04.05.2013 Views

EETVERSTEURINGS

EETVERSTEURINGS

EETVERSTEURINGS

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

EETVERSTEURINGS

Inleiding:-

Eetversteurings kom meestal in adolessente tot jong volwasse vroue voor. Die

siektes kom in wisselende graad voor, sommige pasiënte kan in die verloop van die

siekte beweeg tussen die diagnostiese kriteria van die een kliniese beeld na die

ander soos hulle siekte beeld en massa verander. 1 Sommige pasiënte kan nie

volgens die diagnostiese kriteria gediagnoseer word nie en mag as

ongespesifiseerde eetversteuring geklassifiseer word.

Die Huisarts is waarskynlik die eerste kontak met die pasiënte en moet bedag wees om die kliniese

beelde te herken voordat te veel massa verloor word, of eetpatrone gevestig word. Die pasiënte kla

selde van die masaverlies, maar van meegaande simptome van verhongering. Hulle sal die

eetstoornis ontken of afspeel. Die kliniese beeld van beide anoreksie en bulimie kan voorafgegaan

word deur oormatige oefening en/of matige dieët. 1,3,4

Die Huisarts is `n belangrike skakel in die behandeling van eetstoornisse, die meeste pasiënte het

`n multidissiplinêre span hantering nodig. Die Huisarts moet die sorg reël en administreer en

holisies benader.

Vraelyste word dikwels as hulpmiddel tot diagnose vir eetstoornisse:-

Eat attitude test en scoff

SCOFF

Maak jy jouself naar as jy ongemaklik vol voel?

Voel jy dat jy beheer oor jou eetlus, of hoeveelheid wat jy eet verloor het?

Het jy meer as 6.3 kg in die laaste 3 maande verloor?

Beleef jy dat te vet is al dink jou vriende jy is maer?

Dink jy kos oorheers jou lewe?

Twee of meer positiewe punte kan `n aanduiding wees van eetversteurings.

Diagnostiese kriteria:-

Diagnostiese kriteria vir Bulimia Nervosa: 1,2

A Herhalende episodes van ooreetsessies. Sulke sessies het beide van die volgende elemente:

1 n Eetsessie in `n diskrete tyd van bv. 2 uur waarin die persoon duidelik groter volume

voedsel inneem as wat die meeste mense in soortgelyke tyd en soortgelyke

omstandighede sou inneem.

2 `n Gevoel van verlies aan kontrole gedurende die episode.( `n gevoel dat `n persoon

nie kan ophou eet of beheer uitoefen oor die hoeveelheid wat geëet word nie)

B Herhalende ontoepaslike kompenserende gedrag om massa toename te voorkom bv.

Braking, misbruik van lakseermiddels, enemas, diuretika en ander medikasie, asook

oormatige oefening, of om te vas.

C Die ooreetsessies en kompenserende gedrag vind ten minste twee maal per week vir drie

maande plaas.

D Self evaluasie word buitensporig beinvloed deur liggaamsbou en grootte.

E Die eetversteuring kom nie net voor gedurende `n episode van Anorexia nervosa voor nie.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!