HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral
HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral
HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
1. INLEIDING

Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

HOOFOPSOMMING

Die Hoofopsomming van die Konsep-omvangbepalingsverslag (KOV) bevat die vernaamste bevindings

van die Omvangbepalingstudie wat ten opsigte van die beoogde N2-Wildekustoldeurpad onderneem is.

Die beoogde projek sal oor ʼn totale afstand van ongeveer 560 kilometer strek, tussen die

N2-Gonubiewisselaar (naby Oos-Londen in die Oos-Kaap) en die N2-Isipingowisselaar (suid van Durban

in KwaZulu-Natal) (sien Figuur 1).

1.1 AGTERGROND VAN DIE STUDIE

ʼn Vorige Rekord van Besluit (RvB) ten opsigte van die omgewing wat op 3 Desember 2003 uitgereik is,

het Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk (SANRAL) gemagtig om die beoogde

N2-Wildekustoldeurpad te onderneem. Talle appèlle waarin daar beswaar gemaak word teen die

magtiging wat aan SANRAL toegestaan is, is vervolgens by die Minister van Omgewingsake en Toerisme

ingedien.

Op 9 Desember 2004 het die Minister die appèlle gehandhaaf en die magtiging ter syde gestel op grond

daarvan dat die aangestelde omgewingskonsultant nie aan die vereiste vir onafhanklikheid, soos vervat in

die Omgewingsimpakevaluering (OIE) -regulasies (soos gewysig), voldoen het nie. Die Minister se

besluit het ook daarop gedui dat dit nie die indiening van ʼn nuwe aansoek om omgewingsmagtiging

uitsluit nie, aangesien die magtiging nie op omgewingsgronde ter syde gestel is nie.

Ná ʼn voorstelaanvraag van SANRALin Januarie 2005 het die Minister CCA Environmental (Edms) Beperk

(CCA), in assosiasie met Nomi Muthialu & Genote (Edms) Beperk (NMA), as onafhanklike

omgewingskonsultant aangestel om ʼn nuwe aansoek om omgewingsmagtiging in te dien en om die

vereiste OIE van die beoogde projek te onderneem.

1.2 OPDRAG VIR DIE HUIDIGE OIE

Die opdrag vir die huidige OIE sluit die volgende in:

• Om die vorige OIE-proses grondig te hersien ten einde toepaslike en/of voldoende inligting wat

geskik vir gebruik in die huidige OIE is, te identifiseer;

• Om ʼn omvattende oudit te onderneem van al die kwessies en besorgdhede wat tydens die vorige

OIE se Omvangbepalingstudie-, Impakevaluerings- en Appèlfases geopper is ten einde die

sleuteltekortkominge en/of -leemtes wat in die huidige OIE reggestel moet word, te identifiseer;

• Om ʼn spesialisstudieopdrag te formuleer ten einde bestaande toepaslike inligting by te werk en/of

geïdentifiseerde tekortkominge en/of leemtes reg te stel;

• Om ʼn formele openbare oorlegproses by die studie in te sluit wat daarop gemik is om inligting onder

belanghebbende en geaffekteerde partye (B&GPe) te versprei en geleenthede aan B&GPe te bied

om enige nuwe kwessies en besorgdhede te opper, asook om kommentaar op die nuwe OIEdokumentasie

te lewer; en

• Om te verseker dat die studie aan die toepaslike vereistes van die sleutelwetgewing vir OIE

voldoen, naamlik die Wet op Omgewingsbewaring, 1989 (Wet 73 van 1989; WOB) en die Wet op

Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet 107 van 1998; WNOB).

CCA Environmental (Edms) Beperk i April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

1.3 WETLIKE VEREISTES

1.3.1 WET OP OMGEWINGSBEWARING, 1989 (WET 73 VAN 1989)

Artikel 21 van die Wet op Omgewingsbewaring, 1989 (Wet 73 van 1989) (WOB) maak voorsiening vir die

beheer oor geïdentifiseerde bedrywighede wat ʼn beduidend nadelige uitwerking op die omgewing kan hê.

Hierdie bedrywighede word in Goewermentskennisgewing R1182 van 5 September 1997 (Bylae 1), soos

gewysig, gelys. Gelyste bedrywighede van toepassing op die beoogde projek (of bepaalde seksies van

die roete) sluit die volgende in:

• Die konstruksie, oprigting of opgradering van paaie en verwante strukture (1d);

• Met betrekking tot enige substans wat gevaarlik is en deur nasionale wetgewing beheer word:

berging- en hanteringsfasiliteite vir enige sodanige substans [berging en hantering van diesel en olie

tydens konstruksie, indien nodig] (1cii);

• Die verandering van grondgebruik, van landbou of gesoneer onbepaalde gebruik of ekwivalente

sonering, na enige ander grondgebruik (2c);

• Die herwinning van grond, insluitend vleiland, onder die hoogwatermerk van die see, en in

binnelandse waters (7); en

• Geskeduleerde prosesse wat gelys is in die Tweede Bylae van die Wet op die Voorkoming van

Atmosferiese Besoedeling, 1965 (Wet 45 van 1965) (9).

Die WOB belet sodanige bedrywighede totdat skriftelike magtiging by die Minister of sy afgeleide gesag

verkry is. Sodanige magtiging, wat toegestaan kan word onderworpe aan voorwaardes, sal slegs

oorweeg word indien daar aan Goewermentskennisgewing R1183 van 5 September 1997 (die “OIEregulasies”),

soos gewysig, voldoen is.

1.3.2 WET OP NASIONALE OMGEWINGSBESTUUR, 1998 (WET 107 VAN 1998)

In artikel 2 van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet 107 van 1998; WNOB), soos

gewysig, word ʼn reeks omgewingsbeginsels uiteengesit wat alle staatsorgane moet toepas as besluite

wat die omgewing beduidend aantas, geneem word. Een van die sleutelbeginsels is dat alle ontwikkeling

maatskaplik-, ekonomies- en omgewingsvolhoubaar moet wees en dat omgewingsbestuur mense en hul

behoeftes voorop moet stel; mense se fisieke, psigologiese, ontwikkelings-, kulturele en sosiale belange

op ʼn regverdige wyse deur enige ontwikkeling gedien moet word. WNOB maak ook voorsiening vir

B&GPe se deelname en bepaal dat besluite die belange, behoeftes en waardes van alle B&GPe in ag

moet neem.

Die algemene doelwitte en implementering van Geïntegreerde Omgewingsbestuur (GOB) word in

hoofstuk 5 van WNOB, soos gewysig, uiteengesit. GOB bied ʼn raamwerk vir die integrasie van

omgewingskwessies in die beplanning, ontwerp, besluitneming en implementering van planne en

ontwikkelingsvoorstelle. In artikel 24(4) word die minimum vereistes vir prosedures vir die ondersoek,

evaluering en kommunikasie van die potensiële impak van bedrywighede neergelê.

1.4 AANNAMES EN BEPERKINGS

Die volgende aannames en beperkings geld vir die Omvangbepalingstudie:

• Daar word aangeneem dat die beskrywing van die beoogde projek en die tegniese inligting oor

potensiële alternatiewe wat deur SANPAB verskaf is, juis is;

• SANRAL het te kenne gegee dat die beoogde opgraderings gewysig kan word na aanleiding van

insette deur die publiek, vertragings, die ekonomie van die beoogde projek, spesifieke

padowerheidsvereistes, en tydens die tenderproses;

• Die Omvangbepalingstudie sluit nie die beskrywing en omvangbepaling van potensiële leengroewe

of klipgroewe in nie. Indien nodig, sal SANRAL seker maak dat die Voorkeurbieër die betrokke

CCA Environmental (Edms) Beperk ii April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

ondersoeke onderneem en die nodige permitte kragtens die Wet op die Ontwikkeling van Mineraal-

en Petroleumhulpbronne (Wet 28 van 2002) bekom;

• Die identifisering en beskrywing van oorskietgrondgebiede is nie by hierdie studie ingesluit nie. Daar

word verwag dat hierdie inligting as deel van die volgende OIE-fase voorgelê sal word; en

• Die openbare oorlegproses wat as deel van die vorige OIE-proses onderneem is, word geag

dermate voldoende en genoegsaam te wees dat die aanvanklike openbare interaksie wat gewoonlik

met die begin van ʼn Omvangbepalingstudie gepaard gaan, nie herhaal hoef te word nie. Die

geloofwaardigheid van hierdie uitgangspunt word verder versterk in die oorspronklike RvB wat deur

DOST uitgereik is, waarin verklaar word dat “die openbare deelnameproses (wat) as deel van die

OIE-proses gevolg is, aan die vereistes van die regulasies voldoen het” (Item 8.3).

2. BENADERING VAN DIE OMVANGBEPALINGSTUDIE

Inligtinggewys steun die Omvangbepalingstudie grootliks op die beskikbaarheid van bestaande inligting

wat in die vorige OIE van die beoogde projek vervat is. Die vorige OIE-proses het ʼn uitgebreide

openbare oorlegproses ingesluit, wat voldoen het aan die vereistes van die OIE-regulasies wat deur

onafhanklike openbare oorlegkonsultante onderneem is. Die databasis van B&GPe wat inligting ontvang

het en genooi is om kommentaar op die beoogde projek te lewer, het by voltooiing van die vorige OIE op

ongeveer 3 500 te staan gekom. Die beoogde projek is ook wyd geadverteer en het prominente

mediadekking geniet. Bestaande inligting dui daarop dat altesaam 340 vergaderings gedurende die

vorige OIE gehou is en dat die dekking en bestek van gewerfde organisasies en sektore omvattend was.

2.1 OMVANGBEPALINGSPROSES EN OPENBARE OORLEGBEDRYWIGHEDE

Die volgende bedrywighede is tot nou as deel van die Omvangbepalingstudieproses onderneem:

• Vooraansoekvergadering op 15 April 2005 met die omgewingsowerhede insake die beoogde projek

en beoogde benadering van die OIE;

• Indiening van relevante Aansoek om Magtigingvorms en ʼn Studieplan vir Omvangbepaling (29 April

2005) by die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme (DOST; die leidende

omgewingsgesag), die Oos-Kaapse Departement van Ekonomiese Sake, Omgewing en Toerisme, en

die Departement van Landbou en Omgewingsake van KwaZulu-Natal. Op 20 Junie 2005 het DOST

die Studieplan vir Omvangbepaling aanvaar.

• Kantooroudit van kwessies en besorgdhede wat tydens die vorige OIE-proses en appèltydperk

geopper is;

• Hersiening van vorige verslae, spesialisstudies en openbare oorlegproses wat as deel van die vorige

OIE-proses onderneem is;

• Terreinbesoeke deur die studiegebied gedurende Mei en Oktober 2005;

• Die opstel van ʼn lys B&GPe (wat almal op die vorige OIE databasis insluit). Die databasis bestaan

tans uit ongeveer 3 700 B&GPe;

• Die opstel en verspreiding van ʼn Agtergrondinligtingsdokument (AID) onder B&GPe op die

projekdatabasis. In die AID is B&GPe genooi om kommentaar op die beoogde nuwe OIE-proses te

lewer. Daar is aangedui dat kommentaar op die beoogde projek eers by verspreiding van die KOV

aangevra sal word. Die AID is in Afrikaans, Engels, isiZulu en isiXhosa beskikbaar gestel;

• Openbare aankondiging van die nuwe aansoek en OIE-proses by wyse van advertensies in 17

nasionale, streeks- en plaaslike koerante. Die beskikbaarheid van die AID en die geleentheid om

gedurende die drieweke-kommentaartydperk kommentaar op die beoogde nuwe OIE-proses te lewer,

is ook in die advertensies genoem. B&GPe is genooi om te registreer, ʼn eksemplaar van die AID aan

te vra, en/of kommentaar aan NMA voor te lê;

• Voorleggings aan plaaslike owerhede oor die OIE-proses;

• Vergelykende ontleding (sifting) van alternatiewe (met kundige botaniese, sosiale en ekonomiese

insette);

• Opstel van ʼn Kommentaar-en-antwoordverslag oor die AID; en

• Opstel en verspreiding van hierdie KOV vir hersiening en kommentaar.

