05.05.2013 Views

2007 Joernaal - SA Vleismerino

2007 Joernaal - SA Vleismerino

2007 Joernaal - SA Vleismerino

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Inhoud

Contents

Official Magazine of the South African Mutton Merino Breeders’ Society - March 2007. Editor: J.E.J. Vosloo

Bladsy • Page

Voorwoord deur President 2

Redaksioneel 4

Ontstaan van die SA Vleismerino 6

Presidente van die Genootskap 14

Raadslede van die Genootskap 20

Amptenare van die Genootskap 22

Stoepfilosofie 30

Nasionale Kampioenskappe 2006 34

Fotogalery 38

Wat’s in ’n naam? en Reproduksie prestasies 40

Hoe lyk die oudste stoet vandag 42

Vanaf Indekse na Teelwaardes 50

Hoekom meerlinge? 52

Strategieë om vleis- en wolproduksie te verhoog per hektaar 54

Kursusse aangebied 63

Fisiologies belangrike tye by skape 64

Ledelys – List of members 68

Veilingsdatums in 2007 – Sales 2007 72

Uitgegee deur : Die Suid-Afrikaanse Vleismerino Telersgenootskap,

Posbus 6342, Bloemfontein, 9300

Fleurmed 4, Barry Richterlaan 128, Fleurdal, Bloemfontein, 9301

Tel.: 051-522 6827 / 8

Faks : 051-522 5662

E-Mail : sammsheep@yebo.co.za

Web pages : http://www.studbreeders.com/samm.htm

& : http://studbook.co.za/society/mutton/index.html

Ontwerp & Uitleg : Handisa Drukkers • (051) 403 8500

Drukwerk : HANDISA MEDIA

Blignautstraat 39, Hilton, Bloemfontein, 9301

Tel.: 051-403 8500, Faks : 051-447 0596

1

VOORWOORD Whellan

Met die invoer van die eerste Duitse Merino skape uit

Duitsland 75 jaar gelede, het niemand ooit

kon dink watter invloed hierdie skaapras

op die Kleinveebedryf in Suid-Afrika

sou hê nie.

Die Suid Afrikaanse Vleismerino

soos ons hom vandag ken is een

van die staatmaker skaaprasse in

ons Kleinveebedryf. Nie net het die

ras ’n groot invloed op die

winsgewendheid van die skaap- en

wolbedryf as suiwer ras om mee te

boer nie, maar ook word die ras gebruik in

verskeie kruisteeltprogramme.

Verder het verskeie rasse soos die Dormer, Dohne

Merino, Afrino en andere hulle ontstaan te danke aan

die Suid Afrikaanse Vleismerino. Almal was van die

begin af gaande oor die vrugbaarheid, goeie

moedereienskappe en groei van die SA Vleismerino

en wou die eienskappe oordra na bogenoemde

sintetiese rasse wat ontwikkel is.

Die afgelope paar jaar is embrio’s ook uitgevoer na

Australië waar alreeds met groot getalle suksesvol

geboer word. Hulle sal sekerlik soos ons na 75 jaar

Simkin - President

vandat die eerste SA Vleismerino’s daar geland het

ook kan terugkyk na die geweldige omwen -

teling wat die ras in hulle Kleinvee bedryf

teweeg gebring het.

Ek wil hulde bring aan die eerste telers

wat die unieke eienskappe van die

ras raakgesien het en deur toe -

wyding en waarneming, noukeurige

seleksie en goeie rekordhouding ’n

uitstekende ras geteel het waarmee

ons vandag ekonomies kan boer en

trots op kan wees.

Ook wil ek graag die volgende mense en

instansies hartlik bedank, naamlik alle vorige be -

stuurders, rasdirekteure, inspekteurs, stoet vee -

dienste, stamboek asook die huidige uiters bekwame

kantoorpersoneel vir die toewyding en lojaliteit

teenoor die Suid Afrikaanse Vleismerino Telersge -

nootskap en sy lede.

Dit is my oorwoë mening dat die SAVM van krag tot

krag sal gaan en in die toekoms met nog beter

rekordhouding en teeltegnieke steeds ’n groot bydrae

sal lewer ten opsigte van die winsgewendheid van die

Kleinveebedryf in Suid-Afrika.

Raadslede : 2006 / 07 Agter: Manie Lombard, Gerrie Muller, Johan Strauss en Gerhard Hartman.

Voor: Jan van Biljon, Fouché Jordaan (vise-president), Whellan Simkin (president),

Gert Albertyn en Danie de Wet.

2

REDAKSIONEEL Jan

Die SA Vleismerino ras kan met reg trots wees op die

belangrike rol wat hierdie uitstaande ras gespeel het in die

skaapbedryf van ons land. Dit was verseker nie ‘n

mak like pad in die beginjare en selfs vandag nie.

Gevestigde belange en senti mente in die wol -

bedryf het die ras van die begin af as ‘n be -

dreiging beskou en uitgekryt as “skeer -

basters”. Sonder danige hulp van univer si -

teite, kolleges, wetenskaplikes en bedryfs -

organisasies moes die genootskap en sy

boere-leiers grootliks op eie stoom met die

onder steuning van slegs ‘n paar kundiges

wat die potensiaal raakgesien het, die ras

vestig en bekendstel in Suid-Afrika.

Danksy genade en toewyding van die stigterslede

en die leiers wat hulle opgevolg het, het die SA

Vleismerino ‘n onmiskenbare bydrae gelewer in die

winsgewendheid van skaapboerdery in Suid-Afrika. Indien

mens objektief na die produksie en winsgewendheid van

skape kyk is dit duidelik dat woldraende rasse wat nie

reeds SA Vleismerino gene geinfuseer het om gewenste

vleisproduksie-eienskappe te bekom nie, na my mening

beslis sal agter raak. Net jammer dat baie wat dit reeds

suksesvol gedoen het nie bereid is om openlik die krediet

te gee vir die SA Vleismerino wat hom toekom nie.

Die vernaamste rede vir die fenomenale groei van die ras in

Suid-Afrika kan toegeskryf word aan die besondere

eienskappe waaroor die ras beskik. Mens is van nature

gekant teen veranderinge, maar wanneer jy die nuwe produk

probeer en beindruk raak deur sy positiewe eienskappe dan

word dit beslis aanvaar, mits jy nie te sentimenteel en

tradisioneel is nie. Sekere omgewings, stelsels en be -

perken de hulpbronne kan egter ‘n demper plaas op die

prestasie van ‘n ras en verhoed dat so ras se volle

potensiaal ontgin word. Met ‘n Vleismerino is ons leuse dus

“hoe meer jy insit, hoe meer sal jy uitkry”.

Dit is met dankbaarheid dat ons terugkyk na die afgelope

75 jaar. Uit ou geskrifte van die genootskap is dit duidelik

dat daar eintlik niks nuuts is nie. Meestal is daar net

klemverskuiwings oor die jare en soms kom mens na ‘n

wyle agter dat jou oënskynlik nuwe idée al jare gelede deur

sommige telers toegepas is en net ‘n bietjie vervaag het

oor tyd. Op voorstel van raadslid Manie Lombard het ons

daarom besluit om hierdie uitgawe te wei aan die

geskiedenis van die ras en erkenning te gee aan almal wat

betrokke was by die SA Vleismerino se ontwikkeling in

Suid-Afrika. Sonder twyfel het baie telers wat bereid was

om rekords aan te teken en ‘n groot liefde vir diere het, die

grootste bydrae gelewer tot die suksesverhaal van die ras.

Skaap en wol deskundiges van BKB het oor baie jare ook

meegehelp om te selekteer vir beter wol en stoetveeveilings

te help vestig en te ondersteun. Later het CMW

begin om velddienste te lewer en is ons tans gelukkig om

4

Vosloo - Rasdirekteur

soveel hulp van die wolmakelaars te kan ontvang. Hierdie

organisasies lewer beide ‘n uitstekende diens om behulp -

saam te wees met inspeksies en keuring van stoet -

skape op plase. Mnr Gerald van Heerden van

die NWKV verdien ook beslis erkenning vir die

vestiging van ‘n Nasionale Vagkompetisie vir

SA Vleismerino wol wat hy organiseer het

vanaf 1985 tot met sy aftrede in 2005. In

die 20 jaar is die telers bewusgemaak van

wol met ‘n gepaardgaande verbetering in

wolkwaliteit van die ras.

Nogmaals dankie aan alle oud presidente en

amptenare van die genootskap vir die bydraes

wat julle vir die publikasie gestuur het.

Besonder dankie aan Manie Lombard vir sy

inisiatief en bydraes om te poog om erkenning te gee

aan alle vorige leiers en ook aan elke teler wat sy beskeie

bydrae gelewer het. Dankie aan elkeen wat bereid was

om met die ras geassosieer te wees en steeds bereid is om

sy deel te doen tot uitbouing in die toekoms. Al die telers

wat adverteer in die Joernaal is staatmakers en finansier

die druk van die Joernaal.

In die jare wat voorlê wil ons graag

fokus op die reproduksie en

vleiseienskappe van die SAVM

met die hulp van dr Buks Olivier

van die LNR. Ons weet dat die

produktiwiteit van die ras as

geheel nog baie verbeter kan word

en wil dit ons doelwit maak.

Dankie aan Dries Reyneke van

“Eloff Lamb Feedlot” wat die foto

van die Kampioen slaglam by

Pretoria skou in 2006 ingestuur het

en baie geluk met die prestasie.

Voorspoed aan u almal vir die jaar

wat eindig met die volmaakte 7.

Mag ons dit eendag onthou, soos

verlede jaar, as ‘n baie geseënde

jaar !!

Jesaja 53:6

“Ons het almal gedwaal soos skape, ons het

elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het

ons almal se sonde op Hom laat afkom.”

maak reg

DIE ONTSTAAN VAN DIE SA VLEISMERINO Manie Lombard

Geskiedkundige agtergrond van die ras

In die 16de eeu het Duitsland Merino-tipe skape ingevoer

vanaf Spanje, waaruit o.a die Saksiese Merino geteel is. Dit

was ’n klein skapie met swak konstitusie en

lae wolpro duksie, hoewel die wolkwaliteit

baie goed was. Toe was wol die hoofsaak. In

dieselfde tyd is ook ’n begin gemaak met die

teel van die Duitse kamwoltipe skaap. Dit

was ook afkomstig van invoere uit Spanje,

maar ’n tipe met ’n beter bouvorm.

In 1860 het die wolprys baie gedaal,

skaapgetalle het afgeneem, en Duitsland het ’n geweldige

populasiegroei ondervind. Die behoefte het ontstaan vir ’n

dubbeldoel ras. In 1866 het Duitsland dubbeldoeltipes

ingevoer vanaf Frankryk en gepaar met Merino ooie met

lang sterk kamwol. Na die eerste Wêreldoorlog het die

strewe na meer vleis sterk toegeneem. Verdere kruisings

van die kamwoltipe met Leicester-, Mele-, en Franse

Dishley skape het uiteindelik die “Fleischwollschaf”

gelewer. Volgens literatuur is die laaste kruisings in 1917

gedoen, en is die destydse Duitse Merino sedertdien

suiwer geteel.

Ontwikkeling van die ras in Suid-Afrika

Na ’n vergadering op 1 April 1930 word besluit dat die SA

Wolraad by die Minister van Landbou sal aanbeveel dat

Mnr. GJ Schuurman, Hoof Skaap-en wolbeampte van die

Unie, oorsee gestuur word. Hy sou talle fabrieke en

verbruikers van SA wol besoek om te bepaal wat hulle

behoeftes is. Terselfdertyd het hy ook verskeie skaaprasse

besigtig en inligting ingewin. Na sy terugkeer maak mnr.

Schuurman in sy verslag melding van ’n aantal kruisteelt -

proewe wat in Duitsland gedoen is met die oog op vleis -

produksie. Die proewe het getoon dat die Duitse Merino

Vleisskaap gekruis met die Merino, die beste resultate

gelewer het. Op aanbeveling van mnr. Schuurman is die

eerste Duitse Merino Vleisskape in Oktober 1932 uit

Duitsland ingevoer na Elsenburg. Dit het bestaan uit die

volgende: 5 ooie en 1 ram (Canitz 667/27) uit die Canitz

stoet; 5 ooie uit Godelitz stoet.

Raampie

Foto: Canitz 667/27.

6

In 1932 is aansoek gedoen om die Duitse Merino te affilieer

by SA Stamboek, maar dit is geweier. In Maart 1936 is die

tweede besending van 6 ooie elk uit die stoeterye Canitz,

Godelitz en Basilitz ingevoer. In Mei 1937 is die ram

Godelitz 761/35 ingevoer. Die ram het robuuste lammers

geteel met baie kemp. Die ram is gebruik tot 1939 en toe

verkoop aan mnr OH Kiessig van Philippolis. Mnre Kiessig

en Shady was van die eerste privaat telers wat ook Duitse

Merino’s ingevoer het. Later het verdere invoere gevolg vir

Mnre Eksteen van Piketberg, en van Zyl van Springfontein

in die Suid-Vry staat.

Vanaf 1939 tot 1945 na die Tweede Wêreldoorlog het die

Duitse Merino getalle in Suid-Afrika nie veel gegroei nie,

ook omdat die ras op daardie stadium baie vir kruisteelt

proewe gebruik is. Ramme is deur Elsenburg aan die

boere uitgegee vir die teel van slaglammers by Merino

ooie, met die voorwaarde dat die nageslag geslag moes

word. Omdat op daardie tydstip na iets anders as die

geplooide Merino gesoek is, het die Duitse Merino x Merino

lammers menige beindruk, met die gevolg dat die ooi -

lammers nie geslag is nie en was dit die vertrekpunt van

die Duitse Merino in Suid-Afrika. Met Elsenburg as die

oorspronlike bron, is die behoeftes van al die boere

aangevul wat voor die oorlog reeds met Duitse Merino’s

begin boer het.

Teen 1946 was daar al ’n aantal privaat telers ook, en is

daar onder leiding van mnr. PJJ van Rensburg van Elsen -

burg ’n Duitse Merino Vleisskaaptelersvereniging gestig op

30 Oktober 1946. Op daardie stadium was die ledetal

7(sewe). Mnr PJJ van Rensburg kan met reg die vader van

die SA Vleismerino genoem word. Hy was later dosent aan

die Universiteit van Stellenbosch. Hy was mede ver ant -

woordelik vir die opstel van die Telersgenootskap se

grondwet, die bepaling van die rasstandaarde en ontwerp

van ’n keurkaart vir registrasiedoeleindes by die SA

Stamboekvereniging. Die ander rolspelers was Prof Swart

van Stellenbosch, mnr OH Kiessig (eerste President van

die Telersgenootskap), en mnr. Boet van Zyl van Spring -

fontein. Die Duitse Merino het in 1951 die eerste skaapras

geword wat by Stamboek geaffilieer het en met ’n

registrasiestelsel vir sy diere begin het. Daar was toe 19

lede met 500 geregistreerde diere.

In 1949 is ’n verdere 20 ooie uit verskillende stoeterye

ingevoer na Elsenburg, asook die bekende ram Hedeper

214. Dit het lank gevat om hierdie besending in Suid-Afrika

te kry omdat alles nog deurmekaar was na die oorlog en alle

invoere moes toe nog via Holland hierheen kom. Pryse vir die

ooie was £25 stuk, en £75 vir die ram. Hierdie skape is

uitgesoek deur Dr. W. Heinichen, destyds inspekteur van die

Duitse Merino Vleisskaap in Duitsland. Hy het in 1950 met die

hulp van ’n Stellenbosse professor na Suid-Afrika gekom. Hy

was aanvanklik werksaam by die Landbou kollege Groot -

fontein, Middelburg. Aanvanklik het dr Heini chen die

vervolg bl. 24

GJS 4035 (George). Aangekoop in 2006 van Mnr.

George Smith vir R31000. Uitstaande wol en bouvorm.

H 5127. Chops (JVB 2135) seun. Hier 14 maande oud

127 kg. Hierdie is ’n ram met ’n besonderse houding.

Hardus en Joey Botha

Sel: 082 413 8426

Vir uitstaande kwaliteit

7

H 5128. Geteel uit Chops (JVB 2135). Hier 14mnde

135kg. Baie goeie bouvorm en goeie wol.

Al hierdie ramme word nou in ons stoet gebruik. Chops (JVB 2135) het besonderse bouvorms

geteel. Hier is ’n paar van sy seuns

H 5158. Chops (JVB 2135) seun. Hier 12 mnde oud

131kg. Uitstaande groeier met ’n baie goeie wol en bou.

inspeksies van die Duitse Merino’s en advies aan die telers

behartig. In 1954 het hy besluit om uit die staatsdiens te

tree en voltyds by die Duitse Merino Telersgenootskap te

werk. Hy het die pos van Tegniese adviseur beklee tot met

sy dood op 1 Maart 1970.

Die laaste Duitse Merino skape wat na Elsenburg ingevoer

is, was in 1954, en wel twee ramme, nl. Roklum 239 en

Hunersdorf 109. Daarna het nog baie invoere gevolg deur

privaat telers, hoewel die direkte invloed van ingevoerde

diere drasties verminder het. In 1960 het 20% van

stoeterye nog ingevoerde ramme gebruik, terwyl dit in die

vroeë sewentiger jare maar 2% was.

Na dr Heinichen se toetrede tot die genootskap het die

Duitse Merino met rasse skrede vooruit gegaan. Mnr Manie

Conradie het sedert 1960 landswyd inspeksies be hartig. Sy

lang reise het hom na elke teler in die land en ook Suidwes-

Afrika geneem. Hy het ’n huishoudelike naam geword in die

bedryf, bemind deur almal, en die keuring was uit die aard

van die saak baie konsekwent. Hulle is goed bygestaan met

die vestiging van die ras deur ver skeie skaap- en

woldeskundiges en ook telers soos die volgende: Mnre Boet

van Zyl van Springfontein; Julius Starke van Muldersvlei; JP

Eksteen van Piketberg; HJ Human van Verkeerdevlei; LP

van Zyl van Winburg; CR de Wet van Dewetsdorp; J Fick

van Caledon; G Slabbert van Bethlehem; SI Goodman van

Malmesbury; dr JG (Kaalkop) van der Merwe van Heilbron

en Charlie Simkin van Dewetsdorp.

Verspreiding van die ras in Suidelike Afrika

Die snelheid waarmee die Duitse Merino deur die land

versprei het, kan goed illustreer word danksy insae wat ons

kon kry in die “dagboek” van wyle oom Charlie Simkin van

Dewetsdorp, een van die bekendste en grootste telers van

daardie tyd.

Hierin word aangetoon dat daar lank vooruit bestellings

geplaas is vir ramme en ooie. Baie van die diere is een -

voudig ongesiens per trein aan die kopers gestuur. Talle

van die kopers was inderdaad persone wat later aangesluit

het by die Genootskap as telers. Soms is ’n deposito van

£ 1 betaal en die res by ontvangs van die ram.

In sy dagboek van 1950 was daar onder meer bestellings

vir die volgende:

1 ram vir AM Slabbert, Riebeeck Wes @ £ 15 – 0 – 0

3 ramme PJ Oelofse, Sterkstroom @ £ 45 – 1 – 6

Later gedurende 1955 selfs bestellings vir ene CJ Strong,

Rhodesië; en ook vir JB Willers, Mariënthal, Suidwes-

Afrika. Nog later is ook 24 Aanhangsel A ooie per trein

gestuur na ene M. Lattery, Karoi, Rhodesië.

Die Riga Stoet het in 1957 die ram Rodenberg 317 vanaf

Duitsland ingevoer. Die ram was die Duitse Wolkampioen

in 1956 en ook die Suid-Afrikaanse Wolkampioen in 1959.

8

Foto: ’n Jeugdige Mnr. Whellan

Simkin by Rodenberg 317

Belangrike voorouers in die Vleismerino bedryf

Vir die entoesiastiese Vleismerinoteler sal die geskiedenis

en stambome van die ras altyd interessant bly. Gelukkig is

’n studie reeds in 1978 deur Dr F de K Kotzè onderneem

om te bepaal watter diere tot op daardie tydstip die grootste

bydrae tot die ras gelewer het.

Omdat Elsenburg die eerste invoerder van Duitse diere was,

het hulle dus as ’n vermenigvuldiger opgetree en baie voor -

nemende telers het hul teelmateriaal vanaf Elsenburg gekry.

Volgens ’n ontleding wat in 1972 gedoen is, was ramme met

groter verwantskappe met die ras: Hedeper 214, E 50103

(seun van Hed 214), Hedeper 010, Rodenberg 317, Roklum

464, CS 6394, Rodenberg 236, DV 304 (seun van 236).

Die situasie is op daardie stadium egter totaal oorheers

deur twee ramme nl. Rodenberg 317 en Rodenberg 236.

Die twee ramme was ook halfbroers. Omdat die ramme se

nageslag so goed presteer het op Nasionale Kampioen -

skappe in daardie tyd, was hul nageslag hoog in aanvraag.

Die hoë verwantskap van Rodenberg 317 met die ras is nie

net toegeskryf aan sy genetiese meriete nie. Die ram is

ingevoer deur die Riga stoet en kon baie nageslag in ’n

betreklik kort periode die bedryf instuur vanweë hierdie stoet

se getalsterkte. Rodenberg 236 daarenteen is deur Paarlklip

ingevoer, en is later met sukses gebruik in die Biesiesfontein

(Boet Venter) en Sharp (Marthinus Roets) stoeterye.

Bo: Mnre Marthinus Roets en Charlie Simkin in hul fleur by

Rodenberg 317.

Loutjie Campher, Posbus 241, Ventersdorp, 2710

Telefoon: (018) 264 2604 • Faks: (018) 264 2035 • Selfoon: 082 255 3037

9

Ons ramme presteer by veldramklubs

Verskeie GDT wenners by Senclomarklub

opgelewer

Die Duitse Merino Versuidafrikaans

Vanaf 1951 het die aanvraag na goeie teelmateriaal so

geweldig toegeneem dat die Hulpstamboekstelsel in die

lewe geroep is. Daarvolgens kon ooie uit suiwer Duitse

Merino ramme op Merino fondament ooie, geregistreer

word in ’n aanhangsel seksie van die SA Stamboek.

Opgradering kon geskied deur geregistreerde Duitse

Merino ramme te gebruik op die aanhangsel ooie, en die

nageslag ooie word dan na inspeksie opgeneem in die

volgende aanhangsel seksie vanaf A tot D. Aanhangsel D

ooinageslag was dan na inspeksie registreerbaar en

opgeneem in die Stamboek register. Hierdie stelsel is weer

in 1954 gestaak nadat daar genoeg ooie daarin

geregistreer was.

Die Duitse Merino is intussen so verbeter in Suid Afrika dat

die behoefte ontstaan het om die ras se naam te verander

om erkenning te gee aan die teeltvordering en ’n eie

identiteit. Daarom is die naamsverandering goedgekeur op

die Algemene Jaarvergadering in Augustus 1970 en het die

ras amptelik op 1 Februarie 1971 die SA Vleismerino

geword met die SA Vleismerino Telersgenootskap.

Vanaf 1957 is gereelde jaarlikse veilings gehou soos ons

dit vandag ken. Die eerste afslaers was John Roderick &

Kie van Bloemfontein. Dit was ook die eerste keer dat

ramme individueel in ’n ring aangebied is soos dit vandag

nog gedoen word. So die ras se leiers was instrumenteel

Pieter Badenhorst & Seun

Posbus 69, Colesberg 9795

Tel 051 - 753 1386 (H)

Tel 051 - 753 0801 (W)

10

SA Kampioen Ramlam 2006

in die ontwikkeling van die moderne veilingstelsel in Suid-

Afrika.

Nasionale Kampioenskapskoue is voorheen net elke vier

jaar gehou op verskillende plekke bv. in 1963,1967,1971,

ens. Elke tweede jaar is in daardie tyd ook Provinsiale

Kampioenskappe gehou waar slegs die skape uit die

betrokke provinsie toegelaat is. Die jaarintervalle het later

verander, want in 1978 is die Nasionale Kampioenskappe

in Pretoria gehou. Tydens hierdie skou het mnr Hennie

Jacobs van Nigel die meeste punte behaal en ’n 1 ton

Isuzu bakkie gewen. In 1984 het mnr Jan van Biljon ’n

Toyota Hilux bakkie gewen nadat hy die meeste punte

behaal het in Bloemfontein. So was daar in daardie jare

baie groter pryse op die spel by skoue as vandag.

As die ruilvoet bekyk word was dit in 1978 nodig om

5000kg skaapvleis te verkoop om die Isuzu bakkie te koop.

Teen 2006 se pryse sal dit 6400kg skaapvleis verg om ’n

gemiddelde 1 ton bakkie te koop.

