03.05.2013 Views

Die - CJBF

Die - CJBF

Die - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

in hierdie uitgawe ...

2 Die redakteur skryf ...

3 Oom Nico se Possak

4 Die ontstaan van die

Bybel deur die eeue (4)

5 Spreuke vir die tiener

verklaar

6 Die monster van

Kalabasfontein (10)

8 Kalbas en Snoet se

avonture (1)

10 Bybelleesrooster vir Mei

11 Ons Pretblad

12 Oordenkings vir

laerskoolkinders

14 Verjaardaghoekie

16 Bakterieë, giste & kie

18 Blokkiesraaisel 435

19 Oktaaf, oktaan en

oktopus

Intekenvorm Slingervel

20 Oordenkings vir tieners

22 Boekeblad

23 Het jy geweet?

24 Die planete in die heelal

2 slingervel maart 2012

Oom Nico se

possak

Liewe Slingervelmaats,

As ti eners staan julle amper op die drumpel van die naskoolse wêreld. Dit is nog nie

die grootmenswêreld nie, maar dit is ’n wêreld waar julle deur die gevare van die

lewe moet koershou. Ek wil amper sê dit is ’n pad waarop daar “landmyne” geplant is.

Nie in lett erlike sin nie, maar in geestelike sin. Wat ek vir julle wil sê, is katvoet loop op

die landmynpad. Julle is ook Christen-Afrikanerjongmense, met die klem op die Christen.

Satan sorg dat daar op die lewenspad van God se kinders landmyne kom waarin hy jou

geestelik aan fl arde wil skiet. Daarmee bedoel ek nie dat jy as Christenti ener ’n kett erjagter

moet word wat net altyd snuff el en soek na gevare en bedreigings en sondes nie. Dit kan

lei tot ’n sieklike lewensingesteldheid wat ander naderhand laat wonder of jy nie genot

put uit al die sondes en die verkeerde dinge wat jy uitsonder nie. Onthou, alle sake het

twee kante. Daar is wel die negati ewe kant waarvoor ’n mens op die uitkyk moet wees om

dit te vermy. Maar daar is ook die positi ewe kant waarin vir jou gevra word om opbouend

in die lewe werksaam te wees. Aangesien ons egter nie die een moet doen terwyl ons die

ander nalaat nie, wil ons julle kortliks wys op die landmyne wat vir julle op julle lewenspad

’n bedreiging is. Ons kan ook nie al die landmyne opnoem nie, maar slegs ’n paar.

Om op ’n punt te begin, is daar die landmyn van omgewingsbesoedeling waardeur jy

verlei word om baie min vir God se skepping en jou omgewing om te gee. Dit is ’n groot

gevaar om onverskillig in God se skepping te leef. Dan bestaan die groot gevaar dat jy

so ver as wat jy gaan, afb reek en besoedel in plaas daarvan om op te pas en te versorg.

’n Volgende landmyn is sosiale onbeholpenheid waar jy nie versigti g kies waarmee jy

ontspan en jou vermaak nie. Jou lewe moet in alles tot eer van God wees. Vervolgens die

landmyn van lewenspassiwiteit waar jy nie betrokke wil raak by die dinge van die lewe

wat belangrik is nie. Dink ook aan die landmyn van verhoudingsafsydigheid waar jy jou

eenkant hou van die mense saam met wie jy in dieselfde land of streek of dorp woon

nie.

Ek sou graag op meer landmyne wil wys sodat jy betyds daarvan kan kennis neem,

maar vir hierdie keer is dit genoeg. Moontlik ’n volgende keer gesels ons verder.

Hartlike groete, Oom Nico

REDAKTEUR

Dr Nico vd Merwe

e-pos: slingervel@telkomsa.net

Tipografi e en uitleg

Joey Fourie

e-pos: kerkblad@gksa.co.za

MEDEWERKERS

Dr. Nico van der Merwe

Oordenkings vir tieners en laerskoolkinders

Marina Kotze

Junior Rubrieke en Penmaats

Riana Jonker

Verjaardaghoekie

Susan Lourens

Boekeblad

Tersia van der Merwe en Rina Myburgh

Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie Venter

Wetenskap-Artikels

Rika du Plessis en Sophia van der Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgawe

Dr. Nico van der Merwe

Basjan

Oom Carel

Eienaars en uitgewers

Deputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Drukkers

V & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

Intekening

Administratiewe Buro

Afdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Tel: 018 297 3986

Intekengeld

R168,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

Advertensietarief

Op aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis, tel. 018 297 3986

Die Redakteur

Posbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewe

Posbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 53

Nommer 932, April 2012

ISSN 0037 685 X

slingervel l l

maart 2012 3

Die ontstaan van die Bybel deur die eeue (4) Basjan

Die ontstaan van die Nuwe Testament

God se Woord is vir Hom só belangrik

dat Hy gesorg het dat dit geskryf

word en ook deur die eeue heen bewaar

en beskerm word. As daar een ding is wat

Satan bitter graag sou wou regkry, dan is

dit om die Bybel te vernietig. Tydens die

tweede eeu na Christus was daar nog groot

onsekerheid ten opsigte van die boeke

van die Ou Testament. Die vasstelling van

die Ou Testament het plaasgevind op die

Sinode van Hippo in 393 na Christus en

ook die Sinodes van Karthago in 397 en

419 na Christus. God gee deur sy Heilige

Gees die leiding en inspirasie dat die

boeke van die Ou Testament geskryf en

bewaar word.

Die skrywers van die boeke in die

Nuwe Testament

Die Bybel is nie ’n geskiedenisboek nie,

maar ’n boek waarin God Hom aan die mens

bekendmaak. Daarom vind ons nie datums

in die Bybel nie. Tog kan daar in vergelyking

met die algemene wêreldgeskiedenis min

of meer bepaal word wanneer die boeke

van die Nuwe Testament geskryf is. In die

Nuwe Testa ment is dit baie makliker as in

die Ou Tes ta ment. Waar die boeke van die

Ou Testament oor ’n periode van min of

meer 1 000 jaar geskryf is, is die boeke

van die Nuwe Testament binne die bestek

van 50 jaar geskrywe – van 45 na Christus

tot 95 na Christus.

Die volgende agt persone (wat redelik

al ge meen bekend is) het die boeke van die

Nuwe Testament geskryf: Matteus, Markus,

Lukas, Johannes, Paulus, Jakobus, Petrus,

Judas (ons sal later in ’n artikel ietsie meer

oor hierdie agt manne skryf). SV

In die volgende artikel gaan ons daarop let hoe God gesorg het dat die

Nuwe Testament as ’n eenheid saamgevoeg is en deel geword het van

die Bybel.

Die datums waarop die boeke geskryf is

Baie mense dink dat die boeke kronologies in die Nuwe Testament staan

volgens die datum waarop hulle geskryf is. Dit is nie waar nie. In die Nuwe

Testament kry ons eers die geskiedenisboeke, daarna die sendbriewe en laastens

Openbaring. Kom ons noem nou die boeke van die Nuwe Testament se name in

die volgorde soos hulle geskryf is.

Die oudste boek van die Nuwe Testament is die brief van Jakobus wat in die

jaar 45 na Christus geskryf is, net 15 jaar na die kruisiging, opstanding en

hemelvaart van Jesus Christus.

Paulus skryf die twee briewe aan die gemeente in Tessalonika in die jaar 50

na Christus.

Aan die Galasiërs skryf Paulus ’n brief tussen 50-55 na Christus.

Markus het sy evangelie ongeveer in die jare tussen 55 en 56 na Christus

geskryf.

Judas se sendbrief is ongeveer in die jare 55-65 na Christus geskryf.

Die sendbrief aan die Romeine het Paulus tydens die winter van 55-56 na

Christus geskryf.

Aan die gemeente in Kolosse het Paulus ’n brief geskryf tussen die jare 56-61

na Christus.

In die jare tussen 56 en 62 na Christus skryf Paulus sy brief aan die gemeente

in Efese.

Sy twee briewe aan die gemeente in Korinte het Paulus tussen 55-57 na

Christus geskryf.

Paulus skryf ’n baie kort briefi e aan Filemon tussen 56-62 na Christus.

Paulus se sendbrief aan die Christelike gemeente in Filippi skryf hy omstreeks

60-61 na Christus.

Paulus skryf ’n brief aan Titus waarskynlik in die jare 61-62 na Christus.

Aan Timoteus skrywe Paulus twee briewe ongeveer in 61-64 na Christus.

Sy eerste sendbrief het Petrus omstreeks 65 na Christus geskrywe en sy tweede

sendbrief ongeveer in 67 na Christus.

Die evangelie van Matt eus is deur Matt eus moontlik ná 70 na Christus

geskryf.

Lukas wat die evangelie geskryf het, is ook die skrywer van die boek Handelinge

net ná 70 na Christus.

Johannes skryf sy evangelie ongeveer in die jaar 90 na Christus.

Sy drie sendbriewe skryf Johannes waarskynlik tussen 90-95 na Christus.

Die naam van die skrywer van die brief aan die Hebreërs is nie bekend nie en

ook nie die datum van ontstaan nie. Wat wel vasgestel kan word, is dat die

brief (wat eintlik ’n preek is) reeds teen 96 na Christus al bestaan het.

Openbaring is ook deur Johannes geskrywe

omstreeks 95 na Christus.

4 slingervel maart 2012

Spreuke vir die tiener verklaar

God sê dat wysheid die

be langrikste bousteen

van sy skepping is. Dit is

die fondament waarop die lewe

gebou word. Toe God begin het

om die heelal te skep, was die

wys heid dus baie belangrik.

Spreuke 8:22 is ’n skeppingslied.

God begin die skep ping van hemel

en aarde nie sonder wysheid nie.

In teendeel, Hy ag die wysheid as

onmisbaar by die skep ping. Vers

22 leer ons ’n diepe lewensles: die

orde waarna jy jou lewe behoort

in te pas, is die orde wat God in

die Bybel gee. Wysheid het gesien

hoe God die wêreld as deel van die heelal uit niks gemaak het nie.

In die natuurwetenskap en in besonder die astrono mie (sterrekunde)

is dit vir eeue al bekend dat die aarde die enigste planeet

met water is. Al die ander planete in ons sonnestelsel is al van naderby

ondersoek, maar daar is geen water op hulle gevind nie. Daar

is wel tekens dat daar iewers in die verre verlede water op hulle

teen woordig was, maar vandag is daar nie meer nie. Daarom is die

aarde ook die enigste planeet met lewe. Genesis 1:1-2 maak die

aankondiging: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.

Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die

diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.”

Oral was water en later het God eers skeiding gebring tussen

water en land.

Toe begin die siklus van wolke en reën en fonteine en riviere

en die see (Spr. 8:27). God het die wolke in die lug gegee as bron

van die water wat oor die aarde reën en Hy het die fonteine

onder die diep water laat uitborrel (Spr. 8:28; Job 35:5). Wat doen

God alles? “Hy trek vog op uit die see, Hy haal reën uit die groot

waters uit, dan giet die wolke water uit, laat hulle dit op al die

baie mense val” (Job 36:27-28). “Weet jy hoe die wolke sweef?

Dit is die wonderlike werk van Hom wie se kennis volmaak is”

(Job 37:16).

Dr. Nico van der Merwe

Die wonder van water en reën

Spreuke maak vir ons die geheim

bekend tussen alle water

en God se almag. Hoe lank neem

dit die mens om met ’n tuinslang

sy gras en tuin nat te spuit? Dink

net hoe lank neem dit ’n boer

om sy lande te besproei met ’n

pomp uit ’n rivier. En dan laat

God die wolke saampak en giet

tonne water uit oor die aarde. ’n

Ligte reënbui laat strome water

oor die aarde vloei. Storms

bring massas waters oor die

aarde wat met ongekende krag

riviere oorstroom en lande verspoel.

God gee ook die fonteine

wat saggies vloei met lewensgewende

water (Job 38:16;

Gen. 8:2).

As jy as Christentiener na

’n lekker reënbui weer met jou

kaal voete in die stroompies

wa ter loop, onthou dan wat ons

daar in van God die Almagtige

leer. SV

slingervel maart 2012 5

Benoud staan Johan,

Hanlie en Neelsie en

wag. Hulle het hulle lam

geskrik toe die dier hier reg bo

hulle koppe in die peerboom vir

hulle grom. Sonder om te dink

het hulle vir Ricka, hulle kleiner

sussie wat in die stootkarretjie

sit, net daar gelos en gepikkenel

terug huis toe. Na ma toe. Nou

sien hulle hoe sy vinnig by hulle

verbyhardloop na die peerbome

toe. Gelukkig sit Ricka nog veilig

in haar stootkarretjie toe haar ma

aangehardloop kom, maar nou sit

sy n keelgat op dat jy haar waar

kan hoor.

