08.09.2013 Views

Februarie/Maart

Februarie/Maart

Februarie/Maart

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

40 ••• GRAINLINK

Knap gedaan,

somergraan!

ALHOEWEL AL HOE MINDER

SOMERGRAAN OOR DIE LAASTE TIEN

JAAR GEPLANT IS, HET REKORDPRYSE

OOR DIE LAASTE TWEE JAAR VIR ‘N

OPLEWING GESORG. GEDURENDE

DIE AFGELOPE DEKADE WAS PRYSE

NIE ALTYD TE WAFFERS NIE. DIE

UITFASERING VAN MARGINALE GROND,

DIE OORNAME VAN LANBOUGROND

DEUR MYNWESE, VERSTEDELIKING

ASOOK DIE ONSEKERHEID OOR

VEILIGHEID VAN LANDBOU HET ALLES

TOT ‘N AFNAME IN AANPLANTINGS

BYGEDRA. SAAIBOERE HET EGTER

‘N GOEIE SEISOEN AGTER DIE RUG

EN NÓG ‘N BAK SEISOEN LÊ VOOR.

> TEKS: THEO VENTER

Volgens die voorlopige

oppervlakteskatting kan ‘n reuse 3 942 450 ha

onder somergraan geplant word, die meeste sedert

2002/2003. Sojabone is ook besig om tot sy reg

te kom, aangesien rekordaanplantings vir die vierde

agtereenvolgende jaar gemaak is.

ha

Ha

4 500 4500000 000

4 000 4000000 000

3 500 3500000 000

3 000 3000000 000

2 500 2500000 000

2 000 2000000 000

1 500 1500000 000

1 000 1000000 000

500 500000 000

0

Sorghum,

Grondbone,

Droëbone

Sonneblomme

Sonneblomm

Sojabone

Geelmielies

Witmielies

Grafiek 1: RSA-oppervlakte geplant onder somergraan.

Die oppervlakte onder mielies is die hoogste in vyf

jaar. Die kompetisie uit sojabone vir plantgrond

raak egter al stewiger. Daar word ook al hoe meer

na geelmielies geswaai. Die oppervlakte onder

geelmielies is die grootste sedert 2000/2001. Die

swaai na geelmielies word aan verbruikersvoorkeure

asook die uitvoerteikenmark toegeskryf.

Tien jaar gelede het geelmielies slegs 33% van

die totale oppervlakte onder mielies uitgemaak.

Hierdie seisoen maak dit reeds 42% daarvan uit. In

effek neem die per capita-vraag na vleis toe en die

per capita-vraag na pap af. Dus word al hoe meer

mielies as veevoer gebruik, terwyl die menslike

verbruik daarvan oor die laaste ses jaar baie stadig

toegeneem het.

5 000 000

4 500 000

4 000 000

3 500 000

3 000 000

2 500 000

2 000 000

Grafiek 2: Mielieverbruik.

1 000 000

900 000

800 000

700 000

600 000

500 000

400 000

300 000

200 000

100 000

0

Grafiek 3: Sonneblomproduksie en -verbruik.

Menslike Verbruik

Veevoer

Sonneblomaanplantings is baie wisselvallig en word

nie net deur sonneblompryse gedryf nie, maar ook

deur die prys van ander grane. Die weer het ook ‘n

drastiese invloed. Sonneblomme is meer gehard as

mielies of sojabone en kan dus vroeër of later as

alternatiewe somergaan geplant word.

Oor die laaste tien jaar is gemiddeld 513 400 ha

onder sonneblom geplant. Hierdie jaar se 485 000 ha

is dus ‘n raps onder die gemiddeld. Die plaaslike

verbruik van sonneblom hang baie van plaaslike

produksie af. Die meeste sonneblom wat in die

afgelope dekade gepers is, was 816 100 ton.

Daar is dus genoeg kapasiteit om skoonskip

van die 2013-oes te maak.

Produksie

Olie en oliekoek

www.senwes.co.za • Maart 2013

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!