02.05.2013 Views

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

ondersoeke onderneem en die nodige permitte kragtens die Wet op die Ontwikkeling van Mineraal-

en Petroleumhulpbronne (Wet 28 van 2002) bekom;

• Die identifisering en beskrywing van oorskietgrondgebiede is nie by hierdie studie ingesluit nie. Daar

word verwag dat hierdie inligting as deel van die volgende OIE-fase voorgelê sal word; en

• Die openbare oorlegproses wat as deel van die vorige OIE-proses onderneem is, word geag

dermate voldoende en genoegsaam te wees dat die aanvanklike openbare interaksie wat gewoonlik

met die begin van ʼn Omvangbepalingstudie gepaard gaan, nie herhaal hoef te word nie. Die

geloofwaardigheid van hierdie uitgangspunt word verder versterk in die oorspronklike RvB wat deur

DOST uitgereik is, waarin verklaar word dat “die openbare deelnameproses (wat) as deel van die

OIE-proses gevolg is, aan die vereistes van die regulasies voldoen het” (Item 8.3).

2. BENADERING VAN DIE OMVANGBEPALINGSTUDIE

Inligtinggewys steun die Omvangbepalingstudie grootliks op die beskikbaarheid van bestaande inligting

wat in die vorige OIE van die beoogde projek vervat is. Die vorige OIE-proses het ʼn uitgebreide

openbare oorlegproses ingesluit, wat voldoen het aan die vereistes van die OIE-regulasies wat deur

onafhanklike openbare oorlegkonsultante onderneem is. Die databasis van B&GPe wat inligting ontvang

het en genooi is om kommentaar op die beoogde projek te lewer, het by voltooiing van die vorige OIE op

ongeveer 3 500 te staan gekom. Die beoogde projek is ook wyd geadverteer en het prominente

mediadekking geniet. Bestaande inligting dui daarop dat altesaam 340 vergaderings gedurende die

vorige OIE gehou is en dat die dekking en bestek van gewerfde organisasies en sektore omvattend was.

2.1 OMVANGBEPALINGSPROSES EN OPENBARE OORLEGBEDRYWIGHEDE

Die volgende bedrywighede is tot nou as deel van die Omvangbepalingstudieproses onderneem:

• Vooraansoekvergadering op 15 April 2005 met die omgewingsowerhede insake die beoogde projek

en beoogde benadering van die OIE;

• Indiening van relevante Aansoek om Magtigingvorms en ʼn Studieplan vir Omvangbepaling (29 April

2005) by die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme (DOST; die leidende

omgewingsgesag), die Oos-Kaapse Departement van Ekonomiese Sake, Omgewing en Toerisme, en

die Departement van Landbou en Omgewingsake van KwaZulu-Natal. Op 20 Junie 2005 het DOST

die Studieplan vir Omvangbepaling aanvaar.

• Kantooroudit van kwessies en besorgdhede wat tydens die vorige OIE-proses en appèltydperk

geopper is;

• Hersiening van vorige verslae, spesialisstudies en openbare oorlegproses wat as deel van die vorige

OIE-proses onderneem is;

• Terreinbesoeke deur die studiegebied gedurende Mei en Oktober 2005;

• Die opstel van ʼn lys B&GPe (wat almal op die vorige OIE databasis insluit). Die databasis bestaan

tans uit ongeveer 3 700 B&GPe;

• Die opstel en verspreiding van ʼn Agtergrondinligtingsdokument (AID) onder B&GPe op die

projekdatabasis. In die AID is B&GPe genooi om kommentaar op die beoogde nuwe OIE-proses te

lewer. Daar is aangedui dat kommentaar op die beoogde projek eers by verspreiding van die KOV

aangevra sal word. Die AID is in Afrikaans, Engels, isiZulu en isiXhosa beskikbaar gestel;

• Openbare aankondiging van die nuwe aansoek en OIE-proses by wyse van advertensies in 17

nasionale, streeks- en plaaslike koerante. Die beskikbaarheid van die AID en die geleentheid om

gedurende die drieweke-kommentaartydperk kommentaar op die beoogde nuwe OIE-proses te lewer,

is ook in die advertensies genoem. B&GPe is genooi om te registreer, ʼn eksemplaar van die AID aan

te vra, en/of kommentaar aan NMA voor te lê;

• Voorleggings aan plaaslike owerhede oor die OIE-proses;

• Vergelykende ontleding (sifting) van alternatiewe (met kundige botaniese, sosiale en ekonomiese

insette);

• Opstel van ʼn Kommentaar-en-antwoordverslag oor die AID; en

• Opstel en verspreiding van hierdie KOV vir hersiening en kommentaar.

CCA Environmental (Edms) Beperk iii April 2006

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!