“Toemaar, toemaar hier’s

Mammie. Sjoes nou maar. Niks is

verkeerd nie, Rickatjie.” Haar ma

vat die stootkarretjie vas om so

vinnig soos wat sy kan daarmee

terug huis toe te hardloop. Sy kyk

net voor haar in die pad. Toe sy

by die ander drie kom, jaag haar

asem effens toe sy sê: “Kom julle,

kom ons gaan huis toe. Julle moet

liewer nie in die middae so ver van

die huis af speel nie.” Net daar

het sy besluit haar kinders sal nie

weer toegelaat word om ver van

die huis af te speel nie maar ... toe

maak die lewe ’n ander draai.

Die Vrydagmiddag stop daar

’n vreemde motor voor hulle deur.

’n Mooi tannie klim daar uit, groet

almal en sê: “Ek woon hier langs

julle. My man is ’n onderwyser in

die hoërskool en ek bestuur die

hoërskoolbus. Ongelukkig het ek

’n rugoperasie gehad en nou kan

ek vir ’n rukkie nie die bus bestuur

nie. Sal jy nie asseblief uithelp en

die bus vir my bestuur nie?” Sy

kyk na hulle ma toe sy dit vra.

“Ek gee nie om nie, maar ek

het nie ’n swaarvoertuiglisensie

nie,” antwoord hulle ma.

“Dis nie ’n probleem

nnie,

ons sal vir jou een

kkry,”

antwoord die tannie.

Vir die drie kinders

iis

dit nou in die middae,

nnadat

die skoolbus hulle

aafgelaai

het, vreemd.

HHulle

ma is nie by die

hhuis

nie, sy bestuur die

hhoërskoolbus.

Ricka ry

ssaam

met haar. Nou,

ssonder

toesig, doen hulle

nnet

wat vir hulle lekker is.

hoofstuk 10

“Ek gaan kyk of ek op die stoor

se dak kan klim,” sê Johan. “Kom

julle twee saam?”

So gesê, so gedaan. Vinnig

vind hulle ’n manier om tot bo op

die hoë dak van die stoor te kom.

“Sjoe, nou kan ons darem

maar ver sien, julle.” Johan hou sy

hand bokant sy oë om die son te

keer sodat hy ver kan kyk, terwyl

hy regop staan.

Hanlie en Kerneelsie staan

ook bo op die dak, want hulle het

intussen ook opgeklim. Hulle kan

ook nou baie ver sien. Dan besef

Johan dat hulle nou ’n probleem

het. Hoe kom hulle nou weer van

hierdie baie hoë dak af? Hy sal

dalk nog kan afklim, maar Hanlie

en Neelsie is nog kleiner as hy en

hulle sal nie kan afklim nie. Sy pa

en ma is ook nie by die huis dat

hulle vir hulp kan skree nie. Wat

nou?

Hy is so bekommerd dat hy

sommer dadelik ander praatjies

maak om die twee hier by hom se

aandag af te lei.

“Pa het darem die voorstoep

mooi reggemaak, sien julle?

Kyk, die sinkplate wat so skuins

afgehang het tot op die grond, is

nou weer netjies. Ons plaashuis

lyk nou mooier, veral omdat Pa en

Ma begin het om die mure buite

ook te verf.”

Stadig beweeg hy nou op die

'n Ware verhaal vir laerskoolkinders deur Sophia van der Walt

6 slingervel maart 2012

dak in die rondte, maar sy oë soek

’n afklim plek. Hy sien nie een nie

en hy wil-wil net paniekerig raak.

Toe, aan die agterkant van die

stoor, sien hy uitkoms. Daar lê ’n

groot hoop hooi reg teen die muur

van die stoor.

“Kom julle, ons moet nou

weer afklim. Kyk wat ek doen en

doen net so,” sê Johan en hy klim

weer na die hoogste punt van die

stoor se dak aan die agterkant.

Toe gaan sit hy en op sy sitvlak

en gly eenvoudig van die dak af.

Oor die kant. Trek deur die lug en

land veilig in die groot hoop hooi.

“Hoera! Ek het dit reggekry,” juig

hy.

Nou is hy baie bekommerd

oor die ander twee, wat nog bo

op die dak is. Hy kan hulle nie

eers hier van die grond af sien

nie. Hoe gaan hulle afkom? “Kom,

julle twee, doen wat ek gedoen

het. Julle sal veilig in die strooi

val net soos ek!” roep hy hard na

hulle toe. Die volgende wat Johan

sien, is Neelsie wat eerste met

’n spoed van die dak af deur die

lug trek en veilig op die hooi land.

Neelsie gee net betyds pad van

die hoop hooi af, want Hanlie is

die volgende een om in die hooi

te val.

“Dit was omtrent lekker,” sê

Johan. “Môre maak ons weer so,”

sê hy en die ander twee stem

saam.

Hierna kry Johan en Neelsie

koers om verder op die plaas

te gaan rondloop, maar Hanlie,

besluit vandag het sy nie lus om

saam met die twee seuns te loop

nie. Sy sal maar hier by die huis

alleen rondspeel. Sy klim op die

trekker wat daar eenkant staan

en verbeel haar dat sy die hele

wêreld vol rondry.

Toe sy daarvoor moeg is, klim

sy af en loop sommer in ’n ander

rigting as wat die seuns geloop

het. Na ’n lang ruk sien sy dat

sy naby Borina se huis is en nie

ver daarvan af nie is ’n ander

geboutjie. Sy loop daarnatoe.

Binne-in lyk dit soos ’n klaskamer.

Daar is ’n swart bord met wit kryt

wat in die gleufi e voor die bord is.

Daar is klein stoeltjies en tafeltjies

en daar lê boeke rond. Dit ruik vir

haar ook baie vreemd hier.

Vinnig loop sy uit na Borina se

huis toe.

“Borina,” vra sy nadat hulle

gegroet het, “wat se huis is dit

daardie?” Sy wys na die plek waar

sy nou-nou in was.

“Dis mos die skool,” sê Borina

met ‘n glimlag. “My man Josaiha

is die onderwyser daar. Hy leer

die swart kindertjies om te lees en

te skryf, ja.”

“O,” sê Hanlie en sy loop weer

verder. By hulle huis maak sy eers

’n draai by Sokkies se hok en sy

verlang baie na haar ma. Dan

hoor sy die bekende geluid van

die skoolbus wat aangery kom

met die plaaspaadjie en sy weet

nou hoef sy nie meer te verlang

nie, want haar ma is by die huis.

Agterna het hulle ma gewonder

hoekom die drie oudstes se

broeke se sitvlakke dan so rooi is?

Hulle het seker maar op rooigrond

gesit en speel, het sy gedink. Sy

het nie besef of kon raai dat hulle

van die hoë stoor se dak afgly nie.

’n Paar dae later, toe Borina

weer kom was, praat sy ernstig

met hulle ma. “Jy moet kyk wat

jou twee seuntjies doen.”

“Hoe so, Borina?” vra hulle ma.

“Nee, daar ver op die plaas

is ’n gat,” vertel Borina. “Hy is

oop. Daar is niks oor die gat nie,

maar hy is baie, baie diep. As jy ’n

klip daarin gooi, hy vat laaaaank

voordat hy daar onder in die water

val. Nou jou twee seuntjies, hulle

spring heen en weer, heen en

weer oor daardie gat. As hulle

daarin val, niemand sal eers weet

dat hulle is daarbinne in die gat

nie.”

Yskoud word dit in hulle ma se

hart en omdat sy weet dat hulle

altwee nog veilig is, sê sy soos

so baie keer tevore sag in haar

hart baie dankie vir die Almagtige

Hemelse Vader. Sy weet dit is

net Hy en Hy alleen wat al haar

kinders elke dag bewaar, want

hulle is dom en vang dinge aan

wat hulle nie moet doen nie. Hulle

het nog nie verstand nie.

“Baie dankie dat jy vir my kom

sê het, Borina. Ek sal vir hulle pa

vertel en hy sal weet hoe hy die

saak moet hanteer.”

’n Paar dae later speel die drie

oudstes weer by die dam. Dis

lekker koel onder die wilgebome

wat aan die kant van die dam is.

Die twee seuns is aan die oorkant

van die dam en Hanlie aan die

duskant. Sy staar in die water

en wens sy het ’n visstok gehad.

Sy wil so graag ’n vis vang. Toe

hulle op die dorp gebly het, het

hulle partymaal saam met hulle

pa en ma gaan visvang en dit

was vir Hanlie baie lekker. Haar

pa het vir haar ’n hoekie en aas

aan ’n handlyntjie gesit. Sy het ’n

hele paar klein vissies, wat naby

die kant van die water aan haar

aas gebyt het, gevang. Sodra ’n

vissie gebyt het, het sy met die

lyntjie oor haar een skouertjie die

wal uitgehardloop en so ’n vissie

gevang.

Sy staan nog so ingedagte na

die water en kyk en skielik is hier

reg langs haar ’n geplons in die

water. Vinnig kyk sy in daardie

rigting. ’n Groot gedierte klim

uit die water uit hier by haar. Sy

harige vel is donker en glinster in

die son van nattigheid.

Hanlie se bene is lam. Dit kan

Word vervolg

net die monster wees ...

slingervel slinge g rvel e maart 2012 7

Tannie Rika du Plessis

Kalbas en Snoet se avonture

Kalbas het sy naam gekry

toe hy op ’n dag van

pure nuuskierigheid sy

kop in ’n kalbas gedruk het om

te kyk of daarbinne nie nog

pampoenpitte lê wat hy kan eet

nie. Hy kon nie weer sy kop

by die nou gat van die kalbas

uitkry nie en sy pa moes hom

help. Toe is sy naam sommer

Kalbas.

(1)

Kalbas en Snoet is twee jong bobbejane. Hulle het nie

meer ouers nie. Ma en Pa Bobbejaan het op ‛n dag gaan

kos soek. Die twee kinders wou saamgaan, maar die

ma het gesê nee, die wind is te koud. Hulle moet in die

grot bly waar dit nie so koud is nie. Hulle ouers het

nooit weer teruggekom nie. Van die ander bobbejane

het gesê ‛n boer het hulle in sy mielieland gevang.

Niemand van die ander groot bobbejane wou Kalbas en

Snoet verder grootmaak nie. Hulle besluit toe dat hulle

vir hulleself sal sorg. Hulle weet al hoe om kos te soek

en waar dit veilig is om te slaap.

Snoet het weer sy naam

gekry toe hy, net so nuuskierig

soos sy boetie, sy kop in ’n

emmer gedruk het om te kyk

wat daarin is. Daar was wit

verf in en Snoet het dit net ’n

bietjie te laat agtergekom. Sy

neus was vol wit verf. Dit het

daar droog geword voor hy by

sy ma kon uitkom om dit af te

haal. Hy het nou ’n wit kol op

sy neus en het die naam Snoet

ggekry.

Vroeg

vvanoggend

hhet

Snoet

een

Kalbas

bby

die

ggrot

waar

hhulle

bly,

ppadgegee

oop

soek na

kos vir die dag. Hulle het al ver

geloop en nog niks te ete gekry

nie.

“Kan ons nie eers ’n bietjie

rus nie, Snoet? Ek is al baie

moeg,” kla Kalbas.

“Ja en ek is dors ook, Kalbas.

Ons rus so bietjie en gaan dan

verder,” antwoord Snoet en

hulle gaan sit in die skadu van

’n groot boom.

Hulle gesels nog so met

mekaar, toe raak albei aan die

slaap. Later word hulle wakker

van ’n lawaai. Hulle skrik toe

hulle sien dat dit al begin

donker word, maar luister

darem na die lawaai.

“Haai, nee, julle kan nie

sommer my kos opvreet nie.

Ek het swaar daaraan gesleep

om dit tot hier te kry waar die

boer my nie sal vang nie. Los

8 slingervel maart 2012

uit en gaan soek julle eie kos,”

roep ’n fyn stemmetjie.

“Ha-ha-ha. Vir wat sal ons

gaan kos soek as ons joune

kan vat? Gee pad, dis nou

ons s’n,” skreeu twee ander

growwe stemme.

“Dit kom van daardie kant

af, Kalbas. Kom ons gaan

kyk,” sê Snoet. Hulle staan op

en loop sag deur die bosse

tot hulle sien wie dit is wat

so lawaai. Daar voor hulle

sit ’n groot skilpad langs ’n

oopgebreekte waatlemoen.

