03.05.2013 Views

Die - CJBF

Die - CJBF

Die - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

43. God die Here slaap nooit nie

Lees in jou Bybel Psalm 121:1-8 (vs. 3-4)

Ons as mense moet elke 24 uur ten minste 6 tot 8 ure

slaap. As kind slaap jy dalk ’n bietjie meer as 8 uur per

nag. As ’n mens slaap, weet jy nie wat rondom jou aangaan

nie. As jy slaap, kan mense in jou omgewing baie dinge

aanvang. Ongelukkig is dit so dat die skelms, die boewe en

die skurke al hulle bose dade die meeste in die nag verrig as

mense slaap. Ek is seker jou ouers maak dubbeld seker dat

julle huis beveilig is vir die nagte wanneer julle slaap.

God kom sê vir ons in die Bybel dat die mens gereeld

moet slaap, maar Hy, as ons ewige God, sluimer nie in nie

en slaap nie. Dit gee aan ons die sekerheid dat God ons

beskerm. Die grootste van alle skelms en skurke is Satan.

Hom kan jy nie met aardse middele keer nie.

Daarom keer God dat Satan elke gelowige kind nie van

Hom afvallig maak nie.

45. Jesus het vir sondaars gekom

Lees in jou Bybel Matt eus 9:9-13 (vs. 13)

Een keer het 'n laerskoolseun vir my gesê dat hy nie dink

die Here gee vir hom om nie, want hy is verskriklik stout.

Hy weet dat hy baie stout is, maar hy sê dit is al manier waarop

hy mense se aandag op hom kan trek. Hy weet God hou

nie van stout kinders nie, daarom dink hy God wil niks met

hom te doen hê nie.

Jy moet onthou, daar is nie een mens op aarde wat nie

in sonde leef nie. Dit is juis die rede hoekom Christus na die

aarde gekom het. Hy het gekom om mense van die straf op

die sonde te red. Jesus sê vir die Fariseërs in Matteus 9:12 dat

Hy juis gekom het na die mense toe wat Hom nodig het, en

dit is die sondaars. Nou weet jy dat die Here Jesus Christus

ook vir jou na die aarde toe gekom het om aan die kruis vir

jou sondeskuld te betaal. Jy moet vir Hom baie dankie sê

daarvoor deur gehoorsaam te lewe.

47. Kinderlike sponsies en die Bybel

Lees in jou Bybel Deut. 11:13-23 (vs. 19)

Jy weet wat met ’n spons gebeur as jy dit in die water druk.

Die spons suig water op en bêre dit binne-in hom. Dink

aan jou sponsie waarmee jy jou in die bad was. Gee dit een

druk en dit suig homself vol water. So ’n sponsie laat ons

aan kinders dink. Net soos die spons, suig kinders kennis en

lewensfeite in hulleself op.

God het vir ouers geleer wat die belangrikste ding is wat

kinders moet opsuig. Dit is die Woord van God. As jy met

die Bybel in aanraking kom, suig jy dit wat God vir jou in die

Bybel sê, op.

Wat suig jy op in jou ouerhuis of by die skool? Wat suig jy

op deur televisie te kyk en in die fl iek? As menslike “sponsie”

moet jy die dinge van die Here opsuig saam met al die kennis

wat jy inneem. Die kennis in die Bybel is die belangrikste en

jy moet daaraan voorkeur gee.

44. God vergeet jou nooit nie

Lees in jou Bybel Jesaja 49:14-18 (vs. 15-16)

As daar ’n babatjie in ’n gesin is, moet hy in alle opsigte

opgepas en versorg word. Op gereelde tye moet die baba

kos kry. Sy doeke moet gereeld vervang word. Mamma moet

die baba ook gereeld bad en skoon klere aantrek. ’n Mamma

kan onder geen omstandighede van haar baba vergeet nie,

want as dit gebeur is die babatjie in groot gevaar, want self

kan die klein kindjie niks doen nie.

In Jesaja 49 sê God dat ’n mamma nie haar baba vergeet

nie (vs. 15). Maar as dit moet gebeur dat ’n vrou haar baba

vergeet (“selfs al sou so iets kon gebeur”), “Ek sal jou nie

vergeet nie”. Dit is God se belofte aan elke kind van Hom.

Daar is nie een gelowige mens wat hoef te vrees dat God

van hom sal vergeet nie. So, as dit met jou sleg gaan in die

lewe en jy verduur baie hartseer, vergeet God jou nie en sal

Hy jou help.

46. Jesus beteken vir jou baie

Lees in jou Bybel Matt eus 26:6-13 (vs 8)

Jy lees hier van ’n vrou wat ’n baie duur fl es met olie wat

baie lekker ruik, op Jesus se kop gegooi het. Die dissipels

het hulle vir die vrou vererg, want hulle dink dat sy baie geld

gemors het. Hulle kon die baie duur fl essie met olie aan

iemand verkoop het en dan kon hulle die geld geneem het

om arm mense te help. Jesus sien dit heeltemal anders. Hy

sê: “Sy het ’n goeie daad aan My gedoen.” Jesus sien dat Hy

soveel vir hierdie vrou beteken dat sy nie gehuiwer het om

Hom te vereer deur die duur olie op sy kop uit te gooi nie. Só

baie het Jesus vir haar beteken.

Hoeveel is Jesus vir jóú werd? Jy kan baie maklik ure voor

die TV sit, maar jy het nie 5 minute om Bybel te lees en te bid

nie. Jy kan ure aan sport afstaan, maar jy het nie ’n halfuur

om katkisasie toe te gaan nie. Jy moet vir jouself sê wat Jesus

vir jou beteken!

48. Om God alleen te dien, is die beste

Lees in jou Bybel 2 Kronieke 12:1-12

Al was Rehabeam Salomo se seun, was hy baie goddeloos

(vs. 14). Hy het dit sy doel gemaak om nie na die wil van

die Here te vra nie. Hy wou nie God se raad verneem nie,

maar het op homself en ander mense vertrou. Hy het ook

afgo de aanbid. Die Here kon nie die sonde van Rehabeam

en die volk sommer net so oorsien nie. God laat toe dat die

Egiptenaars hulle land inval en oor hulle heers. Hulle het

selfs die skatte van die tempel en die koning se paleis as buit

weggeneem. God maak dit baie duidelik vir sy volk dat hulle

Hom alleen moet dien. Hulle moet weet godsdiens is diens

aan die enigste ware God wat Hom in die Bybel aan mense

bekend maak.

Dit is ’n waarheid wat vir alle mense van alle tye geld, dus

ook vir jou. Wees versigtig as jy jou diens aan die Here afskeep

of dalk nalaat. Luister na God en dien Hom in opregtheid.

slingervel l l maart 2012 13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!