03.05.2013 Views

Die - CJBF

Die - CJBF

Die - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

As ’n mens van die sterre hoor of lees, kan dit

nie anders nie as dat jy, as dit donker is, opkyk

in die lug en kyk na die ontelbare sterretjies

wat skitter teen die nagdonker hemel. Vir iemand wat

in God glo, is dit nie sommer maar net ligspikkeltjies

wat jy sien nie. Die sterrehemel waarna jy kyk, is deur

God geskep (Gen. 1:14-19; Jes. 66: 2; Kol. 1:16; Spr.

8:22-31; Gen. 14:19; Jes. 40:28; Ps. 8). Christene

twyfel nie daaraan dat God die ganse heelal geskep

het nie. Van die grootste son tot die kleinste atoompie

is deur God gemaak. Van die skepping van alle dinge

lees ons in Genesis 1 en 2 en ook in Job 38-41. Daar

is verdere verskillende teksgedeeltes wat aantoon dat

God die Skepper is van alle dinge. Ons noem net ’n

paar:

Jesaja 66: 2 – “Ek het alles gemaak en so het

alles ontstaan, sê die Here.”

Kolossense 1:16 – “God het deur Hom alles

geskep wat in die hemel en op die aarde is, alles

wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan

word nie.”

Lees ook Spreuke 8:22-31, Genesis 14:19 en

Psalm 8.

Planete van ons sterrestelsel

In die ruimte is daar miljoene sterrestelsels wat

galaksies genoem word wat elkeen bestaan uit

miljoene der miljoene sterre of sonne. Die sterrestelsel

waarvan ons son deel is, word die Melkweg

genoem. Ons son het agt planete wat om hom wentel.

Dié planete is: Mercurius, die planeet naaste aan

die son. Dan volg Venus, die Aarde, Mars, Jupiter,

Saturnus, Uranus en Neptunus.

Wetenskaplikes het met inisiatief en verbeterde

tegnieke al meer en meer van die planete van ons

son te wete gekom. Verskillende planete soos Mars,

Jupiter en Saturnus is al met ruimtetuie besoek en

wetenskaplik ondersoek. Tot dusver is gedink dat

nét ons son planete het en nie ander sonne ook nie.

Omdat die verskillende sterrestelsels en sterre ’n

tellie skoop

aantal ligjare van mekaar verwyder is, was dit nie

moontlik om met teleskope van die aarde af tot daar

waar te neem nie.

Planete van ander verre sterrestelsels

Planeetkundiges het egter metingmetodes

ontwikkel wat dit vir hulle moontlik maak om te kan

vasstel of verre sonne ook planete het. Wat was die

verrassing groot toe hulle tot die ontdekking kom

dat daar wél planete om ander sonne wentel. Die

wetenskaplikes was baie opgewonde toe hulle ’n

planeet, ongeveer soos Neptunus, om die ster Gliese

436 ontdek het.

Navorsers in Europa het bekendgemaak dat hulle

drie “super-aardes” om ’n nabye ster ontdek het,

as ook twee ander sonnestelsels met aarde-agtige

planete. Die drie “super-aardes” wentel om ’n ster wat

effens kleiner is as ons son, sowat 42 ligjare van die

aarde af. Al drie die planete is groter as die aarde –

een is 4,2 keer swaarder as die aarde, een 6,7 keer

swaarder, en die grootste een 9,4 keer die aarde se

massa. Die ontdekking van die “ekso-planete” het ’n

hele nuwe veld van ondersoek oopgemaak vir die

astronomie. SV

(Bronne: Astronomy, August 2008 [Special 35th Anniversary

Issue]; Sterrekunde Woordeboek, JH de Klerk;

http://exoplanets.org, Atlas of the Universe, 1994)

24 slingervel maart 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!