Op die waatlemoen en langs

die waatlemoen sit twee groot

kraaie wat lustig aan die

waatlemoen vreet. Die skilpad

probeer na hulle voete hap om

hulle weg te jaag, maar dan pik

die kraaie hom op sy kop en hy

trek maar weer sy kop onder

sy dop in.

“Ons moet hom help, Kalbas.

Siestog, daardie twee kraaie is

baie lelik met hom. Hulle kan

baie makliker as ou Skillie vir

hulle gaan kos soek.”

“Jy is reg. Ek hou nie van

sulke boelies nie. Ek tel tot drie

en dan storm ons op hulle af

sodat hulle kan padgee,” sê

Snoet. Hy tel een-twee-drie

en toe storm hy en sy boetie

vorentoe terwyl hulle ’n groot

lawaai maak. Die kraaie skrik

so groot dat hulle wegvlieg en

in ’n boom gaan sit en vandaar

af na die bobbejane en skilpad

by die waatlemoen kyk.

“Toe maar, ou skilpad, ons

sal hulle by jou kos weghou. Jy

kan maar lekker eet,” sê Snoet.

“Baie dankie. Julle is goed

vir my en net daarom kan

julle maar saam met my eet,”

antwoord die skilpad dankbaar.

“Eet jy maar eers tot jy

genoeg gehad het, want die

kraaie sal weer probeer om

dit af te vat. Ons sal eers

waghou. Wanneer jy vol is, sal

ons eet, dankie, Skilpad,” sê

Kalbas. “Ek is Kalbas, en dit is

my broer Snoet.”

“Gryp vir jou daardie stok,

Kalbas. Ek het reeds een en

daar kom die kraaie!” roep

Snoet.

Toe die eerste kraai by die

waatlemoen kom sit, swaai

Snoet die stok en slaan teen

die kraai se lyf. “Gee pad,

Kraai, dis nie jou kos nie.”

“Eina! Daai stok slaan seer.

Vir wat kan ons nie almal van

die waatlemoen eet nie?” roep

die kraai en spring net so ’n

entjie weg van hulle af, tot

waar die ander kraai ook kom

sit het.

“Omdat dit Skillie se kos is.

Julle wou nie eens gehad het

dat hy saam eet nie, dan het

julle hom op sy kop gepik. Gee

pad, want as julle weer kom

eet, slaan ek en Kalbas julle

met hierdie stokke teen die

kop,” waarsku Snoet.

“Ag, julle is net twee ou

simpel bobbejane. Ons is nie

vir julle bang nie,” roep die

ander kraai en kom vinnig

nader.

“Slaan, Kalbas! Slaan,

Snoet,” roep die skilpad.

Die bobbejaantjies slaan met

mening albei teen die kraaie se

nekke. Die kraaie skrik. Dit was

baie seer. Weer vlieg hulle tot

bo in die boom.

“Gaan julle nou padgee en

vir Skilpad in vrede los?” roep

Snoet.

Die kraaie praat met mekaar

en sonder om vir Snoet te

antwoord, vlieg hulle weg.

“So ja, hulle sal nie weer kom

nie,” sê Kalbas tevrede en kyk

hoe lekker ou Skilpad vreet.

“My maag is nou vol. Julle

kan maar die ander stuk opeet.

Dankie dat julle my gehelp

het.”

Snoet en Kalbas eet daardie

aand hulle magies trommeldik

aan die waatlemoen terwyl ou

Skillie vir hulle sit en kyk.

“Waar woon julle?” vra

Skilpad.

“Baie ver hiervandaan. Ons

sal nie voor dit donker is tot

daar kan loop nie. Ek dink ons

moet maar hier iewers slaap,”

antwoord Kalbas.

“Ek slaap gewoonlik nie

ver hiervandaan nie in ’n hol

boomstam. Julle kan saam

met my gaan,” sê die skilpad

vriendelik.

“Baie dankie, maar ons sal

liefs in die boom slaap. Dit is

veiliger, maar ons sal darem

dan nog naby aan jou wees,”

stem Snoet in en Kalbas knik

sy kop.

So het dit gekom dat Kalbas

en Snoet op hulle eerste dag

alleen nie net vir ou Skilpad

gehelp het nie, maar ook kos

gekry het. Môre sal hulle maar

weer verder loop en soek.

Hulle het besluit om nie weer

terug te gaan na die grot toe

waar hulle saam met hulle

Word vervolg

ouers gebly het nie.

slingervel maart 2012 9

Bybelleesrooster vir Mei

Spreuke is God se lewensreëls vir

Dinsdag 1 Mei – Lees: Spreuke 3:27-35 (vs. 32)

God het ’n afkeer aan mense wat verkeerd lewe.

Woensdag 2 Mei – Lees: Spreuke 6:12-23

Daar is sewe dinge wat die Here haat (vs. 16-19).

Donderdag 3 Mei – Lees: Spreuke 12:17-25

Die Here het ’n afsku aan leuenaars (vs. 22).

Vrydag 4 Mei – Lees: Spreuke 15:3-11

God verafsku die lewenswyse van die goddeloses (vs. 7-8).

Saterdag 5 Mei – Lees: Spreuke 15:12-33

God verafsku die bose planne van die goddeloses (vs. 26).

Sondag 6 Mei – Lees: Spreuke 16:1-9

God verafsku verwaande mense (vs. 5).

Maandag 7 Mei – Lees: Spreuke 17:1-18

God verafsku dit as jy ’n skuldige onskuldig verklaar (vs. 15).

Dinsdag 8 Mei – Lees: Spreuke 1:1-19 (1ste doel van die

Spreukeboek)

God leer die mens praktiese wysheid hoe om te lewe (vs. 2a).

Woensdag 9 Mei – Lees: 1 Konings 3:1-15 (2de doel van die

Spreukeboek)

God leer die mens om met insig te kan begryp.

Donderdag 10 Mei – Lees: Spreuke 8:1-21 (3de doel van die

Spreukeboek)

God leer die mens om regte verhoudinge te kweek.

Vrydag 11 Mei – Lees: Spreuke 22:1-10 (4de doel van die

Spreukeboek)

God leer die mens om planmatig en ordelik te lewe (vs. 3).

Saterdag 12 Mei – Lees: Spreuke 1:1-7 (5de doel van die

Spreukeboek)

God leer die mens wysheid en verstandigheid (vs. 5).

Sondag 13 Mei – Lees: Spreuke 11:27-31 (vs. 29)

Die huisgesin is vir God waardevol en kosbaar.

Maandag 14 Mei – Lees: Spreuke 5:1-23 (vs. 1-2)

Die regte wysheid vir die jongmense in die huisgesin.

Dinsdag 15 Mei – Lees: Spreuke 24:1-22 (vs. 21-22)

As kind weet jy nie altyd wat om te doen nie.

die Christentiener

Woensdag 16 Mei – Lees: Spreuke 30:18-31 (vs. 18-19)

Jeugliefde is teer en wonderlik.

Donderdag 17 Mei – Lees: Spreuke 6:20-35 (vs. 20-22)

Wees versigtig in jou tye van opstandigheid.

Vrydag 18 Mei – Lees: Spreuke 17:1-11 (vs. 6)

Oupa en ouma se kleinkinders is vir hulle iets belangriks.

Saterdag 19 Mei – Lees: Spreuke 12:13-23 (vs. 18)

Moenie praat voor jy dink nie, dit lei tot botsings in die gesin.

Sondag 20 Mei – Lees: Spreuke 15:21-33 (vs. 23)

Praat met verantwoordelikheid die regte woord op die regte tyd.

Maandag 21 Mei – Lees: Spreuke 18:4-24 (vs. 21)

Om heeldag te loop en klets, kan maklik skeefl oop.

Dinsdag 22 Mei – Lees: Spreuke 10:17-22 (vs. 19)

Met baie praat bly die sonde nie uit nie.

Woensdag 23 Mei – Lees: Spreuke 4:10-27 (vs. 20)

Daar is ’n verskil tussen hoor en luister. Konsentreer as jy luister.

Donderdag 24 Mei – Lees: Spreuke 10:1-11 (vs. 4)

God verdoem nie rykdom nie, maar jy moet hard werk daarvoor.

Vrydag 25 Mei – Lees: Spreuke 30:1-10 (vs. 7-9)

Vers 7-9 stel ’n geestelike familie-spaarplan voor.

Saterdag 26 Mei – Lees: Spreuke 11:17-31 (vs. 24-25)

Vers 24-25 is die beginsel vir ware rykdom.

Sondag 27 Mei – Lees: Spreuke 15:25-33 (vs. 27)

Moet jou nie verryk deur ander mense te verarm nie.

Maandag 28 Mei – Lees: Spreuke 26:22-28 (vs. 23)

Moenie slegte bedoelings agter mooi woorde wegsteek nie.

Dinsdag 29 Mei – Lees: Spreuke 12:20-28 (vs. 25)

Vermy bekommernis deur in God te vertrou.

Dr. Nico van der Merwe

Woensdag 30 Mei – Lees: Spreuke 18:1-14 (vs. 11)

Jou aardse besittings gee nie sekerheid nie.

Donderdag 31 Mei – Lees: Spreuke 17:21-28 (vs. 22)

Dit is ’n bate om ’n vrolike mens te wees.

10 slingervel maart 2012

PROBEER HIERDIE EEN!

In hierdie blokkies moet jy syfers invul, maar

dan só dat elke ry se totaal op 38 te staan kom.

Met ander woorde, jy moet elke ry se totaal

optel en dan 38 kry, behalwe die rye waarvan

die swart blokkies ’n deel vorm.

Oupa het van die plaas af kom kuier. “Mamma moet

met Oupa kom praat,” sê Jannie. “Hy sit al ’n halfuur

voor die mikrogolfoond en wag vir die nuus om te

begin.”

Koos: “Weet jy, Piet, ek het amper gister in die dam

verdrink.”

Piet: “Kan jy dan nie swem nie?”

Koos: “Ja, ek kan swem. Maar daar was ’n kennisgewing

by die dam wat sê: Swem streng verbode.”

“Koos!” “Koos!!” “Koos!!!” “Koos, hoekom antwoord jy

my nie?”

“Ek het eers die derde keer gehoor jy roep.”

Ek het 2 neuse, 3 oë en 1 oor! Wat is ek? Baie lelik!!

Wat eet Italiaanse spoke? Spookgetti!!

Wat het die papier vir die buisie gom gesê? Ek en jy

gaan nou lelik vassit!

Twee koekies loop oor die pad en daar kom ’n groot

kar verby gery. Wat sê die een koekie vir die ander

een? “Kom, Krummels!”

ons pretblad

Wat is klein en grys met ’n blou kop? ’n Muis wat sy

asem inhou.

Wat is groen en sit in die kas? 1933 se wegkruipertjiekampioen!

Die man is so lelik, as hy die yskas oopmaak, word

die melk suur!

Wat kry jy as jy tabak en springmielies kruis? ’n

Sigaret wat sy eie as afskud!

slingervel maart 2012 11

“Hoe op dees aarde,” raas die juffrou met Jannie,

“kon jy ‘wors’ met 2 erre skryf?” “Met ’n pen, Juffrou,”

antwoord Jannie.

Wat het die muis gedoen nadat hy die teelepel ingesluk

het? Hy kon hom nie roer nie!

Die verjaardaggeskenk

Klasie bedank sy oom Roelf hartlik vir die elektriese

kitaar wat die oom vir hom gekoop het.

“Ek is vreeslik bly dat jy van die kitaar hou, Klasie.

Oefen jy gereeld daarmee?”

“Nie eintlik nie,” sê Klasie, “Ma gee my elke dag R5 om

nie in die middag te oefen nie en Pa gee my R5 om nie

in die aand te oefen nie.

Die pratende horlosie

Die student wys trots sy nuwe blyplek vir sy vriende.

“Waarvoor is daardie groot koperghong en die hamer?”

wil een van die vriende weet.

“Dis my pratende horlosie,” antwoord die student.

“Hoe werk dit?” vra een van die ander.

“Kyk”, sê die student. Hy vat die hamer en slaan die

ghong dat dit weergalm en eggo deur die woonstelblok.

Skielik skree iemand aan die ander kant van die muur:

“Bly stil, jou idioot! Dis twee-uur in die oggend!”

Die tekenles

Fransie moet tydens ’n tekenles op skool ’n hond teken

wat besig is om hondebeskuitjies te eet. Skaars het die

onderwyser die klas die opdrag gegee of Fransie sit

tevrede agteroor en sê: “Ek is klaar, meneer.”

