02.05.2013 Views

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

amper 60 kilometer binnelands (by Flagstaff) en is op daardie punt ongeveer 1 000 meter bo seevlak.

Toegang tot die kus is swak - waar dit hoegenaamd enigsins bestaan. Vanweë die diep ingekeepte

ravyne en valleie is daar geen toegang parallel met die kus nie. Byvoorbeeld, in talle gevalle is dit slegs

moontlik om tussen sekere plekke langs die kus te beweeg deur eers na die R61 terug te ry. Dit kan ʼn

ompad van 100 tot 120 kilometer beteken, terwyl die dorpies dikwels slegs 20 tot 30 kilometer van

mekaar lê. Dit is daarom ook nie verbasend dat hierdie streek een van die verarmste gebiede in

Suid-Afrika is nie. Die beoogde projek wil toegang tot en verbinding met die Wildekusstreek verbeter en

terselfdertyd padgebruikerkoste verlaag, terwyl dit die veiligheids- en sosio-ekonomiese voordele

optimiseer.

Die Wildekusstreek is as ʼn gebied vir strategiese ekonomiese ontwikkeling in ooreenstemming met die

Regering se Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief (ROI) -strategie geïdentifiseer. Die Wildekus-ROI het die

voorsiening van ʼn hoofpad, soos die beoogde tolpad, as ʼn belangrike katalisator vir die bereiking van sy

doelwitte geïdentifiseer, aangesien dit toegang tot die streek sal verbeter en die ontwikkeling van die

gebied se ekotoerisme-potensiaal sal fasiliteer.

Die bestaande N2 suid van Mthatha moet aansienlik opgradeer word ten einde sy funksie as ‘n primêre

nasionale pad tussen ekonomiese sentra te vervul en om vir snelgroeiende verkeersvolumes te voorsien.

Die bestaande R61 en N2 tussen Port Edward en Durban benodig tans dieselfde opgradering oor

sommige seksies, hoewel nie in dieselfde mate as die ander seksies wat deel van die beoogde

toldeurpad uitmaak nie. Die verwagte en huidige verkeerstoename op die seksie tussen Port Edward en

Durban sal egter sodanige opgraderings vroeër eerder as later nodig maak.

Die oogmerk met die beoogde N2-Wildekustoldeurpad is die voorsiening van ‘n verbeterde, korter en

veiliger padverbinding tussen die Oos-Kaap/Wes-Kaap en KwaZulu-Natal. ʼn Korter, doeltreffender

vervoerroete word gesien as ‘n verbetering van die nasionale padnetwerk en word beskou as van

strategiese belang vir die streek en die land in sy geheel. Daar word gemeen dat so ʼn nasionale pad of

ruggraat die nodige verbindings en stukrag sal voorsien om die sekondêre en plaaslike netwerke te

verbeter, terwyl dit volhoubare ekonomiese groei langs die hele korridor fasiliteer.

3.3.2 OPSOMMING VAN SLEUTELPADPROBLEME LANGS DIE BESTAANDE N2- EN R61-

SEKSIES VAN DIE BEOOGDE N2-WILDEKUSTOLDEURPAD EN POTENSIëLE VOORDELE

VIR DIE PADGEBRUIKER

Die sleutelpadprobleme wat tans langs die bestaande N2- en R61-seksies van die beoogde toldeurpad

ervaar word, asook die potensiële voordele van die beoogde projek vir die padgebruiker, word in Tabel 1

uiteengesit.

Tabel 1 Huidige padprobleme langs die bestaande N2- en R61-seksies van die beoogde

toldeurpad en potensiële voordele van die beoogde projek vir die padgebruiker

PADSEKSIES EN HUIDIGE PROBLEME

GONUBIE-WISSELAAR NA NGOBOZI

(77.9 kilometer; bestaande N2)

• Grootskaalse verswakking van die plaveisel (slote en

krake) op sekere seksies.

• Dravermoëprobleme op sommige hellings.

• Grootskaalse slaggate/lapherstelwerk op sekere

seksies.

• Weinig klim-/verbysteeklane.

NGOBOZI NA DUTYWA

(52.6 kilometer; bestaande N2)

POTENSIËLE VOORDELE VIR DIE PADGEBRUIKER

• Verbeterde rykwaliteit.

• Verhoogde padgebruikerveiligheid.

• Verminderde Voertuigbedryfskoste (VBK).

CCA Environmental (Edms) Beperk vii April 2006

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!