You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
2 UIT DIE WOORD

Die risiko om met God te trek

4 REDAKSIONEEL

Wêreldgelykvormigheid

6 HOOFARTIKEL

Korrupsie vanweë morele verval

8 HOOFARTIKEL

Verbond en kategese

10 BRANDPUNT

Die doodry-seisoen

FOKUSARTIKELS

12 Ek wens tog so om ’n Bybelse selfbeeld te

hê ...

14 Ek wens tog so om ’n mens van integriteit

te wees ...

16 Ek wens tog so om vol lewensvreugde te

wees ...

18 Ek wens tog so om meer bedagsaam en

tegemoetkomend te wees ... Fil 1:9-11 as

leidraad

20 Die antwoord op die vraag hoe ek meer

tegemoetkomend en bedagsaam kan

wees

22 Ek wens tog so om dankbaar en

vergenoegd te wees ...

inhoud

inhoud

24 Ek wens tog so ons kan in harmonie met

mekaar leef ...

26 Ek wens tog so om ’n skoon gewete te hê

... Eerste perspektief

28 Ek wens tog so om ’n skoon gewete te hê

... Tweede perspektief

DISKUSSIE

30 Die noodsaak vir ware eenheid in die

GKSA

AKTUEEL

32 Perspektiewe op Calvyn en die kerklied

34 Sinodebesluit oor die Descensus

SKRIFSTUDIE

36 Die selfbekendstelling van Christus aan

die gemeente in ... FILADELFIA

ANDER

39 Oupa Frans en die Feesbybel

40 In dankbare herinnering - PJ STEYN

41 BOEKBESPREKING

Ewige waarhede

42 Briewe van ons lesers

44 Personalia

Wel en wee

46 Lief en Leed

Op die Kerkwerf

48 Kleinadvertensies

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 3
- uit die Woord - Dr. Neels Smit (Noordbrug) (preek op 10 Januarie 2010 in Noordbrug)

Die risiko om met God te

trek

Lees: Eksodus 33:12-17 Teks: Eksodus 33:15

“As U nie Self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie.”

Ons kom hier bymekaar om na God te vra. Wat sal ons in hierdie

jaar beleef? Wat lê vir ons voor? Ons kom en ons vra na God.

Moses het ook na God gevra: “As U nie Self saamgaan nie, moet U ons

nie van hier af laat wegtrek nie.” Moses pleit om God se persoonlike

nabyheid. Vir hom was God reeds te ver. Die Tent van Ontmoeting is

eenkant toe verwyder – vanweë die volk se afstand van God. Hy kan nie

alleen met hierdie volk die woestyn in nie. God se wet was skaars gegee,

toe het dit al in skerwe teen die klippe gelê. God moet saam. In daglig en

in nagdonkerte.

Ons vra ook na God. God moet saam, vorentoe, die onbekende in. Maar

hoe sien ons God se nabyheid? Hou ons genoeg rekening met die risiko

wat dit inhou, die vlam wat ons kan brand?

Ons bid dikwels om God se nabyheid. Ons het ’n jaar gelede, twee jaar

én drie jaar gelede tot Hom gebid om ons nie alleen te laat voortgaan,

om met ons saam te gaan op die pad vorentoe. Het ons dit gedoen vir

persoonlike voordeel? Wou ons God by ons hê ter wille van ons gerief,

eie veiligheid, vooruitgang, oorvloed, meer weelde? Of dalk net ter wille

van ’n rustige en goeie lewe?

Hoe het jy God se nabyheid gesien? Om jou eie onthalwe? Om jóú

voordeel? Vir Moses het Hy gesê: “Julle is so ’n moedswillige volk dat

Ek nie sal saamtrek na hierdie land wat oorloop van melk en heuning

nie, want dan verdelg Ek julle op pad daarheen.”

• Opportunisme reken slegs op die persoonlike voordeel wat God se

nabyheid kan bied.

• Geloof hou rekening met die gevolge wat God se nabyheid kan inhou.

God se nabyheid is nie net die koel reëntjie wat uitsak ná ’n midsomersdag

nie, nie net die vertroude klanke van ’n skemeraand op ’n plaaswerf as

die dag tot rus kom nie. Ook nie net die sagte hand wat aanraak, die

salwende Woord wat vertroos nie. God se liefde kan ’n vuur wees wat

brand. Sy nabyheid kan ’n lig wees wat verblind, sy Woord ’n opdrag wat

bind. Hou jy ook hiermee rekening wanneer jy om sy nabyheid bid? Kyk

wat kan God se nabyheid aan sy kind doen –

• Abraham moes op Moria ’n mes trek – teen sy seun.

• Jeremia is in ’n tronk gegooi omdat hy God se Woord verkondig het.

• Paulus is hóéveel keer tot die op die rand van volslae breekpunt

gedryf.

Dietrich Bonhoeffer, ’n teoloog wat vanweë sy verset teen die Nazi-be-

wind in ’n tronk gegooi is, waar hy

kort voor die beëindiging van die

Tweede Wêreldoorlog opgehang is

(’n martelaar van die moderne tyd),

het God se nabyheid in daardie

tronk só beleef:

“God, U het my nie met rus gelaat

nie, U het my agtervolg, U het nou

hier, dan weer daar in my pad kom

staan. Sonder dat ek iets vermoed

het, het U my vasgegryp. U sleep

my, óns, weg as ’n buit. U maak

ons op u triomfwa vas en sleep ons

agter U aan sodat ons geskonde en

gebroke aan u triomftog deelneem.

Kon ons weet dat u liefde só seermaak,

dat u genade só hard is? Toe

U oor my kom, was dit klaar met

my. U het my aan U verbind in lief

en leed.”

En dan hy voeg hy daaraan toe:

“God, waarom is U so vreeslik naby

aan ons?”

Maar wat beteken God se nabyheid

dan? Wat beteken dit dat Hy saam

met ons op die pad vorentoe gaan?

Om iets daarvan te verstaan, kyk

ons na die alternatief:

• As Abraham in U gebly het ...?

Kan jy jou dán ’n volk vir God indink?

• As hy nie sy seun wou offer nie

...? As die profesie sou misluk

van ’n Vader wat bereid was om

sy Seun te offer, sou jy jou die

werklikheid van dié Offerande

kon voorstel?

• As Moses nie met die volk

daarvandaan verder getrek het

nie ...?

4 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
• As Paulus nie “omgedraai” het op pad na Damaskus toe nie ...? Sou jy

dán die Christelike kerk van die eeue kon bedink?

Al hierdie lyne trek saam in één vraag: As die Seun van God nie die beker

van die kruisiging tot die laaste druppel gal leeggedrink het nie ...? As Hy

nie deur die verskriklike dood van Godsverlatenheid gegaan het, en toe ’n

leë graf agtergelaat het nie?

Dit gaan oor God se nabyheid op die pad vorentoe. Kom ons gaan verder.

Waar is nabyheid te vind?

• Dáár waar God se hand ons aan die hart ruk.

• Dáár waar ons stukkend breek.

• Dáár waar ons na Hom roep.

Dit is juis as God met ons saamgaan dat ons anders is as al die ander, het

Moses gesê. Ons andersheid lê in God se vreeslike nabyheid. Wanneer

ons deur sy nabyheid opgeneem word na die toppe van die berge, waar

ons Hom in blydskap en diep dankbaarheid loof, maar ook wanneer donker

wolke skaduwees op ons vensters laat val. Wanneer ons geskonde en

gebroke met God se triomftog saamgesleep word. Om Hom deur alles te

prys, dit maak ons anders.

Ons lewe bestaan uit kontraste, lig en donkerte, blydskap en pyn, waarheid

en onwaarheid. En waar God met ons trek, waar sy lig skyn, daar breek

die donker telkens op, stuk vir stuk uit ons lewe. En dit maak seer, soms

- uit die Woord -

kwaad. Maar daar waar jou woorde

ophou, sal jy ervaar dat sý Woord

begin. Daar waar jou planne opgeraak

het, gaan sy Raad voort. Daar

waar jy swik, daar tel sy Vaderhand

jou op – al skop jy dikwels nog teen

Hom.

Om met God te trek, gaan om sy

wil vir jou, sy plan met jou lewe, sy

deel wat Hy vir jou uitmeet, soms

vol blydskap, soms bitter. Om met

God te trek, gaan daarom dat ons

aan die hoogste doel van ons lewe

mag beantwoord: om Hom in alles

te verheerlik – in die vreugde en

voordeel wat ons toekom, maar ook

in skade, teëspoed, beproewing –

óók deur die dood.

Waarom het ons hierheen gekom

om na God te vra?

Eenvoudig – omdat ons nie anders

kan nie. DK

Gebed

Vader, U het ons tot hiertoe gelei. U was altyd by ons. Toe ons rede gehad het om te lag, en toe ons moedeloos

wou word. Toe ons getreur het.

Ons weet nie wat die nuwe jaar vir ons inhou nie. Ons kom na U toe. As dit vir ons ’n jaar mag word waarin

ons u nabyheid verrassend mag leer ken, laat ons dan in U bly wees. Maar wanneer u nabyheid in ons inskuur om

die donkerte in ons weg te breek, laat ons dan nie woordeloos word nie, Here, maar laat ons U dán ook verheerlik.

Mag ons nog dit van U vra: laat tog niks oor ons kom wat vir ons te erg sal wees om te dra nie. Maar gebruik

alles wat oor ons kom om die donkerte in ons weg te breek, dat u lig in ons en deur ons mag skyn. As u nabyheid

selfs vir ons vreeslik sou word, wil U ons juis daardeur algaan dieper insig in u genade laat verkry.

Vader, laat ons nie van hier af wegtrek as U nie Self saamgaan nie!

Ons vra dit deur u Heilige Gees, in die Naam van Jesus Christus, ons Verlosser, ons Koning, ons Here tot in

ewigheid! Amen.

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 5
- redaksioneel -

Wêreldgelykvormigheid

Daar sit iets droewigs en hartseer in die woord

verwêreldliking. Dit vertel immers van die

skande van die Christendom in die wêreld. Die

skande van ontrouheid aan die opdrag van God om

soos vreemdelinge en bywoners in hierdie wêreld te

verkeer (Heb 11:9, 13).

Die groot hartseer

Die groot hartseer is ...

• dat die kinders van God die lig van die Woord verlaat

om hulle in die skemerte tuis te maak van die gees

wat oor hierdie sondige wêreld heers, elke bose

gees in die lug (Ef 6:12);

• dat gelowiges van Christus se leër na die vyand se

duistere magte oorstap (Joh 3:15);

• dat die juwele van die geloof ingeruil word vir die

glassplinters van die leuen;

• dat die dors gelowiges weglok van die ewig-helder

lewende water na die troebel bronne vol satanslyk

en helse besoedeling.

’n Baie ou hartseer

Dit is ’n baie ou hartseer hierdie, wat tranestrepe en

droewige letsels laat langs die geskiedenispaaie van

die mensdom. Tranedruppels van hartseer klad ook

van God se beskrywing oor sy volk en kinders.

• Langs die pad van God se volk sien ons deur die

geslagte die gevalle helde: Adam, Kain, Simson,

Saul, Demas en so baie ander.

• In die moderne tyd sien ons die groot skare Christene

wat God net as ’n ornament op die rak hou

terwyl hulle met die dinge van die wêreld baljaar.

• In die begin van die derde millennium is die prentjie

nog donkerder, want dit het die tyd geword van die

heerskappy van die wêreld en die breuk met God.

Hierdie heerskappy van die wêreld het vandag sy

besliste deurwerking onder kerkmense, waaronder

ook Gereformeerdes.

Ons moet dink aan die droefheid van God oor die wêreldgelykvormigheid

van sy kinders.

Wanneer is jy wêreldgelykvormig?

Is dit ...

• as jy vrolik sing en die mense vir jou grappe skaterlag?

• as jy lê en bruin band op die strand, of met jou 4x4

in die veld jaag?

• as jy die polsritme van die poptreffer geniet?

• as jy met ’n blikkie bier in die hand op Kyalami sit en

motorwedrenne geniet?

• as jy gaan visvang, of jag, of met jou kragboot gaan

ski?

• as jy luilekker langs die krieketveld sit en die wedstryd

geniet?

• as jy juig met die Springbokke se oorwinnings?

• as jy en jou vrou fyn uitgevat is vir ’n skemerkelkie?

Is dit waarin wêreldgelykvormigheid geleë is? Lê die

keuse tussen die wêreld wat jy geniet, en God? Is dit

wêreldgelykvormig wees as jy daagliks lewe met alles

wat gebeur en aangebied word?

Die antwoord lê nie in God óf die wêreld nie. Nie die

daaglikse lewe óf my terugtrek van die wêreld in die

kokon van ontvlugting nie. Dit is nie ’n óf ... óf nie. Dit is

én ... én. Jy moet God in gehoorsaamheid en oorgawe

dien, terwyl jy op die aarde besig is om jou roeping te

vervul. God het die ganse skepping gegee sodat die

mens dit kan gebruik, daaruit leef, dit geniet as ’n gawe

van God (Gen 2:15; 3:17-19).

Paulus gee die antwoord

As Paulus skryf: “Julle moenie aan hierdie sondige

wêreld gelykvormig word nie”, bedoel hy nie dat die

mens nie aardse dinge mag gebruik of geniet nie (Rom

12:2). Die hele skepping behoort aan die Here. Alles

wat God geskep het, het Hy tot beskikking van die mens

gestel. Die mens mag en moet die dinge wat God geskep

het, gebruik. Dit moet egter tot eer van God se

Naam gebruik en geniet word (Pred 12:13; 1 Kor 10:31;

Kol 3:17; 1 Pet 4:11).

Die styl waarin die gelowige op aarde lewe, moet ’n

geloofstyl wees; die gesindheid waarmee die verloste

kind van die Here die aardse gebruik, moet ’n dankbaarheidsgesindheid

wees vanweë die verlossing in Jesus

Christus.

• God vernuwe die denke.

• God vernuut die hart.

• God skep ’n nuwe gees.

• God skep ’n nuwe innerlike.

Vanweë hierdie vernuwing wat God bewerk, sien die

mens die aardse nie as die hoofdoel nie. Verwêreldliking,

wêreldgelykvormigheid vind plaas wanneer die

aardse dinge vir jou belangriker is as jou gehoorsaamheid

en diens aan die Here. Dit is:

6 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
• wanneer jy God vergeet en in die aards-wêreldse

jou enigste doel en betekenis vind;

• wanneer jy jou vertroue op aardse dinge stel, of jou

sekerheid en sekuriteit in ander dinge soek as net

in die Here;

• wanneer jou lojaliteit eerder by die aardse dinge lê

as by die dinge van God se koninkryk;

• wanneer jy God uit jou lewe verstoot het en net vir

aardse dinge strewe.

Vanweë die sonde maak die mens van die wêreld gebruik

op ’n wyse wat gewoonlik selfsugtig en sleg is,

want dit soek nie die eer van God nie, maar die voordeel

en genot van dié wat in dwaasheid die pad van Satan

stap. Dít is nie die pad vir die verloste kind van die

Vader nie. Op hierdie pad word God nie vereer en

- redaksioneel -

“Die styl waarin die gelowige op aarde lewe, moet ’n geloofstyl wees;

die gesindheid waarmee die verloste kind van die Here die aardse gebruik,

moet ’n dankbaarheidsgesindheid wees vanweë die verlossing in Jesus

Christus.”

gedien nie. Daarom staan daar “GEEN TOEGANG” op

hierdie pad vir die gelowiges.

Paulus sê: Moenie aan hierdie wêreld gelyk word nie.

Moet nie die kleur van die aardse aanneem nie. Geskep

na die beeld van God, herstel en vernuut deur die bloed

van Christus, vervul met die Heilige Gees, moet die

gelowige in alles na die eer van God vra. Die vraag

moet wees: Hoe kan ek God dien en eer in alles wat ek

in hierdie wêreld, in die daaglikse lewe, doen?

Wanneer die oë, hart en hande so op God gerig is,

lewe jy nie die styl van die wêreld nie, maar dié van die

nuwe aarde. Dit is ’n lewenstyl waarin God in alles

vereer word – in hierdie wêreld. CNM

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 7
- hoofartikel -

Korrupsie vanweë

morele verval

Feitlik daagliks hoor ons

oor die nuus, in die

koerante en op TV van

korrupsie in Suid-Afrika.

As ons optelsommetjies

maak, is daar

miljarde der miljarde

Rand by betrokke.

Waar daar vir ons

gevoel aanvanklik

maar net kennis

geneem is van die

korrupsie wat plaasvind,

word dit al meer en

meer bekend dat die

regering daadwerklik

wil optree.

Daar word wêreldwyd

lysies gemaak van

watter land of watter

kontinent die mees

korrupte is. Dan blyk dit

dat Afrika die

“louere” inoes, en dat

Suid-Afrika sterk vir die

voorste plekke

kompeteer.

Dan slaan ons ons

hande saam en vra

waar alles begin het

en waarheen alles lei.

Bybelse ondersoek

• In die tyd van Noag sien God die groot verdorwenheid van die mens

(Gen 6:5-7). God sien dat hulle net slegte dinge bedink. God laat dit

opskryf: “Die aarde was korrup (verdorwe) in die oë van die Here, vol

geweld” (Gen 6:11).

• ’n Bybelse ondersoek bring ons by Salomo. Die tempel van God het op

Sionsberg gestaan. Dan is daar die Kedrondal, en dit bring jou by die

Olyfberg. Salomo het aan die suidelike hang van die Olyfberg ’n altaar

opgerig waar sy vrouens, wat heidene was, tot hulle afgode kon offer

(1 Kon 11:7; 2 Kon 23:13). In Hebreeus staan dit bekend as “die berg

van ontheiliging” of ook “die berg van korrupsie”.

• Van Israel sê God dat hulle versot is op korrupsie en omkoopgeskenke

(Jes 1:23; Jer 6:28; Deut 32:5; Ps 58:3).

• God duld geen korrupsie nie (Ps 94:20).

Soos alle sonde ontstaan korrupsie in die hart van die mens (Jak 1:13-15;

Matt 15:18-20). Daarom sê die Spreukeskrywer: “Wees veral versigtig

met wat in jou hart is, want dit bepaal jou hele lewe” (Spr 4:23).

• Christus waarsku die mense om nie vir hulle skatte op die aarde bymekaar

te maak nie (Matt 6:18-21).

• Paulus kom en hy verbind rykdom met versoekings wat sinlose en

skadelike begeertes is wat die mens in die verderf kan stort (1 Tim 6:9-

10).

• Paulus skryf ook van die geldgieriges, grootpraters, trotsaards en lasteraars

wat volgens ons weer aspekte of aanleidende oorsake is van

korrupsie (1 Tim 3:1-2).

• Die wêreldse, sondige mense noem Paulus “ontaarde en korrupte

mense” (Fil 2:15).

Betekenis van die woord “korrup”

In Afrikaans is daar die volgende sinonieme vir korrup: beginselloos, gewetenloos,

immoreel, omkoopbaar, sleg, bedorwe, verdorwe. In beide die

Ou en Nuwe Testament is die kernbetekenis van korrup “pervers” (sleg,

verdorwe, verword, verdraai).

Korrup wees is ’n toestand van geestelike verdorwenheid, onder andere

vanweë sedeloosheid, oneerlikheid, leuenagtigheid, selfsugtigheid, omkoopbaarheid.

Hieruit blyk dat korrupsie op alle vlakke van die lewe voorkom,

nie net op die terrein van die politiek en die landsregering nie.

Korrupsie is duidelik ’n misdaad waarin daar twee of meer partye is wat ’n

onwettige transaksie met mekaar aangaan om hulleself te verryk, of om

uit die ooreenkoms soveel as moontlik wins te maak. By meeste gevalle

van korrupsie is omkoopgeld betrokke. Met R50 of R100 word die ver-

8 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
keersman omgekoop om jou nie vir jou oortreding te beboet nie. Met ’n

R1 000 of meer kan ’n stadsraadslid omgekoop word om jou tender vir ’n

groot projek te laat slaag. So kan ons die een voorbeeld na die ander

noem van mense se korrupte optrede tot eie voordeel en eie wins. Dit kan

op enige vlak van die samelewing plaasvind: by die verkiesing van sportspanne

of by die verkiesing van leiers, die verkryging van ’n identiteitsboekie

of ’n paspoort of ’n visum.

’n Toestand van sedelike swakheid en verdorwenheid

Korrupsie is ’n toestand van sedelike swakheid of verdorwenheid, wat

gekenmerk word onder andere deur sedeloosheid, oneerlikheid, gewetenloosheid,

omkopery, onregverdige begunstiging of nepotisme. Korrupsie

is geestelike verdorwenheid (Gen 6:11-12).

Korrupsie word ten diepste bedryf deur ’n gebrek aan gesonde morele

waardes van die landsburgers. Iemand wat korrup is en van korrupsie ’n

gewoonte maak, het sy band met God verbreek. Hy probeer om onverdiende

wins vir homself te behaal deur omkopery.

Onstabiele politieke sisteme

Alhoewel korrupsie wêreldwyd voorkom, blyk dit tog dat in Afrika die korrupsiekrisis

die hoogste is. Die optrede van regeringsleiers getuig daarvan.

In die lande van Afrika is die oorsaak onder andere armoede, onstabiele

regerings, burgerlike gemeenskappe wat innerlik swak is, gebrek aan politieke

mededinging.

Die “tien gebooie” teen korrupsie

Prof. Bennie van der Walt noem in Woord en Daad die

volgende “tien gebooie” teen korrupsie:

➊ Jy mag nie omkoop nie.

➋ Jy mag nie afpers nie.

➌ Jy mag nie nepotisme pleeg nie.

➍ Jy mag jou nie aan tribalisme skuldig maak nie.

➎ Jy mag nie onderwysbedrog pleeg nie.

➏ Jy mag nie jou werk afskeep nie.

➐ Jy moet eerlik wees in al jou sakebedrywighede.

➑ Jy mag nie regeringseiendom misbruik nie.

➒ Jy mag nie politieke misdade pleeg nie.

➓ Jy moet almal regverdig behandel.

Korrupsie het nare gevolge

Vanweë die hoë intensiteit van korrupsie in Suid-Afrika

is die nare gevolge daarvan reeds wyd bekend. Deur

korrupsie word die respek vir die regering van die dag

sigbaar ondermyn. Duidelik word dit gesien in die onbeholpenheid

waarmee regeringsinstansies korrupsie

benader, en die feit dat daar nog nie daarin geslaag is

om die tempo waarteen korrupsie plaasvind, te tem nie.

Waar ’n demokrasie reg en geregtigheid moet laat plaasvind,

kom daar vanweë korrupsie onreg en bedrog. Om

geld, besittings en posisies te verkry deur enige vorm

van korrupsie, beteken dat jy iets ontvang wat jy nie

verdien nie en ook nie verwerf het nie.

- hoofartikel -

Sonder enige twyfel is korrupsie een

van die bydraende oorsake van ongesonde

ekonomiese ontwikkeling,

veral in Afrika.

Christene se antwoord

As gelowiges moet ons weet dat

korrupsie nie man-alleen deur die

gereg, die staat of die regering en –

instansies bestry kan word nie. Nie

alleen moet elke Christen oor sy eie

hart en gedagtes heers nie, maar jy

moet ook die gesonde leer in die

Woord van God aan ander verkondig.

Daarby moet jy iemand wees wat

vergenoeg is met wat jy het en teenoor

God ook dankbaar daarvoor.

Veral is dit vir gelowiges nodig om

die hele saak in die gebed tot God

te bring, en Hom te smeek om ons

land van hierdie euwel te bewaar.

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 9

CNM
- hoofartikel -

Verbond en kategese

So pas het die katkisasieklasse vir 2010 in die verskillende gemeentes begin. Die Here moet geloof

word dat omstandighede in Suid-Afrika en die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika sodanig is dat daar

vryheid is om die kinders van die kerk kategeties te kan onderrig. In alle gemeentes moet daar

besonderlik gesorg word dat die verbondskinders na die beste van die kerkraad se vermoë in die

katkisasie onderrig word. Die feit dat die katkisasiekinders verbondskinders is, maak die saak nog

dringender. Kategete en ouers moet dalk weer ’n slag oor die verbond en die kategese nadink, want

kategese is verbondsonderrig.

Betekenis van die verbond

Die verbond is ’n saak van lewende troos vir

diegene wat “uit swakheid in sondes val, sodat

hulle nie aan die genade van God twyfel of in

sondes bly lê nie” (Doopsformulier). In die saak van

die genadeverbond moet ons nie die aanvegtinge wegredeneer

of die sondeswakheid wegdefinieer nie. In sy

denke het die mens die neiging om gebrokenheid en

skeeftrekkinge te probeer harmoniseer. Die verbond

van God verteenwoordig een van die groots-moontlike

disharmonieë: God en sondaar word in een asem

genoem. God skaam Hom nie om hulle God genoem

te word nie. Só is die verbond van God. Die verbond

dien om die heil wat van die Here is en ook van Hom

alleen kan kom, in die lewe van elke gelowige ’n werklikheid

te maak. Daaruit mag die verlostes lewe en sterwe.

God kom na die mens met sy aanbod van genade.

Hier moet jy duidelik onderskei:

• Die aanbod van genade is vir alle mense.

• Maar die belofte van genade is nét vir die uitverkorenes.

God beloof die genade, en dan is daar sy oproep

tot geloof en bekering. In die verbond word geloof geëis

en ook geloof gewerk. Calvyn skryf dat Christus tot ons

kom “beklee met sy beloftes” (Inst, 2.9.3). Verder: “Die

ware kennis van Christus is dus as ons Hom aanneem

soos Hy deur die Vader vir ons aangebied word, naamlik

geklee in sy evangelie” (Inst, 3.2.6). Christus “beklee

met sy beloftes”, “geklee in sy evangelie”, word ons

eie, deurdat ons die belofte glo. Bediening van die woord

is bediening van die versoening, bediening van die

verbond wat lei tot toe-eiening van die heil deur die

Heilige Gees. Wat sê die genadeverbond vir ons en

ons kinders?

Die vervulling van die verbond in Christus

Die skadubedeling van die Ou Testament val in Jesus

Christus weg en die gelowige staan voor die volle,

diepe sin en werklikheid van die genadeverbond. Die

deputate vir Jeugsorg van die Geref. Kerke in Suid-

Afrika wys in hulle rapport aan die 42ste Nasionale Sinode

(1985) op die plek wat Christus in die genadeverbond

inneem. Al die beloftes wat God van ouds af gedoen

het, is deur Christus vervul, en aan al die eise wat God

in die verbond gestel het, is voldoen. Daar is ’n nou

verband tussen die soendood van Christus en die genadeverbond.

Dit lees ons in die Nagmaalsformulier: “...

dat Hy aan die einde met sy dood en bloedstorting die

nuwe en ewige testament, die verbond van genade en

versoening, bevestig het toe Hy gesê het: Dit is volbring.”

Verbond en uitverkiesing

God is die uitverkiesende God, en in sy ewige raad

is die getal van sy uitverkorenes van ewigheid af aan

Hom bekend. In die Nuwe Testament gaan dié gedagte

voort, en Efesiërs 1 is ’n sprekende voorbeeld: “... soos

Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging

van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom

in liefde te wees.”

Die verbond en die verkiesing val nie saam nie

Verbond en verkiesing val nie saam nie. Die genadeverbond

laat die uitverkiesing ’n werklikheid word. Genadeverbond

en uitverkiesing staan nie los van mekaar

nie. Hulle staan met mekaar in verband as oorsaak en

gevolg, as doel en middel. Die doel van die genadeverbond

is om die uitverkiesing te verwesenlik. Deur die

genadeverbond word die uitverkiesing ’n werklikheid.

Wanneer die bondeling in die genadeverbond tot geloof

en bekering kom, die eis van die genadeverbond, het

die uitverkiesing werklikheid geword. Geloof en bekering

is die antwoord op die belofte. Eers hier begin die

uitverkiesing werk (Dordtse Leerreëls, Hoofstuk 1, Artikel

17, 14, 6 en 7).

Die uitwerking word sigbaar in die verbond

Nie almal in die verbond is uitverkorenes nie. Van

Ismael en Isak skryf Paulus in Romeine 9:6-9: “... nie

almal wat van Israel afstam, is werklik Israel nie; en nie

almal wat nakomelinge van Abraham is, is werklik kinders

van Abraham nie. Inteendeel, die belofte was: ‘Uit

Isak sal daar vir jou ’n nageslag kom’” (Gen 21:12). Dit

wil sê: Dit is nie die kinders wat in die gewone gang

10 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
van die lewe gebore is, wat kinders van God is nie; dit

is die kinders wat kragtens die belofte van God gebore

is, wat as Abraham se nageslag gereken word”: Die

kinders van die belofte word gereken as die nageslag.

Verbond en doop

“Die doop (is) ’n instelling van God om aan ons en

ons kinders sy verbond te verseël.” Die doop is ’n teken

en seël wat God vir die gelowiges ingestel het, om aan

hulle die genadeverbond te verseël en die beloftes van

die evangelie seker te maak. Dit is nie ’n verbond wat

God nog in die toekoms moet sluit nie, maar ’n verbond

wat Hy reeds gesluit het. Hulle moet as verbondskinders

“deur die doop as deur die teken van die verbond, in

die Christelike Kerk ingelyf word en van die kinders

van die ongelowiges onderskei word” (Heidelbergse Kategismus,

Sondag 27, Vraag 74b).

Verbond en geloof

Die verbond gaan eensydig van God uit en gaan

die geloof vooraf. Daar is die skenking van die heil in

die aanbieding van Christus. Die deelagtigmaking geskied

deur die geloof, dit is die deelagtigmaking van

wat in die belofte aan ons geskenk word. Die persoonlike

deelagtigmaking geskied deur die geloof in die gepredikte

Woord van God. Skenking en deelagtigmaking

is twee begrippe wat op mekaar betrokke is. God skenk.

Die mens ontvang. Hy kry werklik deel aan die heil.

Die gedoopte is ’n bondeling

Die doop is ’n teken en seël van die genadeverbond

wat met die gedoopte opgerig is. Die doop verseël die

belofte van die genadeverbond, dis nie iets wat in die

dopeling aanwesig is of aanwesig veronderstel word

nie. In die doopsformulier word aangetoon wie die gedooptes

is. Dit is die mense met wie die Vader “’n ewige

genadeverbond” gesluit het. Die sekerheid lê nie in die

verbondskind nie, maar in God se belofte. Die verbond

word opgerig met mense wat “uit swakheid in sondes

val”. Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie waarheid

nie gerig word aan sterk, vasstaande, onwrikbare

mense nie, maar aan pap babatjies wat “in sonde ontvang

en gebore is en daarom aan allerhande ellende,

ja, aan die verdoemenis self, onderworpe is” (Doopsformulier).

