08.09.2013 Views

Februarie/Maart

Februarie/Maart

Februarie/Maart

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

38 ••• PROMOSIE-ARTIKEL: BIOMIN

Die vier stadiums van inkuiling

vervolg van bladsy 37

Kuilvoer wat na ammoniak ruik, is van ‘n lae kwaliteit en

moet uitgegooi word en nie vir diere gevoer word nie.

Die rede hiervoor is omdat dit begin gis en swamme

groei. Veral voere wat nog heelwat residuele suikers

ná inkuiling bevat, soos byvoorbeeld mieliekuilvoer,

is dikwels onstabiel.

“In dié stadium word die preserverende organiese

sure (melksuur) in die teenwoordigheid van suurstof

deur giste en swamme afgebreek, die pH begin styg

en sekondêre bederwing kan teen ‘n tempo van 1,5%

tot 4,5% per dag plaasvind, terwyl die temperatuur

in die blootgestelde areas styg en swamgroei verder

stimuleer. Voorts produseer swamme mikotoksiene,

wat giftig is vir diere en soms dodelik kan wees. Die

uitlaai van die kuilvoer wat gereed is om aan die diere

gevoer te word, is dus ‘n sensitiewe periode. Die

kuilvoer moet steeds lugdig gehou word. Verwyder ‘n

laag van minstens 200 mm kuilvoer per dag voordat

dié laag begin agteruitgaan. Sodra genoeg kuilvoer vir

die dag verwyder is, moet die plastiek weer oorgetrek

word. Kuilvoer wat na ammoniak ruik of gemuf,

slymerig of baie donker van kleur is, is swak en moet

nie aan diere gevoer word nie; veral nie dragtige diere

nie, want swamme (mikotoksiene) kan hulle laat

aborteer,” verduidelik Van Rensburg.

Die onstabiele aard word deur aërobiese mikroorganismes

(giste, swamme en bacilli) veroorsaak.

Hierdie mikro-organismes benodig melksuur,

suiker en suurstof om te groei. Deur dus een van

die komponente, soos byvoorbeeld suurstof, met

lugdigte verseëling te verwyder of te verminder, kan

die gehalte van kuilvoer behoue bly.

Die organisme Clostridia tyrobutyricum, wat

proteïene afbreek, groei en vermeerder wanneer die

pH bo 5 is. Nat kuilvoer skep gunstige toestande vir

die groei van dié organisme. Behalwe vir die afbreek

van proteïene, verbruik Clostridia tyrobutyricum

melksuur en suikers, en produseer bottersuur.

Bottersuur ruik sleg en verlaag die inname van

kuilvoer deur diere.

KUILVOER-INOKKULANTE

Kuilvoer-mikrobiese-inokkulante bevat bakterie wat

spesifiek geselekteer is om die fermentasieproses

in die kuilvoerbunker te versnel en te domineer.

Kuilvoer-inokkulante word in twee hoofgroepe

verdeel (Homo-fermentatiewe en Heterofermentatiewe

bakteriese inokkulante), afhangende

van hoe dit plantsuiker (glukose) fermenteer.

“Homo-fermentatiewe inokkulante bevat

sekere Lactobacillus-spesies (melksuurbakterie),

soos byvoorbeeld Lactobacillus plantarum en

Enterococcus faecium. Hierdie groep produseer

slegs melksuur vanuit plantsuiker. Heterofermentatiewe

inokkulante bevat ook Lactobacillusspesies

(melksuurbakterie), soos byvoorbeeld

Lactobacillus brevis, maar hierdie groep produseer

melksuur, asynsuur, etanol en koolstofdioksied

vanuit plantsuiker,” sê hy.

Dit is moeilik om inokkulante met mekaar te

vergelyk, maar daar is sekere riglyne wat gevolg

kan word.

“Eerstens, kyk na ‘n produk wat ten minste

90 miljard (9 x 10 10 ) lewendige melksuurbakterie per

ton gekerfde materiaal waarborg. Die etikettering van

kuilvoer-inokkulante is baie verwarrend en bemoeilik

die vergelyking tussen produkte. Die belangrikste

getal is die hoeveelheid lewendige melksuurbakterie

wat per eenheid gekerfde materiaal toegedien word,”

vertel Van Rensburg.

“Tweedens, maak seker om ‘n produk te

koop wat spesifiek vir die tipe kuilvoergewas, of

soortgelyke gewasse, bestem is. Mielies, sorghum en

voersorghum het tipies genoeg suiker vir fermentasie

beskikbaar. Grasse, peulgewasse, lusern en

kleingrane het egter minder beskikbare suiker.

“Laastens, en dit is een van die belangrikste punte,

dring aan op navorsingsdata (verkieslik onafhanklike

navorsingsresultate) wat die produkdoeltreffendheid

ondersteun asook op die maatstawwe wat die

maatskappy neem om te verseker dat jy ‘n produk

aanskaf wat die regte getalle/hoeveelheid en spesie

van bakterie bevat wat op die etiket aangedui word,”

eindig Van Rensburg. S

Vir meer inligting, skakel Albert van Rensburg

by (018) 468-1455.

www.senwes.co.za • Maart 2013

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!