03.05.2013 Views

Die - CJBF

Die - CJBF

Die - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

57. God se plan met Sodom en Gomorra

Lees: Genesis 18:16-22 Teks: Genesis 18:17

Toe Lot die vrugbare Jordaanvallei gekies het, is gesê “die inwoners

van Sodom was sleg: hulle het baie gesondig teen die Here” (Gen.

13:13). God maak aan Abraham bekend dat Hy Sodom en Gomorra

gaan straf. ’n Mens wonder hoekom het God sy besluit eers aan

Abra ham bekend gemaak. Abraham is God se uitverkore kind, nie

omdat hy beter was as ander mense nie. God het Abraham verkies

om uit hom ’n eie nasie te maak waaruit later Christus gebore kan

word. Daarom het God sy plan met Sodom en Gomorra nie vir Abraham

weggesteek nie. God se geduld met die sondige mense het ’n

eindpunt bereik. God se oordeel oor hulle moet die heidene onder

die besef bring wat die konsekwensies is as die Here geïgnoreer

word. Wees waaksaam hoe jy God gehoorsaam.

59. Abraham se pleit vir Sodom

Lees: Genesis 18:22-33 Teks: Genesis 18:22

Net soos op die Sinarvlakte in Noag se tyd, het God Hom nou ook

vertoorn oor die sondes in Sodom en Gomorra (vs. 20-21). By

Noag het God die mense met die watervloed verdelg, maar by Sodom

en Gomorra doen God dit met swael en vuur (Gen. 19:24). Abram pleit

dat God die oordeel sal wegkeer ter wille van 50 gelowiges. God sê

die oordeel moet voortgaan: daar is nie 50 regverdiges in Sodom nie

... of 40, of 30, of 20, of 10. God was bereid om vir slegs 10 gelowiges

Sodom en sy inwoners te spaar ... maar daar was nie eens 10 nie.

Voorbidding is ’n wesenlike deel van ’n Christen se geloofslewe.

Abram doen hier ’n beroep op God se barmhartigheid.

Hoe nader ’n gelowige aan God leef, des te dringender sal sy

voor bidding word.

61. ’n Ruk na die vorige gebeure

Lees: Genesis 22:1-6 Teks: Genesis 22:1

Op ’n paar plekke in Kanaän het Abraham altare gebou om tot

God te offer. Nou beveel God hom om ’n altaar te bou waarop

hy sy seun, Isak, moet offer. Vir Abraham was dit gewis ’n geweldige

skok. Meer as 25 jaar het hy en Sara gewag vir die geboorte van ’n

erfgenaam. En nou wil die Here hê dat hy vir Isak moet offer. God het

daar mee ’n doel: “God het vir Abraham op die proef gestel” (vs. 1b).

God wil toets of Abraham se geloof sterk staan. God wil vasstel of

Abraham onwrikbaar in Hom glo. Deur hierdie opdrag sal God kan

vasstel of Abraham Hom meer liefhet as vir Isak. God sal kan vasstel

of Abraham sonder die minste twyfel aan Hom gehoorsaam sal wees.

God het op so ’n wyse vir Job ook getoets. Op een of ander manier

kan die Here ook vasstel of jou geloof eg is.

63. Die lam vir die brandoff er

Lees: Genesis 22:1-8 Teks: Genesis 22:7

Sonder teëpraat maak Abraham aanstaltes om God se opdrag uit te

voer en sy seun Isak te gaan offer. Nog die volgende môre vertrek

hy en Isak (vs. 3). Na drie dae kom hulle by die plek aan wat God vir

Abraham gewys het (vs. 4). Hy het die hout op Isak se rug gesit en

hulle twee klim teen Moriaberg uit – Isak wat die offerhout self dra,

amper soos Christus wat sy eie kruis moes dra (vs. 6). Doelgerig stap

Abraham met Isak na die offerplek. Dan vra Isak vir Abraham waar

die offerdier is. Moet Abraham vir hom sê dat hý die offerlam is? Ten

spyte daarvan dat Abraham géén uitkoms kan sien nie, sê hy vir Isak

dat God die offerlam sal voorsien. Abraham se geloof wankel nie.

