06.05.2013 Views

Julie 2006

Julie 2006

Julie 2006

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bak Baker Bak er erma er ma mat ma t v vvan

v an die die NWU- NWU- NWU-

Die geboorteplek van die NWU-Puk wat naby die

sentrale sakegebied tussen bome en ‘n nuwe kerkgebou

skuil gaan tot sy eertydse glorie opgeknap word.

Min mense weet van dié geskiedkundige en kosbare

kleinood van die Volksboukuns met sy grasdak en

rietplafon wat moontlik die oudste bestaande Gereformeerde

kerkgebou noord van die Vaalrivier is.

Die plan is om die Ou Kerkie, wat in 1867 gebou

is, voortaan in te span vir huweliksbevestigings. Met

dié plan kan verseker word dat die kerkie nie net

bewaar word vir die nageslag en oud-Pukke nie, maar

ook vir die hele gemeenskap as ‘n “lewende museum”.

Die dryfveer agter die opknapping van die kerkie

om dit as plek vir troues te gebruik is dr. Leoné Malan,

lid van die eiendomskommissie van die Gereformeerde

Kerk se Potchefstroom-gemeente. Sy is ook ‘n

fisiologie-dosent aan die Puk.

Sy vertel die idee het ontstaan terwyl sy twee jaar

gelede ingespring het om die kerktuin op te knap. “Ek

het na die kerkie gekyk en besef dit kan nie langer net

daar staan as ‘n wit olifant wat uitsluitlik net vir

kategese en vergaderings gebruik word nie. Daarby het

baie jonges al navraag gedoen oor troues in die kerkie.

Omdat die instandhouding van die gebou bykomende

finansiële druk plaas op die gemeente met sy

baie lidmate wat pensioenarisse is moes ons dus aan

‘n plan dink om dit meer effektief én funksioneel te

gebruik. Die ideaal is dat die gebou selfvoorsienend

moet wees.”

Hierna het die eiendomskommissie ‘n kerkiekommissie

gestig wat die mikpunt het om die

ouwêreldse te behou saam met ‘n gewyde atmosfeer

wat pas by ‘n huwelikseremonie.

Hiervoor gaan van die oorspronklike meublement gebruik

word soos onder meer een van die eerste Bybels

wat in die kerk gebruik is, die oorspronklike selfgemaakte

preekstoeltjie en een ‘n eenvoudige oregonnagmaaltafel,

‘n traporrel, antieke kerkbanke en

Kortpad deur die Ou

Kerkie se geskiedenis

• Die Ou Kerkie is ontwerp deur ds. Dirk Postma.

• Gebou in 1867 – een van die oudste

Gereformeerde Kerke in die land.

• Die boukoste het net meer as £371 beloop.

• Vir 30 jaar aktief in gebruik, tussen 1867 en

1897.

• Belangrike besluite rakende die Gereformeerde

Kerk van SA is in die kerkgebou tydens

sinodesittings geneem.

• Een van die besluite op 20 Mei 1869 het

behels die oprigting van ‘n teologiese skool vir

Gereformeerde studente.

Hierdie skool het later die Potchefstroomse

Universiteit geword.

• Die skole, Laerskool Mooirivier en Potchefstroom

Gimnasium, het later ook hieruit gegroei.

• Die Ou Kerkie is in 1922 deur die departement

natuurkunde van die universiteit as chemiese

laboratorium gebruik.

• Die Ou Kerkie is in 1982 tot nasionale museum

verklaar.

• Die gebou is na restourasie in 1988 gebruik vir

kategese, vergaderings en Bybelstudie.

Puk Puk her herrys her ys

Kampusnuus - 3

Dr. Leoné Malan wat aan die voortou is om die Ou Kerkie te red van onbruik en verval by die ou kerkorreltjie waarop

die troumars binnekort weer gespeel gaan word.

houtopvoustoele. Voorts sal die misvloer en rietjiesplafon

saam met die gepaste interieur in die outentieke Neo-

Gotiese styl bydra tot die ouwêreldse sjarme.

Nog ‘n uniekheid is twee sewe-arm kandelare wat

deur prof. Annette Combrink, rektor van die Puk,

bewillig is. Dié kandelare sal saam met ses ander

staankandelare in die gebou, wat plek het vir 120

mense, gebruik word.

Die sewe-arm kandelaarskenking is nie die eerste

wat die universiteit aan sy geboorteplek en nasionale

Selfvoorsienend die

toekoms in.......

• Die Ou Kerkie word van einde

Oktober 2006 beskikbaar gestel vir

huwelikbevestigings.

• Die gebruik van die kerkie word per

pakket aangebied wat insluit die huur

van die kerk, kerksaal, kombuis en

gratis veilige parkering.

• ‘n Portefeulje met kontakbesonderhede

vir dienste van hoë

gehalte: ontwerp van

bruidsklere (hele familie),

grimering, hare, versiering van

saal (tafeldoeke, kandelare,

blomhouers, ens.), spyseniering,

fotograaf, musiek, blomme,

kersverskaffers en gastehuise.

• ‘n Ontwerpte gelamineerde

bedankingskaartjie van

selfgemaakte papier word ook

aangebied.

• Die totale pakket sal

bekostigbaar wees.

gedenkwaardigheid skenk nie. Geld is ook voorheen

bewillig vir verfwerk en die restourasie van die

voordeur. Potchefstroom Erfenis het ook vanjaar ‘n

bydrae gelewer.

Maar die pad van beplanning was nie altyd gelyk

nie. Volgens Malan het sy sowat ‘n maand gelede

byna oorweeg om die projek te laat vaar weens

gebrekkige finansies. “Daar was net nie geld nie.

Maar toe skielik stroom die hulp in. Meubels is gratis

aangery, die ou Bybel het sy plek gekry en finansiële

steun vir die restourasie van die vloer is ontvang.

Daarbenewens het die Puk ‘n ou notuleboek geskenk

wat as register van die huwelikspaartjies gebruik sal

word. Alles val nou presies in plek. Ek wil dus met

dankbaarheid sê dis ‘n geseënde projek,” som Malan

die groeipyne van die projek op.

Die kerkie-kommissie is hard aan die werskaf om

die opknappingsprojek af te handel en die eerste

paartjie kan moontlik so gou as einde Oktober 2006

in die kerkie die huweliksbelofte aflê.

Volgens Malan is die doelwit om die geriewe

bekostigbaar aan te bied terwyl daar nie afbreek gedoen

sal word aan die historiese korrektheid van die

ouwêreldsheid van die kerkie se binnekant nie.

Belangstellendes moet dus nie ‘n verwêreldse pakket

te wagte wees nie, maar “’n pragtige gewyde atmosfeer

soos wat kerkgangers in daardie jare beleef het”.

Die Ou Kerkie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!