Dit is hulle wat soms uit swakheid in sondes

val. Maar hulle hoef nie aan die genade van God te

twyfel nie of in hulle sondes bly lê nie, want die doop is

immers ’n seël en onbetwisbare getuienis dat hulle ’n

ewige verbond met God het (Doopformulier).

Met wie is die genadeverbond opgerig?

Ten opsigte van die vraag met wie God die verbond

oprig, gaan die standpunte binne Geref. konteks uiteen:

• Die een groep sê: Die genadeverbond is opgerig

alleen met die uitverkorenes.

• Die ander groep sê: Die genadeverbond is opgerig

- hoofartikel -

met die gelowiges en hulle nageslag.

By die groep wat sê dat die genadeverbond opgerig

is met die uitverkorenes, word daar verder twee gedagterigtinge

gevind:

• Die een groep sê dat waar die verkiesing is, daar is

die verbond, en daardeur trek hulle die kring van

die uitverkiesing baie klein.

• Die ander standpunt is dat waar die verbond is, daar

is die verkiesing, en hulle trek weer die kring van

die uitverkiesing geweldig groot.

By albei groepe word die verbond behandel onder

die beheersing van die uitverkiesing. Die uitgangspunt

is hier nie die verbond nie, maar die uitverkiesing. Elkeen

wat onder die verbond gebore is, is as kind van die

verbond gebore. Hy is kind en erfgenaam van God.

Daarom word met ’n kind se doop gebid: “Ons bid U,

kragtens u grondelose barmhartigheid, dat u hierdie

kind van U genadiglik wil aansien” (Doopsformulier).

Die verbond is breër as die uitverkiesing Só is daar

tweërlei kinders van die verbond: die gelowiges, die

gehoorsames; en ook die ongehoorsames en die ongelowiges

is kinders van God. Daar is ’n verdere betekenisvolle

onderskeiding:

• Die een groep sê: Waar die verbond is, word die

geloof gewerk.

• Die ander groep sê: Waar geloof is, word die verbond

effektief.

Dit is nie die verhouding teenoor die verbond wat

beslissend is nie, maar die verhouding met die God

van die verbond.

Verbondsouers en verbondskinders

Die genadeverbond is opgerig met die gelowiges

en hulle kinders. Geloof as antwoord op die belofte is

heilstoe-eiening (verbondsinwilliging). Die genadeverbond

maak die uitverkiesing prakties. Geloof moet as

antwoord op die verbondseis en verbondsbeloftes teenwoordig

wees, anders word die verbond verbreek en

verwerp (Heb 2:3; 4:1). Volhardende ongeloof by die

verbondskind is nie net ’n blote afwesigheid van geloof

nie, maar dit is ’n weiering. Dit is verbondsbreuk (Heb

6:4-8; 10:28-31). Hulle wat die verbond breek deur hulle

weiering tot inwilliging, word deur die verbondsvloek

getref (Deut 20:10-14; Heb 12:28 ev).

• Die wese van die genadeverbond is die belofte van

God wat alle bondelinge raak, ook hulle wat later

sal blyk die verbond te verbreek het in ongehoorsaamheid,

want die droewige keersy is ook waar.

Daar is vele wat in die verbond gebore word en die

verbondsteken ontvang, maar wat tog verlore gaan

(Rom 9:6).

Ouers moet betrokke raak by hulle kinders se katkisasiewerk,

veral wat die voorbereiding betref. Deur die

voorbereiding van die werk word die kinders immers

deur die onderrigleer geskool om verantwoordelik op

God se belofte te antwoord. CNM

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 11
- brandpunt - Dr. Nico van der Merwe

Die doodry-seisoen

Skokkende padverkeersterftes

Die somervakansie is pas

verby, en sonder vrees vir

oordrywing kan gepraat word van

die seisoen van doodry. In sy oortreffende

trap kan gepraat word

van die menseslagting op ons paaie. In hierdie seisoen sterf meer mense

op ons paaie as al die soldate wat in die jarelange grensoorlog gesneuwel

het.

Van die begin van die vakansie in Desember tot ’n paar treë in Januarie

word in nuusbulletin na nuusbulletin die stygende getal van padverkeersterftes

en beseerdes aangekondig soos krieketlopies in ’n toetswedstryd

– wat net koue, harde feite is wat jou nie innerlik roer nie. Soos

wat die sterftesyfers dag vir dag aangekondig word, kom ’n mens tot

die ontstellende slotsom dat mense hieraan gewoond raak en nie eens

tweemaal oë knip by die aanhoor daarvan nie. Dit blyk dat summiere

arrestasie, hoë boetes en strenger wetstoepassing blykbaar geen positiewe

uitwerking op die situasie het nie.

Planne om die menseslagting op die paaie te keer

Van owerheidskant word daar jaarliks nuwe planne beraam om die

menseslagting op die paaie te keer. Vakansiegangers word vermaan

om versigtiger te wees en verkeersreëls nougeset na te kom. Aksies

word op hoofroetes geloods om bestuurders so gereeld moontlik in te

lig en te waarsku oor verkeersomstandighede. Die “Arrive Alive”-projek

doen soveel hulle kan om die ongeluks- en dodesyfers op die paaie te

beperk.

Nogtans het die sterftesyfer weer ten hemele geklim – om nie eens te

praat van die finansiële implikasies van die situasie nie. Dit kos die

land miljarde rand met elke vakansieseisoen. Daarby kom ook die aspek

van droefheid by die lewensverlies, pyn, lyding en leed. In ’n groot persentasie

van die ongelukke gaan dit gepaard met liggaamlike verminking

wat in baie gevalle lewenslank is.

Oorsake vir dié situasie

Oorsake vir hierdie toestand op die paaie is veelvoudig: onverantwoordelike

padgedrag, te hoë snelhede, te kort volgafstande, oormatige

alkoholgebruik, swaar verkeer, minagting

van verkeerstekens, onbekwame

bestuurders, oorskryding

van die vermoeidheidsgrens,swak

padoppervlaktes, nie-padwaardige

voertuie, oorlaaide voertuie, minagting

van mede-padverbruikers, ongeduld,

roekelose bestuur van voertuie

... so kan die redes en die oorsake

van die padslagtings opgenoem

en neergeskryf word.

Tabelle en ellelange lyste kan gemaak

word, maar die toestand bly

jaar na jaar dieselfde. Almal moet

teen hierdie tyd tot die besef kom

dat daar nie ’n kitsoplossing vir die

padveiligheidsvraagstuk is nie.

Die godsdienstig-sedelike aspek

As gelowiges moet ons weet dat

daar ook ’n godsdienstig-sedelike

aspek aan hierdie saak verbonde is.

Die grondreël wat God in sy Woord

gee, is liefde tot God en liefde tot

jou naaste (Matt 22:37-40). Verder

moet gelowiges in alles wat hulle

doen, die Here verheerlik (1 Kor

10:31).

Hierdie bevel van Christus is natuurlik

ook van toepassing waar gelowiges

met vakansie op reis is. Op die

reispad saam met jou is jou naaste,

al is dit ’n onbekende naaste wat in

Die liefdesgesindheid deur God se genade moet die oorheersende

dryfveer wees waarmee elke gelowige sy motor bestuur en hom op

die pad gedra.

12 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
al die ander motors op die pad is,

vir wie jy moet liefhê soos jouself.

Die Bybelse waarheid geld vir elke

gelowige dat jy op die reispad niemand

enige leed of letsel aandoen

nie. Dat jy ook nie die oorsaak mag

wees waarom ’n ander voertuig in

’n ongeluk betrokke raak nie, omdat

jy dan die beeld van God waarna

jou naaste geskape is, sal skend.

Die feit dat jy bykans 100% van die

mede-padgebruikers nie ken nie,

mag nie daartoe bydra dat jy onverskillig

en traak-my-nie-agtig teenoor

hulle mag optree nie.

Die liefdesgesindheid deur God se

genade moet die oorheersende

dryfveer wees waarmee elke gelowige

sy motor bestuur en hom op

die pad gedra. Jou liefde tot God en

jou liefde tot jou naaste moet sigbaar

wees in die wyse waarop jy jou

op die pad gedra. Dit klink dalk

hoogdrawend en mense kan moontlik

sê nou word die waarheid darem

te ver gerek, maar as Christen moet

jy die mense wat saam met jou die

pad ry, waarheen ook al, uitnemender

ag as jouself, en moet jy jou

voorneem om hom niks aan te doen

wat jy jouself nie graag aangedoen

wil hê nie.

Kom ons wees meer presies en stel

vas dat jy op jou reispad veral die

vyfde en sesde gebod van die Tien

Gebooie toepas. Prof. Pieter Buys

het hieroor geskryf:

“Die vyfde gebod eis van my gehoorsaamheid

om Christus ontwil.

Daardie stomme stopteken, die

sprakelose robot, die soliede wit

streep in die pad is instrumente in

die hand van die owerheid om verkeersveiligheid

te handhaaf. Die

owerheid op sy beurt is ’n instrument

in die hand van God om wet en orde

te handhaaf. Wie die stopteken, die

robot, die wit streep verontagsaam,

is nie net aan die owerheid nie, maar

aan God ongehoorsaam en ’n oortreder

van die vyfde gebod.”

Niemand sal stry nie dat die sesde

gebod ook in geheel op die reispad

van toepassing is: “Jy mag nie moord

pleeg nie.” As jy teen ’n hoë snelheid

ry, of jy drink alkohol voor jy op reis

gaan, of jy minag verkeersreëls, of

jou padgedrag is onverantwoordelik

en eiesinnig, en die reisgenote in jou

eie voertuig of medemense in ’n ander

voertuig sterf vanweë ’n ongeluk

wat direk vanweë jou onverskilligheid

plaasvind, is jy ’n moordenaar.

- brandpunt -

Onthou, die sesde gebod sê vir jou,

die motorbestuurder: “Jy mag nie

doodry nie.” Al is jy ’n meelewende

lidmaat van die kerk van Christus, jy

woon gereeld eredienste by, jy lees daagliks God se Woord en bid tot jou

Vader in die hemel, en jy is die direkte oorsaak van ’n botsing waarin

medemense vermink word of sterf, is jy ’n moordenaar!

Dit pas gelowiges seker om, voor hulle op die lang pad vertrek, eers tot

God te bid dat Hy hulle op die gevaarlike pad sal beskerm. Dan moet jy as

bestuurder jou bydrae maak deur veilig en verantwoordelik te bestuur. As

kind van God met jou reisgenote, wat elkeen ook ’n kind van God is, kan

jy verseker wees dat God in julle midde deur sy Gees teenwoordig is.

Jy moet jou en jou reisgenote aan God toevertrou. Sing almal Psalm 121:2

Bedreig gevaar jou reispad ooit –

Hy is dit wat jou voet

vir wank’ling behoed.

Hy, Isr’els wagter, sluimer nooit.

Die HEER is jou ontfermer,

jou skadu en beskermer. DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 13
Ds. GC (Awie) Verhoef (Wierdapark)

Ek wens tog so om ’n Bybelse

selfbeeld te hê

Die versugting om ’n Bybelse

selfbeeld te hê, is in wese

’n bede van gelowiges dat

God ons sal verander deur ons

denke te vernuwe (Rom 12:2).

“Denke” volgens dié teks beteken

nie bloot jou gedagtes nie, maar ’n

raamwerk van denke, ’n houding,

ingesteldheid of ’n manier van kyk.

Wat is selfbeeld?

Selfbeeld is die manier hoe jy jouself

sien. Selfpersepsie maak dalk die

bedoeling duideliker. Dit gaan oor

jou persepsie van jouself. Dit is die

prentjie binne jou van jouself. Selfbeeld

is ’n hele denk- en gevoelsraamwerk

binne jou van waaruit jy

leef. Dit bepaal hoe jy lyk vir jouself,

hoe jy gewoonlik reageer en optree.

Dis vanuit hierdie komplekse en dinamiese

prentjie waarmee jy sin

maak van die lewe. Dis kompleks,

want dis ’n wisselwerking van alle

aspekte van jou menswees en die

lewe. Dis dinamies, want jy is nie ’n

klip nie – jy is ’n groeiende, lewende

wese. Dit is hierdie prentjie wat

bepaal hoe jy in interaksie is met

God, mense, jou omgewing, situasies,

jouself en alles in hierdie wêreld.

Daarom is dit nie verkeerd om te sê

nie dat mense wat ’n goeie – of liewer

realistiese – selfbeeld het, gewoonlik

in gesonde verhoudings

staan en op ’n nugter en positiewe

manier in interaksie is met die wêreld

om hulle. Die teendeel is ook

Hoe kan ek dit regkry?

waar: mense wat voortdurend in wanverhoudings is, het waarskynlik ’n

negatiewe selfbeeld.

Bybelse selfbeeld

Hieruit lyk dit my die Bybel praat volgens Spreuke 4:23 hiervan: Wees

veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe

(eie beklemtoning). Hart volgens hierdie teks het te doen met die kern van

jou menswees. Jou hart, jou binneprentjie, jou selfbeeld, bepaal jou hele

lewe. Mens kan van ’n Bybelse selfbeeld praat wanneer Christus deur die

geloof in die hart woon (Ef 3:17). Hart dui op die totale mens se gerigtheid

op God (Rom 10:10). Hierdie gerigtheid op God bepaal jou hele lewe.

Maar meer hieroor later.

Hoe werk selfbeeld?

Hoe gebeur dit dat ek sit met die selfbeeld wat ek het? Hoekom sien ek

my soos wat ek my sien? Anders gesê: Wat is die dinamika van selfbeeld?

As mens dit verstaan, kan jy begin om iets daaraan doen. Anders bly dit ’n

wollerige begrip wat soos ’n leeu op jou borskas kom lê.

Ons weet dat die verhaal van die Bybel nie maar ’n verhaal is wat bloot net

met ander mense gebeur het wat lank, lank gelede geleef het nie. Ons

moet daardie mense se tyds- en kultuuromstandighede deeglik in berekening

bring wanneer ons die Bybel lees, maar dit is óns verhaal wat

steeds in ons lewe afspeel.

Die verhaal van die mens wat goed geskape is, in sonde val en in Christus

herskep word, is die verhaal van jou lewe. Dit het ’n deurslaggewende

effek op jou selfbeeld. Die mens, goed geskape, het voor die sondeval ’n

volmaakte en realistiese binneprentjie gehad. Dit het die volgende behels:

• Hulle was in ’n volmaakte liefdesverhouding met God en mekaar en

het volkome sekuriteit, aanvaarding en vertroue ervaar.

• Hulle het ook die verhoudings met alles en almal waarin hulle gestaan

het, goed bestuur. Hulle was in ’n plek of posisie (verantwoordelikheidsfeer)

wat hulle nie verdien het nie – God het hulle aangestel.

Hulle het hierin geen bedreiging beleef nie.

• Hulle is na God se beeld geskape. Dit beteken onder andere dat hulle

in verhouding met Hom geplaas was. Hulle het ware kennis van God

gehad en was in sy diens. Hulle het hierin – in Hom – waarde gehad.

Hieruit is dit duidelik dat die mens voor die sondeval geleef het in volmaakte

14 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
liefde, met geen bedreiging nie en met ’n perfekte besef van eiewaarde.

Die neerslag hiervan was ’n volkome binneprentjie. ’n Volmaakte selfbeeld.

Met die sondeval het dit totaal en dramaties verander. Die harmonieuse

liefde het gevou vanweë die opstand, die aggressie, teenoor God. Die

mens het hom aangematig en sy posisie van diensbaarheid en verantwoordelikheid

voor God weggegooi. Die mens het homself verhef om soos

God te wil wees.

Ná die sondeval lyk die binneprentjie van die mens anders:

• Die harmonieuse liefde word vervang deur vrees (Gen 3:10). Sekuriteit,

aanvaarding en vertroue word vervang deur vrees vir die onbekende,

verwerping en emosionele pyn.

• Die onaantasbare posisie van diensbaarheid en verantwoordelikheid

voor God word skielik ’n maalkolk van skuldgevoelens en blaamverplasing

(Gen 3:8, 12, 13).

• Die mens, wie se waarde daarin lê dat hy beeld van God is, wou self

soos God wees en verloën daardeur sy beeldskap. Ons verloor nooit

ons beeldskap nie (vgl. o.a. Gen 9:6, Jak 3:9), maar verloën dit en

daarmee saam dat ons waarde in God is. Nou soek ons waarde in ons

eie beeld. Die probleem is dat ons dan nie weet wanneer ons eie beeld

goed genoeg is nie. Die effek hiervan is ’n nikswerd gevoel.

Dis duidelik dat die sondeval meegebring het dat mense met vrees, skulden

nikswerd gevoelens leef. Die gevolg hiervan is ’n verwronge en vervalste

binneprentjie. Hoe raak dit jou? Sonder om te tegnies te raak, kan ons sê

dat selfbeeld gevorm word deur die neerslag van die interaksie van al die

verhoudings waarin jy staan en gestaan het. Dit is jou verhouding met

God, met jouself en ander mense en met die natuur. Die neerslag van die

interaksie gaan lê as ’t ware in die sentrum van jou menswees, jou hart.

Sodoende vorm jy ’n prentjie van wie en hoe jy is en waar jy in hierdie

verhoudings staan.

Wanneer “bang”, “skuldig” en “nikswerd” woorde is wat die hoofbestanddele

uitmaak van jou verhoudings, sal die prentjie van jou diepste binnekant

negatief wees en al hoe meer so word. Wanneer jy egter liefde, jou eie

(onbedreigde) plek en ’n sin vir waarde in jou verhoudings ervaar, sal jou

selfbeeld positief wees en al meer so word. Gaan dink maar gerus na in

die lig hiervan oor elkeen van jou verhoudings. Jou verhouding met ons

Here, jou man/vrou, jou kinders, jou ouers (ook en veral toe jy nog klein

was), maats en kollegas. Dóén dit regtig!

Die uitdaging

Mens kan saam met ander skrywers sê dat selfbeeld of -persepsie ’n

evaluering is wat jy van jouself opbou op grond van selfkennis. Wanneer

die selfkennis wat ek opgebou het, negatief is, is die uitdaging om ander

(beter?) bronne te vind van waaruit ek selfkennis kan opdoen. As die bron

van my selfkennis my man of vrou is met wie ek in ’n verhouding staan

wat deur vrees, skuld- of nikswerd gevoelens gekenmerk word, moet ek

duidelik ’n ander bron van selfkennis gaan soek. Eweneens: as ek as kind

in sulke verhoudings staan of gestaan het, moet ek elders selfkennis gaan

soek.

Die Bybel is ten diepste gelowiges se bron van selfkennis. Die Heilige

Gees, wat die Bybel geïnspireer het, woon immers in my as gelowige. Hy

- fokusartikel -

getuig saam met my gees wie en

hoe ek regtig is voor God! Sy woorde,

óók dié oor my as mens, in die

Bybel dra die grootste gewig. Groter

gewig as wat mense oor, van en met

my gesê of gedoen het.

Uitkoms!

Ons Here Jesus Christus het mens

geword. Hy het nie alleen weer opnuut

kom wys hoe dit is om in volkome

harmonie met die wil van God

te leef nie, Hy het méér kom doen!

Hy het ons met God kom versoen.

Hy het dit vir my moontlik gemaak

om uit te styg bo die vrees, skuld en

minderwaardigheid wat my gedrag

bepaal. Hy het my kom herstel. Nou

kan ek waarlik in liefde my posisie

volstaan in diensbaarheid en verantwoordelikheid

teenoor Hom. En ek

kan my waarde in Hóm vind en nie

in mysélf nie.

Dis wat ons Here kom doen het. Dis

die pad wat Hy kom oopmaak het.

Hoe kry ek dit reg?

Hy het dit voorts kom moontlik maak

dat ek op daardie herstelpad sal

loop. Hy het sy Gees gegee om ons

al hoe meer te vernuwe na die beeld

van ons Skepper en tot volle kennis

van God (Kol 3:10). Dit is my verantwoordelikheid

om seker te maak dat

ek alles in my vermoë doen om die

verwronge prentjie wat ek van my

het, af te lê, nuut te word in my gees

en gedagtes, en te lewe as nuwe

mens wat as die beeld van God geskep

is: volkome volgens sy wil en

heilig (Ef 4:22-24).

Dit beteken dat ek by ander gelowiges

wat kundig is, hulp moet kry

soos dit nodig is. Dit beteken ook

dat ek my gemoed moet vul met

woorde wat my Maker oor en van

my gesê het. Woorde soos wat daar

onder andere staan in 1 Johannes

4:18, Romeine 8:31-39 (antwoord

die vrae wat daarin gestel word en

kyk na die beloftes!), Efesiërs 1:3-

14. DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 15
Ds. OJ (Ockie) Struwig (Delmas)

Ek wens tog so om ’n mens van

integriteit te wees

In my nadenke oor wat integriteit

nou eintlik is, het ek in die Bybel

gaan soek na die woord. En tot my

verbasing moes ek vind dat díe

woord – integriteit – nie een keer in

die Bybel voorkom nie.

Omvattende eienskap ...

Wat ek wel kon agterkom, is dat

daar ’n rits ander woorde in die Skrif

is wat die begrip integriteit omskryf.

Ek verwys hier na woorde soos opregtheid,

betroubaarheid, eerlikheid,

objektiwiteit en vroomheid, wat

almal op een of ander manier verwys

na ’n mens met integriteit. En

daarom is integriteit na my mening

in die lig van die Woord ’n omvattende

eienskap.

Positiewe eienskap ...

Al die woorde wat in die Bybel voorkom,

is uit die aard van die saak –

net soos die woord integriteit – positief

van aard, en hierdie eienskappe

kan gekoppel word aan waardes

en norme wat groter is as die wil of

idees van die persoon wat dit uitleef.

Miskien is die eie-wil of eie-idees

van die mens juis die rede waarom

ek die persepsie het dat integriteit

’n bedreigde eienskap op die “rooilys”

is.

Bedreigde eienskap ...

Daar is natuurlik verskeie redes

waarom integriteit as ’n positiewe

karaktereienskap onder druk is.

Vanweë sy sondige natuur is die

Hoe kan ek dit regkry?

Ek het die afgelope tyd gewonder of integriteit ook een

van daardie eienskappe soos bedagsaamheid en

selfbeheersing is wat op die “rooilys” van “bedreigde

karaktereienskappe” verskyn?

Bestaan daar nog mense wat waarlik beskou word as

manne en vroue met integriteit? Was Job nie dalk die

laaste mens oor wie God kon spog en sê nie:

“Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en opreg,

hy dien My en vermy die kwaad”?

mens voortdurend besig om die

aanvaarbare waardes en norme te

omseil met sy eie idees van wat reg

en verkeerd is (en wat aanvaarbaar

en onaanvaarbaar is). En omdat die

natuurlike mens so maklik swig onder

groepsdruk, word hierdie eie

idees baie maklik deur die mening

van die massa gemanipuleer. Dit is

egter nie net groepsdruk nie, maar

ook magsmisbruik, verskuifde rolmodelle

en situasies waar mense

onregverdig bevoordeel word, wat

alles daartoe bydra dat die goeie,

positiewe eienskap van integriteit al

hoe meer bedreig word. Ek kom

baie mense teë wat nie meer vanuit

die moed van hulle oortuiging optree

nie, maar vanuit die situasie

waarin hulle hul bevind.

Die grootste kommer egter is dat

soveel mense hulle ook nie meer

steur aan fundamentele beginsels

soos God dit duidelik in sy Woord

vir ons gee nie. Populêre beginsels

begin die oorhand kry, en waar die

fundamentele deur die polulêre vervang

word, dreig die mens se wil

om God se wil te oorskadu.

Gesogte eienskap ...

Tog bly integriteit ’n gesogte eienskap.

En daarmee bedoel ek dat

iemand wat met integriteit optree,

steeds aandag trek in die samelewing

van vandag. Die positiewe,

bedreigde eienskap van integriteit

laat gewone mense uitstaan bo die

res. Die vraag is dus nou: Hoe kan

ek dit regkry om ’n mens van integriteit

te wees? Miskien het u ook al

hieroor gewonder! Miskien wou u

al iemand anders leiding gee oor

hóé om ’n mens van integriteit te

wees!

Vir my as gelowige is dit ’n uitgemaakte

saak dat alle goeie dinge

van God kom. Daarom weet ek ook

dat dit vir my nie moontlik is om

sonder God se hulp en leiding dié

gesogte eienskap te bekom nie. Die

mees bekende woorde waar die

hulp en die leiding van God gesoek

word, vind ons in Psalm 25:4 en 5:

“Maak my u wil bekend, Here, leer

my u paaie. Laat u waarheid my lei

en onderrig my daarin, want U is

God, my redder. In U stel ek elke

dag my verwagting”.

16 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
Om werklik ’n mens van ware integriteit te wees, vra Goddelike hulp. Dit

vra biddende afhanklikheid van God om in my gedagtes, woorde en dade

absoluut God-gerig te leef. Die hoeksteen vir my integriteit is dus God

self, en die boustene daarvan is in die Woord van God opgeskryf.

Hoe kan ek dit dan regkry om (as gelowige) ’n mens van integriteit te

wees?

➊ ... deur betroubaar te wees ...

In Nehemia 7:2 staan daar: “Gananja was ’n betroubare man wat eerbied

vir God gehad het, meer as baie ander.” Hier word twee belangrike

boustene genoem, naamlik betroubaarheid en eerbied vir God. Om die

reguit pad te loop, om die waarheid lief te hê, om my woord as my eer te

beskou (met God as my enigste betroubare getuie), met ’n “ja” wat “ja” is

en ’n “nee” wat “nee” is te lééf, beteken my lewe vertoon reeds die tekens

van betroubaarheid en integriteit.

➋ … deur eerlik en opreg te wees …

Dawid sê in sy dankgebed in 1 Kronieke 29:17: “Ek weet, my God, dat U

die hart ondersoek en dat U opregtheid wil hê.” In Psalm 25:21 sê hy:

“Laat onskuld en opregtheid oor my die wag hou, want op u vertrou ek.”

Dawid weet dat opregtheid as bousteen van integriteit ’n eienskap is wat

gewortel is in die diepste wese van die mens – daar waar God alleen kan

raaksien. Die Spreukeskrywer sê oor opregtheid: “Wie opreg leef, leef

sonder vrees ...” en: “Die opregte bly behoue deur sy gehoorsaamheid

aan die Here ...” Ook hier word die optrede van die eerlike en opregte

mens aan God self gekoppel. Gehoorsaamheid aan God is dus ’n kenteken

van opregtheid en eerlikheid. Daarteenoor is ongehoorsaamheid aan God

die kenteken van valsheid en skynheiligheid. As ek dus ’n mens van integriteit

wil wees, moet ek my gehoorsaamheid aan God onder die vergrootglas

gaan plaas.

➌ … deur reg en geregtigheid te handhaaf …

Job, die Ou-Testamentiese rolmodel, sê in hoofstuk 6:29: “ Besin julle,

moenie dat daar onreg geskied nie, besin julle, my saak is reg.” Job is die

bewaker van reg en geregtigheid omdat hy oortuig is van sy saak. Hy loop

die reguit pad. Hy staan by die waarheid, hy is deursigtig in sy doen en

late. Ek is oortuig daarvan dat om reg en geregtigheid te handhaaf en te

bewaar, Goddelike wysheid en insig nodig is. Ek wil so ver gaan om te sê

die handhawing van reg en geregtigheid is die kosbare vrug in die lewe

van ’n mens met integriteit. Daarom sal ek biddend, smekend my wysheid

en insig oor reg en geregtigheid van God vra.

➍ ... deur toegewyd te wees …

Hierdie belangrike bousteen word ook verbind aan koning Dawid wat die

volk van God met “… toewyding versorg het en hulle met oorleg gelei …”

het (Ps 78:72). En hoe ’n belangrike element van integriteit is toewyding

nie! So iemand is een wat klaar maak waarmee hy begin het. Iemand wat

nougeset skouer aan die wiel sit en werk na die doelwit, wat in die wedloop

volhard tot by die wenstreep.

Ek self het nie die krag om elke moontlike taak toegewyd te voltooi nie,

maar juis daarom maak ek staat op die Gees van God se krag wat in my

werk. Integriteit vra dus nie net toewyding nie, maar ook ’n gesindheid van

afhanklikheid teenoor God.

- fokusartikel -

➎ … deur die wil van God te doen

God self maak die belofte aan Salomo:

“En jy, as jy soos jou vader

Dawid opreg en met oorgawe voor

My leef en alles doen wat Ek jou

beveel en my voorskrifte en bepalings

nakom, sal Ek jou heerskappy

oor Israel bestendig” (1 Kon 9:4).

Daar is verseker voordele om alles

volgens die wil van God te doen.

God sien dit raak en God beloof ook

sy seën in die lewe van so ’n mens.

Daarom is ’n lewe wat op God gerig

is en wat van God uitgaan, ’n teken

van iemand met integriteit. Ek sal

dus in alles vra na die wil van God

en my deur my handelinge aan God

self vasbind.

➏ … deur ’n goeie voorbeeld te stel

Titus hoor van Paulus: “In alles

moet jy self vir hulle ’n voorbeeld

stel van goeie werk, suiwerheid in

die leer, waardigheid in gedrag” (Tit

2:7).

“Wat sal die mense van my sê?” is

’n wesentlike vraag vir iemand met

integriteit. Anders as die mens wat

net op homself gerig is, is die mens

met integriteit besorg oor die voorbeeld

wat hy stel, want hy weet dit

wat mense van hom sien en hoor,

is ’n getuienis van Wie hy aanbid.

Hierdie vraag sal dus altyd in my

agterkop bly maal en my gewete

aan die wil van my Here bind.

Ten slotte …

Integriteit as “bedreigde eienskap”

kan gered word. Die bewaringspoging

gaan egter beteken dat ek

en jy onsself opnuut weer moet ondersoek

en nougeset, biddend leef

in ’n lewende verhouding met God

deur Jesus Christus ons Here onder

die kragvolle werking van die Heilige

Gees.

Sterkte vir u – ek is seker ons gaan

in hierdie bewaringspoging suksesvol

wees. DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 17
Ds. Maarten van Helden (Centurion)

Ek wens tog so om vol

lewensvreugde te wees

“Wees altyd bly in die Here, ek herhaal, wees bly” –

Filippense 4:4.

Om vol lewensvreugde en bly te wees, is ’n opdrag

van die Here. Dit is dus nie maar iets wat jy het of nie

het nie. Jy kan daaraan werk om elke dag in alle omstandighede

bly te wees. Die bose doen sy bes om jou

lewensvreugde te steel, maar deur die Gees van God

kan ons dit verander en mense vol lewensvreugde

wees.

Vreugde is die tweede op die lysie van die vrug

van die Gees (Gal 5:22). In die hemel is daar

dag en nag vreugde – ons lees dat hulle daar

sing en op siters speel en die Here prys (Openb 4, 5).

Lewensvreugde is dus so ’n klein voorsmakie van die

ewige vreugde wat ons eendag by die Here sal beleef.

