04.05.2013 Views

View/Open

View/Open

View/Open

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

DR. A. FAURE SE AFVAARDIGING (1843).

In 1843 is Natal tot 'n Britse kolonie verklaar.

Teen hierdie verklaring het die Republikeinse

Regering van Natal, wat in 1839 tot stand gekom

het, hom heftig verset, dog die Kaapse Goewerneur,

Sir George Napier, het hom eenvoudig nie

daaraan gesteur nie. Van die begin af het by die

erkenning van die Republiek gerepudieer. In 'n

proklamasie het hy hul reg am 'n onafhanklike

staat te vorID, ontken en verder ten sterkste

verklaar dat hulle Britse onderdane bly' en

dat Port Natal deur Britse troepe beset sou word.

Al hierdie dreigemente is deur die oorheersende

mag uitgevoer, trots die dapper verset van die

Boore. In Mei 1843 was die anneksasie 'n voldonge

feit. 'n Spesiale kommissaris, advoKaat

(later regter) H. Cloete, is toe aangestel om die

regering namens die Britse bestuur waar te neem.

Dat daar gevolglik oor hierdie gebeurtenisse heelwat

ontevredenheid onder die Natalse Voortrekkers

was, is verstaanbaar.

Die Goewemeur het dit daarna goedgedink om

in die godsdienstige behoeftes van die mense

enigermate te voorsien-wat hy gedoon het deur

die afvaardiging van die welbekende en invloedryke

Kaapstadse predikant, Dr. A. Faure, wat

destyds Actuarius Synodi van die Kaapse Kerk

was.1) Die Kerkraad het nie v66r Dr. Faure se

vertrek offisieel kennis gedra van die afvaardiging

nie, maar het later besluit ,,'Om niet aIleen te

1) Kaapse Staatsargief, C.O. No. 1501.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!