03.05.2013 Views

Die - CJBF

Die - CJBF

Die - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Tannie Rika du Plessis

Kalbas en Snoet se avonture

Kalbas het sy naam gekry

toe hy op ’n dag van

pure nuuskierigheid sy

kop in ’n kalbas gedruk het om

te kyk of daarbinne nie nog

pampoenpitte lê wat hy kan eet

nie. Hy kon nie weer sy kop

by die nou gat van die kalbas

uitkry nie en sy pa moes hom

help. Toe is sy naam sommer

Kalbas.

(1)

Kalbas en Snoet is twee jong bobbejane. Hulle het nie

meer ouers nie. Ma en Pa Bobbejaan het op ‛n dag gaan

kos soek. Die twee kinders wou saamgaan, maar die

ma het gesê nee, die wind is te koud. Hulle moet in die

grot bly waar dit nie so koud is nie. Hulle ouers het

nooit weer teruggekom nie. Van die ander bobbejane

het gesê ‛n boer het hulle in sy mielieland gevang.

Niemand van die ander groot bobbejane wou Kalbas en

Snoet verder grootmaak nie. Hulle besluit toe dat hulle

vir hulleself sal sorg. Hulle weet al hoe om kos te soek

en waar dit veilig is om te slaap.

Snoet het weer sy naam

gekry toe hy, net so nuuskierig

soos sy boetie, sy kop in ’n

emmer gedruk het om te kyk

wat daarin is. Daar was wit

verf in en Snoet het dit net ’n

bietjie te laat agtergekom. Sy

neus was vol wit verf. Dit het

daar droog geword voor hy by

sy ma kon uitkom om dit af te

haal. Hy het nou ’n wit kol op

sy neus en het die naam Snoet

ggekry.

Vroeg

vvanoggend

hhet

Snoet

een

Kalbas

bby

die

ggrot

waar

hhulle

bly,

ppadgegee

oop

soek na

kos vir die dag. Hulle het al ver

geloop en nog niks te ete gekry

nie.

“Kan ons nie eers ’n bietjie

rus nie, Snoet? Ek is al baie

moeg,” kla Kalbas.

“Ja en ek is dors ook, Kalbas.

Ons rus so bietjie en gaan dan

verder,” antwoord Snoet en

hulle gaan sit in die skadu van

’n groot boom.

Hulle gesels nog so met

mekaar, toe raak albei aan die

slaap. Later word hulle wakker

van ’n lawaai. Hulle skrik toe

hulle sien dat dit al begin

donker word, maar luister

darem na die lawaai.

“Haai, nee, julle kan nie

sommer my kos opvreet nie.

Ek het swaar daaraan gesleep

om dit tot hier te kry waar die

boer my nie sal vang nie. Los

8 slingervel maart 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!