06.05.2013 Views

Julie 2006

Julie 2006

Julie 2006

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kampusnuus - 8

NWU-Pukk

NWU-Pukke NWU-Pukk e speel speel in in MIV/V MIV/Vigs-f

MIV/V igs-f igs-film igs-f ilm

Dink jy nog steeds vigs raak jou nie?

Dít is die vraag wat in ‘n kort film Dobbelspel, ‘n

inisiatief van die NWU-Puk-Vigsprogram, gevra word.

In die produksie word nuwe tegnologie sowel as

toneel- en produksietalent by die Potchefstroomkampus

ingespan om ’n kragtige bewusmakingsboodskap

aan studente oor te dra.

Dobbelspel speel af in Potchefstroom en vertel die

verhaal van Annemarie, ’n tipiese damesstudent. Sy

ontmoet Jasper by ’n geselligheid. Hulle geniet die

aand saam, en dan vra Jasper haar om saam met hom

huistoe te gaan - min wetend van die weddenskap

wat hy met sy vriende aangegaan het...

Die film kyk uit ’n baie realistiese hoek na kwessies

soos verkragting, drankmisbruik en seksualiteit, en

bring die boodskap tuis dat onveilige seks ’n

dobbelspel is. Twee akteurs van Thalia-toneel,

Cheney Hills en Herman Eloff, vertolk die rolle van

Annemarie en Jasper. Die res van die rolverdeling

word ook ingeneem deur Thalia-akteurs.

Die draaiboek is ontwikkel deur Olivienne Gauvin

en Bert Boonen in samewerking met mev. Elana

Olivier, programkoordineerder van die NWU-Puk-

Vigsprogram. Gauvin en Boonen is Belgiese studente

wat tans hul meestergraadstudies aan die NWU doen.

Die produksie is in geheel by die Potchefstroomkampus

voltooi. Akademiese steundienste het die

geld bewillig terwyl die produksie gedoen word deur

die Puk se videodienste.

Dobbelspel maak gebruik van splinternuwe

tegnologie in die vorm van ’n Avid Media Composer

Adrenaline HD-redigeerstelsel, tans die enigste wat

in Suid-Afrika deur ’n universiteit gebruik word. Die

meeste Media Composer Adrenaline-stelsels word

Olivienne Gauvin (draaiboek), Corné Scheepers (kamera en redigering) en Bert Boonen (draaiboek) is van die

vernaamste rolspelers in die film Dobbelspel wat ingespan word om jonges teen vigs te waarsku. Foto: Rassie Louw.

deur kommersiële na-produksiefasiliteite en uitsaaiers

gebruik. Soortgelyke stelsels is ook onlangs in die

vervaardiging van rolprente soos Superman Returns,

King Kong en The Da Vinci Code ingespan. Video-

BESA en BWI sluit ooreenkoms

Die Sentrum vir bedryfswiskunde

en informatika®

(BWI) het onlangs ’n samewerkingsooreenkoms

met

die Bond Exchange van

Suid-Afrika (BESA) gesluit.

Luidens die ooreenkoms

sal die sentrum vir BWI se

SAS RiskLab die samestelling

van die Totale Opbrengs

Indekse kwartaalliks

oudit asook BESA se

berekenings van die daaglikse

indekswaardes.

Die ooreenkoms is onderhandel

deur prof. Machiel

Kruger van die SAS

RiskLab, en ‘n kollega, mnr.

Helgard Raubenheimer, het

die ouditstelsel ontwerp

deur ‘n risiko omgewing in die SAS Risk Dimensions®

oplossing (SAS Instituut, Hoofkwartier Cary, North

Carolina) te ontwikkel.

Aan die einde van elke dag van handel, word ‘n

datalêer, wat die waardes van die indekse en die

toepaslike opbrengskoerse van die samestellende

effekte bevat, ge-epos aan Raubenheimer wat dan

die berekeninge van die indekse nagaan en ’n verslag

daaroor aan BESA terugstuur. 3G-tegnologie stel

Raubenheimer in staat om die diens daagliks te lewer

al is hy oorsee of met vakansie.

Volgens prof. Riaan de Jongh, direkteur van die

sentrum vir BWI, is die ondertekening van die samewerkingsooreenkoms

betekenisvol. “Die NWU, SAS

en die sentrum vir BWI kry wye blootstelling in die

finansiële industrie. BESA erken die bydrae van die

Proff. Riaan de Jongh, Machiel Kruger en mnr. Helgard Raubenheimer.

sentrum vir BWI deur die BWI, SAS en NWU- logos

op alle geouditeerde verslae te druk. Hierdie verslae

word daagliks aan meer as honderd maatskappye in

Suid-Afrika en meer as 800 individue in die finansiële

dienstesektor versprei.”

Maatskappye wat hierdie verslae ontvang sluit in banke,

batebestuurders, makelaars, dataverskaffers, aktuarisse,

konsultasie maatskappye en die Reserwe Bank.

Garth Greubel, hoofuitvoerende beampte van BESA

sê “die sentrum vir BWI word hoog geag in die finansiële

industrie en verleen akademiese kredietwaardigheid

aan die dienste wat BESA verskaf. Die onafhanklike

oudit van ons indekse is baie belangrik vir ons.”

Die sentrum vir BWI het die afgelope jaar ooreenkomste

van sowat R24 miljoen met industrievennote

onderteken.

dienste het vroeër vanjaar sy produksiegeriewe teen

R300 000 opgegradeer met die toevoeging van die

Avid-stelsel en die uitbreiding van die afdeling se

DVD- en multimediaproduksiegeriewe.

Die DVD Dobbelspel gaan deur die NWU-Puk-

Vigsprogram gebruik word. Belangstellendes kan

Elana Olivier kontak by (018) 299-4038.

Taalwenk

Kongres vs. konferensie

Kollega Ewert Kleynhans vra onlangs waar lê die

verskil tussen kongres en konferensie.

In breë trekke kan ’n mens dit seker as sinonieme

beskou, maar daar is tog ’n betekenisverskil.

Die HAT (2005) verklaar ’n konferensie as:

“Byeenkoms, vergadering deur verteenwoordigers

of afgevaardigdes van liggame of lande om oorleg

te pleeg oor bepaalde sake, dikwels ad hoc gereël

wanneer daar behoefte aan ’n samespreking na

vore kom”.

Hierteenoor word kongres verklaar as: “Byeenkoms

van afgevaardigdes van liggame of state vir

gemeenskaplike oorleg of vir bespreking van

wetenskaplike e.a. onderwerpe – soms sinoniem

met konferensie, maar meestal op gereëlder tye

gehou en van ’n meer formele aard.”

Hier het ons die antwoord: kongresse word op

’n reëlmatige en vaster basis (bv. jaarliks, tweejaarliks)

gehou en word gekoppel aan ’n bepaalde

instansie of vereniging (soos vakverenigings). Dus:

Diegene van ons wat aan vakverenigings behoort

en gereeld (jaarliks of wanneer ook al) die

byeenkoms van hierdie verenigings gaan bywoon,

gaan woon vak-kongresse by. Konferensies is

meer ad hoc en word gehou as daar behoefte is

om oor ’n bepaalde saak saam te praat, bv. oor

vigs as probleem in die onderwys.

Hoop u weet volgende keer of u ’n kongres of

konferensie gaan bywoon!

WAMC

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!