03.05.2013 Views

Die - CJBF

Die - CJBF

Die - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

dr. nico van der merwe

49. Redding uit die slawerny

Lees: Eksodus 3:8a Teks: Psalm 105:1-22

Die woord van belang in vers 8a is “bevry”. Om iemand te bevry, is

om iemand uit ’n bedreiging te verlos. Vir Israel was die slawerny

baie swaar en hulle het daaronder gely. God het nou besluit dat die

oomblik van Israel se bevryding, verlossing aangebreek het. Letterlik

staan daar in vers 8 dat die Here gaan kom om die Israeliete uit die

hand van die Egiptenare te ruk. Daar sit iets in dat krag gebruik word

vir hierdie daad. Uit die mag van Egipte weg te ruk!

Israel was nie in staat om hulleself te red nie. Hulle kon hulleself

nie van die slawerny verlos nie, net so min as wat jy vandag jouself

van die sonde kan verlos. Om dit te kon doen, moes God na die

aarde toe kom. God kom na ons toe nie in ’n brandende doringbos

nie, maar Hy kom na ons toe in Christus, jou Verlosser.

51. Hoe sal ons voor God verskyn?

Lees: Eks. 19:1-25 & Ps. 43:1-5 Teks: Eks. 19:17a

Israel het by Sinaiberg aangekom en kamp opgeslaan. God beveel

dat die volk hulleself moet reinig voordat hulle voor Hom kom

staan. “Toe het Moses hulle uit die kamp laat uitgaan om voor God

te gaan verskyn” (vs. 17a). Let daarop dat Moses die volk gelei het.

God het met Moses gepraat en Moses weer met die volk. Toe hulle

gereed was, het Moses voor hulle uitgestap.

Die vraag is, hoe sal ons voor God verskyn? Ons hoef ons nie

ui terlik te reinig nie, maar innerlik moet ons gereed wees om God te

ontmoet. Dit gebeur as die gemeente saamkom in die erediens. As

hulle saamkom in die gebed. As gelowiges saamkom vir Bybelstudie.

As sondige mense kom ons voor God te staan in Christus. Hy is ons

Middelaar wat vir ons by die Vader ingetree het. Hy lei ons na God

toe.

53. ’n Altaar vir die Here

Lees: Genesis 13:14-18 Teks: Genesis 13:18

Lot is persoonlik die belangrike skakel in die besluite wat hy

neem (Gen. 13:11). Abraham maak sy keuses uit God. Vir hom

is God die belangrikste faset van sy besluite (vs. 18). Nadat Lot die

Jordaanriviervallei gekies het om te gaan woon, vestig hy hom in die

sondige Sodom (vs. 12). Abraham het tent opgeslaan by Hebron en

die eerste ding wat hy daar doen, is om ’n altaar vir die Here te bou

(vs. 18). Lot se lewensuitkyk word die sondige lewe van die mense in

Sodom. Abraham se lewensuitkyk is gesetel in die altaar vir die Here.

’n Lewe vanuit die altaar is ’n lewe volgens God se wil. Wat jou betref,

is dit ’n lewe as Christentiener vanuit die Woord van God. As God se

Woord die middelpunt van jou lewe is, sal dit ’n invloed uitoefen in

alles wat jy beplan en besluit.

55. God se verbond met Abraham

Lees: Genesis 15:7-21 Teks: Genesis 15:18

Abraham wonder wat van God se beloftes geword het. Die nageslagsbelofte

en die landsbelofte. Jare het verbygegaan en hy het

nog nie ’n nageslag nie of ’n eie land nie. God kom om sy verhouding

met Abraham in ’n verbond vas te lê. Abraham moes diere middeldeur

sny en die helftes teenoor mekaar op die grond neersit. Abraham glo

dat God sal kom en met hom ’n verbond sluit. Dit is die hart van die

Bybelse boodskap. Gód sluit met die mens sý verbond. God gaan

tussen die stukke van die diere deur (vs. 17). Dit wys op genade én

oordeel. God beloof sy trou en liefde en daarop moet die mens in die

verbond met gehoorsaamheid antwoord. Toe jy gedoop is, het God

gesê hy maak ’n verbond met jou. God gee genade. Jy moet daarop

antwoord met gehoorsaamheid.

