bewandel sonder My

nie. Julle moet julleself voortdurend op My en My beskerming verlaat en vol

vertrou My hulp verwag, wanneer julle dit nodig het. Ek sal terwille van

Myne die dae verkort. En die stryd teen julle en die gelowiges sal maar van

korte duur wees omdat dit met alle brutaliteit gevoer sal word. Maar Ek self

sal daar ‘n einde aan maak wanneer die tyd daarvoor gekom het. En in die

tyd sal die geeste hulle definitief skei. Want nou sal elkeen moet beken wie

sy heer is met wie hy hom saamhorig voel.

Welke bedenkinge die mense ook steeds weer sal opper teen hierdie

voorspellings, hulle sal tog waar word. En die mense moet dan kies vir My

of vir hom wat julle opnuut weer in die diepte wil stort. Maar wat vir julle

redding nog gedoen kan word dit sal nog probeer word. Ek sal niks

ongedaan laat om die mens wat My teenstander wil ontvlug en ook My hulp

daarvoor aanneem om hom uit sy geweld te bevry. Maar die vrye wil van

die mens beslis self en die wil dwing Ek nie.

Ek vra egter ‘n sterk geloof van Myne sodat hulle kan volhard tot die einde.

En as hulle tot Myne wil behoort sal Ek hulle ook van buiten-gewone krag

voorsien. En hoe groter die nood is des te vaster sal hulle hul by My

aansluit en des te sterker sal hulle geloof wees, wat Ek sekerlik nie sal

beskaam nie.

Sodra die tyd begin waarin julle nie meer openlik kan werk vir My en My

ryk nie, het ook die laaste fase aangebreek op hierdie aarde. Dan sal die

geloofstryd openlik begin en die uiteindelike beslissing van die mense word

516

gevra. Dan sal die aanhangers van My teenstander hulself oortref in felle

aanvalle teen die gelowiges en dan kan julle wat aan My behoort elke dag

My koms verwag. Ek sal julle red uit die nood van siel en liggaam en sal

julle wegneem van hierdie aarde. En dit sal gebeur soos dit verkondig was,

omdat die tyd vervul is. Amen

Die einddoel is die eenwording met God

8093 2 Februarie 1962

Dit is die voltooiing van alle dinge, dat hulle met My verbind is. Want alles

wat bestaan, alles wat vir julle mense sigbaar is, van die hardste materie

tot en met die mens, dit alles is deur My eens uitgestraalde krag, wat tot

skeppinge en wesens gevorm word volgens My Wil.

Die wesens verwyder hulle egter van My, van die Oerbron van krag en

daardeur word hulle onbekwaam tot enige eie werksaamheid, omdat hul

nou My krag ontbreek. En die kragtelose wesens word daarom deur My

weer omvorm tot nuwe skeppinge van die mees uiteenlopende aard.

Dog al die skeppinge dra die van My afgevale geestelike in hulle en help

hulle stadig tot volwasse wording. En ook die materie self gaan ‘n positiewe

ontwikkelingsgang, dus streef alles na voltooiing. Die voltooiing waarborg

egter al die wesens weer die aaneensluiting met My, sy God en Skepper

van ewigheid. En so keer dus die krag wat van My uitgegaan het, weer na

die Oerbron van krag terug, al die wesens verenig hulle weer met My en

vind in die vereniging hul hoogste geluksaligheid.

En wie van die proses, wat al ewighede duur, op hoogte is, wie in My

heilsplan van ewigheid ingewy is, die staan ook al naby sy voltooiing,

omdat die kennis al ‘n aanstraling van die lig van My Liefde bewys, wat

eens in vrye wil deur die wesens afgewys was. In die staat van totale

onvolmaaktheid, in die staat van verwydering van My, kan die ek-bewuste

wese die mens, nog niks van die lig van insig waarneem nie, want eers

deur My aanstraling ontvang hulle die lig en die aanstraling kan ‘n mens

alleen bereik as hy sy hart vrywillig open, dus om die lig uit My te begeer

en sy hart te open, vereis eers die voorneme om nader aan My te kom, dus

is die mens al op die terugweg na My van WIE hy eens vrywillig weggegaan

het.

Nou is daar ‘n bewuste strewe na volmaaktheid, want die mens doen sy bes

om in My Wil te lewe, hy onderwerp hom aan My Wil en dit beteken ook dat

sy wese hom steeds meer aan My Oerwese aanpas, dat hy weer geheel tot

liefde verander, omdat hy hom onafgebroke vir die straal van My Liefde

open en My Liefde wil ontvang. alle weerstand in die wese is gebreek en

daar staan niks meer in die weg van vereniging met My nie, hy gaan die

volmaaktheid tegemoet. En in die toestand moet hy ook tot insig kom, die

mens word ingewy in My ewig heilsplan, hy sal weer deurdring tot die

diepste kennis, waarin die wese hom in die allereerste begin bevind het en

517

hy sal met die kennis sy medemens gelukkig kan maak wat bereid is om dit

aan te neem.

En so sal julle mense nou ook begryp dat so'n lig, wat julle insig skenk oor

julle ontstaan, julle afval van My en julle hele ontwikkelingsgang weer na

bo na die afval van My, alleen deur Myself in julle ontsteek kan word, want

Ek alleen ken alle geheime en Ek alleen kan julle die diepste wyshede

ontsluit. Ek Self is die Lig wat julle aanstraal wanneer julle nou deur My

ingelei word in die waarheid en Ek Self weet waarlik in welke sterkte die

ligtstraal van My Liefde julle kan tref wat julle na volmaaktheid moet lei.

Maar julle kan jubel en juig omdat julle nou al beskik oor ‘n kennis wat My

Liefde Self julle verskaf het, julle kan sing en loof om van Myself ‘n

geesterykdom te ontvang het, wat My gees wat in julle sluimer julle

oorgebring het. My oneindige Liefde volg julle ook toe julle, julleself nog op

die verste afstand van My bevind het sonder ek-bewusyn, opgelos en deur

eindelose kwellinge julle na bo geworstel het. Maar toe julle weer in die

stadium van die ek-bewusyn was -as mens- pak My Liefde julle vas en

neem besit van julle. ‘n klein liefdesvonkie word julle bygevoeg wat nou

met My in verbinding kan tree as dit julle wil is, wat as deeltjie van My in

julle werksaam kan wees, as julle dit toelaat.

Maar die liefdesvonk werk nie teen julle wil in nie, maar dat hy in julle is in

die stadium as mens, gee julle ook die waarborg, dat julle, julleself weer

heeltemal met My kan verenig. En dit, My ‘Ek' in julle skenk julle ‘n helder

lig en onderrig julle in alle waarheid as julle hom maar sy werksaamheid

toelaat en dan sal julle steeds dieper binnendring in die waarheid, die

helderste insig word julle weer geskenk en julle kan nou ook self weer die

lig uitstraal wat julle van binne verlig.

Julle is nou bewus dat die verbinding met My weer aangegaan is, daar Ek

anders nie in julle sou kan werk nie, omdat Ek nie met dwang op die mens

inwerk nie, maar wag Op sy volledig vrywillige oorgawe, tot Ek Self My

weer aan hom openbaar. Dan egter het die geestelike kommunikasie plaas

gevind, in alle volheid deel Ek weer spys en drank aan julle uit as voedsel

vir julle siele. Ek gee julle die brood van die hemele die water van die lewe.

Ek sal julle aanspreek en My woord sal in julle lewende word, julle siele sal

hom voltooi en een wees met My vir tyd en ewigheid. Amen

God is in ons - Hy is by ons aanwesig

8095 5 Februarie 1962

Daar bestaan geen groter genadegeskenk vir julle op hierdie aarde nie, as

dat julle deur ‘n regstreekse aanspreking deur My onderrig word. Want dan

is Ek by julle aanwesig en Ek gee julle tekens van My teenwoordigheid deur

openbaringe wat julle alleen kan toekom deur Myself, wat van alles op

hoogte is.

518

Ek is dus in julle want of julle ook maar ‘n nietig vonkie van die Gees van

My Godheid in julle het, My Gees is ondeelbaar en julle sal daarom kan sê

dat Ek Self in julle is en werk, wanneer die geesvonkie Hom uiter. En dus

word julle ook ooreenkomstig die waarheid onderrig deur My, omdat Ek Self

die ewige Waarheid is.

So sal julle dus die ontvange woord (die openbaring) moet waardeer, wat

‘n ongewone genadegeskenk is, omdat julle as mens nog nie die hoogste

graad van volwassenheid besit nie, wat ‘n volkome vereniging tot gevolg

het. Maar My Liefde vir julle is oorgroot en daar moet julle ‘n buitengewone

hulp verleen word omdat My teenstander groot mag het en dit aanwend om

julle in die verderf te stort.

Maar Ek sal My nie kan uiter as julleself die vonkie van My Goddelike Gees

nie laat opvlam nie, as julleself nie ‘n lewe van liefde lei wat die geesvonk

ontsteek en hom in staat stel om sy werk te doen nie. En julle sou daarom

niks hoor van dit wat hy julle laat ondervind nie, as julle nie in diepe geloof

na die stem in julle binneste sou luister nie, as julle nie aan My regstreeks

aanspreking glo nie. En dit vereis ‘n innerlike verbintenis met My, wat My

daar toe bring om julle met My Liefde te bestraal en julle in oorvloed te

skenk.

Ek wil altyd in julle wees en julle van My aanwesigheid bewys gee. En

daarom sal Ek julle aanspreek so dikwels julle dit toelaat, d.w.s. julle,

julleself innerlik met My verbind en luister binne in julle. En dan stort Ek ‘n

(geestelike) rykdom oor julle uit, wat julle waarlik gelukkig sal maak. Ek

skenk julle lig in alle volheid, Ek onderrig julle ooreenkomstig die waarheid,

oor alles wat vir die volwasse word van julle siele dienstig is. Ek bestraal

julle met My Liefde en My Liefde skenk julle wat julle ontbreek, omdat julle

nog nie volmaak is nie.

Al dikwels het Ek julle opheldering gegee oor die “werksaamheid van My

Gees” en julle ook daarvan in kennis gestel dat aan die verstandelike

kennis van die mens grense gestel is, maar nooit aan die kennis wat deur

die werksaamheid van My Gees verkry kan word nie. Die kennis is waarlik

onbeperk en kan aan die mens oorgebring word deur Myself, Wie die

Waarheid en die Lig van ewigheid is. Maar alleen Ek Self kan julle die

kennis laat toekom en Ek soek vir My waarlik goeie opnamehouers uit,

waarin Ek My Lig kan laat instroom, wat dan ook sal skyn ver weg in die

donkere nag.

Tog is dit maar selde moontlik, meestal bied die mense weerstand teen My,

omdat hulle nie die hart maar die verstand laat spreek. Waar egter My

regstreeks werksaamheid moontlik is, daar het die ligstraal soveel krag, dat

hy baie menseharte kan verlig as hulle hom slegs sonder weerstand

opvang, wie hom aan die straling van My Liefde oorgee en nou dus indirek

My aanspreking in ontvangs neem.

(6 febr.) En dit wil Ek bereik, dat die mense hul geestelike blindheid verloor

en dat hulle weer langsaam tot die insig kom omtrent dit wat hulle was in

519

die allereerste begin en wat hulle weer moet word. Ek wil in elke mens ‘n

klein liggie ontsteek, want dan sal hy sy aardse lewe bewus lewe, hy sal

homself vrae stel en dit sal hom d.m.v. gedagtes beantwoord word, sy

denke sal waarheid wees as dit sy verlange is om die waarheid te wete te

kom.

Hy sal op hoogte wees van My Wil en dit ook probeer vervul, omdat hy die

samehang met My as sy God en Skepper begin in sien. En helderder lig sal

hom steeds bestraal, want hy open hom vir die aanstraling van My Liefde,

sodra hy in gedagtes die verbinding met My tot stand bring, sodra hy elke

innerlik verset teen My opgee.

Ek is Self in hom as ‘n klein Goddelike vonkie en hierdie teenwoordigheid

van My weer hy nie meer af nie en Ek kan dan ook in hom werk. En Ek sal

dit ook doen, Ek sal My aan iedereen openbaar, ook al is dit op verskillende

wyse, steeds passend by die graad van sy volwassenheid, maar elke mens

sal My kan herken, as hy maar wil. Die ligstraal van My Liefde sal hom

steeds weer aanraak tot hy homself bewus oopmaak en verlang na My en

My Liefde, wat hom in alle volheid ten deel sal val. Want Ek het My

skepsele lief en Ek wil dat hulle salig word. Ek wil ook dat hulle op hoogte

sal wees van My groot Liefde, sodat hulle My Liefde beantwoord. En dan is

ook die vereniging verseker, dan sal My skepsel ook elke duisternis

ontvlug, omdat die lig in homself skyn, omdat Ek Self in hom aanwesig is

en daar dan waarlik geen terugval in die diepte meer te vrees is nie. Amen

God openbaar Homself in tye van geestelike nood

8098 9 Februarie 1962

Elke gedagte wat julle tot My rig in gees en in waarheid neem Ek aan en Ek

sorg werklik daarvoor om julle volgens waarheid te antwoord, wanneer julle

My ‘n vraag stel. Maar ook julle sal julle beste moet doen om die antwoord

heeltemal sonder vooroordeel in ontvangs te neem. Julle sal moet wees

soos leë opnamehouers, wat Ek wil vul met goeie inhoud, wat julle alleen

slegs tot seën kan strek. En julle moet weet dat My Liefde vir julle

eindeloos is, dat Hy daarom ook alle middele sal aanwend om julle wat nou

kort voor julle voltooiing staan, te help om hierdie laaste voltooiing te

bereik, waarvoor daar nie meer veel tyd is nie. Verder moet julle weet dat

My teenstander in die tyd voor die einde ‘n geweldige mag het, deur die

mense self aan hom verleen, wat nie ernstig na hulle laaste voltooiing

streef nie en hy het ook geslaag om baie mense weer tot ‘n val te bring,

wie se gang oor die aarde dan tevergeefs was.

Omdat Ek van alles op hoogte is, ook van die nog vele besluitelose siele

wat te swak vir sy skandelike praktyke is en omdat My Liefde onbegrens is

en ook waarlik alle mense uit sy kloue sou wil bevry, maar tog nie teen die

wet van die ewige ordening kan ingaan nie, moet Ek dus binne die grense

van die ewige ordening werksaam wees en almal tot hulp kom wat hulle

520

gedagtes na My opstuur; wie se wil nie van My afgewend is nie, selfs

wanneer hulle nog nie opreg vir My gekies het nie. Maar Ek wil hulle help

om die regte besluit te neem. Ek moet hulle dus lig en krag laat toekom,

dat hulle My eers leer herken en dan ook die krag opwek om teen My

teenstander weerstand te bied en op My af te stuur. Ek is geensins ‘n God

wat nie vir julle bereikbaar is nie. Ek is die Liefde en die Liefde is nooit ver

weg van Sy skepsele nie, Hy volg hulle voortdurend, ook wanneer die

skepsele hulle nog op die grootste moontlike afstand van My bevind.

Hierdie God sal julle eers moet leer herken, Wie as Vader die lot van ieder

afsonderlike mens vir Hom aantrek en Wie julle daarom nooit in die verte

sal moet soek nie. ‘n Innige gedagte van My kind roep My na hom en Ek sal

by hom aanwesig wees en bly, omdat die liefde van die kind geen skeiding

meer toelaat nie. En Ek sal My aan hom openbaar. En dit is My groot hulp

wat Ek in die eindtyd aan die mensdom, wat hulle in die grootste moontlike

geestelike nood bevind, laat toekom. Ek Self spreek die mense aan en alle

mense mag My woord verneem as hulle maar net hulle harte open vir My

aanspreking van bo. Die lig en die krag, wat hulle nodig het vir hulle

voltooiing, bring Ek vir hulle oor deur My woord. En dus is Ek Self

werksaam, julle God en Vader van ewigheid, om die werksaamheid van My

teenstander te verswak; om die mense ‘n reddingsanker aan te bied,

waardeur hulle die gevaar kan ontkom om aan sy invloed ten prooi te val.

Ek Self spreek die mense aan en Ek gebruik daarvoor ‘n gewillige werktuig

(B.D.) wat My bewustelik dien en My regstreekse werksaamheid by en in

haar toelaat, omdat Ek die mensdom nie aan die dwang van hulle wil

blootstel nie, maar hulle vry moet besluit om My aanspreking aan te neem

of nie. Maar Ek spreek Self tot alle mense, omdat My eindelose Liefde My

daartoe aanspoor en Wie nooit sal ophou nie en Wie altyd bereid is om te

help.

