02.05.2013 Views

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

tolinvordering, plaza- en toerustinginstandhouding, roetebedryf, veiligheid, verkeersbestuur,

oorladingsbeheer en alle aspekte van padinstandhouding.

3.6 BEMAGTIGINGSTRATEGIE

‘n Strategie vir sosio-ekonomiese ontwikkeling (SEO) sal ʼn vereiste van die Konsessiekontrak wees. Die

SEO-strategie is gemik op die bemagtiging van plaaslike en voorheen benadeelde gemeenskappe binne

die projekgebied. Tydens alle fases van die projek sal dit werksgeleenthede vir plaaslike mense

maksimeer en die betrokkenheid van plaaslike entrepreneurs aanmoedig, veral Histories Benadeelde

Individue (HBI’e) asook Klein, Medium en Mikro-ondernemings (KMMO’s). Die vernaamste elemente van

die SEO-strategie is:

• Billikheidsdeelname deur HBI’e;

• Vaardigheidsontwikkeling en bemagtiging van ontluikende entrepreneurs en KMMO’s;

• Plaaslike indiensneming;

• Vaardigheidsoordrag in siviele ingenieurswese; en

• Sosiale ontwikkelingsprogramme wat opvoeding, opleiding en ontwikkeling insluit.

Ingevolge die Regering se breedgebaseerde inisiatiewe en sektor-oktrooie vir swart ekonomiese

bemagtiging sal kontrakwerk ten opsigte van ontwerp en konstruksie asook bedryf en instandhouding aan

KMMO’s en HBI’e toegeken word.

4. PROJEKBESKRYWING

4.1 BREË BESKRYWING VAN BEOOGDE PROJEK

Daar word beoog dat die ontwerp, konstruksie, finansiering, bedryf en instandhouding van die beoogde

deurpad as deel van ‘n 30-jaar-konsessiekontrak onderneem moet word.

Die sleutelkomponente van die beoogde projek sluit die volgende in:

• Opgradering en verbreding van bestaande padseksies (van die N2 en R61) as deel van die beoogde

projek (ongeveer 470 km);

• Nuwepad-konstruksie binne twee groenlandseksies (ongeveer 90 km);

• Bou van agt nuwe groot brûe;

• Opgradering en/of bou van nuwe padwisselaars en -kruisings; en

• Bou van gepaardgaande strukture soos tolplazas, voetgangeroorbrûe en duikers vir diere.

Die beoogde projek wil ‘n nasionale roete daarstel wat toegang tot en verbinding met die ooskusstreek

van Suid-Afrika verbeter, terwyl dit padgebruikerkoste verlaag en veiligheid, gerief en sosio-ekonomiese

voordele sal optimeer, deur die volgende:

• Opgradering en/of bou van die roete tot ‘n gepaste ontwerpspoed (90 tot 120 km/h) oor die grootste

deel daarvan, met ʼn minimum ontwerpspoed van 60 km/h oor kort seksies soos bergpasse,

byvoorbeeld die Kei-uitgrawings;

• Bou van ‘n tweelaan-enkelrybaan met wye skouers, terwyl dubbele rybane en/of klimlane gebou sal

word waar verkeersvolumes en veiligheidsvereistes dit regverdig;

• Bou en instandhouding van gepaste veiligheidsmaatreëls soos omheinings en oorbrûe/duikers vir

voertuie, voetgangers en vee, asook voetpaaie, met ʼn aantreklike padreserwe langs die hele roete;

• Konsolidasie en formalisering van toegange tot die beoogde toldeurpad ter wille van

padgebruikerveiligheid (in terme van sigafstande en die voorsiening van verkeersdraailane);

• Rehabilitasie en algehele verbetering van die padoppervlak oor bestaande seksies van die roete;

• Installering en instandhouding van padtekens, padbybehore en padnoodgeriewe; en

• Voorsiening van ‘n padreserwe langs die hele beoogde roete, wat deeglik in stand gehou sal word.

CCA Environmental (Edms) Beperk xi April 2006

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!