06.05.2013 Views

Julie 2006

Julie 2006

Julie 2006

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

e-KAMPUSNUUS

Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Aardklop en NWU-Puk vat weer hande

Die amfiteater gaan binnekort ‘n nuwe baadjie

aantrek en sal ook met ‘n hoed die toekoms in gaan

as deel van spoggerige planne wat vir die plein by die

studentesentrum gemaak is.

Die opgradering van die fasiliteite in die hartjie

van die kampus sal waarskynlik einde September

afskop en behels onderskeie projekte Die beplande

dak vir die amfiteater het waarskynlik reeds die

meeste aandag getrek en veral uit kultuurkringe word

die stap verwelkom.

Saam met die dak van sagte materiaal sal die

amfiteater uiteindelik spog met sy eie verhooggedeelte

wat in die plek van die klein sirkel van sitplekke

(aan die oostekant) gebou gaan word. Permanente

beligting- en klanktoerusting daarby sal verseker dat

die amfiteater nóg ‘n gewilder plek sal wees vir kuns

en kultuurgeleenthede. Voorts sal ‘n skuifdeur op die

verhoog uiteindelik die teater en die res van die

studentesentrum skei en só twee verhoë na weerskante

bewerkstellig.

Volgens prof. Annette Combrink, rektor van die

Pukkampus, word daar al jare lank gepraat oor ‘n dak

vir die amfiteater wat ‘n groter integrale deel kan

vorm van die kultuurbedrywighede in die stad.

Die dak sal onder meer verseker dat weersomstandighede

soos reën en wind nie met programme kan

inmeng nie terwyl die gebruikersfrekwensie sal verhoog

omdat die kampus en sy onmiddellike omgewing

afhanklik is van goeie kuns- en kultuurfasiliteite.

Die buurman met sy hoed op sal ook druk van die

Sanlam-ouditorium wat deurentyd vol bespreek is,

wegneem. Saam sal die twee staatmakers ook bydra

tot die Puk se beeld as kultuurmekka.

“Vir my is dit ‘n saak van die hart om die

amfiteater en sy omliggende omgewing met fasiliteite

vir die studente so aantreklik en effektief moontlik

te maak sodat dit maksimaal benut kan word,” sê

Combrink oor die beplande gedaanteverandering by

die studentesentrum.

Die planne behels onder meer ook dat die hele plein

Julie 2006 - Uitgawe 6

Die Aardklop-kunstefees se program vir 2006 is verlede Vrydagaand amptelik in Potchefstroom bekendgestel. Die NWU-Puk speel as gasheerborg ‘n vername rol in die fees wat

verlede jaar sowat 140 000 besoekers na Potchefstroom gebring het. Van links is dr. Theuns Eloff, voorsitter van Aardklop en visekanselier van die Noordwes-Universiteit, me.

Marlize Kruger, feesbestuurder, mnr. Andrew Maphetle, burgemeester van Potchefstroom, en prof. Annette Combrink, rektor van die Puk en beskermheer van Aardklop.

Amf Amfi Amf i kr kry kr y sy sy g ggroot

g oot hoed!

hoed!

Studentesentrum se plein kry ook nuwe baadjie

voor die Klipoog-kafeteria opgeknap sal word met nuwe

kantore vir dorpskoshuise. Die bestaande oorbrug (waar

die geverfde canvasdoeke uitgestal word) sal verbreed

word om plek te maak vir dié koshuiskantore.

Die nuwe dak van staal en seil is deel van die

eerste fase van die projek en sodra dit voltooi is sal

die nuwe koshuiskantore waarskynlik eers ingerig

word alvorens die struktuurveranderings by die

amfiteater begin. Voorts sal die plein en die ou

Drakenstein aandag kry om die splinternuwe gedaante

van die gewilde bymekaarkomplek van

studente vir eers af te rond.

Die totale koste van al die veranderings is nog nie

finaal beraam nie en ‘n bedrag van sowat R3,5 miljoen

word genoem. Die mikpunt is om die bouwerk

af te handel sodat dit gereed kan wees

vir die eerstejaarsverwelkoming

aanstaande jaar.

Kampusnuus - 2

Pukk Pukke Pukk e laa laat laa t Micr Microsoft Micr osoft nou

nou

ook ook Afrikaans Afrikaans pr praa pr aa aat aa

Regsklik op My Rekenaar, linksklik op Eienskappe

en gaan kyk onder gevorderd na die Gebruikersprofiel.

… En siedaar. Jy sit agter jou rekenaar en sy

Microsoftprogramme kommunikeer met jou in

Afrikaans!

Microsoft se rekenaarbedryfstelsel is inderdaad

nou in Afrikaans beskikbaar en beloof om die

tonge los te maak. Die Afrikaanse taalpakket

(interface pack) vir Windows XP is verlede week

bekendgestel.

Vertalers, taalkundiges en rekenaarkundiges

van die Noordwes-Universiteit het vir langer as ‘n

jaar gesit om die oorspronklike werk van Bill Gates

en sy slimkoppe te leer Afrikaans praat.

Terwyl die NWU al die vertaalwerk gedoen het

moes bestaande terminologie uitgebou word – ‘n

werk waar tot prof. Annette Combrink, rektor van

die Pukkampus, haar moue opgerol en ‘n stewige

bydrae gelewer het.

Volgens me. Ulrike Janke, projekbestuurder by

CTexT (die NWU-Puk se Sentrum vir

Tekstegnologie), het die taak die vertaling van

sowat 300 000 woorde, sinne en frases behels.

Die werk is met spesiale programmatuur gedoen

wat veroorsaak het dat die kwaliteitskontrole effe

van ‘n tameletjie was wat baie

tyd geverg het. Daarna is

funksionaliteitstoetsing gedoen

waartydens elke frase in konteks

geëvalueer moes word om te

kyk of die program reg werk en

of die vertaling gepas is. Die

terminologie is uiteindelik deur

PanSAT goedgekeur.

In die proses het ou

Afrikaanse woorde begin herleef

in die tegno-era en word die

woord wireless met draadloos

vertaal. So word flash disk nou

datavinger.

Nog interessante voorbeelde

van die vertalings sluit in karteer

(map), ghoeroe (wizard), staak

(abort), rugsteun (backup),

selflaai-aandrywer (boot drive),

pasmaak (customize),

snippermandjie (recycle bin) en

uitdoof (mute).

Op die vraag wat die program

vir Afrikaanssprekendes sal

beteken antwoord Janke: “ons het

grootgeword met Engelse

terminologie. As ek sou sê

‘regsklik op My Computer en dan

op Properties en kyk dan by

Advanced na die User Profiles’,

'n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die

amfi met sy nuwe hoed gaan lyk

dan is dit omdat daar nie Afrikaanse alternatiewe

was nie. Hierdie is die terminologie wat op my

rekenaarskerm verskyn het en daarom moes ek

noodgedwonge my taal met Engels peper. Dit klink

sommer stukke beter om te sê ‘regsklik op My

Rekenaar en dan op Eienskappe........’”.

Die hele Afrikaanse gemeenskap behoort by die

program te

baat en

veral die

wat sy/haar

rekenaar in

Afrikaans

wil gebruik.

Die

projek is

deel van

Microsoft se

internasionale

Local Language Program wat op minderheidstale

fokus. Dit behels onder meer dat speltoetsers

en gelokaliseerde programmatuur beskikbaar

gestel word vir ‘n verskeidenheid tale, waarvan

Afrikaans een is.

