inspeksies van die Duitse Merino’s en advies aan die telers behartig. In 1954 het hy besluit om uit die staatsdiens te tree en voltyds by die Duitse Merino Telersgenootskap te werk. Hy het die pos van Tegniese adviseur beklee tot met sy dood op 1 Maart 1970. Die laaste Duitse Merino skape wat na Elsenburg ingevoer is, was in 1954, en wel twee ramme, nl. Roklum 239 en Hunersdorf 109. Daarna het nog baie invoere gevolg deur privaat telers, hoewel die direkte invloed van ingevoerde diere drasties verminder het. In 1960 het 20% van stoeterye nog ingevoerde ramme gebruik, terwyl dit in die vroeë sewentiger jare maar 2% was. Na dr Heinichen se toetrede tot die genootskap het die Duitse Merino met rasse skrede vooruit gegaan. Mnr Manie Conradie het sedert 1960 landswyd inspeksies be hartig. Sy lang reise het hom na elke teler in die land en ook Suidwes- Afrika geneem. Hy het ’n huishoudelike naam geword in die bedryf, bemind deur almal, en die keuring was uit die aard van die saak baie konsekwent. Hulle is goed bygestaan met die vestiging van die ras deur ver skeie skaap- en woldeskundiges en ook telers soos die volgende: Mnre Boet van Zyl van Springfontein; Julius Starke van Muldersvlei; JP Eksteen van Piketberg; HJ Human van Verkeerdevlei; LP van Zyl van Winburg; CR de Wet van Dewetsdorp; J Fick van Caledon; G Slabbert van Bethlehem; SI Goodman van Malmesbury; dr JG (Kaalkop) van der Merwe van Heilbron en Charlie Simkin van Dewetsdorp. Verspreiding van die ras in Suidelike Afrika Die snelheid waarmee die Duitse Merino deur die land versprei het, kan goed illustreer word danksy insae wat ons kon kry in die “dagboek” van wyle oom Charlie Simkin van Dewetsdorp, een van die bekendste en grootste telers van daardie tyd. Hierin word aangetoon dat daar lank vooruit bestellings geplaas is vir ramme en ooie. Baie van die diere is een - voudig ongesiens per trein aan die kopers gestuur. Talle van die kopers was inderdaad persone wat later aangesluit het by die Genootskap as telers. Soms is ’n deposito van £ 1 betaal en die res by ontvangs van die ram. In sy dagboek van 1950 was daar onder meer bestellings vir die volgende: 1 ram vir AM Slabbert, Riebeeck Wes @ £ 15 – 0 – 0 3 ramme PJ Oelofse, Sterkstroom @ £ 45 – 1 – 6 Later gedurende 1955 selfs bestellings vir ene CJ Strong, Rhodesië; en ook vir JB Willers, Mariënthal, Suidwes- Afrika. Nog later is ook 24 Aanhangsel A ooie per trein gestuur na ene M. Lattery, Karoi, Rhodesië. Die Riga Stoet het in 1957 die ram Rodenberg 317 vanaf Duitsland ingevoer. Die ram was die Duitse Wolkampioen in 1956 en ook die Suid-Afrikaanse Wolkampioen in 1959. 8 Foto: ’n Jeugdige Mnr. Whellan Simkin by Rodenberg 317 Belangrike voorouers in die <strong>Vleismerino</strong> bedryf Vir die entoesiastiese <strong>Vleismerino</strong>teler sal die geskiedenis en stambome van die ras altyd interessant bly. Gelukkig is ’n studie reeds in 1978 deur Dr F de K Kotzè onderneem om te bepaal watter diere tot op daardie tydstip die grootste bydrae tot die ras gelewer het. Omdat Elsenburg die eerste invoerder van Duitse diere was, het hulle dus as ’n vermenigvuldiger opgetree en baie voor - nemende telers het hul teelmateriaal vanaf Elsenburg gekry. Volgens ’n ontleding wat in 1972 gedoen is, was ramme met groter verwantskappe met die ras: Hedeper 214, E 50103 (seun van Hed 214), Hedeper 010, Rodenberg 317, Roklum 464, CS 6394, Rodenberg 236, DV 304 (seun van 236). Die situasie is op daardie stadium egter totaal oorheers deur twee ramme nl. Rodenberg 317 en Rodenberg 236. Die twee ramme was ook halfbroers. Omdat die ramme se nageslag so goed presteer het op Nasionale Kampioen - skappe in daardie tyd, was hul nageslag hoog in aanvraag. Die hoë verwantskap van Rodenberg 317 met die ras is nie net toegeskryf aan sy genetiese meriete nie. Die ram is ingevoer deur die Riga stoet en kon baie nageslag in ’n betreklik kort periode die bedryf instuur vanweë hierdie stoet se getalsterkte. Rodenberg 236 daarenteen is deur Paarlklip ingevoer, en is later met sukses gebruik in die Biesiesfontein (Boet Venter) en Sharp (Marthinus Roets) stoeterye. Bo: Mnre Marthinus Roets en Charlie Simkin in hul fleur by Rodenberg 317.
Loutjie Campher, Posbus 241, Ventersdorp, 2710 Telefoon: (018) 264 2604 • Faks: (018) 264 2035 • Selfoon: 082 255 3037 9