Die onderwyser kom kyk wat Fransie geteken het.

“Fran sie, maar ek sien dan geen hondebeskuitjie nie ”

Fransie: “Dis omdat die hond hulle so gou opgevreet

het, meneer.”

Onderwyser: “En waar is die hond dan?”

Fransie: “Hy het weggehardloop toe hier niks meer kos

vir hom was nie.”

dr. nico van der merwe

37. Hoe moet ek lewe?

Lees in jou Bybel Filippense 1:27-30 (vs. 27)

Omdat jy nog in die laerskool is, weet jy nie altyd wat die

regte ding is om te doen nie. Terwyl ’n kind grootword,

leer jy al meer en meer van die lewe. Dit is hoe jy agterkom op

watter manier jy elke dag moet lewe. Soms is dit nodig om ’n

voorbeeld te kry van wat gedoen moet word. As Mamma en

Pappa soms instrumente vir die huis koop, is daar gewoonlik

’n pamfl et by wat sê hoe jy dit aan mekaar moet sit en hoe

dit werk.

Die Here het vir jou so ’n voorbeeld gegee as dit kom by

jou godsdienstige lewe. In Filippense 1:27 hoor jy van dié

voorbeeld. Die Here sê as jy wil weet hoe om as ’n kind van

die Here te lewe, moet jy die Bybel gebruik. In die Bybel sê

die Here vir jou wat nodig is.

Daarom moet jy gereeld elke dag jou Bybel lees en baie

goed oplet wat die Here van jou verwag.

39. Jy moet jou ou, vuil klere uitt rek

Lees in jou Bybel Galasiërs 5:19-21 (vs. 21)

As jy aan sport deelneem of sommer net lekker saam met

jou maats speel, word jy vuil. As Mamma die huis skoonmaak

of Pappa werk aan die kar, word hulle ook vuil. Daarom

moet ’n mens daarna bad of stort sodat jou liggaam skoon

is, en dan jy trek skoon klere aan. Dan voel en lyk jy baie

beter.

Die Here leer ons in die Bybel dat dit geestelik net so met

jou gaan. Elke dag leef jy in ’n wêreld wat vol is van sonde en

lelike dinge. Dan word jou hart, jou gedagtes en jou dade vuil.

As jy só is, is jy nie vir die Here aanvaarbaar nie. Gelukkig het

Jesus Christus gekom en jou van jou sonde gered. Daarom

moet jy die ou, vuil en sondige dinge van die lewe “uittrek”

en jy moet die verlossing soos skoon klere aantrek en dan

soos ’n verloste kind van die Here lewe. God het dit vir jou

gedoen, jy moet net gehoorsaam wees en Hom dien.

41. ’n Gelukkige huisgesin

Lees in jou Bybel 2 Timoteus 3:14-17 (vs. 14)

Iemand het dalk vir jou gesê jy moet soet en gehoorsaam

wees dat jy ’n kindjie van die Here kan word. Iemand het

dalk ook vir jou gesê dat jy gereeld die katkisasieklasse moet

bywoon, gereeld en getrou jou katkisasie leerwerk moet

voorberei sodat jy ’n kind van die Here kan word.

En nou dink jy dat jy jouself ’n kind van die Here moet

maak. Jy sê vir jouself: as ek soet en gehoorsaam is by die

huis en die skool, en as ek gereeld my Bybel lees en bid, en

as ek al my aandag aan die katkisasiewerk gee sal ek ’n kind

van die Here word.

Dis nie waar nie! Van jou geboorte af is jy ’n kind van die

Here. Vra vir jou ouers om jou te vertel watter beloftes die

Here aan jou gemaak het toe jy gedoop is. Toe het die Here

vir jou gesê: “Jy is my kind!” Daarom moet jy geleer word om

soos ’n kind van die Here te lewe.

38. Jy is ’n nuwe mens

Lees in jou Bybel 2 Kor. 5:16-21 (vs. 17-18)

Alle mense hou van nuwe dinge. Jy is ook so. Dink maar

aan die begin van die jaar as jy vir die skool nuwe klere en

nuwe boeke kry, of met jou verjaardag as jy nuwe geskenke

kry.

Dit maak ’n mens opgewonde. Alle dinge op aarde word

oud. Mamma en Pappa koop ’n nuwe motor, maar na ’n paar

jaar is dit oud en hulle moet weer ’n nuwe een koop.

Die Here sê met jou as mens is dit net so. Omdat daar

baie sonde in die lewe is, lewe die mense verkeerd. Maar God

maak jou nuut! Omdat jy aan die Here Jesus behoort, kan die

Here jou nuut maak, want Jesus neem die sonde weg en die

Gees van God, wat in jou hart bly, neem die ou lelike dinge

uit jou lewe weg en maak jou ’n splinternuwe mens.

Dis nou jou plig en voorreg om soos ’n nuutgemaakte

mens te lewe in gehoorsaamheid aan die Here.

40. Vryheid vra verantwoordelikheid

Lees in jou Bybel 1 Petrus 2:11-17 (vs. 16)

Jy weet baie goed dat as ’n hond met ’n ketting aan ’n paal

vas is, kan hy nie loop en gaan waar hy wil nie, want hy

is vasgemaak en is nie vry nie. As ’n misdadiger in die tronk

is, het hy ook nie vryheid om te doen wat hy wil nie. As een

land ’n ander land se mense slawe maak, is hulle nie meer

vry nie.

Sondige mense is ook nie vry nie, want hulle is slawe van

Satan. As jy in jou sonde bly voortleef, is jy ook ’n slaaf van

Satan en het jy nie vryheid nie. Omdat Christus aan die kruis

vir jou sonde betaal het, het Hy jou van die slawerny van die

sonde bevry. Petrus skryf dat jy jou vryheid moet gebruik om

die Here te dien (vs. 16).

Dit is jou opdrag as ’n verloste kind van die Here. Deur

die Here elke dag te dien en aan Hom gehoorsaam te wees,

is die lewe wat van jou verwag word, vry van die sonde.

42. Die Here ken jou op jou naam

Lees in jou Bybel Jesaja 43:1-4 (vs. 1)

Jy weet nou dat jy ’n kind van die Here is en nie ’n kind van

die Here moet word nie.

Net soos mammas en pappas ken die Here ook jou naam.

Toe jy gedoop is, het die Here op jou naam vir jou gesê dat jy

sy kind is. God sê deur die pen van Jesaja: “Ek het jou op jou

naam geroep, jy is myne.”

Daar is duisende der duisende mense en kinders wie se

name jy nie ken nie. Daarom speel hulle nie ’n rol in jou lewe

nie. Maar as jy iemand se naam ken en jy kan hom op sy

naam noem, dan het die persoon betekenis in jou lewe.

Dit is presies wat die Here hier vir jou sê. God sê dat

Hy jou Vader in die hemel is, wat jou op jou naam ken. Op

jou naam het Jesus Christus vir jou sondes betaal en op jou

naam bly God se Gees in jou en help jou om soos ’n kind van

die Here te lewe. Jy moet luister wat God hieroor vir jou sê.

12 slingervel l l maart 2012

43. God die Here slaap nooit nie

Lees in jou Bybel Psalm 121:1-8 (vs. 3-4)

Ons as mense moet elke 24 uur ten minste 6 tot 8 ure

slaap. As kind slaap jy dalk ’n bietjie meer as 8 uur per

nag. As ’n mens slaap, weet jy nie wat rondom jou aangaan

nie. As jy slaap, kan mense in jou omgewing baie dinge

aanvang. Ongelukkig is dit so dat die skelms, die boewe en

die skurke al hulle bose dade die meeste in die nag verrig as

mense slaap. Ek is seker jou ouers maak dubbeld seker dat

julle huis beveilig is vir die nagte wanneer julle slaap.

God kom sê vir ons in die Bybel dat die mens gereeld

moet slaap, maar Hy, as ons ewige God, sluimer nie in nie

en slaap nie. Dit gee aan ons die sekerheid dat God ons

beskerm. Die grootste van alle skelms en skurke is Satan.

Hom kan jy nie met aardse middele keer nie.

Daarom keer God dat Satan elke gelowige kind nie van

Hom afvallig maak nie.

45. Jesus het vir sondaars gekom

Lees in jou Bybel Matt eus 9:9-13 (vs. 13)

Een keer het 'n laerskoolseun vir my gesê dat hy nie dink

die Here gee vir hom om nie, want hy is verskriklik stout.

Hy weet dat hy baie stout is, maar hy sê dit is al manier waarop

hy mense se aandag op hom kan trek. Hy weet God hou

nie van stout kinders nie, daarom dink hy God wil niks met

hom te doen hê nie.

Jy moet onthou, daar is nie een mens op aarde wat nie

in sonde leef nie. Dit is juis die rede hoekom Christus na die

aarde gekom het. Hy het gekom om mense van die straf op

die sonde te red. Jesus sê vir die Fariseërs in Matteus 9:12 dat

Hy juis gekom het na die mense toe wat Hom nodig het, en

dit is die sondaars. Nou weet jy dat die Here Jesus Christus

ook vir jou na die aarde toe gekom het om aan die kruis vir

jou sondeskuld te betaal. Jy moet vir Hom baie dankie sê

daarvoor deur gehoorsaam te lewe.

47. Kinderlike sponsies en die Bybel

Lees in jou Bybel Deut. 11:13-23 (vs. 19)

Jy weet wat met ’n spons gebeur as jy dit in die water druk.

Die spons suig water op en bêre dit binne-in hom. Dink

aan jou sponsie waarmee jy jou in die bad was. Gee dit een

druk en dit suig homself vol water. So ’n sponsie laat ons

aan kinders dink. Net soos die spons, suig kinders kennis en

lewensfeite in hulleself op.

God het vir ouers geleer wat die belangrikste ding is wat

kinders moet opsuig. Dit is die Woord van God. As jy met

die Bybel in aanraking kom, suig jy dit wat God vir jou in die

Bybel sê, op.

Wat suig jy op in jou ouerhuis of by die skool? Wat suig jy

op deur televisie te kyk en in die fl iek? As menslike “sponsie”

moet jy die dinge van die Here opsuig saam met al die kennis

wat jy inneem. Die kennis in die Bybel is die belangrikste en

jy moet daaraan voorkeur gee.

44. God vergeet jou nooit nie

Lees in jou Bybel Jesaja 49:14-18 (vs. 15-16)

As daar ’n babatjie in ’n gesin is, moet hy in alle opsigte

opgepas en versorg word. Op gereelde tye moet die baba

kos kry. Sy doeke moet gereeld vervang word. Mamma moet

die baba ook gereeld bad en skoon klere aantrek. ’n Mamma

kan onder geen omstandighede van haar baba vergeet nie,

want as dit gebeur is die babatjie in groot gevaar, want self

kan die klein kindjie niks doen nie.

In Jesaja 49 sê God dat ’n mamma nie haar baba vergeet

nie (vs. 15). Maar as dit moet gebeur dat ’n vrou haar baba

vergeet (“selfs al sou so iets kon gebeur”), “Ek sal jou nie

vergeet nie”. Dit is God se belofte aan elke kind van Hom.

Daar is nie een gelowige mens wat hoef te vrees dat God

van hom sal vergeet nie. So, as dit met jou sleg gaan in die

lewe en jy verduur baie hartseer, vergeet God jou nie en sal

Hy jou help.

46. Jesus beteken vir jou baie

Lees in jou Bybel Matt eus 26:6-13 (vs 8)

Jy lees hier van ’n vrou wat ’n baie duur fl es met olie wat

baie lekker ruik, op Jesus se kop gegooi het. Die dissipels

het hulle vir die vrou vererg, want hulle dink dat sy baie geld

gemors het. Hulle kon die baie duur fl essie met olie aan

iemand verkoop het en dan kon hulle die geld geneem het

om arm mense te help. Jesus sien dit heeltemal anders. Hy

sê: “Sy het ’n goeie daad aan My gedoen.” Jesus sien dat Hy

soveel vir hierdie vrou beteken dat sy nie gehuiwer het om

Hom te vereer deur die duur olie op sy kop uit te gooi nie. Só

baie het Jesus vir haar beteken.

Hoeveel is Jesus vir jóú werd? Jy kan baie maklik ure voor

die TV sit, maar jy het nie 5 minute om Bybel te lees en te bid

nie. Jy kan ure aan sport afstaan, maar jy het nie ’n halfuur

om katkisasie toe te gaan nie. Jy moet vir jouself sê wat Jesus

vir jou beteken!