Dit is dus verstaanbaar dat die bose alle planne sal

beraam om ons vreugde te steel. Lewensvreugde is ’n

basiese behoefte en wens van elke mens. Augustinus

het die volgende gesê: “Dis nie net ek alleen of ’n paar

ander wat graag bly wil wees nie, maar absoluut almal,”

(Confessions, X.21). Tog lyk dit of hierdie behoefte wat

so hard gesoek word, baie mense steeds ontwyk.

Verlore vreugde

Ons lewe in ’n baie stukkende wêreld. Ná die sondeval

het die vloek van God die aarde getref, sodat slegte

dinge om ons en met ons gebeur. Siekte en ongeluk is

eenvoudig deel van ons elke dag se bestaan. Ons reageer

op hierdie slegte omstandighede deur of ongelukkig

of bedruk te voel. Mense steel ons geluk deur dinge

wat hulle doen of sê. Mense is sondaars, en selfs al wil

ons self soms die goeie doen, maak ons mekaar tog

soms seer omdat die mens geneig is om eers sy eie

belange te soek. Vrees en spanning is ook diewe van

ons vreugde. Die uitdagings en beproewings van die

lewe stoot ons vreesvlakke in die rooi en veroorsaak

dat bekommernis daagliks ons deel geword het. Die

sonde wat ons doen het ook die gevolg dat ons lewensvreugde

verloor. As Kain bedruk en ongelukkig voel,

gee God self die rede aan as sy sonde: “As jy nie goed

Wat moet ek doen?

doen nie, die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou

in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers” (Gen 4:6).

As omstandighede, mense, bekommernis en sonde die

dinge is wat jou vreugde kom steel, is dit uiters belangrik

hoe ons op hierdie dinge reageer, sodat ons aan die

opdrag om bly te wees, gehoorsaam kan wees.

Valse vreugde

In die soektog na lewensvreugde word plesier deur die

wêreld aangebied. In die boek Prediker (2:1-11) lees

ons dat plesier die eerste ding is waarna gegryp word

om geluk te vind. Baie dinge word aangebied om jou

sogenaamd gelukkig te maak. Wyn, groot ondernemings,

gerief, kos, geld, en die dinge wat geld kan koop,

partytjies en mag is alles dinge wat die Prediker probeer

het. En tog het die ware vreugde hom steeds bly ontglip.

Hierdie plesiersoekery word hedonisme genoem. Die

bose bied dinge aan om tydelike genot te verskaf. Ons

glo maklik sy leuen dat jy blywende vreugde in hierdie

dinge kan vind. Dan val ons vir sy bedrog en word “liefhebbers

van genot in plaas van liefde vir God” (2 Tim

3:4b). In die Griekse vertaling van hierdie teks word dit

direk teenoor mekaar gestel – “filedonoi” – liefde vir

iets, teenoor “filotheoi” – van liefde vir God. Hierdie twee

woordjies bevat eintlik die twee uiterstes van ’n menslike

lewensbeskouing en is verder uit mekaar as die Noorden

Suidpool! Dis ’n ewige skeiding wat altyd verder en

verder uitmekaar gaan! Sonder die liefde vir God is die

lewe en alle plesierigheid leeg en hol, soos ’n huis vol

meubels, maar sonder mense!

Ware vreugde

Vreugde is nie maar net ’n emosie wat vanself kom en

gaan nie, asof ons nie daaroor beheer het nie. Die Here

gee die opdrag om altyd bly te wees (Fil 4:4). Deur die

genadekrag van die Heilige Gees kan ons dus besluit

hoe ons elke dag vol lewensvreugde wil wees en optree.

• Omstandighede

Terwyl ons geen beheer oor omstandighede het nie,

moet ons besluit hoe ons in omstandighede gaan rea-

18 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
geer. As ons wel iets daaraan kan verander, is dit die

eerste wat ons moet probeer. As jy nie arbeidsvreugde

kry nie, mag jy gerus na ’n ander werk uitkyk. Jy kan

jou vriendekring verander of uitbrei. Jy kan ’n ander

kursus volg. As jy egter die omstandighede nie kan

verander nie, is aanvaarding daarvan die volgende stap.

Aanvaar dat die Here in beheer van jou lewe is, en dat

hierdie omstandighede ’n uitdaging is om steeds blymoedig

te wees en selfs in die omstandighede te groei

en vreugde te belewe. As Paulus die opdrag in Filippense

4:4 skryf, sit hy in die tronk! Sy omstandighede

is ongerieflik en beroerd. Op ’n keer het die Here hom

al wonderbaarlik daaruit verlos, maar nie hierdie keer

nie. En tog vind hy altyd genoeg rede om bly te wees.

Hy en Silas sing selfs terwyl hulle in die tronk sit (Hand

16).

Vreugde kom dus nie van buite die mens nie, nie deur

dinge en mense nie, maar allereers kom dit vanuit die

innerlike mens. Paulus se diepste rede vir blydskap is

sy bewussyn dat hy ’n verloste kind van die Here is, en

dat die Here in al sy behoeftes voorsien. Hy weet ook

dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom

liefhet (Rom 8:28). Selfs die dreigende dood bekommer

hom nie meer nie, aangesien hy dit as ’n wins beskou

om in Christus te sterwe (Fil 1:21). Sy werklike rede vir

blydskap gee hy in Filippense 4:5: “Die Here is naby.”

Nie alleen beteken dit dat die Here in alles self by ons

is nie, en dat niks ons van sy liefde kan skei nie, maar

veral dat die wederkoms van Christus naby is. Wie

homself dus daagliks instel op die komende Christus

en ons voorbereiding vir hierdie groot dag, sal minder

fokus op die dinge wat die lewensvreugde wegneem.

• Mense

Wat die invloed van mense betref, moet ons onthou

dat ons dikwels maai wat ons gesaai het. Daarom leer

die apostel in vers 5 dat ons die verhouding met ons

medemense moet oppas. Wees “inskiklik” met alle

mense sluit letterlik almal in, ook nie-gelowiges. Hierdie

woordjie is moeilik om te vertaal, en kan beskryf word

met woorde soos groothartigheid, verdraagsaamheid,

toegeeflikheid, vriendelikheid, redelikheid, deernis,

verstandigheid. Sonder om werklike beginsels prys te

gee, moet ons dus bereid wees om plek te maak vir

ander mense en hulle gedagtes en idees. Ons sal verbaas

wees om te sien hoe so ’n toegeeflike hartsgesindheid

die oes lewer van terugkerende liefde van ander

teenoor ons. In Filippense 4:8, 9 maak die apostel dit

miskien nog duideliker as hy skryf: “Verder, alles wat

waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein

is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter

deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop

moet julle jul gedagtes rig. En wat julle van my geleer

en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle

doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.”

- fokusartikel -

Maak ander bly en jy sal self ook meer en meer vreugde

belewe.

• Kommer

In tye van bekommernis, spanning en vrees help dit

gewoonlik om die Bybel oop te maak en die verse van

God se beloftes van sorg en bystand en hulp op te soek

en te memoriseer. Geloof is immers die antwoord op

vrees en twyfelmoedigheid. Daar is letterlik duisende

beloftes van troos en bemoediging in sy Woord, sodat

ons ons oog van die vreeslike dinge kan aftrek en op

die Here kan hoop. So lees ons byvoorbeeld dat die

Psalmdigter nie bang is nie, al gebeur die ergste met

hom. Hy beskryf die dinge wat erg bedreigend is in die

beeld van ’n tsoenami (Ps 46:2-4), en daarteenoor jubel

hy oor die klein stroompie van God se belofte van bystand

(vs 5-6). God se magtige teenwoordigheid is so

seker soos die standhoudende waterstroompies wat

die stad daagliks van lewe voorsien.

• Sonde

Die groot dief van ons vreugde is ons gewete. Ons

gewete kla ons gedurig aan dat ons teen die Here gesondig

het. Ook Paulus, wat hierdie opdrag tot lewensvreugde

gee, het ’n verlede van sonde teen die Here

(1 Kor 15:8-10). Sy bewustheid van sy sonde word egter

oorweldig deur die kennis van God se genade. God is

groter as ons gewete, en Hy vergewe sondes omdat

Jesus Christus ten volle daarvoor betaal het (1 Joh 1:9;

3:20). Geloof is immers die aanvaarding dat Christus

se betaling genoeg is vir al ons sondes. As ons dus

weer ons geloof in Christus vasmaak, en ons sondes

openlik voor Hom bely, dan kry ons nuwe vreugde en

groot vrymoedigheid om ’n kind van die Here te wees.

En dan reageer ons soos Dawid wat met nuwe lus vir

die lewe sing: “Om u wil te doen is my een begeerte

…” (Ps 40:9). Die enigste wat dan oorbly, is om daardie

rede vir jou vreugde met ander mense te deel –

gelowiges én medegelowiges, want hoe meer jy daaroor

gesels, hoe sterker word hierdie vreugde in jou.

• Gebed

Om hierdie ware vreugde blywend in ons lewe te ervaar,

is dit nodig dat ons dit van die Here vra. Vreugde is

immers die vrug van die werking van die Heilige Gees

in ons harte. As ons gedurigdeur ons hartseer by die

Here bring en Hom vra om die ware vreugde in ons

aan te wakker, sal dit by ons bly. Die raad wat Paulus

in hierdie paar verse aanbied, is eenvoudig. Gaan in

die gebed na die Here toe (Fil 4:6). Maak jou begeertes

met smeking en danksegging aan God bekend en Hy

sal na jou luister. As Hy nie gee wat jý vra nie, sal Hy

jou wel “die vrede wat alle verstand te bowe gaan” gee

(vs 7). Daardie innerlike vrede gee jou die vermoë om

in alle omstandighede steeds blymoedig en vreugdevol

te lewe. DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 19
Dr. Nico Vorster (Pretoria-Annlin)

Ek wens tog so om meer

bedagsaam en

tegemoetkomend te wees

Filippense 1:9-11 as leidraad

Taktvolle optrede is baie

belangrik in die lewe. Almal

van ons het al te doen gekry

met mense wat ontaktvol en ongevoelig

teenoor ander mense optree.

Dikwels bedoel sulke mense nie

eers sleg nie, maar hulle sosiale

vaardighede en insig in ander mense

se probleme is so swak dat hulle

orals konflik veroorsaak. Sulke

mense sê verkeerde dinge op verkeerde

tye, neem nie die belange

van ander in ag nie, maar is baie

selfgesentreerd of oordrewe taakgerig.

Waarom tree mense ontaktvol en

onbedagsaam op? Die eenvoudige

antwoord is: ’n gebrek aan liefde. Jesus

noem nie verniet die liefde die

vervulling van God se wet nie. In Filippense

1:9-11 noem Paulus vyf belangrike

eienskappe van die liefde.

As ons hierdie eienskappe van die

liefde kan bemeester, sal ons meer

bedagsame en tegemoetkomende

mense kan word.

Kennis

U het seker al die spreekwoord

gehoor: Die liefde

maak blind. Orals rondom ons sien

ons die gevare van blinde liefde.

Ware Christelike liefde is egter nie

blinde liefde nie, maar gaan altyd

met kennis gepaard. Die kennis

waarvan Filippense1:9 praat, is nie

’n teoretiese of intellektuele kennis

nie. In die eerste plek gaan dit oor

’n insig in God se wil vir ons lewens.

Hoe kan ons ooit reg optree teenoor

ander as ons nie weet wat die regte optrede is nie? Om reg teenoor ander

op te tree, beteken dat jy God se gebooie moet ken. ’n Liefde wat teen

God se wil indruis, is nie ’n ware liefde nie, want dit sleep ons net verder

die afgrond in.

In die tweede plek bestaan ware kennis daaruit dat jy Christus se liefde

verstaan en in jou lewe navolg. In Christus se koms na die aarde leer ons

wat ware liefde is en hoe ware liefde lyk. Jesus verneder Homself deur ’n

mens te word. Hy ag die belange van sy Vader en die mensdom hoër as

sy eie belange. Hy is vergewensgesind. Aan die kruis bid Hy selfs vir hulle

wat hom kruisig. Ware liefde, sê Jesus in Matteus 5, is om ook jou vyand

te kan liefhê soos die Vader sondaars liefhet wat teen Hom sondig. Jesus

is nederig. Hy eet saam met tollenaars en prostitute. Hy is geduldig. Hoeveel

keer verdra hy nie die onkunde van sy dissipels nie! Hy is barmhartig. Met

watter empatie en deernis tree Hy nie in die Evangelies op teen die siekes

en die armes nie! Sy liefde bereik sy hoogtepunt wanneer hy sy lewe vir

ons aflê.

Die kennis van Christus en sy werk in ons lewe kweek die ware liefde in

ons lewens. Eers as ons verstaan watter groot liefde ons van God ontvang

het, eers as ons die voorbeeld van Christus in ons lewens volg, kan ons

waarlik liefde betoon.

Fyn aanvoeling

’n Ander woord wat ons vir fyn aanvoeling kan gebruik, is begrip.

Die Christelike liefde is nooit ongevoelig of ontaktvol nie. Dit doen

die regte dinge op die regte tyd. Dit sê die regte dinge op die regte tyd. Die

liefde is sensitief en fyngevoelig vir die medemens. ’n Mens wat liefhet,

kan homself in die skoene van die ander plaas. Hoe beter jy iemand ken,

hoe meer begrip kan jy aan so ’n mens toon.

Hierdie eienskap is geweldig belangrik vir al ons verhoudings. Die een

wat met begrip liefhet, probeer eers ’n aanvoeling vir iemand ontwikkel

voordat hy oor ’n persoon oordeel. Om ons medemens se optrede te

verstaan, moet ons die mens agter die optrede verstaan. Ons moet begrip

hê vir hoe my medemens grootgeword het, watter terugslae hy in sy lewe

beleef het, met watter probleme hy worstel.

Onderskeidingsvermoë

Die woord wat in die oorspronklike taal vir onderskeidingsvermoë

gebruik word, dui op die vermoë om te kan sif. Dit gaan dan hier

20 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
oor ’n tipe volwassenheid wat die belangrike dinge en

die onbelangrike dinge in die lewe van mekaar kan

onderskei. Mense wat onbedagsaam optree, se probleem

is dikwels dat hulle aan tonnelvisie ly. Hulle is so

gerig op hulle eie belange of die taak wat verrig moet

word dat ander belangriker dinge by hulle verbygaan.

In ons gejaagde lewe is onderskeidingsvermoë baie

belangrik. Weens ons vol programme moet ons voortdurend

verskillende prioriteite met mekaar probeer versoen.

Dikwels is dit juis die belangrike dinge in my lewe,

soos my vrou en kinders, my kerk en my familie wat ek

verwaarloos. Daar is baie dringende dinge in ons lewens

wat ons spoedige aandag vereis.

Alle dringende dinge is egter nie noodwendig belangrik

nie. Dikwels is juis die eenvoudige dinge die belangrike

dinge. Eers wanneer ’n krisis jou tref, besef jy wat waarlik

in die lewe belangrik is. Ons moet leer om die werklik

belangrike dinge in die lewe raak te sien en ons lewe

daarvolgens in te rig.

Ook in ons menseverhoudinge moet ons onderskeidingsvermoë

openbaar. Soms moet ons stilbly en verdra.

Soms moet ons reguit wees en vermaan.

Die liefde is sonder blaam

Dit gaan in die uitdrukking sonder blaam vir

Paulus daaroor dat die liefde nooit kunsmatig

is nie. Die woord wat hy hier in die oorspronklike

taal gebruik, dui letterlik daarop dat ons optrede

deur die son se ligstrale getoets moet kan word. Hy

verwys hier na die pottebakker-industrie wat in Bybelse

tye die mees algemene industrie was. Dikwels het hierdie

potte in die oond gekraak, dan moes dit weggegooi

word. Oneerlike handelaars het egter soms die krake

met ’n harde politoer opgevul wat by die kleur van die

pot aangesluit het. In die donker winkels was hierdie

krake baie moeilik om raak te sien. Maar as jy die pot

teen die son se strale sou hou, kon jy die krake raaksien,

omdat die krake donkerder vertoon het as die res van

die pot.

- fokusartikel -

Nou sê Paulus dat die ware liefde nooit die krake in

ons lewens met politoer opvul nie. Niemand van ons

se lewens is perfek nie. Ons het almal krake. Maar ons

moet nie hierdie krake met politoer opvul nie. Nee, die

ware liefde is altyd opreg. Wanneer jy kunsmatig optree,

gee jy aanstoot. Wanneer jy voorgee om iemand te

wees wat jy nie is nie, sal mense gou deur jou sien.

God se liefde kan nie deur ’n skynheilige mens vloei

nie. Wanneer jy eerlik en opreg is, nie bang om jou

foute te erken nie, dan kan die Here jou as sy instrument

gebruik.

Vrugte van geregtigheid

Met die uitdrukking vrugte van geregtigheid

word bedoel: Ons moet as gelowiges onthou

wat Jesus Christus vir ons gedoen het. God se genade

dryf ons tot ’n dankbaarheid wat in dade oorgaan. Jesus

self gebruik die beeld van ’n wingerd in Johannes

15. Jesus is die wingerdstok en ons die lote. Die wingerdstok

gee sap aan die lote sodat die lote vrug kan

dra.

Soos ’n loot vas is aan die wingerdstok, so is ons vas

aan Christus. Sy liefde, sy vryspraak is ons lewenssap

en dryf ons tot ’n dankbaarheidslewe. Ons kan nooit

ware liefde aan ander betoon as ons nie diep binne-in

onsself ’n diepe dankbaarheid teenoor die Here ervaar

nie.

Slotgedagte

Die kuns van die liefde is ’n moeilike kuns. Gelukkig

gee die Here aan ons sy Heilige Gees by Wie ons die

kuns van die liefde aanleer. Hy is bereid om aan jou

kennis te skenk, vir jou ’n fyn aanvoeling aan te leer, vir

jou onderskeidingsvermoë te leer, vir jou te leer om

opreg te wees. Hy spoor jou elke dag aan om die vrugte

van geregtigheid te dra. Dit is so jammer dat baie mense

onopleibaar blyk te wees. As meer mense tog net die

kuns van die liefde kon bemeester, sou die lewe soveel

makliker gewees het. DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 21
Ds. JA (Johan) Schutte (Sasolburg)

Die antwoord op die vraag hoe ek

meer tegemoetkomend en

bedagsaam kan wees

Toe die wenskoevertjies oopgemaak word en

hierdie een glip by mý koevertjie uit, het dit my

bietjie onkant gevang. Wens om tegemoetkomend

en bedagsaam te wees? Ek? Maar ek is dit al

klaar! Hoe kan ek dit nog wens? Vra maar vir my vrou.

Of nee, vra liewer vir my kinders … O gaats, dalk moet

jy liewer iemand vra wat my nie so goed ken en so baie

van my hoef te verdra nie!

Laat ons dan maar liewer oor die onderwerp praat. Om

iemand tegemoet te kom, vra altyd vir ’n wisselwerking

na twee kante. Aan die een kant is daar die inkom by

hom, aan die ander kant die inlaat by my. Maar dan is

daar ook grense wat om nugter beoordeling vra – dis

hier waar bedagsaamheid so nodig is.

Die toonbeeld van ware tegemoetkoming is ons hemelse

Vader. “Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al

gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom

tegemoet, omhels hom en soen hom” (Luk 15:20b).

Sy tegemoet kom na ons toe is innig, van ver af, haastig,

omhelsend, soenend, ontvanklik. My tegemoet gaan

na ander is bo-langs, rem-rem, traag, huiwerig, gereserveerd.

Hoe meer ek van sy tegemoet kom leer, hoe meer verwonder

ek my aan Hom. Hy het my nie nodig nie, tog

kom haal hy my en neem my saam. Hy skuld my niks,

tog kom betaal Hy al my sondeskuld. Ek kan Hom niks

bied nie, tog kom woon Hy in by my en laat Hy my toe

om by Hom in te woon.

Hoe meer ek sy tegemoetkoming ervaar, hoe meer verwonder

ek my in Hom. So groei daar by my die wens

om meer soos Hy te word.

Hoe leer Hy my om meer soos Hy te word? Hier’s die

geheim: “God wat gesê het: ‘Laat daar lig skyn uit die

duisternis,’ het ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons

te verlig met die kennis van die heerlikheid van God,

wat van Jesus Christus uitstraal.” (2 Kor 4:6).

Dit kom nie uit onsself nie, dit kom van Hom. Die Lig

wat Hy by ons laat inskyn, doen dit. Hy verdryf die duisternis

van terugdeins en rem, om plek te maak vir die

lig van inbeweeg en inlaat. Hoe meer sy Gees by ons

inwoon, hoe meer word ons soos Hy.

Ons dink miskien ons is baie tegemoetkomend ten opsigte

van mense, totdat ons Hom beter leer ken. Dan

sien ons dat ons eintlik net bereid is om tegemoet te

gaan tot op ’n punt waar dit óns pas. En so sal dit bly

totdat die Gees van God ons van binne herskep: Dán

ontdek ons hier binne ’n diep behoefte om nie net tegemoet

te gaan nie, maar mense tegemoet te kom deur

hulle in te laat by ons en self opreg in te kom by hulle.

En dit is juis by hierdie inlaat en inkom wat die Seun as

toonbeeld en herskepper van bedagsaamheid so belangrik

is.

My natuurlike mens is impulsief en dikwels oorhaastig.

Hy doen, sonder om vooraf te dink; help, sonder om

goed navraag te doen. Hy reageer meestal uit vrees

en om homself te beskerm. Hy tree selde op uit opregte

liefde en besorgdheid. Hy soek meer na erkenning en

bewondering van mense as na ’n ware oplossing vir

mense.

Onthou dit: Wie onnodig krukke uitdeel, help nie om

swak bene sterk te maak nie. Wie te gou uit die oond

haal, kan die koek laat platval. “Fools rush in where

angels fear to tread.” Bemoeisiek en klaagsiek is presies

dit: siek. Ek mag nooit my natuurlike mens met

bedagsaamheid vertrou nie.

God maak my geestelike mens egter opreg bedagsaam:

iemand wat eers goed nadink voor hy doen,

sensitief, wys en rustig, soos sy Herskepper. Dit is juis

by Hom wat ons leer dat:

• ’n paar woorde, ’n unieke daad, veel meer beteken

as ’n stortvloed daarvan;

• jy kan herskep, sonder om af te knou of te beledig;

22 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
• jy so kan help dat die ander dit waardig voel.

Want Hy werk so met ons dat ons graag met Hom wil

saamwerk. Hy kom woon in en Hy nooi in. Hy het op só

’n manier die hele pad na ons toe geloop dat ons dit

nou natuurlik vind om die hele pad na Hom toe te wil

loop.

Hy het immers nie na ons toe gekom as “… Een wat

geen medelye met ons swakhede kan hê nie …” (Heb

4:15). Sy inkom in ons bestaan het my van een ding

oortuig: Sy bedag-saamwees het Hom gebring by

mede-lye met ons. Hy het dit bedink én gedoen. En as

ek wens of begeer om bedag-saam te wees met my

medemens, moet ek dit vooraf bedink of ek my daarvoor

wil gee om (soos Hy) ook saam met hulle te ly en

stry, én of ek hulle gaan toelaat om my eie lyding en

stryd te sien.

Dis dikwels op hierdie punt waar ek ontnugter staan

voor my eie gebrek aan geestelike groei. My troosge-

- fokusartikel -

Ons dink miskien ons is baie tegemoetkomend ten opsigte van mense,

totdat ons Hom beter leer ken. Dan sien ons dat ons eintlik net bereid is

om tegemoet te gaan gaan gaan gaan gaan tot op ’n punt waar dit óns pas.

dagtes ruik muf, my trooswoorde klink vals en my dade

is onseker en sonder krag. My mooiste voornemens

bly op die tekenbord. Hoekom wens ek skielik ek het

liewer nie van hulle nood geweet nie? Wat moet ek

doen? Wie sal mý tegemoet kom, sodat ek by ’n ander

kan ingaan? Wie sal mý help om ander by my in te

laat? Wie dink aan my, sodat ek bedagsaam teenoor

ander kan wees?

Hier is die beproefde antwoord: “Kom ons gaan dan

met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons

barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte

tyd gered (gehelp) kan word” (Heb 4:16).

Vader, gee ons tog die wysheid om te weet: wanneer

om met u Krag eenkant te dink, beplan en bid; wanneer

om uit liefde met u Krag in te beweeg by mense en

hulle in te laat by ons. Maak ons u bedagsame kinders,

wat goed nadink voordat ons doen; en tog ook nie so

lank nadink dat ons nooit by die doen uitkom nie. DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 23
Ds. MAF (Andries) Kruger (Alberton)

Ek wens tog so om dankbaar

en vergenoegd te wees

Wat is die geheim?

Dit wil voorkom asof baie mense vandag net die negatiewe in alles

raaksien. Luister maar na mense se gesprekke. Miskien ken jy

ook mense wat met niks in die lewe tevrede is nie. Dalk is jy self

so ’n mens. Sulke mense vertel altyd vir jou hoe moeilik hulle dit in die

lewe het. Niks in hulle lewe loop reg nie. Hulle is onvergenoegd met alles.

’n Persoon sal byvoorbeeld kla oor sy werk en die baas by die werk. In

plaas daarvan om dankbaar te wees dat hy ’n werk het. Hoeveel ander

mense wat sonder werk is, sal maar te bly wees om daardie werk te hê,

en sal die moeilike omstandighede maar verduur het. Dis inderdaad nie

aangenaam om met sulke mense, wat altyd onvergenoegd en ondankbaar

is, saam te leef nie.

Tog is dit nie net ander mense wat so is nie. Ook gelowiges kan baie keer

net so opstandig teenoor die Here raak as dinge nie wil uitwerk soos ons

dit wil hê nie. Ons moet ook daagliks stry teen die onvergenoegde gevoel

wat ons in ons harte opkom. Ons is die Here nie altyd genoeg dankbaar

vir wat Hy vir ons gee en doen nie. Dalk wens jy ook jy kan dankbaar en

vergenoegd wees, omdat jy dit nie altyd regkry nie.

Hoekom moet ons dankbaar en vergenoegd wees?

Die antwoord is baie maklik. Die Bybel leer ons dat God wil hê dat sy

kinders altyd vergenoegd en dankbaar teenoor Hom moet leef, juis uit

dankbaarheid dat Hy in Christus ons sy kinders gemaak het.

Om onvergenoegd te wees, beteken om in opstand teen God te kom. Ons

kan so maklik vir die Here kwaad word as daar swaarkry op ons pad kom

en as dinge nie verloop soos ons dit wil hê nie. As gelowiges weet ons dat

die Here in beheer van ons lewe is. Hy bepaal wat met ons gebeur. As

selfs die hare op ons kop getel is, dan bepaal Hy ook hoe ons lewe verloop.

Wanneer ons onvergenoegd raak met ons lewe, dan kom ons as ’t ware

in opstand teenoor God. Dan sê ons vir Hom: “Ons weet beter! Ons lewe

moet anders wees!” Dan is ons soos die beeld wat Paulus in Romeine

9:20 gebruik, besig om vir ons Maker te sê Hy moes ons anders gemaak

het. En dit kan tog nie gebeur nie!

God het in sy ewige raadsplan besluit hoe elkeen van ons se lewe moet

wees. En Hy weet altyd die beste. Daarom verwag Hy van ons om vergenoegd

te wees met ons lewens en lewensomstandighede. Hierin is Paulus

vir ons ’n voorbeeld. In Filippense 4:12-13 sê hy: “Ek weet wat armoede is

en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te

hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om

gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Deur die

krag wat die Here hom gee, kon hy

by elke omstandigheid aanpas en

vergenoegd wees.

Waarom is ons nie altyd dankbaar

en vergenoegd nie?

Die grootste rede is vanweë die

sondige begeerte om in beheer van

ons eie lewe te wil wees en die eie

ek op die voorgrond te plaas. As dinge

nie uitwerk soos ek dit wil hê nie,

dan raak ek onvergenoegd met my

omstandighede. As daar swaarkry

en lyding op my pad kom en ek kan

niks doen om dit te verhoed nie, dan

raak ek onvergenoegd. Ja, van nature

wil ons ons nie aan die Here

onderwerp nie.

Nog ’n rede is omdat daar baie keer

onvrede in ons hart is. As jy nie

werklik uit God se vrede leef, wat

alle verstand te bowe gaan nie, gaan

jy nooit kan vrede maak met jou

omstandighede nie. Dan sal jy altyd

ondankbaar en in opstand teenoor

God wees en Hom kwalik neem vir

alles wat volgens jou verkeerd is in

jou lewe.

Die geheim!

As jy sukkel om vergenoegd en

dankbaar teenoor die Here te wees,

wat is die geheim?

➊ Begin aanvaar dat God in beheer

van jou lewe is

Hy het ons duur gekoop met die

bloed van Christus. Ons behoort

nou aan Hom en daarom bepaal Hy

ons lewe. Omdat Hy ons uitgekies

24 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
- fokusartikel -

Om dankbaar teenoor die Here te wees, is nie net ’n gevoel in jou hart

nie ... dit kom in jou daaglikse lewe na vore ... As jy deur die krag van die

Gees dankbaar en vergenoegd lewe, kan die Here jou gebruik om deur

jou voorbeeld ander mense by Christus uit te bring.

het as sy kinders, weet ons dit is in sy raadsplan bepaal hoe ons lewe

moet verloop. Hy weet altyd die beste. Daarom moet ons Hom dankbaar

wees dat Hy ons hele lewe beheer.

➋ Gee jou ten volle aan Christus oor, sodat die Gees jou hart kan verander

Omdat Christus ons weer na die beeld van God vernuwe het, is dit alleen

Hy wat die opstand in ons gemoed kan verander in dankbaarheid teenoor

God. Dis wanneer ons nie naby Hom leef nie, dat ons onvergenoegd en

ondankbaar word. Hoe inniger ons verhouding met Hom groei, hoe meer

sal die Gees dankbaarheid in ons harte wek en sal ons te alle tye

vergenoegd kan wees met ons omstandighede.

➌ Sorg dat die vrede van God jou hart beheers

Dit is die wonder van Christenwees dat ons God se vrede kan besit. Paulus

noem dit ’n vrede wat alle verstand te bowe gaan (Fil 4:7). Hierdie vrede is

nogal moeilik om te beskryf. Dit is, om ’n voorbeeld te noem, wanneer jy

by ’n gelowige kind van die Here kom wat dalk terminaal siek is of onder

die grootste beproewing verkeer, en jy vra die persoon hoe dit gaan. Dan

sê die persoon uit sy hart uit: “Dit gaan goed!” Dis soos ’n Paulus en Silas

wat in die gevangenis sit, onder moeilike omstandighede, en nogtans

lofliedere tot eer van die Here sing. Om God se vrede in jou lewe te besit,

maak dat jy ten spyte van jou omstandighede bly kan wees in die Here,

dat jy vergenoegd en dankbaar teenoor Hom kan wees.