Volgens Janke het die Puk uit die aard van hul

betrokkenheid by taaltegnologie - veral

speltoetsers - belanggestel om met Microsoft in

vennootskap te tree.

Na ‘n afvaardiging bestaande uit proff. Annette

Combrink, Attie de Lange (navorsingseenheiddirekteur)

en Gerhard van Huyssteen (hoof van

CTexT) se besoek aan Microsoft om die

universiteit daar bekend te stel, is hulle gekontak.

‘n Week later het die vertalings begin!

Die IsiZulu en Setswana taalpakkette is vroeër

vanjaar bekendgestel en die nuutste toevoeging is

die Afrikaanse weergawe. Dit is gratis beskikbaar

by http://www.microsoft.com/southafrica

Links is hoe die verhoog van die amfi sal lyk. 'n Skuifdeur sal dit

van die res van die studentesentrum skei. Die koshuiskantore aan

die oostekant sal afgebreek word en sal na die bestaande oorbrug

verskuif word. Dié oorbrug sal daarvoor verbreed word.

Bo is die voorstelling van hoe die amfi se dak van bo sal lyk.

Bak Baker Bak er erma er ma mat ma t v vvan

v an die die NWU- NWU- NWU-

Die geboorteplek van die NWU-Puk wat naby die

sentrale sakegebied tussen bome en ‘n nuwe kerkgebou

skuil gaan tot sy eertydse glorie opgeknap word.

Min mense weet van dié geskiedkundige en kosbare

kleinood van die Volksboukuns met sy grasdak en

rietplafon wat moontlik die oudste bestaande Gereformeerde

kerkgebou noord van die Vaalrivier is.

Die plan is om die Ou Kerkie, wat in 1867 gebou

is, voortaan in te span vir huweliksbevestigings. Met

dié plan kan verseker word dat die kerkie nie net

bewaar word vir die nageslag en oud-Pukke nie, maar

ook vir die hele gemeenskap as ‘n “lewende museum”.

Die dryfveer agter die opknapping van die kerkie

om dit as plek vir troues te gebruik is dr. Leoné Malan,

lid van die eiendomskommissie van die Gereformeerde

Kerk se Potchefstroom-gemeente. Sy is ook ‘n

fisiologie-dosent aan die Puk.

Sy vertel die idee het ontstaan terwyl sy twee jaar

gelede ingespring het om die kerktuin op te knap. “Ek

het na die kerkie gekyk en besef dit kan nie langer net

daar staan as ‘n wit olifant wat uitsluitlik net vir

kategese en vergaderings gebruik word nie. Daarby het

baie jonges al navraag gedoen oor troues in die kerkie.

Omdat die instandhouding van die gebou bykomende

finansiële druk plaas op die gemeente met sy

baie lidmate wat pensioenarisse is moes ons dus aan

‘n plan dink om dit meer effektief én funksioneel te

gebruik. Die ideaal is dat die gebou selfvoorsienend

moet wees.”

Hierna het die eiendomskommissie ‘n kerkiekommissie

gestig wat die mikpunt het om die

ouwêreldse te behou saam met ‘n gewyde atmosfeer

wat pas by ‘n huwelikseremonie.

Hiervoor gaan van die oorspronklike meublement gebruik

word soos onder meer een van die eerste Bybels

wat in die kerk gebruik is, die oorspronklike selfgemaakte

preekstoeltjie en een ‘n eenvoudige oregonnagmaaltafel,

‘n traporrel, antieke kerkbanke en

Kortpad deur die Ou

Kerkie se geskiedenis

• Die Ou Kerkie is ontwerp deur ds. Dirk Postma.

• Gebou in 1867 – een van die oudste

Gereformeerde Kerke in die land.

• Die boukoste het net meer as £371 beloop.

• Vir 30 jaar aktief in gebruik, tussen 1867 en

1897.

• Belangrike besluite rakende die Gereformeerde

Kerk van SA is in die kerkgebou tydens

sinodesittings geneem.

• Een van die besluite op 20 Mei 1869 het

behels die oprigting van ‘n teologiese skool vir

Gereformeerde studente.

Hierdie skool het later die Potchefstroomse

Universiteit geword.

• Die skole, Laerskool Mooirivier en Potchefstroom

Gimnasium, het later ook hieruit gegroei.

• Die Ou Kerkie is in 1922 deur die departement

natuurkunde van die universiteit as chemiese

laboratorium gebruik.

• Die Ou Kerkie is in 1982 tot nasionale museum

verklaar.

• Die gebou is na restourasie in 1988 gebruik vir

kategese, vergaderings en Bybelstudie.

Puk Puk her herrys her ys

Kampusnuus - 3

Dr. Leoné Malan wat aan die voortou is om die Ou Kerkie te red van onbruik en verval by die ou kerkorreltjie waarop

die troumars binnekort weer gespeel gaan word.

houtopvoustoele. Voorts sal die misvloer en rietjiesplafon

saam met die gepaste interieur in die outentieke Neo-

Gotiese styl bydra tot die ouwêreldse sjarme.

Nog ‘n uniekheid is twee sewe-arm kandelare wat

deur prof. Annette Combrink, rektor van die Puk,

bewillig is. Dié kandelare sal saam met ses ander

staankandelare in die gebou, wat plek het vir 120

mense, gebruik word.

Die sewe-arm kandelaarskenking is nie die eerste

wat die universiteit aan sy geboorteplek en nasionale

Selfvoorsienend die

toekoms in.......

• Die Ou Kerkie word van einde

Oktober 2006 beskikbaar gestel vir

huwelikbevestigings.

• Die gebruik van die kerkie word per

pakket aangebied wat insluit die huur

van die kerk, kerksaal, kombuis en

gratis veilige parkering.

• ‘n Portefeulje met kontakbesonderhede

vir dienste van hoë

gehalte: ontwerp van

bruidsklere (hele familie),

grimering, hare, versiering van

saal (tafeldoeke, kandelare,

blomhouers, ens.), spyseniering,

fotograaf, musiek, blomme,

kersverskaffers en gastehuise.

• ‘n Ontwerpte gelamineerde

bedankingskaartjie van

selfgemaakte papier word ook

aangebied.

• Die totale pakket sal

bekostigbaar wees.

gedenkwaardigheid skenk nie. Geld is ook voorheen

bewillig vir verfwerk en die restourasie van die

voordeur. Potchefstroom Erfenis het ook vanjaar ‘n

bydrae gelewer.

Maar die pad van beplanning was nie altyd gelyk

nie. Volgens Malan het sy sowat ‘n maand gelede

byna oorweeg om die projek te laat vaar weens

gebrekkige finansies. “Daar was net nie geld nie.

Maar toe skielik stroom die hulp in. Meubels is gratis

aangery, die ou Bybel het sy plek gekry en finansiële

steun vir die restourasie van die vloer is ontvang.

Daarbenewens het die Puk ‘n ou notuleboek geskenk

wat as register van die huwelikspaartjies gebruik sal

word. Alles val nou presies in plek. Ek wil dus met

dankbaarheid sê dis ‘n geseënde projek,” som Malan

die groeipyne van die projek op.

Die kerkie-kommissie is hard aan die werskaf om

die opknappingsprojek af te handel en die eerste

paartjie kan moontlik so gou as einde Oktober 2006

in die kerkie die huweliksbelofte aflê.