CCA Environmental (Edms) Beperk iii April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

3. ALGEMENE PROJEKINLIGTING

3.1 WETGEWENDE RAAMWERK VIR DIE TOL VAN NASIONALE PAAIE

3.1.1 WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE NASIONALE PADAGENTSKAP BEPERK EN OP

NASIONALE PAAIE, 1998 (WET 7 VAN 1998)

Benewens ʼn uiteensetting van SANRAL se bestuur, personeelvoorsiening, funksies, bevoegdhede,

verantwoordelikhede en finansiering bevat bogenoemde Wet ook die amptelike beleide oor die verklaring,

tol, gebruik en beskerming van nasionale paaie. Die volgende sake is op hierdie projek van toepassing:

• Die Minister van Vervoer kan enige bestaande pad of enige roete tot nasionale pad verklaar. Dit sal

op aanbeveling van SANRAL geskied en met die instemming van die premier van die betrokke

provinsie/s (artikel 40 van bogenoemde Wet);

• Grond wat nodig is vir padboudoeleindes, óf buite ʼn bestaande padreserwe, óf binne ʼn nuwe

padreserwe, kan kragtens bogenoemde Wet op ʼn gewillige-verkoper-gewillige-koperbeginsel verkry

word. Slegs die Minister van Vervoer kan grond onteien, waar dit aangetoon kan word dat sodanige

grond redelikerwys benodig word (artikel 41 van bogenoemde Wet);

• Met die goedkeuring van die Minister kan SANRAL enige bepaalde nasionale pad of gedeelte

daarvan tot tolpad verklaar (artikel 27 van bogenoemde Wet);

• SANRAL kan vir ʼn vasgestelde tydperk enige persoon magtig om ʼn nasionale pad of gedeeltes

daarvan te finansier, te beplan, te ontwerp, te bou, in stand te hou of te rehabiliteer, en om dit met

hierdie doel as ʼn tolpad te bedryf, te bestuur en te beheer (artikel 28 van bogenoemde Wet);

• Op aanbeveling van SANRAL bepaal die Minister enige verhoging of verlaging van die toltarief wat

op ʼn tolpad gehef word;

• SANRAL kan sekere gebruikers of voertuigkategorieë van die betaling van tolgeld vrystel; en

• SANRAL kan enige bogenoemde vrystelling, beperking of opskorting terugtrek.

In die Kennisgewing van Voorneme vir die verklaring van ʼn nasionale pad tot tolpad moet SANRAL die

volgende onderneem:

• Die benaderde ligging/s van voorgenome tolplazas vir die beoogde tolpad aandui; en

• B&GPe nooi om kommentaar te lewer op en vertoë te rig oor die voorgenome verklaring en die

ligging/s van die tolplazas; hulle moet ook versoek word om hul skriftelike kommentaar en vertoë tot

SANRAL nie later nie as die datum in die Kennisgewing van Voorneme in te dien.

3.1.2 ONGEVRAAGDE VOORSTELPROSES

3.1.2.1 Skema-ontwikkeling

Ten einde die privaat sektor op konstruktiewe wyse te betrek, het SANRAL se voorganger, die Suid-

Afrikaanse Padraad, die beleid ten opsigte van Ongevraagde Voorstelle in September 1997 ontwikkel.

Dié beleid is in 1999 (die huidige weergawe) deur SANRAL hersien om rekening te hou met die

kommentaar wat van nasionale sowel as internasionale instellings ontvang is. Deur dié beleid kan die

privaat sektor ongevraagde voorstelle indien vir die ontwikkeling van nasionalepad-infrastruktuur wat deel

uitmaak van die strategiese nasionale padnetwerk soos deur SANRAL geïdentifiseer, wat uiteindelik as

tolpadkonsessies soos die N4-Maputo-ontwikkelingskorridor, die N3-Toldeurpad en die

N4-Platinumtoldeurpad geïmplementeer kan word.

Waar ʼn voorstel aan die vereistes van die beleid voldoen, dit wil sê met regeringsoogmerke ooreenstem,

in die openbare belang is, die totstandkoming van monopolistiese praktyke verhoed, nie beswarende

voorwaardes op die Regering plaas nie, gemik is op verbetering van die strategiese nasionale

padnetwerk, en omgewings-, sosiale en ekonomiese volhoubaarheid weerspieël, sal Skemaontwikkelaarstatus

aan die partye wat die voorstel indien, toegeken word. Die Skemaontwikkelaar word geleentheid

gegee om sy beoogde skema verder te ontwikkel sodat SANPAB hom kan vergewis van die finansiële,

CCA Environmental (Edms) Beperk iv April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

tegniese en omgewingsuitvoerbaarheid van die voorstel alvorens dit vir oop tender oorweeg word. Die

Skemaontwikkelaar van die beoogde N2-Wildekustoldeurpad, te wete die N2-Wildekuskonsortium, sal

egter geen rol in hierdie OIE-proses speel nie.

3.1.2.2 Tenderproses

By suksesvolle afhandeling van die Skemaontwikkeling en indien omgewingsmagtiging by DOST verkry

en deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme gehandhaaf word, sal SANRAL oop, internasionale

tenders vir die Konsessiekontrak aanvra. Saam met alle ander belanghebbende partye dien die

Skemaontwikkelaar ʼn tender in vir die reg om die beoogde projek te ontwerp, te bou, te bedryf, in stand te

hou en te finansier. Die Skemaontwikkelaar sal nie by die tenderaanvraag of die beoordeling van tenders

betrokke wees nie.

SANRAL sal die voordeligste tenders kies, die Skemaontwikkelaar ingesluit, gegrond op beste-waardevir-geld

en bekostigbaarheid, waaruit Beste en Finale Aanbiedings (BEFA’s) gevra sal word. SANRAL

sal dan die BEFA’s evalueer en ʼn Voorkeurtenderaar kies. Die Voorkeurtenderaar sal by sy verkiesing

die Konsessiekontrak beding en die nodige finansiering met die oog op finansiële sluiting verkry.

Die konsessietydperk kan 30 jaar wees, of sodanige tydperk wat tenderaars aanbied en vir SANRAL

aanvaarbaar mag wees, met insluiting van ʼn Aanvangskonstruksietydperk. Let asseblief daarop dat die

OIE en RvB wat deur DOST uitgereik moet word, gebaseer sal wees op die werk wat tydens die

Aanvangskonstruksietydperk onderneem word. Aan die einde van die konsessietydperk sal die bate in sy

geheel en kosteloos aan die Staat terugval.

3.1.2.3 Kennisgewing van Voorneme vir verklaring van ʼn tolpad

Voordat die projek kan begin, moet die nasionale Minister van Vervoer ʼn pad tot nasionale pad en tolpad

verklaar. Die prosedures vir die Kennisgewing van Voorneme vir sodanige verklaring sal gevolg word,

soos in Deel 3.1.1 hierbo uiteengesit.

3.1.2.4 Proses wat tot Finansiële Sluiting lei

Voor finansiële sluiting sal die volgende afgehandel wees:

• Opstel en goedkeuring van ʼn Omgewingbestuursplan (OBP) en instemming oor mitigasiemaatreëls;

• Ontwerp;

• Ander nodige goedkeurings kragtens relevante wetgewing;

• Onderhandelings en vasstelling van finale diskontostrukture; en

• Instemming oor toltariewe.

3.2 BEWEEGREDE VIR TOL OP NASIONALE VLAK

ʼn Gedeelte van die brandstofheffing is histories aan ʼn toegewyde padfonds toegewys en daarvoor

aangewend. Hierdie toewysing is egter in April 1987 beëindig, waarna alle befondsing vir nasionale

paaie uit Sentrale Inkomste toegewys is. Die land se fiskale stelsel beskou alle belastinginkomste as

verwisselbaar en laat nie die stel van inkomstemikpunte vir infrastruktuur toe nie. Inkomste wat deur ʼn

bepaalde belasting verkry is, kan nie vir ʼn enkele voorafbepaalde infrastruktuurgebruik opsygesit word

nie; in plaas daarvan word dit in ʼn sentrale fonds gestort vir toewysing aan alle mededingende

aanwendings via die begrotingsproses.

Ondanks die algemene openbare siening, gaan die brandstofheffing derhalwe nie outomaties na

SANRAL nie. Om dit in konteks te plaas: In 2002 was die bedrag wat padgebruikers aan die nasionale

fiskus oorbetaal het in die omgewing van R26 miljard (afkomstig uit die brandstofheffing, doeane- en

aksynsregte, BTW op die verkoop van nuwe en tweedehandse voertuie, BTW op voertuigonderdele en

herstelwerk, invoerbelasting op voertuie en onderdele, lisensiegeld en BTW op tolgelde). Dit het die

CCA Environmental (Edms) Beperk v April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

ongeveer R7 miljard wat die Staat in 2003 aan die bou en instandhouding van nasionale en provinsiale

paaie bestee het en/of tot die koste van metropolitaanse en munisipale paaie bygedra het, by verre

oorskry.

SANRAL se begrotingstoewysing vir 2003 en 2004 was onderskeidelik R1.1 miljard en R1.4 miljard.

Volgens SANRAL was dié befondsing slegs voldoende vir die bestuur van ongeveer die helfte van die

nie-tol nasionale padnetwerk in daardie stadium (11 550 kilometer). Daar word verwag dat SANRAL

uiteindelik verantwoordelik sal wees vir ʼn nasionale padnetwerk van 20 000 kilometer. Hierbenewens is

die primêre padnetwerk verouderd en moet dit struktureel versterk word. Dit sal groot kapitaalinvestering

verg aangesien meer as 60% van die nie-tolpadnetwerk ouer as die ontwerplewensduur van 20 tot 25

jaar is.

Die meeste primêre padnetwerke in en om Suid-Afrika se vernaamste ekonomiese sentra se

operasionele verkeersdravermoë word oorskry en groter dravermoë (verbreding) en/of bykomende

infrastruktuur moet aangebring word. Die dravermoë van sommige roetes tussen hierdie sentra moet ook

verbeter word. Tans word 65% van SANRAL se begrotingstoewysing aan die behoud of instandhouding

van die primêre padnetwerke bestee, terwyl die oorblywende gedeelte vir opgradering van die bates

aangewend word. Inherent in hierdie besteding is die koste om die paaie in ʼn veilige toestand vir

daaglikse gebruik te hou. Met ʼn veronderstelde befondsingsvlak van R4.4 miljard per jaar vir die nie-tol

nasionale padnetwerk, sal die bestaande stelsel oor die volgende agt jaar verswak tot ʼn voorspelde

agterstand van R9.6 miljard. SANRAL beskou tol dus as ʼn paslike en suksesvolle

befondsingsmeganisme om nuwe padinfrastruktuur te skep en om bestaande nasionale roetes op te

gradeer en in stand te hou waar dit geregverdig, bereikbaar en uitvoerbaar is. Verder beteken dit dat

belastinggebaseerde inkomste vir die nie-tolpadnetwerk en ander baie noodsaaklike sosiale projekte

aangewend kan word.

3.3 MOTIVERING VIR DIE BEOOGDE N2-WILDEKUSTOLDEURPAD

3.3.1 NASIONALE EN STREEKS- EKONOMIESE VERBAND

Nasionale padnetwerke verbind die vernaamste stede en ekonomiese streke van ʼn land en speel

derhalwe ʼn belangrike ontwikkelingsrol in ekonomiese groei en sosiale opheffing. Nasionale

padnetwerke word primêr ontwerp om die veilige en doeltreffende beweging van mense, goedere en

dienste oor middel- tot langafstande tussen ekonomiese sentra te bewerkstellig. Ritte word deur privaat

voertuie (pendelaar-, sake- en ontspanningsritte), openbare vervoer en swaar handelsvoertuie

onderneem om aan die behoeftes en vereistes van ekonomiese eenhede, dit wil sê die huishouding in ʼn

bepaalde korridor, aangrensende streke en die res van die land te voldoen. Op streekvlak bied die

provinsiale en plaaslike padnetwerke die nodige verbinding met plaaslike gemeenskappe; sodoende,

saam met die nasionale netwerk, word die nodige mobiliteit verskaf ten einde die basiese bestanddele vir

sosio-ekonomiese groei te bewerkstellig.

Die voormalige Transkei, veral die streek tussen die Kei- en die Mthamvunarivier word in dié opsig

dubbeld gekortwiek. Nie net het die gebied tans weinig ekonomies realiseerbare natuurlike hulpbronne

en swak landbougrond nie, maar danksy die onbegaanbare, bergagtige landskap is toegang ten beste

nouliks voldoende en ten slegste rudimentêr. Die belyning van die bestaande N2 is byvoorbeeld in 1936

bepaal (die werklike pad was in hoofsaak teen 1946 voltooi), en is tot op datum die enigste primêre

toegang tot die gebied. Die bestrate R61, wat die enigste ander primêre toegang is, is eers tussen die

einde van die sewentiger- en die middel-tagtigerjare voltooi. Sedertdien was daar geen verbetering in

toegangvoorsiening nie. Sekondêre en plaaslike padnetwerke, waar hulle nog bestaan, is ten beste

onvoldoende.

Die tendens by die bestaande N2 en R61 is om waterskeidingsbelynings te volg ten einde die kruising

van diep ingekeepte ravyne en riviervalleie, op die skaal en omvang van die Vallei van ʼn Duisend

Heuwels en die Oribi Ravyn in KwaZulu-Natal, te vermy. Daarom loop die bestaande N2 tot meer as 100

kilometer binnelands (by Mount Frere) en bereik ʼn hoogte van ongeveer 1 700 meter bo gemiddelde

seevlak by Brookes Nek voor die pad by Port Shepstone tot seevlak daal. Die R61 loop op sy beurt tot

CCA Environmental (Edms) Beperk vi April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

amper 60 kilometer binnelands (by Flagstaff) en is op daardie punt ongeveer 1 000 meter bo seevlak.