En julle mense moet glo dat die geestelike nood groot is, omdat julle voor

die einde staan. En julle moet ook weet dat die einde ook deur My Liefde

gemotiveer is.

Want Ek weet wat nodig is; Ek weet wanneer die tyd gekom het waarin Ek

die wetlike ordening moet herstel, om die werk wat die gevalle geestelikes

terug voer, te kan voortsit. Maar Ek weet ook waar nog hulp verleen kan

word en op welke manier en Ek benut waarlik elke geleentheid om die

mense op aarde se oë te open, om Myself aan hulle te openbaar. En My

skape herken die stem van hulle Herder en hulle volg Hom. Maar ook in die

heelal sal My stem weerklink, want My Woord weerklink ook in die

oneindigheid, dit weerklink in al die ek-bewuste geestelikes en deurstroom

dit as lig en krag.

Julle sal dus nie kan sê dat julle My nie sou kan of mag hoor nie. Want dan

sou My Liefde of My Mag begrens wees. En al is en bly Ek ook vir My

skepsele onbereikbaar, so is Ek tog deur die Liefde inniglik met hulle

verbind en ook so naby dat elke skepsel in staat sal wees om My te

521

verneem, wanneer sy liefde ook na My sal uitgaan; as die aaneensluiting

dus herstel sal wees, soos dit was in die allereerste begin. Want in die

allereerste het alle wesens My woord begin hoor en dit was tot hulle

geluksaligheid en dit sal ook eenmaal weer hulle geluksaligheid wees,

wanneer My Liefde die wesens weer sal deurstraal soos eens. Amen

Jesus het die brug gebou

8102 14 en 15 Februarie 1962

Die brug na die geesteryk moet julle oorgaan, julle sal julle moet probeer

los maak van die aardse wêreld, julle sal moet nadink oor die doel van julle

lewe op aarde, julle sal daaroor moet nadink vanwaar julle gekom het en

waarheen julle moet gaan. Julle sal julle met geestelike gedagtes moet

besighou en dan sal julle, julle al op die brug na die geesteryk bevind. En

dan sal julle ook dink aan die leringe wat julle gebring word met julle

opvoeding as doel en julle sal in gedagtes ook ‘n standpunt inneem teenoor

alle afsonderlike leringe.

En dan sal julle ook Jesus Christus en Sy werk van verlossing in sien, Wie

in waarheid die brug gebou het van die aarde na die geesteryk. En nou sal

julle wil deurslaggewend wees of die gedagtes aan die Goddelike verlosser

‘n dieper indruk op julle maak, want van die kant van die ligwêreld sal

hierdie gedagtes na julle toe straal en julle hoef hulle maar net aan te

neem om ‘n seën daaruit te kry, wat julle as mens nie in sy volle omvang

sal kan besef nie. Is julle van goeie wil, dan sal julle steeds weer op sulke

gedagtes terugval, omdat Jesus Christus Self julle vashou, sodra julle aan

Hom dink en julle Sy invloed bemerk as gedagtes wat van bo kom en vra,

hoe dit met die verlossingswerk gestel is.

(15 febr.) En sulke vrae sal julle ook waarlik beantwoord word, want dit is die

vernaamste in die lewe op aarde, dat julle die weg na Jesus Christus vind,

dat julle Hom as die Goddelike Verlosser erken en dus Myself in Hom erken.

Want julle sal weer vrywillig na My moet terugkeer, Wie julle eens nie wou

erken nie, glo julle nou aan Jesus Christus, dan sien julle ook in Hom

Myself, Wie vir julle tot ‘n sigbare God word, sodat hierdie erkenning vir

julle maklik kan wees. Alle mense sal eens sy eie instelling teenoor Jesus

en Sy verlossingswerk duidelik moet laat word. En daarom sal Ek steeds

weer My volgelinge uitstuur in die wêreld, wat die evangelie (van die liefde)

moet verkondig en melding moet maak van die verlossingswerk en dus oral

die kennis sal bring oor Hom Wie vir die mense die brug gebou het wat uit

die ryk van die duisternis voer na die ligryk.

Hierdie twee ryke is geskei en daar is ‘n diep kloof tussen hulle, wat die

mense alleen nie sal kan oorbrug nie. En in die besef van die groot nood

van die mense het Jesus hierdie brug gebou, deur Sy werk van verlossing,

deur Sy dood aan die kruis, waardeur Hy die groot oerskuld van die mense

522

gedelg het. Hy het ‘n weg gebaan wat terug lei na die Vader, na My van

Wie julle almal eens uitgegaan het.

Maar sonder Jesus Christus bestaan hierdie kloof nog en bly julle ewig in

die duister gebied, omdat daar sonder Jesus geen weg daaruit lei nie.

Daarom moet die mense van Hom hoor, oor Sy werk van groot erbarming,

oor Sy eindelose Liefde en dan sal hulle ook insien dat die mens Jesus

Myself in Hom dra, Wie die Liefde is, Wie dus My intrek in Hom neem. Jesus

het Hom vir Sy medemens geoffer, wat Hy nie sou kon doen as die Liefde

nie in Hom sou wees nie, Wie Hom die krag gee in Sy bitter lyding en Sy

sterwe aan die kruis, om die skuld van die mensdom te delg en vir diegene

die weg vry te maak na die vaderhuis wat Sy werk van erbarming aanneem

en Hom om vergewing van die skuld vra en die dus ook Myself in Jesus

herken en erken.

En daarom moet die mense steeds gewys word op Jesus Christus en Sy

werk van verlossing. Hulle moet tot kennis kom in welke geestelike nood

hulle hulself bevind, solank hulle nog nie in Hom glo en daarom ook nog

met hul oerskuld belas is. Hulle moet steeds weer hoor dat hulle sonder

Jesus Christus nie salig kan word nie, dat die ligryk vir hulle gesluit bly

solank hulle die weg na die kruis nie geneem het nie, omdat hulle solank

ook nog nie Myself herken wat die sin en doel van hul lewe op aarde is, dat

hulle weer in vrye wil op My afstuur Wie hulle eens vrywillig verlaat het. Die

aanleiding van hul afval was ook dat hulle My nie kon aanskou nie. In Jesus

het Ek vir hulle tot ‘n sigbare God geword en in Jesus moet hulle My nou

ook erken om dan ook weer deur My aangeneem te word. En daarom moet

hulle die brug betree na die geesteryk, want die ryk is hul ware vaderland

wat alleen te bereik is oor die brug wat Jesus gebou het deur Sy dood aan

die kruis.

Julle mense, verlang ernstig uitsluitsel oor die verlossingswerk, van die

Goddelike Verlosser Jesus Christus en Sy missie op aarde, probeer kennis

wat ooreenkom met die waarheid oor Hom te ontvang en waarlik dit sal

julle ten deel val, want julle moet salig word. Die weg na geluksaligheid

gaan via die kruis van Jesus Christus.

En daarom stuur Ek julle weer My volgelinge en hulle sal getuig van Hom,

hulle sal getuig van My menswording in Jesus en van die grootste werk van

erbarming wat die Liefde Self op aarde in die mens Jesus volbring het.

Amen

Die motivering vir die katastrofe

8104 17 Februarie 1962

In die laaste tyd voor die einde sal Ek ‘n groot mate van genade uitgiet oor

die mense, want Ek ken hul swakheid. Ek weet ook van hul geestelike

duisternis, van hul neiging tot die wêreld en hul verlange na aardse

rykdom, eer en roem. En Ek weet dat hulle gevange gehou word deur My

523

teenstander en hulle deur hul swakheid nie uit sy kloue kan bevry nie. En

daarom probeer Ek die mense hulp te bring op verskillende maniere, want

elke mens het bystand nodig in sy geestelike nood. Maar Ek weet ook wat

elke mens persoonlik nodig het en versorg hom namate hy ingestel is

teenoor die lewe self of teenoor My, want Ek wil elkeen in die besonder vir

My wen.

Die mense weet deur eie skuld egter nie dat My teenstander hulle gevange

hou as hulle aardse goedere begeer nie. Hulle weet nie van die eintlike doel

van hul bestaan op aarde nie en daarom probeer hulle ook nie aan sy mag

ontvlug nie. Maar juis hierdie mense wat met al hul sinne vas sit aan die

materie, moet Ek in die besonder te hulp kom, ook as hierdie hulp deur

hulle nie aangeneem word nie. Ek moet dus besittings en goed van hulle

wegneem, Ek moet hulle in omstandighede laat kom waarin hulle die

verganklikheid leer insien van alles wat aan die wêreld behoort.

Ek moet hul dus leer om hul eie magteloosheid in te sien sodat hulle in hul

onmag en nood aan My dink en My dan bewus aanroep om hulp. Ek wil nog

bereik dat hulle My nou kan vind, omdat hulle My in die wêreld nie gevind

het en ook moeilik kan vind. Hierdie openbaring van My sal die mense wel

smartlik beroer, maar Ek kan hulle nie anders laat wakkerskrik uit hul

onverskilligheid nie.

En tog is ook in die eindtyd hierdie openbaring weer ‘n bewys van My

genade, want ‘n innig gebed uit die hart tot My en die verhoring daarvan

kan die mens nog tot My laat keer. Hy verwyder hom dan nie meer van My

nie, maar bid vanaf die oomblik om My leiding en vertrou hom ook geheel

aan My toe. En dan het Ek hom gewen en aan die teenstander ontruk, wat

dan sy mag oor hom verloor het.

Julle mense wil in die afsonderlike gebeurtenisse alleen die verwoesting

sien en ligtelik daaroor oordeel. Maar dat dit ‘n genade van My is daaraan

moet julle steeds dink as julle hoor van gebeurtenisse, waarin die lewe en

die besittings van die mense in gevaar is. Gebeurtenisse waarteen die

mense magteloos is en self alleen na mate van hul swakke kragte kan help.

Ek is op hoogte van die wil van elke mens, dus ook van die moontlikheid

om dwalende siele die regte weg te wys. Ek sal My dus ook waarlik

bekommer oor elke mens wat in gees en waarheid tot My bid en om My

hulp smeek.

Die tyd van die einde gee aanleiding tot sulke gebeurtenisse wat geen

menslike wil kan teehou nie, as Ek dit bepaal het. En nog dikwels sal julle

mense oorgelewer wees aan die woede van die natuurgeweld, selde egter

sal julle daarin My liefdevolle voorsorg sien vir julle siele wat hul in groot

gevaar bevind. Ek wil julle help om julleself los te maak van My

teenstander, wat moet geskied deur ‘n innige smekende roep tot My. Eers

dan erken julle My as julle God en Skepper en sien ook die verganklike in

van alles wat aan My teenstander behoort. Probeer julle dus vry te maak

van die verlange na aardse goed en materie, want wat julle nodig het sal

524

julle te alle tye ontvang as julle, julleself met My verbind. As julle, julle

eintlike aardse opdrag insien en probeer na kom.

Herken daarom in elke natuurgebeure steeds My wil, want dit is steeds

bepaal deur My liefde en wysheid en sal ook julle tot seën wees as julle die

regte houding vind tot My en die regte lewensdoel op aarde insien. En dan

sal julle ook steeds nader aan My kom en alles wat Ek in die einde van

hierdie tyd oor die mense laat kom, sien as genadegawe. Amen

Reiniging van die aarde

8112 28 Februarie 1962

Ek wil die aarde suiwer en dit weer verander in ‘n plek van vrede, waar

liefde sal regeer en waar Ek onder My Eie sal kan bly omdat hul liefde vir

My, My toelaat om dit te doen. Maar eers moet ‘n reinigingsproses

plaasvind, My teenstander se aktiwiteit moet gestop word en hy moet in

kettings gebind word saam met sy aanhangers. d.w.s. alle siele wat deur

hom verslaaf is moet weer in harde materie verban word, alle geestelike

substansies wat op die weg van hoër ontwikkeling is moet in vorms geplaas

word wat aan hul staat van volwassenheid beantwoord; en so sal My

teenstander alle mag verloor, want die geestelike substansies wat die weg

oor die aarde in ‘n staat van dwang gaan sal verwyder wees van hom en

die mense wie se wil hy kon beïnvloed, het weg gedraai van hom af en vir

goed teruggekom na My, sodat hulle as stam ouers van ‘n nuwe menslike

geslag, nie meer deur hom gehinder kan word nie. Alle mag, wat hy met sy

aanhangers geassosieër het, sal van hom weg geneem wees, want hy sal

geen beheer oor die geestelike substansies hê wat in materie gebind is in

die skeppings van die aarde nie. En daar sal weer vrede op aarde wees vir

‘n lang tyd.

Daarom moet dit deur ‘n reinigingsproses voorafgegaan word en dit sal

gebeur deur ‘n werk van vernietiging van onvoorstelbare afmetings, want ‘n

totale transformasie van die oppervlakte van die hele aarde sal voorkom,

alle wesens sal gedesintegreer en nuut gevorm word, wat ook die val van

alle mense en lewende wesens beteken, die verdwyning van alles wat die

geestelike substansies beskut. Hoewel die skeppingwerk 'Aarde' sal bly, sal

die mag van natuur kragte ver in die kern indring, wat die vaste materie sal

oplos en alle gebinde geeste die geleentheid bied om nuwe vorms te

ontvang. Want alles het in wanorde geraak omdat die mense leef en handel

in volle verset teen My ewige orde. Derhalwe moet alles weer opnuut

rangskik word, wat eers die disintegrasie van alle skeppings werke vereis

wat vir julle dieselfde is as julle val, want niemand sal die einde oorlewe

nie, behalwe hulle wat deur My voor die einde weggeneem sal word.

Nogtans sal hierdie laaste gebeurtenis vir die mens vreeslik wees, omdat sy

siel verban sal word in vaste materie, terwyl die ontwikkeling van alle ander

geestelike substansies vooruit sal gaan, want nuwe vorms sal geskep word

525

vir alle geestelike substansies om hulle te beskut. En die skeppings op die

nuwe aarde sal onvergelykbaar verruklik wees en die geestelike

substansies sal die geleentheid gebied word om van aktiewe diens te wees

waardeur alle geestelike die geleendheid sal hê om te groei en telkens hul

huidige vorm te kan verander.

Hierdie werk van transformasie van die ou aarde is op die punt om met

julle te gebeur. En hoewel julle nie die dag en die uur weet nie, moet julle

wat nie veroordeel wil word nie, wat aan My wil behoort en nie die

verskriklike oordeel van ‘n nuwe verbanning wil ly nie, julle op die einde

voorberei. Glo dat julle in die tyd van die einde leef en oorweeg die gedagte

dat julle, julle eie lot skep, dat julle ‘n besonder salige en heerlike lewe kan

hê in die paradys van die nuwe aarde, maar dat julle ook in uiterste

duisternis kan af daal, as julle nie die genade gegun word om terug geroep

te word om die geleentheid vir volwasse wording in die hiernamaals te vind

nie. Neem julle siele werk ernstig, leef ‘n lewe van onselfsugtige naaste

liefde en julle sal daardeur die verbintenis met My tot stand bring en sonder

twyfel van hierdie val gered word. Ek sal telkens julle My boodskappers

stuur om julle te vermaan en te waarsku en telkens sal julle hoor van, of

deur, allerlei teëspoed en rampe getref word, want hulle is almal

herinneringe om julle te maak dink aan die moontlikheid van ‘n skielike

vertrek en die lot van julle siele oorweeg, as dit nog nie die staat bereik het

om ingang in My koninkryk van lig en geluksaligheid te kry nie.

Ek wil nie dat julle verlore gaan nie, Ek wil dat julle die ewige lewe bereik,

maar julle mense leef onverantwoordelik, julle dink nie aan My nie en julle

dink ook nie aan die lot van julle siele na die dood van julle liggaam nie. En

julle aandag sal herhaaldelik gevestig word op die feit dat julle ‘n

verskriklike lot nader, dat julle weer in die hardste materie die weg van

ewolusie van vooraf moet begin in onuitdrukbare angs en ellende. Maar dat

julle in staat sal wees om hierdie lot te voorkom as julle na My luister, as

julle hulle glo wat in My naam verkondig dat julle naby die einde is. Want

die tyd is vervul en dit sal gebeur soos dit in Woord en Skrif verkondig is.