Deur die geloof verwag hy die onmoontlike wat juis deur die geloof

moontlik gaan word!

58. God kom om te kyk

Lees: Matt eus 11:20-24 Teks: Genesis 18:21

God is liefde (Eks. 34:6-7; 1 Joh. 4:8 & 16). Tog lees ons dat God

Sodom en Gomorra straf. God se liefde beteken nie dat die

mens maar in ongebondenheid en sonde kan voortleef nie. God se

lief de is teenoor die sonde ’n vuur wat uitdelg. God tree ook nie

on willekeurig op nie. God se optrede is nie ’n skielike opwelling nie.

God gaan kyk eers wat in Sodom aangaan (vs. 21). “Die inwoners

van Sodom was sleg: hulle het baie gesondig teen die Here” (Gen.

13:13). Die geskiedenis van Sodom staan as ’n waarskuwing in die

Bybel dat die mens nie straffeloos teenoor God oortree nie. God vind

nie plesier daarin om die sondaars te straf nie. Maar wat God in die

lewe van die goddelose sien, kan nie geïgnoreer word nie. God se

geregtigheid eis dat die mens gestraf sal word.

60. Abraham probeer nog net eenmaal

Lees: 1 Timoteus 2:1-6 Teks: Genesis 18:32

Dit is duidelik dat God ’n verskil maak tussen opregtes en goddeloses.

Meer nog: God is bereid om bose mense genadig te

wees ter wille van die gelowiges. Dit wys dat gelowige mense ’n baie

belangrike rol te speel het in die samelewing.

Toe dit duidelik is dat daar nie eers 10 regverdiges in Sodom is

nie, gee Abraham die saak gewonne. Kenmerkend is dat Abraham

niks vir homself vra nie. Hy vra iets vir Lot. Hy vra iets vir Sodom.

Abra ham hou aan God vas en die wêreld en hy bid by God om

genade vir die wêreld. Dit is ook elke gelowige se priesterlike opdrag

om vir die wêreld te bid dat die Woord van God mense sal bereik en

tot geloof en bekering bring.

62. Die off er van Abraham gevra

Lees: Matt eus 10:34-39 Teks: Genesis 22:2

Geloof beteken dat jy God, wat jy ken, ten volle vertrou. God se

pad met jou gaan soms in ’n rigting wat jy nie wil hê nie. Moses

en Paulus is hierin twee goeie voorbeelde. So gaan God nou met

Abraham ’n pad wat hy sou wou vermy, dit is om sy seun Isak te

gaan offer. Abraham kon seker voel dat God met hom ’n wrede pad

stap. Dit is asof God die waar word van sy beloftes in Isak nou wil

terugtrek. As hy vir Isak offer, is die belofte van God daarmee heen.

God se belofte en God se opdrag staan hier teenoor mekaar. As dit

in jou lewe gebeur het, sou dit vir jou ook die swaarste beproewing

gewees het. Kan ’n mens daaronder staande bly? Abraham kon

staan de bly omdat sy geloof eg en sterk was. Jy moet tot God bid vir

’n sterk en onwankelbare geloof.

64. God sal die lam voorsien

Lees: Genesis 22:9-14 Teks: Genesis 22:14

Op Moriaberg is die altaar gebou, die hout reggemaak en Isak

as die “offerdier” op die altaar vasgemaak (vs. 9). Nou moet die

“offerdier” geslag word. Abraham se hand met die mes was al klaar

in die lug toe God hom keer. God het Abraham se onvoorwaardelike

geloof gesien. Toe gee God die offer soos Abraham gesê het, die

skaapram wat in die bos vassit. Abraham se antwoord aan Isak oor

die offerdier word waar. Hy noem die plek “op die berg van die Here

word voorsien” (vs. 14). Dit tref ’n mens dat toe God se enigste Seun,

Jesus Christus, aan die altaar van die kruis gehang het, was daar nie ’n

offerdier om in sy plek te sterf nie. Christus sterf sélf om daarmee jou

sondeskuld te betaal en jou sondestraf te dra en jou met die Vader te

versoen tot in ewigheid.

slingervel maart 2012 21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!