In retrospeksie na 75 jaar in Suid-Afrika kan die SA

Vleismerino Telersgenootskap en al die telers wat deur die

jare ’n bydra gelewer het met reg trots voel op ’n besondere

en baie mooi skaapras wat geteel is sedert invoere in 1932

tot embrio uitvoere na Australië vanaf 1996. Die na -

vorsingsresultate vanuit Australië bevestig die feit dat

hierdie ras wêreldwyd gebruik kan word tot groot ekono -

miese voordeel.

vervolg bl. 12

Marnesdacht Stoet

Jong Stoetvaar GU 5172

Stoetvaar GU 4209 Stoetvaar GU 4209

Hierdie tweeling en

bostaande 3 ramme is

almal nageslag van

HVN 1104 (plaaslyn)

Jan & Magda Uys

Bus 137, Steynsrus, 9515 • Tel: (056) 471 0865 • Sel: 082 375 9217

e-pos: jgu@compuking.co.za

11

Die verhaal van “Ou Lady” en die embleem

Hierdie foto was altyd as embleem op voorblaaie van Joernale

en Katalogusse gebruik as Duitse Merino’s.

Foto van Ou Lady soos links in

die ronde SA Vleismerino

embleem gebruik sedert 1971.

Al ooit gewonder waar kom die

ooi vandaan wat so trots pryk

op die embleem van die SA

Vleismerino ras? Eer stens is die

feit dat ’n ooi (vroulike dier) op die

embleem ver skyn, an ders as by

meeste ander rasse, tekenend van

die besondere repro duktiewe eienskappe

van ons ras, naamlik hoë vrug baarheid, volop meerlinge en

uitstaande moeder eien skappe.

“Ou Lady”, met die oornommer MANS 704 van 1957, is ge -

teel deur mnr Gert Mans van die Bogema stoet, Boplaas,

Fraserburg. In daardie tyd is nog met diere ouer as 36

maan de ook geskou, en “Ou Lady” was die Nasionale

Kam pioen Ooi in 1963.

Tydens die verkoop van mnr Mans se stoet kort na 1963,

het onder andere die volgende drie telers van die skape

gekoop, nl. mnr Gys de Wet van Hoopstad, mnr Abie Malan

(bekende rugbyspeler in daardie tyd) en dr JG (Kaalkop)

van der Merwe van Heilbron. Mnr de Wet het MANS 704

gekoop, mnr Malan haar tweelingsuster en dr van der

Merwe ’n tweeling ooilammers van 704 (sowat vir

vrugbaarheid!). Mnr de Wet het ’n ramlam van 704 ook self

gebruik in sy stoet. ’n Spesiale paring is toe gereël tussen

704 en ’n ram van dr van der Merwe. Ongelukkig het dinge

skeefgeloop en met die geboorte is die ramlam dood en

kort daarna ook 704 self.

Diegene wat bevoorreg was om “Ou Lady” self in aksie te

sien, getuig dat sy ’n besonderse statige ooi was, wat selfs

sonder ’n vashouer in die skouring gestaan het soos ons

haar vandag nog op die embleem sien,

Kultuur vorm om die ras

Sentraal in die geskiedenis staan die SA Vleismerino

skaap, ’n unieke skaapras, wat al ons betrokkenes op die

een of ander manier gefassineer het. Daarmee saam is

agter elke dier ’n teler, ’n mens, met dieselfde ryke ver -

12

skeidenheid as enige populasie. Dit is juis hierdie be -

sondere gesindheid tussen telers te midde van gesonde

sterk mededinging wat verantwoordelik is vir soveel goeie

herinneringe en assosiasies met die ras.

Daar was natuurlik die paar besondere karakters wat so

baie ekstra kleur gegee het aan die ras en sy aktiwiteite.

Daar was soveel hoogtepunte deur die jare, maar dit sal

waarskynlik gedek word deur die baie waardevolle bydraes

wat ontvang is vir hierdie publikasie.

In ’n gesprek met mnr Daan Slabbert van Bethlehem, Ere-

President van die Genootskap, het die volgende interes -

sante stories vasgesteek in die geheue:

In die vroeë sestiger jare het dr JG (Kaalkop) van der

Merwe gereël dat die Genootskap ’n aantal jong ooie skenk

aan die destydse Eerste Minister, Dr Verwoerd, met wie hy

goed bevriend was. Met die oorhandiging was al die

skenker telers teenwoordig op die plaas “Stokkiesdraai”

van Dr Verwoerd, naby Vanderbijlpark. Daar is toe lekker

gekuier met die destydse Eerste Minister by die oor -

handiging van die ooie.

Mnr Slabbert vertel ook van die keer toe hy opgetree het as

beoordelaar by die Nasionale Kampioenskappe op

Bloemfontein. Een van die hanteerders in ’n ramklas het

opmerklik ’n besonder groot paar “gumboots” aangehad.

Deur die hele klas kon die beoordelaars nie verby die

skoene sien nie, want dit het eenvoudig die voorkwart van

die ram versteek. Toe die gidse uiteindelik daarin slaag om

’n plan te maak met die skoene het dit duidelik geword: Die

vashouer met die grootste skoene het in opdrag van die

vertoner so onversetlik stelling ingeneem om die wegbreekvoorbeen

van die andersins gawe ram te verbloem!

Deur die jare het telers ongetwyfeld baie waardevolle

boererate vergader waarvan beslis ’n handige lys gemaak

kan word. Een so ’n kuur is die gebruik van Harlemensis vir

nierstene by ramme. Mnr Jan van Biljon gebruik dit jare met

sukses. By geleentheid was Jan-hulle saam met vriende op

pad Durban toe. Op pad het Jan self effe ongesteld gevoel

en besluit om homself te doseer met Harlemensis, die

wonderkuur. Onse Jan het egter nie rekening gehou met die

alkoholinhoud van Harlemensis nie! In Durban aangekom

kon Trix & kie nie met hom huishou nie en sy sin vir die

windrigtings was heeltemal onderstebo!

Die gesindheid wat daar nog altyd onder ons telers was word

miskien die beste weerspieël deur die gediggie wat geskryf is

deur oom Wouter Myburgh van Kleinsandfontein, Moorrees -

burg in 1982:

As ek terugkyk oor 12 mooi jare

Roer iets aan my hart se snare

En ek wil maar net my hoof ontbloot

Om dankie te sê vir sukses so groot

Al die vriendskap wat ons tesame kon smaak

Het van ons telers een groot familie gemaak

Want wie skaars kennisse was, het vriende geraak

Ons het geleer dat elkeen van ons het die taak

Om van sy stoet ’n nog beter stoet te probeer maak

En al kan ons hom nie regtig vervolmaak

Om van ons ras die HEEL BESTE RAS te maak.

Saamgestel uit ou Joernale, Landbouweekblad bylaes asook persoonlike mededelings.

D

A

N

O

L

T

Dr. Danie Nolte

Tel: (013) 665 3455

Sel: 082 772 1361

DELMAS

Produksieveiling

27 September 2007

NOLTE

STOETERYE

13

Daan Nolte

Tel: (013) 665 3444

Sel: 082 446 2076

DELMAS

E

T

L

O

N

ONS TEEL PRESTASIE GETOETSTE, VOL GEREGISTREERDE EN GEKEURDE RAMME.

ONS STREEF NA KORREKTE BOUVORM, GOEIE BESPIERING, GOEIE WOL, VINNIGE GROEI-

VERMOË EN HOË VRUGBAARHEID.

PRESIDENTE VAN DIE TELERSGENOOTSKAP

1946 – 1953

OH Kiessig

Philippolis

1971 – 1975

HG Jacobs

Nigel

1953 – 1957

JJ Starke

Muldersvlei

1975 – 1981

D Slabbert

Bethlehem

AANGENAME TYE MET DIE RAS EN SY MENSE

In die Psalms van Dawid lees ons dat dit net genade is as ’n

mens leef tot 70 jaar. Vir ’n menslike wese is dit ’n hoë

ouderdom, maar vir ’n ras soos die S A Vleismerino is 75 jaar

wel ’n mylpaal, maar daar is nog soveel uitdagings oor. Daar

is bykans onbeperkte potensiaal in die jare wat voorlê met

jong en entoesiastiese telers wat voortbou op die beste

teelmateriaal en ’n groeiende mark vir skaapvleis en slag lam -

mers wat die stoetteler se fokus as eindproduk moet wees.

Ek was bevoorreg om van die eerste stoetveilings te kon

meemaak in die jare 1957 – 1958. Die veilings is gehou

deur John Roderick & Kie. Die afslaers het ook die keuring

gedoen en dit het meer gegaan oor die ram se gesondheid

en kondisie. Die rampryse het gewissel van £60 (R120) tot

£200 (R400) vir die top ramme.

Die meeste “Duitse Merino” ramme is destyds met die trein

na die ramveilings toe gestuur. In daardie dae was daar

nog nie Japanese bakkies nie en die Ford en GMC bakkies

het nog nie lugversorging gehad nie.

Raad- en Jaarvergaderings was al die jare tydens die Augus -

tus veilings gehou. Tydens hierdie vergaderings is rasstan -

daar de en basiese beginsels gevestig. Ek kan my goed herin -

ner dat daardie vergaderings nie so rustig was as later jare nie.

Die sukses, groei en vooruitgang van die SA Vleismerino is

vandag nog gebaseer op daardie goeie besluite wat die

fondamente van die ras is. Hiermee wil ek graag hulde bring

aan ons stigters en voorgangers vir hulle goeie werk en dat die

1957 – 1963

CHW Simkin

Dewetsdorp

1981 – 1987

L Goodman

Malmesbury

14

1963 – 1970

WGP Verster

Kroonstad

1987 – 1993

HJ van Niekerk

Kroonstad

1970 – 1971

JP Bosman

Jan Kempdorp

1993 – 2007

CHW Simkin

Dewetsdorp

Goeie Vader altyd die regte leiers op die regte tyd voorsien het.

Net so wonderlik as wat die tegnologie vandag is, dink ek

dat die teler vroeër jare meer kontak met sy diere gehad

het toe geboortekennisgewings met die hand uitgeskryf

was en elke stoetdier ’n amptelike registrasiesertifikaat

gehad het. Ek kry die gevoel dat ’n stoetskaap deesdae net

soos mense ook maar net ’n nommer geword het.

My aangenaamste dae in die landbou was sonder twyfel

die Vleismerino dae. Wat ’n voorreg om telers en skaap -

boere tydens Vleismerino geleenthede te kon ontmoet en

te leer ken. Mense met dieselfde belangstelling en liefde vir

diere. Deur hierdie vriendskappe kon ek op die mooiste

plase in al die streke van ons land kom. Wat ’n voorreg !

Die S A Kampioenskappe was elke jaar ’n hoogtepunt in die

stoetbedryf. Ek was bevoorreg om te kon help met die reëlings

van sommige van die skoue en ook om te beoordeel en saam

te kompeteer. Dit was hier waar die voorste telers mekaar die

stryd aangesê het. As sportmangees ’n maatstaf was by so ’n

geleentheid sou ek ’n getuigskrif vir elke vertoner wou gee wat

in sy eie reg ’n kampioen was.

Vanaf 1970 tot 1980 was daar ’n besonderse groei in

geregistreerde lede, wat meegebring het dat daar ’n groot

behoefte was vir meer kennis oor die SAVM. Kursusse vir

beginners en beoordelaars was normaalweg op Potchef -

stroom gehou. Gedurende die weeklange kursusse is goeie

vriendskapsbande tussen telers ontwikkel wat tot vandag nog

gehandhaaf word.

Kobus en Jaco de Jager

AMERSFOORT

Tel. 017-753 1635 • Sel: 083 320 8924

Ek het dit goed gedink om niemand uit te sonder of name

te noem nie, daar was oor die 75 jaar te veel mense wat ’n

groot bydrae vir die SAVM gelewer het. As ek net dink aan

die afslaer firmas met hul personeel, wonderlike mense en

karakters. Al die bestuurders en keurders verbonde aan die

SAVM asook al die telers en raadslede.

As ek iemand moet uitsonder sal dit ons Hemelse Vader

wees wat oor al die jare die ras en sy mense beskerm en

geseën het. Ons eer Hom daarvoor.

As ek terugkyk salueer ek die SAVM wat so sterk gegroei

het oor die jare wat verby is.

Baie geluk met 75 jaar van genade. Mag julle net

voorspoed en mooi jare vorentoe ervaar.

Daan Slabbert

MET VERLANGE UIT AUSTRALIË

Die tyd gaan so gou verby. Dit is asof dit gister was toe my

vader Sam Goodman, so opgewonde was oor die stigting

van die Duitse Merino Telersgenootskap op Elsenburg. Ek

was net 12 jaar oud en kan nie al die stigters onthou nie,

maar dit was opwindende tye.

Die vooruitsiening van hierdie stigters was nie te vergeefs

nie, inteendeel, dit was die begin van een van ons mees

doeltreffende en pragtige skaaprasse.

Hierdie wonderlike diere was my lewe en hulle het ook

amper my lewe gekos! Kort voor pa se dood in 1986 het

ons skape begin agteruitgaan en dit het jare geneem om uit

Produksieveiling

18 September 2007

16

Ons

trots van

40 jaar!

te vind dat “Roggras vergifting” die oorsaak was. Toe ons

skape en die pasgebore lammers begin vrek het, het ek

ook begin sterf, maar die Here was goed vir my, alhoewel

my droom met my Vleismerino’s in duie gestort het.

My jare op die Raad en later as President was vir my die

grootste eer en het baie plesier verskaf. Later was ek

betrokke by Stamboek, NWKV, skaapteling- en wol -

komitee’s in Pretoria, ens. As gevolg van my werk op die

vermindering van onnodige vet by lammers en strewe na

beter verspreiding daarvan, was ek so gelukkig om Wes-

Kaapse boer van die jaar in 1988 te wees.

Op die NWKV in die Kaap is my voorstel aanvaar om

goedkoop skaapvleis vanaf Australië in te voer. Daar was

buitendien firmas wat besig was daarmee met groot

winste. Ek wou sien dat almal daardie voordeel kon hê met

’n ope invoer van skaapvleis.

Op die groot jaarvergadering in Durban het ’n kaptein

Marais my so op die vloer uitgevreet dat ek onder ’n stoel

wou inkruip, maar my storie was so goed voorberei dat

almal, behalwe die kaptein dit goedgekeur het.

Ek het ook amper pak van die ander skaaprasse gekry toe

ons die duisend rand per jaar vir vyf jaar as borg vir ons

kampioenskappe ontvang het van “Toppers”, die sojaboon

firma. Hulle het een produk ’n skaapvleis smaak gegee en

wou dit saam met ons skoue adverteer. Ek het die Raad

oortuig dat die land se bevolking wat nie “duur” skaapvleis”

Kyk Net SAVM Stoet

Ons doen prestasie toetsing vir wol en groei vanaf die begin van die stoet.

Ons selekteer ook vir vrugbaarheid en melkproduksie.

Top genetika en hoë kwaliteit skape

7 maande oue ramlammers

Weltevrede

Harrismith

Navrae:

Stefan Cloete

082 7738 492

058-7141050

SMC 5020

MICMAR stoet

M i c h i e l & M a r i a a n d e K o c k

17

Taaiboschbult,

Potchefstroom

Tel: (018) 2911 514

Sel: 082 8578 619

mjdekock@iafrica.com

Ramme beskikbaar op die plaas

Kontak of besoek ons gerus!

in daardie tyd kon bekostig nie, darem ’n smakie van

“skaapvleis” sou kon geniet.

Oom Wilhelm Louw van die Dormers en ’n goeie vriend van

my was woedend omdat ons so iets wou aanmoedig – of

was dit die R5000 ! U sal seker die mooi dame onthou wat

“Toppers” se verteenwoordiger was in die Vrystaat.

Ons het ook begin met die Streekskampioenskappe en ons

eerste skou, as ek reg kan onthou, was op Middelburg K.P.

Die skape was te pragtig en ons het meer en beter

publisiteit verdien, maar dit was ’n lekker tyd en ons het dit

geniet om die ras te reklameer. Die Merino telers was

verbaas om die gehalte van ons skape te sien en dat ons

dit kon durf waag om in hulle wêreld te kom skou. Hierdie

skoue in verskillende streke was tot groot voordeel om die

ras bekend te stel.

Daar was die Rasbeoordelaars vergaderings waar ons so

lekker kwaai kon stry oor die beste eienskappe vir die

toekoms van ons ras. Ons het tot laat in die nag KWV,

stories en grappe geniet. Pa en later ek, het ons KWV met

lede van die noorde, vir die lekkerste biltong in die wêreld

geruil. Aangename tye !

Die stygende kostes van Stamboek het gelei tot ons

onttrekking van hulle Vereniging. Die druk op ons lede het

al hoe groter geword. Daardie Augustus was ons

jaarvergadering in ’n groot donker saal van ’n nagklub. Die

luukse boot, die Achilles Laura het die vorige naweek op

die rotse gevaar en gesink, sonder verlies van lewens. Ek

moes die lede vertel van die Raad se besluit en ek sê toe

dat net soos die boot gesink het, so het my posisie en

sitting op Stamboek ook gesink! Die gelag (seker van

blydskap) was so spontaan dat dit aangehou het tot na die

volgende dag se veiling.

Ek het altyd uitgesien na Maans Conradie se besoeke aan

die plaas vir die keuring en sy spyt toe ons skape so siek

was. Hy was altyd aangenaam met goeie advies en mooi

stories van ons ras. Hy het ook altyd melk gedrink na die

etes vir sy sooi-brand !!

Doepie – P J du Plessis, was vir baie jare ons bestuurder

in daardie tye. Hy was baie bekwaam, het almal in die regte

plekke geken en was gretig om behulpsaam te wees. Met

sy hulp en advies het hy my lewe as President so maklik en

aangenaam gemaak. Ons ledetal het verdubbel na 750 in

my tyd.

Ja, dit was sonder twyfel die lekkerste dae van my lewe.

Alhoewel ons baie gelukkig is hier in Sydney met ons vier

kinders, drie kleinseuns en nou tweeling kleindogters

asook baie goeie vriende, verlang ek nogsteeds na my

Vleismerino vriende en my skape.

Ons bid dat u en u families en u vriende goeie gesondheid,

geluk en veiligheid sal geniet.

Groot sukses vorentoe vir die ras, die president en raad,

die bestuurder, dames en al die lede.

Leon Goodman

21/1 Wride street • Maroubra • NSW 2035

AUSTRALIA

18

ALLES IS GENADE

Wat ’n voorreg om vir die afgelope 45 jaar deel te kon wees

van ’n wonderlike ras en ’n groep aangename mense

(telers). My ondervinding was oor die jare dat as jy jou deel

doen, jy altyd aanvaarbaar sal wees.

Die teling en skape het baie verander, maar die goeie gees

onder die telers het dieselfde gebly. Vergelyk gerus ’n

kampioen ram se bou en voorkoms van die sestiger jare

met die hedendaagse en u sal ’n groot verskil sien. Dit het

nie vanself gekom nie, maar inisiatief, die leiding van die

bestuur, die liefde vir die ras en die toewyding asook

deursettingsvermoë van die pioneer telers soos Charlie

Simkin, Boet Venter, George Verster, Otto Kiessig, Leon

Goodman, die van Wyk broers en vele ander, wie se name

nie hier genoem is nie, het ’n groot rol gespeel in die

veredeling van die ras.

Hierdie telers en baie ander telers wat met die jare

bygekom het, was gedetermineerd om ’n sukses te maak

van die teling en bekendstelling van die ras. Deur middel

van skoue en uitstallings is die ras oor die land heen met

groot moeite en ywer geadverteer. Kritiek en negatiwiteit

was daar natuurlik ook maar van buite, maar die positiewe

telers het deurgedruk en die ras het homself bewys in al die

provinsies. Telers het insette gemaak op verskillende

terreine en nuwe telers het voortdurend bygekom en hul

deel bygedra tot uitbouing van die ras.

Instansies wat positief was en bygedra het tot die uitbouing

van die SA Vleismerino was onder andere: Stoetvee -

dienste met oom Dup aan die stuur, Stamboek, Pretoria

Universiteit, Stellenbosch Universiteit, Elsenburg Landbou -

kollege met ’n geslote kudde, Manie Conradie – Inspekteur

vir jare, Nampo, Skoue, elke bestuurder en personeellid

oor die jare asook die huidige Bestuurder en Personeel vir

hoflikheid en puik diens.

Self het ek ook die voorreg gehad om van 1962 af lid te

wees en het op die Raad gedien vanaf 1987 – 1993 as

President van die SAVM Genootskap. ’n Hoogtepunt vir my

was die onversadigbare aanvraag na ramme en ooie die

afgelope jaar asook die uitstekende veilingspryse in 2006.

Manie van Niekerk (Snr)

RAADSLEDE VAN DIE GENOOTSKAP

Raadslede 1975

Agter: Leon Goodman, Martiens Roets, Charlie Simkin, Manie

van Niekerk, ds. P. Griesel.

Voor: Hennie Jacobs (president), Piet du Plessis (bestuurder),

Daan Slabbert (vise-president).

Raadslede 1989

Agter: Leon Goodman, Faan Greyling, Daan Slabbert, Quintin

Campbell (Dept. Landbou verteen woordiger), Clynton

Collett, Frik Swart, Poelie van Huyssteen.

Voor: Charlie Simkin (ere-president), George Latsky (bestuur -

der), Manie van Niekerk (president), Whellan Simkin

(vise-president), Ralph Burls.

Raadslede 1983

Agter: Manie Conradie (rasinspekteur), Ralph Burls, Daan

Slabbert, Clynton Collett, Martiens Roets.

Voor: Piet du Plessis (bestuurder), Leon Goodman (president),

Manie van Niekerk (vise-president).

Inlas: Charlie Simkin en Lood Mienie.

Raadslede 1995

Agter: Johan Strauss, Frik Swart, George Latsky (bestuurder),

Clynton Collett, Jan van Biljon, Gert Albertyn,.

Voor: Daan Slabbert (ere-president, Ralph Burls, Whellan

Simkin (president), Faan Greyling (vise-president),

Manie van Niekerk) (ere-president).

Inlas: Leon Goodman (ere-president).

Raadslede 2000

Raadslede 2006

Agter: Johan Strauss, Danie de Wet, Clynton Collett, Gerrie Agter: Johan Strauss, Manie Lombard, Jan Vosloo (bestuur der),

Muller, Fouché Jordaan

Gerhard Hartman, Gerrie Muller.

Voor: Jan van Biljon, Manie van Niekerk (ere-president), Voor: Danie de Wet, Fouché Jordaan (vise-president), Whellan

Whellan Simkin (president), Gert Albertyn (vise-

Simkin (president), Gert Albertyn, Jan van Biljon.

president), Faan Greyling.

20

SA Kampioen ooilam 2006

Danie & Ria de Wet, Petrus Steyn

Tel (058) 871 3248 Sel: 082 804 6420

RDW 2376 – Top Stoetram doen goed by verskeie telers (Het R42 000

behaal op Bloemfontein Veiling 2004)

RDW 2528 – (Vrystaat) Is verkoop vir

R32 000 by ons Produksieveiling 2005 en

in 2006 was 60% van ons veilingsramme

sy nageslag.

Good Muscling & Excellent Wool

6 Sept. 2007

Produksieveiling

SA Senior en Reserwe Kampioen Bouvorm ramme in 2005

RDW 3520 is vir R40 000 verkoop by Nampo 2005 en RDW 3474 is

verkoop vir R45 000 tydens Bloemfontein Veiling 2005.

Ons strewe na ’n balans tussen wol & vleis

21

We strive to breed a truly dual purpose

sheep with high fertility, good

mothering ability and adaptability.

DIE EERSTE AMPTENAAR VAN DIE

GENOOTSKAP

Ons streef om 'n ware dubbel-doelskaap

te teel, met hoë vrugbaarheid,

goeie moeder eienskappe en

aanpasbaarheid.

Charles and Friedel Ekron

"Glengarry", P.O.Box 283, Barkly East, Eastern Cape.

Phone 045-974 9238 Cell 072 425 5434

AMPTENARE VAN DIE GENOOTSKAP

Dr. Wolfgang Heinichen (1954 - 1970)

Hy het na 20 jaar se ondervinding met die Duitse

Merino vleisskaapras in Duitsland hom in Suid-Afrika

gevestig. Hier was hy van 1954 tot 1970 betrokke by

die genootskap as tegniese adviseur. Hy het ’n

geweldige bydrae gelewer in die opbou en die

verspreiding van die ras in Suid-Afrika. ’n Handleiding

is ook deur hom opgestel wat baie waardevol vir die

bedryf was.

