02.05.2013 Views

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

Die beoogde deurpad sal talle dreineringslyne en riviere kruis, waarvan die belangrikheid as laag tot baie

hoog aangeslaan word. Estuariums langs die Wildekus is nasionaal geïdentifiseer as botanies van groot

belang, waaronder die Mngazana, Mbashe en Keiskamma. Estuariums noord van Port Edward, ofskoon

dit in ʼn groter mate deur ontwikkeling versteur is, is ook reserwes van biodiversiteit en speel ʼn belangrike

rol in die ekostelsel. Die beoogde padbelyning sal nie oor groot vleilandstelsels gaan nie. Die vleilande

langs die roete is oor die algemeen klein en kom voor in die vorm van moerasagtige sypelhellingstelsels

vanweë die topografie en geologie van die streek. Verskeie visspesies in die Rooi Databoek word in

waterstelsels langs die hele roete aangetref.

Planttipes in die studiegebied sluit ʼn verskeidenheid gras- en bosveld asook woude in. Die

groenlandseksie tussen Luskikisiki en Port Edward sal die Pondoland Centre of Endemism (PCE) in twee

deel en sal deur dele van die beoogde Pondolandse Biosfeerreservaat loop. Die PCE is onlangs deur

Conservation International, die IUCN en die World Wildlife Foundation as een van 235 botaniese wêreldgevaarsones

vir plantdiversiteit erken. ‘n Pleidooi vir beskerming van die PCE het ook van die

Strategiese Evaluering van Biodiversiteit in die Oos-Kaap opgegaan. Die Pondolandse Biosfeerreservaat

sal van die noordelike oewer van die Mzimvuburivier by Port St Johns tot by die suidelike oewer van die

Mthamvunarivier naby Port Edward, oor ‘n afstand van ongeveer 80 km strek.

Kennis van die fauna van die voormalige Transkei, meer bepaald die beoogde groenlandkorridor, bly

gebrekkig. Volgens beskikbare inligting is daar hoë faunabiodiversiteit en talle inheemse spesies binne

beskermde gebiede. Die fauna van die streek buite hierdie gebiede word oor die algemeen as verarm

beskou, te wyte aan grootskaalse oorbeweiding en ander mensverwante invloede. Die voëls van die

streek word betreklik goed bestudeer.

Die Oos-Kaap is een van die ekonomies swakker provinsies van Suid-Afrika en met ʼn relatief groot

landelike bevolking is die werkloosheidsyfer deurgaans hoër as die nasionale gemiddeld. Dit sluit die

voormalige Oostelike Provinsie, Grens, die noordoostelike Kaapse gebiede asook die voormalige

sogenaamde tuislande van Transkei en Ciskei in. Belangrike gemeenskappe langs die beoogde

toldeurpad is onder meer dié van kommersiële boerderye, klein plattelandse dorpies (bv. Dutywa), groter

sekondêre en streeksdorpe (bv. Mthatha), bestaans-plattelandse dorpies en verspreide gemeenskappe,

wat tipies van die Oos-Kaap is. Sommige van hierdie gemeenskappe is van die armste in Suid-Afrika.

Toerisme is ‘n belangrike ekonomiese bedrywigheid in die twee streke waardeur die beoogde toldeurpad

sal loop. Die Oos-Kaap is die vyfde gewildste provinsie wat deur buitelandse toeriste besoek word;

KwaZulu-Natal is derde, ná Gauteng en die Wes-Kaap. In die kategorie van binnelandse oornagritte

word KwaZulu-Natal tweede ná Gauteng geplaas, terwyl die Oos-Kaap die derde plek beklee.

• Die beplanning-, regs- en beleidskonteks van die beoogde projek word op etlike vlakke voorsien, dit

wil sê die nasionale, provinsiale, distriks-, metropolitaanse en plaaslike vlak. Verskeie gedeeltes van

nasionale wetgewing sal op die beoogde projek van toepassing wees. Dit sluit in etlike

permitvereistes ten opsigte van bepaalde aspekte van die beoogde projek, soos die ontwikkeling van

leen- of klipgroewe en potensiële watergebruikaktiwiteite. Ingevolge biodiversiteitsbewaring in die

Oos-Kaap en kragtens die program vir die bewaring en volhoubare ontwikkeling van die Wildekus is

ʼn aantal strategiese dokumente onlangs opgestel waaronder ‘n Bewaringsevaluering,

Biodiversiteitstrategie-en-aksieplan, en Strategiese Omgewingsevaluering (SOE).

7. KWESSIES EN BESORGDHEDE

7.1 VORIGE OIE-PROSES

Die kwessies en besorgdhede wat tydens die vorige OIE-proses geopper is, is georden en in 12

hoofkategorieë geplaas. Dit is slegs geriefshalwe só georden en beteken glad nie dat die kategorieë

bepalend en uitsluitend is nie. Die kategorieë, met toepaslike subkategorieë, is soos volg:

CCA Environmental (Edms) Beperk xxi April 2006

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!