Toegang tot die kus is swak - waar dit hoegenaamd enigsins bestaan. Vanweë die diep ingekeepte

ravyne en valleie is daar geen toegang parallel met die kus nie. Byvoorbeeld, in talle gevalle is dit slegs

moontlik om tussen sekere plekke langs die kus te beweeg deur eers na die R61 terug te ry. Dit kan ʼn

ompad van 100 tot 120 kilometer beteken, terwyl die dorpies dikwels slegs 20 tot 30 kilometer van

mekaar lê. Dit is daarom ook nie verbasend dat hierdie streek een van die verarmste gebiede in

Suid-Afrika is nie. Die beoogde projek wil toegang tot en verbinding met die Wildekusstreek verbeter en

terselfdertyd padgebruikerkoste verlaag, terwyl dit die veiligheids- en sosio-ekonomiese voordele

optimiseer.

Die Wildekusstreek is as ʼn gebied vir strategiese ekonomiese ontwikkeling in ooreenstemming met die

Regering se Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief (ROI) -strategie geïdentifiseer. Die Wildekus-ROI het die

voorsiening van ʼn hoofpad, soos die beoogde tolpad, as ʼn belangrike katalisator vir die bereiking van sy

doelwitte geïdentifiseer, aangesien dit toegang tot die streek sal verbeter en die ontwikkeling van die

gebied se ekotoerisme-potensiaal sal fasiliteer.

Die bestaande N2 suid van Mthatha moet aansienlik opgradeer word ten einde sy funksie as ‘n primêre

nasionale pad tussen ekonomiese sentra te vervul en om vir snelgroeiende verkeersvolumes te voorsien.

Die bestaande R61 en N2 tussen Port Edward en Durban benodig tans dieselfde opgradering oor

sommige seksies, hoewel nie in dieselfde mate as die ander seksies wat deel van die beoogde

toldeurpad uitmaak nie. Die verwagte en huidige verkeerstoename op die seksie tussen Port Edward en

Durban sal egter sodanige opgraderings vroeër eerder as later nodig maak.

Die oogmerk met die beoogde N2-Wildekustoldeurpad is die voorsiening van ‘n verbeterde, korter en

veiliger padverbinding tussen die Oos-Kaap/Wes-Kaap en KwaZulu-Natal. ʼn Korter, doeltreffender

vervoerroete word gesien as ‘n verbetering van die nasionale padnetwerk en word beskou as van

strategiese belang vir die streek en die land in sy geheel. Daar word gemeen dat so ʼn nasionale pad of

ruggraat die nodige verbindings en stukrag sal voorsien om die sekondêre en plaaslike netwerke te

verbeter, terwyl dit volhoubare ekonomiese groei langs die hele korridor fasiliteer.

3.3.2 OPSOMMING VAN SLEUTELPADPROBLEME LANGS DIE BESTAANDE N2- EN R61-

SEKSIES VAN DIE BEOOGDE N2-WILDEKUSTOLDEURPAD EN POTENSIëLE VOORDELE

VIR DIE PADGEBRUIKER

Die sleutelpadprobleme wat tans langs die bestaande N2- en R61-seksies van die beoogde toldeurpad

ervaar word, asook die potensiële voordele van die beoogde projek vir die padgebruiker, word in Tabel 1

uiteengesit.

Tabel 1 Huidige padprobleme langs die bestaande N2- en R61-seksies van die beoogde

toldeurpad en potensiële voordele van die beoogde projek vir die padgebruiker

PADSEKSIES EN HUIDIGE PROBLEME

GONUBIE-WISSELAAR NA NGOBOZI

(77.9 kilometer; bestaande N2)

• Grootskaalse verswakking van die plaveisel (slote en

krake) op sekere seksies.

• Dravermoëprobleme op sommige hellings.

• Grootskaalse slaggate/lapherstelwerk op sekere

seksies.

• Weinig klim-/verbysteeklane.

NGOBOZI NA DUTYWA

(52.6 kilometer; bestaande N2)

POTENSIËLE VOORDELE VIR DIE PADGEBRUIKER

• Verbeterde rykwaliteit.

• Verhoogde padgebruikerveiligheid.

• Verminderde Voertuigbedryfskoste (VBK).

CCA Environmental (Edms) Beperk vii April 2006
PADSEKSIES EN HUIDIGE PROBLEME

Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

• In sommige gebiede hou voetgangers en vee ʼn

veiligheidsrisiko in vanweë nabyheid van landelike

nedersettings.

• Draaiende verkeer en voetgangers maak

Ndabakazi-kruising baie gevaarlik.

• Padmerke baie dof op die hoofstraat deur Butterworth.

• Groot getalle voertuie draai by kruisings in Butterworth.

• Groot getalle voetgangers in Butterworth.

• Rykwaliteit redelik tot swak.

• Omheining en aanwysers swak.

DUTYWA NA MTHATHA

(84.7 kilometer; bestaande N2)

• Rykwaliteit redelik tot baie swak.

• Padoppervlak is aansienlik vervorm, met veelvuldige

slaggate/lapherstelwerk in sommige gebiede.

• Talle onwettige toegange.

• Oppervlak is aansienlik vervorm, met wydverspreide

krake oor volle lengte en breedte tussen Viedgesville

en Mthatha.

• Groot getalle voertuie draai by kruisings deur Mthatha.

• Groot getalle voetgangers in Mthatha.

MTHATHA NA NDWALANE

(79.5 kilometer; bestaande R61)

• Seksie van die roete naby Mthatha gekenmerk deur

buitestedelike ontwikkeling langs die padkorridor, wat

formalisering van toegang en kruistoegang vereis.

• Pad plek-plek in baie swak toestand.

• Die roete gaan deur ‘n gebied van geotegniese

onbestendigheid op die bergpas (Tutor Ndamase-pas).

• Duiker-ineenstorting in 2001 naby Ndwalane.

NDWALANE NA NTAFUFURIVIER

(16.5 kilometer; nuwe padseksie)

• Bestaande ontwerpspoed is 40-50 km/h.

NTAFUFURIVIER NA LUSIKISIKI

(18 kilometer; bestaande R61)

• Ontwerpspoed van bestaande pad 40 km/h oor sekere

seksies om aanvangs- konstruksiekoste te minimeer.

• Verswakking in bestrating sigbaar.

• Lappe en krake.

POTENSIËLE VOORDELE VIR DIE PADGEBRUIKER

• Verbeterde dravermoë.

• Verbeterde rykwaliteit.

• Verhoogde padgebruikerveiligheid.

• Verminderde VBK.

• Verminderde reistyd.

• Verhoogde veiligheid vir gemeenskappe, voetgangers en

ander padgebruikers.

• Verbeterde dravermoë.

• Verbeterde rykwaliteit.

• Verhoogde padgebruikerveiligheid.

• Verminderde VBK.

• Verminderde reistyd.

• Verhoogde veiligheid vir gemeenskappe, voetgangers en

ander padgebruikers.

• Verhoogde padgebruikerveiligheid.

• Verbeterde en beheerde toegang.

• Verhoogde verkeersdravermoë.

• Verbeterde rykwaliteit.

• Verminderde VBK.

• Verminderde reistyd.

• Aansienlik verminderde reistyd aangesien bestaande pas

12 kilometer langer is as die beoogde nuwe roete tussen

Ndwalane en Ntafufu. Die belyning van die beoogde nuwe

roete sal ook baie beter as die bestaande pas wees.

• Verminderde VBK.

• Verhoogde padgebruikerveiligheid.

• Verminderde VBK.

• Verminderde reistyd.

• Verhoogde padgebruikerveiligheid.

LUSIKISIKI NA MTHAMVUNARIVIER

(80 kilometer; nuwe padseksie)

- Geen toegang of verbindingspad bestaan nie. • Aansienlik verminderde reistyd danksy ongeveer 80

kilometer korter roete.

• Verminderde VBK.

• Verhoogde padgebruikerveiligheid.

• Bied toegang oor groot rivierravyne (tans geen toegang nie).

MTHAMVUNARIVIER NA ISIPINGO-WISSELAAR

(147.5 kilometer; bestaande R61 en N2)

CCA Environmental (Edms) Beperk viii April 2006
PADSEKSIES EN HUIDIGE PROBLEME

Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

• Seksie Mthamvunarivier na Southbroom word

gekenmerk deur veelvuldige toegangspunte, wat tans

ʼn aantal kusoorde en die meer landelike gebiede van

KwaZulu-Natal bedien.

• Substandaard wisselaar by Adams Road.

• Dravermoëprobleme tydens spitstydperke tussen

Adams Road- en Isipingo-wisselaar.

POTENSIËLE VOORDELE VIR DIE PADGEBRUIKER

• Verhoogde padgebruikerveiligheid.

• Verbeterde toegangsbeheer.

• Verminderde VBK.

• Verminderde reistyd.

• Verbeterde rykwaliteit.

• Verligting van verkeersopeenhoping.

• Veiliger toegang by Adams Road-wisselaar.

3.3.3 HUIDIGE EN VOORSPELDE TOEKOMSTIGE VERKEERSVOLUMES

Oor die algemeen groei verkeersvolumes histories in ooreenstemming met die Bruto Binnelandse Produk

(BBP); gewoonlik teen ongeveer een of twee persentasiepunte bó BBP-groei. Die afgelope 20 jaar het

nasionale padverkeer dus met tussen 3% en 5% per jaar gegroei, wat beteken dat verwagte toekomstige

verkeer tot meer as dubbeld in ʼn 20-jaar-tydperk sal toeneem en meer as driedubbeld oor ‘n tydperk van

30 jaar.

Verkeersvolumes in die korridor tussen Oos-Londen en Durban het sedert 2001 bó die nasionale

gemiddeld toegeneem, ofskoon daar in die laat 1990’s ‘n algemene daling en negatiewe groei in

verkeersvolumes te bespeur was. Die huidige en voorspelde toekomstige verkeersvloei vir die beoogde

N2-Wildekustoldeurpad verskyn in Tabel 2. In hierdie beplanningstadium word die voorspelde

toekomstige verkeerstoename op ‘n gemiddelde jaarlikse groeikoers van 3.5% vir ‘n 20-jaarontwerptydperk

gegrond.

TABEL 2 Huidige en voorspelde toekomstige daaglikse verkeersvloei op die N2 en R61

ROETESEKSIE

JAAR 2005 VERKEERSVLOEI

(HUIDIGE GEMIDDELDE

DAAGLIKSE VERKEER - GDV)

Oos-Londen na Butterworth 4 800 tot 5400 6 900 tot 8 000

Butterworth na Mthatha 3 600 tot 6 800 5 400 tot 10 100

Mthatha na Ntafufu 1 000 tot 1 300 5 200 tot 6 500

Ntafufu na Southbroom 1 000 tot 6 000 3 000 tot 8 900

Southbroom na Hibberdene 5 800 tot 7 300 8 900 tot 10 800

Hibberdene na Winklespruit 11 900 tot 22 300 17 600 tot 33 100

Winklespruit na Isipingo 24 200 tot 45 800 35 900 tot 68 000

JAAR 2020 VERKEERSVLOEI

(TOEKOMSTIGE GDV)

Die beoogde projek sluit in die byvoeging van ten minste een bykomende laan en wye bestrate skouer tot

elke ryvlak tussen die Adams Road- en Isipingo-wisselaar ten einde die huidige opeenhoping te verlig en

om toekomstige opeenhoping op die medium- tot korttermyn te akkommodeer. Die bestaande

suidwaartse ryvlakke, hoewel dit slegs van nominale twee-laan wydte is, is oor ʼn kort, steil seksie tot drie

lane geoormerk om ten minste sommige van die huidige opeenhoping te help verlig. Tans wissel

noordwaartse spitstydverkeer op ʼn gewone werksoggend op hierdie seksie tussen 3 700 en 3 800

voertuie per uur, wat ongeveer 110% van die teoretiese dravermoë teen Diensvlak D is. Die absolute

teoretiese dravermoë vir hierdie seksie is ongeveer 3 950 voertuie per uur. Dit beteken dat hierdie seksie

teen hoër as sy maksimum Diensvlak D-dravermoë bedryf word; toekomstige groei sal waarskynlik

onstabiele vloei en derhalwe ernstige opeenhoping (stop/ry-toestande) veroorsaak. Spitstydvloei duur

nou langer as die normale spitsuur en reën of mis sal die situasie vererger.

Die noordwaartse dravermoë van die enigste ander lewensvatbare alternatiewe roete (Kingsway) is

hoogstens ongeveer 800 voertuie per uur. Normale verkeersgroei op Kingsway sal ook plaasvind, met

verwagte spitsuurverkeer daarop van 785 voertuie per uur, dit wil sê naby of op volle dravermoë teen

2007. Volgens SANRAL kan dit derhalwe verwag word dat die grootste gedeelte van die toekomstige

verkeersgroei na die N2 aangetrek sal word.

CCA Environmental (Edms) Beperk ix April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

3.4 TOLSTRATEGIE EN TOLSEKSIES

In die bepaling van ‘n tolstrategie sal tenderaars waarskynlik die volgende sake in ag neem:

• Die verkeersvolumes wat op elke padseksie verwag word;

• Die voorgenome tegniese opgradering wat vereis word;

• Die voordele na aanleiding van die opgradering met betrekking tot die niks-doen- en ander

alternatiewe;

• Die bereidheid om te betaal (pryselastisiteit) vir die utiliteit met betrekking tot die niks-doen- en ander

alternatiewe;

• Die getal geaffekteerde plaaslike gebruikers en waarskynlike diskonto’s;

• Die ligging van die tolplazas en verwante tolstrategie; en

• Die waarskynlike uitwerking van die tolgeld op verkeersuitwyking.

