02.05.2013 Views

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

voordeel bó SANRAL se voorkeurroete inhou nie en dit sal dus nie vir verdere ondersoek in die

Impakevalueringsfase van die OIE oorgedra word nie.

ʼn Bykomende groenlandroete, wat noordwes van die Msikaba-sandsteenformasie geleë sal wees en dus

die Pondoland Centre of Endemism sal ontwyk, is ook oorweeg vir vergelyking met die ander alternatiewe

groenlandbelynings. Hierdie belyning is verkry danksy die “Quantum Pathfinder”korridorroeteseleksieprogram,

ʼn kunsmatige intelligensie-sagtewarepakket wat die mees

koste-doeltreffende korridor vir ʼn roete teoreties kan bepaal, gebaseer op voorafbepaalde

uitsluitingsone-, koste- en ontwerpkriteria. Sodoende is ʼn minimum van 50 moontlike belynings bepaal,

waarvan die goedkoopste en mees logiese belyning vir insluiting in die ontleding gekies is. Die

bevindings word hieronder bespreek:

• Die roete word beskou as van lae tot medium risiko vir ekologies sensitiewe habitats en word dus

geag die gunstigste van die groenlandbelynings in terme van potensiële verlies van sensitiewe

ekostelsels te wees. Dit sal egter die hoogste getal huishoudings en besighede affekteer en die

risiko vir kulturele en sosiale funksies/prosesse word as medium tot hoog beskou. Hierdie roete sal

aansienlik duurder as die ander belynings wees (totale koste -R 5.73 miljard); dit sal amper dubbeld

die koste wees van SANRAL se voorkeurroete (-R3.09 miljard) en ongeveer 10 km langer. Die bou

van drie lang brûe (altesaam 4.8 km) en ‘n tonnel van 3.1 km sal vir dié roete nodig wees. Vergeleke

met die ander groenlandroetes sal sy vertikale belyning ook minder energie/brandstof-doeltreffend

wees aangesien daar aansienlik meer op- en afdraandes sal wees, met gevolglike veel laer

padgebruikervoordele. Hierdie roete word dus nie as finansieel en ekonomies lewensvatbaar beskou

nie.

Die volgende alternatiewe word ter opsomming as uitvoerbaar beskou en sal oorgedra word om in die

Impakevalueringsfase van die OIE geëvalueer te word:

• Die niks-doen-alternatiewe;

• SANRAL se voorkeurbelyning tussen Lusikisiki en die Mthamvunarivier;

• Terrein-spesifieke alternatiewe roetebelynings in die groenlandseksies van die beoogde projek, dit

wil sê in die seksies tussen Ndwalane en Ntafufu, asook tussen Lusikisiki en die Mthamvunarivier,

soos volg:

- alternatiewe vir die beoogde belyning tussen Ndwalane en die Mzimvuburivier;

- alternatiewe vir die beoogde belyning in die omgewing van die dorpie Ntafufu en die Ntafufurivier;

- alternatiewe vir die beoogde belyning van die toegang tot die Msikaba-brugterrein;

- alternatiewe vir die beoogde belyning oor die Mthenturivier; en

- alternatiewe vir die beoogde belyning oor die Mnyamenirivier.

• Alternatiewe hooflyntolplazaliggings vir SANRAL se voorkeur Ndwalane- en Mthentu-

hooflyntolplaza.

6. GEAFFEKTEERDE OMGEWING

Die beoogde N2-Wildekustoldeurpad sal deur dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal in die oostelike

deel van Suid-Afrika loop. Dié streek is oorwegend ʼn somerreënvalgebied, en die meeste reën kom in

die lente- en somermaande (Oktober tot Maart) voor. Daar is ʼn gradasie in die klimaatstelsel oor die

studiegebied, met die noordelike deel van die Oos-Kaap wat koel subtropiese toestande ervaar, terwyl

KwaZulu-Natal se klimaat as warm subtropies bestempel kan word.

Die algemene topografie van die roete word gekenmerk deur golwende terrein met diep ingekeepte

riviervalleie, veral in die groenlandseksie tussen Lusikisiki en die Mthamvunarivier. Die gebied van die

kusplato af dieper die binneland in word gekenmerk deur erg gebroke en ruwe bergagtige terrein met wyd

geërodeerde rivierstroomgebiede. Die landskap styg oor die algemeen steil landinwaarts (800 m by Holy

Cross, 1000 m by Flagstaff), en 200 km van die kus af word die piek in die 3000 m hoë

Drakensbergreeks bereik.

CCA Environmental (Edms) Beperk xx April 2006

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!