BEPEINSING Piet du Plessis (1958 - 1987)

Dit is nou byna 70 jaar gelede wanneer ek met die

Duitse Merino – tans S A Vleismerino, kennis gemaak

het, en nog steeds op die hart dra. Daar is seker min

oorlewendes wat die pre stasie met my kan deel. Die

oproep om ’n by drae te lewer tot die spe siale

joernaal is vir my ’n groot voorreg en bied aan my die

geleentheid en bevredig die on weer staan bare be geer -

te om weer op die ou paaie te ry. Nou wonder ek of dit

vir ander mense ook be langrik is om terug te draai na dit

wat eenmaal was. Selfs al is dit net om te ont dek wie en wat jy intus -

sen geword het. Sommige dinge gaan verby om nooit terug te kom

nie. Daarom is dit goed dat ons sal let op die omstandighede tans en

die dinge wat ons nou het. Ek is huiwerig om dit te doen, want ek is

geneig om oor my skouer te loer na dit wat eenmaal was. Die jare

wat verby is kom egter nooit terug nie. Hulle is verdor en deur die

gisterwinde verwaai. Dit sal dus gepas wees om in hierdie joernaal

22

terug te kyk en in eerbied hulde te bring aan die ontslape stigterleiers

van die Genootskap, naamlik :

Otto Kiessig – Philippolis - 1946 - 1953

Julius Starke – Muldersvlei - 1953 - 1957

Charlie Simkin – Dewetsdorp - 1957 - 1963

George Verster – Kroonstad - 1963 - 1970

Ander ontslape pioneers wat ek in herinnering kan roep is : Hannes

en Boet Venter - Dewetsdorp, Kraan de Wet - Dewetsdorp, Hennie

Jacobs - Nigel, Boet Human - Verkeerdevlei, Lourens van Zyl -

Winburg, Piet Bosman - Jan Kempdorp en andere. Leon Goodman,

tans woonagtig in Australië, was die baanbreker om die naam vanaf

Duitse Merino te laat verander na S A Vleismerino. Hierdie aan be -

veling is deur die lede by die Algemene Jaarvergadering in 1970

goedgekeur en die naam is verander vanaf Januarie 1971.

Om terug te keer na my lang verbintenis met die Ras soos in die

begin van die skrywe genoem, net die volgende. Mnr G J Schuur -

man, die skaap en wolbeampte van die destydse department van

Landbou, het ’n aanbeveling gemaak dat Duitse Merino’s vanaf

Duitsland na Suid-Afrika ingevoer moet word. So is ’n ram en 10

ooie in 1932 deur die Departement Landbou, vir proefdoeleindes

ingevoer en te Elsenburg gestasioneer. Dit is bekend dat mnr Piet

van Rensburg, vakkundige beampte op Elsenburg, in beheer van

die onderneming was, en ’n uitstekende kudde Duitse Merino’s

daar opgebou het. Ek het êrens gelees dat mnr van Rensburg

geskryf het dat hy heftige teenstand van die Merino telers en

wolbedryf ondervind het, selfs persoonlike aanvalle het nie weg -

gebly nie. Hy was beskuldig dat hy die Merino wou uitroei, waarop

hy geantwoord het, ek haal aan “Dit was nie my doel om die

Merino’s seer te maak nie. My strewe was om ’n Vleiswol skaap

vir die Westelike Provinsie te ontwikkel”. Privaat invoere van

vervolg bl. 23

Duitse Merino’s het gevolg. Na die beste van my wete was mnr

Otto Kiessig van Philippolis die eerste privaat teler wat in 1934

Duitse Merino’s ingevoer het.

My Vader het in die distrik Colesberg geboer, aangrensend aan

Philippolis. Ons en die Kiessigs was huisvriende. My moeder en

Henriette Kiessig, Otto se vrou, was intiem bevriend en het

dikwels telefonies met mekaar gepraat. Dit was nog die ou groot

“Box Telefone” wat teen ’n binnemuur in die huis gemonteer was

en met ’n slinger toegerus was. Om die sentrale te kry moes jy die

slinger lank aaneen draai. Ek kan nou nog na 70 jaar onthou hoe

my moeder die slinger wat so ’n sing-geluid gemaak het, gedraai

het om die sentrale te kry. As sy opkom hoor ek haar nog as sy

sê “Exchange kry vir my die Kiessigs van Philippolis op die lyn”.

So het ons te hore gekom van die Duitse Merino skape wat Otto

Kiessig ingevoer het. Natuurlik het ons gaan kyk met my pa se

1928 Chevrolet.

Ons was baie beïndruk met die skape. Oom Otto, soos ek hom

genoem het, het aan my gesê “Pietman ek sal eendag vir jou ’n

ramlam persent gee”, wat hy ook gestand gedoen het. Hoe min het

ek daardie dag in 1934 geweet dat ek 24 jaar later die Sekretaris

van die S A Vleismerino ras sou wees en later ook die Bestuurder.

Op 1 Augustus 1958 word ek aangestel as Assistent Sekretaris van

die S A Stamboekvereniging wat toe die Genootskap se sake

behartig het. Die pligte van die Sekretaris van die Genootskappe

onder Stamboek se bestuur word aan my delegeer en op 1

Augustus 1958 sit ek in op my eerste Raadsvergadering en op die

aand van 3 Augustus 1958 op die Algemene Jaarvergadering

onder voorsitterskap van wyle Charlie Simkin.

In die daaropvolgende twee jaar groei die Genootskap so vinnig

dat mnr Manie Conradie in 1960 aangestel word as tweede

inspekteur om dr Wolfgang Heinichen, die tegniese adviseur by te

Besoekers altyd welkom :

vir navrae kontak :

Loutjie Hanekom

Posbus 142, CERES, 6835

Tel: 023 - 313 3331 • Sel: 082 5782 166

E-mail: chrislou01@telkomsa.net

chrislou01@telkomsa.net

PRESTASIES:

Wes-Kaap Kampioen Wolooi 2006

Afgelope 3 jaar onder die voorste drie verkopers by Wes-Kaap veiling

staan. Hulle eerlike en nougesette diens en hul gewildheid by die

telers en die departement het grootliks bygedra tot die populariteit

en fenominale groei van die Genootskap.

Ek was deur die jare as Hoof van Stoetveedienste baie bevoorreg

om altyd ’n sterk en toegewyde personeel te kon handhaaf sonder

noemenswaardige traumas. Tog wil ek een insident noem wat u

interessant sal vind. Op ’n dag in 1968 klop daar ’n dame by my

aan op soek na klerikale werk. Sy was baie mooi en netjies

aangetrek met ’n kort, baie kort wit mini rompie. Met die eerste

oogopslag het ek gedink dit is ’n trompoppie wat kom kollekteer.

Die nooientjie was Zenobia Lloyd, vandag nog ’n dame in diens

van die S A Vleismerino Genootskap. Na ’n paar jaar in my diens

het sy begin siek word. Ek dink dit was in 1973. Siek, baie ernstig

siek aan “Lupis”. Sy was naderhand so swak dat haar man haar

die trappies na haar kantoor moes opdra. Maar werk toe kom sy.

Dit is toe op daardie stadium dat ek ingryp en vir haar sê tot sover

maar nie verder nie. Jy gaan nou doen wat ek sê. Ek het haar stadig

begin molasses voer. Ja – u het reg gelees. Die gewone rou swart

molasses wat vir dierevoeding gebruik word. Geleidelik het haar

kleur teruggekom en binne drie maande was sy genees. Ek hoop sy

gebruik nog haar teelepel vol met warm water vroeg oggende.

Dit was lekker om so op die ou paaie terug te ry en ’n paar herin -

neringe met u te deel. Solank ons herinneringe het, bly gister by ons

en solank ons hoop het wag môre op ons. Solank ons kan liefhê en

liefgehê word en solank ons vriende het bly vandag nog wonderlik.

Ek moet my nou losmaak van die onthou van vergane glorie en

terugkeer na oudag se alleenbly en sy seerkry.

Groetnis

Piet du Plessis (PJ)

23

vervolg bl. 24

Gebore op 22-07-1921 • Aftgetree op 31-12-1987 • SAVM open

eie kantoor op 2-1-1988. Woon in Serenitas aftree-oord 108,

Genl. Hertzogstraat 51, Bloemfontein • Tel: 051 – 436 1911 • Sel:

082 495 0217

DRIE DEKADES SAAM MET DIE GENOOTSKAP

H.J (Manie) Conradie (1960 - 1990)

Onder die bekwame leiding van wyle Dr Wolfgang

Heinichen, eertydse hoof van kleinvee in Duitsland, het

ek my werk saam hede by die SA Vleis merino Genoot -

skap (eers bekend as Duitse Merino Vleisskaap)

begin. Spoedig het ek die waarde van die voorheen

onbekende skaapras besef. Die ras het hom spoedig

bewys as goed aanpasbaar, vrugbaar en met goeie

moe dereien skappe. Ons het te lers, wat aan die begin

nog yl versprei oor die land was, besoek, waar van die

mees te in die Westelike Pro vinsie was.

Die mees bekende telers aan die begin was Elsen burg Landbou kol -

lege onder leiding van die alombekende Piet van Rensburg. Dieselfde

tyd het mnr Otto Kiessig van Phillippolis ook skape inge voer en

daarmee begin boer. Op hulle hakke het gevolg:

• Mnr Hannes Eksteen – Piketberg.

• Sir De Villiers Graaff van die bekende plaas – De Grendel –

naby Kaapstad. Hy was ook ’n groot Friesbees teler.

• Mnr Jan Fick van Caledon wat ’n groot stoet gehad het.

• Mnr Sam Goodman die vader van die bekende Leon

Goodman van Malmesbury.

• Mnr Japie Wiehahn van die Paarl en later van Caledon.

In die Vrystaat was daar behalwe mnr Kiessig ook die volgende

telers:

• Mnr H J Venter en sy swaer mnr Kraan de Wet van De wets -

dorp.

• H J (Boet) Human van Verkeerdevlei.

• Mnr Lourens van Zyl van Winburg.

• ’n Baie presiese boer met ’n goeie rekordhouding en respek

vir ander se sienswyse en raad was mnr Johan Theunissen

van Hoopstad (wat ook ’n bekende Afrikanerbees teler was).

• Dr J G (Kaalkop) van der Merwe van Heilbron was ’n baie be -

kende en prominente besigheidsman en stoetboer (ook Jer sey -

beeste geteel) wat in die begin stadium asook daarna gesorg het

vir groot vooruitgang van die ras. Hy het heelwat skape in ge voer,

gereeld op skoue die ras vertoon en hul goeie eien skappe

bekendgestel terwyl daar ook gereeld artikels en foto’s van hom

en sy uitstaande skape in landboutydskrifte verskyn het.

Al bogenoemde telers sowel as ander wat met die jare bygekom

het, het van hulle teelmateriaal aan beginners verkoop, wat soms

nie na wense was nie.

Aangesien vroulike diere skaars was is daar hoofsaaklik met kruis -

ooie (aanhangsel A,B en C) begin en by stoetramme gebruik. Na die

derde generasie kon die vroulike diere wat aan die standaarde

voldoen het, geregistreer word. Die metode het die getalle vinnig laat

toeneem wat uitbreiding en ontwikkeling verhaas het.

Aan die begin van my betrekking by die SA Vleismerino Genoot -

skap was die ras slegs 30 jaar in die land met klein getalle telers

en skape. Ek het dit toe my ten doel gestel om die ras kwantitatief

en kwalitatief uit te brei tot een van die grootste geregistreerde

rasse wat affiliasie met SA Stamboek gehad het. Daarin het ek

redelik geslaag, aangesien daar op een stadium slegs twee

goedgevestigde beesrasse was wat meer registrasies per jaar as

die Vleismerino’s verkry het. Waar dr Heinichen en ek in die begin

stadium ongeveer 100 telers per jaar besoek het en ongeveer

2000 skape goedgekeur het (aanhangsel A, B, en C ooie se

nage slag ingesluit), het ek die jaar van my uittrede, met die hulp

van BKB veldbeamptes wat ek opgelei het, 30 000 skape vir

registrasie goedgekeur. Die ledetal was meer as 700.

Om die mikpunt te bereik was my hoofdoel om elke teler in die

land wat inspeksie of advies verlang het, te besoek en hulle jaar

24

oue skape vir registrasie goed te keur en probleme of ongeluk -

kighede, indien enige, op te los. Ek het met inspeksies en onder -

vin ding van ’n vorige geregistreerde ras al besef dat persoonlike

kon tak alle ander advertensies oortref. Voorts moes ek ras stan -

daarde opstel en vestig en advies in verband met teling, voeding,

gesondheidsorg, bestuur, ens. gee.

Die hou van rekords is baie beklemtoon, waarsonder seleksie nie

doeltreffend kan plaasvind nie. Hoewel die ras uitstaande eien -

skappe gehad het, maar ook swak oorerflike foute, moes daar ge -

poog word om die foutiewe oorerflike faktore soos veral kriptor -

chidisme, wat baie voorgekom het, asook kleur in dele waar wol

voor kom, swak wol, kemp, kortbekke en swak bene te elimineer.

Die sterk ekonomiese eienskappe moet behou en verbeter word

en met die regte uitgesoekte aanteeldiere vasgeteel word.

In die begin was daar groot dele van ons land waar die ras heel -

temal onbekend was. Verskeie van ons stoettelers het in daardie

tyd van hulle skape na skoue toe geneem in dele soos die ou

Wes-Transvaal, Oos-Transvaal en Natal. Belangstelling in die ras

was van die begin af positief wat tot gevolg gehad het dat alle

veilings in daardie dele, van die begin af suksesvol was.

Kort kursusse en boeredae is oor die hele land, gewoonlik saam

met Landbou-beamptes en Landboukolleges aangebied met die

gevolg dat die ras in ’n kort tyd wyd versprei het. Met die toename

in getalle kon seleksie strenger toegepas word wat teelvordering

versnel het. Na die dood van wyle dr Heinichen in 1970 moes ek

al die inspeksies, advertensies en inligting alleen behartig.

Dit het behels

1. ’n Jaarlikse besoek aan die telers wat inspeksie van jaaroud

skape verlang het.

2. Kort kursusse en boeredae vir telers en voornemende telers

in samewerking met Landboukolleges en Boereverenigings.

3. Beoordeling by skoue.

4. Skryf van artikels vir publikasie in landboutydskrifte veral die

Landbouweekblad waarin verskeie bylaes oor die SA

Vleismerino skaap verskyn het..

5. Inligting per brief of pamflet aan persone wat inligting oor die

ras verlang het.

6. Bywoning van veilings oor die hele land vir advies by die

aankoop van teelmateriaal asook die afkeur van skape wat

nie geskik vir teeldoeleindes was nie.

Die Navorsings Instituut vir Wol en Tekstiel in Port Elizabeth het in

die tydperk ook navorsing op SA Vleismerino wol, van wolmonsters

oor die hele Republiek, gedoen. Die hoof van die Instituut het my na

die resultate verkry is, meegedeel dat die SA Vleismerino wol die

eenvormigste is van al die woldraende rasse in die land. Hulle het

gevind dat die uitstaande eienskappe van die SA Vleismerino wol is

die staankrag en elastisiteit wat verkry word deur die oorgekartelde

eienskap wat tot gevolg het dat die wol uitstekend is vir vermenging

met die sogenaamde papwol bv. merinowol en uitstekend is vir

breiwol. As gevolg van bogenoemde eienskappe is die materiaal

wat daaruit vervaardig word ook kreukeltraag en nie pap nie. By

tentoonstellings was die eenvormige bouvorms van skape oor die

hele land net so opvallend.

Wat het ek oor die jare geleer deur ondervinding en kontak

met telers van SA Vleismerino’s:

1. By die aankoop van teelmateriaal - koop die beste met die

beskikbare geld.

2. Moenie dat sentiment ’n rol in seleksie speel nie.

3. Teling en voeding moet hand aan hand gaan – die een moet

nie die ander oorheers nie. Dit neem 4 tot 5 keer soveel

energie om een kg vet in plaas van vleis te produseer. Met

daardie oorvet skaap kan 3 tot 4 ekstra skape met dieselfde

voer aangehou word.

4. Raak vroegtydig van prulle of on-ekonomiese teelmateriaal

ontslae.

vervolg bl. 26

Jan Haasbroek

Erfdeel • Bus 46, Hoopstad • Tel: 053 - 444 1749 • Sel: 082 466 8319

Ons konsentreer op robuuste, goed bespierde

diere wat vinnig groei

Hoogste prys Hoopstad 2006

Besoekers

Welkom

25

Hoogste prys Wolmaransstad

2006

5. Laat jou medeteler of skaap en wol beampte ten minste een

keer per jaar jou kudde deurgaan. Daar mag bewuste en onbe -

wuste tekortkomings in jou stoet wees. Van die bewuste terkort -

komings kan maklik ontslae geraak word, maar nie van die

onbewuste tekortkomings nie, want jy sien dit nie raak nie. Dit is

dan wanneer die hulp van die Telersgenootskap se tegniese

raadgewer of skaap en wol beampte, wat geen sentiment in jou

stoet het nie, die grootste bydrae tot jou sukses kan lewer.

6. Van die vele goeie eienskappe van die ras is daar 3 eienskappe

waarop die hele wins of verlies van die teler berus.

(a). Vrugbaarheid: Onvrugbare diere is die einde van enige

teelpoging. Prul hulle oombliklik asook ooie wat nie

gereeld lam nie. Tweelinge is ’n bonus indien die voeding

voldoende is. ’n Ooi met ’n tweeling werk immers twee

keer so hard soos ’n ooi met een lam. Onvrugbare ramme

of ramme met ’n swak libido en ramme wat nie dekbe -

hendig is nie, moet geëlimineer word.

(b). Moedereienskappe: Vrugbare ooie wat nie hul lam of

lammers aanvaar of nie genoeg melk het nie, moet

uitgeklas word.

(c). Aanpasbaarheid: Vrugbare ooie met nageslag wat by

voerkrip of baalvoer moet staan om aan hulle doel te

beantwoord is geen bate indien hulle nie in gewone

veld of weiding kan produseer of in die algemene

omgewing kan aanpas nie. Prestasietoetsing word al

meer toegepas, maar is van geen waarde indien

bogenoemde 3 eienskappe nie inaggeneem word nie .

Ooreflikheid: Gelukkig is bogenoemde eienskappe rede -

lik oorerflik veral vrugbaarheid is goed vasgeteel in die ras.

Volgens navorsing is die volgende ekonomiese eien -

skappe die meeste oorerflik in ’n skaapras.

(1). Groote.

(2). Lengte van lyf.

(3). Wol.

Die neiging is soms om ’n korter, slagskaap te teel omdat dit

gouer slaggereed is. Dit het jare vir die “slim mense” geneem om

te besef hoe langer die slagdier is hoe meer duursame snitte, wat

die rug en lende insluit, word bevat. Alhoewel die korter karkas op

’n sekere ouderdom beter aan die haak gaan gradeer as ’n lang

een sal die korter karkas nooit die lang karkas met ’n laer

gradering, maar swaarder in gewig, met inkomste oortref nie.

Dan het ek ’n klip in die bos te gooi.

Daar is vir baie jare gespog met die SA Vleismerino se sappige

en geurige vleis wat nie ’n gelokaliseerde vetaanpakking het nie,

maar gemarmeriseerde vleis – dit is vleis wat deurweef is met vet.

Al manier om van die oortollige vet ontslae te raak is om die vleis

te braai of bak. Die gesondste vleis is van diere met gelokali -

seerde vetaanpakking waar die oortollige vet maklik voor gebruik

verwyder kan word bv. ’n vark. Bemark dus Vleismerino’s as lam -

mers – definitief nie as vetgevoerde skape nie. Die ras is immers

hoofsaaklik vir slaglamproduksie geteel.

Inspeksie dae

Met my inspeksie reise oor die hele land het ek hoofsaaklik by

telers oornag waar ons die aande tot laat oor SA Vleismerino’s

gesels en advies, inligting en aanbevelings bespreek het.

Nieteenstaande die lang ure en min slaap het ek dit geniet om

met die gasvrye en vriendelike telers in ’n landelike omgewing te

werk. Ek was bevoorreg om die hele Republiek deur te reis met

al sy diversiteit en interessanthede en diverse tipe boerderye te

sien en informasie daarvan in te win.

Van die jaarlikse besoeke is daar sommige wat ek nie sal ver -

geet nie:

1. Die besoek aan die groot gentleman wyle Sir de Villiers Graaff

wat elke jaar na die ontvangs van my kennisgewing van

26

besoek, ons kantoor geskakel het en vir die bestuurder gevra

het om ’n boodskap aan my oor te dra dat ek die middag van

my besoek aan sy plaas De Grendel, saam met hom op die

plaas moet eet. Dit was een van my aangenaamste besoeke

om vir ’n paar uur saam met so ’n intellektuele belese man met

wye ondervinding te verkeer. Ons het heerlik saam aan die

eettafel gesels waar ek natuurlik van sy spog wyne ook moes

proe. Na die besoek was ek altyd laat vir die volgende besoek.

2. ’n Ander besoek wat my ook sal bybly was die besoek aan

Stokkiesdraai, die bekende plaas van wyle dr HF Verwoerd. Dit

was met die geleentheid toe sommige van die telers geskenkte

stoet SA Vleismerino’s aan hom oorhandig het. Hy en sy gade

het ons soos ou vriende ontvang en het daarna tussen ons op

die grasperk beweeg en gesels en sonder irritasie na elke een

se boerdery wyshede geluister. Na ’n heerlike ete en ons beste

wense aan hom met die stoetteling, het hy die telers wat skape

geskenk het hartlik bedank en die Genootskap alle sukses met

die voortbou van die ras toegewens. Daarna het hy en sy gade

elkeen van ons persoonlik gegroet waarna ons vertrek het.

3. ’n Derde aangename herhinnering was toe Leon Goodman

van Malmesbury tydens my besoek aan hom, vir my en sy

ouers op uitnodiging van wyle mnr Charlie Simkin (in die tyd

Parlementslid vir Smithfield), na die Parlementsgebou in

Kaapstad geneem het. Eers het ons in die Parlementsgebou

waar die Parlement in sitting was, na toesprake van dr van

Zyl Slabbert en wyle mnr P W Botha geluister. Daarna is ons

deur mnr & mev Simkin in die parlementsgebou op ’n heer -

like middagmaal getrakteer.

4. Dit was ook ’n voorreg om elke jaar naby Riebeeck-Wes by

die geboorteplekke van wyle dr D F Malan en Generaal Jan

Smuts, wat albei ’n groot rol in ons land se geskiedenis

vervul het, verby te ry.

Ten slotte wil ek net aan al die telers beklemtoon dat in vandag se

lewe kry ’n mens nie iets vir niks nie. Daarvoor moet gewerk word.

Doelgerigte beplanning en bestuur is die basiese beginsel ter

bereiking van enige ideaal.

Gebruik L S D in die regte vorm, naamlik:

(1). Liefde – vir die ras en tipe boerdery.

(2). Stabiliteit – wees standvastig en doelgerig.

(3). Deursettingsvermoë – moenie dat terugslae jou onderkry nie.

Die sukses van enige teler of boer hang af van die objektiwiteit en

effektiwiteit in die boer se beplanning en bestuur vir produksie,

wat eerstens in harmonie met sy omgewing moet plaasvind,

tweedens nie ten koste van die hulpbronne moet geskied nie en

derdens ekonomies gesond moet wees.

Indien bogenoemde nie toegepas word nie help die natuur so ’n

persoon vinnig aan om ten gronde te gaan.

Alle sukses met julle ondernemings en egte Vleismerino groete.

Foto van die rustige tweeling ooi ingestuur deur Manie Conradie

vervolg bl. 28

GLH

3152

Gerhard & Joey Hartman

Tel: 056- 213 1480 (H) • Tel: 056- 212 4275 (W) • Sel: 082 550 7196 • E-mail: ghartman@drl.co.za

Bus 26, KROONSTAD, 9500

27

A PERIOD OF TRANSITION

John Ronald (1987 - 1988)

It was indeed an honour for me to be appointed as

Manager of the S A Mutton Merino Breed Society in

January 1987.

So, filled with enthusiasm and total faith in the breed

I was about to manage, pro mote

and expose to it’s rightful position

as the most ver satile breed in

South Africa, I arrived in Bloem -

fontein and took up office at Pedstock services,

who admi nistered the Breed Society.

It was not long before I de tec ted a certain

amount of animosity amongst many bree ders

who felt that the So ciety should become autonomous a n d

handle their own affairs similarly to other leading sheep breeds. This

feeling was gaining mo men tum with many un official meetings being

held in various regions.

One of my projects in my first year was to pu blish a “Prestige”

S A Mut ton Merino Jour nal. The response was over whelming from

both the stud breeders and the commercial sector. This journal

was published in November 1987.