Volgens Malan is die doelwit om die geriewe

bekostigbaar aan te bied terwyl daar nie afbreek gedoen

sal word aan die historiese korrektheid van die

ouwêreldsheid van die kerkie se binnekant nie.

Belangstellendes moet dus nie ‘n verwêreldse pakket

te wagte wees nie, maar “’n pragtige gewyde atmosfeer

soos wat kerkgangers in daardie jare beleef het”.

Die Ou Kerkie.

Kampusnuus - 4

Welstandprojekte vir u dagboek

Werkenemerwelstand bied die volgende paar maande

verskeie dienste aan.

Personeellede kan gerus die datums aanteken:

7 Augustus 2006:

• Bloedskenk in Gebou E11 se seminaarkamer. Die

nasionale bloeddiens benodig 620 000 eenhede bloed

per jaar. Elke 48 sekondes ontvang iemand in Suid-

Afrika bloed. Die Klerksdorp-tak, wat Potchefstroom

insluit, het tussen 50 tot 60 gevalle per dag wat

bloed benodig. Bepreek nou deur epos te stuur aan

EmployeeWellness@puk.ac.za.

September 2006:

• Kundige sprekers. Hou Blitsnuus dop

vir die verskillende temas.

3-6 Oktober 2006:

• Kardiovaskulêre risiko’s. Die vol-

Die Potchefstroomse Werkgemeenskap van die Suid-

Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het

onlangs hul Rembrandt 400-gedenkaand gehou. Dit is

vanjaar presies 400 jaar gelede dat die bekende

Rembrandt van Rijn gebore is en een van die bekendste

skilders in Nederland en wêreldwyd geword het. Selfs

minder bekende werke van Rembrandt haal deesdae

sowat R315 miljoen wanneer dit te koop aangebied word.

Die gasspreker by die gala-geleentheid van die akademie

op die kampus van die NWU-Puk was dr. Ben Broos,

kunskenner van Nederland. Broos het onderhoudend

gesels oor onder andere Rembrandt se belangstelling

in die eksotiese en besondere skyfies van veral

Rembrandt se minder bekende kunswerke vertoon. Die

gaste is daarna getrakteer op ‘n sewentiende-eeuse

ete, met disse soortgelyk aan dié wat in Rembrandt se

leeftyd bekend was. Van links is me. Rita Swanepoel

(vakhoof van kunsgeskiedenis aan die NWU-Puk),

prof. George Lotter (voorsitter van die akademie)

en dr. Ben Broos.

gende stalletjies sal beskikbaar wees vir inligting en/

of toetse:

· Bloeddruk,

· Cholesterol,

· Glukose,

· Vetpersentasie,

· Liggaamsmassa-indeks,

· Stres en sterktes, en

· ‘n wye verskeidenheid van vraelyste sal

beskikbaar wees.

9-13 Oktober 2006:

• Oogtoetse - “You have to be blind

not to see the benefits of having your

eyes tested regularly.”

18-20 Oktober 2006:

• Osteoporose toetse: gratis osteo-

TM

Welstand

porose siftingstoetse.

Oktober 2006:

• Bestuurderslisensies. Afsprake word gereël by

die lisensiekantoor vir die hernuwing van u lisensie.

Besprekings is noodsaaklik.

• ID’s en paspoorte. Die departement binnelandse

sake besoek die Pukkampus om aansoeke in te neem

vir ID’s en paspoorte.

November 2006:

• Tennis Rondomtalie. U kan inskryf vir:

Groep A: 1ste en 2de liga spelers

Groep B: Aktiewe sosiale spelers

Groep C: Geleenheidspelers/onaktiewe spelers

Kontak gerus die Werknemerwelstandprogram vir

meer inligting by x4280 of x4301 of stuur epos aan

EmployeeWellness@puk.ac.za.

Van die rektor se tafel

Met die aanbreek van die tweede winter moet ons

seker nou aanvaar dat lente nog op pad is!

Terwyl ek hierdie nuusbrief geskryf het was die

Intervarsity nog in beplanning en ons almal het styf

duim vasgehou. Dit is lekker om te kan sê dat die

lang Vrystaatse droogte met 24-18 op die telbord

gebreek is!

Die belangrikste openbare saak in Potchefstroom

die afgelope twee weke was die voorgestelde

herbenaming van Potchefstroom. Soos julle kon

aflei uit al die mediaberigte word daar wyd en hard

gepraat oor die saak – Theo Venter het ook ‘n

goeie gesprek hieroor gehad op RSG, en ek het

met Radio-PUK ‘n goeie gesprek gehad. Die

openbare vergadering op 7 Augustus behoort ook

interessant te wees.

Die grappe oor die naam loop natuurlik ook wyd,

en wys maar net weer dat humor darem help om

die lewe draagliker te maak (dit sluit ook aan by

die versiering van en kommentaar op die beeld van

Angus Taylor wat voor die Galery staan)!

Die begroting betree ‘n volgende rondte met die

beskikbaarstelling van die finale subsidieinkomstesyfers.

Ons sal almal ingelig hou daaroor.

Die proses verloop sover goed – dalk nou met

soveel geld as wat mense wil hê nie maar almal

wat betrokke is weet ten minste wat aangaan.

Daar is ook opgewondenheid oor verdere

ontwikkelings op die kampus. Die beplanning van

die dak oor die amfi gaan goed aan, en daar word

ook gekyk na ‘n hele herinrig van die ruimtes by

die amfi.

Dit behoort ‘n wonderlike nuwe fasiliteit te

wees, en ons hoop om dit vir die nuwe jaar se

eerstejaars reg te hê.

Die SR-verkiesings is aan die gang en sover lyk

dit goed op al die kampusse – die studenterade

werk goed saam, en dit lyk selfs of die

Institusionele Studenteraad besig is op dreef te

kom.

Ons het nou die uitslag van die verkiesing van

senaatslede op die Raad – die lede vanaf die

Potchefstroomkampus is proff. Francois Venter en

Dries du Plooy. Die ander lede uit die Senaat wat

verkies is, is proff. Christopher Rabali (VDK) en

Nqosa Mahao (Mafikeng). Die konvokasiestemming

het gesluit op 4 Augustus, en die lede van die

Raad van Donateurs word ook binnekort verkies

(die Raad van Donateurs is reeds saamgestel). Die

Raad sal dus aansienlik anders lyk teen September

met die volgende raadsvergadering.

Die NWU-PUK FNB High Performance Institute

word in die eerste week in September in gebruik

geneem. Dit behoort ook ‘n baie groot hoogtepunt

te wees.

Alabama in ‘n nuwe formaat word binnekort in

die Ouditorium opgevoer. Tydens die landswye

toer het die groep uitstekende resensies ontvang,

en almal kan gerus die moeite doen om te gaan

kyk. Die groep is baie kleiner, en daar is weer ‘n

orkes by betrokke. Dis ‘n aand van goeie vermaak

vir almal.

Die ysige koue sal darem seker ook nou begin

wyk.

Lekker werk, en sterkte met studiegidse en al

daardie lekker akademiese dinge.

Pukk Pukke Pukk e help help Suid-Afrika

Suid-Afrika

far ar armak ar mak makolo mak olo ologie-bod olo gie-bod w wwen

w en

Sewe farmakoloë van die NWU-Puk se skool vir

farmasie het opnuut hul staal gewys by die 15de

Wêreldkongres in Farmakologie wat in Beijing, China,

gehou is.