Elke tenderaar sal sy beoogde tolstrategie, toltariewe, diskonto’s en voorgenome eskalasie met die

verloop van tyd in verhouding tot die Verbruikersprysindeks (VPI) voorlê. SANRAL sal hierdie tenders

evalueer en, waar van toepassing, die bedinging van laer toltariewe en hoër diskonto’s insluit. Die

toltariewe word dan in die Konsessiekontrak vasgestel wat tussen SANRAL en die Konsessionaris

aangegaan word. Voordat tol kan begin, moet die toltariewe deur die Minister van Vervoer goedgekeur

en daarna in die Staatskoerant geadverteer word.

In Suid-Afrika is dit algemene praktyk om diskonto’s aan sekere gebruikergroepe te bied. Dit kan op

verskeie maniere geskied, waaronder diskonto’s vir gereelde gebruikers, diskonto’s vir plaaslike of

streeksgebruikers en diskonto’s gebaseer op die tyd van die dag waarop die padgebruiker deur die plaza

beweeg. Die potensiële Konsessionaris sal in ʼn mate daarvoor verantwoordelik wees om hierdie

diskonto’s te beding. SANRAL kan egter ook vooraf toepaslike diskonto’s vir sekere gebruikergroepe in

die tenderspesifikasies bepaal.

Billikheidshalwe sal die tolstrategie en ligging van die plazas sodanig wees dat die motoris slegs vir die

gedeelte van die pad wat gebruik word, betaal. Gevolglik sal elke plaza oor ʼn unieke tol vir elke

individuele klas voertuig beskik. Die toepaslike toltariewe sal binne die norme val wat tans in Suid-Afrika

van toepassing is.

Die beoogde N2-Wildekustoldeurpad sal sewe hooflyntolplazas (vier hooflynplazas in die Oos-Kaap en

drie in KwaZulu-Natal) en 24 op-/afrit/wisselaar-tolplazas insluit (dit wil sê, 12 stelle op-/afritplazas),

waarvan een hooflyn- en vier stelle op-/afrittolplazas reeds op die N2-Suidkus-tolpad bestaan.

Tabel 3 toon die beoogde tolseksies, die voorkeur-hooflyntolplazaliggings en die lengte van die tolseksies

van die beoogde projek.

Tabel 3 Tolseksies en gepaardgaande hooflyntolplazas

BEOOGDE TOLSEKSIE GEPAARDGAANDE HOOFLYNTOLPLAZA LENGTE VAN BEOOGDE TOLSEKSIE

Oos-Londen na Butterworth Ngobozi 97.8 kilometer

Butterworth na Mthatha Candu 120.8 kilometer

Mthatha na Ntafufu Ndwalane 92.3 kilometer

Ntafufu na Southbroom Mthentu 121.1 kilometer

Southbroom na Hibberdene Bestaande Oribi 50.1 kilometer

Hibberdene na Winklespruit Park Rynie 60.7 kilometer

Winklespruit na Isipingo Isipingo 16.2 kilometer

3.5 BEDRYF EN INSTANDHOUDING

By toekenning van die Konsessiekontrak aanvaar die Konsessionaris verantwoordelikheid vir die bedryf

en instandhouding van die pad vir die duur van die Konsessiekontrak (gewoonlik 30 jaar). Dit behels

CCA Environmental (Edms) Beperk x April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

tolinvordering, plaza- en toerustinginstandhouding, roetebedryf, veiligheid, verkeersbestuur,

oorladingsbeheer en alle aspekte van padinstandhouding.

3.6 BEMAGTIGINGSTRATEGIE

‘n Strategie vir sosio-ekonomiese ontwikkeling (SEO) sal ʼn vereiste van die Konsessiekontrak wees. Die

SEO-strategie is gemik op die bemagtiging van plaaslike en voorheen benadeelde gemeenskappe binne

die projekgebied. Tydens alle fases van die projek sal dit werksgeleenthede vir plaaslike mense

maksimeer en die betrokkenheid van plaaslike entrepreneurs aanmoedig, veral Histories Benadeelde

Individue (HBI’e) asook Klein, Medium en Mikro-ondernemings (KMMO’s). Die vernaamste elemente van

die SEO-strategie is:

• Billikheidsdeelname deur HBI’e;

• Vaardigheidsontwikkeling en bemagtiging van ontluikende entrepreneurs en KMMO’s;

• Plaaslike indiensneming;

• Vaardigheidsoordrag in siviele ingenieurswese; en

• Sosiale ontwikkelingsprogramme wat opvoeding, opleiding en ontwikkeling insluit.

Ingevolge die Regering se breedgebaseerde inisiatiewe en sektor-oktrooie vir swart ekonomiese

bemagtiging sal kontrakwerk ten opsigte van ontwerp en konstruksie asook bedryf en instandhouding aan

KMMO’s en HBI’e toegeken word.

4. PROJEKBESKRYWING

4.1 BREË BESKRYWING VAN BEOOGDE PROJEK

Daar word beoog dat die ontwerp, konstruksie, finansiering, bedryf en instandhouding van die beoogde

deurpad as deel van ‘n 30-jaar-konsessiekontrak onderneem moet word.

Die sleutelkomponente van die beoogde projek sluit die volgende in:

• Opgradering en verbreding van bestaande padseksies (van die N2 en R61) as deel van die beoogde

projek (ongeveer 470 km);

• Nuwepad-konstruksie binne twee groenlandseksies (ongeveer 90 km);

• Bou van agt nuwe groot brûe;

• Opgradering en/of bou van nuwe padwisselaars en -kruisings; en

• Bou van gepaardgaande strukture soos tolplazas, voetgangeroorbrûe en duikers vir diere.

Die beoogde projek wil ‘n nasionale roete daarstel wat toegang tot en verbinding met die ooskusstreek

van Suid-Afrika verbeter, terwyl dit padgebruikerkoste verlaag en veiligheid, gerief en sosio-ekonomiese

voordele sal optimeer, deur die volgende:

• Opgradering en/of bou van die roete tot ‘n gepaste ontwerpspoed (90 tot 120 km/h) oor die grootste

deel daarvan, met ʼn minimum ontwerpspoed van 60 km/h oor kort seksies soos bergpasse,

byvoorbeeld die Kei-uitgrawings;

• Bou van ‘n tweelaan-enkelrybaan met wye skouers, terwyl dubbele rybane en/of klimlane gebou sal

word waar verkeersvolumes en veiligheidsvereistes dit regverdig;

• Bou en instandhouding van gepaste veiligheidsmaatreëls soos omheinings en oorbrûe/duikers vir

voertuie, voetgangers en vee, asook voetpaaie, met ʼn aantreklike padreserwe langs die hele roete;

• Konsolidasie en formalisering van toegange tot die beoogde toldeurpad ter wille van

padgebruikerveiligheid (in terme van sigafstande en die voorsiening van verkeersdraailane);

• Rehabilitasie en algehele verbetering van die padoppervlak oor bestaande seksies van die roete;

• Installering en instandhouding van padtekens, padbybehore en padnoodgeriewe; en

• Voorsiening van ‘n padreserwe langs die hele beoogde roete, wat deeglik in stand gehou sal word.

CCA Environmental (Edms) Beperk xi April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

Die belyning van die beoogde roete (sien Figuur 1) sal vername ekonomiese sentra verbind soos Oos-

Londen, Butterworth, Mthatha, Lusikisiki, Port Edward, Port Shepstone en Durban, en sal ongeveer 75

km korter as die bestaande N2-roete tussen Oos-Londen en Durban via Mount Frere, Kokstad en

Harding wees. Ongeveer 80% van die beoogde roete sal bestaande padseksies benut, soos volg:

• Bestaande N2 tussen die Gonubie-wisselaar en Mthatha;

• Bestaande R61 tussen Mthatha en Ndwalane;

• Bestaande R61 tussen Ntafufurivier en Lusikisiki;en

• Bestaande R61 en N2 tussen die Mthamvunarivier en die Isipingo-wisselaar.

Nuwepad-konstruksie word in die vooruitsig gestel tussen Ndwalane en Ntafufu, en tussen Lusikisiki en

die Mthamvunarivier (groenlandseksies). Binne die nuwe padseksies moet groot brûe by agt diep

ingekeepte ravyne, naamlik die Mzimvubu-, Msikaba-, Kwadlambu-, Mthentu-, Mnyameni-, Kulumbe-,

Mpahlane- en Mzambarivier, aangebring word.

4.2 BESKRYWING VAN AANVANKLIKE KONSTRUKSIEWERK

Die beoogde Aanvanklike Konstruksiewerk sal binne die eerste drie jaar van die konsessie plaasvind.

Die beskrywing van die aanvanklike werk is geriefshalwe in sewe seksies verdeel.

4.2.1 SEKSIE 1: GONUBIE-WISSELAAR NA NGOBOZI

Dit is die voorneme dat alle boubedrywighede binne die bestaande padreserwe geskied, met die

uitsondering van die Komga-wisselaar en die hooflyntolplaza by Ngobozi.

Die beoogde boubedrywighede per padseksie tussen die Gonubie-wisselaar en Ngobozi word in Tabel 4

aangegee.

Tabel 4 Beoogde boubedrywighede per padseksie tussen die Gonubie-wisselaar en Ngobozi

PADSEKSIE BEOOGDE BOUBEDRYWIGHEDE

Gonubie-wisselaar na Mooiplaas

(31 km)

Mooiplaas na Komga

(20.4 km)

Komga na Groot-Keirivier

(10.5 km)

Groot-Keirivier na Ngobozi

(16 km)

• Rehabilitasie, waar nodig.

• Hervlakking.

• Opgradering van kruisings, waar nodig.

• Herstel van strukture, soos nodig.

• Vervanging van skramrelings, aanwysings en omheinings, waar nodig.

• Rehabilitasie.

• Verbreding om voorsiening te maak vir klimlane, waar nodig.

• Herstel van strukture, soos nodig.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings,

omheinings, padtekens en skramrelings.

• Hervlakking.

• Opgradering van kruisings, waar nodig.

• Bou van Komga-wisselaar.

• Herstel van strukture, soos nodig.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings,

omheinings, padtekens en skramrelings.

• Bou van hooflyntolplaza by Ngobozi.

• Veiligheidsdeviese soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings,

omheinings, padtekens en skramrelings.

Toegangspaaie vir gemeenskappe.

Daar word beoog om ‘n hooflyntolplaza noordoos van die Keirivier-kruising, net buite Ngobozi – die

Ngobozi-tolplaza -- te bou.

CCA Environmental (Edms) Beperk xii April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

4.2.2 SEKSIE 2: NGOBOZI NA MTHATHA (NGQELENI)

Alle beoogde aanvanklike konstruksiewerk sal binne die bestaande padreserwe plaasvind, met

uitsondering van die wisselaars, kruisingopgraderings, gemeenskapstoegangspaaie, veiligheid- en

toegangsopgraderings in Butterworth en Dutywa, asook die hooflyntolplaza naby die Candurivier.

Die beoogde boubedrywighede per padseksie tussen Ngobozi en Mthatha word in Tabel 5 aangegee.

Tabel 5 Beoogde boubedrywighede per padseksie tussen Ngobozi en Mthatha (Ngqeleni)

PADSEKSIE BEOOGDE BOUBEDRYWIGHEDE

Ngobozi na Butterworth

(18.2 km)

Hoofstraat deur

Butterworth

(1.4 km)

Butterworth na Ibika

(8.8 km)

Ibika na Dutywa

(24.2 km)

Hoofstraat deur Dutywa

munisipale gebied

(1.2 km)

Dutywa na Candurivier

(26.6 km)

Candurivier na

Viedgesville

(38.5 km)

Viedgesville na Mthatha

(12.9 km)

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings, omheinings,

padtekens en skramrelings.

• Bou van Ndabakazi-wisselaar.

• Opgradering van seksie tussen Ndabakazi en Butterworth tot ‘n vier-laan onverdeelde pad.

• Voorsiening van voetpaaie en skramrelings, waar nodig.

• Opgradering van hoofstraat om verkeersvloei en veiligheid te ondersteun, soos mediaanen

voetgangerversperrings, beperkte draaibewegings, beperkte parkering in hoofstraat,

verbeterde toegang tot taxi-oplaaipunte, voorsiening van beligting, verkeerseine, ens.

• Opgradering van kruisings, insluitend verbreding van pad waar nodig.

• Opgradering van seksie tussen Butterworth en Msobomvu-kruising tot ‘n vier-laan

onverdeelde pad.

• Vervanging van skramrelings, aanwysings en omheinings, waar nodig.

• Herstel van strukture, waar nodig.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings, omheinings,

padtekens en skramrelings.

• Hervlakking.

• Herstel van strukture, soos nodig.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings, omheinings,

padtekens en skramrelings.

• Gemeenskapstoegangspaaie.

• Bou van tweede rybaan deur Dutywa en implementering van ‘n eenrigtingstelsel deur die

dorp.

