02.05.2013 Views

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

4.2.6 SEKSIE 6: LUSIKISIKI (MAGWA-KRUISING) NA MTHAMVUNARIVIER

Hierdie seksie sal die bou van ‘n nuwe groenlandpad volgens nasionale padstandaard behels.

‘n Aantal diep ingekeepte ravyne en kleiner strome sal oorbrug moet word. Die ravyne, waarvan

sommige 200 tot 300 m diep is, is onder meer die Msikaba-, Mthentu-, Kwadlambu-, Mnyameni-,

Kulumbe-, Mpahlane- en Mzambarivierravyn. Die beoogde boubedrywighede per padseksie tussen

Lusikisiki (Magwa-kruising) en die Mthamvunarivier word in Tabel 9 aangegee.

Tabel 9 Beoogde boubedrywighede per padseksie tussen Lusikisiki (Magwa-kruising) en die

Mthamvunarivier

PADSEKSIE BEOOGDE BOUBEDRYWIGHEDE

Lusikisiki (Magwa-kruising)

na Msikabarivier

(19.5 km); nuwe padseksie

Msikabarivier na

Mthenturivier

(22 km); nuwe padseksie

Mthenturivier na

Mthamvunarivier

(33 km); nuwe padseksie

• Nuwe padkonstruksie op belyning van bestaande distrikspad tot by Msikaba Village, nuwe

frontwydte en toevoerpaaie.

• Nuwe groenlandkonstruksie van Msikaba Village tot Msikaba Gorge op ‘n

voorkeurbelyning.

• Hoëvlakbrug oor Msikabarivier.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, verbeterde en nuwe kruisings, omheinings,

padtekens en skramrelings.

• Nuwe padkonstruksie op ‘n voorkeurbelyning.

• Hoëvlakbrug oor die Mthenturivier.

• Veiligheidsmaatreëls soos oorbrûe en duikers, nuwe kruisings, omheinings, padtekens en

skramrelings.

• Nuwepad-konstruksie op ‘n voorkeurbelyning.

• Nuwe R61-wisselaar.

• Bou van hoëvlakbrugstrukture oor die Mnyameni-, Kulumbe-, Mpahlane- en Mzambarivier.

• Instandhouding en rehabilitasie van die bestaande Mthamvunarivier-brug.

• Veiligheidsdeviese soos oorbrûe en duikers, nuwe kruisings, omheinings, padtekens en

skramrelings.

Daar word beoog om ‘n hooflyntolplaza in die groenlandseksie noord van die Mthenturivierkruising – die

Mthentu-tolplaza -- te bou. ‘n Alternatiewe ligging vir ‘n tolplaza in hierdie seksie is geïdentifiseer,

naamlik in die omgewing van die beoogde kruising met die Holy Cross/Mkambati-pad.

4.2.7 SEKSIE 7: MTHAMVUNARIVIER NA ISIPINGO-WISSELAAR

Met die uitsondering van die Adamsweg-wisselaar en die beoogde hooflyntolplazas by Park Rynie en

Isipingo, sal alle boubedrywighede binne die bestaande padreserwe plaasvind. ‘n Gedetailleerde

beskrywing van die beoogde boubedrywighede per padseksie tussen die Mthamvunarivier en die

Isipingo-wisselaar word in Tabel 10 aangegee.

Tabel 10: Beoogde boubedrywighede per padseksie tussen die Mthamvunarivier en die Isipingowisselaar

PADSEKSIE BEOOGDE BOUBEDRYWIGHEDE

Mthamvunarivier na Southbroom

(23 km)

Southbroom na Marburgwisselaar

(22 km)

Marburg-wisselaar na St Faithswisselaar

(6 km)

• Opgradering van at-grade kruisings.

• Bou van Port Edward- en Southbroom-wisselaar.

• Verbetering van kruisinguitleg, waar nodig.

• Konsolidering van toegangspunte.

• Veiligheidsverbeterings.

• Geringe rehabilitasie en hervlakking, soos nodig.

CCA Environmental (Edms) Beperk xvi April 2006

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!