04.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

26

neur aangestel as predikant van Pietermaritzburg.

Op 13 Januarie 1847 het hy met sy vrou

daarheen vertrek. Hy het Natal egter nooit bereik

nie, want in die nag van 25 J anuarie is hy skielik

op see oorlede. Toe sy vrou die anderdagoggend

in die kajuit kom, het sy sy siellose liggaam tot

haar groot ontsteltenis daar gevind. 13 ) Alleen

moes sy toe haar weg na Pietermaritzburg vervolg,

waar sy veilig aangekom en 'n tydlank gebly

en toe na Holland terug gekeer het.

Dit was dus baie ongelukkig dat albei die Hollandse

predikante wat bestem was vir die 00arbeiding

van die Voortrekkers hul doel nie bereik

het nie, en dat dit 'n groot teleurstelling vir die

Voortrekkers was, spreek vanself. En daar sou

nog etlike jare yerby gaan voordat hulle, in 1849,

hul eie predikant sou kry. In die tussentyd het

hulle egter 'n tydelike besoek ontvang van 'n

Kaapse predikant in die persoon van Dr. Abraham

Faure van Kaapsta'd.

13) Reis Naar en Verblijf aan de Kaap en te Natal, door

wed. Stucki, pag. 57.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!