• Verkeersvloei- en veiligheidsopgraderings soos mediaan- en voetgangerversperrings,

beperkte draaibewegings, beperkte parkering in hoofstraat, verbeterde toegang tot taxioplaaipunte,

voorsiening van beligting, verkeerseine, ens.

• Bou van hooflyntolplaza naby die Candurivier.

• Hervlakking.

• Verbreding, waar nodig.

• Vervanging van skramrelings, aanwysings en omheinings, waar nodig.

• Herstel van strukture, soos nodig.

• Voorsiening van voetpaaie en skramrelings, waar nodig.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings, omheinings,

padtekens en skramrelings.

• Gemeenskapstoegangspaaie.

• Hervlakking/Rehabilitasie.

• Verbreding tot 12.5 m en voorsiening vir klimlane, waar nodig.

• Opgradering van kruisings, waar nodig.

• Herstel van strukture, soos nodig.

• Voorsiening van voetpaaie en skramrelings, waar nodig.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings, omheinings,

padtekens en skramrelings.

• Gemeenskapstoegangspaaie.

• Bou van Elliotdale-wisselaar.

• Rehabilitasie.

• Bou van Viedgesville-wisselaar.

• Verbreding om voorsiening te maak vir klimlane en vier-laan onverdeelde pad, waar nodig.

• Opgradering van kruisings, waar nodig.

CCA Environmental (Edms) Beperk xiii April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

PADSEKSIE BEOOGDE BOUBEDRYWIGHEDE

• Herstel van strukture, soos nodig.

• Voorsiening van voetpaaie en skramrelings, waar nodig.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings, omheinings,

padtekens en skramrelings.

Mthatha (Ultra City) na

Ngqeleni

(14.5 km)

• Gemeenskapstoegangspaaie.

• Verbreding tot vier-laan dubbele rybaan, rehabilitasie en hervlakking soos nodig.

• Opgradering van kruisings, waar nodig.

• Implementering van eenrigtingstelsel by Madeira- en Spriggstraat.

• Verbeterde aanwysings, beligting, ens.

• Nuwe rybaanbrûe by Corana- en Mthatharivier.

SANRAL se voorkeurhooflyntolplaza in hierdie seksie is in die Bashee Brug-streek geleë, naby die

Candurivier – die Candu-tolplaza. ‘n Alternatiewe ligging ongeveer een kilometer wes van die

voorkeurligging is oorweeg maar op grond van swak sigafstand en padgeometrie uitgesluit.

4.2.3 SEKSIE 3: MTHATHA (NGQELENI) NA NDWALANE

Met die uitsondering van kort seksies wat verbreed moet word, kruisingopgraderings, voertuigoorbrûe en

wisselaars sal alle aanvanklike konstruksiewerk binne die bestaande padreserwe plaasvind. Maatreëls

om uitgrawings en opvullings te stabiliseer, kan bykomende grond buite die bestaande padreserwe

vereis.

Die beoogde boubedrywighede per padseksie tussen Mthatha en Ndwalane word in Tabel 6 aangegee.

Tabel 6 Beoogde boubedrywighede per padseksie tussen Mthatha (Ngqeleni) en Ndwalane

PADSEKSIE BEOOGDE BOUBEDRYWIGHEDE

Mthatha (Ngqeleni) na Libode

(23 km)

Libode na Ntlaza

(8.1 km)

Ntlaza na Mgwenyana

(15.7 km)

Mgwenyana na Thombo

(16.2 km)

Thombo na Ndwalane

(9.5 km)

• Verbreding en hervlakking.

• Opgradering van kruisings, waar nodig.

• Verbetering van toegangsbeheer.

• Verbreding en bou van klimlane, waar nodig.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings,

omheinings, padtekens en skramrelings.

• Verbreding en rehabilitasie.

• Opgradering van kruisings, waar nodig.

• Klimlane, waar nodig.

• Voorsiening van voetganger- en taxigeriewe, waar nodig.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings,

omheinings, padtekens en skramrelings.

• Bou van dubbele rylaan by St Barnabas-hospitaal (2 km).

• Verbreding en hervlakking.

• Bou van klimlane, waar nodig.

• Opgradering van kruisings, waar nodig.

• Implementering van hellingstabiliteitsmaatreëls, waar nodig.

• Moontlike bou van alternatiewe hooflyntolplaza (Ntlaza).

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings,

omheinings, padtekens en skramrelings.

• Verbreding en oppervlakrehabilitasie.

• Byvoeging van klimlane, waar nodig.

• Opgradering van kruisings, waar nodig.

• Implementering van hellingstabiliteitsmaatreëls, waar nodig.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings,

omheinings, padtekens en skramrelings.

• Bou van dubbele rybaan by Thombo (2 km).

• Verbreding en hervlakking.

• Brugverbreding by Mngazirivier.

CCA Environmental (Edms) Beperk xiv April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

PADSEKSIE BEOOGDE BOUBEDRYWIGHEDE

• Voorsiening van voetganger- en taxigeriewe, waar nodig.

• Opgradering van kruisings, waar nodig.

• Implementering van hellingstabiliteitsmaatreëls, waar nodig.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings,

omheinings, padtekens en skramrelings.

SANRAL se voorkeurhooflyntolplaza is by Ndwalane geleë – die Ndwalane-tolplaza. ‘n Alternatiewe

ligging in die omgewing van die Ntlaza Mission, naby die Tutor Ndamase-pas, is geïdentifiseer.

4.2.4 SEKSIE 4: NDWALANE NA NTAFUFURIVIER

Hierdie seksie begin ongeveer 10 km landinwaarts van Port St Johns en sal die bestaande Mzimvubu

Pondoland-brug verbysteek. Dit sal die bou van ‘n nuwe groenlandpad volgens nasionale padstandaard

tussen Ndwalane en Ntafufu behels. ‘n Groot hoëvlakbrug oor die Mzimvuburivier sal nodig wees.

Die beoogde nuwe pad sal bestaan uit ‘n enkelrybaandeurpad met twee lane, met klimlane waar nodig,

en ‘n minimum ontwerpspoed van 100 tot 120 km/h. Die pad sal meesal ten minste 12.4 m breed wees

(2x3.7 m lane en 2x2.5 m gestrate skouers) binne ‘n padreserwe van 80 m.

Die beoogde boubedrywighede vir die padseksie tussen Ndwalane en die Ntafufurivier word in Tabel 7

aangegee.

Tabel 7 Beoogde boubedrywighede vir die padseksie tussen Ndwalane en Ntafufurivier

PADSEKSIE BEOOGDE BOUBEDRYWIGHEDE

Ndwalane na Ntafufurivier

(16.5 km)

• Bou van nuwe pad volgens nasionale padstandaard.

• Bou van nuwe brug oor die Mzimvuburivier.

• Bou van nuwe wisselaars by Ndwalane en Ntafufu.

• Oorbrûe en duikers, wisselaars, omheinings, padtekens en skramrelings.

• Bou van nuwe hooflyntolplaza en op-/afritplazas by die beoogde Ndwalane-wisselaar.

Daar word beoog om ‘n hooflyntolplaza in die omgewing van Ndwalane – die Ndwalane-tolplaza -- te bou.

Hierdie tolplaza sal toekomstige langafstand-deurverkeer op die beoogde toldeurpad en verkeer tussen

Lusikisiki en Mthatha tol. Op-/afritplazas word op die suidelike op-/afritte van die beoogde Ndwalanewisselaar

in die vooruitsig gestel.

4.2.5 SEKSIE 5: NTAFUFURIVIER NA LUSIKISIKI (MAGWA-KRUISING)

Die beoogde boubedrywighede vir die padseksie tussen die Ntafufurivier en Lusikisiki (Magwa-kruising)

word in Tabel 8 aangegee.

Tabel 8 Beoogde boubedrywighede vir die padseksie tussen die Ntafufurivier en Lusikisiki

(Magwa-kruising)

PADSEKSIE BEOOGDE BOUBEDRYWIGHEDE

Ntafufurivier na Lusikisiki (Magwakruising)

(24.5 km)

• Opgradering van pas tot ‘n minimum ontwerpspoed van 60 km/h, verbreding en

herbelyning, soos nodig.

• Bou van klimlane, waar nodig.

• Verbreding van paddwarsprofiel, waar nodig.

• Verbreding van die Mzintlavarivier-brug.

• Bou van vier-laan onverdeelde pad deur Lusikisiki.

• Bou van Lusikisiki-wisselaar.

• Opgradering van Magwa-kruising.

• Veiligheidsdeviese soos oorbrûe en duikers, verbeterde kruisings, omheinings,

padtekens en skramrelings.

CCA Environmental (Edms) Beperk xv April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

4.2.6 SEKSIE 6: LUSIKISIKI (MAGWA-KRUISING) NA MTHAMVUNARIVIER

Hierdie seksie sal die bou van ‘n nuwe groenlandpad volgens nasionale padstandaard behels.

‘n Aantal diep ingekeepte ravyne en kleiner strome sal oorbrug moet word. Die ravyne, waarvan

sommige 200 tot 300 m diep is, is onder meer die Msikaba-, Mthentu-, Kwadlambu-, Mnyameni-,

Kulumbe-, Mpahlane- en Mzambarivierravyn. Die beoogde boubedrywighede per padseksie tussen

Lusikisiki (Magwa-kruising) en die Mthamvunarivier word in Tabel 9 aangegee.

Tabel 9 Beoogde boubedrywighede per padseksie tussen Lusikisiki (Magwa-kruising) en die

Mthamvunarivier

PADSEKSIE BEOOGDE BOUBEDRYWIGHEDE

Lusikisiki (Magwa-kruising)

na Msikabarivier

(19.5 km); nuwe padseksie

Msikabarivier na

Mthenturivier

(22 km); nuwe padseksie

Mthenturivier na

Mthamvunarivier

(33 km); nuwe padseksie

• Nuwe padkonstruksie op belyning van bestaande distrikspad tot by Msikaba Village, nuwe

frontwydte en toevoerpaaie.

• Nuwe groenlandkonstruksie van Msikaba Village tot Msikaba Gorge op ‘n

voorkeurbelyning.

• Hoëvlakbrug oor Msikabarivier.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde en nuwe kruisings, omheinings,

padtekens en skramrelings.

• Nuwe padkonstruksie op ‘n voorkeurbelyning.

• Hoëvlakbrug oor die Mthenturivier.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, nuwe kruisings, omheinings, padtekens en

skramrelings.

• Nuwepad-konstruksie op ‘n voorkeurbelyning.

• Nuwe R61-wisselaar.

• Bou van hoëvlakbrugstrukture oor die Mnyameni-, Kulumbe-, Mpahlane- en Mzambarivier.

• Instandhouding en rehabilitasie van die bestaande Mthamvunarivier-brug.

• Veiligheidsdeviese soos oorbrûe en duikers, nuwe kruisings, omheinings, padtekens en

skramrelings.

Daar word beoog om ‘n hooflyntolplaza in die groenlandseksie noord van die Mthenturivierkruising – die

Mthentu-tolplaza -- te bou. ‘n Alternatiewe ligging vir ‘n tolplaza in hierdie seksie is geïdentifiseer,

naamlik in die omgewing van die beoogde kruising met die Holy Cross/Mkambati-pad.

4.2.7 SEKSIE 7: MTHAMVUNARIVIER NA ISIPINGO-WISSELAAR

Met die uitsondering van die Adamsweg-wisselaar en die beoogde hooflyntolplazas by Park Rynie en

Isipingo, sal alle boubedrywighede binne die bestaande padreserwe plaasvind. ‘n Gedetailleerde

beskrywing van die beoogde boubedrywighede per padseksie tussen die Mthamvunarivier en die

Isipingo-wisselaar word in Tabel 10 aangegee.

Tabel 10: Beoogde boubedrywighede per padseksie tussen die Mthamvunarivier en die Isipingowisselaar

PADSEKSIE BEOOGDE BOUBEDRYWIGHEDE

Mthamvunarivier na Southbroom

(23 km)

Southbroom na Marburgwisselaar

(22 km)

Marburg-wisselaar na St Faithswisselaar

(6 km)

• Opgradering van at-grade kruisings.

• Bou van Port Edward- en Southbroom-wisselaar.

• Verbetering van kruisinguitleg, waar nodig.

• Konsolidering van toegangspunte.

• Veiligheidsverbeterings.

• Geringe rehabilitasie en hervlakking, soos nodig.

CCA Environmental (Edms) Beperk xvi April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

PADSEKSIE BEOOGDE BOUBEDRYWIGHEDE

St Faiths-wisselaar na

Umhlungwa-wisselaar

(Hibberdene) (23 km)

Umhlumgwa-wisselaar

(Hibberdene) na Park Ryniewisselaar

(31.7 km)

Park Rynie-wisselaar na

Winklespruit-wisselaar

(29 km)

Winklespruit-wisselaar na

Adamsweg-wisselaar

(Amanzimtoti)

(5.5 km)

Adamsweg-wisselaar

(Amanzimtoti) na Dickenswegwisselaar

(Athlone Park) (5.1 km)

Dickensweg-wisselaar (Athlone

Park) na Isipingo-wisselaar

(4.0 km)

• Veiligheidsverbeterings.

