04.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

17

briefwisseling met die "Uitgewekenen" te open,3)

wat die volgende jaar opgevolg is deur die afvaardiging

van Ds. W. A. Krige van Victoria-Wes om

hulle herderlik te besoek.

GEBREK AAN PREDIKANTE.

V6ar die tyd, gedurende die eerste dekade

van die Groot Trek (1836-1846), is hulle bedien

geword deur Sendelinge, wat nie in verband

met die Ned.-Geref. Kerk gestaan het nie.

Immers, geen enkele predikant van die Kerk het

die Voortrekkers vergesel nie, nieteenstaande "de

moeite die zij genomen hebOOn om eenen Leeraar

te krijgen,"4) - BOOS die Engelse ingesetenes van

Grahamstad aangestip het in die opdrag waarmee

hul geskenk van 'n pragtige State-Bybel aan

die aartsvaderlike Jacobus Dys in 1837 gepaard

gegaan het. Bowendien is later weer herhaaldelik

ernstige pogings aangewend om 'n leraar uit die

Kolonie te kry, dog tevergeefs.

Voordat Andries Pretorius in 1838, na die

moord van Piet Retief en sy manne, na Natal getrek

het, het hy aan Ds. G. W. A. van der Lingen

van die Paarl geskryf en hom gevra of hy hom

tog nie 'n goeie leraar kon aanwys nie "terwijI

wij weet dat UEd. een ware Afrikaan ben." 5)

Van der Lingen was 'n ware Afrikaner wat toe

reeds meer as enige ander pred.ikant die bedoeling

en betekenis van die Trek verstaan het, dog die

toestande was sodanig dat hy aan die versoek

nie kon voldoen nie, hoe diep hy ook vir die

mense gevoel het. 'n Ander vooraanstaande predikant,

Dr. Abraham Faure van Kaapstad, was

3) Kaapse Kerkargief R. 13, Notule van Ringsverg. 17 Oktober

1844.

4) Het Z.A. Ti;dsckrilt, Deel XIV (1837), pag. 317.

3) Transvaalse 8taatsargief 88.1, R. 18/38.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!