Die groep wat deel was van sowat 27 Suid-

Afrikaners wat onder leiding van prof. Douglas Oliver,

direkteur van die skool en president van die SA

Farmakologie-vereniging, ‘n beduidende rol gespeel

het in die suksesvolle bod om die wêreldkongres van

die Wêreld Farmakologie-vereniging (International

Union of Basic and Clinical Pharmacology (IUPHAR))

in 2014 in Suid-Afrika aan te bied.

Die Suid-Afrikaners het met hul bod stof geskop

in die oë van die ander bodlande soos Japan, Brazilië,

Korea en Israel en na slegs twee van drie voorgeskrewe

stemrondtes op die Beijing-kongres die

volstrekte meerderheid stemme getrek.

WorldPharma 2014 – soos IUPHAR se toekomstige

kongres in Kaapstad, Suid-Afrika, sal

bekendstaan – is die eerste kongres van sy soort wat

op die Afrika-kontinent gehou gaan word.

Volgens Oliver, wat die voorlegging vir die

wenbod gedoen het, is die kongres een van die wêreld

se grootste mediese kongresse en sal die sesdagkongres

in 2014 se tema Gesondheidsrenaissance

deur Farmakologie wees.

Die bod het sterk ondersteuning gehad van die

regering, wetenskapsrade, die farmaseutiese

industrie, die Internasionale Raad vir Wetenskap

(ICSU) en farmakoloë uit Afrika.

Benewens die bod het die Suid-Afrikaners ook

uitgestaan in die deurslaggewende rol wat hul speel

in Afrika se gesondheid. Die NWU-Pukke, onder

leiding van prof. Linda Brand (vakvoorsitter en

farmakologie-dosent), is nou betrokke by die inisiatief

“Pharmacology for Africa” met ‘n ICSU Afrikastreekskantoor

in Pretoria en IUPHAR met ‘n uiters

geslaagde byeenkoms by die Suid Afrikaanse

Ambassade in Beijing onder die beskerming van die

ambassadeur, Ndumiso Ntshinga.

Kampusnuus - 5

Die NWU-Puk se farmakoloë saam met van hul Suid-Afrikaanse eweknieë by die afgelope Wêreldkongres in Beijing, China. Van links is prof. Daan Venter, dr. Malie

Rheeders, proff. Tiaan Brink, Wim du Plooy (Universiteit van Limpopo) Linda Brand, Orton Meissner-Kirch (Walter Sisulu Universiteit), mev. Rina Meyer, prof. Douglas

Oliver, me. Sophia Fourie (Universiteit van Limpopo), dr. Elzbieta Osuch (Universiteit van Limpopo) en prof. Brian Harvey.

Die doelwit van die wêreldkongres behels onder

meer om die nuutste wetenskaplike inligting rakende

geneesmiddels bekend te stel, nuwe ontdekkings

asook die kliniese gebruik daarvan te bespreek. Dit

sluit al die terapeutiese gebiede van gesondheid in.

Die NWU-Puk het ‘n uitstekende navorsingsgroep

op die gebied van die sentrale senuweestelsel en die

siektes daarvan. Dit sluit toestande soos stres, depressie

en Parkinson se siekte in. Hierdie navorsingsresultate

is by die afgelope kongres aangebied met uitstekende

terugvoer en interaksie. Die NWU-Puk speel voorts ‘n

leidende rol in navorsing rakende die farmakologie van

IN U LIG… neem die leser terug in die ryke geskiedenis

van die Puk sedert sy selfstandigwording op 17

Maart 1951 tot in die eerste jaar na samesmelting

as die Noordwes-Universiteit in 2004.

Verskeie sake word onder meer bespreek wat

dikwels meer as net die Pukke geraak het.

• Internasionaal en nasionaal-bekende leiers op die

Puk-bestuur, soos onder meer die oudstudent dr. FW

de Klerk.

• Fasette van die Puk-stem na buite soos die

professorale rebellie (1959); die Koinonia-verklaring

(1977); gesprekke met die ANC in die tagtigerjare

by Dakar en Lusaka; die stigting van Polstu (1980);

versoeke vir die vrylating van mnr. Nelson Mandela

(1989), die oopstelling van geriewe in Potchefstroom

(1990), die proses van waarheid en versoening (na

1994) en die rigtinggewende leiding vir vernuwing

voor en na die onderwyswet (1998).

• Die PUK-terrein- en gebouontwikkelingsgeskiedenis.

• Die sonderlinge ontwikkeling en rol van die Vaaldriehoekkampus

teen die walle van die Vaalrivier.

osoon wat ook tydens die kongres aangebied is.

Volgens Oliver het hul doelwitte by die kongres

benewens om die bod vir 2014 te wen ook behels

om farmakologie in Afrika beter te organiseer en dus

van beter gesondheid te voorsien.

Die SA Farmakologie-vereniging is voorts ywerig

om hom beter binne die wêreldvereniging te vestig

deur betrokke te raak by die komitees van IUPHAR

en is prof. Tiaan Brink (sekretaris van die vereniging

en farmakologiedosent) verkies as sekretaris van die

onderrigkomitee van IUPHAR en Oliver as interne

ouditeur van die wêreldverening.

In U Lig kan nou bestel word

• Uitnemende prestasies op vakwetenskaplike

gebied wat van kundiges huishoudelike name gemaak

het.

• Eervolle welslae op die terrein van die kuns en

kultuur.

• Uitstaande atletiekprestasies.

• Die Puk se assosiasie met drie Springbokrugbyafrigters

en ’n verskeidenheid sportsoorte.

• Kleurvolle fasette van die studentelewe.

“In U Lig” beslaan sowat 850 glansbladsye vol

interessante en dikwels onthullende feite met

honderde foto’s. Dié glansuitgawe in hardeband

behoort ’n gesogte artikel vir die koffietafel te word.

Glansuitgawes van die boek kan teen R290 (BTW,

posgeld en verpakking ingesluit) by Sandra Rossouw

by x2748 of bkksapr@puk.ac.za of by http://www.

puk.ac.za/oud_pukke/inulig_bestelvorm bestel word.

Die outeur, Elize van Eeden, was vanaf 1986 tot

2004 verbonde aan die Pukkampus as navorser,

dosent en buitengewone medeprofessor. Sy is tans

werksaam by die vakgroep geskiedenis van die Vaaldriehoekkampus.

Kampusnuus - 6

Ing Ingenieur

Ing enieur enieursstudente enieur sstudente bou

bou

ver er ersk er sk skeidenheid sk eidenheid F1-motor F1-motortjies

F1-motor tjies

Die NWU-Puk se

fakulteit ingenieurswese

het onlangs die amfiteater

in ‘n renbaan

omgeskep om te wys

hoe hul eerstejaarstudente

se selfgemaakte

Formule 1renmotortjies

snelhede

van tot 120km/h haal.

Die projek is deel van

die vak Inleiding tot

Ingenieurswese wat die

fakulteit gebruik as ‘n

geleentheid om

ingenieurswese in

praktyk te ervaar.

Dit opwinding het

egter nie net by die

renbaan van 20 meter

begin nie.

Die studente (wat in

spanne ingedeel was)

moes vroeër self ‘n

model F1-motorjie op

rekenaar ontwerp en

laat uitsny op ‘n CNCmasjien.

