Die verhaal van “Ou Lady” en die embleem Hierdie foto was altyd as embleem op voorblaaie van Joernale en Katalogusse gebruik as Duitse Merino’s. Foto van Ou Lady soos links in die ronde SA Vleismerino embleem gebruik sedert 1971. Al ooit gewonder waar kom die ooi vandaan wat so trots pryk op die embleem van die SA Vleismerino ras? Eer stens is die feit dat ’n ooi (vroulike dier) op die embleem ver skyn, an ders as by meeste ander rasse, tekenend van die besondere repro duktiewe eienskappe van ons ras, naamlik hoë vrug baarheid, volop meerlinge en uitstaande moeder eien skappe. “Ou Lady”, met die oornommer MANS 704 van 1957, is ge - teel deur mnr Gert Mans van die Bogema stoet, Boplaas, Fraserburg. In daardie tyd is nog met diere ouer as 36 maan de ook geskou, en “Ou Lady” was die Nasionale Kam pioen Ooi in 1963. Tydens die verkoop van mnr Mans se stoet kort na 1963, het onder andere die volgende drie telers van die skape gekoop, nl. mnr Gys de Wet van Hoopstad, mnr Abie Malan (bekende rugbyspeler in daardie tyd) en dr JG (Kaalkop) van der Merwe van Heilbron. Mnr de Wet het MANS 704 gekoop, mnr Malan haar tweelingsuster en dr van der Merwe ’n tweeling ooilammers van 704 (sowat vir vrugbaarheid!). Mnr de Wet het ’n ramlam van 704 ook self gebruik in sy stoet. ’n Spesiale paring is toe gereël tussen 704 en ’n ram van dr van der Merwe. Ongelukkig het dinge skeefgeloop en met die geboorte is die ramlam dood en kort daarna ook 704 self. Diegene wat bevoorreg was om “Ou Lady” self in aksie te sien, getuig dat sy ’n besonderse statige ooi was, wat selfs sonder ’n vashouer in die skouring gestaan het soos ons haar vandag nog op die embleem sien, Kultuur vorm om die ras Sentraal in die geskiedenis staan die SA Vleismerino skaap, ’n unieke skaapras, wat al ons betrokkenes op die een of ander manier gefassineer het. Daarmee saam is agter elke dier ’n teler, ’n mens, met dieselfde ryke ver - 12 skeidenheid as enige populasie. Dit is juis hierdie be - sondere gesindheid tussen telers te midde van gesonde sterk mededinging wat verantwoordelik is vir soveel goeie herinneringe en assosiasies met die ras. Daar was natuurlik die paar besondere karakters wat so baie ekstra kleur gegee het aan die ras en sy aktiwiteite. Daar was soveel hoogtepunte deur die jare, maar dit sal waarskynlik gedek word deur die baie waardevolle bydraes wat ontvang is vir hierdie publikasie. In ’n gesprek met mnr Daan Slabbert van Bethlehem, Ere- President van die Genootskap, het die volgende interes - sante stories vasgesteek in die geheue: In die vroeë sestiger jare het dr JG (Kaalkop) van der Merwe gereël dat die Genootskap ’n aantal jong ooie skenk aan die destydse Eerste Minister, Dr Verwoerd, met wie hy goed bevriend was. Met die oorhandiging was al die skenker telers teenwoordig op die plaas “Stokkiesdraai” van Dr Verwoerd, naby Vanderbijlpark. Daar is toe lekker gekuier met die destydse Eerste Minister by die oor - handiging van die ooie. Mnr Slabbert vertel ook van die keer toe hy opgetree het as beoordelaar by die Nasionale Kampioenskappe op Bloemfontein. Een van die hanteerders in ’n ramklas het opmerklik ’n besonder groot paar “gumboots” aangehad. Deur die hele klas kon die beoordelaars nie verby die skoene sien nie, want dit het eenvoudig die voorkwart van die ram versteek. Toe die gidse uiteindelik daarin slaag om ’n plan te maak met die skoene het dit duidelik geword: Die vashouer met die grootste skoene het in opdrag van die vertoner so onversetlik stelling ingeneem om die wegbreekvoorbeen van die andersins gawe ram te verbloem! Deur die jare het telers ongetwyfeld baie waardevolle boererate vergader waarvan beslis ’n handige lys gemaak kan word. Een so ’n kuur is die gebruik van Harlemensis vir nierstene by ramme. Mnr Jan van Biljon gebruik dit jare met sukses. By geleentheid was Jan-hulle saam met vriende op pad Durban toe. Op pad het Jan self effe ongesteld gevoel en besluit om homself te doseer met Harlemensis, die wonderkuur. Onse Jan het egter nie rekening gehou met die alkoholinhoud van Harlemensis nie! In Durban aangekom kon Trix & kie nie met hom huishou nie en sy sin vir die windrigtings was heeltemal onderstebo! Die gesindheid wat daar nog altyd onder ons telers was word miskien die beste weerspieël deur die gediggie wat geskryf is deur oom Wouter Myburgh van Kleinsandfontein, Moorrees - burg in 1982: As ek terugkyk oor 12 mooi jare Roer iets aan my hart se snare En ek wil maar net my hoof ontbloot Om dankie te sê vir sukses so groot Al die vriendskap wat ons tesame kon smaak Het van ons telers een groot familie gemaak Want wie skaars kennisse was, het vriende geraak Ons het geleer dat elkeen van ons het die taak Om van sy stoet ’n nog beter stoet te probeer maak En al kan ons hom nie regtig vervolmaak Om van ons ras die HEEL BESTE RAS te maak. Saamgestel uit ou Joernale, Landbouweekblad bylaes asook persoonlike mededelings.
D A N O L T Dr. Danie Nolte Tel: (013) 665 3455 Sel: 082 772 1361 DELMAS Produksieveiling 27 September 2007 NOLTE STOETERYE 13 Daan Nolte Tel: (013) 665 3444 Sel: 082 446 2076 DELMAS E T L O N ONS TEEL PRESTASIE GETOETSTE, VOL GEREGISTREERDE EN GEKEURDE RAMME. ONS STREEF NA KORREKTE BOUVORM, GOEIE BESPIERING, GOEIE WOL, VINNIGE GROEI- VERMOË EN HOË VRUGBAARHEID.