In the meantime this discontent among the breeders continued to

spread and after favourable response from the S A Stud Book

Association and other organizations, the council of the S A Mutton

Merino Breed Society announced that they were terminating their

association with Pedstock Services at the end of November 1987.

We immediately started preparations for our new offices. The

Central Agricultural Society offered us their Boardroom and other

offices, which we gratefully accepted and in January 1988 we

officially opened our new S A M M Breed Society offices.

The next project was the preparation for the S A National

Championships to be held in March 1988. The response from our

sponsors was overwhelming and it is here that I wish to pay

tribute to my dear friend, the late Jimmy Maritz, for his umending

support and sincere friendship. Many valuable prizes were

received including a Ford bakkie from the Ford Motor Company.

The show was a resounding success which was made possible

by the support of the breeders.

In May 1988 my previous employer offered me a position I could

not refuse and it was with much trepidation that I terminated my

services, leaving many happy memories and proud of the fact that

the Breed Society was now fully autonomous and fully

responsible for it’s destiny.

S A VLEISMERINO 75 JAAR George Latsky

Bestuuder vanaf 1 November 1988 – 30 Junie 1998

Soveel kundiges en uitstekende stoetboere het deur

die 75 jaar van die bestaan van die ras gekom en

gegaan en bydraes tot die S A Vleismerino gelewer.

Die een enkele faktor wat al duid eliker word is dat

lank nadat ons nie tige mense nie meer daar sal wees

nie, die ras steeds sal bestaan en groter en nuwe

hoog tes sal bereik.

Vele doemprofete het voor spel dat indien die ras nie tred hou

met ander rasse en BLUP op groot skaal begin toe pas nie, die ras

agter gaan bly. Vandag blyk dit dat die S A Vleismerino se sukses as

dub bel doel ras, ongekende hoog tes be reik het en teelmateriaal baie

hoog in aanvraag is, met meegaande hoë pryse. Wie sou ’n klompie

jare gelede kon droom dat vir kommersiële ooie R1600-00 betaal sou

word.

Ek wil hulde bring aan groot geeste wat elk op hul eie manier groot

bydraes tot die bedryf gemaak het en wat nie meer daar is nie, soos:

Wouter Myburgh, Japie Wiehahn, Charlie Simkin, Faantjie Greyling,

Gawie Swart, Nico Louw, Martiens Roets en vele ander. Wie sal

28

daardie manne wat soveel jaar met sukses op die raad gedien het,

as president of as toegewyde raadslid van die genootskap en wat

jammerlik nie meer in die stoetbedryf is nie, ooit vergeet soos Clynton

Collet, Leon Goodman, Daan Slabbert, Frik Swart en Ralph Burls.

Behalwe genoemde telers wat hul merk gemaak het, was daar in

die bedryf heelwat amptenare wat eweneens ’n groot rol gespeel

het in die ras se sukses. Wie sal ooit Jimmy Maritz se reuse

bydrae oor baie jare met reklame, skoue, veilings en borgskappe

vergeet. Hy was maar net altyd betrokke en het sy kundigheid

nougeset vir die ras aangewend. Namakwa Dreyer het die telers

en presteerders van die ras op die punte van sy vingers geken en

was myns insiens die beste stoetvee afslaer wat ooit op die

Vleismerino rostrum was. Oom Boet Klopper sou sy alles vir die

ras gegee het en het vele kursusse aangebied. Baie van die

skaap en wol deskundiges het groot bydraes gemaak terwyl

ander meer die wolrasse aangehang het.

Gedurende my tyd as rasdirekteur het ek diep beindruk geraak

deur die goeie vriendskapsbande wat tussen S A Vleismerino

telers bestaan. Die pragtige manier van saam deelneem aan

aktiwiteite, lekker saam kuier sonder dat iemand hom ooit

wangedra het en die betrokkenheid van hul eggenotes met al die

aksies asook die dames se wonderlike onderlinge vriendskap met

mekaar. Mens ervaar dit regtig soos een groot familie.

Wie kan oom Manie van Niekerk se ywer as president en totale

betrokkenheid met alle moontlike aktiwiteite van die genootskap

miskyk. Vir hom was en is niks te veel nie en het hy baie jong manne

op hul neuse laat kyk, ook wat skoue aanbetref. Die baie jare as

president van Whellan Simkin is bewys van die tevredenheid van die

telers met hom as voorsitter. Oom Danie de Wet glo waar iets

aangebied word waar die ras betrokke is, daar moet hy ook wees.

Baie dinge het verander in die bykans 10 jaar waarin ek betrokke

was by die ras. So is die genootskap onder groot kritiek weg by S A

Stamboek en het suksesvol sy eie registrasies en prestasietoetsing

begin hanteer. Ons het ons eie kantore gekoop wat seker die beste

belegging ooit kon wees en is die ras se identiteit daarom uitgebou.

Rekenarisering en ’n stoetvee program het alles meer vaartbelyn

gemaak. Selfone het kommunikasie baie verbeter, skaapkursusse is

by meeste landboukolleges gehou en by elke moontlike uitstalling

het ons betrokke geraak. Die eerste onderhandelinge om embrio’s

na Australië uit te voer en die eerste “Field Days” en S A Vleismerino

kursus is vir die Australiërs gehou.

Geleenthede wat vir my wonderlik was, was die volgende :

Die 60 jarige bestaansvieringe van die ras in die Wes Kaap. Wat ’n

fantastiese fees was dit nie waar die raadslede en die genoot skap se

borge saam Kaap toe gevlieg het. Baie wyn kelders besoek het,

fantasiese Wes Kaapse gasvryheid en hul

eksotiese geregte geniet het. Tafelberg uit is

in die nag en wie sal oom Manie van Niekerk

en tannie Louisa vergeet waar hul tussen die

petrolpompe deur gedans het. Die ete die

aand in die grot, die teeparty op die oewers

van die rivier en al die Wes Kaap klub se

moeite tydens die fees.

Die “Super tien skoue” in daardie tyd was

’n groot sukses. Dit was so goed deur die

telers ondersteun en almal het dit geniet

om diere meer as uitstalling en advertensie

Embleem ontwerp deur

George Latsky

eerder as om mee te skou saam te neem. Sodoende kon hulle

ontspanne alles geniet wat aangebied was. Vriendskapsbande is

hegter gesmee en nuwe telers wat dit bygewoon het, is as vriende

ingeneem.

Humansdorp se Super tien was fantasties, waar ons op die

oewers van die kanaaldorpie te Jeffreysbaai gebly het en die ete

die aand op die boot geniet het, al varende in die kanaal. Petro

wat die visse gevoer het. Die grapvertellery met Isak van der Colff

heel vooraan. Jan van Biljon se mombakkies episode in die

restaurant. Wie sal die mees fantastiese seegereg ete in die bos -

skerm vergeet wat Faantjie Greyling so geniet het.

vervolg bl. 30

Eddie Helm

Posbus 207, Hoopstad, 9479

Tel: 053 - 444 1595 • Sel: 082 3377 801

Vrugbaarheid, moedereienskappe en groei word nagestreef

29

Die Super 10 te Rustenburg se hoogtepunt was die besoek aan

Lost City, die eerste vir die meeste van ons. Pietermaritzburg se

Super 10 het ’n nuwe sanger in die vorm van Fouché Jordaan

opgelewer. Daar het ou At Kruger se brandewyn opgeraak en die

vrouens het dit vindingryk vervang met afgekoelde flou tee, want

hy drink net “brandy”!

George Smith het altyd die Super 10 skoue bygewoon en het met

’n paar diere saam Oos Londen toe gegaan toe daar uitgestal is.

Hy kon dit nooit verdra as die publiek by sy skaap kom en hul

vingers so in die wol druk nie. Nou raak hy ook lus vir skou op sy

oudag. Ons sal hom seker altyd onthou met sy jas soos hy altyd

op die veilings geklee is.

Tydens ’n Nasionale Kampioenskappe te Bloemfontein in 1990,

met die wêreld skaap ekspo, was daar in ’n reuse Markiestent

geskou. Dit het ’n ongelooflike atmosfeer geskep en dan was daar

ook nog ’n bakkie as prys.

Oom Piet Heymans se ooilammers word uit die ring gestuur

tydens ’n nasionale kampioenskap omdat hul nie getatoeëer is

nie. Toe hy die vashouer vra waarom hulle uitgestuur is antwoord

hy dat hy die hele jaar die skaap oppas, hulle kos gee, hulle trim

en al wat oom Piet moes doen, was om hulle te tatoeëer en dit het

hy nie eers gedoen nie.

STOEPFILOSOFIE

deur wyle Wouter Myburgh

Toe boere nog perde aangehou het, het

die oog van die boer die perde vet

gemaak. Teenswoordig maak die oog die

winste vet. Om raak te sien het be -

langriker geword as om raak te vat, om

oral te kyk belangriker as om oral te wees.

’n Oog wat oral kyk en raaksien, kan baie

skade en skoolgeld verhoed en daarom is

die boer se oog seker sy belangrikste sintuig. Hande kan

hy huur en waar hy nie kan loop nie, kan hy ry. Ore is

eintlik oorbodig want die boer glo tog nie wat hy hoor nie,

maar wel wat hy sien. Alle boere het oë, maar almal sien

nie omdat hul nie reg kyk nie, nie oral kyk nie.

KYK OP

Om op te kyk is simbolies daarvan om al ’n mens se hoop

en verwagtinge te stel in die hande van ’n Goeie Gewer wat

weet hoe om ons voor- en teenspoed uit te meet. Die boer

wat moeg word om op te kyk na die wolke of wanneer die

oostewind gaan bedaar, wat ophou om ootmoedig en

gelowig op te kyk na uitkoms, se oog kyk nie meer oral nie

en dit moet sy winste affekteer, want as hy die geloof

verloor het hy alles verloor. “Slaan jou oë op na die berge,

waar sal jou hulp vandaan kom.”

KYK AF

’n Boer moet opkyk, maar hy mag nie net opkyk nie, want

seëninge kom nie na hulle toe wat die meeste bid en die

minste doen nie. Hy moet ook afkyk as ’n bevestiging van

sy geloof in die vermoë van die goeie aarde om vrug voort

te bring. Wat is wonderliker as die misterie van lewe, groei

en wasdom wat jaar na jaar uit die grond uitspruit en waar

word. Kan iets moeitevolle arbeid beter en ryker beloon as

juis die vrug van die aarde.

Die grond kan nie die boer se oog ontbeer nie. Hy moet eers

sien waar die erdwurms nie stoot nie en vasstel hoekom nie.

30

Die “Field Days” wat ons gereël het toe die Australiërs hier kom toer

het was ’n ander hoogtepunt. Telers het hul diere na verskil lende

versamelpunte gebring waar dit uitgestal is en kon die Australiërs nie

glo wat hul sien nie. Daar was ’n uitstalling by oom Manie van Niekerk

en by Randwater waar Anton Steyn betrokke was.

Kursusse aanbied was van die lekkerste deel van my werk by die

genootskap. So was daar vele snaakse insidente wat veral met die

mondelingse evaluering van studente uitgekom het. Wyle oom Boet

Klopper van Glen Landboukollege het baie kursusse saam met my

aangebied. Hy het graag aan die studente op Glen verduidelik as

hulle ’n goeie ooitjie prul. “Julle is te streng manne. Die arme skaap

hier op Glen het swaar. Hulle het die noorde wind van voor, die lam

van onder, die ram van agter en boonop die verdomde student van

bo”. Tydens ’n kursus skryf hy op die swart bord en toe hy rek om

heel bo te skryf, val sy broek af tot op sy skoene. Die studente het

geskreeu soos hul lag, maar nie so baie soos die volgende dag, toe

hy die klas inloop met kruisbande aan nie.

Vandag is daar soveel jong belowende telers wat hul merk maak

en is ek seker dat die ras steeds beter en beter gaan vaar.

Graag wens ek die S A Vleismerino Telersgenootskap baie geluk

met die 75 jarige bestaan van die ras, weet hulle sal net van krag

tot krag gaan en bid hulle alles wat mooi is toe.

Hy moet sien waar die winteropslag verdwyn en die grond

onbedek en onbeskermd laat en hy moet in sy werktuigskuur

of in sy miskraal gaan soek na die oorsake. Hy moet in die

reën uitstap en gaan kyk hoe lyk die afloopwater uit sy vlekvore

teen die hellings, of daar nie dalk van sy beste grond saam -

gaan nie. Die dinge sien ’n mens net as jy afkyk grond toe.

Hoe kleiner ’n mens in sy eie oë, hoe nader kom jy aan die

grond, om dit na waarde te sien, te waardeer en lief te hê. En

hoe liewer ’n boer sy grond het, hoe nader kom hy aan die

Skepper daarvan, en hoe groter sy seëninge.

KYK VORENTOE

Dit is nie aan ons gegee om alles in die toekoms te sien en te

bepaal nie. Ons kyk maar “deur ’n spieël in ’n raaisel”, elkeen

na die lig hom gegee. Die een is ’n helder toekomsblik gegee

en hy pas sy boerdery daarby aan en word ryk. Die ander

sien die toekoms verkeerd en word op verkeerde voet ge -

vang, maar die een wat glad nie vorentoe kyk nie, saam met

hom. Ons toekomsblik vereis aanpasbaarheid, want om

voren toe te kyk en nie voorsorg vir veranderende omstan -

dighede te tref nie, beteken niks. Die toekoms behoort aan

die wat daarvoor beplan.

Om vorentoe te kyk beteken ook om ideale te formuleer. ’n

Mens wat nie meer ideale nastreef, mikpunte nastreef,

nuwe vergesigte kry en toekoms drome droom nie, het

klaar geleef en is nog net reg vir die graf. Daarom moet die

boer vorentoe kyk, aanpassings maak, beplan en prakseer,

reg of sleg. As sy oor nie ook op die toekoms gevestig is

nie, sien hy nog nie oral nie en gaan hy skade ly.

KYK OM

’n Boer wat nie omkyk nie, sal nooit werklik leer nie, want

’n mens leer mos maar uit die foute en suksesse van die

verlede. As jy nooit ’n terugblik werp op jou foute en

mislukkings nie, maak jy maklik dieselfde fout nog ’n keer

en die tweede dwaling is altyd erger as die eerste.

vervolg bl. 32

AFJ 5017

We also breed Kangal Anatolian

Shepherd dogs from imported

bloodlines.

Visits and enquiries always welcome !

Fouché & Sobeth Jordaan

Cell: 082 5575 660

Bloemfontein

E-mail: fjordaan@law.co.za

AFJ 5017

Founda stud breeds and rears rams on natural veld; they are adapted to the conditions in which

the commercial farmer uses them and need not be “adjusted” to extensive conditions but are

“ready to roll.” We strive to breed rams with good conformation, well balanced and with high quality

white wool. Rams from the stud have been used with success in various well known studs in South

Africa as well as embrio – programs for export to Australia, where the Jeancourt stud reportedly

sold offspring at excellent prices, especially offspring from the SA conformation champions

AFJ 0001 and AFJ 1041

31

Tau at Work

Die probleem met ons foute van die verlede is dat ’n mens se

geheue, net soos sy lewenspan, so kort is. As daar een soort

rekord is wat dit ’n boer sal betaal om te hou, dan is dit die

kroniek van al sy foute wat hy begaan het. Die suksesse is

nie nodig om op te skryf nie, die onthou ’n mens vanself. Maar

die foute, mislukkings, die skades en skandes die vergeet

mens gou omdat jy dit wil vergeet en vergeet terselfdertyd dat

dit juis die onskatbare rykdom van ondervinding uitmaak. As

ons dan nie ver genoeg agtertoe kan sien nie, kan ons darem

ver genoeg in ons foutregister terugblaai en miskien vir

onsself en ons kinders ’n klompie skoolgeld spaar.

Die boer wie se oog nie ver genoeg omkyk nie, betaal

maklik dieselfde skoolgeld oor en oor.

KYK VAN VER AF

Dit word vertel van ’n jagter wat gaan olifante soek het. Toe

hy al moeg was van soek, het hy teen ’n boomstomp gaan sit

om te rus en sy geweerdraer gestuur om te gaan water haal.

Toe hy terugkom, sien hy van ver af dat die jagter teen ’n

slapende olifant se been leun. ’n Mens is soms te naby om

goed te sien waarna jy soek, te in jouself gekeer om jou eie

posisie te verseker. Om ’n baken te soek moet die landmeter

van veraf peil.

Daarom is dit vir die boer nodig om van tyd tot tyd sy skuiling

te verlaat, om soms ’n uitwaartse beleid te volg en

verkramptheid te vermy. Om ander mens e se boerderye te

bekyk sodat hy sy eie in perspektief kan sien van ver af.

Die begrippe reg en verkeerd, goed en sleg, is in die boerdery

relatiewe begrippe wat by wyse van vergelyking bepaal moet

word. Om te kan vergelyk moet ’n mens norme hê,

standaarde waaraan jy die reg of verkeerd van jou eie pogings

32

of die goed of sleg van jou eie resultate kan meet. Boere

gebruik gewoonlik hul eie resultate van die verlede as

maatstaf, maar hierdie standaarde is te laag, tensy so ’n boer

die beste in die omgewing is.

’n Boerdery kan net vorentoe beweeg of agteruit, stilstand is

ook agter uitgang. Tussen agteruitboer en uitboer is net ’n

tydsverskil. Die boer wie se oog oral is, wat ook van ver af

objektief kyk, sien betyds die simptome van agteruitgang.

KYK ROND

Daar is nouliks ’n plaas waar ’n mens nie iets nuttigs en

leersaam te sien kry as jy rondkyk nie. Die rykste boere maak

ruim gebruik van die reg om soveel moontlik met die oog te

steel. En hulle steel nie net by die wat ryklik met kennis en

vaardighede bedeel is nie, maar veral ook by die eenvoudiges

en sukkelaars, want by diesulkes sien mens die treffendste

demonstrasies van hoe dinge nie gedoen moet word nie. Die

negatiewe manier van leer is dikwels doeltreffender as die

positiewe vir die man wat sy oë oophou en rondkyk.

Die boer se oog bepaal sy voorspoed. Hy moet opkyk en

geloof behou, afkyk om naby die grond te leef, vorentoe kyk

om vir die toekoms te beplan, omkyk om uit sy eie foute te

leer, van ver af kyk om perspektief te kry en rondkyk waar hy

met die oog kan steel.

Ons praat so maklik van onvoorsiene omstandighede en

omstandighede buite ons beheer. Die onvoorsiene is die

meeste van die tyd betyds sigbaar vir die oog wat rondkyk

en oral kyk. Omstandighede buite ons beheer is dikwels

omstandighede wat deur kortsigtigheid of onwilligheid om

feite voor die oë te sien, toegelaat is om buite beheer te

ontwikkel.

Vir Sukses en Wins

Ons konsentreer

op die behoeftes

van kommersiële

boere:

• Vrugbaarheid

• Gehalte

slaglammers

• Kwaliteit wol

met lengte

Gerrie & Riëtte

Muller

Frankfort

Tel: (058) 813 2515

Sel: 082 876 2277

Sel: 082 772 9080

33

SA Junior Kampioen Wolooi 2005 SA Junior Kampioen Ooi 2005

Rasbeoordelaars : Riaan Myburgh, Albé van der Merwe en Jan

Haasbroek.

BKB - Kampioen stel meerlinge (JVB 5169 en 5170)

vertoon deur Jan en Trix van Biljon van

Viljoenskroon.

BKB - Junior Kampioen wolram (JVB 5035) van

Jan en Trix van Biljon van Viljoenskroon .

Ooilammers onder 12 maande plekke 1 tot 4 vertoon deur Jan en

Trix van Biljoen van Viljoenskroon.

INTERVET S.A.’s 2006

34

BKB - Kampioen groep van 3 afstammelinge van 1 vader (JVB

5069, 5070 en 5126) gewen deur Jan van Biljon van

Viljoenskroon.

BKB - Kampioen wolooi (LT 5111)

van Manie Lombard van Oranjeville.

BKB - Senior Kampioen wolram (HWB 4004)

van Hennie en Ena Blomerus van Kroonstad.

Standard Bank - Kampioen ooilam

(RDW 5663) van Danie de Wet van

Petrus Steyn.

Virbac - Kampioen ramlam (PB 5083) van

Pieter Badenhorst van Colesberg.

CNW-Senior en reserwe kampioen ramme (JVB

4033 en 4100) vertoon deur Jan en Trix van

Biljon.

BKB/Heiniger - meeste punte behaal en kampioen asook reserwe

kampioen ooivagte vertoon deur Whellan Simkin van

Dewetsdorp.

S.A. KAMPIOENE 2006

Bayer - Junior kampioen ooi

(JVB 5126) van Jan van Biljon

van Viljoenskroon.

INTERVET - Victor Ludorum skild

gewen deur Jan van Biljon en oorhandig

deur Corné du Plessis.

ENB - Junior kampioen ram

(IAN 5027) vertoon deur Hugh

Smith van Dordrecht.

Trofees wat oorhandig is.

NASIONALE VAGKOMPETISIE 2006

NASIONALE VAGKOMPETISIE 2006

35

BKB/Heiniger - kampioengroep van drie vagte en tweede meeste

punte behaal deur Hugo Wiehahn & Seuns van Caledon

FOTOGALERY uit Manie Lombard se plakboek

38

FOTOGALERY verskaf deur Manie Lombard

39

WAT’S IN ’N NAAM?

Na analogie van Shakespeare, maar daar steek tog baie in

’n naam. Want sien; “…a rose; by any other name..” geld

nie hier nie. Dit is tewens ’n kosbare stukkie kultuur in die

SA Vleismerino bedryf, juis omdat die naam dikwels so

beskrywend van die dier is. Hierdie stukkie kultuur noop my

om die pen op te neem.

’n Paar herfse gelede was ek en ou Petrus (eintlik my

skaapman maar weliswaar ’n goeie “allrounder”met ’n klomp

boererate wat ek al baie maal teësinnig, maar in retrospek

gelukkig, gebruik het), besig om lammers te nommer. ’n Ooi

met ’n drieling ramlammers was aan die beurt. Toe hy die

eerste een aangee sê hy “ Hierdie een se naam is Shatrak”.

My gedagtes het onwillekeurig gegaan na ’n ou familielid

wat byna ’n stokperdjie gemaak het van name gee; soos

wat baie van die ouer geslag moontlik was. So het hy op ’n

erg winderige dag die huis binnegekom en vir sy vrou gesê:

“ Van nou af is hierdie plaas se naam “Windgat”. ’n Tante in

die omgewing wat baie lief was vir delegeer se ou man kon

eendag nie meer hou nie en na hy die soveelste opdrag

ontvang het, sê hy: “Nee, hierdie plaas se naam is nou nie

meer Bultfontein nie, maar Slawernynes.”

’n Familielid was in die sewentiger jare verbonde aan die

destydse SAP en later ook afdelingskommissaris. Op ’n

dag moes hy ’n verklaring afneem by ’n man van Oos -

terse/Mediterreense afkoms. Sy van was ’n nagmerrie.

Weens die uniekheid daarvan het ek dit gememoriseer en

glo my dit was: “Antriosikatlifomonapeirekedokelaitjatu”.

In ons Vleismerino bedryf is daar mos talle voorbeelde van

name vir meestal ramme. Ek glo dis ’n manier van verering vir

’n besondere dier in elke stoet. Daar was al so baie

voorbeelde waar die name huishoudelik geword het in die

bedryf. Ek dink net aan ’n paar: “Kaalkop, Langkop, Langfaan,

Pronk, Saalperd, Oortjies, ou Fanie, Steroids, Vrystaat, Genl

de Wet. En dan natuurlik ook die ooi met die naam van “Ou

Lady” wat verewig is op ons SA Vleismerino embleem.

’n Paar jaar gelede het ’n jong ram van my saam met ’n

groepie ooie geloop en was een nag amper ’n diefstal

slagoffer. Die volgende oggend was drie ooie wel geslag,

met ’n gebreekte skoenveter aan die ram se bene die

enigste stille getuienes dat hy waarskynlik soos ’n Simson

homself net betyds bevry het. Daar was ’n verdeeldheid

tussen ons of sy naam nou “Skoenveter” of “Simson” moet

wees, met die gevolg dat hy beide name behou het.

Ewenwel, Petrus het vir Shatrak aangegee en hy het sy

nommer gekry. Die tweede lam wat hy toe aangee sê hy:

“Hierdie een se naam is Mishak.” En so terwyl ek in my

onderbewussyn ’n bekende beryming verwag, gee hy die

derde een aan: “…en hierdie een is Abêdnôg!”. My eerste

stille reaksie was: Ag dankie Liewe Vader vir hierdie blywende

assosiasie wat Petrus het met Daniël se drie vriende! En toe

het ek die oomblik terdeë geniet. Van nou af sal elke manlike

drieling wees: Shatrak, Mishak en Abêdnôg!

