You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
WANNEER ‘N MENS IN MANIE

VAN NIEKERK SE KANTOOR, WAAR

ALLERHANDE TOEKENNINGS TEEN DIE

MURE PRYK, SIT, IS EEN DING DUIDELIK

– AS HY IETS DOEN, DAN DOEN HY DIT

ORDENTLIK. DIT MAAK NIE SAAK OF DIT

OOR AARTAPPELS, EKSOTIESE WILD OF

'N JOHN DEERE TREKKER GAAN NIE,

MANIE SE RESEP TOT SUKSES IS ALTYD

DIESELFDE: “PROBEER OM ALLES

100% REG TE DOEN.”

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

> FOTO'S: WAYNE VILJOEN

KOLLIG OP MANIE VAN NIEKERK

Maart 2013 • www.senwes.co.za >

“As jou rekordhouding nie op datum

is nie, gaan jy dit nie in die lang termyn maak nie en

jy kan ook die helfte meer gedoen kry as jy beplan

wat jy doen,” sê Manie.

Manie het op die plaas Geluk, geleë in die

Kroonstad-distrik, waar hy steeds boer, grootgeword

en hy het op Kroonstad gematrikuleer. Ná skool het

hy in ‘n BCom-rigting gaan studeer, maar in 1989 het

die verlange na die plaas té groot geword en het hy

dus eers saam met sy pa geboer, waarna hy ‘n paar

jaar later die leisels permanent oorgeneem het.

Manie se boerdery is soos volg verdeel: 80%

saaiery, waarvan 70% mielies en 30% aartappels is.

Die res van die vertakking bestaan uit vleisbeeste,

‘n vleismerino-stoetery en eksotiese wild (buffels,

bastergemsbokke en swartwitpense).

Manie het ongeveer vier jaar gelede die

wildkomponent by sy boerdery gevoeg, toe die

boerdery volgens hom moeilik beheerbaar geraak

het. “Wild is iets wat jy makliker self kan doen. Een

swartwitpenskoei kos dieselfde as 25 beeskoeie.”

Hy het ongeveer vier jaar gelede

die wildkomponent, wat uit eksotiese

wild bestaan, by sy boerdery gevoeg,

toe die boerdery volgens hom moeilik

beheerbaar geraak het.

vervolg op bladsy 14

13