05.05.2013 Views

2007 Joernaal - SA Vleismerino

2007 Joernaal - SA Vleismerino

2007 Joernaal - SA Vleismerino

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

REDAKSIONEEL Jan

Die SA Vleismerino ras kan met reg trots wees op die

belangrike rol wat hierdie uitstaande ras gespeel het in die

skaapbedryf van ons land. Dit was verseker nie ‘n

mak like pad in die beginjare en selfs vandag nie.

Gevestigde belange en senti mente in die wol -

bedryf het die ras van die begin af as ‘n be -

dreiging beskou en uitgekryt as “skeer -

basters”. Sonder danige hulp van univer si -

teite, kolleges, wetenskaplikes en bedryfs -

organisasies moes die genootskap en sy

boere-leiers grootliks op eie stoom met die

onder steuning van slegs ‘n paar kundiges

wat die potensiaal raakgesien het, die ras

vestig en bekendstel in Suid-Afrika.

Danksy genade en toewyding van die stigterslede

en die leiers wat hulle opgevolg het, het die SA

Vleismerino ‘n onmiskenbare bydrae gelewer in die

winsgewendheid van skaapboerdery in Suid-Afrika. Indien

mens objektief na die produksie en winsgewendheid van

skape kyk is dit duidelik dat woldraende rasse wat nie

reeds SA Vleismerino gene geinfuseer het om gewenste

vleisproduksie-eienskappe te bekom nie, na my mening

beslis sal agter raak. Net jammer dat baie wat dit reeds

suksesvol gedoen het nie bereid is om openlik die krediet

te gee vir die SA Vleismerino wat hom toekom nie.

Die vernaamste rede vir die fenomenale groei van die ras in

Suid-Afrika kan toegeskryf word aan die besondere

eienskappe waaroor die ras beskik. Mens is van nature

gekant teen veranderinge, maar wanneer jy die nuwe produk

probeer en beindruk raak deur sy positiewe eienskappe dan

word dit beslis aanvaar, mits jy nie te sentimenteel en

tradisioneel is nie. Sekere omgewings, stelsels en be -

perken de hulpbronne kan egter ‘n demper plaas op die

prestasie van ‘n ras en verhoed dat so ras se volle

potensiaal ontgin word. Met ‘n Vleismerino is ons leuse dus

“hoe meer jy insit, hoe meer sal jy uitkry”.

Dit is met dankbaarheid dat ons terugkyk na die afgelope

75 jaar. Uit ou geskrifte van die genootskap is dit duidelik

dat daar eintlik niks nuuts is nie. Meestal is daar net

klemverskuiwings oor die jare en soms kom mens na ‘n

wyle agter dat jou oënskynlik nuwe idée al jare gelede deur

sommige telers toegepas is en net ‘n bietjie vervaag het

oor tyd. Op voorstel van raadslid Manie Lombard het ons

daarom besluit om hierdie uitgawe te wei aan die

geskiedenis van die ras en erkenning te gee aan almal wat

betrokke was by die SA Vleismerino se ontwikkeling in

Suid-Afrika. Sonder twyfel het baie telers wat bereid was

om rekords aan te teken en ‘n groot liefde vir diere het, die

grootste bydrae gelewer tot die suksesverhaal van die ras.

Skaap en wol deskundiges van BKB het oor baie jare ook

meegehelp om te selekteer vir beter wol en stoetveeveilings

te help vestig en te ondersteun. Later het CMW

begin om velddienste te lewer en is ons tans gelukkig om

4

Vosloo - Rasdirekteur

soveel hulp van die wolmakelaars te kan ontvang. Hierdie

organisasies lewer beide ‘n uitstekende diens om behulp -

saam te wees met inspeksies en keuring van stoet -

skape op plase. Mnr Gerald van Heerden van

die NWKV verdien ook beslis erkenning vir die

vestiging van ‘n Nasionale Vagkompetisie vir

SA Vleismerino wol wat hy organiseer het

vanaf 1985 tot met sy aftrede in 2005. In

die 20 jaar is die telers bewusgemaak van

wol met ‘n gepaardgaande verbetering in

wolkwaliteit van die ras.

Nogmaals dankie aan alle oud presidente en

amptenare van die genootskap vir die bydraes

wat julle vir die publikasie gestuur het.

Besonder dankie aan Manie Lombard vir sy

inisiatief en bydraes om te poog om erkenning te gee

aan alle vorige leiers en ook aan elke teler wat sy beskeie

bydrae gelewer het. Dankie aan elkeen wat bereid was

om met die ras geassosieer te wees en steeds bereid is om

sy deel te doen tot uitbouing in die toekoms. Al die telers

wat adverteer in die Joernaal is staatmakers en finansier

die druk van die Joernaal.

In die jare wat voorlê wil ons graag

fokus op die reproduksie en

vleiseienskappe van die SAVM

met die hulp van dr Buks Olivier

van die LNR. Ons weet dat die

produktiwiteit van die ras as

geheel nog baie verbeter kan word

en wil dit ons doelwit maak.

Dankie aan Dries Reyneke van

“Eloff Lamb Feedlot” wat die foto

van die Kampioen slaglam by

Pretoria skou in 2006 ingestuur het

en baie geluk met die prestasie.

Voorspoed aan u almal vir die jaar

wat eindig met die volmaakte 7.

Mag ons dit eendag onthou, soos

verlede jaar, as ‘n baie geseënde

jaar !!

Jesaja 53:6

“Ons het almal gedwaal soos skape, ons het

elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het

ons almal se sonde op Hom laat afkom.”

maak reg

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!