Twee identiese

motortjies moes gebou

en afgewerk word en ‘n

portfolio moes voorberei

word om die velde van

die toepaslike

ingenieurswese betrokke

te demonstreer. Dus

moes elke keuse van

ontwerp op die motorjies (bv. profiel, grootte van

wiele, verftegnieke, ens.) ook in die portfolio

demonstreer word.

Al beperkings wat gegeld het was dat

hulle verplig was om SA-dennehout (wat

baie swaar is) moes gebruik.

Elke motortjie moes ook vier wiele hê. Die

studente moes die ander kriteria self

uitwerk.

Voor die snelhede getoets is, is elke span

se vervaardiging geëvalueer.

Van die spanne het met uitstekende

kreatiwiteit vorendag gekom en daar was

selfs motortjies wat deur paneelkloppers

geverf is.

Volgens mnr. Hannes du Toit, bestuurder

van werwing, projekte en studentesake by

die fakulteit, is snelhede van tot 20m/

sekonde behaal.

Die motortjies is aangedryf met

gaskannetjies soortgelyk as dié wat in die

kosbedryf gebruik word om room te laat

skuim.

Van die vyftig spanne (met ses lede elk)

het ses spanne deurgedring na die finale

rondte wat op die fakulteit se projektedag

op 26 Oktober gehou word.

Die wenners van die kompetisie gaan in

Januarie 2007 vir twee weke Nederland toe

om daar saam met ‘n span Nederlandse

ingenieursstudente aan ‘n projek te werk.

Proff. Piet Stoker, Johan Fick (dekaan) en mnr. Hannes du Toit (agter)van die fakulteit ingenieurswese saam met prof. Annette Combrink,

rektor van die NWU-Puk, tydens die F1-renmotorprojek vir eerstejaars met van die motortjies wat die studente gebou het.

Nanette van

Jaarsveld,

eerstejaarstudent

in ingenieurswese

by die

NWU-Puk

met haar

span se

spoggerige

Formule1renmotorjie.

Vir die inwoners van Rysmierbult buite

Potchefstroom het ‘n vroeë Kersfees

vanjaar gekom toe hul plaasskool ‘n

televisie as geskenk gekry het terwyl die

ouer mense nou met hul eie boek spog.

Die pad deur Rysmierbult is onlangs

in die gemeenskap bekendgestel waar

oud en jonk opgewonde na hul name, stories

en foto’s in die boek gesoek het. Die

unieke gemeenskapspublikasie is die

resultaat van ‘n gemeenskapsprojek, Ons

eie stories: Boeke deur die gemeenskap,

wat vanjaar afgehandel is in die Rysmierbultomgewing.

Dit is die tweede projek van die aard

wat deur die vakgroep skryfkuns van die

skool vir tale gedoen is. Die Rysmierbultprojek

is onder leiding van Anneretha

Combrink gedoen en was deel van die

Farm Labour and General Health Programme

(FLAGH) van gesondheidswetenskappe.

Die boek het ‘n nuwe bewussyn

rakende die waarde van eie verhale

gekweek en heelparty inwoners van die

plaas Roodewal en die aangrensende De

Beerskraal is nou vasbeslote om voort te

gaan om hulle stories aan die nageslag te

vertel.

Die televisie wat aan leerders by die

plaasskool De Beerskraal geskenk is, is

moontlik gemaak deur prof. Welma Oosthuizen,

buitengewone professor by

AUTHeR (Africa Unit fot Transdisciplinary Health

Research). Sy was voorheen betrokke by die eenheid

en is tans lektor by ‘n universiteit in Nieu-Zeeland.

Hulle glo die televisie sal help om die jonges se

geleenthede te verbreed.

Omdat daar ook ’n tekort aan leesstof by hierdie

plaasskool is is kopieë van Die pad deur Rysmierbult

ook aan die skool geskenk.

Enigiemand wat belangstel om boeke, tydskrifte of

enige ander nuwe of gebruikte leesstof aan hierdie

plaasskool se “biblioteek” te skenk kan Kruger skakel

by (018) 299-4037. Sy sal reël dat dit afgehaal word

en aan die skoolhoof oorhandig word.

Kampusnuus - 7

Eie Eie boek boek en en tele televisie tele visie v vverbr

v erbr erbreed erbr eed

gemeenska

emeenska

emeenskap emeenska p se se k kkennis

k ennis

Bo: Dr. Annemarie

Kruger van AUTHeR

het die televisie

oorhandig aan mev.

Karin Schalkwyk,

skoolhoof, en me.

Jeanette Kgotleng en

‘n onderwyser by De

Beerskraal oorhandig.

Bo: By die oorhandiging van die nuwe gemeenskapspublikasie

aan inwoners van Rysmierbult was Anneretha Combrink, me.

Christa Oosthuizen, dr. Annemarie Kruger en me. Irene Le Kay.

Links: Mnre. Benny Motsisi, Serame Tafita en Jafta Tafita, al

drie inwoners van Rysmierbult, gesels opgewonde oor hul “eie”

boek, Die pad deur Rysmierbult.

Kampusnuus - 8

NWU-Pukk

NWU-Pukke NWU-Pukk e speel speel in in MIV/V MIV/Vigs-f

MIV/V igs-f igs-film igs-f ilm

Dink jy nog steeds vigs raak jou nie?

Dít is die vraag wat in ‘n kort film Dobbelspel, ‘n

inisiatief van die NWU-Puk-Vigsprogram, gevra word.

In die produksie word nuwe tegnologie sowel as

toneel- en produksietalent by die Potchefstroomkampus

ingespan om ’n kragtige bewusmakingsboodskap

aan studente oor te dra.

Dobbelspel speel af in Potchefstroom en vertel die

verhaal van Annemarie, ’n tipiese damesstudent. Sy

ontmoet Jasper by ’n geselligheid. Hulle geniet die

aand saam, en dan vra Jasper haar om saam met hom

huistoe te gaan - min wetend van die weddenskap

wat hy met sy vriende aangegaan het...

Die film kyk uit ’n baie realistiese hoek na kwessies

soos verkragting, drankmisbruik en seksualiteit, en

bring die boodskap tuis dat onveilige seks ’n

dobbelspel is. Twee akteurs van Thalia-toneel,

Cheney Hills en Herman Eloff, vertolk die rolle van

Annemarie en Jasper. Die res van die rolverdeling

word ook ingeneem deur Thalia-akteurs.

Die draaiboek is ontwikkel deur Olivienne Gauvin

en Bert Boonen in samewerking met mev. Elana

Olivier, programkoordineerder van die NWU-Puk-

Vigsprogram. Gauvin en Boonen is Belgiese studente

wat tans hul meestergraadstudies aan die NWU doen.

Die produksie is in geheel by die Potchefstroomkampus

voltooi. Akademiese steundienste het die

geld bewillig terwyl die produksie gedoen word deur

die Puk se videodienste.

Dobbelspel maak gebruik van splinternuwe

tegnologie in die vorm van ’n Avid Media Composer

Adrenaline HD-redigeerstelsel, tans die enigste wat

in Suid-Afrika deur ’n universiteit gebruik word. Die

meeste Media Composer Adrenaline-stelsels word

Olivienne Gauvin (draaiboek), Corné Scheepers (kamera en redigering) en Bert Boonen (draaiboek) is van die

vernaamste rolspelers in die film Dobbelspel wat ingespan word om jonges teen vigs te waarsku. Foto: Rassie Louw.

deur kommersiële na-produksiefasiliteite en uitsaaiers

gebruik. Soortgelyke stelsels is ook onlangs in die

vervaardiging van rolprente soos Superman Returns,

King Kong en The Da Vinci Code ingespan. Video-

BESA en BWI sluit ooreenkoms

Die Sentrum vir bedryfswiskunde

en informatika®

(BWI) het onlangs ’n samewerkingsooreenkoms

met

die Bond Exchange van

Suid-Afrika (BESA) gesluit.