Manie Lombard

40

REPRODUKSIE PRESTASIES

Hoewel meerlinge in die SA Vleismerino ras alge -

meen is, het die volgende ooi met haar leeftyd -

produksie gewys wat kan gedoen word:

Hierdie ongeregistreerde SA Vleismerino ooi van

mnr. S.L. Snyman, “Die Aalwyne” Pk Kleinpoort, is

in 1982 slagpale toe gestuur – maar nadat sy so

gereproduseer het:

Sy is in 1970 gebore en in 1971 en 1972 is geen

rekord van haar lammers gehou nie.

Desember 1973 - Drieling

Julie 1974 - Eenling

Februarie 1975 - Drieling

Augustus 1975 - Vierling

Julie 1976 - Drieling

Februarie 1977 - Tweeling

Oktober 1977 - Drieling

Augustus 1978 - Tweeling

Junie 1979 - Tweeling

Desember 1979 - Tweeling

November 1980 - Tweeling

September 1981 - Tweeling

TOTAAL 29 Lammers

Resultate met paring van ooie in weimielies:

’n Trop van 138 ooie met lammers wat in weimielies en

hawer geloop het, is as volg gepaar: 1 Ram is vir 2 weke by

die ooie gejaag; daarna vir twee weke uitgehaal; en daarna

opgevolg met ’n ander ram vir twee weke.

Die resultate by skandering was as volg:

118 dragtighede; waarvan 11 drielinge, 64 tweelinge, en

43 eenlinge.

Dus potensieel 204 lammers.

Stelena ooie met drielinge.

LT 5139 – Jong teelram met besondere kwaliteite

Ons prestasies deur die jare in die skouring

en veldtoetse getuig van ons strewe na die

rasegte SAVM met die hoogste moontlike

ekono miese waarde

LT 3070 – Dié kop sê alles

41

Hierdie Stoet is trots om vir die afgelope

30 jaar te kon deel wees van so ’n

besondere skaapras en Telersge noot skap.

LT 5111 – SA Kampioen Wolooi 2006

Lombard Familie Trust

Posbus 123

Oranjeville 1995

083 232 4324 / 016-3511 921

maans@webmail.co.za

HOE LYK DIE OUDSTE SAVM STOET VANDAG ?

Reeds voor die Tweede Wêreld Oorlog was daar alreeds

met Merino skape op die De Grendel Landgoed geboer.

“Mowwe”, soos die skape bekend was, het eers net voor

die uitbreek van die oorlog met die eertydse Duitse

Merino’s kennis gemaak. Gedurende 1932 het die Depar -

tement van Landbou, Duitse Merino’s vanaf Duits land inge -

voer. Namate die skape meer geword het op Elsenburg, is

van die nageslag selektief aan belangstellende boere

ingevolge die Veeverbeteringswet beskikbaar gestel. Die

Merino skape wat destyds op die De Grendel Landgoed

was, was vol plooie en het nie veel vordering gemaak nie

– die lam persentasie was swak en van die totale 800

skape op die plaas, was ’n groot persentasie nog hammels

gewees. Die gebruik van Duitse Merino ramme op die

oorplooide ooie het dadelik ’n oplewing bewerkstellig in die

skaapvertakking. Met die vrugbare, gladdelyf skape wat

goed gegroei het en dus ’n groot toename in vleisproduksie

bewerk het, het die skaapboerdery begin floreer.

Gedurende die laaste twee jaar van die oorlog (1944-45),

was Sir de Villiers Graaff, die huidige eienaar Sir David

Graaff se vader, in ’n krygsgevangene kamp aangehou in

Duitsland. Hy het elke oggend gesien hoe ’n boer sy trop

Duitse Merino’s by die kamp verby laat loop het, oppad om

te gaan wei. Die skape het vir Sir de Villiers so beindruk

dat hy hom voorgeneem het dat, indien hy na die oorlog

veilig terug in Suid Afrika sou wees, hy van die skape vir

hom sou invoer.

Die voorneme moes egter eers wag tot in 1957 toe hy

vanaf Rocklum en Hoffschwiegeld Stoeterye in Duitsland

twee ramme ingevoer het. Daar was toe al heelwat Duitse

Merino’s op die De Grendel Landgoed gewees met die

aankoop van 30 Hulpstamboek A ooie van Elsenburg

asook ooie van Kiessig van Philippolis. Die “mowwe” het

gou begin verdwyn soos wat die kruisings en suiwer Duitse

Merino’s meer geword het. Wolpryse het toe sy

hoogtepunt in 1952 bereik en tesame met die beduidende

meer vleis a.g.v. meer lammers en vinnig groeiende

lammers, het die skape ’n vername vertakking vir die

boerdery op die De Grendel Landgoed geword.

Die stoet is in 1950 geregistreer en met die affiliasie van

die Duitse Merino Vleisskaap Telersgenootskap by

stamboek in 1951 is 100 ooie van De Grendel opgeneem

in die stamboek en aanhangsel afdeling. Elsenburg diere

42

het die grootste invloed gehad by die ontstaan van die De

Grendel stoet. Ander ramme wat gedurende die jare baie

bygedra het tot die verbetering van die stoet was 82-

045RB, 93-423GJS, 96-077CRC, 93-021AVM, 96-002HVN

en 98-248GZ.

Tans bestaan die De Grendel Landgoed uit ± 800 hektaar.

Die stoet het intussen ook baie kleiner geword en tans

word ongeveer 150 ooie jaarliks gepaar. Die paring

geskied op kikoejoe weidings, hooi stoppellande en

grasklawer weidings. Die grond is erg sanderig en die

sterk suidooste winde vanaf die maande November tot

Maart, raak die skoonopbrengs van die wol nadelig.

Lenteparing begin op 1 Oktober en duur 34 dae. Die

afgelope 5 jaar was ’n lampersentasie van gemiddeld

170% behaal en ’n speenpersentasie van 168%. Die

lekker van die hoë vrugbaarheid is dat 92% van die ooie

wat gepaar word deesdae in die eerste 17 dae beset raak

en dus vinnig klaar lam (iets wat bestuur baie vergemaklik).

Die stoet het die afgelope paar jaar verskeie hoogtepunte

bereik. Vir die afgelope 5 jaar is die stoet onder die 3

topverkopers op die Wes-Kaapse promosieveiling gewees.

In 2005 behaal die stoet die hoogste prys en in 2006 die

tweede hoogste prys op die veiling. De Grendel spog ook

met die tweede hoogste gemiddelde prys op die Nasionale

Veldramveiling te Potchefstroom in 2006. Die stoet het in

2006 die senior kampioen wolram vertoon op die Wes-

Kaapse provinsiale skou te Porterville. Prestasietoetsing

vir speenmassa word streng toegepas en gebruik as

hulpmiddel by seleksie van teeldiere. Goeie wol met ’n

gemiddelde veseldikte van 22 mikron word nagestreef en

dit tesame met goeie bouvorm en hoë vrugbaarheid, maak

die stoet steeds een waarmee rekening gehou moet word.

Dit is verder die voorreg van De Grendel Landgoed, wat die

oudste stoet in die land is, om op 20 April 2007, in

samewerking met die Wes-Kaap klub die SA Vleismerino

ras se 75 ste bestaansvieringe in Suid-Afrika te huisves. ’n

Nasionale vagkompetisie, ’n jong ram skou en spogdinee

word op die dag beplan by die nuwe wynkelder op die

plaas.

SAVM Stoetbestuurder : Willie Pienaar

De Grendel Landgoed, Kaapstad

082 491 7540

021-557 1552

Stoet bestuurder Willie Pienaar (links) by die eienaar van De Grendel, Sir David Graaff.

Owner: Sir David Graaff

P.O. Box 15282 • Panorama 7506 • Cape Town, South Africa

The farm is 20 minutes from Cape Town Waterfront and Airport

Enquiries:

Stud Manager: Willie Pienaar

Tel: +27 (0)21 558 6280/2905 • Fax: +27 (0)21 558 7083 • Cell: +27 (0)82 491 7540

Email: info@degrendel.co.za • Website: www.degrendel.co.za

Besoekers

welkom!

The oldest existing SAMM Stud in South Africa, Est. 1950 stet.

Our emphasis remains on performance testing, breeding of highly productive and profitable sheep under natural conditions!

In 2006 was die lampersentasie 170% en speenpersentasie was 168%. Gemiddelde veseldikte is 22 mikron.

Rams available from September yearly

43

Jatro

JATRO

Vleismerino’s

Meriete Ram. Hoogste prys Tweeling 2006

Drakensbergers

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Dept. Skaap & Wol • Mariendahl Proefplaas • Posbus 61 • Elsenburg 7607

Skakel gerus: John Morris, 021 - 8844 460 of 082 771 2285

VOLLEDIG PRESTASIEGETOETSTE DIERE

WOL & GROEI

Produksie veiling

1 Julie 2007

44

JAR

Die Jatro stoet het ’n baie groot genepoel. Uiters streng

seleksie vir al die ekonomiese eienskappe met veral klem op

reproduksie word toegepas. Dit het tot gevolg dat hierdie stoet

reeds binne 6 jaar duidelik sy merk gemaak het in die Oos

Vrystaat.

Besoekers altyd welkom

Herefords

NAVRAE:

Johan en Petro Rautenbach

Posbus 300

LINDLEY 9630

Tel: 079 515 6718

Sel: 082 780 1189

VANAF INDEKSE NA TEELWAARDES JJ OLIVIER (082 801 2025)

LNR - Lewendehawe

besigheidseenheid, Stellenbosch

olivierb@arc.agric.za

Dit is ’n bekende feit dat die om -

gewing (of voerkraal) waarin die dier

groot ge maak is, tot ’n groot mate die

dier se genetiese waarde vir seker

eienskap pe verbloem. Vir hierdie

rede is veld ram projekte en pre -

stasie meting begin met die doel om

diere wat eenderse behan deling

ontvang het, met mekaar te vergelyk. Die gemete waardes

van groepe wat dieselfde behandeling ontvang het, is

uitgedruk as ’n INDEKS waar die gemid delde 100 was.

Deur die korrekte toepassing van BLUP-tegnologie kan

diere wat in verskillende omgewings grootgemaak is, direk

vir sekere gemete eienskappe vergelyk word. Hierdie

ontwikkeling het die volgende voordele, naamlik:

• Die beste ram vir ’n spesifieke eienskap kan nou

Nasionaal bekend wees.

• Ramme wat verlede jaar gebruik is, kan met die beskik -

bare jong ramme vergelyk word.

• Genetiese verandering in gemete eienskappe kan oor

’n tydperk bepaal word.

SA Kampioen Groep van 3 Afstammelinge van

een vader 2005

BLUP teelwaardes het ten doel om versamelde

rekords/data te verwerk en prakties bruikbare inligting te

genereer. Dit is opvallend dat persone wat nie BLUPtegnologie

gebruik nie, baie maal hulle opinie daaroor lig

en in die meeste gevalle is dit negatief.

BLUP-tegnologie word meestal vir die verkeerde redes

aangeval. BLUP-tegnologie is nie ’n SELEKSIEDOELWIT

nie, maar verskaf beslis inligting waarmee seleksie doel -

witte gemeet en nagestreef kan word. Baie maal hoor jy

iemand praat van ’n BLUP ram of BLUP telers, ens.

Hierdie persone verstaan nie die beginsel van BLUPtegnologie

nie, of dit pas hulle om hierdie gevorderde

INLIGTINGS “instrument” verdag te maak.

Sekerlik is daar telers wat BLUP teelwaardes as verkoopsfoefies

gebruik. Dit is waarom die kuddeboer in sommige

gevalle oordonder word met teelwaardes vir baie

eienskappe. Iewers sal daar een wees wat die ram goed

sal laat lyk en sal help om hom verkoop te kry.

BLUP-tegnologie maak van verskillende bronne van

inligting gebruik om die verwagte teelwaarde VIR ’n

SPESIFIEKE EIENSKAP van ’n dier akkurater te beraam.

Neem ’n eienskap soos groeisnelheid as voorbeeld.

Ons weet dat die groeisnelheid van ’n ram ’n aanduiding

kan gee of sy nageslag ook goed sal groei of nie. Om dit

akkuraat te voorspel kan ons:

vervolg bl. 46

gestig in 1962

Vrystaat Kampioen Wolram 2005

Manie van Niekerk & Seun

Bus 1155, Kroonstad, 9500 Tel: (056) 212 4002 • Sel: 082 579 2765

45

• Gewig skat by benadering (Baie onakkuraat)

• Kan skaal gebruik en weeg (Weet dan wat sy gewig is)

• Die gewig vergelyk met ander – en dit uitdruk as ’n In -

deks (Nie akkuraat as “ander” nie dieselfde ouderdom

is en eenderse behandeling ontvang het nie).

• Met ander te vergelyk en ook die ouers en halfbroers

en halfsusters se gewigte in ag te neem (BLUP-tegno -

logie).

Omrede BLUP-tegnologie van verskillende bronne van in -

ligting vir ’n spesifieke eienskap gebruik maak, is dit onom -

wonde bewys dat dit die akkuraatste VOORSPELLER van

’n dier se teelwaarde vir ’n spesifieke eienskap is.

TEELWAARDE = Waarde as ouer + Prestasie van die

nageslag

As groei dus vir jou belangrik is en jy wil seker maak dat die

ram wat jy koop wel swaarder nageslag sal lewer, gebruik

jy dus die BLUP teelwaarde vir GROEI as aanduiding. Dit

is dus logies dat indien teelwaardes vir ’n spesifieke eien -

skap beskikbaar is, jy die indekswaarde vir daardie eien -

skap kan ignoreer. (BLUP teelwaardes is ’n meer akkurate

voorspeller van teelwaarde as INDEKSE).

BLUP TEELWAARDES EN SELEKSIEDOELWITTE:

Die probleem is egter dat in die meeste gevalle daar ander

eienskappe as groei is wat ook belangrik is. So byvoor -

beeld is aanteeltempo, karkasgehalte en ander funksionele

eienskappe ook baie belangrik omdat dit netto inkomste

positief beïnvloed.

In Tabel 1 word die Bruto Marges van drie verskillende

kuddes aangetoon.

Tabel 1: Bydrae van verskillende komponente tot Bruto

Marge per KVE

Kudde 1 Kudde 2 Kudde 3

Aanteeltempo 110 % 119 % 100 %

Gewig met speen 30 kg 30 kg 35 kg

Bemarkingsouderdom 7 maande 8 maande 4 maande

Volwasse gewig 65 kg 65 kg 68 kg

Bruto Marge / KVE R 246.90 R 246.71 R 247.01

Kudde 2 het ’n beter aanteeltempo, maar lammers word

later bemark as die in Kudde 1. Kudde 3 het ’n laer aanteel -

tempo maar lammers word heelwat vroeër bemark. Uit

bostaande tabel is dit belangrik om te sien dat dieselfde

inkomste kan op verskillende maniere behaal word.

Netso bestaan daar ook nie ’n ram wat aan alle vereistes

kan voldoen nie. Dit is onverantwoordelik om net na sekere

produksie-eienskappe te kyk. Hierdie fout word nie alleen

deur meting gemaak nie, maar met subjektiewe eien -

skappe gebeur dit ook baie dikwels. Die kampioen dier is

die beste omrede dit die minste waarneembare foute het,

maar ander produksie-eienskappe is nie in ag geneem nie.

Netso kan die beste groeier ook bouvorm foute hê.

Die teler se belangrikste kliënt, naamlik die kuddeboer,

maak geld uit die produkte wat hy verkoop. Dus moet die

diere die beskikbare hulpbron (veld of voer) doeltreffend in

46

verkoopbare produkte (vleis en wol) omskakel. Die hoof

komponente van inkomste is die aantal en gehalte van die

lammers geproduseer.

Die volgende BLUP teelwaardes (EBV = “Estimated

Breeding Values”) is beskikbaar vir speengewig, naspeen

gewig en kilogram lam gespeen per lamgeleentheid (TWW

= “Total Weight Weaned”), mits speengewig en naspeense

gewig gemeet is.

Speen Direk: Sal ’n aanduiding gee van

die nageslag se groei tot

op speen.

Speen Maternaal: Is ’n aanduiding van die

moe der-eienskappe van

die ram se OOI-nageslag.

Naspeen Direk: Sal aanduidend wees van

die nageslag se naspeen -

se groei en ook volwasse

gewig.

TWW: Aanteeltempo van ooinage

slag (kilogram lam

ge speen per lamming).

Eienskap Uitkoms Gevolg

Speen Direk (kg) Groeigene van - Groei tot speen en ook

nageslag naspeen

- Moontlik swaarder/ligter

lammers met geboorte

- Gouer/later bemarkbaar

- Moontlik swakker kondisie

Speen Maternaal Moeder-eienskappe - Ooi-nageslag speen

(kg) van OOI-nageslag swaarder/ligter lammers

Naspeen Direk (kg) Naspeense groei en - Bemarking (+2kg = 1

volwasse gewig maand vroeër)

- Hoër/laer volwasse gewig

- Kosinname en dus

minder/meer ooie

TWW (kg) Kilogram lam ge- - Produktiwiteit van ooie

speen per lamming - 1kg = 4% lammers

van OOI-nageslag gespeen

- Moeder-eienskappe

- Lamoorlewing

WAT HET DIT MET PLAASINKOMSTE TE DOEN?

’n Kuddeboer wat byvoorbeeld op 2000 hektaar boer se

produksienorme is as volg:

Gemete

eienskap

Norm EBV Ram 1 EBV Ram 2

Lammers gespeen

per ooi

Aantal per ooi 110 % 1.49% 0.26%

Bemarkings- Speengewig 30 kg 1.82kg -0.89kg

ouderdom en Naspeen gewig 45 kg 2.68kg -0.76kg

gewig ( 9 maande)

Bruto Marge per KVE per jaar (R/c) R246.90 R 256.17 R 246.25

Relatiewe Ekonomiese Waarde (R/c) +R 9.27 -R 0.64

vervolg bl. 48

Daar word voorspel dat die nageslag van Ram 1 meer

ekonomies sal wees as die van Ram 2 (R 9.27 minus –

R 0.64 = R 9.91 ÷ 2 = R 4.95). Die verskillende teelwaardes

word dus so saamgevoeg as ’n aanduiding van hoe kuddeinkomste

moontlik verander gaan word. Soos met die voor -

beeld in Tabel 1, kan verskillende kombinasies van die

gemete eienskappe min of meer dieselfde waardes gee. Vir

die teler en kuddeboer is dit belangrik om funksionele ramme

te gebruik wat plaasinkomste positief sal beïnvloed.

Om identifisering van “beter” ramme makliker te maak,

word ’n Relatiewe Ekonomiese Waarde (REW) vir elke dier

bereken soos hierbo aangedui. Hierdie waarde dui aan

met hoeveel R/c per KVE per jaar die nageslag beter sal

wees as die diere in die basisjaar. Die relatiewe eko -

nomiese belangrikheid van elke eienskap word bereken en

met die teelwaarde vermenigvuldig. Die relatiewe be -

langrikheid word bereken volgens ’n bio-ekonomiese

model wat faktore soos groter diere wat meer vreet, meer

lammers by minder ooie, ens. in ag neem. Hierdie waarde

moet nie as die begin en einde gesien word nie, maar bloot

as ’n manier waarvolgens diere gerangskik word.

WAT IS GOED / WAT IS SWAK?

Anders as met indekse, waar die gemiddeld 100 is, word teel -

waardes uitgedruk in die skaal waarmee dit gemeet is en dan

ook as afwyking vanaf die basisjaar (vertrekpunt). Meestal

dink ons in terme van uitstekend, bogemiddeld, gemiddeld,

ondergemiddeld en swak. Om dus ’n teelwaarde vir speen

van 1.45 kg te gee, beteken nie veel nie. As jy egter weet dat

1.45 kg in die boonste 10% van die ras is, beteken dit dat

daar min diere is wat beter sal wees.

Die teelwaardes word daarom ook simbole gegee (as ag -

ter voegsel) wat die interpretasie vergemaklik.

Die simbole is as volg:

* Beste 10% - Uitstekend (soortgelyk as

indeks van 120 en meer)

+ Beste 40 % - Baie goed (soortgelyk as

indeks van 105 tot 120)

= Gemiddeld (soortgelyk as indeks van 95

tot 105)

- Swakste 40% - Swak / Onder gemiddeld

(soortgelyk as indeks van 80

tot 95)

x Swakste 10% - Baie swak (soortgelyk as

indeks van minder as 80)

Neem die volgende ramme as voorbeeld

Eienskap Ram 1 Ram 2 Ram 3

Speen Direk (kg) 1.82 * 1.52 * -0.89 -

Speen Maternaal (kg) 0.28 * -0.11 - 0.10 +

Naspeen (kg) 2.68 * 2.27 * -0.76 -

TWW (kg) 1.49 * 0.07 = 0.26 +

Relatiewe Ekonomiese Waarde (R/c) 9.27 * 2.31 + -0.64 -

Ram 1 is uitsonderlik goed omdat al sy eienskappe in die

boonste 10% van die ras val. Kortom beteken dit dat jy nie

maklik ’n beter ram sal kry nie (daar is net 10% van hulle).

Daar bestaan ’n baie goeie kans dat die ram jou eie kudde

sal verbeter ten opsigte van die spesifieke eienskappe.

48

Ram 2 daarteenoor is vir Speen Direk in die boonste 10%,

maar vir Speen Maternaal in die onderste 40% en vir TWW

net gemiddeld. Die ram se eie lammers behoort goed te

groei, maar sy ooilammers sal ligter lammers speen. Vir

Speen Maternaal is daar dus baie ramme wat beter

waardes as hy het.

Hierdie simbole kan gebruik word as aanduiding van die

relatiewe posisie van ’n spesifieke dier se teelwaarde in

vergelyking met die ras as geheel.

Neem kennis dat elke dier se BLUP teelwaardes voort durend

sal verander soos wat meer nageslag geweeg word en

hierdie inligting toegevoeg word tot die bestaande data. Dit

is dus ’n dinamiese proses en elke keer sal die nuwe teel -

waardes meer akkuraat wees as die voriges. Oor tyd sal die

ras al hoe meer baat vind by teelwaardes soos wat data

vermeerder. Die akkuraatheid van elke teelwaarde word

aangedui en word beter hoe meer inligting beskikbaar word.

WAT IS DIE VEREISTES VIR AKKURATE TEELWAAR -

DES?

• Betroubare data wat op die voorgeskrewe wyse

ingesamel is. Vir meting van groei is dit speengewig

(3-5 maande oud) en naspeense gewig (8-10 maande

oud). Vir aanteeltempo is dit speengewig.

• Diere wat dieselfde behandeling (kos) ontvang het

moet saam groepeer word.

• Vir speengewig moet die ouderdomsverskil tussen

die jongste en die oudste lam, wat op dieselfde dag

geweeg word, minder as 60 dae wees. Vir naspeense

gewig moet dit minder as 90 dae wees.

• Speengewig moet geneem word tussen 70 en 150

dae ouderdom. Belangrik dat alle lammers binne die

grense geweeg word, anders word die moeder bena -

deel (haar lam sal nie ’n speengewig hê nie). Na -

speense gewig moet voor 365 dae ouderdom

geneem word (verkieslik rondom 270 dae).

• Koppeling tussen seisoene, jare en stoeterye is

noodsaaklik. ’n Koppel ram is ’n ram wat voldoende

gemete nageslag (verkieslik meer as 20 in ELKEEN) in

meer as een seisoen of jaar of stoetery het. Hierdie is

die belangrikste voorvereiste vir die vergelyking van

teelwaardes tussen verskillende omgewings.

SAMEVATTING

Daar is ander nie-meetbare eienskappe wat ook belangrik is

ten opsigte van inkomste. By kleinvee word spesifiek gedink

aan vleis-eienskappe en ander funksionele eienskappe. Die

meeste diere wat aangebied word as teeldiere, gaan deur ’n

keuringsproses. Daar kan dus aanvaar word dat diere wat te

koop aangebied word aan die minimum rasvereistes vol -

doen. Soos met baie dinge is BALANS hier ook die wag -

woord. Daar moet ’n balans wees tussen die gemete eien -

skappe en funksionele eienskappe.

Hierdie tegnologie is beskikbaar vir elkeen om te gebruik.

As die positiewe effekte van BLUP-tegnologie beide vir ras -

bevordering en verbetering van eie diere gebruik word, kan

dit die doeltreffendheid van produksie dramaties ver hoog.

Die belangrikste is dat die tegnologie korrek interpreteer en

gebruik word. Wees versigtig om slegs op enkele eien -

skap pe te konsentreer.

George Smith

P.O. Box 121, Dordrecht 5435 / Tel: (045) 952 9061

Hugh Smith

P.O. Box 276, Dordrecht 5435 / Tel: (045) 952 1399

E-mail: lerocher@telkomsa.net

Visitors always

welcome !

