04.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

32

eenkomstig beskou het nie."8) En uit die verband

is dit duidelik dat hy nie-onderwerping aan die

Britse gesag as 'n versuim van die kristelike plig

geag het. Inderdaad het hy later op Pietermaritzburg

in die Voortrekkerskerkie groot

aanstoot gegee deur in die openbaar van die kansel

vir die Koningin van Engeland te bid. Hy

het hom dan ook nie verder as die hoofstad gewaag

nie, veral toe die kerkraad van Weenen

hom laatweet het dat sy besoek en diens daar

nie welkom sou woos nie. En toe die Kommissaris

Cloete aan hom skryf: "Ek rekommandeer

u sterk om uself en u vrou nie bloot te stel aan

die teenstand en belediginge wat 'n onkundige en

verdwaasde klomp mense mag tentoonstel nie"B)

het Dr. Faure dit gerade gevind die kuste van

Natal dadelik te verlaat en huis-toe te keer.

Dr. Faure was 22 Desember veilig teruggekeer

in die Kaapstad, waar veral van die kant van

Engelssprekendes skikkings gemaak is om hom 'n

welkomsadres vergesel van 'n waardevolle geskenk

in silwer aan te bied. In verband met hierdie

verwelkoming is daar egter so 'n opspraak verwek

dat hy self in die openbare pers versoek het dat

die reklame wat in verband met die aanbieding

van die silwerskinkbord wat die welkomsadres

vergesel het, stopgesit moos word. Hy het klaarblyklik

gevoel dat sy invloed onder sy eie mense

deur daardie betoging verswak sou word. Dr.

Faure was gewis deur sy besielende prediking oor

geestelike sake vele in Natal tot seen, ook het hy

toesegging van £100 per jaar van goewermentswee

tot die salaris van Ds. Lindley verkry, dog

wat die staatkundige bedoeling van sy sending

betref, was dit slegs in sover 'n sukses te noem

8) Kaapse Staatsargief, C.O. 1379.

B) Idem.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!