48. Om God alleen te dien, is die beste

Lees in jou Bybel 2 Kronieke 12:1-12

Al was Rehabeam Salomo se seun, was hy baie goddeloos

(vs. 14). Hy het dit sy doel gemaak om nie na die wil van

die Here te vra nie. Hy wou nie God se raad verneem nie,

maar het op homself en ander mense vertrou. Hy het ook

afgo de aanbid. Die Here kon nie die sonde van Rehabeam

en die volk sommer net so oorsien nie. God laat toe dat die

Egiptenaars hulle land inval en oor hulle heers. Hulle het

selfs die skatte van die tempel en die koning se paleis as buit

weggeneem. God maak dit baie duidelik vir sy volk dat hulle

Hom alleen moet dien. Hulle moet weet godsdiens is diens

aan die enigste ware God wat Hom in die Bybel aan mense

bekend maak.

Dit is ’n waarheid wat vir alle mense van alle tye geld, dus

ook vir jou. Wees versigtig as jy jou diens aan die Here afskeep

of dalk nalaat. Luister na God en dien Hom in opregtheid.

slingervel l l maart 2012 13

1

verjaardaghoekie

Die volgende Vellies verjaar gedurende APRIL 2012 2012. Baie geluk aan elkeen van julle. Mag julle 'n mooi jaar

beleef! Baie dankie aan al die gemeentes wat vir die eerste keer hulle verbondsjeug ingeskryf het. My adres

is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614, Paardekraal 1752; of e-pos jonkerp@mweb.co.za

Groete, Tannie Riana

Christine Visser (Krugersdorp), Jaco Steyn (Kathu),

Jason Rheeder (Vdbijlpark-Trinitas), Jessica van Zyl

(Randburg).

2

Bertus Kruger (Randburg), Chané Moolman

(Vdbijl park-Trinitas), Elsje de Vries (Randburg),

Jade Ferreira (Randburg), Kobus Pretorius (Wolmaransstad),

Leo Erasmus (Benoni), Margierite Snyman (Zeerust),

Stephni Gouws (Benoni).

3

Benco Allers (Messina), Brenda van der Sandt (Kathu),

Crawford Joubert (Middelburg), Jane Venter

(Bloemfontein-Noord), Kemieke Derwig (Vdbijlpark-Trinitas),

Mia Grobler (Randburg), Paul Kruger (Randburg),

Stefan Bester (Kuruman), Stephan Verhoef (Vereeniging-

Oos).

4

Ané Vorster (Boksburg-Suid), Bernard Maritz

(Rand burg), Chris Mostert (Reitz), Clarissa Kriese

(S ecunda), Jan-Jac Grobler (Welkom-Noord), Jaques

van Niekerk (Port Elizabeth), Mia Poolman (Kathu), Nick

Motswiri (Randburg), René Maritz (Randburg), Roelof

Taljaard (Magol), Sulet van der Walt (Duineveld), Ulrich

Tromp (Alberton-Wes), Veruchka Kirsten (Middelburg).

5

Crina van Staden (Waterkloofrand), Francois Joubert

(Krugersdorp), Hannes Burger (Bethal), Marnus

Meyer (Lydenburg), Nina Ras (Vaalpark), TC van der

Steen (Upington).

6

Bernard van Tonder (Hermanus), Stean Louw

(Se cunda), Tjaart Nortje (Buffeldoorns), Wilmari

Louw (Magol).

14 slingervel maart 2012

7

Anelda Pieterse (Wolmaransstad), Anica van der

Zwaard (Bloemfontein-Suid), Anja Coetsee (Potchefstroom-Oos),

Anneri Pretorius (Secunda), Cor zel

Yssel (Potchefstroom-Oos), Emile van der Walt (Randburg),

Hanrew Wallace (Wolmaransstad), Hardus Voges

(Vdbijlpark-Trinitas), Jana Erwee (Messina), Leah Malan

(Randburg), Petrus Jacobus Rudman (Kathu).

8

Armand Grobbelaar (Barberton), Coetzee du Plessis

(Kathu), Daniël Pienaar (Vdbijlpark-Trinitas),

Ina-Mari Roos (Magol), NF van Tonder (Vdbijlpark-Tri nitas),

Renique Lombard (Alberton-Wes), Rohan du Plessis

(Laeveld), Vaughn Cook (Wolmaransstad).

9

Andro Schutte (Zeerust), Carli le Roux (Lydenburg),

Carmen Olivier (George), Gerhard Steenekamp

(Potch-Die Bult), Karen Ehlers (Zeerust), Mashhohla

Mo jela (Randburg), Wian van Werkhoven (Vaalpark).

10

Ané Voges (Vdbijlpark-Trinitas), Anke Venter

(Dui neveld), Annemay Fogwill (Waterkloofrand),

Cailyn Pretorius (Krugersdorp), Deidre Hechter (Vaalpark),

Edrich Hutcheons (Bloemfontein-Suid), Heindrich

Hutcheons (Bloemfontein-Suid), Janet du Plessis

(Vaalpark), Katelynn Scholtz (Kathu), L’relda Laufs

(Rand burg), Lindie Venter (Brackenhof), Marietjie Visser

(Krugersdorp), Stefan van der Walt (Randburg), Talitha

Steyn (Kathu), Tinah van Tonder (Benoni), Wiebe van

der Laan (Laeveld).

11

Anje Delen (Kleinmond), Anne van Tonder (Hermanus),

Carmi van der Walt (Potch-Die Bult), Hugo

Benadé (Brackenhof), Jana Novella (Randburg),

Luzé Barnard (Heilbron), Otto Janse van Rensburg (Kuruman).

12

Abram Adrian Venter (De Aar), Adriaan Nel

(Vdbijl park-Trinitas), Cassie Fouché (Port Elizabeth),

Christiaan Jordaan (Vdbijlpark-Trinitas), Handri

Uys (Middelburg), Lisa Venter (Port Elizabeth), Martin

Brotherton (Vdbijlpark-Trinitas), Wynand van der Merwe

(Reitz).

13

Divan Bruwer (Brackenhof), Eugenie Nagel (Laeveld),

Hardus Potgieter (Zeerust), Marcus van der

Merwe (Randburg).

14

Divan du Toit (Krugersdorp), Emmarentia Kotze

(Wol maransstad), Henry Johannes Ackerman

(Kru gersdorp), Juandri Strydom (Laeveld), Stephanie

Nagel (Laeveld).

15

Antonie Pelser (Secunda), Carlien van Krieken

(Boks burg), Christiaan Snyman (Vdbijlpark-Trinitas),

Mioné Hartzenberg (Randburg), Schalk Erasmus

(Ma gol), Stefan le Roux (Waterkloofrand).

16

Daniël Viljoen (Randburg), Johan Muller (Heilbron),

Lee-Ann Venter (Middelburg), Leon van

Tonder (Kathu), Louis du Plessis (Krugersdorp), Möritz

Herbst (Secunda), Palesa Mbewe (Randburg), Renschie

Engelbrecht (Laeveld), Sune Coetzee (Brackenhof),

Tham sanqa Sondlo (Randburg), Wihan Jacobsz (Laeveld).

17

Christiaan Mol (Lydenburg), Cielie Rudman (Kathu),

Edgar van der Spoel (Randburg), Marcques

Hansen (Lydenburg).

18

19

Elandré van der Walt (Bloemfontein-Noord), Jurgens

Bence (Buffeldoorns), Marlinè Vos (Magol).

Hanco van der Berg (Krugersdorp), Marli Erasmus

(Se cunda), Phiané Oosthuizen (Randburg), Ste -

ven Smid (Vdbijlpark-Trinitas), Wynand Boshoff (Middelburg).

20

Anja du Plessis (Randburg), Anneke Steyn

(Rand burg), Anrie van der Merwe (Barberton),

An sunell van Niekerk (Vereeniging-Oos), Jade du Toit

(Randburg), JC Viljoen (Boksburg), Louise Mac Donnell

(Randburg), Magda du Plooy (Vdbijlpark-Trinitas),

Mynette Robberts (Secunda), Shanel Nunes (Bethal).

21

Adriaan Kruger (Secunda), Carla van der Walt

(Ku ruman), Julanie de la Rey (Suidkus), Morné

Be zuidenhout (Lydenburg), Pieter Broersma (Vdbijlpark-

Trinitas), Siné Grobler (Vdbijlpark-Trinitas), Annené van

Zyl (Benoni).

22

Adéle Smith (Waterkloofrand), AJ van der Walt

(Magol), Cara Dunne (Lydenburg), De han van

der Walt (Middelburg), Elmarie Borcherds (Middel-

burg), Frederik Aucamp (Magol), Jan Adriaan Erasmus

(Bethal), Lize-Marie Joubert (Krugersdorp), Marno Botha

(Bethal).

23

Bianca Retief (Bloemfontein-Suid), Davin Mitchell

(Vaalpark), Emma Nel (Randburg), Hannes

Rademeyer (De Aar), Juan Roos (Randburg), Rina-Anel

Potgieter (Zeerust), Sarel Henrico (Waterkloofrand).

24

Almari Viljoen (Boksburg-Suid), Andries Venter

(Secunda), Arend Wijma (Laeveld), Dave

Harman (Zeerust), Janco Opperman (Hermanus), Jean-

Jacques van Zyl (Krugersdorp), Kamogele Morake

(Rand burg), Kayla du Plessis (Kathu), Kyle Bennedek

(Boks burg), Lenee Terblanche (Randburg), Marli Hartzer

(Lydenburg), Sune Venter (Bothaville).

25

Albert Nel (Lyttelton), Gerhard Potgieter (Magol),

Luchell Coetzee (Bloemfontein-Noord),

Morné Hattingh (Buffeldoorns), Rochelle Volschenk

(Lae veld), Simoné Stemmet (Secunda), Zene Kriel (Wolma

ransstad).

26

Ailene Galloway (Bethal), Chantelle van Heerden

(Randburg), Ine-Mari Venter (Bloemfontein-

Noord), Johané Engelbrecht (Heilbron), JP van Staden

(Ma gol), Karla Scheepers (Welkom-Noord), Mariska

Jon ker (Vdbijlpark-Trinitas), Marthinus du Preez (Potchef

stroom-Oos), Reinie Stander (Chinhoyi), Ruan

Taljaard (Magol), Ruan van Staden (Alberton-Wes),

Suné Minnaar (Laeveld), Tyla-Ann Wasmuth (Welkom-

Noord).

27

Chanté Dreyer (Krugersdorp), Gawie Pretorius

(Heil bron), Mike Steyn (Secunda), Schalk Snyman

(Kuruman).

28

Danie Aucamp (Lydenburg), Denise van der

Schyff (Vdbijlpark-Trinitas), Heinrick du Toit

(Boks burg-Suid), Jason Cameron (Boksburg), Juan Farrel

(Magol), Marni Coetzee (Lindley), Michael Meredith

(Bethal), Michelle Bezuidenhout (Potchefstroom-Oos),

Pieter (Jnr) Kruger (Bloemfontein-Suid), Vlooi Dreyer

(Potchefstroom-Oos).

29

Annika Fourie (Bethal), Christoffel Schutte (Secun

da), Hade-Mari van Graan (Randburg),

Hen driena Nel (Secunda), Joaniska Visser (Vdbijlpark-

Trinitas), Johan Coetzee (Lindley), Lanelle Fouche (Port

Elizabeth), William Shaw (Magol).

30

Annelie Jonker (Vereeniging-Oos), Anri Jansen

van Vuuren (Totiusdal), Cecilia Dry (Laeveld),

Ce cillia Hearn (Kuruman), Charlene Kruger (Benoni), Mikayla

van der Merwe (Benoni), Pieter Jansen (Secunda),

Zantoné Brand (Boksburg-Suid).

slingervel maart 2012 15

oom attie venter

bakterieë,

& kie

GROOT GETALLE

In die volksmond ken ons bakterieë, giste en virusse

alles as kieme. Mense wonder partykeer hoekom

ons so baie kieme in ons monde het. Die interessante

antwoord is dat groot dele van jou liggaam kieme bevat.

Eerstens: jou vel is met kieme oortrek – spesifi ek, bakterieë.

Ook swamme, maar baie bakterieë. So ook

jou spysverteringstelsel, beginnende by die mond en

eindigende by die anus. ’n Bioloog beweer selfs dat

die liggaam uit sowat 15 triljoen (15 miljoen miljoen)

selle bestaan, waarvan maar 10% menslik is. Die res

is hoofsaaklik bakterieë.

