05.05.2013 Views

2007 Joernaal - SA Vleismerino

2007 Joernaal - SA Vleismerino

2007 Joernaal - SA Vleismerino

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VANAF INDEKSE NA TEELWAARDES JJ OLIVIER (082 801 2025)

LNR - Lewendehawe

besigheidseenheid, Stellenbosch

olivierb@arc.agric.za

Dit is ’n bekende feit dat die om -

gewing (of voerkraal) waarin die dier

groot ge maak is, tot ’n groot mate die

dier se genetiese waarde vir seker

eienskap pe verbloem. Vir hierdie

rede is veld ram projekte en pre -

stasie meting begin met die doel om

diere wat eenderse behan deling

ontvang het, met mekaar te vergelyk. Die gemete waardes

van groepe wat dieselfde behandeling ontvang het, is

uitgedruk as ’n INDEKS waar die gemid delde 100 was.

Deur die korrekte toepassing van BLUP-tegnologie kan

diere wat in verskillende omgewings grootgemaak is, direk

vir sekere gemete eienskappe vergelyk word. Hierdie

ontwikkeling het die volgende voordele, naamlik:

• Die beste ram vir ’n spesifieke eienskap kan nou

Nasionaal bekend wees.

• Ramme wat verlede jaar gebruik is, kan met die beskik -

bare jong ramme vergelyk word.

• Genetiese verandering in gemete eienskappe kan oor

’n tydperk bepaal word.

SA Kampioen Groep van 3 Afstammelinge van

een vader 2005

BLUP teelwaardes het ten doel om versamelde

rekords/data te verwerk en prakties bruikbare inligting te

genereer. Dit is opvallend dat persone wat nie BLUPtegnologie

gebruik nie, baie maal hulle opinie daaroor lig

en in die meeste gevalle is dit negatief.

BLUP-tegnologie word meestal vir die verkeerde redes

aangeval. BLUP-tegnologie is nie ’n SELEKSIEDOELWIT

nie, maar verskaf beslis inligting waarmee seleksie doel -

witte gemeet en nagestreef kan word. Baie maal hoor jy

iemand praat van ’n BLUP ram of BLUP telers, ens.

Hierdie persone verstaan nie die beginsel van BLUPtegnologie

nie, of dit pas hulle om hierdie gevorderde

INLIGTINGS “instrument” verdag te maak.

Sekerlik is daar telers wat BLUP teelwaardes as verkoopsfoefies

gebruik. Dit is waarom die kuddeboer in sommige

gevalle oordonder word met teelwaardes vir baie

eienskappe. Iewers sal daar een wees wat die ram goed

sal laat lyk en sal help om hom verkoop te kry.

BLUP-tegnologie maak van verskillende bronne van

inligting gebruik om die verwagte teelwaarde VIR ’n

SPESIFIEKE EIENSKAP van ’n dier akkurater te beraam.

Neem ’n eienskap soos groeisnelheid as voorbeeld.

Ons weet dat die groeisnelheid van ’n ram ’n aanduiding

kan gee of sy nageslag ook goed sal groei of nie. Om dit

akkuraat te voorspel kan ons:

vervolg bl. 46

gestig in 1962

Vrystaat Kampioen Wolram 2005

Manie van Niekerk & Seun

Bus 1155, Kroonstad, 9500 Tel: (056) 212 4002 • Sel: 082 579 2765

45

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!