• Geringe rehabilitasie en hervlakking, soos nodig.

• Bou van op-/afritplazas op die suidelike op-/afritte van die Pennington-wisselaar.

• Bou van op-/afritplazas op die suidelike op-/afritte van die Park Rynie-wisselaar.

• Veiligheidsverbeterings.

• Geringe rehabilitasie en hervlakking, soos nodig.

• Bou van beoogde Park Rynie-hooflyntolplaza.

• Bou van op-/afritplazas op die noordelike op-/afritte van die Scottburgh-wisselaar.

• Bou van op-/afritplaza’s op die noordelike op-/afritte van die Umkomaas-wisselaar.

• Hervlakking en rehabilitasie, soos nodig.

• Verbreding van Amanzimtotirivier-brug.

• Byvoeging van derde laan en bestrate skouer van Amanzimtotirivier noordwaarts.

• Rekonstruksie van Adamsweg-wisselaar om die bedryfsveiligheid van die wisselaar te verbeter.

• Bou van op-/afritplazas op die suidelike op-/afritte van die Adamsweg-wisselaar.

• Hervlakking en rehabilitasie van bestaande plaveisel.

• Byvoeging van ‘n derde laan in elke rigting.

• Bou van op-/afritplazas op die suidelike op-/afritte van die Moss Kolnickrylaan-wisselaar.

• Hervlakking en rehabilitasie van bestaande padplaveisel.

• Byvoeging van ‘n derde laan en bestrate skouers in elke rigting.

• Byvoeging van ‘n vierde laan tussen Dickens- en Joynerweg in elke rigting.

• Bou van op-/afritplazas op die suidelike op-/afritte van die Joynerweg-wisselaar.

• Bou van beoogde Isipingo-hooflyntolplaza suid van die Prospectonweg (Isipingo)-wisselaar.

‘n Hooflyntolplaza word beoog in die Park Rynie-gebied, baie na aan die Park Rynie-op-/afritte – die Park

Rynie-tolplaza -- en ‘n tweede tussen die Joynerweg-wisselaar en die Prospectonweg (Isipingo)wisselaar,

by die einde van die konsessie – die Isipingo-tolplaza. Sewe stelle op-/afritplazas word op

bestaande wisselaars in die vooruitsig gestel, soos in Tabel 10 aangedui.

Die bestaande Oribi-hooflyntolplaza tussen Izotsha en Umtentweni sal by die beoogde projek ingelyf

word. Die volgende bestaande op-/afritplazas sal ook ingesluit word:

• Shelly Beach-wisselaar (bestaande Izotsha op-/afritplazas);

• Marburg-wisselaar (bestaande Oribi noordelike en suidelike op-/afritplazas); en

• Umtentweni-wisselaar (bestaande Umtentweni op-/afritplazas).

5. OORWEGING VAN ALTERNATIEWE

Die Omvangbepalingstudie sluit oorweging van die niks-doen-alternatief, alternatiewe roetebelynings en

alternatiewe tolplazaliggings in. Dit dui ook aan watter opsies in die Impakevalueringsfase van die OIE

verder ondersoek sal word. Deskundige botaniese, sosiale en ekonomiese insette is bekom ter wille van

sleutelinligting vir ‘n vergelykende ontleding van die alternatiewe belynings, soos volg:

• Opgradering van die bestaande N2 tussen Mthatha en Port Shepstone;

• Opgradering van die bestaande R61 tussen Mthatha en Port Shepstone; en

• Alternatiewe groenlandbelynings tussen Lusikisiki en die Mthamvunarivier.

‘n Vergelykende ontleding van die omgewings-, tegniese, finansiële en ekonomiese implikasies van die

beoogde toldeurpad tussen Mthatha en Port Shepstone, teenoor opgradering van die bestaande N2 of

R61 verskyn in Tabel 11.

CCA Environmental (Edms) Beperk xvii April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

Tabel 11 Vergelyking van die omgewings-, tegniese, finansiële en ekonomiese implikasies van die

beoogde toldeurpad teenoor opgradering van die bestaande N2 of R61 tussen Mthatha en Port Shepstone

MAATSTAF / ASPEK

BEOOGDE

TOLDEURPAD

OPGRADERING

VAN BESTAANDE

N2

OPGRADERING

VAN BESTAANDE

R61

OMGEWINGSOORWEGINGS

Potensiële verlies van sensitiewe ekostelsels Medium tot hoog Laag Laag tot medium

Geraamde getal huishoudings en besighede 216

208

303

wat verskuif sal moet word

(seksies van Mthatha (seksies van Mthatha, (seksies van Mthatha,

uitgesluit)

Qumbu en Mount Frere Lusikisiki, Flagstaff en

uitgesluit)

Bizana uitgesluit)

Potensiële verlies van toegangsroetes Medium Hoog Hoog

Fragmentering van gemeenskappe Medium Hoog Hoog

Verbetering in toegang tot Wildekusgebied

TEGNIESE OORWEGINGS

Baie hoog Geen verandering Geen verandering

Lengte van roete (km) 235 310 329

Geraamde reistyd (ligte voertuig) 2 uur 26 min 3 uur 35 min 4 uur 14 min

Vertikale belyning Matig tot goed Swak tot matig Swak

FINANSIëLE EN EKONOMIESE OORWEGINGS (Netto Huidige Waarde)

Kapitaal- en bedryfskoste (R miljoen) -1,244.4 -757.3 -920.2

Brug- en verbypadkoste (R miljoen) -530.3 0.0 -45.2

Padgebruikers se kostebesparing (R miljoen) 5,996.2 1,122.0 1,041.9

Totale Finansiële Voordele (R miljoen) 4,221.6 364.6 76.5

Finansiële Voordeel:Koste-verhouding 3.4 1.5 1.1

Finansiële Interne Opbrengskoers (%) 26 15 11

Die volgende gevolgtrekkings blyk uit die opgradering van die bestaande N2 of R61:

• Vergeleke met opgradering van die bestaande N2 sal opgradering van die bestaande R61

soortgelyke omgewingsrisiko’s inhou. Dit sal egter hoër risiko’s vir sosiale funksies/prosesse, groter

kapitaal- en bedryfskoste en laer padgebruikerkostebesparing, asook algehele finansiële en

ekonomiese voordele meebring. Dit is hoofsaaklik omdat die R61 ongeveer 19 km langer en van

swakker vertikale en horisontale belyning as die bestaande N2 is. Padgebruikers sal dus verkies om

die bestaande N2 tussen Mthatha en Port Shepstone te gebruik, eerder as ‘n opgegradeerde R61.

Die koste om die bestaande R61 op te gradeer, sal derhalwe nie regverdig kan word nie. In die lig

van hierdie oorwegings word daar voorgestel dat opgradering van die bestaande R61 nie oorgedra

word vir verdere ondersoek in die Impakevalueringsfase van die OIE nie; en

• Vergeleke met die beoogde toldeurpad sal opgradering van die bestaande N2 laer risiko’s vir

sensitiewe ekostelsels asook laer kapitaal- en bedryfskoste meebring. Opgradering van die

bestaande N2 sal egter hoër risiko’s vir sosiale funksies/prosesse en aansienlik (dit wil sê, grootteordes)

laer padgebruikerkostebesparing algehele finansiële (en ekonomiese) voordele meebring

(voeg daarby die feit dat dit ongeveer 75 km langer en van swakker belyning as die beoogde

toldeurpad is). Die vertikale belyning sal minder energie/brandstof-doeltreffend wees, vergeleke met

die beoogde toldeurpad, aangesien daar aansienlik meer op- en afdraandes sal wees. Verder sal

opgradering van die bestaande N2 tussen Mthatha en Port Shepstone niks verander aan die huidige

swak toegang tot die Wildekusgebied nie. Dit is so aangesien ʼn betreklik klein gedeelte van reise

onderneem sal word op die opgegradeerde pad, in verhouding tot reise op distriks- en plaaslike

paaie. In die lig van hierdie oorwegings word daar voorgestel dat opgradering van die bestaande N2

tussen Mthatha en Port Shepstone R61 nie oorgedra word vir verdere ondersoek in die

Impakevalueringsfase van die OIE nie.

Vier alternatiewe groenlandbelynings tussen Lusikisiki en die Mthamvunarivier is oorweeg, naamlik (sien

Figuur 2):

CCA Environmental (Edms) Beperk xviii April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

• SANPAB se voorkeurbelyning;

• Die binnelandse Mzamba-roete;

• Die kusroete; en

• Die ROI-roete.

‘n Vergelykende ontleding van die omgewings-, tegniese, finansiële en ekonomiese implikasies van die

alternatiewe groenlandroetes tussen Lusikisiki en die Mthamvunarivier word in Tabel 12 aangegee.

Tabel 12 Vergelyking van die omgewings-, tegniese, finansiële en ekonomiese implikasies

van alternatiewe groenlandbelynings tussen Lusikisiki en die Mthamvunarivier

MAATSTAF / ASPEK

SANRAL SE

VOORKEUR-

ROETE

BINNELAND-

SE MZAMBA-

ROETE

ROI-ROETE

KUS-

ROETE

OMGEWINGSOORWEGINGS

Potensiële verlies van sensitiewe ekostelsels Medium tot hoog Medium tot hoog Hoog Hoog

Geraamde getal huishoudings en besighede

wat verskuif sal moet word

99 114 91 89

Potensiële verlies van toegangsroetes Laag tot medium Medium Laag tot Laag tot

medium medium

Fragmentering van gemeenskappe Laag tot medium Medium Laag tot Laag tot

TEGNIESE OORWEGINGS

medium medium

Lengte van roete (km) 78 87 78 78.5

Integrering met provinsiale padnetwerk en Baie goed Baie goed Matig tot swak Swak

voorsiening van toegang tot

Wildekus-gemeenskappe

Geraamde reistyd (ligte voertuig) 46 min 53 min 47 min 48 min

Vertikale belyning Matig tot goed Swak tot matig Goed Goed

FINANSIëLE EN EKONOMIESE OORWEGINGS (Huidige Waarde)

Kapitaal- en bedryfskoste (R miljoen) -664.9 -660.8 -664.9 -669.2

Koste van groot brûe (R miljoen) -530.5 -671.7 -232.7 -671.7

Padgebruikerkoste (R miljoen) -1,899.1 -2,294.9 -1,899.1 -1,911.2

Totale Koste (R miljoen) -3,094.3 -3,627.4 -2,796.7 -2,771.9

Die volgende gevolgtrekkings blyk uit die alternatiewe groenlandbelynings tussen Lusikisiki en die

Mthamvunarivier:

• Die ROI- en Kusroete sal soortgelyke omgewings-, tegniese, finansiële en ekonomiese koste

meebring en sal aansienlik goedkoper as die ander groenlandbelynings wees. Die ROI- en Kusroete

sal egter groot nadele inhou, te wete:

Beide loop deur die Mkambati-natuurreservaat en dit sal ʼn hoë risiko vir die ekologiese integriteit

van dié statutêr geproklameerde reservaat inhou;

Die ROI-roete sal regstreeks inwerk op die habitat van ‘n bekende aasvoëlkolonie by die

Msikabarivier; en

Die Kusroete sal swak verbindings met die bestaande plaaslike padnetwerk en met bestaande

gemeenskappe hê; dit sal met ander woorde ver verwyderd wees van die geografiese

gemeenskapsentra wat tussen die rivierravyne geleë is. Die ROI-roete sal in hierdie opsig

gunstiger wees as die Kusroete, maar word as minder gunstig as SANRAL se voorkeurroete en

die binnelandse Mzamba-roete beskou.

• SANRAL se voorkeurroete en die binnelandse Mzamba-roete sal soortgelyke, maar laer risiko’s vir

sensitiewe ekostelsels inhou, vergeleke met die ROI- en Kusroete aangesien eersgenoemde ʼn laer

verhouding habitats met ʼn hoë sensitiwiteit sal affekteer. Die binnelandse Mzamba-roete sal egter

hoër risiko’s vir sosiale funksies/prosesse asook hoër kapitaal- en bedryfskoste, brugkonstruksie- en

padgebruikerkoste meebring. Daar word derhalwe gemeen dat die binnelandse Mzamba-roete geen

CCA Environmental (Edms) Beperk xix April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

voordeel bó SANRAL se voorkeurroete inhou nie en dit sal dus nie vir verdere ondersoek in die

Impakevalueringsfase van die OIE oorgedra word nie.