Amen

Liefde en lyding suiwer die siel

8113 1 Maart 1962

Die liefde moet die dryf krag wees vir al julle doen en late, dan sal julle

altyd My wil doen en daardeur ook die krag kry wat nodig is vir julle siele

om die weg van die aardse lewe te gaan. Die siel is veronderstel om

tenvolle volwasse te word, d.w.s. hy moet alle onsuiwerhede uit die weg

ruim waarmee hy nog belas word, hy is veronderstel om deursigtig te word

sodat hy My liefde uitstraling van lig kan opneem wat krag en

geluksaligheid vir die siel beteken. Maar My straal van liefde kan dit nie

deurdring as die siel nog deur digte lae omhul word nie, deur onsuiwere

526

verlanges en instinkte, deur allerlei ondeugde, deur lae eienskappe soos

trots, woede en wraaksug, of enige soort onvriendelikheid.

Die siel moet probeer om homself te bevry van al hierdie foute en

verlanges en die middel vir dit is liefde en lyding. Die onsuiwerhede los op

deur dade van liefde, maar die siel sal ook verlos word van hulle deur

lyding en kan steeds meer deur My liefde verlig word en volwasse word tot

dit tenvolle deursigtig geword het en dan hoef hy die dood nie meer te

vrees nie, want dan kan hy die koninkryk van lig binne gaan, omdat sy

aardse ontwikkeling nie vergeefs was nie, as hy sy doel op aarde bereik

het: die transformasie van homself in liefde. En daarom sal julle begryp dat

My gebooie van liefde van die uiterste belang is, dat dit vervul moet word,

dat julle lewe op aarde ‘n lewe van liefde moet wees as dit suksesvol moet

wees vir julle. Julle is slegs op aarde vir die volwasse wording van julle

siele, met sy inkarnasie as mens is hy nog sonder liefde hoewel Ek hom van

‘n vonk van liefde voorsien het wat kan ontbrand en die onvolmaakte staat

van die siel kan verander tot dit naby volmaaktheid is. Maar die persoon

moet ook die wil versamel om in liefde te lewe. Hy moet na sy

innerlikestem luister wat hom voortdurend aanspoor om in liefde op te tree.

Hy moet dade van liefde doen of sy siel sal nie verander nie maar sal sy lae

eieskappe behou en is dan in gevaar om die koninkryk van die hiernamaals

in ‘n heeltemal onvolwasse staat in te gaan, wat beteken dat hy daar nog

deur kwellinge van reiniging sal moet gaan sodat hy in staat sal wees om

eendag gelukkig te wees.

Slegs liefde sal hom van alle onsuiwer eienskappe verlos, slegs liefde sal

hom kristalliseer en dit sal alle onsuiwerhede van hom af wegstoot. of hy

sal baie lyding tydens sy aardse lewe moet aanvaar wat ook die siel

volwasse laat word, omdat dit die siel kalmeer en geleidelike die vonk van

liefde in homself laat ontbrand en dan werk liefde en lyding saam om

volwassenheid van die siel te bereik. En die mens moet altyd sy eieliefde

verwerp en liefde aan sy naaste gee. Dan sal hy vinnig verander, want

slegs onselfsugtige naaste liefde is die ware Goddelike liefde wat Ek vereis,

waarin die siel self moet verander tydens sy aardse ontwikkeling as mens

as hy die ewige lewe wil bereik. En daarom moet My Goddelike gebooie van

liefde altyd benadruk word as die belangrikste, want slegs liefde het

verlossings krag, slegs liefde sal die transformasie van die siel kan bereik.

Slegs deur dade van liefde sal die siel volwasse en helder en skoon word,

sodat My uitstraling van liefde nie meer hindernisse sal vind nie, sodat Ek

hom geluksalig kan maak soos aan die begin, want deur liefde sal hy

vereniging met My vind, wat die doel van sy aardse ontwikkeling is. Amen

527

Lucifer - Die individualiteit van die siel - DEEL 2

(deel 1 = 5063)

8117 5 Maart 1962

Ek wil julle nogmaals ‘n opheldering oor die siel gee, sodat dit heeltemal

duidelik in julle kan word. Van die geestelike, wat Ek die lewe gee, dit wil

sê, wat Ek as iets wesenlik buite Myself geplaas het, kan julle nie die

individualiteit ontken nie. Dit was ‘n wese na My ewebeeld geskape, hy was

as heeltemal afsonderlik deur My in die oneindigheid geplaas, hy was “Ekbewus”

en herken homself dus ook as ‘n denkende wese met ‘n vrye wil.

Hy was ‘n miniatuur van Myself en in verhouding met My Oervolheid was hy

maar ‘n nietigheid, sodat wel van ‘n vonkie uit die see van vuur van My

Liefdeskrag gepraat kan word. En tog het hy ‘n eie aard waardeur hy oor

homself kon beslis, behalwe dat hy voortdurend deur die toestroom van My

Liefdeskrag met My verbonde was, wat egter die wese self op geen enkele

wyse belemmer het nie. Hy was vry en vol lig en krag. Hy was ‘n goddelike

skepsel wat in hoogste volmaaktheid uit My voortgekom het, wat dus ook

op geen enkele manier ‘n beperking van My kant af ondervind het nie. Elke

begrensing of beperking van sy lig en krag het hy homself aangedoen,

omdat hy vry oor homself kon beslis.

En dieselfde geld ook vir alle geestelike wesens wat die eerste geskape

gees met gebruik van My Krag in die lewe geroep het, deur sy vrye wil.

(Lucifer) Hulle was net so hoogs volmaak en elke wese was van homself

bewus, dus ‘n afsonderlike wese wat, op homself geplaas, in alle

selfstandigheid in die geesteryk in vrye wil kon skep en werk. Geen wese

was dus deur dwang aan My en My Wese gebonde nie, elke wese het hom

vry beweeg en op sigself te midde van geestelike skeppings en was

onmeetlik salig.

Wanneer daar nou dus oor ‘n "val van die geeste” gepraat word, die

afsinking van die oergeeste in die diepte, dan is dit so te verstaan dat die

wesens hulself verset het om die uitstraling van My Liefde aan te neem, dat

hulle die kragstroom van My liefde afgewys het, wat onafgebroke van My

uitgaan en alles deurstroom met lig en krag. Hulle het My Gees van Liefde

nie meer aangeneem nie en het hulself vrywillig van My geskei, maar kon

tog nooit vergaan nie, omdat hulle Liefdeskrag is wat deur My uitgestraal

was en sal dit ook bly tot in alle ewigheid.

Elke gevalle oergees was ‘n wese op sigself met ‘n eie aard en dit bly hy

ook tot in alle ewigheid. Hy het homself van die Ewige Lig, van die Oerbron

van Krag verwyder en word daardeur totaal sonder lig en krag. Maar tog

bly hy ‘n oergees, die wese wat eens in hoogste volmaaktheid van My

uitgegaan het. En al vind die eindelose lang proses van die terugbring tot

My plaas, waarin die wese as opgelos en in sy partikeltjies deur alle

skeppings moet gaan, al hierdie partikeltjies versamel hulself weer en vorm

in eindelose lang periodes weer die “Ek-bewuste” wese, die gevalle

528

oergees, sodat hy kort voor sy voltooiing as siel van ‘n mens weer vry kan

kies of hy wil terugkeer in die ryk van die geluksaligste geeste, of sy

terugkeer weer eindeloos verleng deur sy eie weerstand.

Dog die “Ek-bewuste” wese - die mens - die eens deur My buite My

geplaaste gees as siel in sigself, sal altyd en ewig dieselfde individu wees

en bly, wat eens uit My voortgekom het. Hy was volmaak, maar kies uit

vrye wil die dieptes, maar hy het nie vergaan nie en is en bly ewig die “Ekbewuste”

wese, met uitsondering gedurende die werk van die terugvoering

deur die skepping, waarin die “Ek-bewussyn” hom ontneem word, waarin

hy opgelos word en in die "jy moet" toestand die weg van opwaarts gerigte

ontwikkeling gaan. En of die wese nou ook meermale die weg deur die

skeppings van die aarde moet gaan, steeds sal hy dieselfde “Ek-bewuste”

wese bly wat homself eens van My afgekeer het, wat My Liefdeskrag

afgewys het en sodoende uit vrye wil die skeiding met My voltrek het, wat

egter nooit kan plaasvind nie, omdat alles wat uit My voortgekom het,

onlosmaaklik met My verbonde is.

Dus moet die "afvalligheid van die geeste", ook letterlik opgeneem word.

Wat Ek uitgestraal het as “Ek-bewuste” wesens het geval, omdat Ek dit nie

verhinder het nie, omdat hulle in vrye wil oor hulself kon beslis. En die

wesens, hierdie geeste moet weer in hoogste volmaaktheid na My toe

terugkeer as hulle hulself weer met My wil verenig, om dan vir ewig

onvergelykbaar salig te wees.

Want sodra Ek die wese weer met My Liefde kan bestraal het hy ook weer

in sy oertoestand teruggekeer. Maar altyd bly hy homself bewus van sy

uniekheid. Hy is innig met My versmelt en tog ‘n vry wese wat ewenwel

heeltemal in My Wil binnegegaan het en daarom ook met My kan skep en

werk en onmeetlik salig kan wees. Amen

Die ontvangs van die Woord is ’n vrye wilshandeling

8121 10 Maart 1962

Ek het julle My dienare op aarde nodig, want Ek kan nie deur ongewone

werksaamheid die mense tot ‘n geloof aan ‘n God en Skepper dwing wat

nog nie die geloof besit nie. En sou Ek die mense hoorbaar uit die hoogte

aanspreek, dan is dit met hul wilsvryheid gedaan, hulle sou dan moet glo

en net as gevolg hiervan onder die indruk wees en noodsaaklikerwys My

Wil nakom. Maar hulle moet weer aangespreek word, omdat hulle hulself in

groot geestelike duisternis bevind. Daarom moet Ek deur die mensemond

tot hulle spreek en dit aan hulle vrye wil oorlaat of hulle My woord wil

aanneem of nie. Ek het julle nodig en julleself sal dit ook begryp; julle sal

My teenwoordigheid bespeur en weet dat dit julle Vader in die hemel is wat

tot julle spreek, wat julle altyd daartoe aanspoor om julle teenoor julle

medemens uit te spreek en om hulle te vertel van My ongewone

werksaamheid in julle.

529

Waarlik Ongewoon vir hul wat nog niks van My liefde en erbarming weet

nie, wat vir alle mense geld, wat My en My Wese nog nie ken nie en

daarom self geen enkele verbinding met My soek nie. En aan hulle wil Ek

My openbaar as ‘n Vader, wat die welsyn van Sy kinders op die hart dra. Ek

wil My aan hulle openbaar as ‘n God van Liefde, Wysheid en Mag. En Ek

het julle My dienare nodig, omdat Ek die mense deur julle kan aanspreek.

Want daar staan My nie veel werktuie ter beskikking nie, omdat dit ‘n

handeling van die vrye wil is om My Woord in ontvangs te neem, wat ook ‘n

basis vereis wat nie dikwels by die mense aangetref word nie. ‘n Diep

geloof wat deur die liefde gewen word moet hulle daartoe bring om in hulle

binneste te luister. Hulle moet My barmhartigheid bewustelik verwag, dit

vashou en steeds bereid wees om deur te gee wat hulle ontvang. ‘n Diep

geloof sal hulle beweeg om na hul innerlike te luister en slegs dan kan Ek

My openbaar, as die mens homself in die geloof met My verbind, My dan tot

hom laat spreek.

Dat Ek nou die verspreiding, van dit wat tot julle kom, so dringend van julle

versoek, vind sy rede in die groot onwetendheid van die mense wat deur

die aardse lewe gaan met net wêreldsgerigte gedagtes. Wat niks, maar dan

ook heeltemal niks weet en glo van die ryk wat buite die aarde lê nie, wat

hulle eens sal betree, as hulle liggaamlike lewe beëindig is. Hierdie mense

is in die grootste nood, want hulle kan nie vergaan nie, aangesien hulle

siele verder lewe na die dood van die liggaam. En vir hierdie siele wag daar

geen aangename lot nie, want hulle gaan in totale duisternis die ryk hierna

binne en hulle sal baie leed en kwellinge moet verduur voordat ‘n straaltjie

lig hulle verlig. Ek sou die mense nog graag die straaltjie lig wou gee

voordat die einde kom. Ek sou hulle tog nog graag sodanig wil help dat

hulself die kontak tot stand bring met hulle goddelike Skepper, dat hulle

hulself in gedagtes met Hom besig hou sodat Ek nouself op hulle gedagtes

kan inwerk.

En daarom probeer Ek om hulle aan te spreek en julle moet My daartoe

dien, dat Ek My in ooreenstemming met julle bereidwilligheid kan uiter en

sodat julle medemens kennis daarvan kan ontvang. Julle moet julle deur

My laat onderrig en julle kennis dan verder deurgee. Maar altyd in

onveranderde vorm, want wat van My uitgaan, is die suiwer waarheid en

dit moet onbedorwe verder gegee word, as dit as lig werksaam wil wees in

die harte van die mense wat min lig besit. En julle bewys My waarlik ‘n

diens waarvoor Ek julle sal seën, want al My skepsele het Ek lief en

geeneen van hul mag weer verlore gaan vir ‘n eindelose lang tyd nie.

En daarom sal die krag van My liefde ook steeds weer na julle toe stroom,

solank julle My wil dien. Ek Self sal My teenwoordigheid aan julle bewys

deurdat My openbaringe ook op julle ‘n buitengewone indruk sal maak,

want Ek hoef geen geloofsdwang meer by julle te vrees nie, julle wat julle

daaglikse geloof tot My laat sien wanneer julle My aanspreking verlangend

verwag en vir My werksaam is. Amen

530

Kennis oor die Wese van God is nodig

8125 14 Maart 1962

Groot is die Mag van Hom Wie julle geskape het. Eindeloos is Sy Liefde en

Sy Wysheid is nie te oortref nie. Dink steeds aan Hom en stel julleself met

Hom in verbinding, sodat julle steeds julle gedagtes na My opstuur, Wie

baie verlang na julle terugkeer en waarlik ook My Mag, Liefde en Wysheid

werksaam laat wees om vir julle hierdie terugkeer moontlik te maak.

Wanneer julle, julle God en Skepper as ‘n hoogs volmaakte Wese voorstel,

wanneer julle oortuig daaraan sou kan glo dat die hoogs volmaakte Wese

julle Vader wil wees, dan sal julle ook julle innerlike teenstand opgee, wat

julle eindelose lang tye van My geskei hou, julle sal probeer om die ware

verhouding tot My tot stand te bring, die verhouding van ‘n kind tot die

Vader en julle sal as swakke kindertjies My beskerming en My hulp vir julle

afbid wanneer julle in nood is. Julle sal egter ook liefde vir My voel, julle sal

vertroulik tot julle Vader kom en julle dus ook aan My oorgee en dan sal

julle My ook nie meer wil opgee nie, omdat Ek Self julle nou vashou, omdat

die verbintenis van My liefde julle nou omstrengel, wat julle ook nie weer

los sal maak nie. Maar daartoe is die kennis oor My hoogs volmaakte Wese

nodig.

Julle moet My leer liefhê en daarom moet julle reeds weet dat Ek Self die

liefde is, julle moet My nie vrees as ‘n straffende God nie, inteendeel as ‘n

toegedane Vader, Wie vir julle sorg en lief is. Dan eers kom julle in die

ware verhouding tot My te staan, julle skenk julle vrywillig aan My en julle

het die terugkeer voltrek, wat die sin en doel is van julle gang oor die

aarde. En daarom probeer Ek julle steeds weer blyke te gee van My Mag,

My liefde en My Wysheid.

As julle in nood raak dan lei Ek julle daar uit, omdat daar vir My niks

bestaan wat vir My onmoontlik is om tot stand te bring nie. En Ek laat julle

ook onophoudelik blyke van My liefde toekom deurdat Ek julle ook vreugde

berei, wat julle as geskenke van My moet beskou. Altyd kan julle, julleself

in My hoede veilig voel, want Ek sien waarlik wat julle nodig het, geestelik

en liggaamlik en dit gee Ek julle ook sodra julle, julleself aan My oorgegee

het, sodra julle die verbintenis met My tot stand bring deur innige

gedagtes, deur gebed en deur werke van liefde.