Tog is hierdie vrede nie altyd ’n werklikheid in ons lewe nie. Dit gebeur as

ons toelaat dat die negatiewe ons gedagtes beheers. Ons moet ons

gedagtes met die positiewe dinge in die lewe vul. ’n Persoon wat van

nature onvergenoegd is, moet des te meer nader aan die Here leef. As die

swakheid kom, moet jy in die Here se arms kan val en jou krag by Hom

kry, om jou kop skoon te maak, om die negatiewe onvergenoegde gedagtes

met die positiewe te vul.

Paulus sê vir ons in Filippense 4:8: “Verder, broers, alles wat waar is, alles

wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat

prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees

– daarop moet julle julle gedagtes rig ... En God wat vrede gee, sal by julle

wees.” Eers as ons bewustelik begin om die negatiewe gedagtes te verwyder

en dit met die positiewe dinge van God se Woord te vul, sal ons werklik

die vrede van God in ons harte ervaar sodat ons te alle tye vergenoegd en

dankbaar kan wees.

➍ Wees geduldig in tye van swaarkry en beproewing

Onvergenoegdheid laat jou fout vind, kla en mor oor alles. In 1 Korintiërs

10:9-11 word die Israeliete vir ons as voorbeeld voorgehou. Hulle moes

God se goedheid waardeer het en dankbaar gewees het vir alles wat Hy

vir hulle gedoen het toe Hy hulle op

’n wonderbaarlike wyse uit Egipte

bevry het. Maar deur hulle gekla het

hulle Hom uitgetart en as straf moes

hulle in die woestyn bly.

Die Bybel leer ons dat Josef geduldig

op die Here kon wag. Sy omstandighede

moes vir hom baie

swaar gewees het. As ’n mens dink

hoe hy deur sy broers verontreg is,

as slaaf verkoop is, later in die huis

van Potifar onskuldig in die tronk gegooi

is vir iets wat hy nie gedoen het

nie, dan sien ons dat Josef deur dit

alles baie geduldig gebly het. Hy het

nie gekla en gemor oor sy omstandighede

nie. Later toe God aan hom

geregtigheid laat geskied het ten

opsigte van sy broers, het hy vir hulle

gesê dat God die kwaad wat hulle

hom wou aandoen, tot sy beswil laat

uitwerk het (Gen 45:5). Hy was nie

onvergenoegd oor sy omstandighede

nie, want hy het die hand van

God in sy lewe raakgesien. Omdat

hy geduldig op die Here vertrou het,

kon hy ook God se plan met sy lewe

raaksien.

Ware dankbaarheid!

Onthou, om dankbaar teenoor die

Here te wees, is nie net ’n gevoel in

jou hart nie. Dit kom in jou daaglikse

lewe na vore. Om dankbaar en vergenoegd

te wees, is vir die sondige

mens ’n probleem. Daarom, as jy

deur die krag van die Gees dankbaar

en vergenoegd lewe, kan die

Here jou ook gebruik om deur jou

voorbeeld ander mense by Christus

uit te bring. Want dit is alleen Hy wat

ons dankbaar en vergenoegd kan

maak. DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 25
Ds. PW (Pieter) Kurpershoek (Middelburg Mpumalanga)

Voel dit nie bekend nie? Kan

ons nie almal hiermee

identifiseer nie? En dis nie

net Sannie en Pietie wat so baklei

nie. Néé, ons ken spanning en onenigheid

ook in die grootmenswêreld.

By die werk is daar ook maar

slegte gevoelens onderling. Twis en

tweespalk kom ook in die kerklike

wêreld na vore. Huweliksmaats, familie,

vriende kan mekaar ook maar

slegsê en afbreek. Ja, ons as mensies

sukkel maar om in harmonie

met mekaar te leef!

Hoekom is dit so? ... Kan dit nie anders

nie?

Die struikelblok ... die eie-ek

Ja, dit kan ... ons kan in harmonie

leef ... as ons heel eerste maar net

verby die een groot struikelblok kan

kom: die EIE-EK. Want om soos

steeks donkies in twee rigtings te

wil trek in plaas daarvan om harmonieus

saam te loop ... dit het alles

sy oorsprong in die eie-ek wat sy/

haar kop orals uitsteek.

In Filippense 2:2 roep Paulus die

gelowiges juis op om eensgesind te

wees, een in liefde, een van hart,

een in strewe (Fil 2:2). En dan waarsku

hy hulle teen selfsug en eersug.

Selfsug en eersug het te make met

die eie-ek:

• Selfsug ... om net aan jouself te

dink, jouself voorop te stel, jou

eie posisie, ambisie, voordele as

vertrekpunt te neem.

• Eersug ... om sonder rede te veel

van jouself te dink, om voortdu-

Ek wens tog so ons kan in

harmonie met mekaar leef

Wat is die geheim?

Mamma! MAMMA!!! MAMMA!!!! Sannie skop my!

IS NIE, Mamma, dis Pietie wat my hare getrek het!

IS NIE, DIS JY wat my seergemaak het!

IS NIE, dis JY ...

IS NIE ...

En Sannie klap ... Pietie skreeu en klap terug ... en

Sannie huil ...

En Mamma ... sy staan met haar hande in haar

hare, moedeloos met die ewige bakleiery.

rend erkenning te soek, om aanhoudend

bewonder te wil word,

om oordrewe ambisie te hê.

Paulus het hierdie selfsug en eersug

prakties in Filippi aan die werk gesien.

Daar was ’n groep predikers

wat die lewe vir hom wou moeilik

maak (Fil 1:15-17). Hulle het die

evangelie bedien, nié uit liefde vir

Christus nie, maar omdat hulle jaloers

op Paulus was. En daar was

’n geklaery en teëpraat in die gemeente

(Fil 2:14) ... en ook twee

vroue, Euodia en Sintige, wat nie

met mekaar oor die weg gekom het

nie (Fil 4:2). So het die eie-ek in Filippi

gefloreer.

Dit kon ook nie anders nie, want

vanaf Adam en Eva staan die eieek

voorop in die mens se lewe, in

dié mens wat na Satan geluister het

toe dié gesê het: God weet ... julle

sal soos God wees (Gen 3:5). Eva

en Adam het geval voor hierdie verleiding

om meer te wil wees as wat

die Here hulle gemaak het. En die

gevolg? Die volkome harmonie tus-

sen man en vrou, tussen mens-enmens

is daarmee heen. Hulle is

skaam vir mekaar (Gen 3:8), hulle

beskuldig mekaar (Gen 3:12-13),

hulle kinders vermoor mekaar (Gen

4:8).

Die eie-ek is gevestig as groot struikelblok

op die pad van harmonie ...

Die Harmonie-bewerker: Jesus

Christus

Maar dis nie alles verby nie. Pietie

en Sannie hoef nie altyd te baklei

nie. Mamma hoef nie altyd moedeloos

te wees nie. Want ... die

groot Harmonie-bewerker, Jesus

Christus, het in die wêreld ingekom.

Hy is ons vrede ... Hy breek die muur

van vyandskap tussen Jood en nie-

Jood af (Ef 2:14). Hy bid dat almal

wat in Hom glo, één mag wees (Joh

17:20-23). Hy oorwin die eie-ek.

Want ... elkeen wat in Jesus glo,

word deur Hom getroos en in hulle

omstandighede bemoedig. Hulle ervaar

hoe God se liefde in Christus

26 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
hulle persoonlik aanspreek. Hulle

word deur die Gees in ’n hegte gemeenskap

met mekaar saamgebind.

God-Drie-enig bring hulle

daartoe om sy ontferming en warm

hart teenoor mekaar uit te leef (Fil

2:1).

Daarom, vanuit Jesus Christus kan

gelowiges eensgesind wees (Fil

2:2). Hulle kan dieselfde lewensfokus

hê. Hulle kan in dieselfde rigting

trek, saamleef, mekaar werklik

liefhê, in hulle geneentheid, belewing

van sake en aanvoeling by mekaar

aansluit. Ja, deur Jesus Christus

kom daar harmonie!

Die lewe in harmonie: jy en ek

Wat Jesus bewerk, moet egter ook

uitgeleef word. Daarom die oproep

van Paulus in Filippense 2:2: Maak

dan nou my blydskap volkome deur

eensgesind te wees. Pietie en Sannie

kan ophou baklei, in harmonie

saamleef ... maar dit vra ’n leef uit

Christus, ’n oorwin van die eie-ek

deur die krag van Christus!

Prakties vra dit van my om in wat

ek dink en hoe ek oor ander mense

voel, nederig te wees (Fil 2:3). Soos

Jesus Christus (Fil 2:6-8) moet ek

prysgee, my eie-ek prysgee. Ek

moet met realistiese oë na myself

kyk ... juis in verhouding tot die mense

om my. My eie onvermoë en gebreke

moet ek erken, terwyl ek die

Here dank vir my vermoëns wat Hy

aan my gegee het. My buurman of

buurvrou se gebreke weer bedek ek

met liefde, terwyl ek hulle vermoëns

opgewonde raaksien en erken.

Daarmee saam stel ek die ander

persone se belange eerste, voor

myne (Fil 2:4). Ek leef met oop oë

om te sien wat my naaste nodig het.

Ek probeer eers raaksien wat vir my

medereisigers goed mag wees

voordat ek ’n besluit neem. Ek klou

nie vas aan my eie posisie of status

of voordele of gemak of wins nie.

Néé, soos Jesus Christus lê ek wat

vir my belangrik mag wees, eenkant

- fokusartikel -

en dien ek hulle om my. Ja, ek leef met die gesindheid van Christus Jesus

... nederig, selfverloënend, diensbaar, opofferend ... tot aan die kruis (Fil

2:5-8). Ek leef in liefde! So kom die groot harmonie-les van 1 Korintiërs 13

in fokus:

Die liefde is geduldig,

die liefde is vriendelik;

dit is nie afgunstig nie,

is nie grootpraterig nie,

is nie verwaand nie.

Dit handel nie onwelvoeglik nie,

soek nie sy eie belang nie,

is nie liggeraak nie,

hou nie boek van die kwaad nie.

Dit verbly hom nie oor onreg nie,

maar verheug hom oor die waarheid.

Dit bedek alles,

glo alles,

hoop alles,

verdra alles.

Deur die genadewerk van die Here, in navolging van Jesus Christus, gedra

deur die liefde, kan ek, wil ek in harmonie leef.

Ook met ongelowiges?

Een laaste vraag bly oor: Om in harmonie te leef is seker net moontlik in

my lewe saam met mede-gelowiges? Want net hulle in wie Christus woon

en werk, kan tog eensgesind wees? Met hulle wat nie Christus navolg nie,

met hulle gaan daar seker maar altyd twis en rusie wees? Pietie die Christen,

en Abdul die Moslem gaan seker maar altyd oorhoops wees?

Aan die een kant wil mens sê: JA ... ware lewensharmonie is net moontlik

in Christus. Hy is tog ons vrede ... en net wanneer ek en die ander persoon

in Christus is, is daar vrede. Het Jesus nie ook gesê dat die wêreld die

gelowiges altyd sal haat nie (Joh 15:18; 16:33)?

En tog ... tog leer die Here my in Romeine 12:18: As dit moontlik is, sover

dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Ek kry die verantwoordelikheid

... nié om twis en tweedrag te saai nie, maar wél om vrede te

bevorder. Nooit mag ek die spanning wat tussen gelowige en ongelowige

lê as verskoning misbruik om konflik te stook of te bevorder nie. Nooit

mag ek op my louere rus in die soeke na ’n positiewe, harmonieuse lewe

saam met alle mense om my nie. Néé, as gelowige soek ek geleenthede

om ’n vredemaker te wees (Matt 5:9). So word ek God se kind genoem,

kom sy Naam in my lewe na vore.

Pietie en Sannie baklei. Die eie-ekke seëvier. Maar Christus oorwin ...

elke eie-ek. Hy bewerk harmonie. Hy voltooi harmonie wanneer die hele

skepping eensgesind jubel en die lof en eer bring aan Hom wat op die

troon sit en aan die Lam. Op die nuwe aarde is daar geen rusies of twiste,

geen haartrekkery of beskuldigings nie. Néé, op die nuwe aarde is almal

een in liefde, een van hart, een in strewe! Kom ons beleef nou-al ietsie

van die nuwe lewe ... deur in harmonie te leef! DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 27
Ds. Kobus Erasmus (Volksrust)

Ek wens tog so om ’n skoon

gewete te hê. Hoe kan ek dit

bereik?

“Skep vir my ’n rein hart, o God,

vernuwe my gees en maak my standvastig.

Moet my tog nie van U af

wegdryf en u Heilige Gees van my

af wegneem nie!” (Ps 51:12, 13)

Die vraag is: Hoe kan ek ’n

skoon gewete hê en dit

bereik? Elke gelowige

smag daarna. Belangrike vrae oor

die tema:

• Wat is ’n gewete?

• Hoe funksioneer ’n goeie gewete?

• Hoe funksioneer ’n slegte gewete?

• Wat is ’n goeie gewete?

• Hoe bereik ek die wens van ’n

skoon gewete?

Wat is ’n gewete?

Die woord gewete kom van ’n Nederlandse

woord wat in sy oorspronklike

vorm getuie beteken

(Anoniem, Die Kerkblad, Apr 2003).

Die gewete is dus ’n stille getuie wat

alles raaksien wat jy doen en altyd

hoor wat jy dink of sê. Die gewete is

dus ’n oog wat jou dophou en jou

siening beoordeel.

Kyk ons Bybels na die woord gewete,

kom dit van ’n Griekse woord wat

beteken saam te weet. Die gewete

staan nie los van ’n mens nie. ’n Persoon

wie se gewete aan niks gebind

is of wil wees nie, is gewetenloos.

Dit is die streng en onverbiddelike

regter binne in ons wat ons gedag-

Eerste perspektief

tes en dade beoordeel. So kry ’n mens ’n goeie gewete (Hand 23:1; 1 Tim

1:5) en ’n slegte gewete (Heb 10:22).

Die gewete was nie nodig voor die sondeval nie. Daar is geen beskuldiging

as die mens absoluut onskuldig is nie. Adam en Eva se gedagtes en dade

was ooreenkomstig God se geregtigheidswil. Maar ná die sondeval het dit

’n noodsaaklikheid geword in die algemene wêreld en in die besonder by

die gelowiges. So kry ’n mens gewete en gewetenloosheid. Die dryfveer

daaragter is óf liefde óf haat en vrees!

Kyk na jou gewete. Dit is die skaduwee wat jou volg.

Hoe funksioneer ’n goeie gewete?

’n Goeie gewete funksioneer deur die waarheid met liefde te betrag (Ef

4:15). Dit veronderstel ’n persoonlike verhouding met ons Here Jesus

Christus deur sy Gees. Deur sy Gees gevul, kan ’n goeie gewete opgebou

word. ’n Goeie gewete loop hand aan hand met volwassenheid in die

geloof – om te kom tot die volle grootte van Christus. Dit veronderstel dat

’n kind wat onvolwasse is, tot volwassenheid gebring moet word. Hierdie

natuurlike vermoë om ’n gewete te hê, word gewek deur die Heilige Gees

om gedagtes en dade te beoordeel.

Die onryp, aangebore gewete moet egter ontwikkel word. Elke kind reageer

op ’n bepaalde situasie met sy/haar gewete. Dit hou verband met wat

Calvyn gesê het, dat ons die saad van die godsdiens in ons het. So word

’n gewete gebou deur middel van voorbeeld, prediking, katkisasie en tug.

Die gewete laat jou onderskei tussen dit wat goed en sleg is. Dit gebeur

deur die bril van die Woord waarna ons na alles om ons kyk. Sonder die

Woord verval alles tot willekeur en subjektivisme. So word die gewete

geslyp deur die Woord en Gees met die tyd en jare, kragtens ’n mens se

volwassenheid. ’n Gelowige word al meer sensitief vir dit wat reg en verkeerd

is. So vra ons in ons gewete: Wat is my motief? Wat is die middele?

Wat is die doel? En wat is die gevolge?

Hoe funksioneer ’n slegte gewete?

Dawid vra na ’n rein hart. Maar wat het hy aangevang? Met ’n toegeskroeide

gewete het hy by die buurvrou gekuier. Hy het in die strik van versoeking

getrap, en die duiwel (Jak 1:13-15) het hom in die spiraal na benede gepluk.

28 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
Hy steel ’n ander man se vrou kragtens sy eie begeerte. Hy pleeg egbreuk

en lieg vir homself. So moet die buurman ook gedood word. Deur dit te

doen, het hy sy sonde probeer toesmeer. Hoe kan ’n gelowige dit oor sy

hart kry? Dit wat hy wou verberg, word ontbloot. Die effek van die sonde

het gemaak dat daar ’n skeidsmuur gekom het tussen Dawid en God (Jes

59).

So is dit as mense volhard in sonde en as jou gewete toegeskroei is.

Tensy God ingryp. Kyk maar hoe het God nie met Dawid gewerk om sy

slegte gewete vir hom te ontbloot nie. Dit het plaasgevind deur die profeet

Natan (2 Sam 11, 12). Die effek van sy slegte gewete lees ons in Psalm

32: “U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog

soos water in somerhitte.”

God breek deur die sonde sodat Dawid tot berou en bekering kom. In die

plek van sy slegte gewete kom daar ’n goeie gewete. ’n Slegte gewete

brandmerk jou en jou gewete is toegeskroei. Dit gebeur as jy jou rug op

God draai en in sonde volhard. ’n Ongelowige kan nie ’n goeie gewete hê

nie, want Titus sê: “Hulle verstand en gewete is besoedel. Hulle gee voor

dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit” (Tit 1:15, 16).

Wat is ’n goeie gewete?

’n Goeie gewete is direk gekoppel aan jou verhouding met God. ’n Gelowige

se gewete sal hom pla as hy iets verkeerd doen. Kyk maar hoe Dawid se

gewete hom gepla het nadat hy ’n stuk van Saul se mantel afgesny het (1

Sam 24:6). Ook met die Uria-Batseba-episode (Ps 32:51).

Die eerste vraag in jou gewete moet dus wees: Is dit reg

voor God? God is jou Getuie in jou hart. Sy Gees herinner

jou aan sy Woord. Sy Woord word dan ’n lig vir jou pad

en ’n lamp vir jou voet. Jy volg dan die lig van jou gewete,

want sy oog is op jou en Hy sal die uitkoms gee vir ’n

goeie gewete. ’n Goeie gewete word gereinig en gewas

in die bloed van Christus.

’n Goeie gewete hou in dat daar berou en bekering is,

en sluit spyt uit soos met Kaïn (Gen 4) en Judas (Matt

27).

Hoe bereik ek die wens van ’n skoon gewete?

Ons kan niks doen oor die verlede behalwe om te versoen

en vrede te maak in Christus nie. Leef in vrede

met almal en alles sover dit van jou afhang. Vergewe en

vergeet. Begrawe die verlede en vergeet dit en strek jou

uit na die toekoms (Fil 3:13). Koppel jou gewete aan

God se wil (Woord en Gees) wat getuig in jou hart en jou

lewe rig. Van nature is die gewete bevlek, maar word

juis in Christus deur sy Gees geheilig en gesuiwer. Die

rigsnoer is juis die wet van God. Dit gee die deurslag

kragtens die liefde van Christus (1 Kor 13).

Dan word jou gewete ’n goeie gewete en jou oordeel

suiwer. Jy kan dan luister na die stem van jou gewete,

- fokusartikel -

want dan is dit God se stem wat in

jou hart weerklink.

“Wie kan ons voor die Regter daag?

Gods uitverkore kind verklaag?

Waar is die mond wat durf verdoem

as God sy kind regverdig noem?

Dis Christus wat die skuld wou dra,

die dood vir ons gesterf het, ja.

wat opgewek, in glorie sit

en altyddeur vir ons wil bid.”

(Skrifberyming 10:1 & 2)

Jy het dan ’n skoon gewete. Moenie

dat iemand jou laat skuldig voel oor

iets waaroor jy onskuldig is nie. As

jy skuldig is, laat jou siel gereinig

word deur die bloed van Christus en

laat die Heilige Gees jou heilig.

Draai jou gesig na God en jou rug

na Satan, die wêreld en die sonde.

Mag die versugting ’n werklikheid

word – ’n voorneme om ’n skoon

gewete te hê! DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 29
Ds. Hennie Goede (Vereeniging-Oos)

Ek wens tog so om ’n skoon

gewete te hê. Hoe kan ek dit

bereik?

Elke gelowige kan getuig van

gewetenswroeging: miskien

omdat jy reeds teen die

Here en jou medemens gesondig

het, of omdat jy weet jou beplande

optrede is sonde teen die Here, of

omdat jy nie seker is of wat jy beplan,

sonde is of nie.

Wat is ’n mens se gewete?

Die Woordeboek van die Afrikaanse

Taal definieer mens se gewete as

die werksaamheid van jou selfbewussyn

wat jou in staat stel om tussen

die goedheid of slegtheid van

jou denke en handelinge te oordeel.

Terwyl jy dink en voor jy optree, werk

mens se gewete vermanend, waarskuwend,

rigtinggewend. En ná jou

optrede werk dit goedkeurend of afkeurend.

In breë trekke stem die Bybelse gegewens

oor die mens se gewete

hiermee ooreen. Die Ou Testament

ken nie ’n unieke woord vir die mens

se gewete nie. Die woorde wat ons

soms met “gewete” vertaal (1 Sam

24:6; 2 Sam 24:10; Spr 28:17),

verwys in die algemeen na die kern

van die mens se fisiese en geestelike

wese. Dit sou die hart se sentrum

van die lewe en die verstand

insluit. Tog kan ons uit die konteks

van bogenoemde tekste aflei dat die

gewete van die mens as selfbeoordelaar

van sy denke en optrede ook

deel van sy wese uitmaak. En daarom

is die vertalings geldig.

Dit is duidelik dat Dawid byvoor-

Tweede perspektief

’n Skuldige gewete

Ons weet almal hoe lastig ’n skuldige gewete

kan wees: Mens rol rond in jou bed, want slaap

met ’n skuldige gewete is onmoontlik. Jy sukkel

om op alledaagse dagtake te fokus. Jy gedagtes

word oorheers deur die saak waaroor jou

gewete jou meedoënloos aanspreek.

Ons lees in die Skrif dat Dawid ook met sy

gewete gestoei het. By twee geleenthede pla sy

gewete hom:

• Nadat hy die punt van Saul se mantel in die

grot in die En-Gediwoestyn afgesny het, kla sy

gewete hom aan dat hy sy hand teen die

gesalfde van die Here gelig het (1 Sam 24:6-

7).

• Nadat hy die volk laat tel het, spreek sy

gewete hom aan oor sy sonde teen die Here

(2 Sam 24:10-11).

beeld ’n waarde-oordeel oor sy optrede

uitspreek, en daardie waardeoordeel

vind sy oorsprong in sy gewete,

sy vermoë om te onderskei

tussen wat reg en verkeerd is. En

hierdie waarde-oordeel word deur

die openbaring van God in sy Woord

gevorm. Die gewete van die gelowige

is dus God-gerig en nie mensgerig

nie. Die feit dat God in die

wese van mense sien, getuig hiervan

(Ps 139). ’n Skoon gewete is ’n

gewete wat in ooreenstemming met

die wil van God is.

In die Nuwe Testament tree die

gewete van die mens baie sterk op

die voorgrond. Die Grieks het wel

’n unieke woord wat na die mens

se vermoë om tussen reg en verkeerd

te onderskei, verwys. Die gewete

is geheel en al deel van die

wese van die mens. En soos in die

Ou Testament word die Nuwe-Testamentiese

gelowige se gewete

deur die openbaring van God gevorm.

Jou godsdienstige oortuigings

beïnvloed die waarde-oordele wat

jou gewete fel.

30 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
Paulus bied vir ons ’n voorbeeld

hiervan wanneer hy in 1 Korintiërs

8 skryf oor die eet van vleis wat aan

afgode geoffer is. Gelowiges wat tot

die kennis gekom het dat daar net

een God is en dat die afgode nie

bestaan nie, het vleis wat aan afgode

geoffer is, by die markte gekoop

en geëet. Hulle godsdienstige

oortuiging dat dit nie sonde is nie,

het aan hulle ’n skoon gewete besorg.

Maar ander gelowiges het nog

nie tot daardie kennis gekom het

nie, en het dus geglo dat die afgode

bestaan (1 Kor 8:7). Op grond van

hulle oortuiging sou hulle dan die

vleis as ’n afgodsoffer geëet het, en

hulle gewetens daardeur beswaar

word (1 Kor 8:10).

Die doel van die gewete

Alle mense het gewetens. Daarom

dat selfs ongelowiges aan die eise

van die wet van God kan voldoen,

selfs al het hulle nie die wet ontvang

nie (Rom 2:14-15). Hulle ervaar ook

gewetenswroeging. Hulle gewetens

kla hulle ook oor hulle gedagtes of

optrede aan, of spreek hulle vry.

Maar die Here gee aan ons as gelowiges

gewetens, en vorm dit deur

sy Woord, sodat ons geloof nie skipbreuk

ly nie (1 Tim 1:19).

Wanneer jy as gelowige jou gewete

onderdruk, loop jy op ’n spoor weg

van God af. Vir die gelowige is daar

geen ruimte vir ’n buigbare gewete

of toeskietlikheid nie. In ons tyd is

mense se gewetens nogal buigbaar:

Een dag veroordeel jy iemand oor

sy gedagtes, woorde of optrede,

maar die volgende dag is dieselfde

gedagtes, woorde of optrede vir iemand

anders of vir jouself aanvaarbaar.

Of gedrag wat teen die gewete

van enige redelike mens skry, word

met slim argumente goedgepraat.

Sulke gewetensmanipulasie pas nie

by die gelowige nie. Dit getuig eerder

van ’n gewete wat toegeskroei

is (1 Tim 4:2) en daarom sy sensitiwiteit

vir die onderskeid tussen reg

en verkeerd verloor het. Soos die

Here deur Jeremia sê: “Wanneer

- fokusartikel -

hulle aan die kaak gestel word oor die gruwelike dinge wat hulle gedoen

het, skaam hulle hul nie eens nie, hulle weet nie van skaamte nie” (Jer

8:12).

Uit die skoon gewete van die gelowige moet daar eerder liefde voortkom

(1 Tim 1:5). Liefde is immers die rigtingwyser vir die gelowige se gewete.

As jy nie liefde teenoor God en jou medemens betoon nie, behoort jou

gewete jou aan te spreek. En as jy dit wel doen, behoort jou gewete skoon

te wees. God het ons in Christus juis skoon gewetens gegee sodat ons

Hom in liefde kan dien: “Hoeveel te meer sal die bloed van Christus ons

gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die

lewende God kan dien!” (Heb 9:14). En met hierdie skoongewaste gewete

probeer ons as gelowiges om in elke opsig te doen wat reg is (Heb 13:18).

Ons gewetens moet ons aanspoor tot gedagtes, woorde en dade van

liefde teenoor God en ons medemens!

Hoe bereik ek ’n skoon gewete?

In die sondige bedeling waarin ons leef, leef geeneen van ons met ’n

geheel en al skoon gewete nie. Ons Here Jesus bevestig dit wanneer Hy

vir die Joodse leiers sê dat die een wat ’n skoon gewete het, die eerste

klip na die vrou wat op owerspel betrap is, moet gooi (Joh 8:7). En tog

moet ons soos Paulus daarna streef om met ’n skoon gewete te lewe

(Hand 24:16). Trouens, dit is ’n opdrag van die Here: Sorg dat julle gewetens

skoon bly ... (1 Pet 3:16). Maar hoe kry ek dit as gelowige reg, veral as my

gewete my voortdurend aankla?

• Bid dat God jou deur sy Gees daarvan sal oortuig dat Hy jou gewete

met die bloed van Christus skoongewas het. Dan sal jy nie slaaf van

jou gewete wees nie, maar juis deur jou gewete na die verlossing in

Christus gedwing word.

• Glo dat God jou gewete deur sy Woord en Gees vorm. Daarin vind jy

as gelowige sekerheid oor wat reg en wat verkeerd is, en sal jou gewete

jou nie oor alles aankla nie. En wanneer jy gewetenswroeging ervaar,

bid om wysheid. Onthou: “Die mens wat die Gees van God het, kan die

waarde van alle dinge beoordeel ...” (1 Kor 2:15). Vra ook medegelowiges

se raad oor jou gewetenswroeging.

• Bely jou sonde voor die Here wanneer jou gewete jou aankla en gryp

die vergewing wat Christus bewerk het, in die geloof aan. God is in sy

genadige en liefdevolle vergewing immers steeds groter as jou (skuldige)

gewete (1 Joh 3:20).

• Laat liefde die rigtingwyser in jou gedagtes, woorde en dade wees. So

sal jy verseker dat jou gewete skoon bly.

• En wanneer jou liefde vir God en jou medemens nie net woorde is nie,

maar met opregte dade bewys word, weet jy dat jou gewete voor God

rustig is (1 Joh 3:18-19).

Ten slotte

Die Here gee gewetens aan sy kinders om ons op die pad van heiligmaking

te begelei. Heiligmaking is mos juis om deur die krag en insig van die

Gees vir gehoorsaamheid, vir wat reg is, te kies. Ons gewetens dring ons

in die rigting van gehoorsaamheid. En deur op ons gewetens ag te slaan,

en dit nie te onderdruk nie, verander ons al meer om aan die beeld van

Christus gelyk te word (2 Kor 3:18). Laat ons daarom voortdurend vra:

“Here, wat wil u hê moet ek doen?” Mag die Here van ons gewetens ons

met skoon gewetens seën! DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 31
Ds. Amos Motshine (Geref. Kerk Mmakau)

Die noodsaak vir ware

eenheid in die GKSA

Die kerk het dwarsdeur die geskiedenis gepoog om op verskeie

maniere strukturele eenheid teweeg te bring – dikwels ten koste

van geestelike eenheid. Uit hierdie pogings het twee strominge

ontwikkel. Die een was om die kerk te verenig op die grondslag van die

fundamentele waarhede van die Christelike geloof. Die ander was om

deur ’n akkommoderende benadering – deur middel van organisasies,

rade en alliansies – sodanige waarhede te kompromiteer ten einde ’n

kunsmatige eenheid in die kerk te bewerk.

Die Rooms-Katolieke Kerk is ’n klassieke voorbeeld van organisatoriese

en eksterne kerklike eenheid. Intern ondergaan die Rooms-Katolieke Kerk

egter ’n geweldige magstryd tussen die verskillende kerklike ordes. Daar

is vandag groot verskille tussen die klassieke Rooms-Katolisisme wat in

sommige kringe beoefen word en die progressiewe Rooms-Katolisisme

wat in ander kringe beoefen word. Hoewel die Rooms-Katolieke Kerk nog

steeds organisatoriese eenheid probeer handhaaf, vind ons binne die

Rooms-Katolieke Kerk eintlik twee verskillende godsdienste, twee verskillende

konsepte van God en twee verskillende verstaanswyses van waarheid.