49

31 Januarie 2007

1 ste Produksieveiling

GJS 3010 – Rekord prys van R63 000 by Bloemfontein Veiling in 2005

Foto: Heleen Scholtz

IAN 4019 – Rekord prys R21 000 vy Harrismith Veiling 2006

VYFTIGSTE NASIONALE VEILING

Die veiling is in 1957 die eerste keer in Bloemfontein

aangebied. Sedertdien vind dit jaarliks plaas op die eerste

Woensdag van Augustus. In die tabel wat volg word die

hoogste pryse wat ramme tydens die veiling behaal het

aangedui vanaf 1971 toe die ras se naam verander is na

die Suid-Afrikaanse Vleismerino.

Verlede jaar se veiling (2006) te Bloemfontein was die

koudste weer tydens ’n veiling in menseheugenis. Ten

spyte van die koue was dit egter ’n uitstekende veiling waar

goeie pryse behaal is. Hieronder volg ’n paar foto’s wat

Heleen Scholtz geneem het tydens die bibberkoue. Vanjaar

se veiling by Bloemfontein op 1 Augustus 2007 sal die

50ste Nasionale Veiling wees.

50

HOOGSTE RAMPRYSE BY NASIONALE VEILING 1971 – 2006

1971 MJ Roets R1100.00

1972 D Slabbert R1000.00

1973 HJ Venter R1000.00

1974 CF Swart R2000.00

1975 CF Swart R3000.00

1976 CF Swart R2650.00

1977 MJ Roets R3550.00

1978 MC Dippenaar R2500.00

1979 MJ Roets R4900.00

1980 LJ Mienie R8750.00

1981 LJ Mienie R16500.00

1982 WT Myburgh R16000.00

1983 GS Swart R25000.00

1984 LJ Mienie R22250.00

1985 CR Collett R22000.00

1986 FG Swart R16000.00

1987 EAN v Zyl & GS Swart R11000.00

1988 J Potgieter R16000.00

1989 GJ Smith R18000.00

1990 AN van der Merwe R10500.00

1991 SE van Heerden R15500.00

1992 GJ Smith R12000.00

1993 GH Muller R12500.00

1994 CR Collett R21000.00

1995 GJ Smith & AN vd Merwe R12000.00

1996 CR Collett R17000.00

1997 CR Collett R15000.00

1998 CR Collett R16500.00

1999 SS Greyling R24500.00

2000 AN van der Merwe R12000.00

2001 AN van der Merwe R18000.00

2002 FJ Strauss R40000.00

2003 SS & JvA Greyling R25000.00

2004 DJ de Wet R42000.00

2005 GJ Smith R63000.00

2006 AN van der Merwe R82000.00

NY 4170 – 2de plasing in o/20 maande

SA Kampioen Ramklas 2005

Contact: Johan & Jack Strauss

CALVINIA

Tel: 0273 - 412 162

Cell: 083 2311 872 / 082 694 3304

E-mail:platberg@hantam.co.za

Nature help us to select

51

AY 4071

HOEKOM MEERLINGE?

Dr. L.G. SWART

VREDEBEST PLASE (EDMS.) BPK

Die antwoord op die vraag waarom meerlingge boor -

tes vir vleisproduksie nodig is, is eenvoudig – omdat

dit meer betalend is.

Hoekom is dit meer betalend? Die onderstaande

redes gee antwoorde op dié vraag.

Doeltreffender benutting van weiding en voer. As

dieselfde getal slaglammers met minder teelooie

bemark kan word, word minder kos vir liggaams -

onderhoud van ’n kleiner getal ooie gebruik. Hierdie

besparing is aansienlik.

In die geval waar twee ooie in plaas van een ooi nodig

is om twee lammers te speen, word in eersgenoemde

geval omtrent 546 kg meer droë materiaal voer per

jaar benodig. Dit is ’n onnodige vermorsing. Die rede

is dat die twee eenling-produserende ooie soveel

meer voer vereis vir liggaamsonderhoud (twee lig -

game) as een ooi met twee lammers (een liggaam).

Hierdie berekening is gedoen met behulp van die

Amerikaanse “National Research Council” (1985) se

voedingsbehoeftes vir skape en die aanname van

een lamming per jaar. Hul aanbevelings op droë

basis, vir ’n 70 kg ooi word in die tabel aangedui.

Hoeveel produsente besef watter geweldige finan -

siële voordeel tweeling-produserende ooie inhou? So

’n ooi spaar ongeveer ’n halfton droë voer per jaar

teenoor ’n eenling-produseerder om dieselfde getal

lammers te gee.

Terloops, dieselfde tabel van die NRC toon dat ’n 50

kg ooi 1.0 kg droë materiaal voer daagliks benodig vir

onderhoud teenoor die 1.2 kg van die 70 kg ooi soos

in die voorbeeld. Op ’n jaarbasis vreet die groter ooi

dus 73 kg meer droë materiaal voer vir onderhoud.

Dit beteken dat die groter ooi ’n hoër produksie moet

handhaaf om ekonomies mededingend met die

klei ner ooi te bly.

52

’n Ander aspek met betrekking tot weiding is ver trap -

ping deur meer ooie by eenlinggeboortes. ’n Hoër

veelading op weiding beteken ook hoër parasiet kon -

sentrasies.

Groter produksie-omset. ’n Eenlinglam mag wel

vinniger as ’n tweelinglam groei, maar op bemarkbare

ouderdom weeg die twee lammers gesamentlik

heelwat meer as ’n eenling. Ondervinding toon dat

die speengewig van ’n eenling beswaarlik 60 % van

die gesamenlike gewig van ’n tweeling kan oortref.

Du Pisani (2002) het bevind dat 74 % van tweelinge

dieselfde of swaarder weeg as enkelinge.

Beter seleksiemoonlikhede. Met ’n groter aantal

teel diere, kan beter geselekteer word vir wenslike

eien skappe soos groei, wolproduksie, ensovoorts.

Ongediertes. Word ’n eenlinglam verloor deur die

toedoen van ongediertes, is die ma van so ’n lam vir

byna ’n halfjaar ’n onproduktiewe loseerder op die

plaas. ’n Tweede lam kan hierdie probleem oorbrug.

Ten Slotte. Die boonste limiet van ’n ooi se fekun di -

teit (vermoë om meerlinge te produseer) word

geneties beheer en die mate waarin sy dit bereik, is

afhanklik van omge wings faktore soos byvoorbeeld

voedings vlak (Downing & Scaramuzzi, 1991).

Droë materiaalbenodigdhede

Fisiologiese stadium Ooi met eenling Ooi met tweeling

(kg/dag) (kg/dag)

Onderhoud 1.2 1.2

Prikkelvoeding: 2 weke voor paring en eerste 3 weke van paring 1.8 1.8

Eerste 15 weke van dragtigheid 1.4 1.4

Laaste 4 weke van dragtigheid 1.8 1.9

Eerste 6 – 8 weke van laktasie 2.5 2.8

Laaste 6 weke van laktasie 1.8 2.5

Teelvordering vir meerlinggeboortes is ’n stadige pro -

ses. Land (1979) beweer dat die jaarlikse vordering

minder as 2 % is. Eie ondervinding dui op ongeveer

1.5 %. Dit is nogtans ’n baie belangrike faset van

slaglamproduksie en moet ’n prioriteit by seleksie

wees - al neem dit die beste deel van ’n leeftyd.

Mnr PJ van Rensburg, destyds van Elsenburg, het 50

jaar gelede al gesê die lampersentasie van die SA

Vleis merino- ras oorskry 160 %. Met moderne kennis

en tegnologie is nuwe hoogtes sekerlik bereikbaar

waarby die ras geweldig baie sal baat.

VREDEBEST

S.A. VLEISMERINO STOET

S.A. MUTTON MERINO STUD

VIR REPRODUKSIE EN GROEI FOR REPRODUCTION AND

Top groeier van Potchefstroomse Nasionale SAVM Veldramprojek 2006:

Top grower of Potchefstroom National SAMM Veldram Project 2006:

GDT Indeks 171.1

Liggaamsmassa Indeks

107.8

VB 05 › 0081

ADG Index 171.1

Body Weight Index107.8

Selection Index 129.6

VREDEBEST PLASE (EDMS) BPK/(PTY) LTD

POSBUS / P.O. BOX 11, KLAPMUTS 7625

TEL: 021›875 5453 FAKS / FAX: 021›875 5435 SEL: 082 331 1681

53

STRATEGIEË OM VLEIS- EN WOL PRODUK SIE PER HEKTAAR

TE VERHOOG Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere • (Tel: 021 - 887 9559; 0833 86 83

Om maksimum wins uit skaap boerdery te genereer, moet

die produktiwiteit en die doeltref fend heid van

skaapboerdery dras ties verhoog word. Aansien like ver -

betering in beide produk tiwiteit en doeltreffendheid is

moontlik in dien die reproduk -

sietempo (d.i. speen persentasie)

verhoog word (Fogar ty, 1984). Wins

word hoof saaklik op grond van

produksie doel tref fend heid en nie

soseer net op produk prys nie,

behaal.

Massa vleis en wol geproduseer per

hektaar per jaar word as die

belangrikste winsdrywer in

wolskaapboerdery be skou. In hierdie

verband speel ooiproduktiwiteit ’n

sleutel rol. Die vermoë van ooie om tweelinge te produseer, is

waarskynlik die mees belangrike enkele kenmerk om die

produktiwiteit van ooie te verhoog (Vakil et al., 1968). Ooie

wat tweelinge speen, produseer meer kilogram lam per jaar en

gedurende hulle leeftyd en genereer ’n hoër inkomste onder

feitlik alle toestande as ooie wat enkelinge speen (Vakil et al.,

1968). ’n Hoë speenpersentasie is dus die sleutel tot

ekonomiese welvaart in skaapboerdery. Vir S.A. Vleismerino’s

is die “bench mark” vir speenpersentasie (lam mers gespeen

per ooie gepaar per lamseisoen) meer as 150 % en totale

massa lam gespeen op 100 dae ouderdom per ooi gepaar per

lamseisoen is meer as 50 kg. Bemarkingspersentasie (getal

diere bemark as persentasie van ooie gepaar per lamsei soen)

gee ook ’n aanduiding van die reproduksiedoeltreffend van ’n

kudde. Top kuddes se gemiddeld bemarkings per sen tasie per

lamseisoen is bykans 140 % en al die lammers word bemark

voor die volgende lamseisoen.

Verskeie strategieë en stelsels is beskikbaar om die repro -

duk sietempo van ooie te verhoog, maar die mate waarin dit

gebruik of toegepas kan word, hang van die infrastruktuur,

voervloei, bestuursvermoë van die produsent, ensovoorts

af. Watter strategieë of stelsels ookal gebruik word, die

volle potensiaal van die ooi sal volgens Jelbart en Dawe

(1984) slegs realiseer indien skaapprodusente toesien dat:

• daar aan die voedingsbehoeftes van laatdragtige en

lakterende ooie asook groeiende lammers voldoen word;

• besetting geoptimiseer word deur doeltreffende ram- en

ooibestuur;

• lamoorlewing geoptimiseer word deur toepassing van

doeltreffende bestuur tydens laatdragtigheid en lamtyd en

• meer lammers gebore word deur die toepassing van

meervoudige lamseisoene in gebiede waar voldoende

hoë gehalte weiding (bv. aangeplante weiding) vir 12

maande van die jaar beskikbaar is.

Om vleis- en wolproduksie per hektaar te maksimeer, moet

alle strategieë, solank dit koste-doeltreffend is, gebruik word

54

om soveel as moontlik en so swaar as moontlik lam mers te

speen. In die verband is dit belangrik om daarop te let dat

voeding (Rowe & Atkins, 2005) die grootste inv loed (beraam

op > 70 %) het. Daarbenewens speel genetiese faktore ook

’n belangrike rol hoewel die vordering stadiger is, is dit ’n

permanente verbetering. In die Vredebest S.A. Vleis merino -

stoet van dr. Lourens Swart naby Klapmuts is die afgelope

30 jaar slegs meerlinggebore teelramme ge bruik. Die meer -

lingramme is op grond van ’n vrugbaar heids indeks geselek -

teer wat die betrokke ram se moeder prestasie in terme van

getal lammers geproduseer in ag neem. Hierdie indeks

maak dit moontlik om meerlinge met vrugbaarder moeders

te identifiseer. Hierdie strategie was grootliks daarvoor ver -

antwoordelik dat die lampersentasie vanaf die aanvanklike

136 % tot die huidige 181 % verhoog is. Dit verteenwoordig

’n verbetering in lampersentasie van gemiddeld meer as

1.5 % per jaar en is in baie goeie ooreenstemming met die

maksimum van 2 % wat deur Land (1979) gerapporteer is.

Hierdie verhoging in lam persentasie kan hoofsaaklik aan

teling toegeskryf word omdat die voeding en bestuur van

hierdie stoet oor die jare nie noemenswaardig verander het

nie. Dit moet be klemtoon word dat hierdie respons onder

baie gemiddelde bestuurs- en voedingstoestande behaal is.

Vervolgens gaan kortliks van die belangrikste aspekte, wat ’n

betekenisvolle bydrae kan lewer om vleis- en wolpro duksie

per hektaar te verhoog, bespreek word. Hierdie artikel moet

aanvullend tot dié wat reeds in die S.A. Vleismerino Joernale

en die Wolboer gepubliseer is, be skou word.

Aspekte van belang voor en gedurende paring

(1) Teelramme

Die bydrae van die ramme tot ’n hoë reproduksietempo in

skaapkuddes kan nie verontagsaam word nie. Aspekte soos

die voorbereiding van ramme vir paring, fisiese geskiktheid,

vrugbaarheid, dekbehendigheid, gesondheid, fiksheid, regte

voeding, wollengte, ensovoorts is kritiek om ’n hoë repro duk -

sie tempo te verseker. Met seleksie van teelramme moet voor -

keur gegee word aan ramme met die hoogste ekonomiese

BLUP-teelwaarde met aanvaarbare bouvorm- en woleien -

skappe en hoë groeivermoë. Indien hierdie inligting nie

beskik baar is nie, gee voorkeur aan die volgende ramme:

• ramme gebore uit moeders wat meer lammers gespeen

het as kere wat hulle lamkanse gehad het en verkieslik

al hulle lammers suksesvol grootgemaak het;

• tweelinggebore ramme met ferm en elastiese testes met

’n omtrek van meer as 35 cm op 15 maande en

• ramme met ’n baie hoë libido (geslagsdrang).

’n Spesiale aanvulling [200 kg Voermol SS 200 (V8592) +

150 kg Voermol Procon (V12701) + 80 kg Voermol Melas -

semeel (V1995) + 575 kg gemaalde mielies of heel gars -

pitte) moet vir teelramme vanaf twee maande voor paring

vervolg bl. 56

Van Aardt Greyling

Tel 045-9421005

Sel 082 7827674

E-mail ricksu@telkomsa.net

55

Produksieveiling

15 Februarie 2007

teen 500 tot 750 g/ram/dag saam met voldoende ruvoer

gevoer word. Dit sal help om hulle in ’n uitstekende kon disie te

kry en testesgroei te bevorder waardeur sperm pro duksie

verhoog word wat bevorderlik is vir ’n hoë lampersentasie.

Daar is aanduidings dat ramme met pers lieste ’n hoër

geslagsdrang het, wat meehelp om twee lingpersentasie te

verhoog. Die persverkleuring is veral opvallend as die ramme

voldoende deurvloeiproteïen (bv. Voermol Procon 33) ontvang

het. Fikse ramme met hoë libido dek ooie meermale tydens

die periode wat hulle op hitte (bronstig) is waardeur

tweelinggeboortes dramaties verhoog word. Die beste toets

of maatstaf van ’n ram se vrugbaarheid en libido bly egter die

lampersentasie van die ooie waarmee hy gepaar is (Lindsay,

1999). Ramme moet volgens ouderdom by ooitroppe gevoeg

word, want ’n dominante ram, gewoonlik die ouer ramme, kan

jong ram me so intimideer dat hulle nie in die teenwoordigheid

van die dominante ram sal dek nie. Waar drie ramme per 100

ooie gebruik is, was die speenpersentasie 8 % hoër as waar

twee ramme met 100 ooie gepaar is (NWKV).

(2) Teelooie

Die boonste limiet van ’n ooi se fekunditeit (meerling ge -

boortes) word geneties beheer en die mate waarin sy dit

bereik, is afhanklik van omgewingsfaktore (bv. voeding)

(Downing & Scaramuzzi, 1991). Om ’n hoë lampersentasie

te verseker, moet ooie met aanvang van die paarseisoen in

’n uitstekende kondisie (3.5 Kondisiepunt), so swaar as

moontlik en in ’n stygende massatoenamefase wees

(Rowe, 2003). Vir elke kilogram wat ’n ooi swaarder is met

paring, styg die lampersentasie met 1.5 tot 2.5 %. Ooie wat

in massa toeneem met paring, is meer geneig om

tweelinge te produseer as dié wat massa handhaaf of

verloor. Volgens Australiese navorsers is die vetheid van ’n

ooi (m.a.w. haar kondisiepunt) ’n aanduiding van haar

energie status. ’n Lae energiestatus benadeel die repro -

duksie tempo van die ooi omdat energie (oftewel vetheid)

reproduksie “dryf” (Adams et al., 2005), met ander woorde

hoe beter die kondisie hoe hoër die lampersentasie. Die

voorsiening van prikkelvoeding aan ooie wat reeds in ’n

goeie kondisie (3 Kondisiepunt) was, het die lampersen -

tasie in ’n Merinokudde met gemiddeld 11 % verhoog

(Coetzee, 2006). Daarteenoor toon oorsese navorsing dat

ooie wat skraal (2 Kondisiepunt) is se lampersentasie met

meer as 33 persentasie-eenhede verhoog kan word indien

hulle in ’n uitstekende kondisie (3.5 Kondisiepunt) met

paring is (MLC, 2001). In Australië is met behulp van

skandering bepaal dat die verwagte lampersentasie van

ooie wat vet was, 150 % was teenoor 110 % van die ooie

wat maer was (Robertson, 2005).

Prikkelvoeding kan in die vorm van gespaarde weiding

en/of prikkelvoer wees. As prikkelvoer kan sjokoladegraan

[200 kg mielies of gars + 25 kg Voermol Korn Kandy

(V1551) + 4 kg CLC gebluste boukalk] teen 300 g/ooi/dag

vanaf drie weke voor paring vir minstens ses weke gevoer

word. Nuutste navorsing in Australië toon dat ’n beter

respons met prikkelvoeding verkry word indien dit daagliks

en nie elke tweede of derde dag nie aan ooie gevoer word

weens ’n hoër massatoename (Rowe, 2003). Waar sjoko -

56

ladegraan gevoer word, moet daar voldoende vreetspasie

wees sodat al die ooie gelyktydig kan vreet. Ooie moet ook

vier weke voor paring en weer vier weke voor lam met

Multimin asook Vitamien A en E gespuit word omdat proewe

in die Suid-Kaap getoon het dat dit die speen persentasie

met 7 tot 17.5 persentasie-eenhede verhoog het.

Teelooie moet geen kontak (bv. aanraking, sien, hoor en

ruik) met enige manlike diere (bv. ramme, ramlammers,

koggel- en bokramme, ensovoorts) vanaf vyf, maar

verkieslik agt weke, voor paring hê nie, want dit kan

besetting verlaag. Die koggel van ooie met 3 % hoogs ak -

tiewe koggelramme met ’n hoë libido (bv. Afrikaner- of

Afri no koggelramme) vir ongeveer 9 dae kan meerlingge -

boor tes met tot 21 % verhoog (King et al., 1989).

Aspekte van belang gedurende dragtigheid

Om resorpsie van die embrio’s en fetale afsterwing (kan so

hoog as 23 % wees) te voorkom, moet ooie gedurende

paring en die eerste maand nadat die ramme uitgehaal word

nie aan enige spanning (bv. dosering, ent, dip, skeer, skan -

deer, langafstandvervoer, aanjaag met honde, dra stiese ver -

andering van weiding, ensovoorts) onderwerp word nie.

Massaverlies moet ook verhoed word deur ’n geskikte lek te

voorsien en die voorsiening van skaduwee (bv. bome of

skadu net) is noodsaaklik indien temperature van meer as

35 o

C voorkom om fetale verliese te beperk.

Die nuutste Australiese navorsing toon dat waar ooie die volle

duur van dragtigheid in ’n goeie kondisie (3 Kon disie punt)

gehou word, die produktiwiteit van die kudde verhoog kan

word (Rose, 2006). Volgens Rose (2006) kan 10 tot 40 ekstra

lammers per 100 ooie gepaar, meer gespeen word indien

ooie met lamtyd in ’n goeie kondisie (minstens 3 Kon -

disiepunt) is. Lamvrektes het gevarieer van 15 tot 28 % waar

Merino-ooie in ’n redelike kondisie (2.5 Kondisiepunt) met

lamtyd was teenoor minder as 10 % lamvrektes waar ooie in

’n uitstekende kondisie (3.5 Kondisiepunt) was (Rowe, 2003).

Inname van voldoende deurvloeiproteïen [voorsien deur Maxi -

wollekmengsel; Voermol Maxiwol Produksiekorrels (V15415),

Maxiwol Readymix (V7815) of Maxiblok (V17424)] gedurende

laatdragtigheid stimuleer uier-ont wikkeling, verhoog bies- en

melkproduksie en verbeter die vloei baar heid van biesmelk. Dit

alles help mee om moeder eienskappe van ooie en

lewenskragtigheid van lammers te verbeter asook die

geboorteproses te vergemaklik en uit eindelik word

lamoorlewing en lamgroei verhoog. Die doelwit moet wees

om die ooie se voedingspeil sodanig te reguleer dat hulle

minstens 15 tot 18 % in massa geduren de laatdragtigheid

toeneem. Plaaslike waarnemings toon dat laatdragtige ooie

op beide groen en droë weiding, selfs aangeplante weiding

onder besproeiing, deurvloeiproteïen in die vorm van

Maxiwollekke moet kry om voldoende uier ontwikkeling en hoë

lamoorlewing te verseker. Die voor siening van Maxiwol lekke

aan jongooie wat die eerste keer gaan lam en ooie wat met

tweelinge dragtig is van so vroeg as agt weke voor lam, gee

uitstekende resultate. Dit beperk lamvrektes en verseker dat

ooie voldoende melk onmid dellik na geboorte het wat

vervolg bl. 58

PRODUKSIE VEILING

27 Junie 2007, 11:00

Op die plaas Coralta

Schweizer-Reneke

IAN 9152 Die ram waaroor almal praat

COR 4206 top stoetram, seun van IAN 9152

COR 3002 nog ’n top ram, seun van IAN 9152

B

O UV

O R

M

M OEDEREIENSKAPPE

57

V

R

U

G BAARHEID

W

O

L

CORNIE & ALTA

VAN DEN HEEVER

Posbus 355

Schweizer-Reneke

2780

Tel: 053 - 965 0772

Sel: 083 444 7991

E-pos: coralta@worldonline.co.za

Besoekers altyd welkom!

KLEIN TJOPS seun van JVB 0018

COR 4207 seun van IAN 9152 verkoop op 2006

produksieveiling aan Hannes Olivier vir R17 000

Ram gem. R5905.36 Ooi gem. R3490.00

noodsaaklik is vir hoë lam oorlewing onder veldtoe stande om -

dat dit die vorming van ’n sterk ooi-lamband en die ver kryging

van passiewe im muniteit bevorder. In ’n paar trop pe Merinojongooie

waar hierdie praktyk gedurende 2006 toegepas is,

was die lamvrektes so laag as 1 tot 8 %.

Waar lamvrektes meer as 10 % is, moet sterk oorweeg word

om die lamhokstelsel te gebruik, veral vir ooie met twee -

lingfetusse en moontlik jongooie wat vir die eerste keer lam

om dat lamvrektes met hierdie stelsel tot minder as 5 % be perk

kan word. Dit volgende volledige rantsoen gee uit stekende

resultate in die lamhokke: 375 kg gemaalde lusern (25 mmlengtes)

+ 350 kg gemaalde mielies + 150 kg Voer mol Maxi -

wolkonsentraat + 50 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol

Melassemeel. Ooie moet vanaf minstens vier weke (soms 6

tot 8 weke) voor lam geleidelik op hierdie rantsoen aangepas

word sodat wanneer hulle in die lamhokke kom, hulle dit ad lib.

(beperk tot 2.5 kg/ooi/dag om ureum ver giftiging te voorkom)

kan ontvang. Hoë lamvrektes is dikwels as gevolg van

ensoötiese aborsie en daarom moet alle ooie voorkomend (4

tot 6 weke voor paring) daarteen geïmuniseer word.