En julle sal dan voortdurend blyke van My liefde, Wysheid en Mag mag

ondervind, omdat Ek daardeur julle liefde wil wen, omdat Ek in julle die

verlange na die vereniging met My wil wek, sodat ook die doel van julle

lewe vervul is, sodra julle die innige verbintenis met My tot stand bring,

sodra julle, julleself as kinders aan die Vader gee en heeltemal in Sy Wil

opgaan. Dan sal julle ook nie meer in geestelike duisternis voortgaan nie,

julle sal deur Myself met die lig van My liefde deurstraal word, Ek sal vanuit

die innige verbintenis met julle kan spreek en julle liefde sal steeds meer

ontbrand en daar sal geen duisternis meer in julle hart wees nie. Sodra

531

julle insien dat Ek ‘n God van liefde, Wysheid en Mag is, sal julle ook

daatna strewe om by My te wees en dit beteken dat julle My ook erken,

Wie julle eens geweier het om te erken.

En daarom sal Ek tydens julle lewe op aarde niks onbeproef laat om julle

die ware opheldering te verskaf oor My Wese nie. Want solank julle My nie

sien as dit, wat Ek is, as hoogs volmaakte Wese, wat julle lief het en julle

liefde wil wen, solank julle in My nie julle Vader sien nie, wat Sy kinders

ewig gelukkig wil maak, solank hou julle, julleself nog op ‘n afstand van My.

Daarom openbaar Ek My aan julle in My liefde, Wysheid en Mag. En Ek

probeer onafgebroke om julle liefde te wen. Maar Ek sal julle ook eens wen

en dan sal julle by My bly vir ewig. Amen

Deur die liefde kom julle tot insig

8134 24 Maart 1962

Ek wil My teenoor julle uiter, sodat julle kennis verkry ooreenkomstig die

waarheid en vanuit die kennis sal julle nou ook leer om julle aardse lewe

met ander oë te bekyk, sodat julle dit dan ten volle bewustelik leef in

verbinding met My en julleself gereedmaak om geleidelik krag te ontvang.

Want julle mense is kragteloos, solank julle geen beroep doen op die

toevoer van My krag nie. Die lewenskrag staan weliswaar tot julle

beskikking, maar as julle dit nie volgens My Wil toepas nie, sal julle aan die

einde van julle lewe in die gunstigste geval aardse goedere versamel het,

wat julle egter moet agterlaat wanneer die uur van die dood gekom het.

Rig julleself egter volgens My Wil, dan kan julle ook met julle lewenskrag

goedere vir julleself verwerf, wat blywend is en wat julle sal volg in die

geesteryk. Julle kan vir julle ook ‘n onafgebroke verbinding met My

geestelike krag verwerf en dan eers vervul julle, julle eintlike lewensdoel.

Die kennis daaroor wil Ek julle verskaf, want julle is sonder insig, solank dit

julle nog aan liefde ontbreek, as julle nog geen werke van liefde verrig nie,

waartoe die lewenskrag julle egter in staat stel.

Dit is dus My Wil dat julle moeite doen om in die liefde te lewe. Dan

versamel julle vir julleself geestelike goedere en dan ontsteek julle in

julleself ‘n lig wat vir julle insig beteken, ‘n kennis wat ooreenstem met die

waarheid. Dan bring julle ook die verbinding met My tot stand en dan kan

krag regstreeks aan julle gestuur word. En julle sal die weg wat omhoog

gaan, aflê en strewe na voleinding, julle sal die doel bereik wat die rede is

vir julle aardse lewe.

Solank hierdie kennis julle egter totaal ontbreek, is julle nog geestelik blind

en leef julle slegs vir hierdie wêreld. Al julle gedagtes is slegs op die aardse

gerig en julle gebruik julle lewenskrag slegs vir die welsyn van julle

liggaam, aan die siel in julle dink julle egter nie. Maar die liggaam is

verganklik, die siel daarenteen kan nie vergaan nie en oor sy lot moet julle,

julleself bekommer. Hy het krag nodig wat julle hom ook net kan gee as

532

julle werke van liefde verrig. As julle, julleself innig met My verbind in

gebed, as julle dit moontlik maak dat Ek julle regstreeks krag kan laat

toekom, as julle Myself tot julle laat spreek.

Dan word aan julle ‘n mate van krag gestuur wat julle in staat sal stel om

‘n korrekte lewenswandel te gaan op hierdie aarde. Die regstreekse

toespreek is ‘n oordrag van krag van groot betekenis en daarom sal Ek

altyd bereid wees om tot julle te spreek, omdat julle almal baie krag nodig

het, omdat julle almal nog te min liefde beoefen en daarom is die

toestroom van die krag van die liefde ook nog gering.

Maar Ek wil julle aanspoor tot liefde. Ek wil julle in alle wysheid onderrig

wat julle moet doen op aarde om salig te word, soos julle was in die

allereerste begin. Ek wil in julle ‘n lig ontsteek, omdat julleself in duisternis

ronddwaal. Maar julle moet self bereid wees om die lig aan te neem, julle

moet julle vrywillig oopstel en My stem aanhoor, wat julle steeds sal doen

as julle My nie regstreeks verneem nie, maar om My dienare wat My Woord

aan julle oorbring, gewillig aan te hoor.

Julle sal groot seën ondervind deur julle bereidwilligheid om My aan te

hoor, want die krag sal julle binnestroom, omdat My Woord met My krag

geseënd is. En die lig in julle sal in intensiteit toeneem, hoe meer julle My

die geleentheid gee om julle aan te spreek, julle sal in kennis toeneem en

julle sal dit ook bemerk dat dit waarheid is wat aan julle gebring word,

want slegs die waarheid het die krag om julle tot voleinding te bring. En as

julle in besit van die waarheid wil kom, dan moet julle, julleself aan My as

die ewige Waarheid toevertrou. Julle moet julleself met My verbind in

gebed of deur werke van liefde en julle wil moet steeds op My gerig bly.

Julle sal dan vervul word met ‘n kennis van waarheid, want Ek Self het julle

die belofte gegee dat Ek julle sal lei in die waarheid, dat Ek My Gees vir

julle sal stuur, dat Ek Self by julle sal bly tot aan die einde.

En waar Ek is, is ook die waarheid. Waar Ek is, is die Liefde en waar Ek is,

is ook die Bron van krag van die ewigheid. Daarom moet julle slegs vurig

verlang na My nabyheid, My teenwoordigheid en waarlik, julle sal nie leeg

heengaan nie. Julle aardse lewe sal nie tevergeefs geleef wees nie. Julle sal

‘n oormaat aan lig en krag kan ontvang en na julle dood sal julle kan

ingaan in die Ryk van Lig en Saligheid. Amen

Aansporing om weerstand te bied in die eindtyd

8136 26 Maart 1962

Julle sal seker kan wees daarvan, dat Ek by julle aanwesig is, sodra julle My

stem verneem. Julle kan glo dat My Gees in julle werk, sodra julle, julleself

innig met My verbind en begeer om My te hoor.

Maar die voorwaarde moet vervul wees, dat julle, julleself tot ‘n

opnamehouer vir die stroom van My Gees sal vorm, dat julle, julle hart

gereed gemaak het vir My teenwoordigheid. En dit kan slegs die liefde tot

533

stand bring, wat dan ook die lewende geloof voortbring aan My

werksaamheid in julle waar julle andersins nie binne-in julle sou kon luister

na My stem nie.

Maar as julle My aanspreking hoor, dan moet die deemoed ook julle hart

vervul, want slegs aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid en My

aanspreking is ‘n barmhartigheids geskenk van ongelooflike betekenis.

Maar dan sal julle ook daarvan oortuig kan wees, dat julle in die waarheid

wandel, want wat Ek julle nou sê in ‘n regstreekse aanspreek, is waarheid,

omdat dit van die Gewer van die waarheid, van die ewige Waarheid Self,

uitgaan. En so, beskou julle steeds as My dienaars, wat steeds maar net sal

wil, dink en handel, net soos dit met My Wil ooreenstem. Want julle sal

geen opnamehouer van My goddelike Gees wees, wanneer julle, julleself

nie in vrye wil julle dienste sou aangebied het nie en dus My bewustelik

julle wil skenk, wat julleself dus op My rig en julle met gevolg die wilsproef

op aarde afgelê het en julle, julleself op die terugweg bevind en al kort voor

julle doel aangekom het. Hoe anders moet Ek dan julle missie vir julle

bevestig, waarvan julle die uitvoering daarvan vrywillig vir My aangebied

het?

Ek het julle vir hierdie missie uitgekies, omdat alle voorwaardes aanwesig

was en Ek wil dat julle ook julle missie uitvoer en julle op geen enkele wyse

laat weerhou nie, want dit is belangrik. Ek soek My knegte wat ‘n sterk wil

het uit, nie willekeurig nie, wat sal standhou teen al die aanstorming van

die kant van My teenstander. Hy deins waarlik vir geen middel terug nie,

wanneer hy hoop om daardeur die lig te kan doof wat helder van bo na die

aarde toe straal.

Word daarom nie wankelmoedig in die geloof om vir My goeie dienaars te

wees nie, inteendeel hou julle net vas aan My en die verleier sal wyk,

wanneer hy sien dat sy planne en voornemens tevergeefs is. Maar Ek laat

ook aan hom die volste vryheid toe, want dit is die laaste tyd. Spoedig sal

sy aktiwiteite ten einde loop en vir solank sal Ek ook weet om julle wat My

bewustelik wil dien, te beskerm, as julle maar vas aan My is en bly. En

gebruik alle krag om in My wingerd te arbei.

Laat julle nie bang maak nie, glo en vertrou veel eerder op My, Wie julle

waarlik sal beskerm en julle nie sal prysgee aan die dwaling nie, omdat

julle ernstig na waarheid verlang.

Hou julle hart steeds geopen vir die stroom van My Liefde en ontvang

onafgebroke die brood des hemels, die lewende water. Laat julle deur My

voed en lawe en julle sal toeneem in krag en My met vreugde dien. Maar

luister nie na wat mense vir julle sê nie, wanneer dit nie ooreenstem met

My woorde nie. Ek laat wel aan elkeen die vryheid, want die wil van die

mens dwing Ek nie, maar elkeen moet homself ernstig afvra in welke

betrekking hy tot My staan om ook korrek te dink en te handel voor My oë.

En hierdie korrekte verhouding moet julle steeds tot stand bring en julle sal

dan ook kan seker wees daarvan, dat julle onder My beskerming staan en

534

My teenstander nie hoef te vrees nie. Maar hy sal julle in die noute bring

tot aan die einde, omdat hy weet dat hy nie meer veel tyd het nie.

En dit moet vir julle ook die verklaring wees vir die eienaardige

gebeurtenisse wat nog sal plaasvind, maar wat julle steeds sal kan afweer

met My hulp en My krag, want Ek verlaat hulle nie wat van My wil is en bly

nie. Ek gee hulle die krag om te weerstaan, Ek verleen hulle steeds My

beskerming sodat hulle hulle taak op aarde kan vervul binne My Wil. Amen

"En die Woord het vlees geword!"

8141 3 April 1962

"En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon!" Ek self, die

Ewige Woord het na die aarde gekom en ‘n liggaam aangeneem. Dit was ‘n

daad van oorgrote liefde en barmhartigheid waartoe Ek My beweeg gevoel

het om die verbinding met die mense tot stand te bring, wat hulself so

eindeloos ver van My verwyder het; wat nie meer in staat was om My stem

te verneem nie, wat My Woord nie meer in hulself kon verneem nie en wat

geen enkele verbinding meer gehad het met die Woord van die Ewigheid

nie.

Hulle was self skuldig aan hierdie groot afstand van My en nooit sou dit vir

hulle moontlik gewees het om hierdie verwydering van My uit eie krag

ongedaan te maak nie. Nimmer was dit vir hulle moontlik gewees om My

Woord te ervaar soos in die allereerste begin, toe Ek met al die skepsele

wat deur My in die lewe geroep is, gedagtes kon wissel deur die Woord.

Daarom het My Liefde Self die groot verwydering oorbrug. Ek het Self na

die aarde gekom en het ‘n liggaam aangeneem en het nou weer in

verbinding probeer tree met My skepsele, om hulle weer aan te spreek en

vir hulle ‘n brug te bou wat tot My terugvoer in die Ryk van Lig en

Saligheid. Ek self is die Ewige Woord, maar Ek sou die mense nie direk uit

die Hoogte kon aanspreek nie, om hulle nie, wat eens as My skepsele van

My uitgegaan het, daardeur in ‘n dwangsituasie te plaas nie. Hulle moes die

brug tot My uit vrye wil betree en dit kon Ek slegs bereik deur My

aanspreking, wat egter nie op ‘n ongewone manier kon plaasvind nie, maar

die gespeekte woord moes van mens tot mens weerklink. En daarom het Ek

‘n liggaam aangeneem. Ek het besit geneem van die menslike omhulling,

Jesus en het in hierdie omhulling tot die mense gespreek. Maar dit was My

Woord wat tot hulle gespreek het en Ek kon deur die Woord die Weg vir die

mense toon. Ek kon hulle onderrig en My Wil aan hulle verkondig. Ek kon

hulle die Evangelie, die Goddelike leer van die liefde verkondig; wat hulle

siele weer in die toestand moes bring waardeur elke mens self, as dit sy

ernstige wil was, My Woord in homself sou kon verneem. Maar eers moes

die mense verlos word van sonde en dood. Eers moes die vroeëre

sondeskuld, deur die afvalligheid van My, gedelg word, sodat die verbinding

dan met My bekroon kon word met die uitgieting van My Gees, sodat die

535

mens dan My stem weer in homself sou kon verneem, soos wat dit in die

Oerbegin was.

"Die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon!" Hoe min mense

begryp die betekenis van hierdie woorde. Die Ewige Woord het Self na die

aarde neergedaal, want die mensdom het in groot nood verkeer en het niks

geweet van hulle ellendige en troostelose toestand nie, asook nie van die

geestelike duisternis waarin hulle geleef het nie. Hulle was heeltemal van

My verwyder en het niks gedoen om hierdie groot afstand tot My te

verminder nie. En die mense kon slegs geholpe word, deur leringe wat

ooreenstem met die Waarheid. Hulle moes die wil van hulle God en

Skepper leer ken en hierdie wil moes deur Myself aan hulle verkondig word.

Ek moes hulle Self aanspreek en dit kon slegs deur ‘n mens gedoen word.

Dus het Ek Myself in hierdie mens beliggaam, want alleen so was dit

moontlik om die mense in alle waarheid te onderrig, hulle opmerksaam te

maak op hulle verkeerde lewenswandel. Daardeur was dit moontlik om My

Wil aan hulle te verkondig en vir hulle ‘n lewende voorbeeld te wees hoe

hulle self hulle lewe moes lei om weer uit hulle geestelike duisternis te kom

en die weg te gaan wat Ek die mense aangetoon het, sodat hulle weer die

Ewige Lewe kon bereik.

Want hulle was deur My teenstander beïnvloed, wat hulle gedurig tot ‘n

liefdelose leefwyse aanpor, waarin hulle dan ook kragteloos was en gebly

het en niks kon vergader vir hulle opwaartse ontwikkeling nie. Ek self het

hulle bewys dat die liefde homself as ‘n krag laat voel, want Ek het die

siekes genees en ook ander wondere gedoen wat slegs deur die krag van

die liefde tot stand gebring kon word. Ek het hulle ook onderrig oor die

gevolge van ‘n liefdelose lewenswandel, want Ek moes aan die mense in die

eerste plek verklaar waarom hulle hulself in liggaamlike en geestelike nood

bevind. Ek moes hulle daarvan oortuig dat hulle toestand as mens geen

gelukkige genoem kon word nie en wat hulle dus moes doen om die ware

geluk te bereik.