Dieselfde is waar van die GKSA. Die GKSA het op verskeie maniere gepoog

om organisatoriese eenheid teweeg te bring ten koste van geestelike

eenheid. Hierdie stelling word geïllustreer deur die verskillende liturgiese

ordes wat in die wit en swart kerke gebruik word. Kerke van die voormalige

Middellandse Sinode het byvoorbeeld baie liturgiese gewoontes en versierings

ontwikkel ten koste van die gewyde en ordelike aard van die erediens.

’n Paar voorbeelde kan genoem word:

Himnies

Gedurende die tyd van Calvyn en ander reformatore is sang

beskou as ’n uitstekende manier om God te aanbid; aangesien

sang emosies uitdruk, mense verenig en met een stem tot die hemel prys.

Vandag het sang egter ’n ritueel geword – ’n dooie formalisme. Sommige

liedere in die liedboek van baie kerke van die voormalige Middellandse

Sinode het ’n mooi melodie, maar terselftertyd ’n onbybelse boodskap.

Wit kerke sing aan die ander kant psalms wat mediterend en reflektief

van aard is. Deur sang druk die aanbidder sy toewyding tot God uit of sy

innerlike refleksie oor God.

Uniforms

Die vrese dat baie kerke binne die voormalige Middellandse

Sinode besig is om in sinkretisme te verval, word bevestig deur

die feit dat die dra van uniforms deel van die liturgie geword het. Eredienste

word op ’n stadium onderbreek sodat aandag gegee kan word aan die

nuwe lede van die vroueliga. Hierdie

item in die liturgie onderbreek die

erediens. Dit maak dit moeilik om

God en mekaar te dien (1 Kor 12-

14). Ons moet toesien dat die uniform

nie verdeeldheid veroorsaak

nie. Susters wat nie uniforms het

nie, neem reeds nie aktief aan die

erediens deel nie omdat uniforms

’n statussimbool geword het. Dit lei

tot verskillende kategorieë (meerderwaardig

en minderwaardig) in die

kerk van Christus.

Dit is belangrik dat ons al die sake

wat ons verdeel, met begrip en liefde

aanspreek. Ons moet nie belangrike

waarhede kompromitteer ten

einde ’n valse beeld van eenheid te

skep nie. In liefde en begrip – terwyl

ons soek en onsself onderwerp aan

die wysheid, genade en leiding van

die Heilige Gees – sal ons in staat

wees om ons verskille te oorkom.

Dit is nie ’n opsie nie, maar ’n opdrag

van ons Here dat ons ten spyte van

ons verskille mekaar moet liefhê.

Jesus sê: “Almal sal weet dat julle

my dissipels is, as julle mekaar liefhet

(Joh 13:35).

In Johannes 17:20-24 vind ons Jesus

se gebed vir die kerk. Die eenheid

waarvoor Jesus gebid het, was

nie ’n organisatoriese eenheid nie,

maar ’n geestelike eenheid gebaseer

op ons geloof in en gehoorsaamheid

aan Jesus Christus deur

’n kennis en ervaring van die liefde

van God die Vader, die genade van

sy Seun Jesus Christus en die gemeenskap

van sy Heilige Gees.

Dwarsdeur die Nuwe Testament

32 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
vind ons dat die eenheid van die kerke

bestaan het uit ’n eenheid in die

Gees. Hoewel hulle nie regeer is

deur ’n sentrale hiërargie of ’n kerklike

orde nie, het daar ’n pragtige

harmonie en begrip tussen hulle bestaan.

Daar was aanvanklik verskille

tussen die heidense kerke en die

Joodse bekeerlinge met betrekking

tot die besnydenis en ander kulturele

verskille. Aangesien die weergebore

gelowiges egter deur die een

Gees gelei is, het die Heilige Gees

die apostels gehelp om hulle verskille

en dispute op ’n broederlike wyse

op te los (Hand 15).

Die gedeeltes wat ek reeds aangehaal

het, maak dit duidelik dat die

Skrif ’n pragtige eenheid in die kerk

vereis, maar die vraag is: Watter

soort eenheid is dit? Wat is die aard

van die eenheid? As ons die aard

van die eenheid waarvoor Christus

gebid het verstaan, sal ons die wese

van die kerk beter verstaan. Kom

ons kyk nou in meer detail na die

geestelike eenheid in die kerk.

Eenheid in die deel word

van ’n liggaam

Eerstens moet ons die

Godgegewe eenheid van die liggaam

van Christus as een mensheid

probeer verstaan. Die Nuwe

Testament verstaan eenheid as ’n

natuurlike en basiese bestanddeel

van ons lewe in Christus (Ef 2:14;

Gal 3:28). Hierdie eenheid vind deur

die genade van God plaas wanneer

iemand deel word van die liggaam

van Christus. Enigeen wat werklik

’n ledemaat van die liggaam van

Christus word, ontvang hierdie eenheid.

Dieselfde is waar vir die kerk van

vandag. Elke persoon moet dink

aan wat hy is in Christus. Christus

is die Redder en Here van alle Christene.

In hierdie eenheid in God word

alle nasionale, rasse-, sosiale en familieverskille

verwyder. Soos wat

alle menslike verskille en grense in

Christus afgebreek word, ontstaan

’n nuwe gemeenskap van mense

- diskussie -

wat geskep is deur God se wonderlike genade. In Christus se liggaam

word die onderskeidings van Jood en Griek, slaaf of vrymens, manlik of

vroulik nie meer raakgesien nie. Al wat die Christen sien, is dat “almal een

is in Christus Jesus” (Gal 3:28). Die kerk moet dink en optree ooreenkomstig

hierdie waarheid. Geen status, grense, verdelings en lidmaatskap

van ’n stam is van belang in die liggaam van Christus nie. Al die lede het

een in Christus en met mekaar geword.

Eenheid in onderrig

Tweedens maak Jesus dit duidelik dat skeiding van die wêreld

en ’n heiliging van ons lewensstyl deur die ontvangs van en geloof

in die Woord noodsaaklik is vir die eenheid waarvoor Christus bid. In Handelinge

2 lees ons dat elke persoon op die dag waarop die kerk gevestig

is, homself onderwerp het aan die Woord van God wat deur geïnspireerde

persone verkondig is. Hierdie onderwerping het gelei tot ’n eenheid wat

gebaseer was op ’n gemeenskaplike geloof in God se onderrig: “Hulle het

hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge

verbondenheid ... Al die gelowiges was eengesind en het alles met mekaar

gedeel (Hand 2:42-44). Paulus skryf aan sy broeders in die gemeente van

Filippi: “Laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom

het” (Fil 3:16).

Dit impliseer dat die Heilige Gees die derde Persoon in die Drie-eenheid

is wat vir ons die openbaring van die Skrif gee. Die een hoop is die ewige

hoop wat deur die evangelie in die hart van elke gelowige geplaas word

(Kol 1:23). Die een geloof is die vertroue in Christus en sy Woord wat kom

van die getuienis van die Woord (Rom 10:17). Die een doop is die doop

wat Christus met die Groot Opdrag gegee het en wat sal geld tot aan die

einde van die tye (Matt 28:19-20). Die een God is die ewige God wat die

aarde geskep het en onderhou, die enigste ware en lewende God.

Die essensie van die Christelike eenheid rus in die belydenis dat daar net

een God is. Dit is die belydenis en aanvaarding van die waarheid dat die

verlossende werk van die Here Jesus genoegsaam en voldoende is. Alleenlik

deur Christus kan die gelowige tot God nader (Heb 7:25; 9:15).

Eenheid in ons daaglikse lewe

Derdens kan eenheid gesien word in die daaglikse lewe van die

liggaam van Christus. Die eenheid wat die Heilige Gees gee

wanneer iemand deel word van die liggaam van Christus, word nie alleen

bewaar deur ’n gehoorsaamheid aan die onderrig van die Skrif nie, maar

ook deur ’n praktiese en gemeenskaplike saamleef in eenheid met Christus.

Paulus het die gelowiges in Filippi aangemoedig om in liefde en harmonie

saam te leef (Fil 2:2). Hy gee byvoorbeeld die opdrag: “Ek vermaan

vir Euodia en vermaan vir Sintige om eensgesind te wees in die Here.”

Hierdie verse veronderstel uiteraard dat elke ledemaat van die liggaam

van Christus ooreenkomstig die leer van die Skrif sal lewe. Ten einde die

eenheid van die kerk te bewaar, moet Christene hulle eie opinies en wense

op die agtergrond skuif. Die kerk kan nooit van ’n gelowige verwag om

enigiets te doen wat teen sy gewete indruis nie. Paulus stel dit soos volg:

“Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om

niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot ’n val kan bring nie”

(Rom 14:13).

Na bl. 33

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 33
Dr. Jacoba van Rooy (Potchefstroom)

Perspektiewe op Calvyn

en die kerklied

In die verlede is dikwels oor Calvyn en die kerklied

geskryf. Om te voorkom dat oorbekende feite herhaal

word, gaan in hierdie artikel gepoog word om ’n paar

interessante perspektiewe uit te lig. Ter wille van agtergrond

word die standpunte oor die kerklied van drie

bekende kerkhervormers – Luther, Calvyn en Zwingli

– kortliks geskets.

• LUTHER was nie tevrede om die psalms as sodanig

bloot te berym nie. Hy het dit ook Christologies verklaar.

Naas die psalms het hy Bybelliedere geskryf

wat Skrifgetrou was, maar waar hy op ’n vryer wyse

met die Skrif omgegaan en dit geherinterpreteer het.

Daarbenewens was hy ’n begaafde komponis wat

self melodieë vir sy tekste kon skryf, van bestaande

melodieë gebruik kon maak, of dit kon aanpas. Musikale

begeleiding was vir Luther van wesenlike belang.

• CALVYN het toegesien dat die volledige boek van

die Psalms berym word. Hy was van mening dat

die berymings so na as moontlik aan die Skrif moes

wees. Hy het egter geen musiekinstrumente in die

kerk toegelaat nie, sodat die gemeente onbegeleid

gesing het.

• ZWINGLI het geen sang of ander musiek in die

kerk toegelaat nie. Hy was ’n begaafde instrumentalis

en was van mening dat gemeentesang se

gehalte van so ’n aard sou wees dat dit nie tot God

se eer sou strek nie. Hy het wel mans- en vrouestemme

afwisselend gebruik om psalms voor te

lees.

Dit is merkwaardig dat drie kerkhervormers vanuit dieselfde

Bybel tot sulke uiteenlopende gevolgtrekkings

oor gemeentesang geraak het.

Calvyn se standpunt het gegroei

Garside toon in 1979 oortuigend aan dat Calvyn aanvanklik

nie so positief was oor die sing van liedere, selfs

psalms, tydens die erediens nie. In sy Institusie van

1536 is hy nog baie terughoudend hieroor. Hy verbind

sang aan die gebed, soos hy ook later doen, maar dan

veral aan die persoonlike gebed, buite die erediens.

Hy verwys na sang tydens die bediening van die Nagmaal,

maar gaan nie op die detail in nie.

In sy Artikels van 1537 is hy egter positief oor die gebruik

van psalms tydens die erediens. Hierdie beklemtoning

van die belangrike rol wat psalmsang in die erediens

kan speel, kan veral aan die invloed van Bucer toegeskryf

word. Tydens Calvyn se verblyf in Straatsburg kom

hy in aanraking met die gemeentesang van die Duitstalige

gemeente waarvan Bucer die predikant was. Calvyn

was só aangegryp deur die sang dat hy dit by die Franssprekende

gemeente ingevoer het.

Aanvanklik het Calvyn self probeer om berymings van

psalms te maak en, met die nodige toestemming, van

die Duitse melodieë (onder andere die melodie van

Psalm 1 wat deur komponis Greiter of Dachstein – dit

is onseker – geskryf is). Nadat Calvyn se vriend Farel

in Switserland die werk beskou het, en dit nie goed

gevind het nie, het hy besef dat hierdie die werk van ’n

bekwame digter is.

Die digwerk is aanvanklik deur Marot en later deur Beza

(soms ook De Bèze genoem) gedoen. Die melodieë

van die berymings wat in Genève ontstaan het, is gekomponeer

deur Louis Bourgeois, Guillaume Franc en

“Maitre Pierre” (wat eintlik Pierre Davantes was). ’n Kenmerk

van die Geneefse psalms is die groot aantal melodieë

wat gebruik is, naamlik 125 vir die 150 psalms.

Die rede hiervoor is dat die berymings ’n veelheid van

strofevorming vertoon. So kry elke psalm ’n eie identiteit.

Onderlinge verskille vereis telkens ’n nuwe of eie melodie.

Garside gee ’n vertaling van Calvyn se brief aan die

leser by die Psalmboek van 1543, waaruit Calvyn se

siening oor die plek van die psalms in die erediens die

duidelikste uitgespel word.

Kinders word by die erediens betrek

Calvyn het kinders aktief laat deelneem aan die erediens

deur toe te sien dat psalms wat tydens eredienste

gesing is, vooraf deur die kinders in die skool en gedu-

34 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
ende kategese-onderrig aangeleer word. Hulle moes

dan tydens die erediens voorsing – eers is die gekose

psalm deurgesing sodat die gemeente dit kan hoor;

daarna het die gemeente geleidelik begin saamsing.

Die bekende Geneefse komponis, Guillaume Franc, is

in 1542 aangestel as kantor (koorleier) by die skool

met die spesifieke opdrag om die psalms vir die kinders

aan te leer. Psalms, die Lofsang van Simeon en die

Tien Gebooie is volgens ’n bepaalde rooster gesing en

sistematies deurgewerk. Daar was elke Woensdag,

Sondagoggend en –middag eredienste. Dit het die gemeente

25 weke geneem om deur al die liedere te kom.

Ongeveer 30 strofes is per week gesing.

Kommunikasie deur die lied

Vir die behoorlike benutting van die psalms in die erediens

het Calvyn drie vereistes gestel: Eerstens moes

die psalms van harte gesing word, tweedens moes dit

met insig gesing word, en derdens het hy die belang

van die geheue beklemtoon. Op hierdie wyse word die

inhoud van die lied in die geheue ingeprent. Hierdeur

word die saak van kommunikasie deur die kerklied baie

sterk beklemtoon.

Die psalms het ’n besondere rol vervul om in die liturgie

die gemeente in die geloof op te bou. Om hierdie rede

het Calvyn dit baie sterk beklemtoon dat die melodie

diensbaar aan die Woord moet wees.

Calvyn het ook die standpunt gehuldig dat wanneer ’n

melodie aan ’n teks toegevoeg is, die werking van die

teks groter is as wanneer dit alleen gespreek word.

Daarom stel hy ook die eis dat die hele gemeente

psalms moet kan sing op melodieë wat singbaar moes

wees.

Van bl. 31 - Noodsaak vir ware eenheid ...

Hierdie praktiese eenheid in Christus

ontwikkel wanneer elke ledemaat

van die liggaam van Christus

op ’n versigtige wyse met liefde en

deernis aan sy broer en suster dink.

Die Christen eis nie sy eie wense

op of dwing sy opinies op ander af

nie. Hy mag nooit iets doen vanuit

selfsugtige of ydele beweegredes

nie, maar hy handel altyd in nederigheid

op ’n manier waarin hy ander

belangriker as homself ag (Fil 2:3).

Hy dien nie voortdurend sy eie belange

nie; maar dien die belange

van ander (Fil 2:4). Wanneer die

Christen so leef, straal hy die gees van Christus uit (Fil 2:5-8).

- aktueel -

Slotgedagtes

Calvyn het ’n besondere invloed gehad op die ontwikkeling

van die kerklied in die reformatoriese tradisie.

Weliswaar beskik hy nie oor digterlike gawes nie, maar

hy het dit na ’n paar pogings self ingesien en nie weer

sy hand daaraan gewaag nie. Sy betekenis lê egter

daarin dat hy, net soos Luther, aan gemeentesang ’n

regmatige plek in die liturgie laat kry het, en bowendien

het hy die volledige Psalmboek laat berym en toonset

en dit as die kerk se liedboek nagelaat. Daarbenewens

het hy hom beywer vir ’n beryming wat so na as moontlik

by die oorspronklike teks in die Skrif aansluit. In hierdie

opsig het hy ’n ander weg as Luther aangewys.

Calvyn se standpunt oor die wyse waarop die lied in

die kerk gesing moet word – met insig, uit die hart, om

so die onthou van die inhoud te bevorder – bly ’n belangrike

uitgangspunt by die beoordeling van die kerklied

vandag. DK

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat “organisatoriese eenheid” nie ’n

Bybelse opdrag is nie, maar dat die Bybel belangrike beginsels bied sodat

ons die waarheid van geestelike eenheid sal volg en aanleer. Eenheid is

inderdaad een van die belangrikste werkinge van die Heilige Gees. Dit is

’n gawe van die Heilige Gees wat Hy uitdeel aan almal wat in die Here

Jesus Christus glo. Hierdie eenheid kan alleen onderhou word nie deur

menslike pogings of menslike organisering nie, maar deur ’n lewe te leef

wat die vrug van die Gees uitstraal. Die uitstaande kenmerk van so ’n

lewe is onselfsugtige en opofferende liefde – “agape”. Geestelike eenheid

word bewaar wanneer ons lojaal is aan die waarheid en in die lig wandel

onder die beheer en leiding van die Heilige Gees (Ef 4:3-13). Enige poging

om ’n kunsmatige eenheid te skep deur vergaderings, konferensies en

komplekse organisering kan lei tot ’n verloëning van die eenheid waarvoor

Jesus juis gebid het. DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 35
Dr. Neels Smit (Noordbrug)

Sinodebesluit oor die

Descensus

• Saamgevat uit die rapport wat voor die Sinode gedien het •

Descensus” dui op neerdaling, verwysend na die

woorde van die Apostoliese Geloofsbelydenis

en die Geloofsbelydenis van Atanasius waarin

ons bely: “... en neergedaal het na die hel.”

Daar was lankal ’n ongemaklikheid met die formulering

van dié artikel. Christus het tog nie ná sy dood neergedaal

na die hel nie. Hyself het voor sy dood gesê: “Vader,

in u hande gee Ek my gees oor” (Luk 23:46). Dit is

duidelik dat die bedoeling van die artikel was om die

helse lyding van Jesus saam te vat. Alles wat met Hom

gebeur het, van sy verhoor tot die einde van sy kruisiging,

wás inderwaarheid ’n neerdaling na die hel. Maar

soos dit in die Apostolicum en die Atanasium verwoord

is, gee dit aanleiding tot misverstand.

Reeds op die Sinode van 1964 dien ’n beswaarskrif

oor die bewoording van hierdie artikel. Hierdie Sinode

het erken dat die woorde maklik misverstaan kan word,

maar wys die beswaarskrif af. Op Sinode 1997 dien

weer ’n beswaarskrif teen bogenoemde besluit en wel

op die volgende twee gronde:

• Sinode 1964 erken dat die woorde “en neergedaal

het na die hel” maklik misverstaan kan word, maar

los die probleem nie bevredigend op nie.

• Die misverstand wat by baie lidmate bestaan oor

die woorde “en neergedaal het na die hel” is skriftuurlik

en dogmaties onhoudbaar en moet daarom

voorkom word.

Dié Sinode handhaaf die beswaar en wys deputate aan

om die saak behoorlik te ondersoek en met ’n geskikte

aanbeveling terug te rapporteer. Die saak bly in behandeling

totdat die Sinode van 2003 dié konsepbewoording

aanvaar in die plek van die tradisionele formulering:

“... wat die angste van die hel tot in die dood toe ondergaan

het.”

Ook Sinode 2006 handel die aangeleentheid nie af nie,

en besluit dat daar nogeens insette en adviese van kerkgemeenskappe

in ekumeniese verband verkry moet

word. Op Sinode 2009 is besluit dat die konsepbewoording

herroep word en dat, ná oorleg met kerkgemeenskappe

wêreldwyd in ekumeniese verband, die volgende

vertaling van die oorspronklike bewoording goedgekeur

word: “Hy het die lyding van die hel ondergaan.”

Hierby word die tradisionele formulering as ’n voetnoot

behou.

Dogma-historiese agtergrond

Die vroeë kerk

• Die woorde “descendit in inferna” kom vir die eerste

keer voor in die Acta van die Ekumeniese Sinode

van Sirmium (359) en die Konsilie van Nicea in Thracië

(359).

• Ongeveer 30 jaar later, in 390, het Rufinus, ’n priester

van Aquilea, dit opgeneem in sy Exposito Symboli

Apostolici. In sy kommentaar op hierdie artikel sê

Rufinus uitdruklik dat hierdie frase nie in enige belydenis

van die Rooms-Katolieke Kerk of die kerk in

die Ooste voorkom nie. Hy meld egter nie waarom

hy dit nodig vind om dit hier en op hierdie tydstip in

te voeg nie.

• Wat Rufinus se bedoeling hiermee was, is egter van

belang. ’n Aanduiding in hierdie rigting is die feit dat

hy die artikel “sepultus” (begrawe is) uitlaat en met

“descendit in inferna” vervang. Hy doen dit blykbaar

dan nie om ’n nuwe dogma in te bring nie, maar om

die bestaande te verduidelik. “Sepultus” en “ascendit

Die tradisionele bewoording vn “... en neergedaal het na die hel” is op die Nasionale Sinode 2009

hervertaal na ’n afsonderlike sin: “Hy het die lyding van die hel ondergaan.” In hierdie eerste van twee

bydraes gee dr. Neels Smit die agtergrond van dié hervertaling, en in die volgende bydrae (in die

Maartuitgawe) word aandag geskenk aan die hantering van die probleem deur verskillende Gereformeerde

Kerke, Skrifgegewens oor hierdie saak, gevolgtrekkings en motivering vir die nuwe bewoording.

36 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
in inferna” word klaarblyklik as sinonieme beskou.

• Die werklikheid van Christus se dood word met

hierdie frase beklemtoon en sluit eenvoudig aan by

die eeue-oue idee wat by die Jode en Christene geheers

het oor die toestand van die gees na die dood.

• Die vroeë kerk het die neerdaal van Christus eenvoudig

verstaan as deel van die verlossingsplan van

God en as oorgang van die staat van vernedering

na die staat van verheerliking van Christus.

• Waarom Rufinus dit egter nodig gevind het om hierdie

frase op daardie stadium in te voeg, mag daarop

dui dat daar reeds iewers in die kerk van daardie

tyd ’n dogmatiese verskuiwing begin plaasvind het

wat so ’n invoeging vereis het.

Middeleeuse wending

• Hierdie sluimerende dogmatiese wending in die verstaan

van die frase kom in die patristiese tyd en

Middeleeue al hoe meer na die oppervlak.

• Teen die jaar 750 is die teks van die Apostolicum

finaal vasgestel en die frase “descendit in inferna”

het finaal sy plek naas “sepultum” gekry.

• Veral onder die invloed van die kerkvaders Origenes

en Clemens Aleksandrinus is ’n meer uitgebreide

prentjie geskilder oor wat Christus gedurende die

drie dae tussen sy dood en opstanding sou gedoen

het. Dit het gepaard gegaan met ’n tendens om skerper

te onderskei tussen sheol/hades (die doderyk

of tydelike verblyfplek van alle gestorwenes – regverdiges

en goddeloses) en hemel en gehenna (die

hel of plek van ewige verdoemenis).

• Dit het uiteindelik daartoe gelei dat die geloof dat

Christus gesterf en Hom daarom in die verblyfplek

van die dooies bevind het, vervang is met die geloof

dat Christus die hel (die plek van ewige verdoemenis)

besoek het en daar in ’n oorlog die oorwinning

behaal het oor Satan en die dood. Dit word in kleurryke

taal in verskeie apokriewe boeke beskryf, soos

onder andere in die Evangelie van Nikodemus (hfst.

13-21).

• Daar was dus ’n groeiende tendens om die “neerdaal”

onafhanklik te beskou van die sentrale leer

van die dood en opstanding van Christus, en “sheol/

doderyk” te vervang met “gehenna/hel”.

Reformatoriese herinterpretasie

• In die tyd van die Reformasie het talle leerstellige

skermutselings rondom die interpretasie van hierdie

- aktueel -

In die tyd van die Reformasie het talle leerstellig skermutselings rondom die

interpretasie van hierdie artikel voorgekom. Tussen 1580 en 1720 was daar

nie minder nie as 34 Lutherse, 16 Gereformeerde en vier Rooms-Katolieke

spesiale ondersoeke hieroor!

artikel voorgekom. Tussen 1580 en 1720 was daar

nie minder nie as 34 Lutherse, 16 Gereformeerde

en vier Rooms-Katolieke spesiale ondersoeke hieroor.

• Bucer interpreteer byvoorbeeld in 1536 hierdie artikel

histories en beskou dat Christus “begrawe is”

as sinoniem met die neerdaling. Die meeste reformatore

het egter die frase “descendit in inferna” nie

simbool-histories nie, maar dogmaties geïnterpreteer.

• Luther betrek die neerdaling op Jesus se lyding in

Getsemane en Golgota; Calvyn neem dit van hom

oor. In sy Institusie (2.16.8) handel Calvyn uitvoerig

daaroor. Hy erken dat hierdie artikel eers later ingevoeg

is, dat sommige kerkvaders elkeen sy eie vertolking

daaraan gegee het, en dat ander (soos Augustinus)

dit heeltemal weggelaat het, maar beskou

die historiese aspekte van die ontstaan en interpretasie

daarvan van geen belang nie.

• Calvyn verkies steeds “hel” as vertaling van “inferna”

en verklaar hierdie artikel as Christus se hellesmart

aan die kruis. Immers (redeneer hy), niks sou volbring

gewees het nie as Christus slegs die liggaamlike

dood gesterf het. Hy moes ook die strengheid

van die Goddelike wraak voel, en daarom as ’t ware

ook met die leërskare van die hel en die verskrikking

van die ewige dood handgemeen raak. In die neerdaal

het Christus hierdie dood gedra. Nie alleen is

sy liggaam oorgelewer tot ’n prys vir ons verlossing

nie, maar ook in sy siel het Hy die vreeslike kwellinge

van ’n verlore mens gedra. Hy was nie net gewikkel

in die dood nie, maar ook in die smarte wat voortkom

uit die vloek en die toorn van God, en as die vreeslike

dieptepunt noem Calvyn die verlating aan die kruis.

Hierdie verklaring het sy neerslag in die Heidelbergse

Kategismus (16:44) gevind.

• Calvyn wou met hierdie verklaring die artikel as ’t

ware ontmitologiseer, maar het daarmee van die

oorspronklike bedoeling van hierdie uitdrukking afgewyk.

In die gees van die Reformasie wou hy nie

torring aan ’n belydenis wat vir eeue vasstaan nie.

• Die Lutherse Kerk bely (grootliks in teenstelling met

Luther se eie siening) in die Formula Concordiae

van 1577 (art. 9) dat Christus na sy hele persoon,

as God en mens, in die hel afgedaal het om die

mag van Satan te verbreek.

Na bl. 38

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 37
Dr. AH (André) Grové (Klerksdorp-Noord)

Die selfbekendstelling van Christus aan die gemeente in ... FILADELFIA

Christus is die Heilige

Die titel Heilige stel die Godheid van Christus

In 4:8 word Christus voorgestel as Heilige met ’n

aanhaling uit Jesaja 6:2 – “Heilig, heilig, heilig is die

Here God, die Almagtige.” Dat Hy die Heilige is, spel

uit dat Hy God is.

• In sy Goddelike alwetendheid weet Hy alles van die

gemeente (3:8a).

• Die oopsluit- en toesluitaktiwiteit spreek van sy

Godheid (3:8c). Lees hiermee saam Jesaja 22:22

– “Aan hom sal Ek die sleutels van die koning se

huis gee; wat hy oopsluit, sal niemand toesluit nie,

wat hy toesluit, sal niemand oopsluit nie.” Ook Matteus

16:19 vertel van Jesus se Godheid: “Ek sal

aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel

gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel

toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in

die hemel oopgesluit bly.”

• As God is Hy in staat om sy kerk se vyande die

onderspit te laat delf (3:9).

• Hy kom weer (3:10). Hy het die eindgebeure van

die geskiedenis in sy hand (3:12).

Ook in die Ou Testament word die benaming Heilige

vir God gebruik (Job 6:10; Jes 40:25; Eseg 39:7); Hos

11:9; Hab 3:3).

As Heilige staan Christus teenoor die vyande van sy

kerk

Die gemeente in Filadelfia het vyandigheid ondervind

van sekere Jode wat lede van die sinagoge van die

Satan was (3:9). In sekere buite-Bybelse geskrifte word

melding gemaak van Christene in Filadelfia wat onder

die Jode gely het. Maar Christus beskik dit só dat lede

van die sinagoge van die Satan voor die kerk sal neerkniel.

Hy sal sy kerk se vyande ’n (godsdienstige) neerlaag

laat ly.

Verskillende navorsers meen dat hierdie vyande van

die kerk voor Christus sal buig – met ander woorde

Grotendeels as gevolg van die baie aardbewings in die gebied, is

al wat van die antieke Filadelfia te sien is, hierdie kolomme van

die Kerk van Johannes uit die Bisantynse tyd. Let op hoe die

boonste booggedeelte met klein steentjies gebou is. Vandag is

Turkye ’n Islamitiese land, vandaar die baie moskees.

(Bron: Internet – sacred-destinations.com)

hierdie Jode sal tot bekering kom. As Heilige werk Christus

deur sy genade en almag en soewereiniteit in hulle

harte (vgl. Fil 2:13).

As Heilige stel Christus die werk van die Satan aan die

kaak, en ontmasker Hy die Jode in Filadelfia as lede

van die sinagoge van die Satan (3:8).

As Heilige red Christus

As Heilige red Christus nie alleen mense uit die geledere

van die Jode nie, maar Hy is ook die Verlosser van sy

kerk. Die gemeente in Filadelfia gaan gebuk onder beproewing,

maar Christus hou hulle vas en maak hulle

deelgenote van sy ewige redding (3:10-12).

Dat Christus Homself hier as Redder bekendmaak,

kom ooreen met hoe God Hom as Heilige ook op ander

plekke in die Bybel openbaar: In Habakuk 3:3 en 13

word die Here, die Heilige, voorgestel as dié Een wat

tot redding voor sy volk uittrek. Net so word God in

Hosea 11:9 en Christus in Handelinge 3:14 as Verlosser

beskryf.