50. Trek nie sonder God nie

Lees: Eksodus 33:7-23 Teks: Eksodus 33:15

Die begrip “wegtrek” of “optrek” kom 41 keer in die Ou Testament

voor om die saak van bevryding aan te toon, meestal in verband

met Kanaän. God het belowe om die volk uit die slawerny van Egipte

te verlos en tot in Kanaän te lei, maar dan moet die volk deur geloof

gehoorsaam wees aan God. Eksodus 32 vertel van Israel se sonde

met die goue kalf. God sê toe vir Moses om die volk verder te laat

trek Kanaän toe, maar God gaan nie meer saam met hulle nie, Hy sal

’n engel gee om hulle te lei. Moses pleit by God dat as Hy nie saamgaan

nie, hulle nie verder gaan trek nie.

Het jy al gedink dat God, vanweë jou ongehoorsaamheid, nie

met jou op jou lewenspad verder sal wil gaan nie? Bely jou sonde en

bid om die teenwoordigheid van God se Gees.

52. Van bitt er water na soet water

Lees: Eksodus 15:22-27 Teks: Eks. 15:23a & 27a

Met ’n volk wat deur die woestyn trek, kan dit die een oomblik

goed gaan en die volgende oomblik weer sleg. Die een oomblik

is daar voorspoed en die volgende oomblik ’n groot krisis. Die

lewe van elke mens het sulke dieptepunte en hoogtepunte. Israel

het tydens hulle trek deur die woestyn dit telkens ervaar. Water is in

die woestyn baie skaars. Israel kom by water, maar toe is die water

bitter. Hulle noem die plek Mara (“bitterheid”). God maak die water

drinkbaar deur Moses ’n stuk hout daarin te laat gooi. God toets die

volk se geloof. Toe kom die volk by Elim aan met sy 12 fonteine en 70

palmbome en kon hulle hul dors les.

In tye van teenspoed en voorspoed moet elke gelowige op weg

deur die woestyn van die lewe volkome op God vertrou en alles van

Hom verwag.

54. God se beskerming

Lees: Gen. 15:1-21 & Jes. 41:8-14 Teks: Gen. 15:1

Toe God Abraham beveel om uit Ur weg te trek na Kanaän (Gen.

12:1), het Abraham deur die geloof onmiddellik God se opdrag

uitgevoer. In dié proses het baie beproewinge oor Abraham gekom.

Maar Abraham het voortgegaan deur die geloof en nie afgewyk van

God se bevel nie. Hierin was God Abraham se Beskermer. Abraham

glo dit wat God het gesê: “Moenie bang wees nie” (vs. 1). God sê dit

nie vir Abraham op ’n veraf manier soos ’n radio wat iewers speel

nie. God sê dit direk vir hom en daarmee bedoel die Here dit ook

vir elke gelowige wat uit Abraham gebore is. Dit is ook jý, gedoopte

verbondskind van God. God belowe aan sy uitverkore kinders sy

beskerming. Niemand, nie eers Satan nie, kan jou uit die hande van

God ruk nie.

56. Die roofvoëls sak op die karkasse toe

Lees: Psalm 103:1-18 Teks: Genesis 15:11

Abraham hou wag by die diere wat hy middeldeur gesny het. Die

roofvoëls sak op die dooie diere toe, maar Abraham verjaag

hulle. Abraham hou wag by die tekens van die verbond. In ons tyd is

die tekens van die verbond die doop en die nagmaal. Omdat ons in ’n

bose tyd lewe, waarin Satan die gelowiges van God afvallig wil maak,

sal ons ook oor die tekens van die verbond moet waak.

Wat jou as Christentiener betref, is die doop in jou lewe baie belangrik.

Dit is die teken van jou verlossing in Christus. Ma en Pa sal ook

moet waak oor die teken van die doop en daarmee saam die teken

van die nagmaal. Die doop en die nagmaal moet vir die gelowiges

só belangrik wees dat niks en niemand hulle kan wegneem nie. Die

teken van die doop is jou waarborg vir die verlossing.

20 slingervel maart 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!