En dit alles moes hulle uit die mond van God verneem. My Woord moes

hulle kon hoor, daarom het die Woord Self na die aarde gekom en mens

geword. In die oertoestand het die Woord in elke wese weerklink en was

die oorsaak van onmeetlike saligheid. Maar dié saligheid het die wesens self

weggegooi, omdat hulle hulself vrywillig van My afgekeer het, waardeur

hulle My Woord nie meer kon verneem nie, omdat My Woord ‘n direkte

liefdestraling van My kant was, wat die wesens nou egter afgewys het.Die

oorgrote nood van die mense op aarde het My liefde en barmhartigheid

beweeg om hulself te benader en hulle, ondanks hulle weerstand in die

Woord, tegemoet te tree. En wie ook maar ‘n vonkie liefde in homself laat

ontbrand het, die het die Godheid in My gesien en My nagevolg. Maar

meestal het mens in My alleen die mens gesien en beoordeel dan ook My

Woord as die van ‘n mens. Ek was in hulle midde en hulle het My nie

herken nie. En tog kon Ek die Evangelie van die Liefde verkondig. Ek kon

536

die Goddelike leer van die liefde steeds weer aan die mense bekend maak

en Ek kon Self My leerlinge onderrig en hulle dan uitstuur in die wêreld met

die opdrag om My Evangelie te verkondig en van My te getuig. Die Woord

het Self na die aarde gekom en het ‘n liggaam aangeneem tot seën van die

mensdom. En steeds wanneer My Woord weerklink, buig My eindelose

liefde en barmhartigheid homself neer tot die mensdom en straal Sy liefde

in die harte van die mense wat My Woord gewillig aanneem, dit aanhoor en

as die stem van die Vader herken en My dankbaar is vir hierdie groot

barmhartigheids gawe. Want Ek self is die Woord van die Ewigheid en wie

My aanhoor, verbind homself ten nouste met My en hy sal dan ook sy

laaste doel op aarde bereik, hy sal die totale vereniging met My bereik, sy

God en Vader, tot Wie hy nou vir goed teruggekeer het en hy sal dan vir

ewig salig wees. Amen

Die wil kies vry

8143 5 April 1962

Die eindelose lang weg van julle positiewe ontwikkeling deur die skeppings

van die aarde loop nou ten einde, wanneer julle die laaste trajek as mens

die regte rigting gee na die doel, wanneer julle na My streef en dus bewus

die terugkeer na My realiseer, wanneer julle die laaste wilsproef op die

aarde aflê, wanneer julle die regte besluit neem, dus julle wil op My rig van

Wie julle eens uitgegaan het. Dan het julle waarlik die werk om julle te

omvorm voltooi, julle het in vrye wil vanaf My skepsel tot My kind geword.

Julle het die diepste diepte oorwin en het weer opwaarts gestyg in die

hoogste hoogte.

Dog die laaste kort stap as mens lê julle wel as ek-bewuste wesens af,

maar julle besit geen herinnering aan vroeër nie, aan die eindelose lang tyd

van ontwikkeling vooraf en aan die onuitspreeklike kwellinge wat hierdie

gang vir die eens vry geskape geestelike betekend het. As mens leef julle

net solank in onwetendheid oor julle eerdere lewe en die eintlike doel van

julle aardse lewe, tot julleself in vrye wil die verbinding met My gesoek en

gevind het, wat julle nou ‘n kennis ontsluit wat julle aanleiding gee om

ernstig te strewe na die uiteindelike voltooiing.

Dit kennis kan ook wel aan julle medemens deurgegee word, sodat hulle

bewuster van hul verantwoordelikheid deur die aardse lewe gaan, maar dit

sal selde geloof vind, solank die mens hom nie self met My verbind deur

gedagtes, gebed of werke van liefde nie. Want bewys hiervoor kan hom nie

gelewer word nie en so sal hy nie graag wil aanneem wat hom oor die gang

van sy siel deur elke skeppingswerk, deur die mineraleryk, die planteryk en

die diereryk, meegedeel word nie. En daarom het hy ook weinig

verantwoordelikheidsbesef vir sy aardse lewe as mens.

Omdat dit egter om die vrye keuse van die wil gaan, moet hy self die weg

na My vind. Hy moet My leer herken, waartoe hom op elke manier hulp

537

verleen word. Want hy kan dink, hy kan sy verstand gebruik, ook wanneer

dit hom nie vas en seker die waarheid onthul nie. Hy kan egter deur sy

verstand ook aan sy God en Skepper dink, aan Wie hy sy bestaan te danke

het. En hy sal hom ook op een of ander manier op hierdie gedagte moet

instel. Maar dit is sy vrye wil welke weg hierdie gedagtes neem. Dog sodra

hy maar met die moontlikheid van ‘n eindelose lang ontwikkeling tevore

rekening hou, sal hy al wins vir sy siel kan boek, want sulke gedagtes sal

hom dan nie meer verlaat nie en dan kan hy ook seker daarvan wees dat

hom daar d.m.v. gedagtes so vele ophelderinge sal toekom, wat hy

aanneem en wat hom ook bewus daarna laat strewe om aan die doel van

sy aardse lewe te beantwoord.

Die mens kom weliswaar sonder enig kennis op aarde, maar Ek sal altyd

sorg daarvoor dra, dat ‘n sweempie insig hom verlig, dat hy steeds ‘n lig sal

teekom waaraan hy homself slegs hoef te ontsteek om dan ook die weg wat

hy moet gaan en wat na bo voer, in te sien. Dat hy op geen enkele manier

gedwing word nie, skakel nie uit dat hy dikwels genoeg geleentheid sal hê

om vry ‘n beslissing te neem en hy sal ook van die kant van die ligwesens

wat hom lei d.m.v. sy lot, gehelp word om insig te ontvang, dog altyd

sonder dwang.

Maar die lewe op aarde as mens is van die grootste belang, want dit kan

die siel ‘n geheel en al beëindiging van die gang deur die materie oplewer,

sodat hy as vrye gees onbesorg die ryk hierna kan binnegaan. Maar ook

kan die mens in sy laaste wilsproef faal en dan onverlos die ryk hierna

ingaan, waarby die siel egter ook nog die moontlikheid het om die

Goddelike Verlosser Jesus Christus te vind en aan te roep om dan langsaam

opwaarts te klim.

Hulle kan egter ook geheel in die materie lewe tot die einde toe en dan

weer opnuut verban word in die vorm, dws. Om weer eens dieselfde

ontwikkelingsgang deur die skeppings van die aarde moet gaan, wat so

ontsettend is en weer so'n eindelose lang tyd verg, dat Ek waarlik die

mense op elke manier bystaan om hulle teen die vreeslike lot, om opnuut

gekluister te word, te beskerm.

Maar uiteindelik beslis die wil van die mens self. En daarom probeer Ek

steeds weer om so op die wil in te werk dat hy hom vanself na My keer.

Want dan is sy siel gered ofskoon hy nog nie heeltemal voltooi sy lewe op

aarde as mens beëindig nie. Maar sy wil het My gekies en dit beteken ook

dat die beslissing reg was en ook die daarmee deurstane wilsproef.

Daarom moet elke mens luister en nadink, as hy onderrig word oor sy doel

op aarde en sy ontplooiing. Hy sal tog met die moontlikheid rekening moet

hou en waarlik, dit sal hom al wins oplewer, want waar dit maar moontlik

is, kom die ligwesens tussenbeide om hom in sy aardse lewe te lei en hulle

probeer alles om hom te beweeg om die regte wilsbeslissing te neem, sodat

hy die weg deur die materie kan beëindig, sodat hy My soek en vind en dan

ook vir ewig gered is. Amen

538

Waarskuwing teen mediamieke ontvangs

8149 12 April 1962

"Elke gees wat belei dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is van God"

Daaraan sal julle dus kan toets of julle deur Myself onderrig word of dat

julle aan ‘n valse gees ten offer geval het, want hierdie sal nooit My

beliggaming in Jesus, My koms op aarde terwille van die verlossing van die

mensdom, aan julle te wete bring nie, inteendeel daarteen getuig. Julle sal

nou egter ook moet weet, dat die vyandige geeste dikwels tussen beide

kom, waar die moontlikheid gebied word, wanneer die mens afsien van sy

wil en dus ‘n vreemde gees besit van hom laat neem, wat hy nie altyd kan

herken nie.

Ek soek wel steeds verbinding met julle en Ek verheug My oor alle bande

wat julleself met My tot stand probeer bring; en waar Ek ook heel suiwere

houers vind, sal die straal van My Liefde hulle binne stroom. maar hierdie

daad moet bewus gebeur; julle moet julle so innig aan My oorgee dat julle

in ‘n toestand van bewustheid My stem kan hoor en dan sal julle ook seker

daarvan wees dat julle Vader Self tot julle spreek. Is julle egter wel op

hoogte van die toestand van volwassenheid van al diegene wat julle

omgewe, weet julle of julle beskerm is teen die invloed van ‘n onsuiwer

gees, wat verwarring onder julle probeer stig?

Julle hoef nie in dwaling te verkeer nie, maar julle is nie seker van hom, dat

hy binnesluip, wanneer julle, julleself as medium aan geestelike kragte

toevertrou nie, wanneer julle van julle wil afsien en julle dus ook nie sal

kan verweer, wanneer ‘n valse gees besit van julle neem nie. Maar hierdie

lae geeste wag alleen maar op ‘n geleentheid om binne te kan sluip en alle

onsuiwer gedagte, alle vooropgestelde menings, alle liefdeloosheid kan die

opening wees wat dit moontlik maak vir hom om binne te sluip en dan word

ook die "geestelike lering" (saam na binne) gebring en julle neem dit aan

as "My woord".

Ek wil tot al My kinders spreek, maar glo My, die innige verbintenis wat al

My kinders met My tot stand bring, lewer hom ook seker My aanspreking

op, maar dit kan al My kinders in hulself hoor en in sy innigheid, sy

samespraak met My voer, My woord sal duidelik in hom klink, sy gedagtes

sal so gestuur word, dat die kind voel dat sy Vader hom onderrig en dat hy

hom aan hierdie gedagtes heeltemal kan toevertrou, dat dit waarheid is.

Die innerlike verbintenis is van die grootste waarde, wat die mens self met

My tot stand bring in vrye wil, want dit beskut hom teen dwaling en gee

hom ook die innerlike vrede en die sekerheid om in My liefde veilig te wees.

Wel het Ek gesê: "Waar twee of drie in My naam vergader is, daar is Ek in

hul midde". En ook hierdie sekerheid sal julle mag hê, dat Ek Self by julle is

en julle gedagtes die regte rigting gee.

En dan sal almal ook in volle bewussyn spreek wat Ek hul in die mond lê en

Ek Self kan My dan ook uiter en julle onderrig, terwyl ons wedersyds

539

gedagtes wissel en julle deur die innige verbintenis met My geheel met My

Gees vervul is; julle dus dan spreek vanuit My Wil, wat julle nou almal tot

oorwinning strek. Want die innige verbintenis met My is en bly die

voorwaarde dat Ek by julle teenwoordig is en dit sal julle te alle tye en op

alle plekke tot stand kan bring. Julle is dan nie gebonde aan vastgestelde

ure wat nie waarborg of almal hulle voorberei het, dat almal die innige

verbinding met My het en dan ook My aanwesigheid in die hart van almal

gewaarborg is. Want alle voorwaardes moet aanwesig wees wanneer Ek

Self My aan ‘n mens wil openbaar. Amen

Opstanding van Jesus

8158 22/23 April 1962

Op die derde dag het My liggaam verrys. En al skyn hierdie gebeurtenis vir

julle mense ook ongelooflik te wees, omdat daar geen bewys voor gegee

kan word nie, tog sal steeds aan die mensdom deur My Gees verkondig

word dat Ek waarlik opgestaan het uit die dood. Want Ek het die dood deur

My verlossingswerk oorwin, wat My teenstander deur sy val in die diepte vir

die eerste keer in die wêreld gebring het.

En Ek het julle deur My opstanding tegelyk bewys dat daar geen dood meer

is vir die vergeestelike wesens nie. Dat die terugkeer tot die oorspronklike

toestand, wat deur ‘n lewe in liefde, soos wat Ek dit vir die mense

voorgeleef het, dus bereik kon word, wat ook alle doodse toestande, alle

onmag en alle kragteloosheid uitsluit en die siel kon nou die Ewige Lewe

ingaan, sodra hy hierdie verandering in sy aardse lewe voltrek het.

Die dood is oorwin deur My kruisoffer, want die oerskuld was daardeur

gedelg en die skepsel is weer die moontlikheid gegee om weer te word soos

wat hy as oerwese was, wat nou ook ‘n Ewige Lewe waarborg. Ek wou julle

‘n bewys gee dat die vleeslike liggaam homself ook kan vergeestelik en dat

hy daarom die dood nie meer hoef te vrees, as die mens die vergeesteliking

van sy liggaam reeds op die aarde sou bereik nie.

Ek Self het as die mens Jesus deur My lewe van liefde al die nog

onvolwasse substansies van My liggaam vergeestelik. Ek het hulle tot

voltooiing gebring. Die liefde het al die nie-geestelike in My gekalmeer en

het dit daartoe gebring om hulself met My siel te verenig, sodat liggaam en

siel homself totaal met die Ewige Goddelike Gees in My kon verbind en dus

het daar ‘n totale samesmelting met alles plaasgevind.

En ‘n volledige vergeestelike wese kan nie meer aan die dood onderworpe

wees nie, want die dood is ‘n toestand van kragteloosheid, terwyl ‘n wese

wat vergeestelik is, vol lig en krag is en vry van elke gebondenheid. Die

gebeurtenis van My opstanding was vir die mense duidelik te sien, want

hulle het My graf leeg gevind. Dat die ongelowiges die ontvoering van My

liggaam nou vir hulle medemens geloofwaardig wou maak, was begryplik,

maar ook dit kon hulle nie bewys nie. En om My opstanding as waarheid

540

aan te neem, sal steeds net die gelowige doen, die mense wat reeds innig

met My verbonde is deur die liefde of hulle goeie wil om reg te lewe voor

My oë. Dat dit egter plaasgevind het, is waar, want daarmee was die

belofte vervul wat deur sieners en profete aan die mense gegee was. My

opstanding was ‘n groot nederlaag vir My teenstander, waar Ek die bewys

gegee het dat die liefde sterker is as die haat en dat hy sy aanhang nie vir

ewig in die toestand van die dood sou kan hou nie; omdat Ek self die dood

oorwin het en dus die lewe kan gee aan elkeen wat My verlossings werk

erken en terselfdertyd ‘n beroep doen op dié Barmhartigheid wat aan die

kruis verwerf is. Vir My teenstander was My opstanding dus ‘n nederlaag en

daarom probeer hy die mense van die spoor afbring deur My opstanding as

twyfelagtig vir hulle voor te stel. En tog kan hy die opstanding van hulle

wat My navolg, wat in My glo en wat Ek nou ook die Ewige Lewe kan besorg

soos Ek dit beloof het, nie verhinder nie. Sy aanhang sal geleidelik

verminder, want steeds weer sal mense verrys en ewig lewe omdat Ek die

dood oorwin het. Omdat hy nie ewig die innerlike kan vashou van hom wie

se wil dit is om na My terug te keer nie en wat daarom onder My kruis

beskerming soek om aan die mag van My teenstander te ontsnap. Vir hulle

is die dood oorwin en die opstanding na die lewe verseker. Ook My dissipels

wou nie glo dat Ek opgestaan het uit die dood nie, ofskoon Ek dit hulle tog

al vooraf voorspel het. Maar Ek het hulle geloof versterk en hulle het My

herken toe Ek by hulle kom. Hulle het dus die bewys gehad dat Ek die dood

oorwin het, want hulle moes My met volle oortuiging verkondig, hulle moes

My sterwe, net soos My opstanding, bekend maak.

Van hierdie kennis moes die mense verneem wat aan My glo, hulle sou dan

die weg na die kruis kan gaan, omdat hulle dan slegs verlossing kon verkry

as hulle hul skuld na My toe bring onder die kruis. Maar My grootste werk

van erbarming sou spoedig in vergetelheid geraak het, as My Gees nie

steeds weer in die mense kon gewerk het, wat hulself volledig en heeltemal

oorgegee het aan My nie. Wat Ek daarom ook, as verlos, kon vul met My

Gees, wat hulle weer innerlik kon onderrig en wat aan hulle die kennis oor

die verlossingswerk van Jesus Christus kon ontsluit. Want alles wat deur

oorlewering aan die mense meegedeel word, behou nie sy waarheids

gehalte vir lank nie. Waar slegs die menseverstand besig was, daar

ontstaan ook onware opvattinge, wat as oorleweringe deurgegee word en

wat sodoende geen waarborg meer bied vir die suiwer waarheid nie.

Waar My Gees egter in ‘n mens kon werk, daar word ook steeds die suiwer

waarheid benadruk en sowel die kennis van My lyding en sterwe aan die

kruis, asook My opstanding, aan die mense oorgedra, omdat hierdie kennis

onvoorwaardelik nodig is dat ook die mense heeltemal vervul sal wees van

die geloof. En steeds weer sal My Gees dan in die mens werksaam wees,

wat homself aan My oorgee om die suiwer waarheid te ontvang.

