03.05.2013 Views

Die - CJBF

Die - CJBF

Die - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

oom attie venter

bakterieë,

& kie

GROOT GETALLE

In die volksmond ken ons bakterieë, giste en virusse

alles as kieme. Mense wonder partykeer hoekom

ons so baie kieme in ons monde het. Die interessante

antwoord is dat groot dele van jou liggaam kieme bevat.

Eerstens: jou vel is met kieme oortrek – spesifi ek, bakterieë.

Ook swamme, maar baie bakterieë. So ook

jou spysverteringstelsel, beginnende by die mond en

eindigende by die anus. ’n Bioloog beweer selfs dat

die liggaam uit sowat 15 triljoen (15 miljoen miljoen)

selle bestaan, waarvan maar 10% menslik is. Die res

is hoofsaaklik bakterieë.

Gelukkig vir ons is hierdie bakterieë baie kleiner as

die normale liggaamsel. En gelukkig is daar nie ’n verkiesing

in die liggaam nie – hoewel, as jy ’n maagkwaal

het, jy terdeë daarvan sal weet dat daar bakterieë in

jou liggaam is! Onthou dat jy ook maagaandoenings

van virusse kan kry. Daar is ook protosoë (eensellige

diertjies) in jou spysverteringskanaal wat jou amoebiese

disenterie kan besorg. Protosoë sal seker ook maar in

die volksmond as kieme bekend staan.

HOU HOM OP SY PLEK

MOND – In baie gevalle is die kieme waarvan ons

nou gepraat het, onskadelike bakterieë, dit wil sê as

hulle bly waar hulle behoort te bly, sal hulle niks aan

’n mens doen nie. Daar is maar net bakterieë in jou

liggaam omdat daar maar oral bakterieë is – in die

grond, in die kos wat jy eet, in die water wat jy drink.

Dus sal daar ook van hierdie goedjies in jou mond

wees.

Wat baie interessant is, is dat, as daardie bakterieë

is waar hulle nie veronderstel is om te wees nie, dit

groot skade kan veroorsaak. Byvoorbeeld: ’n mens

kry ’n vleisvretende bakterie, soos die geval van ’n

kind wat ’n paar jaar gelede eers sy arm verloor

het en toe sy skouer. Later is hy toe dood. Hierdie

bak terieë het eenvoudig vanaf sy mond deur sy lig-

gaam versprei! Gewone mondbakterieë kan onder

normale omstandighede nie enige skade aan jou

be rokken nie, maar as dinge êrens ’n verkeerde

wending neem, kan dit op die dood uitloop.

NEUS – Dieselfde met die baie virusse en bakterieë

wat in jou neusholte leef – dié van julle wat verkoue

is, weet daarvan! Hulle is redelik onskadelik, maar

as jy een van daardie mense is wat jou nies “smoor”

deur dit te onderdruk, dan is dit baie gevaarlik. Van

daardie virusse kan dan deur die kribriformplaat

tot binne jou breinholte ingeforseer word. Die kribri

formplaat is ’n plaat wat die neusholte van die

breinholte skei met fyn porieë waardeur die reuksenuwees

strek. Hierdie porieë is ook vir kieme

deur laatbaar, sodat, as jy deur jou nies te smoor

groot druk op die neusholte toepas, virusse en

bak terieë deur die porieë tot in jou brein beweeg.

Bakterieë kan meningitis veroorsaak, wat natuurlik

ook lewensgevaarlik kan wees.

Jou eie liggaamsbakterieë kan dus dodelik wees

– vir jouself en ook vir ander mense. As jy een of

ander siekte het en jy slordig en morsig werk, kan

siektes van een persoon na die ander oorgedra

word.

MUTUALISME

Onthou ook: jou hele spysverteringstelsel is vol

bak terieë. Baie daarvan doen eintlik ’n baie belangrike

werk. Hulle breek byvoorbeeld van die kosse af wat jy

inneem, met ander woorde: hulle help met vertering!

In die geval van herkouende diere gaan hulle nog ’n

stap verder. Laasgenoemde het verskeie mae (word

ook die vierkantmaag genoem) waarin vertering dan

plaasvind. Dit vind ons veral by diere wat grasse moet

vreet, maar nie by diere wat blare van struike en bome

vreet nie. By jou grasvretendes vind ons dat hierdie

ekstrae mae groot massas bakterieë, giste en protosoë

(eensellige diertjies) bevat.

16 slingervel maart 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!