ʼn Bykomende groenlandroete, wat noordwes van die Msikaba-sandsteenformasie geleë sal wees en dus

die Pondoland Centre of Endemism sal ontwyk, is ook oorweeg vir vergelyking met die ander alternatiewe

groenlandbelynings. Hierdie belyning is verkry danksy die “Quantum Pathfinder”korridorroeteseleksieprogram,

ʼn kunsmatige intelligensie-sagtewarepakket wat die mees

koste-doeltreffende korridor vir ʼn roete teoreties kan bepaal, gebaseer op voorafbepaalde

uitsluitingsone-, koste- en ontwerpkriteria. Sodoende is ʼn minimum van 50 moontlike belynings bepaal,

waarvan die goedkoopste en mees logiese belyning vir insluiting in die ontleding gekies is. Die

bevindings word hieronder bespreek:

• Die roete word beskou as van lae tot medium risiko vir ekologies sensitiewe habitats en word dus

geag die gunstigste van die groenlandbelynings in terme van potensiële verlies van sensitiewe

ekostelsels te wees. Dit sal egter die hoogste getal huishoudings en besighede affekteer en die

risiko vir kulturele en sosiale funksies/prosesse word as medium tot hoog beskou. Hierdie roete sal

aansienlik duurder as die ander belynings wees (totale koste -R 5.73 miljard); dit sal amper dubbeld

die koste wees van SANRAL se voorkeurroete (-R3.09 miljard) en ongeveer 10 km langer. Die bou

van drie lang brûe (altesaam 4.8 km) en ‘n tonnel van 3.1 km sal vir dié roete nodig wees. Vergeleke

met die ander groenlandroetes sal sy vertikale belyning ook minder energie/brandstof-doeltreffend

wees aangesien daar aansienlik meer op- en afdraandes sal wees, met gevolglike veel laer

padgebruikervoordele. Hierdie roete word dus nie as finansieel en ekonomies lewensvatbaar beskou

nie.

Die volgende alternatiewe word ter opsomming as uitvoerbaar beskou en sal oorgedra word om in die

Impakevalueringsfase van die OIE geëvalueer te word:

• Die niks-doen-alternatiewe;

• SANRAL se voorkeurbelyning tussen Lusikisiki en die Mthamvunarivier;

• Terrein-spesifieke alternatiewe roetebelynings in die groenlandseksies van die beoogde projek, dit

wil sê in die seksies tussen Ndwalane en Ntafufu, asook tussen Lusikisiki en die Mthamvunarivier,

soos volg:

- alternatiewe vir die beoogde belyning tussen Ndwalane en die Mzimvuburivier;

- alternatiewe vir die beoogde belyning in die omgewing van die dorpie Ntafufu en die Ntafufurivier;

- alternatiewe vir die beoogde belyning van die toegang tot die Msikaba-brugterrein;

- alternatiewe vir die beoogde belyning oor die Mthenturivier; en

- alternatiewe vir die beoogde belyning oor die Mnyamenirivier.

• Alternatiewe hooflyntolplazaliggings vir SANRAL se voorkeur Ndwalane- en Mthentu-

hooflyntolplaza.

6. GEAFFEKTEERDE OMGEWING

Die beoogde N2-Wildekustoldeurpad sal deur dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal in die oostelike

deel van Suid-Afrika loop. Dié streek is oorwegend ʼn somerreënvalgebied, en die meeste reën kom in

die lente- en somermaande (Oktober tot Maart) voor. Daar is ʼn gradasie in die klimaatstelsel oor die

studiegebied, met die noordelike deel van die Oos-Kaap wat koel subtropiese toestande ervaar, terwyl

KwaZulu-Natal se klimaat as warm subtropies bestempel kan word.

Die algemene topografie van die roete word gekenmerk deur golwende terrein met diep ingekeepte

riviervalleie, veral in die groenlandseksie tussen Lusikisiki en die Mthamvunarivier. Die gebied van die

kusplato af dieper die binneland in word gekenmerk deur erg gebroke en ruwe bergagtige terrein met wyd

geërodeerde rivierstroomgebiede. Die landskap styg oor die algemeen steil landinwaarts (800 m by Holy

Cross, 1000 m by Flagstaff), en 200 km van die kus af word die piek in die 3000 m hoë

Drakensbergreeks bereik.

CCA Environmental (Edms) Beperk xx April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

Die beoogde deurpad sal talle dreineringslyne en riviere kruis, waarvan die belangrikheid as laag tot baie

hoog aangeslaan word. Estuariums langs die Wildekus is nasionaal geïdentifiseer as botanies van groot

belang, waaronder die Mngazana, Mbashe en Keiskamma. Estuariums noord van Port Edward, ofskoon

dit in ʼn groter mate deur ontwikkeling versteur is, is ook reserwes van biodiversiteit en speel ʼn belangrike

rol in die ekostelsel. Die beoogde padbelyning sal nie oor groot vleilandstelsels gaan nie. Die vleilande

langs die roete is oor die algemeen klein en kom voor in die vorm van moerasagtige sypelhellingstelsels

vanweë die topografie en geologie van die streek. Verskeie visspesies in die Rooi Databoek word in

waterstelsels langs die hele roete aangetref.

Planttipes in die studiegebied sluit ʼn verskeidenheid gras- en bosveld asook woude in. Die

groenlandseksie tussen Luskikisiki en Port Edward sal die Pondoland Centre of Endemism (PCE) in twee

deel en sal deur dele van die beoogde Pondolandse Biosfeerreservaat loop. Die PCE is onlangs deur

Conservation International, die IUCN en die World Wildlife Foundation as een van 235 botaniese wêreldgevaarsones

vir plantdiversiteit erken. ‘n Pleidooi vir beskerming van die PCE het ook van die

Strategiese Evaluering van Biodiversiteit in die Oos-Kaap opgegaan. Die Pondolandse Biosfeerreservaat

sal van die noordelike oewer van die Mzimvuburivier by Port St Johns tot by die suidelike oewer van die

Mthamvunarivier naby Port Edward, oor ‘n afstand van ongeveer 80 km strek.

Kennis van die fauna van die voormalige Transkei, meer bepaald die beoogde groenlandkorridor, bly

gebrekkig. Volgens beskikbare inligting is daar hoë faunabiodiversiteit en talle inheemse spesies binne

beskermde gebiede. Die fauna van die streek buite hierdie gebiede word oor die algemeen as verarm

beskou, te wyte aan grootskaalse oorbeweiding en ander mensverwante invloede. Die voëls van die

streek word betreklik goed bestudeer.

Die Oos-Kaap is een van die ekonomies swakker provinsies van Suid-Afrika en met ʼn relatief groot

landelike bevolking is die werkloosheidsyfer deurgaans hoër as die nasionale gemiddeld. Dit sluit die

voormalige Oostelike Provinsie, Grens, die noordoostelike Kaapse gebiede asook die voormalige

sogenaamde tuislande van Transkei en Ciskei in. Belangrike gemeenskappe langs die beoogde

toldeurpad is onder meer dié van kommersiële boerderye, klein plattelandse dorpies (bv. Dutywa), groter

sekondêre en streeksdorpe (bv. Mthatha), bestaans-plattelandse dorpies en verspreide gemeenskappe,

wat tipies van die Oos-Kaap is. Sommige van hierdie gemeenskappe is van die armste in Suid-Afrika.

Toerisme is ‘n belangrike ekonomiese bedrywigheid in die twee streke waardeur die beoogde toldeurpad

sal loop. Die Oos-Kaap is die vyfde gewildste provinsie wat deur buitelandse toeriste besoek word;

KwaZulu-Natal is derde, ná Gauteng en die Wes-Kaap. In die kategorie van binnelandse oornagritte

word KwaZulu-Natal tweede ná Gauteng geplaas, terwyl die Oos-Kaap die derde plek beklee.

• Die beplanning-, regs- en beleidskonteks van die beoogde projek word op etlike vlakke voorsien, dit

wil sê die nasionale, provinsiale, distriks-, metropolitaanse en plaaslike vlak. Verskeie gedeeltes van

nasionale wetgewing sal op die beoogde projek van toepassing wees. Dit sluit in etlike

permitvereistes ten opsigte van bepaalde aspekte van die beoogde projek, soos die ontwikkeling van

leen- of klipgroewe en potensiële watergebruikaktiwiteite. Ingevolge biodiversiteitsbewaring in die

Oos-Kaap en kragtens die program vir die bewaring en volhoubare ontwikkeling van die Wildekus is

ʼn aantal strategiese dokumente onlangs opgestel waaronder ‘n Bewaringsevaluering,

Biodiversiteitstrategie-en-aksieplan, en Strategiese Omgewingsevaluering (SOE).

7. KWESSIES EN BESORGDHEDE

7.1 VORIGE OIE-PROSES

Die kwessies en besorgdhede wat tydens die vorige OIE-proses geopper is, is georden en in 12

hoofkategorieë geplaas. Dit is slegs geriefshalwe só georden en beteken glad nie dat die kategorieë

bepalend en uitsluitend is nie. Die kategorieë, met toepaslike subkategorieë, is soos volg:

CCA Environmental (Edms) Beperk xxi April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

a) Sosiale kwessies – gesondheids- en veiligheidsimpak; omgewingsgeregsimplikasies; sosiale

verantwoordelikheid; impak op kulturele waardes; toegang tot plaasgrond; sosiale voordele/impak;

vergoeding, onteiening en verskuiwing; skeiding; grondeise; grafte en historiese erfenis; en

onregstreekse sosiale impak.

b) Ekonomiese kwessies – impak van tol op pendelaars; impak op gemeenskappe van Pondoland;

impak op toerisme in Pondoland; impak op dorpe wat uitgesluit is; impak op dorpe langs die

Bo-Suidkus van KwaZulu-Natal; impak op toerisme na KwaZulu-Natal se Suidkus; impak op dorpe

en gemeenskappe tussen Port St Johns en Oos-Londen; werkskepping; finansiële en ekonomiese

lewensvatbaarheid van die beoogde projek; ekonomiese doeltreffendheid van tol; bemagtiging;

impak op besighede; impak op landboupraktyke; padgebruikerkoste en -voordele; voordele van die

tolpad; makro-ekonomiese impak; impak op eiendomswaardes; en omgewingshulpbronekonomie.

c) OIE-proses en regskwessies – ontoereikendheid van inligting en evaluering; evaluering van

alternatiewe roetebelynings; evaluering van alternatiewe finansieringsmeganismes; evaluering van

alternatiewe vervoermetodes; evaluering van ander alternatiewe, waaronder die niks-doen-opsie;

evaluering van alternatiewe tolplazaliggings; evaluering van kumulatiewe impak; gebrekkige OIEproses;

vooroordeel jeens die Applikant; gebrek aan SOE en ander ontwikkelingbeplanningstudies;

skakeling met mynbou; statutêre verpligtinge; regskwessies; aanvang van konstruksie;

Omvangbepaling; Rekord van Besluit; volhoubare ontwikkeling; projekbeskrywing; en Konsep-

OBP.

d) Alternatiewe roetes – voorsiening en opgradering van alternatiewe roetes; en impak van

verkeersomleiding op alternatiewe roetes.

e) Tolkwessies – beweegrede vir tol op ‘n nasionale vlak; brandstofheffing; oormatige belasting;

onvoldoende inligting oor tolgelde; Wet op Nasionale Paaie, Ongevraagde Voorstel- en

Tolverklaringsproses; kruissubsidiëring; ligging en getal tolplazas; opeenhoping deur tolplazas

veroorsaak; tolgelde en invorderingsmetodes; en diskonto’s.

f) Spesialisstudiekwessies – hidrologie; botaniese kwessies; lugbesoedeling; visuele kwessies;

geraasbesoedeling; ekonomie; gesondheid; klimaat, grondsoorte en landbou; fauna; akwaties;

erfenis; maatskaplik; beplanning/ontwikkeling in die Oos-Kaap; toerisme; en verkeersimpakstudie.

g) Proses van openbare oorleg – deursigtigheid van proses en verskaffing van inligting; proses van

openbare oorleg; besorgdhede geopper maar nie ingesluit nie; verspreiding van dokumente vir

hersiening; bydraes tot spesialisstudies; oorleg met owerhede; gebruik van die media; en

openbare oorleg in die toekoms.

h) Omvang van werk en konstruksiekwessies – rehabilitasie; monitering; OBP; Konstruksiefase;

kasduikers, duikers en oorbrûe; brûe; kruisings en wisselaars; padverbreding, verbeterde vertikale

en horisontale belyning; toegang tot die tolpad; ligging van roete deur groenlandseksie; padtekens

en beligting; waginhamme en rusplekke; padinstandhouding; omheinings; sekondêre

toegangspaaie; ontwerpstandaarde; koste van projek; en voorvalbestuur.

i) Biofisiese kwessies – uitwerking op wildernisgebiede; uitwerking op biodiversiteit; uitwerking op

Pondoland Centre of Endemism; uitwerking op vleigebiede, riviere, estuariums en ravyne;

gronderosie; impak op fauna; kusgebiede.

j) Pad-, verkeers- en vervoerkwessies – verkeersopeenhoping; verkeers- en vervoerstudies en -data;

opgradering van bestaande paaie eerder as om ‘n tolpad te bou; kring- en verbypaaie; impak op

Durbanse Internasionale Lughawe; impak op openbare vervoer / taxibedryf; swaar voertuie; stand

van en impak op die huidige N2-roete; en padveiligheidskwessies.

k) Beplanning- en beleidskwessies – lintontwikkeling; uitwerking van verbeterde toegang tot die

afgeleë Pondolandgebied; Wildekus-ROI; grondgebruikbeplanning en Geïntegreerde

CCA Environmental (Edms) Beperk xxii April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

Ontwikkelingsplanne (GOP’s); totstandkoming van die Pondolandse Nasionale Park /

Bewaringsgebied; behuising en ander nuwe ontwikkelings; impak op plaaslike owerhede;

bevoegdheid van owerhede; Provinsiale Groei-en-ontwikkelingstrategie.

l) Motivering vir / Behoefte aan die projek – motivering vir die projek; motivering vir tol van die

bestaande N2 aan die KwaZulu-Natalse Suidkus; motivering vir tol van die bestaande N2 in die

Oos-Kaap; en motivering vir tol van die bestaande R61 in die Oos-Kaap.