Steeds weer sal die boodskap aan die mense verkondig word en korrekte

opheldering gegee word, sodat julle mense ook met oortuiging aan My

541

opstanding kan glo en ook daaraan dat Ek waarlik die dood oorwin het. Dat

daar vir julle geen dood meer hoef te wees as julle, julleself aan My sy

plaas nie, as julleself wil dat Ek vir julle gesterwe het, as julle ‘n lewende

geloof het in My en My verlossingswerk, wat Ek self in die mens Jesus

volbring het.

Ek het opgestaan uit die dood en so sal ook julle opstaan na die dood van

julle liggaam en ewig lewe. En julle hoef geen dood meer te vrees sodra

julle vry geword het van die vyand van julle siele nie, van My teenstander.

Sodra julle, julleself deur My laat verlos, bestaan daar vir julle geen dood

meer nie, want dan sal julle in en met My lewe en die lewe vir ewig nie

meer verloor nie. Amen

Die volwasse word van die siel - Wonder genesing -

Geloofsdwang

8161 27 April 1962

Laat die krag van My liefdestroom in julle werk. Open julleself en ontvang

voortdurend lig en krag van bo en gee so julle siele die moontlikheid om

volwasse te word, om volmaak My ryk te kan ingaan as die uur vir julle

gekom het om van hierdie aarde te skei.

Die siel is die geestelike in julle waaraan alleen geestelik gegee kan word,

wat ook voortdurend geestelike voedsel nodig het vir sy gang deur die

aardse lewe. Die siel is dit wat bly bestaan as die liggaam ontbind, want dit

is verganklik. Dit dien alleen vir die nog onvolwasse geestelike “die siel” as

omhulsel. Maar ongeag die siel bestaan ook die liggaam uit onvolwasse

geestelike substansies, wat egter nog ‘n langer ontwikkelingsweg het om af

te lê. Dit sou weliswaar moontlik wees dat ook die substansies van die

liggaam reeds gedurende die aardse lewe van die siel hulle vergeestelik en

hulle aansluit by die siel, dog dit gebeur maar heel selde. En so los, nadat

die siel die liggaam verlaat het, die materie weer op. Dit gee die geestelike

partikels weer vry, wat dan vir ‘n verdere ontwikkeling weer ‘n nuwe vorm

aanneem.

Die siel het egter die laaste stadium van sy ontwikkeling op aarde bereik.

Daarom moet julle hele sorg hom geld sodat hy tot die uiteindelike

volwassenheid kom en as liggees weer kan terugkeer in die ryk wat sy

regte Vaderland is. Maar die volwassenheid kan hom alleen bereik as hy

hom onafgebroke deur My laat beskyn, as hy lig en krag regstreeks van My

in ontvangs neem deurdat hy hom bewus aan My oorgee, deurdat hy hom

oopstel en die stroom van My liefde in hom opneem, deurdat hy na My

luister as Ek tot hom spreek om hom van ete en drinke te voorsien, om

hom die regte voedsel te verskaf wat sy voltooiing op aarde verseker.

En elke siel wat hom vir My open sal ook My liefde kragstroom ervaar,

omdat hierdie nooit werkloos bly waar die weerstand teen My gebreek is

nie. Dog die rede dat julle die selfde werking nie ook liggaamlik bespeur

542

nie, word julle hierdeur verklaar, dat Ek geen enkele geloofsdwang op julle

en julle medemens uitoefen solank julle nog vry kan kies tussen die

aanneem of afwys van die geestelik voedsel wat julle deur My van bo af

aangebied word. Julle moet dus My woord wat regstreeks van My tot julle

kom, geheel vry aanneem, dit mag julle nie so duidelik bewys word dat dit

julle tot geloof sou kan dwing nie.

Begryp dus, dat julle uit vrye wil moet glo, eie nadenke, liefdewerke en ‘n

noue verbintenis met My moet julle die geloof besorg. Ook My werk deur

die gees van ‘n mens moet geglo word, dit sal nie te bewys wees nie. Maar

elke ongewone verskynsel sal reeds as bewys geld en dit sal skadelik wees

vir die siel van julle medemens.

Gevolglik moet julle altyd nog liggaam en siel skei. Die voltooiing van julle

siele word deur julle innerlike lewe bereik, wat hom wel na buite toe deur

liefdewerke laat sien en daarom moet ook die liggaam hom aanpas by die

wense van die siel. Dit mag hom deur verlanges geen teenstand bied nie,

maar die liggaam mag nie as graadmeter van die uitstraling van My liefde

op ‘n mens gesien word nie, om welke rede dus ook ‘n siek liggaam ‘n

gesonde siel in hom kan berg. En so’n mens sal solank ‘n siek liggaam te

verdra hê as wat die liggaam die opdrag het, wat die mens tot heil moet

strek. Want hierdie sal alleen deur My woord en nie deur wondere, soos die

plotselinge genesing van ‘n siek liggaam, tot die geloof gebring word.

Hoewel Ek ook sulke wondere laat gebeur, as die krag van ‘n sterk geloof

daardeur bewys moet word. Want ‘n sterk geloof laat Ek nie tot skande

word nie.

Ek weet egter altyd die beste, of en op welke wyse Ek mense kan wen om

tot ‘n lewende geloof te kom. Ek weet ook wat elke siel afsonderlik tot heil

dien en vanuit die kennis sal Ek ook aan elkeen die mate van liggaamlike

genesing gee wat hy vir die ontwikkeling van sy siel nodig het. Maar julle

kan en moet My steeds weer vra om die krag van My liefde en Ek sal dan

julle bede verhoor en julle die krag van My liefde stuur en hierdie sal wat

julle betref nie sonder effek bly nie, ook as julleself nie die uitwerking sien

nie. Amen

“En wie sal volhard tot die einde.”

8164 30 April 1962

En wie sal volhard tot die einde, die sal die saligheid deelagtig word, so lui

My belofte. ‘n Belofte wat die hoogste eis stel aan julle sodat julle volhou

tot die einde. Dit is maar ‘n klein kudde aan wie hierdie belofte vervul sal

word, want daar word ‘n groot proef van julle geloof gevra. Maar om dit te

kan deurstaan het julle baie krag nodig en ‘n innige verbinding met My. En

omdat met alle gestrengheid deur die maghebbers teen die gelowiges

opgetree word, kan slegs die mense met My ondersteuning weerstand bied.

Met My krag, wat hom toestroom deur die innige verbinding met My.

543

Hy moet aan My wil behoort met sy hele wil en siel, dan sal die krag van sy

geloof in My hom ook die krag gee om te kan volhard. Dan sal hy liewer sy

lewe opoffer as om van My te skei, omdat hy My erken as ‘n liefdevolle

Vader. Hierdie geloofsterkte wat ontstaan het uit sy liefde tot My sal Ek

hom beloon en hy sal deur My die saligheid deelagtig word.

Hierdie klein kudde wat My getrou sal bly ook in die hewigste geloofstryd

sal Ek red uit die grootste nood en ellende. Ek sal hulle oorplaas na ‘n plek

waar vrede is. Ek sal hul die nuwe aarde tot verblyfplek gee, sodat ‘n nuwe

tydperk kan begin van vrede en innige verbondenheid met My. Ek self sal

geestelik onder Myne kan vertoef, omdat hul groot liefde vir My dit

moontlik maak.

Die loon is waarlik groot, maar Myne het dit verdien omdat die laaste tyd

op die aarde vir hulle buitengewoon swaar sal wees. En tog bly hulle My

getrou tot die einde. Maar Ek help hulle ook op velerlei maniere om hul

geloof te versterk, want Ek self sal My van te vore op vele wyse aan hulle

openbaar. Ek kom Self in die woord tot hulle en My direkte aanspreking sal

hul liefde en geloof lewende laat word. En hul voortdurende geestelike

omgang met My sal hulle vervul met liefde, wat geleidelik groter word. Ek

sal hulle dikwels op die wonderbaarlikste wyse tegemoet kom en sal ook

sigbaar kom tot hulle wat My in hul groot nood verwag en vas glo dat Ek

hulle sal help.

Ek sal niemand sonder troos laat en sal almal die krag gee om selfs die

swaarste lot te kan verdra. hulle sal in My glo en rotsvas op My vertrou,

want Ek sal hul geloof nie beskaam nie. Hulle sal elke dag My koms en hul

redding verwag, tot Ek self hulle sal wegneem omdat die tyd vervul is. En

Ek maak ook ‘n einde aan die aktiwiteite van My teenstander en slaan hom

en sy aanhangers in kettings.

Maar die dag van die gerig sal ‘n totale verandering van die

aardoppervlakte teweegbring. Alle skeppings in, op en bo die aarde en alles

wat leef sal opgelos word om ‘n nuwe vorm aan te neem. En vir alle mense

sal dit dus die dag wees van die einde van die “ou” aarde. slegs diegene

wat tot Myne behoort, sal van hierdie aarde weggeneem word en die

vernietiging ontkom. Maar die aanhangers van My teenstander sal vol

ontsetting die ondergang voor oë sien en deur die aarde verslind word.

Want hierdie aarde sal in sy ou gedaante nie meer bly bestaan nie.

Daar sal egter weer ‘n nuwe aarde ontstaan en daar sal weer ‘n nuwe

verlossingsperiode begin. En hierdie nuwe aarde sal bewoon word deur

mense wat My getrou gebly het tot die einde. En hulle sal ook die saligheid

deelagtig word soos Ek hul beloof het, want in die tyd het My teenstander

vir ‘n lang tyd geen mag oor die mense nie omdat hulle deur hul liefde met

My verbind is. En dan sal Ek ook Self onder hulle kan vertoef (geestelik) en

dan is daar aan alle nood ‘n einde. Dan is daar weer vrede op aarde en

daar is weer ‘n toestand soos dit was in die paradys en waarin alleen

harmonie, saligheid en liefde sal heers. Amen

544

Oor die leer van die herbeliggaming

8180 17 Mei 1962

Deur die stem van die Gees kan Ek Myself aan julle openbaar, as julle

opreg begeer om deur My onderrig te word. Ek wil slegs dat julle in die

waarheid leef, dat julle gedagtes geen verkeerde weë gaan nie, dat julle

nog deur valse leringe beïnvloed word deur hom wat die waarheid wil

ondermyn. Want die waarheid versprei ‘n lig waardeur hy self en sy

aktiwiteite belig word.

Daarom moet julle glo wat Ek julle verkondig deur die gees. Dit moet vir

julle tog begryplik wees dat My teenstander alles sal doen om julle in

geestelike duisternis te hou, waarin hy ook ‘n onbeperkte mag oor julle het,

want sodra julle in die waarheid leef, is julle vir hom verlore. Hy sal dus

altyd julle denke verkeerd rig en elke verkeerde gedagte het duisende

ander verkeerde gedagtes tot gevolg. En so sorg hy daarvoor dat ook die

sin en die doel van julle aardse bestaan vir julle verborge bly en dat julle

vir julleself ‘n heel valse beeld skep van julle aardse opdrag en hy poog dat

julle nie geïnteresseerd raak in enige geestelike strewe nie. Hy probeer om

in julle die liefde vir die wêreld aan te wakker en hy sal julle daarom steeds

‘n herhaling van julle lewe op aarde as begeringswaardig voorstel en julle

ook "bewyse" daarvan gee. Want julle strewe na volmaaktheid word dan

verswak, sodra julle glo dat julle steeds weer hierdie aarde mag betree, as

julle nog nie die volmaaktheid bereik het nie.

Hierdie voorstelling aan die kant van My teenstander is een van sy geliefste

middele. Juis daarom het die leer van reïnkarnasie baie byval gevind en is

dit baie moeilik om uit te roei. Want My teenstander gaan baie listig te

werk om die geloofwaardigheid van hierdie leer te bevestig, ofskoon geen

mens vir sy lis hoef te swig nie. Want sodra die mens ‘n ernstige verlange

na die waarheid het en homself tot My wend, sal hy ook die onsinnigheid

insien van dit wat hy deur hom voorgestel kry en hy sal ook duidelik die

waarheid in die hart voel. Hy sal weerstand in homself voel teen dit wat van

My teenstander afkomstig is, want sy ernstige verlange na die waarheid

waarborg dit ook vir hom, maar baie mense is onderhewig aan sy invloed

op die gebied, omdat hy dit self wil dat hulle weer na die aarde moet

terugkeer, omdat die liefde tot die wêreld in hulle nog so groot is en vir

hulle is die gedagte troosvol om die aardse lewe opnuut te kan lei.

Maar weer moet julle gesê word dat julle steeds op ‘n dwaalspoor gelei

word as julle in ‘n herbeliggaming glo, al is daar ook enkele gevalle,

vanweë ‘n spesiale rede, wat egter nie veralgemeen mag word nie. Want in

My heilsplan van ewigheid is waarlik alle moontlikhede gegee, wat julle

voltooiing tydens die aardse lewe waarborg. Elke swakheid kan julleself uit

die weg ruim, omdat Ek vir julle aan die kruis gesterwe het daarvoor,

omdat Ek vir julle die wilskrag verwerf het en julle My te alle tye kan

aanroep in Jesus, die Verlosser van sonde en dood en julle dan ook die

545

graad op aarde bereik wat aan julle die ingaan in die ligryk verseker, waar

julle kan styg tot eindelose hoogtes, omdat daar dan geen beperking meer

vir julle is nie. Benut julle egter nie julle aardse lewe nie, sodat julle

onverlos die hiernamaals ingaan, dan sou ook ‘n herhaalde beliggaming op

die aarde julle van geen nut wees nie. Want julle behou julle vrye wil,

terwyl die herinnering aan vroeër van julle weggeneem word en julle loop

dan ‘n baie groter gevaar om weg te sink in die diepte, wat egter nooit deur

My bevorder word nie, maar steeds verhinder word.

Daar kan nou al op aarde vir julle ‘n lig ontsteek word, sodat julle die

kennis kan ontsluit van julle vroeëre afvalligheid van My en van My plan om

julle terug te voer, dan sien julle ook duidelik die weg voor julle wat julle

moet aflê om julleself te voltooi. Dan sien julle ook in dat die leringe valse

dwaallere is wat julle ‘n volgende gang oor die aarde in die vooruitsig stel.

Want dit spreek dan My heilsplan van ewigheid af teen, wat in alle wysheid

en liefde deur My gegrondves was om vir julle die bevryding uit die vorm

moontlik te maak, waartoe julle vrye wil vereis word. En sodat julle vrye wil

korrek beslis, laat Ek julle steeds weer die waarheid deur Myself toekom

wanneer julle hierom vra, as julleself begeer om in die waarheid te lewe.

Maar julle sal begryp dat My teenstander alle mag gebruik wat julle hom

verleen en dat hy dwaallere aan julle sal voorstel, solank julle nie deur ‘n

ernstige verlange na die waarheid sy werksaamheid afwys nie. Want nooit

sal hy sy dwalinge kan volhou waar Ek Self as die Ewige Waarheid as

beskerming teen dwaling aangeroep word nie. Want dan is hy volkome

magteloos, omdat die lig wat van Myself uitstraal, hom ontmasker en

daarom sal hy die Lig steeds ontvlug. Amen

Die hemelvaart van Jesus

8189 31 Mei 1962

My missie op aarde was volbring toe Ek na die Hemel opgevaar het. Ek het

die wêreld verlos van sonde en dood; Ek was verrese en het aan My

dissipels verskyn om hulle te versterk, om die weg te kan gaan van die

verkondiging van die Evangelie van die Liefde. Ek was Self deurstroom van

lig en krag en kon nou die aarde verlaat om weer in te gaan in My Ryk,

vanwaar Ek gekom het, naamlik die Ryk van Lig en Saligheid.

My liggaam was verheerlik, dit was My geestelike wese en kleding wat nie

meer aan die natuurwet gebonde was nie, maar My liggaam kon nou

vertoef op die plek waar My Wil is en wil wees. Die liggaam was Gees soos

die Gees van My Vader van die Ewigheid; wat ook nie aan ‘n vorm gebonde

was nie, maar die hele heelal vervul en dus ook Myself, die mens Jesus wat

die Ewige Godheid in Hom opgeneem het om Hom ‘n menslike omhulling

te gee wat Hy nodig gehad het, omdat Hy by die mense wil inwoon. Hierdie

omhulling was egter aan die wette van die natuur onderworpe en moes

546

daarom eers ‘n hoë graad van volwassenheid verwerf, om die Ewige

Godheid in Hom te kan opneem.

