03.05.2013 Views

Die - CJBF

Die - CJBF

Die - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

dr. nico van der merwe

37. Hoe moet ek lewe?

Lees in jou Bybel Filippense 1:27-30 (vs. 27)

Omdat jy nog in die laerskool is, weet jy nie altyd wat die

regte ding is om te doen nie. Terwyl ’n kind grootword,

leer jy al meer en meer van die lewe. Dit is hoe jy agterkom op

watter manier jy elke dag moet lewe. Soms is dit nodig om ’n

voorbeeld te kry van wat gedoen moet word. As Mamma en

Pappa soms instrumente vir die huis koop, is daar gewoonlik

’n pamfl et by wat sê hoe jy dit aan mekaar moet sit en hoe

dit werk.

Die Here het vir jou so ’n voorbeeld gegee as dit kom by

jou godsdienstige lewe. In Filippense 1:27 hoor jy van dié

voorbeeld. Die Here sê as jy wil weet hoe om as ’n kind van

die Here te lewe, moet jy die Bybel gebruik. In die Bybel sê

die Here vir jou wat nodig is.

Daarom moet jy gereeld elke dag jou Bybel lees en baie

goed oplet wat die Here van jou verwag.

39. Jy moet jou ou, vuil klere uitt rek

Lees in jou Bybel Galasiërs 5:19-21 (vs. 21)

As jy aan sport deelneem of sommer net lekker saam met

jou maats speel, word jy vuil. As Mamma die huis skoonmaak

of Pappa werk aan die kar, word hulle ook vuil. Daarom

moet ’n mens daarna bad of stort sodat jou liggaam skoon

is, en dan jy trek skoon klere aan. Dan voel en lyk jy baie

beter.

Die Here leer ons in die Bybel dat dit geestelik net so met

jou gaan. Elke dag leef jy in ’n wêreld wat vol is van sonde en

lelike dinge. Dan word jou hart, jou gedagtes en jou dade vuil.

As jy só is, is jy nie vir die Here aanvaarbaar nie. Gelukkig het

Jesus Christus gekom en jou van jou sonde gered. Daarom

moet jy die ou, vuil en sondige dinge van die lewe “uittrek”

en jy moet die verlossing soos skoon klere aantrek en dan

soos ’n verloste kind van die Here lewe. God het dit vir jou

gedoen, jy moet net gehoorsaam wees en Hom dien.

41. ’n Gelukkige huisgesin

Lees in jou Bybel 2 Timoteus 3:14-17 (vs. 14)

Iemand het dalk vir jou gesê jy moet soet en gehoorsaam

wees dat jy ’n kindjie van die Here kan word. Iemand het

dalk ook vir jou gesê dat jy gereeld die katkisasieklasse moet

bywoon, gereeld en getrou jou katkisasie leerwerk moet

voorberei sodat jy ’n kind van die Here kan word.

En nou dink jy dat jy jouself ’n kind van die Here moet

maak. Jy sê vir jouself: as ek soet en gehoorsaam is by die

huis en die skool, en as ek gereeld my Bybel lees en bid, en

as ek al my aandag aan die katkisasiewerk gee sal ek ’n kind

van die Here word.

Dis nie waar nie! Van jou geboorte af is jy ’n kind van die

Here. Vra vir jou ouers om jou te vertel watter beloftes die

Here aan jou gemaak het toe jy gedoop is. Toe het die Here

vir jou gesê: “Jy is my kind!” Daarom moet jy geleer word om

soos ’n kind van die Here te lewe.

38. Jy is ’n nuwe mens

Lees in jou Bybel 2 Kor. 5:16-21 (vs. 17-18)

Alle mense hou van nuwe dinge. Jy is ook so. Dink maar

aan die begin van die jaar as jy vir die skool nuwe klere en

nuwe boeke kry, of met jou verjaardag as jy nuwe geskenke

kry.

Dit maak ’n mens opgewonde. Alle dinge op aarde word

oud. Mamma en Pappa koop ’n nuwe motor, maar na ’n paar

jaar is dit oud en hulle moet weer ’n nuwe een koop.

Die Here sê met jou as mens is dit net so. Omdat daar

baie sonde in die lewe is, lewe die mense verkeerd. Maar God

maak jou nuut! Omdat jy aan die Here Jesus behoort, kan die

Here jou nuut maak, want Jesus neem die sonde weg en die

Gees van God, wat in jou hart bly, neem die ou lelike dinge

uit jou lewe weg en maak jou ’n splinternuwe mens.

Dis nou jou plig en voorreg om soos ’n nuutgemaakte

mens te lewe in gehoorsaamheid aan die Here.

40. Vryheid vra verantwoordelikheid

Lees in jou Bybel 1 Petrus 2:11-17 (vs. 16)

Jy weet baie goed dat as ’n hond met ’n ketting aan ’n paal

vas is, kan hy nie loop en gaan waar hy wil nie, want hy

is vasgemaak en is nie vry nie. As ’n misdadiger in die tronk

is, het hy ook nie vryheid om te doen wat hy wil nie. As een

land ’n ander land se mense slawe maak, is hulle nie meer

vry nie.

Sondige mense is ook nie vry nie, want hulle is slawe van

Satan. As jy in jou sonde bly voortleef, is jy ook ’n slaaf van

Satan en het jy nie vryheid nie. Omdat Christus aan die kruis

vir jou sonde betaal het, het Hy jou van die slawerny van die

sonde bevry. Petrus skryf dat jy jou vryheid moet gebruik om

die Here te dien (vs. 16).

Dit is jou opdrag as ’n verloste kind van die Here. Deur

die Here elke dag te dien en aan Hom gehoorsaam te wees,

is die lewe wat van jou verwag word, vry van die sonde.

42. Die Here ken jou op jou naam

Lees in jou Bybel Jesaja 43:1-4 (vs. 1)

Jy weet nou dat jy ’n kind van die Here is en nie ’n kind van

die Here moet word nie.

Net soos mammas en pappas ken die Here ook jou naam.

Toe jy gedoop is, het die Here op jou naam vir jou gesê dat jy

sy kind is. God sê deur die pen van Jesaja: “Ek het jou op jou

naam geroep, jy is myne.”

Daar is duisende der duisende mense en kinders wie se

name jy nie ken nie. Daarom speel hulle nie ’n rol in jou lewe

nie. Maar as jy iemand se naam ken en jy kan hom op sy

naam noem, dan het die persoon betekenis in jou lewe.

Dit is presies wat die Here hier vir jou sê. God sê dat

Hy jou Vader in die hemel is, wat jou op jou naam ken. Op

jou naam het Jesus Christus vir jou sondes betaal en op jou

naam bly God se Gees in jou en help jou om soos ’n kind van

die Here te lewe. Jy moet luister wat God hieroor vir jou sê.

12 slingervel l l maart 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!