Aspekte van belang gedurende laktasie

Produsente soek dikwels na ’n verklaring hoekom hulle ooie

’n lae lampersentasie het, al is die voeding en bestuur van

hulle ooie op ’n relatief hoë vlak voor paring en ge durende

drag tigheid. Verskeie navorsers toon dat ’n voedings be -

perking gedurende vroeë laktasie (eerste twee maande na

lam) ’n nadelige invloed op die lampersentasie van ooie in die

daaropvolgende lamseisoen kan hê (Hun ter, 1962; Smith,

1962, 1966; Fletcher, 1974). Onvol doende voeding geduren -

de die eerste twee maande na lam wat meer as 10 % lig -

gaamsmassaverlies van lakterende ooie tot gevolg het, is

waarskynlik die heel vernaamste rede vir ’n lae lamper -

sentasie in Suid-Afrikaanse skaapkuddes. Hierdie verskyn -

sel kom voor ten spyte daarvan dat die ondervoede ooie die

massaverskil een maand voor paring uitgewis en hulle die -

selfde weeg as die ooie wat voldoende voeding ontvang het.

Daar is aanduidings dat dit die getal droë ooie verhoog terwyl

die aantal tweelinggeboortes ook afneem (Fletcher, 1974).

Navorsing toon dat, met goeie voeding gedurende die eer -

ste twee maande van laktasie, die daaropvolgende lamper -

sentasie met tot 25 – 51 persentasie-eenhede verhoog kan

word. Om hierdie rede word aanbeveel om ooie 300 tot 500

g Maxiwollek [250 kg Voermol Maxiwolkonsentraat (V4985)

+ 200 gemaalde mielies of heel garspitte + 50 kg sout] of

enige van die ander Maxiwollekke vir minstens die eerste

twee maande van laktasie te voer. Indien lakterende ooie

sappige groenweiding bewei, moet goeie, smaaklike, droë

ruvoer (bv. lusernhooi) addisioneel gevoer word om at dit

die inname van voldoende effektiewe vesel verseker, wat

op sy beurt weer die bottervetproduksie van ooie verhoog.

Hierdie praktyk het op grasklawerweiding die groei van

sogende Dohnemerino-lammers binne een week van 143

na 269 g/dag verhoog.

Om oormatige massaverlies by lakterende ooie te voor -

kom, moet kruipvoer aan lammers voorsien word in gevalle

waar die weiding onvoldoende is of in die geval van ooie

wat tweelinge soog en jongooie wat die eerste keer gelam

het. Die voorsiening van kruipvoer (150 kg Voermol SS 200

+ 150 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol Melas se meel +

58

625 kg gemaalde mielies of heel gars) maak dit moontlik

dat lammers vroeër gespeen kan word, wat die ooie vol -

doende kans bied om weer hulle massa te herwin. Lam per -

sentasies is hoër in kuddes waar lammers twee tot drie

maande voor paring gespeen word. Met speen moet die

ooie in minstens twee groepe volgens kondisie (skraal vs.

goeie) verdeel word. Die skraal ooie moet dan op beter

weiding geplaas word sodat hulle met die aanvang van die

prikkelperiode in ’n goeie kondisie kan wees.

Met behulp van die soog- en droogmetode moet ooie wat

misluk om ’n lam te speen (m.a.w. ooie wat oorslaan asook

ooie wat lam, maar nie ’n lam speen nie) asook ooie wat swak

en ligte lammers speen, geïdentifiseer word. Hierdie diere

moet liefs bemark word. Die inkomste wat daardeur genereer

word, moet gebruik word om dragtige ooie, veral dié wat met

tweelinge dragtig is, of ooie wat tweelinge soog, te koop.

Vroegspeen van lammers

Volgens André Fourie van Anker Agri van Bredasdorp,

speen al meer produsente in die Suid-Kaap hulle lammers

vroeër, op ongeveer 80 dae ouderdom, wanneer hulle

minstens 22 tot 25 kg weeg. Met vroegspeen word vol -

doen de ge leent heid aan die ooi gebied om haar lig gaams -

massa voor paring te herwin, wat noodsaaklik is vir ’n

volgehoue hoë repro duksietempo. Met die vroegspeen -

stelsel ontvang sogende lammers vanaf ongeveer 14 dae

ouderdom kruipvoer. Kruipvoeding het tot gevolg dat die

lammers ongeveer 21 dae gouer hierdie speenmassa

bereik as dié wat geen kruipvoeding ontvang het nie. Na

speen word die lammers op die beste beskikbare weiding

geplaas en word steeds kruipvoer gevoer totdat hulle ’n

massa van 30 kg bereik. Indien volop goeie gehalte aange -

plante weiding beskikbaar is, word hulle na 30 kg met ’n

aanvulling [Voermol Super lamkorrels (V17425)] op dié

weiding vir die slagmark afge rond. Indien die weiding

skaars is of die gehalte nie na wense is nie, word hulle óf

met speen óf sodra hulle 30 kg bereik in ’n voerkraal

afgerond.

Hierdie geïntegreerde stelsel maak dit moontlik om lam -

mers ongeveer twee maande vroeër as die tradisionele

stel sel te bemark. Op hierdie plase word die drakrag die -

self de gehou, maar omdat die lammers weens kruip -

voeding vroeër gespeen en gouer bemark word weens

vinniger afronding met ’n aanvulling op die weiding en/of in

’n voerkraal, kan tot 10 – 20 % meer ooie aangehou word,

waardeur vleis- en wolproduksie per hektaar aansienlik

verhoog word. Die beste aanvulling (± 500 g/lam/dag) om

lammers op groenweiding af te rond, is Voermol Super -

lamkorrels. Met goeie gehalte weiding, voorsiening van

Superlamkorrels en die gebruik van ’n oorinplantaat kan

dieselfde groei as in ’n voerkraal verkry word. Die beste

voer kraalrantsoen is: 150 kg gemaalde lusern (25 mmlengtes)

+ 200 kg Voermol SS 200 + 50 kg Voermol Procon

+ 80 kg Voermol Melassemeel + 525 kg gemaalde mielies

of heel garspitte.

vervolg bl. 60

Rekordpryse by 4 Veilings in 2006

Rekordpryse by 4 Veilings in 2006

Agterland, Bus 42, Porterville • Tel: (022) 931 2918 • Sel: 082 854 2438

AVM 5244 – Wes Kaap Veiling 2006 vir

R17 000 verkoop aan Hannes Kotzé

Wes Kaap Kampioenskappe 2006

Snr. & Jnr. Kampioen Ramme en Ooie

vertoon asook meeste punte verwerf.

AVM 4179

Piketberg Veiling 2006 vir R21 000 verkoop aan

Pierre Hydenrich (Uitkoms Bdy. Vredenburg)

59

Foto: Heleen Scholtz

AVM 4316 – Bloemfontein Veiling 2006 vir

R82 000 verkoop aan Francois Scheepers,

Danie de Wet, Gerrie Muller en Manie Lombard

AVM 4373 – Weskus Veiling 2006 vir R25 000

verkoop aan Niekie Pienaar en J.N. Laubsher

(Vredenburg)

Optimale uitgroei van jongooie

Ooilammers wat die eerste paar maande van hulle lewe

onder voedingstremming verkeer, sal ’n laer ovulasietempo

hê en minder lammers in hulle leeftyd produseer as dié wat

goeie voeding ontvang het (Williams, 1984). Ooilammers

moet ’n baie hoë groeitempo tot speen handhaaf. In

omstandighede waar dit nie moontlik is nie, moet kruipvoer

verskaf word. Na speen moet ooilammers teen ’n matige

tempo groei en in geen stadium voor eerste paring massa

verloor nie. Hulle groeitempo moet sodanig wees dat hulle

’n massa van minstens 60 %, maar verkieslik 65 % van

volwasse massa bereik indien voor 12 maande gepaar

word. Die teikenmassa is minstens 80 % (verkieslik 85 –

90 %) indien op 15 tot 18 maande ouderdom gepaar word.

Speenooilammers wat swak voeding tussen 6 en 12

maande ouderdom ontvang het en wat op 18 maande die

massaverskil ingehaal het, het ’n laer lampersentasie op

tweejaarouderdom gehad as dié wat goeie voeding ont -

vang het (Esplin et al., 1977).

Seleksie vir hoë reproduksietempo

In kuddes waar teelwaardes nie beskikbaar is om te selek teer

vir massa lam gespeen per ooi gepaar nie, moet so veel as

moontlik tweelinggebore jongooie as ver vangings ooie

gebruik word en voorkeur moet gegee word aan ramme wat

as ’n tweeling gebore is. Ooie en ramme wat as meerlinge

gebore is, neig om beter te reproduseer as enkelinge. Dor -

mer jongooie wat as tweelinge gebore is, het in hulle eerste

en tweede lamseisoen onderskeidelik 27 en 24 % meer

lewende massa lam geproduseer as dié wat as enkelinge

gebore is (Van der Merwe, 1976). Lamper sen tasie van ooie

wat as ’n enkeling en tweeling gebore is, was onderskeidelik

138 en 152 % terwyl die lampersen tasie van enkeling- en

tweelinggebore ramme se ooie waar mee hulle gepaar was

onderskeidelik 139 en 151 % was (Vakil et al., 1968). Vol -

gens Cloete (1986) was die lampersentasie van enkeling- en

tweelinggebore Merino-ooie onderskeidelik 103 en 112 %.

Die grootste koste van ’n skaapboerdery is die voer en/of

weiding wat vir onderhoud (d.i. 1 kg per 50 kg ooi of 1.2 kg

per 70 kg ooi vir 365 dae van die jaar) benodig word. Met ’n

hoër repro duksietempo verbeter die doeltreffend van

skaappro duksie. Vir vleisproduksie is die doeltreffend van

ooie met tweelinge 35 tot 50 % beter as dié met enkelinge

(Butler et al., 1986).

Samevatting

Om massa vleis en wol geproduseer per hektaar te ver -

hoog, moet soveel as moontlik van voorgenoemde stelsels

en strategieë gekombineer word. Heelwat ruimte bestaan

nog om die winsgewendheid van skaapboerdery te

verhoog omdat verskeie opnames toon dat maksimum

wins nie gegenereer word nie, omdat produsente nie teg -

nies doeltreffend genoeg is nie. Die eerste stap om die

winsgewendheid van ’n skaapboerdery te verhoog, is om

die ooiproduktiwiteit in terme van hoeveelheid vleis en wol

geproduseer per hektaar te verhoog deur die reproduk -

sietempo van die ooikudde as geheel, en terselfdertyd die

groeitempo van die lammers, drasties te verhoog. Om

reproduksietempo te verhoog, moet produsente op die

verbetering van voedingsbestuur gedurende kritieke tye

(voor paring; laatdragtigheid en laktasie) fokus (Rowe,

60

2004); soveel as moontlik jongooie wat een van ’n tweeling

is in die kudde inbring en tweelinggebore teelramme, en wel

dié wie se moeders meer lammers gespeen het as wat hulle

lamkanse gehad het, gebruik. Optimum voeding gedurende

die verskillende fisiologiese stadiums van die teelooi is

noodsaaklik vir ’n hoë reproduksietempo, hoë lamoorlewing

en hoë lamgroei om te verseker dat die genetiese potensiaal

van skaapkuddes bereik word (Fogarty, 1984). Hoe hoër die

reproduksietempo hoe meer vervangingsdiere is op

seleksie-ouderdom beskikbaar en hoe strenger kan daar

geselekteer word waardeur seleksievordering versnel word.

Volgens Rowe en Atkins (2005) sal die grootste vordering in

produktiwiteit gemaak word deur binne-kuddeseleksie asook

die bestuur en voeding van die diere volgens hulle

potensiaal. Dit maak nie saak hoe goed die prestasie van ’n

kudde is nie, dit kan steeds verbeter word deur seleksie

(Caple et al., ongedateer).

Meervoudige lamseisoene (bv. lam elke 7.2; 8 of 9 maan -

de) kan slegs oorweeg word om vleis- en wolproduksie per

hektaar te verhoog, indien die produsent se bestuursvlak

en sy kudde se reproduksietempo reeds op ’n baie hoë

vlak is en indien ’n uitstekende voervloei (bv. aangeplante

weiding onder besproeiing) vir 12 maande van die jaar

beskikbaar is. Dit is belangrik om daarop te let dat ver -

snelde lamstelsels nie kan vergoed vir swak bestuur, swak

voeding of lae vrugbaarheid nie.

Afgesien van voorgenoemde riglyne moet ’n doeltreffende

siektevoorkomende gesondheidsprogram (d.i. ent- en

doseerprogram) gevolg word.

JW 5221

JW 4227

JW 5188

Meerlinge

Kampioen Slaglammers

Kampioen Wol

Hugo Wiehahn & Seuns

Tussenbeide, Posbus 194, Caledon 7230

Tel: 028-212 3202 / Sel: 083-456 4582

E-pos: tussenbeide@telkomsa.net

61

JW 0224

JW 7190

JW 7124

3127 RDW is hoof stoetram met besonderse wol

FVH

Ramme en Ooie

is Kwaliteit vanweë

jarelange seleksie vir:

• Vrugbaarheid

• Moedereienskappe

• Fekunditeit

• Melkproduksie

• Voortreflike wol

• Aanpassingsvermoë u waarborg

tot hoë Reproduksie prestasie!

Fanie & Faantjie van

Heerden

Bus 90, Wesselsbron, 9680

Tel: 057 - 899 2442 •Sel: 083 627 4129

fanette@lantic.net

G E S T I G I N 1 9 6 9

Peet van der Walt

Posbus 36755, Menlo Park 0102

Tel: (012) 361 3552

peetpetra@mweb.co.za

Mooi seuns en kleinseuns van die

ramme is beskikbaar.

62

Algehele uitverkoping

27 Februarie 2007

Standerton

FVH SA Vleismerino’s

KURSUSSE AANGEBIED Jan Vosloo - Rasdirekteur

Die genootskap bied jaarliks kursusse aan by Landbou-kolleges

en -skole wat belangstel om ’n kursus aan te bied. Ons begin met

’n Beginnerskursus of leerlingkursus en diegene wat al meer

ondervinding het kwalifiseer om ’n Junior Beoordelaars-/

Keurderskursus te doen. Sertifikate word uitgereik aan persone

wat die kursusse slaag. Kolleges en landbouskole wat belangstel

is welkom om ons te kontak in verband met kursusse.

Die kursusse duur een en ’n half tot twee dae. Geen formele

kursusse word meer op ’n geskeduleerde basis vir boere aangebied

nie. Deesdae bied ons dit eerder op aanvraag aan in ’n omgewing

waar genoeg belangstelling bestaan. Dit word dan op een van ons

telers se plase aangebied in daardie omgewing. Boere of ander

belangstellendes moet asseblief hulle name aan ons deurgee en

sodra daar 10 of meer persone op die lys is reël ons ’n spesiale

kursus. Skakel gerus 051 - 522 6827 / 8.

Skoliere van Marlow Landbouskool

63

Studente van Grootfontein Landbou Kollege

Studente van Potchefstroom Landbou Kollege

Junior Beoordelaarskursus by Klapmuts Beginnerskursus by Klapmuts

Junior Beoordelaarskursus te Petrus Steyn

Senior Beoordelaarskursus te Petrus Steyn

FISIOLOGIES BELANGRIKE TYE VAN ’N SKAAP

Dave Midgley (PFIZER) Sel: 082 493 3423

Na baie jare in die praktyk, bly hierdie

eenvoudige “resep” steeds ’n wenner

omdat hy die SKAAP se kant kies.

Fisiologies belangrike tye in die ontwik -

kelings siklus word uitgelig.

’n Program wat uitgewerk word met die

SKAAP en wat in sy liggaam gebeur, as

fokus, het ’n voordeel bo kon vensionele

programme wat rondom die boer, parasiete

en seisoene wentel. Lg. goed varieer gedurig terwyl

fisiologiese tye gegewe is. Ons moet steeds alles in ag

neem, maar probleme moet nie ons hoof fokus area wees

nie.

Ons konsentreer op PRODUKSIE, WINS, GESONDHEID,

VOEDING – lekker positiewe goed, eerder as op siektes en

parasiete.

1. Follikel ontwikkeling in die ooi :

• Heelwat nuwe inligting het onlangs die lig gesien en

baie navorsing word steeds hieroor gedoen.

• ’n Follikel neem ongeveer 6 maande om te groei en te

ontwikkel.

• Voedingstoestande 6 maande voor paar beinvloed die

konsepsiesyfer tydens paar. Daarom dan ook die ou

wysheid dat jy die jaar na ’n droogte eers werklik die

effek van die droogte “voel”, of dit reën kos, maar nie

dadelik geld nie !!!

• Ses maande voor paar val baie maal saam met die

periode net na speen in jong ooie (speenskok)

• ’n Belangrike ontwikkelingstaduim van die follikel is

ook in die 2 maande periode voor paar. (Sien by

RAMVERSORGING)

• Voeding in Maart / April (droog in die Suid- en Wes kaap)

speel dus ’n belangrike rol by die lente dektyd (Okt /

Nov). En andersom in die somerreën valge biede.

2. Ramversorging :

(Spermontwikkeling en Rypwording in die ram as -

ook die pre-antrale en antrale ontwikkelings tyd -

perk van die follikel in die ooi).

Weereens speel voeding ’n geweldige belangrike rol.

Energie help die rumenmikrobes om rumendegra deer -

bare proteïen en NPN beter te benut. Oormaat van lg.

hoop op as ammoniak en ureum wat weer proteolities en

lipolities optree. (Breek proteïene en vette af !!)

Die geslagshormone (testosteroon en oestrogene) is

lipoproteïene.

Verbyvloei-proteïene word “beter” benut en een van

die gevolge is beter spermkwaliteit, groter testes en

“pers lieste” a.g.v. hoër testosteroon-vlakke.

Spermontwikkeling en rypwording neem ongeveer 2

maande.

M.a.w. sperme wat nou in ’n ram geproduseer word,

word eers oor 2 maande gebruik.

64

Skeer die ram dus twee maande of vroeër indien

nodig. Knip sy hoewe en gee hom beter kos.

Spuit Vit. A en gee Spoorelemente. (bv. Embamin TE

of Multimin)

Ent ramme en jong ooie met Ultrachoice (G2456 wet

36) of One Shot Ultra (G2804 wet 36).

Doseer met ’n middel wat NEUSWURM ook dek.

(Valbantel, Ranox, Dectomax)

Toets vir geslagsgeskiktheid.

Let veral na testesomtrek, kondisiepunt, lieskleur,

saadkwaliteit en dekvermoë.

Dit help nie ’n ram het goeie saad maar kan nie dek

nie !!!

Indien daar ’n probleem is, is daar genoeg tyd om

regstellings te maak.

Begin met fiksmaak van ramme. Geforseerde stap of

aanjaag - ± 1 km, een of twee maal per week.

Gaan koggels na en maak nuwes indien nodig.

Navorsing deur dr. Jasper Coetzee het bewys dat

konsepsie by jong ooie beter is as hulle vir 2 maande

geprikkel word in plaas van 3 weke soos in ouer ooie.

3. Prikkelvoeding :

3 weke voor paartyd.

Doseer ooie ( Valbazen, Valbantel, Ranox of Decto -

max ), vul spoorelemente aan en gee Vit. A.

Ent teen Klostridiale siektes (Ultra Choice 7 reg. nr. G

2818 wet 36 of One Shot Ultra reg.nr. G 2804 wet 36).

Jong ooie kry nou hul tweede/”booster” enting.

Begin met prikkelvoeding by groot ooie en gee veral

aandag aan energie en proteïenvlakke.

Sorg dat ooie op ’n stygende voedingsvlak is. (WEEG !!!)

Die nuutste inligting dui daarop dat slegs ooie wat in

’n swakker kondisie is wel hierop reageer.

Ooie kan in groepe geklas word en slegs die wat dit

nodig het kan byvoeding kry. Wees egter baie ver -

sigtig by jou beoordeling, aangesien ’n klein besparing

in voerkoste soms groot skade aan jou konsepsie

doen !!

Vra jouself die vraag voor die tyd of jy ALLES in jou

vermoë doen om te sorg dat almal of die meeste van

jou ooie beset kan raak.

Tree dus voorkomend op !!!

Maak seker jou ramme is reg. Hertoets twyfelagtiges

en ramme wat intussen siek was.

Ent Ensoötiese aborsie.

4. Koggels :

Sit koggelramme vir 9 dae by.

Die vrugbaarste ooie kom reeds vanaf dag 10 op hitte.

Gebruik 2 % koggels wat werk !!!

Inheemse rasse soos die Ronderib Afrikaner gee

beter resultate.

vervolg bl. 66

Johnny van Riet (JVR)

Vleismerino’s werk hard op Barolong • “Gehardheid is ons leuse”

Brandt van Rensburg, Paradys, Petrus Steyn, Tel: 058-8713 790

Ons streef om geharde ramme vir die kommersiële boer te teel wat

presteer onder ekstensiewe veldtoestande!

RDW 5411 vir R18 000 gekoop in 2006

Excelsior • Tel: (051) 973 7092 • Sel: 082 4175 888

Photo: Farm Weekly WA

Rekordprys vir ’n ram tot dusver in Australië is in 2006 verkoop vir AUD $ 10 000

en kom uit embrio’s wat van Baralong Stoet uitgevoer is

65

Kyk na die WA - ramme se

prestasies by Tweeling- &

Potchefstroom

Veldramklubs

die afgelope jare !!!

Sit koggels die oggend by, maar haal hulle die

laatmiddag / vroegaand van dag 9 uit. Sit dan die

ramme of gemerkte koggels vir KI by.

5. Ramme in en Ramme uit :

Alle ander tye word hiervolgens uitgewerk.

’n Ooi kom ± elke 17 dae op hitte. Ons beveel dus

gewoonlik ’n 34 dae teeltydperk aan om elke ooi 2

kanse te gee.

Indien jy nie koggelramme gebruik nie, beveel ons ’n

effens langer paartyd aan (42 dae / 6 weke).

6. Middragtigheid : (middel trimester)

50 – 100 dae dragtigheid. Ons is nou in ’n kritiese

ontwikkelingstaduim van die plasenta, wat weer ’n

direkte invloed het op geboortemassa van die lam

(lamoorlewing), aborsie%, asook melkproduksie het.

Voeding moet reg wees – ooie moet matig toeneem in

gewig en nie gewig handhaaf of verloor soos in die

verlede geglo is nie.

Veral belangrik by tweeling ooie.

Gebruik jou skaal.

Siektes, soos Corynebakterium en “stres” soos ver

aanjaag op ’n warm dag en / of onnodige hantering

met “ scan” kan aborsies veroorsaak.

7. Sonar ondersoeke :

Dit bly seker die mees kostedoeltreffende bestuurs -

hulpmiddel.

Met die nuwe sterker masjiene kan dragtigheid selfs

so vroeg as 13 dae opgetel word – Met redelike

sekerheid vanaf dag 20.

Omdat inplantasie van die embrio egter eers na 35

dae volledig is, beveel ek nie onnodige hantering voor

hierdie tyd aan nie.

Werk mooi en hanteer dragtige ooie baie versigtig –

stres veroorsaak aborsies !!!

Verskeie operateurs “scan” staande m.b.v. ’n krat. Ek

het verkies om met elektriese krag in ’n skuur te werk,

maar kon met ’n “scanwa” selfs in ’n kraal sonder

krag, van my motor se battery af werk.

“Scan” vir meerlinge (merk duidelik).

Skei jou troppe en bestuur jou meerlingooie vir lam -

oorlewing en herkonsepsie.

8. Voorlam (laaste trimester):

6 weke voor lam.

72% van die lam se groei en ontwikkeling vind nou

plaas, sowel as primêre wolfollikelontwikkeling.

Verder vind uierontwikkeling in die ooi nou plaas, wat

weer ’n invloed op die kwaliteit van die bies en

hoeveelheid melk het.

Dit is ook die tyd van voor lam weerstandsverslapping

(PPRR).

Ooie moet nou gedoseer word. Ek verkies ’n middel

met ’n langer nawerking wat ook Neuswurm insluit.

(Valbantel, Dectomax of Ranox)

66

Ent dragtige ooie met Glanvac 3 (G2347 / wt 36) of

Glanvac 6 (G2456 / wt 36)

Vit.A en spoorelemente word ook nou toegedien.

Spoorelement toediening bly ook ’n kontroversiële

punt.

Stel vas watter tekorte jy het en hoe erg hulle is.

Ek kan nie glo dat een middel soos Embamin of

Multimin dwarsdeur die land aan alle skape teen

dieselfde dosis gegee kan word nie.

Selfs die interpretasie van die toetse is ’n knelpunt

aangesien die bloedtoets net sê wat die laaste week

in die dier gebeur en die lewertoets die laaste maand.