Luidens die ooreenkoms

sal die sentrum vir BWI se

SAS RiskLab die samestelling

van die Totale Opbrengs

Indekse kwartaalliks

oudit asook BESA se

berekenings van die daaglikse

indekswaardes.

Die ooreenkoms is onderhandel

deur prof. Machiel

Kruger van die SAS

RiskLab, en ‘n kollega, mnr.

Helgard Raubenheimer, het

die ouditstelsel ontwerp

deur ‘n risiko omgewing in die SAS Risk Dimensions®

oplossing (SAS Instituut, Hoofkwartier Cary, North

Carolina) te ontwikkel.

Aan die einde van elke dag van handel, word ‘n

datalêer, wat die waardes van die indekse en die

toepaslike opbrengskoerse van die samestellende

effekte bevat, ge-epos aan Raubenheimer wat dan

die berekeninge van die indekse nagaan en ’n verslag

daaroor aan BESA terugstuur. 3G-tegnologie stel

Raubenheimer in staat om die diens daagliks te lewer

al is hy oorsee of met vakansie.

Volgens prof. Riaan de Jongh, direkteur van die

sentrum vir BWI, is die ondertekening van die samewerkingsooreenkoms

betekenisvol. “Die NWU, SAS

en die sentrum vir BWI kry wye blootstelling in die

finansiële industrie. BESA erken die bydrae van die

Proff. Riaan de Jongh, Machiel Kruger en mnr. Helgard Raubenheimer.

sentrum vir BWI deur die BWI, SAS en NWU- logos

op alle geouditeerde verslae te druk. Hierdie verslae

word daagliks aan meer as honderd maatskappye in

Suid-Afrika en meer as 800 individue in die finansiële

dienstesektor versprei.”

Maatskappye wat hierdie verslae ontvang sluit in banke,

batebestuurders, makelaars, dataverskaffers, aktuarisse,

konsultasie maatskappye en die Reserwe Bank.

Garth Greubel, hoofuitvoerende beampte van BESA

sê “die sentrum vir BWI word hoog geag in die finansiële

industrie en verleen akademiese kredietwaardigheid

aan die dienste wat BESA verskaf. Die onafhanklike

oudit van ons indekse is baie belangrik vir ons.”

Die sentrum vir BWI het die afgelope jaar ooreenkomste

van sowat R24 miljoen met industrievennote

onderteken.

dienste het vroeër vanjaar sy produksiegeriewe teen

R300 000 opgegradeer met die toevoeging van die

Avid-stelsel en die uitbreiding van die afdeling se

DVD- en multimediaproduksiegeriewe.

Die DVD Dobbelspel gaan deur die NWU-Puk-

Vigsprogram gebruik word. Belangstellendes kan

Elana Olivier kontak by (018) 299-4038.

Taalwenk

Kongres vs. konferensie

Kollega Ewert Kleynhans vra onlangs waar lê die

verskil tussen kongres en konferensie.

In breë trekke kan ’n mens dit seker as sinonieme

beskou, maar daar is tog ’n betekenisverskil.

Die HAT (2005) verklaar ’n konferensie as:

“Byeenkoms, vergadering deur verteenwoordigers

of afgevaardigdes van liggame of lande om oorleg

te pleeg oor bepaalde sake, dikwels ad hoc gereël

wanneer daar behoefte aan ’n samespreking na

vore kom”.

Hierteenoor word kongres verklaar as: “Byeenkoms

van afgevaardigdes van liggame of state vir

gemeenskaplike oorleg of vir bespreking van

wetenskaplike e.a. onderwerpe – soms sinoniem

met konferensie, maar meestal op gereëlder tye

gehou en van ’n meer formele aard.”

Hier het ons die antwoord: kongresse word op

’n reëlmatige en vaster basis (bv. jaarliks, tweejaarliks)

gehou en word gekoppel aan ’n bepaalde

instansie of vereniging (soos vakverenigings). Dus:

Diegene van ons wat aan vakverenigings behoort

en gereeld (jaarliks of wanneer ook al) die

byeenkoms van hierdie verenigings gaan bywoon,

gaan woon vak-kongresse by. Konferensies is

meer ad hoc en word gehou as daar behoefte is

om oor ’n bepaalde saak saam te praat, bv. oor

vigs as probleem in die onderwys.

Hoop u weet volgende keer of u ’n kongres of

konferensie gaan bywoon!

WAMC

Fakulteit gesondheidswetenskappe

• Prof. Herman Strydom, dr. Adri Roux en dr.

Marie Steyn, al drie dosente by maatskaplike

werk, gaan tussen 28 en 31 Augustus die 33ste

World Congress of Schools of Social Work in

Santiago bywoon. Benewens hul aanbiedings sal

dr. Marie Ubbink, wat pas haar PhD verwerf het

ook ‘n aanbieding oor haar proefskrif doen.

Strydom is onlangs vir die volgende termyn as

visevoorsitter van ASASWEI (Association of South

African Social Work Education Institutions)

verkies. Hy sal dus ook gemoeid wees met die

reëlings vir die volgende internasionale

konferensie wat in 2008 by die internasionale

konferensiesentrum in Durban plaasvind.

• Voedingnavorsers in die skool vir fisiologie,

voeding en verbruikerswetenskappe het onlangs

saam met 27 ander sentra wêreldwyd deelgeneem

aan ‘n unieke navorsingsprojek om die metode

waarop die glukemiese indeks (GI) van voedsels

bepaal word, te standaardiseer.

Die grootte en bronne van variasie in GIwaardes

soos gemeet in die 28 laboratoria is

gemeet. Elke laboratorium het drie produkte,

verskaf deur ‘n sentrale laboratorium in Kanada,

asook glukose as ‘n standaard, getoets in minstens

tien proefpersone. Die derde kleinste variasie is

deur die NWU-Puk navorsers gevind, wat beteken

hulle tel onder die drie beste laboratoria in die

wêreld!

Die projek is

bestuur deur proff.

Johann en CS Venter

en dr. Marlien Pieters-

Loots en die metings

geneem deur sr.

Chrissie Lessing en

stafverpleegster

Esther Strydom.

• Die skool vir

farmasie het in Julie

die jaarlikse simposium

met die titel Siektes

relevant vir Suid- Dr. Annemarie Kruger.

Afrika aangebied.

Hierdie uiters

suksesvolle simposium

het siektetoestande

soos MIV/Vigs,

tuberkulose, malaria

en diabetes onder die

soeklig geplaas

rakende die jongste

ontwikkelings en

huidige benaderings in

die behandeling

daarvan. Vyftien

sprekers het

Me. Elana Olivier.

uitstekende lesings oor

die twee dae gelewer

vir finalejaarstudente

asook aptekers uit die

praktyk. Voorts het

die farmaseutiese

industrie en

aptekersgroepe

uitgestal en besondere

interaksies is

bewerkstellig met

studente ter

Prof. Deodat Kritzinger.

voorbereiding vir volgende jaar wanneer hulle toe

tree tot die aptekersprofessie. Dr. Sandra van Dyk

en haar span het die spoggeleentheid gereël. Die

sprekers was drs. Annamarie Kruger, Ebrahim

Variava, Hulda Swai, Lynn Webber, Stephen Toovey,

mee. Elana Olivier, Heidi van Rooyen, mnre. João

Carapinha, Michael Brown, proff. Deodat Kritzinger,

Mary Edington, me. René Pretorius, sr. Mary Harvey,

mee. Suné Swanepoel en Trudie van Rooyen.

