Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Dr Dr. Dr Dr . Natie Natie van van van V VVuuren,

V uuren, Nylstr Nylstroom Nylstr oom

Daar word gedebatteer oor die

stigtingsdatums van onder andere

die Gereformeerde Kerke Potchefstroom,

Pretoria en Waterberg. Vraag: Wat maak

vier jaar eintlik saak? Maar vir kerkhistorici

en seker ook vir lidmate van genoemde

kerke bly dit tog belangrik en interessant.

In 2009 is ’n kerkhistoriese konferensie

oor hierdie saak in Potchefstroom gehou

(wat ek ongelukkig nie kon bywoon nie).

Maar hierdie saak interesseer my al geruime

tyd. Wat ek hier skrywe, is my eie standpunt,

al verwys ek na persone en bronne.

Ek is daarvan bewus dat ds. Peet Coetzee

van die Geref. Kerk Potchefstroom besig

is met ’n verhandeling waarin hy ook

op die saak ingaan. Ek hoop hy bring groter

duidelikheid met nuwe inligting.

Ek was vroeër lidmaat van die gemeentes

Colesberg, Potchefstroom en Waterberg,

en daarom interesseer die saak my

nog meer. En natuurlik stel ek as historikus

belang in ons kerke se geskiedenis. Ek is

nie ’n kenner van kerkreg nie en hierdie

saak het ook implikasies vir die kerkbegrip

in die GKSA. Hieroor sal ons meer duidelikheid

moet kry.

Toe die gemeente Potchefstroom in

1988 sy 125-jarige bestaan gevier het, het

ek as redakteur opgetree met die publikasie

“Die Gereformeerde Kerk Potchefstroom,

1863-1988”. Daar is aangetoon dat die

eerste kerkraadsvergadering van die gemeente

op 17 April 1863 plaasgevind het.

Die vorige vier jaar was Potchefstroomgemeente

deel van die Rustenburggemeente

toe slegs een ouderling en een diaken

as kerkraadslede verkies is om “Mooiriviergemeente”

in Rustenburg te verteenwoordig.

En so skryf ds. PJ Venter van die Geref.

Kerk Pretoria (dolerend) in Die Kerkblad

van September 2009 dat daardie gemeente

eers amptelik in 1863 gestig is, al was die

lidmate van Pretoria “aanvanklik in die

streng kerkregtelike sin nog lidmate van

Rustenburg”. Net soos Potchefstroom- en

Waterberggemeente kan nêrens gelees

word van die formele stigting van hierdie

gemeentes nie. Buitendien, kan ’n gemeente

met slegs een ouderling en diaken

erken word, veral as daar geen kerkraadsnotules

bestaan nie? Tot dusver kon ek geen

kerkraadsnotules van Potchefstroom of Waterberg

tussen die jare 1859 en 1863 opspoor

nie. Slegs notules van Rustenburg

GKSA: kerkstigting - 1859 of 1863?

bestaan. Net soos die geval met Potchefstroom verskyn Waterberg se eerste notule in

1863. In die Eeufeesgedenkalbum van die Klassis Waterberg in 1959 lees ons: “Die

presiese stigtingsdatum van Waterberg en Zoutpansberg kan ongelukkig nie dokumentêr

bepaal word nie.” Verder verskyn daar ’n fotokopie in die handskrif van ds. D Postma

van ’n kerkraadsvergadering van 1863 waarin hy skryf: “Lidmaatboek van die Geref

gemeente van Waterberg. Nota bene! Almal wat voor Jan 1863 lidmate van die gemeente

geword het, staan ingeskryf in die Algemene Lidmaatboek van die Geref Kerk in die

ZAR, wat gedeponeer is by die Leraar of Kerkraad van die gemeente te Rustenburg”

(vert.).

Ds Postma het wel op 25 Januarie 1859, op een van sy vele reise by die Krokodilrivier,

’n groepie Waterbergers ontmoet wat hulle “by ons kerk aangesluit het” – dus by die

Geref. Kerk Rustenburg sonder dat kerkraadslede verkies is. Kan daar nou geredeneer

word dat dit die stigting van die Geref. Kerk Waterberg was? Tydens die Tweede Algemene

kerkvergadering van die Geref. Kerk Rustenburg op 16 April 1859 doen ds. Postma

verslag van sy rondreis in die ou Transvaal. Hy wys spesifiek daarop dat daar geen

kerkraadslede verkies is nie.

Die situasie in die ZAR verskil grootliks met dit wat in Kaapland gebeur het met die

uiteindelike stigting van byvoorbeeld die Geref. Kerke Colesberg, Burgersdorp en Middelburg

in 1860. Dit geld ook vir die gemeente van Reddersburg wat in Junie 1859

amptelik gestig is. Al vier is gestig met kennisgewing aan en goedkeuring deur die

owerheid; iets wat nie in Transvaal geskied het nie, behalwe in die geval van Rustenburggemeente.

Ek is dus van mening dat slegs twee gemeentes in 1859 gestig is: Rustenburg

en Reddersburg.

In sy boek “Die Doppers in Suid-Afrika, 1760-1899” (1963) skryf prof. Bouke

Spoelstra (bl. 172): “Teen die einde van 1859 bestaan daar net een Geref. Kerk in die

SA Republiek (ZAR), met kerkraadslede in die belangrikste distrikte.” Rustenburg se

kerkraad word ’n “Algemene Kerkvergadering” wat die “gemeentes” in ander “distrikte”

insluit. Hy skryf verder: “Die stigting van die kerke Pretoria, Potchefstroom, Waterberg,

Soutpansberg en Lydenburg kan nie voor 1863 gestel word nie.” Tydens die eerste

Sinode van 1862 is gemeentes met selfstandige kerkrade teenwoordig, maar uit Transvaal

is egter nie “gemeentes” wat glo in 1859 gestig is teenwoordig nie, behalwe natuurlik

Rustenburg.

Dit moet ook vermeld word dat die kerkplek en aansoek om ’n kerkterrein altyd

onlosmaaklik aan gemeentestigting verbonde was. Dit het eers teen 1863 gebeur sodat

slegs die Geref. Kerk Rustenburg in 1859 in Transvaal gestig en deur die owerheid

erken is.

Kortliks

Die Redaksie het ’n brief is ontvang van Danie Danie Danie de de K KKock

KK

ock van Klerksdorp, in reaksie

op die artikel van dr. Jan Visser (Die Kerkblad Oktober 2009), waarin die mening

uitgespreek word dat om medegelowiges en veral gelowiges van dieselfde kerkverband

as oneerlik te beskryf, nie in belang van die kerkverband is nie. Omdat verskeie gemeentes

reeds liedere uit die liedboek sing en vroue as ouderlinge bevestig, ontstaan die vraag:

Wie is die oneerlikes – die kerkrade wat die besluite neem, of elke lidmaat? Daar is

duidelik groot verskille, nie net hieroor nie, maar ook oor ander sake. Gemeentes neem

besluite volgens wat hulle meen in belang van God se koninkryk is, en ook in belang van

die betrokke gemeente – en om sulke gemeentes oneerlik te noem, is nie die oplossing

nie. Daar moet eerder gekyk word waarom gemeentes besluite neem wat afwyk van

sinodebesluite.

Br. De Kock stem saam dat die GKSA ’n geweldige groot taak het, en dit is om die

evangelie van Christus te verkondig en sy liefde aan die wêreld sigbaar te maak. Dit sal

egter nie bereik word deur mekaar “oneerlik” te noem nie.

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 45