Gelukkig vir ons is hierdie bakterieë baie kleiner as

die normale liggaamsel. En gelukkig is daar nie ’n verkiesing

in die liggaam nie – hoewel, as jy ’n maagkwaal

het, jy terdeë daarvan sal weet dat daar bakterieë in

jou liggaam is! Onthou dat jy ook maagaandoenings

van virusse kan kry. Daar is ook protosoë (eensellige

diertjies) in jou spysverteringskanaal wat jou amoebiese

disenterie kan besorg. Protosoë sal seker ook maar in

die volksmond as kieme bekend staan.

HOU HOM OP SY PLEK

MOND – In baie gevalle is die kieme waarvan ons

nou gepraat het, onskadelike bakterieë, dit wil sê as

hulle bly waar hulle behoort te bly, sal hulle niks aan

’n mens doen nie. Daar is maar net bakterieë in jou

liggaam omdat daar maar oral bakterieë is – in die

grond, in die kos wat jy eet, in die water wat jy drink.

Dus sal daar ook van hierdie goedjies in jou mond

wees.

Wat baie interessant is, is dat, as daardie bakterieë

is waar hulle nie veronderstel is om te wees nie, dit

groot skade kan veroorsaak. Byvoorbeeld: ’n mens

kry ’n vleisvretende bakterie, soos die geval van ’n

kind wat ’n paar jaar gelede eers sy arm verloor

het en toe sy skouer. Later is hy toe dood. Hierdie

bak terieë het eenvoudig vanaf sy mond deur sy lig-

gaam versprei! Gewone mondbakterieë kan onder

normale omstandighede nie enige skade aan jou

be rokken nie, maar as dinge êrens ’n verkeerde

wending neem, kan dit op die dood uitloop.

NEUS – Dieselfde met die baie virusse en bakterieë

wat in jou neusholte leef – dié van julle wat verkoue

is, weet daarvan! Hulle is redelik onskadelik, maar

as jy een van daardie mense is wat jou nies “smoor”

deur dit te onderdruk, dan is dit baie gevaarlik. Van

daardie virusse kan dan deur die kribriformplaat

tot binne jou breinholte ingeforseer word. Die kribri

formplaat is ’n plaat wat die neusholte van die

breinholte skei met fyn porieë waardeur die reuksenuwees

strek. Hierdie porieë is ook vir kieme

deur laatbaar, sodat, as jy deur jou nies te smoor

groot druk op die neusholte toepas, virusse en

bak terieë deur die porieë tot in jou brein beweeg.

Bakterieë kan meningitis veroorsaak, wat natuurlik

ook lewensgevaarlik kan wees.

Jou eie liggaamsbakterieë kan dus dodelik wees

– vir jouself en ook vir ander mense. As jy een of

ander siekte het en jy slordig en morsig werk, kan

siektes van een persoon na die ander oorgedra

word.

MUTUALISME

Onthou ook: jou hele spysverteringstelsel is vol

bak terieë. Baie daarvan doen eintlik ’n baie belangrike

werk. Hulle breek byvoorbeeld van die kosse af wat jy

inneem, met ander woorde: hulle help met vertering!

In die geval van herkouende diere gaan hulle nog ’n

stap verder. Laasgenoemde het verskeie mae (word

ook die vierkantmaag genoem) waarin vertering dan

plaasvind. Dit vind ons veral by diere wat grasse moet

vreet, maar nie by diere wat blare van struike en bome

vreet nie. By jou grasvretendes vind ons dat hierdie

ekstrae mae groot massas bakterieë, giste en protosoë

(eensellige diertjies) bevat.

16 slingervel maart 2012

Die eerste kamer staan bekend as die rumen. Ongekoude voedsel word

in hierdie kamer gestoor en later bietjie vir bietjie in die mond teruggebring

om herkou (weer gekou) te word. In die rumenvloeistof kom daar tot 10

miljard protosoë en bakterieë per cm 3 voor, wat die sellulose verteer. Onthou

dat sellulose, waaruit gras grotendeels bestaan, nie deur die ensieme in

die dier se verteringsappe verteer kan word nie. Die protosoë en hulle

maats (kom ons noem hulle sommer mikroörganismes) se verteringsappe

bevat die ensieme sellulase wat wel dié werk kan doen. Party van die

verteringsprodukte word deur die mikroörganismes geabsorbeer vir hulle

eie behoeftes en die res staan hulle aan die gasheer, byvoorbeeld bees,

as betaling vir die losies af.

Alhoewel ons hierdie samelewing as mutualisties kan beskou, is die

voor dele wat die mikroörganismes betref, redelik kortstondig. Sodra hulle

saam met die rumenvloeistof in die ware maag beland, word hulle deur die

gasheer se ensieme verteer. Wat ’n ramp! Sonder hierdie samewerking sou

die gasheer letterlik van honger staan en vrek het, al was hy dik gevreet.

HERKOUERS SE SLIM PLAN

Hierdie mikroörganismes, omdat hulle so baie klein is, neem baie lank

om die verteringswerk te doen. Daarom moet die kos herkou word. Binne-in

hierdie verskillende mae vind ’n hele klomp prosesse plaas. Metaangas

word byvoorbeeld deur die fermentasie (gisting) gevorm (deel van die

afbreekproses). Dan breek die dier ’n metaanwind op, wat dan die onverteerde

kos vanuit die maag tot in die mond opdruk. Dan kan hy die kos

’n tweede keer kou. Jy kan maar sê hy maak sy eie kougom!

OORLOGVOERING

Ook interessant is dat daar ’n oorlogvoering tussen fungi (swamme),

waarvan gis ’n deel is, en bakterieë is. Dis hoekom ons penissilien kan

ge bruik om bakterieë te beveg (vandag gebruik ons antibiotika), want penissilin

is oorspronklik vervaardig uit stowwe wat van swamme afkomstig

is. Die stowwe is deur die giste gebruik om bakterieë dood te maak. Daar

is vandag baie soortgelyke produkte wat gebruik word om antibiotika’s te

maak.

ALLERGIEË

Die probleem met die giste is dat hulle skade aan jou dermkanaal

kan aanrig deur gaatjies in jou dermwand te maak. Jou dermkanaal word

deur ’n enkele sellagie (behalwe die spierlae aan die buitekant) uitgevoer.

VERANTWOORDELIKHEID

Dit is iets in ons dieet waarna ons gerus kan kyk. Probeer om enigiets te vermy wat

jou liggaam enigsins kan skade berokken. Onthou, jy is nie net verantwoordelik vir

jou geestelike welsyn nie, maar ook vir jou liggaamlike gesondheid. Mense wat kwaai

aanvalle van allergieë ondervind, se oë is soms so geswel dat hulle nie kan sien nie, of hulle

lugweë trek so toe dat hulle nie asem kan kry nie. Dit slaan sommer maklik oor in asma, met die

gevolg dat baie werksure verlore gaan en alles wat daarmee gepaard gaan.

Was jou hande voordat jy eet

Gebruik ’n sakdoek as jy nies of hoes

Moenie jou oë met jou vingers vryf nie, veral as jy aan seertjies of puisies of geld gevat het

nie. SV

Gevolglik kan dit baie maklik beska

dig word deur onder andere

hierdie giste as laasgenoemde te

veel word.

Normaalweg sal die verteerde

kos geabsorbeer word deur die

eerste sellagie en na die bloedhaarvate

rondom die wand aangestuur

word – meer spesifi ek, die

dermvlokkies (villi). Soms maak

die giste gaatjies regdeur hierdie

lagie en die groot, onverteerde

kos deeltjies kom dan direk in jou

bloed stroom. Dus: in plaas van dat

jy aminosure in die bloedstroom kry,

kom die groter proteïen-molekule

in die bloed. Dan reageer jou liggaam

daarop asof dit indringers

is wat jou liggaam aanval. So kan

’n mens dan aller gieë vir sekere

normale, gewone kosse opbou

wat andersins nie gevaarlik sou

gewees het nie. Daar is dus hoogs

waarskynlik ’n verband tussen die

hoeveelheid stysel wat ons inneem

en die allergieë.

Vandag is brood, spaghetti en

daardie soort styselkosse die stapelvoedsel

in die Weste. Dit kan

miskien ’n probleem wees ten

op sigte van ons spysvertering,

want daardie stysel asook die

hoe veelheid suiker wat ons inkry,

moedig die groei van giste in ons

spysverteringstelsel aan. Vandaar

ook die toename in sui kersiekte

(dia betes) wat amper epidemiese

afmetings aanneem.

slingervel maart 2012 17

DWARS

1. Die veld en alles daarop moet ______ (1

Kron. 16:32).

3. Hiermee jaag jy hom nie op die vlug nie

(Job 41:19).

5. Hy was 'n heerser oor die stam Ruben (1

Kron. 5:6).

7. Elkeen wat dit met sy broer doen, is 'n

moordenaar (1 Joh. 3:15).

8. Een van Dawid se vrouens (2 Sam. 3:5).

10. Hierdie plek sal helder oordag ontvolk

word (Sef. 2:4).

12. Dawid vra dat God hom moet ______ uit

die bek van die leeu (Ps. 22:22).

13. Abisalom se dogter (1 Kon. 15:10).

TERSIA

Pos julle antwoorde

aan:

Posbus 6433,

Flamwood 2572

AF

1. Hy het in die land Us gewoon (Job 1:1).

2. Sondaars doen dit ook aan ander

sondaars (Luk. 6:34).

4. Mooi Hawens is naby hierdie stad (Hand.

27:8).

5. Die seun van Agilud (1 Kon. 4:12).

6. Vleis word hieraan geoffer (1 Kor. 8:4).

7. Die slavin van Sarai (Gen. 16:8).

9. In hierdie gebied was nie 'n koning nie (1

Kon. 22:48).

11. Een van die Hebreeuse vroedvroue (Eks.

1:15).

18 slingervel maart 2012

Afrikaanse woorde verklaar Oom Nico

OKTAAF, OKTAAN EN OKTOPUS

Dit is maklik om te sien dat die woorde oktaaf, oktaan en oktopus min of meer dieselfde oorsprong het. Woorde kom tog

iewers vandaan en daar is 'n rede hoekom 'n woord gespel word soos dit is.

• OKTAAF - Die Slingervelmaats wat musiek ken weet dat die omvang van 8 musiektone

'n oktaaf genoem word. In musiek dui 'n oktaaf ook na die agste toon van die laagste toon

van 'n akkoord. 'n Oktaaf is ook die eerste 8 versreëls van 'n sonnet. In Nederlands word die

woord octaaf al in 1601 gebruik. Die woord hou verband met die Latynse woord octo wat 8

beteken.

• OKTAAN - Oktaan is versadigde koolwaterstof wat in petrol

voorkom. Daar is byvoorbeeld 93 oktaan of 87 oktaan ens. In Engels word

die woord octane sedert 1872 gebruik en in Nederlands is die

woord octaan vanaf 1872 in gebruik. Duits praat van oktan en

in Frans is dit octane. Al hierdie woorde is ook afgelei van die

Latynse octo = 8.

• OKTOPUS - 'n Oktopus ken ons almal as 'n seekat. Sedert

1758 kry ons die woord octopus in Engels en in Nederland

sedert 1916 ook die woord octopus. In die moderne Latyn en in Grieks vind ons ook

die woord octopus. Hierdie woord het sy oorsprong in ou Latyn waar octo 8 beteken

en pes beteken poot. Octo + pes = 8 pote. En 'n seekat is mos 'n agt-potige dier.

(Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans, 2003. Verklarende Handwoordeboek deboek van die Afrikaanse taal, taal 2003)

slingervel maart 2012 19

dr. nico van der merwe

49. Redding uit die slawerny

Lees: Eksodus 3:8a Teks: Psalm 105:1-22

Die woord van belang in vers 8a is “bevry”. Om iemand te bevry, is

om iemand uit ’n bedreiging te verlos. Vir Israel was die slawerny

baie swaar en hulle het daaronder gely. God het nou besluit dat die

oomblik van Israel se bevryding, verlossing aangebreek het. Letterlik

staan daar in vers 8 dat die Here gaan kom om die Israeliete uit die

hand van die Egiptenare te ruk. Daar sit iets in dat krag gebruik word

vir hierdie daad. Uit die mag van Egipte weg te ruk!

Israel was nie in staat om hulleself te red nie. Hulle kon hulleself

nie van die slawerny verlos nie, net so min as wat jy vandag jouself

van die sonde kan verlos. Om dit te kon doen, moes God na die

aarde toe kom. God kom na ons toe nie in ’n brandende doringbos

nie, maar Hy kom na ons toe in Christus, jou Verlosser.

