04.05.2013 Views

EETVERSTEURINGS

EETVERSTEURINGS

EETVERSTEURINGS

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

EETVERSTEURINGS

`n Meegaande substans afhanklikheid of misbruik kom in tot 30% van pasiënte voor, en moet eers

aangespreek word voor bulemia behandel kan word.

Persoonlikheidsversteurings kom in 2-50% van die pasiënte voor. 3 Die Huisarts wat die pasiënt

hanteer behoort die pasiënt te evalueer vir ko-morbiede psigiatriese siektes en afwykings.

Kliniese beeld:-

Die kliniese beeld kan wissel van subklinies tot uitgesproke komplikasies, afhangende van die graad

van versteuring. Verbygaande simptome soos moegheid, konstipasie en opgeblase gevoel kom

voor.

Die pasiënt kan kla van massa toename, naarheid, abdominale pyn en vertraagde maaglediging.

Hulle beleef verhoogde angs, fisiese ongemak en skuldgevoelens na die ooreet sessie wat hulle tot

die ledigingsritueel dryf, self geï niseerde braking, oormatige oefening, misbruik van ipekakuana,

lakseermiddels, enemas en diuretika.

Die kliniese beeld is afhanklik van die komplikasies wat voorkom:-

Braking:- Die meeste (75%) inisieer die selfbraking deur groot volumes vloeistowwe tydens die

ooreetsessie in te neem, om die braking te fassiliteer. Hulle stimuleer die farinks met die vinger of

ander voorwerpe, of innisiëer braking met willekeurige abdominale spiersametrekking.

Komplikasies:-

Tand bederf:- maagsuur veroorsaak afbraak van tand emalje, veral aan die agter

opppervlakte van die tande.

Vergrote speekselkliere:- Dit is `n pynlose vergroting van speekselkliere binne `n

paar dae na oormatige braking en klaar spontaan op in `n paar dae.

Mond en hand trauma:- Laserasies in mond en keel kan voorkom, `n Laserasie

en litteten op distale rand van die kneukel kan voorkom as gevolg van die trauma

van die snytande.

Esofagus en farinks mag irritasie van die herhalende maagsuur teenwoordig

ontwikkel, asook refluks na selfs klein volumes voedsel. Esofagiale skeure met

bloeding kan voorkom. Perforasie van slukderm en maag kan voorkom, maar is

seldsaam.

Elektroliet stoornisse:-Tekort van soutsuur, kalium, natrium, en magnesium kan

voorkom, en die pasiënte moet by diagnosering en gereeld in opvolg van die

siekte elektroliet evaluasie kry. Hipokalemie, moegheid, spierspasmas,

hartkloppings, parestesië, tetanus, konvulsies en hartarres kan voorkom.

`n Volledige algemene ondersoek met klem op vitale tekens, lengte en massa moet gedoen word.

Soek vir tekens van haarverlies, lanugo beharing, abdominale teerheid, sianose van ekstemiteite,

geelsug, edeem, parotis vergroting en littekens op die dorsum van die hand.

`n Psigiatriese evaluasie is essensieël vir die uitwerk van geskikte behandelings plan vir die

betrokke pasiënt.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!