Christus as Heilige plaas Hom in sy werksaamheid

binne die konteks van die eindtyd

In 3:7 word Christus as Heilige bekendgestel binne die

raamwerk van die eindgebeure. Christus kom weer en

as Heilige is Hy werksaam binne die kader van die nuwe

Jerusalem. In 3:12 verseker Jesus sy kerk: “Ek sal op

hom die Naam van my God skrywe en die naam van

die stad van my God, die nuwe Jerusalem, wat van my

God af uit die hemel uit afkom.”

38 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
Ook in Habakuk 3:3 en Esegiël 39:8,

12 en 22 word die Here as Heilige

binne konteks van die gebeure van

die einde voorgestel.

Christus as Heilige is werksaam as

Skepper en Herskepper

As Heilige kom Christus weer en is

Hy werksaam in die nuwe, herskepte

Jerusalem (3:11-12). Volgens Jesaja

40:25-26 maak die Here Hom

as Heilige bekend, as Skepper: “Met

wie kan julle My dan vergelyk, wie

is soos Ek? vra die Heilige. Kyk op

na die hemel: wie het die sterre geskep?

Hy wat die hemelse leër laat

uittrek in hulle volle getal, dit is Hy

wat hulle elkeen gemaak het.” As

Heilige is die Here God, en Hy is

anders as en verhewe bo die mens

(Hos 11:9) en alle skepsele (Jes

40:25).

Heilige in kombinasie met “verloën”

gebruik

Verskeie kere word die mens se aktiwiteit

om te verloën en die Heilige

as benaming vir God/Christus saam

gebruik. In Job 6:10 sê Job dat hy

die woorde van die Heilige nie verloën

nie, terwyl die gemeente Christus

as die Heilige nie verloën nie

(3:8). Volgens Handelinge 3:13-14

het die Jode Christus as die Heilige

voor Pontius Pilatus verloën.

Dit wil voorkom of die kombinasie

(om God/Christus te verloën, en die

benaming vir God/Christus as die

Heilige) ’n appèl op die gelowige

maak dat hy Hom nie mag verloën

nie. DK

Sinagoge van die

Satan

- Skrifstudie -

Onder sinagoge moet verstaan word: (1) vergaderplek, of (2) vergadering van mense

om byvoorbeeld hulle godsdiens te beoefen. Die sinagoge as vergadering hoort nie

tot die instellings van die Ou Testament nie. Wanneer Johannes die woord in

Openbaring 2 en 3 gebruik, het dit die betekenis van ’n gemeenskap van mense op ’n

bepaalde plek – soos byvoorbeeld in Smirna en Filadelfia.

Die rede waarom die sinagoge vir die Jode ontstaan het, is waarskynlik dat toe

hulle in ballingskap in Babel was (ver van die tempel in Jerusalem), hulle die behoefte

gehad het om saam te kom om te aanbid en uit die Skrif onderrig te word. Die sinagoge

as vergaderplek het logieserwys tot stand gekom as gevolg van die aktiwiteit van die

sinagoge as godsdienstige vergadering. Ná die ballingskap het byna elke dorp/stad

waar die Jode was – spesifiek in Klein-Asië (vandag Turkye) – sy eie sinagoge gehad.

In Sardis is oorblyfsels van so ’n sinagoge nog te sien (sien Die Kerkblad oor Sardis).

Die uitdrukking “sinagoge van die Satan” kom slegs twee keer in die Bybel voor

– 2:9 en 3:9. In Smirna (2:9) het die gemeente te kampe gehad met mense wat kwaad

gestook het in die kerk. Hierdie aanstigting se primêre bron was die Satan. Die

Christene – wat tot ’n nie-gewettigde godsdiens behoort het – is dikwels vals belaster

en het soms tereggestaan as hulle Christus nie verloën nie. Uit verskillende plekke in

Openbaring (13:1, 5, 6; 16:11, 21; 17:3) blyk dit dat lastering van die kant van die

Satan kom, en dat dit in die eerste plek teen Christus gerig is. Die Jode het die kerk

belaster en was instrumente in die hand van die Satan.

In die boodskap aan Filadelfia word die Jode beskryf as lede van die sinagoge

van die Satan. Hierdie Jode tree vals op, en leef en funksioneer met die leuen as basis.

In Johannes 8:44 het Christus die Jode ontmasker met die woorde: “Julle is kinders

van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet

doen ... En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid

in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ’n leuenaar

en die vader van die leuen.” In Filadelfia doen die Jode hulle voor as die ware volk

van God, terwyl hulle die Satan as hulle vader het. Hierteenoor is die kerk in die

Nuwe-Testamentiese bedeling die ware volk van God.

Jode in Smirna en Filadelfia het nie (meer) in diens van God gestaan nie, maar in

diens van die Satan. Hulle het Christus as Messias verwerp en daarom is hulle nie

meer sinagoge van die Here nie.

Dit is tipies van die Satan om mense en magte as sy instrumente te gebruik (vgl.

Joh 8:44 – Jode; 13:2 – Judas; Openb 2:9, 3:9 – Jode; 13:4 – dier uit die see). Die

Satan is voortdurend op verskeie maniere aan die werk in die kerk van Christus (1 Pet

5:8). Ons moet gedurig daarop bedag wees en hom teenstaan (Jak 4:7).

Aan die gemeente waar Satan prominent besig is, is Christus as die Heilige teenoor die bose en ten voordele van

sy kerk aan die werk.

• Met die titel die Heilige maak Christus Homself as God aan die gemeente bekend. Hý is God wat regeer, en

nié Satan nie.

• As die Heilige staan Hy teenoor die vyande van sy kerk, maar tegelyk red Hy sy kinders – ook uit die geledere

van die Jode.

• As die Heilige is Christus in die eindgebeure werksaam.

• As die Heilige is Christus Skepper en Herskepper.

• Die gelowige mag Christus as die Heilige nie verloën nie, en ook nié toegee aan die bose se verleiding nie.

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 39
Van bl. 35 - Sinodebesluit oor die Descensus

• Die neerdaal na die hel word in die Konfessie en

Groot Kategismus van Westminster nog anders

opgevat: hierdie vernedering het nie voor nie, maar

ná sy dood plaasgevind. Hy is begrawe en verkeer

tot die derde dag in die staat van die dooies en in

die mag van die dood.

Enkele interpretasies van die 19de en 20ste eeu

• Bavinck wys die opvatting af dat Christus in die hel

die evangelie gepreek het aan almal wat dit hier op

aarde nie gehoor het nie. Hy ag ’n verklaring (dat dit

in die neerdaling gaan om die staat van die dood

waarin Christus verkeer het tussen sy sterwe en

opstanding om die straf te dra en ons daarvan te

verlos) die meeste in ooreenstemming met verwante

uitdrukkings in die Skrif, die waarskynlike oorsprong

en sin van die woorde en met die plek wat hierdie

woorde tussen die ander artikels het.

• J. Moltman is van mening dat daar iets waars is in

die interpretasie van die deurstaan van die helse

pyn en in dié van die triomf van Christus oor die hel.

• H. Berkhof ag die interpretasie van Christus se

solidariteit met ons, sy oorwinning oor die magte

van die dood as juis, maar wys dié van Godverlatenheid

af.

• Berkouwer ag die interpretasie van die neerdaling

as helse verlatenheid wellig as histories onseker,

maar nietemin in ooreenstemming met die Skrif.

• MH Bolkestein gaan ’n ander rigting op en sê dat

Christus se heerskappy nêrens op grense stuit nie.

Daar is geen domein op of onder hierdie aarde waar

Hy nie regeer nie. Selfs daar waar geen mens mag

kan uitoefen nie – in die doderyk – het Hy mag.

• In 1975 verdedig die Lutherse Kerk sy siening deur

te verklaar dat die dooies wat geen kans gehad het

om Jesus persoonlik te ontmoet of sy boodskap te

hoor nie, nog ’n geleentheid kry om Hom te ontmoet

en hulle te bekeer. 1 Petrus 3:18, en verder 4:6, is

vir hulle die loci classici vir hierdie siening. DK

40 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
Hennie Dekker (Brakpan-Suid)

Oupa Frans en

die Feesbybel

Die Feesbybel! GKSA 150. ’n Pragtige Bybel met houtomslag

en die goue feesmunt versink op die voorblad. ’n Aandenking

wat deur die geslagte sal voortleef en ons kinders daaraan

sal herinner dat dit die kerk is waarvoor die Here lief is.

van oraloor

Daar was die standaardgrootte Feesbybel in beide die Ou en Nuwe Vertalings. Dan was daar die Familiebybel,

ook in beide vertalings. Die Houtbybels in standaardweergawes is beskikbaar by die Bybelgenootskap van Suid-

Afrika. Die munt en die voorwoord is egter spesiaal met die hand ingeplaas;

een-vir-een.

Die idee van ’n Feesbybel het by my opgekom toe ek die pragtige munt

gesien het wat deur ds. Christie Roets laat maak is as ’n fondsinsamelingsprojek

vir die GKSA 150-fees. Ek het die idee voorgelê en die komitee

het dit goedgekeur. Min wetend het ek ’n geweldige projek onderneem! Ek

het toestemming van die Bybelgenootskap gekry om die Houtbybels aan

te pas en toe begin die beplanning! Hoe met die munt gemaak? Bo-op die

hout vasplak? Nee. ’n Gat deur die buiteblad boor en die munt op ’n manier

vasplak in die gat? Nee! Ons moes ’n manier kry om die gat net halfpad

deur te boor, die munt in te lê en dan vas te plak!

Oupa Frans (my pa) van 80 jaar hou van uitdagings, en ons het al wat ’n

tipe boor wat gate boor, bekyk en uiteindelik ’n tipe “uitkalwer”-boorpunt

van 50 mm gekry, maar dié was 2 mm te klein. Daar was geen manier om

die 52 mm-munt in die 50 mm-gat te kry nie, glo my, ons het probeer. Oupa

Frans het aangesweis, gevyl, ensovoorts ... maar dit was nie perfek nie.

Naderhand het ons twee

prosesse gevolg met twee tipes bore om die 52 mm te bewerk.

Dit was ’n stadige proses in Oupa Frans se werkskamer waar hy

elke Bybel ’n paar keer hanteer het en uiteindelik die munt in

posisie geplak het, die voorwoord ingeplak het, terug in die boks

en siedaar. Stadig, een-vir-een! Toe die wonderwerk! Otto Coetzer

van Brakpan-Suid (my gemeente) maak vir ons ’n kombinasieboor

in sy fabriek uit die twee bore wat ons gebruik het! Dus,

nou net een proses om die gat te boor, plak die munt in posisie,

plak die voorwoord in, terug in die boks en siedaar!

Tot en met die fees is nagenoeg 400 Bybels deur Oupa Frans se

hande. Een-vir-een, met moeite maar ... dag in dag uit, week na

week, ’n liefdestaak.

Dankie Oupa Frans, Pa, vir die meesterstukke wat orals in die

land pryk tot eer van die Here; vir ons kinders se kinders as

erfstukke om hulle te herinner dat ons in 2009 Klein voor die

Here was. DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 41
in dankbare herinnering ...

Petrus (Peet) Jacobus Steyn

• • 29 29 September September 1932 1932 – – 3 3 Desember

Desember

2008 2008 •

Petrus Jacobus Steyn is op 29 September 1932 op Gobabis in Suidwes-Afrika

gebore. Sy ouers het deel gehad het aan die Dorslandtrekke, en het ook ’n tyd in

Angola gebly. Hy het op Mooipoort (distrik Kamanjab) grootgeword as een van

ses kinders (vier susters en een jonger broer) en is vanaf agtjarige ouderdom kosskool

toe. Hy voltooi sy skoolloopbaan by Hoërskool Windhoek, waarna hy begin 1951 na die

PU vir CHO vertrek vir sy teologiese studies.

Peet begin sy teologiese studies in 1951 en voltooi dit suksesvol aan die einde van

1957. Op die PUK was hy aktief deel van die studentelewe en was onder andere lid van

Korps Veritas en kaptein van die PUK se jukskeispan. Gedurende sy studies ontmoet hy

vir Adri (dogter van dr. Wynand Jacobus van der Merwe) en hulle trou op 10 Januarie

1958. In 1958 word Peet in Pongola bevestig vanwaar hy lidmate (meestal boere) in

beide Noord-Natal en Swaziland bedien. Hy en Adri reis gereeld in die uitgebreide

gemeente om huisbesoek te doen. Hulle bedien hierdie wydverspreide gemeente vir vyf

jaar tot in 1962, toe hy na Wolmaransstad beroep word. Vanaf die subtropiese ooste

van die land vertrek hulle na die droë Wes-Transvaal. In Wolmaransstad bedien hulle die

gemeente (wat weer grootliks uit boere bestaan) vir ’n verdere vyf jaar en word hulle

oudste seun, Petrus, gebore. In 1967 volg hulle die roeping op na Westonaria, waar die

lidmate eerder met goud as mielies boer. In hierdie myngemeenskap en omgewing speel

die volgende 30 jaar van hulle bediening af. Hier word Wynand en Anna-Mart gebore,

en gaan al die kinders skool. Peet is nou betrokke in die gemeenskap en dien vir baie jare

in die beheerrade van die laer- en hoërskool. Hy is ook nou betrokke by die Transoranje

Instituut vir Buitengewone Onderwys. Peet is ook nou betrokke by die wyer kerklike lewe

en neem aktief aan verskeie klassisse, part. sinodes en sinodes deel. In die gemeente

word ’n kerkgebou opgerig en styg en daal die lidmaatgetalle ongeveer saam met die

goudprys.

In 1997 emeriteer hy in Westonaria en verhuis hy en Adri na die Wesrand waar hulle in

Witpoortjie aanmeld. Hier, waar hulle steeds in dieselfde klassis as die vorige 30 jaar

bly, bly hy betrokke met hulpdiens in Roodepoort en Krugersdorp. Hulle doen ook

hulpdiens in Windhoek vir drie maande. Hy help waar nodig met kerkraadadviese en

beroepe vir die verskeie gemeentes in die klassis. Hy raak betrokke by die eredienste in

Dobsonville, en bring gereeld Sondae deur waar hy eers in een van die plaaslike (waar

alles op tyd begin) gemeentes preek, en dan later in die oggend die erediens (saam met

’n bedrewe tolk) in die buurgemeente waarneem. Hierdie hulpdiens het hy steeds op ’n

kleiner skaal voortgesit tot in 2008.

Behalwe sy gemeentelike werk was daar baie dinge waarin Peet belang gestel het. Sy

grootwordjare op die plaas het gemaak dat hy altyd ’n boer gebly het, en op klein skaal

vir baie jare hieraan uiting gegee het. Om in Suidwes te gaan jag, was ook amper ’n

jaarlikse instelling, en hy kon biltong maak en vleis werk soos min ander. Sy kosmaaktalente

het ook baie wyer as vleisverwerking gestrek. Peet was nie net bedrewe met preke en

mense nie, maar kon ook deeglik met sy hande werk. Sy liefde vir houtwerk en metaalwerk

het gestalte gevind in ’n menigte gedraaide lampe, veiligheidsdeure, kaskarre en ander

konstruksies.

(Ingestuur deur sy seun, prof. Wynand JvdM Steyn, Pretoria)

Sy groot sportliefde was gholf. Dit was vir

hom altyd ’n groot vreugde om tyd op die

gholfbaan deur te bring saam met wie ook

al beskikbaar was. Menige kere het hy

staaltjies vertel van besondere groepe

gholfmaats saam met wie hy ’n oggend op

die gholfbaan deurgebring het, veral in die

senior groep gholfspelers na sy aftrede.

Gedurende 2007 word kanker by hom gediagnoseer.

Hy reageer baie goed op die

aanvanklike behandeling (sodanig dat sy gereelde

gholfmaats nie altyd kan glo dat hy

die vorige dag behandeling ontvang het

nie). Gedurende 2008 vererger die kanker

egter, en hy begin om sy gemeentelike werk

en gholf (beide onder protes) af te skaal.

Peet laat sy vrou Adri, seuns Petrus (met

skoondogter Molly en twee kleinkinders)

en Wynand (met skoondogter Anita en twee

kleinkinders) en dogter Anna-Mart na. Hy

het gereeld verwys na Psalm 125:2 –

“Soos die berge Jerusalem aan alle kante

beskerm, so beskerm die Here sy volk, nou

en vir altyd.” Dit is iets wat in die geografiese

uitleg van Windhoek (waar hy op hoërskool

was) vir hom uitgestaan het, en ook

in sy geloofs- en gesinslewe tot uiting gekom

het.

Hy het die verhouding tussen ’n predikant

en gemeente as soortgelyk aan ’n huwelik

beskou – God het hulle met sy hand bymekaar

gebring en hulle moet mekaar dra en

verdra. Vir hom was dit altyd ’n voorreg

en vreugde om sy geestelike huweliksmaat

asook sy aardse huweliksmaat en gesin op

die hande te dra en te dien. Daar was nooit

’n uur wat te laat was of ’n opoffering wat

te groot was nie. Sy voorbeeld vir die gemeente

en sy kinders is iets wat vas bly

staan, en ons glo dat sy plek gereed was

en dat hy saam met ’n groot hemelskare

kan beleef dat die Here ook in die nuwe

Jerusalem naby sy kinders is. DK

42 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
Ewige waarhede

Ds. Adri van Staden. 2009.

Ewige waarhede. Bybelstudie aan die hand van die

Nederlandse Geloofsbelydenis.

Uitgewer: Lig en Duisternis. Prys: R70,00.

Kontaknommer: 012 362 1390.

Resensent: Dr. Hennie van Wyk (Bloemhof/Christiana)

boekbespreking

Algemene opmerkings

Hierdie is een van die mees intensiewe Bybelstudieboeke wat ek nog onder hande gehad het oor die

Nederlandse Geloofsbelydenis.

Positiewe punte

In die Voorwoord maak die outeur die volgende stelling: Die Belydenisskrifte bly altyd ondergeskik aan die

Woord van God, maar vervul veral in gereformeerde kring die belangrike funksie om die suiwer gereformeerde

uitleg daarvan te verseker. Teen hierdie aagtergrond het die outeur elkeen van die 37 artikels in gedagteeenhede

opgedeel – hoewel elke sin nie noodwendig volledig bestudeer word nie. In hierdie gedagte-eenhede

word die volgende indeling gemaak:

• Bestudeer: Hier word Skrifgedeeltes gelys wat bestudeer moet word.

• Raadpleeg: Kruisverwysing na die Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis en Dordtse

Leerreëls (waar van toepassing).

• Opmerkings: Kort opmerkings oor die inhoud van die gedagte-eenheid.

• Bespreek: Hier word ’n stelling gemaak wat in ’n groep bespreek kan word.

Ander indrukke

Persoonlik dink ek nie dat ’n persoon of Bybelstudiegroep hierdie boek van voor tot agter sal deurwerk sonder

onderbrekings nie. Elkeen van die 113 studies kan ’n Bybelstudiegroep ’n uur besig hou, wat beteken dat die

boekie oor vier jaar deurgewerk sal word. Dit kan die entoesiasme demp, omdat dit dieselfde tema oor ’n baie

lang tydperk dek. Dit sou baie effektief afgewissel kan word met ander Bybelstudies.

’n Tweede sakie is dat daar dikwels in die Bestudeer ’n klompie tekste gelys word, sonder om werklik aan te dui

waarom die teks gegee word. Voorbeeld: By artikel 6 word Deuteronomium 4:2 en Openbaring 22:18 aangehaal

sonder om vir die leser te verduidelik dat sommige apokriewe ontstaan het omdat daar moontlik vermoed is dat

die Bybel onvolledig sou wees. Artikel 6 verwys nie na alle apokriewe nie, terwyl die leser moontlik aan ander

apokriewe kan dink as dié wat gelys is in Artikel 6.

Derdens: daar word ruimte gelaat na sommige artikels vir ’n gebedslys. Daar word voorsiening gemaak vir

Datum, Bede, Teksvers, Antwoord en weer Datum. Ek weet nie presies wat die doel van ’n blokkie is waar mens

nouliks twee woorde kan inskryf nie, en verder: Kan ’n mens werklik die antwoord op gebede vaspen aan

datums?

Aanbeveling

Ek wil graag hierdie boekie aanbeveel vir Bybelstudiegroepe wat ’n diepgaande studie wil maak oor die Skrifgrond

van die Nederlandse Geloofsbelydenis. Ek dink nie ’n beginnergroep sal die volle waarde van hierdie boek kan

ontdek nie. DK

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 43
iewe van ons lesers

Dankbaar dat ons klein kon word!

Ds. Ds. Ds. Pieter Pieter van van der der W WWalt

W alt (V (Voorsitter (V oorsitter F FFees

F ees 150-deputate)

150-deputate)

Met die feesvieringe van ons kerk se 150-jarige bestaan agter die rug, bedank ek

graag die redaksie van Die Kerkblad vir hulle besondere positiewe samewerking

met die Feesdeputate. Die name van prof. Amie van Wyk, die vorige redakteur, en mev.

Johanna Fourie verdien besondere vermelding. Baie dankie dat u altyd bereid was om na

ons te luister, vir u insette vanweë u meerdere kennis en vir die ruimte wat u telkens

voor, tydens en na die fees in u blad afgestaan het. Dit was treffend en ek het talle

lidmate hoor sê hoe jammer hulle is dat hulle nie die fees bygewoon het nie, veral nadat

hulle die berigte en die prominente foto’s van die feesverrigtinge in Die Kerkblad gesien

het. Die les is: moet nooit so ’n geleentheid ongebruik laat verbygaan nie. Baie dankie

aan almal wat dit bygewoon het!

Afgesien van die feesverrigtinge op Potchefstroom was daar ook ’n paar inspirerende

streekfeeste op verskillende plekke in Suid-Afrika aangebied. ’n Groot woord van dank

aan predikante en lidmate wat as feeskomitees uit hulle pad gegaan het en groot bydraes

gemaak het om dit so suksesvol te maak.

Bo alles dank ons die Here dat ons as

kerk en as lidmate kon klein word voor die

lewende God en sy groot genade. Laat ons

Hom elke dag dank vir die Gereformeerde

Kerke waarvan ons lidmate is, en vir die

groot rol wat hierdie kerk oor jare heen in

ons voorgeslagte se lewens gespeel het en

steeds in ons lewens speel deur Woorden

sakramentsbediening. Mag ook ons nageslagte

klein word voor God en sy almag

as lidmate van hierdie kerk, en mag die

Here sy kerk bewaar tot die einde toe.

En so is die Gereformeerde Kerke op

pad na 2059 wanneer sy DV haar 200ste

verjaardag sal vier. Wat ’n mooi geleentheid

gaan dit nie wees nie!

Verskille in Skrifbeskouing en gebruike: Hoe verder?

Dr Dr Dr. Dr Dr.

. HS HS HS van van van der der der W WWalt,

W Walt,

alt, Pretoria

Pretoria

By GKSA se Sinode 2009 het vele

beskrywingspunte, beswaarskrifte en

appèlle gedien. Veranderings aan prosedures

en voorskrifte om dit te beperk, gaan

nie werk nie. Hierdie aksies is ’n simptoom

van ’n onderliggende probleem, naamlik

heterogeniteit tussen gemeentes se doen

en late binne ’n rigiede “struktuur”. (Taal

en kultuurverskille daar gelaat.)

Gelowiges het in hulle geloofsverhouding

met die Here verskillende behoeftes

om hulle spiritualiteit uit te leef. Meermale

gaan dit eerder om die mens as die

Here se voorskrifte hoe Hy gedien wil wees

(2de Gebod, HK v/a 96). In die stede bestaan

verskeie gemeentes en in hulle doen

en late kom verskille voor. ’n Gelowige voeg

hom/haar nie noodwendig by die naaste

gemeente nie, maar by een wat sy/haar

godsdiensbelewing “bevredig”.

Om soortgelyke redes word eredienste

soms ook nog by gemeentes van ander

“groeperinge/denominasies” bygewoon.

Hierdie verskynsel is nie tot die GKSA beperk

nie, maar kom onder andere ook by

die NG Kerk voor. (Gelowiges in die platteland

wat beginselbesware teen sekere gebruike

het, ondervind gevolglik gewetensdwang

omdat alternatiewe nie geredelik beskikbaar

is nie.)

Ons bely een algemene Christelike

kerk (NGB 27). In wese is die universele

kerk onsigbaar, maar plaaslike gemeentes

behoort hiervan ’n sigbare openbaring te wees. Die ouderlinge is die opsieners en saam

met die leraar verantwoordelik vir die orde, regering en opbouing van die gemeente

(NGB 30-31).

Daar is egter ook duidelike verskille in die mate waarin die gemeentes die universele

kerk openbaar (Openb 2-3). Op grond van ooreenstemming in Skrifbeskouing en Belydenis

vind sekere gelowiges/gemeentes in die praktyk nouer aansluiting by mekaar in

hulle dienswerk.

Vir doeleindes van “meerdere” vergaderings (KO 41) word gemeentes met geografies

naburige gemeentes gegroepeer. Met ’n beroep op KO 86 het Sinode 2009 die reëling

dwingend gemaak deur appèlle teen afwykings te handhaaf. Verskille in Skrifbeskouing

en gebruike skep egter probleme as ’n gemeente binne ’n groepering teregkom waar die

meerderheid ander uitgangspunte huldig.

Eerstens kom die verantwoordelikheid van die opsieners in gedrang (Heb 13:17; 1

Pet 5:1-4; Ef 4:11), want hulle word onderhewig gestel aan “strukturele” besluite.

Tweedens ondervind ’n gemeente wat “ontuis” is binne ’n groepering gewetensdwang,

wat dan op beswaar-/appèlskrifte uitloop. Baie tyd en energie word hierdeur opgeneem.

Tyd en krag wat aan opbouing van die gemeente en uitdra van die evangelie bestee kon

gewees het. Derdens ontstaan frustrasie as besware en appèlle oor die sake afgewys

word. Vierdens word die betrokkenes nie maklik deur diegene met ander uitgangspunte

as voorgangers/afgevaardigdes gekies nie. Sodoende ondervind hulle “liefdeloosheid”

en hulle gawes word misken.

Fundamentele Skriftuurlike denke is nodig om uit hierdie dilemma te kom. Dit geld

ook ten opsigte van “grense” tussen soortgelyke kerkgroeperinge binne dieselfde taal en

kultuur, byvoorbeeld die APK, HK, NGK. Hierdie “grense” het hedendaags redelik

“kunsmatig” geword weens verskille in Skrifbeskouing en gebruike binne en tussen gemeentes.

Gemelde rigiede strukture en grense is menslike maaksels en skep ernstige

dilemmas. In Openbaring 2-3 word die “opsieners” van elk van die sewe gemeentes

deur die Here aangespreek. Gemeentes word nie met mekaar vergelyk nie en daar is

geen verwysing na strukture nie.

As moontlike oplossings kan eerstens gedink word aan wyses om uitgangspunte

oor die “kerk” nader aan basiese Skrifbeginsels te bring. Tweedens aan wyses van “herskikking”

van groepe gelowiges met soortgelyke Skrifbeskouings dwarsoor grense van

bestaande “denominasies”.

Mag die Here ons hierin deur sy Heilige Gees lei.

44 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
Dr Dr. Dr Dr . Natie Natie van van van V VVuuren,

V uuren, Nylstr Nylstroom Nylstr oom

Daar word gedebatteer oor die

stigtingsdatums van onder andere

die Gereformeerde Kerke Potchefstroom,

Pretoria en Waterberg. Vraag: Wat maak

vier jaar eintlik saak? Maar vir kerkhistorici

en seker ook vir lidmate van genoemde

kerke bly dit tog belangrik en interessant.

In 2009 is ’n kerkhistoriese konferensie

oor hierdie saak in Potchefstroom gehou

(wat ek ongelukkig nie kon bywoon nie).

Maar hierdie saak interesseer my al geruime

tyd. Wat ek hier skrywe, is my eie standpunt,

al verwys ek na persone en bronne.

Ek is daarvan bewus dat ds. Peet Coetzee

van die Geref. Kerk Potchefstroom besig

is met ’n verhandeling waarin hy ook

op die saak ingaan. Ek hoop hy bring groter

duidelikheid met nuwe inligting.

Ek was vroeër lidmaat van die gemeentes

Colesberg, Potchefstroom en Waterberg,

en daarom interesseer die saak my

nog meer. En natuurlik stel ek as historikus

belang in ons kerke se geskiedenis. Ek is

nie ’n kenner van kerkreg nie en hierdie

saak het ook implikasies vir die kerkbegrip

in die GKSA. Hieroor sal ons meer duidelikheid

moet kry.

Toe die gemeente Potchefstroom in

1988 sy 125-jarige bestaan gevier het, het

ek as redakteur opgetree met die publikasie

“Die Gereformeerde Kerk Potchefstroom,

1863-1988”. Daar is aangetoon dat die

eerste kerkraadsvergadering van die gemeente

op 17 April 1863 plaasgevind het.

Die vorige vier jaar was Potchefstroomgemeente

deel van die Rustenburggemeente

toe slegs een ouderling en een diaken

as kerkraadslede verkies is om “Mooiriviergemeente”

in Rustenburg te verteenwoordig.

En so skryf ds. PJ Venter van die Geref.

Kerk Pretoria (dolerend) in Die Kerkblad

van September 2009 dat daardie gemeente

eers amptelik in 1863 gestig is, al was die

lidmate van Pretoria “aanvanklik in die

streng kerkregtelike sin nog lidmate van

Rustenburg”. Net soos Potchefstroom- en

Waterberggemeente kan nêrens gelees

word van die formele stigting van hierdie

gemeentes nie. Buitendien, kan ’n gemeente

met slegs een ouderling en diaken

erken word, veral as daar geen kerkraadsnotules

bestaan nie? Tot dusver kon ek geen

kerkraadsnotules van Potchefstroom of Waterberg

tussen die jare 1859 en 1863 opspoor

nie. Slegs notules van Rustenburg

GKSA: kerkstigting - 1859 of 1863?

bestaan. Net soos die geval met Potchefstroom verskyn Waterberg se eerste notule in

1863. In die Eeufeesgedenkalbum van die Klassis Waterberg in 1959 lees ons: “Die

presiese stigtingsdatum van Waterberg en Zoutpansberg kan ongelukkig nie dokumentêr

bepaal word nie.” Verder verskyn daar ’n fotokopie in die handskrif van ds. D Postma

van ’n kerkraadsvergadering van 1863 waarin hy skryf: “Lidmaatboek van die Geref

gemeente van Waterberg. Nota bene! Almal wat voor Jan 1863 lidmate van die gemeente

geword het, staan ingeskryf in die Algemene Lidmaatboek van die Geref Kerk in die

ZAR, wat gedeponeer is by die Leraar of Kerkraad van die gemeente te Rustenburg”

(vert.).