Nou het My missie geëindig en van die gebeurtenis van die hemelvaart

moes ook getuig word; want dit was die bekroning, dit was die bewys vir

die mense dat Ek ‘n werk van totale omvorming aan Myself volbring het,

wat ook sigbaar bewys kon word. Want Ek het alle natuurwette oorskry toe

Ek opgevaar het na die Hemel en Ek My omhul het met alle glorie en Ek tog

steeds sigbaar was vir My dissipels.

Ek het hulle die krag gegee om My te kan aanskou, anders sou hulle

waarlik vergaan het. Slegs die dissipels wat reeds innig met My verbonde

was deur hulle liefde, mag My egter gesien het en wat dus al ‘n graad van

volwassenheid besit het, wat so ‘n aanskouing moontlik gemaak het. En so

het daar ook sommige siele in dieselfde toestand teruggekeer na die ligryk

en ook vir hulle is dit moontlik om My te aanskou in glans en heerlikheid,

omdat hulle toestand van volwassenheid ‘n geestelike aanskouing toelaat.

Ook vir hulle is daar dan geen beperking meer nie. Ook hulle sal met glorie

omklee wees en God mag aanskou van aangesig tot aangesig, terwyl hulle

hulself nou in hulle oerelement bevind, in die liefde, wat tegelykertyd lig en

krag is. Dit is hulle geestelike kleding wat elke siel mag omhang, sodra

hulle die aardse lewe verlaat en heeltemal voltooid die ryk hierna ingaan.

Julle moet dit glo en mag nie twyfel aan die liefde en mag van julle God en

Vader, wat julle almal eens salighede sal besorg, wat julle vir julleself, so

lank julle nog op aarde is, nie kan voorstel nie. Ek het julle egter ‘n

voorbeeld gegee van wat ‘n mens kan bereik deur ‘n lewe in onselfsugtige

naasteliefde en hoe sy lot gewaarborg is, wanneer hy altyd volgens My Wil

op die aarde geleef het. Wanneer sy lewenswandel ‘n verandering van sy

wese tot liefde ten gevolge het, wat nou gelyk is aan My oorspronklike

Wese en daarom ook in glans en heerlikheid sal straal en sigbaar sal wees

vir almal wat dieselfde graad van voltooiing het. Wat homself dan met My

verenig het en vir wie Ek ‘n Wese is wat lig en krag uitstraal en dit sal bly

tot in alle ewigheid.

My hemelvaart het werklik plaasgevind. Die mens Jesus het die laaste

bewys van Sy Goddelikheid op aarde gegee toe Hy in stralende volheid van

lig hierdie aarde verlaat het en na die Ryk teruggekeer het vanwaar Sy Siel

uitgegaan het. Want Hy het uit die Ryk van die Lig gekom. Hy was by God

en keer weer tot God terug, Wie se kind Hy was en bly en met Wie Hy Hom

heeltemal saamgesmelt het. En dus was die hemelvaart die laaste bewys

dat Ek nie van hierdie aarde was nie, maar hier neergedaal het uit ‘n Ryk

van Lig en Heerlikheid, wat nou ook weer My bestemming was en wat ook

vir ewig julle doel sal wees en bly. Want ook julle moet terugkeer tot die

lig, julle sal deur die vereniging met My, weer My lig en krag in al Sy

volheid mag aanneem en sodoende verrys en opvaar na die Hemel in julle

ware Vaderland. Amen

547

Begin van die ontvangs van die woord,

(25 jaar gelede 15 Junie 1937)

8192 15 Junie 1962

EK het beloof om julle die Trooster te stuur, die Gees van die Waarheid. EK

het dit ook gedoen deur julle die suiwer waarheid te bring via een van My

toegeneë aardse kinders (Bertha Dudde) aan wie EK die missie toevertrou

het om hierdie waarheid aan die mense deur te gee wat bereid is om dit

aan te neem. EK het dus vir julle ‘n lig aangesteek wat nie onder ‘n

koringmaat gesit mag word nie, wat helder moet uitstraal in die nag wat

oor die aarde uitgesprei is, omdat hierdie donkerheid maar net nog

deurbreek kan word deur ‘n "lig uit die hoogte".

EK het aan julle My woord gestuur en julleself aangespreek. Deur My woord

is EK by julle teenwoordig, al is dit aan julle mense gebring deur My

dienares. Die ‘ontvanger’ van My woord hoor Myself, want sy staan in so ‘n

innige verhouding met My dat EK haar direk kan aanspreek, sodat sy ‘n

bewys van My teenwoordigheid kan toon deur My woord, wat aan haar en

aan julle almal gerig is. Want My woord weerklink in julle en onthul aan

julle die diepste geheime. Dit voer julle in die waarheid in en kennis wat uit

die waarheid ontspring, omdat EK self tot julle spreek en julle slegs die

suiwer Waarheid vanuit My kan bereik.

Julle het dus ‘n geskenk van My van onskatbare waarde ontvang en julle

kan julleself gelukkig ag dat EK julle aangespreek het, want niemand kan

van julle wegneem wat EK julle gegee het nie en wat julle in geloof

aangeneem het. Julle siele het daarmee iets kosbaar ontvang wat vir hom

spys en drank beteken en hom ook help met sy ontwikkeling, sodat hy sy

aardse lewensdoel kan bereik, omdat hy verbinding soek met My, Sy God

en Skepper en Sy Vader van ewigheid.

Steeds weer sal die ontvanger van My woord (Bertha Dudde) die

barmhartigheidsgeskenk by julle aanvul. Steeds weer sal sy die

barmhartigheidsmiddel met so ‘n enorme werking van My ontvang, om julle

te help om so die doel op aarde te bereik. Want daardeur sal julle steeds

nader aan My kom en stadigaan krag ontvang om aan die voleinding van

julle siele te werk.

En daarom sal EK nie ophou met die bron wat EK ontsluit het om steeds die

"lewende water", d.w.s. My woord, te laat binnestroom nie, want julle het

voortdurend ‘n toevoer van krag nodig. Julle moet julle daarom ook

voortdurend neerplaas by hierdie "bron" om julle te lawe, om daaruit te

skep om julle deur My kragstroom te laat verkwik. Julle moet stadig drink

van die lewende water wat na julle toe stroom uit die fontein van My

onuitputlike liefde en barmhartigheid, want dit bly tot in ewigheid. Daarom

sal EK die bron van My barmhartigheid nie laat opdroog nie en My steeds

weer tot My kind wend wat haar wil vir My skenk en wat deur My

aangespreek wil word.

548

Daarom sal EK daarvoor sorg dat hierdie krag steeds na haar toe vloei

solank sy vir My besig sal wees, want My kind gee haarself geheel in My

hand, sodat EK die leiding kan neem. EK kan haar dus liggaamlik en

geestelik laat toekom wat sy nodig het om haar missie te vervul, wat sy

vrywillig op haarself geneem het. EK alleen weet hoe belangrik hierdie

missie is en watter sukses tallose siele, wat hulle in groot nood bevind,

daardeur kan behaal, want vir hulle is hierdie missie ‘n reddingsaksie van

onmeetlike waarde. Hierdie is ‘n unieke barmhartigheidsgeskenk, naamlik

dat EK julle mense kan aanspreek deur My kind wat so toegeneë is, wat My

in vrye wil aanhoor en aan My woorde geloof skenk. Wat haar in die

waarheid laat binnevoer en dit deurgee aan alle mense wat die helder lig

dringend nodig het, om hulle in hierdie enorme duisternis as liggeeste te

oriënteer.

Veel seën mag die mense reeds ontvang het wat die lig van die waarheid

aanneem en ook die ontvanger self kom daardeur nader aan My hart. Sy

neem My woorde gelowig aan en vergroot daarmee haar innerlike lig. Sy

verkry daardeur ‘n insig in My bestuur en werke en in My heilsplan van

ewigheid af en sy word ook klarigheid gegee oor My verlossingswerk in

Jesus Christus. Hierdie klarigheid kan My kind nou aan haar medemens

deurgee, hulle wat voorheen in die duisternis was en daarom ook nie die

barmhartigheidsgeskenk, naamlik My verlossingswerk in Jesus, kon benut

nie.

EK kan steeds die waarheid na baie mense toe stuur, maar net as daarna

verlang word. Slegs hulle wat My woorde aanneem, sal Ek nie meer vergeet

nie en daardeur sal hulle op die goeie weg gehou word; maar hierdie weg

kan die mense alleen vind wanneer hulle hulself nie vir My woord, wat tot

hulle kom as ‘n gawe van die Vader, afsluit nie. Want HY wil SY kinders

help om die weg na Hom toe te vind.

Die wil van elke mens is beslissend vir die vraag, of die seën van My

woorde na Hom toe sal kom. As EK Hom egter eenmaal kan aanspreek, dan

sal hy My ook steeds meer as SY Vader in Jesus Christus herken. Sonder

middelaar is dit egter nie by die mense moontlik nie, omdat EK geen mens

daartoe dwing om My aan te hoor as EK tot Hom wil spreek nie, terwyl

niemand andersyds My Vaderstem sou herken het, as hy nie die wil daartoe

sou gehad het om hom direk deur My te laat aanspreek nie.

My seën sal julle dus voortdurend begelei as julle, julleself aan My

toevertrou en My direkte inspraak in julle hart toelaat, want die nood op

aarde is baie groot en alle mense het My hulp nodig wat hulle via My

direkte inspraak duidelik ten deel kan laat val. Daarom sal My "knegte" op

aarde ook alle hulp ten deel val en EK sal hulle altyd deur My troue

Vadersorg geestelik en liggaamlik versorg met My krag omdat hulle in My

plek kan arbei vir My en My ryk, omdat hulle in My plek besig is en dit

moontlik maak dat EK tot My kinders kan spreek wat hulself in nood bevind

en die stem van hulle Vader wil hoor. Hulle sal die hulp ontvang wat slegs

549

EK hulle kan gee, omdat EK verlang na hulle tuiskoms en daarom alles sal

doen om hulle te help om terug te keer in die Vaderhuis in. Amen

Word vervolg in deel 4

550

Inhoud

Beïnvloeding van die siel deur die gees .................................................................. 1

Die motivering vir God’s openbaringe .................................................................... 2

Jesus open die poort na die Ewigheid..................................................................... 3

In die Begin was die Woord .................................................................................. 5

Verontreiniging van lug - water - voedsel ............................................................... 6

Die aardse weg van engele .................................................................................. 8

Die seën van omgang met God deur middel van gedagtes ....................................... 10

Sonder Jesus Christus Kan ‘n mens nie vry word nie ............................................... 11

Die aarde het ‘n plek van verderf geword .............................................................. 12

Die seën van twyfel - Waarheid ........................................................................... 14

Geloof sonder werke is geen geloof nie ................................................................. 15

Eindprofesie - Is jy een van Myne? ....................................................................... 17

Om te glo vereis ‘n wil om te glo .......................................................................... 20

Ontwikkeling van die siel voor inkarnasie as mens .................................................. 21

Aardse Kennis is geen Wysheid nie ....................................................................... 23

Getuienisse van sieners en profete van die eindtyd ................................................. 24

Laat die Kruisoffer nie tevergeefs gebring wees nie ................................................ 25

God se worsteling vir die wêreldlinge .................................................................... 27

Die geskenk van God: ’n vonkie van Sy Liefde ....................................................... 28

Wetenskaplike "suksesse" aan die einde van ‘n aardse tydperk ................................ 30

Jesus kom as Redder in die nood ......................................................................... 31

Die regte weg word aan die mense getoon ............................................................ 34

Denkvermoë beteken nie die produseer van gedagtes nie ........................................ 35

Die geloof in Jesus Christus is in gevaar ................................................................ 37

Stilte vóór die storm - ‘n bedrieglike vrede ............................................................ 39

Die heilsplan van God - Oersonde - Adam se val - Verlossing ................................... 40

Die wilsvryheid skakel bewys om te glo uit ............................................................ 42

Geskeide wêrelde - Verskillende hemelliggame ...................................................... 43

Laaste skeiding - Die koms van Jesus ................................................................... 45

Die geestelike missie van Jesus ........................................................................... 47

Louteringsproses deur beproewinge ..................................................................... 48

Die seën van siekte - Barmhartigheid om plotseling weggeroep te word .................... 50

Verkoop julle siele nie ........................................................................................ 51

Die vrye wil was aanleiding om van God af te val - Vergoddeliking ............................ 53

God se weë is nie altyd die weë van die Mens nie ................................................... 54

Die Christusprobleem - Drie-Eenheid .................................................................... 56

Geestelike verbindinge wat deur God geseën is -.................................................... 57

Minderwaardig spiritisme .................................................................................... 57

Die geslagsdaad, wat saamgaan met dit wat van Jesus verwyder is, gee aanleiding tot

ongeloof ........................................................................................................... 59

Die nabye einde "Wie ore het om te hoor " ............................................................ 60

Die Kruisoffer word vir tyd en ewigheid gebring ..................................................... 61

Die rede vir die diep kennis - Die geloofstryd ......................................................... 63

Die regte houding teenoor die verlossingswerk van Jesus ........................................ 64

Siekte en leed is noodsaaklik om die siel te reinig .................................................. 65

“Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde” ............................................. 67

Die gawe van siektegenesing .............................................................................. 68

Verlossing slegs deur Jesus Christus ..................................................................... 69

551

Boodskappe oor ‘n voortbestaan van die aarde word eerder geglo ............................ 70

Die genesing van siekes - Verkondiging van Jesus Christus ...................................... 72

Hulpverlening uit die heelal? ............................................................................... 73

Die teenstander werk onder die dekmantel van ‘n ligengel ....................................... 76

Sataniese aktiwiteit - Die teenaktiwiteit van die ligwesens ....................................... 78

Aankondiging van die komende groot nood ........................................................... 80

Die verspreiding van die evangelie in die wêreld .................................................... 82

"Aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid" ................................................ 83

Die aankondiging van die voorloper van Jesus ....................................................... 85

Beskerming in die geloofstryd deur ligwesens en siele uit die hiernamaals ................. 87

Die verlossende krag van die naam Jesus.............................................................. 88

Die wedervaringe van die laaste volgelinge in die tyd van die Antichris ...................... 90

Gebed van ‘n kind tot die Vader ........................................................................... 91

Die ware “Kerk” - Sektes - Die werksaamheid van die Gees ..................................... 92

Ongeloof voor die einde - Aktiwiteite van Satan ..................................................... 94

Die werk van erbarming deur die mens Jesus ........................................................ 97

Hulp van die ligwesens om die mense redding te bring ............................................ 99

Gee ons vandag die Brood wat ons nodig het ....................................................... 101

Verspeel nie vir julleself die ewige lewe nie ......................................................... 102

Geen skeppingswerk is doelloos en sonder betekenis nie ....................................... 104

Insig in die doel van die aardse bestaan .............................................................. 106

Die ontwikkeling van die vermoë om God se stem te hoor .................................... 108

Rykdom of armoede is nog gunstig, nog 'n belemmering om salig te word ............... 109

Die probleem van die Drie-Eenheid .................................................................... 111

By God is niks onmoontlik nie ............................................................................ 112

Die kennis van die salige asook die onsalige staat ................................................ 113

Waarom word die mense die herinnering aan vroeër ontneem ? ............................. 115

Die oersonde en die betekenis van die verlossingswerk ......................................... 117

Hulp van goeie geestelike kragte ....................................................................... 119

Natuurkatastrofe voor die einde ......................................................................... 123

Die arbeid van die mens aan sy siel .................................................................... 125

Die rede vir die ontstaan van die skepping .......................................................... 126

Aardse planne – God se heilsplan ....................................................................... 129

Die ware verhouding soos van ‘n kind ................................................................. 132

Die motivering om ‘n periode op aarde te beëindig ............................................... 133

Die reiniging van die aarde ............................................................................... 135

Die verwerping van die Goddelike Woord vanuit geestelike arrogansie .................... 138

Ongewone verskynsels ..................................................................................... 140

Begogeling deur die kragte van die duisternis ...................................................... 141

Besoeke van ander planete af ............................................................................ 143

Wat is geestelike nood? .................................................................................... 144

Waarskuwende woorde oor die einde .................................................................. 146

Verhoogde bekoring gedurende die eindtyd ......................................................... 147

Die staat van verantwoordelik wees - Geopende harte .......................................... 148

Wie My voor die wêreld belei ............................................................................. 150

Aardse of geestelike gedagtegolwe ..................................................................... 152