Departement Kultuur

Die NWU-Pukke het opnuut met die kunstebloed

in hul are die Grahamstadse kunstefeesgangers

oorrompel. Die Boulevard Harmoniste het hul

splinternuwe program van a capella op die

fees bekendgestel terwyl die Majawa Operaensemble

die Donizetti eenakteur-opera Rita

opgevoer het. Volgens mnr. Peet Ryke, bestuurder

van kultuur, kan die uittog na Grahamstad as ‘n

groot sukses opgesom word waar die gehore

sonder uitsondering gaande was oor wat hulle

gesien en gehoor het, - soos altyd stom verbaas

oor die produkte wat van die Noordwes-

Universiteit kom.

Cue, die amptelike feeskoerant, het in hul

resensies ook net lof uitgespreek. Ryke haal twee

sinne uit die resensies aan: “Six close-harmony

singers in a programme ranging from Brahms to

the Beatles confirms the supremacy of the human

voice”, en “A must-see for any opera lover, with

faultless singing and a delightful story”.

Ryke het die studentedekaan, die departement

kultuur, die skool vir musiek, en die Pukkunstekomitee

bedank vir hul ondersteuning.

Intussen is die wêreldjeugkoor aan die oefen in

Milaan vir hul

Europese

konsertreeks.

Onder die sangers

is drie Pukke. Een

van hulle, Mandie

de Villiers-Schutte,

het selfs ‘n solo

losgeslaan.

Fakulteit

ekonomiese en

bestuurswetenskappe

Die skool

entrepreneurskap,

bemarking en

toerismebestuur het

‘n navorsingsooreenkoms

met

SANParke

onderteken. Prof.

Melville Saayman,

hoof van die

instituut vir

toerisme en

vryetydstudies, sê

die ooreenkoms

behels dat die

instituut oor die

volgende drie jaar

verskeie

navorsingsprojekte

namens SANParke

sal hanteer. Dit volg

op ‘n vorige

ooreenkoms wat

Kampusnuus - 9

Spieël

met SANparke gesluit is. By die geleentheid was

Saayman en mnr. Glenn Phillips, die direkteur vir

bemarking en produkontwikkeling van SANParke.

Agter is dr. Peet van der Merwe, ook van die

instituut, en Mej. Toerisme 2006 van die

Pukkampus, Carien Streuders.

Fakulteit teologie

• Die fakulteit

se eerste

nadoktorale

genoot het pas in

Potchefstroom

aangekom. Hy is

dr. Sebastian

Fuhrmann, wat

saam met sy vrou

Uta (‘n

fisioterapeut), en

hulle drie kinders -

Noa (8), Henri (4)

en Rosa (1) vir

sowat twee jaar in

Suid-Afrika sal bly. Dr. Sebastian Fuhrmann.

Hulle kom van

Berlyn waar Fuhrmann vroeër vanjaar sy

doktorsgraad aan die Humboldt Universität zum

Berlin verwerf het. Hy is ook Vikar (predikant) van

die Evangeliese Kerk van Berlyn-Brandenburg, van

die St Nicolai Kerk in Potsdam. Fuhrmann is die

nadoktorale navorsingsgenoot van prof. Fika van

Rensburg en hy gaan binne een van die projekte

van die fakulteit se navorsingseenheid werk.

Die gesin is reeds ywerig besig om Afrikaans te

leer.

Voor is prof. Melville Saayman en mnr. Glenn Phillips, die direkteur vir bemarking en

produkontwikkeling van SANParke. Agter is dr. Peet van der Merwe en Carien Streuders.

Kampusnuus - 10

Direkteur: Skool vir tale

Prof. Wannie Carstens

Hy is ‘n ge-Pukte Matie wat ook by Ikeys ‘n draai gemaak

het. As jong seun het hy die biblioteek in Windhoek van

hoek tot kant deurgelees en is steeds “so ontsettend lief

vir boeke”.

Hulle kan maar gerus eendag daaraan dink om ‘n paar

boeke in sy kis te sit sodat hy verder kan lees. Só skerts

prof. Wannie Carstens, een van die land se voorste

taalkenners en die Puk se direkteur van die skool vir tale.

Hy is op die Puk ook bekend as die taalwenkskrywer

wat elke wenk berekend afsluit met WAMC (sy voorletters).

Met selfvertroue. Punt. Want hier praat ‘n man wat

inderdaad sy taal ken.

Hy sê sonder omhaal hy was nog nooit spyt oor sy

“Afrikaansheid” nie. Hy skroom nie om daarvoor op te

staan nie en selfs daarvoor te baklei as dit moet nie.

Ondanks die massiewe toename in Afrikaanse

koerante, tydskrifte, musiek en kunstefeeste is daar

steeds vir hom ‘n droom... en dit is dat mense “nog net

openlik moet bely dat hulle lief is vir Afrikaans”.

Waar kom jou liefde vir Afrikaans vandaan?

Ek het in ‘n Afrikaanse huis in Namibië grootgeword

en ons het op skool ‘n briljante onderwyser (mnr. Hennie

Brandt) gehad wat op uitsonderlike wyse Afrikaans vir

ons oopgemaak het. Dit was ook in die dae voor televisie

– ek het baie, baie gelees.

Frustreer dit jou nie as taalkenner om stukke te lees

waar die taalgebruik swak is nie?

Ontsettend! Foute kom oral voor. Kyk maar die foute

in koerante en veral hul advertensies. Ek kan eerlik sê

daar is selfs in die akademiese wêreld patetiese

taalgebruik. Ook ander personeellede by die Puk is

skuldig. Kyk maar na die taalgebruik in die debatte op

die BBS. Ek dink eerlik mense skryf so sleg omdat hulle

gewoon nie meer lees nie.

Hoe sien jy die spelvermoë van vandag se jongmense?

Absoluut power! Die SMS-taal bring ‘n ramp mee.

Sommige jonges kan nie eens behoorlik praat nie! Luister

maar na die halwe sinne in gesprekke. Daar is oral ‘n

argelose losmaak van standaarde, self in kleredrag. Dis die

gees van die tyd. Tog is ek verstom oor die jeug se liefde

vir Afrikaans en dat hulle nie vandag skaam is om Afrikaanse

liedjies te luister nie. Ook nie om Afrikaans te wees nie.

Sal jy jouself as taalpuris bestempel?

Ek stel my nie in op hoë Afrikaans nie. Ek sal ook nie sê

ek is ‘n oordrewe puris nie. Daar is egter ‘n plek vir formele

Afrikaans en dit is by die werk. So ook by die ander rolle

wat mens vervul soos in dié van pa is daar pa-taal, die van

man man-taal, ensovoorts.

En in die onderrigsituasie?

Ek leer ons studente om fitterig te wees. Dit mag hulle

wel frustreer maar ons kry goeie resultate.