Ds Postma het wel op 25 Januarie 1859, op een van sy vele reise by die Krokodilrivier,

’n groepie Waterbergers ontmoet wat hulle “by ons kerk aangesluit het” – dus by die

Geref. Kerk Rustenburg sonder dat kerkraadslede verkies is. Kan daar nou geredeneer

word dat dit die stigting van die Geref. Kerk Waterberg was? Tydens die Tweede Algemene

kerkvergadering van die Geref. Kerk Rustenburg op 16 April 1859 doen ds. Postma

verslag van sy rondreis in die ou Transvaal. Hy wys spesifiek daarop dat daar geen

kerkraadslede verkies is nie.

Die situasie in die ZAR verskil grootliks met dit wat in Kaapland gebeur het met die

uiteindelike stigting van byvoorbeeld die Geref. Kerke Colesberg, Burgersdorp en Middelburg

in 1860. Dit geld ook vir die gemeente van Reddersburg wat in Junie 1859

amptelik gestig is. Al vier is gestig met kennisgewing aan en goedkeuring deur die

owerheid; iets wat nie in Transvaal geskied het nie, behalwe in die geval van Rustenburggemeente.

Ek is dus van mening dat slegs twee gemeentes in 1859 gestig is: Rustenburg

en Reddersburg.

In sy boek “Die Doppers in Suid-Afrika, 1760-1899” (1963) skryf prof. Bouke

Spoelstra (bl. 172): “Teen die einde van 1859 bestaan daar net een Geref. Kerk in die

SA Republiek (ZAR), met kerkraadslede in die belangrikste distrikte.” Rustenburg se

kerkraad word ’n “Algemene Kerkvergadering” wat die “gemeentes” in ander “distrikte”

insluit. Hy skryf verder: “Die stigting van die kerke Pretoria, Potchefstroom, Waterberg,

Soutpansberg en Lydenburg kan nie voor 1863 gestel word nie.” Tydens die eerste

Sinode van 1862 is gemeentes met selfstandige kerkrade teenwoordig, maar uit Transvaal

is egter nie “gemeentes” wat glo in 1859 gestig is teenwoordig nie, behalwe natuurlik

Rustenburg.

Dit moet ook vermeld word dat die kerkplek en aansoek om ’n kerkterrein altyd

onlosmaaklik aan gemeentestigting verbonde was. Dit het eers teen 1863 gebeur sodat

slegs die Geref. Kerk Rustenburg in 1859 in Transvaal gestig en deur die owerheid

erken is.

Kortliks

Die Redaksie het ’n brief is ontvang van Danie Danie Danie de de K KKock

KK

ock van Klerksdorp, in reaksie

op die artikel van dr. Jan Visser (Die Kerkblad Oktober 2009), waarin die mening

uitgespreek word dat om medegelowiges en veral gelowiges van dieselfde kerkverband

as oneerlik te beskryf, nie in belang van die kerkverband is nie. Omdat verskeie gemeentes

reeds liedere uit die liedboek sing en vroue as ouderlinge bevestig, ontstaan die vraag:

Wie is die oneerlikes – die kerkrade wat die besluite neem, of elke lidmaat? Daar is

duidelik groot verskille, nie net hieroor nie, maar ook oor ander sake. Gemeentes neem

besluite volgens wat hulle meen in belang van God se koninkryk is, en ook in belang van

die betrokke gemeente – en om sulke gemeentes oneerlik te noem, is nie die oplossing

nie. Daar moet eerder gekyk word waarom gemeentes besluite neem wat afwyk van

sinodebesluite.

Br. De Kock stem saam dat die GKSA ’n geweldige groot taak het, en dit is om die

evangelie van Christus te verkondig en sy liefde aan die wêreld sigbaar te maak. Dit sal

egter nie bereik word deur mekaar “oneerlik” te noem nie.

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 45
Personalia

Dit is vir die redaksie van Die Kerkblad ’n dankbare vreugde om

maandeliks die emerituspredikante, hulle eggenotes en die

emeritusweduwees wat 80 jaar en ouer is, geluk te wens met hulle

verjaardae. God sê: “Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons

sterk is, 80.” Totius het dit in Psalm 90 berym: “Die sterkste klim ten hoogste tot die top van sewentig of tagtig jare op.”

Ons wil in Februarie die volgende broeders en susters gelukwens:

• Mev. M (Marie) de Klerk (Huis Eikelaan) vier op 18 Februarie 2010 haar 92ste verjaardag. Sy was getroud met prof.

dr. BJ de Klerk. Hulle het die volgende gemeentes bedien: Middelburg KP (1939-1944), Kroonstadkombinasie (1944-

1945), Bloemfontein (1945-1952); professor Teologiese Skool Potchefstroom 1952.

• Ds. CMJ (Fires) van Vuuren (Kilnerpark) is op 1 Februarie 2010 84 jaar oud. Hy het die volgende gemeentes bedien:

Randfontein (1952-1954), Carletonville (1954-1964) en Bethal (1964-1991).

• Mev. B (Breggie) du Plessis (Heuwelsig) vier op 9 Februarie 2010 haar 82ste verjaardag. Sy was getroud met ds.

WJIM du Plessis en hulle het in die volgende gemeentes gewerk: Bethulie (1953-1956), Kimberley (1956-1965),

Bloemfontein-Suidheuwels (1965-1971), Middelburg Tvl. (1971-1977), Randburg-Oos (1977-1983).

• Mev. AS (Sophie) du Plessis (Cresta) is vanjaar 81 jaar. Sy was getroud met ds. HLM du Plessis en hulle het in die

volgende gemeentes gedien: Theunissen (1952-1955, Kaapstad (1955-1958), Welkom (1958-1966), Linden (1966-

1973).

• Prof. dr. LF (Ludi) Schulze (Potchefstroom) is op 11 Februarie 2010 81 jaar oud. Hy het die volgende gemeentes as

predikant bedien: Alberton (1959-1969), Groblersdal (1969-1971), professor Hammanskraalse Teologiese Skool (1971-

1980), Teologiese Skool Potchefstroom (1980-1994).

Die Kerkbladlesers wens u elkeen van harte geluk met u besondere verjaardag. Saam met u en almal wat vir u lief en

dierbaar is, is ons God dankbaar vir gespaarde lewens. Mag God in hierdie nuwe lewensjaar u seën en u lewe vul met

gesondheid en voorspoed.

Die Kerkblad wil graag as instrument dien om enige wel

en wee van predikante en hulle gesinne en families by

wyse van ’n beriggie bekend te maak. So kan die groot “Gereformeerde

familie” in Suid-Afrika van mekaar te wete kom.

Baie lidmate sal wil hoor van vorige predikante en gesinne

vir wie voorbidding gedoen kan word in tyd van teenspoed,

maar ook in tye van voorspoed.

• Die Kerkblad het berig ontvang van die afsterwe van dr.

SCW (Schalk) Duvenage, emerituspredikant van die

Geref. Kerk Reitz, op 3 Januarie 2010. Hy het die volgende

gemeentes bedien: De Aar (1943-1946), Johannesburg-Suid

(1946-1950), Pretoria (1950-1953), Potchefstroom-Noord

(1953-1958), Noordbrug (1958-1967), professor

PU vir CHO (1968-1978), Reitz/Harrismith (1978-

1980), Reitz (1980-1983). In ’n volgende Kerkblad sal ’n

lewenswaardering in verband met dr. Duvenage geplaas

word.

• Die Kerkblad het ook verneem van die afsterwe op 31

Desember 2009 van dr. PJ (Paul) Snyman, ’n voormalige

registrateur van die Teologiese Skool Potchefstroom.

Die families van bogenoemde broeders ontvang die innige

meegevoel van die kant van die Kerkbladlesers, en u word

ook die troos en versterking van God die Heilige Gees toegebid.

Wel en wee

• Berig is ontvang dat dr. Thinus du Plessis van die Geref.

Kerk Bellville op 3 Januarie 2010 in die hospitaal opgeneem

is na ’n hartaanval. Jy en jou gesin word verseker

van die voorbidding van baie Kerkbladlesers. Mag die

Here jou beskut en bewaar en aan jou herstel en gesondheid

gee.

• Met mev. Marie de Klerk, eggenote van prof. Ben de

Klerk, gaan dit stadigaan beter. Die fisioterapeute is aangenaam

verras met die vordering wat sy toon. Dit is gaaf

om te hoor van die positiewe ingesteldheid en geloof

waarmee sy die beproewing verduur. Die Kerkbladlesers

gedenk jou en prof. Ben in hulle gebede. Mag die Here

jou krag na kruis gee.

• Daar word ook gedink aan dr Neels Smit wat reeds ’n

paar chemobehandelings ontvang het. Mag die Here jou

innerlik sterk maak in hierdie tydperk van beproewing. In

baie harte en huise gaan daar vir jou gebede op dat God

aan jou geloofskrag tot lydsaamheid sal gee. Die Kerkbladfamilie

doen vir jou en jou huis innige gebede.

• Mev. Annatjie de Klerk, weduwee van wyle ds. Kosie

de Klerk (Boksburg-Suid), was baie ernstig siek en het

17 dae in die ISE by die Sunward Park-hospitaal deurgebring.

Sy is op aandrang van haar kinders nou by die

huis en hulle het ’n voltydse verpleegsuster wat haar

oppas. Haar een dogter, Irma de Waal, slaap elke nag

ook by haar aan huis. Die probleem was dat ’n stuk van

46 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
die dunderm afgesak het in ’n breuk

wat sy geïgnoreer het, en die gedeelte

het toe septies geraak en

moes verwyder word. Sy is nog baie

swak en die herstel sal ’n tydjie

neem.

In die volgende pastorieë is daar vreugde

met die geboorte van kinders:

• Ds. Retief en Karin Gouws (Newcastle)

het ’n dogtertjie ontvang op

2 Desember 2009.

• Ds. Johannes en Lizanne Aucamp

(Rietvallei) se seuntjie is op

7 Desember 2009 gebore.

• Ds. Thys en Lindie Erasmus (Pretoria-Wonderboom-Suid)

het ’n

seuntjie ontvang op 10 Desember

2009

• Ds. Slabbert en Dorothea le Cornu

(Carletonville) se dogtertjie is op

22 Desember 2009 gebore.

• Ds. Paul en Danelle de Bruyn (Gobabis)

het met vreugde ’n verbondskindjie

van die Here ontvang.

• Prof. Callie Coetzee en sr. Susan word ook van harte gelukgewens met die

geboorte van ’n kleindogter op 15 Januarie 2010. Dra die gelukwensing van

die Kerkbladlesers oor aan julle kinders, en hulle word die seën van die Here

toegebid.

’n Aantal broeders predikante kan vanjaar dankbaar terugkyk op 30 jaar in die

bediening. Dit is die predikante wat in 1980 bevestig is. Hulle is:

• Ds. Lourens Kruger, tans van Uitenhage. Hy het ook die volgende gemeentes

bedien: Uitschot, Uitenhage/Jeffreysbaai.

• Dr. Gerrie Labuschagne, tans van Bloemfontein-Vleuels. Hy het Meyerspark

en Bloempark ook bedien.

• Ds. Jacob Mafojane van Khutsong. Hy het ook Katlehong bedien.

• Ds. Jan Malan, nou te Burgersdorp. Hy was ook herder en leraar te Barkly-

Oos/Maclear, De Aar/Strydenburg en Oudtshoorn.

• Ds. Horatio Sehoole van Temba/Hammanskraal. Hy het Seshego/Pietersburg

en Tlhabane/Rustenburg ook as predikant bedien.

• Ds. Danie Snyman van Pretoria-Magalieskruin. Hy was ook predikant te

Vanderbijlpark, Pretoria-Sunnyside en Heidelberg.

Broeders, saam met julle is die Kerkbladlesers dankbaar vir die bedieningsjare

wat God aan julle in die verskillende gemeentes gegee het. Dit bly ’n ryke voorreg

om deur God in die amp geroep en deur Hom in die gemeentes gebruik te word.

Dit is sekerlik so dat die gemeentes waar julle tans dien, en dié wat julle voorheen

bedien het, kan getuig van julle bekwaamhede en die wyse waarop julle gawes in

die gemeentes gebruik is.

Die redaksie van Die Kerkblad sal dit waardeer indien persoonlike nuus wat van belang is in die GKSA aan ons

bekendgemaak word deur vriende en kennisse en lidmate. Stuur berigte aan dr. Nico van der Merwe, 018

468 1782 of e-pos: nico.vandermerwe@telkomsa.net; of Posbus 6433, Flamwood 2572.

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 47
LIEF en LEED

HUWELIKSHERDENKING

Du Plessis: Pieter (PGW) en Annetjie

van Potchefstroom het op 4 Januarie 2010

hulle 55ste trouverjaardag herdenk. Ons

dank die Here dat Hy hulle so lank saam

ook vir ons gespaar het. Hulle liefde vir mekaar

en vertroue in God bly vir ons ’n inspirasie.

Elida en Willie Jacobsz, Wessel-Louis

en Julie (VSA); Marileen Roelofse, Wean

en Mandi (George); Annerita en Nie Blount,

Jasper en Anja (Pretoria).

Goede: Adrie en Julie Goede van Benoni-gemeente

het op 23 Januarie 2010 hulle

50ste huweliksherdenking gevier. Ons dank

die Here vir die Christelike voorbeeld wat

hulle daagliks uitleef, en bid dat hulle nog

lank vir mekaar gespaar sal bly. Met liefdewense

van hulle kinders en kleinkinders.

Buys: Op 9 Januarie 2010 was ons weer

getuies van die onuitspreeklike liefde van

ons Hemelse Vader. Hy het sy genade in

die waardevolste goud uitgegiet oor Theo

en Rina Buys van Heidelberg (Gauteng), toe

hulle hul goue bruilof kon gedenk. Ons

dankbaarheid lê nie net in die 50 jaar wat

Hy hulle in die huwelik geseën het nie, maar

ook in die rykdom van vyf kinders wat uit

die huwelik gebore kon word. Die Here het

hierdie gesin uitgebrei na ’n familie van vyf

skoonkinders en nege kleinkinders, wat ook

saam die groot dag kon vier. Ons 19 se gebede

behels dat die Here sy genade vir nog

baie jare soos goud oor hulle sal uitgiet.

DOODSBERIGTE

Anna Petronella (Annatjie) van der

Walt: Dit het die Here behaag om van ons

weg te neem op 27 November 2009 ons

op die KERKWERF

BEROEPENUUS

Beroepe ontvang:

• Ds P Cilliers van Delportshoop/Daniëlskuil na Glencoe/Ladysmith-kombinasie.

• Ds HJP de Beer van Pretoria-Meintjeskop na Magol.

• Ds JE Franck van Magol na Glencoe/Ladysmith-kombinasie.

• Dr JH Howell van Heidelberg na Phalaborwa.

• Prop D Kotzee na Sanveldbediening.

• Dr D Lartz van Edenvale na Windhoek.

• Prop KP Steyn na Empangeni en na Vredenburg-Saldanha/

Clanwilliam.

• Prop WJ Steyn na Andeon/Bergsig as medeleraar en na Cullinan.

• Prop JG van der Walt na Reddersburg.

• Ds W Vogel van Cachet na Naboomspruit.

• Ds DG Zwemstra van Amanzimtoti na Bloempark.

geliefde moeder, ouma en grootouma in die ouderdom van 96 jaar, 8 maande en 13 dae.

Ons word getroos deur die wete dat sy met God gewandel het hier op aarde, en dat die

Here haar opgeneem het in sy hemelse heerlikheid. Haar plek in ons harte sal vir altyd

leeg wees, maar ons berus in die wete dat sy ons vooruitgegaan het. Johannes 14:3 – “En

as Ek gegaan het en vir julle plek gereedgemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe

neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” Die teraardebestelling het op 3 Desember

2009 te Koster-begraafplaas plaasgevind. Kinders: Hendrik en Corrie Audie (Nylstroom),

Giel en Marthie Reinecke (Helderkruin), Karel en Fransie van der Walt (Potgietersrus);

ses kleinkinders en sewe agterkleinkinders.

Mechiel Andries Kruger: 4 Maart 1972 – 19 Desember 2009. In ’n nag so dubbel

duister, ver weg van sy geroep of gefluister, was ons almal onbewus van sy op weg wees

na sy ewige rus. Dit het ons hemelse God en Vader behaag om Andre, ons seun en broer,

in die ouderdom van 37 jaar en 9 maande onverwags deur die dood uit ons midde te neem.

Stil en eensaam soos sy lewe was, het hy sonder ’n laaste druk, soen of groet swyend van

ons afskeid geneem. Sy verbintenis met die Geref. Kerk Midrand, nie alleen as lidmaat

nie, maar ook vroeër as koster en die laaste tyd as diaken, was vir hom ’n verrykende

ervaring. Sy pligsgetrouheid, verantwoordelikheid en lojaliteit teenoor sy werkgewer,

Chronic Solutions, is vir ons ’n aangename en blywende herinnering aan hom. Ons dank

die Here dat Hy hom vir soveel jare aan ons geleen het. Graag bedank ons almal wat ons

in hierdie hartseer tyd op die een of anderwyse bygestaan het – ons waardeer dit opreg.

Jan en Bettie (Buffelspoort), Hennie (Hartbeespoortdam), Ilze en Danie Bakker (Pretoria),

Laetitia en Schalk Pienaar (Oos-Londen), Elmarie en Paul Swart (Gordonsbaai).

Abraham Jacobus Struwig (Oom Braam): Dit het ons Hemelse Vader behaag om

van ons weg te neem ons vader, oupa en grootoupa in die rype ouderdom van 94 jaar, 5

maande en 24 dae. Hy is oorlede op 24 November 2009

in die AMOT-Ouetehuis, Parys, waar hy vanaf 1997 ’n

inwoner was. Oom Braam was alombekend as opsigter

by die Teologiese Skool te Potchefstroom. Hy en sy gesin

was die laaste inwoners van die Totiushuis in Molenstraat.

Hy het in 1969 by die destydse PU vir CHO se

Chemiedepartement begin werk. Hy het ons lewens verryk

met sy onwrikbare geloof en eerlike lewensuitkyk.

Ons sal hom mis, maar ons weet dat ons deur God ons

Vader self vertroos word. Oom Braam word oorleef deur

sy kinders: Andries en Esmé Struwig, Pieter en Rachel

Struwig, Braam en Cher Struwig, Bets en Jaap Koen,

sewe kleinkinders en ses agterkleinkinders.

• Prop G Niemann na Cullinan.

• Ds. HS Coetzee van Potchefstroom-Noord na Windhoek.

• Prop JF Mouton na Barkly-Oos/Maclear/Elliot-kombinasie.

Beroepe aanvaar:

• Ds HJP de Beer van Pretoria-Meintjeskop na Magol.

• Ds JE Franck van Magol na Glencoe/Ladysmith-kombinasie.

• Prop D Kotzee na Sanveldbediening.

• Ds LH Moretsi van Diepkloof na Teologiese Skool Potchefstroom

as professor in Ou Testament.

• Prop KP Steyn na Empangeni.

• Prop WJ Steyn na Andeon/Bergsig as medeleraar.

• Prop JG van der Walt na Reddersburg.

• Ds DG Zwemstra van Amanzimtoti na Bloempark.

Beroepe bedank:

• Ds N Boy van Thabazimbi na Phalaborwa.

• Ds P Cilliers van Delportshoop/Daniëlskuil na Glencoe/Lady-

48 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
smith-kombinasie.

• Ds JJ Cloete van Koster na Hermanus.

• Ds ASA de Bruyn van Wilropark na Reddersburg.

• Ds MJ Erasmus van Pretoria-Wonderboom-Suid na Cullinan.

• Dr D Lartz van Edenvale na Windhoek.

• Prop KP Steyn na Vredenburg-Saldanha/Clanwilliam.

• Prop WJ Steyn na Cullinan.

• Dr SP van der Walt van Benoni na Nelspruit as medeleraar, en

na Windhoek.

• Ds TJ van Vuuren van Heilbron na Brakpan-Suid, en na Naboomspruit.

• Dr. JH Howell van Heidelberg na Phalaborwa.

Bevestiging

Die kerkrade van die Geref. Kerke Bloemhof en Christiana het

op 5 Desember 2009 saam met deputate van Klassis Noordwes

vergader, en verklaar hiermee dat dr. HF van Wyk behoorlik

volgens die formulier wat daarvoor vasgestel is, as bedienaar van

die Woord in hierdie kerke bevestig is, en dat die daarby behorende

stukke onderteken is. Ons bede is dat die Drie-enige Verbondsgod

hierdie broeder tot ’n groot seën sal maak in die diens waarin Hy

hom gestel het.

Die kerkraad van die Geref. Kerk Dordrecht het op 4 Oktober

2009 saam met die deputate van Klassis Burgersdorp vergader en

verklaar hiermee dat ds WP (Willem) van der Merwe behoorlik

volgens die formulier wat daarvoor vasgestel is, as bedienaar van

die Woord in hierdie kerk bevestig is en dat die daarby behorende

stukke onderteken is. Ons bede is dat die Drie-enige Verbondsgod

hierdie broeder tot groot seën sal maak in die diens waarin Hy hom

gestel het.

Losmaking

Hiermee word verklaar dat die deputate van Klassis Burgersdorp

saam met die gekombineerde kerkraad van die Geref. Kerk

Barkly-Oos/Maclear-Elliot op 9 September 2009 vergader het. Volle

losmaking is aan ds WP (Willem) van der Merwe gegee as bedienaar

van die Woord van bogenoemde gemeentes. Ons bid dat die

Here hom ryklik sal seën in die gemeentes waar hy nou gaan dien.

Emeritusverklaring

Ds. ME Cooke, sedert 28 Oktober 2006 bedienaar van die

Woord alhier, het die kerkraad van die Geref. Kerk Magol meegedeel

dat hy sy emeritaat aanvra. Daarom het die kerkraad op sy

vergadering van 29 Oktober 2009 besluit om, nadat goedkeuring

van Klassis Waterberg met die deputate van Streeksinode Bosveld

verkry is, aan ds. Cooke emeritaat te verleen. Die kerkraad betuig

sy dank aan ds. Cooke vir die diens wat hy drie jaar lank in hierdie

gemeente gedoen het, en bid hom die seën van ons Verbondsgod

toe.

Adres- en telefoonnommerveranderings

• Geref. Kerk Vleuels (Bloemfontein): tel. 051 446 1212 (kantoor).

• Dr. AJ (Braam) Krüger (Benoni): Posbus 12077, Benoryn 1504.

• Deputaat Korrespondensie Streeksinode Pretoria: WJ Cilliers,

e-pos willina@telkomsa.net

Nuwe adres vir Ruit 2010

Dr. Hennie van Wyk het na Christiana/Bloemhof toe verhuis.

U word versoek om u voltooide Ruite in die Almanak van

2010 na die volgende adres toe te stuur:

Dr. HF van Wyk, Posbus 88, Bloemhof 2660.

Verspreiding van ongebruikte Bybels

Brs. HB van der Walt en K Pienaar van Potchefstroom het met

hulle projek om ongebruikte Bybels te vergader en te versprei,

tot dusver al meer as 1 000 sulke Bybels versprei. Hulle het Bybels

van Durban, Klerksdorp en ander plekke ontvang, en versoek gemeentes

om te oorweeg om in hulle onmiddellike omgewing ook

hiermee te begin. Daar sal wel armes en gevangenes wees wat sulke

Bybels met dankbaarheid sal kan gebruik.

Ou Kerkblaaie gesoek

Ek wil graag ’n volledige stel van Die Kerkblad versamel vanaf

1980 tot 2005. Is daar moontlik iemand wat ou Kerkblaaie

het wat u kan afstaan sal ek bly wees om van u te hoor. Ek soek die

volgende:

1980-1984; 1986; Feb 1987; Jan, Mei, Sept, Okt en Des 1988;

Jan, Feb, Mrt, Apr 1989; Des 1990; Jan, Feb, Mrt 1995; Sept

1998; Jun 1999; Des 2000; Jun, Sept, Des 2001; Jul, Des 2002;

Des 2003; Nov 2005.

Ek sal dankbaar wees as iemand kan help. Kontak:

Kobus van Tonder, Posbus 5035, Krugersdorp Wes 1742; tel 011

660 6164; e-pos gksakdpwes@absamail.co.za

Burgersdorp 150-jarige herdenking

Die Geref. Kerk Burgersdorp is op 21 Januarie 1860 gestig op

die plaas Roosterhoek as die eerste Gereformeerde gemeente

in die Kaapkolonie. Die gemeente het deur die jare ’n groot rol

gespeel in die kerkverband, veral met betrekking tot teologiese

opleiding.

Die gemeente beplan om DV die naweek van 13-14 Maart 2010

die gebeure te herdenk in die lig van die Here se genadige bestuur

van sy kerk. Dit begin met die sustersaamtrek Saterdagoggend 13

Maart met registrasie om 08:00 – 09:00. Prof. JH van Wyk tree as

spreker op. Gedurende die namiddag is daar ’n besoek aan die

museum en begraafplaas, gevolg deur die formele program om

17:00. Dr. JL Venter (em. Annlin), ’n oudleraar van die gemeente,

tree as feesspreker op.

Die verrigtinge word gevolg deur ’n spitbraai. Die herdenking

word Sondagoggend afgesluit met die erediens om 09:00. Alle

oudlidmate, persone wat belang by die gemeente het en belangstellendes

word uitgenooi om die naweek met ons te deel. Dit is

belangrik dat u onmiddellik antwoord:

• Susters wat die sustersaamtrek wil bywoon, moet dadelik

skakel met Gerda Henning: 051 653 1631 om plek te bespreek.

• Vir die Saterdag se verrigtinge moet u antwoord aan ondergetekende

of Gerda Henning, tel. nommer hierbo. Ter wille van

kontrole moet die spitbraai se kaartjies vooraf gekoop word

teen R20 vir volwassenes en R10 vir skoolkinders. Spitbraai

en bykos ingesluit, besoekers moet eie verversings en glase

bring.

• Verblyf is beskikbaar in die skoolkoshuis teen R50 per persoon

per nag.

Verdere inligting kan u by my kry:

Ds. Jan Malan, tel. 051 653 0040; e-pos: jankrummel@gmail.com

Na bl. 51

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 49
kleinADVERTENSIES

Die Bemarkingsafdeling, DIE KERKBLAD,

Posbus 20004, Noordbrug 2522.

Tel: 018 297-3989. Faks: 018 293-1042.

E-pos: wymiedup@gksa.co.za

TARIEWE:

Advertensies en kleinadvertensies:

Op aanvraag beskikbaar.

Berigte: R0,20 per woord (min. R5,00)

plus R2,20 per sentimeterkolom vir ’n foto.

BTW is ingesluit. Volledige besonderhede is by

bostaande adres beskikbaar.

VAKANSIE EN VERBLYF

NATALSE SUIDKUS

UVONGO: 12-bed vakansiehuis. Mooi see-uitsig, loopafstand van strand. Alle

geriewe. 3 Badkamers, ruim balkon, 9 x 5 meter. TV, mikrogolfoond, ruim ysen

vriesgeriewe. Tel. 013 932 2433 of sel 083 944 5935; faks 013 932 0581.

UVONGO: LA CRETE SANDS NO. 1. 6-Bed luukse en moderne vakansiewoonstel

met ’n 180º see-uitsig en brandersig. Slaap 6 persone; ’n braai-area

op jou eie balkon; toesluitmotorhuise; swembad; TV, DSTV en beddegoed

ingesluit by prys. Skakel Luzelle by 011 678 5440 of sel 083 326 6329;

www.uvongoholidays.co.za

MARGATE: MARLICHT VAKANSIEWOONSTELLE. Aangename, see-uitsigverblyf

in goed toegeruste 2-, 3- en 4-slaapkamer selfsorgwoonstelle. TV met

M-Net en linne ingesluit. Gesellige braai-area. Onderdakparkering. Perseel

omhein met veiligheidshekke. Slegs 50 m vanaf seefront. Skakel Boet en Marie

Grobler gedurende kantoorure vir verdere besonderhede of kleurbrosjure.

Tel. 039 312 1052 of faks 039 317 1870.

E-pos: marlicht@uasa-ops.org.za Webbladsy: wheretostay.co.za/marlicht

MANABA-MARGATE: Gerieflike 4-slaapkamer selfsorgwoning. Slaap tot 10

persone. Mooi see-uitsig. Braaigeriewe, ens. Skakel Nita by 039 317 4146.

SCOTTBURGH: Woonstel, heeltemal privaat, slaapplek vir 3, badkamer, yskas,

mikrogolfoond ens. TV, onderdak braaigeriewe. Billike binne- en buiteseisoentariewe.

Naby strand. Tel. 039 976 0288 of 076 578 6346.

SCOTTBURGH: Tweeslaapkamer, slaap maks. 6, ten volle toegerus, onderdakparkering

in kompleks by die see met swembad en sauna. Geen troeteldiere.

Slegs DSTV, skottel word voorsien. Kontak Henry by 082 853 1423.

AMANZIMTOTI DROMEDARIS 503: 2-Slaapkamerwoonstel op strand. Toegerus

vir 6 persone. Skakel 031 903 8227.

AMANZIMTOTI – STELLA MARIS: Pragtig, strandfront, luuks, veilig. 2 Slaapkamer,

2/6 persone, TV, swembad, braaigeriewe. Spesiale aanbiedinge, buiteseisoen.

Tel. 031 903 5477. Faks 031 903 5479.

AMANZIMTOTI – AFSAAL 602: Ruim

2-slaapkamerwoonstel met see-uitsig.

Toegerus vir 6/7 persone. Spesiale aanbiedinge

buiteseisoen.

Tel. 011 954 5288 of 082 335 7101.

DOONSIDE (SHANGRI LA): (Twee km

suid vanaf Amanzimtoti.) Twee- en drieslaapkamer

vakansiewoonstelle vir tot

9 persone teen die strand. Rustige omgewing,

vriendelike kompleks, see-uitsig,

beveiligde onderdakparkering,

kleur-TV, ens. Braaiplek en swembad

op perseel. Privaatbesit, billike tariewe.

Skakel asseblief 012 567 3933.

GLENMORE – MUNSTER (naby Margate):

3-Slaapkamer meenthuis in veilige,

omheinde gebied. Naby strand.

Groot balkon, 2 badkamers. Pragtige

see-uitsig. Buiteseisoen: R350 per dag (minimum 5 dae). Skakel 018 290 5670

of 084 504 6640.

ELYSIUM: Akkommodasie beskikbaar. Billike prys. Ten volle toegeruste 8slaapplekhuis

en ten volle toegeruste 6-slaapplekhuis. Kan apart of saam vir

groepe gehuur word. Skakel Dinie by 082 336 9326.

NATALSE NOORDKUS

LICORNA BEACH, UMHLANGA ROCKS, NOORDKUS: Volledig gemeubileerde,

luukse vakansiewoonstelle te huur. Skakel Durban 031 561 2344 of

031 561 2986. Onmiddellik beskikbaar.

WESKAAP / TUINROETE

KAAPSTAD/BELLVILLE: Naby Tygervalleisentrum en N1-hoofroetes, 6 minute

vanaf Kaapstad. Akkommodeer tot 8 persone. Luuks en billik. Skakel Lou 083

234 5250 of 021 919 4358.

