08.09.2013 Views

Februarie/Maart

Februarie/Maart

Februarie/Maart

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ds Willie Botha

Die verhaal van Wolraad

Woltemade het nog altyd my verbeelding aangegryp.

Gedurende die nag van 1 Junie 1773 het die

seilskip, De Jonge Thomas, tydens ‘n storm op

‘n sandbank geloop. Die reuse-golwe was besig

om die skip uitmekaar te slaan. Sommige van die

matrose het in die water gespring en gepoog om tot

by die land te swem. Min van hulle het egter die kus

gehaal, aangesien die sterk strome aan die mond

van die Soutrivier hulle net dieper die see ingetrek

het. Wolraad was op pad om vir sy seun, Korporaal

Christian Ludwig Woltemade, kos te neem. Ludwig

is deur die Kompanjie beveel om die wrakstukke

en ander kosbaarhede van die skip teen moontlike

buitery te bewaar. Die 65-jarige Wolraad was diep

geraak toe hy die tragiese toneel gadeslaan. Hy was

verbaas dat niemand iets aan die situasie gedoen

het nie. Sonder om te aarsel, het hy sy getroue perd

die see ingestuur en tot by die wrak geswem. Hy het

twee van die matrose beveel om in die see te spring

en aan die perd se stert vas te hou. ‘n Ruk later

was die twee drenkelinge

veilig op die strand. Ná

sewe keer was daar

reeds 14 matrose

veilig aan wal. Met

sy agtste poging het

die wrak skielik

VIR DIE SIEL

Maart 2013 • www.senwes.co.za >

Wolraad Woltemade

Lees Jesaja 40:27 - 31

IN KORT

• Wolraad het die nood van ander mense bo sy

eie behoeftes gestel.

• God is onvergelykbaar groot.

• Juda kon uitdagings bo hulle vermoë aanvaar,

omdat God hulle van sy trou verseker het.

• Net so kan ons ook die uitdagings van die

nuwe jaar vreesloos tegemoet gaan.

ineengestort onder die geweld van die golwe. Dit

het veroorsaak dat ses matrose op die perd en sy

ruiter toegesak het. Vir die moeë perd en ruiter was

die gewig egter te veel en hulle het almal onder

die water verdwyn. Die volgende dag het Wolraad

se liggaam op die strand uitgespoel. Van die 191

mense aan boord De Jonge Thomas het slegs

53 die ramp oorleef, waarvan 14 van hulle deur

Wolraad Woltemade gered is.

Om ‘n nuwe jaar tegemoet te gaan, benodig jy

waagmoed. Almal het iets wat hulle beter, meer

suksesvol of in ‘n ander gesindheid wil doen. ‘n

Nuwe jaar is ‘n natuurlike geleentheid om ‘n nuwe

begin te maak. In Jesaja 40 staan Juda voor ‘n

nuwe begin. Die Ballingskap is verby en God nooi

hulle uit om in ‘n nuwe verhouding met Hom te

staan. In die oë van God is die nasies niks nie;

hulle is soos ‘n stoffie op ‘n skaal. Afgode is ook

nietig en slegs die vaardigheid van mensehande.

God self is egter die Skepper van die hemel en die

aarde. Hy raak nie moeg of mat nie. Sy insig is

ondeurgrondelik. Hy is onvergelykbaar groot. Selfs

jongmanne, in die fleur van hulle krag, raak moeg

en afgemat. Diegene wat egter op die Here vertrou,

vlieg met arendsvlerke. Hulle word nie moeg of

afgemat nie. Op grond van wie God is en wie God

vir ons is, kan ons soos Wolraad Woltemade oor die

kop van sy perd kyk en vreesloos die uitdagings van

die nuwe jaar aanvaar. S

Ds Willie Botha is van die Nederduitsch Hervormde Gemeen

te op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of

stuur ’n e-pos na wbot@absamail.co.za.

63

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!