Wat sou jy sê is die belangrikste hulpmiddel waarmee

mense hulle taalgebruik kan verbeter?

Koop die Afrikaanse speltoetser (by die Puk)! Skaf ‘n goeie

woordeboek aan. Koop my normeboek (Norme vir Afrikaans).

En die belangrikste. Lees. Lees. Lees.

Jou mening oor die toekoms van Afrikaans?

‘n Onlangse taaloudit het bewys dat daar ‘n enorme

toename in Afrikaanse boeke, musiek, koerante,

tydskrifte en feeste is. Net dit alleen gee my al baie moed.

Jy is (of was) lid van ‘n rits woordeboek- en taalhandboekkomitees.

Noem jou hoogtepunte en die werk waarmee

jy tans besig is?

Ek was vir elf jaar lid van die Taalkommissie en is trots

op die produk, die (nuwe) Afrikaanse Woordelys en

Redakteur: Lieze du Preez • e-pos: bkkldup@puk.ac.za • Tel: (018) 299-2382 • Sel: 082-776-7522

Kampusnuus is op die web beskikbaar by www.puk.ac.za/nuus/kampusnuus

PROFIEL

Dié Dié man man is is tr trots tr ots Afrikaans

Afrikaans

Spelreëls, wat ons in 2002 afgehandel het. Hiervoor het

ons die CJ Langenhovenprys vir Taalwetenskap van die

Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

ontvang. Die werk het baie ure met min verloftyd tot

gevolg gehad. Tans is ek ondervoorsitter van die Nasionale

Taalliggaam vir Afrikaans, voorsitter van die Forum vir

Afrikaans, lid van die direksie by die WAT (Woordeboek

van die Afrikaanse Taal), lid van die Raad van die

Afrikaanse Taalmuseum en Taalmonument in Paarl en lid

van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en

Kuns. Ek is ook al vir ses jaar voorsitter van die provinsiale

taalkomitee en lid van die provinsiale namekomitee.

Hieruit word afgelei dat jy veral die Afrikaanssprekende

gemeenskap verteenwoordig en dien. Kry jy ooit teenstand?

My betrokkenheid by die taal is ‘n logiese voortvloeisel

van my grootword- en studentejare. Ek skroom nie

om op te staan en vir Afrikaans te baklei nie. Dit beteken

dan dat mens juis slae kry maar ek is nie bereid om dit

waaraan ek so hard gewerk het prys te gee nie.

Watter boeke het al uit jou pen verskyn?

Ek is die skrywer van twee en medeskrywer van die

Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. My derde boek is in beplanning.

Ek beplan om binnekort oorsee te gaan vir voorafnavorsing

wat minstens ‘n maand van net lees sal wees.

Jy is ook lid van die provinsiale namekomitee. Hoe word

die komitee saamgestel?

Die lede word deur die gemeenskap genomineer terwyl

die voorsitter aangewys word deur die provinsiale regering.

Ek kan met eerlikheid sê my eweknieë in die komitee is

welwillend en het erns met elke saak. So ook wys die

voorsitter professionaliteit. Dit is mense wat in wie ek

vertrou en ek het respek vir hulle.

Waarmee is die komitee tans besig?

In breë trekke moet alle benamings en herbenamings

van plekke deur die komitee bekyk word. Ons is tans besig

met sekere plekke wat se spelwyse reggestel moet word.

Ons bekyk ook tans twee of drie plekke wat dieselfde

naam het en een dus ‘n nuwe naam moet kry. Dan is ons

ook betrokke by die proses om nuwe uitbreidings in die

provinsie se name te bekyk.

Wat is die vernaamste riglyn wat geld wanneer ‘n

nuwe naam in die vooruitsig gestel word?

Behoorlike konsultasie met die breë gemeenskap.

Hoe sien jy die voorgestelde naamverandering van

Potchefstroom?

My persoonlike mening: in Potchefstroom is nie een

van die riglyne tot dusver gevolg nie. Die konsultasiepoging

in 2004 in die banketsaal was abortief en

duidelik ‘n gemanipuleerde proses. Daar is glad nie voldoende

gekonsulteer nie en die demokrasie bepaal jy moet

met alle belangegroepe in gesprek tree. Weer my persoonlike

mening: dit lyk of daar ‘n ANC-groepering is wat die proses

forseer om by hulle eie doelwitte te pas. Dit is nie versoenend

nie.

Is daar volgens jou ‘n ander naam wat meer gepas sou

wees as die voorgestelde Tlokwe?

My persoonlike mening: die huidige naam

assosieer met die geskiedenis van die dorp. Dit

is moontlik dat die Batlokwa-stam in die

omgewing gebly het maar mense het Potchefstroom

‘n plek kom maak waar mense

wil bly en jy kan tog nie ‘n streep deur hul

geskiedenis trek nie. Nee wat. Potch bly

Potch. Niks kan meer gepas wees as Potchefstroom

nie. Dís die geskiedenis. ‘n

Naam word gekoppel aan ‘n sekere status, geskiedenis

en waarde.

Jy het op Maties gestudeer en klas gegee. Later was

jy by Ikeys en nou vir die langste tyd by die Puk? Hoe sien

jy die drie?

Maties sal maar seker altyd my alma mater bly. Die plek

waar ek begin studeer het en vir ses jaar as voltydse student

ingeskryf was. Ikeys, waar ek net langer as elf jaar

klas gegee het, het sy eie herinnerings. Daar het ek die

kompleksiteit van die land geleer. Dit was die voorfase tot

die oorgang in Suid-Afrika. En dan die Puk waar ek reeds

sowat 15 jaar betrokke is. Hier kon ons openlik Afrikaans

wees én Christen wees. Elkeen van die drie plekke het sy

eie unieke ervarings meegebring en kan inderwaarheid nie

met mekaar vergelyk word nie. Ek kan wel bevestig dat

wanneer ek aftree dit iewers in die Kaap sal wees.

Jy was voorheen die huispa van Wanda en is nou pa

van Bellatrix. Wat van huispa-wees trek jou?

O, ek is mal oor my meisiekinders en geniet hul

menswees. Dit is ‘n vreugde en voorreg om die stukkie

groei wat jy in jongmense se lewe het te kan ervaar.

Jy is getroud met Wilma (wat jy in Stellenbosch ontmoet

het) en het drie kinders. Vertel meer.

Ek is mal oor my vrou van die afgelope 28 jaar en lief

vir my kinders. Ons doen graag dinge saam. Ihan is tans

besig met sy Zuma-jaar as apteker in Nylstroom. Rikus

het sy honneurs in BCom verwerf en bly in Londen.

Amnarie is ‘n derdejaar onderwysstudent. Dis lekker om

my kinders te sien grootword en dis maar ‘n gemis nou

dat hulle uit die huis is.

Wat doen jy om te ontspan?

Omdat my hele leefwêreld Afrikaans is lees ek vir

ontspanning Engelse fiksie. En ek kyk graag sport.

Watter rugbyspan ondersteun jy?

Kyk man, ek is ‘n geswore WP en Stormers-ondersteuner.

Ek verstaan nie hoe mense kan dink die Blou Bulle is besonder

nie!

Waarop is jy trots?

Op die skool vir tale

en veral ons omgee

vir studente hier.

Waarvan hou

jy nie?

Ek is op die

kampus bekend

as informele

mens met

‘n gemaklike

styl. Ek

hou nie van

‘n gespanneomgewing

nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!