5. Laat jou medeteler of skaap en wol beampte ten minste een keer per jaar jou kudde deurgaan. Daar mag bewuste en onbe - wuste tekortkomings in jou stoet wees. Van die bewuste terkort - komings kan maklik ontslae geraak word, maar nie van die onbewuste tekortkomings nie, want jy sien dit nie raak nie. Dit is dan wanneer die hulp van die Telersgenootskap se tegniese raadgewer of skaap en wol beampte, wat geen sentiment in jou stoet het nie, die grootste bydrae tot jou sukses kan lewer. 6. Van die vele goeie eienskappe van die ras is daar 3 eienskappe waarop die hele wins of verlies van die teler berus. (a). Vrugbaarheid: Onvrugbare diere is die einde van enige teelpoging. Prul hulle oombliklik asook ooie wat nie gereeld lam nie. Tweelinge is ’n bonus indien die voeding voldoende is. ’n Ooi met ’n tweeling werk immers twee keer so hard soos ’n ooi met een lam. Onvrugbare ramme of ramme met ’n swak libido en ramme wat nie dekbe - hendig is nie, moet geëlimineer word. (b). Moedereienskappe: Vrugbare ooie wat nie hul lam of lammers aanvaar of nie genoeg melk het nie, moet uitgeklas word. (c). Aanpasbaarheid: Vrugbare ooie met nageslag wat by voerkrip of baalvoer moet staan om aan hulle doel te beantwoord is geen bate indien hulle nie in gewone veld of weiding kan produseer of in die algemene omgewing kan aanpas nie. Prestasietoetsing word al meer toegepas, maar is van geen waarde indien bogenoemde 3 eienskappe nie inaggeneem word nie . Ooreflikheid: Gelukkig is bogenoemde eienskappe rede - lik oorerflik veral vrugbaarheid is goed vasgeteel in die ras. Volgens navorsing is die volgende ekonomiese eien - skappe die meeste oorerflik in ’n skaapras. (1). Groote. (2). Lengte van lyf. (3). Wol. Die neiging is soms om ’n korter, slagskaap te teel omdat dit gouer slaggereed is. Dit het jare vir die “slim mense” geneem om te besef hoe langer die slagdier is hoe meer duursame snitte, wat die rug en lende insluit, word bevat. Alhoewel die korter karkas op ’n sekere ouderdom beter aan die haak gaan gradeer as ’n lang een sal die korter karkas nooit die lang karkas met ’n laer gradering, maar swaarder in gewig, met inkomste oortref nie. Dan het ek ’n klip in die bos te gooi. Daar is vir baie jare gespog met die SA Vleismerino se sappige en geurige vleis wat nie ’n gelokaliseerde vetaanpakking het nie, maar gemarmeriseerde vleis – dit is vleis wat deurweef is met vet. Al manier om van die oortollige vet ontslae te raak is om die vleis te braai of bak. Die gesondste vleis is van diere met gelokali - seerde vetaanpakking waar die oortollige vet maklik voor gebruik verwyder kan word bv. ’n vark. Bemark dus Vleismerino’s as lam - mers – definitief nie as vetgevoerde skape nie. Die ras is immers hoofsaaklik vir slaglamproduksie geteel. Inspeksie dae Met my inspeksie reise oor die hele land het ek hoofsaaklik by telers oornag waar ons die aande tot laat oor SA Vleismerino’s gesels en advies, inligting en aanbevelings bespreek het. Nieteenstaande die lang ure en min slaap het ek dit geniet om met die gasvrye en vriendelike telers in ’n landelike omgewing te werk. Ek was bevoorreg om die hele Republiek deur te reis met al sy diversiteit en interessanthede en diverse tipe boerderye te sien en informasie daarvan in te win. Van die jaarlikse besoeke is daar sommige wat ek nie sal ver - geet nie: 1. Die besoek aan die groot gentleman wyle Sir de Villiers Graaff wat elke jaar na die ontvangs van my kennisgewing van 26 besoek, ons kantoor geskakel het en vir die bestuurder gevra het om ’n boodskap aan my oor te dra dat ek die middag van my besoek aan sy plaas De Grendel, saam met hom op die plaas moet eet. Dit was een van my aangenaamste besoeke om vir ’n paar uur saam met so ’n intellektuele belese man met wye ondervinding te verkeer. Ons het heerlik saam aan die eettafel gesels waar ek natuurlik van sy spog wyne ook moes proe. Na die besoek was ek altyd laat vir die volgende besoek. 2. ’n Ander besoek wat my ook sal bybly was die besoek aan Stokkiesdraai, die bekende plaas van wyle dr HF Verwoerd. Dit was met die geleentheid toe sommige van die telers geskenkte stoet SA Vleismerino’s aan hom oorhandig het. Hy en sy gade het ons soos ou vriende ontvang en het daarna tussen ons op die grasperk beweeg en gesels en sonder irritasie na elke een se boerdery wyshede geluister. Na ’n heerlike ete en ons beste wense aan hom met die stoetteling, het hy die telers wat skape geskenk het hartlik bedank en die Genootskap alle sukses met die voortbou van die ras toegewens. Daarna het hy en sy gade elkeen van ons persoonlik gegroet waarna ons vertrek het. 3. ’n Derde aangename herhinnering was toe Leon Goodman van Malmesbury tydens my besoek aan hom, vir my en sy ouers op uitnodiging van wyle mnr Charlie Simkin (in die tyd Parlementslid vir Smithfield), na die Parlementsgebou in Kaapstad geneem het. Eers het ons in die Parlementsgebou waar die Parlement in sitting was, na toesprake van dr van Zyl Slabbert en wyle mnr P W Botha geluister. Daarna is ons deur mnr & mev Simkin in die parlementsgebou op ’n heer - like middagmaal getrakteer. 4. Dit was ook ’n voorreg om elke jaar naby Riebeeck-Wes by die geboorteplekke van wyle dr D F Malan en Generaal Jan Smuts, wat albei ’n groot rol in ons land se geskiedenis vervul het, verby te ry. Ten slotte wil ek net aan al die telers beklemtoon dat in vandag se lewe kry ’n mens nie iets vir niks nie. Daarvoor moet gewerk word. Doelgerigte beplanning en bestuur is die basiese beginsel ter bereiking van enige ideaal. Gebruik L S D in die regte vorm, naamlik: (1). Liefde – vir die ras en tipe boerdery. (2). Stabiliteit – wees standvastig en doelgerig. (3). Deursettingsvermoë – moenie dat terugslae jou onderkry nie. Die sukses van enige teler of boer hang af van die objektiwiteit en effektiwiteit in die boer se beplanning en bestuur vir produksie, wat eerstens in harmonie met sy omgewing moet plaasvind, tweedens nie ten koste van die hulpbronne moet geskied nie en derdens ekonomies gesond moet wees. Indien bogenoemde nie toegepas word nie help die natuur so ’n persoon vinnig aan om ten gronde te gaan. Alle sukses met julle ondernemings en egte Vleismerino groete. Foto van die rustige tweeling ooi ingestuur deur Manie Conradie vervolg bl. 28
GLH 3152 Gerhard & Joey Hartman Tel: 056- 213 1480 (H) • Tel: 056- 212 4275 (W) • Sel: 082 550 7196 • E-mail: ghartman@drl.co.za Bus 26, KROONSTAD, 9500 27