51. Hoe sal ons voor God verskyn?

Lees: Eks. 19:1-25 & Ps. 43:1-5 Teks: Eks. 19:17a

Israel het by Sinaiberg aangekom en kamp opgeslaan. God beveel

dat die volk hulleself moet reinig voordat hulle voor Hom kom

staan. “Toe het Moses hulle uit die kamp laat uitgaan om voor God

te gaan verskyn” (vs. 17a). Let daarop dat Moses die volk gelei het.

God het met Moses gepraat en Moses weer met die volk. Toe hulle

gereed was, het Moses voor hulle uitgestap.

Die vraag is, hoe sal ons voor God verskyn? Ons hoef ons nie

ui terlik te reinig nie, maar innerlik moet ons gereed wees om God te

ontmoet. Dit gebeur as die gemeente saamkom in die erediens. As

hulle saamkom in die gebed. As gelowiges saamkom vir Bybelstudie.

As sondige mense kom ons voor God te staan in Christus. Hy is ons

Middelaar wat vir ons by die Vader ingetree het. Hy lei ons na God

toe.

53. ’n Altaar vir die Here

Lees: Genesis 13:14-18 Teks: Genesis 13:18

Lot is persoonlik die belangrike skakel in die besluite wat hy

neem (Gen. 13:11). Abraham maak sy keuses uit God. Vir hom

is God die belangrikste faset van sy besluite (vs. 18). Nadat Lot die

Jordaanriviervallei gekies het om te gaan woon, vestig hy hom in die

sondige Sodom (vs. 12). Abraham het tent opgeslaan by Hebron en

die eerste ding wat hy daar doen, is om ’n altaar vir die Here te bou

(vs. 18). Lot se lewensuitkyk word die sondige lewe van die mense in

Sodom. Abraham se lewensuitkyk is gesetel in die altaar vir die Here.

’n Lewe vanuit die altaar is ’n lewe volgens God se wil. Wat jou betref,

is dit ’n lewe as Christentiener vanuit die Woord van God. As God se

Woord die middelpunt van jou lewe is, sal dit ’n invloed uitoefen in

alles wat jy beplan en besluit.

55. God se verbond met Abraham

Lees: Genesis 15:7-21 Teks: Genesis 15:18

Abraham wonder wat van God se beloftes geword het. Die nageslagsbelofte

en die landsbelofte. Jare het verbygegaan en hy het

nog nie ’n nageslag nie of ’n eie land nie. God kom om sy verhouding

met Abraham in ’n verbond vas te lê. Abraham moes diere middeldeur

sny en die helftes teenoor mekaar op die grond neersit. Abraham glo

dat God sal kom en met hom ’n verbond sluit. Dit is die hart van die

Bybelse boodskap. Gód sluit met die mens sý verbond. God gaan

tussen die stukke van die diere deur (vs. 17). Dit wys op genade én

oordeel. God beloof sy trou en liefde en daarop moet die mens in die

verbond met gehoorsaamheid antwoord. Toe jy gedoop is, het God

gesê hy maak ’n verbond met jou. God gee genade. Jy moet daarop

antwoord met gehoorsaamheid.

50. Trek nie sonder God nie

Lees: Eksodus 33:7-23 Teks: Eksodus 33:15

Die begrip “wegtrek” of “optrek” kom 41 keer in die Ou Testament

voor om die saak van bevryding aan te toon, meestal in verband

met Kanaän. God het belowe om die volk uit die slawerny van Egipte

te verlos en tot in Kanaän te lei, maar dan moet die volk deur geloof

gehoorsaam wees aan God. Eksodus 32 vertel van Israel se sonde

met die goue kalf. God sê toe vir Moses om die volk verder te laat

trek Kanaän toe, maar God gaan nie meer saam met hulle nie, Hy sal

’n engel gee om hulle te lei. Moses pleit by God dat as Hy nie saamgaan

nie, hulle nie verder gaan trek nie.

Het jy al gedink dat God, vanweë jou ongehoorsaamheid, nie

met jou op jou lewenspad verder sal wil gaan nie? Bely jou sonde en

bid om die teenwoordigheid van God se Gees.

52. Van bitt er water na soet water

Lees: Eksodus 15:22-27 Teks: Eks. 15:23a & 27a

Met ’n volk wat deur die woestyn trek, kan dit die een oomblik

goed gaan en die volgende oomblik weer sleg. Die een oomblik

is daar voorspoed en die volgende oomblik ’n groot krisis. Die

lewe van elke mens het sulke dieptepunte en hoogtepunte. Israel

het tydens hulle trek deur die woestyn dit telkens ervaar. Water is in

die woestyn baie skaars. Israel kom by water, maar toe is die water

bitter. Hulle noem die plek Mara (“bitterheid”). God maak die water

drinkbaar deur Moses ’n stuk hout daarin te laat gooi. God toets die

volk se geloof. Toe kom die volk by Elim aan met sy 12 fonteine en 70

palmbome en kon hulle hul dors les.

In tye van teenspoed en voorspoed moet elke gelowige op weg

deur die woestyn van die lewe volkome op God vertrou en alles van

Hom verwag.

54. God se beskerming

Lees: Gen. 15:1-21 & Jes. 41:8-14 Teks: Gen. 15:1

Toe God Abraham beveel om uit Ur weg te trek na Kanaän (Gen.

12:1), het Abraham deur die geloof onmiddellik God se opdrag

uitgevoer. In dié proses het baie beproewinge oor Abraham gekom.

Maar Abraham het voortgegaan deur die geloof en nie afgewyk van

God se bevel nie. Hierin was God Abraham se Beskermer. Abraham

glo dit wat God het gesê: “Moenie bang wees nie” (vs. 1). God sê dit

nie vir Abraham op ’n veraf manier soos ’n radio wat iewers speel

nie. God sê dit direk vir hom en daarmee bedoel die Here dit ook

vir elke gelowige wat uit Abraham gebore is. Dit is ook jý, gedoopte

verbondskind van God. God belowe aan sy uitverkore kinders sy

beskerming. Niemand, nie eers Satan nie, kan jou uit die hande van

God ruk nie.

56. Die roofvoëls sak op die karkasse toe

Lees: Psalm 103:1-18 Teks: Genesis 15:11

Abraham hou wag by die diere wat hy middeldeur gesny het. Die

roofvoëls sak op die dooie diere toe, maar Abraham verjaag

hulle. Abraham hou wag by die tekens van die verbond. In ons tyd is

die tekens van die verbond die doop en die nagmaal. Omdat ons in ’n

bose tyd lewe, waarin Satan die gelowiges van God afvallig wil maak,

sal ons ook oor die tekens van die verbond moet waak.

Wat jou as Christentiener betref, is die doop in jou lewe baie belangrik.

Dit is die teken van jou verlossing in Christus. Ma en Pa sal ook

moet waak oor die teken van die doop en daarmee saam die teken

van die nagmaal. Die doop en die nagmaal moet vir die gelowiges

só belangrik wees dat niks en niemand hulle kan wegneem nie. Die

teken van die doop is jou waarborg vir die verlossing.

20 slingervel maart 2012

57. God se plan met Sodom en Gomorra

Lees: Genesis 18:16-22 Teks: Genesis 18:17

Toe Lot die vrugbare Jordaanvallei gekies het, is gesê “die inwoners

van Sodom was sleg: hulle het baie gesondig teen die Here” (Gen.

13:13). God maak aan Abraham bekend dat Hy Sodom en Gomorra

gaan straf. ’n Mens wonder hoekom het God sy besluit eers aan

Abra ham bekend gemaak. Abraham is God se uitverkore kind, nie

omdat hy beter was as ander mense nie. God het Abraham verkies

om uit hom ’n eie nasie te maak waaruit later Christus gebore kan

word. Daarom het God sy plan met Sodom en Gomorra nie vir Abraham

weggesteek nie. God se geduld met die sondige mense het ’n

eindpunt bereik. God se oordeel oor hulle moet die heidene onder

die besef bring wat die konsekwensies is as die Here geïgnoreer

word. Wees waaksaam hoe jy God gehoorsaam.

59. Abraham se pleit vir Sodom

Lees: Genesis 18:22-33 Teks: Genesis 18:22

Net soos op die Sinarvlakte in Noag se tyd, het God Hom nou ook

vertoorn oor die sondes in Sodom en Gomorra (vs. 20-21). By

Noag het God die mense met die watervloed verdelg, maar by Sodom

en Gomorra doen God dit met swael en vuur (Gen. 19:24). Abram pleit

dat God die oordeel sal wegkeer ter wille van 50 gelowiges. God sê

die oordeel moet voortgaan: daar is nie 50 regverdiges in Sodom nie

... of 40, of 30, of 20, of 10. God was bereid om vir slegs 10 gelowiges

Sodom en sy inwoners te spaar ... maar daar was nie eens 10 nie.

Voorbidding is ’n wesenlike deel van ’n Christen se geloofslewe.

Abram doen hier ’n beroep op God se barmhartigheid.

Hoe nader ’n gelowige aan God leef, des te dringender sal sy

voor bidding word.

61. ’n Ruk na die vorige gebeure

Lees: Genesis 22:1-6 Teks: Genesis 22:1

Op ’n paar plekke in Kanaän het Abraham altare gebou om tot

God te offer. Nou beveel God hom om ’n altaar te bou waarop

hy sy seun, Isak, moet offer. Vir Abraham was dit gewis ’n geweldige

skok. Meer as 25 jaar het hy en Sara gewag vir die geboorte van ’n

erfgenaam. En nou wil die Here hê dat hy vir Isak moet offer. God het

daar mee ’n doel: “God het vir Abraham op die proef gestel” (vs. 1b).

God wil toets of Abraham se geloof sterk staan. God wil vasstel of

Abraham onwrikbaar in Hom glo. Deur hierdie opdrag sal God kan

vasstel of Abraham Hom meer liefhet as vir Isak. God sal kan vasstel

of Abraham sonder die minste twyfel aan Hom gehoorsaam sal wees.

God het op so ’n wyse vir Job ook getoets. Op een of ander manier

kan die Here ook vasstel of jou geloof eg is.

63. Die lam vir die brandoff er

Lees: Genesis 22:1-8 Teks: Genesis 22:7

Sonder teëpraat maak Abraham aanstaltes om God se opdrag uit te

voer en sy seun Isak te gaan offer. Nog die volgende môre vertrek

hy en Isak (vs. 3). Na drie dae kom hulle by die plek aan wat God vir

Abraham gewys het (vs. 4). Hy het die hout op Isak se rug gesit en

hulle twee klim teen Moriaberg uit – Isak wat die offerhout self dra,

amper soos Christus wat sy eie kruis moes dra (vs. 6). Doelgerig stap

Abraham met Isak na die offerplek. Dan vra Isak vir Abraham waar

die offerdier is. Moet Abraham vir hom sê dat hý die offerlam is? Ten

spyte daarvan dat Abraham géén uitkoms kan sien nie, sê hy vir Isak

dat God die offerlam sal voorsien. Abraham se geloof wankel nie.

Deur die geloof verwag hy die onmoontlike wat juis deur die geloof

moontlik gaan word!

58. God kom om te kyk

Lees: Matt eus 11:20-24 Teks: Genesis 18:21

God is liefde (Eks. 34:6-7; 1 Joh. 4:8 & 16). Tog lees ons dat God

Sodom en Gomorra straf. God se liefde beteken nie dat die

mens maar in ongebondenheid en sonde kan voortleef nie. God se

lief de is teenoor die sonde ’n vuur wat uitdelg. God tree ook nie

on willekeurig op nie. God se optrede is nie ’n skielike opwelling nie.

God gaan kyk eers wat in Sodom aangaan (vs. 21). “Die inwoners

van Sodom was sleg: hulle het baie gesondig teen die Here” (Gen.

13:13). Die geskiedenis van Sodom staan as ’n waarskuwing in die

Bybel dat die mens nie straffeloos teenoor God oortree nie. God vind

nie plesier daarin om die sondaars te straf nie. Maar wat God in die

lewe van die goddelose sien, kan nie geïgnoreer word nie. God se

geregtigheid eis dat die mens gestraf sal word.

60. Abraham probeer nog net eenmaal

Lees: 1 Timoteus 2:1-6 Teks: Genesis 18:32

Dit is duidelik dat God ’n verskil maak tussen opregtes en goddeloses.

Meer nog: God is bereid om bose mense genadig te

wees ter wille van die gelowiges. Dit wys dat gelowige mense ’n baie

belangrike rol te speel het in die samelewing.