7.2 SLEUTELTEKORTKOMINGE EN/OF -LEEMTES WAT IN DIE HUIDIGE OIE-

PROSES REGGESTEL MOET WORD

Die kwessies en besorgdhede wat tydens die vorige OIE-proses geopper is, is geoudit ten einde

sleuteltekortkominge en/of -leemtes te identifiseer wat in die nuwe OIE-proses reggestel moet word.

Die volgende sleuteltekortkominge en/of -leemtes is geïdentifiseer:

a) OIE- en openbare oorlegproses

• Toereikendheid van die motivering vir die ontwikkeling van die pad;

• Toereikendheid van die ontleding van alternatiewe;

• Gedetailleerde beskrywing van die belyning van die beoogde pad;

• Toereikendheid en integrering van spesialisstudies;

• Oorweging van onlangse strategiese beplanning- en beleidsdokumente (bv. verslae wat deel

uitmaak van die Projek vir die Bewaring en Volhoubare Ontwikkeling van die Wildekus);

• Oorweging van konstruksieverwante impak; en

• Evaluering van impak met betrekking tot die niks-doen-alternatiewe.

b) Biofisiese aspekte

• Toereikendheid van botaniese opname;

• Oorweging van potensiële impak op ekostelselprosesse (en in besonder die prosesse wat verband

hou met die Pondoland Centre of Endemism); en

• Evaluering van die ekologiese volhoubaarheid van die beoogde projek.

c) Sosio-ekonomiese aspekte

• Oorweging van mynbou- en ander inisiatiewe vir streeksbeplanning en -ontwikkeling;

• Evaluering van die beoogde projek se potensiële impak op die dorpies langs die bestaande N2

tussen Mthatha en Port Shepstone en die bestaande R61 tussen Lusikisiki en Port Edward;

• Oorweging van tol- en verwante sosio-ekonomiese impak [daar dien egter op gelet te word dat

tolaspekte kragtens toepaslike wetgewing deur die Minister van Vervoer oorweeg sal word];

• Oorweging van makrovervoerkwessies en potensiële impak van verkeersomleiding vanweë tol;

• Oorweging van potensiële impak op terreine van geestelike en godsdienstige belang;

• Oorweging van landelike bestaansmiddele en die gebruik van medisinale en ander natuurlike

veldprodukte; en

• Evaluering van die sosiale en ekonomiese volhoubaarheid van die beoogde projek.

7.3 HUIDIGE OIE-PROSES

Die kwessies en besorgdhede wat ten opsigte van hierdie OIE-proses geopper is, soos in die AID

uiteengesit, is georden en in 20 kategorieë geklassifiseer. Dit is slegs geriefshalwe só georden en

beteken nie dat die kategorieë bepalend en uitsluitend is nie. Die kategorieë is soos volg:

CCA Environmental (Edms) Beperk xxiii April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

• Rol van SANRAL en N2-Wildekuskonsortium

• Studieplan vir Omvangbepaling

• Tolverklaringsproses en evaluering van

tolimpak in die OIE

• Inligting in Agtergrondinligtingsdokument

• OIE-tydraamwerke

• Keuse van hoofkonsultante

• Onafhanklikheid van konsultante

• Openbare oorlegproses

• OIE-proses

• Gebruik van inligting uit die vorige OIE

• Evaluering van alternatiewe

• Verskaffing van inligting in die OIE

• Projekbeskrywing

• Geldigheid van inligting uit die vorige studie

• OIE-regulasies

• Motivering vir die projek

• Omvang van kwessies wat in die OIE

geëvalueer moet word

• Spesialiskonsultante

• Geldigheid van verkorte

Omvangbepalingstudieproses

• Gebrek aan SOE.

‘n Gedetailleerde Kommentaar-en-antwoordverslag oor die AID verskyn as ‘n aanhangsel by die KOV.

8. DIE PAD VORENTOE

8.1 FINALISERING VAN OMVANGBEPALINGSVERSLAG

Die afhandeling van die Omvangbepalingstudie behels openbare kennisgewing dat die KOV vir

hersiening en kommentaar beskikbaar is en dat die dokument op openbare vergaderings,

Fokusgroepvergaderings en imbizo’s bespreek kan word. B&GPe sal agt weke gegun word om

kommentaar op die verslag te lewer. Besonderhede van plekke waar die KOV beskikbaar sal wees,

asook van openbare vergaderings tydens die kommentaartydperk, verskyn in die KOV en sal ingesluit

word in die openbare kennisgewing dat die KOV beskikbaar is. Die volledige verslag sal ook beskikbaar

wees op die webwerwe www.ccaenvironmenal.co.za en www.nra.co.za. Kommentaar vir insluiting in die

Finale Omvangbepalingsverslag (FOV) moet NMA voor of op Vrydag, 9 Junie 2006 bereik.

Die KOV sal tot ‘n FOV bygewerk word, met oorwoë inagname van die kommentaar wat ontvang is. Alle

sodanige kommentaar sal saamgevat word in ‘n Kommentaar-en-antwoordverslag wat deel van die FOV

sal uitmaak. By voltooiing van die FOV sal dit vir aanvaarding aan DOST (die leidende

omgewingsgesag), asook die omgewingsowerhede van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorgelê word.

Die provinsiale omgewingsowerhede sal na verwagting kommentaar aan DOST deurgee oor die

toereikendheid van die Omvangbepalingstudie en FOV, asook die pad vorentoe wat die OIE-proses

betref.

8.2 IMPAKEVALUERINGSFASE

8.2.1 SPESIALISSTUDIES

Die vorige spesialisverslae word as onafhanklike spesialisstudies beskou wat, behalwe in twee gevalle,

vir gebruik in die huidige OIE geskik is,. Die deskundige Oos-Kaapse beplanningstudie en die visuele

studie sal oorgedoen moet word in die lig van die vorige omgewingskonsultant se gerekende gebrek aan

onafhanklikheid.

Algemene en spesifieke opdragte vir bygewerkte of nuwe spesialisstudies is geformuleer om te verseker

dat alle betrokke kwessies en besorgdhede voldoende aandag in die huidige OIE geniet. Die

spesialisstudies word veral op die volgende sake gerig:

• Hersiening van die vorige onafhanklike spesialisverslae, waar van toepassing, om die voortgesette

relevansie daarvan te bepaal;

• Bywerking van bestaande inligting, waar van toepassing, in die lig van enige relevante nuwe inligting

en huidige projekbesonderhede; en

CCA Environmental (Edms) Beperk xxiv April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

• Die versekering dat alle toepaslike kwessies / potensiële impak en tekortkominge en/of leemtes

voldoende aandag geniet.

Die volgende spesialisstudies sal van toepassing wees:

• Plantegroei en flora;

• Fauna;

• Akwatiese ekostelsels;

• Grondsoorte, grondgebruik en landbou;

• Sosiaal;

• Toerisme;

• Kulturele en historiese erfenis;

• Geraas;

• Lugkwaliteit;

• Visueel;

• Verkeer;

• Beplanning/Ontwikkeling; en

• Ekonomies.

Kundiges sal nodig wees om die potensiële impak in terme van ‘n streng evalueringsmetodologie te

beoordeel en te evalueer. Dit sal die oorweging van onsekerheid en potensiële kumulatiewe uitwerking

insluit. Spesialiste sal ook nodig wees om aanbevole mitigasiemaatreëls in die lig van die waarskynlike

doeltreffendheid en uitvoerbaarheid daarvan te oorweeg.

Hierdie persone sal ʼn aanvanklike werkswinkel moet bywoon om integrering tussen die onderskeie

spesialisstudies te fasiliteer. Terselfdertyd sal verskeie vergaderings met sleutelbelangegroepe en/of -

gemeenskappe gehou word om die potensiële impak na aanleiding van die beoogde projek verder te

bespreek en te begryp.

Voor afhandeling van die spesialisverslae sal die bevindings aan die projek-tegniese span voorgelê word

ten einde ʼn duidelike prentjie voor te hou van waar enige waarskynlike probleme sou bestaan en om die

tegniese span in staat te stel om bereikbare alternatiewe (bv. ontwerp- of belyningsveranderings) te

identifiseer.

Onafhanklike deskundiges op die onderskeie spesialisstudieterreine sal die toereikendheid van die

spesialisverslae hersien voordat dit gefinaliseer en in die volgende fase van die OIE geïntegreer word.

8.2.2 INTEGRERING EN EVALUERING

Die oogmerk met hierdie fase sal wees om die bevindings van die spesialisstudies en ander toepaslike

beskikbare inligting in ‘n Konsep-omgewingsimpakverslag (OIV) saam te voeg en om openbare

kommentaar op die verslag aan te vra. Kommentaar wat ontvang word, sal in ʼn Kommentaar-enantwoordverslag

saamgevat word. ‘n Finale OIV sal dan opgestel word, met behoorlike oorweging van

sodanige kommentaar, en aan DOST en die toepaslike provinsiale omgewingsowerhede vir oorweging en

besluitneming voorgelê word. Ná die uitreiking van die RvB sal enige B&AP (die Applikant ingesluit) ‘n

statutêre tydperk van 30 dae gegun word om teen die besluit te appelleer.

8.2.3 OMGEWINGBESTUURSPLAN

Na verwagting sal ‘n Konsep-OBP gelyktydig met die indiening van die finale OIV ingedien word, soos

deur DOST vereis. In die Konsep-OBP sal aksies, verantwoordelikhede en roosters vir die

implementering van die mitigasiemaatreëls, soos in die OIE bepaal, uiteengesit word. Die OBP sal ook

monitering- en hersieningsmetodes insluit om die graad van sukses van die mitigasiemaatreëls te meet.

Die moniteringsprogram sal die aspekte wat gemoniteer moet word, die voorgestelde aard van die

monitering, asook evalueringsprosedures tydens die konstruksie- en bedryfsfase van die beoogde projek

omskryf.

CCA Environmental (Edms) Beperk xxv April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

to Richards Bay

Howick

KWAZULU-

NATAL

KWAZULU-

NATAL

Pietermaritzburg

FREE STATE

N2

R617

NORTHERN CAPE

Durban

Durban

N3

LESOTHO

Indi a n O c ea n

Mthatha

Start/End

Isipingo

Mkomazi

East London

EASTERN CAPE

WESTERN CAPE

Amanzimtoti

Cape

Town

Ixopo

0 200 400km

Port Elizabeth

Umkomaas

R612

Park Rynie

Mzimkhulu

EASTERN CAPE

Matatiele

Kokstad

Hibberdene

Harding

Port Shepstone

N2

Mthamvuna

Bizana

Mount

Frere

Mount

Fletcher

R61

Mzamba

Mzintlava

Tsitsa

Port Edward

Flagstaff

Mthentu Mnyameni

Mzimvubu

Maclear

Thina

Mkambati

Nature Reserve

Msikaba

Lusikisiki

Tsitsa

Bridge

EASTERN CAPE

Ntafufu

Mzimvubu

Mthatha

Existing N2

Existing R61

N2 sections of proposed toll highway

R61 sections of proposed toll highway

Greenfields sections of proposed toll highway

Existing mainline toll plaza location Small Big

X234

Proposed mainline toll plaza location Exit ??

R??

Annot

Major river

Port St Johns

Ndwalane

Ngcobo

Candu

White Kei

Queenstown

Mthatha

Tsomo

Coffee

Bay

Indian Ocean

Dutywa

Cofimvaba

Black Kei

Mbhashe

Cathcart

Ngobozi

Komga

N6

Great Kei

R63

Kei Mouth

Bhisho

0 50 100 km

Gonubie

East

London

N2

Start/End

to Grahamstown

Figuur 1 Die beoogde N2-Wildekustoldeurpadroete tussen die Gonubie-wisselaar (Oos-Kaap) en die Isipingo-wisselaar (KwaZulu-

Natal)

CCA Environmental (Edms) Beperk xxvi April 2006
Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

R61 to Bizana

R61 to Flagstaff

SANRAL Preferred Route

Ntlakwe

Inland Mzamba Route

Lusikisiki

Mtentshwana

Mtentu

Nkunzimbini

Zangontsha

Msikaba

Ntentula

Mateku

Mpondombini

Mkamela

Mtamvuna

Mzamba

SANRAL

Preferred

Route

Mpahlane

Magwa

Port

Edward

Mtentu

Mkambati

Mnyameni

SDI

Route

Tanga

Msikaba

Cutweni

Mkweni

Coastal

Route

Mkambati

I ndian O ce a n

Secondary roads

Major river

Urban areas and settlements

0 5 km

Proposed toll road

SANRAL preferred route

Inland Mzamba route

Coastal route

SDI route

Figuur 2 Alternatiewe groenlandroetes tussen Lusikisiki en die Mthamvunarivier

CCA Environmental (Edms) Beperk xxvii April 2006