Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
dak in die rondte, maar sy oë soek

’n afklim plek. Hy sien nie een nie

en hy wil-wil net paniekerig raak.

Toe, aan die agterkant van die

stoor, sien hy uitkoms. Daar lê ’n

groot hoop hooi reg teen die muur

van die stoor.

“Kom julle, ons moet nou

weer afklim. Kyk wat ek doen en

doen net so,” sê Johan en hy klim

weer na die hoogste punt van die

stoor se dak aan die agterkant.

Toe gaan sit hy en op sy sitvlak

en gly eenvoudig van die dak af.

Oor die kant. Trek deur die lug en

land veilig in die groot hoop hooi.

“Hoera! Ek het dit reggekry,” juig

hy.

Nou is hy baie bekommerd

oor die ander twee, wat nog bo

op die dak is. Hy kan hulle nie

eers hier van die grond af sien

nie. Hoe gaan hulle afkom? “Kom,

julle twee, doen wat ek gedoen

het. Julle sal veilig in die strooi

val net soos ek!” roep hy hard na

hulle toe. Die volgende wat Johan

sien, is Neelsie wat eerste met

’n spoed van die dak af deur die

lug trek en veilig op die hooi land.

Neelsie gee net betyds pad van

die hoop hooi af, want Hanlie is

die volgende een om in die hooi

te val.

“Dit was omtrent lekker,” sê

Johan. “Môre maak ons weer so,”

sê hy en die ander twee stem

saam.

Hierna kry Johan en Neelsie

koers om verder op die plaas

te gaan rondloop, maar Hanlie,

besluit vandag het sy nie lus om

saam met die twee seuns te loop

nie. Sy sal maar hier by die huis

alleen rondspeel. Sy klim op die

trekker wat daar eenkant staan

en verbeel haar dat sy die hele

wêreld vol rondry.

Toe sy daarvoor moeg is, klim

sy af en loop sommer in ’n ander

rigting as wat die seuns geloop

het. Na ’n lang ruk sien sy dat

sy naby Borina se huis is en nie

ver daarvan af nie is ’n ander

geboutjie. Sy loop daarnatoe.

Binne-in lyk dit soos ’n klaskamer.

Daar is ’n swart bord met wit kryt

wat in die gleufi e voor die bord is.

Daar is klein stoeltjies en tafeltjies

en daar lê boeke rond. Dit ruik vir

haar ook baie vreemd hier.

Vinnig loop sy uit na Borina se

huis toe.

“Borina,” vra sy nadat hulle

gegroet het, “wat se huis is dit

daardie?” Sy wys na die plek waar

sy nou-nou in was.

“Dis mos die skool,” sê Borina

met ‘n glimlag. “My man Josaiha

is die onderwyser daar. Hy leer

die swart kindertjies om te lees en

te skryf, ja.”

“O,” sê Hanlie en sy loop weer

verder. By hulle huis maak sy eers

’n draai by Sokkies se hok en sy

verlang baie na haar ma. Dan

hoor sy die bekende geluid van

die skoolbus wat aangery kom

met die plaaspaadjie en sy weet

nou hoef sy nie meer te verlang

nie, want haar ma is by die huis.

Agterna het hulle ma gewonder

hoekom die drie oudstes se

broeke se sitvlakke dan so rooi is?

Hulle het seker maar op rooigrond

gesit en speel, het sy gedink. Sy

het nie besef of kon raai dat hulle

van die hoë stoor se dak afgly nie.

’n Paar dae later, toe Borina

weer kom was, praat sy ernstig

met hulle ma. “Jy moet kyk wat

jou twee seuntjies doen.”

“Hoe so, Borina?” vra hulle ma.

“Nee, daar ver op die plaas

is ’n gat,” vertel Borina. “Hy is

oop. Daar is niks oor die gat nie,

maar hy is baie, baie diep. As jy ’n

klip daarin gooi, hy vat laaaaank

voordat hy daar onder in die water

val. Nou jou twee seuntjies, hulle

spring heen en weer, heen en

weer oor daardie gat. As hulle

daarin val, niemand sal eers weet

dat hulle is daarbinne in die gat

nie.”

Yskoud word dit in hulle ma se

hart en omdat sy weet dat hulle

altwee nog veilig is, sê sy soos

so baie keer tevore sag in haar

hart baie dankie vir die Almagtige

Hemelse Vader. Sy weet dit is

net Hy en Hy alleen wat al haar

kinders elke dag bewaar, want

hulle is dom en vang dinge aan

wat hulle nie moet doen nie. Hulle

het nog nie verstand nie.

“Baie dankie dat jy vir my kom

sê het, Borina. Ek sal vir hulle pa

vertel en hy sal weet hoe hy die

saak moet hanteer.”

’n Paar dae later speel die drie

oudstes weer by die dam. Dis

lekker koel onder die wilgebome

wat aan die kant van die dam is.

Die twee seuns is aan die oorkant

van die dam en Hanlie aan die

duskant. Sy staar in die water

en wens sy het ’n visstok gehad.

Sy wil so graag ’n vis vang. Toe

hulle op die dorp gebly het, het

hulle partymaal saam met hulle

pa en ma gaan visvang en dit

was vir Hanlie baie lekker. Haar

pa het vir haar ’n hoekie en aas

aan ’n handlyntjie gesit. Sy het ’n

hele paar klein vissies, wat naby

die kant van die water aan haar

aas gebyt het, gevang. Sodra ’n

vissie gebyt het, het sy met die

lyntjie oor haar een skouertjie die

wal uitgehardloop en so ’n vissie

gevang.

Sy staan nog so ingedagte na

die water en kyk en skielik is hier

reg langs haar ’n geplons in die

water. Vinnig kyk sy in daardie

rigting. ’n Groot gedierte klim

uit die water uit hier by haar. Sy

harige vel is donker en glinster in

die son van nattigheid.

Hanlie se bene is lam. Dit kan

Word vervolg

net die monster wees ...

slingervel slinge g rvel e maart 2012 7