Toe dit duidelik is dat daar nie eers 10 regverdiges in Sodom is

nie, gee Abraham die saak gewonne. Kenmerkend is dat Abraham

niks vir homself vra nie. Hy vra iets vir Lot. Hy vra iets vir Sodom.

Abra ham hou aan God vas en die wêreld en hy bid by God om

genade vir die wêreld. Dit is ook elke gelowige se priesterlike opdrag

om vir die wêreld te bid dat die Woord van God mense sal bereik en

tot geloof en bekering bring.

62. Die off er van Abraham gevra

Lees: Matt eus 10:34-39 Teks: Genesis 22:2

Geloof beteken dat jy God, wat jy ken, ten volle vertrou. God se

pad met jou gaan soms in ’n rigting wat jy nie wil hê nie. Moses

en Paulus is hierin twee goeie voorbeelde. So gaan God nou met

Abraham ’n pad wat hy sou wou vermy, dit is om sy seun Isak te

gaan offer. Abraham kon seker voel dat God met hom ’n wrede pad

stap. Dit is asof God die waar word van sy beloftes in Isak nou wil

terugtrek. As hy vir Isak offer, is die belofte van God daarmee heen.

God se belofte en God se opdrag staan hier teenoor mekaar. As dit

in jou lewe gebeur het, sou dit vir jou ook die swaarste beproewing

gewees het. Kan ’n mens daaronder staande bly? Abraham kon

staan de bly omdat sy geloof eg en sterk was. Jy moet tot God bid vir

’n sterk en onwankelbare geloof.

64. God sal die lam voorsien

Lees: Genesis 22:9-14 Teks: Genesis 22:14

Op Moriaberg is die altaar gebou, die hout reggemaak en Isak

as die “offerdier” op die altaar vasgemaak (vs. 9). Nou moet die

“offerdier” geslag word. Abraham se hand met die mes was al klaar

in die lug toe God hom keer. God het Abraham se onvoorwaardelike

geloof gesien. Toe gee God die offer soos Abraham gesê het, die

skaapram wat in die bos vassit. Abraham se antwoord aan Isak oor

die offerdier word waar. Hy noem die plek “op die berg van die Here

word voorsien” (vs. 14). Dit tref ’n mens dat toe God se enigste Seun,

Jesus Christus, aan die altaar van die kruis gehang het, was daar nie ’n

offerdier om in sy plek te sterf nie. Christus sterf sélf om daarmee jou

sondeskuld te betaal en jou sondestraf te dra en jou met die Vader te

versoen tot in ewigheid.

slingervel maart 2012 21

tannie susan

Wat kan ek lees?

Dirks, Cor. 2011. Die Otters se

veldskoolavonture. 2de uitg. Pretoria: Protea

Boekhuis. 126 p. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-

86919-418-5. (Die Otters-reeks, 7.)

Die sewende boek oor die avon ture en wedervarings

van die Otters handel oor gebeure gedurende hulle

tyd by die veldskool. By die veldskool leer hulle meer

van die natuur en ook om hulleself te ken. Die Otters

maak kennis met Blikkies, ’n seun uit die Vrystaat en

die vyf Vuis-bendelede van hulle Kranskopskool is ook

daar – en regte moeilikheidmakers.

Gedurende ’n staptog waarty dens elke groep sy

eie roete deur middel van ’n kompas moet volg om

weer by die kamp uit te kom, ver dwaal die Otters se

groep. Hulle beleef egter ’n spannende avo n tuur in

’n ou goudmyngrot toe hulle deur twee gewapende,

ontsnapte tronkvoëls gejag word.

Tydens ’n uitslaapsessie tussen die berge en klowe

en naby ’n ver valle kasteel raak die seuns se kos skielik

in die nag weg. Die Otters doen speurwerk en besef

dat die vyf Vuis-bendelede ook verdwyn het. Hierop

volg ’n baie spannende avontuur waartydens hulle met

’n spul gevaarlike terroriste en ’n klomp vuurwapens te

doen kry. Tienerseuns sal maklik met die karakters van

die Otters kan iden tifi seer en naels-kouend aan die

spannende avontuurverhaal voort lees. Die taalgebruik

is gemaklike Afrikaans. ’n Mens sien gretig uit na die

vol gende avontuur in hierdie reeks.

Elkins, Stephen. 2011. 100 gebede wat

God graag wil hoor. Geïllustreer deur

Tim O’Connor. Vereeniging: Christelike

Uitgewersmaatskappy. 207 p. Prys: R119,95.

ISBN: 978-1-77000-998-1.

Hierdie gebedeboek het kinders as teikenmark. Elke

gebedsinskrywing het ’n kort bespreking waarom

’n gebed vir sodanige betrokke onderwerp nodig is.

Dan volg die gebed asook ’n interaktiewe opdrag aan

die leser. Die strukkie word afgesluit met “’n Gedagte

oor gebed” wat ’n kort spreuk bevat wat op gebed

betrekking het.

Hierdie gebedeboekie met sy kleurillustrasies moedig

’n lewe van voortdurende gebed en lofprysing en

’n gebedskultuur by kinders aan. Kinders kan leer

waarom, wanneer en hoe hulle vir God moet bid – dit

moet by hulle ’n spontane lewenswyse word om naby

God te leef en in gesprek met Hom te tree.

100 gebede wat God graag wil hoor is ideaal om

gedurende kinders se stiltetyd te lees of dit kan ook

met vrug gedurende huisgodsdiens deur ouers gebruik

word.

Robertson, M.P. 2011. Die eier. Pretoria:

Protea Boekhuis. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-

86919-473-4.

Gideon ontdek ’n baie groot eier in die hoenderhok

en neem dit na sy kamer. Daar broei ’n babadrakie

uit wat dink Gideon is sy mamma. Gideon moes sy

plig as “Mamma” doen en sy “draakkindjie” allerhande

draakdinge leer, al kon hy nie draaks praat nie. Hy

moes hom byvoorbeeld leer hoe om te vlieg en vuur te

blaas en nog ’n paar ander interessanthede.

Hulle twee was baie geheg aan mekaar, het heerlik

gespeel en Gideon het gereeld vir sy drakie slaaptydstories

gelees. Die drakie was egter eensaam en

het na ander drake verlang. Toe hy weggaan om hulle

te gaan soek, het Gideon gedink hy sal sy drakie nooit

weer sien nie. Maar gelukkig kon hulle nog heerlike

avonture saam beleef.

Die eier is ’n humoristiese kinderverhaal waarin die

detail kleurtekeninge die fantasieverhaal goed ondersteun.

Jong kinders sal graag hierdie verhaal weer

en weer wil hoor en die illustrasies bekyk. Die boek is

ideaal vir voorlees of self lees en sal gou ’n gunsteling

by jong kinders word.

Taplin, Sam. 2011. Die raasbekbangmaakboek.

Illustrasies deur Lee Wildish.

Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R160,00.

ISBN: 998-1-86919-493-2.

Die raasbek-bangmaakboek met sy dik karton bladsye

sal jong kinders laat gil van plesier – veral

wan neer hulle ook nog die verskillende klankknoppies

kan druk om onder andere die wolwe te hoor huil, die

heks se kekkellaggie te hoor, die honger monster en

vreeslike spoke te hoor kerm en deel te neem aan die

bangmaakpartytjie. Hierdie is ’n boekie wat vir ure lank

pret kan verskaf en moontlik kinders se vrees vir al die

ver spotte bangmaakgoed kan help oorkom. Die boek

het verskillende moontlikhede om ook interaktief in

leesspeletjies gebruik te word. SV

22 slingervel maart 2012

Het jy geweet?

Aan ons kuslyn staan ’n groot aantal vuurtorings wat die skepe waarsku waar die land is

en ook rotse en sandbanke aandui wat ’n groot gevaar vir die skepe inhou. Die vuurtorings

is van onmisbare betekenis vir die skeepvaart. Het jy geweet ... dat daar ’n rekord

verbonde is aan baie van die vuurtorings? Kom ons kyk watt er dit is.

DIE REKORD DIE VUURTORING

Die sterkste ligstraal. Kaappunt-vuurtoring, Kaapse Skiereiland.

Die mees afgesonderde bemande

vuurtoring. Dasseneiland-vuurtoring – 11 km vanaf die kus.

Die eerste outomati ese vuurtoring. Green Point-vuurtoring, KwaZulu-Natal (1961).

Die enigste diafoniese mishoring

wat nog gebruik word. Kaap Columbine-vuurtoring, Weskus.

Die hoogste vuurtoring. Slangkop-vuurtoring, Kaapse Skiereiland.

Die mees noordelike vuurtoring. Jesserpunt-vuurtoring, KwaZulu-Natal.

Die enigste vuurtoring op ’n rots

gebou. Romanrots, Valsbaai, Wes-Kaap.

Die enigste vroulike

vuurtoringwagter. Mev. Coward, St.Lucia-vuurtoring.

Die vuurtoring met die uniekste

kleur. Kaap Vidal-vuurtoring, KwaZulu-Natal (geel).

slingervel maart 2012 23

As ’n mens van die sterre hoor of lees, kan dit

nie anders nie as dat jy, as dit donker is, opkyk

in die lug en kyk na die ontelbare sterretjies

wat skitter teen die nagdonker hemel. Vir iemand wat

in God glo, is dit nie sommer maar net ligspikkeltjies

wat jy sien nie. Die sterrehemel waarna jy kyk, is deur

God geskep (Gen. 1:14-19; Jes. 66: 2; Kol. 1:16; Spr.

8:22-31; Gen. 14:19; Jes. 40:28; Ps. 8). Christene

twyfel nie daaraan dat God die ganse heelal geskep

het nie. Van die grootste son tot die kleinste atoompie

is deur God gemaak. Van die skepping van alle dinge

lees ons in Genesis 1 en 2 en ook in Job 38-41. Daar

is verdere verskillende teksgedeeltes wat aantoon dat

God die Skepper is van alle dinge. Ons noem net ’n

paar:

Jesaja 66: 2 – “Ek het alles gemaak en so het

alles ontstaan, sê die Here.”

Kolossense 1:16 – “God het deur Hom alles

geskep wat in die hemel en op die aarde is, alles

wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan

word nie.”

Lees ook Spreuke 8:22-31, Genesis 14:19 en

Psalm 8.

Planete van ons sterrestelsel

In die ruimte is daar miljoene sterrestelsels wat

galaksies genoem word wat elkeen bestaan uit

miljoene der miljoene sterre of sonne. Die sterrestelsel

waarvan ons son deel is, word die Melkweg

genoem. Ons son het agt planete wat om hom wentel.

Dié planete is: Mercurius, die planeet naaste aan

die son. Dan volg Venus, die Aarde, Mars, Jupiter,

Saturnus, Uranus en Neptunus.

Wetenskaplikes het met inisiatief en verbeterde

tegnieke al meer en meer van die planete van ons

son te wete gekom. Verskillende planete soos Mars,

Jupiter en Saturnus is al met ruimtetuie besoek en

wetenskaplik ondersoek. Tot dusver is gedink dat

nét ons son planete het en nie ander sonne ook nie.

Omdat die verskillende sterrestelsels en sterre ’n

tellie skoop

aantal ligjare van mekaar verwyder is, was dit nie

moontlik om met teleskope van die aarde af tot daar

waar te neem nie.

Planete van ander verre sterrestelsels

Planeetkundiges het egter metingmetodes

ontwikkel wat dit vir hulle moontlik maak om te kan

vasstel of verre sonne ook planete het. Wat was die

verrassing groot toe hulle tot die ontdekking kom

dat daar wél planete om ander sonne wentel. Die

wetenskaplikes was baie opgewonde toe hulle ’n

planeet, ongeveer soos Neptunus, om die ster Gliese

436 ontdek het.

Navorsers in Europa het bekendgemaak dat hulle

drie “super-aardes” om ’n nabye ster ontdek het,

as ook twee ander sonnestelsels met aarde-agtige

planete. Die drie “super-aardes” wentel om ’n ster wat

effens kleiner is as ons son, sowat 42 ligjare van die

aarde af. Al drie die planete is groter as die aarde –

een is 4,2 keer swaarder as die aarde, een 6,7 keer

swaarder, en die grootste een 9,4 keer die aarde se

massa. Die ontdekking van die “ekso-planete” het ’n

hele nuwe veld van ondersoek oopgemaak vir die

astronomie. SV

(Bronne: Astronomy, August 2008 [Special 35th Anniversary

Issue]; Sterrekunde Woordeboek, JH de Klerk;

http://exoplanets.org, Atlas of the Universe, 1994)

24 slingervel maart 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!