02.05.2013 Views

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

ongeveer R7 miljard wat die Staat in 2003 aan die bou en instandhouding van nasionale en provinsiale

paaie bestee het en/of tot die koste van metropolitaanse en munisipale paaie bygedra het, by verre

oorskry.

SANRAL se begrotingstoewysing vir 2003 en 2004 was onderskeidelik R1.1 miljard en R1.4 miljard.

Volgens SANRAL was dié befondsing slegs voldoende vir die bestuur van ongeveer die helfte van die

nie-tol nasionale padnetwerk in daardie stadium (11 550 kilometer). Daar word verwag dat SANRAL

uiteindelik verantwoordelik sal wees vir ʼn nasionale padnetwerk van 20 000 kilometer. Hierbenewens is

die primêre padnetwerk verouderd en moet dit struktureel versterk word. Dit sal groot kapitaalinvestering

verg aangesien meer as 60% van die nie-tolpadnetwerk ouer as die ontwerplewensduur van 20 tot 25

jaar is.

Die meeste primêre padnetwerke in en om Suid-Afrika se vernaamste ekonomiese sentra se

operasionele verkeersdravermoë word oorskry en groter dravermoë (verbreding) en/of bykomende

infrastruktuur moet aangebring word. Die dravermoë van sommige roetes tussen hierdie sentra moet ook

verbeter word. Tans word 65% van SANRAL se begrotingstoewysing aan die behoud of instandhouding

van die primêre padnetwerke bestee, terwyl die oorblywende gedeelte vir opgradering van die bates

aangewend word. Inherent in hierdie besteding is die koste om die paaie in ʼn veilige toestand vir

daaglikse gebruik te hou. Met ʼn veronderstelde befondsingsvlak van R4.4 miljard per jaar vir die nie-tol

nasionale padnetwerk, sal die bestaande stelsel oor die volgende agt jaar verswak tot ʼn voorspelde

agterstand van R9.6 miljard. SANRAL beskou tol dus as ʼn paslike en suksesvolle

befondsingsmeganisme om nuwe padinfrastruktuur te skep en om bestaande nasionale roetes op te

gradeer en in stand te hou waar dit geregverdig, bereikbaar en uitvoerbaar is. Verder beteken dit dat

belastinggebaseerde inkomste vir die nie-tolpadnetwerk en ander baie noodsaaklike sosiale projekte

aangewend kan word.

3.3 MOTIVERING VIR DIE BEOOGDE N2-WILDEKUSTOLDEURPAD

3.3.1 NASIONALE EN STREEKS- EKONOMIESE VERBAND

Nasionale padnetwerke verbind die vernaamste stede en ekonomiese streke van ʼn land en speel

derhalwe ʼn belangrike ontwikkelingsrol in ekonomiese groei en sosiale opheffing. Nasionale

padnetwerke word primêr ontwerp om die veilige en doeltreffende beweging van mense, goedere en

dienste oor middel- tot langafstande tussen ekonomiese sentra te bewerkstellig. Ritte word deur privaat

voertuie (pendelaar-, sake- en ontspanningsritte), openbare vervoer en swaar handelsvoertuie

onderneem om aan die behoeftes en vereistes van ekonomiese eenhede, dit wil sê die huishouding in ʼn

bepaalde korridor, aangrensende streke en die res van die land te voldoen. Op streekvlak bied die

provinsiale en plaaslike padnetwerke die nodige verbinding met plaaslike gemeenskappe; sodoende,

saam met die nasionale netwerk, word die nodige mobiliteit verskaf ten einde die basiese bestanddele vir

sosio-ekonomiese groei te bewerkstellig.

Die voormalige Transkei, veral die streek tussen die Kei- en die Mthamvunarivier word in dié opsig

dubbeld gekortwiek. Nie net het die gebied tans weinig ekonomies realiseerbare natuurlike hulpbronne

en swak landbougrond nie, maar danksy die onbegaanbare, bergagtige landskap is toegang ten beste

nouliks voldoende en ten slegste rudimentêr. Die belyning van die bestaande N2 is byvoorbeeld in 1936

bepaal (die werklike pad was in hoofsaak teen 1946 voltooi), en is tot op datum die enigste primêre

toegang tot die gebied. Die bestrate R61, wat die enigste ander primêre toegang is, is eers tussen die

einde van die sewentiger- en die middel-tagtigerjare voltooi. Sedertdien was daar geen verbetering in

toegangvoorsiening nie. Sekondêre en plaaslike padnetwerke, waar hulle nog bestaan, is ten beste

onvoldoende.

Die tendens by die bestaande N2 en R61 is om waterskeidingsbelynings te volg ten einde die kruising

van diep ingekeepte ravyne en riviervalleie, op die skaal en omvang van die Vallei van ʼn Duisend

Heuwels en die Oribi Ravyn in KwaZulu-Natal, te vermy. Daarom loop die bestaande N2 tot meer as 100

kilometer binnelands (by Mount Frere) en bereik ʼn hoogte van ongeveer 1 700 meter bo gemiddelde

seevlak by Brookes Nek voor die pad by Port Shepstone tot seevlak daal. Die R61 loop op sy beurt tot

CCA Environmental (Edms) Beperk vi April 2006

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!