02.05.2013 Views

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

HOOFOPSOMMING 1. INLEIDING - sanral

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Beoogde N2-Wildekustoldeurpad: Konsep-omvangbepalingsverslag – Hoofopsomming

tegniese en omgewingsuitvoerbaarheid van die voorstel alvorens dit vir oop tender oorweeg word. Die

Skemaontwikkelaar van die beoogde N2-Wildekustoldeurpad, te wete die N2-Wildekuskonsortium, sal

egter geen rol in hierdie OIE-proses speel nie.

3.1.2.2 Tenderproses

By suksesvolle afhandeling van die Skemaontwikkeling en indien omgewingsmagtiging by DOST verkry

en deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme gehandhaaf word, sal SANRAL oop, internasionale

tenders vir die Konsessiekontrak aanvra. Saam met alle ander belanghebbende partye dien die

Skemaontwikkelaar ʼn tender in vir die reg om die beoogde projek te ontwerp, te bou, te bedryf, in stand te

hou en te finansier. Die Skemaontwikkelaar sal nie by die tenderaanvraag of die beoordeling van tenders

betrokke wees nie.

SANRAL sal die voordeligste tenders kies, die Skemaontwikkelaar ingesluit, gegrond op beste-waardevir-geld

en bekostigbaarheid, waaruit Beste en Finale Aanbiedings (BEFA’s) gevra sal word. SANRAL

sal dan die BEFA’s evalueer en ʼn Voorkeurtenderaar kies. Die Voorkeurtenderaar sal by sy verkiesing

die Konsessiekontrak beding en die nodige finansiering met die oog op finansiële sluiting verkry.

Die konsessietydperk kan 30 jaar wees, of sodanige tydperk wat tenderaars aanbied en vir SANRAL

aanvaarbaar mag wees, met insluiting van ʼn Aanvangskonstruksietydperk. Let asseblief daarop dat die

OIE en RvB wat deur DOST uitgereik moet word, gebaseer sal wees op die werk wat tydens die

Aanvangskonstruksietydperk onderneem word. Aan die einde van die konsessietydperk sal die bate in sy

geheel en kosteloos aan die Staat terugval.

3.1.2.3 Kennisgewing van Voorneme vir verklaring van ʼn tolpad

Voordat die projek kan begin, moet die nasionale Minister van Vervoer ʼn pad tot nasionale pad en tolpad

verklaar. Die prosedures vir die Kennisgewing van Voorneme vir sodanige verklaring sal gevolg word,

soos in Deel 3.1.1 hierbo uiteengesit.

3.1.2.4 Proses wat tot Finansiële Sluiting lei

Voor finansiële sluiting sal die volgende afgehandel wees:

• Opstel en goedkeuring van ʼn Omgewingbestuursplan (OBP) en instemming oor mitigasiemaatreëls;

• Ontwerp;

• Ander nodige goedkeurings kragtens relevante wetgewing;

• Onderhandelings en vasstelling van finale diskontostrukture; en

• Instemming oor toltariewe.

3.2 BEWEEGREDE VIR TOL OP NASIONALE VLAK

ʼn Gedeelte van die brandstofheffing is histories aan ʼn toegewyde padfonds toegewys en daarvoor

aangewend. Hierdie toewysing is egter in April 1987 beëindig, waarna alle befondsing vir nasionale

paaie uit Sentrale Inkomste toegewys is. Die land se fiskale stelsel beskou alle belastinginkomste as

verwisselbaar en laat nie die stel van inkomstemikpunte vir infrastruktuur toe nie. Inkomste wat deur ʼn

bepaalde belasting verkry is, kan nie vir ʼn enkele voorafbepaalde infrastruktuurgebruik opsygesit word

nie; in plaas daarvan word dit in ʼn sentrale fonds gestort vir toewysing aan alle mededingende

aanwendings via die begrotingsproses.

Ondanks die algemene openbare siening, gaan die brandstofheffing derhalwe nie outomaties na

SANRAL nie. Om dit in konteks te plaas: In 2002 was die bedrag wat padgebruikers aan die nasionale

fiskus oorbetaal het in die omgewing van R26 miljard (afkomstig uit die brandstofheffing, doeane- en

aksynsregte, BTW op die verkoop van nuwe en tweedehandse voertuie, BTW op voertuigonderdele en

herstelwerk, invoerbelasting op voertuie en onderdele, lisensiegeld en BTW op tolgelde). Dit het die

CCA Environmental (Edms) Beperk v April 2006

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!