02.05.2013 Views

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

• Rol van SANRAL en N2-Wildekuskonsortium

• Studieplan vir Omvangbepaling

• Tolverklaringsproses en evaluering van

tolimpak in die OIE

• Inligting in Agtergrondinligtingsdokument

• OIE-tydraamwerke

• Keuse van hoofkonsultante

• Onafhanklikheid van konsultante

• Openbare oorlegproses

• OIE-proses

• Gebruik van inligting uit die vorige OIE

• Evaluering van alternatiewe

• Verskaffing van inligting in die OIE

• Projekbeskrywing

• Geldigheid van inligting uit die vorige studie

• OIE-regulasies

• Motivering vir die projek

• Omvang van kwessies wat in die OIE

geëvalueer moet word

• Spesialiskonsultante

• Geldigheid van verkorte

Omvangbepalingstudieproses

• Gebrek aan SOE.

‘n Gedetailleerde Kommentaar-en-antwoordverslag oor die AID verskyn as ‘n aanhangsel by die KOV.

8. DIE PAD VORENTOE

8.1 FINALISERING VAN OMVANGBEPALINGSVERSLAG

Die afhandeling van die Omvangbepalingstudie behels openbare kennisgewing dat die KOV vir

hersiening en kommentaar beskikbaar is en dat die dokument op openbare vergaderings,

Fokusgroepvergaderings en imbizo’s bespreek kan word. B&GPe sal agt weke gegun word om

kommentaar op die verslag te lewer. Besonderhede van plekke waar die KOV beskikbaar sal wees,

asook van openbare vergaderings tydens die kommentaartydperk, verskyn in die KOV en sal ingesluit

word in die openbare kennisgewing dat die KOV beskikbaar is. Die volledige verslag sal ook beskikbaar

wees op die webwerwe www.ccaenvironmenal.co.za en www.nra.co.za. Kommentaar vir insluiting in die

Finale Omvangbepalingsverslag (FOV) moet NMA voor of op Vrydag, 9 Junie 2006 bereik.

Die KOV sal tot ‘n FOV bygewerk word, met oorwoë inagname van die kommentaar wat ontvang is. Alle

sodanige kommentaar sal saamgevat word in ‘n Kommentaar-en-antwoordverslag wat deel van die FOV

sal uitmaak. By voltooiing van die FOV sal dit vir aanvaarding aan DOST (die leidende

omgewingsgesag), asook die omgewingsowerhede van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorgelê word.

Die provinsiale omgewingsowerhede sal na verwagting kommentaar aan DOST deurgee oor die

toereikendheid van die Omvangbepalingstudie en FOV, asook die pad vorentoe wat die OIE-proses

betref.

8.2 IMPAKEVALUERINGSFASE

8.2.1 SPESIALISSTUDIES

Die vorige spesialisverslae word as onafhanklike spesialisstudies beskou wat, behalwe in twee gevalle,

vir gebruik in die huidige OIE geskik is,. Die deskundige Oos-Kaapse beplanningstudie en die visuele

studie sal oorgedoen moet word in die lig van die vorige omgewingskonsultant se gerekende gebrek aan

onafhanklikheid.

Algemene en spesifieke opdragte vir bygewerkte of nuwe spesialisstudies is geformuleer om te verseker

dat alle betrokke kwessies en besorgdhede voldoende aandag in die huidige OIE geniet. Die

spesialisstudies word veral op die volgende sake gerig:

• Hersiening van die vorige onafhanklike spesialisverslae, waar van toepassing, om die voortgesette

relevansie daarvan te bepaal;

• Bywerking van bestaande inligting, waar van toepassing, in die lig van enige relevante nuwe inligting

en huidige projekbesonderhede; en

CCA Environmental (Edms) Beperk xxiv April 2006

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!