2007 Joernaal - SA Vleismerino
2007 Joernaal - SA Vleismerino
2007 Joernaal - SA Vleismerino
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Duitse Merino’s het gevolg. Na die beste van my wete was mnr

Otto Kiessig van Philippolis die eerste privaat teler wat in 1934

Duitse Merino’s ingevoer het.

My Vader het in die distrik Colesberg geboer, aangrensend aan

Philippolis. Ons en die Kiessigs was huisvriende. My moeder en

Henriette Kiessig, Otto se vrou, was intiem bevriend en het

dikwels telefonies met mekaar gepraat. Dit was nog die ou groot

“Box Telefone” wat teen ’n binnemuur in die huis gemonteer was

en met ’n slinger toegerus was. Om die sentrale te kry moes jy die

slinger lank aaneen draai. Ek kan nou nog na 70 jaar onthou hoe

my moeder die slinger wat so ’n sing-geluid gemaak het, gedraai

het om die sentrale te kry. As sy opkom hoor ek haar nog as sy

sê “Exchange kry vir my die Kiessigs van Philippolis op die lyn”.

So het ons te hore gekom van die Duitse Merino skape wat Otto

Kiessig ingevoer het. Natuurlik het ons gaan kyk met my pa se

1928 Chevrolet.

Ons was baie beïndruk met die skape. Oom Otto, soos ek hom

genoem het, het aan my gesê “Pietman ek sal eendag vir jou ’n

ramlam persent gee”, wat hy ook gestand gedoen het. Hoe min het

ek daardie dag in 1934 geweet dat ek 24 jaar later die Sekretaris

van die S A Vleismerino ras sou wees en later ook die Bestuurder.

Op 1 Augustus 1958 word ek aangestel as Assistent Sekretaris van

die S A Stamboekvereniging wat toe die Genootskap se sake

behartig het. Die pligte van die Sekretaris van die Genootskappe

onder Stamboek se bestuur word aan my delegeer en op 1

Augustus 1958 sit ek in op my eerste Raadsvergadering en op die

aand van 3 Augustus 1958 op die Algemene Jaarvergadering

onder voorsitterskap van wyle Charlie Simkin.

In die daaropvolgende twee jaar groei die Genootskap so vinnig

dat mnr Manie Conradie in 1960 aangestel word as tweede

inspekteur om dr Wolfgang Heinichen, die tegniese adviseur by te

Besoekers altyd welkom :

vir navrae kontak :

Loutjie Hanekom

Posbus 142, CERES, 6835

Tel: 023 - 313 3331 • Sel: 082 5782 166

E-mail: chrislou01@telkomsa.net

chrislou01@telkomsa.net

PRESTASIES:

Wes-Kaap Kampioen Wolooi 2006

Afgelope 3 jaar onder die voorste drie verkopers by Wes-Kaap veiling

staan. Hulle eerlike en nougesette diens en hul gewildheid by die

telers en die departement het grootliks bygedra tot die populariteit

en fenominale groei van die Genootskap.

Ek was deur die jare as Hoof van Stoetveedienste baie bevoorreg

om altyd ’n sterk en toegewyde personeel te kon handhaaf sonder

noemenswaardige traumas. Tog wil ek een insident noem wat u

interessant sal vind. Op ’n dag in 1968 klop daar ’n dame by my

aan op soek na klerikale werk. Sy was baie mooi en netjies

aangetrek met ’n kort, baie kort wit mini rompie. Met die eerste

oogopslag het ek gedink dit is ’n trompoppie wat kom kollekteer.

Die nooientjie was Zenobia Lloyd, vandag nog ’n dame in diens

van die S A Vleismerino Genootskap. Na ’n paar jaar in my diens

het sy begin siek word. Ek dink dit was in 1973. Siek, baie ernstig

siek aan “Lupis”. Sy was naderhand so swak dat haar man haar

die trappies na haar kantoor moes opdra. Maar werk toe kom sy.

Dit is toe op daardie stadium dat ek ingryp en vir haar sê tot sover

maar nie verder nie. Jy gaan nou doen wat ek sê. Ek het haar stadig

begin molasses voer. Ja – u het reg gelees. Die gewone rou swart

molasses wat vir dierevoeding gebruik word. Geleidelik het haar

kleur teruggekom en binne drie maande was sy genees. Ek hoop sy

gebruik nog haar teelepel vol met warm water vroeg oggende.

Dit was lekker om so op die ou paaie terug te ry en ’n paar herin -

neringe met u te deel. Solank ons herinneringe het, bly gister by ons

en solank ons hoop het wag môre op ons. Solank ons kan liefhê en

liefgehê word en solank ons vriende het bly vandag nog wonderlik.

Ek moet my nou losmaak van die onthou van vergane glorie en

terugkeer na oudag se alleenbly en sy seerkry.

Groetnis

Piet du Plessis (PJ)

23

vervolg bl. 24