03.05.2013 Views

Tydskrif Februarie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Februarie 2010.p65 - CJBF

Tydskrif Februarie 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

geer. As ons wel iets daaraan kan verander, is dit die

eerste wat ons moet probeer. As jy nie arbeidsvreugde

kry nie, mag jy gerus na ’n ander werk uitkyk. Jy kan

jou vriendekring verander of uitbrei. Jy kan ’n ander

kursus volg. As jy egter die omstandighede nie kan

verander nie, is aanvaarding daarvan die volgende stap.

Aanvaar dat die Here in beheer van jou lewe is, en dat

hierdie omstandighede ’n uitdaging is om steeds blymoedig

te wees en selfs in die omstandighede te groei

en vreugde te belewe. As Paulus die opdrag in Filippense

4:4 skryf, sit hy in die tronk! Sy omstandighede

is ongerieflik en beroerd. Op ’n keer het die Here hom

al wonderbaarlik daaruit verlos, maar nie hierdie keer

nie. En tog vind hy altyd genoeg rede om bly te wees.

Hy en Silas sing selfs terwyl hulle in die tronk sit (Hand

16).

Vreugde kom dus nie van buite die mens nie, nie deur

dinge en mense nie, maar allereers kom dit vanuit die

innerlike mens. Paulus se diepste rede vir blydskap is

sy bewussyn dat hy ’n verloste kind van die Here is, en

dat die Here in al sy behoeftes voorsien. Hy weet ook

dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom

liefhet (Rom 8:28). Selfs die dreigende dood bekommer

hom nie meer nie, aangesien hy dit as ’n wins beskou

om in Christus te sterwe (Fil 1:21). Sy werklike rede vir

blydskap gee hy in Filippense 4:5: “Die Here is naby.”

Nie alleen beteken dit dat die Here in alles self by ons

is nie, en dat niks ons van sy liefde kan skei nie, maar

veral dat die wederkoms van Christus naby is. Wie

homself dus daagliks instel op die komende Christus

en ons voorbereiding vir hierdie groot dag, sal minder

fokus op die dinge wat die lewensvreugde wegneem.

• Mense

Wat die invloed van mense betref, moet ons onthou

dat ons dikwels maai wat ons gesaai het. Daarom leer

die apostel in vers 5 dat ons die verhouding met ons

medemense moet oppas. Wees “inskiklik” met alle

mense sluit letterlik almal in, ook nie-gelowiges. Hierdie

woordjie is moeilik om te vertaal, en kan beskryf word

met woorde soos groothartigheid, verdraagsaamheid,

toegeeflikheid, vriendelikheid, redelikheid, deernis,

verstandigheid. Sonder om werklike beginsels prys te

gee, moet ons dus bereid wees om plek te maak vir

ander mense en hulle gedagtes en idees. Ons sal verbaas

wees om te sien hoe so ’n toegeeflike hartsgesindheid

die oes lewer van terugkerende liefde van ander

teenoor ons. In Filippense 4:8, 9 maak die apostel dit

miskien nog duideliker as hy skryf: “Verder, alles wat

waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein

is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter

deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop

moet julle jul gedagtes rig. En wat julle van my geleer

en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle

doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.”

- fokusartikel -

Maak ander bly en jy sal self ook meer en meer vreugde

belewe.

• Kommer

In tye van bekommernis, spanning en vrees help dit

gewoonlik om die Bybel oop te maak en die verse van

God se beloftes van sorg en bystand en hulp op te soek

en te memoriseer. Geloof is immers die antwoord op

vrees en twyfelmoedigheid. Daar is letterlik duisende

beloftes van troos en bemoediging in sy Woord, sodat

ons ons oog van die vreeslike dinge kan aftrek en op

die Here kan hoop. So lees ons byvoorbeeld dat die

Psalmdigter nie bang is nie, al gebeur die ergste met

hom. Hy beskryf die dinge wat erg bedreigend is in die

beeld van ’n tsoenami (Ps 46:2-4), en daarteenoor jubel

hy oor die klein stroompie van God se belofte van bystand

(vs 5-6). God se magtige teenwoordigheid is so

seker soos die standhoudende waterstroompies wat

die stad daagliks van lewe voorsien.

• Sonde

Die groot dief van ons vreugde is ons gewete. Ons

gewete kla ons gedurig aan dat ons teen die Here gesondig

het. Ook Paulus, wat hierdie opdrag tot lewensvreugde

gee, het ’n verlede van sonde teen die Here

(1 Kor 15:8-10). Sy bewustheid van sy sonde word egter

oorweldig deur die kennis van God se genade. God is

groter as ons gewete, en Hy vergewe sondes omdat

Jesus Christus ten volle daarvoor betaal het (1 Joh 1:9;

3:20). Geloof is immers die aanvaarding dat Christus

se betaling genoeg is vir al ons sondes. As ons dus

weer ons geloof in Christus vasmaak, en ons sondes

openlik voor Hom bely, dan kry ons nuwe vreugde en

groot vrymoedigheid om ’n kind van die Here te wees.

En dan reageer ons soos Dawid wat met nuwe lus vir

die lewe sing: “Om u wil te doen is my een begeerte

…” (Ps 40:9). Die enigste wat dan oorbly, is om daardie

rede vir jou vreugde met ander mense te deel –

gelowiges én medegelowiges, want hoe meer jy daaroor

gesels, hoe sterker word hierdie vreugde in jou.

• Gebed

Om hierdie ware vreugde blywend in ons lewe te ervaar,

is dit nodig dat ons dit van die Here vra. Vreugde is

immers die vrug van die werking van die Heilige Gees

in ons harte. As ons gedurigdeur ons hartseer by die

Here bring en Hom vra om die ware vreugde in ons

aan te wakker, sal dit by ons bly. Die raad wat Paulus

in hierdie paar verse aanbied, is eenvoudig. Gaan in

die gebed na die Here toe (Fil 4:6). Maak jou begeertes

met smeking en danksegging aan God bekend en Hy

sal na jou luister. As Hy nie gee wat jý vra nie, sal Hy

jou wel “die vrede wat alle verstand te bowe gaan” gee

(vs 7). Daardie innerlike vrede gee jou die vermoë om

in alle omstandighede steeds blymoedig en vreugdevol

te lewe. DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!