Liefde en leed - Die weg na bo .......................................................................... 154

"Ek sal vir julle die dae verkort” ......................................................................... 155

Die gebod van die liefde tot God en die naaste ..................................................... 156

Gebruiklike gewoontes wat mense vir hulself aangeleer het ................................... 158

Leed suiwer die siel .......................................................................................... 159

552

Bewyse vir die bestaan van Jesus op aarde ......................................................... 160

Die liefde is die sleutel tot die wysheid ................................................................ 162

Beproewing van geestelike goed op Goddelike oorsprong ...................................... 164

Die voorwaarde om God se stem te hoor is die losmaking van die wêreld ................ 166

Die pre-ontwikkeling van die siel ........................................................................ 168

Die opstanding – Die vergaan van die vlees ......................................................... 169

Die siel begin bewustelik met sy aardse lewe ....................................................... 171

Het die mens ‘n vrye wil? .................................................................................. 172

Kennis van die Kruisoffer in die duister sfere ....................................................... 174

Blinde geloof - Dooie christendom ...................................................................... 176

Die stryd teen eieliefde ..................................................................................... 177

Die Voorloper van Jesus is reeds onder die lewendes ............................................ 178

Die omvorming van die aarde ............................................................................ 179

Die kortste weg is die weg via die Kruis .............................................................. 181

Ernstig verlange na vereniging met God .............................................................. 183

Oor die innerlike woord .................................................................................... 184

"Ek is die weg, die waarheid en die lewe" ............................................................ 186

Regverdige selfbeskouing is nodig ...................................................................... 187

Aan die deemoedige skenk God Sy barmhartigheid ............................................... 188

Die beantwoording van vrae – Ondersoek die oorsprong ...................................... 189

Oor die herbeliggaming .................................................................................... 190

Elke geestelik gerigte gedagte is in sigself ‘n losmaking van die teenstander ............ 192

Die goddelike kruisdraer, Jesus .......................................................................... 195

Regverdigheid ................................................................................................. 196

Seën van geestelike werksaamheid .................................................................... 197

Daar is geen delging van die skuld sonder Jesus nie ............................................. 198

Geestelike blindheid ......................................................................................... 200

Die dienare van Jesus - Sy voorloper .................................................................. 201

Die lewe van die siel na die dood ....................................................................... 202

Onafgebroke stryd teen die wêreld ..................................................................... 204

God se Vaderliefde is sonder einde ..................................................................... 205

Die teenwoordigheid van Jesus word verseker ..................................................... 206

deur Hom voortdurend aan te roep .................................................................... 206

Die ryk van die hemele - Lyding - Geweld .......................................................... 207

Eindvermaning ................................................................................................ 208

Reiniging van die hart ...................................................................................... 210

Johannes 14-21: "Wie My gebooie onderhou" ...................................................... 212

God wil dat ons gedagtes vervul is met Hom ....................................................... 213

Groot inspanning in die hiernamaals om verlossend besig te wees - Jesus Christus ... 214

Die verdrywing van lae geeste - Die afweer van hulle ........................................... 216

Die beëindiging van ‘n verlossingsperiode ........................................................... 217

Ware profesie .................................................................................................. 218

Matigheid ....................................................................................................... 220

Die Aankondiging van ‘n Ster ............................................................................ 222

Die stadium van die “Ek-bewussyn” ................................................................... 223

Vertrou op God sonder enige twyfel.................................................................... 225

Openbaring Hoofstuk 16 vers 18 - Ster ............................................................... 228

God alleen is Meester van die Skepping – Ster ..................................................... 230

Oor die laaste oordeel en die nuwe aarde ............................................................ 231

Geestelike spysiging aan die tafel van Jesus ........................................................ 232

Kennis deur studie, of deur die gees ................................................................... 234

553

Benutting van die kort tyd van die lewe .............................................................. 235

Beskerming deur engele in die geloofstryd .......................................................... 237

Vergewing van sonde deur Jesus ....................................................................... 238

God verlang nadenke ....................................................................................... 239

Dink dikwels aan die uur van die dood ................................................................ 242

Stryd met die swaard van die mond ................................................................... 244

die werk van satan as ligengel (Fatima) .............................................................. 245

Vrees is gebrek aan geloof ................................................................................ 246

Wie was in Adam beliggaam? (1) ....................................................................... 248

Wie was in Adam beliggaam? (2) ....................................................................... 249

Eindeloos lange val in die afgrond - Terugweg ..................................................... 251

"Dood, waar is jou angel?" ................................................................................ 252

Die lot van die siel na die dood van die liggaam ................................................... 253

Die einde - Hernieude kluistering ...................................................................... 254

Liefde is die lewe self ....................................................................................... 256

Jesus as Leier ................................................................................................. 259

Is daar ’n bepaalde kennis op aarde nodig? - ....................................................... 260

Die gebooie van die liefde ................................................................................. 260

Waarheid of dwaling ........................................................................................ 261

Geestelike nood van die naaste ......................................................................... 263

Begrip vir die geestelike probleem van die Menswording van God ........................... 264

Bewuste of mediamieke ontvangste ................................................................... 266

Nuwe aarde - Romeine 8:19-22 ......................................................................... 268

Bewuste werk aan die siel ................................................................................. 271

‘n Nutteloos lewe ............................................................................................. 274

Kort of lang lewensduur .................................................................................... 275

God se sorg vir die mens .................................................................................. 276

Troosryke woorde ............................................................................................ 278

God is ‘n welwillende, barmhartige Regter ........................................................... 279

Ongeloof aan die einde ..................................................................................... 280

Stry teen eieliefde ........................................................................................... 281

Vir die wêreldlinge ........................................................................................... 282

Totale geestelike ommekeer .............................................................................. 283

Die "Ek-Bewussyn" van die oergees ................................................................... 285

Die ontwikkeling van die siel - (Oergees) ............................................................ 287

Die voorloper van Jesus aan die einde ................................................................ 288

Goeie Vrydag .................................................................................................. 290

Die lae geestelike vlak van die mense vereis ‘n omvorming van die aarde ................ 291

Ernstige ondersoek van geestelike goed met God’s hulp ........................................ 293

Hernude kluistering is ‘n gevolg van geestelike dood ............................................ 294

Dringende finale waarskuwing ........................................................................... 296

Ontwaak tot lewe ............................................................................................ 297

Aansporing aan alle arbeiders in die wingerd ....................................................... 298

Omgang met bewoners van ander hemelliggame? "In die huis van My Vader is baie

wonings!" ....................................................................................................... 300

God se seën moet afgebid word ......................................................................... 302

Die Voorloper - Kennis oor vorige beliggaming is nie dienstig nie ............................ 303

Skeiding van die geeste - Die einde van ‘n aardse tydperk ..................................... 305

Waar kom die bose vandaan? ............................................................................ 307

Baie bewyse van God ....................................................................................... 310

Die geluksaligheid van die ewebeelde van God ..................................................... 313

554

‘n Ernstig verlange na waarheid waarborg dit ook ................................................. 314

Die laaste vernietigingswerk .............................................................................. 316

"Ek is die weg, die waarheid en die lewe" ............................................................ 317

Versoek om krag vir die komende tyd ................................................................. 318

Johannes 21:25 ............................................................................................... 321

God as liefhebbende Vader................................................................................ 323

Uit die vuur van die liefde straal die lig van wysheid ............................................. 324

Die siel sal oes wat hy gesaai het ....................................................................... 326

Vergewing deur Jesus - Die graad van lig van die Liefde ........................................ 328

Die bestaan van God mag ons nie bewys word nie ................................................ 329

Woorde oor die nagmaal ................................................................................... 330

Aansporing om deemoedig te wees .................................................................... 335

"Ek bly by julle tot aan die einde van die wêreld" ................................................. 336

Die einde en die wegneming - Die paradys op die nuwe aarde................................ 337

Boodskap aan vormchristene ............................................................................. 339

Die stem van die gewete .................................................................................. 340

Joh. 14 : 18 "Ek sal julle nie as wese agterlaat nie" .............................................. 342

Ware naasteliefde: Die deurgee van die woord ..................................................... 345

Gods Liefde - Die eindtyd .................................................................................. 346

Valse geeste - Valse profete .............................................................................. 347

Gevare van mediamiek ontvangste .................................................................... 349

Oor die voorloper ............................................................................................. 351

’n Vonkie van God se Gees in die mens ............................................................... 352

Die deurvoering van die heilsplan ...................................................................... 353

Geestelike oorhand is nie dieselfde as geestelike hoogmoed nie ............................. 354

Liefde en leed – Loutering van die siel ................................................................ 356

Onselfsugtige verspreiding van die woord ........................................................... 357

matigheid en kastyding .................................................................................... 358

Tekens van die eindtyd ..................................................................................... 359

Aan die voor malige U.F.O. Kongres ................................................................... 361

Die herskepping van die aarde ........................................................................... 362

Die twyfel aan die waarheid van die voorspellings ................................................ 364

Die einde van ‘n verlossingsperiode en die begin van ‘n nuwe ................................ 365

Versterking van wil en toevoer van krag deur Jesus .............................................. 366

Vervulling van ‘n Goddelike belofte - Waarheid .................................................... 369

Die aanleiding tot die ontstaan van die skepping .................................................. 371

Die teëstander gaan sy magsbevoegdheid te buite ............................................... 372

Die verlossingswerk van Jesus Christus ............................................................... 374

Opheldering oor verskillende ontvangste van die Woord ........................................ 375

Wat is die doel van die lewe op aarde? ............................................................... 376

Die werking van die gees in die mens - Lig .......................................................... 378

Die weg van ontwikkeling op die aarde ............................................................... 379

Geestelike hoogmoed en die gevaar daarvan ....................................................... 381

Hê mekaar lief! ............................................................................................... 384

Die lig van insig deur die aanspreking van God .................................................... 385

Die regte begrip van God ................................................................................. 386

Wêreldse vreugde? .......................................................................................... 387

Wat vereis word vir die "uitstorting van die gees" ................................................. 388

Opheldering oor Jesus en Sy missie .................................................................... 390

God is ‘n Gees, Wie hom in Jesus manifesteer ..................................................... 391

Die "werksaamheid van die gees"en die aktiwiteite van die geestewêreld ................ 392

555

Oor die beliggaming van die ligwesens ................................................................ 394

‘n Blinde geloof is waardeloos ............................................................................ 395

Die vrye wil .................................................................................................... 397

Die siele in die hiernamaals moet gewys word op Jesus Christus ............................ 398

Naasteliefde - Navolging van Jesus - Waarheid .................................................... 401

God beantwoord elke vraag deur die hart Deel 1 ................................................. 402

God beantwoord elke vraag deur die hart Deel 2 ................................................. 403

’n Herlewing moet kom ..................................................................................... 405

God se eindelose Liefde wil Homself weggee ........................................................ 406

Motivering van die ongewone openbaringe .......................................................... 408

Die barmhartigheid om die Woord te ontvang, lê verpligtinge op ............................ 409

Kennisneming van die heilsplan van God ............................................................. 410

Die letter dood - Dooie verkondigers van die Woord ............................................. 412

Indringing in die heelal is nie volgens God se wil nie ............................................. 413

Die ware ligdraers – Verblindende skynligte (valsligte) .......................................... 415

Die suiwer hou van die waarheid ........................................................................ 417

Onderwerping van die wil aan God se Wil ............................................................ 418

Die Vader praat met Sy kinders ......................................................................... 419

Die Huisvader neem alle sorge op Hom ............................................................... 421

Word 'kinders' van God .................................................................................... 422

Die eindtyd gee aanleiding tot barmhartigheidsgawes ........................................... 424

Die betekenis van die nagmaal .......................................................................... 425

Verandering van dood na lewe ........................................................................... 428

Verklaring vir die ongewone kennis .................................................................... 430

Slegs ‘n gewekte gees kan ‘n korrekte oordeel vel ................................................ 431

Die oopmaak van die Poort na die Ligryk deur Jesus ............................................. 433

Die beëindiging van ‘n periode op aarde staan voor die deur .................................. 436

Het God die val veroorsaak? .............................................................................. 437

Julle mense gaan die einde tegemoet ................................................................. 439

Die ontstaan van die skeppingswerk "aarde" ....................................................... 440

Julle sal die vrede vind wat die wêreld julle nie kan gee nie ................................... 442

Die koms in die wolke ...................................................................................... 444

Geloof ............................................................................................................ 448

Slegs ligwesens is toegelaat om te onderrig ......................................................... 449

God se beskerming in die geloofstryd ................................................................. 450

Die Ligstraling van die Son ................................................................................ 452

Kosmos – Maan ............................................................................................... 454

Beëindiging van die gang oor die aarde slegs met ................................................ 455

Jesus Christus ................................................................................................ 455

Katastrofe - Antichris - Geloofstryd - Einde .......................................................... 456

Belofte: Julle sal vir ewig lewe ! ......................................................................... 459

God skenk ook liggaamlike genesing .................................................................. 460

Die Goddelike Geestesvonk is nodig vir die ommekeer van die wese ....................... 463

Kringloop - Beëindiging van ‘n verlossingsperiode ................................................ 465

Missie van die laaste dissipels ............................................................................ 466

God spreek deur die kragte van die natuur .......................................................... 469

God's Wese is ‘n geheim ................................................................................... 470

Elke gees is ‘n oergees, geval of nie ................................................................... 472

Verdere opheldering oor die siel ......................................................................... 476

Geestelik lae peil Geloofsbeproewing - Stryd - Wegneming .................................... 479

Kennis van die aardse lewensdoel en die oorsaak daarvan ..................................... 481

556

Die verskil tussen kennis en insig ....................................................................... 482

Geestelike laagtepunt is die rede vir die einde ..................................................... 484

Liefde - Kennis - Waarheid ................................................................................ 485

Wat is liefde? - Verandering van die eieliefde in naasteliefde .................................. 487

Die naby natuurgebeure ................................................................................... 488

Die belang van insig ......................................................................................... 490

‘n verkeerd beeld van God - Dwaallere ............................................................... 491

Ondersoek alles en behou die goeie ................................................................... 492

Gods groot Liefde ............................................................................................ 494

Is die Bybel afgesluit? ...................................................................................... 495

Die geloof aan die voortlewe van die siel ............................................................. 497

Gods geregtigheid – Strafgerig - Verlossingswerk ................................................. 498

Innerlike selfbeskouing ..................................................................................... 499

Tweede brief van Petrus 3 : 10 .......................................................................... 501

"Ek sal die verstand van die verstandiges verwerp" Die verantwoordelikheid van die

leerkragte ....................................................................................................... 502

Die laaste uur van die aarde (nuwe aarde + Hemelse paradys) .............................. 504

Die naderende einde vereis groter arbeid in die wingerd ........................................ 506

Gebedsverhoring - Die korrekte verhouding van kind tot Vader .............................. 507

Wandel julle in die waarheid? ............................................................................ 508

God's Gees spreek nie teen Homself nie .............................................................. 509

Deur gebeure in die natuur openbaar God Sy Mag ................................................ 510

Gods hulp in die eindtyd - Die voorloper ............................................................. 511

God is Liefde ................................................................................................... 513

Geloofstryd - Nood – Wegneming ....................................................................... 515

Die einddoel is die eenwording met God .............................................................. 517

God is in ons - Hy is by ons aanwesig ................................................................. 518

God openbaar Homself in tye van geestelike nood ................................................ 520

Jesus het die brug gebou .................................................................................. 522

Die motivering vir die katastrofe ........................................................................ 523

Lucifer - Die individualiteit van die siel - DEEL 2 (deel 1 = 5063) ............................ 528

Die ontvangs van die Woord is ’n vrye wilshandeling ............................................ 529

Kennis oor die Wese van God is nodig ................................................................ 531

Deur die liefde kom julle tot insig ....................................................................... 532

Aansporing om weerstand te bied in die eindtyd ................................................... 533

"En die Woord het vlees geword!" ...................................................................... 535

Die wil kies vry ................................................................................................ 537

Waarskuwing teen mediamieke ontvangs ............................................................ 539

Opstanding van Jesus ....................................................................................... 540

Die volwasse word van die siel - Wonder genesing - Geloofsdwang ......................... 542

“En wie sal volhard tot die einde.” ...................................................................... 543

Oor die leer van die herbeliggaming ................................................................... 545

Die hemelvaart van Jesus ................................................................................. 546

Begin van die ontvangs van die woord, (25 jaar gelede 15 Junie 1937) ................... 548

557

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!