03.05.2013 Views

Die - CJBF

Die - CJBF

Die - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Spreuke vir die tiener verklaar

God sê dat wysheid die

be langrikste bousteen

van sy skepping is. Dit is

die fondament waarop die lewe

gebou word. Toe God begin het

om die heelal te skep, was die

wys heid dus baie belangrik.

Spreuke 8:22 is ’n skeppingslied.

God begin die skep ping van hemel

en aarde nie sonder wysheid nie.

In teendeel, Hy ag die wysheid as

onmisbaar by die skep ping. Vers

22 leer ons ’n diepe lewensles: die

orde waarna jy jou lewe behoort

in te pas, is die orde wat God in

die Bybel gee. Wysheid het gesien

hoe God die wêreld as deel van die heelal uit niks gemaak het nie.

In die natuurwetenskap en in besonder die astrono mie (sterrekunde)

is dit vir eeue al bekend dat die aarde die enigste planeet

met water is. Al die ander planete in ons sonnestelsel is al van naderby

ondersoek, maar daar is geen water op hulle gevind nie. Daar

is wel tekens dat daar iewers in die verre verlede water op hulle

teen woordig was, maar vandag is daar nie meer nie. Daarom is die

aarde ook die enigste planeet met lewe. Genesis 1:1-2 maak die

aankondiging: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.

Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die

diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.”

Oral was water en later het God eers skeiding gebring tussen

water en land.

Toe begin die siklus van wolke en reën en fonteine en riviere

en die see (Spr. 8:27). God het die wolke in die lug gegee as bron

van die water wat oor die aarde reën en Hy het die fonteine

onder die diep water laat uitborrel (Spr. 8:28; Job 35:5). Wat doen

God alles? “Hy trek vog op uit die see, Hy haal reën uit die groot

waters uit, dan giet die wolke water uit, laat hulle dit op al die

baie mense val” (Job 36:27-28). “Weet jy hoe die wolke sweef?

Dit is die wonderlike werk van Hom wie se kennis volmaak is”

(Job 37:16).

Dr. Nico van der Merwe

Die wonder van water en reën

Spreuke maak vir ons die geheim

bekend tussen alle water

en God se almag. Hoe lank neem

dit die mens om met ’n tuinslang

sy gras en tuin nat te spuit? Dink

net hoe lank neem dit ’n boer

om sy lande te besproei met ’n

pomp uit ’n rivier. En dan laat

God die wolke saampak en giet

tonne water uit oor die aarde. ’n

Ligte reënbui laat strome water

oor die aarde vloei. Storms

bring massas waters oor die

aarde wat met ongekende krag

riviere oorstroom en lande verspoel.

God gee ook die fonteine

wat saggies vloei met lewensgewende

water (Job 38:16;

Gen. 8:2).

As jy as Christentiener na

’n lekker reënbui weer met jou

kaal voete in die stroompies

wa ter loop, onthou dan wat ons

daar in van God die Almagtige

leer. SV

slingervel maart 2012 5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!