BELLVILLE/WELGEDACHT: Volledig toegeruste selfsorgeenheid in sekuriteitswoonbuurt.

Onderdakparkering, pragtige uitsig. Luuks en billik. Skakel Elza

Beekman 082 372 2647.

BELLVILLE/OAK GLEN: DISA Selfsorg. Luukse, ruim, volledig toegeruste 1slaapkamer

selfsorgeenheid in rustige woonbuurt. Slaap 2-3, linne ingesluit.

Sentraal geleë vir die Kaapse toeriste-attraksies, besigheidsentrums, hospitale

en winkelsentrums. Sien www.wheretostay.co.za/disa of skakel Fenny van

der Hout by 021 910 0561 of 084 771 0312 of e-pos: dvanderhout@gmail.com

BLOUBERGSTRAND: Luukse tweeslaapkamerwoonstel, selfsorg, seefront.

Verhitte swembad. Tel/faks: 051 654 0504. E-pos: blouwberg@mweb.co.za

Webadres: http://mysite.mweb.co.za/residents/blouwberg

SOMERSET-WES: Groot 4-slaapkamerhuis, 2-slk- en 1-slk-woonstel. Volledig

en luuks toegerus. DSTV, ens. Ideaal geleë naby N2 en op wynroete. Billike

tariewe. Chrisna Aucamp 072 139 0000.

STRAND/BLOUBERG/GORDONSBAAI/STELLENBOSCH/BETTIESBAAI/

WATERFRONT/BELLVILLE/KAAPSTAD:

Vakansieverhuring van woonstelle, huise heeljaar en Desember!

Kontak 083 313 4215 of cosybeach@absamail.co.za

STRAND: 2-Slaapkamer Kuswegwoonstel, met balkon en dubbelmotorhuis.

DSTV. Faks en tel 021 559 0623 / 073 421 3826 of 083 448 2162.

STELLENBOSCH: KIERIE KWAAK selfhelpeenhede en gastehuis (2, 3 en

10 persone) geleë op ’n plaas buite Stellenbosch. Skakel Sonja of Koos van

Zyl: faks/tel 021 883 3163 / 082 551 4784 of www.kieriekwaak.co.za vir verdere

inligting.

STELLENBOSCH/DIE BOORD: Netjiese, goedversorgde selfsorgeenheid

(115 m²) in sekuriteitskompleks, 2 slaapkamers vir 4 tot 5 persone. Beskikbaar

vakansies, Mrt/April, Junie/Julie en Nov tot begin Feb. Skakel Margaret 084

466 7121 of e-pos rkhoving@mweb.co.za

GORDONSBAAI: Gesellige, luukse vakansiehuis teen die hange van die Hottentots-Hollandberge

met asemrowende uitsigte oor die berge en baai, in rustige

omgewing, naby alle Kaapse toeriste-attraksies. 6 Persone, 2 badkamers, sondek,

patio met braaigeriewe, dubbelgarage. Tel. 012 329 2395 (w) of 012 332

2828 (h). Website: www.capetownadventure.com

GORDONSBAAI: BERG EN SEE. Ten volle toegeruste vakansiehuis (6 persone)

enig in sy soort. Geleë teen berghange met 180º see-uitsig oor Valsbaai

en Hottentots-Hollandberge. In veilige, rustige woongebied, loopafstand vanaf

Bikini-swemstrand en dorpsentrum. 3 Slaapkamers, 2 badkamers, aparte stort,

groot sondek, braai-patio, toesluitmotorhuis en DSTV. Vir meer besonderhede

skakel Jonker 083 325 4369.

GORDONSBAAI: Splinternuwe, luukse, volledig toegeruste 2-slaapkamer, 2badkamerwoonstel.

Goeie sekuriteit, parkering in kelder. See-uitsig, 50 m vanaf

hoofstrand en restaurante. Stapafstand na die hawe. Slaap 4. Tariewe: R300

per dag buiteseisoen, R400 per dag binneseisoen. Skakel Marianne, 082 325

3699.

GORDONSBAAI: 2-slaapkamer, gemeubileerde vakansiewoonstel in Gordonsbaai

binne sekuriteitskompleks (slaap 3-4 persone). Teen berg met uitsig, on-

50 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
geveer 2 km van Gordonsbaai se strand. Geen beddegoed. R650 per dag,

50% deposito.

Kontak: Riana van der Walt, 083 654 5759. E-pos: riana@derwalt.co.za

GORDONSBAAI: HOOGGENOEG. Selfsorg, 3-slaapkamer vakansiehuis.

Slaap 5. Uitsig op see en berge. Veilige parkering. Foto’s op aanvraag. Tel.

021 856 0736 of 082 320 6577.

DANABAAI: Net 7 km buite Mosselbaai en naby alles. Stil, rustig met natuurskoon,

strand en see-uitsig (180º) uit alle vertrekke en braai-area. Ruim, netjies,

skoon woonstel met 2 slaapkamers en dubbelslaapbank in leefarea. Volledig

toegerus met badkamer, stort, kleur-TV, privaat buitebraai en toesluitmotorhuis.

Slaap vir maksimum 6 persone wat kinders insluit. Binneseisoen @ R750 per

dag vir woonstel. Buiteseisoen @ R280 per dag. Naweektariewe beskikbaar

@ R750 per naweek (net buiteseisoen). Skakel nou Gerrit Badenhorst 083

274 6493 (sel); e-pos: gerrit@gerritbadenhorst.co.za

HARTENBOS: Vakansiehuis te Hartenbos. R570 per dag. Goedkoper en

onderhandelbaar buiteseisoen. Skakel 053 631 1623 of 083 288 6973.

HARTENBOS: VILLA RIVIERA. Voor op lagoon. Stapafstand na see. Skakel

082 780 3407.

JONGENSFONTEIN: Ten volle toegeruste 3-slaapkamereenhede (6 slaap).

Handdoeke en beddegoed ingesluit. Onbelemmerde see-uitsig. Kontak Jan of

Marlene, tel. en faks 028 755 8119 of sel 072 460 4508.

GOURITSMOND: 3-Slaapkamerhuis met 2 badkamers (slaap 6). Slegs vir

volwassenes. Laaste twee weke van Desember nie beskikbaar nie. Tarief R200

per dag. Mooi see-uitsig. 400 meter vanaf strand. Skakel 018 294 6197 of 082

556 8308.

GOURITSMOND: Dubbelverdieping, 3-slaapkamerhuis met 2 badkamers en

groot woonkamer met 2 ekstra beddens vir kinders. Huis geleë op rivier met

pragtige see-uitsig. Loopafstand van swemstrand en riviermond. Minimum 5

dae. Tariewe April en Desemberskoolvakansies: R900 per dag. Buiteseisoen:

R600 per dag. Skakel 082 322 5352.

GLENTANA: Selfsorg, slaap 2. Luuks met linne, minste wind, pensioenarisen

laagseisoentariewe. Stap uit op strand. Kontak 082 346 5886.

GLENTANA: Ruim selfsorgwoonstel, baie netjies en volledig toegerus, TV,

ens. Slaap 4/6; 80 m vanaf see. Skakel 044 879 1381 of 082 871 5859.

GLENTANA: Strandhuis met 4 slaapkamers, 4 badkamers. Lieflike omgewing.

Toegerus vir 9 persone. Loopafstand vanaf swemstrand. Fantastiese uitsig

oor die see en swemplek. Buiteseisoen: R350 per dag (minimum 5 dae). Skakel

018 290 5670 of 084 504 6640.

STILBAAI: Gerieflike huis op rivier, alle geriewe, slaap 8. Billike tariewe. Sel

082 800 2039 of e-pos: nanno@etime.co.za

SWELLENDAM: Gerieflike bed- en ontbytverblyf by GRACE WALK in ’n prentjie-mooi

omgewing. Beskikbaar 4 dubbelkamers en-suite met privaat ingang

en ’n mooi uitsig op die berg. Kom geniet ware gasvryheid en ’n heerlike ontbyt.

Skakel my by 028 514 3432 of 082 458 8224.

OUDTSHOORN: LAVENDER HOUSE. AA en 3-ster gradering. Statige Karoojuweel

in stil omgewing, stapafstand vanaf restaurante en winkels. 4 Luukse

lugversorgde en-suite kamers beskikbaar, B&B of selfsorg, asook ’n selfsorg

tuinkothuis wat tot 6 persone kan akkommodeer. Kom verlustig u in die skoonheid

van die Klein-Karoo en sy mense en geniet die lieflike tuin, swembad,braaigeriewe

en veilige onderdakparkering.

Besoek ons webblad gerus by www.lavenderhouse.co.za Billike tariewe en

vriendelike diens, skakel Rita by 044 272 0579 of 083 543 9493.

PLETTENBERGBAAI: Strandhuis, 5 min. se stap na hoofstrand. Slaap 9. Minimum

2 nagte. Skakel 021 913 5552 of 084 503 5552.

HERMANUS/VERMONT: Gesellige, ten volle toegeruste 2-slaapkamer

vakansiehuis. Slaap 4-6.

Tel. 028 316 3904 of 072 386 3904 of e-pos: knersis@itec.co.za

HERMANUS/ONRUSRIVIER: Netjiese vakansiehuis, loopafstand na swemstrand.

Slaap 6 persone. Beskikbaar regdeur die jaar. Toesluitmotorhuis.

Tel. 021 979 0563 (h) of 084 751 5018.

OOSKAAP

kleinADVERTENSIES

GRAAFF-REINET: KADASH GASTEHUIS op die plaas Damesfontein. Moeg

van die gejaag? Ons bied u: rus en vrede, ’n gerieflike gastehuis, kaggelvuuraande,

plaasmuseum, fossiele, bossiepad, wandelpaaie ... Karoostilte. U is

baie welkom! Kontak Marguerite by tel/faks 049 845 0253, sel 082 4130 579.

Webbladsy: www:kadash.co.za

GRAAFF-REINET: BUITEN VERWAGTEN GASTEHUIS: Twee selfsorgeenhede

asook luukse kamers in pragtige omgewing. Swembad & braaigeriewe.

Drie restaurante binne loopafstand. E-pos: info@buitenverwagten.co.za of

skakel Peet/Cheré by 082 819 4488 of 049 892 4504.

JEFFREYSBAAI: Woonstel en huis by die see. Sel 082 828 4344.

JEFFREYSBAAI: Dubbelverdieping-, drieslaapkamerhuis met pragtige seeuitsig,

ten volle toegerus, loopafstand van see. Huis bestaan uit 3 slk, 2 badk,

2 ruim leefvertrekke, ten volle toegeruste kombuis, 2 TV’s, videomasjien, DVDspeler.

Slaapplek vir 8 persone. Foto’s van huis en uitsig per e-pos beskikbaar.

Dwarsdeur die jaar beskikbaar, skakel vir tariewe. Tel/faks: 016 428 1495 of

sel 082 374 2700. E-pos: j.dutoit3@absamail.co.za

JEFFREYSBAAI: Twee-(2)slaapkamer s/s vakansiewoonstel te huur. Skakel

042 296 0290 of 083 408 7811.

JEFFREYSBAAI: Drieslaapkamerwoonstel met twee badkamers te huur. Pragtige

branderuitsig. 100 meter vanaf see. Nie Des-Jan. Tel en faks: 042 296

1965 of 079 783 9521.

ASTONBAAI (NABY JEFFREYSBAAI): Strandhuis te huur. Pragtige see-uitsig.

300 meter vanaf strand. Woonkamer, sitkamer, 4 slaapkamers, 3 badkamers,

kombuis, waskamer, balkon, TV, skottel en videomasjien, mikrogolfoond, ysen

vrieskas, buite braaiplek, 1 motorhuis. Minimum tydperk: 7 dae.

Skakel Ansie du Plessis by 073 166 8166.

Faks 086 219 2193. E-pos: jakduplessis@absamail.co.za

JEFFREYSBAAI (WAVECREST): Bekostigbare, goed toegeruste selfsorgwoonstel.

Baie netjies, stil omgewing, lieflike see-uitsig, braaigeriewe, afdak. 1

km vanaf strand, stap 800 m vanaf strand. Pensioenarisse spesiale tariewe.

Skakel Helena by 082 576 4285.

BOKNESSTRAND: DOPPERSNES op Boknesstrand. 2-slaapkamerhuis met

2 badkamers asook ’n 2-slpk woonstel met 1 badk. 8 minute se loop vanaf

swemstrand. Verhuring regdeur die jaar. 50% afslag vir senior burgers (buiteseisoen).

Kontak Callie van der Merwe by 082 784 4519.

KAAP ST. FRANCIS: Seefronthuis: 32 meter van die rotse – waarskynlik

een van die naastes aan die see in SA. U kan spreekwoordelik “amper van die

stoep visvang” asook dolfyne en walvisse dophou. 2 slaapkamer (slaap 6,

uiters 8); 1 badk; aparte toilet; groot oopplan kombuis/eet/woonkamer plus

groot “plaasstoep”. Goed toegerus – heerlike skoonversorgde vakansiehuis.

Baie billike tariewe. Nie beskikbaar middel Desember tot middel Januarie. Tel/

faks: 012 809 0121 of 082 887 3479. E-pos: ekoster@mweb.co.za

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 51

KAROO

BEAUFORT-WES: RUSTHUIZ GAS-

TEVERBLYF. Veilige, stil woonbuurt met

binneparkering. Weg van hoofstraat.

Besondere gehalte en atmosfeer. Vullende

ontbyt.

Skakel 023 414 3516 of 082 829 4591.

COLESBERG: KAROO HUISE. Oornag

in gerestoureerde dorpshuise, nasionale

gedenkwaardighede met antieke

meubels. Die gerieflike huisies is

selfsorgeenhede, geleë in ’n stil straat.

TV, braaigeriewe en veilige parkering.

Restaurante binne loopafstand.

Kontak T Vorster 051 753 0582;

e-pos: hvzvorster@absamail.co.za;

web: www.karoohuise.co.za

COLESBERG: Rustige oornagakkommodasie,

veilige parkering.

HERBERG 051 753 0147.
kleinADVERTENSIES

COLESBERG: ONZE RUST GASTEHUIS EN KARAVAANPARK (ook vir tente).

Rustige oornagakkommodasie met eie badkamer (koffie, tee, handdoeke,

seep, beddegoed) sekuriteitsparkering, nagwag, weg van hoofstraat, buitedeure,

selfsorg. R130 p/p (kinders R60) (Gastehuis). Chalets R95 p/p (kinders

R55) en tentakkommodasie R60 p/p. Karavaanpark rolstoelvriendelik – tente

en karavane. Beskikbaar: toesluitparkering, braaigeriewe. Alle etes. TV, DSTV.

Earl Haigstraat 18. Skakel Rina van Jaarsveld by 051 753 0249 of 082 768

0616. E-pos: prvj1@xsinet.co.za

COLESBERG: OUDE HOSTEL. Luukse kamers met privaat badkamer en

TV. Billike prys, veilige parkering, swembad. Tel. 051 753 0131.

COLESBERG: GUINEA-FOWL GASTEHUIS. Geleë in stil omgewing, weg

van hoofstraat, veilige parkering op die erf. Alle kamers het eie buitedeur en

eie badkamer. TV in gesamentlike sitkamer vir gaste. Billike tariewe. Stapafstand

van eetplekke. Koffie- en teegeriewe in elke kamer. Skakel Jan en Louise

Augustyn by tel/faks 051 753 0197 of 082 899 3964.

DRIE SUSTERS: RONDAWEL GASTEPLAAS 300 meter vanaf N1-roete tussen

Richmond en Drie Susters. Kom geniet ons veilige Karooplaas vanuit die

gerief van u eie kliprondawel. Braaipakke, ligte aandetes en vol ontbyt beskikbaar.

Skakel Tereza van der Merwe, sel 082 442 1567.

DRIE SUSTERS: Selfsorg oornagakkommodasie op rustige, privaat en baie

veilige Karooplaas beskikbaar. Ten volle toegerus, baie naby N1 roete, tussen

Richmond en Drie Susters. Skakel Retief 049 851 9222, sel 083 406 6236.

DRIE SUSTERS: GAMAMADI GASTEPLAAS oornagakkommodasie naby

Drie Susters. Geleë 800 m vanaf die N1 – 19 km voor Drie Susters in die

rigting van Kaapstad. Kom geniet die Karoo-gasvryheid. Kontak Analise by

083 284 2460.

MPUMALANGA

SABAAN VAKANSIE-OORD: Volledig toegeruste woonstelle. Geleë tussen

Sabie en Hazyview. Goed geleë vir dagritte na Wildtuin en ander besienswaardighede.

Vir bespreking, skakel 013 737 8114.

DULLSTROOM: Volledig toegeruste 5-slaapkamerhuis op ’n plaas, 10 km

vanaf Dullstroom. Ontbyt op aanvraag. Visvang, stap, ens. Skakel Sarie 082

550 1126.

GRASKOP: Sentraal geleë buite malariagebied. Binne ’n uur vanaf talle toeriste-aantreklikhede,

insl. Kruger Wildtuin. Naby Fanie Botha-staproete. Volledig

toegeruste selfsorgvakansiehuis met drie slaapkamers vir tot 7 of 8 persone.

Skakel Seakle of Elsa 012 335 4810, 082 395 7582

of e-pos godschal@mweb.co.za

MARLOTH PARK: Langs Kruger Wildtuin. Slaap 8. Tariewe vanaf R1 000

naweke of mid-week. Skakel Rika 082 434 7313; www.toevallig.co.za

NOORDWES

POTCHEFSTROOM: BEUKES GASTEHUIS: Luukse kamers in stil woonbuurt.

Eie badkamer, TV met DSTV-kanale. Elke kamer het eie yskas asook koffie/

teegeriewe. Sel. 082 852 2426. Faks 018 297 1348.

VRYSTAAT

GARIEP DAM: PANORAMA GASTEHUIS langs N1 op Gariep Dam, Suid-

Vrystaat. 2 Woonstelle, akkommodeer 4 kamers, 11 persone. Tariewe R90-

R120. Ontbyt op aanvraag. DSTV, tuin, veilige parkering, braaigeriewe en

pragtige uitsig. Skakel 082 922 1479 of eric-p@telkomsa.net

BLOEMFONTEIN OORNAG: Luukse oornagwoonstel met veilige parkering,

TV. Skoon en netjies. Gasvrye en rustige atmosfeer. Skakel 051 522 6035 of

082 726 9959.

BLOEMFONTEIN: KOMWEER B+B vir billike, huislike en gasvrye oornagverblyf.

Naby N1 en hospitale. Veilige onderdakparkering.

Navrae: tel. 051 522 3778, faks 086 670 8251 of 083 709 0684.

E-pos: ventersg@mweb.co.za Webbladsy: www.komweer.za.net

BLOEMFONTEIN: Selfsorg oornagkamers. Slaap 1-4 persone. Eie badkamer,

TV. Veilige onderdakparkering. Maklik bereikbaar vanaf N1. Skakel Piet of

Belie by 051 433 2635 of 072 342 7530.

MIDDENDEEL GASTEPLAAS: Middendeel Gasteplaas, 100 km vanaf Bloemfontein

en 75 km vanaf Kimberley. Geskik vir kerkkampe en familiebyeenkomste.

Slaap 30 persone. Kontak Callie van der Merwe by 082 784 4519.

GAUTENG

PRETORIA: Selfsorgwoonstelle in ooste van Pretoria. Naby Wilgers Hospitaal

en Menlyn. Slaap tot 6 persone. Navrae: Sarie 082 550 1126 of Grizelda 082

923 2554.

JEUGHUISE: Gereformeerde Kerk Meyerspark. Aangename verblyf vir jongmense

in rustige woonbuurt. Twintig ruim slaapkamers, woonkamer, kombuis

en waskamer met alle geriewe, swembad, braai-area, veilige parkeerafdakke

en pragtige tuin. Skakel Elsje 082 940 5804 of Liza 083 309 1340.

ALLERLEI

BOEKE VAN MARNIX

Deur prof. V.E. d’Assonville. Pryse sluit posgeld en verpakking in. Bestel by:

MARNIX, Posbus 38174, Faerie Glen, 0043. Tel en faks: 012 991 2009. E-pos:

marnix@absamail.co.za

SJ du Toit van die Paarl (biografie, hardeband, 450pp, 50 foto’s) R175; (genommerde

eksemplaar: R225).

Dit is Totius (biografie, hardeband, 284pp, 50 foto’s) R83; (genommerde

eksemplaar R108).

Die boek Openbaring (Lig van God se Woord op die wêreldgebeure.

Sagteband, tweede nuutverwerkte uitgawe, 250pp), R98.

Kerk op die Wit Hooglande (’n Gedenkboek oor die Gereformeerde Kerke in

Kenia met volledige doopregisters. Hardeband, 128pp, foto’s) R58.

Gereformeerde Doopsformulier (God se beloftes en eise aan ons.

Hardeband, 114pp) R18.

Gids vir Kerkgeskiedenis (’n Omvattende oorsig oor die kerkgeskiedenis

vanaf die eerste eeu nC. Sagteband, 245pp) R38.

Kerkgeskiedenis in 30 lesse (’n Katkisasie-handboek. Ook baie geskik vir

nuwe lidmate wat in die gemeente verwelkom word. Hardeband, 117pp) R20.

Dogmageskiedenis (Gids vir die Gereformeerde leer. Sagteband, 83pp) R15.

Calvyn verdedig sy stad (Die dramatiese geskiedenis rondom een van Calvyn

se belangrikste geskrifte tydens sy ballingskap. Sagteband, 16pp) R7.

Majuba (Ongelooflike Boere-oorwinning oor Groot-Brittanje op 27 Feb. 1881.

Sagteband, 75pp met foto’s) R45.

Majuba (Engelse uitgawe. Sagteband, 82pp) R45.

Kruger en Rhodes (Die berugte Jameson-inval in 1896 en die aanslag van

Milner teen Transvaal in 1899. Sagteband , 82pp) R45.

Bloedrivier (Een van die grootste dramas in Afrika – keerpunt van ’n beskawing.

Sagteband, 70pp met foto’s) R65.

Blood River (’n Engelse weergawe van bogenoemde boek. Sagteband, 71pp

met foto’s) R65.

Totius se oorlogsdagboek (Die digter Totius se ervarings as Kaapse rebel

1899 – 1900. Sagteband, 72pp met foto’s) R45.

Op die bodem van die Vaaldam (Dramatiese geskiedenis van ’n Boereplaas

wat in 1936 deur die Vaaldam se waters toegestoot is. Die aangrypende episodes

van hierdie mense in die Anglo-Boereoorlog, die krygsgevangene- en

konsentrasiekampe en die Rebellie van 1914 saam met genl. De Wet. Sagteband,

211pp, 55 foto’s) R108.

Die Psalms sing van Christus (’n Dagboek oor die Psalms wat ons van God

se beloftes verseker. Sagteband, 194pp) R98.

Die koms van Christus en die Antichris (Die kerk wag elke dag op die koms

van Jesus Christus. Die Antichris is egter alreeds daar, maar word tans nog

teëgehou totdat die Evangelie eers klaar verkondig is. Kardinale vrae word

beantwoord. Sagteband, 104pp) R65.

Die Van der Merwes van Middendeel VE d’Assonville en Nico van der Merwe.

R158 posgeld ingesluit.

Eugène Marais en die Waterberge (ook in Engels) R108.

OPMETINGSINSTRUMENTE: Bukswaterpasse (dumpy levels), teodoliete,

meetwiele, laser vir konstruksie. Protea Opmetings Instrumente. Tel. 011 976

2070. Sel 083 259 8931 of 083 265 7272. E-pos: sales@protsurv.co.za

BINDWERK: Flinke bindwerk van hoogstaande gehalte. Dienste sluit in die:

• Inbind van proefskrifte en verhandelinge

• Herstel van ou of beskadigde boeke

• Inbind van tydskrifte, sowel as

• Gespesialiseerde binddienste

Kontak Lukas van Vuuren, tel. 011 477 4183.

ONTHAALBENODIGDHEDE

KRANENBURG VERHURINGS. Vir al u onthaalbenodigdhede (linne, breek-

52 • Die Kerkblad Februarie 2010 •
ware, eetgerei, kerse, servette, draperings) skakel Hilje by 012 332 3878 of

082 817 7387.

OUTYDSE TRAPORRELS: Vir herstel en/of restourasie van outydse traporrels,

skakel mnr. Jan Zielman.

Tel. 012 330 3087 / 083 338 3240 of e-pos: janzielman@mweb.co.za

DIE UITTOG: Bybelstudie-werkboek deur Edmund de Beer en Anneke Botha.

Die betekenis van hierdie groot gebeurtenis vir ons vandag. Vir enkelinge of

groepe. Foto’s en kaarte. R40 (posgeld ingesluit). Bestel by Hester 082 857

7347.

Riaan the Magic man: Riaan kan u funksie, klein of groot, ophelder met sy

kulkunsies. Ry ook ’n eenwielfiets, is ’n ballon-vou spesialis, en doen ongelooflike

(close-up) kulkunsies. Baie goedkoop met sy tariewe. Skakel 012 329

0444 of sel 084 582 9063.

King Louis Musikale Instrumente waar u al u musiekinstrumente en toebehore

Geref. Kerk Alberton 70-jarige feesviering

Die Geref. Kerk Alberton herdenk sy

70-jarige bestaan tydens die naweek

van 27 en 28 Februarie 2010. Dit gaan die

vorm aanneem van ’n outydse nagmaalnaweek.

Saterdag word ’n gemeentedag beplan

met onder andere ’n potjiekoskompetisie

en die Voorbereidingserediens om

18:00. Sondag is die Nagmaalerediens en

daarna ’n gemeente-ete. Die naweek word

afgesluit met ’n aandbyeenkoms waar die

Albertonse Mannekoor gaan optree. Alle

oudlidmate en belangstellendes word hartlik

uitgenooi na die feesgeleentheid. Vir nadere

besonderhede kontak Henriëtte Viljoen by

011 907 6919.

kleinADVERTENSIES

kan aankoop teen groot afslagpryse. Skakel vir Riaan of Louis van der Walt

012 329 0444 of sel 084 582 9063. E-pos: kinglouis@telkomsa.net

EIENDOMME

BLOEMFONTEIN: Vir al u eiendomsbehoeftes. Woonhuise, meenthuise, studenteverblyf,

hoewes en plase beskikbaar. Besoek gerus ons webtuiste:

www.cheetahprop.co.za vir foto’s & inligting.

Skakel Dirk Coetzee, 082 784 1993. Cheetah Eiendomme.

Besprekings: Busse, vlugte, akkommodasie.

SHELL VOORBAAI Besprekingskantoor. Telefoon 044 695 1172. Faks: 086

617 8899. Besoek ons webwerf: www.shellvoorbaai.co.za

E-pos: shellvoorbaai1@telkomsa.net

shellvoorbaai2@telkomsa.net

shellvoorbaai3@telkomsa.net

Regstelling

In Die Kerkblad van Desember 2009 op bl. 14 (“Ekumeniese vrede”) is die naam van die skrywer ongelukkig

foutief as dr. FP Kruger gestel. Die skrywer was egter ds. Dinant Zwemstra. Ons vra die betrokke skrywers en

ons lesers om verskoning. - Red.

Nog ’n proponent beroepbaar gestel

Jacobus Frederik (Koos) Mouton – Koos is op 17 November 2009

deur die Streeksinode Noordwes beroepbaar gestel. Hy was vir 25

jaar predikant van die NG Kerk, en voor dit vir vier jaar lektor in Semitiese

Tale aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. In 2006 is hy in die

GKSA opgeneem, en is tans lidmaat en ouderling van die Geref. Kerk

Noordbrug, Potchefstroom. Hy is getroud met Wendy, ’n persoonlike

assistent by Profert, ’n kunsmismaatskappy in Potchefstroom. Hy kan

geskakel word by 082 925 3959.

Van bl. 47 - Op die Kerkwerf

Klassis- en Streeksinode-oproepe

Klassis Wesrand: Hiermee word die

kerke in die ressort van Klassis Wesrand

opgeroep om DV op Saterdag 17 April 2010

om 07:30 vir 08:00 in die kerkgebou van

die Geref. Kerk Noordrand te vergader.

Stukke vir die agenda moet na die Korresponderende Kerkraad (Witpoortjie – ds. Dirk

van’t Zand) gestuur word, en kredensiebriewe na die Roepende Kerkraad (Noordrand –

ds. FM Dreyer, Landhuisstraat 1129, Allensnek, Roodepoort; tel. 011 679 4748 / 011 679

1316; e-pos gknoordrand@netspace.co.za).

Klassis Burgersdorp: Hiermee word die kerke in die ressort van Klassis Burgersdorp

opgeroep om DV op Dinsdag 9 Maart 2010 om 09:00 in die kerkgebou van die Geref.

Kerk Steynsburg (Kerkstraat, Steynsburg – S 31 o 17’ 43.96” O 25 o 49 29.38) te vergader.

Kredensiebriewe moet die Roepende Kerkraad voor 28 Februarie 2010 bereik. Gesien die

probleme wat met landpos bestaan, kan afskrifte van kredensiebriewe per telefaks (048

884 0005) of per elektroniese pos (benaucamp@gmail.com) gestuur word en die

oorspronklike daarvan op die dag van die vergadering ingehandig word. Alle beskrywingspunte

en beswaarskrifte moet voor of op 8 Februarie 2010 ingedien word by die Korresponderende

Kerkraad, en alle deputaterapporte en verslae van gemeentes moet die Korresponderende

Kerkraad voor 22 Februarie 2010 bereik (Posadres: die Roepende en Korresponderende

Kerkraad Klassis Burgersdorp, Posbus 10, Aliwal-Noord. 9750; e-pos

gkaliwal@lantic.net)

Proponent/e wat beroepbaar is

• HM (Herens) Nkoana. Sel. 083 765 1354. E-pos: nkoana@gmail.com

• LP (Peter) Ndou. Sel. 083 618 6419

• W (Wilhan) Jobse. Sel. 072 478 2762. Tel. 012 543 0279

• GJ (Gerhard) Niemann. Sel. 082 050 9071 / Sel. 082 702 9048 (eggenote)

Gee asseblief alle inligting in verband met beroepe deur aan Wymie du Plessis, Administratiewe

Buro, tel. 018 297 3986, faks 018 293 1042 of e-pos wymiedup@gksa.co.za.

• Die Kerkblad Februarie 2010 • 53
Die Almanak van die

Gereformeerde Kerke in Suid-

Afrika

Met Bybeldagstukkies

Beskikbaar by die Admin Buro

teen R45 per eksemplaar

(posgeld uitgesluit)

Tel. 018 297 3986

Faks 018 293 1042

E-pos: bestellings@gksa.co.za

54 • Die Kerkblad Februarie 2010 •