Gebruik egter die uitslag van die toetse as ’n

beginpunt in jou aanvulling strategie !

Slegs sekere plase het byvoorbeeld op sekere tye ’n

kopertekort.

Moet ons dan altyd voor paar of voor lam koper gee ?

In sekere dele van die land kan koperaanvulling

vrektes a.g.v. oordosering veroorsaak.

9. Lamtyd :

Begin 146 dae vanaf ramme in. Ons werk met die

natuur en die ooie kan ’n dag of twee vroeër of later

begin lam.

10. Een maand na lam :

Lammers kan reeds hier hulle eerste dosering, Vit. A

en spoorelementaanvulling kry. Doseer vir Rondesowel

as Lintwurm. (Valbazen / Valbantel)

Moenie nou inent nie.

Doen die “soog en droog” tegniek. (“wet – dry”

verwyder ooie wat nie lammers soog nie uit die

lammerooi trop).

11. Twee maande en Drie maande na lam :

Gee Vit. A, spoorelemente, ontwurm (Valbantel,

Dectomax, Valbazen) en gee die eerste inentings.

(Glanvac 6 G2456 wet 36 of Ultrachoice 7 G2818 / wt

36 plus Glanvac 3 G2347 wt 36 of One Shot Ultra

G2804 wt 36 plus Glanvac 3)

12. Speen :

By meeste programme is dit ± 100 dae na geboorte

van jongste lam. Die oudste lammers is dus ± 4 1

/2

maande en die jongstes 3 1

/2 maande (Gewig gee egter

’n beter aanduiding – moenie speen voor ooilammers

oor 20 kg en die ramlammers oor 25 kg. weeg nie.) In

meer paarstelsels is ons ’n voorstaander van vroeg -

speen – speen lammers voor ooie weer gepaar word.

Spuit vervangingsooie nou Ensoötiese aborsie of

nadat hulle uitgeklas is.

Ent ramlammers teen Ramsiekte (B. ovis-Rev 1)

Bespreek asseblief die program met jou plaaslike veearts

en / of Pfizer verteenwoordiger, veral waar meer as een

produk genoem word.

“ A commitment to EXCELENCE is a commitment to

the process of becoming the best “

RDW 3127

KIN 4082

Belowende Belowende

Teelramme Teelramme

in Stoet Stoet

SUID-AFIKAANSE LEDELYS /

LIST OF SOUTH AFRICAN MEMBERS

GAUTENG

De Jager A P (FER)

Posbus 72513, LYNNWOODRIF,

0040

Tel.: 012-9913792 / 0825522611

De Jager M J H (MM)

Posbus 242, KLIPRIVIER, 1817

Tel.: 011-9038733 / 0834420399

Delport Stoetery (GMD)

Posbus 473, RAYTON, 1001

Tel.: 013-9320255 / 0825676702

Heelbo Boerdery (Edms) Bpk (HB)

Volstruisstraat 528, Monumentpark,

0181

Tel.: 012-3477090 / 0825739377

Koekemoer P J (P)

Posbus 90773, BERTSHAM, 2013

Tel.: 011-9002844 / 0829920177

Kruger I S (ISK)

Posbus 576, BALFOUR, 2410

Tel.: 0737664144 / 0834527733

Liebenberg F Dr. (LMN)

Posbus 431, GROENKLOOF, 0027

Tel.: 012-8110383 / 0825701807

Only The Best Trading 23 (Pty)

(BES)

Posbus 14024, WADEVILLE, 1422

Tel.: 011-8248700 / 0828046588

Van der Walt P (PVW)

Posbus 36755, MENLOPARK,

0102

Tel.: 012-3613552 / 0827743026

Wilkinson J J (KIN)

Posbus 3, EIKENHOF, 1872

Tel.: 011-9489020 / 0721460467

KWAZULU

NATAL

Van Deventer W C (WVD)

Posbus 34, UTRECHT, 2980

Tel.: 034-3314677 / 0828537940

MAPUMA-LANGA

Bevan T E (BLJ)

Posbus 179, HENDRINA, 1095

Tel.: 013-2937015

Botha H A M (HAM)

Posbus 374, STANDERTON, 2430

Tel.: 017-7124356 / 0834879155

Britz C P (NGB)

Posbus 626 BETHAL, 2310

Tel.: 017-6470195 / 0828555778

De Jager J (XX)

Posbus 123. AMERSFOORT, 2490

Tel.: 017-7531635 / 0833208924

Du Plessis A S (WKB)

Posbus 31, PLATRAND, 2435

Tel.: 017-7851018 / 0823880062

Du Plooy R A & Sns (DP)

Posbus 3813, STANDERTON,

2430

Tel.: 017-7124455 / 0721195320

Janvos Landgoed (JVG)

Posbus 46, DAVEL, 2320

Tel.: 017-6293263 / 0825597861

Leeuwpoort Boerdery (SKP)

Posbus 741, CAROLINA, 1185

Tel.: 0828598392

Louwrens & Adlem (LWD)

Posbus 305, KINROSS, 2270

Tel.: 017-6891702 / 0823357220

Neethling D L (DN)

Posbus 488, CAROLINA, 1185

Tel.: 017-8431232 / 0828213073

68

Nolte D G H Dr. (DNT)

Posbus 987, DELMAS, 2210

Tel.: 013-6653455 / 0827721361

Nolte D G H (DT)

Posbus 975, DELMAS, 2210

Tel.: 013-6653444 / 0824462076

Redgrass Boerdery (Pty) (RVM)

Posbus 1463, FAERIE GLEN, 0041

Tel.: 012-8450000 / 0832899220

Scheepers L (FXF)

Posbus 22 / 1606, ERMELO, 2350

Tel.:017-7531826 / 0828246487

Steyn R S (RSS)

Posbus 1120, BETHAL, 2310

Tel.: 017-6293222 / 0731672587

Strydom D J (DS)

Posbus 152, ERMELO, 2350

Tel.: 017-8191072 / 0836294936

Theron E H (TL)

Posbus 240, BETHAL, 2310

Tel.: 017-6472569 / 0825866840

Von Wielligh N (NV)

Posbus 13. STANDERTON, 2430

Tel.: 017-7122130 / 0827675870

Willemse J S (HA)

Posbus 325, VOLKSRUST, 2470

017-7353521 / 0724440066

NOORD-KAAP

NORTHERN CAPE

Badenhorst P G (PB)

Posbus 69, COLESBERG, 9795

Tel.: 051-7531386 / 0829594349

Coetzee T (TC)

Posbus 454, POSTMASBURG,

8420

Tel.: 053-3133407 / 0824927036

Strauss F J (NY)

Posbus 164, CALVINIA, 8190

Tel.: 027-3412162 / 0826943304

Strauss J G L (AY)

Posbus 164, CALVINIA, 8190

Tel.: 027-3412162 / 0836018377

LEDE / MEMBERS

Strydom H A (KGV)

Posbus 898, VRYBURG, 8600

Tel.: 053-9273445 / 0824579873

NOORD-WES

NORTH WEST

Ackerman D J (DJ)

Posbus 1129, POTCHEFSTROOM,

2520

Tel.: 018-2909448 / 0824591595

Botha J C (H)

Posbus 6739, Baillie Park,

POTCHEF STROOM, 2526

Tel.: 018-2921616 / 0824138426

Brand C P Snr. (RHJ)

Posbus 197, DELAREYVILLE,

2770

Tel.: 053-9227222 / 0827714361

Campher L E (LEC)

Posbus 241, VENTERSDORP,

2710

Tel.: 018-2642604 / 0822553037

Carstens W (CAR)

Posbus 138, WOLMARANSSTAD,

2630

Tel.: 018-5961974 / 0832642474

De Kock M J (YX)

Posbus 2121, POTCHEFSTROOM,

2520

Tel.: 018-2911514 / 0828578619

Du Plessis P J (PJD)

Posbus 458, COLIGNY, 2725

Tel.: 018-6730140 / 0828997237

Fivaz J F (FIV)

Posbus 626, LEEUDORINGSTAD,

2640

Tel.: 018-5812888 / 0836291188

Hattingh J D H (UG)

Posbus 221, DELAREYVILLE,

2770

Tel.: 053-9481503 / 0832744493

Jonker P J (OX)

Posbus 32, WOLMARANSSTAD,

2630

Tel.:0825128637

Joubert J C & Claassen C J C (JC)

Posbus 1062, LICHTENBURG,

2740

Tel.: 0828539534 / 0832363528

Liebenberg W S (S)

Posbus 463, KOSTER, 0348

Tel.: 014-5439073 / 0725581314

Rivers A C F (ACF)

Posbus 3047, LICHTENBURG,

2740

Tel.: 014-5439162 / 0827996022

Van den Heever C C (COR)

Posbus 355, SCHWEIZER-

REINEKE

2780

Tel.: 053-9650772 / 0834447991

Van der Merwe C D (VAN)

Posbus 523, LICHTENBURG, 2740

Tel.: 014-4521504 / 0836378797

OOS-KAAP

EASTERN CAPE

Billy Schoeman Livestock (JAK)

Posbus 278, CRADOCK, 5880

Tel.: 048-8814614 / 0828615684

De Wet J S (JS)

Posbus 478, GRAAFF-REINET,

6280

Tel.: 049-8470020 / 0824004935

De Wet L J (LW)

Posbus 478, GRAAFF-REINET,

6280

Tel.: 049-8470018 / 0827757937

Du Plessis P J (AA)

Posbus 17, LADY GREY, 9755

Tel.: 051-6037015 / 051-6030350

Ekron C L (CLE)

Posbus 283, BARKLY OOS, 9786

Tel.: 045-9749238 / 0724255434

Greyling S S Jnr. (GZ)

Posbus 87, LADY GREY, 9755

Tel.: 045-9421005 / 0827827674

Greyling J v A (VAG)

Posbus 87, LADY GREY, 9755

Tel.: 045-9421005 / 0827827674

69

Kudde Kenmerk Letters is in (hakies).

Herd Designation Marks in (brackets).

Kingwill K D (KD)

Posbus 106, MIDDELBURG, 5900

Tel.: 049-8422122

R N Boerdery (RN)

Posbus 111, DORDRECHT, 5435

Tel.: 045-9441026

Rossouw C G (CGR)

Posbus 295, DORDRECHT, 5435

Tel.: 045-9433024 / 0847613434

Smith G J (GJS)

Posbus 121, DORDRECHT, 5435

Tel.: 045-9529061

Smith H G (IAN)

Posbus 121, DORDRECHT, 5435

Tel.: 045-9529061

Snyman S L (SS)

Posbus 23, KLEINPOORT, 6236

Tel.: 049-8380066

Vorster H F (HV)

Posbus 79, LADY GREY, 9755

Tel.: 051-6037053

Vorster I F (ISA)

Posbus 129, MIDDELBURG, 5900

Tel.: 049-8421966 / 0829634440

Vorster W J (WJV)

Posbus 129, MIDDELBURG, 5900

Tel.: 049-8421966 / 0829634440

W M Green Estates (KM)

Posbus 104, BARKLY OOS, 9786

Tel.: 045-9719078 / 0835887776

VRYSTAAT

FREE STATE

Adkins C (JR)

Posbus 573, BETHLEHEM,9700

Tel.: 058-3039379 / 0834414819

Becker L P (LPB)

Posbus 256, WARDEN, 9890

Tel.: 058-6424030 / 0825500687

Becker L P & Sns (BEC)

Posbus 256, WARDEN, 9890

Tel.: 058-6424030 / 0825500687

Blomerus H W (HWB)

Posbus 7069, KROONPARK, 9502

Tel.: 056-2127067 / 0825764594

LEDE / MEMBERS

Botha Boerdery (CZB)

Posbus 1306, BETHLEHEM, 9700

Tel.: 058-3032406 / 0823783319

Botha E (EBO)

Posbus 1099, HARRISMITH, 9880

Tel.: 058-6230283 / 0834470407

Botha G (GCB)

Posbus 19, EXCELSIOR, 9760

Tel.: 051-9737170 / 0825782685

Botha S (WHT)

Posbus 2075, BLOEMFONTEIN,

9300

Tel.: 051-4417628 / 0833364019

Bronkhorst C C (CCB)

Posbus 410,FRANKFORT, 9830

Tel.:058-8131542 / 08242553737

Joubert C M (CMJ)

Posbus 110, BULTFONTEIN, 9670

Tel.: 051-8532645 / 0823357178

Cloete S M & H M (SMC)

Posbus 1323, HARRISMITH, 9880

Tel.: 058-7141050 / 0827738492

Coetzer J J (JJC)

Posbus 8, DEWETSDORP, 9940

Tel.: 051-5410514 / 0839533803

De Beer B J H (ME)

Posbus 48, TWEELING, 9820

Tel.: 058-8810707 / 0836530850

De Jager J E (JDJ)

Posbus 79, REITZ, 9810

Tel.: 058-9132188 / 0824949180

De Wet D J (RDW)

Posbus 134, PETRUS STEYN,

9640

Tel.: 058-8713248 / 0828046420

Du Bruyn A J (DDB)

Posbus 635, BULTFONTEIN, 9670

Tel.: 051-8532727 / 0823382376

Du Plessis A S (ADP)

Posbus 275, THEUNISSEN, 9410

Tel.: 0828028312 / 3

Du Toit M v B (BC)

Posbus 138, CLOCOLAN, 9735

Tel.: 051-9437218 / 0832749022

Esterhuize Familie Trust (PCE)

Posbus 1505, KROONSTAD, 9500

Tel.: 056-2125232 / 0722291680

Fanette & Sns Bdy (FVH)

Posbus 90, WESSELSBRON, 9680

Tel.: 057-8992442 / 0836274129

Fourie H L W (HF)

Posbus 109, PETRUS STEYN,

9640

Tel.: 058-8713553 / 0824115722

Gert Malherbe Boerdery Trust (GM)

Posbus 208, HETZOGVILLE, 2690

Tel.:053-4219493 / 0828079216

Haasbroek Jan (JJH)

Posbus 46, HOOPSTAD, 9479

Tel.: 053-4441749 / 0824668319

Hartman G L (GLH)

Posbus 26, KROONSTAD,9500

Tel.: 056-2131480 / 0825507196

Hartman J A P & v.d. Watt H J

(WH)

Barnardstraat 59, KROONSTAD,

9500

Tel.:056-2123801 / 0832352150

Helm E J (HAH)

Posbus 207,HOOPSTAD,9479

Tel.: 053-4441595 / 0823377801

Janse van Vuuren J (JVV)

Piet Krugerstraat 16, Fichardtpark,

BLOEMFONTEIN, 9301

Tel.: 051-4210118 / 0834545705

Jordaan A F Adv. (AFJ)

Iustitia-Gebou, Aliwalstraat,

BLOEMFONTEIN, 9301

Tel.: 051-8612170 / 0825575660

Lombard Familie Trust (LT)

Posbus 123, ORANJEVILLE, 1995

Tel.:016-3511614 / 0832324324

Malan Seuns (EX)

Posbus 1424, BETHLEHEM, 9700

Tel.: 058-3041351 / 0833109275

Malherbe Francois (JFM)

Posbus 185, HERTZOGVILLE,

9482

Tel.:053-4219517 / 0834155445

Marais N B (NB)

Posbus 11404, Universitas,

BLOEMFONTEIN, 9301

Tel.: 051-5233605 / 0828523943

70

Kudde Kenmerk Letters is in (hakies).

Herd Designation Marks in (brackets).

Muller C J (RK)

Posbus 129, TWEELING, 9820

Tel.: 058-8810712 / 0824949042

Muller G H (GHM)

Posbus 136, FRANKFORT, 9830

Tel.: 058-8132515 / 0828762277

Olivier J P J (HOT)

Posbus 15, HOBHOUSE, 9740

Tel.: 051-9821503 / 0834831323

Oosthuizen M V (TH)

Posbus 426, VREDE, 9835

Tel.: 058-9133905 / 0827771839

Du Plooy P W (WD)

Posbus 406, BULTFONTEIN, 9670

Tel.: 051-8532063

Pieter & Carien van Heerden

Familie Trust (CVH)

Posbus 271, WESSELSBRON,

9680

Tel.: 057-8992418 / 0836274130

Von Gericke R E (RVG)

Korhaanstraat 15, Flamingo Park,

WELKOM, 9459

Tel.: 057-3923140 / 0843158533

Radnor & Kington Boerdery (KC)

Posbus 3, CORNELIA, 9850

Tel.:058-8410811 / 0832543726

Raubenheimer F H (FHR)

Posbus 87, ROUXVILLE, 9958

Tel.:05572-2622 / 0829267012

Rautenbach J A (JAR)

Posbus 300, LINDLEY, 9630

Tel.: 058-8521475 / 0827801189

Sanniesguns Boerdery Trust (HPJ)

Posbus 110, BULTFONTEIN, 9670

Tel.: 079-5156718 / 0823771111

Schutte C J & Sns. (VWB)

Posbus 556, SENEKAL, 9600

Tel.: 058-4813585 / 0764555360

Scott J D B (JDS)

Posbus 142, WINBURG, 9420

Tel.: 05242-3513 / 0833129473

Scott P B (OF)

Posbus 142, WINBURG, 9420

Tel.: 05242-3513 / 0827410298

LEDE / MEMBERS

Simkin C H W Jnr. (XL)

Posbus 213, DEWETSDORP, 9940

Tel.: 052112-1004

Simkin C H W Snr. (CS)

Posbus 213, DEWETSDORP, 9940

Tel.: 052112-1004 / 0825787490

Steyn Boerdery (HT)

Posbus 405, VILJOENSKROON,

9520

Tel.: 056-3431264 / 0822177445

Strauss D J (DNW)

Posbus 138, CLOCLAN, 9735

Tel.: 051-9437218/9 / 0832749022

Strydom J H (JHS)

Posbus 512, SENEKAL, 9600

Tel.: 058-4812557 / 0824964135

Swart R E (GS)

Posbus 297, HARRISMITH, 9880

Tel.: 058-6223229 / 0835594710

Uys J G (GU)

Posbus 137, STEYNSRUS, 9515

Tel.: 056-4710865 / 0823759217

Van Biljon J K (JVB)

Posbus 29, VILJOENSKROON,

9520

Tel.: 056-3431073 / 0827815210

Van der Merwe G G (GGM)

Posbus 590, BOTHAVILLE, 9660

Tel.: 018-5819872 / 0832978122

Van der Westhuizen W J (GL)

Posbus 37, BOTHAVILLE, 9660

Tel.: 056-5153696 / 0825584105

Van Heerden C H (CH)

Posbus 615, HENDRINA, 1095

Tel.: 013-2937508 / 0833098728

Van Niekerk H J & Sn (HVN)

Posbus 1155

KROONSTAD

9500

Tel.: 056-2124002 / 0825792765

Van Rensburg Janse W A (WA)

Posbus 78, PETRUS STEYN, 9640

Tel.: 058-8713790

Van Riet J J (JVR)

Posbus 75, EXCELSIOR, 9760

Tel.: 051-9737092 / 0824175888

Van Rooyen J C (CVR)

Posbus 57106, PANSIG, 9465

Tel.:057-2127794 / 0824451197

Van Vuuren W L J & Sns (NR)

Posbus 356, ZASTRON, 9950

Tel.: 05442-3603

Viljoen D J (DV)

Posbus 320, HEILBRON, 9650

Tel.: 058-8521287 / 0829587753

WES-KAAP

WESTERN CAPE

Adderley Boerdery (Edms) Bpk

(ADB)

Posbus 2432, DURBANVILLE,

7551

Tel.: 021-9721612 / 0832704139

Burger P F B (BUR)

Posbus 481, PIKETBERG, 7320

Tel.: 022-9132004 / 0825749550

De Waal H W (WDW)

Posbus 38, MOORREESBURG,

7310

Tel.: 022-4332555/6 / 0825525456

Du Bois F G (FDB)

Posbus 74, PORTERVILLE, 6810

Tel.: 022-9312946

Du Toit J P C (VLK)

Posbus 4, RIEBEECK-WES, 7306

Tel.: 022-4612893 / 0844911211

Elsenburg Landboukollege (EL)

Posbus 54, ELSENBURG, 7607

Tel.: 021-8087699

Erasmus C F (CFE)

Posbus 82, RIVERSDAL, 6670

Tel.: 028-7131243 / 0824910898

Geldenhuys A R (GE)

Posbus 157, RIVERSDAL, 6670

Tel.: 028-7132984 / 0726122783

Geldenhuys P J & Sns (KO)

Posbus 158, RIVERSDAL, 6670

Tel.: 028-7132773 / 082925254

71

Kudde Kenmerk Letters is in (hakies).

Herd Designation Marks in (brackets).

Groenkol Boerdery (Edms) Bpk (GK)

Posbus 138, CLANWILLIAM, 8135

Tel.: 027-4822641 / 0826104488

Hanekom Gebrs (GH)

Posbus 1, EENDEKUIL, 7335

Tel.: 022-9421743 / 0835651918

Hanekom I S v d M (ISH)

Posbus 142, CERES, 6835

Tel.: 023-3133331 / 0825782166

Korhaanvlei Boerdery (KOR)

Posbus 28, VREDENBURG, 7380

Tel.: 022-7361004 / 0836509562

Kotze J C (XK)

Posbus 69, MOORREESBURG,

7310

Tel.: 022-4332503 / 0829261179

Myburgh Riaan & Wouter

Posbus 123, MOORREESBURG,

7310

Tel.: 022-4333663 / 0828534618

Nooitgedacht Trust (BRS)

Posbus 234, BREDASDORP, 7280

Tel.: 028-4242069 / 0825736442

Nuwerus Boerdery (NWB)

Posbus 72, PIKETBERG, 7320

Tel.: 022-9131958 / 0827831972

Peer A K (AK)

Posbus 3500, KAAPSTAD, 8000

Tel.: 021-7627786 / 0825767786

Pienaar N E (NX)

Posbus 38, VREDENBURG, 7380

Tel.: 022-7131423 / 0826584901

Sir David Graaff (DG)

Posbus 15282, PANORAMA, 7506

Tel.: 021-5571552 / 0824917540

Universiteit Stellenbosch (US)

Posbus 61, ELSENBURG, 7607

Tel.:021-8844420 / 0827712285

Van der Merwe Albé (AVM)

Posbus 42, PORTERVILLE, 6810

Tel.: 022-9312918 / 0828542438

Vredebest Plase (Edms) Bpk (VB)

Posbus 11, KLAPMUTS, 7625

Tel.: 021-8755453 / 0823311681

Wiehahn Hugo & Sns. (JW)

Posbus 194, CALEDON, 7230

Tel.: 028-2122232 / 0834564582

VEILINGS

SALES 2007

NAAM Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

Rouxville Ramveiling 23

Barkley-Oos Ramveiling 26

GJ & HG Smith - Dordrecht 31

Cooper Ramveiling - Mosselbaai 31

JE de Jager - Reitz 7

VAG Greyling - Dordrecht 15

Peet van der Walt - Uitv.Standerton 27

LJ & JS de Wet - Graaff-Reinet 28

Herfs Veldramveiling - Warden 28

Janvos Landgoed - Davel 6

Caledon Kleinvee 13

JK van Biljon - Viljoenskroon 20

Oos-VS klub - Tweeling 22

CC van den Heever - Schweizer-Reneke 27

Univ. Stellenbosch 11

Greylingstad 17

Riemland - Petrus Steyn 18

Wes-Kaapse Promosieveiling 18

Vrede - Lente Veldramveiling 19

Ermelo 24

Bredasdorp (Suid-Kaap Elite) 26

Bloemfontein 1

Swartland Veldram - Malmesbury 3

Harrismith 8

Piketberg boere 8

Moorreesburg boere 15

Wolmaransstad 15

Swartland Lenteveiling 21

Sandveld - Hoopstad 22

Senclomar - Winburg 24

VS klub Kroonstad 29

Wolmaransstad klubveiling 4

Adderley Bdy.- Durbanville 4

Clocolan (DJ Strauss & M du Toit) 5

Weskus - Vredenburg 5

DJ de Wet - Petrus Steyn 6

Elliot Ramveiling 7

Potchefstroom Veldramveiling 11

JE de Jager - Reitz 12

LP Becker - Warden 13

Kobus de Jager - Amersfoort 18

Sanniesguns Bdy.- Bultfontein 19

Calvinia - Wes Karoo 19

Vryheid - Noord Natal 25

Rouxville Ramveiling 26

DG & DGH Nolte - Delmas 27

Humansdorp Ramveiling 4

JDH Hattingh - Delareyville 10

Malherbe & Roberts - Hertzogville 10

Alle veilings vind onder die beskerming van die Genootskap plaas en die in bold gedruk is

amptelike veilings wat deur die Genootskap gereël word en toeganklik is vir alle lede.

72

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!