Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
uit en gaan soek julle eie kos,”

roep ’n fyn stemmetjie.

“Ha-ha-ha. Vir wat sal ons

gaan kos soek as ons joune

kan vat? Gee pad, dis nou

ons s’n,” skreeu twee ander

growwe stemme.

“Dit kom van daardie kant

af, Kalbas. Kom ons gaan

kyk,” sê Snoet. Hulle staan op

en loop sag deur die bosse

tot hulle sien wie dit is wat

so lawaai. Daar voor hulle

sit ’n groot skilpad langs ’n

oopgebreekte waatlemoen.

Op die waatlemoen en langs

die waatlemoen sit twee groot

kraaie wat lustig aan die

waatlemoen vreet. Die skilpad

probeer na hulle voete hap om

hulle weg te jaag, maar dan pik

die kraaie hom op sy kop en hy

trek maar weer sy kop onder

sy dop in.

“Ons moet hom help, Kalbas.

Siestog, daardie twee kraaie is

baie lelik met hom. Hulle kan

baie makliker as ou Skillie vir

hulle gaan kos soek.”

“Jy is reg. Ek hou nie van

sulke boelies nie. Ek tel tot drie

en dan storm ons op hulle af

sodat hulle kan padgee,” sê

Snoet. Hy tel een-twee-drie

en toe storm hy en sy boetie

vorentoe terwyl hulle ’n groot

lawaai maak. Die kraaie skrik

so groot dat hulle wegvlieg en

in ’n boom gaan sit en vandaar

af na die bobbejane en skilpad

by die waatlemoen kyk.

“Toe maar, ou skilpad, ons

sal hulle by jou kos weghou. Jy

kan maar lekker eet,” sê Snoet.

“Baie dankie. Julle is goed

vir my en net daarom kan

julle maar saam met my eet,”

antwoord die skilpad dankbaar.

“Eet jy maar eers tot jy

genoeg gehad het, want die

kraaie sal weer probeer om

dit af te vat. Ons sal eers

waghou. Wanneer jy vol is, sal

ons eet, dankie, Skilpad,” sê

Kalbas. “Ek is Kalbas, en dit is

my broer Snoet.”

“Gryp vir jou daardie stok,

Kalbas. Ek het reeds een en

daar kom die kraaie!” roep

Snoet.

Toe die eerste kraai by die

waatlemoen kom sit, swaai

Snoet die stok en slaan teen

die kraai se lyf. “Gee pad,

Kraai, dis nie jou kos nie.”

“Eina! Daai stok slaan seer.

Vir wat kan ons nie almal van

die waatlemoen eet nie?” roep

die kraai en spring net so ’n

entjie weg van hulle af, tot

waar die ander kraai ook kom

sit het.

“Omdat dit Skillie se kos is.

Julle wou nie eens gehad het

dat hy saam eet nie, dan het

julle hom op sy kop gepik. Gee

pad, want as julle weer kom

eet, slaan ek en Kalbas julle

met hierdie stokke teen die

kop,” waarsku Snoet.

“Ag, julle is net twee ou

simpel bobbejane. Ons is nie

vir julle bang nie,” roep die

ander kraai en kom vinnig

nader.

“Slaan, Kalbas! Slaan,

Snoet,” roep die skilpad.

Die bobbejaantjies slaan met

mening albei teen die kraaie se

nekke. Die kraaie skrik. Dit was

baie seer. Weer vlieg hulle tot

bo in die boom.

“Gaan julle nou padgee en

vir Skilpad in vrede los?” roep

Snoet.

Die kraaie praat met mekaar

en sonder om vir Snoet te

antwoord, vlieg hulle weg.

“So ja, hulle sal nie weer kom

nie,” sê Kalbas tevrede en kyk

hoe lekker ou Skilpad vreet.

“My maag is nou vol. Julle

kan maar die ander stuk opeet.

Dankie dat julle my gehelp

het.”

Snoet en Kalbas eet daardie

aand hulle magies trommeldik

aan die waatlemoen terwyl ou

Skillie vir hulle sit en kyk.

“Waar woon julle?” vra

Skilpad.

“Baie ver hiervandaan. Ons

sal nie voor dit donker is tot

daar kan loop nie. Ek dink ons

moet maar hier iewers slaap,”

antwoord Kalbas.

“Ek slaap gewoonlik nie

ver hiervandaan nie in ’n hol

boomstam. Julle kan saam

met my gaan,” sê die skilpad

vriendelik.

“Baie dankie, maar ons sal

liefs in die boom slaap. Dit is

veiliger, maar ons sal darem

dan nog naby aan jou wees,”

stem Snoet in en Kalbas knik

sy kop.

So het dit gekom dat Kalbas

en Snoet op hulle eerste dag

alleen nie net vir ou Skilpad

gehelp het nie, maar ook kos

gekry het. Môre sal hulle maar

weer verder loop en soek.

Hulle het besluit om nie weer

terug te gaan na die grot toe

waar hulle saam met hulle

Word vervolg

ouers gebly het nie.

slingervel maart 2012 9